Wys tans plasings met die etiket bekering. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket bekering. Wys alle plasings

Donderdag 21 Mei 2020

Algemene vrae oor SALIGHEID (1): (Inleiding)

In hierdie pos:
-(1) Inleiding: SALIGHEID
(en "die salgheidsboodskap")

_________________________________________________________________________________
In hierdie pos kyk ons na die volgende vrae:
- (1) wat presies is "saligheid"?;
- (2) "hoekom het die mens saligheid nodig"?; en
- (3) hoe beïnvloed iemand se antwoord op hierdie vrae die saligheidsboodskap?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) Wat presies is SALIGHEID?

Die woord "saligheid" is die Gr. woord "so-tay-ree'-ah", wat beteken: -"om te red, gesondheid, red, redding...", en is bv. dieselfde woord wat as "redding" vertaal word (AOV) in Luk. 19:19, Hand. 7:25, 13:47, Rom.1:16 e.a. Ons kan ook kyk na die woord "sode'-zo" wat vertaal word as "gered" (wat basies dieselfde beteken...)(bv. 1 Pet. 4:18; Tit. 3:5 ens.).
Dus, as ons beweer die mens het "redding" nodig dan moet ons weet wat dit is waarvan hy GERED moet word, bv.:
-  Wat is dit waarvan die mens GERED moet word - vyand?, slaaf?, is hy "siek"?;
-  Is daar 'n manier hoe hy van hierdie vyand en/of slaaf en/of siekte gered kan word?, 
en wat moet hy doen om hierdie "saligheid" te verky?  Hoedanig lyk hierdie redding (saligheid) wat hy beërwe wanneer hy gered word?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2)  Hoekom het die mens saligheid nodig?

(2a) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "vyand"?
Die mens se VYAND:

Die DOOD is 'n groot VYAND (1Kor. 15). Die mens was nie geskep om dood te gaan nie, maar in sy huidige toestand is hy bestem om een maal te sterwe en daarna die oordeel...(Hebr. 9:27) - hierdie is die gevolg vd sondeval, Gen. 3.  Die blote feit dat elke mens sterwe is bewys dat dit wat in die tuin van Eden gebeur het, werklik gebeur het (Gen. 2:17; 3:3). Ons moet verstaan dat dit SONDE is wat hierdie vyand aanbring het...(1 Kor. 16:56; Ps. 90:3; Joh. 8:24; Rom. 5:15; 6:23), en dat dit die duiwel (die VYAND van alle geregtigheid - Hand. 13:10; Matt. 13:39) is wat die mens verlei het om te sondig (Gen. 3:4). As die mens nie gesondig het nie, dan sou hy nie sterwe nie! (Gen. 2:17). Die loon vd sonde is die DOOD (Rom. 6:23). Net soos 'n vyand iemand agtervolg en inhaal en verwoes, so maak "die dood" met die mens - dit agtervolg en haal hom in, en vewoes elke mens. In ander woorde kan ons sê dat die mens word geoordeel... tot die DOOD, maar dit verwys (1) nie net na wanneer die uiterlike mens STERWE nie, maar (2) verwys ook na die OORDEEL wat daarna volg..., want wanneer die mens doodgaan sterf sy "uiterlike mens" wel en keer terug na stof, ja, maar dan wag hy (die mens as gees,siel / die innerlike mens) op "die (ewige) oordeel" (die "tweede dood" / "oordeel vd hel")(Matt. 10:28; 23:33)(Openb. 20:14; 21:8). Die wie se name nie in die boek vd lewe is nie sal deur die TWEEDE DOOD gaan (verwysend na "natuurlike mense"). "Geestelike mense" sal nie deur die tweede dood gaan nie, en het nie net hierdie belofte nie, maar het ook die belofte van eendag "opstanding" in 'n nuwe uiterlike mens (nuwe liggaam - onverganklike liggaam (maw wat nie kan doodgaan nie - dan is die vyand finaal verslaan!).

Die loon vd sonde is die dood - die wat die sonde dien is m.a.w. tot TOORN bestem (Ef. 2:3; Kol. 3:6; Ef. 5:6; 1Th 5:9; 2:16; Hebr. 3:11...) en het dus redding nodig! - het m.a.w. nodig om GERED te word van hierdie TOORN nl. die ewige oordeel (ook genoem die "tweede dood")(Openb. 20:6,14), want as hulle nie daarvan gered word nie dan sal hulle onder God se toorn val - m.a.w., sal onder die ewige oordeel val. Vir iemand om hierdie toorn of oordeel vry te spring, moet hy dus VAN DIE DOOD GERED WORD (1 Thess. 1:10), en die woord "saligheid" beskryf o.a. hierdie redding. En beskryf ook redding in die sin van die uiterlike mens wat die dood kan oorwin deur "opstanding tot lewe" - "geestelike mense". 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2b) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "slaafskap"?
Die mens, uit vlees gebore, is " 'n slaaf - verkoop onder sonde "... 

Die natuurlike mens is 'n SLAAF van die SONDE (1Kor. 15) - soos iemand wat verkoop word as slaaf is die natuurlike mens verkoop onder sonde (Rom. 7:14). Hierdie soort beeldspraak is bedoel om te beskryf wie dit is vir wie die natuurlike mens DIEN - net soos 'n slaaf behoort aan die een wat hom gekoop het, net so is die natuurlike mens soos 'n slaaf verkoop onder die sonde "en dien dus die sonde" (Joh. 8:34; 2 Pet. 2:19; Rom. 6:16).  En hulle het dit verkry deur geboorte (die saad waaruit hulle gebore is - om dit beter te verstaan kan die tema van "natuurlike mense" behandel word - "saad" bepaal wat se soort plant of boom opkom...). Elke "natuurlike mens" kan dus gesien word soos 'n SLAAF ('n slaaf is van sonde)(Tit. 3:3; 2 Pet. 2:19), en is daarom van nature "kinders vd TOORN"! (Ef. 2:3). Al manier hoe iemand van hierdie slaafskap verlos kan word, is wanneer iemand anders hom LOSKOOP, en dan word hy 'n slaaf van die een wat hom losgekoop het;  of om van voor af gebore te word maar hierdie keer uit saad van iemand wat vry is (1 Pet. 2:16). Die een wat "weergebore" word (geestelike mense) is soos mense wat gebore word uit 'n vrye, maar hulle is ook duur gekoop deur Christus se bloed - dus, deur Hom gekoop - dus, behoort aan Hom en is Sy slaaf (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus"). 
Natuurlike mense kan slegs "natuurlike mense" voortbring.  Dus, vir iemand om nie meer die sonde te dien nie moet hy "weer gebore" word maar hierdie keer uit God se saad (word dan as vrye gebore).

Anders gestel:Net soos sommige mense as slawe gebore word omdat hulle ouers slawe is, net so kan "natuurlike mense" slegs "natuurlike mense" voortbring;  dus gebore as "SLAWE van sonde" (omdat Adam 'n slaaf was van sonde). 
- (1) Sou hulle egter uit ander saad gebore word van bv. iemand wat nie 'n slaaf is nie, dan word hulle as VRYMENSE gebore.  Hierdie is waar van die "weergeborene" wat gebore word uit God se saad - dus is "vry" (want gebore uit 'n vrye).  (1Kor. 7:22 - "Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus").
- (2) Of sou hulle losgekoop word, dan sal hulle aan 'n nuwe behoort en wees onder die leiding van die een wat hulle LOSGEKOOP het. Hierdie is waar vd een wat deur Jesus Christus losgekoop word - dus is nou 'n SLAAF VAN JESUS CHRISTUS en behoort aan Hom en dien Hom (Rom. 6:18; Gal. 5:13; 1 Pet. 2:16; Rom. 6:12-14)
(Rom 6:22 - "Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe").
.
(Joh 8:32)  En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.
(Joh 8:33)  Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?
(Joh 8:34)  Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.
(Joh 8:35)  En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.
(Joh 8:36)  As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Elke natuurlike mens, gebore uit vlees, is dus soos 'n "SLAAF of dienskneg" van SONDE (2 Pet. 2:19; Rom. 6:17; Rom. 5:15,17; Ps. 51:5; Job 15:14; Rom. 6:20; Joh. 8:34...) want hulle is "in sonde gebore" (Ps. 51:5; 1 Joh. 1:8) - want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword! (2Pe 2:19)(vgl. hierdie met die verhaal van Adam en Eva). Toe Adam en Eva kies om eerder die slang te vertrou as om die Here te vertrou, het hulle "slawe geword vd sonde" en het so die sonde begin dien i.p.v. om die Here te dien, en "verganklikheid" het deel geword van hulle (Gen. 2:17; 3:3,4). Ons sien dus dat die NATUURLIKE MENS in 'n probleem gewikkeld is, in die sin van dat hy in sonde gebore is en dus soos 'n slaaf is van sonde - iets waarvan hy REDDING NODIG het!, anders sal hy beslis onder ewige oordeel val. Die (natuurlike) mens het nie net AFWASSING nodig nie maar ook VERNUWING... (Tit. 3:5), want as hy nie weergebore word nie, dan bly hy 'n slaaf van sonde.  Dit gaan hier oor die saad waaruit iemand gebore is (1 Joh. 3:9). Die natuurlike mens is gebore uit vlees (en dien dus die sonde), maar die geestelike mens is uit Gees gebore (Joh. 3:5-8)(uit God gebore-Joh. 1:13; 1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) en dien dus die Here (hy verkry 'n goddelike natuur-2 Pet. 1:4).  Die geestelike mens is duur gekoop en sy liggaam is 'n slaaf van Christus... (nie meer 'n slaaf vd sonde nie). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2c) Wat is dit waarvan die mens gered moet word, bv. "is siek"?

Die begrip "siek" of  "ongesteld" word in beeldspraak in die Skrif gebruik van die wat in sonde stap of lewe.
"Natuurlike mense" kan almal gesien word as "siek" omdat hulle "slawe is van sonde" (en hulle het dus bekering nodig). Alhoewel "siekte" nie altyd tot die dood lei nie, lei hierdie "siekte" beslis tot die dood, want alle natuurlike mense dra "vrugte vir die dood" (sal die dood oes) - wat nie net verwys na die sterwe vd uiterlike mens nie, maar elke natuurlike mens sal ook deur die tweede dood gaan (die oordeel vd hel).
"Geestelike mense" word ook somtyds gesien as "siek", m.a.w. verwys na die wat in sonde stap (hulle het ook bekering nodig voor hulle vergifnis van sondes kan kry). "Siek" Christene wat stap in "sonde tot die dood" kan nie verwag om eendag aanneming tot kinders te kry as hulle nie vergewe is nie;  dus, hulle sonde sal tot die dood lei sou hulle hul nie daarvan bekeer nie.  Christene is geroep om vrug te dra (vrug tot ewige lewe).  Siekte het beslis 'n invloed op vrug - dis nie goed as Christene hulle vrug verloor nie, en wat sal word vd een "sonder vrug" eendag?

In hierdie gedeelte moet ons dus onderskei tussen: 
-die bekering wat voor wedergeboorte plaasvind (van "natuurlike mense"), en 
-die bekering somtyds nodig van die wat reeds wedergebore is (van "geestelike mense"). 

Die natuurlike mens is soos 'n sieke (het bekering nodig):
Na regte kan die "natuurlike mens" gesien word as "SIEK" (Rom. 6:19), en gesien word soos 'n "kind van die duiwel" omdat hy die sonde DIEN (Hand. 13:10; Joh. 8:44). (Rom 6:19 - "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees..............") - die woord "swakheid" hier is die Griekse woord "as-then'-i-ah", wat nie net verwys na swakheid nie, maar ook "siekte" beteken (figuurlik bedoel, asof die mens gesien kan word as "siek" in die vlees maar verwys nie na 'n letterlike siekte nie). Rom 6:19 verduidelik ook vir ons presies wat hierdie "swakheid" of "siekte" is:  -  "Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees...". Dit gaan oor wie dit is vir wie jy dien/vertrou/gehoorsaam! (1 Joh. 3:8). Die mens wat nie in hierdie opsig gesien word as "siek" nie, DIEN nie die onreinheid en wetteloosheid nie (Rom. 6:19c), maar die persoon wat "SIEK" is, DIEN (1) die onreinheid ("vuil" / is nie skoon nie), en (2) die wetteloosheid ("ongeregtigheid")(is ongehoorsaam aan die wet)(Rom. 7:14-16). HIERDIE BESKRYF DIE TOESTAND VAN DIE "NATUURLIKE MENS" (gebore uit vlees/bloed - "kinders van Adam")("vleeslik" / verkoop onder die sonde... -Rom. 7:14) en verwys veral na die INNERLIKE MENS. Die "geestelike mens" begin bv. wel die geregtigheid DIEN (bv. "met sy gemoed"), maar dit verwys veral na die innerlike mens - m.a.w., omdat sy innerlike vernuwe is! (weer gebore uit die saad van God...). Wat die "geestelike mens" se innerlike aanbetref dien hy dus wel die Gees, maar sy uiterlike mens is nog nie vernuwe nie... (Rom. 7:25). Bestudeer gerus die tema van "met Christus beklee" om hierdie beter te verstaan.

In daardie opsig kan ons sê dat die natuurlike mens SIEK is... Sommige geleerdes noem dit "geestelik dood" omdat die innerlike mens vd natuurlike mens gesien kan word as "dood" ("donker") terwyl die innerlike vd geestelike mens gesien kan word as "lewendig"! (is verlig)(Kol. 3:3; 1 Pet. 4:6...). Die geestelike mens sal wel geoordeel word na die vlees (verwys hier na tema "regterstoel van Christus - Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10), maar lewe na God "in die gees"! (1Pe 4:6). Wanneer die mens doodgaan is dit sy uiterlike mens wat sterwe - die innerlike mens wag dan op die oordeel... ("oordeel vd hel";  ook genoem "tweede dood") - tensy vernuwe! In daardie opsig is die natuurlike mens "dood" maar die geestelike mens lewendig.

Daar is 'n plek berei vir die duiwel en sy engele nl. "die poel van vuur" (oordeel vd hel), en alhoewel hierdie plek nooit bedoel was vir mense nie sal alle "natuurlike mense" wat uit vlees gebore is daar opeindig omdat hulle VERGANKLIK is... (omdat hulle "siek" is agv sonde) - almal wat sondig kan dus gesien word soos "kinders vd duiwel" en moet dus na dieselfde plek gaan wat berei is vir die duiwel, want die loon vd sonde is die dood! (Rom. 6:23), en sal soos hulle vader in die poel van vuur opeindig.
Maar die "geestelike mens" (die wat weergebore is uit ONVERGANKLIKE saad) sal nie in hierdie oordeel (nl. die oordeel vd hel) kom nie - hulle sal wel voor die regterstoel van Christus verskyn, ja (en geoordeel word na die vlees), maar hulle innerlike mens sal nie in "die oordeel" (die oordeel vd hel) kom nie - en hulle "uiterlike mens" sal ook die dood oorwin! (want hulle het die belofte van opstanding eendag in nuwe verheerlikte onverganklike liggame...).  Alhoewel, hierdie verwys nie na gelowiges wat geen wortel skiet en afval nie..., en die eendag "sonder vrug" kan ook nie staatmaak op hulle "redding" nie want geloof sonder werke is dood.

Die gelowige wat siek is (het bekering nodig):
Die begrip "bekering" moet nie verwar word met wedergeboorte nie;  alhoewel dit deel is van wedergeboorte.  Bekering word somtyds gesien as 'n eenmalige gebeurtenis (maw wanneer iemand tot geloof kom), maar alhoewel iemand bekering nodig het voor hy weergebore word, is bekering nodig in enige situasie waar iemand in sonde stap of nie in regstand is met die Here nie; dus ook nodig waar gelowiges hierdie doen. Gelowiges word dus ook somtyds gesien as "siek" (die wat in sonde stap) en moet hulle van die sonde bekeer voor hulle genesing kan ontvang (en dus vergifnis ontvang).  As hulle kies om te stap in "sonde tot die dood", kan hierdie "siekte" dus lei tot die dood... In so 'n geval sal die gelowige (wat in sonde tot die dood stap en hulle nie daarvan bekeer nie) "die dood" oes in plaas van "lewe" (sal maw nie aangeneem word as 'n kind nie - sal dus sy beloofde saligheid verloor).
- https://warechristene.blogspot.com/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html
https://warechristene.blogspot.com/2013/09/die-christelike-doop.html
https://warechristene.blogspot.com/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html

Vir 'n studie oor gelowiges wat gesien word as "siek", gaan na:
https://warechristene.blogspot.com/2020/04/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Hoe beïnvloed iemand se antwoorde op bg. vrae die saligheidsboodskap?

Die salgheidsboodskap:
DIE EVANGELIE:
Saligheidsboodskap word bevat in die "EVANGELIE" ('n "goeie boodskap" wat redding verkondig).
Die manier hoe die evangelie gebring word, word beinvloed deur dit wat iemand sien as "evangelie" en m.a.w. deur dit wat hy "glo" (bv., "hoekom het iemand redding nodig?", "waarvan het hy redding nodig?", en "hoedanig lyk hierdie redding of saligheid?"). Wat iemand dus sien as WAARHEID beinvloed die manier hoe hy die evangelie bring. Om saligheid te onvang gaan nie net oor 'n gebed soos baie leer nie. Mense moet na eers die boodskap hoor en verstaan! - maar wat is die boodskap? 

As iemand bv. nie glo dat daar iets is soos "ewige oordeel" nie, dan sal hy 'n "ander evangelie" bring (2 Kor. 11:4). Baiemaal word 'n "ander evangelie" van die preekstoel af gepreek en dit kan veroorsaak dat iemand dink hy het saligheid en dan het hy nie. "Eerste beginsels" (bekering, geloof, die Christelike doop, handoplegging, die opstanding, ewige oordeel) gebring in die eerste gemeentes is veral belangrik omdat dit die denkwyse vd evangelie beskryf - sou iemand hierdie basiese leringe nie verstaan nie, hoe kan hy dan die ware evangelie bring? Mense wat bely hulle is Christene maar nie glo dat daar bv. iets is soos 'n ewige oordeel wag, of nie verstaan wat is geloof of die belangrikheid van bekering nie, of die Christelike doop verander in iets anders of nie as nodig sien nie, of nie glo in 'n optanding nie, of niks te doen wil he met die gebare van handoplegging nie, sal heel moontlik 'n ander evangelie bring! En dit sien ons reeds gebeur in sommige kerke. Baie Christene bely dat hulle GLO maar hulle glo nie eens in Jesus se woorde nie?, maar glo liewer iets anders as wat Jesus gepreek het.

As ons nie hierdie basiese dinge verstaan nie, dan sal baie inligting boontoe in hierdie pos, nie sin maak nie;  bv. "die opstanding" (oorwinning oor die dood); "die ewige oordeel" (hoe om dit vry te spring);  "handoplegging" (wedergeboorte, genesing, ontvang vd Gees);  "bekering" (tot die Here; van sonde; van werke); "geloof" (bly in Hom en vrug; slaaf vir Christus; vry);  "die Christelike doop" (teken; afwassing; vernuwing; hoop), ens. Kyk maar hoeveel is "die opstanding" saam met die evangelie gepreek in die eerste kerke!  Kyk hoeveel is daar hande opgele en die belangrikheid van bekering gepreek.  Johannes het ook sy bediening begin deur mense op te roep tot bekering.  Jesus het ook so begin deur mense op te roep tot bekering.  Daar is nie geskroom om te praat oor die oordeel wat kom wanneer die evangelie gepreek is nie. Kyk die belangrikheid van "jy moet glo in Jesus Christus" wanneer die evangelie gebring is. Doen gerus bybelstudie van hoe presies die evangelie verkondig is in die eerste gemeentes: ( http://warechristene.blogspot.com/p/die-waarheid.html ).



Die evangelie gaan nie net oor die "evangelie van Jesus Christus" nie, maar ook "die evangelie vd Koninkryk" asook "die evangelie van vrede" - saam vorm hierdie DIE EVANGELIE
_________________________________________________________________________________

Vrydag 24 Januarie 2014

Bloedskuld (2)

VIR DIE EERSTE DEEL OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html
========================================================================

OPSOMMING (omrede hierdie 'n baie omslagtige onderwerp is, volg hier 'n opsomming sonder skrifgedeeltes om dit korter te maak, maar alles is in die volgende paar blogposts uiteengesit, met al die nodig skrifte!)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
UIT DIE STUDIE OOR BLOEDSKULD, SAL ONS SIEN DAT GOD SOVEEL OMGEE VIR ELKE MENS, DAT HY ELKE MENS SE BLOED EIS - dit beteken dat Hy nie sal toelaat dat enige een van Sy skepsele te na gekom word nie! Waar enige iemand 'n ander mens te na kom, sal hy moet verantwoording doen daarvoor, want God gee om vir elkeen van Sy skepsels.  Dit is wat Hy bedoel het met die woorde dat Hy elke mens "se bloed sal eis" - as 'n dier 'n mens doodgemaak het, sal die mens se bloed van die dier geeis word.  As 'n persoon iemand anders doodgemaak het, sal daardie persoon se bloed van die moordenaar geeis word (daarom was die een wat onskuldige bloed vergiet het, in die O.T., doodgemaak - ons moet natuulik ook verstaan wat bedoel was met "doodslaan", om te verstaan wie skuldig was aan bloedskuld).  Wanneer die persoon met bloedskuld met sy lewe betaal, dan was die onskuldige se bloed van hom geeis.  Waar hy nie doodgemaak is nie, was die onskuldige se bloed steeds deur die Here geeis - somtyds deur familie in dieselfde bloedlyn (as hulle ook bloedskuld gedra het!).  In gevalle waar iemand per ongeluk onskuldige bloed vergiet het, kon hy vlug na een van die vrystede en daar bly tot die dood van die hoepriester (en die onskuldige se bloed is dan van die hoepriester geeis). 

UIT DIE STUDIE OOR BLOEDSKULD, SAL ONS OOK MERK DAT SONDE DIE AARDE ONTHEILIG (op 'n volgende blogpost, punt 4).  A.g.daarvan kwyn die diere weg, die voels van die hemel, die visse van die see en die diere van die veld.  Hoe meer "bloedskuld" (sonde), hoe meer sal die land tot niet gaan!  Waar gelowiges en ongelowiges saam bly in een land, kan ons nou nie verwag dat die land heel moet raak nie!  Hoe minder geloof in die land, hoe meer word die land ontheilig - daarom is "afvalligheid" 'n teken van dat die einde naby is! Hoe meer afvalligheid, hoe meer sal die land treur.


 BLOEDSKULD WORD NIE OORGEDRA VAN EEN PERSOON NA 'N ANDER NIE (elkeen betaal vir sy eie sondes - Eseg. 18) (op 'n volgende blogpost, punt 5). (Deu 24:16 - "Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word").
------------------------------------------------------------------------------------------------
"Bloedskuld" was 'n onvergeeflike sonde in die O.T. - geen offer kon daarvoor betaal nie, en die persoon het onder oordeel geval 
(iemand wat "vergifnis van sonde" ontvang, sal nie onder toorn val nie!)

IN DIE N.T., KAN SELFS BLOEDSKULD VERGEWE WORD (en sal die persoon nie onder toorn val nie), MAAR: 
-  DAAR IS 'N ONVERGEEFLIKE SONDE; 
-  en "VERGIFNIS  VAN SONDE" GELD SLEGS VIR DIE WAT "HULLE BEKEER VAN DOOIE WERKE"!
----------------------------------------------------------
  Die tema van bloedskuld het veral te doen met wanneer "onskuldige bloed" vergiet is (op 'n volgende blogpost, punt 2) - in so 'n geval, was die bloed van die onskuldige op die skuldige, (genoem, "op die hoof van die skuldige") - en die onskuldige se bloed sou dan van hom geeis word. Maar dit geld nie net vir "doodslaan" nie, maar in die O.T. word daar ook ander sondes genoem wat bloedskuld veroorsaak het, nl. sondes soos hoerery, waarseery, homoseksualisme, bloedskande ens. (op 'n volgende blogpost, punt 3) - bloedskuld was gesien as "sonde wat die dood verdien" - Vir sonde wat die dood verdien het (soos wat bloedskuld veroorsaak het), kon nie "met 'n offer betaal word nie"! , wat beteken dat die sonde nie regtig vergewe kon word nie, want die persoon val steeds onder oordeel. So, dit is duidelik dat  die offersisteem van die O.T., in die wet van Moses, nie volkome was nie! Daar was geen offer waarop iemand met bloedskuld die geleentheid kon kry om vergifnis van sonde te ontvang nie, maar daar is vb. e in die O.T. van waar gelowiges hulle bekeer het tot die Here, en om vergifnis gevra het vir bloedskuld, maar die onskuldiges se bloed moes steeds geeis word. Dit sou beteken, dat al was die persoon se lewe nie kortgeknip deur om doodgemaak te word nie, hy steeds onder oordeel sou val.  Enige regverdiges se bloed wat nie geeis was in die ou bedeling nie, was geeis van die nageslag wat vir Jesus gekruisig het! (en l.w., daardie nageslag het self ook bloedskuld op hulle gehad!) - (Luk. 11:49-51; Matt. 27:25) (WANT OM TE BETAAL VIR SONDE, MOET DAAR MET BLOED BETAAL WORD! )(op 'n volgende blogpost,  punt 6).
Maar Christus se offer was anders, en waar die O.T. offerdiens nie volkome was nie, was Christus se offer wel volkome!  Enige iemand wat glo in die Here Jesus Christus, Sy offer aanvaar, het gesterf in Hom (want Hy het in ons plek gesterf) - die bloed van die onskuldige is dus geeis!  (iets wat glad nie verkry kon word deur die O.T. offersisteem nie!) - dit beteken dat iemand nou ook vergifnis kan kry van "sondes wat eintlik die dood verdien" - dit beteken dat hulle nie onder die oordeel sal val nie!  (Hand. 13:38)  Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,(Hand. 13:39)  en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
DIE HERE JESUS CHRISTUS IS IN ONS PLEK, DOODGEMAAK 
- NIE NET VIR ONWETENDE SONDES NIE, 
OOK NIE NET VIR SONDES WAT NIE DIE DOOD VERDIEN NIE, 
MAAR OOK VIR SONDES WAT WEL DIE DOOD VERDIEN HET!
God se reel, oor dat Hy elke mens se bloed sal eis, het dus nie verander in die nuwe bedeling nie!  Maar in die N.T., word "bloedskuld" vergewe soos enige ander sonde (vir die wat tot geloof kom - so iemand het dan "saam met Christus gesterwe" - soos wat die doop voorstel -, en die onskuldige se bloed is geeis, deurdat Christus se liggaam vir ons gebreek is!).  

Terwyl die geregtigheid oorvloediger moet wees in die nuwe bedeling, word selfs "om vir jou broeder kwaad te wees sonder rede", vgl. met "doodslaan", in die sin van dat daar op dieselfde manier verantwoording gedoen sal moet word vir waar jy neerkyk op 'n ander broeder, as wanneer iemand doodslaan! (op die volgende blogpost, punt 1) - dit sluit in sondes a.g.v. selfsug (soos die skrif o.a. praat van "goddelose begeerlikhede" soos hoerery, homoseksualisme ens.); sondes waar iemand iemand anders bedrieg, (soos waarseery); mense wat ander vlei ter wille van voordeel; onregverdige wins ens.  God sal elke mens se bloed eis!  En die een wat 'n ander te na kom, hy sal moet verantwoording doen daarvoor (hy kan onder 'n oordeel val, al is hy 'n Christen!). Daarom het Jesus gese dat "die oordeel" onbarmhartig sal wees vir die wat geen barmhartigheid bewys het nie - gaan kyk gerus hoe Hy in die oordeel, wanneer Hy terugkom, die skape van die bokke sal skei, en hoe Hy verduidelik op watter terme Hy dit gaan doen! God gee om vir elke een van Sy skepsele, en Hy sal nie toelaat dat die onreg aan iemand nie betaal word nie. 
-----------------------------------------------------------------------  Die met bloedskuld was die vervloektes van die O.T.  
-  Gaan vgl. dit gerus met die tema van "vervloektes" in die N.T.
Wanneer iemand tot geloof gekom het, maar weer die sonde begin dien, watter offer bly daar dan vir hom oor??? (en hier moet ons natuurlik onderskei tussen iemand wat sondig, en iemand wat verval in sonde - aanhoudende sonde).

Waar iemand nie tot geloof kom nie, en hy bloedskuld op hom het, gaan die Here steeds die ander persoon se bloed eis! En die land gaan steeds ontheilig wees!  Vir die wat tot bekering en geloof kom, word bloedskuld - soos enige ander sonde - vergewe omdat Christus in hulle plek gesterwe het - in so 'n geval is die persone wat deur hom te na gekom is, se bloed geeis! -m.a.w., hoe meer tot geloof kom, hoe minder bloedskuld in die land, en sal die land minder ontheilig wees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DUS:
- deur bekering verkry ons "vergifnis van sonde"(alle sonde word die persoon vergewe, ook bloedskuld, en die onskuldiges se bloed is geeis deur Christus se dood.  Hy het met Sy bloed daarvoor betaal - ek hoef nie met my bloed daarvoor te betaal nie.  Sy liggaam is ook "gebreek" - Hy is in ons plek doodgemaak ter wille van ons sonde - Hy het m.a.w. ook ons bloedskuld op Hom geneem)


-  (Maar l.w., daar is 'n onvergeeflike sonde!...die sonde teen die Heilige Gees.  Sonde teen die Heilige Gees kan nie vergewe word nie, en die persoon sal onder oordeel val - "soos dit was met bloedskuld in die O.T.)

-  (Waar sonde nie vergewe word nie, val die persoon onder God se toorn- m.a.w. waar iemand nie tot bekering en geloof kom nie...  Maar dit geld ook vir Christene wat weer die sonde begin dien! - sou hulle hul nie bekeer daarvan nie, kan hulle onder Sy toorn val!).  Daarom, as iemand tot bekering kom en sy sondes afgewas word, en hy sy geloof in die Here Jesus Christus bely, maar sy werke bewys dat hy nie werklik glo nie, dan bly daar geen offer meer oor vir hom nie.  

"Die oordeel sal onbarmhartig wees teenoor die wat geen barmhartigheid bewys het nie!" - In die sin is geloof - (en werke wat bewys dat hy glo) -, die enigste weg tot saligheid!   
(1)  Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
(2)  Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Vrydag 27 September 2013

Wat beteken dit "Om tot bekering te kom"?

(2Pe 3:9)  "Die Here vertraag nie die belofte (van Sy wederkoms) soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
_________________________________________________________________

Behandel gerus hierdie tema saam met die eindtyd onderwerp 
"wit klere": http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/05/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit-klere.html
-----------------------------------------------------------------

DIE TEMA VAN "BEKERING" IS VIR BAIE GELOWIGES 'N ONBEKENDE BEGRIP -  Hulle weet ook nie mooi wat dit beteken nie!  Dan is daar ook baie kerke wat leer dat bekering glad nie nodig is om 'n kind van die koninkryk te word nie?!  

Toe Johannes die Doper die volgende woorde gebruik het in Mat 3:2-"...Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom", was hierdie begrip glad nie iets nuuts vir die Jode nie.  Hulle het presies geweet wat dit beteken "om te bekeer".  Jesus het ook dieselfde woorde gebruik rakende die koninkryk van die hemele wat naby gekom het:  (Mat 4:17)  "Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom".  

Die Jode was maar alte bekend met die geskrifte, en hoeveel God die volk moes terugroep tot bekering.  "Bekering" was altyd soos 'n voorwaarde gebruik, en daar was natuurlik gevolge vir die wat nie tot bekering gekom het nie.  Hulle het goed verstaan dat dit gegaan het oor: 
"bekeer van werke" (die wil v/d Here soek bo werke, of barmhartigheid en gehoorsaamheid eerder as werke)(Eseg. 18:23; Dan. 9:13; Hand. 3:26...)
"bekeer van afgode" (om afgode te verwyder en die Here alleen te dien)(Deut. 3:20; Matt. 13:15; Luk. 1:16; Hand. 14:15...), en
"bekeer tot die Here" (bekeer van die manier hoe jy dink, sonde neerle,  na Sy stem  luister, Hom  gehoorsaam, reg  doen en die waarheid  soek)(Matt. 3:2; 4:17; 11:20; Openb. 2:5...).   

Wat nou in vandag se lewe nie so heel verstaanbaar is nie, is hoe baie Christene reken dat "bekering" niks te doen het met die koninkryk van God nie, al was dit 'n voorwaarde in die eerste gemeentes.  Ook in die voorbeelde van evangelie prediking in die boek van Handelinge, in die eerste gemeentes, is dit duidelik dat bekering een van die voorwaardes was om kinders van die koninkryk te wees/word http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/01/evangelie-verkondiging.html. Nie net is bekering een van die voorwaardes nie, maar dit is self deel van "geloof"! Iemand kan nie bely "hy glo", maar hy het nooit tot bekering gekom nie.  Daarom is daar baie onbekeerde "Christene", mense wat beweer dat hulle glo, maar hulle is nie vry van afgodsdiens nie; hulle stap in opsetlik, aanhoudende sondes; hulle soek nie daagliks na die wil van die Here in hulle lewens nie;  hulle soek nie na die waarheid nie; hulle het werke meer lief as barmhartigheid...
========================================================================
(1)  JESUS HET DIE VOLGENDE OPMERKING GEMAAK in Mar 4:11- "En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, (Mar 4:12)  sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie".
- VGL. DIT gerus MET Jes. 6:10:  "Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie";  EN (Joh 12:40)  Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.(Joh 12:41)  Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het;  OOK (Hand. 28:27)  Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor, en hulle oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.


In die betrokke gedeelte het Jesus die gelykenis van die Saaier met hulle gedeel.  Hy maak 'n ander opmerking in v. 12, nl.:  "dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie". 
BEKERING 
en die belofte van
VERGIFNIS VAN SONDES
gaan hand aan hand.
Dit is ook deels wat die doop voorstel! (wat die doop van Johannes voorgestel het, en deels wat die Christelike doop voorstel).   As iemand bely dat hy "vergifnis van sondes" ontvang het, moet hy ten minste eers tot bekering gekom het!
Ook waar Jesus die 12 uitgestuur het in Mark. 6, het hulle uitgegaan om mense "tot bekering" te roep (6:12) 'n verwagting was aan hulle gestel, en as hulle nie die waarheid wou aanneem nie, moes die dissipels hulle verlaat en "die stof van hulle voete afskud" (Matt. 10:14).

--------------------------------

*  (Luk 24:45)  Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.

(Luk 24:46)  En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan,

(Luk 24:47)  en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.



*  (Hand. 5:30)  Die God van ons vaders het Jesus opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan ‘n kruishout te hang.
(Hand. 5:31)  Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk.



*  (Hand. 15:3)  En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.

*  (Hand. 26:19)  Daarom, koning Agríppa, was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie,
(Hand. 26:20)  maar ek het eers aan die mense in Damaskus en in Jerusalem en in die hele land van Judéa en aan die heidene verkondig dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God bekeer deur werke te doen wat by die bekering pas.


========================================================================
(2)  (Psa 7:11)  (7:12) God is ‘n regverdige regter, en ‘n God wat elke dag toornig is.
(Psa 7:12)  (7:13) As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee

"BEKERING" was nooit opsioneel nie!

(Rom 2:3)  En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?
(Rom 2:4)  Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?
(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God
(Rom 2:6)  wat elkeen sal vergeld na sy werke:

(2 Kor. 7:9)  Nou is ek bly, nie omdat julle bedroef was nie, maar omdat julle bedroef was tot bekering, want julle was bedroef volgens die wil van God, sodat julle deur ons in niks skade gely het nie. (2Co 7:10)  Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.

(2Ti 2:25)  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie

(Heb 6:6)  en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.    (so hulle het in die eerste plek tot bekering gekom - dit was deel v/d evangelie prediking in die eerste gemeentes - in die geval van hierdie vers, verwys dit na iemand wat eens tot BEKERING gekom het, maar afvallig geword het)

(Luk 13:1)  En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galiléërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het.(Luk 13:2)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het?(Luk 13:3)  Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.

(Luk 15:10)  So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.

(Hand. 9:35)  En al die inwoners van Lidda en Saron het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.

========================================================================
(3)  (Psa 51:13)  (51:15) Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.

WANNEER IEMAND BEKEND RAAK MET DIE WEE VAN DIE HERE, IS DIT LOGIES DAT BEKERING VOLGENDE VOLG.  So iemand raak bewus daarvan dat hy self die sonde en homself dien, en kom tot die besef dat hy homself moet bekeer om die Here ALLEEN te dien.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  BEKERING uit dooie werke, WAS DEEL VAN DIE FONDAMENT WAT GELE IS IN DIE EERSTE GEMEENTES:

(Heb 6:1)  Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan sonder om weer die fondament te lê van die bekering uit dooie werke en van die geloof in God,
(Heb 6:2)  van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.

(Hand. 8:22)  Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.   (- l.w. dat Simon toe reeds "tot geloof gekom het", maar sy hart gou gewys het dat hy nie werklik "bekeer" is nie - soos in die geval van die vrug van sommige Fariseers en Sadduseers wat na Johannes se doop gegaan het...)

(2 Kor. 12:21)  dat as ek gekom het, my God my miskien weer by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die wat vroeër gesondig het en hulle nie bekeer het van die onreinheid en hoerery en ongebondenheid wat hulle bedryf het nie.

(Jak. 5:19)  Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,
(Jak. 5:20)  laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek.

(Openb. 2:5)  Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

(Openb. 2:21)  En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.

(Openb. 2:16)  Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond.

(Openb. 3:3)  Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief, en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  OM DAARDIE REDE IS DIE CHRISTEN GEROEP OM VRUG TE DRA, nie om wette na te kom nie, maar OMDAT DIT WYS OP DIE FEIT DAT IEMAND TOT BEKERING GEKOM HET.  Die persoon wat voorgee dat hy 'n Christen is, maar nie die nodige vrug dra nie, wys eintlik dat hy nie tot bekering gekom het nie!

(Mat 3:8)  Dra dan vrugte wat by die bekering pas. (gaan lees gerus in konteks)

(Mat 9:13)  Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. 

(Mar 2:17)  En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
========================================================================


(6)  KOM ONS KYK NA DIE BETEKENIS VAN "BEKERING":

(Jer 35:15)  En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en maak julle handelinge goed en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien nie; dan sal julle bly in die land wat Ek aan julle en julle vaders gegee het. Maar julle het geen gehoor gegee en na My nie geluister nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Deu 30:2)  en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,
-  NA SY STEM LUISTER
- HOM GEHOORSAAM
(Deu 30:10)  as jy na die stem van die HERE jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.

(Jer 18:8)  maar as dié nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.
(Jer 18:9)  En in ‘n ander oomblik sal Ek spreek oor ‘n nasie en oor ‘n koninkryk om dit te bou en te plant;
(Jer 18:10)  maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.

(Eze 18:21)  Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
(Zec 1:4)  Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die HERE van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die HERE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Sa 7:3)  Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.
(1Sa 7:4)  Daarop het die kinders van Israel die Baäls en die Astartes verwyder en die HERE alleen gedien.
- OM DIE HERE ALLEEN TE DIEN

(2Ki 17:12)  En hulle het die drekgode gedien waarvan die HERE vir hulle gesê het: Julle mag dit nie doen nie.
\(2Ki 17:13)  En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Ki 8:33)  As u volk Israel verslaan word voor ‘n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul tot U bekeer en u Naam bely en tot U bid en smeek in hierdie huis,
- VAN SONDE BEKEER
(1Ki 8:35)  As die hemel toegesluit bly, dat daar geen reën is nie, omdat hulle teen U gesondig het, maar hulle na hierdie plek toe bid en u Naam bely en van hulle sonde hul bekeer, omdat U hulle verootmoedig,
(1Ki 8:47)  en hulle dit ter harte neem in die land waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, en hulle hul bekeer en U smeek in die land van die wat hulle weggevoer het, en sê: Ons het gesondig en verkeerd gehandel, ons was goddeloos—
(2Ch 6:24)  En as u volk Israel verslaan word voor ‘n vyand, omdat hulle teen U gesondig het, en hulle hul bekeer en u Naam bely en bid en smeek voor u aangesig in hierdie huis,
(Isa 55:7)  Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.

(Jer 3:8)  En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.
(Jer 3:9)  En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout.
(Jer 3:10)  Maar ook ondanks dit alles het die ontroue, haar suster Juda, haar nie met haar hele hart tot My bekeer nie, maar valslik, spreek die HERE.

(Jer 23:14)  maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.
(Jer 36:3)  Miskien sal die huis van Juda luister na al die onheil wat Ek van plan is om hulle aan te doen, sodat hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg en Ek hulle ongeregtigheid en hulle sonde vergewe.
(Lam 3:39)  Wat klaag ‘n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.
(Lam 3:40)  Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die HERE bekeer;
(Eze 18:21)  Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

(Eze 18:23)  Het Ek dan miskien ‘n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?
(Eze 18:24)  Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen—sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.

(Eze 18:27)  En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen—hy sal sy siel in die lewe behou;
(Zec 1:4)  Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die HERE van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die HERE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Ki 23:25)  En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot die HERE bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.
-  AG GEE OP DIE HERE SE WIL/GEBOOIE (NA SY STEM LUISTER)(WIL HOM GEHOORSAAM) - v.1-3
(2Ch 30:9)  Want as julle jul tot die HERE bekeer, sal julle broers en julle kinders barmhartigheid vind voor die wat hulle as gevangenes weggevoer het, sodat hulle na hierdie land kan terugkom; want die HERE julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.
(Neh 1:9)  maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen—al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.
-  VERWYDER AFGODE -  2 Kon. 23: 4-24
(Isa 31:6)  Bekeer julle tot Hom van wie die kinders van Israel diep afgeval het.
(Isa 31:7)  Want in dié dag sal hulle elkeen sy silwerafgode en sy goue afgode verwerp, wat julle hande vir julle tot sonde gemaak het.
(Jer 4:1)  As jy jou bekeer, Israel, spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie.
(Jer 23:14)  maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.
(Jer 25:5)  met die woorde: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en van die boosheid van julle handelinge, en woon in die land wat die HERE aan julle en julle vaders gegee het, van eeu tot eeu;
(Jer 25:6)  en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien en julle voor hulle neer te buig nie, en terg My nie met die werk van julle hande nie, dat Ek julle geen kwaad aandoen nie.
(Jer 44:5)  Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee om hulle van hul boosheid te bekeer nie, om vir ander gode geen rook te laat opgaan nie.
(Eze 14:6)  Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle aangesig af van al julle gruwels.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jer 5:1)  Swerf rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek—dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.
(Jer 5:2)  En of hulle al sê: So waar as die HERE leef, sekerlik sweer hulle vals.
(Jer 5:3)  o HERE, is u oë nie op opregtheid gerig nie? U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem; hulle het hul aangesig harder gemaak as ‘n rots, geweier om hulle te bekeer.
-  WIL REG DOEN 
-  WAARHEID SOEK 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Eze 3:17)  Mensekind, Ek het jou as wag vir die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku.
(Eze 3:18)  As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe—en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
(Eze 3:19)  Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.
(Eze 3:20)  En as ‘n regverdige hom van sy geregtigheid afkeer en onreg doen, en Ek ‘n struikelblok voor hom gooi, dan sal hy sterwe; omdat jy hom nie gewaarsku het nie, sal hy deur sy sonde sterwe, en aan sy geregtigheid wat hy beoefen het, sal nie gedink word nie; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
(Eze 3:21)  Maar as jy die regverdige waarsku, dat die regverdige nie moet sondig nie, en hy sondig nie, dan sal hy sekerlik lewe, omdat hy hom laat waarsku het; en jy het jou siel gered.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 9:21)  En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.
- BEKEER VAN SONDE
(Openb. 16:11)  en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie.

(Openb. 16:9)  En die mense is geskroei met ‘n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
- OM HOM ALLEEN TE DIEN
========================================================================

(2 Kor. 3:15)  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart;
(2 Kor. 3:16)  maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem.

========================================================================
(Psa 22:27)  (22:28) "Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid".
========================================================================

Sondag 04 Augustus 2013

Hoe groei die Christen geestelik?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-voer-ons-die-stryd.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Net soos in die lewe, groei die Christen ook geestelik, van 'n baba na 'n grootmens.  
Die vraag is nou wat presies met "geestelike groei" bedoel word?  Hoe definieer ons 'n "baba in die geloof", of "kind in die geloof", "jongman" of "pa" in die geloof?  Sommige glo dat kerkbywoning deel is van geestelike groei;  ander glo dat jy daagliks Bybel moet lees en sommige sien dit as "werke" wat jy moet doen, soos take in die kerk........  Alhoewel al hierdie dinge 'n invloed het op geestelike groei, is dit insigself NIE "geestelike groei" nie! Die verskillende trappe van geestelike ondervinding/groei, word vir ons mooi verduidelik in 1 Joh. 2:12-14.   

Lees  1 Joh. 2:12-14:
1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)
3.  Jongmense: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Lering en Oorwinning oor die sonde)
4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (Verhouding met die Here en Lewe soos 'n Ware Christen)


Of iemand 'n "baba, kind, jongman of vader" is op sy pad van geestelike groei, WORD NIE GEKENMERK DEUR hoeveel hy kerk bywoon, Bybel lees, goeie werke doen, geleerdheid ens. nie, MAAR WORD GEKENMERK DEUR sy "stand voor die Here":  - m.a.w:

-  Het hy tot bekering/wedergeboorte gekom? (baba in die geloof)
-  KEN hy die Here? (kind in die geloof)
-  Soek hy na die waarheid, en le hy aanhoudende sondes af? (jongman in die geloof)
-  Volhard hy in die geloof? (pa in die geloof)

GOD KYK NA DIE HART.
========================================================================


1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
Let wel dat om "in die gawes van die Gees" te stap, nie beteken dat iemand ver gegroei het op die geestelike pad nie!  Hierdie is 'n groot miskonsepsie by baie Christene.  Die gemeente van Korinthiers het nie in een gawe agtergestaan nie, tog noem Paulus hulle "babas" in die geloof!

http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/06/babas-in-die-geloof.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/noem-ander-jou-ook-n-christen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/het-jy-hom-regtig-lief.html




2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)

Om iemand te KEN, beteken nie dat ek net van hom "weet" nie! Wanneer kan iemand verklaar dat hy iemand anders "ken"?  Mens kan ook net iemand anders regtig leer ken as jy TYD MET HOM SPANDEER.   Baie dink dat hulle die Here ken, maar doen hulle werklik?  Spandeer hulle tyd met Hom om Hom te leer KEN? Om net by iemand anders te hoor van die Here, maak nie dat jy Hom persoonlik KEN nie.  Iemand moet self van die Here hoor!  Daar is predikers wat leer dat 'n persoonlike verhouding met die Here glad nie van die Christen verwag kan word nie omdat dit sogenaamd as "werke" gesien word, maar dit is definitief nie wat Jesus vir ons geleer het nie!  Ook nie die vb. wat Hy gestel het nie, want Hy het baie tyd in gebed spandeer tot die Vader - (Mat 14:23;  Matt. 26:36 ens.). (Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html

Jesus het ook heelwat geleer oor "hoe om te bid", o.a. het Hy gese:
(Mat 6:6) " Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde".  
En ja, natuurlik word dit verwag van die Christen, want Jesus het die volgende opdrag aan die dissipels gegee:
(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.   
Jesus het ons beveel om "in Hom te bly", en Hy het ons geleer om te bid...  Dit is die prediker se plig om die Christen "te leer om alles te onderhou wat Jesus beveel het"!  

Om die Here te ken, het te doen met "om Sy wil te soek" - niemand kan ingaan in die koninkryk van die hemele as hy nie "die wil van die Vader doen" nie (Matt. 7:21). (Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder"). Jesus het ook verklaar dat Hy self die wil van die Vader doen en dat Hy die Vader ken. (Joh 5:30 - "Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het"). (Joh 10:15 - "Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape").  Iemand wat ook nie die Vader ken nie, sal nie ontvanklik wees vir die WAARHEID nie! (Joh 8:19 - "Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het").

As die Christen nie in Hom bly nie, gaan hy nie vrug dra nie (Joh 15:4) .  Dit belemmer geestelike groei!  As dit gebeur, is dit soos wat Jesus beskryf het in die gelykenis van die saaier, die 2 de groep, "wat die woord met blydskap aanneem, maar omdat hul nie wortel het nie, afval in die tyd van verdrukking of vervolging".  

Vgl. met Openb. 2:8-11 (brief aan die gemeente van Smirna), en Openb. 2:18-29 (brief aan die gemeente van Thiatire), en Openb. 3:1-6 (brief aan Sardis).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/soos-n-dief-in-die-nag.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html




3.  Jongmanne: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Staande bly, Lering - of wat ons eerder "waarheid" moet noem, want kerke se leringe verskil -;  en Oorwinning oor die sonde)


Dit verwys definitief na die wat "vrug dra" en laat mens dink aan die derde groep in die gelykenis van die saaier - alhoewel in die gelykenis van die saaier die betrokke groep nie "oorwinning oor die sonde" behaal nie - die gevolg?  Hulle raak onvrugbaar, of dra geen ryp vrug nie!  "OORWINNING OOR DIE SONDE", of "die afle van sonde", of "staande bly in tye van versoeking", is belangrik vir geestelike groei! In die geval van die 3 de groep, gelykenis van die saaier, is die probleem dat die groep gelowiges die Here as hulle eerste Liefde verlaat en toegee aan versoekinge.  Op hierdie stadium van die Christelike lewe, moet die gelowige die bose oorwin deur nie toe te gee aan versoekinge nie en sondes af te le - die Here moet sy eerste Liefde wees en hy moet meer besig wees met die Here, as met die lewe.  Vgl. dit met Openb. 2:1-7 (brief aan die gemeente van Efese) - ("......... "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.......").


Alle "lering" is nie noodwendig die waarheid nie.  Hier moet ons onderskei tussen "lering" en "waarheid".  (Joh 1:17 - "Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom").  Kerke se leringe verskil omdat nie almal die waarheid verkondig nie!  Die eerste kerke het baie tyd ingesit om die "waarheid" te leer ken.  Ons moet soek na die waarheid.  Iemand wat geestelik groei, glo nie alles wat vir hom vertel word nie, bloot omdat hy hoop het in 'n spesifieke kerk of persoon nie, maar soek na die waarheid!  So iemand het ook die waarheid lief.  Terwyl baie kerke glo dat hulle geen wette op hulle lidmate moet le nie (en ongelukkig hier nalaat om die waarheid aan hulle lidmate te verkondig), het hulle tog allerhande mensgemaakte wette waaraan lidmate vashou - in hierdie verband skryf Paulus die volgende aan die gemeente van Galasiers: Gal 4:16 - " Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?"  Elke een moet seker maak dat dit wat sy kerk hom leer, regtig die waarheid is!(1 Kor. 3:10 - "Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou").

Vgl. ook met Openb. 2:12-17 (brief aan die gemeente van Pergamus), en Openb. 3:14-22 (brief aan die gemeente van Laodicense).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/die-ultimate-bewys-is-in-om-hom-te-ken.html




4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (die wat vashou aan die geloof)

Iemand is nie ver op die geestelike pad omdat hy baie jare gelede tot bekering gekom het, of baie jare in die kerk sit, of baie lering ontvang het, of baie goeie dade doen of baie pligte het in die kerk ens. nie, maar omdat hy vasstaan in die geloof.  En let wel dat "vasstaan in die GELOOF", gaan oor  "gehoorsaamheid aan die Here", Sy wil soek", Hom ken, Hom eerste stel in jou lewe......, NIE "gereeld kerk toe gaan", "gehoorsaamheid aan mense of mensgemaakte wette" en kennis in kerkleringe nie!

Vgl. dit gerus met die 4de groep in die gelykenis van die saaier.  

Vgl. ook met Openb. 3:7-13 (brief aan die gemeente van Filadelfia).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/wat-meeste-preachers-jou-nie-vertel-oor.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/om-in-die-gawes-van-die-heilige-gees-te.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html