Wys tans plasings met die etiket sogenaamde bloedlynvloeke. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket sogenaamde bloedlynvloeke. Wys alle plasings

Dinsdag 07 Januarie 2014

Vloeke

HIERDIE BLOGPOST IS 'N KORTER OPSOMMING VAN DIE BLOGPOST GETITELD, 
"Is daar regtig iets soos vloeke?".  Daarom, vir meer skrifgedeeltes, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-daar-regtig-iets-soos-vloeke.html
=================================================================
Volgens die tema van "vloeke" in die Bybel, kan ons hierdie kort opsomming maak:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

* Die woorde "vloek/e, vervloek en vervloeking", kom in totaal sowat 168 keer in die Bybel voor, waarvan meeste in die Ou Testament, en het verskillende betekenisse in die verskillende skrifte.

IN SEKERE SKRIFTE BETEKEN DIT:
(1)  "Om iemand te vloek";   (dus,  nie "om 'n vloek op iemand te sit nie", maar eerder "verwensing deur kwaadspreek") (in hierdie geval gaan dit oor mense wat ander mense "vervloek")(dit is verkeerd om kwaad te spreek, of om iemand te vloek)

IN MEESTE SKRIFTE GAAN DIT OOR:
(2)  "Om 'n vloek op iemand te sit", of dat iemand 'n "verafskuwing" is, bv.: 
-(a) in meeste gevalle is dit waar DIE HERE MENSE VERVLOEK HET;  
-(b) enkele gevalle waar Joodse ouers vloeke oor kinders uitgespreek het, deur die wil van die Here gedryf, deur profesie - l.w. asof die Here die persoon vervloek;  
-(c) gevalle in die N.T. waar  valse leraars/valse profete/ongelowiges/goddeloses en afvalliges "vervloektes" genoem word - (ook eintlik gevalle waar "die Here mense vervloek).

Vloeke was altyd "AS GEVOLG VAN SONDE", m.a.w. geen vloek was op enige onskuldige geplaas nie en geen mens betaal vir iemand anders se sonde nie. Bv., God het die slang vervloek (omdat die slang gesondig het);  Hy het vir Kain vervloek (omdat Kain gesondig het); Hy vervloek die wat hulle pa en ma vloek (omdat hulle sondig - Deut. 27:16);  Hy vervloek die wat afgode aanbid (omdat hulle sondig teen Hom- Deut. 27:15)...  Ook in gevalle waar vloeke deur ouers uitgespreek is, was dit a.g.v. die kinders se "eie sondes". 
Daarom, die wat vervloek is, was dus die wat: 
(1)  ongehoorsaam was en 
(2)  nie die gebooie van die Here gehou het nie of 
(3)  die wat nie hulle hoop in die Here geplaas het nie... 

Elkeen wat nie instaat was om die wet te onderhou nie, het onder die vloek van die wet geval! Die wetboek was 'n boek van seëninge  en  vervloekinge  (Deut. 30:1; 30:19)- "vervloek" was elkeen wat nie die wet onderhou het nie!
Dus:  telkens waar ons lees van "vervloeking" in die O.T., is dit in verband met persone "wat in sonde gestap het" ( bv. Num. 5:21-27 van die vrou wat hoereer ens.) - en niemand was instaat om die volle wet te onderhou nie;  daarom het almal (wat die wet probeer hou) onder die vloek van die wet geval.  Almal is basies vervloek (omdat almal sondig)(en vir die wat die wet probeer onderhou, het die sonde meer geword) - almal het vergifnis van sondes nodig om nie vervloek te word tot die ewige oordeel nie.  

Let wel: 
- VLOEKE WAS AS GEVOLG VAN SONDE;   SONDE (daadsondes) WAS NIE A.G.V. VLOEKE NIE! Party mense gee die feit dat hulle in opsetlike sonde stap, toe aan een of ander vloek wat op hulle lewens rus, maar as God die een is wat "vervloek", dan kan 'n vloek nooit "sonde self" wees nie, want God sal niemand "laat sondig" nie! ;
-   As God self die een is wat die vloek op iemand plaas, EN DIT IS SY WIL, dan kan die Christen nie die vloek verbreek nie  (die persoon moet tot bekering kom en vergifnis van sondes ontvang)- JESUS IS DIE EEN WAT SONDES VERGEWE.
- Daar is geen geval in die Bybel van waar enigiemand siek was a.g.v. 'n voorvader se sonde nie (maar wel vb.e van siekte a.g.v. EIE SONDE, alhoewel nie alle siektes is a.g.v. sonde nie!)
- 'n Ongelowige kan nie 'n vloek op 'n ware gelowige plaas nie:   (Toe Goliat vir Dawid by sy gode vervloek, het sy vervloeking geen mag gehad op Dawid nie, omdat Dawid sy vertroue in die Here geplaas het en die Here geken het.  Ook, toe Balak wou he dat Bileam die Israeliete vervloek, het God sy vloek in 'n seen verander, omdat die volk deur God geseen was)(Jes. 54:17)(Luk. 6:28 - seen die wat julle vervloek...).
========================================================================
IN JESUS CHRISTUS WORD ONS "SONDES VERGEWE" EN WORD ONS "VRYGEMAAK VAN DIE VLOEK VAN DIE WET" (sodat ons nie vervloek word, of in die ewige oordeel val nie).  Maar hierdie "genade" sluit nie alle groepe in nie! (anders sou niemand nodig gehad het om tot wedergeboorte te kom nie!) - sou iemand egter tot geloof kom, en steeds ongehoorsaam wees (m.a.w. "net die geloof he, maar nie die werke nie"), dan kan hy nie verwag dat hy nie vervloek sal word nie.  "Genade" is van toepassing op gelowiges, nie goddeloses nie!:
  
(1) Die wat nie Sy wil doen nie, word steeds gesien as "die wat nie Sy gebooie hou nie", en sal steeds vervloek word! (Matt. 7:21) 
(2) Die wat nie die nodige vrug dra nie, word steeds as die ongehoorsames gesien, en sal steeds vervloek word! (Joh. 15:2)
(3) Die wat nie die Here as eerste Liefde ken nie, en meer besig is met die lewe as met die Here, word steeds gesien as die wat nie hulle hoop in die Here sit nie, en sal steeds vervloek word!)(Openb. 2:4)(Matt. 10:39)... 
(- vgl. dit met wie die vervloektes is in die N.T. - valse leraars, valse profete,  ongelowiges, die goddeloses, die wat nog onder die wet lewe en die afvalliges). En let wel dat "die wat nog onder die wet lewe" ook deel gaan uitmaak van die vervloektes, m.a.w. "die wat die werke het, maar nie die geloof nie".
(In die Nuwe Testament, verwys vloeke in meeste skrifte na "verwensing", maar waar dit praat van "vervloektes" of "die kinders van vervloeking", verwys dit na hierdie persone). Weer-eens, wys dit in sulke gevalle na 
"DIE HERE WAT VERVLOEK"
Neem kennis dat die oorgrote meerderheid van voorbeelde in die Bybel rondom vloeke,  
vloeke is wat 
DIE HERE OP MENSE GEPLAAS HET
 In hierdie gevalle, kan 'n "vloek" gesien word as "tugtiging" - 'n maatstaf waarin die Here mense dwing om na Hom terug te kom;  of andersins is dit soos 'n "straf", bv. in die geval van die vloek van die wet.  Net die Here self het die mag om vloeke te verbreek wat Hy uitgespreek het.  Iemand wat in Christus is, is bv. vrygekoop van die "vloek van die wet" en sy "sondes is vergewe" - hy  hoef nie te wonder watter vloeke op sy lewe rus nie!  Maar as die Here iemand vervloek, kan niemand die vloek verbreek nie, behalwe die Here self.  En as die Here besluit om iemand te tugtig (en iemand dit as 'n vloek wil sien), dan is dit ook net die Here wat hierdie vloek kan wegneem! 
Jesus Christus het vir ons die "vloek" geraak  aan die kruis. (Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is").  Daarom die belangrikheid van om "weer gebore" te word - Jesus stel dit duidelik in Joh. 3:5,6 - " Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie".  Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.  (Joh 14:17) - "die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees".
*  Selfs in gevalle waar gelowige vaders in die O.T. vloeke oor hulle seuns uitgespreek het, was dit deur die "wil van die Here" (en let wel, a.g.v. die kind se EIE  SONDE) - sou daardie kind egter berou he en vergifnis vra, dan is dit ook in die Here se hande om te vergewe en sy lot te verander! 
========================================================================
Daar is baie leerstellings vandag oor vloeke, meer bekend onder sekere Christelike kerke as "bloedlynvloeke", MAAR daar is eintlik net een geval in die Bybel wat moontlik kan deurgaan as 'n "bloedlynvloek", nl. die "erfsmet" (soos geleerdes dit noem),  wat deur die bloed van Adam tot die hele mensdom oorgegaan het - "vleeslik, verkoop onder die sonde" (Rom. 7:14). 
    
 "Bloedlynvloek-leringe, is nie iets wat in die eerste kerke beoefen is nie !  Dit sou ook Paulus se stelling in Gal. 3 nietig maak, dat Christus ons losgekoop het van die wet!   Die persoon wat hom ophou met hierdie leringe, voel of hy nooit vrykom van "vloeke" nie en ervaar nie die volkome vrymaking in Jesus Christus nie; en terloops, die lering beweeg Christene glad nie om hulle te oefen in die godsaligheid nie, maar eerder om iets anders skuld te gee vir hulle eie daadsondes! 

Die mens moet self aanhoudende sondes afle, gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus en homself onderwerp aan die gesag van die Here.  Om slegs 'n "vloek op iemand se lewe sg. te breek", het tot gevolg dat daardie persoon geen verantwoordelikheid neem vir sy eie sonde nie en is dieselfde as die fout wat Adam gemaak het, deur Eva skuld te gee vir sy daadsonde. En in elk geval word daar nerens vir ons 'n vb. gegee in die Skrif van "vloeke breek op mense se lewens nie"!  As die Here iemand vervloek, laat Hy dan besluit of Hy die persoon wil vryspreek of nie! Wat ons wel moet verkondig, is dat daar vrymaking is in Christus Jesus, vir die wat hulle bekeer van dooie werke, en glo in die Here Jesus Christus - ja, volkome vrymaking! - so iemand kry vrymaking deur die Here self! As ons bv. kyk na 'n geval waar iemand  siek is a.g.v. sonde (en dit soos 'n vervloeking gesien kan word, omdat siekte somtyds is a.g.v. sonde)(en l.w. dat siekte nie altyd is a.g.v. sonde nie), kan so iemand slegs gesond raak as hy hom bekeer - "dit is nie 'n vloek wat sg. op sy lewe rus en verbreek moet word nie!" (om daardie rede moet ons nie vir iemand haastig die hande ople nie! -1 Tim. 5:22 - gaan lees hierdie in konteks - dit gaan oor die wat in opsetlike sonde stap!) 
 Dus, waar 'n gelowige in die mag van die Here optree en vir iemand bid vir genesing, is dit bedoel vir daardie persoon wat regmaak met die Here, en dit gaan oor wat die Here wil doen, nie wat die Christen wil doen nie! (daarom handel 1 Tim. 5:22 ook oor "dat ons nie partydig moet wees nie" - kyk v.21).  Dit gaan nie oor 'n sg. mag wat die Christen ontvang het nie, maar gaan oor gehoorsaamheid aan die Here.  Ook in die geval waar iemand 'n bose gees op hom het (en dit soos 'n vloek gesien kan word - kyk maar bv. die geval van koning Saul) (en let wel, a.g.v. sy eie sonde, nie wat hy deur 'n bloedlyn ontvang het nie!), kan die Here die Christen gebruik om dit uit te dryf, maar daardie persoon moet ook eers regmaak met die Here - hy moet homself kom onderwerp aan die Here.  Dit is dus nie 'n outoriteit wat die Christen besit om "vloeke te breek soos hulle wil nie", maar die Christen is bloot gehoorsaam aan die opdrag van die Here (soos Hy wil, nie soos ons wil nie)(nie om menslike leerstellings te verkondig en daarvolgens op te tree nie) -  die Here is die Een wat besluit om 'n vloek terug te trek. Hy besluit ook wie Hy wil vrymaak van die vloek van die wet - en Hy weet wie die is wat hulle regtig bekeer het en in Hom glo - Hy weet wie die opregtes is, en Hy besluit wanneer/wie Hy wil vrymaak.  Hy besluit wie Hy wil genees.  Hy besluit wie Hy wil vrymaak van bose geeste. Waar Christene begin om hulleself voor te stel met mag en krag, gaan dit nie meer oor die Here se wil nie!  
Laat die Here dan iemand vrymaak, as Hy wil ...
(Gal 3:10)  "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".

(Gal 3:13)  "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"

(Joh 8:36) - "As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees"

(Rom 5:18)  Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
========================================================================
Maak ons bv. 'n studie van NT skrifte waar "vloeke" bespreek word, is dit duidelik dat daar geen verwysing is  na vloeke wat ontvang is weens voorouers se sonde nie.  Ons merk ook geen "lys van vloeke" waarteen die dissipels, of Jesus, die mense waarsku van wat moontlik op hulle lewens kan rus nie - ook geen plek waar hulle so 'n vloek op iemand se lewe "breek" nie! 

*  (Mat 15:4) - "Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe". (ook Mark. 7:10)
-"vloek" in hierdie skrif, beteken "kwaadpraat om te vervloek".

*  (Gal 3:10) - "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".
-  "vloek" in hierdie skrifgedeelte, beteken "verwensing, verafsku" en spreek van die "onder die wet".

*  (Gal 3:13) - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"
-  "vloek" in hierdie skrif, beteken  ook "verwensing of verafskuwing" en spreek van die feit dat Christus vir ons daardie vloek geword het aan die kruis sodat ons nie meer onder die wet is nie.

Kom ons kyk na nog Nuwe Testamentiese skrifte: nl.("vervloeking"):
*  (2Pe 2:14) - "met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking".
- Wie is die "vervloektes" in die skrifgedeelte - konteks?  = valse leraars/valse profete (v.1)

*  (Rom 3:14) - "Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid".
-  Wie?  = die sondaars (die woord "vervloeking" in die skrifgedeelte, beteken "verwensing").

*  (Hand. 23:14) - "Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie".
-  Wie?  'n Klompie Jode wat hulself "verwens" het (konteks:  iets wat aan God gewy word tot verwoesting).

-  Kyk ook:  Rom. 9:3; 1 Kor. 12:3; 16:22 en Gal. 1:8,9; Mark. 14:71.

*  (Heb 6:8) - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding".
-  Wie?  die Afvalliges.  (verwensing; gruwel; verafskuwing)

*  (Jak. 3:10) - "Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie".
-  in Konteks gaan dit oor "om iemand anders te vervloek" - (verwensing) - (wat het Jesus gesê moet ons doen wanneer iemand ons vervloek?  =  Luk 6:28 - "Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig".

*  (Matt 25:40) - "En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen".
-  Wie?  -die onregverdiges. (verwens, verdoem)

*  (Mark 11:21) - "En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog".

*  (Rom 12:14) - "seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie"

*  (Jak 3:9)  Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
========================================================================
Skrifte wat somtyds uit konteks geneem of verkeerd verstaan word:

* (Eks. 20:5) - "Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat" (kyk ook Eks. 34:7).
Hierdie skrifte word graag gebruik om die konsep van "vloeke tot die derde en vierde geslag" te staaf, m.a.w., baie maak hier die afleiding dat 'n vloek tot op die derde en vierde geslag kan rus op iemand se lewe a.g.v. 'n voorouer se sonde, MAAR IS DIT REGTIG WAT DIE HERE BEDOEL HET HIER?   Wanneer ons bv. die skrifgedeelte in konteks gaan lees, gaan dit oor die wat: 
 -die wet oortree en; -die wat afgode aanbid.  Let gerus op die woorde "die misdaad besoek", m.a.w. kinders wat in die sondes van hulle vaders voortstap;  let ook op die woorde "van die wat My haat".  Dit spreek definitief nie van 'n nageslag wat lief is vir die Here en in opregtheid stap nie! (Kyk ook Deut. 5:9).
  
Ons kan die teendeel sien in 2 Kron. 28-35, wat bewys dat, sou iemand nie meer in die sonde van sy vader stap nie, al is hy ook in die derde of vierde geslag, hy definitief nie vervloek is deur die Here nie! -Agas was die vader van die godvresende Hiskia;  Hiskia se kind en kleinkinders, Manasse en Amon, was afgodsaanbidders, maar  Amon se seun, Josia, het die Here gedien en het leiding geneem in 'n groot herlewing in Israel - Al was sy eie vader 'n afgodsaanbidder, was hy geseen deur die Here!

"DIE VADERS MAG NIE VIR DIE KINDERS, EN DIE KINDERS MAG NIE VIR DIE VADERS GEDOOD WORD NIE;  ELKEEN MOET VIR SY EIE SONDE GEDOOD WORD" - (Deut. 24:16).
Num. 16:1-50 is 'n voorbeeld van waar dit wil lyk of selfs die vrouens en kindertjies vir die pa's se sondes betaal het, maar in die betrokke skrifgedeelte is dit duidelik dat al "die skuldiges" omgekom het, asook die wat "saam met die skuldiges gestaan het".  Wat ons moet raaksien is dat God wel vir die onskuldiges 'n kans gegee het om weg te kom!!!  Gaan lees gerus die hele gedeelte - (Num 16:26  "Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie" - Dus, die vroue en die kinders het die keuse gehad om weg te kom om nie onder die manne se "straf" te val nie.  (Vgl. dit ook met die geval in die boek van Openb. waar geprofeteer word oor die val van Babilon en die volk opdrag gegee word om "uit haar uit te gaan: (Openb. 18:4 - "sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie").

Ons moet versigtig wees om skrifte soos Eks. 20:5 en 34:7 uit konteks te neem en leerstellings daarop te bou wat nie skriftuurlik is nie, want as iemand dan nou wil voorgee dat iemand vervloek is, selfs tot die derde en vierde geslag, a.g.v. van 'n vader se sonde (ten spyte van of hy geregtig is of nie!),  wat moet ons dan se van Deut. 7:9 ??? - "Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte" - tog sekerlik praat dit nie hier van geslagte wat ongeregtigheid kies nie! So dus, net soos ons hierdie skrif nie uit konteks wil neem nie, moet ons ook nie Eks. 20:5  uit konteks neem nie! Natuurlik het kultuur en sekere gewoontes baie daarmee te doen, soos bv. kinders wat afgode aanbid omdat hulle ouers dit gedoen het en hulle so groot geword het... - dit beteken dan nie dat die kinders afgode aanbid  a.g.v. 'n bloedlynvloek nie, maar dat hulle self kies om afgode te aanbid! Dit beteken ook nie dat hulle vervloek is a.g.v. die feit dat hulle ouers afgode aanbid het nie, maar omdat hulle self in sonde stap.   
Volgens Lam. 5:7 was daar geglo dat kinders vir hulle vaders se sondes betaal -(Lam 5:7-"Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede"). Die Here stel dit egter duidelik in Es.18:1-20 dat Hy SPREEKWOORDE VAN SO 'N AARD SAL UITWIS! -(Ese 18:2-9).  Kinders betaal/boet vir hulle eie sondes, nie vir vaders se sondes nie! 

ANDER VOORBEELDE VAN VERVLOEKING:
Finale vloek - (Jes. 24:5,6)   - (kyk ook Jer. 23:10 - sonde veroorsaak vloek op die aarde / kyk ook aarde vervloek na adam sondeval, so ook met die sondeval - kyk na sondeval) (Gen 8:21)   ( Rom. 8:19-23)

Geen vloek meer met nuwe hemel en aarde:
(Openb. 22:3) - "En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien".

Maandag 14 Mei 2012

Is daar regtig iets soos "vloeke" ?

Omdat meeste mense net "vloeke"  sien as iets wat in heksery beoefen word, wil die Christen nie regtig veel daarvan weet nie. Wat belangrk is, is om te onderskei tussen vloeke wat in bose praktyke beoefen word, en vloeke in 'n Skriftuurlike konteks.  Ons hoef nie stil te staan by "vloeke wat onder heksery beoefen" word nie en hoef niks daarvan te weet nie, maar ons moet ons vereenselwig met die skriftuurlike betekenis van die term "vloeke" - deur dit te ken, verstaan ons soveel meer van die skrif en stel dit ons instaat om die nodige onderskeiding te kan maak rakende valse leerstellings. Vele Christene dink dat hulle baie weet oor die onderwerp, maar meeste weet net wat ander vir hulle daaroor vertel, en dan nie noodwendig skriftuurlik nie;  daarom sal 'n studie uit die Bybel heelwat lig werp hierop.  
========================================================================

Volgens die tema van "vloeke" in die Bybel, kan ons hierdie kort opsomming maak:
* Die woorde "vloek/e, vervloek en vervloeking", kom in totaal sowat 168 keer in die Bybel voor, waarvan meeste in die Ou Testament, en het verskillende betekenisse in die verskillende skrifte. In sekere skrifte beteken dit 
(1)  "om iemand te vloek";   dus,  nie "om 'n vloek op iemand te sit nie", maar eerder "verwensing deur kwaadspreek" (in hierdie geval gaan dit oor mense wat ander mense "vervloek")(dit is verkeerd om kwaad te spreek, of om iemand te vloek);http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-6.html
(2)  In ander skrifte beteken dit "om 'n vloek op iemand te sit" of dat iemand 'n "verafskuwing" is. (in hierdie geval is die oorgrote meerderheid van vb.e in die Skrif, (1) gevalle waar DIE HERE MENSE VERVLOEK HET;  (2) gevalle waar Joodse ouers vloeke oor kinders uitgespreek het, deur die wil van die Here gedryf, deur profesie - l.w. asof die Here die persoon vervloek;  (3) die gevalle in die N.T. waar  valse leraars/valse profete/ongelowiges/goddeloses en afvalliges "vervloektes" genoem word, is ook weer-eens gevalle waar "die Here mense vervloek. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html)

Selfs in die Nuwe Testamentiese tye was die onderwerp van "vloeke" nie iets onbekend nie;  alhoewel daar 'n duidelike onderskeid is in die hantering van vloeke tussen die Nuwe en die Ou Testament  - die rede hiervoor is die feit dat Jesus Christus ons vrygekoop het van die vloek van die wet, selfs ook sonde soos bloedskuld wat onvergeeflik was in die Ou Testament, vergewe Hy in die Nuwe Testament (natuurlik slegs vir die wat tot bekering en geloof kom)...  Enige iemand wat hulself diensbaar stel aan die Here (nie meer die wet nie)(nie meer die sonde nie), en in die Here Jesus Christus glo, word vrygemaak van hierdie vloek van die wet, en vrygemaak van sondes wat onvergeeflik was in die Ou Testament (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-5.html). (In die Nuwe Testemant is daar slegs een onvergeeflike sonde).   

Maar let wel dat daar op geen stadium in die eerste gemeentes 'n vb. was van waar vloeke sg. verbreek moes word deur ander Christene nie, want dit is die Here self wat  vloeke verbreek op mense se lewens - gelowiges word wel die "mag" gegee om "sondes te vergewe"! http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/wat-julle-op-die-aarde-bind-sal-in-die.html - maar geen gelowige het die mag om sonde te vergewe wat nie deur die Here self vergewe word nie! (m.a.w. as die persoon nie die voorwaardes nakom nie - in daardie sin is dit eintlik die Here wat vergewe, en die gelowige wat slegs gehoorsaam is aan die Here deur die ander persoon se sonde te vergewe!).  Geen gelowige kan bv. sonde vergewe, tensy die persoon hom nie eers bekeer daarvan en tot geloof kom nie (m.a.w. iemand moet eers homself onderwerp aan die Here om Hom gehoorsaam te wees, voor hy vergewe kan word!).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*  Is vloeke "for real"?  JA !  Met bybelstudie sal ons merk dat ons die volgende vrae kan vra rondom "vloeke":
 -wie die persone is wat vloeke uitgespreek het;  
-waarom die vloeke uitgespreek is en;
-wat die vloeke self was.   

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*   'n Ongelowige kan nie 'n vloek op 'n ware gelowige sit nie:   (Toe Goliat vir Dawid by sy gode vervloek, het sy vervloeking geen mag gehad op Dawid nie, omdat Dawid sy vertroue in die Here geplaas het en die Here geken het.  Ook, toe Balak wou he dat Bileam die Israeliete vervloek, het God sy vloek in 'n seen verander, omdat die volk deur God geseen was)(Jes. 54:17)(Luk. 6:28 - seen die wat julle vervloek...).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
* Ook moet  ons kennis neem dat die oorgrote meerderheid van voorbeelde in die Bybel rondom vloeke,  vloeke is wat DIE HERE OP MENSE GEPLAAS HET:  In hierdie gevalle, kan 'n "vloek" gesien word as "tugtiging" - 'n maatstaf waarin die Here mense dwing om na Hom terug te kom;  of andersins is dit soos 'n "straf", bv. in die geval van die vloek van die wet.  Net die Here self het die mag om vloeke te verbreek wat Hy uitgespreek het.  Iemand wat in Christus is, is vrygekoop van die "vloek van die wet" en hoef nie te wonder watter vloeke op sy lewe rus nie! As die Here egter iemand vervloek, soos die vb.e  in die N.T.van valse profete, valse leraars, afvalliges ens., kan niemand hierdie vloek verbreek nie.  En as die Here besluit om iemand te tugtig (en iemand dit as 'n vloek wil sien), dan is dit ook net die Here wat hierdie vloek kan wegneem! *  Volgens die skrif is enige iemand wat God se wette oortree, vervloek.  In die Nuwe Testament is ons egter vrygekoop van die wet en Jesus Christus het vir ons die "vloek" geraak  aan die kruis. (Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is").  Daarom die belangrikheid van om "weer gebore" te word - Jesus stel dit duidelik in Joh. 3:5,6 - " Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie".  Wat uit die vlees gebore is, is vleesen wat uit die Gees gebore is, is gees.  (Joh 14:17) - "die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees".

Let wel dat die genade nie alle groepe insluit nie (anders sou niemand nodig gehad het om tot wedergeboorte te kom nie).  Mense wat nie onder hierdie genade is nie, m.a.w. "die vervloektes", is die valse leraars, valse profete,  ongelowiges, die goddeloses, die wat nog onder die wet lewe en die afvalliges.  (In die Nuwe Testament, verwys vloeke in meeste skrifte na "verwensing", maar waar dit praat van "vervloektes" of "die kinders van vervloeking", verwys dit na hierdie persone). Weer-eens, wys dit in sulke gevalle na 
"die Here wat vervloek"
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*  Selfs in gevalle waar gelowige vaders in die O.T. vloeke oor hulle seuns uitgespreek het, was dit deur die "wil van die Here" (en let wel, a.g.v. die kind se sonde) - sou daardie kind egter berou he en vergifnis vra, dan is dit ook in die Here se hande om te vergewe en sy lot te verander! 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 *  Vloeke was altyd "AS GEVOLG VAN SONDE", m.a.w. geen vloek was op enige onskuldige geplaas nie en geen mens betaal vir iemand anders se sonde nie.   Uiteindelik moet ons ook besef dat elke mens se lot in die Here se hande is. God se wil vir ons, is altyd goed, maar waar die mens verkeerde besluite neem, het dit gevolge.  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
*  Daar is net een geval in die Bybel wat moontlik kan deurgaan as 'n "bloedlynvloek", nl. die "erfsmet" (soos geleerdes dit noem),  wat deur die bloed van Adam tot die hele mensdom oorgegaan het, "vleeslik, verkoop onder die sonde" (Rom. 7:14).     
Daar moet egter goed onderskei word tussen 
(1)  "sonde in die vlees (erfsmet)", 
(2)  "daadsondes" en 
(3) "opsetlik, aanhoudende sondes" http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html
 Die "erfsmet" gaan oor die keuse om gehoorsaam of ongehoorsaam te wees (kennis van goed en kwaad)(party noem dit tereg, "'n neiging om te sondig"; -terwyl daadsondes fisies die daad van sonde behels). Om daardie rede betaal ons nie vir Adam se daadsondes nie, maar wel vir ons eie sondes.  Om daardie rede is die "vloek" van die erfsmet, die "fisiese dood" - (Gen 2:17  -"maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe") -  (dit moet nie verwar word met die tweede dood nie -  die "vloek", straf vir die sonde)  Om daardie rede het God vir Adam en Eva uit die tuin van Eden weggestuur, sodat hulle nie van die boom van die lewe eet en vir ewig in die toestand lewe nie - (Gen 3:22-24 - "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie.  Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.  So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak).
 Om hierdie rede se Paulus:  (Rom 7:23,24)  maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.  Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?"  Dat ons hierdie begeerte om te sondig, geerf het van Adam is verseker, maar dit beteken nie dat ons vir Adam se daadsondes betaal nie.  Die wat in die Here Jesus Christus glo, sal met Sy wederkoms deur Hom die opstanding tot die lewe kry (verheerlikte, geestelike liggame wat vir ewig lewe)(dan is die dood finaal oorwin).
 Waar dit in die Ou Testament mag lyk of kinders vir ouers se sondes betaal, meer bekend onder sekere kerke as bloedlyn-vloeke, is die skrif duidelik daaroor dat die kinders ook self in die ouers se sonde gestap het!  dus, buiten die feit dat sommige "erfsmet" 'n bloedlynvloek noem, bestaan daar nie so iets soos bloedlynvloeke nie! 

========================================================================
Skrifte uit die Ou Testament:
 -Wie het die slang vervloek? -God het -(a.g.v. sonde)
-Wie het vir Kain vervloek?  -God he (a.g.v. sonde)
-Wie het vir Kanaän vervloek?  -Noag het (dit was sy sy seun, a.g.v. sonde)
-Wie vervloek die wat vir Israel vervloek?  -God (a.g.v. sonde/kwaadspreek/vloek)
-Wie het vir Simeon en Levi vervloek?  -Jakob (dit was sy sy seuns, a.g.v. sonde)
-Deur wie word die vervloek wat afgode maak en aanbid?  -deur God (a.g.v. sonde)
-Deur wie word die wat hulle pa en ma vloek, vervloek?  -deur God (a.g.v. sonde)
OPSOMMING: Nog skrifte rondom "vloek/e, vervloek, vervloeking":-
Spesifieke dinge of mense wat vervloek is in die Ou Testament, is bv. : Gen. 3:17, die aarde;  Gen. 5:29, die aarde;  Gen. 12:3, die wat Abraham se nageslag vervloek - ook van Josef, Gen. 27:29; Gen. 49:7, Simeon en Levi se toorn vervloek deur Jakob - daarom verstrooi in Israel;  Deut. 21:23, iemand wat opgehang is, deur God vervloek;  Deut. 27:15, die wat afgode maak;  27:16, hy wat sy vader of moeder verag;  27:17, hy wat sy naaste se grenslyn verlê;  27:18, hy wat 'n blinde op die dwaalweg lei;  27:19, hy wat die reg van die vreemdeling, wees of weduwee verdraai;  27:20, hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het;  27:21, hy wat met enige dier gemeenskap het;  27:22, hy wat met sy suster gemeenskap het;  27:23, hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het;  27:24, hy wat sy naaste in die geheim doodslaan;  27:25, hy wat 'n omkoopgeskenk aanneem om iemand dood te slaan;  27:26, die een wat die woorde van die wet nie hou nie en dit nie doen nie;  Deut. 18:16-20, die ongehoorsames en die wat nie Sy gebooie en insettinge onderhou nie;  Jos. 9:23, die wat vir Joshua mislei het - vervloek om houtkappers en waterputters vir hulle te wees; Rig. 5:23, die wat nie die Here te hulp kom nie;  Rig. 21:18, die wat 'n vrou aan Benjamin stam gee;  1 Sam. 14:24, Saul dreig sy manskappe in geveg, dat hy die vervloek wat iets eet tot die aand toe- ook 14:28;  1 Sam. 17:43, Goliat vervloek Dawid by sy gode;  1 Sam. 26:19, vervloek is die wat Dawid verdrywe;  Num. 22:11, 24:9 en Jos. 24:9, Neh. 13:2, God het die vervloeking wat Balak oor die kinders van Israel wou bring, in 'n seën verander deur Bileam;  Job 3:1, Job vervloek sy dag;  Job 5:3, die dwaas se woning vervloek;  24:18, vervloeking van die onregverdiges;  Ps. 37:22, onregverdiges deur God vervloek; Spreuke 24:24, vervloek deur die volke en die nasies,  is die een wat aan die kant van die skuldige is;  28:27, vervloek is die een wat sy oë toehou vir die in nood; 30:11, die een wat sy vader vervloek;  Jer. 11:3, die een wat nie luister na die verbond;  Jer. 17:5, die een wat op die mens en die vlees vertrou en wie se hart van die Here afwyk;  20:14, Jer. verbitterd oor hy lewe; 48:10, die een wat nalaat om die werk van die Here te doen;  Mig. 6:10, die goddelose;  Mal. 1:14, die een wat siek of lam of geroofde dier vir offer bring; Mal. 2:2, die wat ongehoorsaam is en nie die Here ter harte neem nie. (gaan lees gerus elke skrif in konteks).  

Opsomming: Die wat vervloek is, was dus die wat: 
(1)  ongehoorsaam was en 
(2)  nie die gebooie van die Here gehou het nie of 
(3)  die wat nie hulle hoop in die Here gesit het nie... (LET WEL DAT DIT NIE REGTIG VERANDER HET IN DIE N.T. NIE!!!, MAAR VERVUL WORD OP 'N ANDER MANIER:  - Christene moet nie gehoorsaam wees aan die wet nie, maar aan die Here).  
(1) Die wat nie Sy wil doen nie, word steeds gesien as "die wat nie Sy gebooie hou nie", en sal steeds vervloek word! (Matt. 7:21) 
(2) Die wat nie die nodige vrug dra nie, word steeds as die ongehoorsames gesien, en sal steeds vervloek word! (Joh. 15:2)http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html
(3) Die wat nie die Here as eerste Liefde ken nie, en meer besig is met die lewe as met die Here, word steeds gesien as die wat nie hulle hoop in die Here sit nie, en sal steeds vervloek word!)(Openb. 2:4)(Matt. 10:39)... http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/05/is-jy-meer-besig-met-die-lewe-as-met.html;   http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wat-hulle-lewe-verloor-sal-dit-wen.html

(- vgl. dit met wie die vervloektes is in die N.T. - valse leraars, valse profete,  ongelowiges, die goddeloses, die wat nog onder die wet lewe en die afvalliges).
-----------------------------------------------
Waar 'n Joodse vader 'n vloek op 'n kind gesit het, was dit straf vir sonde (nie straf wat die kind moes dra vir sonde wat deur die ouer gepleeg is nie!) en dan het die Here die vader die mag gegee daartoe, dus was dit steeds die Here se wil:
- 'n Vloek was net op iemand gesit, as die persoon self gesondig het.  
-  'n Vloek was deur God op iemand gesit, as hulle gesondig het.
  Ook die vloek deur 'n gelowige vader op kinders was, as hulle gesondig het  (Dit was in die gelowige vaders se mag om 'n vloek of 'n seën oor hulle seuns uit te spreek (Gen. 27:12);
-   Die wetboek was 'n boek van seëninge  en  vervloekinge  (Deut. 30:1; 30:19)- "vervloek" was elkeen wat nie die wet onderhou het nie!.
Dus:  telkens waar ons lees van "vervloeking" in die O.T., is dit in verband met persone "wat in sonde gestap het" ( bv. Num. 5:21-27 van die vrou wat hoereer ens.).  
 VLOEKE WAS AS GEVOLG VAN SONDE;  
SONDE (daadsondes)   WAS NIE A.G.V. VLOEKE NIE! 
Kinders kan nie vir hulle vaders se daadsondes betaal nie:  (dus, vloeke a.g.v. ouers sondes, kan nie oorgaan na 'n kind toe nie  tensy die kinders self ook in die sondes stap).  
 (*  Kyk bv. in 2 Kron. 28-35:  -Agas was die vader van die godvresende Hiskia;  Hiskia se kind en kleinkind, Manasse en Amon, was afgodsaanbidders, maar  Amon se seun, Josia, het die Here gedien en het leiding geneem in 'n groot herlewing in Israel - hy het nie "vloek" gedra a.g.v. sy voorvaders se sonde nie!) 
"Bloedlynvloek-leermeesters" beweer dat sonde in mense se lewens toegeskryf kan word aan die vaders se sondes en dat dit 'n vloek is op hulle lewens -  dit is onskriftuurlik.  "Bloedlynvloeke" is een van die bekendste onderwerpe in sekere kerke vandag - vloeke wat van een generasie oorgedra word na 'n ander  -(Die lering behels o.a. dit:  dat die oorsaak van baie siektes en sondes die gevolg is van 'n bloedlynvloek; 'n vloek wat op die familie geplaas word tot die derde en vierde geslag - met ander woorde, volgens hulle,  betaal jy vir jou pa se sondes!  In kerke waar lede ingelig word hieroor, word die lidmate ook geleer om  "vloeke" te verbreek in die naam van Jesus. Hulle gaan sover as om te se dat hierdie siektes en sondes ook toegeskryf kan word aan bose geeste wat oorgedra is aan die nageslag deur die bloed van die vader). Daar is egter nie een voorbeeld in die skrif van bose geeste wat deur die bloedlyn oorgedra kan word nie, nog minder dat "daadsondes" deur die bloedlyn oorgedra kan word.   Hoe kan "n vloek" (of straf of tugtiging), wat die Here op iemand sit,  self "sonde" wees?  Selfs die voorbeeld in Rom. 1, wat praat van waar God die ongeregtiges en goddeloses kan oorgee aan die begeerlikhede van hulle harte,  kan hulle nie God se optrede skuld gee vir die feit dat hulle sondig nie, maar dit is eerder asof God Sy getuienis heeltemal onttrek aan hulle sodat hulle glo dit wat hulle wil glo.

Omdat siektes SOMTYDS die gevolg kan wees van sonde, word daar ook wilde afleidings gemaak dat familiesiektes toegeskryf kan word aan bloedlynvloeke.  Dit is egter net so onskriftuurlik soos om te se dat siektes altyd die gevolg van sonde is! As die afleiding gemaak kon word uit  Joh 9:1-3, dat kinders siektes kan kry weens die sonde van ouers, is daar egter geen bewyse daarvoor nie, want al het die dissipels so geglo, help Jesus hulle reg in v.3:-   "En toe Hy verbygaan, sien Hy ‘n man wat blind was van sy geboorte af.  En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is? Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word".  Hierdeur maak Jesus dit duidelik dat hy glad nie siek was a.g.v. 'n ouer se sonde nie, ook nie a.g.v. eie sonde nie.  Ander voorbeelde in die Bybel van waar iemand siek was a.g.v. sonde, was spesifiek a.g.v. hulle eie sonde, bv. (Joh 5:14 - "Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie").
- Dus is daar geen bewys in die Bybel van waar enigiemand siek was a.g.v. 'n voorvader se sonde nie.  
- Ook nie waar 'n vloek, 'n "daadsonde" is nie.
-  In feitlik elke geval was dit God self  wat die vloek op iemand plaas omdat die persoon ongehoorsaam was; dus kon "die vloek" nie "sonde" self wees nie, want God sal niemand "laat sondig" nie!  
-   As God self die een is wat die vloek op iemand plaas, EN DIT IS SY WIL, dan kan die Christen nie die vloek verbreek nie  (die persoon moet tot bekering kom en vergifnis van sondes ontvang).

Oral in die skrif, waar 'n vloek uitgespreek was, is ook genoem deur wie en waarom (soos ons reeds bespreek het), asook "WAT DIE VLOEK WAS", bv., gaan lees gerus in die volgende skrifgedeeltes: Deut. 11:28, 29:20-29, Dan. 9:11, Sag. 8:13 ens. In Mal. 2:2, was die vloek as volg:  die persoon se naam sou onder die hemel uitgedelg word, afgeskei word van die stamme van Israel;  a.g.v. die volk se ongehoorsaamheid sou daar plae en siektes in die land wees, swawel en sout, geen plante ens.  In die geval van Num 5:27...(i.v.m. 'n vrou wat deur haar man wantrou word dat sy hoereer het, waar die priester 'n ritueel moet uitvoer - as sy skuldig was), sou die vloek op haar as volg wees:  -  haar skoot sou opswel en haar heup inval en sy sou onder die volk 'n vervloeking wees. 
DUS: TELKENS WAS DIE PERSOON BEWUS GEWEES VAN WAT DIE VLOEK WAS - in geen vb. was die persoon onbewus van 'n vloek op sy lewe wat aan hom openbaar moes word nie - daar is geen vb. in die Bybel van waar iemand 'n vloek op hom gedra het waarvan hy nie bewus was nie.
-----------------------------------------------------------------
Skrifte wat somtyds uit konteks geneem of verkeerd verstaan word:
Die bekende skrifte van (Eks. 20:5) - "Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat" en Eks. 34:7 word graag gebruik om die konsep van "vloeke tot die derde en vierde geslag" te staaf.  Wanneer ons egter die skrifgedeelte in konteks gaan lees, gaan dit oor die wat:  -die wet oortree en -die wat afgode aanbid.  Let gerus op die woorde "die misdaad besoek", m.a.w. kinders wat in die sondes van hulle vaders voortstap;  let ook op die woorde "van die wat My haat".  Dit spreek definitief nie van 'n nageslag wat lief is vir die Here en in opregtheid stap nie!(Kyk ook Deut. 5:9).
  
Ons kan die teendeel sien in 2 Kron. 28-35, wat bewys dat, sou iemand nie meer in die sonde van sy vader stap nie, al is hy ook in die derde of vierde geslag, hy definitief nie vervloek is deur die Here nie! -Agas was die vader van die godvresende Hiskia;  Hiskia se kind en kleinkinders, Manasse en Amon, was afgodsaanbidders, maar  Amon se seun, Josia, het die Here gedien en het leiding geneem in 'n groot herlewing in Israel - Al was sy eie vader 'n afgodsaanbidder, was hy geseen deur die Here!

Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.(Deut. 24:16)
In Num. 16:1-50 kry ons 'n voorbeeld van waar dit kan lyk of selfs die vrouens en kindertjies vir die pa's se sondes betaal het.  Uit die betrokke skrifgedeelte is dit duidelik dat al "die skuldiges" omgekom het, asook die wat saam met die skuldiges gestaan het.  Maar wat ons moet raaksien is dat God wel vir die onskuldiges 'n kans gegee het om weg te kom!!!  Korag, Datan en Abiram, wou hulle nie hulle tente verlaat nie, en alhoewel Moses al die ander gewaarsku het (op bevel van die Here) om weg te kom en dat hulle hul moet afskei van die manne, het hulle nie so gedoen nie! - (Num 16:26  "Daarop het hy die vergadering toegespreek en gesê: Verwyder julle tog van die tente van hierdie goddelose manne en raak nie aan iets wat aan hulle behoort nie, dat julle nie weens al hulle sondes omkom nie" Dus, die vroue en die kinders het die keuse gehad om weg te kom om nie onder die manne se "straf" te val nie.  (Vgl. dit ook met die geval in die boek van Openb. waar geprofeteer word oor die val van Babilon en die volk opdrag gegee word om "uit haar uit te gaan: (Openb. 18:4 - "sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie").

Ons moet versigtig wees om bg. skrifgedeeltes uit konteks te neem en leerstellings daarom te bou wat nie skriftuurlik is nie, want as iemand dan nou wil voorgee dat iemand vervloek is, selfs tot die derde en vierde gesla, a.g.v. van 'n vader se sonde (ten spyte van of hy geregtig is of nie!),  wat moet ons dan se van Deut. 7:9 ??? - "Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte" - tog sekerlik praat dit nie van geslagte wat ongeregtigheid kies nie!  Dus, net soos ons hierdie skrif nie uit konteks wil neem nie, moet ons ook nie Eks. 20:5  uit konteks neem nie!
Dit is moontlik om sekere gewoontes aan te leer en kultuur het baie daarmee te doen, soos bv. kinders wat afgode aanbid omdat hulle ouers dit gedoen het en hulle so groot geword het - dit beteken dan nie dat die kinders afgode aanbid  a.g.v. 'n bloedlynvloek nie, maar dat hulle self kies om afgode te aanbid!   
Volgens Lam. 5:7 was daar geglo dat kinders vir hulle vaders se sondes betaal -(Lam 5:7-"Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede"). Die Here stel dit egter duidelik in Es.18:1-20 dat Hy spreekwoorde van so 'n aard, sal uitwis: (Ese 18:2-9) Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?  So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.  Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe. Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen..en  in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel—hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE".    Kinders betaal/boet vir hulle eie sondes. 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Skrifte uit die Nuwe Testament:
Die "bloedlynvloek-leringe, is nie iets wat in die eerste kerke beoefen is nie !  Dit maak Paulus se stelling nietig in Gal. 3, dat Christus ons losgekoop het van die wet,  deurdat die bloedlynvloek-leermeesters hulle lede hanteer asof hulle steeds onder die vloek van die wet is.  Die persoon wat hom ophou met hierdie leringe, voel of hy nooit vrykom van "vloeke" nie en ervaar nie die volkome vrymaking in Jesus Christus nie.  Die lering beweeg Christene glad nie om hulle te oefen in die godsaligheid niehttp://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html, maar eerder om iets anders skuld te gee vir hulle eie daadsondes.  Die mens moet self aanhoudende sondes afle, gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus en homself onderwerp aan die gesag van die Here.  Om slegs 'n vloek op iemand se lewe te breek, het tot gevolg dat daardie persoon geen verantwoordelikheid neem vir sy eie sonde nie en is dieselfde as die fout wat Adam gemaak het, deur Eva skuld te gee vir sy daadsonde. En in elk geval word daar nerens vir ons 'n vb. gegee in die Skrif van "vloeke breek op mense se lewens nie"!  As die Here iemand vervloek, laat Hy dan besluit of Hy die persoon wil vryspreek of nie!, en as die Here die Christen dan stuur om vir so iemand te bid, laat dit geskied uit gehoorsaamheid aan Hom.  Wat ons wel moet verkondig, is dat daar vrymaking is in Christus Jesus, vir die wat hulle bekeer van dooie werke, en glo in die Here Jesus Christus - ja, volkome vrymaking! - so iemand kry vrymaking deur die Here self! In die geval waar iemand hom bekeer en sy geloof bely, kan die Christen inderdaad vir die persoon hande ople en bid. As ons bv. kyk na 'n geval waar iemand  siek is a.g.v. sonde (en dit soos 'n vervloeking gesien kan word)(en l.w. dat siekte nie altyd is a.g.v. sonde nie!!!!!), moet hy ook eers die sonde neerle voor die Christen vir hom moet hande ople en bid vir genesing! - (om daardie rede moet ons nie vir iemand haastig die hande ople nie! -1 Tim. 5:22 - gaan lees hierdie in konteks - dit gaan oor die wat in opsetlike sonde stap!) http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/handoplegging.html  Christene moet ook nie haastig vir iemand die hande ople vir die ontvang van gawes nie, want die Heilige Gees sal dit uitdeel soos Hy wil en die Christen is veronderstel om seker te maak dat hy regtig die opdrag van die Here ontvang voor hy vir iemand die hande ople!  Dus, waar 'n gelowige in die mag van die Here optree en vir iemand bid vir genesing, is dit beloel vir daardie persoon wat regmaak met die Here, en dit gaan oor wat die Here wil doen, nie wat die Christen wil doen nie! (daarom handel 1 Tim. 5:22 ook oor "dat ons nie partydig moet wees nie" - kyk v.21).  Dit gaan nie oor 'n sg. mag wat die Christen ontvang het nie, maar gaan oor gehoorsaamheid aan die Here.  Ook in die geval waar iemand 'n bose gees op hom het (en dit soos 'n vloek gesien kan word - kyk maar bv. die geval van koning Saul) (en let wel, a.g.v. sy eie sonde, nie wat hy deur 'n bloedlyn ontvang het nie!), kan die Here die Christen gebruik om dit uit te dryf, maar l.w. dat daardie persoon ook eers moet regmaak met die Here, en dit nie 'n mag is wat die Christen ontvang het nie.  Dit is dus nie 'n outoriteit wat die Christen besit om "vloeke te breek soos hulle wil nie", maar die Christen is bloot gehoorsaam aan die Here -  die Here is die Een wat besluit om 'n vloek terug te trek. Hy besluit ook wie Hy wil vrymaak van die vloek van die wet - en Hy weet wie die is wat hulle regtig bekeer het en in Hom glo - Hy weet wie die opregtes is, en Hy besluit wanneer/wie Hy wil vrymaak.  Hy besluit wie Hy wil genees.  Hy besluit wie Hy wil vrymaak van bose geeste. Waar Christene begin om hulleself voor te stel met mag en krag, gaan dit nie meer oor die Here se wil nie!  Die hele leerstelling van vloeke op mense se lewens gaan soek, is belaglik!  Laat die Here dan iemand vrymaak, as Hy wil - die Christen hoef nie self te soek wat hy moet doen nie, hy moet net gehoorsaam wees aan die Here...

http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/10/bedieninge-en-gawes.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/hoekom-so-min-christene-die-gawes-van.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/wies-nou-eintlik-deur-die-gees-gelei.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-beteken-dit-dat-daar-krag-is-in-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/gee-ons-meer-geloof.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/wie-is-regtig-bekeer.html

(Gal 3:10)  "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".

(Gal 3:13)  "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"

(Joh 8:36) - "As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees"

(Rom 5:18)  Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.

*  (Mat 15:4) - "Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe". (ook Mark. 7:10)
-"vloek" in hierdie skrif, beteken "kwaadpraat om te vervloek".

*  (Gal 3:10) - "Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie".
-  "vloek" in hierdie skrifgedeelte, beteken "verwensing, verafsku" en spreek van die "onder die wet".

*  (Gal 3:13) - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"
-  "vloek" in hierdie skrif, beteken  ook "verwensing of verafskuwing" en spreek van die feit dat Christus vir ons daardie vloek geword het aan die kruis sodat ons nie meer onder die wet is nie.

Kom ons kyk na nog Nuwe Testamentiese skrifte: nl.("vervloeking"):
*  (2Pe 2:14) - "met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ‘n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking".
- Wie is die "vervloektes" in die skrifgedeelte - konteks?  = valse leraars/valse profete (v.1)

*  (Rom 3:14) - "Hulle mond is vol vervloeking en bitterheid".
-  Wie?  = die sondaars (die woord "vervloeking" in die skrifgedeelte, beteken "verwensing").

*  (Hand. 23:14) - "Hulle het na die owerpriesters en die ouderlinge gegaan en gesê: Ons het ons met vervloeking verwens om niks te gebruik totdat ons Paulus doodgemaak het nie".
-  Wie?  'n Klompie Jode wat hulself "verwens" het (konteks:  iets wat aan God gewy word tot verwoesting).

-  Kyk ook:  Rom. 9:3; 1 Kor. 12:3; 16:22 en Gal. 1:8,9; Mark. 14:71.

*  (Heb 6:8) - "Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking—die einde daarvan is verbranding".
-  Wie?  die Afvalliges.  (verwensing; gruwel; verafskuwing)

*  (Jak. 3:10) - "Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie".
-  in Konteks gaan dit oor "om iemand anders te vervloek" - (verwensing) - (wat het Jesus gesê moet ons doen wanneer iemand ons vervloek?  =  Luk 6:28 - "Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig".

*  (Matt 25:40) - "En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen".
-  Wie?  -die onregverdiges. (verwens, verdoem)

*  (Mark 11:21) - "En Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog".

*  (Rom 12:14) - "seën die wat julle vervolg, seën en moenie vervloek nie"

*  (Jak 3:9)  Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.

Dit is dus duidelik dat geen van bg. NT skrifte enigsins verwys na vloeke wat ontvang is weens voorouers se sonde nie.  Ons merk ook geen "lys van vloeke" waarteen die dissipels of Jesus die mense waarsku van wat moontlik op hulle lewens kan rus nie - ook geen plek waar hulle so 'n vloek op iemand se lewe "breek" nie!  Ook is daar geen voorbeeld van siektes wat was a.g.v 'n vloek nie, maar wel gevalle van waar siekte was a.g.v sonde (nie iemand anders se sonde nie!, maar eie sondes).  Ook vind ons geen voorbeeld van waar daadsonde was a.g.v. vloeke nie, maar wel vloeke a.g.v sonde!

Laat ons ons eerder besig hou met die Here self, sodat wanneer Hy ons in Sy gawes wil gebruik, dit sal wees, nie uit leerstellings nie, maar deur Sy Heilige Gees, SOOS HY WIL. 

Om in Sy gawes te kan stap, verg nie 'n aangeleerdheid nie, maar gehoorsaamheid!

2Co 5:17)  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
(2Ch 25:4)  hulle kinders ewenwel het hy nie gedood nie, maar gedoen soos geskrywe is in die wet, in die boek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders moet nie vir die kinders sterwe, en die kinders moet nie vir die vaders sterwe nie; maar hulle moet elkeen vir sy eie sonde sterwe.

(2Co 5:17)  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

(Rom 8:1)  Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

========================================================================
ANDER VOORBEELDE VAN VERVLOEKING:
Finale vloek:
(Jes. 24:5,6)  -"Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor" - (kyk ook Jer. 23:10 - sonde veroorsaak vloek op die aarde / kyk ook aarde vervloek na adam sondeval, so ook met die sondeval - kyk na sondeval, (Gen 8:21)  En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.)( Rom. 8:19-23)
Geen vloek meer met nuwe hemel en aarde:
(Openb. 22:3) - "En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van God en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien".