Wys tans plasings met die etiket tweede dood. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket tweede dood. Wys alle plasings

Vrydag 21 April 2023

Opstanding tot lewe / Opstanding tot veroordeling

Almal sal herlewe, maar nie almal op dieselfde tyd nie en nie almal in dieselfde soort liggame nie. Almal sal ook nie onder dieselfde oordeel val nie;  bv., die wat deel het aan die eerste opstanding aan die einde van "hierdie eeu" is nie onder die mag vd tweede dood nie (maar onder Jesus se mag)(Openb. 20:6), terwyl die wat herlewe aan die einde vd "volgende eeu" na Jesus se 1000 jaar regering, sal val onder 'n ander oordeel... (Openb. 20:11-15). 

Opstanding of herlewing gaan gewoonlik gepaard met OORDEEL;  bv.,  die wat deel het aan die opstanding wanneer Jesus terugkom (aan die einde van "hierdie eeu"), sal voor DIE REGTERSTOEL VAN CHRISTUS verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10), en die wat deel het aan die herlewing van dooies aan die einde vd "volgende eeu" (na Jesus Christus se 1000 jaar regering), sal voor die WIT TROON oordeel verskyn (Openb. 20:11,5).

Daar is verskillende opstandings en herlewings, en elkeen geskied op 'n ander tyd en word verskillend geoordeel... 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OPSOMMING VAN OPSTANDINGS/HERLEWINGS:

(Neem kennis dat die begrip "opstanding" gewoonlik gebruik word wanneer daar na kinders vd koninkryk verwys word wat opstaan uit die dood;  terwyl die begrip "dooies herlewe" weer gewoonlik gebruik word vir die wat nie aan die koninkryk van God behoort nie...). 

(1) Jesus was die eerste wat opgestaan het uit die dood (Kol. 1:18 - "En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees")(Hand. 2:27; Mark. 16:9)(Hy het opgestaan in 'n soort liggaam wat onverganklik is - Hand. 13:34);  

(2) die volgende groep was die wat opgestaan het kort nadat Jesus opgestaan het (bv O.T. heiliges en/of die wat in ditto tyd as Jesus gelewe het maar doodgegaan het - ons weet nie presies na wie almal hierdie verwys nie...)(Matt. 27:52,53 - "en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn");  

(3) die volgende twee groepe is die wat opstaan wanneer Jesus terugkom (aan die einde van "hierdie eeu")(1Thess. 4:16 - "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan"), nl. (1) "die opstanding tot lewe" en (2) "die opstanding tot veroordeling   - hierdie twee "opstandings" verwys almal na "kinders vd koninkryk" en moenie verwar word met die opstanding aan die einde van die volgende eeu nie. Die wat opstaan aan die einde van "hierdie eeu" sal voor die regterstoel van Christus verskyn (sommige sal opstaan tot lewe en sommige tot veroordeling).

(4)  dan die wegraping. Die wegraping moet gesien word as deel van "die opstanding" waarna verwys word in punt 3 (die Skrif leer dat die opstanding eerste gaan plaasvind en daarna die wegraping... 1Thess. 4:16,17). Aan die einde van hierdie eeu, wanneer Jesus terugkom, sal die wat in Hom gesterf het opstaan; en daarna sal die wat in Hom glo maar nog in die lewe is, se liggame ook verander word... (wat ons ken as "die wegraping") - net soos wat die wat opgestaan het nuwe liggame gekry het, sal hierdie kinders vd koninkryk dan ook nuwe liggame kry (1 Kor. 15:50-58). (1Thess. 4:16 - "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees").

(5)  Die laaste groep is aan die einde van die "volgende eeu" (m.a.w., aan die einde van Jesus se 1000-jaar Ryk) - die ander "dooies sal dan herlewe" en voor die WIT TROON verskyn om geOORDEEL te word... Tipies verwys hierdie groep wat voor die wit troon oordeel verskyn nie na die wat opstaan aan die einde van "hierdie eeu" (met die begin vd 1000 jaar)(kyk punt 3 n 4) nie (want hulle sal voor die regterstoel van Christus verskyn - hierdie groep verwys na "die ander dooies" (m.a.w., die wat nie opstaan wanneer Jesus terugkom nie)(Openb. 20:4,5).  Hierdie groep verwys dus ook na die wat sal doodgaan het aan die einde vd "volgende eeu"...;  en kan moontlik ook verwys na die wat opgestaan het "tot veroordeling" onder punt 3 (Openb. 20:11-15 - "En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp")(Openb. 20:5).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die verskil tussen die "opstanding tot lewe" en "die opstanding tot veroordeling":

Beide hierdie twee opstandings verwys na die tyd van "DIE OPSTANDING" aan die einde van "hierdie eeu" (wanneer Jesus terugkom), maar daar is 2 OPSTANDINGS wat onder hierdie "opstanding" val (nl. "die opstanding tot lewe, en die opstanding tot veroordeling). Alhoewel kinders van die koninkryk deel het aan die "eerste opstanding" en die tweede dood dus geen mag het oor hulle nie, het Jesus mag oor hulle!  Hy sal besluit wie ingaan in Sy koninkryk, en wie nie...  Hy besluit wie Hy opwek tot lewe, en wie nie... Hierdie is bv. die tyd wanneer Hy die regverdiges en geregtiges gaan skei van die onregverdiges en ongeregtiges. M.a.w., nie almal wat behoort aan die koninkryk van God/hemele sal uiteindelik ingaan nie.  Jesus het geleer dat die wat goed gedoen het sal OPSTAAN TOT LEWE, maar die wat kwaad gedoen het sal OPSTAAN TOT VEROORDELING...   (Joh 5:27-29 - "En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling"). L.w. dat hierdie nie 'n lering is wat sekere kerke uitgedink het om die genade boodskap tot niet te maak nie!, maar is iets wat Jesus self geleer het en het dit ook op ander maniere in vele gelykenisse vir ons verduidelik. O.a. het Hy die koninkryk vd hemele voorgestel soos 'n net wat in die see gegooi word (Mat 13:47-50) en van elke soort bymekaar bring (Matt. 13:48-50 - "en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande").

- (a) "DIE OPSTANDING TOT (ewige) LEWE" (verwys na die opstanding vd regverdiges in die koninkryk van God/m.a.w., DIE GOEIE VISSE)(hulle sal opstaan in verheerlikte/onverganklike liggame - soos die soort liggaam waarin Jesus opgestaan het), en      

- (b) "DIE OPSTANDING TOT VEROORDELING" (verwys na die opstanding vd onregverdiges in die koninkryk van God/m.a.w., DIE SLEGTE VISSE). Die wat opstaan tot veroordeling, word veroordeel... - onder hierdie groep val bv. die wat sonder vrug is asook die bokke - die koring sal van die kaf geskei word (die Here sal Sy dorsvloer skoonmaak-Mark. 3:12; Luk. 3:17), en die skape (barmhartiges) van die bokke (onbarmhartiges) geskei word (Matt. 25)....  In ditto tyd sal die Here ook al die struikelblokke of ingesluiptes uit Sy koninkryk verwyder, nl. die onkruid (die valses - valse broeders, valse profete, valse leraars / die ongeregtiges) sal van die koring geskei word... (Matt. 13:24-30,36-43).

Vrydag 17 Desember 2021

Wat gebeur met DIE MENS wanneer hy doodgaan? (1)

In hierdie pos kyk ons na watter faktore bepaal wat met die mens gebeur wanneer hy doodgaan.  
Vir 'n dagstukkie oor wat met die mens gebeur wanneer hy doodgaan, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/wat-gebeur-met-die-mens-wanneer-hy.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OM TE VERSTAAN WAT MET DIE MENS GEBEUR WANNEER HY DOODGAAN, MOET ONS ONDERSKEI TUSSEN:
(1) die uiterlike mens en die innerlike mens 
(m.a.w., wat gebeur met die uiterlike mens wanneer iemand sterwe?, en wat gebeur met sy innerlike mens wanneer hy sterwe?);
(2) ons moet ook onderskei tussen die natuurlike mens en die geestelike mens
(want die dood is anders vir "natuurlike mense" as vir "geestelike mense" (wedergeborenes - die wat saligheid/redding ontvang), en dit bepaal ook waarnatoe iemand gaan wanneer hy/sy doodgaan.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Inleiding:
Die mens het 'n groot VYAND nl. "DIE DOOD" - alle mense wat uit vlees/bloed gebore is (m.a.w.," natuurlike mense"), gaan dood want hulle is in sonde gebore (Ps. 51:7)(hulle is soos slawe van sonde - hulle ouers was "slawe van sonde", so hulle is as "slawe" gebore)-     en die loon vd sonde is DIE DOOD! (1 Kor. 15:56).   Dit is o.a. om hierdie rede waarom mense saligheid nodig het...

Ons moet egter verstaan dat "dood" nie oral verwys na wanneer die uiterlike sterwe nie, maar daar is ook 'n "TWEEDE DOOD" (wat eintlik deel is van "doodgaan")(Openb. 2:11; 20:6,14; 21:8; 1 Kor. 15:26)(ook genoem die "oordeel vd hel", ook genoem "ewige oordeel", ook genoem "poel van vuur" -Openb. 21:8; 20:14; Matt. 23:33;2 Pet. 2:4; Mark. 3:29; Hebr. 6:2; Judas 1:6; Openb. 20:10,14,15). Die dood self is 'n OORDEEL op die mens (Gen. 2:16,17; 3:19; Joh. 18:31l Hebr. 9:27) - almal gaan dood, maar wanneer ons doodgaan (en na stof terugkeer) is dit die uiterlike wat sterwe, nie die innerlike nie - die innerlike wag dan op die tweede dood...;  tensy iemand redding ontvang het! (Openb. 2:11; 20:6; Joh. 3:15 ens.).

DIE MENS is tweeledig van aard en is nie net:
- uiterlik mens (letterlik liggaam, siel en gees)(word somtyds bloot daarna verwys as "liggaam") nie, maar het ook 'n
- innerlike (figuurlik liggaam, siel en gees)(word somtyds bloot daarna verwys as "siel"/mens se gees) 
(2 Kor. 4:16; 5:12; Rom. 7:22; Ef. 3:16). 

As ons dus wil weet wat met die mens gebeur wanneer hy doodgaan, moet ons nie net kyk na wat met sy uiterlike gebeur nie, maar ook na wat met sy innerlike gebeur? Ook moet ons onderskei tussen natuurlike en geestelike mense, want die geestelike mens se lot het verander.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) 
Ons weet dat wanneer die mens doodgaan dit sy uiterlike is wat sterwe en terugkeer na stof...(Gen. 3:19; Job 10:9; 34:15; Ps. 90:3; Ecc. 12:7), maar wat gebeur dan met die innerlike mens (die mens van binne/die mens se gees)?  Die mens is verganklik (Ps. 39:5; 90:9,10; Job 14:1,2; Jak. 4:14; 1 Kor. 15:53) - hierdie verwys nie net na die uiterlike mens wat doodgaan nie maar ook na die innerlike mens, want beide sal "doodgaan" as iemand nie saligheid ontvang nie  - maw nie net verwysend na "die dood" nie, maar ook na die "tweede dood"... 

Die "uiterlike mens" is die deel vd mens wat ons kan sien;  die innerlike mens is die deel vd mens wat ons nie kan sien nie (soos 'n "spook", 'n gees / die mens se gees/ mens in die verborgene)(is in die binneste vd mens gevorm - Sag. 12:1)(kyk ook tema "geeste van alle vlees").  Alhoewel ons nie die innerlike met die blote oog kan sien nie, is dit logies dat ons elkeen 'n innerlike het want ons kan dink, besluite neem, het 'n gewete, ens.  Hierdie "innerlike mens" verlaat die liggaam wanneer die mens doodgaan en gaan na 'n plek waar dit in bewaring gehou word (Luk. 16:19-31):  
-of vir die opstanding (maw in geval vd "geestelike mens"-1 Pet. 1:23, en hulle sal ook nie deur die tweede dood gaan nie...)(Openb. 21:4; 20:6), 
- of vir die tweede dood (maw in geval vd "natuurlike mens" - "ewige oordeel"/"poel van vuur")(Openb. 21:8; 20:13,14). 

Die mens is dus soos 'n "gees" (innerlike mens, word ook somtyds bloot na verwys as "siel") met vlees en bene ("liggaam" - uiterlike mens), maar wanneer hy doodgaan is hy soos 'n gees sonder vlees en bene... (vgl. dit met die temas van "geeste van afgestorwenes" of "spoke")(Luk. 19:31; 20:6; Jes. 8:19; Luk. 24:39). M.a.w., wanneer die MENS DOODGAAN  (m.a.w, wanneer die LETTERLIKE liggaam, siel en gees, nl uiterlike mens  sterwe -  asem gaan uit, liggaam werkinge stop, lewe in bloed kom tot stilstand, hart stop ens.)(liggaam keer terug na stof...), dan is die mens soos 'n "gees sonder vlees en bene" ((daar word gewoonlik hierna verwys as "iemand gaan hemel of hel toe"..., wat beteken dat sy innerlike mens (die siel) die uiterlike mens (die liggaam) verlaat en die liggaam vergaan in die graf en die siel gaan of hemel of hel toe...;  alhoewel sommige geleerdes verskil oor presies waarnatoe, maar waaroor die Skrif wel duidelikheid ge, is dat die wat aan die Here behoort na 'n ander plek toe gaan as die wat nie aan Hom behoort nie).  (Heb 9:27)  "En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel".

NS: "wanneer die mens doodgaan , verlaat sy gees die liggaam"...:
- Ons moet verstaan dat die begrip "gees" hier nie net verwys na letterlike asem ("lig" - waardeur iemand 'n lewende siel is)(of asem wat bv. uitgaan wanneer die mens doodgaan - Ps. 146:4) nie, maar die begrip verwys ook na "die mens se gees" (ook genoem "siel") - maw die "gees wat in iemand se binneste gevorm word" (Sag. 12:1; Job 32:18; Jes. 26:9 ens.)(wat ook genoem word "die innerlike mens" -2 Kor. 4:16; 5:12, of  "gees in binneste" -Job 32:18..., of "siel" - amper soos die mens in die "verborgene" -Ps. 51:6; Matt. 6:4,6; Rom. 2:29).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)
Ons moet ook onderskei tussen die NATUURLIKE MENS en die GEESTELIKE MENS, want alhoewel almal sterwe (uiterlike gaan dood en verderf, en keer terug na stof), wag die innerlike op:
- in die geval vd natuurlike mens, op die (ewige) OORDEEL;
- en in die geval vd geestelike mens, op die OPSTANDING (vd uiterlike mens - nuwe liggaam);  en die wat die opstanding tot lewe verkry, sal ook nie deur die tweede dood gaan nie (hulle het die ewige lewe!). 

Elke NATUURLIKE MENS (die gebore uit vlees en bloed, uit Adam se saad, is gebore in sonde) sal doodgaan (dood van uiterlike sowel innerlike) - wanneer die uiterlike mens sterwe dan wag sy innerlike mens op die tweede dood. Alhoewel die innerlike mens dan nog nie dood is nie, is die natuurlike mens se innerlike anders as die geestelike mens s'n, en word somtyds ook figuurlik beskryf asof "dood" (want die natuurlike het bv. nie die asem vd Heilige Gees waardeur sy innerlike lewe nie, maar het die "gees vd wereld")(en het ook nie die geestelike kos en water, nl. die Here en Sy woord en Sy Gees, wat die innerlike aan die lewe hou nie...) - en is daarom bestem vir die ewige oordeel, nl. die "tweede dood" / poel van vuur. 

Maar die innerlike vd geestelike mens is anders, en word eerder beskryf as lewend! (want hy het die asem vd Heilige Gees wat hom laat lewe en het die geestelike kos en water wat hom aan die lewe hou...) - daarom word geestelike mense beskryf as mense wat alreeds die ewige lewe het (1 Joh. 5:12; Joh. 6:47 ens.)(alhoewel dit eers na regte volbring word in die opstanding). 


Elke GEESTELIKE MENS (die gebore uit Gees)(die nuwe mens) sal ook doodgaan (uiterlik sterwe, want elkeen sondig), maar sy innerlike mens LEWE! (en hy het die belofte van 'n nuwe uiterlike eendag - "sal opstaan tot lewe") - is weer gebore, nie uit die saad van 'n mens nie, maar uit die saad van God).  Hy het die ASEM vd Heilige Gees waardeur hy lewe en hy het die regte soort geestelike kos en water wat hom aan die lewe hou... (word in bewaring gehou deur die Gees). Die geestelike mens se lot het verander! - want, alhoewel eens bestem vir (ewige)oordeel, het hy/sy nou saligheid en die belofte van opstanding (sal 'n nuwe uiterlike kry - opstaan in nuwe liggaam  - oorwin die dood), en oor diesulkes (wat opstaan tot lewe - ook genoem "eerste opstanding") het die tweede dood geen mag nie! (want hulle LEWE - wat nie net verwys na die innerlike wat lewe nie, maar ook die uiterlike sal weer lewe...). 
- Openb. 2:11  "Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie".
- Openb. 20:6  "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank"

Dus, "die dood" is beslis anders vir natuurlike mense ('n begrip wat eintlik verwys na alle mense - maw die gebore uit 'n mens, die gebore uit die saad van Adam) as wat dit is vir geestelike mense (wedergeborenes), want wedergeborenes (wat GERED is!) word deur die Gees in bewaring gehou tot die dag van verlossing... - Ef. 4:30 - hulle is soos verseeldes wat gered gaan word terwyl die ander nie gered gaan word nie.  "Natuurlike mense" het nie die Gees van God nie (daarom neem hulle bv nie die dinge vd Gees van God aan nie... - 1 Kor. 2:14). Alhoewel "geestelike mense" ook gebore was as natuurlike mense, is hulle wederbaar (en word nou eerder gesien soos mense wat "gebore is uit God se saad") - hulle lot is verander! (Hos. 13:14; Luk. 21:28; Rom. 8:11,23; 1 Kor. 15:54).