Wys tans plasings met die etiket dooies sal herlewe. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket dooies sal herlewe. Wys alle plasings

Vrydag 21 April 2023

Opstanding tot lewe / Opstanding tot veroordeling

Almal sal herlewe, maar nie almal op dieselfde tyd nie en nie almal in dieselfde soort liggame nie. Almal sal ook nie onder dieselfde oordeel val nie;  bv., die wat deel het aan die eerste opstanding aan die einde van "hierdie eeu" is nie onder die mag vd tweede dood nie (maar onder Jesus se mag)(Openb. 20:6), terwyl die wat herlewe aan die einde vd "volgende eeu" na Jesus se 1000 jaar regering, sal val onder 'n ander oordeel... (Openb. 20:11-15). 

Opstanding of herlewing gaan gewoonlik gepaard met OORDEEL;  bv.,  die wat deel het aan die opstanding wanneer Jesus terugkom (aan die einde van "hierdie eeu"), sal voor DIE REGTERSTOEL VAN CHRISTUS verskyn (Rom. 14:10; 2 Kor. 5:10), en die wat deel het aan die herlewing van dooies aan die einde vd "volgende eeu" (na Jesus Christus se 1000 jaar regering), sal voor die WIT TROON oordeel verskyn (Openb. 20:11,5).

Daar is verskillende opstandings en herlewings, en elkeen geskied op 'n ander tyd en word verskillend geoordeel... 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OPSOMMING VAN OPSTANDINGS/HERLEWINGS:

(Neem kennis dat die begrip "opstanding" gewoonlik gebruik word wanneer daar na kinders vd koninkryk verwys word wat opstaan uit die dood;  terwyl die begrip "dooies herlewe" weer gewoonlik gebruik word vir die wat nie aan die koninkryk van God behoort nie...). 

(1) Jesus was die eerste wat opgestaan het uit die dood (Kol. 1:18 - "En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees")(Hand. 2:27; Mark. 16:9)(Hy het opgestaan in 'n soort liggaam wat onverganklik is - Hand. 13:34);  

(2) die volgende groep was die wat opgestaan het kort nadat Jesus opgestaan het (bv O.T. heiliges en/of die wat in ditto tyd as Jesus gelewe het maar doodgegaan het - ons weet nie presies na wie almal hierdie verwys nie...)(Matt. 27:52,53 - "en die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan. En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn");  

(3) die volgende twee groepe is die wat opstaan wanneer Jesus terugkom (aan die einde van "hierdie eeu")(1Thess. 4:16 - "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan"), nl. (1) "die opstanding tot lewe" en (2) "die opstanding tot veroordeling   - hierdie twee "opstandings" verwys almal na "kinders vd koninkryk" en moenie verwar word met die opstanding aan die einde van die volgende eeu nie. Die wat opstaan aan die einde van "hierdie eeu" sal voor die regterstoel van Christus verskyn (sommige sal opstaan tot lewe en sommige tot veroordeling).

(4)  dan die wegraping. Die wegraping moet gesien word as deel van "die opstanding" waarna verwys word in punt 3 (die Skrif leer dat die opstanding eerste gaan plaasvind en daarna die wegraping... 1Thess. 4:16,17). Aan die einde van hierdie eeu, wanneer Jesus terugkom, sal die wat in Hom gesterf het opstaan; en daarna sal die wat in Hom glo maar nog in die lewe is, se liggame ook verander word... (wat ons ken as "die wegraping") - net soos wat die wat opgestaan het nuwe liggame gekry het, sal hierdie kinders vd koninkryk dan ook nuwe liggame kry (1 Kor. 15:50-58). (1Thess. 4:16 - "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees").

(5)  Die laaste groep is aan die einde van die "volgende eeu" (m.a.w., aan die einde van Jesus se 1000-jaar Ryk) - die ander "dooies sal dan herlewe" en voor die WIT TROON verskyn om geOORDEEL te word... Tipies verwys hierdie groep wat voor die wit troon oordeel verskyn nie na die wat opstaan aan die einde van "hierdie eeu" (met die begin vd 1000 jaar)(kyk punt 3 n 4) nie (want hulle sal voor die regterstoel van Christus verskyn - hierdie groep verwys na "die ander dooies" (m.a.w., die wat nie opstaan wanneer Jesus terugkom nie)(Openb. 20:4,5).  Hierdie groep verwys dus ook na die wat sal doodgaan het aan die einde vd "volgende eeu"...;  en kan moontlik ook verwys na die wat opgestaan het "tot veroordeling" onder punt 3 (Openb. 20:11-15 - "En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En die see het die dode gegee wat daarin was, en die dood en die doderyk het die dode gegee wat daarin was; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke. En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp")(Openb. 20:5).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die verskil tussen die "opstanding tot lewe" en "die opstanding tot veroordeling":

Beide hierdie twee opstandings verwys na die tyd van "DIE OPSTANDING" aan die einde van "hierdie eeu" (wanneer Jesus terugkom), maar daar is 2 OPSTANDINGS wat onder hierdie "opstanding" val (nl. "die opstanding tot lewe, en die opstanding tot veroordeling). Alhoewel kinders van die koninkryk deel het aan die "eerste opstanding" en die tweede dood dus geen mag het oor hulle nie, het Jesus mag oor hulle!  Hy sal besluit wie ingaan in Sy koninkryk, en wie nie...  Hy besluit wie Hy opwek tot lewe, en wie nie... Hierdie is bv. die tyd wanneer Hy die regverdiges en geregtiges gaan skei van die onregverdiges en ongeregtiges. M.a.w., nie almal wat behoort aan die koninkryk van God/hemele sal uiteindelik ingaan nie.  Jesus het geleer dat die wat goed gedoen het sal OPSTAAN TOT LEWE, maar die wat kwaad gedoen het sal OPSTAAN TOT VEROORDELING...   (Joh 5:27-29 - "En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling"). L.w. dat hierdie nie 'n lering is wat sekere kerke uitgedink het om die genade boodskap tot niet te maak nie!, maar is iets wat Jesus self geleer het en het dit ook op ander maniere in vele gelykenisse vir ons verduidelik. O.a. het Hy die koninkryk vd hemele voorgestel soos 'n net wat in die see gegooi word (Mat 13:47-50) en van elke soort bymekaar bring (Matt. 13:48-50 - "en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande").

- (a) "DIE OPSTANDING TOT (ewige) LEWE" (verwys na die opstanding vd regverdiges in die koninkryk van God/m.a.w., DIE GOEIE VISSE)(hulle sal opstaan in verheerlikte/onverganklike liggame - soos die soort liggaam waarin Jesus opgestaan het), en      

- (b) "DIE OPSTANDING TOT VEROORDELING" (verwys na die opstanding vd onregverdiges in die koninkryk van God/m.a.w., DIE SLEGTE VISSE). Die wat opstaan tot veroordeling, word veroordeel... - onder hierdie groep val bv. die wat sonder vrug is asook die bokke - die koring sal van die kaf geskei word (die Here sal Sy dorsvloer skoonmaak-Mark. 3:12; Luk. 3:17), en die skape (barmhartiges) van die bokke (onbarmhartiges) geskei word (Matt. 25)....  In ditto tyd sal die Here ook al die struikelblokke of ingesluiptes uit Sy koninkryk verwyder, nl. die onkruid (die valses - valse broeders, valse profete, valse leraars / die ongeregtiges) sal van die koring geskei word... (Matt. 13:24-30,36-43).