Wys tans plasings met die etiket Gees van God. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket Gees van God. Wys alle plasings

Sondag 17 September 2023

Wie is die Heilige Gees?

IN HIERDIE POS KYK ONS NA WIE IS DIE HEILIGE GEES?, 

die volgende word o.a. ook behandel:

-  Die begrip Heilige Gees.

-  Wat is die invloed vd Heilige Gees?

Die begrip "HEILIGE GEES" kom in sowat 100 verse in die Bybel voor, en word terloops belowe aan die wat in Jesus Christus glo (hulle kan die Heilige Gees ontvang)(Hand. 2:38; Matt. 3:11; Joh. 1:33). Die ontvang vd Gees is 'n belangrike deel van wedergeboorte! - niemand kan weergebore word sonder water (afwassing van sonde) en die ONTVANG VAN DIE HEILIGE GEES nie (Joh. 3:5). Daar is sekere heiliges in die O.T. wat ook die Heilige Gees ontvang het (bv. profete, priesters, konings... - bv. die wat die volk moes lei, in die Here se bediening gestaan het, en die Here se wil bekend moes maak), maar nie almal wat deel was vd volk van God het in die O.T. die Heilige Gees ontvang nie - dit is wat o.a. 'n groot verskil tussen die Ou en Nuwe Testament!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

- Die woord "Gees" (Gr. woord "pnyoo'-mah") hier, verwys na die Gees van God ("pnyoo'-mah" kan vertaal word as gees, lewe, geestelik, verstand...)(Matt. 12:32; Mark. 1:18; ens.)(en is 'n gees wat in iemand kom bly... - en het tot gevolg dat die persoon se gees verander, bv. sy manier van dink en doen... - verstand, hy/sy"groei" om vrug "tot lewe" te dra, asook werk die Gees gawes en bedieninge deur die persoon soos Hy wil... - sulke mense in wie die Heilige Gees is, word geestelike mense genoem). 

- Kyk ook na die Hebr. woord vir Gees - is die (woord "roo'-akh") (Jes. 63:10,11 ens.) wat verwys na asem, gees, gemoed, wind, ens.  Die Heilige Gees is soos asem..., want net soos die liggaam (uiterlike mens) sonder gees/asem dood is (Jak. 2:26), net so kan die mens nie lewe sonder die asem vd Heilige Gees nie;  daarom word daar na geestelike mense verwys as mense wat die belofte het van ewige lewe. want geestelike mense is (deur die Heilige Gees) instaat om vrug te dra tot ewige lewe... (hierdie is onmoontlik vir die natuurlike mens om te doen! - natuurlike mense dra vrugte tot die dood). Die Heilige Gees word ook somtyds voorgestel soos wind - die Gees werk soos Hy wil (1 Kor. 12:11) en "waai" waar Hy wil... (Joh. 3:8; Hand. 2:2)(Joh. 20:22). 

Vir 'n studie oor die Gees van God, gaan na:  (https://warechristene.blogspot.com/2014/08/die-gees-van-god-1.html) - die studie is opgedeel in 4 dele, waaronder die begrip "Gees van God" bespreek word, o.a. die ontvang vd Heilige Gees en hoekom iemand die Heilige Gees ontvang, wat dit beteken om in die Heilige Gees gedoop te word, ens.).

-------------------------------------------------------

- Die woord "heilige" (Gr. woord "hag'-ee-os") verwys na Gees van God wat "afgesonder" word vir die heiliges ("hag'-ee-os" word vertaal as "heilig of heilige", wat verwys na iets afgesonder vir 'n spesifieke doel)(Matt. 3:11; 12:32; ens.). Dit is die (Hebr. woord "ko'-desh") wat ook verwys na iets of iemand afgesonder, veral vir 'n spesifieke doel... (Jes. 63:10,11). Vir 'n studie oor wat "heilig" beteken, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2016/06/heilig-1.html) en (https://warechristene.blogspot.com/2016/08/heilig-2.html) - in die betrokke studie word al die verskillende woorde gegee wat in Hebreeus en Grieks gebruik word vir die woord "heilig" (asook die verskillende betekenisse vd woord - bv., iets, plek of iemand wat afgesonder word; heilige een; om heilig te maak; om seremonieel af te sonder; is heilig; om heilig op te tree; om skoon te maak; ens.).

DIE HEILIGE GEES IS GEES VAN GOD (Ef. 4:30) WAT AFGESONDER WORD, EN WORD DEUR JESUS CHRISTUS GESTUUR AAN DIE WAT IN HOM GLO (Matt. 3:11; Mark. 1:8; Joh. 1:33; Hand. 19:4; 1:5; Joh. 20:22; Hand. 2:4,38; ens.).

___________________________________________________________________________________

Wat is die invloed van die Heilige Gees?

Kom ons kyk eers na wat is die invloed van 'n gees oor die algemeen op iemand?
Waar daar na "gees" in die Skrif verwys word, verwys dit nie altyd na die Heilige Gees nie. Die mens het bv. ook 'n gees. Die mens se gees (die "geeste van alle vlees") beskryf daardie peroon met wil, vermoë, persoonlikheid, karaktertrekke ens., en word somtyds bloot na verwys as "siel". Maar wanneer nog 'n gees in iemand bly verander hy daardie mens (se gees); m.a.w., wanneer 'n gees in iemand ingaan kan die gees sy persoonlikheid, karakter en vermoëns beinvloed.  Daar is ook "ander -en bose geeste" wat somtyds in mense ingaan - hierdie geeste is nie goed nie!  Wanneer iemand 'n bose gees in hom het, word daar o.a. verwys dat daardie persoon onder die mag vd duiwel is... (Hand. 10:38). In ander woorde, wanneer iemand 'n gees in hom het, is hy onder die mag van daardie gees... 'n Gees kan iemand se siel beinvloed (en 'n bose gees se invloed is duidelik nie goed nie). Bv., wanneer 'n bose gees (onreine gees / ander gees) in iemand bly kan hy sy dade beinvloed, bv. dat hy kranksinnig voorkom, of kan veroorsaak dat die persoon homself probeer seermaak of sy liggaamsgebruik stuit, bv. hom doof of blind maak, of is verlam in sekere dele sodat hulle nie kan loop nie of speeksel by die mond uitloop..., ens. Daar bly somtyds verskeie geeste in een persoon en die geeste het verskillende werkinge. Daar is hope voorbeelde in die Skrif van hoe mense wat bose geeste in hulle het ly onder die mag van daardie onrein of ander geeste, en dit is duidelik dat diesulkes ook nie altyd beheer het oor hulle eie liggame nie (Hand. 19:15,16; 8:7; Luk. 8:2; 1 Joh. 4:1,3; Joh. 10:20,21; Sag. 13:2; Mark. 16:9; 9:21; Matt. 17:18; Luk. 4:35; ens.). Dat hierdie geeste mense siek kan maak is beslis ook so... (maar dit is natuurlik gevaarlik om alle siektes en tekortkominge toe te skryf aan bose of ander geeste soos sommige doen, want daar kan baie ander redes wees waarom iemand siek is... (redes wat ook terloops almal skriftuurlik is; bv. a.g.v. kieme, of sonde kan iemand siek maak, of bloot dat iemand siek is omdat hy deur 'n toets gaan, of siek is bloot ter wille van 'n wonderwerk wat moet gebeur sodat God se krag gewys kan word..., ens.).

 'n Gees kan ook beinvloed hoe iemand dink (hoe iemand "sien");  bv., die wat 'n gees van dwaling het sien nie dieselfde as die wat die Heilige Gees het nie. Die Heilige Gees is die "gees van waarheid" en sal nie aan jou dwalings verkondig nie (1Jn 4:6 - "Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling").  daarom "dink en sien" mense wat die Heilige Gees het bv. ook gewoonlik dieselfde. Enige gees wat in iemand bly sal dus 'n invloed hê op daardie persoon en kan/sal hom of haar verander. In die Skrif is daar dan ook hope vb.e van hoe die Heilige Gees mense verander of deur hulle werk, en weergebore Christene kan hiervan getuig! Nie net ervaar hulle verandering in hulle siele, maar hulle kry ook gawes en bedieninge om bv. dinge te doen wat hulle normaalweg nie kan doen nie, bv. hulle bekwaam maak om spesifieke werke vir die Here te doen, hulle gebruik in wonderwerke, besonderse insig en wysheid vir hulle gee, ens. 

Wanneer die Heilige Gees in 'n Christen kom bly dan verander Hy daardie persoon en werk o.a. GAWES EN BEDIENINGE, en WERK deur hom soos benodig in die koninkryk van God  (https://warechristene.blogspot.com/2018/02/gawes-en-bedieninge.html).  Die Heilige Gees maak die weergeborene dus o.a. bekwaam om spesifieke werke vir die Here te doen... (om bv. die volk vd Here te lei in die Here se wil, om God se planne bekend te maak, om te kan getuig, om iemand wat afgedwaal het terug te roep, ens.), en lei en leer hom in die Here se waarheid. Mense in wie die Heilige Gees is verkry 'n besonderse verstand (bv. om die Here se wil te ken en te weet wat is die waarhed)  - immers is die Heilige Gees die Gees van WAARHEID!;  m.a.w., mense in wie die Heilige Gees is "sien" anders en leer wat is die waarheid werklik. Hierdie is die groot verskil tussen "natuurlike mense" en "geestelike mense", en die Heilige Gees is die rede waarom geestelike mense verskillend dink en sien van natuurlike mense (1 Kor. 2:11; Rom. 8:5; 1 Kor. 2:14; ens.).

Die invloed vd Heilige Gees is dus baie anders as die invloed van ander geeste, en die Heilige Gees maak iemand nuut en is goed vir die mens en verander ons ten goede, en verseël terloops die weergeborene (tot die dag van verlossing)! Ook wat insig aanbetref is die manier hoe die weergeborene "sien" anders omdat hy die Heilige Gees het.
Die wat weergebore word word gebore deur 
-water (afwassing van sondes/staan op in nuwe lewe) en deur 
-Gees (ontvang die Heilige Gees). Die ontvang van die Heilige Gees is 'n belangrike deel van wedergeboorte, en soos bo genoem kan die weergeborene ook krag ontvang deur die Heilige Gees (gawes, bedieninge en werke).  Alhoewel die ONTVANG van die Heilige Gees eenmalig is (m.a.w., dit gebeur wanneer iemand weer gebore word), kan die weergeborene gedurigdeur met KRAG (vd Heilige Gees) vervul word... (in alle gevalle is die doel vir "krag ontvang" sodat ons kan bedien en getuig). Vir 'n pos oor "wie ontvang die Heilige Gees" en "hoekom iemand die Heilige Gees ontvang", gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2014/12/die-gees-van-god-2.html.  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BEGRIP "HEILIGE GEES":

Die begrip "Heilige Gees" word veral in die Nuwe Testament gebruik, en in 'n paar O.T. skrifte nl.:
- (Jes. 63:10)  Maar húlle was wederstrewig en het sy Heilige Gees bedroef; daarom het Hy vir hulle in ‘n vyand verander: Hy self het teen hulle gestry.
-(Jes. 63:11)  Toe het sy volk gedink aan die dae van die ou tyd, van Moses: Waar is Hy wat hulle uit die see laat optrek het saam met die herder van sy kudde? Waar is Hy wat sy Heilige Gees in hulle midde gegee het?
-(Mar 12:36)  Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete.
-(Mat 12:32)  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.
-(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
-(Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.
..............ens.

In die O.T. word die begrip "die Gees van God" meerendeels gebruik, terwyl in die Nuwe Testament die begrip "Heilige Gees" weer meerendeels gebruik word.  Vir nog 'n interessante studie kan daar ingekyk word op die "7 Geeste van God". Die Heilige Gees is die Gees van God! - die begrip "heilige" verwys na "afgesonderde" Gees van God (m.a.w. Gees van God wat afgesonder word vir die wat weergebore word - hulle ontvang die Gees...)(1 Kor. 2:12-14; 3:16; ens.). Dit is dieselfde Gees maar verskillende begrippe verduidelik verskillende werkinge vd Gees;  bv. die begrip "krag van die Gees" verwys weer meer na gawes wat deur die Heilige Gees ontvang word... (en word o.a. na verwys as "doping in die Heilige Gees"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Heilige Gees word soos 'n PERSOON gesien:

(Mat 28:19 - "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het"). - DIE GEES VAN GOD IS EEN VD DRIE-EENHEID, EN WAS TERLOOPS OOK TEENWOORDIG BY DIE SKEPPING (Gen 1:2 - "En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters").

Die Heilige Gees is in Jesus plek hier teenwoordig - (Joh 14:26 - "maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het"), en elkeen wat in Jesus glo en Hom gehoorsaam, ontvang die Heilige Gees (Hand. 5:32)(Joh 16:7 - "Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur"). Die Heilige Gees is 'n gees wat in iemand kom bly - (Hand. 8:15 - "Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang"). 

Die Heilige Gees is 'n gees in iemand wat daardie persoon lei en leer - met die persoon praat! - soos 'n persoon wat kommunikeer (Heb 3:7,8 - "Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie"). En is terloops een met die Vader en die Seun - Hy sal nie iets anders verkondig as bv. wat Jesus verkondig het nie (Joh 16:13 - "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig").

As iemand laster teen die Heilige Gees, is dit soos om 'n persoon te laster. Daar is een onvergeeflike sonde in die Nuwe Testament (wat terloops nie net onvergeeflik is in "hierdie eeu" nie, maar sal ook onvergeeflik wees in die "volgende eeu"), en dit is "LASTERING TEEN DIE HEILIGE GEES"... (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/05/wat-is-die-onvergeeflike-sonde.html). (Mat 12:31,32 - "Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie").

Geestelike mense (in wie die Heilige Gees is) is onderwerp aan die Heilige Gees, en word deur die Gees gelei (Rom. 8:14). Dit is wat dit beteken dat ons nie meer :onder die wet (van Moses) is nie"... Geestelike mense is nie onder die wet nie, maar onder die Gees! Vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html. Geestelike mense is dus wel vry vd wet, maar is ONDER DIE GEES!  En dit beteken dat as jy 'n geestelike mens is moet jy die Gees gehoorsaam... - en as jy dit nie doen nie, kan daar gevolge wees. Die Heilige Gees is inderdaad 'n persoon na wie geestelike mense luister. Daar is vb.e in die Skrif van wat met geestelike mense gebeur (of gebeur het) wat nie na die Gees lusiter nie. Kyk o.a. die vb. in Hand. 5 van iemand wat vir die Gees gelieg het...  Geestelike mense moet pasop dat hulle nie die Heilige Gees bedroef nie... - vir 'n studie hieroor (en wat dit beteken), gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2013/02/en-bedroef-nie-die-heilige-gees-van-god.html.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Nog skrifgedeeltes wat handel oor die Heilige Gees:

(Mat 3:11)  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

(Mat 12:31)  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.
(Mat 12:32)  En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.

(Mar 3:28)  Voorwaar Ek sê vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;
(Mar 3:29)  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel—

(Luk 12:10)  En elkeen wat ‘n woord teen die Seun van die mens sal spreek, dit sal hom vergewe word; maar vir hom wat gelaster het teen die Heilige Gees, sal dit nie vergewe word nie.

(Act 10:44)  En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het.
(Act 10:45)  En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is.

(Act 11:15)  En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.

(Act 10:47)  Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?

(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

(Mar 1:8)  Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.

(Luk 3:16)  antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie—Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

(Joh 1:33)  En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

(Act 1:5)  Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.

(Act 10:38)  met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

(Act 11:16)  En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

(Act 1:8)  maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

(Act 4:31)  En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

(Act 8:15)  Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,

(Act 19:2)  en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie..........................................
(Act 19:6)  En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

(Act 5:3)  Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

(Act 7:51)  Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.

(Heb 3:7)  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,
(Heb 3:8)  verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,

(Heb 6:4)  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,

(Act 6:3)  Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel;

(Act 7:55)  Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God.

(Act 9:31)  En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.

(Mar 13:11)  En wanneer hulle jul weglei om julle oor te lewer, moenie julle vooraf kwel oor wat julle sal spreek nie, en moenie daaroor dink nie; maar wat julle in dié uur gegee word, dit moet julle spreek; want dit is nie julle wat spreek nie, maar die Heilige Gees.

(Luk 12:11)  En wanneer hulle jul sal bring voor die sinagoges en die owerhede en die gesaghebbers, moet julle jul nie kwel oor hoe of waarmee julle jul sal verdedig, of wat julle sal sê nie;
(Luk 12:12)  want die Heilige Gees sal julle in dieselfde uur leer wat julle moet sê.

(Joh 14:26)  maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

(1Co 2:13)  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

(1Co 6:19)  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

(Eph 4:30)  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.

(1Th 4:8)  Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ‘n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.

(2Ti 1:14)  Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon.

(Tit 3:5)  nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

(Heb 2:4)  terwyl God ook nog saam getuig het deur tekens en wonders en allerhande kragtige dade en bedélinge van die Heilige Gees volgens sy wil?

(1Th 1:5)  Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.

(1Pe 1:12)  Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is—dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

(1Jn 5:7)  Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

(Jud 1:20)  Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid

(1Co 12:3)  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

(2Co 13:13)  Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.

(Eph 1:13)  in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

(Luk 1:15)  want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.

(Luk 1:67)  En Sagaría, sy vader, is vervul met die Heilige Gees en het geprofeteer en gesê:

(Act 1:16)  Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;

(Act 2:4)  En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

(Act 11:28)  En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.

(Act 13:2)  En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
(Act 13:3)  En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.
(Act 13:4)  So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleúcië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.

(Act 15:28)  Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:

(Act 16:6)  En hulle het deur die land Frígië en Galásië gegaan, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om in Asië die woord te verkondig.

(Act 20:23)  behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag.

(Act 20:28)  Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.

(Act 21:11)  En toe hy by ons kom, neem hy die gordel van Paulus en bind sy eie hande en voete en sê: Dít spreek die Heilige Gees: So sal die Jode die man wie se gordel dit is, in Jerusalem bind en in die hande van heidene oorlewer.

(Act 28:25)  En toe hulle onder mekaar onenig was, het hulle uiteengegaan nadat Paulus hierdie woord gesê het, naamlik: Tereg het die Heilige Gees deur Jesaja, die profeet, tot ons vaders gespreek

(Eph 3:5)  wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik

(Act 2:33)  Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor.

(Act 2:38)  En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

(Luk 3:22)  en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae.

(Luk 4:1)  En Jesus het vol van die Heilige Gees teruggekeer van die Jordaan af, en is deur die Gees in die woestyn gelei,

(Act 13:9)  Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:

(Luk 11:13)  As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

(Joh 20:22)  En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.
(Joh 20:23)  As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.

(Act 1:2)  tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;

(Rom 5:5)  en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.

(Rom 14:17)  Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

(Rom 15:13)  En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 07 Maart 2023

7 Geeste van God

IN HIERDIE POS WIL ONS KYK NA DIE TERM "7 Geeste van God" WAT GEBRUIK WORD IN DIE BOEK VAN OPENBARING. Is die term slegs beeldspraak, of is daar werklik 7 Geeste van God?  Verwys hierdie 7 Geeste na verskillende name?, of na gawes, bedieninge en werke vd een Gees? 

Daar is min skrifte in die Bybel wat melding maak van hierdie "7 Geeste van God", en die 7 Geeste word ook nie elk op 'n naam genoem nie. Sommige geleerdes probeer name kry uit ander skrifte, maar daardie name moet miskien eerder gesien word as "werke of dele vd Gees" (as wat dit is om verskillende Geeste van God te beskryf);  tog is dit sekerlik nie verkeerd om na die verskillende gawes, bedieninge en werke vd Gees te verwys as "geeste" nie (soos dit in sommige skrifte gebruik word, bv. Jes. 11:2), maar dan met die doel dat dit verskillende maniere is om die Gees van God te beskryf ... (bv., die Heilige Gees word ook die Gees van God genoem, asook die Gees van waarheid)  (die gawe van wysheid en gawe van kennis kan bv. maklik na verwys word as "die Gees van wysheid en verstand", maar dit is een Gees, maar verskillende gawes vd Gees...).  Dit is duidelik dat die "7 Geeste van God" verwys na "die Gees van God" (al word daar heelwat name vir die Gees van God gegee). As daar inderdaad 7 name aan die Gees van God gegee word in die hemel, dan weet ons nie wat hierdie 7 name presies is nie. 

In hierdie pos gaan ons kyk na die betrokke skrifte in Openbaring waar daar melding gemaak word van die 7 Geeste van God, asook kyk na ander skrifte wat moontlik kan lig werp op hierdie onderwerp.
_________________________________________________________________________________
DAAR IS 4 SKRIFTE IN DIE BOEK VAN OPENBARING WAT MELDING MAAK VD 
"7 Geeste van God"Kom ons kyk eers na die betrokke 4 skrifte (in Griekse betekenis en in konteks):

-  (Openb. 4:5)  En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels (Gr. woord " lam-pas' ", wat beteken lamp, lig, flits) wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ", wat verwys na wind of asem, en beteken gees, spook, lewe, verstand) van God is, het voor die troon gebrand;
-  (Openb. 5:6)  En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar ‘n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë (Gr. woord " of-thal-mos' ", wat verwys na visie - beteken oog, sig), wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.
-  (Openb. 3:1)  En skryf aan die engel van die gemeente in Sardis: Dít sê Hy wat die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") van God en die sewe sterre het: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.
-  (Openb. 1:4)  Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste (Gr. woord " pnyoo'-mah ") wat voor sy troon is.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wat kan ons leer oor die 7 Geeste van God uit hierdie betrokke skrifte:

Die 7 Geeste van God word voorgestel met "sewe vuurfakkels" (lamp/lig/flits wat in donker skyn)(Openb. 4:5)  (die 7 Geeste van God is soos 'n lamp/e - dus, die wat die Gees van God ontvang het 'n lamp wat vir hulle help om te sien, bv. om te "sien" wat moet gedoen word, of om te "sien" wat is die waarheid, ens. - die 7 Geeste van God is soos lig in die donker...) (weergeborenes in wie die Heilige Gees is word bv. ook voorgestel soos ligte in hierdie wereld, want hulle het die Lig! - kyk tema "kinders vd dag";  uitverkorenes word o.a. voorgestel soos sterre (Gen. 22:17; Deut. 1:10) wat skyn in 'n donker plek.  Die Messias word ook voorgestel soos 'n ster, nl. "die blink Morester"(Openb. 22:16), 'n "lig in die duisternis" (Joh. 1:5). Die profetiese woord word ook soos 'n lamp voorgestel (2 Pet. 1:19). Figuurlik word die aarde op die oomblik soos 'n donker plek voorgestel, maar die dag kom! (1 Pet. 1:19);  en solank die dag nog nie aangebreek het nie is Christus en die profetiese woord soos lig in die duisternis...;  maar wanneer "die dag aanbreek" begin 'n nuwe era, en die nasies vd aarde sal die Here se weg ken en Hom loof en bly wees en jubel omdat Hy hulle regverdig oordeel... - die Here sal die nasies op aarde lei en hulle sal Hom vrees en loof - die Lig sal onder hulle woon en hulle sal Sy seen ervaar....ens. (Ps. 67:2-8). Huidiglik is die Here nie self hier teenwoordig nie, maar is teenwoordig deur Sy Gees! (en Sy Gees en Sy woord is dus soos 'n lamp...). In Openb. 1:16,20 word die "engele" (boodskappers) vd gemeentes ook voorgestel soos "sterre" (ligte) - sekerlik ook omdat hulle die profetiese woord vir die mense bring wat soos lig is...);

Die 7 Geeste van God word voorgestel as die Lam se oë (sig) - "sewe oë"wat uitgestuur is oor die hele aarde" (Openb. 5:6) (hier is die klem op die feit dat die 7 Geeste van God uitgestuur word en dus soos oe is vir die Here..., m.a.w. "om te sien" wat op die aarde aangaan - vgl. dit gerus met Openb. 3:1 waarin die Lam aan die gemeente van Sardis se "Ek ken jou werke..." - die Here weet/sien alles, Hy sien Sy kinders se doen en late, weet wat in hulle harte aangaan, ens...) (vgl. dit ook met bg. Openb. 4:5 waarin die 7 Geeste van God voorgestel word met lampe;  m.a.w. "om te kan sien!" - nie net dat die Here ons sien nie, maar ook dat die Gees 'n lig is vir ons sodat ons kan sien....)(dus, op beurt sal elke mens wat die Gees ontvang ook instaat wees om te SIEN! bv., die wat in Jesus is en die Gees ontvang, is "afgesonder" ("heilig") vir Hom - Hy vernuwe hulle, lei, leer, vul met die krag vd Gees ens., en Hy verander hulle "manier van sien".  Bv., die wat in Christus Jesus glo ontvang die Heilige Gees (die Gees van waarheid) - en daarom kan hulle "SIEN" ! (hulle verstaan/weet/ken die waarheid en die Here, ens. - dit is terloops die groot verskil tussen die "natuurlike mens" en die "geestelike mens"...).  Die Heilige Gees is soos oe vir hulle - 'n fakkel/lig op hulle pad (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html) en leer en lei hulle in die WAARHEID (hulle kan "sien"/verstaan/weet/kan sien waar die pad is). En die Gees werk ook ander gawes en bedieninge deur hulle, bv. gawe van  wysheid, gawe van kennis, gawe van onderskeiding...., ens. (hulle is soos "sieners").  Hulle "sien" dinge wat ander mense nie sien nie - verstaan of weet iets wat ander mense nie weet nie, het sekerheid, ens. M.a.w., hulle sien/weet/verstaan, omdat hulle die Gees het - en die Gees werk ook hierdie dinge deur hulle deur gawes en bedieninge);

Die 7 Geeste van God is in die Lam se hande (Openb. 3:1) (Hand. 2:33 - "Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor") (Hy gee die Gees aan die wat in Hom glo - hierdie is iets waarna die volk van God vir lank uitgesien het vir eeue, is dat wanneer die Messias kom die Gees uitgestort sou word want nie alle geroepenes in die Ou Testament het die Gees ontvang nie.  In die Nuwe tesament word die Gees gegee aan almal wat glo in Jesus Christus en Hom gehoorsaam, en hulle ontvang ook gawes en bedieninge vd Gees volgens geloof). Jesus Christus is die Een wat die Gees stuur aan die wat in Hom glo... - hy het mag verkry om dit te doen;

Die 7 Geeste van God is voor Sy troon (Openb. 1:4). Die Gees van God is voor die Vader se troon, en word ook beskryf as in die Lam se hande, en word ook beskryf as die Lam se oe, en word ook beskryf as 7 vuurfakkels/lampe...  Dit is duidelik dat die Gees van God Homself nie net op aarde bevind nie maar ook in die hemel - is eintlik in die hemel (waar God woon - derde hemel)(http://warechristene.blogspot.com/2016/02/die-skepping-3.html), en word uitgestuur en uitgestort oor die aarde en na sekere mense.  Die begrip "Heilige Gees" verwys bv. na Gees wat "afgesonder" is (die woord "heilige" beteken "afgesonder"), en word in baie skrifte na verwys as "Gees van God".  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk of daar enige skrifte is waar daar na die Gees verwys word asof Hy uit verskillende dele bestaan, bv.:
- Jes. 11:1,2 ("Maar daar sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra; en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE"). 

Die term "7 Geeste van God" word nie gebruik in Jes. 11:2 nie, maar daar word na die Gees verwys as die
-  "Gees van wysheid en verstand",
-  "Gees van raad en sterkte", en
-  "Gees van kennis en vd vrees vd Here".
Sommige geleerdes bou 'n hele studie uit Jes. 11:2 waarin hulle die verskillende dinge wat daar genoem word vd Gees toepas op die 7 Geeste van God (waarna verwys word in die boek van Openb.)(al word daar net 6 punte genoem, bv. wysheid, verstand, raad, sterkte, kennis, en vrees;  of daar net na "3 Geeste" verwys). Wat Jes. 11:2 aanbetref, waarin terloopes spesifiek verwys word na Jesus Christus (die takkie wat uitspruit uit die stomp van Isai), gaan dit hier oor hoe Hy die Gees van God op Hom het, en moet miskien eerder gesien word as beskrywend van die verskillende werkinge, gawes en bedieninge vd Gees wat op Hom rus as wat dit verskillende Geeste van God beskryf... - dit is een Gees, maar met verskillende werkinge, gawes en bedieninge (wat op beurt na verwys kan word as verskillende Geeste van God).  M.a.w., dit is "die Gees van God" maar verskillende werke vd Gees... - en dan sekerlik nie verkeerd om na hierdie verskillende dele te verwys as "Geeste" nie (maar bedoelend dat dit verskillende maniere is om die Gees te beskryf). Vgl. dit gerus met skrifte waar daar bv. na die gawes, bedieninge en werkinge van die Gees verwys word (1 Kor. 12:4-6 - "Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk"). Daar kan bv. ook onderskei word tussen wanneer iemand "die Heilige Gees ontvang" (wederbaar word deur die Gees) en "die krag van die Gees ontvang" (gedoop word in die Gees) - dit is dieselfde Gees, maar verkillende dele vd Gees... Die Heilige Gees is deels verantwoordelik vir die vernuwing van iemand wat weergebore word, maar werk ook verskillende gawes en bedieninge en werke deur die wat Hom ontvang (l.w. o.a. gawe van wysheid, gawe van kennis, ens). IN DAARDIE OPSIG wil dit voorkom of  DIE TERM "7 GEESTE VAN GOD" VERWYS NA VERSKILLENDE WERKE VAN DIE GEES  (wat op beurt ook na verwys kan word as "Geeste").  Dit sal ook interessant wees om 'n studie te maak van hierdie terme, bv. "wysheid en verstand". "raad en sterkte", en "kennis en vrees vd Here", wat terloops in heelwat ander skrifte saam gebruik word!..., bv.:-  "wysheid" en "verstand" (Eks. 31:3; 35:31; 36:1; Deut. 4:6; 1 Kon. 4:29; 1 Kon. 7:14; Openb. 13:18; Ef. 1:8; Spr. 3:13, 8:1; 24:3 ens.); -  "raad" en "sterkte" (Spr. 8:14; Jes. 11:2); en -  "kennis, en "vrees vd Here" (Spr. 1:7,29; 2:5; 9:10; Jes. 33:6). In seker skrifte word daar ook spesifiek na die "G(g)ees van wysheid" verwys (kyk bv. Ef. 1:17, Deut. 34:9; Eks. 28:3). 

Elkeen van hierdie verskillende "werke"/dele vd Gees kan dus sekerlik beskryf word as "Geeste".  

Dit is duidelik dat die "7 Geeste van God" verwys na die "Gees van God", en daar word heelwat name vir die Gees van God gebruik, bv. "die Heilige (afgesonderde) Gees" en die "Gees van waarheid". Die begrip "Gees van God" word bv. ook gebruik om na die "Heilige Gees" te verwys, en word ook genoem "die Gees van waarheid" - dit is een Gees maar wys na verskillende aspekte vd Gees (bv. is afgesonder, is waarheid, ens.). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Heilige Gees:

Daar word na die "Heilige Gees" ook verwys as die "die Gees van God" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-3.html).  Dawid het o.a. ook na die "Gees van God" verwys as "die Heilige Gees":  (Psa 51:11)  (51:13) "Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie". In die O.T. was God se Gees nie op al Sy dienaars uitgestort nie.  Die volk van God was bv. "diensknegte" van God genoem, tog het net sekeres onder die volk die Heilige Gees ontvang (bv. profete en konings, waarvan Dawid een was...) - en die Gees was op hierdie manier tussen hulle teenwoordig.  En die wat die Gees van God ontvang het was die wat bekwaam gemaak is om spesifieke werke vir die Here te doen, om Sy wil aan die volk bekend te maak, hulle te waarsku waar hulle verkeerd gaan, ens. Hulle is die mense wat kon "SIEN" - hulle het bv. die wil van God geken, het selfs somtyds geweet wat in die toekoms sou gebeur, het besonderse wysheid of verstand of kennis of bekwaamheid gehad, ens. (sodat hulle vir die Here kon werk, Sy wil bekend maak aan die volk en die volk kon lei)(http://warechristene.blogspot.com/2014/08/die-gees-van-god-1.html). Let wel dat hierdie bedienaars in die O.T. ook o.a. "sieners" genoem was (bv. profeet, priester, ens. - wat hulle is die ouens wat kon "sien"! - hulle het die Here geraadpleeg en die weg geken, het geweet/by die Here gehoor wat moet gedoen word. Wanneer iemand die Here wou raadpleeg het hy dus na 'n SIENER gegaan. Elke persoon wat die Heilige Gees het kan gesien word soos 'n siener (Christene word bv. in die N.T. o.a. gesien as 'n "profete of priesterdom"), want die Heilige Gees is soos 'n lamp vir hulle (hulle ken die pad, die waarheid ens.)(maar l.w. dat nie alle kinders vd Here gehoorsaam bly aan die Gees nie, want sommige dwaal af vd waarheid al ken hulle die waarheid;  en sommige begin doen wat hulle wil en begin ander bronne raadpleeg wat hulle verkeerd lei - sulke weergeborenes is veronderstel om sieners te wees, maar is besig om die Gees te bedroef... - in daardie opsig is almal wat die Gees het veronderstel om sieners te wees, maar nie almal gehoorsaam nie en kan dus nie almal gesien word as ware profete en priesters vir die Here nie.  In die O.T. was daar ook diesulkes wat die Heilige Gees gehad het, maar ongehoorsaam was en in valse profete verander het...).  

Die "Heilige Gees" word somtyds na verwys as "die Gees van God" (Gees wat afgesonder word - dit is wat "heilige" beteken -  en deur Jesus Christus gestuur word aan Sy kinders om hulle te vernuwe en vul met krag uit die hoogte sodat hulle in gawes, bedieninge en werke stap soos die Gees deur hulle werk...). Ons sien dus baie werke vd Heilige Gees in die weergeborene se lewe, en hierdie spesifieke gawes, bedieninge en werke word in die Skrif genoem.  Daar is o.a. 9 gawes wat op die naam genoem word, asook bedieninge wat die Gees deur gelowiges werk soos Hy wil... Dit is een Gees, maar sekerlik kan daar na hierdie verskillende gawes of bedieninge of werke as "Geeste" verwys word... (alhoewel, dan nie 9 of meer Geeste nie!, maar soos die geval met Jes. 11:2 kan sommige saam gebruik word...;  bv. nie net "Gees van wysheid" nie, maar "Gees van wysheid en verstand", en hierdie "1 Gees" beskryf dan beide die gawe van wysheid en gawe van kennis...).  Die begrip "7 Geeste van God" verwys bes moontlik net na verskillende werke of dele vd Gees (?)(een Gees maar verskillende werke);  of dele - bv. ons kan onderskei tussen "ontvang vd Heilige Gees wanneer iemand weergebore word" en "die ontvang van die krag van die Gees waarmee gelowiges gedoop word en gedurigdeur mee vervul kan word". Bv., in Joh. 20:22 het Jesus op Sy dissipels geblaas en vir hulle gese:  "ONTVANG DIE HEILIGE GEES"  - let wel dat hierdie gebeur het nog VOOR die uitstorting van die Heilige Gees nog voor Jesus se opvaarding... (m.a.w., na hierdie "blaas oor hulle" het Jesus in Hand. 1:4,5 Sy dissipels gevra om in Jerusalem te bly tot hulle "gedoop word met die Heilige Gees").   As daar letterlik 7 Geeste van God is, dan kan 2 moontlik na hierdie verwys..., nl. "die Gees van waarheid wat die Heilige Gees is", en "die doping/krag van die Gees"...;  maar natuurlik is altwee "DIE GEES VAN GOD"! Dit is dus duidelik dat die "ontvang vd Heilige Gees" in Joh. 20:22 'n aparte gebeurtenis was van die "doop in die Heilige Gees" in Hand. 2, maar  die doel verskillend in die twee geleenthede (dit is een Gees nl. die Gees van God. met verskillende werke...).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------