INLEIDING:
- (1) Die GEES/SIEL IN DIE BINNESTE (m.a.w., waar die term "gees" gebruik word om te verwys na "die mens van binne" - maw, DIE INNERLIKE MENS in geheel);
"Lig":
Net soos die mens se liggaam met grond of saad voorgestel kan word, en die siel met 'n plant of boom en vrug, net so kan die gees voorgestel word met LIG bv.:
- (1) asem is vir die mens soos lig is vir 'n plant. Sonder lig of asem kan die siel vd mens nie groei en vrug dra nie, want hy is immers 'n lewende siel omdat hy ASEM het! (Gen. 2:7) - daarom gaan die siel (vd uiterlike mens) dood wanneer hy sterwe en sy laaste asem uitblaas (bv. die hart en organe kom tot stilstand..., en a.g.daarvan sterwe die liggaam en keer terug na stof...). En natuurlik, net soos die uiterlike mens asem nodig het om te kan lewe, so ook die innerlike mens..., en hier moet ons ook onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mens, want die natuurlike mens se innerlike lyk anders as die geestelike mens. Die natuurlike mens se innerlike het 'n "wereldse asem", terwyl die geestelike mens se innerlike lewe deur die asem vd Heilige Gees.
- (2) verwys na óf "lig" óf "duisternis", waar dit verwys na die innerlike mens. Die natuurlike mens se innerlike word somtyds voorgestel as duister, of voorgestel met die dood, omdat hulle nie die Lig het wat vir hulle lewe gee nie en dus vrugte dra "vir die dood". Die natuurlike mens is gebore uit Adam se saad (gebore in sonde - is verganklik) en dra dus vrugte vir die dood - sy innerlike (mens van binne) het die gees vd wereld (gees van dwaling) - "lewe" m.a.w. d.m.v. die gees vd wereld. Maar die geestelike mens se innerlike het die Gees van God (Gees vd waarheid). en lewe d.m.v. die Gees van God (en is daarom instaat om vrug te dra tot lewe/ewige lewe). Die geestelike mens se innerlike kan dus gesien word as verlig (Hebr. 6:4; 10:32; Luk. 11:36...) - terwyl die natuurlike mens se innerlike (gees van binne) gesien kan word as duister.
Asem:
Wat lig en asem dus aanbetref, is die mens net soos 'n plant afhanklik van LIG (asem/gees) om te kan lewe. In ander woorde kan ons verwys na lig of asem as die bron van krag, net soos lig plante se enigste bron van krag is. Geen mens kan lewe sonder die asem wat God gee nie! (Job 34:14,15). Die mens kan ook nie sonder kos en water aan die lewe bly nie, ja, maar sonder lig of asem kan die kos ook nie in die liggaam verwerk word nie. Dus, alhoewel 'n hart wat gaan staan 'n aanduiding is dat iemand doodgaan, gaan hy nie dood wanneer sy hart gaan staan nie maar wanneer hy sy laaste asem uitblaas - en ja, dan gaan staan sy hart... Asem is dus die rede waarom iemand in die lewe is.
Geen mens kan sonder die gees of asem (wat God gee) lewe nie:
maar hy het eers begin lewe ('n lewende siel geword) toe God asem (gees) in hom inblaas. Alles waarin 'n lewende siel is word 'n "lewende siel genoem" omdat hulle asem het (Gen. 2:7; 1 Korn. 17:22; Job 34:14,15). Maar alhoewel die ASEM ("gees") wat God vir ons gee ons liggame verander in "lewende siele" (en die siel is in die bloed...)(Gen. 2:7; 1 Kor. 15:45;Lev. 17:11...)(kyk opsomming "lewende siel/wese" onder die studie oor die liggaam), sien ons dat die woord "gees" nie altyd verwys na (letterlike) "asem" (hetsy vd uiterlike of vd innerlike mens) nie, maar ook gebruik word vir die gees wat in die mens se binneste geformeer word...
Dit kan miskien beter deur hierdie diagram verduidelik word:
Onderskei tussen die verskillende "asems":
Daarom is die natuurlike mens se kennis, denke en persepsie anders as die vd geestelike mens - natuurlike mense word gesien as "onder die mag vd bose" (1 Joh. 5:19) en hulle wysheid is 'n wysheid wat vergaan (1 Kor. 2:6), want die natuurlike mens is "vleeslik" en dwaal en "sien" en praat soos die wereld (1 Kor. 2:14; Jak. 3:15; Jud 1:19; Joh. 10:26,27; 1 Joh. 4:5). Maar geestelike mense het die waarheid en "sien" soos die Gees van God (1 Kor. 2:14,15). Geestelike mense is nie onder die mag vd bose nie, want hulle is "uit God" - gebore uit Sy saad (1Jn 5:19) en onder die Here se mag.
Maar die feit dat die geestelike mens die LIG het, beteken egter nie dat hulle nie meer 'n wil het nie; terloops, hulle uiterlike mens is nog nie vernuwe nie! (maar word eers vernuwe met "die opstanding" wanneer Jesus Christus terugkom). Geestelike mense is daarom somtyds vleeslik en bedink nie altyd die dinge vd Here nie (Matt. 16:23; Jak. 3:15) - al het hulle die Gees van God en weet wat is die waarheid, luister hulle nie altyd nie; en hulle ken ook nie altyd die skrifte of die krag van God nie (Mark. 12:24), en dan tree hulle vleeslik op. Om dit beter te verstaan, kan ons kyk na die gelykenis vd saaier. Die eerste groep in die gelykenis vd saaier is duidelik mense wat nie die woord aanneem nie en kan dus nie gesien word as Christene nie, maar die volgende 3 groepe is anders en verwys beslis na gelowiges. Die tweede groep stel mense voor wat wel Christene word, maar hulle kry nie wortel nie en in tyd van verdrukking val hulle af... Die derde groep is ook Christene, ja, maar dorings verstik hulle vrug en hulle verloor vrug, of raak selfs onvrugbaar! Beide die toestand vd tweede en derde groep Christene is gevaarlik, want sommige "val af" en ander kan hulle eendag onvrugbaar bevind wanneer Jesus Christus terugkom (wanneer Hy die vrug kom oes-Jak. 5:7). Dus, nie almal wat die Lig het, lewe in die Lig nie... Die 4de groep is egter die wat in die Here bly en vrug dra (hulle lewe dus in die Lig en kry die regte kos en water wat nodig is om hulle aan die lewe te hou, en hulle bewaar hulle klere).
(Gen 2:7) En die HERE God het
- die mens geformeer uit die stof van die aarde en (VLEES)
- in sy neus die asem van die lewe geblaas. (ASEM)("nesh-aw-maw'")
Sonder "gees" (asem) kan ons nie lewe nie
(Job 34:14) As Hy op Homself ag sou gee, sy
gees ("roo'-akh" -lug, blaas, asem, wind..) en sy
asem ("nesh-aw-maw'" -blaas, asem inspirasie, siel, gees ) na Hom sou terugtrek, (Job 34:15) dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.
Hy gee gees aan alle vlees (mens, dier) - en sonder "gees" of asem, is die vlees dood.
Onderskei tussen:
- (1) GEES (of ASEM) waarsonder niemand kan lewe nie (hetsy letterlike asem waardeur die uiterlike mens lewe, of figuurlik die asem vd Heilige Gees waardeur die innerlike mens lewe), en
- (2) GEES wat in iemand se binneste geformeer word (wat nl. verwys na die INNERLIKE MENS - ook genoem: gees/siel).
(1) "gees vd mens" = ASEM: Wat hierdie gees of asem dus vir ons beteken is dat ons nou lewe - die liggaam lewe en kan funksioneer (die organe en situie werk, lewe in die bloed...). Wanneer die gees of asem terugkeer na God (m.a.w. wanneer die mens sy laaste asem uitblaas) gaan die (uiterlike) mens dood (Mark. 15:37,39; Luk. 23:46; Job 11:20...). Ons kan dus nie sonder hierdie gees of asem (wat Hy in ons inblaas) lewe nie; m.a.w., SONDER GEES IS DIE LIGGAAM DOOD (Jak. 2:26) - (Pred. 12:7 - "en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het"). Dus, wanneer die mens sterf en sy "laaste asem uitblaas", gaan dit terug na God wat dit gegee het (Pred. 12:7) - dit verwys nie na die gees vd mens figuurlik gesproke (sien punt 2) nie, maar verwys na die gees vd mens, LETTERLIK "asem". Vgl. dit met Openb. 11 (wat gaan oor wanneer die 2 getuies doodgemaak is, in die laaste dae...): Openb. 11:11 -"En ná die drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan...". Ook hier sien ons dat die enigste manier hoe hulle liggame (weer) kan lewe is deur 'n gees vd lewe uit God wat in hulle ingaan.
KOM ONS KYK NA 'N PAAR SKRIFTE OOR "DIE GEES VD MENS" (letterlike verwysing = "asem"):.
- Alhoewel die Hebr. woord " nesh-aw-maw' " gewoonlik gebruik word wanneer daar verwys word na "asem", word die Hebr. woord "roo'-akh" ook somtyds hiervoor gebruik, bv. Rig. 15:19 -."Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het teruggekom, en hy het weer opgelewe......" (- dit is die Hebr. woord "roo'-akh", wat beteken "wind, lug, gees", wat somtyds vertaal word as "asem", somtyds as "gees", en ook vertaal word as "lewensasem" (Gen. 6:17; 7:15).
- Waar die woord "asem" in Gen. 2:7 gebruik word, is dit ook die Hebr. woord " nesh-aw-maw'. In Gen 7:22 kan die woord "asem" as enige van hierdie twee Hebr. woorde vertaal word. Wanneer ons dus praat daarvan dat die mens bestaan uit 'n liggaam, siel en gees, dan verwys die woord "gees" hier wel na "asem", maar is beslis ook tweeledig van aard omdat elke mens nie net lewe van hierdie asem nie, maar ook self as " 'n gees " gesien kan word (kyk volgende punt).
- Spr. 20:27 "Die gees van die mens is ‘n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste"...
(2) "gees vd mens" = GEES (in binneste): Somtyds word die mens se gees beskryf as " 'n gees " - dit verwys NIE na 'n ander gees wat in die liggaam ingaan nie, maar is 'n manier om iemand se gees of "siel" te beskryf - m.a.w., wat die toestand is van sy gees. 'n Vb. hiervan kan gesien word in Num 14:24 waar die woorde wat daar gebruik word, " 'n ander gees", nie beteken dat 'n ander gees in hom ingegaan het nie, maar net 'n manier is om te beskryf hoe anders sy gees was as die ander mense se gees: -("Maar my kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg.........."). Sy gees word hier beskryf soos 'n gees wat vashou aan die Here. 'n Persoon se gees kan dus ook na verwys word as " 'n gees". Watter gees het jy?; of anders gestel, hoe kan jou gees beskryf word? Elke mens se gees kan dus aangespreek word as "n gees van vlees" - want ons is vlees (en bloed) - en wanneer die mens sterf is hy 'n "gees sonder vlees en bene" ("gees van afgestorwene"). Moses en Aäron het bv. o.a. vir God genoem "die God vd geeste van alle vlees"! (Num 16:22).
KOM ONS KYK NA 'N PAAR SKRIFTE OOR "DIE GEES VD MENS" (figuurlike verwysing = "gees in binneste"):
- Job_32:18 Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.
- Psa_51:10 (51:12) Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.
- Psa_143:4 En my gees versmag in my, my hart verstyf in my binneste.
- Jes_26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
- Eseg_11:19 En Ek sal hulle een hart gee, en ‘n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ‘n hart van vlees gee,
- Hos_5:4 Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, want daar is ‘n gees van hoerery in hulle binneste, en hulle ken die HERE nie.
- Sag_12:1 Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Is "gees" en "siel" dieselfde?
Wanneer die uiterlike mens dus gevorm word, word daar ook 'n innerlike mens in iemand se binneste gevorm (Sag. 12:1). Bv., wanneer die mens doodgaan, is dit die uiterlike wat sterwe, nie die innerlike nie - na die (eerste) dood wag die innerlike (die mens van binne - "figuurlik" liggaam, siel en gees) vd "natuurlike mens" op die tweede dood (oordeel vd hel), en die innerlike vd "geestelike mens" wag dan op die opstanding (vd uiterlike)(en sal nie deur die tweede dood gaan nie) - in daardie sin is die mens " 'n gees" - 'n "gees van 'n afgestorwene" - wat ook gesien kan word as " 'n siel " (kyk bv. "siel in doderyk" - Ps. 16:10; 49:15, Hand. 2:31 ens.).
In daardie opsig, as ons dink aan die terme uiterlike mens en innerlike mens, word die woord "liggaam" gewoonlik gebruik vir die uiterlike mens - of die woord "siel" somtyds gebruik (die mens as siel);
Maar waarna anders verwys die woord "siel"?, en waarna verwys die woord "gees"? Natuurlik word dit nie altyd gebruik t.o.v. die uiterlike of innerlike mens nie, maar verwys eintlik spesifiek na verskillende dele van die mens! (gaan gerus na die afsonderlike opsommings van liggaam en siel en gees om hierdie beter te verstaan). Die terme "liggaam", "siel" en "gees" verwys dus letterlik elk na iets (uiterlike mens), maar verwys ook figuurlik elk na iets (innerlike mens), bv:
Die uiterlike mens:
- LIGGAAM: Letterlike liggaam - Menslike wese, vleis, bene... (kan vgl. word met grond).
- SIEL: Letterlike siel - Siel in bloed, lewende wese, organe, sintuie... (kan vgl. word met plant).
- GEES: Letterlike "gees" - Asem (kan vgl. word met lig). Wanneer iemand sterf keer hierdie asem terug na God wat dit gegee het (Pred. 12:7), en dit gaan boontoe...(Pred. 3:21).
Die innerlike mens:
- LIGGAAM: Figuurlik liggaam - (natuurlike mens - kinders van Adam - gebore uit Adam se saad)(geestelike mens - kinders van God - gebore uit Sy saad - wedergeborenes)
- SIEL: Figuurlik siel - bloed (natuurlike mens- dood in Adam se bloed - dra vrugte vir die dood)(geestelike mens - - lewe in Jesus Christus se bloed - drug vrugte vir die ewige lewe);
- organe (gedagtes vd hart, oorlegginge ens.);
- sintuie (natuurlike mens "sien" en verstaan soos die wereld, en hoor of luister na die wereld)(geestelike mens "sien" en verstaan soos die Heilige Gees, en luister na die Here)........
- GEES: Figuurlik gees - Asem waardeur die innerlike lewe (of die wereldse gees)(of die Heilige Gees)
Net soos die uiterlike mens nie sonder asem kan lewe nie, net so kan die innerlike mens ook nie sonder asem lewe nie. M.a.w., wanneer die uiterlike mens sterwe en hy sy laaste ASEM uitblaas, en die asem wat God gegee het teruggaan na Hom, dan beteken dit nie die innerlike mens het ook gesterwe nie. Die innerlike mens (die mens van binne) lewe dan nog, en het ook ASEM waardeur hy lewe..., en hy wag dan - i.g.v. die natuurlike mens, op die tweede dood; maar die geestelike mens sal nie deur die tweede dood gaan nie (want hy het die asem van die Heilige Gees..., deur wie hy in bewaring gehou word tot op die dag van verlossing en deur wie hy lewe). In die geval vd natuurlike mens lewe sy innerlike mens deur "die wereldse gees" ("asem")(ook genoem "gees van dwaling")(Ef. 2:2; 1 Joh. 4:6), maar in die geval vd geestelike mens lewe sy innerlike mens deur die Heilige Gees ("asem")(die Gees wat uit God is)(ook genoem "die Gees vd waarheid")(1 Kor. 2:12; 1 Joh. 4:6).
- Die natuurlike mens se innerlike word somtyds as "dood" gesien (Ef. 2:1), nie omdat sy uiterlike en innerlike alreeds dood is nie, maar omdat hy vrugte dra tot die DOOD... Hy het m.a.w. nie die Lig (asem) wat hom vrugte tot lewe kan laat dra nie, en kry ook nie die regte kos en water wat hom aan die lewe hou nie(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html). En hy kan ook nie die geestelike voedsel verwerk nie, want hy het nie die Lig of asem wat nodig is om dit te kan verwerk nie. Die "natuurlike mens" (die gebore uit die saad van Adam) sal dus deur die tweede dood gaan (want hulle dra vrugte vir die dood) (wanneer die uiterlike mens sterwe, kan dit gesien word soos die eerste dood, en die tweede dood kan miskien vgl. word met soos wanneer nie net die liggaam nie maar ook die innerlike mens sterwe - tweede dood verwys na die oordeel vd hel - Openb. 21:8). M.a.w., omdat hulle nie die asem of LIG het van die Heilige Gees nie, kan hulle nie geestelike voedsel verteer nie, en dus nie groei en vrug dra tot lewe nie, maar dra vrugte tot die dood. Die natuurlike mens is uit die wêreld (het 'n gees van dwaling - 1 Joh. 4:6) en praat uit die wêreld (en luister dus nie na die wat uit God is nie, maar na die wat uit die wereld is - luister na die wat die gees van dwaling het)(1 Joh. 4:5,6). Hy wandel volgens die loop van hierdie wêreld (wandel in die begeerlikhede van hulle vlees en doen die wil vd vlees en sinne - verdwaas in die gemoed - Ef. 4:17), volgens die owerste van die mag van die lug (Ef. 2:2,3; 1 Joh. 5:19; 1 Pet. 4:2 - "die wêreld" is onder die mag vd bose)(want hulle het die gees vd wereld, die gees van dwaling) - en word daarom kinders vd ongehoorsaamheid of "kinders vd toorn" genoem (Ef. 2:3)