Vrydag 19 Mei 2017

Die besondere betekenis van "Regterhand"

Die gebruik van "regterhand" het 'n besonderse betekenis in die Skrif:

(1)  Dit is deur God se hand wat Hy die aarde gegrond het, en Sy REGTERHAND het die hemele uitgesprei...
(1) Wanneer 'n eersgeborene geseën is, was die REGTERHAND gebruik vir handoplegging...
(2) Dit is deur die Here se REGTERHAND wat Hy hulp verleen aan Sy kinders... 
(3) Dit ook deur Sy REGTERHAND wat Hy vyande verslaan...
(4)  Christus sit aan die REGTERHAND van God... 

_________________________________________________________________________________
(1)  Eersgeborenes:
Wanneer 'n eersgeborene geseën was in die O.T. (gewoonlik deur 'n Vader voor hy sterf-bv. Jakob/Israel in Gen. 48), was die REGTERHAND gebruik en gelê op die EERSGEBORENE.  Eersgeborenes was met rede geseën.  Volgens Joodse tradisie wil dit voorkom of die oudste seun oorspronklik die pligte van PRIESTER gekry het.  Die eersgeborene moes aan die Here opgedra word sodat hy hierdie pligte kon uitvoer, en was dus die priester van die familie.  Die woord "priester" verwys na die een wat in beheer is, wat beslis gaan oor VERANTWOORDELIKHEID.  Ons sou die priester kon beskryf as die "dienaar van God" (Jes. 61:6).  Hy moes die kennis bewaar, was soos 'n boodskapper vir die Here en het die familie gelei om die wil van die Here te doen.  Ons sien 'n goeie vb. in Gen. 48:13-20 van hoe kinders geseen word deur die vader Jakob (Israel), en daar verwag was dat hy spesifiek sy REGTERHAND op die eersgeborene sou lê...  Daar is ook verskeie vb.e in die O.T. van seuns wat hulle eergeboortereg verloor het weens ongehoorsaamheid en ongeloof.... Vir meer inligting oor hierdie onderwerp, wat die tema van eersgeborenes en eerstelinge behels, en wat die pligte van eersgeborenes is, gaan na:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html.

Met hierdie in gedagte verstaan ons beter waarom Christus Jesus nou juis aan die REGTERHAND van God sit (Hand. 7:55,56; Luk. 22:69; Hand. 2:33,34; Luk. 20:42; Mark. 14:62; 16:19).  Hy word ook die Eersgeborene genoem (Mig. 6:7), die Eersgeborene van die hele skepping (Kol. 1:15), die Eersgeborene in die wêreld (Hebr. 1:6), die Eersgeborene uit die dode (Openb. 1:5; Kol. 1:18), eersgeborene onder baie broeders (Rom. 8:29)... En l.w. 'n ewige PRIESTER - en Hoëpriester (Heb 9:11):- "En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God" (Hebr. 10:11,12) - "vir altyd" is Hy die Eersgeborene....Hoepriester.  Amper asof God Sy regterhand op Hom (die Eersgeborene) lê.....  Maar om aan die regterhand van iemand te wees, is ook 'n teken van "hulp" en word gebruik in konteks met "krag en oorwinning" wat "deur die regterhand" geskied......(rol af vir hierdie opsomming). (Psa_110:1  "Van Dawid. ‘n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ‘n voetbank vir u voete"). Inderdaad sal Christus terugkom en oorlog voer en oorwin en koning wees oor die hele aarde....... (alles dinge waarvan die feit dat Hy sit aan die regterhand van God, 'n teken is - want as Eersgeborene sal Hy alles beerwe).  Hy het ook hierdie plek "aan die REGTERHAND VAN GOD" gaan inneem waar Hy vir ons sondes intree. Rom_8:34  "Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree". Dit wil voorkom of dit ook aan die regterhand is waar die satan gestaan het wanneer hy iemand aankla... (Sag. 3:1), maar om die skape aan te kla , sal hy nou verby Christus moet kom! (wat nou aan die regterhand sit).  God die Vader het vir Christus Jesus as Leidsman en Verlosser DEUR SY REGTERHAND VERHOOG om bekering en vergifnis van sondes te skenk.... (Hand. 5:31).

Christus Jesus is die Eersgeborene en ewige Hoëpriester en Hoof van die Christelike kerk."Eersgeborene" beteken nie dat Hy eers gebore is met die begin van die skepping nie!, want immers het die skepping deur Hom ontstaan! (Joh. 1). Waarna "Eersgeborene" verwys, is dat Hy aan die hoof is. Net soos die eersgeborene as hoof oor sy familie aangestel is, so het die Vader alle dinge aan Christus Jesus se voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee (Ef. 1:20,22; Kol. 2:19; Ef. 4:15).  Hy is die Hoof van alle owerheid en mag (Ko. 2:10). (Ef. 1:10 - "om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—"). Ook die engele en magte en kragte is aan Hom onderwerp (1Pe_3:22). En Onthou, DIT IS DIE EERSGEBORENES WAT ERF!  Die feit dat Hy gaan sit het aan die REGTERHAND van God, is dus 'n teken daarvan dat Hy as Hoof aangestel is.  Verder interessant om te sien hoe Hy die 7 sterre (engele vd 7 gemeentes) in Sy REGTERHAND hou (Openb. 1:16, 20; 2:1), en die boek met 7 seels in Sy REGTERHAND (Openb. 5:1,7), en hoe Hy Sy REGTERHAND op Johannes gelê het in Openb. 1:17).......

Heb_1:3  Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,
Heb_1:13  En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?
Heb_8:1  Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,
Heb_10:12  maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God

Met die skeiding van die skape en bokke (wanneer Christus Jesus terugkom), is dit ook interessant om te merk dat Hy Sy SKAPE op Sy REGTERHAND sal sit (die skape is die "volk van eersgeborenes", die wat die koninkryk beerwe...).
-Mat_25:33  en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.
-Mat_25:34  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  Hulp (krag / vyand verslaan):

Dit is deur Sy hand wat Hy die aarde gegrond het, en Sy REGTERHAND het die hemele uitgesprei (Jes. 48:13). (Psa_78:54  En Hy het hulle gebring na sy heilige grondgebied, na die bergland wat sy regterhand verwerf het).

Dit is ook "deur Sy REGTERHAND" wat God hulp verleen aan Sy kinders en hulle vyande verslaan ... Ons weet maar goed wat dit beteken om "iemand as regterhand" te he, 'n helper op wie ons kan staatmaak - (Gal_2:9  - "en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is, aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die besnedenes kon gaan").  Die feit dat Christus aan die regterhand van die Vader sit, verwys sekerlik ook na hoe die Vader vir Hom Sy regterhand gee (m.a.w. die Vader is vir Hom 'n regterhand, en Christus sal 'n regterhand wees vir Sy kinders wanneer Hy terugkom): (Mar_12:36  Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete).

Op dieselfde wyse is daar vele skrifte wat wys hoe die Here vir Sy volk 'n "regterhand" is:
-Jes. 41:10  Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
-Psa_121:5  Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand.
-Jes. 45:1  So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:
-Jes. 41:13  Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
-Jes. 63:12  Wat sy heerlike arm laat trek het aan die regterhand van Moses; wat die waters voor hulle uit gekloof het, om vir Hom ‘n ewige Naam te maak?
-Psa_118:15  ‘n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
-Psa_118:16  Die regterhand van die HERE verhef; die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
-Psa_137:5  As ek jou vergeet, o Jerusalem, laat my regterhand dan homself vergeet!
-Psa_138:7  As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe; U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand verlos my.
-Psa_139:10  ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.
-Psa_91:7  Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.
-Psa_98:1  ‘n Psalm. Sing tot eer van die HERE ‘n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.
-Psa_108:6  (108:7) Dat u bemindes gered kan word—verlos deur u regterhand en verhoor ons!
-Psa_109:31  want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.
-Psa_48:10  (48:11) Soos u Naam, o God, so is u roem tot die eindes van die aarde toe; u regterhand is vol geregtigheid.
-Psa_60:5  (60:7) Sodat u bemindes gered mag word; verlos deur u regterhand en verhoor ons!
-Psa_63:8  (63:9) My siel is aan U verkleef; u regterhand ondersteun my.
-Psa_73:23  Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.

Wanneer die Here Sy regterhand ophef teen iemand, dan word Hy soos 'n vyand vir hulle:
-Lam_2:3  Gimel. Hy het in gloeiende toorn elke horing van Israel afgekap; Hy het sy regterhand teruggetrek voor die vyand, en in Jakob het Hy gebrand soos ‘n vuurvlam wat rondom verteer.
-Lam_2:4  Dalet. Hy het sy boog gespan soos ‘n vyand, Hom opgestel met sy regterhand soos ‘n teëstander en gedood alles wat ‘n lus was vir die oog in die tent van die dogter van Sion; Hy het sy grimmigheid uitgegiet soos vuur.
-Eze_21:22  In sy regterhand is die lot: Jerusalem, om stormramme op te stel, om die mond met geskreeu oop te maak, om die stem te verhef met krygsgeroep, om stormramme op te stel teen die poorte, om ‘n wal op te werp, om forte te bou.
-Psa_110:5  Die Here aan u regterhand verbrysel konings op die dag van sy toorn.
-Psa_89:13  (89:14) U het ‘n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe.
-Psa_89:25  (89:26) En Ek sal sy hand lê op die see en sy regterhand op die riviere.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  Teken?:

Onder die bewind vd Antichris, sal die valse profeet maak dat almal, klein en groot, en die rykes en armes, vrymense en slawe, 'n merk op hulle REGTERHAND en op hulle voorhoofde gegee word;  sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het...:  (Openb. 13:16  "En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word").  Ons moet verstaan dat hierdie teken 'n TEKEN is van iets?  'n Teken van wat?  -Dit sal 'n teken wees van wie dit is wat die dier en die beeld aanbid.  Elkeen wat hierdie merk neem, sal onder God se toorn val (Openb. 14:9-11).

Die idee van die merk op die regterhand en/of voorhoof, is seker bedoel om 'n nabootsing te wees van die teken wat deur die Jode op die linkerarm of voorhoof gedra word (?) - die 2 swart leerbokse met skrif in (Eks. 13:1-16; Deut. 6:4-9; 11:13-21). (Om meer hieroor te lees, gaan na http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html, en rol dan af op die bladsy).  Die tema van "teken op die voorhoof" is wel ook iets wat gesien word in die boek van Openb.  -Openb. 7:2 en 14:1 - die verseeling van die 144000.  En l.w. die woorde wat daar gebruik word:  "dit is hulle wat gekoop is uit die mense as EERSTELINGE van God en die Lam".  Vgl. dit ook met die profesie in Eseg. 9:4...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
NOG  SKRIFGEDEELTES:

- Koning staf in regterhand:
Mat_27:29  en hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en ‘n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
-  Gryp aan regterhand om op te rig:
Hand._3:7  Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.
-  Deur die Here se kragtige hand:
Eks.15:12  U het u regterhand uitgestrek, die aarde het hulle verslind.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ens.
Gen_48:13  En Josef neem hulle twee Efraim met sy regterhand, links van Israel, en Manasse met sy linkerhand, regs van Israel en hy bring hulle by hom.
Gen_48:14  Toe steek Israel sy regterhand uit en lê dit op die hoof van Efraim, hoewel hy die jongste was, en sy linkerhand op die hoof van Manasse: hy het sy hande oorkruis gehou, want Manasse was die eersgeborene.
Gen_48:17  Toe Josef sien dat sy vader sy regterhand op die hoof van Efraim gelê het, was dit verkeerd in sy oë; en hy het die hand van sy vader gegryp om dit van die hoof van Efraim op die hoof van Manasse oor te bring.
Gen_48:18  En Josef sê aan sy vader: Nie so nie, my vader; want hierdie een is die eersgeborene: lê u regterhand op sy hoof.
Exo_15:6  o HERE, u regterhand is verheerlik deur krag. U regterhand, o HERE, verpletter die vyand.
Exo_29:20  jy moet dan die ram slag en van sy bloed neem en dit stryk aan die regteroorlel van Aäron en aan die regteroorlel van sy seuns, ook aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet. En die orige bloed moet jy rondom teen die altaar uitgooi.
Lev_8:23  En Moses het dit geslag en van die bloed geneem en dit aan die regteroorlel van Aäron en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet gestryk.
Lev_8:24  Moses het ook die seuns van Aäron laat nader kom en van die bloed aan hulle regteroorlel en aan die duim van hulle regterhand en aan die groottoon van hulle regtervoet gestryk; daarna het Moses die orige bloed rondom teen die altaar uitgegooi.
Lev_14:14  En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.
Lev_14:17  En van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die bloed van die skuldoffer.
Lev_14:25  Dan moet hy die skuldofferlam slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.
Lev_14:28  En die priester moet van die olie wat in sy hand is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die plek van die bloed van die skuldoffer.
Deu_33:2  En hy het gesê: Die HERE het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tien duisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.
Jdg_5:26  Haar hand steek sy uit na die tentpen en haar regterhand na die werksman se hamer; en sy hamer Sísera, verpletter sy kop en verbrysel en deurboor die slaap van sy hoof.
Jdg_7:20  Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die HERE en van Gídeon!
2Sa_20:9  En Joab sê vir Amása: Gaan dit goed met jou, my broer? En Joab het met die regterhand die baard van Amása gegryp om hom te soen.
1Ki_2:19  Toe Bátseba dan ingaan na koning Salomo om met hom oor Adónia te spreek, het die koning opgestaan om haar te ontmoet en voor haar gebuig; daarna het hy op sy troon gaan sit en vir die moeder van die koning ‘n stoel laat neersit, en sy het aan sy regterhand plaas geneem.
1Ch_6:39  En sy broer was Asaf, wat aan sy regterhand gestaan het; Asaf was die seun van Berégja, die seun van Símea,
Neh_8:4  (8:5) En Esra, die skrifgeleerde, het op ‘n houtverhoog gestaan wat hulle vir die geleentheid gemaak het, en langs hom het aan sy regterhand gestaan: Mattítja en Sema en Anája en Uría en Hilkía en Maäséja; en aan sy linkerhand: Pedája en Mísael en Malkía en Hasum en Hasbaddána, Sagaría, Mesúllam.
Job_30:12  Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.
Job_40:14  (40:9) Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
Psa_16:8  Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
Psa_16:11  U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.
Psa_17:7  Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!
Psa_18:35  (18:36) Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
Psa_20:6  (20:7) Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
Psa_21:8  (21:9) U hand sal al u vyande vind; u regterhand sal u haters vind.
Psa_26:10  in wie se hande skandelike dade is, en wie se regterhand vol is van omkopery.
Psa_44:3  (44:4) Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U ‘n welbehae in hulle gehad het.
Psa_45:4  (45:5) ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
Psa_45:9  (45:10) Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
Psa_80:15  (80:16) en wees ‘n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.
Psa_74:11  Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!
Psa_77:10  (77:11) Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!
Psa_89:42  (89:43) U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.
Psa_109:6  Stel ‘n goddelose oor hom en laat ‘n teëstander staan aan sy regterhand.
Pro_3:16  In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
Pro_27:16  Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.
Isa_44:20  Hy wat hom besig hou met as, ‘n bedroë hart het hom verlei; sodat hy sy siel nie kan red, of kan sê nie: Is daar geen leuen in my regterhand nie?
Psa_144:8  wie se mond leuens spreek en wie se regterhand ‘n regterhand van bedrog is.
Psa_144:11  Ruk my uit en red my uit die hand van vreemdes, wie se mond leuens spreek en wie se regterhand ‘n regterhand van bedrog is;
Jer_22:24  So waar as Ek leef, spreek die HERE, al was Gonja, die seun van Jójakim, koning van Juda, ‘n seëlring aan my regterhand, tog sal Ek jou daar afruk,
Hab_2:16  Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer—drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die HERE omgaan, en skande tref jou eer.
Psa_80:17  (80:18) Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.
Col_3:1  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.
Isa_62:8  Die HERE het gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm: Waarlik, Ek sal jou koring nie meer gee dat jou vyande dit eet nie, en uitlanders sal jou mos nie drink waarvoor jy gewerk het nie.
_________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie: