Wys tans plasings met die etiket goeie vrug. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket goeie vrug. Wys alle plasings

Donderdag 08 Augustus 2013

"Goeie vrug" en "goeie werke"

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/02/wat-dit-beteken-om-goed-te-doen.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/04/god-is-nie-n-god-van-dooies-nie-maar.html

Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
----------------------------------------------------------------
Om "goed te doen" of die manier hoe ons optree, word ook gesien as "vrug", bv.  vredeliewendheid, vriendelikheid, barmhartigheid, die manier hoe ons praat, goeie lewenswandel, om in ander se behoeftes te voorsien, stoflike goed te deel ens. (Jak. 3:11-18; Fil. 4:17; Rom 15:26-28)  Die vrug van die Gees is immers  liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing.  HIERDIE "VRUG" VAN DIE GELOWIGE IS EGTER NIE DIESELFDE AS DIE VRUG VAN DIE ONGELOWIGE NIE - al lyk dit ook of DIE ONGELOWIGE "GOEDDOEN".  

(DIT IS NIE DIESELFDE NIE, WANT DAN SOU DIT BETEKEN DAT IEMAND DIE EWIGE LEWE KAN VERKRY DEUR WERKE en ons weet goed dat saligheid nie verkry kan word deur werke nie).  

DIE VERSKIL tussen die gelowige wat goeddoen, en die ongelowige wat goeddoen, IS DAT DIE GELOWIGE DIENSBAAR GEWORD HET AAN GOD!, maar dieselfde kan nie gese word van die ongelowige nie - die ongelowige doen soos hyself goeddink, maar die gelowige doen die wil van die Here. 
-  (Rom 6:21,22)  Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. 

Wanneer ons praat van "goeie vrug", verwys dit nie net bloot na "goeie werke" of goeie gesindheid nie, maar inteendeel werke wat uitspruit uit gehoorsaamheid aan die Here omdat die persoon tot bekering gekom het - omdat hy diensbaar geword het aan God.  Goeie vrug van die gelowige is dus 'n bewys dat iemand hom/haarself onderwerp het aan die Here.  Hy soek na die wil van die Here, en doen dit. 

Nie net by ongelowiges nie, maar onder sekere gelowiges is daar die wat bely dat hulle die Here dien, maar hulle "werke" is nie uitspruitend uit gehoorsaamheid aan die Here nie -  hulle doen soos hulle goeddink, en hulle bedieninge of besluite is gebore uit menslike wysheid, in plaas van gelei deur die Gees van God. 
(Mat 7:20)  "So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
(Mat 7:22)  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
(Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!"

Dus, al lyk dit of hierdie sg. gelowiges goeie werke gedoen het, geprofeteer het, duiwels uitgedryf het.....ens., noem Jesus hulle "julle wat die ongeregtigheid werk" - hoekom?  WANT HULLE "GOEIE WERKE" WAS NIE VOLGENS DIE WIL VAN DIE VADER NIE - dit was dus gebore uit "menslike wysheid of omrede selfverheffing of eie gewin", nie a.g.v. "gehoorsaamheid aan die Here" nie. 
--------------------------------------------------
 Kyk gerus my blogpost getiteld  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html vir meer skrifgedeeltes oor die onderwerp van "goed doen". 
Bv. (1)  As iemand liefdadigheid bewys omrede  'OM GESIEN TE WORD' of 'SELFVERHEFFING', dan sal so iemand nie daarvoor beloon word nie;  dus,  As iemand liefdadigheid bewys omrede 'OM GESIEN TE WORD' of vir 'SELFVERHEFFING', dan is daardie daad nie volgens die wil van God nie! (2)Wanneer iemand beoog om goed te doen,maar nie sy "ja, ja hou nie", dan soek hy sy eie wil en nie na die wil van die Vader nie. (3) "Om goed te doen" gaan oor DIEN, nie oor gesag uitoefen of "OM EERSTE TE WEES" nie.  (4) Deur om "goed te doen" slegs omrede "VIR EIE GEWIN", bring iemand 'n oordeel oor homself. (5) Wanneer iemand "goed doen" volgens menslike wysheid, bedink hy nie die dinge van God nie en kan 'n struikelblok wees in die plan van God.

"OM GOED TE DOEN" moet dus beweeg word deur die leiding van die Heilige Gees
dit moet geskied "uit gehoorsaamheid", nie omrede selfverheffing nie. 
--------------------------------------------------------------------------------------------
(Joh 12:24)  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.


(Rom 7:1)  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.
(Rom 7:4)  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
(Rom 7:5)  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.

"Goeie Vrug", of "vrug wat by die bekering pas", het dus te doen met "gehoorsaamheid aan die Here" - "die wil van die Vader doen", nie "doen wat ek dink ek moet doen" of om te "probeer om goed te doen nie", maar om myself te onderwerp aan die Here  en bloot gehoorsaam te wees!  Dus moet die gelowige IN DIE HERE BLY om Sy wil te ken en Hom gehoorsaam te wees - hy vra die Here se wil in alles, hy vertrou die Here, soek na die waarheid, spandeer persoonlike gebedstyd met die Here....ens.  Dit stem ooreen met wat Jesus gese het: (Joh 15:5)  "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie".


---------------------------------------------------------------------------------------------

Die Fariseers en Skrifgeleerdes was ook as gelowiges gesien, wat goeie werke doen, of goeie vrug gedra het.  Tog, toe sommige van hulle hul wou laat doop deur Johannes, was sy reaksie as volg:


(Mat 3:7)  Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

(Mat 3:8)  Dra dan vrugte wat by die bekering pas.

(Mat 3:9)  En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.

(Mat 3:10)  Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

(Mat 3:11)  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
(Mat 3:12)  Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand.

Lees gerus weer die gelykenis van die huisheer wat 'n wingerd geplant het:

(Mat 21:33)  Luister na ‘n ander gelykenis: Daar was ‘n sekere huisheer wat ‘n wingerd geplant het; en hy het ‘n heining daarom gesit en ‘n parskuip daarin gegrawe en ‘n wagtoring gebou, en hy het dit aan landbouers verhuur en op reis gegaan.
(Mat 21:34)  En toe die vrugtetyd nader kom, stuur hy sy diensknegte na die landbouers om sy vrugte te ontvang.
(Mat 21:35)  Maar die landbouers het sy diensknegte geneem en een geslaan en ‘n ander een doodgemaak en ‘n ander een gestenig.
(Mat 21:36)  Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met dié net so gemaak.
(Mat 21:37)  Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien.
(Mat 21:38)  Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.
(Mat 21:39)  En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.
(Mat 21:40)  Wanneer die eienaar van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie landbouers doen?
(Mat 21:41)  Hulle antwoord Hom: Die slegte mense—hy sal hulle ‘n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
(Mat 21:42)  Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
(Mat 21:43)  Daarom sê Ek vir julle: Die koninkryk van God sal van julle weggeneem en aan ‘n volk gegee word wat die vrugte daarvan sal dra.
(Mat 21:44)  En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.
(Mat 21:45)  En toe die owerpriesters en die Fariseërs sy gelykenisse hoor, het hulle begryp dat Hy van hulle spreek.
(Mat 21:46)  En hulle het probeer om Hom in hulle mag te kry, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié Hom vir ‘n profeet gehou het.

========================================================================

Die koninkryk van God sal gegee word aan die wat die vrugte daarvan dra!