Wys tans plasings met die etiket handoplegging. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket handoplegging. Wys alle plasings

Donderdag 21 Mei 2020

Algemene vrae oor SALIGHEID (1): (Inleiding)

In hierdie pos:
-(1) Inleiding: SALIGHEID
(en "die salgheidsboodskap")

_________________________________________________________________________________
In hierdie pos kyk ons na die volgende vrae:
- (1) wat presies is "saligheid"?;
- (2) "hoekom het die mens saligheid nodig"?; en
- (3) hoe beïnvloed iemand se antwoord op hierdie vrae die saligheidsboodskap?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) Wat presies is SALIGHEID?

Die woord "saligheid" is die Gr. woord "so-tay-ree'-ah", wat beteken: -"om te red, gesondheid, red, redding...", en is bv. dieselfde woord wat as "redding" vertaal word (AOV) in Luk. 19:19, Hand. 7:25, 13:47, Rom.1:16 e.a. Ons kan ook kyk na die woord "sode'-zo" wat vertaal word as "gered" (wat basies dieselfde beteken...)(bv. 1 Pet. 4:18; Tit. 3:5 ens.).
Dus, as ons beweer die mens het "redding" nodig dan moet ons weet wat dit is waarvan hy GERED moet word, bv.:
-  Wat is dit waarvan die mens GERED moet word - vyand?, slaaf?, is hy "siek"?;
-  Is daar 'n manier hoe hy van hierdie vyand en/of slaaf en/of siekte gered kan word?, 
en wat moet hy doen om hierdie "saligheid" te verky?  Hoedanig lyk hierdie redding (saligheid) wat hy beërwe wanneer hy gered word?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  Hoekom het die mens saligheid nodig?

(2a) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "vyand"?
Die mens se VYAND:

Die DOOD is 'n groot VYAND (1Kor. 15). Die mens was nie geskep om dood te gaan nie, maar in sy huidige toestand is hy bestem om een maal te sterwe en daarna die oordeel...(Hebr. 9:27) - hierdie is die gevolg vd sondeval, Gen. 3.  Die blote feit dat elke mens sterwe is bewys dat dit wat in die tuin van Eden gebeur het, werklik gebeur het (Gen. 2:17; 3:3). Ons moet verstaan dat dit SONDE is wat hierdie vyand aanbring het...(1 Kor. 16:56; Ps. 90:3; Joh. 8:24; Rom. 5:15; 6:23), en dat dit die duiwel (die VYAND van alle geregtigheid - Hand. 13:10; Matt. 13:39) is wat die mens verlei het om te sondig (Gen. 3:4). As die mens nie gesondig het nie, dan sou hy nie sterwe nie! (Gen. 2:17). Die loon vd sonde is die DOOD (Rom. 6:23). Net soos 'n vyand iemand agtervolg en inhaal en verwoes, so maak "die dood" met die mens - dit agtervolg en haal hom in, en vewoes elke mens. In ander woorde kan ons sê dat die mens word geoordeel... tot die DOOD, maar dit verwys (1) nie net na wanneer die uiterlike mens STERWE nie, maar (2) verwys ook na die OORDEEL wat daarna volg..., want wanneer die mens doodgaan sterf sy "uiterlike mens" wel en keer terug na stof, ja, maar dan wag hy (die mens as gees,siel / die innerlike mens) op "die (ewige) oordeel" (die "tweede dood" / "oordeel vd hel")(Matt. 10:28; 23:33)(Openb. 20:14; 21:8). Die wie se name nie in die boek vd lewe is nie sal deur die TWEEDE DOOD gaan (verwysend na "natuurlike mense"). "Geestelike mense" sal nie deur die tweede dood gaan nie, en het nie net hierdie belofte nie, maar het ook die belofte van eendag "opstanding" in 'n nuwe uiterlike mens (nuwe liggaam - onverganklike liggaam (maw wat nie kan doodgaan nie - dan is die vyand finaal verslaan!).

Die loon vd sonde is die dood - die wat die sonde dien is m.a.w. tot TOORN bestem (Ef. 2:3; Kol. 3:6; Ef. 5:6; 1Th 5:9; 2:16; Hebr. 3:11...) en het dus redding nodig! - het m.a.w. nodig om GERED te word van hierdie TOORN nl. die ewige oordeel (ook genoem die "tweede dood")(Openb. 20:6,14), want as hulle nie daarvan gered word nie dan sal hulle onder God se toorn val - m.a.w., sal onder die ewige oordeel val. Vir iemand om hierdie toorn of oordeel vry te spring, moet hy dus VAN DIE DOOD GERED WORD (1 Thess. 1:10), en die woord "saligheid" beskryf o.a. hierdie redding. En beskryf ook redding in die sin van die uiterlike mens wat die dood kan oorwin deur "opstanding tot lewe" - "geestelike mense". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2b) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "slaafskap"?
Die mens, uit vlees gebore, is " 'n slaaf - verkoop onder sonde "... 

Die natuurlike mens is 'n SLAAF van die SONDE (1Kor. 15) - soos iemand wat verkoop word as slaaf is die natuurlike mens verkoop onder sonde (Rom. 7:14). Hierdie soort beeldspraak is bedoel om te beskryf wie dit is vir wie die natuurlike mens DIEN - net soos 'n slaaf behoort aan die een wat hom gekoop het, net so is die natuurlike mens soos 'n slaaf verkoop onder die sonde "en dien dus die sonde" (Joh. 8:34; 2 Pet. 2:19; Rom. 6:16).  En hulle het dit verkry deur geboorte (die saad waaruit hulle gebore is - om dit beter te verstaan kan die tema van "natuurlike mense" behandel word - "saad" bepaal wat se soort plant of boom opkom...). Elke "natuurlike mens" kan dus gesien word soos 'n SLAAF ('n slaaf is van sonde)(Tit. 3:3; 2 Pet. 2:19), en is daarom van nature "kinders vd TOORN"! (Ef. 2:3). Al manier hoe iemand van hierdie slaafskap verlos kan word, is wanneer iemand anders hom LOSKOOP, en dan word hy 'n slaaf van die een wat hom losgekoop het;  of om van voor af gebore te word maar hierdie keer uit saad van iemand wat vry is (1 Pet. 2:16). Die een wat "weergebore" word (geestelike mense) is soos mense wat gebore word uit 'n vrye, maar hulle is ook duur gekoop deur Christus se bloed - dus, deur Hom gekoop - dus, behoort aan Hom en is Sy slaaf (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus"). 
Natuurlike mense kan slegs "natuurlike mense" voortbring.  Dus, vir iemand om nie meer die sonde te dien nie moet hy "weer gebore" word maar hierdie keer uit God se saad (word dan as vrye gebore).

Anders gestel:Net soos sommige mense as slawe gebore word omdat hulle ouers slawe is, net so kan "natuurlike mense" slegs "natuurlike mense" voortbring;  dus gebore as "SLAWE van sonde" (omdat Adam 'n slaaf was van sonde). 
- (1) Sou hulle egter uit ander saad gebore word van bv. iemand wat nie 'n slaaf is nie, dan word hulle as VRYMENSE gebore.  Hierdie is waar van die "weergeborene" wat gebore word uit God se saad - dus is "vry" (want gebore uit 'n vrye).  (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus").
- (2) Of sou hulle losgekoop word, dan sal hulle aan 'n nuwe behoort en wees onder die leiding van die een wat hulle LOSGEKOOP het. Hierdie is waar vd een wat deur Jesus Christus losgekoop word - dus is nou 'n SLAAF VAN JESUS CHRISTUS en behoort aan Hom en dien Hom (Rom. 6:18; Gal. 5:13; 1 Pet. 2:16; Rom. 6:12-14)
(Rom 6:22 - "Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe").
.
(Joh 8:32)  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
(Joh 8:33)  Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?
(Joh 8:34)  Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.
(Joh 8:35)  En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.
(Joh 8:36)  As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Elke natuurlike mens, gebore uit vlees, is dus soos 'n "SLAAF of dienskneg" van SONDE (2 Pet. 2:19; Rom. 6:17; Rom. 5:15,17; Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34...) want hulle is "in sonde gebore" (Ps. 51:5; 1 Joh. 1:8) - want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword! (2Pe 2:19)(vgl. hierdie met die verhaal van Adam en Eva). Toe Adam en Eva kies om eerder die slang te vertrou as om die Here te vertrou, het hulle "slawe geword vd sonde" en het so die sonde begin dien i.p.v. om die Here te dien, en "verganklikheid" het deel geword van hulle (Gen. 2:17; 3:3,4). Ons sien dus dat die NATUURLIKE MENS in 'n probleem gewikkeld is, in die sin van dat hy in sonde gebore is en dus soos 'n slaaf is van sonde - iets waarvan hy REDDING NODIG het!, anders sal hy beslis onder ewige oordeel val. Die (natuurlike) mens het nie net AFWASSING nodig nie maar ook VERNUWING... (Tit. 3:5), want as hy nie weergebore word nie, dan bly hy 'n slaaf van sonde.  Dit gaan hier oor die saad waaruit iemand gebore is (1 Joh. 3:9). Die natuurlike mens is gebore uit vlees (en dien dus die sonde), maar die geestelike mens is uit Gees gebore (Joh. 3:5-8)(uit God gebore-Joh. 1:13; 1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) en dien dus die Here (hy verkry 'n goddelike natuur-2 Pet. 1:4).  Die geestelike mens is duur gekoop en sy liggaam is 'n slaaf van Christus... (nie meer 'n slaaf vd sonde nie). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2c) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "is siek"?

Die begrip "siek" of  "ongesteld" word in beeldspraak in die Skrif gebruik van die wat in sonde stap of lewe.
"Natuurlike mense" kan almal gesien word as "siek" omdat hulle "slawe is van sonde" (en hulle het dus bekering nodig). Alhoewel "siekte" nie altyd tot die dood lei nie, lei hierdie "siekte" beslis tot die dood, want alle natuurlike mense dra "vrugte vir die dood" (sal die dood oes) - wat nie net verwys na die sterwe vd uiterlike mens nie, maar elke natuurlike mens sal ook deur die tweede dood gaan (die oordeel vd hel).
"Geestelike mense" word ook somtyds gesien as "siek", m.a.w. verwys na die wat in sonde stap (hulle het ook bekering nodig voor hulle vergifnis van sondes kan kry). "Siek" Christene wat stap in "sonde tot die dood" kan nie verwag om eendag aanneming tot kinders te kry as hulle nie vergewe is nie;  dus, hulle sonde sal tot die dood lei sou hulle hul nie daarvan bekeer nie.  Christene is geroep om vrug te dra (vrug tot ewige lewe).  Siekte het beslis 'n invloed op vrug - dis nie goed as Christene hulle vrug verloor nie, en wat sal word vd een "sonder vrug" eendag?

In hierdie gedeelte moet ons dus onderskei tussen: 
-die bekering wat voor wedergeboorte plaasvind (van "natuurlike mense"), en 
-die bekering somtyds nodig van die wat reeds wedergebore is (van "geestelike mense"). 

Die natuurlike mens is soos 'n sieke (het bekering nodig):
Na regte kan die "natuurlike mens" gesien word as "SIEK" (Rom. 6:19), en gesien word soos 'n "kind van die duiwel" omdat hy die sonde DIEN (Hand. 13:10; Joh. 8:44). (Rom 6:19 - "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees..............") - die woord "swakheid" hier is die Griekse woord "as-then'-i-ah", wat nie net verwys na swakheid nie, maar ook "siekte" beteken (figuurlik bedoel, asof die mens gesien kan word as "siek" in die vlees maar verwys nie na 'n letterlike siekte nie). Rom 6:19 verduidelik ook vir ons presies wat hierdie "swakheid" of "siekte" is:  -  "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees...". Dit gaan oor wie dit is vir wie jy dien/vertrou/gehoorsaam! (1 Joh. 3:8). Die mens wat nie in hierdie opsig gesien word as "siek" nie, DIEN nie die onreinheid en wetteloosheid nie (Rom. 6:19c), maar die persoon wat "SIEK" is, DIEN (1) die onreinheid ("vuil" / is nie skoon nie), en (2) die wetteloosheid ("ongeregtigheid")(is ongehoorsaam aan die wet)(Rom. 7:14-16). HIERDIE BESKRYF DIE TOESTAND VAN DIE "NATUURLIKE MENS" (gebore uit vlees/bloed - "kinders van Adam")("vleeslik" / verkoop onder die sonde... -Rom. 7:14) en verwys veral na die INNERLIKE MENS. Die "geestelike mens" begin bv. wel die geregtigheid DIEN (bv. "met sy gemoed"), maar dit verwys veral na die innerlike mens - m.a.w., omdat sy innerlike vernuwe is! (weer gebore uit die saad van God...). Wat die "geestelike mens" se innerlike aanbetref dien hy dus wel die Gees, maar sy uiterlike mens is nog nie vernuwe nie... (Rom. 7:25). Bestudeer gerus die tema van "met Christus beklee" om hierdie beter te verstaan.

In daardie opsig kan ons sê dat die natuurlike mens SIEK is... Sommige geleerdes noem dit "geestelik dood" omdat die innerlike mens vd natuurlike mens gesien kan word as "dood" ("donker") terwyl die innerlike vd geestelike mens gesien kan word as "lewendig"! (is verlig)(Kol. 3:3; 1 Pet. 4:6...). Die geestelike mens sal wel geoordeel word na die vlees (verwys hier na tema "regterstoel van Christus - Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10), maar lewe na God "in die gees"! (1Pe 4:6). Wanneer die mens doodgaan is dit sy uiterlike mens wat sterwe - die innerlike mens wag dan op die oordeel... ("oordeel vd hel";  ook genoem "tweede dood") - tensy vernuwe! In daardie opsig is die natuurlike mens "dood" maar die geestelike mens lewendig.

Daar is 'n plek berei vir die duiwel en sy engele nl. "die poel van vuur" (oordeel vd hel), en alhoewel hierdie plek nooit bedoel was vir mense nie sal alle "natuurlike mense" wat uit vlees gebore is daar opeindig omdat hulle VERGANKLIK is... (omdat hulle "siek" is agv sonde) - almal wat sondig kan dus gesien word soos "kinders vd duiwel" en moet dus na dieselfde plek gaan wat berei is vir die duiwel, want die loon vd sonde is die dood! (Rom. 6:23), en sal soos hulle vader in die poel van vuur opeindig.
Maar die "geestelike mens" (die wat weergebore is uit ONVERGANKLIKE saad) sal nie in hierdie oordeel (nl. die oordeel vd hel) kom nie - hulle sal wel voor die regterstoel van Christus verskyn, ja (en geoordeel word na die vlees), maar hulle innerlike mens sal nie in "die oordeel" (die oordeel vd hel) kom nie - en hulle "uiterlike mens" sal ook die dood oorwin! (want hulle het die belofte van opstanding eendag in nuwe verheerlikte onverganklike liggame...).  Alhoewel, hierdie verwys nie na gelowiges wat geen wortel skiet en afval nie..., en die eendag "sonder vrug" kan ook nie staatmaak op hulle "redding" nie want geloof sonder werke is dood.

Die gelowige wat siek is (het bekering nodig):
Die begrip "bekering" moet nie verwar word met wedergeboorte nie;  alhoewel dit deel is van wedergeboorte.  Bekering word somtyds gesien as 'n eenmalige gebeurtenis (maw wanneer iemand tot geloof kom), maar alhoewel iemand bekering nodig het voor hy weergebore word, is bekering nodig in enige situasie waar iemand in sonde stap of nie in regstand is met die Here nie; dus ook nodig waar gelowiges hierdie doen. Gelowiges word dus ook somtyds gesien as "siek" (die wat in sonde stap) en moet hulle van die sonde bekeer voor hulle genesing kan ontvang (en dus vergifnis ontvang).  As hulle kies om te stap in "sonde tot die dood", kan hierdie "siekte" dus lei tot die dood... In so 'n geval sal die gelowige (wat in sonde tot die dood stap en hulle nie daarvan bekeer nie) "die dood" oes in plaas van "lewe" (sal maw nie aangeneem word as 'n kind nie - sal dus sy beloofde saligheid verloor).
- https://warechristene.blogspot.com/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html
https://warechristene.blogspot.com/2013/09/die-christelike-doop.html
https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html

Vir 'n studie oor gelowiges wat gesien word as "siek", gaan na:
https://warechristene.blogspot.com/2020/04/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Hoe beïnvloed iemand se antwoorde op bg. vrae die saligheidsboodskap?

Die salgheidsboodskap:
DIE EVANGELIE:
Saligheidsboodskap word bevat in die "EVANGELIE" ('n "goeie boodskap" wat redding verkondig).
Die manier hoe die evangelie gebring word, word beinvloed deur dit wat iemand sien as "evangelie" en m.a.w. deur dit wat hy "glo" (bv., "hoekom het iemand redding nodig?", "waarvan het hy redding nodig?", en "hoedanig lyk hierdie redding of saligheid?"). Wat iemand dus sien as WAARHEID beinvloed die manier hoe hy die evangelie bring. Om saligheid te onvang gaan nie net oor 'n gebed soos baie leer nie. Mense moet na eers die boodskap hoor en verstaan! - maar wat is die boodskap? 

As iemand bv. nie glo dat daar iets is soos "ewige oordeel" nie, dan sal hy 'n "ander evangelie" bring (2 Kor. 11:4). Baiemaal word 'n "ander evangelie" van die preekstoel af gepreek en dit kan veroorsaak dat iemand dink hy het saligheid en dan het hy nie. "Eerste beginsels" (bekering, geloof, die Christelike doop, handoplegging, die opstanding, ewige oordeel) gebring in die eerste gemeentes is veral belangrik omdat dit die denkwyse vd evangelie beskryf - sou iemand hierdie basiese leringe nie verstaan nie, hoe kan hy dan die ware evangelie bring? Mense wat bely hulle is Christene maar nie glo dat daar bv. iets is soos 'n ewige oordeel wag, of nie verstaan wat is geloof of die belangrikheid van bekering nie, of die Christelike doop verander in iets anders of nie as nodig sien nie, of nie glo in 'n optanding nie, of niks te doen wil he met die gebare van handoplegging nie, sal heel moontlik 'n ander evangelie bring! En dit sien ons reeds gebeur in sommige kerke. Baie Christene bely dat hulle GLO maar hulle glo nie eens in Jesus se woorde nie?, maar glo liewer iets anders as wat Jesus gepreek het.

As ons nie hierdie basiese dinge verstaan nie, dan sal baie inligting boontoe in hierdie pos, nie sin maak nie;  bv. "die opstanding" (oorwinning oor die dood); "die ewige oordeel" (hoe om dit vry te spring);  "handoplegging" (wedergeboorte, genesing, ontvang vd Gees);  "bekering" (tot die Here; van sonde; van werke); "geloof" (bly in Hom en vrug; slaaf vir Christus; vry);  "die Christelike doop" (teken; afwassing; vernuwing; hoop), ens. Kyk maar hoeveel is "die opstanding" saam met die evangelie gepreek in die eerste kerke!  Kyk hoeveel is daar hande opgele en die belangrikheid van bekering gepreek.  Johannes het ook sy bediening begin deur mense op te roep tot bekering.  Jesus het ook so begin deur mense op te roep tot bekering.  Daar is nie geskroom om te praat oor die oordeel wat kom wanneer die evangelie gepreek is nie. Kyk die belangrikheid van "jy moet glo in Jesus Christus" wanneer die evangelie gebring is. Doen gerus bybelstudie van hoe presies die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes: ( http://warechristene.blogspot.com/p/die-waarheid.html ).



Die evangelie gaan nie net oor die "evangelie van Jesus Christus" nie, maar ook "die evangelie vd Koninkryk" asook "die evangelie van vrede" - saam vorm hierdie DIE EVANGELIE
_________________________________________________________________________________

Maandag 23 September 2013

Handoplegging

In hierdie pos kyk ons spesifiek na die tema van "Handoplegging".  
In die eerste gemeentes was handoplegging deel van die fondament wat gelê is, deel van die "prediking aangaande Christus": 
(Heb 6:1)  "Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
(Heb 6:2)  van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel".
========================================================================
Die tema van handoplegging was nie iets vreemds
 in die eerste gemeentes nie. 

Dit was ook 'n Ou Testamentiese gebruik.  
-  Kyk bv. Gen. 48:12-14 (Israel lê sy hand op die hoof van Efraim... dit was toe hy sy kinders geseën het);  soos ook die vb. van hoe die hele volk die Leviete geseën het nadat hulle gereinig is (Num. 8:10); en waar Moses vir Josua geseën het en die hande opgelê het (Num. 27:22; Deut. 34:9; Num. 27:23);
-  handoplegging was ook gedoen met die sondoffer, waar die hande op die kop van die bul gelê is (Eks. 29:10; 29:15; Lev. 4:15; 8:14,18,22...) - in hierdie geval 'n offer aan die Here; of belydenis van die volk se sonde, waar die sonde deur handoplegging op die bok se kop gelê is (Lev. 16:21); -hierdie was ook gedoen op iemand wat vir God gevloek het in Lev. 24:14 - die wat hom dit hoor sê het, moes hulle hande op sy hoof le voor hy gestenig word...;
-  Kyk ook waar versoening gedoen is vir die hele volk: Lev. 9:22, en 'n seën daarna oor die hele volk uitgespreek:  "Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het"; ook Num. 8:20.

Die gebaar van handoplegging was 'n ernstige saak, en behoort steeds so gesien te word.  In die Nuwe Testament word die volgende van ons verwag in 1 Tim. 5:22:  "Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein" -(rol af vir konteks).
==========================================================================

Daar is heelwat vb.e in die Nuwe Testament van handoplegging, ook waar Jesus mense die hande opgele het - in die eerste gemeentes was dit 'n algemene gebruik en deel van die fondament:

(Mat 9:18) " Terwyl Hy vir hulle dit sê, kom daar ‘n sekere owerste en val voor Hom neer en sê: My dogter het nou net gesterwe, maar kom en lê u hand op haar, en sy sal lewe".

(Mat 19:13)  "Toe bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy hulle die hande sou oplê en bid; en die dissipels het hulle bestraf".

(Mar 5:23)  "en smeek Hom dringend en sê: My dogtertjie is op haar uiterste; kom lê haar die hande op, sodat sy gesond kan word, en sy sal lewe".

(Mar 7:32)  "Toe bring hulle na Hom ‘n dowe wat swaar praat, en smeek Hom om hom die hande op te lê".

(Mar 8:25)  "Daarna lê Hy weer die hande op sy oë en laat hom opkyk, en hy is herstel en het almal van ver af duidelik gesien".

(Hand. 8:18)  "En toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word, het hy hulle geld aangebied"

(Hand. 9:12)  "en hy het in ‘n gesig ‘n man met die naam van Ananías sien inkom en hom die hande oplê, sodat hy weer kon sien". (Hand. 9:17,18)

(1Ti 4:14)  "Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
MOENIE HAASTIG IEMAND DIE HANDE OPLE NIE:

1 Tim. 5:22:  "Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein". 

Die konteks lyk moeilik omdat hy oor baie dinge geskryf het, o.a. in die vorige vers, "om niks uit partydigheid te doen nie";  andersins in dieselfde skrif praat hy van hoe Tim. "nie met die sondes van ander gemeenskap moet he nie, maar homself rein hou";  maar l.w. dat die konteks van "om nie partydig te wees nie", ook kom uit die feit dat die wat in opsetlike sonde stap bestraf moet word (v.20 en 21). Dus,  in hierdie sin is dit seker duidelik dat die konteks gegaan het oor "DIE WAT IN OPSETLIKE SONDE STAP". Daarom moet ons versigtig wees om nie haastig iemand die hande op te lê nie.

(1)  Die doel van handoplegging moet hier in aanmerking geneem word.  As ek bv. vir iemand die hande oplê en bid vir genesing moet ek verstaan dat, alhoewel siekte nie altyd is a.g.v. sonde nie, dit wel kan wees a.g.v. sonde.  As ek bewus is daarvan dat die persoon in wetende sonde stap, moet ek liewer nie eers vir hom hande oplê bv. in die konteks van vergifnis nie, want hy moet eers hom van sy sonde bekeer voor hy vergifnis kan ontvang.   

(2)  Maw, ons mag nie partydig wees en iemand se "wetende sonde" (die wat stap in sonde en hulle nie daarvan bekeer nie) oorsien net oor ons van hom hou nie, en dan nog die fout maak om vir hom die hande op te lê nie!  Baie kerke maak hierdie fout waar daar bv. vir gelowiges hande opgelê word om gawes te ontvang, al weet hulle goed dat daardie persone nog nie hulle ten volle bekeer het van wetende sonde nie.

Iemand moet hom liewer laat lei deur die Heilige Gees, voor hy iemand die hande oplê!
========================================================================

OPSOMMING:

(1)    Bg. vb.e wys op hoe die Here Jesus Christus deur handoplegging kinders GESEEN (EN VIR HULLE GEBID HET).  Baie vb.e wys ook dat Hy mense die hande opgelê het  WANNEER HY HULLE GESOND GEMAAK HET.

(2)  ANDER VOORBEELDE WYS DAT DEUR DIE HANDOPLEGGING VAN DIE APOSTELS, DIE HEILIGE GEES GEGEE WAS AAN DIE WAT TOT GELOOF GEKOM HET. Let wel dat die ontvang van die Heilige Gees nie onderwerp was aan die handoplegging van die apostels nie - kyk bv. na Hand. 10:44/11:16. Ons sien egter 'n vb. in Hand. 8 van waar gelowiges in Samaria alreeds gedoop was in Christus Jesus (die Christelike doop), maar nog nie die Heilige Gees ontvang het nie - die apostels het bv vir hulle die hande opgelê sodat hulle die Heilige Gees kan ontvang...  (Hand. 8:14-17).

(3)  IN DIE GEVAL VAN SAULUS (LATER PAULUS), HET ANANIAS IN OPDRAG VAN DIE HERE, GEGAAN EN HOM DIE HANDE OPGELê SODAT HY WEER KON SIEN (die Here het hom gestuur).

(4)  NOG 'N VOORBEELD WYS DAT OUDERLINGE HANDOPLEGGING GEDOEN HET WAAR 'N GENADEGAWE AAN IEMAND GEGEE IS (deur profesie - m.a.w weer-eens deur die wil van die Here gedrywe).

(5) WANNEER ONS WEET DAT IEMAND IN OPSETLIKE SONDE STAP, OF HULLE NOG NIE BEKEER HET VAN DOOIE WERKE NIE, MOET ONS HULLE NIE DIE HANDE OPLê NIE - in daardie sin:  "moenie iemand haastig die hande oplê nie!" - laat jou liewer lei deur die Heilige Gees.  Dit moet nie gaan oor "vir wie jy wil hande oplê nie", maar soos die Here jou lei.
--------------------------------------------------------

(6) Baie siekes is ook gesond gemaak "deur die hande" van die apostels. (Selfs wanneer doeke of voorskote wat aan Paulus sy lyf was, op die siekes gelê is, het die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan  (Hand. 19:12)).  Genesing deur handoplegging, was nie net vir die apostels uitgesit nie, maar Jesus het dit duidelik gemaak in Mark. 16 dat enige gelowige die hande op siekes kan lê:
(Mar 16:16)  Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.(Mar 16:17)  En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek,(Mar 16:18)  "slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word".

Bestudeer gerus my pos getiteld:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-beteken-dit-dat-daar-krag-is-in-die.html
(Wat beteken dit dat daar KRAG is IN DIE NAAM VAN DIE HERE; en om in die Naam van die Here op te tree?)
My hande kan niks vir iemand beteken as die Here nie deur my hande werk nie! - dus, om in die Naam van die Here so op te tree, moet ek deur die Here opdrag gegee word (moet in Sy Naam optree). Handoplegging moet gelei word deur die Heilige Gees, hetsy daar gebid word vir genesing, gawes, of wat ookal die opdrag wat die Here gee.
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
========================================================================

Ander interessante feite oor die tema van "hande" in die Skrif -
kom ons kyk na Beelspraak van die term "hande":

Die woord "hande" word baie gebruik in terme van beeldspraak in die Skrif:
 * (Jos 10:6 - "Maar die manne van Gíbeon het na Josua gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons...)- in hierdie sin het dit gegaan oor hulp - "soos 'n hand op hulle" wat hulle moet help;  EN (Rig. 7:9-11 - "En daardie nag het die HERE vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand. En as jy bang is om af te gaan, gaan jy dan saam met jou dienaar Pura af na die laer toe en luister wat hulle praat; en daarna sal jou hande sterk word.......")- in hierdie sin is dit "soos mag in sy hand" - ook Rig. 9:24; 2 Sam. 2:7.  Die teenoorgestelde beeldspraak:  "slap hande" -2 Sam. 17:2; Esra 1:6; 4:4.  (ook Neh. 2:18; 6:9...)
*  Hande het ook te doen met werk - daarom die "verdienste v/d hande" (Rig. 9:16); (2 Kron. 34:25 - "Omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My te terg met al die werke van hulle hande...")(Job 1:10).(Psa 9:16)  (9:17) Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy handeHiggajon. Sela.  Ons is die werk van Sy hande: (Job 10:8)  U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!
*  (Job 17:9)  Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.(Psa 18:24)  (18:25) So het die HERE my dan vergelde na my geregtigheid, na die reinheid van my hande, voor sy oë.(Isa 1:1516)  En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie: julle hande is vol bloed. Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,(Isa 3:11)  Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.(Isa 13:6)  Huil julle, want die dag van die HERE is naby; hy kom as ‘n verwoesting van die Almagtige.
(Jes. 13:7)  Daarom word al die hande slap, en elke mensehart versmelt;


Dit praat van "krag" in hande, "verdienste van die hande", "werk van die hande" ens.  Dit is deur God se hande wat Hy die mens geskep het.  
-Van iemand wat regverdig is, word die beeldspaak "rein van hande" gebruik.
- Van iemand wat doodmaak, word die beeldspraak "hande vol bloed" gebruik. 
-  Van die goddelose, word die beelsdspraak "boosheid van hulle handelinge" gebruik, of gepraat van die werke van hulle hande.  
- Van 'n hart wat swak raak (soos die vrees wat oor die goddelose sal kom met Jesus se wederkoms), word die beeldspraak gebruik "hande slap".
Kyk gerus ook die besonderse betekenis van "regterhand"...

*  (Psa 139:5)  "U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my".

'N HAND OP IEMAND, KAN DUS VERWYS NA HULP OF IETS AFSPREEK OP IEMAND, SOOS IN DIE GEVAL VAN DIE VADERS TOT DIE SEUNS.  DIT IS SOOS IETS WAT NEERGELE WORD OP IEMAND. IN DAARDIE GEVAL OOK JOS. 10:6, DIE HAND OP HULLE WAT HULLE HELP.   

AS ONS DIT VERSTAAN, DAN VERSTAAN ONS OOK MEER OOR DIE BELANGRIKHEID VAN "HANDOPLEGGING". 

Iets anders wat interessant is oor die term "hand" in die Skrif:
Dit lyk of "hand onder iemand se heup lê", in die O.T. 'n manier was om iets te "belowe":
(Gen 24:2)  Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup, (Gen 24:3)  dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;

(Gen 47:29)  En toe die dae van Israel nader kom dat hy moes sterwe, het hy sy seun Josef laat roep en vir hom gesê: As ek nou guns in jou oë gevind het, sit dan tog jou hand onder my heup en bewys my liefde en trou—begrawe my tog nie in Egipte nie. (Gen 47:30)  Wanneer ek met my vaders ontslaap het, bring my dan weg uit Egipte en begrawe my in hulle graf. En hy antwoord: Ek sal handel ooreenkomstig u woord. (Gen 47:31)  Toe sê hy: Sweer my dit tog. En hy het vir hom gesweer. Toe het Israel in aanbidding gebuig oor die koppenent van die bed.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------