HIERDIE POS IS 'N KORTER OPSOMMING VAN DIE POS GETITELD,
"Is daar regtig iets soos vloeke?". Vir meer skrifte, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-daar-regtig-iets-soos-vloeke.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
* Die woorde "vloek/e, vervloek en vervloeking", kom in totaal sowat 168 keer in die Bybel voor, waarvan meeste in die Ou Testament, en het verskillende betekenisse in die verskillende skrifte.
IN SEKERE SKRIFTE BETEKEN DIT:
(1) "Om iemand te vloek"; (dus, nie "om 'n vloek op iemand te sit nie", maar eerder "verwensing deur kwaadspreek") (in hierdie geval gaan dit oor mense wat ander mense "vervloek")(dit is verkeerd om kwaad te spreek, of om iemand te vloek)
IN MEESTE SKRIFTE GAAN DIT OOR:
(2) "Om 'n vloek op iemand te sit", of dat iemand 'n "verafskuwing" is, bv.:
-(a) in meeste gevalle is dit waar DIE HERE MENSE VERVLOEK HET;
-(b) enkele gevalle waar Joodse ouers vloeke oor kinders uitgespreek het, deur die wil van die Here gedryf, deur profesie - l.w. asof die Here die persoon vervloek;
-(c) gevalle in die N.T. waar valse leraars/valse profete/ongelowiges/goddeloses en afvalliges "vervloektes" genoem word - (ook eintlik gevalle waar "die Here mense vervloek).
Vloeke was altyd "AS GEVOLG VAN SONDE", m.a.w. geen vloek was op enige onskuldige geplaas nie en geen mens betaal vir iemand anders se sonde nie. Bv., God het die slang vervloek (omdat die slang gesondig het); Hy het vir Kain vervloek (omdat Kain gesondig het); Hy vervloek die wat hulle pa en ma vloek (omdat hulle sondig - Deut. 27:16); Hy vervloek die wat afgode aanbid (omdat hulle sondig teen Hom- Deut. 27:15)... Ook in gevalle waar vloeke deur ouers uitgespreek is, was dit a.g.v. die kinders se "eie sondes". Elkeen wat nie instaat was om die wet te onderhou nie, het onder die vloek van die wet geval. Die wetboek was 'n boek van seëninge en vervloekinge (Deut. 30:1; 30:19)- "vervloek" was elkeen wat nie die wet onderhou het nie.
Daarom, die wat vervloek is, was dus die wat:
(1) ongehoorsaam was en
(2) nie die gebooie van die Here gehou het nie of
(3) die wat nie hulle hoop in die Here geplaas het nie.
Dus: telkens waar ons lees van "vervloeking" in die O.T., is dit in verband met persone "wat in sonde gestap het" ( bv. Num. 5:21-27 van die vrou wat hoereer ens.) - niemand was instaat om die volle wet te onderhou nie; daarom het almal (wat die wet probeer hou) onder die vloek van die wet geval). Almal is basies vervloek (omdat almal sondig)(en vir die wat die wet probeer onderhou, het die sonde meer geword) - almal het vergifnis van sondes nodig om nie vervloek te word tot die ewige oordeel nie.
Let wel:
- VLOEKE WAS AS GEVOLG VAN SONDE; SONDE (daadsondes) WAS NIE A.G.V. VLOEKE NIE! Party mense gee die feit dat hulle in opsetlike sonde stap toe aan een of ander vloek wat op hulle lewens rus, maar as God die een is wat "vervloek", dan kan 'n vloek nooit "sonde self" wees nie, want God sal niemand "laat sondig" nie! ;
- As God self die een is wat die vloek op iemand plaas EN DIT IS SY WIL, dan kan die Christen nie die vloek breek nie (tensy die Here dit toelaat - die persoon moet tot bekering kom en vergifnis van sondes ontvang); JESUS IS DIE EEN WAT SONDES VERGEWE, en dan kan ons vergewe...
- Daar is geen geval in die Bybel van waar enigiemand siek was a.g.v. 'n voorvader se sonde nie (alhoewel baie dit geglo het), maar wel vb.e van siekte a.g.v. EIE SONDE (alhoewel ons moet verstaan dat nie alle siektes is a.g.v. sonde nie).
- 'n Ongelowige kan nie 'n vloek op 'n ware gelowige plaas nie: (Toe Goliat vir Dawid by sy gode vervloek, het sy vervloeking geen mag gehad op Dawid nie, omdat Dawid sy vertroue in die Here geplaas het en die Here geken het. Ook, toe Balak wou he dat Bileam die Israeliete vervloek, het God sy vloek in 'n seen verander, omdat die volk deur God geseen was)(Jes. 54:17)(Luk. 6:28 - Jesus het selfs geleer dat ons die moet seen wat vir ons vervloek, nie om vreesagtig te wees vir 'n vloek wat a.g.v. hulle miskien op jou lewe kan rus nie, maar wens eerder net die beste vir hulle toe, al wens hulle vir jou die slegte toe).
========================================================================
Wat het hierdie te doen met die vloek van die wet?
Dit wat vloeke veroorsaak, verwys basies na sonde - "nie die wil van die Here doen nie" (alhoewel nie alle sonde vloeke veroorsaak nie). Die wetboek was nie net 'n boek van seeninge nie, maar ook van vloeke, nl. dat die wat dit nie onderhou nie onder "die vloek van die wet" kom (Gal. 3:10), en waarna verwys hierdie "vloek"?
IN JESUS CHRISTUS WORD ONS "SONDES VERGEWE" EN WORD ONS "VRYGEMAAK VAN DIE VLOEK VAN DIE WET" (Gal. 3:13; Jos. 8:34; Dan. 9:11)(sodat ons nie vervloek word of in die ewige oordeel val nie). Maar hierdie "genade" sluit nie almal in nie! (anders sou niemand bv. nodig gehad he om tot bekering of weergeboorte te kom nie). Vir gelowiges wat onder vloek gekom het omdat hulle die wet van die Here oortree, is daar vergifnis in Jesus Christus. En sou iemand tot geloof kom maar steeds ongehoorsaam wees (m.a.w. "net die geloof he, maar nie die werke nie"), dan kan hy nie verwag dat hy nie vervloek sal word nie - "genade" is van toepassing op gelowiges, nie goddeloses nie!:
(1) Die wat nie Sy wil doen nie, word bv. steeds gesien as "die wat nie Sy gebooie hou nie", en sal steeds vervloek word! (Matt. 7:21)
(2) Die wat nie die nodige vrug dra nie, word steeds as die ongehoorsames gesien, en sal vervloek word! (Joh. 15:2)
(3) Die wat nie die Here as eerste Liefde ken nie, en nie die Here eerste soek nie, word steeds gesien as die wat nie hulle hoop in die Here sit nie, en sal vervloek word!)(Openb. 2:4)(Matt. 10:39)...
(- vgl. dit met wie die vervloektes is in die N.T., nl. valse leraars, valse profete, ongelowiges, die goddeloses, die wat nog onder die wet lewe en die afvalliges).
(4) Die wat steeds onder die wet van Moses lewe - niemand kan dit onderhou nie, wat beteken dat hulle almal onder die vloek van die wet val (Gal. 3:10), en het dus die Redder nodig - anders sal hulle vervloek word.
In die Nuwe Testament, verwys vloeke in meeste skrifte na "verwensing", maar waar dit praat van "vervloektes" of "die kinders van vervloeking", verwys dit na persone wat veroordeel is vir sonde. Weer-eens, wys dit in sulke gevalle na
"DIE HERE WAT VERVLOEK" (nie blote verwensing deur mense nie).
Neem kennis dat die oorgrote meerderheid van voorbeelde in die Bybel rondom vloeke,
dus vloeke is wat
DIE HERE OP MENSE GEPLAAS HET:
In hierdie geval kan 'n "vloek" gesien word as "tugtiging", straf, miskien 'n maatstaf waarin die Here mense dwing om na Hom terug te kom. Net die Here self het die mag om vloeke te breek wat Hy uitgespreek het. Iemand wat in Christus is is bv. vrygekoop van die "vloek van die wet" en sy "sondes is vergewe" - hy hoef nie te wonder watter vloeke op sy lewe rus nie. Maar as die Here iemand vervloek, kan niemand die vloek verbreek nie, behalwe die Here self. En as die Here besluit om iemand te tugtig (en iemand dit as 'n vloek wil sien), dan is dit ook net die Here wat hierdie vloek kan wegneem!
Wat die "vloek van die wet" aanbetref, het Jesus Christus vir ons die "vloek" geraak aan die kruis. (Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is").
* Selfs in gevalle waar gelowige vaders in die O.T. vloeke oor hulle seuns uitgespreek het, was dit deur die "wil van die Here" (en let wel, a.g.v. die kind se EIE SONDE) - sou daardie kind egter berou he en vergifnis vra, dan is dit ook in die Here se hande om te vergewe en sy lot te verander.
==========================================================================
NIE ALLE LEERSTELLINGS OOR "VLOEKE" VERKONDIG DIE WAARHEID NIE:
Daar is baie leerstellings vandag oor vloeke (meer bekend in sommige Christelike kerke as "bloedlynvloeke"), MAAR daar is eintlik net een geval in die Bybel wat moontlik kan deurgaan as 'n "bloedlynvloek", nl. die "erfsmet" (soos geleerdes dit noem), wat deur die bloed van Adam tot die hele mensdom oorgegaan het - "vleeslik, verkoop onder die sonde" (Rom. 7:14). Dit gese, is daar sonde wat besoek word tot aan die 3de en 4de geslag, maar dit word slegs besoek aan kinders wat die Here haat!, en kan dus nie noodwendig gesien word as 'n (bloedlyn)vloek nie, want dan sou almal in die bloedlyn daaronder lei; alhoewel, daar mag miskien redeneer dat die vloek/straf in die bloedlyn oorgedra word spesifiek aan die wat dieselfde sonde doen (tot aan die 3de en 4de geslag) en dit vir daardie persone 'n bloedlynvloek is - en dan tereg, maar het ons mag om dit bloot te vergewe? (kyk gerus o.a. in op die tema van bloedskuld). Ten eerste het ons beslis NIE die mag om te vergewe as die persoon nie eers tot bekering kom nie! - en dit bring ons by die punt dat geloof in Jesus Christus die ding is wat eerder gepreek moet word as om vloeke te soek.
"Bloedlynvloek-leringe is nie iets wat in die eerste kerke beoefen is nie: Wat die "vloek vd wet" aanbetref, sal dit Paulus se stelling in Gal. 3 nietig maak as ons ons gedra soos mense wat steeds onder vloek is, terwyl Christus ons losgekoop het vd vloek vd wet! (Gal. 3:10-13). Die persoon wat hom ophou met hierdie leringe, voel of hy nooit vrykom van "vloeke" nie en ervaar nie die volkome vrymaking in Jesus Christus nie. En terloops, baie van hierdie leringe beweeg Christene glad nie om hulle te oefen in die godsaligheid nie, maar eerder om iets anders skuld te gee vir hulle eie daadsondes.
Die mens moet self aanhoudende sondes afle, gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus en homself onderwerp aan die gesag van die Here. Om slegs 'n "vloek op iemand se lewe sg. te breek", het tot gevolg dat daardie persoon geen verantwoordelikheid neem vir sy eie sonde nie en is dieselfde as die fout wat Adam gemaak het, deur Eva skuld te gee vir sy daadsonde. En in elk geval word daar nerens vir ons 'n vb. gegee in die Skrif van "vloeke breek op mense se lewens nie". As die Here iemand vervloek, laat Hy dan besluit of Hy die persoon wil vryspreek of nie!
Wat ons wel moet verkondig, is dat daar vrymaking is in Christus Jesus, vir die wat hulle bekeer van dooie werke en sonde, en glo in die Here Jesus Christus - ja, volkome vrymaking! So iemand kry vrymaking deur die Here self. As ons bv. kyk na 'n geval waar iemand siek is a.g.v. sonde (en dit soos 'n vervloeking gesien kan word, omdat siekte somtyds is a.g.v. sonde; maar l.w. dat siekte nie altyd is a.g.v. sonde nie...), kan so iemand slegs gesond word as hy hom bekeer van daardie sonde - "dit is nie 'n vloek wat sg. op sy lewe rus en verbreek moet word nie", maar hy het bekering nodig (om daardie rede moet ons terloops nie vir iemand haastig die hande ople nie -1 Tim. 5:22 - gaan lees hierdie in konteks, dit gaan oor die wat in opsetlike sonde stap!). Dus, waar 'n gelowige in die mag van die Here optree en vir iemand bid vir genesing, is dit bedoel vir daardie persoon wat regmaak met die Here, en dit gaan oor wat die Here wil doen, nie wat die Christen wil doen nie (daarom handel 1 Tim. 5:22 ook oor "dat ons nie partydig moet wees nie" - kyk v.21). Dit gaan nie oor 'n sg. mag wat die Christen ontvang het nie, maar is alles onderwerp aan gehoorsaamheid aan die Here. Ook in die geval waar iemand 'n bose gees op hom het (en dit soos 'n vloek gesien kan word - kyk maar bv. die geval van koning Saul) (en let wel, a.g.v. sy eie sonde, nie wat hy deur 'n bloedlyn ontvang het nie), kan die Here die Christen gebruik om dit uit te dryf, maar daardie persoon moet ook eers regmaak met die Here - hy moet homself kom onderwerp aan die Here. Dit is dus nie 'n outoriteit wat die Christen besit om "vloeke te breek soos hulle wil nie", maar die Christen is bloot gehoorsaam aan die opdrag van die Here (soos Hy wil, nie soos ons wil nie)(nie om menslike leerstellings te verkondig en daarvolgens op te tree nie) - die Here is die Een wat besluit om 'n vloek terug te trek, of nie. Hy besluit ook wie Hy wil vrymaak van die vloek van die wet - en Hy weet wie die is wat hulle regtig bekeer het en in Hom glo. Hy weet wie die opregtes is, en Hy besluit wanneer/wie Hy wil vrymaak. Hy besluit wie Hy wil genees. Hy besluit wie Hy wil vrymaak van bose geeste. Waar Christene begin om hulleself voor te stel met mag en krag, gaan dit nie meer oor die Here se wil nie.
\
Laat die Here dan iemand vrymaak, as Hy wil ...
(Gal 3:10) "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".
(Gal 3:13) "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"
(Joh 8:36) - "As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees"
(Rom 5:18) Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
========================================================================
Voorbeelde uit die Skrif:
WANNEER DIT KOM BY DIE STUDIE VAN VLOEKE, IS DIT MISKIEN BELANGRIK OM 'N PAAR SPESIFIEKE VRAE TE VRA EN TE BEANTWOORD, ASOOK OM TE KYK SPESIFIEK WAT DIE N.T. LEER OOR HIERDIE ONDERWERP. Wat die NT aanbetref waar "vloeke" bespreek word (en ons is terloops in die Nuwe Testament!), is daar geen spesifieke verwysing na vloeke wat ontvang is weens voorouers se sonde nie... (of is dit omdat ons net nie verstaan wat presies as vloeke gesien word nie?). Ons merk geen "lys van vloeke" waarteen die dissipels, of Jesus, die mense gewaarsku het van wat moontlik op hulle lewens kan rus nie (of is sekere dinge nooit gese nie omdat hulle meer kennis gehad het as ons?). Daar is ook geen skrif in die N.T. waar hulle spesifiek 'n vloek op iemand se lewe "breek" nie (dit gese word baie dinge deur kerke gesien as "vloeke", bv. 'n bose gees in iemand word somtyds gesien as 'n vloek, siekte word somtyds gesien as 'n vloek, ens., maar die vraag is of hierdie inderdaad die "vloeke" is waarna verwys word in die O.T.?). WAT WORD MET 'N VLOEK OF VERVLOEKING BEDOEL? - is dit bloot een of ander spesifieke soort straf, of verwys dit daarna dat so iemand nie die ewige lewe sal beerf nie? EN WAS DAAR OFFERS IN DIE O.A. WAT VIR HIERDIE VLOEKE KON BETAAL? As bloedskuld bv. gesien kan word as 'n vloek, weet ons dat daar in die O.T. geen offer was wat daarvoor kon betaal nie (tensy die persoon met sy eie lewe betaal het, of dit was deur 'n kleinkind wat ook 'n sondaar was, betaal).
In die N.T. is ons van mening dat Jesus Christus enige sonde kan vergewe (ook vloeke kan breek/Gal. 3:10-13), behalwe "lastering teen die Heilige Gees" (Hy sal dit nie vergewe nie, nie in hierdie bedeling nie, en ook nie in die volgende bedeling nie - daar is geen offer wat vir lastering teen die Heilige Gees kan betaal nie).
Kom ons kyk na 'n paar N.T. skrifte wat vir ons meer lig kan werp op die woor/e vloek, vervloek, vervloektes:
* (Mat 15:4) - "Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe". (ook Mark. 7:10)
-"vloek" in hierdie skrif, beteken "kwaadpraat om te vervloek". Vgl. dit met 'n skrif in die O.T. waar kinders vervloek is as hulle hulle ouers verag (Deut. 27:16 - "Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen").
* (Gal 3:10) - "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".
- "vloek" in hierdie skrifgedeelte, beteken "verwensing, verafsku" en spreek van die "onder die wet" (van Moses).
* (Gal 3:13) - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"
- "vloek" in hierdie skrif beteken ook "verwensing of verafskuwing" en spreek van die feit dat Christus vir ons daardie vloek geword het aan die kruis sodat ons nie meer onder die wet is nie.
Kom ons kyk na nog Nuwe Testamentiese skrifte: nl.("vervloeking"):
* (2Pe 2:14) - "met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking".
- Wie is die "vervloektes" in die skrifgedeelte - konteks? = valse leraars/valse profete (v.1)
* (Rom 3:14) - "Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid".
- Wie? = die sondaars (die woord "vervloeking" in die skrifgedeelte, beteken "verwensing").
* (Hand. 23:14) - "Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie".
- Wie? 'n Klompie Jode wat hulself "verwens" het (konteks: iets wat aan God gewy word tot verwoesting).
- Kyk ook: Rom. 9:3; 1 Kor. 12:3; 16:22 en Gal. 1:8,9; Mark. 14:71.
* (Heb 6:8) - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding".
- Wie? die Afvalliges. (verwensing; gruwel; verafskuwing)
* (Jak. 3:10) - "Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie".
- in Konteks gaan dit oor "om iemand anders te vervloek" - (verwensing) - (wat het Jesus gesê moet ons doen wanneer iemand ons vervloek? = Luk 6:28 - "Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig".
* (Matt 25:40) - "En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen".
- Wie? -die onregverdiges. (verwens, verdoem)
* (Mark 11:21) - "En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog".
* (Rom 12:14) - "seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie"
* (Jak 3:9) Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
Skrifte wat somtyds uit konteks geneem of verkeerd verstaan word:
* (Eks. 20:5) - "Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat" (kyk ook Eks. 34:7).
Hierdie skrifte word graag gebruik om die konsep van "vloeke tot die derde en vierde geslag" te staaf, m.a.w., baie maak hier die afleiding dat 'n vloek tot op die derde en vierde geslag kan rus op iemand se lewe a.g.v. 'n voorouer se sonde, MAAR IS DIT REGTIG WAT DIE HERE BEDOEL HET HIER? Wanneer ons bv. die skrifgedeelte in konteks gaan lees, gaan dit oor die wat:
-die wet oortree en; -die wat afgode aanbid. Let gerus op die woorde "die misdaad besoek", m.a.w. kinders wat in die sondes van hulle vaders voortstap; let ook op die woorde "van die wat My haat". Dit spreek definitief nie van 'n nageslag wat lief is vir die Here en in opregtheid stap nie! (Kyk ook Deut. 5:9).
Ons kan die teendeel sien in 2 Kron. 28-35, wat bewys dat, sou iemand nie meer in die sonde van sy vader stap nie, al is hy ook in die derde of vierde geslag, hy definitief nie vervloek is deur die Here nie! -Agas was die vader van die godvresende Hiskia; Hiskia se kind en kleinkinders, Manasse en Amon, was afgodsaanbidders, maar Amon se seun, Josia, het die Here gedien en het leiding geneem in 'n groot herlewing in Israel - Al was sy eie vader 'n afgodsaanbidder, was hy geseen deur die Here!
"DIE VADERS MAG NIE VIR DIE KINDERS, EN DIE KINDERS MAG NIE VIR DIE VADERS GEDOOD WORD NIE; ELKEEN MOET VIR SY EIE SONDE GEDOOD WORD" - (Deut. 24:16).
Num. 16:1-50 is 'n voorbeeld van waar dit wil lyk of selfs die vrouens en kindertjies vir die pa's se sondes betaal het, maar in die betrokke skrifgedeelte is dit duidelik dat al "die skuldiges" omgekom het, asook die wat "saam met die skuldiges gestaan het". Wat ons moet raaksien is dat God wel vir die onskuldiges 'n kans gegee het om weg te kom!!! Gaan lees gerus die hele gedeelte - (Num 16:26 "Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie" - Dus, die vroue en die kinders het die keuse gehad om weg te kom om nie onder die manne se "straf" te val nie. (Vgl. dit ook met die geval in die boek van Openb. waar geprofeteer word oor die val van Babilon en die volk opdrag gegee word om "uit haar uit te gaan: (Openb. 18:4 - "sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie").
Ons moet versigtig wees om skrifte soos Eks. 20:5 en 34:7 uit konteks te neem en leerstellings daarop te bou wat nie skriftuurlik is nie, want as iemand dan nou wil voorgee dat iemand vervloek is, selfs tot die derde en vierde geslag, a.g.v. van 'n vader se sonde (ten spyte van of hy geregtig is of nie!), wat moet ons dan se van Deut. 7:9 ??? - "Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte" - tog sekerlik praat dit nie hier van geslagte wat ongeregtigheid kies nie! So dus, net soos ons hierdie skrif nie uit konteks wil neem nie, moet ons ook nie Eks. 20:5 uit konteks neem nie! Natuurlik het kultuur en sekere gewoontes baie daarmee te doen, soos bv. kinders wat afgode aanbid omdat hulle ouers dit gedoen het en hulle so groot geword het... - dit beteken dan nie dat die kinders afgode aanbid a.g.v. 'n bloedlynvloek nie, maar dat hulle self kies om afgode te aanbid! Dit beteken ook nie dat hulle vervloek is a.g.v. die feit dat hulle ouers afgode aanbid het nie, maar omdat hulle self in sonde stap.
Volgens Lam. 5:7 was daar geglo dat kinders vir hulle vaders se sondes betaal -(Lam 5:7-"Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede"). Die Here stel dit egter duidelik in Es.18:1-20 dat Hy SPREEKWOORDE VAN SO 'N AARD SAL UITWIS! -(Ese 18:2-9). Kinders betaal/boet vir hulle eie sondes, nie vir vaders se sondes nie!
ANDER VOORBEELDE VAN VERVLOEKING:
Finale vloek - (Jes. 24:5,6) - (kyk ook Jer. 23:10 - sonde veroorsaak vloek op die aarde / kyk ook aarde vervloek na adam sondeval, so ook met die sondeval - kyk na sondeval) (Gen 8:21) ( Rom. 8:19-23)
Geen vloek meer met nuwe hemel en aarde:
(Openb. 22:3) - "En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien".
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking