Wys tans plasings met die etiket spotters. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket spotters. Wys alle plasings

Saterdag 01 Januarie 2022

Die boek van Judas (2)(ingesluip / ongebonde)

 Vir die eerste deel van hierdie boek bybelstudie, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2021/12/die-boek-van-judas.html

____________________________________________________________________________________

(1) mense wat INGESLUIP het (ingesluip het in die kerk of onder die kinders van God)(v.4):

hulle word o.a. in v.12 "skandvlekke" in die kinders vd koninkryk se liefdesmaaltye genoem, mense wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer...)(vgl. dit ook met v.13 - mense wat "hulle eie skandes laat opskuim" soos woeste golwe vd see).  Hier sien ons dat hierdie "spotters" verwys na mense wat onder die kinders vd koninkryk beweeg en saam fees hou en eet ens., maar het "ingesluip".  In v. 4 hier word hulle ook GODDELOSE MENSE genoem (die begrip "goddelose" verwys na mense wat "verkeerd doen" - die wat nie die Here vrees maar "doen wat hulle wil"-Jud. 1:18)  ('n goeie vb in die Skirf van "goddelose mense" is Korag se bende..., Num. 16 - l.w. ook die verwysing na Korag hier in Judas 1 v.11! - Korag e.a. het 'n klomp manne van Israel bymekaar vergader om saam met hulle op te staan teen Moses en Aaron... - lees gerus wat hierdie mense se uiteinde was in Num. 16; vgl. met Jud. 1:6,7). 'n Ander vb wat in die Skrif genoem word van mense wat "ingesluip" het, is VALSE BROEDERS (Gal. 2:4), en in daardie gedeelte sien ons dat hierdie mense teen die apostels gepreek het;    nog 'n vb van "valse broeders" in die Skrif is 2 Kor. 11:26 (waar die apostel Paulus praat van hoe hy gely het o.a. in gevare onder valse broeders...) - ons sien dat "valse broeders" baiemaal die rede is waarom opregtes ly, bv dat hierdie valses in opstand kom teen die waarheid wat gepreek word deur die opregte en ander opregtes te mislei om die leuen te glo, of veroorsaak dat mense in opstand kom teen die opregte wat die waarheid verkondig deur die opregte bv. vals aan te kla, leuens oor hom te versprei, voor te gee dat hy lieg ens. ( maw soos 'n VERLEIER! - vgl. dit met die valse leraars waarna in hierdie hfst ook verwys word...  - 'n verleier is iemand wat leuens verkondig en iemand vals aankla sodat mense liewer in hom glo as in dit wat verkondig word). Ons sien hierdie mense baiemaal in die kerk - mense wat in opstand kom teen die waarheid en ander probeer beinvloed om die leuen te glo, of mense opsweep teen 'n opregte.... Vgl. hierdie ook met bg Korag se bende..., waar hulle in opstand kom teen die gesalfdes vd Here. Mense wat so "insluip" in die kerk, word ook baiemaal geken aan die feit dat hulle SPOTTERS is! (vgl. met v. 18, asook 2 Pet. 3:3-5)(mense wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en spot oor ware feite). Ons kan hierdie miskien ook nog vgl. met die tema van "ONKRUID" (mense wat deur die bose onder die "koring"/kinders vd koninkryk gesaai word. Onkruid lyk soos koring maar is nie - wanneer jonk lyk hulle ditto, dis eers wanneer in vrug wanneer dit sigbaar word wat/wie is koring en wat/wie is onkruid - "onkruid" word o.a. "struikelblokke" genoem in Matt. 13-is eintlik "kinders vd bose"!, Matt. 13:38. Dit is nie altyd maklik, of nie altyd onmiddellik duidelik wie is koring en wie is onkruid nie, want somtyds word koring verlei en dan praat hulle of tree hulle op net soos hierdie valses.  Dit is dan ook om hierdie rede wat onkruid nie nou al verwyder word onder die koring nie (maar eers wanneer Jesus terugkom)..., sodat die koring nie saam met die onkruid uitgetrek word nie. Met die tyd, wanneer vrug gesien word, word dit wel duidelik wie is koring en wie is onkruid (bv., valse profete dra "slegte vrug"...).   HIERDIE MENSE BEWEEG ONDER DIE KINDERS VD KONINKRYK, NEEM DEEL AAN HULLE FEESTE, EET SAAM ENS...,  MAAR HULLE IS VALS - EN KOM IN OPSTAND TEEN DIE WAARHEID, PROBEER OM GELOWIGES TE LAAT STRUIKEL, EN MAAK ANDER OPSTANDIG TEEN DIE WAT DIE WAARHEID VERKONDIG. 

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 
(2) mense WAT DIE GENADE VAN GOD VERANDER IN ONGEBONDENHEID(v.4):
(vir 'n volledige opsomming oor die begrip "ongebondenheid", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2022/01/ongebondenheid.html).

Die woord "verander" in v.4 is hier die Griekse woord "met-at-ith'-ay-mee" (soos om kant te kies, draai na die ander kant/verander). Die woord "ongebondenheid" hier is die Griekse woord "as-elg'-i-a" (vuil, begeertes veral igv seksuele, kan nie jouself beheer). Daar is sowat 7 skrifte in die Bybel waar die woord "ongebondenheid" voorkom, en word in meeste gevalle gebruik in konteks met owerspel, hoerery, allerhande onreinheid ens. (2 Kor. 12:21; Gal. 5:19; Ef. 4:19; 2 Pet. 2:18)(Rom. 13:13). In hierdie geval van Jud. 1:4 verwys ongebondenheid ook na die wat onreinheid bedryf en hulleself nie kan beheer nie.  Christene moet nie soos vroeer "volgens die wil vd heidene lewe" of "volgens die begeerlikhede van  mense" nie, maar volgens die wil van God (1 Pet. 4:2,3). (Ef. 4:17-19 - "Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie—  mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe"). Hierdie opdrag is belangrik in die kerk, want wanneer daar nie meer van Christene verwag word om te leef volgens die wil vd Here nie, dan is dit net nog moeiliker om te onderskei tussen die valses en opregtes (en beslis is koring se saligheid in gevaar sou hulle draai na die ander kant toe! - 1 Kor. 6:10).  Wanneer iemand onder die kinders vd koninkryk die genade van God verander in ongebondheidheid (maw, leef soos mense wat draai na die ander kant toe, en nie lewe volgens die wil van God nie maar volgens hulle eie begeertes), het so 'n Christen homself tipies blootgestel om verkeerd verstaan te word!, want die feit dat hy nie volgens die wil vd Here lewe nie kan moontlik 'n bewys wees dat hy 'n "INGELSUIPTE" is;  alhoewel dit kan moontlik bloot beteken dat hy ongehoorsaam is!, en sou hy weier om hom af te keer van sy ongebondheidheid is hy besig om te stap in sonde tot die dood... Daarom kan ons nie alle ongehoorsames soos valses hanteer nie. Maar wat die "ingesluiptes" aanbetref, is hulle beslis mense wat nie die wil van God doen nie maar leef soos die heidene en volgens die begeerlikhede van mense... (vgl. dit ook met punt 11, "mense wat SINNELIK is"). Volgens Rom. 2:24 is dit hierdie mense in die kerk (wat o.a. onrein lewe) wat veroorsaak dat die Naam van God onder die heidene gelaster word (wanneer hulle lewens nie verskillend lyk van die heidene s'n nie). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 28 Desember 2021

Die boek van Judas

In die boek van Judas word gelowiges aangemoedig om "kragtig te stry vir die geloof" (Jud. 1:3) en te onthou hoe die apostels gewaarsku het dat daar in die laaste dae SPOTTERS sal wees wat volgens hulle eie goddelose begeerlikhede wandel (Jud. 1:17,18). 

Vir die 2de deel van hierdie boek bybelstudie, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2022/01/die-boek-van-judas-2ingesluip-ongebonde.html).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Judas 1 kan vgl. word met 2 Pet. 2 en 3, waarin baie soortgelyke woordgebruik voortkom (2Pe 3:3 - "Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel"). Die woord "spotters" hier is die Gr. woord "emp-aheek-tace'" (iemand wat bespot, spotter), wat veral verwys na 'n valse leraar of iemand wat spot met iemand anders...; bv iets in 'n gemene manier sê, 'n onliefdevolle opmerking maak of gemeen optree ens.  Voor Jesus se kruisdood het Hy hierdie selfde soort gemeenheid beleef van die wat Hom BESPOT het (Matt. 20:19; Mark. 10:34) - ons sien ook dat "spot" gewoonlik gepaardgaan met sekere ander optredes, bv. hulle het Hom gegésel en op Hom gespuug... (Mark. 10:34)(tipiese optrede van haters). Daar is ook leuens oor Hom versprei en valse getuienis teen Hom gegee (Matt. 26:59,60) en teen Hom geplot... (Matt. 26:4). 

SPOTTERS tree baie onbarmhartig op en is niks anders as "bullies" nie! Maar na wie presies verwys hierdie "spotters" in Judas 1 en 2 Pet. 2 en 3?  In Judas 1 word daar na hierdie mense o.a. verwys as "ingesluiptes" -  hulle beweeg onder die kinders vd koninkryk, maar is nie werklik kinders vd koninkryk nie... Ons moet verstaan dat die "spotters" na wie hier verwys word in Judas 1 verwys na 'n spesifieke groep van spotters. Bv., daar is baiemaal mense wat agter ander aan spot... - hulle is soos onwetendes (bv. die wat opgesweep was om vir Jesus te kruisig - baie van hulle het dit onwetened gedoen. Hulle het nie die waarheid oor Jesus geken nie, maar was mislei deur die leuens te glo wat oor Jesus en die waarheid versprei is). Baiemaal is spotters bloot mense wat agter ander aan spot, onwetendes wat die leuen glo. Die spotters in Judas 1 verwys egter nie na onwetendes (wat spot) nie, maar na WETENDES! (wat spot) - mense wat goed weet wat is die waarheid maar daaroor spot;  mense wat goed weet wanneer iemand deur die Here gestuur is maar met of oor daardie persoon spot sodat mense nie na hom luister of in sy woorde glo nie... (soos valse leraars en valse broeders)(vgl. hierdie gerus ook met die temas van kwaadspreek en laster, want dit is tipiese tekens van verleiers).  

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------  

Judas verwys na hierdie "spotters" as o.a. die volgende:

(1) mense wat INGESLUIP het in die kerk (v.4);

(2) die wat die genade van God verander in ongebondenheid (v.4);

(3) mense wat vgl. kan word met DIE WAT HULLE EIE BEGINSEL NIE BEWAAR NIE (v.6); 

(4) mense wat vgl. kan word met DIE WAT AGTER VREEMDE VLEES AAN HOEREER (v.7), of DIE VLEES IN HULLE DROMERYE BESOEDEL (v.8). 

(5) mense wat DIE HEERSKAPPY VERAG (v.8).

(6) mense wat DIE HEERLIKE WESENS LASTER (v.8), en word gesien as LASTERAARS (en belaster alles wat hulle nie ken nie)(v.10,15). 

(7) mense wat SOOS WATERLOSE WOLKE IS (v.12)(wat "deur winde rondgedrywe word"); 

(8) mense wat soos bome in die nasomer is, SONDER VRUGTE (v. 12).

(9) mense wat TWEE MAAL GESTORWE EN ONTWORTEL IS (v.12).

(10) mense wat DWAAL (v.13)(soos "dwaalsterre" - v.13, vir wie die donkerheid vd duisternis vir ewig bewaar word)(spreek harde woorde teen die Here);

(11) mense wat SINNELIK is (soos "natuurlike" mense)(die begrip "natuurlike mense" word gewoonlik gebruik van almal wat uit Adam gebore is, hulle is nie wedergebore nie en het nie die Gees nie, en dink en "sien" dus soos die wereld). Vgl. dit met v.10 - hulle verstaan alles op 'n natuurlike wyse (soos redelose diere); 

(12) mense wat NIE DIE GEES HET NIE (v.18)(omdat hulle nie die Gees het nie, kan hulle nie werklik gesien word as kinders van God nie, al beweeg hulle onder die kinders van God...)(Rom 8:14 - "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God"). 

(13) mense wat MURMUREERDERS is (v.16)(kla oor hulle lot, en wandel volgens eie begeerlikhede - v.16);

(14) mense wat TROTSE WOORDE SPREEK (v.16)(terwyl hulle mense vlei ter wille van voordeel - v.16); 

(15) mense wat SKEURING MAAK (v.19)(hulle het nie die Gees nie en "sien" dus verkeerd, en veroorsaak dus skeuringe in die kerk) 

(16) mense wat vgl. kan word met ONGELOWIGES (v.5)(soos die ONGELOWIGES onder die volk wat uit Egipte gekom het); 

(17) mense WAT DIE HERE JESUS CHRISTUS VERLOëN (v.4)(net soos die engele wat hulle woning verlaat het en vir God verloen het - v.6);

(18) GODDELOSES / ONGEHOORSAMES (v. 4,15,17)(soos Sodom en Gomorra +, die wat agter vreemde vlees aan gehoereer het - v.7). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Wat is hierdie "spotters" se uiteinde?

(Jud 1:4)  is lank tevore al opgeskryf is vir DIE OORDEEL.

(Jud 1:5)  sal soos die ongelowiges onder die volk OMGEBRING WORD.

(Jud 1:6) word soos die dwalende engele bewaar vir OORDEEL.

(Jud 1:7)  sal soos Sodom en Gomorra+ die STRAF vd EWIGE VUUR ondergaan.

(Jud 1:13) word soos dwaalsterre VIR DIE EWIGE DUISTERNIS bewaar.

(Jud 1:15)  die Here sal gerig hou oor almal en die goddeloses onder hulle STRAF.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE BOEK VAN JUDAS (in die Bybel) moet nie verwar word met die EVANGELIE VAN JUDAS (gnostiese boek) nie:

Wat is "die evangelie van Judas"? 

Die "evangelie van Judas" is nie dieselfde as die "boek van Judas" in die Bybel nie, en is ook nie deur die Judas vd Bybel geskryf nie. Dit val onder die groep "Gnostiese boeke", en alhoewel sommige Bybelse begrippe in gnostiese boeke gebruik word en sommige van hierdie mense hulleself voorgegee het as Christene, is hulle skrewes nie dieselfde as dit wat die Bybel leer of wat Jesus en Sy dissipels geleer het nie. 

Die naam mag wel lui "die evangelie van Judas", en Judas Iskariot (wat vir Jesus verraai het) was wel vir hierdie mense 'n outoriteits-figuur, ja, maar dit is nie geskryf deur Judas Iskariot nie... Ouderdom word gestel op sowat 60 of 70 jaar nadat die ander evangelies vd Bybel (deur die apostels) geskryf is;  dus kon dit nie deur Judas Iskariot geskryf wees nie, en ook nie deur 'n ooggetuie van Jesus se lewe en woorde nie...  Niemand weet deur wie hierdie boek geskryf is nie. 

Daar is ook wesenlike verskille tussen hierdie evangelie en die apostels se evangelies, en dus logies waarom dit NIE deel vorm vd Bybel se samestelling nie. Daar is slegs een verwysing na die "evangelie van Judas" deur die vroee kerkvader Ireaeus se geskrifte (180 n.C.), van 'n 5 hfst. boek wat hy geskryf het waarin hy valse leerstellings (vd Christelike geloof) uitwys. Volgens Ireaeus was die leringe in die "evangelie van Judas" deel vd leringe vd "Cainites". Sommige Gnostiese leringe het bv. geleer dat God nie die wêreld geskep het nie en dat die wêreld 'n kosmiese gaos is, en dat sekere mense glad nie eens hier hoort nie - hierdie was veral geleer deur die "Cainites";  hulle was volgelinge van Kain en het bv. geglo dat Kain (wat vir Abel doodgemaak het) eintlik reg was en die God wat vir Kain gestraf het, die bose god was. Hulle het verder ook geleer dat God nie gehoorsaam moet word nie en dat daar 'n groter geestelike krag is in die heelal. Gnostiese "Christene" het geglo in 'n hele goddellike realm en dat mense deur hierdie "goddellike wesens" geskep is en die wêreld daardeur totstand gekom het. Hulle het ook nie geglo dat Jesus die Seun van God is nie, en ook nie geglo dat Sy dood en opstanding enige iets te doen het met saligheid nie, en ook nie geglo dat die apostels Jesus behoorlik verstaan het of die waarheid verkondig het nie... (en het dus nie die apostels aanvaar as outoriteits-figure nie, maar het wel vir  Judas Iskariot aanvaar! - die een wat vir Jesus verraai het). Die Gnostiese "Christene" het ook baie geglo soos dit wat ons vandag in Hindoesme of in die New Age sien... - dus, alhoewel sommige Christene die evangelie van Judas wil probeer deel maak vd Christelike Bybel, is dit beslis nie dieselfde as die Christelike geloof nie. Die Gnostiese boeke (waarvan die evangelie van Judas deel is) is in stryd met die res vd Bybel en daarom logies waarom dit nie deel vorm van die samestelling nie. DIE FEIT  DAT DAAR  SLEGS 2 MANUSKRIPTE VAN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" BESTAAN (en hulle nog van mekaar verkil ook!), is 'n bewys dat geeneen vd twee eens gesien kan word as oorspronklike nie -  en dit waarin die twee manuskripte wel ooreenstem verskil ook van die duisende afskrifte wat ons het vd Nuwe Testament (vd Bybel - dit is dus nie Christelik nie). Christene kan nie hierdie evangelie as geloofwaardig in die Christelike geloof beskou nie - die eerste kerkvaders het dit terloops ook afgeskryf as valse leerstellings.

----

Hier is 'n paar dinge wat kom uit die evangelie van Judas (en ons sal sien dat dit baie verskil vd Christelike geloof):

- Volgens die evangelie van Judas is Jesus afkomstig van "die moeder van alle dinge", en Judas (Iskariot) is die enigste een wat dit weet! - en a.g.v. hierdie feit sal Jesus (volgens hierdie evangelie) alleenlik vir Judas die verborgenhede vd koninkryk deel... . 

- Nog iets wat uit hierdie evangelie kom, is dat die dissipels 'n sg. visioen sien waarin hulle vir Jesus sien...;  hulle sien 'n huis met twaalf priesters wat offer rondom 'n altaar, en sommige offer hulle eie kinders, sommige het met mans geslaap, ander pleeg moord, en ander pleeg klomp sondes... - dan, wanneer Jesus dit sg. uitle, verduidelik hy dat die 12 priesters die 12 dissispels voorstel... Daar is ook 'n sg. visioen wat Judas self sien... - o.a. van hoe die 12 dissipels hom met klippe gooi (in die evangelie van Judas word die 12 dissipels gelaster...)

- Nog iets wat in hierdie vangelie gegee word (wat ook heeltemal verskil vd Bybel) is dat Jesus sg. 'n geheime uitlegging gee oor die wereld se totstandkoming..., dat daar "oospronlik 'n onsienbare gees was, die god wat nie geken word nie, en hoe hy die wolk roep en daar uit die wolk 'n wese kom wat genoem word "die een wat self ontstaan" - en dan word verduidelik wat alles geskep word, o.a. die realm van gaos en die realm waarin ons bly... ens. (dit is duidelik dat die "evangelie van Judas" geensins in die Bybel inpas nie).

----

DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" IS NIE DIESELFDE AS "DIE BOEK VAN JUDAS" (in die Bybel) NIE. 

IN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" WORD DAAR O.A. GESPOT MET DIE DISSISPELS EN LEUENS OOR HULLE VERTEL - OOK OOR JESUS!

IN DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" WORD LEUENS VERKONDIG ONDER DIE NAAM VAN CHRISTENSKAP (tree op soos "ingesluiptes").

DIE "EVANGELIE VAN JUDAS" IS 'N VB VAN IETS WAT DEUR 'N "SPOTTER" GESKRYF IS. (sekerlik ditto as die soort "spotters" waarna verwys word in die boek van Judas...!). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 24 Desember 2021

Ingesluiptes

Nie almal wat onder die kinders vd koninkryk beweeg, is inderdaad gelowiges nie.  Sommige het "ingesluip" onder die kinders vd koninkryk, en neem deel aan hulle bedrywighede (maaltye, hou saam fees ens.) asof hulle gelowiges is, maar is nie. Hierdie INGESLUIPTES kan met verskillende groepe vgl. word, nl. "goddelose mense", "valse broeders", "spottters" en "onkruid" (struikelblokke), en word tipies beskryf as ONGELOWIGES wat onder die gelowiges wandel asof hulle gelowig is. Hulle is VALS! Hulle kan inderdaad soos suurdeeg wees in 'n kerk (met die gevaar dat hulle die hele deeg kan suurmaak), want hulle leef nie volgens die wil van God nie en probeer ander motiveer om ook so te lewe (is struikelblokke).  Hulle tree op soos VERLEIERS (deur bv. leuens te verkondig en in opstand te kom teen die wat die waarheid verkondig).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Baie spesifieke dinge word oor "ingesluiptes" in die Skrif geleer , o.a. die volgende:

- (1) Hulle is goddeloos, leef in ongebondenheid, en verloën die Here Jesus Christus:  (Jud 1:4)  "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën".

- (2) Hulle is VALS en ingesmokkel onder die kinders vd koninkryk met die doel om gelowiges diensbaar te maak aan hulleself.  Ingesluiptes kan verwys na VALSE BROEDERS - kyk bv. (Gal 2:4)  "en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring") - in hierdie gedeelte sien ons dat die betrokkenes teen die apostels gepreek het.. (sekerlik omdat hulle probeer het om mense eerder diensbaar te maak aan hulleself en aan wat hulle leer, nie aan wat die apostels geleer het nie);  nog 'n vb van "valse broeders" in die Skrif is 2 Kor. 11:26 (waar die apostel Paulus praat van hoe hy gely het o.a. in gevare onder valse broeders...) - ons sien dat "valse broeders" baiemaal die rede is waarom opregtes ly, bv dat hierdie valses in opstand kom teen die waarheid wat gepreek word deur die opregte en ander opregtes te mislei om die leuen te glo, of veroorsaak dat mense in opstand kom teen die opregte wat die waarheid verkondig deur die opregte bv. vals aan te kla, leuens oor hom te versprei, voor te gee dat hy lieg ens ( maw soos 'n VERLEIER! - vgl. dit met die VALSE LERAARS waarna in hierdie hfst ook verwys word...  - 'n VERLEIER is iemand wat leuens verkondig en iemand vals aankla sodat mense liewer in hom glo as in dit wat verkondig word). Ons sien hierdie mense baiemaal in die kerk - mense wat in opstand kom teen die waarheid en ander probeer beinvloed om die leuen te glo, of mense opsweep teen die opregte.... - vgl. hierdie ook met bg Korag se bende..., waar hulle in opstand kom teen die gesalfdes vd Here.

- (3) Hulle het 'n gedaante van godsaligheid maar verloen die krag daarvan, en is onbetroubaar t.o.v. die geloof;  is met sondes belaai en word deur allerhande begeerlikhede gedryf;  is altyd besig om te leer maar kom nooit tot die kennis vd waarheid nie - hulle staan die waarheid tee en is verdorwe in die verstand:
(2Ti 3:5)  "mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
(2Ti 3:6)  Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
(2Ti 3:7)  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie
(2Ti 3:8)  En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof".

- (4) Hulle kan moontlik ook vgl. word met die tema van "ONKRUID" (mense wat deur die bose onder die "koring"/kinders vd koninkryk gesaai word). (Mat 13:25 - "maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan"). Onkruid lyk bv soos koring maar is nie - wanneer jonk lyk hulle ditto - dit is eers wanneer "in vrug" wanneer dit sigbaar word wat/wie is koring en wat/wie is onkruid (Matt. 13:26) - "onkruid" word o.a. "struikelblokke" genoem in Matt. 13 - hulle is eintlik "kinders vd bose" (v.38). Dit is nie altyd maklik, of nie altyd onmiddellik sigbaar wie is koring en wie is onkruid nie, want somtyds word koring verlei of is hulle nog onkundig, en dan praat hulle of tree hulle op net soos hierdie valses...  Dit is dan ook om hierdie rede wat onkruid nie nou al verwyder word onder die koring nie (maar eers wanneer Jesus terugkom-Matt. 13:30)..., sodat die koring nie saam met die onkruid uitgetrek word nie. Met die tyd, wanneer vrug gesien word, word dit wel duidelik wie is koring en wie is onkruid (bv., valse profete dra "slegte vrug"...).  

- (5) Hulle kan moontlik ook vgl. word met WOLWE. (Mat 7:15 - "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige WOLWE is"). "Wolwe" verskeur (Eseg. 22:27) en vang en jaag skape uitmekaar (Joh. 10:12) - ter wille van onregverdige wins sal hulle selfs bloed vergiet (Eseg. 22:27)("is roofsugtig" - Matt. 7:15). Hierdie sien ons somtyds gebeur in 'n gemeente, waar wolwe inkom en sekere broeders beweeg om agter hulle aan te gaan en die ander word uitmekaar gejaag. Jesus het baie die dissipels gewaarsku teen hierdie mense en hulle ook beskryf as mense wat hulle broeders sal oorgee aan regbanke en hulle gesel... (Matt. 10:17,21)(Matt. 16:6; Mark. 12:38). Die werk vd lam wat gestuur word is ook baiemaal 'n ervaring van "onder wolwe ingestuur" (Luk. 10:3)(Matt. 10:16 - "Kyk, Ek stuur julle soos skape onder die wolwe in; wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe")  - wolwe gee voor dat hulle die waarheid ken, maar hulle doen nie - en wys hulle ware klere wanneer hulle die waarheid hoor! Voor Paulus se vertrek in Hand. 20 het hy die Efese ouderlinge gewaarsku teen wolwe wat sal inkom in hulle gemeente... (Hand. 20:29-31), en o.a. die volgende stellings gemaak rakende "wolwe":  (1) hulle sal die kudde nie spaar nie;  en(2) hulle sal verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan... Wolwe is VERLEIERS, en SLUIP onder die broeders in met die doel om hulle te vang en uitmekaar te jaag.  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk spesifiek na hoe daar na "ingesluiptes" in 
Judas 1 verwys word: 

-(Jud 1:4)  "Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën" - hulle word o.a. in v.12 "skandvlekke" in die kinders vd koninkryk se liefdesmaaltye genoem, mense wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer...)(vgl. dit ook met v.13 - mense wat "hulle eie skandes laat opskuim" soos woeste golwe vd see).  Hier sien ons dat hierdie "spotters" verwys na mense wat "ingesluip" het onder die kinders vd koninkryk (onder hulle beweeg en saam fees hou en eet ens.). 

Jud. 1:4 - "mense wat INGESLUIP het" (ingesluip het in die kerk of onder die kinders van God), word o.a. in Jud. 1:12 "skandvlekke (stain, defile, spot) in die kinders vd koninkryk se liefdesmaaltye" genoem (2 Pet. 2:13)(vgl. dit gerus ook met die begrip "struikelblokke", wat verwys na is soos 'n skandaal - figuurlik in die sin van soos 'n vangnet, "iemand laat sondig" - kyk die onderwerp van ONKRUID)(vgl. dit ook met Jud. 1:13 - mense wat "hulle eie skandes laat opskuim" soos woeste golwe vd see)(Jes. 57:20 - die goddelose is soos 'n onstuimige see want hy kan nie tot rus kom nie...)(vgl. ook met Fil 3:18,19 - hulle eer is in hulle skande, v.19 - hierdie mense wandel as vyande vd kruis van Christus en bedink aardse dinge, v.18). "Ingesluiptes" hou sonder vrees saam fees met die gelowiges en voer hulleself, maar hulle is nie kinders vd koninkryk nie maar eerder soos 'n "vlek".  

Let wel dat hulle ook "DWAALSTERRE" genoem word in Jud. 1:14, want hulle dwaal! (swerf rond - kom nie tot rus-Jes. 57:20, vgl. met bg. woorde "onstuimige see"). 

In v. 4 hier word hulle ook GODDELOSE MENSE genoem (die begrip "goddelose" verwys na mense wat "verkeerd doen" - die wat nie die Here vrees maar "doen wat hulle wil"-Jud. 1:18)  ('n goeie vb in die Skirf van "goddelose mense" is Korag se bende..., Num. 16 - l.w. ook die verwysing na Korag hier in Judas 1 v.11! - Korag e.a. het 'n klomp manne van Israel bymekaar vergader om saam met hulle op te staan teen Moses en Aaron... - lees gerus wat hierdie mense se uiteinde was in Num. 16; vgl. met Jud. 1:6,7). 

Hulle word ook in hierdie gedeelte "spotters" genoem  -(Jud 1:18 - "dat hulle vir julle gesê het: In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel"). Vgl. dit ook met 2 Pet.3:3 wat min of meer dieselfde lui, en interessant in v.4 word o.a. genoem "hoe" hulle gespot het ("en sê: Waar is die belofte van sy wederkoms? Want vandat die vaders ontslaap het, bly alles soos dit was van die begin van die skepping af"). Mense wat so "insluip" in die kerk, word ook baiemaal geken aan die feit dat hulle SPOTTERS is! (vgl. met Judas 1:18, asook 2 Pet. 3:3-5)(mense wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel en spot oor ware feite).  HIERDIE MENSE BEWEEG ONDER DIE KINDERS VD KONINKRYK, NEEM DEEL AAN HULLE FEESTE, EET SAAM ENS...,  MAAR HULLE IS VALS!, EN word baiemaal geken aan hoe hulle in OPSTAND KOM TEEN DIE WAARHEID en SPOT OOR DIE WAARHEID.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Opsomming:

INGESLUIPTES verwys na mense wat wandel soos gelowiges onder die kinders vd koninkryk, maar hulle is eintlik ONGELOWIGES (is heimlik daar ingevoer en deur die bose daar gesaai).  Hulle vrug sal met die tyd wys dat hulle eintlik ONKRUID is. Mense wat onder hierdie groep sorteer is bv. valse profete (bv., dra slegte vrug), valse leraars, valse broeders ens. Hulle is VERLEIERS wat leuens verkondig en mense vang om agter hulle aan te gaan. Hulle is baiemaal die oorsaak hoekom 'n kerk se mense uitmekaar gejaag word (is WOLWE). Ingesluiptes word verder beskryf as GODDELOSES omdat hulle wandel volgens hulle eie begeerlikhede en hulleself nie kan beheer nie (bv., leef in ongebondenheid, ens.) - hulle is nie gehoorsaam aan die Here nie en tree soos STRUIKELBLOKKE op deur te probeer om gelowiges te laat val.  Hulle word veral gekenmerk aan die feit dat hulle in opstand kom teen die waarheid, en kom ook in opstand teen die wat die waarheid verkondig en sal ook ander opstandig maak teen hulle; en tree baiemaal soos SPOTTERS op (wat spot oor die waarheid sodat gelowiges ophou om daarin te glo). Ingesluiptes het gewoonlik 'n gedaante van godsaligheid, maar verloen die krag vd godsaligheid en vir Jesus Christus... 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------