Saterdag 18 Maart 2023

Wat beteken "om te vrees"/eer?

Wat beteken dit om "die Here te VREES of EER"? Wat beteken dit dat kinders hulle ouers, of dat ons die persoon van 'n grysaard moet EER? In hierdie pos kyk ons na die betekenis van hierdie woorde in verskillende skrifte in die Hebreeus en Grieks. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Vrees die Here / die vrees van die Here:

Die woord "vrees" beteken "om bang/angstig te wees" - dit is ook wat bedoel word wanneer ons beveel word om die Here te vrees... (moet bang wees vir Hom), wat o.a. beteken dat jy Hom moet respekteer. Die Hebreeuse woord vir VREES is (" yaw-ray' ", en dit beteken "om bang te wees vir, angstig, respekteer").  (Die woord EER is die Hebr. woord " haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voor te trek, op te heerlik, ens. - rol af vir 'n opsomming hieroor).

-(Lev 19:32) "Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard EER  (Hebr " woord haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voortrek, op te heerlik, ens.); en jy moet jou God VREES (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,). Ek is die HERE".    

- (Lev 19:14)  Jy mag ‘n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God VREES (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,). Ek is die HERE. 

Kyk gerus die konteks in Lev. 19:14 - "jy mag 'n dowe nie vloek nie" ens... - en dan die woorde "MAAR JY MOET JOU GOD VREES".  Gehoorsaamheid en vrees gaan hand in hand! Die persoon vir wie jy bang is is die persoon na wie jy luister/vir wie jy respekteer. In ander woorde, jy moet bang wees vir die Here... - Hom respekteer - moet Hom gehoorsaam. Ons weet dat kinders wat nie bang is vir hulle ouers nie, of mense wat nie bang is vir die Here nie, geneig is om "te doen wat hulle wil"... (hulle gee nie om of daar gevolge is nie, of dink daar sal nie wees nie...). As hierdie kenmerk bv. by 'n kind ontbreek is dit moeilik vir ouers, want sulke kinders is gewoonlik ongehoorsaam, hoogmoedig en opgeblase. Die manier om sulke kinders te dissiplineer is om hulle terug te bring by die plek waar hulle bang is vir hulle ouers, en dit word gewoonlik verkry deur vermaning en/of straf - kinders moet weet daar is gevolge vir hulle optrede. Wanneer vrees ontbreek by kinders vd Here, is vermaning en/of straf ook gewoonlik die manier wat die Here gebruik om Sy kinders terug te bring in vrees vir Hom. Kinders moet weet wat is die gevolge van ongehoorsaamheid.  Die mens moet nie vergeet nie, dat die Here is by magte om te red en te verderf (Luk. 12:4,5), en alle kinders vd Here sal eendag voor die regterstoel van Christus veskyn (2 Kor. 5:10,11 - "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees"). Daar is sommige Christene wat nie die Here vrees nie en in ongehoorsaamheid stap, en die rede hiervoor is gewoonlik omdat hulle dink dat daar geen gevolge is vir hulle optrede nie... Heelwat valse leerstellings het hierdie tot gevolg gebring, o.a. dat sommige glo dat 'n weergeborene nie sy/haar saligheid kan verloor nie, maak nie saak wat hulle doen nie.. (??). Die kerk moet terugkom na Jesus se woorde en na wat in die eerste gemeentes geleer is, wat terloops heelwat verskil van sekere algemene sieninge in die kerk vandag rondom saligheid. Weergeborenes moet bv. leer dat daar gevolge is sou hulle die Gees bedroef. Jesus het o.a. geleer dat kinders vd koninkryk wat nie vrug dra nie, eendag uitgegooi sal word;  en het ook geleer dat bokke nie sal ingaan in die koninkryk nie... In die eerste gemeentes is ook geleer dat Christene wat in sonde bly stap en dit nie afle nie (bv. hoereerders, afgodedienaars, kwaadsprekers, egbrekers, diewe, leuenaars, ens.), nie sal ingaan in die koninkryk nie (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie")(Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai").

Om die Here te vrees gaan oor "doen wat Hy wil" (nie wat ons wil nie) - as jy die Here vrees is jy lief vir Hom, Sy woord, Sy wee, ens.. 'n Kind wat sy ouers vrees het hierdie selfde kwaliteite, nl. "doen wat die ouers wil, is lief vir hulle, hou van hulle lering, respekteer hulle kultuur", ens. 

(1) As iemand bang is vir die Here (Hom respekteer),

(2) dan sal hy die Here gehoorsaam. 

Spr. 8:13 leer vir ons dat "vrees vd Here" bedoel "om te haat wat sleg is" (iemand wat die vrees vd Here het, is lief vir wat goed is - bv. is lief vir die Here, Sy waarheid, Sy wil, want Hy is goed en Sy woord is goed...). Iets wat gewoonlik volg wanneer iemand die vrees vd Here het is dat die Naam vd Here grootgemaak word! (Hy word opgeheerlik - vgl. dit gerus met die betekenis vd woord "eer"). Wanneer iemand die Here VREES, gaan hy Hom EER... (Hand. 19:17 - " En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak").  Daar is dus ook 'n nou verband tussen die woorde "vrees" en "eer".  In ander woorde, die wat die Here eer trek Hom voor, Sy woord, Sy bevele, en heerlik Hom op! Hulle het respek vir Hom (soos 'n kind wat sy ouer eer - so 'n kind is gunstig en trots op sy ouer en plaas die ouer voor). Hierdie is ongelukkig iets wat somtyds by kinders vd Here ontbreek, is dat hulle hul eie waardes en sieninge voortrek in plaas van die Here s'n.  So iemand eer nie die Here nie. Hierdie optrede word veral somtyds by slim kinders ook gesien, omdat hulle dink hulle is slimmer as hulle ouers of meerderes... Die woord "opgeblase" word veral in die Skrif hiervoor gebruik. Baiemaal is kinders vd Here ook opgeblase - hulle dink hulle weet beter, en eer dan nie die Here nie maar doen soos hulle goeddink en glo hulle eie sieninge. L.w. dat hierdie baie gevaarlik is vir 'n Christen, want so iemand het hom nog nie bekeer van sy eie sieninge nie, of is op die gevaarlike plek waar hy kies om nie die Here te EER nie (kyk gerus wat met koning Saul gebeur het wat hierdie selfde paadjie geloop het - die Here het uiteindelik Sy Gees van hom weggeneem...). 

Die wat die Here eer "haat wat sleg is" (haat bv. dit wat nie ooreenstem met die Here se woorde of leiding nie) - die geestelike mens luister bv. nie na die wereld nie, en doen nie soos die wereld nie maar eer en vrees die Here en doen soos Hy wil, luister na Hom, heerlik Hom op, trek Hom voor, en is trots op Hom (dit is die groot verskil tussen die "natuurlike mens" en die "geestelike mens", en dus relatief maklik om te sien wie dien die Here en wie nie).

- Wanneer iemand die Here vrees het hy Sy gebooie lief; 

- maar die wat Hom nie vrees nie, verag Hom... (hulle verag Sy wil en Sy gebooie). 

In heelwat skrifte waar gepraat word oor die vrees vd Here of eer vir Hom, kan hierdie selfde vgl. vekry word, bv:

- (Ecc 12:13,14)  Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al die verborge dinge, goed of sleg. ;  en

- (Spr. 14:2)  Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom. Wanneer vrees ontbreek, is "veragting" gewoonlik aan orde vd dag (verag meester/vader se sieninge, optrede, wil). Hierdie is 'n groot teken van wie regtig vrees/eer het (nl. gehoorsaamheid), want wanneer vrees ontbreek doen iemand wat hy wil / hy luister nie / is ongehoorsaam (Mal 1:6 - "‘n Seun eer die vader, en ‘n kneg sy heer. As Ek dan ‘n Vader is, waar is my eer? En as Ek ‘n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?"). In die eerste gemeentes was hierdie baie opsigtelik onder die wat tot geloof gekom het, is dat hulle o.a. "gewandel het in die vrees vd Here"... (Hand. 9:31 - "En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder"). Hulle was gehoorsaam aan die Here (het na Hom geluister) - het Hom gevrees, geeer (ag gegee op Sy gebooie/Sy wil - het die Here se wil lief, het Hom opgeheerlik, voorgetrek). As hierdie nie gebeur by iemand wat tot geloof kom nie is dit onwaarskynlik dat daardie persoon opreg die Here dien/vrees/eer.  

DIE WAT DIE HERE VREES WORD O.A. GESIEN SOOS "VERSTANDIGES"! - (Spr. 1:7 - "Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug");(Psa 111:10 - "Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het ‘n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid"). Maar die wat wysheid en tug verag/die wat Hom nie vrees nie, word in Spr. 1:7 voorgestel soos "sotte"... - Rom. 1 skets ook vir ons hierdie prentjie.  Dit is duidelik dat die wat lief is vir dit wat sleg is, eer nie die Here nie... Die Here wil nie he dat ons oor allerhande dinge bang moet wees nie, bv. wat ons sal eet of aantrek, of selfs vir die wat die liggaam kan doodmaak nie, maar as daar iemand is vir wie ons moet vrees is dit vir Hom! (daar is niemand soos Hy nie, die Een wat by magte is om jou te red of te verderf, ons Skepper-die Een wat alles geskep het inkluisend jou, wat die sand gestel het as grens vir die see, wat reen en oes gee, ens...)(Openb. 14:7; 15:4; Jer. 5:22-24; 10:6,7). Hy moet gevrees en geeer word  -  (Luk 12:4,5 - "En Ek sê vir julle, my vriende: Moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak en daarna niks meer kan doen nie; maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak het, by magte is om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!")(Luk. 12:22-34; Matt. 10:28). Spr. 14:26,27 leer vir ons dat in die vrees van die HERE lê ‘n sterk sekerheid - die HERE is ‘n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk...  Kom ons wees verstandig!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat beteken dit "om te eer"?:

Ons het bo gesien dat die begrip "eer" gaan hand in hand met "vrees", en sal ook hier die verband sien tussen "gehoorsaamheid" en "eer". In Hebreeus en Grieks beteken die woord "eer" om voor te plaas/trek, op te heerlik/verheerlik, te respekteer, waarde te heg aan,  trots wees op, ens.  Maar wanneer respek (vrees) ontbreek sal iemand nie wil voorgetrek, opheerlik, guns bewys aan, of trots wees op daardie persoon nie. 'n Kind wat bv. nie sy ouers vrees nie, sal hulle nie eer nie.  

'n Goeie vb. waar hierdie verband gesien kan word in die Skrif, is waar ons beide beveel word om ouers te EER asook te VREES (Lev. 19:32; Matt. 15:4; 19:19; Eks. 20:12)(Lev. 19:3)  - sien dus die konneksie tussen "gehoorsaamheid" en "eer". IN ANDER WOORDE, IEMAND WAT NIE VREES (bang, respek) HET NIE, SAL NIE EER NIE;  

EN IEMAND WAT NIE EER (voorplaas, opheerlik, trots op, ens.) NIE, SAL NIE GEHOORSAAM WEES NIE...  

Ongehoorsaamheid word gewoonlik toegeskryf aan veral hierdie 2 dinge:

(1) die persoon het geen vrees nie/het nie respek nie;

(2) en omdat hy nie vrees het nie, eer hy nie die een aan wie eer toekom nie... (ongehoorsaamheid, en waar eer ontbreek, is dus tekens dat iemand nie vrees het nie).

Skrifte oor "eer":

- (Lev 19:32) "Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer  (Hebr " woord haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voortrek, op te heerlik, ens.); en jy moet jou God vrees (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,). Ek is die HERE".

(Lev 19:3)  Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees (Hebr. woord " yaw-ray' ", wat beteken om bang te wees vir, angstig, respekteer,), en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.

- (Mat 15:4)  Want God het bevel gegee en gesê: Eer (Gr. woord " tim-ah'-o ", wat verwys na respek, en beteken "heg waarde aan, eer") jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.

- (Mat 19:19)  eer (Gr. woord " tim-ah'-o ") jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

- (Exo 20:12)  Eer (Hebr. woord " kaw-bad, kaw-bade' ", wat verwys na "hoeveel" eer, bv. beteken "oorvloedig wees met" (eer), bv. trots wees op, spog, "verheerlik"/opheerlik, ens.) jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.

- (Lev 19:3)  Elkeen moet sy moeder en sy vader vrees (Hebr. woord " yaw-ray' "), en my sabbatte hou. Ek is die HERE julle God.


Ouers en oumense moet geeer word - skrifte:

- (Lev 19:32)  Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van ‘n grysaard eer (Hebr " woord haw-dar' ", wat verwys na guns of trots, en beteken "om voor te plaas of voortrek, op te heerlik, ens.); en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.

- (Spr. 23:22)  Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.

- (Ef. 6:1-3)  Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam (Gr. woord " hoop-ak-oo'-o ", wat beteken om "ag te gee" of "om te gehoorsaam") wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder—dit is die eerste gebod met ‘n belofte sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. (KYK HOE "GEHOORSAAMHEID" EN "EER" SAAM IN HIERDIE SKRIF GEBRUIK WORD).

LET WEL DAT DIE GEBOD "EER JOU VADER EN JOU MOEDER" GEKOPPEL IS AAN 'N BELOFTE. Natuurlik kan "'n kort lewe" nie altyd toegeskryf word aan waar eer vir ouers ontbreek nie, maar as kinders nie hulle ouers eer nie kan hulle ook nie verwag dat dit met hulle sal goedgaan en hulle sal lank lewe op die aarde nie... 

Geen opmerkings nie: