Wys tans plasings met die etiket wedergeboorte. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wedergeboorte. Wys alle plasings

Donderdag 21 Mei 2020

Algemene vrae oor SALIGHEID (1): (Inleiding)

In hierdie pos:
-(1) Inleiding: SALIGHEID
(en "die salgheidsboodskap")

_________________________________________________________________________________
In hierdie pos kyk ons na die volgende vrae:
- (1) wat presies is "saligheid"?;
- (2) "hoekom het die mens saligheid nodig"?; en
- (3) hoe beïnvloed iemand se antwoord op hierdie vrae die saligheidsboodskap?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) Wat presies is SALIGHEID?

Die woord "saligheid" is die Gr. woord "so-tay-ree'-ah", wat beteken: -"om te red, gesondheid, red, redding...", en is bv. dieselfde woord wat as "redding" vertaal word (AOV) in Luk. 19:19, Hand. 7:25, 13:47, Rom.1:16 e.a. Ons kan ook kyk na die woord "sode'-zo" wat vertaal word as "gered" (wat basies dieselfde beteken...)(bv. 1 Pet. 4:18; Tit. 3:5 ens.).
Dus, as ons beweer die mens het "redding" nodig dan moet ons weet wat dit is waarvan hy GERED moet word, bv.:
-  Wat is dit waarvan die mens GERED moet word - vyand?, slaaf?, is hy "siek"?;
-  Is daar 'n manier hoe hy van hierdie vyand en/of slaaf en/of siekte gered kan word?, 
en wat moet hy doen om hierdie "saligheid" te verky?  Hoedanig lyk hierdie redding (saligheid) wat hy beërwe wanneer hy gered word?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  Hoekom het die mens saligheid nodig?

(2a) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "vyand"?
Die mens se VYAND:

Die DOOD is 'n groot VYAND (1Kor. 15). Die mens was nie geskep om dood te gaan nie, maar in sy huidige toestand is hy bestem om een maal te sterwe en daarna die oordeel...(Hebr. 9:27) - hierdie is die gevolg vd sondeval, Gen. 3.  Die blote feit dat elke mens sterwe is bewys dat dit wat in die tuin van Eden gebeur het, werklik gebeur het (Gen. 2:17; 3:3). Ons moet verstaan dat dit SONDE is wat hierdie vyand aanbring het...(1 Kor. 16:56; Ps. 90:3; Joh. 8:24; Rom. 5:15; 6:23), en dat dit die duiwel (die VYAND van alle geregtigheid - Hand. 13:10; Matt. 13:39) is wat die mens verlei het om te sondig (Gen. 3:4). As die mens nie gesondig het nie, dan sou hy nie sterwe nie! (Gen. 2:17). Die loon vd sonde is die DOOD (Rom. 6:23). Net soos 'n vyand iemand agtervolg en inhaal en verwoes, so maak "die dood" met die mens - dit agtervolg en haal hom in, en vewoes elke mens. In ander woorde kan ons sê dat die mens word geoordeel... tot die DOOD, maar dit verwys (1) nie net na wanneer die uiterlike mens STERWE nie, maar (2) verwys ook na die OORDEEL wat daarna volg..., want wanneer die mens doodgaan sterf sy "uiterlike mens" wel en keer terug na stof, ja, maar dan wag hy (die mens as gees,siel / die innerlike mens) op "die (ewige) oordeel" (die "tweede dood" / "oordeel vd hel")(Matt. 10:28; 23:33)(Openb. 20:14; 21:8). Die wie se name nie in die boek vd lewe is nie sal deur die TWEEDE DOOD gaan (verwysend na "natuurlike mense"). "Geestelike mense" sal nie deur die tweede dood gaan nie, en het nie net hierdie belofte nie, maar het ook die belofte van eendag "opstanding" in 'n nuwe uiterlike mens (nuwe liggaam - onverganklike liggaam (maw wat nie kan doodgaan nie - dan is die vyand finaal verslaan!).

Die loon vd sonde is die dood - die wat die sonde dien is m.a.w. tot TOORN bestem (Ef. 2:3; Kol. 3:6; Ef. 5:6; 1Th 5:9; 2:16; Hebr. 3:11...) en het dus redding nodig! - het m.a.w. nodig om GERED te word van hierdie TOORN nl. die ewige oordeel (ook genoem die "tweede dood")(Openb. 20:6,14), want as hulle nie daarvan gered word nie dan sal hulle onder God se toorn val - m.a.w., sal onder die ewige oordeel val. Vir iemand om hierdie toorn of oordeel vry te spring, moet hy dus VAN DIE DOOD GERED WORD (1 Thess. 1:10), en die woord "saligheid" beskryf o.a. hierdie redding. En beskryf ook redding in die sin van die uiterlike mens wat die dood kan oorwin deur "opstanding tot lewe" - "geestelike mense". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2b) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "slaafskap"?
Die mens, uit vlees gebore, is " 'n slaaf - verkoop onder sonde "... 

Die natuurlike mens is 'n SLAAF van die SONDE (1Kor. 15) - soos iemand wat verkoop word as slaaf is die natuurlike mens verkoop onder sonde (Rom. 7:14). Hierdie soort beeldspraak is bedoel om te beskryf wie dit is vir wie die natuurlike mens DIEN - net soos 'n slaaf behoort aan die een wat hom gekoop het, net so is die natuurlike mens soos 'n slaaf verkoop onder die sonde "en dien dus die sonde" (Joh. 8:34; 2 Pet. 2:19; Rom. 6:16).  En hulle het dit verkry deur geboorte (die saad waaruit hulle gebore is - om dit beter te verstaan kan die tema van "natuurlike mense" behandel word - "saad" bepaal wat se soort plant of boom opkom...). Elke "natuurlike mens" kan dus gesien word soos 'n SLAAF ('n slaaf is van sonde)(Tit. 3:3; 2 Pet. 2:19), en is daarom van nature "kinders vd TOORN"! (Ef. 2:3). Al manier hoe iemand van hierdie slaafskap verlos kan word, is wanneer iemand anders hom LOSKOOP, en dan word hy 'n slaaf van die een wat hom losgekoop het;  of om van voor af gebore te word maar hierdie keer uit saad van iemand wat vry is (1 Pet. 2:16). Die een wat "weergebore" word (geestelike mense) is soos mense wat gebore word uit 'n vrye, maar hulle is ook duur gekoop deur Christus se bloed - dus, deur Hom gekoop - dus, behoort aan Hom en is Sy slaaf (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus"). 
Natuurlike mense kan slegs "natuurlike mense" voortbring.  Dus, vir iemand om nie meer die sonde te dien nie moet hy "weer gebore" word maar hierdie keer uit God se saad (word dan as vrye gebore).

Anders gestel:Net soos sommige mense as slawe gebore word omdat hulle ouers slawe is, net so kan "natuurlike mense" slegs "natuurlike mense" voortbring;  dus gebore as "SLAWE van sonde" (omdat Adam 'n slaaf was van sonde). 
- (1) Sou hulle egter uit ander saad gebore word van bv. iemand wat nie 'n slaaf is nie, dan word hulle as VRYMENSE gebore.  Hierdie is waar van die "weergeborene" wat gebore word uit God se saad - dus is "vry" (want gebore uit 'n vrye).  (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus").
- (2) Of sou hulle losgekoop word, dan sal hulle aan 'n nuwe behoort en wees onder die leiding van die een wat hulle LOSGEKOOP het. Hierdie is waar vd een wat deur Jesus Christus losgekoop word - dus is nou 'n SLAAF VAN JESUS CHRISTUS en behoort aan Hom en dien Hom (Rom. 6:18; Gal. 5:13; 1 Pet. 2:16; Rom. 6:12-14)
(Rom 6:22 - "Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe").
.
(Joh 8:32)  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
(Joh 8:33)  Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?
(Joh 8:34)  Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.
(Joh 8:35)  En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.
(Joh 8:36)  As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Elke natuurlike mens, gebore uit vlees, is dus soos 'n "SLAAF of dienskneg" van SONDE (2 Pet. 2:19; Rom. 6:17; Rom. 5:15,17; Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34...) want hulle is "in sonde gebore" (Ps. 51:5; 1 Joh. 1:8) - want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword! (2Pe 2:19)(vgl. hierdie met die verhaal van Adam en Eva). Toe Adam en Eva kies om eerder die slang te vertrou as om die Here te vertrou, het hulle "slawe geword vd sonde" en het so die sonde begin dien i.p.v. om die Here te dien, en "verganklikheid" het deel geword van hulle (Gen. 2:17; 3:3,4). Ons sien dus dat die NATUURLIKE MENS in 'n probleem gewikkeld is, in die sin van dat hy in sonde gebore is en dus soos 'n slaaf is van sonde - iets waarvan hy REDDING NODIG het!, anders sal hy beslis onder ewige oordeel val. Die (natuurlike) mens het nie net AFWASSING nodig nie maar ook VERNUWING... (Tit. 3:5), want as hy nie weergebore word nie, dan bly hy 'n slaaf van sonde.  Dit gaan hier oor die saad waaruit iemand gebore is (1 Joh. 3:9). Die natuurlike mens is gebore uit vlees (en dien dus die sonde), maar die geestelike mens is uit Gees gebore (Joh. 3:5-8)(uit God gebore-Joh. 1:13; 1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) en dien dus die Here (hy verkry 'n goddelike natuur-2 Pet. 1:4).  Die geestelike mens is duur gekoop en sy liggaam is 'n slaaf van Christus... (nie meer 'n slaaf vd sonde nie). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2c) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "is siek"?

Die begrip "siek" of  "ongesteld" word in beeldspraak in die Skrif gebruik van die wat in sonde stap of lewe.
"Natuurlike mense" kan almal gesien word as "siek" omdat hulle "slawe is van sonde" (en hulle het dus bekering nodig). Alhoewel "siekte" nie altyd tot die dood lei nie, lei hierdie "siekte" beslis tot die dood, want alle natuurlike mense dra "vrugte vir die dood" (sal die dood oes) - wat nie net verwys na die sterwe vd uiterlike mens nie, maar elke natuurlike mens sal ook deur die tweede dood gaan (die oordeel vd hel).
"Geestelike mense" word ook somtyds gesien as "siek", m.a.w. verwys na die wat in sonde stap (hulle het ook bekering nodig voor hulle vergifnis van sondes kan kry). "Siek" Christene wat stap in "sonde tot die dood" kan nie verwag om eendag aanneming tot kinders te kry as hulle nie vergewe is nie;  dus, hulle sonde sal tot die dood lei sou hulle hul nie daarvan bekeer nie.  Christene is geroep om vrug te dra (vrug tot ewige lewe).  Siekte het beslis 'n invloed op vrug - dis nie goed as Christene hulle vrug verloor nie, en wat sal word vd een "sonder vrug" eendag?

In hierdie gedeelte moet ons dus onderskei tussen: 
-die bekering wat voor wedergeboorte plaasvind (van "natuurlike mense"), en 
-die bekering somtyds nodig van die wat reeds wedergebore is (van "geestelike mense"). 

Die natuurlike mens is soos 'n sieke (het bekering nodig):
Na regte kan die "natuurlike mens" gesien word as "SIEK" (Rom. 6:19), en gesien word soos 'n "kind van die duiwel" omdat hy die sonde DIEN (Hand. 13:10; Joh. 8:44). (Rom 6:19 - "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees..............") - die woord "swakheid" hier is die Griekse woord "as-then'-i-ah", wat nie net verwys na swakheid nie, maar ook "siekte" beteken (figuurlik bedoel, asof die mens gesien kan word as "siek" in die vlees maar verwys nie na 'n letterlike siekte nie). Rom 6:19 verduidelik ook vir ons presies wat hierdie "swakheid" of "siekte" is:  -  "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees...". Dit gaan oor wie dit is vir wie jy dien/vertrou/gehoorsaam! (1 Joh. 3:8). Die mens wat nie in hierdie opsig gesien word as "siek" nie, DIEN nie die onreinheid en wetteloosheid nie (Rom. 6:19c), maar die persoon wat "SIEK" is, DIEN (1) die onreinheid ("vuil" / is nie skoon nie), en (2) die wetteloosheid ("ongeregtigheid")(is ongehoorsaam aan die wet)(Rom. 7:14-16). HIERDIE BESKRYF DIE TOESTAND VAN DIE "NATUURLIKE MENS" (gebore uit vlees/bloed - "kinders van Adam")("vleeslik" / verkoop onder die sonde... -Rom. 7:14) en verwys veral na die INNERLIKE MENS. Die "geestelike mens" begin bv. wel die geregtigheid DIEN (bv. "met sy gemoed"), maar dit verwys veral na die innerlike mens - m.a.w., omdat sy innerlike vernuwe is! (weer gebore uit die saad van God...). Wat die "geestelike mens" se innerlike aanbetref dien hy dus wel die Gees, maar sy uiterlike mens is nog nie vernuwe nie... (Rom. 7:25). Bestudeer gerus die tema van "met Christus beklee" om hierdie beter te verstaan.

In daardie opsig kan ons sê dat die natuurlike mens SIEK is... Sommige geleerdes noem dit "geestelik dood" omdat die innerlike mens vd natuurlike mens gesien kan word as "dood" ("donker") terwyl die innerlike vd geestelike mens gesien kan word as "lewendig"! (is verlig)(Kol. 3:3; 1 Pet. 4:6...). Die geestelike mens sal wel geoordeel word na die vlees (verwys hier na tema "regterstoel van Christus - Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10), maar lewe na God "in die gees"! (1Pe 4:6). Wanneer die mens doodgaan is dit sy uiterlike mens wat sterwe - die innerlike mens wag dan op die oordeel... ("oordeel vd hel";  ook genoem "tweede dood") - tensy vernuwe! In daardie opsig is die natuurlike mens "dood" maar die geestelike mens lewendig.

Daar is 'n plek berei vir die duiwel en sy engele nl. "die poel van vuur" (oordeel vd hel), en alhoewel hierdie plek nooit bedoel was vir mense nie sal alle "natuurlike mense" wat uit vlees gebore is daar opeindig omdat hulle VERGANKLIK is... (omdat hulle "siek" is agv sonde) - almal wat sondig kan dus gesien word soos "kinders vd duiwel" en moet dus na dieselfde plek gaan wat berei is vir die duiwel, want die loon vd sonde is die dood! (Rom. 6:23), en sal soos hulle vader in die poel van vuur opeindig.
Maar die "geestelike mens" (die wat weergebore is uit ONVERGANKLIKE saad) sal nie in hierdie oordeel (nl. die oordeel vd hel) kom nie - hulle sal wel voor die regterstoel van Christus verskyn, ja (en geoordeel word na die vlees), maar hulle innerlike mens sal nie in "die oordeel" (die oordeel vd hel) kom nie - en hulle "uiterlike mens" sal ook die dood oorwin! (want hulle het die belofte van opstanding eendag in nuwe verheerlikte onverganklike liggame...).  Alhoewel, hierdie verwys nie na gelowiges wat geen wortel skiet en afval nie..., en die eendag "sonder vrug" kan ook nie staatmaak op hulle "redding" nie want geloof sonder werke is dood.

Die gelowige wat siek is (het bekering nodig):
Die begrip "bekering" moet nie verwar word met wedergeboorte nie;  alhoewel dit deel is van wedergeboorte.  Bekering word somtyds gesien as 'n eenmalige gebeurtenis (maw wanneer iemand tot geloof kom), maar alhoewel iemand bekering nodig het voor hy weergebore word, is bekering nodig in enige situasie waar iemand in sonde stap of nie in regstand is met die Here nie; dus ook nodig waar gelowiges hierdie doen. Gelowiges word dus ook somtyds gesien as "siek" (die wat in sonde stap) en moet hulle van die sonde bekeer voor hulle genesing kan ontvang (en dus vergifnis ontvang).  As hulle kies om te stap in "sonde tot die dood", kan hierdie "siekte" dus lei tot die dood... In so 'n geval sal die gelowige (wat in sonde tot die dood stap en hulle nie daarvan bekeer nie) "die dood" oes in plaas van "lewe" (sal maw nie aangeneem word as 'n kind nie - sal dus sy beloofde saligheid verloor).
- https://warechristene.blogspot.com/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html
https://warechristene.blogspot.com/2013/09/die-christelike-doop.html
https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html

Vir 'n studie oor gelowiges wat gesien word as "siek", gaan na:
https://warechristene.blogspot.com/2020/04/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Hoe beïnvloed iemand se antwoorde op bg. vrae die saligheidsboodskap?

Die salgheidsboodskap:
DIE EVANGELIE:
Saligheidsboodskap word bevat in die "EVANGELIE" ('n "goeie boodskap" wat redding verkondig).
Die manier hoe die evangelie gebring word, word beinvloed deur dit wat iemand sien as "evangelie" en m.a.w. deur dit wat hy "glo" (bv., "hoekom het iemand redding nodig?", "waarvan het hy redding nodig?", en "hoedanig lyk hierdie redding of saligheid?"). Wat iemand dus sien as WAARHEID beinvloed die manier hoe hy die evangelie bring. Om saligheid te onvang gaan nie net oor 'n gebed soos baie leer nie. Mense moet na eers die boodskap hoor en verstaan! - maar wat is die boodskap? 

As iemand bv. nie glo dat daar iets is soos "ewige oordeel" nie, dan sal hy 'n "ander evangelie" bring (2 Kor. 11:4). Baiemaal word 'n "ander evangelie" van die preekstoel af gepreek en dit kan veroorsaak dat iemand dink hy het saligheid en dan het hy nie. "Eerste beginsels" (bekering, geloof, die Christelike doop, handoplegging, die opstanding, ewige oordeel) gebring in die eerste gemeentes is veral belangrik omdat dit die denkwyse vd evangelie beskryf - sou iemand hierdie basiese leringe nie verstaan nie, hoe kan hy dan die ware evangelie bring? Mense wat bely hulle is Christene maar nie glo dat daar bv. iets is soos 'n ewige oordeel wag, of nie verstaan wat is geloof of die belangrikheid van bekering nie, of die Christelike doop verander in iets anders of nie as nodig sien nie, of nie glo in 'n optanding nie, of niks te doen wil he met die gebare van handoplegging nie, sal heel moontlik 'n ander evangelie bring! En dit sien ons reeds gebeur in sommige kerke. Baie Christene bely dat hulle GLO maar hulle glo nie eens in Jesus se woorde nie?, maar glo liewer iets anders as wat Jesus gepreek het.

As ons nie hierdie basiese dinge verstaan nie, dan sal baie inligting boontoe in hierdie pos, nie sin maak nie;  bv. "die opstanding" (oorwinning oor die dood); "die ewige oordeel" (hoe om dit vry te spring);  "handoplegging" (wedergeboorte, genesing, ontvang vd Gees);  "bekering" (tot die Here; van sonde; van werke); "geloof" (bly in Hom en vrug; slaaf vir Christus; vry);  "die Christelike doop" (teken; afwassing; vernuwing; hoop), ens. Kyk maar hoeveel is "die opstanding" saam met die evangelie gepreek in die eerste kerke!  Kyk hoeveel is daar hande opgele en die belangrikheid van bekering gepreek.  Johannes het ook sy bediening begin deur mense op te roep tot bekering.  Jesus het ook so begin deur mense op te roep tot bekering.  Daar is nie geskroom om te praat oor die oordeel wat kom wanneer die evangelie gepreek is nie. Kyk die belangrikheid van "jy moet glo in Jesus Christus" wanneer die evangelie gebring is. Doen gerus bybelstudie van hoe presies die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes: ( http://warechristene.blogspot.com/p/die-waarheid.html ).



Die evangelie gaan nie net oor die "evangelie van Jesus Christus" nie, maar ook "die evangelie vd Koninkryk" asook "die evangelie van vrede" - saam vorm hierdie DIE EVANGELIE
_________________________________________________________________________________

Maandag 10 Februarie 2014

Weer Gebore / Wedergeboorte / Wedergeborene

In hierdie blogpost gaan ons kyk na die onderwerp van
"Weer gebore" (of "wedergebore") en
die "Wedergeboorte".
=========================================================================
Die term "WEDERGEBOORTE", verwys na:

(1)  die hoop op opstanding tot (ewige) lewe (die hoop om opgewek te word tot lewe, net soos Jesus opgestaan het uit die dood)(1 Pet. 1:3);
(2)  Jesus verwys ook na "die wedergeboorte" as die tyd van Sy wederkoms wanneer Hy op Sy heerlike troon sal gaan sit... (Matt. 19:28);
(3)  dit wys ook op 'n nuwe lewe (die bad van die doop)(afwassing van sondes)(opstaan in 'n nuwe lewe, om nie meer die sonde te dien nie, maar nou die Here te dien)(Tit. 3:5). 
-----------------------

Die wat "WEER GEBORE" is, is die wat: 
"UIT GOD GEBORE IS". 
(Joh. 3:3-8; 1 Pet. 1:23)

Iemand word "weer gebore" wanneer: 
(1) sy sondes afgewas word, en 
(2) hy die Gees van God ontvang 
- dan is hy 'n kind van God (gebore uit God).  

-  Iemand se sondes kan slegs afgewas word as hy tot bekering kom;  
-  en dit is slegs die wat Hom gehoorsaam, en bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, wat die Gees ontvang!
---------------------------------------

DIE PERSOON WAT "WEER GEBORE" IS (uit God gebore is), IS NIE MEER ONDER DIE MAG VAN DIE BOSE IS NIE - HY DIEN NIE MEER DIE SONDE NIE, MAAR DIEN NOU DIE HERE. 

IEMAND KAN NIE IN DIE KONINKRYK VAN GOD INGAAN AS HY NIE WEER GEBORE IS NIE.
---------------------------------------------------------------------------------------------
Baie mense sien "bekering" en "wedergebore" as dieselfde, maar alhoewel bekering nodig is om die wedergeboorte deelagtig te raak , moet ons verstaan dat die begrip "bekering" nie verwys na "weer gebore" self nie.  Bekering gaan oor:  "om te bekeer tot die Here":  -"bekering van dooie werke",  "bekering van afgode",  en "bekering van die manier hoe iemand dink"(dan word hy "deur die water" skoongewas van sonde - l.w. dat hierdie "water" gedeelte een van die twee elemente is wat Jesus noem in Joh. 3:5, wat nodig is om te kan ingaan in die koninkryk van God). Om gewederbaar te word, het iemand dus vergifnis van sondes nodig, maar hy kan slegs vergifnis van sondes ontvang wanneer hy hom bekeer, en hy kan ook eers verklaar dat hy 'n kind van God is, as hy die Gees van God het (wat die tweede element is van "om weer gebore te word").

 Om meer te leer oor wat dit beteken om tot bekering te kom, gaan na:
=======================================================================

(1)  Die eerste element van "om weer gebore te word",  is die "water":
(Joh 3:3)  Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
.....(Joh 3:5)  Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.(Joh 3:6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees........(Joh 3:8)  Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.

  Die Christelike doop (die water-gedeelte), wys op "vergifnis van sondes", en wys ook op 'n "nuwe lewe" (in die sin van dat die persoon nie meer die sonde dien nie, maar nou die Here dien); en verwys ook na die hoop op "opstanding tot lewe" (verheerlikte liggaam - ewige lewe).
-------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  Die tweede element van "om weer gebore te word",  is die "Gees":
Iemand wat nie die Gees van God het nie, is nie 'n kind van God nie - is m.a.w. nie gebore uit God nie!:
(Joh 3:6)  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
-------------------------
DAAROM KAN NIEMAND  " 'N KIND VAN GOD " WEES AS HY NIE DIE GEES VAN GOD HET NIE!

(Ef. 2:18)  want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.
(Ef. 2:19)  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

(Rom 8:14)  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

(Ef. 1:13)  in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

(1Jn 3:24)  En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het.

(Gal 5:16)  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
(Gal 5:17)  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.

(Gal 6:8)  Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

(Hand. 5:32)  En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilige Gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

(1Kor. 6:19)  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

(Ef. 4:30)  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

(1Jn 4:6)  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

(1Jn 4:2)  Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;

(Gal 5:16)  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
(Gal 5:17)  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
=================================================================

SKIRFTE OOR "WEDERGEBORE/WEDERGEBOORTE":

(1Pe 1:23)  want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

(1Pe 1:3)  Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,

(Mat 19:28)  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.

(Tit 3:5)  nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
========================================================================

SKRIFTE OOR "UIT GOD GEBORE":
(1Jn 5:1)  Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.

(1Jn 5:4)  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.


(1Jn 3:7)  My kinders, laat niemand julle mislei nie: wie die geregtigheid doen, is regverdig soos Hy regverdig is.
(1Jn 3:8)  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.
(1Jn 3:9)  Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.
(1Jn 3:10)  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie.


(1Jn 4:5)  Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.
(1Jn 4:6)  Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.
(1Jn 4:7)  Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.
(1Jn 4:8)  Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
(1Jn 4:9)  Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.


(1Jn 5:17)  Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is ‘n sonde wat nie tot die dood is nie.
(1Jn 5:18)  Ons weet dat elkeen wat uit God gebore is, nie sondig nie; maar hy wat uit God gebore is, bewaar homself, en die Bose het geen vat op hom nie.
(1Jn 5:19)  Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê.

(1Jn 2:29)  As julle weet dat Hy regverdig is, dan weet julle dat elkeen wat die geregtigheid doen, uit Hom gebore is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(Joh 6:63)  Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.



Sondag 04 Augustus 2013

Hoe groei die Christen geestelik?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-voer-ons-die-stryd.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Net soos in die lewe, groei die Christen ook geestelik, van 'n baba na 'n grootmens.  
Die vraag is nou wat presies met "geestelike groei" bedoel word?  Hoe definieer ons 'n "baba in die geloof", of "kind in die geloof", "jongman" of "pa" in die geloof?  Sommige glo dat kerkbywoning deel is van geestelike groei;  ander glo dat jy daagliks Bybel moet lees en sommige sien dit as "werke" wat jy moet doen, soos take in die kerk........  Alhoewel al hierdie dinge 'n invloed het op geestelike groei, is dit insigself NIE "geestelike groei" nie! Die verskillende trappe van geestelike ondervinding/groei, word vir ons mooi verduidelik in 1 Joh. 2:12-14.   

Lees  1 Joh. 2:12-14:
1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)
3.  Jongmense: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Lering en Oorwinning oor die sonde)
4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (Verhouding met die Here en Lewe soos 'n Ware Christen)


Of iemand 'n "baba, kind, jongman of vader" is op sy pad van geestelike groei, WORD NIE GEKENMERK DEUR hoeveel hy kerk bywoon, Bybel lees, goeie werke doen, geleerdheid ens. nie, MAAR WORD GEKENMERK DEUR sy "stand voor die Here":  - m.a.w:

-  Het hy tot bekering/wedergeboorte gekom? (baba in die geloof)
-  KEN hy die Here? (kind in die geloof)
-  Soek hy na die waarheid, en le hy aanhoudende sondes af? (jongman in die geloof)
-  Volhard hy in die geloof? (pa in die geloof)

GOD KYK NA DIE HART.
========================================================================


1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
Let wel dat om "in die gawes van die Gees" te stap, nie beteken dat iemand ver gegroei het op die geestelike pad nie!  Hierdie is 'n groot miskonsepsie by baie Christene.  Die gemeente van Korinthiers het nie in een gawe agtergestaan nie, tog noem Paulus hulle "babas" in die geloof!

http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/06/babas-in-die-geloof.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/noem-ander-jou-ook-n-christen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/het-jy-hom-regtig-lief.html




2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)

Om iemand te KEN, beteken nie dat ek net van hom "weet" nie! Wanneer kan iemand verklaar dat hy iemand anders "ken"?  Mens kan ook net iemand anders regtig leer ken as jy TYD MET HOM SPANDEER.   Baie dink dat hulle die Here ken, maar doen hulle werklik?  Spandeer hulle tyd met Hom om Hom te leer KEN? Om net by iemand anders te hoor van die Here, maak nie dat jy Hom persoonlik KEN nie.  Iemand moet self van die Here hoor!  Daar is predikers wat leer dat 'n persoonlike verhouding met die Here glad nie van die Christen verwag kan word nie omdat dit sogenaamd as "werke" gesien word, maar dit is definitief nie wat Jesus vir ons geleer het nie!  Ook nie die vb. wat Hy gestel het nie, want Hy het baie tyd in gebed spandeer tot die Vader - (Mat 14:23;  Matt. 26:36 ens.). (Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html

Jesus het ook heelwat geleer oor "hoe om te bid", o.a. het Hy gese:
(Mat 6:6) " Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde".  
En ja, natuurlik word dit verwag van die Christen, want Jesus het die volgende opdrag aan die dissipels gegee:
(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.   
Jesus het ons beveel om "in Hom te bly", en Hy het ons geleer om te bid...  Dit is die prediker se plig om die Christen "te leer om alles te onderhou wat Jesus beveel het"!  

Om die Here te ken, het te doen met "om Sy wil te soek" - niemand kan ingaan in die koninkryk van die hemele as hy nie "die wil van die Vader doen" nie (Matt. 7:21). (Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder"). Jesus het ook verklaar dat Hy self die wil van die Vader doen en dat Hy die Vader ken. (Joh 5:30 - "Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het"). (Joh 10:15 - "Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape").  Iemand wat ook nie die Vader ken nie, sal nie ontvanklik wees vir die WAARHEID nie! (Joh 8:19 - "Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het").

As die Christen nie in Hom bly nie, gaan hy nie vrug dra nie (Joh 15:4) .  Dit belemmer geestelike groei!  As dit gebeur, is dit soos wat Jesus beskryf het in die gelykenis van die saaier, die 2 de groep, "wat die woord met blydskap aanneem, maar omdat hul nie wortel het nie, afval in die tyd van verdrukking of vervolging".  

Vgl. met Openb. 2:8-11 (brief aan die gemeente van Smirna), en Openb. 2:18-29 (brief aan die gemeente van Thiatire), en Openb. 3:1-6 (brief aan Sardis).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/soos-n-dief-in-die-nag.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html




3.  Jongmanne: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Staande bly, Lering - of wat ons eerder "waarheid" moet noem, want kerke se leringe verskil -;  en Oorwinning oor die sonde)


Dit verwys definitief na die wat "vrug dra" en laat mens dink aan die derde groep in die gelykenis van die saaier - alhoewel in die gelykenis van die saaier die betrokke groep nie "oorwinning oor die sonde" behaal nie - die gevolg?  Hulle raak onvrugbaar, of dra geen ryp vrug nie!  "OORWINNING OOR DIE SONDE", of "die afle van sonde", of "staande bly in tye van versoeking", is belangrik vir geestelike groei! In die geval van die 3 de groep, gelykenis van die saaier, is die probleem dat die groep gelowiges die Here as hulle eerste Liefde verlaat en toegee aan versoekinge.  Op hierdie stadium van die Christelike lewe, moet die gelowige die bose oorwin deur nie toe te gee aan versoekinge nie en sondes af te le - die Here moet sy eerste Liefde wees en hy moet meer besig wees met die Here, as met die lewe.  Vgl. dit met Openb. 2:1-7 (brief aan die gemeente van Efese) - ("......... "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.......").


Alle "lering" is nie noodwendig die waarheid nie.  Hier moet ons onderskei tussen "lering" en "waarheid".  (Joh 1:17 - "Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom").  Kerke se leringe verskil omdat nie almal die waarheid verkondig nie!  Die eerste kerke het baie tyd ingesit om die "waarheid" te leer ken.  Ons moet soek na die waarheid.  Iemand wat geestelik groei, glo nie alles wat vir hom vertel word nie, bloot omdat hy hoop het in 'n spesifieke kerk of persoon nie, maar soek na die waarheid!  So iemand het ook die waarheid lief.  Terwyl baie kerke glo dat hulle geen wette op hulle lidmate moet le nie (en ongelukkig hier nalaat om die waarheid aan hulle lidmate te verkondig), het hulle tog allerhande mensgemaakte wette waaraan lidmate vashou - in hierdie verband skryf Paulus die volgende aan die gemeente van Galasiers: Gal 4:16 - " Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?"  Elke een moet seker maak dat dit wat sy kerk hom leer, regtig die waarheid is!(1 Kor. 3:10 - "Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou").

Vgl. ook met Openb. 2:12-17 (brief aan die gemeente van Pergamus), en Openb. 3:14-22 (brief aan die gemeente van Laodicense).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/die-ultimate-bewys-is-in-om-hom-te-ken.html




4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (die wat vashou aan die geloof)

Iemand is nie ver op die geestelike pad omdat hy baie jare gelede tot bekering gekom het, of baie jare in die kerk sit, of baie lering ontvang het, of baie goeie dade doen of baie pligte het in die kerk ens. nie, maar omdat hy vasstaan in die geloof.  En let wel dat "vasstaan in die GELOOF", gaan oor  "gehoorsaamheid aan die Here", Sy wil soek", Hom ken, Hom eerste stel in jou lewe......, NIE "gereeld kerk toe gaan", "gehoorsaamheid aan mense of mensgemaakte wette" en kennis in kerkleringe nie!

Vgl. dit gerus met die 4de groep in die gelykenis van die saaier.  

Vgl. ook met Openb. 3:7-13 (brief aan die gemeente van Filadelfia).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/wat-meeste-preachers-jou-nie-vertel-oor.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/om-in-die-gawes-van-die-heilige-gees-te.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html