Wys tans plasings met die etiket gehoorsaamheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket gehoorsaamheid. Wys alle plasings

Saterdag 18 Maart 2023

Wat beteken "om te vrees"/eer?

Wat beteken dit om "die Here te VREES of EER"? Wat beteken dit dat kinders hulle ouers, of dat ons die persoon van 'n grysaard moet EER? In hierdie pos kyk ons na die betekenis van hierdie woorde in verskillende skrifte in die Hebreeus en Grieks. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Vrees die Here / die vrees van die Here:

Die woord "vrees" beteken "om bang/angstig te wees" - dit is ook wat bedoel word wanneer ons beveel word om die Here te vrees... (moet bang wees vir Hom), wat o.a. beteken dat jy Hom moet respekteer. Die Hebreeuse woord vir VREES is (" yaw-ray' ", en dit beteken "om bang te wees vir, angstig, respekteer").  (Die woord EER is die Hebr. woord " haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voor te trek, op te heerlik, ens. - rol af vir 'n opsomming hieroor).

-(Lev 19:32) "Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard EER  (Hebr " woord haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voortrek, op te heerlik, ens.); en jy moet jou God VREES (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,). Ek is die HERE".    

- (Lev 19:14)  Jy mag ‘n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God VREES (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,). Ek is die HERE. 

Kyk gerus die konteks in Lev. 19:14 - "jy mag 'n dowe nie vloek nie" ens... - en dan die woorde "MAAR JY MOET JOU GOD VREES".  Gehoorsaamheid en vrees gaan hand in hand! Die persoon vir wie jy bang is is die persoon na wie jy luister/vir wie jy respekteer. In ander woorde, jy moet bang wees vir die Here... - Hom respekteer - moet Hom gehoorsaam. Ons weet dat kinders wat nie bang is vir hulle ouers nie, of mense wat nie bang is vir die Here nie, geneig is om "te doen wat hulle wil"... (hulle gee nie om of daar gevolge is nie, of dink daar sal nie wees nie...). As hierdie kenmerk bv. by 'n kind ontbreek is dit moeilik vir ouers, want sulke kinders is gewoonlik ongehoorsaam, hoogmoedig en opgeblase. Die manier om sulke kinders te dissiplineer is om hulle terug te bring by die plek waar hulle bang is vir hulle ouers, en dit word gewoonlik verkry deur vermaning en/of straf - kinders moet weet daar is gevolge vir hulle optrede. Wanneer vrees ontbreek by kinders vd Here, is vermaning en/of straf ook gewoonlik die manier wat die Here gebruik om Sy kinders terug te bring in vrees vir Hom. Kinders moet weet wat is die gevolge van ongehoorsaamheid.  Die mens moet nie vergeet nie, dat die Here is by magte om te red en te verderf (Luk. 12:4,5), en alle kinders vd Here sal eendag voor die regterstoel van Christus veskyn (2 Kor. 5:10,11 - "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees"). Daar is sommige Christene wat nie die Here vrees nie en in ongehoorsaamheid stap, en die rede hiervoor is gewoonlik omdat hulle dink dat daar geen gevolge is vir hulle optrede nie... Heelwat valse leerstellings het hierdie tot gevolg gebring, o.a. dat sommige glo dat 'n weergeborene nie sy/haar saligheid kan verloor nie, maak nie saak wat hulle doen nie.. (??). Die kerk moet terugkom na Jesus se woorde en na wat in die eerste gemeentes geleer is, wat terloops heelwat verskil van sekere algemene sieninge in die kerk vandag rondom saligheid. Weergeborenes moet bv. leer dat daar gevolge is sou hulle die Gees bedroef. Jesus het o.a. geleer dat kinders vd koninkryk wat nie vrug dra nie, eendag uitgegooi sal word;  en het ook geleer dat bokke nie sal ingaan in die koninkryk nie... In die eerste gemeentes is ook geleer dat Christene wat in sonde bly stap en dit nie afle nie (bv. hoereerders, afgodedienaars, kwaadsprekers, egbrekers, diewe, leuenaars, ens.), nie sal ingaan in die koninkryk nie (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie")(Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai").

Om die Here te vrees gaan oor "doen wat Hy wil" (nie wat ons wil nie) - as jy die Here vrees is jy lief vir Hom, Sy woord, Sy wee, ens.. 'n Kind wat sy ouers vrees het hierdie selfde kwaliteite, nl. "doen wat die ouers wil, is lief vir hulle, hou van hulle lering, respekteer hulle kultuur", ens. 

(1) As iemand bang is vir die Here (Hom respekteer),

(2) dan sal hy die Here gehoorsaam. 

Spr. 8:13 leer vir ons dat "vrees vd Here" bedoel "om te haat wat sleg is" (iemand wat die vrees vd Here het, is lief vir wat goed is - bv. is lief vir die Here, Sy waarheid, Sy wil, want Hy is goed en Sy woord is goed...). Iets wat gewoonlik volg wanneer iemand die vrees vd Here het is dat die Naam vd Here grootgemaak word! (Hy word opgeheerlik - vgl. dit gerus met die betekenis vd woord "eer"). Wanneer iemand die Here VREES, gaan hy Hom EER... (Hand. 19:17 - " En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak").  Daar is dus ook 'n nou verband tussen die woorde "vrees" en "eer".  In ander woorde, die wat die Here eer trek Hom voor, Sy woord, Sy bevele, en heerlik Hom op! Hulle het respek vir Hom (soos 'n kind wat sy ouer eer - so 'n kind is gunstig en trots op sy ouer en plaas die ouer voor). Hierdie is ongelukkig iets wat somtyds by kinders vd Here ontbreek, is dat hulle hul eie waardes en sieninge voortrek in plaas van die Here s'n.  So iemand eer nie die Here nie. Hierdie optrede word veral somtyds by slim kinders ook gesien, omdat hulle dink hulle is slimmer as hulle ouers of meerderes... Die woord "opgeblase" word veral in die Skrif hiervoor gebruik. Baiemaal is kinders vd Here ook opgeblase - hulle dink hulle weet beter, en eer dan nie die Here nie maar doen soos hulle goeddink en glo hulle eie sieninge. L.w. dat hierdie baie gevaarlik is vir 'n Christen, want so iemand het hom nog nie bekeer van sy eie sieninge nie, of is op die gevaarlike plek waar hy kies om nie die Here te EER nie (kyk gerus wat met koning Saul gebeur het wat hierdie selfde paadjie geloop het - die Here het uiteindelik Sy Gees van hom weggeneem...). 

Die wat die Here eer "haat wat sleg is" (haat bv. dit wat nie ooreenstem met die Here se woorde of leiding nie) - die geestelike mens luister bv. nie na die wereld nie, en doen nie soos die wereld nie maar eer en vrees die Here en doen soos Hy wil, luister na Hom, heerlik Hom op, trek Hom voor, en is trots op Hom (dit is die groot verskil tussen die "natuurlike mens" en die "geestelike mens", en dus relatief maklik om te sien wie dien die Here en wie nie).

- Wanneer iemand die Here vrees het hy Sy gebooie lief; 

- maar die wat Hom nie vrees nie, verag Hom... (hulle verag Sy wil en Sy gebooie). 

In heelwat skrifte waar gepraat word oor die vrees vd Here of eer vir Hom, kan hierdie selfde vgl. vekry word, bv:

- (Ecc 12:13,14)  Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg. ;  en

- (Spr. 14:2)  Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom. Wanneer vrees ontbreek, is "veragting" gewoonlik aan orde vd dag (verag meester/vader se sieninge, optrede, wil). Hierdie is 'n groot teken van wie regtig vrees/eer het (nl. gehoorsaamheid), want wanneer vrees ontbreek doen iemand wat hy wil / hy luister nie / is ongehoorsaam (Mal 1:6 - "‘n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?"). In die eerste gemeentes was hierdie baie opsigtelik onder die wat tot geloof gekom het, is dat hulle o.a. "gewandel het in die vrees vd Here"... (Hand. 9:31 - "En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder"). Hulle was gehoorsaam aan die Here (het na Hom geluister) - het Hom gevrees, geeer (ag gegee op Sy gebooie/Sy wil - het die Here se wil lief, het Hom opgeheerlik, voorgetrek). As hierdie nie gebeur by iemand wat tot geloof kom nie is dit onwaarskynlik dat daardie persoon opreg die Here dien/vrees/eer.  

DIE WAT DIE HERE VREES WORD O.A. GESIEN SOOS "VERSTANDIGES"! - (Spr. 1:7 - "Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug");(Psa 111:10 - "Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid"). Maar die wat wysheid en tug verag/die wat Hom nie vrees nie, word in Spr. 1:7 voorgestel soos "sotte"... - Rom. 1 skets ook vir ons hierdie prentjie.  Dit is duidelik dat die wat lief is vir dit wat sleg is, eer nie die Here nie... Die Here wil nie he dat ons oor allerhande dinge bang moet wees nie, bv. wat ons sal eet of aantrek, of selfs vir die wat die liggaam kan doodmaak nie, maar as daar iemand is vir wie ons moet vrees is dit vir Hom! (daar is niemand soos Hy nie, die Een wat by magte is om jou te red of te verderf, ons Skepper-die Een wat alles geskep het inkluisend jou, wat die sand gestel het as grens vir die see, wat reen en oes gee, ens...)(Openb. 14:7; 15:4; Jer. 5:22-24; 10:6,7). Hy moet gevrees en geeer word  -  (Luk 12:4,5 - "En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!")(Luk. 12:22-34; Matt. 10:28). Spr. 14:26,27 leer vir ons dat in die vrees van die HERE lê ‘n sterk sekerheid - die HERE is ‘n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk...  Kom ons wees verstandig!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat beteken dit "om te eer"?:

Ons het bo gesien dat die begrip "eer" gaan hand in hand met "vrees", en sal ook hier die verband sien tussen "gehoorsaamheid" en "eer". In Hebreeus en Grieks beteken die woord "eer" om voor te plaas/trek, op te heerlik/verheerlik, te respekteer, waarde te heg aan,  trots wees op, ens.  Maar wanneer respek (vrees) ontbreek sal iemand nie wil voorgetrek, opheerlik, guns bewys aan, of trots wees op daardie persoon nie. 'n Kind wat bv. nie sy ouers vrees nie, sal hulle nie eer nie.  

'n Goeie vb. waar hierdie verband gesien kan word in die Skrif, is waar ons beide beveel word om ouers te EER asook te VREES (Lev. 19:32; Matt. 15:4; 19:19; Eks. 20:12)(Lev. 19:3)  - sien dus die konneksie tussen "gehoorsaamheid" en "eer". IN ANDER WOORDE, IEMAND WAT NIE VREES (bang, respek) HET NIE, SAL NIE EER NIE;  

EN IEMAND WAT NIE EER (voorplaas, opheerlik, trots op, ens.) NIE, SAL NIE GEHOORSAAM WEES NIE...  

Ongehoorsaamheid word gewoonlik toegeskryf aan veral hierdie 2 dinge:

(1) die persoon het geen vrees nie/het nie respek nie;

(2) en omdat hy nie vrees het nie, eer hy nie die een aan wie eer toekom nie... (ongehoorsaamheid, en waar eer ontbreek, is dus tekens dat iemand nie vrees het nie).

Skrifte oor "eer":

- (Lev 19:32) "Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer  (Hebr " woord haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voortrek, op te heerlik, ens.); en jy moet jou God vrees (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,). Ek is die HERE".

(Lev 19:3)  Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,), en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.

- (Mat 15:4)  Want God het bevel gegee en gesê: Eer (Gr. woord " tim-ah'-o ", wat verwys na respek, en beteken "heg waarde aan, eer") jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.

- (Mat 19:19)  eer (Gr. woord " tim-ah'-o ") jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

- (Exo 20:12)  Eer (Hebr. woord " kaw-bad, kaw-bade' ", wat verwys na "hoeveel" eer, bv. beteken "oorvloedig wees met" (eer), bv. trots wees op, spog, "verheerlik"/opheerlik, ens.) jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.

- (Lev 19:3)  Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees (Hebr. woord " yaw-ray' "), en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.


Ouers en oumense moet geeer word - skrifte:

- (Lev 19:32)  Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer (Hebr " woord haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voortrek, op te heerlik, ens.); en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.

- (Spr. 23:22)  Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.

- (Ef. 6:1-3)  Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam (Gr. woord " hoop-ak-oo'-o ", wat beteken om "ag te gee" of "om te gehoorsaam") wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder—dit is die eerste gebod met ‘n belofte sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. (KYK HOE "GEHOORSAAMHEID" EN "EER" SAAM IN HIERDIE SKRIF GEBRUIK WORD).

LET WEL DAT DIE GEBOD "EER JOU VADER EN JOU MOEDER" GEKOPPEL IS AAN 'N BELOFTE. Natuurlik kan "'n kort lewe" nie altyd toegeskryf word aan waar eer vir ouers ontbreek nie, maar as kinders nie hulle ouers eer nie kan hulle ook nie verwag dat dit met hulle sal goedgaan en hulle sal lank lewe op die aarde nie... 

Sondag 12 Januarie 2014

Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie....

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wat-dit-beteken-om-goed-te-doen.html
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/afgodsdiens-in-die-kerk.html
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/ken-jy-hom-werklik.html

-----------------------------------------------------------------
(Mat 9:10)  En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan.
(Mat 9:11)  En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars?
(Mat 9:12)  Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.
(Mat 9:13)  Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
========================================================================
Dit is duidelik dat die Fariseers nie regtig hierdie begrip verstaan het nie.  Jesus moedig hulle aan in v. 13:  
GAAN LEER WAT DIT BETEKEN ...
===========================================================================

OPSOMMING:
(ROL AF VIR UITEENSETTING)

(1)  Die konteks waarin die woorde "Ek het 'n behae in liefde (barmhartigheid) en nie offerande nie" gebruik is, gaan daaroor dat iemand OFFERS vir die Here BRING, maar die barmhartigheid nalaat, en die kennis verwerp - dit hoort nie so te wees nie!
(2)  Inteendeel, deur barmhartigheid (deur "om te gee", "kompassie te wys" en "gunstig te wees teenoor iemand sonder dat hy dit noodwendig verdien") , is die swaarste deel v/d wet, en vervul eerder die wet.
(3) "Ek wil barmhartigheid he en nie offerande nie", was nie slegs 'n Nuwe Testamentiese begrip, asof Jesus die wet tot niet gemaak het nie!  Nee, Hy het eerder vir hulle gewys "hoe hulle die wet vervul", deur vir hulle die volle waarheid te bring, en insig te gee op hoe hulle die wet moet verstaan!  Dit beteken nie dat die nakom van die wet nie belangrik is nie, maar dat ons persepsie van hoe die wet vervul word, nie altyd reg is nie! 
(4)  die wet word VERVUL deurdat ons die Here liefhet.... en ons naaste liefhet... nie net bloot "deur die bring van offers" nie!  Alhoewel die wet van Moses "vervul" is, beteken dit nie dat die gelowige sonder wette nie!;  inteendeel beteken dit dat Jesus kom wys het "hoe die wet vervul word" (Hy't dit nie tot niet gemaak nie!, maar ("ten volle gepreek") vervul)
(5) Deur die "wil van die Vader" te doen, vervul ons die wet - deur Hom eerste lief te he, en ons naaste soos onsself... daarom is ek vir die wet dood om vir God te lewe, m.a.w. NIE GEHOORSAAM AAN DIE WET NIE, MAAR GEHOORSAAM AAN DIE HERE.
========================================================================
UITEENSETTING:

(1)  Daar is 'n soortgelyke vers in die profetiese boek van Hosea: (Hos 6:6 - "Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers") 

- alhoewel die woord "liefde" hier gebruik word in die Afrikaanse Bybel, is dit dieselfde woord wat gebruik word vir "barmhartigheid" (ditto woord in Hebreeus) - dit kon dus lui: "Ek het 'n behae in barmhartigheid en nie in offerande nie" - vgl. dit met bg. skrifgedeelte in Matt. 9:13 - daar beteken die woord "barmhartigheid", "kompassie", en gaan dit oor "omgee" en "gunstig wees teenoor ander mense", m.a.w. "liefde".

Maar kom ons kyk na die konteks van die skrif in Hos. 6:  
(Hos 6:1)  "Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind".(Hos 4:1)  "Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde ("mercy") en geen kennis van God in die land is nie".  IN HIERDIE GEDEELTE IS DIT DUIDELIK DAT GOD 'N PROBLEEM HET MET DIE KINDERS VAN ISRAEL, omdat hulle Hom nie vereer nie, hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak....selfs die land treur en kwyn weg a.g.v. hulle sondes;  hulle gaan te gronde weens 'n gebrek aan kennis.......  So, daar is GEEN TROU, GEEN BARMHARTIGHEID, EN GEEN KENNIS VAN GOD IN DIE LAND NIE... (v.1).  
Dus, die konteks waarin die woorde "Ek het 'n behae in liefde en nie offerande nie" gebruik is, was in die feit dat die volk OFFERS vir die Here BRING, maar die barmhartigheid nalaat, en die kennis verwerp!  Hulle dink dat hulle gehoorsaam is deur offers te bring, maar is eintlik ongehoorsaam - so, hulle bring eintlik "lee offers" aan die Here.
Vgl. dit met: (Mat 23:23)  "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat".  Op dieselfde wyse het die Fariseers gedink die manier hoe hulle die Sabbat onderhou, was vir die Here welgevallig, maar dit was nie (Matt. 12), want die swaarste het hulle nagelaat, nl. "die reg en die BARMHARTIGHEID en die trou".  Op dieselfde wyse het die Jode gedink dit is vir die Here welgevallig as hulle geensins omgang het met iemand van 'n ander volk, of hulle besoek nie, maar hulle het die swaarste van die wet nagelaat:  "die reg en die BARMHARTIGHEID en die trou"   (vgl. dit met die "evangelie van vrede" en Petrus se woorde in Hand. 10:28 - "en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie").
==================================================
(2)  Die konteks in Matt. 9,  is "dat Hy nie gekom het om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering".  Die Fariseers kon nie verstaan hoe Jesus saam met tollenaars en sondaars kon eet nie.  Hy maak die volgende opmerking: "Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is" - daarmee se Hy dat die tollenaars en sondaars Sy barmhartigheid nodig het, en dat deur daardie barmhartigheid te bewys, Hy die "wet vervul". 
---------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  ONS VIND 'N ANDER SOORTGELYKE VB. IN MATT. 12:
(Mat 12:1)  In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet.
(Mat 12:2)  Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.
(Mat 12:3)  Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie—toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het—
(Mat 12:4)  hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
(Mat 12:5)  Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?
(Mat 12:6)  En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier.
(Mat 12:7)  Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;
(Mat 12:8)  want die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.

In konteks het die Fariseers vir Jesus en Sy dissipels veroordeel as "skuldig" (omdat hulle die Sabbat ontheilig het), maar omdat hulle nie die barmhartigheid in ag geneem het nie, het dit tot gevolg gehad dat hulle "onskuldiges veroordeel het".  Daarmee verklaar Jesus dus dat die manier hoe die Fariseers verstaan het, wat dit beteken om die Sabbat te heilig, nie reg was nie.  Hy verklaar dus dat Sy dissipels eintlik onskuldig was!  

Weer-eens maak Hy dit duidelik dat die Fariseers nie die gesegde verstaan nie, "Ek wil barmhartigheid he en nie offerande nie".  Hierdie was nie 'n Nuwe Testamentiese begrip, en asof Jesus die wet tot niet gemaak het nie!  Nee, Hy het eerder vir hulle gewys "hoe hulle die wet vervul", deur vir hulle die volle waarheid te bring, en insig te gee op hoe hulle die wet moet verstaan! Iemand mag nie werk op die Sabbat nie, ja, maar as iemand honger het, help hom, want deur daardie barmhartigheid te betoon, vervul jy eintlik die wet!  As iemand hulp nodig het, gaan help hom - die barmhartigheid is belangriker as om bloot die wet te onderhou - deur daardie barmhartigheid te betoon, vervul jy die wet!  

Geen wonder Jesus se opmerking in Matt. 22:

(Mat 22:40)  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

(Mat 22:37)  En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
(Mat 22:38)  Dit is die eerste en groot gebod.
(Mat 22:39)  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  - deur hierdie stelling is dit duidelik hoe belangrik Hy "barmhartigheid" ag; inteendeel word die wet VERVUL deurdat ons die Here liefhet.... en ons naaste liefhet... nie net deur bloot offers te bring nie! Dit beteken nie dat die nakom van die wet nie belangrik is nie, maar dat ons persepsie van hoe die wet vervul word, nie altyd reg is nie! 

====================================================

(4)   God gee om vir mense;  Hy gee om vir die wat honger het (al is dit op die Sabbat); Hy gee om vir die sondaars, om hulle tot bekering te roep (al word daar van die regverdiges verwag om hulle eenkant te hou van die onregverdiges).  IN DAARDIE SIN IS DIE BLOTE ONDERHOUDING VAN DIE WET SELF, NIE BELANGRIKER AS BARMHARTIGHEID NIE!  - inteendeel, barmhartigheid vervul daardie wet!!! DIE MANIER VAN HOE "DIE WET" vervul WORD, IS DUS ANDERS AS DIE MANIER HOE DIE FARISEERS DIT VERSTAAN HET! 

------------------------------
*  (Luk 10:25)  En daar het ‘n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
(Luk 10:26)  En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?
(Luk 10:27)  En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
(Luk 10:28)  Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.
(Luk 10:29)  Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?................. (LEES VERDER, DIE GELYKENIS V/D BARMHARTIGE SAMARITAAN).
Dit is duidelik dat hy gekies het aan wie hy barmhartig wil wees.  Hy het tog die belangrikheid van barmhartigheid verstaan, maar nie die volle konsep verstaan nie!, in die sin van dat ons "AAN ALMAL" barmhartig moet wees, nie net aan sekere mense nie - in daardie sin moet almal "guns in ons oe vind", al verdien hulle dit nie - net soos ons ook nie "guns" verdien nie, maar die Here dit aan ons bewys (deur genade).    Ook in hierdie gedeelte maak Jesus nie die wette tot niet nie, maar bring die volle waarheid daaroor.
-------------------------------------------------

*  Kyk ook na hoe Hy barmhartigheid bewys het aan die vrou wat in egbreuk betrap is, Joh. 8:3-11 - (Joh 8:5)  "en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?..........(Joh 8:11)  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie". (NS: alhoewel Jesus aan haar barmhartigheid bewys het, let op Sy woorde: "gaan heen EN SONDIG NIE MEER NIE").
 Alhoewel die wet van Moses "vervul" is, is die gelowige nie sonder wette nie!- sommige dink dat die gelowige nie onderwerp is aan enige wette nie, maar Jesus het eerder kom wys "hoe die wet vervul word" (Hy't dit nie tot niet gemaak nie!, maar vervul ("ten volle gepreek"))


(Mat 23:23)  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
========================================================================

(5)  Die wet en profete was steeds voorgelees in die eerste gemeentes (kyk bv. Hand. 13:15), maar die manier hoe die wet onderhou is, is nie bloot om "die wette te onderhou nie" (nie bloot 'n offer nie), maar dit gaan oor BARMHARTIGHEID, REGTE OORDEEL, EN OOR "ONDERWERPING AAN DIE HERE SE WIL" (dan word die wet "vervul"). 
Die onderhouding van wette ("gehoorsaamheid"/"om die wil van die Vader te doen"), gaan nie oor "om geregverdig te word" nie, maar gaan oor "om te dien"
Jesus het bv. die volgende stelling gemaak: (Mat 7:12)  "Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete".
 "Werke" in die N.T. verwys veral na "om die wil van die Vader te doen".  Wette word nie gegee "om saligheid te verwerf nie"/ om "kinders van die koninkryk te word nie", maar dit word gegee aan die wat REEDS as "KINDERS VAN DIE KONINKRYK" gesien word! -(word gegee sodat die gelowige "kan dien"). 

(Gal 2:19)  want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.

Donderdag 08 Augustus 2013

"Goeie vrug" en "goeie werke"

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wat-dit-beteken-om-goed-te-doen.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/god-is-nie-n-god-van-dooies-nie-maar.html

Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
----------------------------------------------------------------
Om "goed te doen" of die manier hoe ons optree, word ook gesien as "vrug", bv.  vredeliewendheid, vriendelikheid, barmhartigheid, die manier hoe ons praat, goeie lewenswandel, om in ander se behoeftes te voorsien, stoflike goed te deel ens. (Jak. 3:11-18; Fil. 4:17; Rom 15:26-28)  Die vrug van die Gees is immers  liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.  HIERDIE "VRUG" VAN DIE GELOWIGE IS EGTER NIE DIESELFDE AS DIE VRUG VAN DIE ONGELOWIGE NIE - al lyk dit ook of DIE ONGELOWIGE "GOEDDOEN".  

(DIT IS NIE DIESELFDE NIE, WANT DAN SOU DIT BETEKEN DAT IEMAND DIE EWIGE LEWE KAN VERKRY DEUR WERKE en ons weet goed dat saligheid nie verkry kan word deur werke nie).  

DIE VERSKIL tussen die gelowige wat goeddoen, en die ongelowige wat goeddoen, IS DAT DIE GELOWIGE DIENSBAAR GEWORD HET AAN GOD!, maar dieselfde kan nie gese word van die ongelowige nie - die ongelowige doen soos hyself goeddink, maar die gelowige doen die wil van die Here. 
-  (Rom 6:21,22)  Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. 

Wanneer ons praat van "goeie vrug", verwys dit nie net bloot na "goeie werke" of goeie gesindheid nie, maar inteendeel werke wat uitspruit uit gehoorsaamheid aan die Here omdat die persoon tot bekering gekom het - omdat hy diensbaar geword het aan God.  Goeie vrug van die gelowige is dus 'n bewys dat iemand hom/haarself onderwerp het aan die Here.  Hy soek na die wil van die Here, en doen dit. 

Nie net by ongelowiges nie, maar onder sekere gelowiges is daar die wat bely dat hulle die Here dien, maar hulle "werke" is nie uitspruitend uit gehoorsaamheid aan die Here nie -  hulle doen soos hulle goeddink, en hulle bedieninge of besluite is gebore uit menslike wysheid, in plaas van gelei deur die Gees van God. 
(Mat 7:20)  "So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 7:22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
(Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!"

Dus, al lyk dit of hierdie sg. gelowiges goeie werke gedoen het, geprofeteer het, duiwels uitgedryf het.....ens., noem Jesus hulle "julle wat die ongeregtigheid werk" - hoekom?  WANT HULLE "GOEIE WERKE" WAS NIE VOLGENS DIE WIL VAN DIE VADER NIE - dit was dus gebore uit "menslike wysheid of omrede selfverheffing of eie gewin", nie a.g.v. "gehoorsaamheid aan die Here" nie. 
--------------------------------------------------
 Kyk gerus my blogpost getiteld  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html vir meer skrifgedeeltes oor die onderwerp van "goed doen". 
Bv. (1)  As iemand liefdadigheid bewys omrede  'OM GESIEN TE WORD' of 'SELFVERHEFFING', dan sal so iemand nie daarvoor beloon word nie;  dus,  As iemand liefdadigheid bewys omrede 'OM GESIEN TE WORD' of vir 'SELFVERHEFFING', dan is daardie daad nie volgens die wil van God nie! (2)Wanneer iemand beoog om goed te doen,maar nie sy "ja, ja hou nie", dan soek hy sy eie wil en nie na die wil van die Vader nie. (3) "Om goed te doen" gaan oor DIEN, nie oor gesag uitoefen of "OM EERSTE TE WEES" nie.  (4) Deur om "goed te doen" slegs omrede "VIR EIE GEWIN", bring iemand 'n oordeel oor homself. (5) Wanneer iemand "goed doen" volgens menslike wysheid, bedink hy nie die dinge van God nie en kan 'n struikelblok wees in die plan van God.

"OM GOED TE DOEN" moet dus beweeg word deur die leiding van die Heilige Gees
dit moet geskied "uit gehoorsaamheid", nie omrede selfverheffing nie. 
--------------------------------------------------------------------------------------------
(Joh 12:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.


(Rom 7:1)  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.
(Rom 7:4)  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
(Rom 7:5)  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

"Goeie Vrug", of "vrug wat by die bekering pas", het dus te doen met "gehoorsaamheid aan die Here" - "die wil van die Vader doen", nie "doen wat ek dink ek moet doen" of om te "probeer om goed te doen nie", maar om myself te onderwerp aan die Here  en bloot gehoorsaam te wees!  Dus moet die gelowige IN DIE HERE BLY om Sy wil te ken en Hom gehoorsaam te wees - hy vra die Here se wil in alles, hy vertrou die Here, soek na die waarheid, spandeer persoonlike gebedstyd met die Here....ens.  Dit stem ooreen met wat Jesus gese het: (Joh 15:5)  "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie".


---------------------------------------------------------------------------------------------

Die Fariseers en Skrifgeleerdes was ook as gelowiges gesien, wat goeie werke doen, of goeie vrug gedra het.  Tog, toe sommige van hulle hul wou laat doop deur Johannes, was sy reaksie as volg:


(Mat 3:7)  Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

(Mat 3:8)  Dra dan vrugte wat by die bekering pas.

(Mat 3:9)  En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.

(Mat 3:10)  Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

(Mat 3:11)  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
(Mat 3:12)  Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.

Lees gerus weer die gelykenis van die huisheer wat 'n wingerd geplant het:

(Mat 21:33)  Luister na ‘n ander gelykenis: Daar was ‘n sekere huisheer wat ‘n wingerd geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en ‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
(Mat 21:34)  En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang.
(Mat 21:35)  Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ‘n ander een doodgemaak en ‘n ander een gestenig.
(Mat 21:36)  Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak.
(Mat 21:37)  Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
(Mat 21:38)  Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.
(Mat 21:39)  En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.
(Mat 21:40)  Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?
(Mat 21:41)  Hulle antwoord Hom: Die slegte mense—hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
(Mat 21:42)  Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
(Mat 21:43)  Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
(Mat 21:44)  En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.
(Mat 21:45)  En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.
(Mat 21:46)  En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het.

========================================================================

Die koninkryk van God sal gegee word aan die wat die vrugte daarvan dra!

Woensdag 07 Augustus 2013

Wat beinvloed die VRUG van die gelowige?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/god-is-nie-n-god-van-dooies-nie-maar.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/wanneer-jy-die-here-se-wil-doen-beteken.html
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/afgodsdiens-in-die-kerk.html

VIR BYBELSTUDIE GIDS OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/p/bybelstudie-gidse.html
Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-----------------------------------------------------------------
Die gelowige is geroep om vrug te dra.   As hy 
nie vrug dra nie,
 of onvrugbaar raak,
 gaan hy uitgekap en in die vuur gegooi word (Joh. 15:2). 
---------------------------------------------------------------------------------

Wat beinvloed die VRUG van die gelowige?
==========================

(1)  BLY hy IN DIE HERE?
(2) hou hy VAS AAN DIE GELOOF, of glo hy net vir 'n tyd?
(3)  SORGE VAN DIE WERELD
(4)  verleiding van die RYKDOM
(5)  BEGEERLIKHEDE in verband met ander dinge en GENIETINGE VAN DIE LEWE  


---------------------------------------------------------------------------------
(1)  BLY hy IN DIE HERE ? (Ken hy die Vader?)(is hy in gemeenskap met Jesus Christus?)(roep hy die Naam van die Here aan?)(soek hy die Here se wil?)(soek hy die waarheid?)(is sy gedagtes op die dinge daarbo?)(is hy gehoorsaam aan die Here?) -  (Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. (Joh 15:6)  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

(OM "GEREED TE WEES", BETEKEN o.a. DAT ONS DIE WIL VAN DIE HERE KEN, EN DIT DOEN - soek na Sy wil in alles;  wees Hom gehoorsaam;  moenie in opsetlike sonde stap nie;  moenie op wereldse wysheid staatmaak nie...)- Luk. 12:41-59

(KEN HOM AS EERSTE LIEFDE)
(ELKEEN WAT SY LEWE VERLOOR OM DIE HERE SE ONTWIL, SAL DIT VIND - dit is die wat die Here liefhet bo enigiemand en enige iets - die wat gehoorsaam is aan die Here en vir wie dit nie gaan oor verdienste nie)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(2) hou hy VAS AAN DIE GELOOF, of glo hy net vir 'n tyd? (verstaan hy wat geloof beteken - is hy gehoorsaam aan die Here;  vertrou hy die Here, soek hy na die wil van die Here...)(is hy sterk en bly die woord van God in Hom)(het hy oorwinning oor die bose?)(le hy aanhoudende sondes af?) (Mat 13:20)  "En by wie op rotsagtige plekke gesaai is—dit is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem; (Mat 13:21)  maar hy het geen wortel in homself nie, hy is net vir ‘n tyd, en as daar verdrukking en vervolging kom ter wille van die woord, struikel hy dadelik. (Luk 8:13)  En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.  (Openb. 2:10)  "Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. (Openb. 2:23) ........ en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.......... (Openb. 2:25)  Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom. (Openb. 2:26)  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee"

"WIE SY LEWE VIND, SAL DIT VERLOOR;  EN WIE SY LEWE VERLOOR OM MY ONTWIL, SAL DIT VIND" - Matt. 10:39

(OM "GEREED TE WEES", BETEKEN o.a DAT ONS NIE MOET VREES DIE WAT DIE LIGGAAM DOODMAAK NIE, MAAR VREES HOM WAT BY MAGTE IS OM IN DIE HEL TE WERP - moenie die Here verloen nie; vrees die Here; moet bereid wees om deur vervolginge en verdrukkinge te gaan ter wille van die Here...)- Luk. 12:1-12

(KEN DIE HERE AS EERSTE LIEFDE)
(ELKEEN WAT PROBEER OM SY LEWE TE RED, SAL DIT VERLOOR - dit is die wat nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van mense)
(ELKEEN WAT SY LEWE VERLOOR OM DIE HERE SE ONTWIL, SAL DIT VIND - dit is die wat bereid is om te lei ter wille van hulle geloof)

Om "meer geloof" te he, beteken om soos "onverdienstelike diensknegte te wees - Luk. 17:1-10
 http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/gee-ons-meer-geloof.html

(Joh 15:20)  "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar".

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-here-weet-om-die-godsaliges-uit.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wat-hulle-lewe-verloor-sal-dit-wen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/wat-meeste-preachers-jou-nie-vertel-oor.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/07/god-sien-die-hart.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/en-dit-sal-vir-julle-uitloop-op-n.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3)  SORGE VAN DIE WERELD (Mat 13:22)  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.(Luk 8:14)  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.

-(Mat 6:25)  Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie? 
(Mat 6:31)  Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? (Mat 6:32)  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. (Mat 6:33)  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. (Mat 6:34)  Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.
- (Luk 12:29)  Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie; (Luk 12:30)  want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het. (Luk 12:31)  Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. (Luk 12:32)  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee. 

(MOET DIE HERE AS EERSTE LIEFDE KEN)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(4)  verleiding van die RYKDOM (die gelowige moet ryk wees in die Here - liewer die godsaligheid najaag as die verleiding van die rykdom van die wereld)(Mat 13:22)  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.(Luk 8:14)  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.
(Luk 12:33)  Verkoop julle besittings en gee aalmoese; maak vir julle beurse wat nie oud word nie, ‘n skat in die hemel wat onuitputlik is, waar geen dief by kom of mot verteer nie. (Luk 12:34)  Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
(OM GEREED TE WEES, beteken o.a. dat iemand "ryk is in die Here: - meer besig met die Here, as met die lewe - moenie begeer om ryk te word in besittings nie - moenie hoop plaas in wereldse dinge nie...)- Luk. 12:13-40
(MOET DIE HERE AS EERSTE LIEFDE KEN)
("ELKEEN WAT PROBEER OM SY LEWE TE RED, SAL DIT VERLOOR" - die wat nie kan afstand doen van hulle wereldse besittings nie)

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/aan-hom-wat-oorwin-sal-ek-gee-om-saam.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/maak-vir-julle-vriende-deur-die.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(5)  BEGEERLIKHEDE in verband met ander dinge en GENIETINGE VAN DIE LEWE  (Mar 4:19)  en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar(Luk 8:14)  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.
  
(MOET DIE HERE AS EERSTE LIEFDE KEN)
(ELKEEN WAT PROBEER OM SY LEWE TE RED, SAL DIT VERLOOR - die wat nie kan afstand doen van wereldse begeertes nie)

http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/09/gaan-uit-haar-uit-my-volk.html
========================================================================




=================================================================================


(1Th 5:1)  Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
(1Th 5:2)  want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
(1Th 5:3)  Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
(1Th 5:4)  Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
(1Th 5:5)  Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
(1Th 5:6)  Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.



(Luk 13:6)  En Hy het hierdie gelykenis uitgespreek: ‘n Man het ‘n vyeboom gehad wat in sy wingerd geplant was, en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks gekry nie.
(Luk 13:7)  Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar?
(Luk 13:8)  Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het.
(Luk 13:9)  As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap.