Wys tans plasings met die etiket kind. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket kind. Wys alle plasings

Maandag 05 Augustus 2013

Die Vrug van die Gelowige

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/god-is-nie-n-god-van-dooies-nie-maar.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html

Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Joh 15:1)  "Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jak. 5:7)  "Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike VRUG van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het".
---------------------------------------------------------------------------------------------
(Mar 4:26)  En Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer ‘n mens die saad in die grond gooi;
(Mar 4:27)  en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot—hoe, weet hy self nie.
(Mar 4:28)  Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring in die aar.
(Mar 4:29)  En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

================================


Die gelowige is geroep "om vrug te dra":

 (Joh 15:16)  "Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra EN dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee". 

 Gelowiges word soos koringkorrels gesaai in die wereld  (OM VRUG TE DRA) (dink aan die gelykenis van die "koring en die onkruid") - die idee is dat die koringkorrel groei en vrug dra.  GEESTELIKE GROEI is dus belangrik.  As hy nie geestelik groei nie, kan hy nie vrug dra nie, en as hy nie vrug dra nie (of onvrugbaar raak), gaan hy uitgekap en in die vuur gegooi word (Joh. 15:2).  In die gelykenis van die saaier, verduidelik Jesus 4 groepe mense - (1) die wat hoor, maar vergeet;  (2)  die wat hoor, die woord ontvang, maar net vir 'n tyd glo en in tyd van versoeking of verdrukking afval;  (3) die wat die woord hoor, ontvang - begin vrug dra - maar die rykdom en genietinge v/d lewe ens. verstik dit en hulle raak onvrugbaar, of dra geen ryp vrug nie;  (4)  die wat die woord hoor en ontvang, in 'n goeie hart hou en met volharding vrug dra.  Dit is slegs die wat met volharding vrug dra (dertig, sestig of honderdvoudig), wat verseker kan wees dat hulle nie uitgekap sal word nie. As iemand slegs vir 'n tyd glo, dan "bly hy nie in die Here nie" - en Jesus het dit duidelik gemaak dat as iemand nie in Hom bly nie, hulle nie vrug kan dra nie.  Iemand kan dus tot bekering/wedergeboorte kom (die woord hoor en met blydskap aanneem)(soos baba-stadium in trappe van geestelike onderving)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/hoe-groei-die-christen-geestelik.html), maar as hy nie "in Hom bly" nie - as hy "net vir 'n tyd glo", dan gaan hy nie vrug dra nie!  Kyk ons na die volgende vlak van geestelike groei, nl. "kind", dan gaan dit juis oor 'n verhouding met die Here - waar iemand Hom begin KEN.  Iemand wat nie geestelik oorgaan van baba na kind nie, gaan nie vrug dra nie!  

Net soos daar dinge is wat die gelowige doen wat veroorsaak dat hy vrug dra, bv. "om in die Here te bly", so is daar dinge wat veroorsaak dat hy nie vrug dra nie (bv. om net vir 'n tyd te glo), of dat hy onvrugbaar raak (bv. om meer besig te wees met die lewe as met die Here - (Joh 12:24,25 - "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug. Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe"). 
Kyk ook weer na Matt. 13:47-50
Vgl. dit ook met wat gebeur het in Matt. 21? 
(Mat 21:19)  en Hy sien ‘n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; maar Hy het niks daaraan gevind nie as net blare alleen; en Hy sê vir hom: Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer ‘n vrug kom nie! En onmiddellik het die vyeboom verdroog. (ook Mark. 11:14)

(Joh 10:27)  My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My".
(Luk 6:46) - "En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?"
Kyk ook na Johannes se woorde waar hy praat van die "koring en die kaf" (Matt. 13)-  Volgens vers 9, is dit duidelik dat Johannes 'n onderskeid maak tussen "Jode in die hart" en "Jode volgens bloed"(Mat 3:9)  En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek". In vers 10 maak hy dit nog duideliker deur te se:  "Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi".  Johannes praat nie hier van ongelowiges nie, maar wel net met "gelowiges" - hy praat  van 'n "oordeel" wat voorle(Mat 3:12)  "Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand";  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html 

God kyk na die hart.
========================================================================
Die onderwerp van "vrug dra" gaan egter nie oor "werke wat saligheid verwerf" nie, maar oor iemand wat "reeds saligheid ontvang het" in Jesus Christus! (m.a.w. iemand soek bv. daagliks na die wil van die Here omdat hy saligheid ontvang het, nie om saligheid te verkry nie;  of iemand maak persoonlike gebedstyd met die Here omdat hy saligheid ontvang het, nie om saligheid te verkry nie...)(MAAR sou iemand nie in die Here bly nie, Sy wil soek nie, Hom as eerste Liefde ken nie ens., dan gaan hy nie vrug dra nie - en sy vrug dan bewys dat hy nie regtig die Here liefhet nie, en sal hy afgesny word en in die vuur gegooi word - in so 'n geval kan iemand sy saligheid wat hy ontvang het, verloor). 
 (Luk 6:44)  "Want elke boom word geken aan sy eie vrugte. Van dorings pluk ‘n mens tog nie vye nie, en ‘n mens sny ook nie druiwe van ‘n doringbos nie". 

As die koringkorrel nie sterf nie, bly dit alleen, maar as dit sterf, dra dit veel vrug! (Joh. 12:24,25).  

(Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
========================================================================
(Mat 12:35)  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn". 

Vrug is 'n bewys van wat in iemand se hart aangaan.
========================================================================


Wat word gesien as "vrugte"?  
=================================================================================
-  (Jas 3:18)  En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak. (In konteks praat Jakobus hier van hoe ons ons tonge moet beheer en vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins moet wees teenoor mekaar, want: -(Jak 3:11,12)  "‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie? ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie".  Hy verduidelik dat om afgunstig en selfsugtig te wees, nie die "wysheid van bo" is nie, en dan se hy: (Jak. 3:13)  "Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon".  Vgl. dit met Jesus se woorde in: -"(Mat 12:35)  Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn".  Vrug gaan dus hier oor die manier hoe iemand PRAAT, hoe hy OPTREE.
========================================================================
-  (Heb 13:15) " Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely".  "Vrug van die lippe" gaan hier oor "aan God 'n lofoffer bring" (vgl. weer met Matt. 12:35).
========================================================================
-  (Fil. 4:17)  "Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening".  In konteks gaan dit oor hoe die gemeente van Thessalonika somtyds in Paulus se behoeftes voorsien het - in hierdie geval gaan "vrug" dus oor "goeie dade", meer spes. in behoeftes voorsien. Vgl. dit met Rom 15:26-28: - "Want Macedónië en Acháje het dit goedgevind om iets by te dra vir die armes onder die heiliges in Jerusalem. Hulle het dit goedgevind, sê ek, en hulle is ook hul skuldenaars; want as die heidene deel gekry het aan hulle geestelike voorregte, is hulle ook verskuldig om hulle met stoflike goedere te dien. As ek dit volbring het en vir hulle hierdie vrug veilig oorgebring het, sal ek by julle langs na Spanje afreis".
========================================================================
-  (Ef. 5:9)  Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
========================================================================
-  (Gal 5:22)  Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
========================================================================
-  (2 Kor. 9:10)  "En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem"
========================================================================
-  (Rom 6:21,22)  Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.  (in hierdie geval word "diensbaarheid aan God" gesien as vrug tot heiligmaking - m.a.w. die loon)
========================================================================
-  Die wat die evangelie verkondig, vergader "vrug vir die ewige lewe" (Joh 4:36)(ook Kol. 1:6)(in hierdie geval gaan dit oor "die arbeider is sy loon werd - loon word dus hier gesien soos vrug) - (1 Kor. 9:7)  "Wie dien ooit as soldaat op eie koste? Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrug nie? Of wie pas ‘n kudde op en geniet nie van die melk van die kudde nie?"

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/is-die-kerk-nog-besig-om-te-oes.html
=================================================================================


Elke loot wat vrug dra, maak Hy skoon:
(Mar 4:23)  As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.

(Mar 4:24)  En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.
--------------------------------

(Heb 12:5)  En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;
(Heb 12:6)  want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem.
(Heb 12:7)  As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
(Heb 12:8)  Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
(Heb 12:9)  Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
(Heb 12:10)  Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.
(Heb 12:11)  Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is.

-----------------------------------------------------------
(2Pe 3:9)  Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
(2Pe 3:10)  Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
(2Pe 3:11)  Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? —
(2Pe 3:12)  julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal
vergaan en die elemente sal brand en versmelt.
(2Pe 3:13)  Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
(2Pe 3:14)  Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede.
(2Pe 3:15)  En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
(2Pe 3:16)  net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hul eie verderf.
(2Pe 3:17)  Noudat julle dit dan vooruit weet, geliefdes, moet julle op jul hoede wees dat julle nie miskien meegesleep word deur die dwaling van sedelose mense en wegval uit jul eie vastigheid nie.
(2Pe 3:18)  Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

------------------------------------------------------------

(Joh 15:2)  Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
========================================================================

Sondag 04 Augustus 2013

Hoe groei die Christen geestelik?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-voer-ons-die-stryd.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Net soos in die lewe, groei die Christen ook geestelik, van 'n baba na 'n grootmens.  
Die vraag is nou wat presies met "geestelike groei" bedoel word?  Hoe definieer ons 'n "baba in die geloof", of "kind in die geloof", "jongman" of "pa" in die geloof?  Sommige glo dat kerkbywoning deel is van geestelike groei;  ander glo dat jy daagliks Bybel moet lees en sommige sien dit as "werke" wat jy moet doen, soos take in die kerk........  Alhoewel al hierdie dinge 'n invloed het op geestelike groei, is dit insigself NIE "geestelike groei" nie! Die verskillende trappe van geestelike ondervinding/groei, word vir ons mooi verduidelik in 1 Joh. 2:12-14.   

Lees  1 Joh. 2:12-14:
1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)
3.  Jongmense: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Lering en Oorwinning oor die sonde)
4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (Verhouding met die Here en Lewe soos 'n Ware Christen)


Of iemand 'n "baba, kind, jongman of vader" is op sy pad van geestelike groei, WORD NIE GEKENMERK DEUR hoeveel hy kerk bywoon, Bybel lees, goeie werke doen, geleerdheid ens. nie, MAAR WORD GEKENMERK DEUR sy "stand voor die Here":  - m.a.w:

-  Het hy tot bekering/wedergeboorte gekom? (baba in die geloof)
-  KEN hy die Here? (kind in die geloof)
-  Soek hy na die waarheid, en le hy aanhoudende sondes af? (jongman in die geloof)
-  Volhard hy in die geloof? (pa in die geloof)

GOD KYK NA DIE HART.
========================================================================


1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
Let wel dat om "in die gawes van die Gees" te stap, nie beteken dat iemand ver gegroei het op die geestelike pad nie!  Hierdie is 'n groot miskonsepsie by baie Christene.  Die gemeente van Korinthiers het nie in een gawe agtergestaan nie, tog noem Paulus hulle "babas" in die geloof!

http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/06/babas-in-die-geloof.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/noem-ander-jou-ook-n-christen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/het-jy-hom-regtig-lief.html




2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)

Om iemand te KEN, beteken nie dat ek net van hom "weet" nie! Wanneer kan iemand verklaar dat hy iemand anders "ken"?  Mens kan ook net iemand anders regtig leer ken as jy TYD MET HOM SPANDEER.   Baie dink dat hulle die Here ken, maar doen hulle werklik?  Spandeer hulle tyd met Hom om Hom te leer KEN? Om net by iemand anders te hoor van die Here, maak nie dat jy Hom persoonlik KEN nie.  Iemand moet self van die Here hoor!  Daar is predikers wat leer dat 'n persoonlike verhouding met die Here glad nie van die Christen verwag kan word nie omdat dit sogenaamd as "werke" gesien word, maar dit is definitief nie wat Jesus vir ons geleer het nie!  Ook nie die vb. wat Hy gestel het nie, want Hy het baie tyd in gebed spandeer tot die Vader - (Mat 14:23;  Matt. 26:36 ens.). (Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html

Jesus het ook heelwat geleer oor "hoe om te bid", o.a. het Hy gese:
(Mat 6:6) " Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde".  
En ja, natuurlik word dit verwag van die Christen, want Jesus het die volgende opdrag aan die dissipels gegee:
(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.   
Jesus het ons beveel om "in Hom te bly", en Hy het ons geleer om te bid...  Dit is die prediker se plig om die Christen "te leer om alles te onderhou wat Jesus beveel het"!  

Om die Here te ken, het te doen met "om Sy wil te soek" - niemand kan ingaan in die koninkryk van die hemele as hy nie "die wil van die Vader doen" nie (Matt. 7:21). (Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder"). Jesus het ook verklaar dat Hy self die wil van die Vader doen en dat Hy die Vader ken. (Joh 5:30 - "Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het"). (Joh 10:15 - "Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape").  Iemand wat ook nie die Vader ken nie, sal nie ontvanklik wees vir die WAARHEID nie! (Joh 8:19 - "Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het").

As die Christen nie in Hom bly nie, gaan hy nie vrug dra nie (Joh 15:4) .  Dit belemmer geestelike groei!  As dit gebeur, is dit soos wat Jesus beskryf het in die gelykenis van die saaier, die 2 de groep, "wat die woord met blydskap aanneem, maar omdat hul nie wortel het nie, afval in die tyd van verdrukking of vervolging".  

Vgl. met Openb. 2:8-11 (brief aan die gemeente van Smirna), en Openb. 2:18-29 (brief aan die gemeente van Thiatire), en Openb. 3:1-6 (brief aan Sardis).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/soos-n-dief-in-die-nag.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html




3.  Jongmanne: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Staande bly, Lering - of wat ons eerder "waarheid" moet noem, want kerke se leringe verskil -;  en Oorwinning oor die sonde)


Dit verwys definitief na die wat "vrug dra" en laat mens dink aan die derde groep in die gelykenis van die saaier - alhoewel in die gelykenis van die saaier die betrokke groep nie "oorwinning oor die sonde" behaal nie - die gevolg?  Hulle raak onvrugbaar, of dra geen ryp vrug nie!  "OORWINNING OOR DIE SONDE", of "die afle van sonde", of "staande bly in tye van versoeking", is belangrik vir geestelike groei! In die geval van die 3 de groep, gelykenis van die saaier, is die probleem dat die groep gelowiges die Here as hulle eerste Liefde verlaat en toegee aan versoekinge.  Op hierdie stadium van die Christelike lewe, moet die gelowige die bose oorwin deur nie toe te gee aan versoekinge nie en sondes af te le - die Here moet sy eerste Liefde wees en hy moet meer besig wees met die Here, as met die lewe.  Vgl. dit met Openb. 2:1-7 (brief aan die gemeente van Efese) - ("......... "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.......").


Alle "lering" is nie noodwendig die waarheid nie.  Hier moet ons onderskei tussen "lering" en "waarheid".  (Joh 1:17 - "Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom").  Kerke se leringe verskil omdat nie almal die waarheid verkondig nie!  Die eerste kerke het baie tyd ingesit om die "waarheid" te leer ken.  Ons moet soek na die waarheid.  Iemand wat geestelik groei, glo nie alles wat vir hom vertel word nie, bloot omdat hy hoop het in 'n spesifieke kerk of persoon nie, maar soek na die waarheid!  So iemand het ook die waarheid lief.  Terwyl baie kerke glo dat hulle geen wette op hulle lidmate moet le nie (en ongelukkig hier nalaat om die waarheid aan hulle lidmate te verkondig), het hulle tog allerhande mensgemaakte wette waaraan lidmate vashou - in hierdie verband skryf Paulus die volgende aan die gemeente van Galasiers: Gal 4:16 - " Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?"  Elke een moet seker maak dat dit wat sy kerk hom leer, regtig die waarheid is!(1 Kor. 3:10 - "Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou").

Vgl. ook met Openb. 2:12-17 (brief aan die gemeente van Pergamus), en Openb. 3:14-22 (brief aan die gemeente van Laodicense).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/die-ultimate-bewys-is-in-om-hom-te-ken.html




4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (die wat vashou aan die geloof)

Iemand is nie ver op die geestelike pad omdat hy baie jare gelede tot bekering gekom het, of baie jare in die kerk sit, of baie lering ontvang het, of baie goeie dade doen of baie pligte het in die kerk ens. nie, maar omdat hy vasstaan in die geloof.  En let wel dat "vasstaan in die GELOOF", gaan oor  "gehoorsaamheid aan die Here", Sy wil soek", Hom ken, Hom eerste stel in jou lewe......, NIE "gereeld kerk toe gaan", "gehoorsaamheid aan mense of mensgemaakte wette" en kennis in kerkleringe nie!

Vgl. dit gerus met die 4de groep in die gelykenis van die saaier.  

Vgl. ook met Openb. 3:7-13 (brief aan die gemeente van Filadelfia).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/wat-meeste-preachers-jou-nie-vertel-oor.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/om-in-die-gawes-van-die-heilige-gees-te.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html