Wys tans plasings met die etiket worstelstryd. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket worstelstryd. Wys alle plasings

Dinsdag 02 Junie 2026

Die duiwel

 

In hierdie pos kyk ons na die onderwerp "duiwel", en waarna of na wie dit verwys. 

Rol af vir die volgende opsommings:

- Die begrip "duiwel"

- Soos 'n duiwel / die duiwel as pa?

- Onreine geeste is duiwels

- Die Satan is 'n duiwel

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE DUIWEL:  

Die woord "duiwel" word nie altyd vir 'n spesifieke wese gebruik nie, en is die Gr. woord "dee-ab'-ol-os", wat beteken "vals aanklaer of lasteraar. Somtyds word daar na die Satan verwys as "duiwel" (Openb. 12:9; 20:2,10), en in ander gevalle word daar na bose geeste verwys as duiwels (wat verwys na "onreine geeste").Vir 'n pos wat by hierdie onderwerp aansluit, gaan na:

https://warechristene.blogspot.com/2026/05/die-duiwel-die-satan-die-ou-slang-groot.html.

Die Satan, na wie ook somtyds verwys word as "duiwel", word met verskillende name voorgestel, wat elk 'n besonderse betekenis het. (Openb. 12:9 - "En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp"). Die Satan, die owerste van die onreine geeste, is 'n lasteraar en "vals aanklaer" (vgl. dit met die tema van "kwaadspreek" die duiwel is 'n kwaadspreker) - sien die woorde hierbo in Openb. 12:9 wat hom beskryf as 'n wese wat "die hele wereld verlei" (vgl. dit met Openb. 20:3)(die begrip duiwel verwys na 'n VERLEIER). In Matt. 4, waar die duiwel vir Jesus Christus probeer versoek het in die woestyn, is die woord duiwel ook die Gr. woord ("dee-ab'-ol-os")(Matt. 4:1 - "Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel"). Hierdie is 'n goeie voorbeeld van hoe die duiwel opereer..., nl. dat hy mense in versoeking probeer lei, en die manier hoe hy dit doen is deur die waarheid te laster en mense so probeer verlei dat hulle afval vd geloof, of hy bederf mense se sinne sodat hulle nie die evangelie ontvang nie (hy mislei/verlei hulle om die leuen te glo of te sondig)(Matt. 4:1-11; 2 Kor. 11:3).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------SOOS 'N DUIWEL: 

Waar die woord "duiwel" gebruik word in die Skrif, verwys dit nie altyd na die spesifieke wese nie. In Joh 6:70 waar Jesus vir die dissipels sê "Het Ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is ‘n duiwel!", is dit bv. dieselfde Gr. woord wat daar gebruik word vir die woord "duiwel", maar Hy verwys nie hier na Judas Iskáriot as die wese, die ou slang, nie, maar wys dat hy 'n lasteraar is (soos die ou slang). In ander woorde, waar die woord "duiwel" gebruik word verwys dit nie altyd na die wese "groot draak" of "ou slang" nie, maar dit word somtyds gebruik om te beskryf dat die persoon soos die ou slang is. Die woord "satan" word ook somtyds op hierdie manier gebruik, bv. in (Mat 16:23 - "Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan (Gr. woord "sat-an-as'", wat verwys na 'n aanklaer of 'n duiwel/lasteraar)! Jy is vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense". Hy het nie bedoel dat Petrus die Satan self is nie, maar eerder dat hy op daardie oomblik soos die Satan was... Dit wat Petrus gesê het het die waarheid verdraai, want hy het gedink soos die wereld (nie soos God nie). Kinders van die Here behoort "soos die Here te dink en sien", nie soos die wereld nie (kyk die groot verskil tussen "geestelike mense" en "natuurlike mense" nie), want die wereld (die wat dink en sien soos die wereld) is onder die mag van die bose (1 Joh. 5:19). 

'n Duiwel is 'n KWAADSPREKER ('n "vals aanklaer").  As iemand kwaadspreek is hy soos die duiwel - noodwendig is kinders soos hulle pa;  dus, as iemand die gewoonte het om kwaad te spreek (soos die duiwel), wys dit wie sy pa is! Die wat soos die duiwel optree sal saam met die duiwel (hulle pa) in die poel van vuur beland (1Kor. 6:10 - "Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie"). Dade en woorde is belangrik, want dit wys aan wie jy behoort.

DIE DUIWEL AS PA vir sommige beskryf? 

In Hand. 13:10 noem Paulus vir Elimas (die towenaar) "kind vd duiwel"... omdat hy die reguit weë van die Here verdraai het (want Elimas het vir Barnabas en Saulus teëgestaan, en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof) - in ander woorde, Elimas was 'n verleier en lasteraar... ("soos 'n duiwel").  Vgl. dit met Joh. 8:44. (1Jn_3:8 - "Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek"). Hierdie verwys nie dat die persoon 'n wese is fisies gebore uit die Satan self nie, maar wys dat hy soos die Satan is... (soos kinders soos hulle pa is). Weergeborenes word bv. ook gesien asof "gebore uit God", want hulle is soos hulle Pa, die Here (1 Joh. 3:9; 4:7; 5:1,4,18) - hulle dink, sien en doen soos Hy. Kinders van die duiwel sal noodwendig eendag opeindig saam met hulle "pa"..., nl. in die ewige van vuur (wat berei is vir die duiwel en sy engele/Matt. 25:41) = "vervloektes". 

LASTERAARS word o.a. in die Skrif beskryf as mense wat slegs 'n gedaante van godsaligheid het... (2 Tim. 2:3.5).  Die waarheid is dat diesulkes godsalig voorkom, wat dus die rede is waarom baie deur hulle verlei word. Duidelik is lasteraars "soos die duiwel" (het die duiwel as pa), en as lasteraars onder kinders van die Koninkryk beweeg, is hulle soos struikelblokke in die kerk.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Onreine geeste:

Onrein of BOSE GEESTE word ook somtyds na verwys as DUIWELS (Joh. 10:21) (https://warechristene.blogspot.com/2016/12/onreine-geeste.html). As onreine geeste o.a. deur die woord "duiwel" beskryf word, beteken dit dat hulle lasteraars en kwaadsprekers is, en dit is interessant dat wanneer iemand gelaster het, hy gesien is as iemand "met 'n duiwel". Kyk gerus die vb. waar sommige vir Jesus valslik aankla dat hy "duiwel besete" is (Joh. 7:20; Joh. 10:20), en op 'n ander geleentheid  het sommige skrifgeleerdes gese dat hy 'n onreine gees het (Mark. 3:30), en selfs voorgegee dat hy deur die owerste van die duiwels, duiwels uitdryf! (Mark. 3:22; Luk 11:15)(lees gerus hoe Jesus hulle reghelp dat die duiwel nie self duiwels sal uitdryf nie - hulle het Jesus voorgestel soos 'n lasteraar, maar hulle was eintlik die lasteraars!).  Kranksinnigheid (Joh. 10:20; Hand. 26:24,25) of om "buite die sinne" (Mark. 3:21) te wees, is 'n tipiese kenmerk dat iemand 'n duiwel het, want dit is hoe duiwels is - hierdie gaan oor hoe iemand "sien en dink" (en sy woorde getuig hiervan). 

Maar natuurlik is nie alles wat duiwels kwytraak, vals nie, want hulle weet goed wat is die waarheid... (Luk. 4:34,35,41; Mark. 1:24; 3:11).  Dit is nie omdat hulle nie weet wat die waarheid is waarom hulle lieg nie, maar hulle lieg omdat hulle die waarheid wil verdraai. Hierdie is gewoonlik iets wat mense nie altyd verstaan van die bose nie;  bv., wanneer iemand die bose raadpleeg is die antwoorde nie altyd leuens nie, maar dit kan net sowel wees! En dit is hierdie gedaante van godsaligheid wat mense baiemaal uitgooi. Kinders van die Koninkryk is spesifiek beveel om nie die bose te raadpleeg nie, en ons moet gehoorsaam wees aan die Here. Terwyl "laster" en "kwaadspreek" dus kenmerkend kan wees van mense wat bose geeste het, beteken dit nie dat hulle nooit die waarheid praat nie, eerder is dit dat hulle goed weet wat is die waarheid en dit opsetlik verdraai om mense te verlei. Dit is egter anders as iemand onkundig is! en tot insig gebring word... "Lastering teen die Heilige Gees" is bv. 'n onvergeeflike sonde in hierdie, sowel die volgende bedeling, maar ons moet verstaan wat met "laster" bedoel word, want onkundiges wat bog praat is nie noodwendig besig om te laster nie. Lasteraars is eintlik kundig..., maar verander die waarheid in 'n leuen. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die worstelstryd..., en hoe die duiwel daarby inpas:

Natuurlik bestaan "die duiwel" - 'n manier hoe daar somtyds na die Satan verwys word omdat hy verleier is.  Die Satan is NIE God NIE (daar is net een God, en Hy bestaan uit 3, nl. die Vader, Seun en Heilige Gees). Wat se wese die Satan ookal is (?), wat wel seker is is dat hy hy rêrig is!, nie 'n denkbeeldige voorstelling in een of ander mite nie...  En alhoewel die Here God die mag het (en die duiwel bv. toestemming moet kry voor hy iets aan die Here se kinders kan doen / kyk die vb. van Job), is die duiwel 'n VERLEIER en 'n VERWOESTER. Sommige Christene het ongelukkig "onder die mag van satan" beland omdat hulle geluister het na sy leuens. Daarom is dit belangrik om ag te gee op die wapenrusting van God - en dit help nie jy trek dit net deur woorde elke dag aan nie, maar wat belangrik is is dat jy 'n dader is... (bv., dis iets anders om geloof uit te leef as om bloot te bely dat jy glo). Christene bely bv. dat hulle glo in Jesus Christus, maar wanneer sommige begin praat hoor jy gou dat hulle liewer in wereldse wysheid glo as dit wat Jesus geleer het. Alhoewel die natuurlike mens die duiwel mag gee in hulle lewens (daar word bv. o.a. na die duiwel verwys as die "god vd wereld"), behoort die krag en mag en heerlikheid nie aan hom nie!, maar aan die Here.  

Die "duiwel", nl. die Satan, het wesens wat onder hom dien en hy's o.a. die leier vd bose geeste (nl. vd onreine geeste/duiwels - hy is "Beelsebul", is hulle "god"), en is daarop uit om mense te verblind en te verlei (bv., wat in die tuin van Eden gebeur het met die sondeval, is 'n goeie voorbeeld hiervan...). Hierdie is maniere wat hy gebruik om die mens te probeer VERWOES. DIE REDE HOEKOM HY LASTER EN KWAADSPREEK, IS OM TE VERWOES. Jesus het geleer dat die duiwel 'n mensemoordenaar is, 'n leuenaar (hy is die vader van leuensen staan nie in die waarheid nie (want daar is geen waarheid in hom nie)(Joh. 8:44);  m.a.w., wat die duiwel praat is gewoonlik leuens (hy praat uit sy eie).  Jy gaan nie sommer die waarheid vind by duiwels nie..., miskien deels omdat hulle jou in hul strik wil vang, maar verseker sal hulle die geleentheid gebruik om jou te mislei. 

Die wat afgode aanbid of deelneem aan ander-geloofspraktyke moet verstaan dat hulle eintlik besig is om met duiwels gemeenskap te hou (1Kor. 10:20). Daarom is dit belangrik om die waarheid op die regte plek te soek! (jy kan nie die bose raadpleeg en verwag om noodwendig die waarheid daar te vind nie). Hierdie is 'n strik vd duiwel waarin sommige Christene val..., en dit is om die waarheid by ander gelowe te probeer vind (hoekom doen sommige dit?)(https://warechristene.blogspot.com/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html). Sommige is kwaad vir die Here en dan terg hulle Hom op hierdie manier - dit hoort nie so nie. En natuurlik moet ons soek, maar die vraag is "waar soek jy"?  Die Here moet jou bron wees... - kinders van die Here is nie veronderstel om die bose te raadpleeg nie (https://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-here-ons-bron.html), en as jy dit doen wys jy dat jy nie die Here vertrou nie of besig is om Hom te versoek ('n Christen wat by die bose antwoorde gaan soek, is beslis nie veilig nie). Hierdie stryd het alreeds begin in die tuin van Eden..., 'n stryd waarin die duiwel mense probeer vang om sy wil te doen (in plaas van die Here se wil te doen)(2Tim. 2:25,26 - "Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die wat afval van die waarheid en gevang word om die duiwel se wil te doen, word o.a. na verwys as "blind" of "dronk" of "aan die slaap" - bestudeer gerus die verband tussen "dronk" en  "gemeenskap met duiwels"/1 Kor. 10:19,20; Openb. 17:2, "gemeenskap met duisternis"/2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6, "gemeenskap met sondes"/1Tim. 5:22, en "gemeenskap met bose werke"/2 Joh. 1:11. In konteks gaan dit oor die weerspanniges, Christene wat van die waarheid afdwaal.  Die wat nie nugter is nie (geestelik bedoel), verwys bv. o.a. na die wat nie kennis van die Here het nie... (1 Kor. 15:34). Daar is net twee kante, die een is die kennis van God, en die ander een is wereldse wysheid. ONS IS ALTYD IN HIERDIE STRYD GEWIKKELD! - WATTER KANT KIES JY?  Kies jy die kennis van God? (en raadpleeg Hom)?, of kies jy wereldse wysheid (en raadpleeg ander bronne)? Dit is kommerwekkend hoeveel Christene vandag ander geloofsbronne raadpleeg en hulle antwoorde daar probeer kry, en selfs deelneem aan praktyke wat in ander gelowe en satanisme beoefen word.., tog is hulle uitgesproke oor hulle Christelike "geloof", maar die waarheid is dat hulle eintlik besig is om geestelik te hoereer. WIE IS JOU BRON? ...Dit is belangrik om hierdie te weet want anders besef jy nie die stryd waarin jy gewikkeld is nie, en as jy die stryd nie verstaan nie, gaan jy nie ag gee op die geestelike wapenrusting van God nie. 

Kom ons kyk na 'n paar dinge wat die Skrif spesifiek leer oor die Satan, na wie o.a. verwys word as DIE DUIWEL:

Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan...  Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12) - dit wys weer-eens vir ons wie het eintlik die mag!

Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit, of iemand aanhits... (Job 2:3). 

Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

Die duiwel kan veroorsaak dat mense verdruk word  (bv. in die gevangenis gewerp word sodat hulle op die proef gestel kon word-Openb. 2:10 / en hulle het vir 10 dae verdrukking gehad - die duiwel gebruik baiemaal mense om sy wil uit te voer). 

Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

WAT KAN DIE DUIWEL NIE DOEN NIE: 

(1) Die duiwel se mag kan wel ook beskryf word as 'n "koninkryk", want hy het bv. engele onder hom en is die owerste van die bose of onreine geeste... ("Beelsebul"/Matt. 3:22,23; 12:24; 17:8), maar noodwendig sal hy nie "duiwels uitdryf" nie want dit sou beteken dat hy (sy koninkryk) teen homself verdeeld is;  in ander woorde, die Satan sal nie iets doen wat kan veroorsaak dat sy koninkryk verwoes word nie.  M.a.w., DIE SATAN KAN/SAL NIE BOSE GEESTE UITDRYF NIE (Mat 12:22-32 - "Toe het hulle ‘n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien. En die hele menigte was verbaas en het gesê: Is Hy nie miskien die seun van Dawid nie? Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.  Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle jul regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.  Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi.  Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie"). Hierdie is 'n interesante punt van bespreking... 

Noodwendig, nie almal wat sg. duiwels uitdryf ("duiwelbesweerders") is deur die Here gestuur nie... (Hand. 19:13-17), maar dit is nie vir ons om te besluit wie is gestuur, en wie nie (Luk 9:49,50 - En Johannes het geantwoord en gesê: Meester, ons het iemand gesien wat in u Naam die duiwels uitdryf; en ons het hom belet, omdat hy U nie saam met ons volg nie. Maar Jesus sê vir hom: Moet hom nie belet nie, want wie nie teen ons is nie, is vir ons"). Waar bekering gepreek word (Matt. 3:2; 4:17), siekes gesond gemaak word en bose geeste uitgedryf word (Matt. 10:7,8; Luk. 10:9), is dit duidelik dat die Koninkryk van God daar naby gekom het. Vir iemand om duiwels te kan uitdryf moet hy dus aan die Koninkryk van God behoort... (hierdie verwys na weergeborenes).  Jesus Christus het die mag (dit is waarom die geeste uitgaan in die Naam van Jesus Christus) en Hy is die een wat iemand die mag gee (Luk. 10). Wanneer iemand mag oor ander het, kan hy hulle gebied;  dus, alhoewel die duiwels 'n owerste het (nl. die Satan, en hy hulle kan gebied), het Jesus algehele mag en hulle moet Hom gehoorsaam (Matt. 17:18 - "Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af") ; (Mark.7:26  En sy was ‘n Griekse vrou, ‘n Siro-Feniciese van geboorte, en sy het Hom gevra om die duiwel uit haar dogter uit te dryf.......v:29,30  En Hy sê vir haar: Ter wille van hierdie woord kan jy gaan; die duiwel het uit jou dogter uitgevaar.Mrk_7:30  En toe sy huis toe gaan, vind sy dat die duiwel uitgevaar het en dat haar dogter op die bed lê") ; (Luk_4:33,34 - "En in die sinagoge was daar ‘n man met die gees van ‘n onreine duiwel, en hy het met ‘n groot stem uitgeskreeu. En Jesus het hom bestraf en gesê: Bly stil, en gaan uit hom uit! En die duiwel het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer te maak") ; (Hand_10:38  "met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was"). 

(2) In Joh. 12:31, 14:30 en 16:11 verwys Jesus na die duiwel as die "die owerste van hierdie wêreld", en in 2 Kor. 4:4 word hy die "god van hierdie wêreld" genoem;  meer presies die god van die ongelowiges en die kinders van ongehoorsaamheid...  (2Kor. 4:4 - "naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie") - die wêreld is onder die mag van die bose... (maar die wat in Jesus Christus glo is deur Jesus verlos van daardie mag/Kol 1:13 - "Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde"). (1Jn 5:19 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê"). Die kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID (deels "gebore in sonde", en deels omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR HY HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / het die Heilige Gees). Tensy hulle hom die mag gee... - kinders vd Koninkryk moet seker maak dat hulle die geestelike wapenrusting van God aanhet. 

Die natuurlike mens is soos 'n slaaf van sonde... Die mens word in sonde gebore;  of anders gestel, hy word in slaafskap onder sonde gebore (en het dus vrymaking nodig van hierdie slaafskap!) - hierdie is een van die dinge wat Jesus bewerk het, nl. dat Hy die mens kan vrykoop uit hierdie slaafskap. Die natuurlike mens doen dus nie die wil van die Here nie, maar doen die wil van die duiwel (gehoorsaam aan die sonde / asof onder die mag van die duiwel). Maar geestelike mense doen die wil van die Here... - in ander woorde, hulle is vrygekoop van slaafskap onder sonde (hulle doen nie meer die wil van die duiwel nie). In ander woorde, die wat vrygekoop is, is nie meer "kinders vd duiwel" nie;  en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie..., maar hulle het nou 'n nuwe vader (kinders volg hulle vader)(1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). 

(3) Die owerste van hierdie wêreld is geoordeel! (Joh. 16:11).(Joh 12:31 - "Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word"). DIE DUIWEL IS 'N VERWOESTER EN HET DIE MENS GEVANG OM SY WIL TE DOEN, WAT TOT GEVOLG HET DAT ALLE MENSE DOODGAAN, MAAR SY MAG IS GEBREEK!;   nl, hy het mag gehad oor die dood, maar Jesus Christus het daardie mag verbreek  (Heb_2:14  Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het—dit is die duiwel—)(Jes. 25:8; Hos. 13:14; 2 Tim. 1:10). Almal wat in Jesus Christus glo, SAL DIE DOOD OORWIN! (1 Kor.. 15:54,55). DIE DUIWEL HET NIE MEER DAARIE MAG OOR DIE DOOD EN DODERYK NIE, maar Jesus Christus het... (Openb. 1:18 - "en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek  leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek (Jesus Christus) het die sleutels van die doderyk en van die dood"). 

Die weergeborene het oorwinning oor die dood, want wanneer Jesus terugkom sal Hy die wat in Hom gesterwe het opwek uit die dood (hulle sal nuwe liggame kry) - wat die doderyk aanbetref het Jesus hulle losgekoop (die doderyk kan hulle nie gevange hou nie)(1 Kor. 15:54,55. Alhoewel die duiwel mense kan doodmaak, natuurlik slegs as God hom toelaat, het hy nie die mag om geestelike mense in die doderyk te hou of onder oordeel te laat kom nie. Jesus Christus het die mag en sal besluit wie losgekoop word, en wie nie;  wie opgewek word tot lewe, en wie nie (Joh. 5:29).  Die duiwel word wel die "god van hierdie wereld" genoem omdat mense hom mag oor hulle lewens gee en baie mense hom gehoorsaam, maar uiteindelik sal hy nie meer toegelaat word om dit te doen nie.  Dit sal gebeur wanneer Jesus Christus terugkom... - dan sal die duiwel gebind word vir 'n 1000 jaar sodat hy nie instaat is om die mens te verlei nie.  Tereg, in die volgende bedeling sal almal vir Jesus Christus aanbid en Hom gehoorsaam!, en dus sal Hy ook die God (van hierdie wereld) wees. Alles sal Jesus Christus se eiendom wees en die duiwel sal nie meer die mens kan aankla nie (Openb. 12:10 - "Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag"). Huidiglik is die duiwel nog instaat om die mens aan te kla en te probeer verwoes, maar in die volgende bedeling sal hy nie toegelaat word om dit te doen nie (behalwe aan die einde van daardie bedeling).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dinsdag 24 Maart 2026

Die wapenrusting van God

In hierdie pos kyk ons na "DIE WAPENRUSTING VAN GOD" waarna verwys word in Ef. 6:11 (bestudeer gerus o.a. die tema van geestelike bekleding, want die wapenrusting van God kan ook gesien word soos iets waarmee jy jouself geestelik beklee - rol af tot heel onder vir 'n lys van poste waarin geestelike bekleding behandel word). Die mens het nie net klere nodig vir die uiterlike nie, maar ook vir die innerlike mens. Die "wapenrusting van God" kan gesien word as "geestelike klere"; bv., net soos ons die uiterlike mens beklee met wapenrusting wanneer jy gaan veg in 'n fisiese geveg, net so het die mens geestelike wapenrusting nodig vir die geestelike geveg waarin ons ons bevind

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Ons is in 'n wortelstryd..., maar wat is hierdie stryd?: 

Die Skrif leer dat die geestelike mens in 'n worstelstryd betrokke is..., nie teen vlees en bloed (m.a.w., nie teen mense wat uit vlees en uit bloed gebore is) nie, maar "teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug" (Ef. 6:12 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug"). Duidelik is hierdie stryd geestelik van aard! en praat nie van 'n worstelstryd teen ander mense nie.  Die "owerhede, magte en wêreldheersers vd duisternis" en "bose geeste in die lug" waarna verwys word in Ef. 6:12 verwys na die geestelike realm, en fisiese klere/wapenrusting gaan nie help in hierdie "geveg" nie (want dit is geestelik van aard).  Wat ons nodig het is "geestelike klere" . Die wapenrusting van God sal ons help om oorwinning te behaal... - bestudeer gerus die tema "wêreld oorwin" om hierdie nog beter te verstaan (https://warechristene.blogspot.com/2025/07/wat-beteken-die-begrip-wereld-oorwin.html). 

Hoe word hierdie (geestelike) wapenrusting (wat na verwys word as die WAPENRUSTING VAN GOD)_beskryf?:

- die lendene omgord met die WAARHEID;

- die borswapen van GEREGTIGHEID;

- skoene, BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE;

- die skild van die GELOOF;

- die helm van VERLOSSING; en

- die swaard van die Gees, DIE WOORD VAN GOD  (Ef. 6:14-17 - "Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—").

DIE GEREDDE HET DIE "GEESTELIKE WAPENRUSTING VAN GOD" NODIG:  

DIE WEERGEBORENE IS VRYGEKOOP VAN DIE MAG WAARONDER HY GEBORE IS, en dit maak die duiwel woedend - sy plan om jou te verwoes, het gefaal - nou probeer hy jou terugkry...  DIT  IS  BASIES  DIE  GEVEG  WAARIN  DIE  GEESTELIKE   MENS  BETROKKE  IS.  Die duiwel probeer om jou te vang om die leuen te glo in plaas van die waarheid (dit is waarom jou lendene omgord moet wees met die waarheid), probeer om jou te vang om verkeerd te doen (dit is waarom jy die borswapen van geregtigheid moet aanhê), probeer jou stuit om die goeie boodskap uit te dra (dit is waarom jy skoene moet aanhe bereidheid om die evangelie te verkondig), probeer jou van die geloof afvallig maak (dit is waarom jy die skild van die geloof nodig het), probeer om jou te laat twyfel in die verlossing wat jy ontvang het (dit is waarom jy die helm van verlossing nodig het), en probeer om jou te vang om 'n ander evangelie aan te neem (dit is waarom jy die swaard nodig het). In hierdie geveg het jy die geestelike wapenrusting van God nodig (Ef. 6:11) sodat jy kan staande bly in die dag van onheil.  

Die geestelike mens moet seker maak dat hy met al hierdie BEKLEE is, maar die manier om dit aan te trek bestaan nie bloot uit woorde nie, maar het baie te doen met keuses en dade;  bv, wat kies jy wanneer jy moet kies tussen wêreldse wysheid en die kennis van God/waarheid/Jesus se woorde? (sal jy die waarheid kies?, of glo jy dat jy beter weet of dat die wereld se kennis meer logies is?).  Wat kies jy wanneer jy versoek word om verkeerd te doen? (het jy geregtigheid? - kies jy om die Here te gehoorsaam, of die vlees?). Is jou hoop in die evangelie vd Koninkryk/Jesus/vrede? (of glo jy dat saligheid op verskillende maniere verkry kan word?); wie raadpleeg jy wanneer jy antwoorde soek? (in wie plaas jy jou vertroue?; bv., raadpleeg jy die Here, of soek jy ander bronne op?) en vir wie gehoorsaam jy? (in wie glo jy? - doen jy die wil van God, of jou eie wil?);   leef jy vir die Here? (dien jy Hom of jouself?); ens. ... Hierdie is basies wat bepaal hoe jy jou "beklee" (nl. of jy die Here raadpleeg, hoop in Sy saligheid, glo in Sy woorde, ens.). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KOM ONS KYK NA DIE VERSKILLENDE DIE ELEMENTE VD WAPENRUSTING OM DIT BETER TE PROBEER VERSTAAN:
Skrifgedeelte van belang:  
(Eph 6:10)  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.
(Eph 6:11)  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
(Eph 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
(Eph 6:13)  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
(Eph 6:14)  Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
(Eph 6:15)  en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
(Eph 6:16)  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
(Eph 6:17)  En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God
Die geestelike wapenrusting word beskryf as geregtigheid, waarheid, bereidheid om die evangelie te verkondig, geloof, verlossing, die woord van God (en waak in gebed, want ons kan niks sonder die Here doen nie).  Elkeen van hierdie dele moet jy "AANTREK", en meeste dele is bedoel vir BESKERMING;  behalwe een, ..is om mee te VEG (nl. die woord van God - die swaard). Elke stuk vd wapenrusting is belangrik;  bv., die Skrif leer dat geloof (die skild van geloof) is nodig om die vurige pyle van die bose te kan uitblus! Die ander dele wat nodig is vir beskerming, is geregtigheid, waarheid, bereidheid evangelie verkondig, en verlossing. "Geregtigheid" word voorgestel soos die borswapen, waarheid soos die lendene omgord, evangelie verkondig, soos skoene, en verlossing die helm. In die volgende paragraaf sal ons meer stilstaan op elkeen van hierdie dele om te verstaan presies waarna elkeen verwys en wat elkeen beteken - l.w. dat elkeen van hierdie dele 'n spesifieke deel vd liggaam beskerm (en neem ook in ag dat die geestelike mens se liggaam soos 'n tempel is). (Ef. 6:12-18 - "Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God— terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges"). 

Bestudeer gerus ook die tema van "geestelike bekleding" saam met hierdie onderwerp.  Bv., die tema "met Christus beklee"... (Gal. 3:26-29)(rol op na eerste paragraaf vir opsomming) gaan oor hoe die een wat weergebore word ingedoop word onder die kinders van God (dit verwys na die wat in Christus gedoop is) - hierdie is soos geestelike KLERE wat iemand aantrek. Op ditto wyse is daar ander geestelike soort bekledings in die Skrif (wat elk verwys na iets wat "aangetrek" word, bv. die "klere van heil/saligheid".  Die geredde BEKLEE hom/haarself bv. ook met die "nuwe mens"..., wat o.a. beteken dat hy die dinge daarbo bedink en verwys na "Christus in ons" (Ef. 4:24)( Kol 3:2-12). Hierdie soort beeldspraak word baie in die Skrif gebruik..., en in elke geval verwys dit in konteks na iets spesifiek. Ons het geestelike bekleding nodig vir baie dinge, o.a. om ons naaktheid (geestelik bedoel) te bedek/sonde te bedek. 
So het die WAPENRUSTING VAN GOD 'n bepaalde doel, nl.:
- om kragtig te word in die Here (Ef. 6:10)
-staande te kan bly teen die liste vd duiwel (Ef. 6:11)
-om weerstand te bied in die dag van onheil (Ef. 6:13), en 
-om die vurige pyle van die Bose te kan uitwis (Ef. 6:16).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE REDE WAAROM "OORLOGVOERING" BELANGRIK IS:
Ons het gesien in die vorige paragraaf wat die doel is van die "wapenrusting van God" - hoekom ons dit nodig het... Bv., as jy wil kragtig (sterk) word in die Here, dan het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy wil staande bly teen die liste vd duiwel (hoe hy lê en wag om jou te vang), het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy wil kan weerstand (teestand) bied in die dag van onheil (dag van boosheid), het jy die WAPENRUSTING VAN GOD nodig.
As jy die vurige pyle van die Bose wil uitwis, het jy die skild van geloof nodig in die WAPENRUSTING VAN GOD.

Kom ons kyk bietjie meer in op die woorde "SODAT ONS KAN STAANDE BLY TEEN DIE LISTE VD DUIWEL": - die woord "liste" hier is die Gr. woord ("meth-od-i'-ah") wat vewys na 'n "metode" wat deur die duiwel gebruik word om iemand in sy lis te probeer vang, soos om te lê en wag...  Bv., kinders vd Koninkryk wat in die strik van die duiwel gevang is, word tipies na verwys in die Skrif as "dronk" of die wat nie waak nie - hulle is nie nugter nie / nie waaksaam nie, en verwys na mense wat gevang is om die wil vd duiwel te doen (2 Tim. 2:26). Dit is waarom Petrus aan die gemeente skryf  (1Pe 5:8 - "Wees NUGTER en WAAKSAAM, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind"). Die duiwel is 'n teëstander..., en gereddes word beveel om hom teë te staan (bestudeer gerus hierdie pos om meer te verstaan wat "teëstander" beteken: https://warechristene.blogspot.com/2024/09/die-begrip-grimmigheid-van-god.html)(tipies kenmerkend van teëstanders is dat hulle verag en spot... - hulle is trots, vertel leuens, en terg die Here). As ons kyk na die verhaal van Eden is dit duidelik dat die duiwel 'n teëstander is - hy't bv. die Here God verag en leuens vertel - "geloof" word op hierdie manier aangeval (bv. deur 'n leuen, sodat jy nie glo nie).  L.w. die woorde "standvastig in die GELOOF" daar gebruik in 1 Pet. 5:9, want hierdie is die manier hoe jy die vurige pyle vd bose kan uitwis... (Ef. 6:16) - dit is hoe jy kan seker maak dat jy nie in sy liste gevang word nie (hou vas aan die Here en bly Hom vertrou - moenie die leuen glo nie). Kyk gerus hoe die WAPENRUSTING (vir die geestelike geveg) ook gebruik word in konteks met die tema van NUGTER en WAKKER. Geestelike mense is soos mense wat geestelik BEKLEE is, maar wanneer hulle hierdie "klere" uittrek of besoedel (Openb. 3:4; 7:13,14) en nie was nie, sal hulle onkant gevang word wanneer Jesus terugkom... (Openb. 3:3).  Dieselfde met die wapenrusting van God, want die wat nie daarmee beklee is nie sal onkant gevang word, en in hierdie geval, deur die vyand! Vir studie oor sekere van hierdie onderwerpe, klik op die volgende woorde: (SLAAP)(DRONK)(beklee)(naaktheid)(skaamte ontbloot).

Skild van die GELOOF:
Die prentjie wat vir ons geskets word in Ef. 6 is dat die geredde AANGEVAL WORD DEUR DIE BOSE EN MET PYLE GESKIET WORD..., maar daar is 'n manier hoe hierdie "vurige pyle" uitgewis kan word, en dit is deur GELOOF. Geloof is deel van die "wapenrusting van God", en word voorgestel as die "skild" gedeelte. Wanneer die Here jou skild is (m.a.w., as jy jou vertroue in Hom plaas), hoef jy niks te vrees nie! (Gen. 15:1). Die woord "skild" in Ef. 6:16 is die Gr. woord (" thoo-reh-os' "), wat verwys na 'n groot item, soos die vorm van 'n deur (wat pyle kan afweer en jou BESKERM teen aanvalle). Wanneer jy jou vertroue in die Here plaas hoef jy nie te vrees nie - dan is die Here soos 'n skild vir jou (Ps. 56:4). Bestudeer gerus die konneksie tussen "wêreld oorwin" en "geloof" (1 Joh. 5:4,5), want die woord "geloof" in Ef. 6:16 is die Gr. woord ("pis'-tis") wat gaan oor in wie of waarin jy jou vertroue plaas... - bv. wat sien jy as waarheid?  In wie plaas jy jou vertroue?, maw in die koteks van tussen die wêreld of die Here...;  bv.,  glo jy in wereldse wysheid? of die wysheid van die Here God?  In ander woorde, wat sien jy as waarheid? Plaas jy jou vertroue in die Here God?, of plaas jy dit in die wereld? GELOOF kan m.a.w. onder andere beskryf word as "om die wêreld (bv. sieninge, kennis, wil, ens.) te oorwin" (1 Joh. 5:4,5), en dit is veral waarna geloof verwys in hierdie skrif. 
  
Lendene omgord met die WAARHEID:
In heelwat skrifte waar die lendene omgord is was dit wanneer iemand gereed gemaak het vir 'n pad of missie..., bv. 2 Kon. 9:1 (waar Elisa 'n profete-seun beveel om sy heupe te gord en 'n kruik olie te neem na Ramot om iemand te salf)(kyk ook 2 Kon. 4:29; 1 Kon. 20:31; ens.) - die gord verwys na 'n belt. Dit is interessant om te merk dat die term "omgord die lendene" ook gebruik word in konteks van "nugter" wees, bv. in 1 Pet. 1:13.14 - ("Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus. Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie"). Om die wêreld te oorwin begin by om DIE WAARHEID te kies... Dit is soos voorbereiding vir die pad wat voorlê (en soos 'n belt hou dit alles bymekaar).  In 'n gelykenis wat Jesus vertel het in Luk. 12:35-48, waarin Hy hulle vertel om seker te maak hulle is GEREED, gebruik Hy ook die woorde "laat julle heupe omgord wees" (en terloops beveel Hy hulle om WAKKER te wees!). Om "die heupe te omgord" is beslis 'n term gebruik in konteks met "gereed maak" - wanneer jy die waarheid kies is jy soos iemand wat gereed is (is wakker, en sal nie onverwags betrap word nie);  maar as jy wêreldse wysheid en kennis eerder vertrou, is jy soos iemand wat nie gereed is nie. In Jes. 11:5 word geregtigheid daar voorgestel as 'n gordel van sy ("takkie uit die stomp van Isai" / nl. Christus) lendene, en trou die gordel van sy heupe ("gordel" verwys hier na geregtigheid en trou). 

Borswapen van GEREGTIGHEID:

Die woord "geregtigheid" in Ef. 6:14 is die Gr. woord ("dik-ah-yos-oo'-nay"), wat verwys na hoe iemand se karakter en dade in lyn kom met die Here se wil (geregtigheid beskryf basies dat iemand leef en doen soos die Here wil). In 1 Thess. 5:8 word "borswapen" ook gebruik in konteks met "nugter wees" (1Th 5:8 - "Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid"). Sover is dit duidelik dat die wat die wapenrusting van God aanhet, verwys na mense wat "waak" en "nugter" is! Vgl. dit met Rom 13:12-14 - ("Die nag het ver gevorder en dit is amper dag. Laat ons dan die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig aangord. Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag, nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"). In hierdie konteks gaan dit veral daaroor dat ons geen voorsorg moet maak vir die vlees omsy begeerlikhede te bevredig nie (m.a.w., as iemand nie geregtigheid aantrek nie, dan sal hy nie welvoeglik wandel nie, maar toegee aan die begeertes vd vlees).  In 1 Thess. 5:8 word GELOOF en LIEFDE beskryf as die borswapen... (want geregtigheid gaan eintlik hieroor...; m.a.w., dat iemand leef en doen soos die Here wil, bv., vertroue in die Here se wil en raadpleeg Hom, is barmhartig, vergewensgesind, ens).  In heelwat ander skrifte word geregtigheid ook beskryf as iets wat aangetrek word..., bv. in Job 29:14 word geregtigheid beskryf soos 'n kleed;  in Jes. 61:10 word dit beskryf soos 'n mantel.  In Jes. 59:17 word dit ook beskryf soos 'n pantser (Hebr. woord (shir) -yone', -yawn', -yaw', -yo-naw')(borswapen, harnas). 'n Pantser kan jou ook beskerm teen pyle (Jer. 51:3);  in ander woorde, as jy die wil van die Here doen, is jy o.a. beskerm teen die pyle van die bose.

Skoene, BEREIDHEID VIR DIE EVANGELIE VAN VREDE:

Die evangelie is die goeie boodskap... (Rom 10:15 - "En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!"). Dit wil voorkom of hierdie deel van die wapenrusting verwys na hoe ons bereid moet wees om die goeie boodskap te verkondig (kinders van die koninkryk moet bereid wees om gestuur te word) - 'n evangelie wat nie net vir die kinders van Israel bedoel is nie, maar vir enige iemand! Die begrip "evangelie van vrede" is 'n begrip gebruik in die eerste gemeentes om te verwys na die goeie boodskap wat Jesus Christus gebring het wat o.a. bevestig dat enige iemand van enige nasie, stam, volk of taal gered kan word deur Jesus Christus! (nie net die van Joodse afkoms nie)(Hand. 10:36 - "Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal")    (Ef. 2:11-19 - "Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word, dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het. En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was; want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader. So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God"). Daar is nie meer Jood of Griek nie... (Gal. 3:28) - in Jesus Christus is Jood en heiden een (natuurlik verwysend na die wat glo in Jesus Christus) - hulle is ALMAL "kinders van Abraham". In ander woorde, as 'n weergeborene bereid is om die evangelie te verkondig, dan kan dit hom kragtig maak in die Here... - dit gaan nie net oor wat die evangelie vir jou beteken nie, maar ook wat dit vir ander kan beteken. Dit is barmhartig om die blye boodskap te verkondig. 

Helm van VERLOSSING:

(Eph 6:17 - "En neem aan die helm (Gr. woord "per-ee-kef-al-ah'-yah" - 'n helmet) van verlossing (Gr. woord "so-tay'-ree-on" - saligheid) en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—". vir 'n studie oor die begrip "saligheid", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html. Redding is "veiligheid", dit is waarna die woord "verlossing" hier veral verwys. Vgl. dit met Jes. 59:17 waarin na verwys word as "die helm van heil (redding, gesondheid, saligheid)" - (Jes. 59:17 - "En Hy het geregtigheid aangetrek soos ‘n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in ‘n mantel")(Jes. 61:10).

Die swaard van die Gees, DIE WOORD VAN GOD:

(Ef. 6:17 - "En neem aan die helm van verlossing en die swaard (Gr. woord "makh'-ahee-rah") van die Gees—dit is die woord van God—").  Die skrif verduidelik vir ons wat bedoel word met "SWAARD VAN DIE GEES", nl. dat dit verwys na die WOORD VAN GOD. Vgl. dit met Heb 4:12 - "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart". Die woord van God verander ons van binne sodat ons begin sien en dink soos die Here. As dit nie gebeur nie, het ons niks om mee te veg nie. In Jes. 49:2 word Israel op 'n interessante manier voorgestel: (Jes. 49:2 - "En Hy het my mond gemaak soos ‘n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My ‘n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek")(mond daar die Hebr. woord "peh", wat gaan oor praat, maar o.a. is die woord "twee-snydend" daar in die betekenis vd woord mond) (en "swaard" verwys na 'n wapen, bv. 'n mes, byl, swaard... -Hebr. woord "kheh'-reb"). Vgl. dit met Jes. 11:4, hoe die Here Jesus die aarde sal slaan met die roede van Sy mond..., en kyk Openb. 1:16 waar Hy beskryf word as o.a. 'n skerp tweesnydende swaard wat uit sy mond uitgaan (Openb. 2:12). Om tyd met die woord van God te spandeer is inderdaad baie belangrik vir die wapenrusting.  Oorwinning le in die woord van God, dit is wat ons getuienis moet wees: (Openb. 12:11 - "En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie"). 1Jn_2:14 leer dat die wat STERK IS EN DIE WOORD VAN GOD IN HULLE HET, is mense wat die bose oorwin: ("Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het"). Die begrip "oorwin die wêreld" het baie hiermee te doen, is dat ons nie dink en sien soos die wêreld nie, maar dink en sien soos God - die woord van God is hoe die Here sien en dink.  Die woord "wêreld" hier verwys na dit wat nie die waarheid is nie, maar mense glo dit omdat dit aantreklik is;  hulle het die "gees van dwaling" (1 Joh. 4:6) - hulle bedink die vlees, nie die Gees nie... (sien dus, dat die swaard "van die Gees" verwys na die wat dink soos die Gees). Hierdie is die groot verskil tussen natuurlike en geestelike mense, en die rede waarom geestelike mense anders "dink en sien", is omdat hulle die Heilige Gees het. As jy die bose wil oorwin het jy die woord van God nodig om te veg, nl. die waarheid, die Skrif, die woorde van Jesus Christus, en dus die Heilige Gees nodig, want die Heilige Gees leer en lei ons in die woorde van God (Joh. 14:17,26; 15:26; 1 Kor. 2:12,13; 1 Joh. 2:27) - selfs wanneer ons nie weet wat om te spreek nie, sal Hy vir ons die woorde gee (Joh 16:13 - "Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig"). Nog 'n woord wat o.a. die "woorde van God" beskryf, is die woord WAARHEID (Mark. 12:14; Luk. 20:21;  Joh. 8:32). Jesus Christus het vir ons die waarheid gebring (Joh. 1:17), en die Heilige Gees word ook o.a. die "Gees van waarheid" genoem... (Joh. 15:26). In ander woorde, om die SWAARD VAN DIE GEES op te neem, beteken dat jy glo in Jesus Christus se woorde (vertrou Sy woorde/gehoorsaam Hom) en gehoorsaam die Heilige Gees (geestelike mense is onder die wet van Jesus Christus/1 Kor. 9:21, en onder die wet van die Gees/Rom. 8:2 - hulle dien vir Jesus Christus, dien die Gees). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoekom die stryd: 

Hierdie stryd het alreeds begin in die tuin van Eden..., 'n stryd waarin die duiwel mense probeer vang om sy wil te doen (in plaas van die Here se wil te doen)(2Tim. 2:25,26 - "Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie, en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Die wat afval van die waarheid en gevang word om die duiwel se wil te doen, word o.a. na verwys as "blind" of "dronk" of "aan die slaap" - bestudeer gerus die verband tussen "dronk" en  "gemeenskap met duiwels"/1 Kor. 10:19,20; Openb. 17:2, "gemeenskap met duisternis"/2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6, "gemeenskap met sondes"/1Tim. 5:22, en "gemeenskap met bose werke"/2 Joh. 1:11. In konteks gaan dit oor die weerspanniges - Christene wat van die waarheid afdwaal.  Die wat nie nugter is nie (geestelik bedoel), verwys bv. o.a. na die wat nie kennis van die Here het nie... (1 Kor. 15:34). Daar is net twee kante, die een is die kennis van God, en die ander een is wereldse wysheid. ONS IS ALTYD IN HIERDIE STRYD GEWIKKELD! - WATTER KANT KIES JY?  Kies jy die kennis van God? (en raadpleeg Hom)?, of kies jy wereldse wysheid (en raadpleeg ander bronne)? Dit is kommerwekkend hoeveel Christene vandag ander geloofsbronne raadpleeg en hulle antwoorde daar probeer kry, en selfs deelneem aan praktyke wat in ander gelowe en satanisme beoefen word, tog is hulle uitgesproke is oor hulle Christelike geloof maar die waarheid is dat hulle eintlik besig is om geestelik te hoereer... WIE IS JOU BRON

Om meer te verstaan van hierdie stryd, moet ons iets weet van hoe die duiwel opereer, bv.:

Die duiwel wil nie hê dat mense die evangelie verstaan en gered word nie;  dus, hy verblind hulle sinne... (2 Kor. 4:4) en steel die woord uit hulle harte uit... (Luk. 8:12 - "Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie"). 

Die duiwel verlei die hele wêreld (Openb. 12:9). Die Satan word o.a. 'n slang genoem, wat verwys na hy is "listig"... (soos 'n slang)(2 Kor. 11:3) - met sy listigheid bedrieg hy mense om die leuen te glo (Gen. 3:4,5) - en op die manier verlei hy hulle om sy wil te doen in plaas van die Here se wil; of hy bederf hulle sinne sodat hulle nie die evangelie en waarheid sal ontvang nie (2 Tim. 2:26; 2 Kor. 11:3,14).

In Jhn_8:44 word daar na die duiwel verwys as 'n "mensemoordenaar" wat nie in die waarheid staan nie (omdat daar geen waarheid in hom is nie). Jesus het ook verder daar geleer dat wanneer die duiwel leuentaal praat, hy uit sy eie praat omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan. Die duiwel kan iemand doodmaak, maar l.w. dat hy bv. nie vir Job kon doodmaak nie want God het hom nie toestemming gegee daartoe nie (Job 1:12)(dit wys darem vir ons wie het eintlik die mag!).

Die duiwel kan iemand beinvloed (Jhn_13:2  En gedurende die maaltyd—die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai—), bv soos om gedagtes in hulle te sit;  of kan iemand aanhits... (Job 2:3). 

Die duiwel probeer mense versoek om die Here God te verloën (soos Hy met Jesus gedoen het/Luk. 4:2-13), en probeer hulle vang om sy wil te doen (2Ti_2:26). 

Die duiwel is 'n teëstander en valse aanklaer en loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind... (1 Pet. 5:8). Hy word ook "lasteraar" genoem (dit is o.a. wat die woord "duiwel" beteken), en kan in die hemel mense aankla by God (Job 1:6,7) - hy deurkruis die aarde op soek na mense vir wie hy kan vernietig (Job 1:7; 1 Pet. 5:8). 

Die duiwel kan mense siek maak (Job 2:7). In sommige gevalle is dit bose of onreine geeste wat mense siek maak en l.w., die duiwel is die owerste van die onreine geeste (nl. "Beelsebul"/Matt. 12:24; 17:8). 

Die wereld is in die strik van satan, meer presies is natuurlike mense gevang om sy wil te doen (die skrif verwys o.a. hierna as "hulle het 'n gees van dwaling").  Kinders van ongehoorsaamheid wandel "volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in hulle werk... (dit beteken o.a. dat hulle in die begeerlikhede van die vlees wandel... - doen die wil van die vlees en van die sinne  =  "kinders van die toorn", want almal wat wandel volgens die owerste vd wereld, is mense wat vir die toorn bestem is)(Ef. 2:2,3). In ander woorde, DIE SATAN HET MAG OOR DIE KINDERS VAN ONGEHOORSAAMHEID ("gebore in sonde" en omdat hulle hom mag gee oor hulle lewens - hulle wandel volgens die vlees/sinne verblind/het 'n wereldse gees), MAAR DIE DUIWEL HET NIE MAG OOR DIE KINDERS VAN JESUS CHRISTUS NIE! (want hulle wandel nie meer volgens die wil vd vlees en sinne nie, en hulle sinne is nie meer bederf nie / hulle het die Heilige Gees). Maar wat gebeur as die geestelike mens terugval? Wat gebeur as hy ander bronne begin raadpleeg, homself of op wereldse wysheid begin staatmaak, ens.? Geestelike mense is nie meer slawe van sonde nie, maar wat gebeur wanneer hy dit weer word? Hierdie is 'n ernstige saak, en hoekom dit so belangrik is dat ons OORWINNING BEHAAL wanneer die duiwel ons probeer vang om sy wil te doen. Die natuurlike mens doen nie die wil van die Here nie maar die wil van die duiwel - is slawe van sonde, maar wat gebeur as geestelike mense wat losgekoop is van hulle slaafskap weer terugval daarin? 

Geestelike mense, nl. die wat vrygekoop is, is nie "kinders vd duiwel" nie (doen en dink nie soos die duiwel nie - is nie onder die gees van dwaling nie) en sal dus NIE in die poel van vuur opeindig nie, want hulle het nou 'n nuwe vader (1Jn_3:8  Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek)  (1Jn_3:10  Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie). Die geredde (of nuwe mens) dink en sien anders as die wêreld..., en wandel dus anders (want die geredde het nie meer die gees vd wêreld nie, maar die Gees van God - het die Heilige Gees). Om hierdie rede is gereddes altyd in 'n geveg betrokke, want ons leef in 'n wêreld waar die bose probeer om ons "heilige klere uit te trek" (probeer om ons te laat teruggaan na die ou mens wat sien en dink en wandel soos die wêreld)(Ef. 2:1-3 - "En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander"). Die "aim" is om staande te bly! (vas te hou/om te oorwin)(kyk o.a. die 7 gemeentes in die boek van Openbaring, hoe belangrik dit is "om te oorwin"). In 'n ander konteks word hierdie pad van godsaligheid voorgestel soos 'n wedloop..., waarin die belangrikheid van "geestelike oefening" uitgelig word (1 Kor. 9:24-27) / (1Kor. 9:27 - "Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie"). Saligheid is wel verniet, alhoewel jy nou aan 'n ander behoort (Jesus Christus het immers duur betaal vir jou) - die persoon wat verlos is dien die een deur wie hy vrygekoop is, en so "oorwin hy die wereld"... In Luk. 11:21-23 het Jesus 'n interessante stelling gemaak: (Luk 11:21-23 - "Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid. Maar as een hom oorval wat sterker is as hy en hom oorwin, neem hy sy volle wapenrusting weg waar hy op vertrou het, en deel sy buit uit. Hy wat nie met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My versamel nie, verstrooi"). Dit is belangrik om STERK TE WORD IN DIE HERE, sodat ons nie oorval word nie. En die manier om sterk te word is deur DIE WAPENRUSTING VAN GOD aan te trek - jy kan nie kortpad hier kies nie. Of jou hart is in dit, of nie. (Rom. 12:21 - "Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie"). Dit waardeur iemand OORWIN is, daarvan het hy 'n slaaf geword (2 Pet. 2:19). Geestelike mense moet hulleself o.a. sien soos slawe van Jesus Christus en begeer om Sy wil te doen. Dit gaan basies oor wie se wil jy doen, en hierdie is presies die doel van die duiwel, nl. is om mense te probeer van om sy WIL TE DOEN, in plaas van die Here se wil (2Tim. 2:26 - "en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen"). Mense wat deur die duiwel gevang is om sy wil te doen, is soos mense wat in 'n strik gevang is. Dit is gevaarlik as kinders van die Here hulle laat vang... (2Pe_2:20  Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste).

Kom ons kyk na 'n paar skrifte om te sien hoe belangrik dit is om te OORWIN:

1Jn_4:4  Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.

1Jn_5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

1Jn_5:5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

Rev_2:7  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is.

Rev_2:11  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.

Rev_2:17  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Rev_2:26  En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee,

Rev_3:5  Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

Rev_3:12  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

Rev_3:21  Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.

Rev_12:11  En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.

Rev_21:7  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

Geestelike mense is met Christus beklee (Gal. 3:26-29), maar hulle word ook beveel om hulleself te beklee met die Here Jesus Christus... (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"). In 'n sekere konteks verwys die woorde "met Christus beklee" na hoe weergeborenes deel is van Jesus Christus se familie (en deel van die wat eendag gaan erf), maar in 'n ander konteks verwys dit na hoe die geredde die "nuwe mens moet aantrek" - dit is iets wat jy moet doen (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/05/uiteensetting-die-liggaam-klere-en.html)  - en wat dit in hierdie laaste konteks beteken is dat ons (as nuwe mense/eerste konteks) geen voorsorg moet maak vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie, maar beklee jou liewer met die nuwe mens!  Dit is wat gewoonlik bedoel word met die feit dat geestelike mense op 'n pad is van godsaligheid... "Godsaligheid" word o.a. soos OEFENINGE in die Skrif beskryf (in hierdie opsig word geleer dat geestelike oefening selfs belangriker is as liggaamlike oefening!). Net soos wanneer iemand oefen vir 'n wedloop, het soldate ook oefening nodig om hulle gereed te kry vir die geveg, en dit is ook in hierdie konteks waarin ons moet kyk na die geestelike wapenrusting.  In 1 Tim. 4:7 word gereddes bv. beveel om hulle te "oefen in die godsaligheid" (1Ti 4:7 - "Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid") - gereddes moet hulle "oefen" in die nuwe afgesonderde lewe wat hulle nou het. Die geestelike wapenrusting van God gaan oor geloof, geregtigheid, waarheid, bereidheid, verlossing, en die woord... - hierdie is alles deel van die "nuwe lewe".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Poste waarin "geestelike bekleding" o.a. behandel word: