Saterdag, 11 Januarie 2014

Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie....

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wat-dit-beteken-om-goed-te-doen.html
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/afgodsdiens-in-die-kerk.html
-  http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/ken-jy-hom-werklik.html

-----------------------------------------------------------------
(Mat 9:10)  En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan.
(Mat 9:11)  En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars?
(Mat 9:12)  Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.
(Mat 9:13)  Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
========================================================================
Dit is duidelik dat die Fariseers nie regtig hierdie begrip verstaan het nie.  Jesus moedig hulle aan in v. 13:  
GAAN LEER WAT DIT BETEKEN ...
===========================================================================

OPSOMMING:
(ROL AF VIR UITEENSETTING)

(1)  Die konteks waarin die woorde "Ek het 'n behae in liefde (barmhartigheid) en nie offerande nie" gebruik is, gaan daaroor dat iemand OFFERS vir die Here BRING, maar die barmhartigheid nalaat, en die kennis verwerp - dit hoort nie so te wees nie!
(2)  Inteendeel, deur barmhartigheid (deur "om te gee", "kompassie te wys" en "gunstig te wees teenoor iemand sonder dat hy dit noodwendig verdien") , is die swaarste deel v/d wet, en vervul eerder die wet.
(3) "Ek wil barmhartigheid he en nie offerande nie", was nie slegs 'n Nuwe Testamentiese begrip, asof Jesus die wet tot niet gemaak het nie!  Nee, Hy het eerder vir hulle gewys "hoe hulle die wet vervul", deur vir hulle die volle waarheid te bring, en insig te gee op hoe hulle die wet moet verstaan!  Dit beteken nie dat die nakom van die wet nie belangrik is nie, maar dat ons persepsie van hoe die wet vervul word, nie altyd reg is nie! 
(4)  die wet word VERVUL deurdat ons die Here liefhet.... en ons naaste liefhet... nie net bloot "deur die bring van offers" nie!  Alhoewel die wet van Moses "vervul" is, beteken dit nie dat die gelowige sonder wette nie!;  inteendeel beteken dit dat Jesus kom wys het "hoe die wet vervul word" (Hy't dit nie tot niet gemaak nie!, maar ("ten volle gepreek") vervul)
(5) Deur die "wil van die Vader" te doen, vervul ons die wet - deur Hom eerste lief te he, en ons naaste soos onsself... daarom is ek vir die wet dood om vir God te lewe, m.a.w. NIE GEHOORSAAM AAN DIE WET NIE, MAAR GEHOORSAAM AAN DIE HERE.
========================================================================
UITEENSETTING:

(1)  Daar is 'n soortgelyke vers in die profetiese boek van Hosea: (Hos 6:6 - "Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers") 

- alhoewel die woord "liefde" hier gebruik word in die Afrikaanse Bybel, is dit dieselfde woord wat gebruik word vir "barmhartigheid" (ditto woord in Hebreeus) - dit kon dus lui: "Ek het 'n behae in barmhartigheid en nie in offerande nie" - vgl. dit met bg. skrifgedeelte in Matt. 9:13 - daar beteken die woord "barmhartigheid", "kompassie", en gaan dit oor "omgee" en "gunstig wees teenoor ander mense", m.a.w. "liefde".

Maar kom ons kyk na die konteks van die skrif in Hos. 6:  
(Hos 6:1)  "Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind".(Hos 4:1)  "Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het ‘n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde ("mercy") en geen kennis van God in die land is nie".  IN HIERDIE GEDEELTE IS DIT DUIDELIK DAT GOD 'N PROBLEEM HET MET DIE KINDERS VAN ISRAEL, omdat hulle Hom nie vereer nie, hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak....selfs die land treur en kwyn weg a.g.v. hulle sondes;  hulle gaan te gronde weens 'n gebrek aan kennis.......  So, daar is GEEN TROU, GEEN BARMHARTIGHEID, EN GEEN KENNIS VAN GOD IN DIE LAND NIE... (v.1).  
Dus, die konteks waarin die woorde "Ek het 'n behae in liefde en nie offerande nie" gebruik is, was in die feit dat die volk OFFERS vir die Here BRING, maar die barmhartigheid nalaat, en die kennis verwerp!  Hulle dink dat hulle gehoorsaam is deur offers te bring, maar is eintlik ongehoorsaam - so, hulle bring eintlik "lee offers" aan die Here.
Vgl. dit met: (Mat 23:23)  "Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat".  Op dieselfde wyse het die Fariseers gedink die manier hoe hulle die Sabbat onderhou, was vir die Here welgevallig, maar dit was nie (Matt. 12), want die swaarste het hulle nagelaat, nl. "die reg en die BARMHARTIGHEID en die trou".  Op dieselfde wyse het die Jode gedink dit is vir die Here welgevallig as hulle geensins omgang het met iemand van 'n ander volk, of hulle besoek nie, maar hulle het die swaarste van die wet nagelaat:  "die reg en die BARMHARTIGHEID en die trou"   (vgl. dit met die "evangelie van vrede" en Petrus se woorde in Hand. 10:28 - "en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie").
==================================================
(2)  Die konteks in Matt. 9,  is "dat Hy nie gekom het om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering".  Die Fariseers kon nie verstaan hoe Jesus saam met tollenaars en sondaars kon eet nie.  Hy maak die volgende opmerking: "Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is" - daarmee se Hy dat die tollenaars en sondaars Sy barmhartigheid nodig het, en dat deur daardie barmhartigheid te bewys, Hy die "wet vervul". 
---------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  ONS VIND 'N ANDER SOORTGELYKE VB. IN MATT. 12:
(Mat 12:1)  In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet.
(Mat 12:2)  Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.
(Mat 12:3)  Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie—toe hy en die wat saam met hom was, honger gehad het—
(Mat 12:4)  hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
(Mat 12:5)  Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?
(Mat 12:6)  En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier.
(Mat 12:7)  Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;
(Mat 12:8)  want die Seun van die mens is Here óók van die sabbat.

In konteks het die Fariseers vir Jesus en Sy dissipels veroordeel as "skuldig" (omdat hulle die Sabbat ontheilig het), maar omdat hulle nie die barmhartigheid in ag geneem het nie, het dit tot gevolg gehad dat hulle "onskuldiges veroordeel het".  Daarmee verklaar Jesus dus dat die manier hoe die Fariseers verstaan het, wat dit beteken om die Sabbat te heilig, nie reg was nie.  Hy verklaar dus dat Sy dissipels eintlik onskuldig was!  

Weer-eens maak Hy dit duidelik dat die Fariseers nie die gesegde verstaan nie, "Ek wil barmhartigheid he en nie offerande nie".  Hierdie was nie 'n Nuwe Testamentiese begrip, en asof Jesus die wet tot niet gemaak het nie!  Nee, Hy het eerder vir hulle gewys "hoe hulle die wet vervul", deur vir hulle die volle waarheid te bring, en insig te gee op hoe hulle die wet moet verstaan! Iemand mag nie werk op die Sabbat nie, ja, maar as iemand honger het, help hom, want deur daardie barmhartigheid te betoon, vervul jy eintlik die wet!  As iemand hulp nodig het, gaan help hom - die barmhartigheid is belangriker as om bloot die wet te onderhou - deur daardie barmhartigheid te betoon, vervul jy die wet!  

Geen wonder Jesus se opmerking in Matt. 22:

(Mat 22:40)  Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

(Mat 22:37)  En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
(Mat 22:38)  Dit is die eerste en groot gebod.
(Mat 22:39)  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  - deur hierdie stelling is dit duidelik hoe belangrik Hy "barmhartigheid" ag; inteendeel word die wet VERVUL deurdat ons die Here liefhet.... en ons naaste liefhet... nie net deur bloot offers te bring nie! Dit beteken nie dat die nakom van die wet nie belangrik is nie, maar dat ons persepsie van hoe die wet vervul word, nie altyd reg is nie! 

====================================================

(4)   God gee om vir mense;  Hy gee om vir die wat honger het (al is dit op die Sabbat); Hy gee om vir die sondaars, om hulle tot bekering te roep (al word daar van die regverdiges verwag om hulle eenkant te hou van die onregverdiges).  IN DAARDIE SIN IS DIE BLOTE ONDERHOUDING VAN DIE WET SELF, NIE BELANGRIKER AS BARMHARTIGHEID NIE!  - inteendeel, barmhartigheid vervul daardie wet!!! DIE MANIER VAN HOE "DIE WET" vervul WORD, IS DUS ANDERS AS DIE MANIER HOE DIE FARISEERS DIT VERSTAAN HET! 

------------------------------
*  (Luk 10:25)  En daar het ‘n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?
(Luk 10:26)  En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?
(Luk 10:27)  En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
(Luk 10:28)  Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.
(Luk 10:29)  Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?................. (LEES VERDER, DIE GELYKENIS V/D BARMHARTIGE SAMARITAAN).
Dit is duidelik dat hy gekies het aan wie hy barmhartig wil wees.  Hy het tog die belangrikheid van barmhartigheid verstaan, maar nie die volle konsep verstaan nie!, in die sin van dat ons "AAN ALMAL" barmhartig moet wees, nie net aan sekere mense nie - in daardie sin moet almal "guns in ons oe vind", al verdien hulle dit nie - net soos ons ook nie "guns" verdien nie, maar die Here dit aan ons bewys (deur genade).    Ook in hierdie gedeelte maak Jesus nie die wette tot niet nie, maar bring die volle waarheid daaroor.
-------------------------------------------------

*  Kyk ook na hoe Hy barmhartigheid bewys het aan die vrou wat in egbreuk betrap is, Joh. 8:3-11 - (Joh 8:5)  "en Moses het ons in die wet bevel gegee om sulke vroue te stenig; maar U, wat sê U?..........(Joh 8:11)  En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie". (NS: alhoewel Jesus aan haar barmhartigheid bewys het, let op Sy woorde: "gaan heen EN SONDIG NIE MEER NIE").
 Alhoewel die wet van Moses "vervul" is, is die gelowige nie sonder wette nie!- sommige dink dat die gelowige nie onderwerp is aan enige wette nie, maar Jesus het eerder kom wys "hoe die wet vervul word" (Hy't dit nie tot niet gemaak nie!, maar vervul ("ten volle gepreek"))


(Mat 23:23)  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
========================================================================

(5)  Die wet en profete was steeds voorgelees in die eerste gemeentes (kyk bv. Hand. 13:15), maar die manier hoe die wet onderhou is, is nie bloot om "die wette te onderhou nie" (nie bloot 'n offer nie), maar dit gaan oor BARMHARTIGHEID, REGTE OORDEEL, EN OOR "ONDERWERPING AAN DIE HERE SE WIL" (dan word die wet "vervul"). 
Die onderhouding van wette ("gehoorsaamheid"/"om die wil van die Vader te doen"), gaan nie oor "om geregverdig te word" nie, maar gaan oor "om te dien"
Jesus het bv. die volgende stelling gemaak: (Mat 7:12)  "Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete".
 "Werke" in die N.T. verwys veral na "om die wil van die Vader te doen".  Wette word nie gegee "om saligheid te verwerf nie"/ om "kinders van die koninkryk te word nie", maar dit word gegee aan die wat REEDS as "KINDERS VAN DIE KONINKRYK" gesien word! -(word gegee sodat die gelowige "kan dien"). 

(Gal 2:19)  want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe.

Geen opmerkings nie: