Wys tans plasings met die etiket ken die Here. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ken die Here. Wys alle plasings

Sondag 22 Junie 2025

Die Heilige Gees as BRON

Wanneer dit kom by geloof, gaan dit baie oor DIE BRON (dit is immers wat bepaal wat jy glo!). 

Gawes en bedieninge gaan ook hieroor, want nie almal wat in 'n gawes en bedieninge stap verkry dit van die Here af nie. Ons moet onderskei tussen verskillende geeste... Nie alle gawes en bedieninge kom van die Heilige Gees nie. Daar is bv. heelwat "heidense praktyke" waarin mense ook in allerhande soorte "gawes" stap wat nie van die Heilige Gees verkry is nie, bv. waarseery, sekere geestelike genesers, ens.  Dit gaan dus oor die BRON waarvanaf hierdie gawes en bedieninge verkry word:  - in ander woorde, "in wie se naam tree die persoon op"? By wie het hy die mag gekry?

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Watter gees gebruik jy as bron?

BRON is belangrik, en wanneer ons iemand raadpleeg is dit ook belangrik om te weet watter bron hy/sy gebruik.  Daar is verskillende soorte geeste, selfs die innerlike mens is ook 'n gees. Ons moet onderskei tussen "die mens se gees", "dienende geeste", "onreine/ander/ bose geeste", en "die Heilige Gees". 
In die Christelike kerk is die Here en Sy Gees veronderstel om die Christen se bron te wees, maar ongelukkig is die waarheid dat baie Christene vandag hulle hoop in ander geloofspraktyke plaas en hulle so oopstel vir ander bronne. Daar is verskillende redes waarom sommige Christene hierdie doen, o.a. kan dit wees omdat die persone nie aan die geloof vashou nie - 'n ander rede kan wees omdat hierdie persone ongehoorsames is en hulle wederstrewigheid veroorsaak dat die Here hulle nie meer antwoord nie (en hulle dan hulle antwoorde elders gaan soek, soos koning Saul gedoen het). In die reeks van "gawes, bedieninge en werkinge" kyk ons natuurlik na die Heilige Gees as bron, maar ons moet versigtig wees en die geeste onderskei, want nie almal wat in gawes en bedieninge stap gebruik inderdaad die Here en Sy Gees as bron nie. 

Kom ons kyk vinnig na hierdie verskillende bronne (sodat ons beter kan onderskei):
(1) "die mens se gees" (ook genoem "siel")(dit verwys na die innerlike mens bv., daar is 'n gees in elkeen se binneste - Sag. 12:1)(sommige geleerdes verwys daarna as "siel/gees", want die innerlike mens word somtyds na verwys as siel en somtyds as gees)(wanneer die liggaam of uiterlike mens doodgaan, verlaat hierdie siel/gees/innerlike mens die liggaam - dan is iemand soos 'n gees sonder vlees en bene...).  SOMMIGE PRAAT UIT HULLESELF EN GEBRUIK DUIDELIK HULLESELF AS BRON. SIENDE DIE NATUURLIKE MENS 'N WERELDSE GEES HET, PRAAT HULLE UIT DIE WERELD, MAAR DIE GEESTELIKE MENS HET DIE HEILIGE GEES - EN PRAAT DUS UIT DIE GEES...   Ongelukkig gebeur dit somtyds dat sommige weergeborenes afvallig word vd geloof  - hierdie mense begin weer praat en klink soos die wêreld... (Rom. 1)(en praat gewoonlik "uit hulleself"), en hulle verander baiemaal in verleiers - hierdie is baie gevaarlike suurdeeg in die Christelike kerk!   

(2) dienende geeste (die engele)(die engele wat vir God dien word gebruik en uitgestuur om God se wil uit te voer, bv. is o.a. boodskappers, of is tot hulp vir die wat die saligheid beerwe - Hebr. 1:14)(hulle word ook "manne" genoem in verskeie skrifte, en het ander soort liggame as ons, ens...).  Maar NIE ALLE ENGELE WORD DEUR DIE HERE GESTUUR NIE... - SEKERE GELOWE HET bv. HULLE ONTSTAAN DEUR 'n "ANDER EVANGELIE" WAT DEUR 'N ENGEL GEBRING IS (bv, deur 'N ENGEL WAT AAN IEMAND VERSKYN HET...).   WEER-EENS IS HIERDIE DIE MANIER HOE DAAR GEMEET WORD OF 'N ENGEL DEUR DIE HERE GESTUUR IS OF NIE... - EN DIT IS DEUR TE OORDEEL OF SY WOORDE DITTO IS AS DIE WAARHEID (Gal. 1:7,8);

(3) onreine geeste en bose geeste (ook genoem "ander geeste" in 1 Joh. 4:1,2)(of genoem duiwels in Joh. 10:21)(hulle soek liggame waar hulle kan intrek;  wanneer iemand 'n bose gees in hom het word hy deur daardie gees "besoedel" en is onder die mag vd duiwel - is m.a.w. onder beheer van daardie gees of duiwel, en die duiwel doen allerhande dinge in hulle - kan bv. die persoon in wie hy woon buitengewoon sterk maak, of stuiptrekkings laat kry, of siek maak, ens.).  SOMMIGE BRING 'N "LERINGE VAN DUIWELS" (1 Tim. 4:1)(wat terloops baiemaal gepreek word deur die wat afvallig word vd geloof) -  leringe van duiwels is leringe ONTVANG DEUR ONREINE EN BOSE GEESTE (bestudeer gerus ook temas soos offerandes aan duiwels, wereldse wysheid, duiwels wat tekens doen, ens.)(1 Kor. 10:20; Jak. 3:15; Openb. 16:14; ens.).  Sommige leer "leringe van duiwels", maar het dit nie by 'n duiwel ontvang nie, maar by iemand anders wat dit van 'n duiwel ontvang het.  Hierdie gebeur ongelukkig baie, en somtyds hou selfs Christene hulle besig met sulke leringe omdat hulle dit nie beoordeel nie, of nie regtig glo in die waarheid nie;  

(4) die Heilige Gees (Gees van God afgesonder, wat deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo)(wanneer iemand die Heilige Gees het, is hy onder die mag van God se Gees - is m.a.w. onder beheer van Hom, van Sy Gees, en die Heilige Gees werk allerhande gawes, bedieninge en werke deur daardie persoon, en lei en leer hom in die waarheid/hulle verkry wysheid van bo/hulle verkry gawes om dinge te doen wat hulle nie self kan doen nie/hulle kry opdragte/ens...).   

GAWES, BEDIENINGE EN WERKINGE is dus ONDERWERP aan die BRON: Die Heilige Gees is die Gees van waarheid - is God se Gees - dit is dus die Here wat hierdie gawes, bedieninge en werke vir die gelowige gee, en waar 'n weergeborene opreg bly en nie afdwaal nie en vashou aan die geloof, sal dit waarin hy stap of die woord wat hy bring noodwendig nie in stryd wees met die Here se wil of Sy waarheid nie, want so iemand laat hom deur die Gees lei.  Die Heilige Gees gaan nie iets anders verkondig as wat Jesus Christus geleer het nie. Dit is dieselfde Gees - Here - God.  Hierdie is m.a.w. die manier hoe daar onderskei kan word tussen die ware en die valse. 
(1Kor. 12:4)  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
(1Kor. 12:5)  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
(1Kor. 12:6)  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Daarom, as iemand met 'n bediening van lering 'n woord bring in stryd met die waarheid of met wat Jesus geleer het, dan is hy nie opreg nie of is nie gehoorsaam aan die Here nie (so iemand is bes moontlik 'n valse leraar).   GAWES, BEDIENINGE en WERKINGE (vd Gees)(vd Here) is dus onderwerp aan die Here se wil en aan Sy waarheid.  Weer-eens, dit gaan oor BRON. As iemand in 'n "gawe" of "bediening" stap maar nie die Here as bron gebruik nie, dan is daardie gawe of bediening nie deur die Heilige Gees gegee nie.  Dit is hierdie element wat die profeet vd Here onderskei vd waarseer. Die waarseer het 'n ander BRON en praat deur 'n "ander gees".  Die valse apostel verkondig 'n "ander evangelie"; die valse leraar verkondig 'n ander woord as die waarheid... (2 Kor. 11:4). Dit gaan alles oor die bron. Daarom gaan 'n Christen hom nie ophou met praktyke soos waarseery, goelary, dooies raadpleeg, verklaring van voortekens, towery,  ens. nie, want hierdie mense gebruik 'n ander bron! (Deut.18:10-14; Lev. 19:26,31; 20:6,7 ens.). Christene moet wegbly van sulke "heidense praktyke". Moenie jou ophou met oosterse geloofspraktyke (soos oosterse meditasie en joga, wat terloops nie net bloot oefeninge is nie) soos sommige kerke vandag doen nie. Hoekom gaan soek sommige Christene hulle antwoorde in hierdie soort praktyke?, want deur hierdie praktyke stel jy jouself oop vir verkeerde bronne. Moenie dink dat omdat jy 'n Christen is jy nie onrein kan word deur hierdie dinge nie!, want Christene wat hulle ophou met hierdie soort praktyke (bv., waarseery, offers aan dooies, verklaring van voortekens, ander geloofspraktyke, ens.) sal beslis verontreinig word daardeur  - dit is wat die Skrif leer! (Lev. 19:31).  En as jy as Christen jou besig hou met hierdie goed word jy gesien soos 'n "hoereerder", maw, jy is dan besig om "geestelik te hoereer"... - m.a.w., jy het dan gemeenskap met ander bronne (1 Kor. 10; 2 Kor. 6:14; Ef. 5:11; 2 Joh. 1:11; 1 Joh. 1:6; 1 Tim. 5:22). As jy jou met enige van hierdie ophou of dit in die verlede gesoek het, moet jy dit bely, los en vra vir vergifnis - kom terug na die Here en gebruik Hom alleen as bron. 

Die Christen moet die Here as bron gebruik, en die Here praat natuurlik met Sy kinders veral deur Sy Gees, en gee vir hulle opdragte (deur Sy Gees), en lei hulle in wat die waarheid is (deur Sy Gees), herinner hulle aan wat Jesus geleer het (deur Sy Gees), en gebruik gawes en bedieninge om Sy woord, wil en waarheid bekend te maak deur hulle (deur Sy Gees). Hy moet alleen ons bron wees.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die Heilige Gees as bron:

Gawes, bedieninge en werkinge in die Christelike kerk het "DIE HERE AS BRON", want die Here deel gawes, bedieninge en werkinge aan elkeen uit, wat hulle instaat stel om spesifieke rolle te vervul, en Hy doen dit deur Sy HEILIGE GEES... - Hy is die bron, en Hy doen dit deur Sy Gees;  dus is die Heilige Gees die bron omdat die Here deur Sy Gees werk (1 Kor. 12). Maar l.w. dat nie alle Christene wat lyk of hulle in 'n gawe of bediening stap, die Here as bron gebruik nie, want nie almal wat bely hulle ken die Here of bely hulle is Christene, ken Hom regtig nie! (Matt. 7:21-23). Somtyds stap mense in soortgelyke gawes maar "doen wat hulle wil" (gee bv. voor dat 'n spesifieke woord vd Here kom, maar profeteer uit eie wil...). Nie almal wat sê "die Here sê", het inderdaad van die Here gehoor nie, maar somtyds praat mense wat hulle dink jy moet hoor, of wat hulle dink jy graag wil hoor... Dit is belangrik om die geeste te onderskei. 

Die waarheid is dat in die Christelike kerk is daar ook onkruidingesluiptesvalse broeders en verleiers... (Gal. 1:4; 2 Kor. 11:13; Jud. 1:4; ens.) - VALSES.  Maar daar is ook kinders vd Koninkryk wat wel die Heilige Gees het en selfs vrug dra!, maar afvallig word, en dan tree hulle op asof hulle in die naam van Jesus optree maar eintlik in hulle eie naam... 

Dit is daarom belangrik dat die geeste op die proef gestel word: 

- 'n Goeie manier om te sien of iemand deur Jesus gestuur is, is om te kyk of die persoon dieselfde preek as wat Jesus gepreek het! Jesus gaan nie iemand stuur om die teenoorgestelde te leer van wat Hy geleer (dit wat Hy van die Vader ontvang) het nie. Bv., baie bely hulle glo in Jesus (of is deur Hom gestuur), maar die oomblik as jy met hulle begin praat oor wat Jesus geleer het, dan kom jy agter hulle glo nie regtig in Hom nie, want hulle glo nie in Sy woorde nie. As iemand bely hy glo in Jesus of is deur Jesus gestuur of deur die Heilige Gees gelei, dan moet hy ten minste dieselfde preek as wat die Skrif leer of wat Jesus gepreek het. Hierdie is 'n goeie manier om te sien of iemand regtig in die Naam van Jesus optree... (is hy regtig deur Hom gestuur?). Die waarheid is dat wanneer iemand 'n gees in hom het het, daardie gees natuurlik 'n invloed op die persoon... - die Heilige Gees het 'n groot invloed op die weergeborene se lewe. O.a. word die Heilige Gees die "Gees van WAARHEID" genoem, en kan nie iets anders leer as die waarheid nie.  As Jesus Christus iemand vul met die Heilige Gees (die Gees van waarheid), dan is dit logies dat as daardie persoon preek wat hy van die Gees ontvang), moet dit dieselfde wees as die waarheid wat Jesus Christus gebring het... (as dit nie so is nie, dan kom hy duidelik nie "in die Naam van Jesus" nie - en is dan nie deur Jesus gestuur nie). (Joh 14:26 - "maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het") - die Heilige Gees leer dieselfde as wat Jesus Christus geleer het.

'n Ander manier om te sien of iemand deur Jesus gestuur (of deur Sy Gees), is om te bepaal of die persoon die wil vd Vader doen (Matt. 7:21-23).  Volgens Jesus se woorde in Matt. 7 wil dit voorkom of dit wel moontlik is vir iemand om te profeteer en duiwels uit te dryf, maar tog nie die Here ken nie. In konteks hierdie gedeelte het Jesus o.a. gepraat oor die vrug vd gelowige asook gehoorsaamheid aan Sy stem. Wanneer 'n gelowige ongehoorsaam is en nie vrug dra nie, word hy gesien soos iemand wat nie regtig die Here ken nie.  Dit kan vgl. word met onghoorsame kinders wat nie hulle ouers se wil doen nie... So 'n kind tree bv. nie in sy ouers se naam op nie, maar in sy eie naam of in iemand anders se naam (doen eie wil of wat iemand anders wil, maar nie wat sy ouers wil nie). Gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid aan die Here se opdragte en wette is dus 'n ander manier waardeur bepaal word of iemand deur die Here gestuur is of nie. (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie. En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!") - valse profete gee voor hulle KEN die Here, maar hulle werke en vrug sal bewys dat hulle hom nie ken nie, en dus nie Syy wil doen nie... (gehoorsame gelowiges dra die regte vrug, maar ongehoorsames dra slegte vrug wat lyk soos die ware Jakob maar nie is nie/is vals).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 22 Maart 2021

Die geestelike mens as BABA en KIND

INLEIDING: Net soos 'n mens groei van baba tot volwassene, so groei die geestelike mens (as nuutgeborene) ook van baba en kind tot jongmens, tot volwassene. Dit word oor die algemeen na verwys as "geestelike groei", alhoewel die begrip "geestelike groei" nie in die Bybel voorkom nie;  maar daar word in baie skrifte na hierdie "groei" verwys (1 Pet. 2:2; 1 Kor. 3:6,7; Matt. 13:30,39; Ef. 4:15;  1 Joh. 2; 1 Kor. 14:20; Hebr. 5:13 ens.). Die begrip baba word ook nie noodwendig gebruik om die begin van hierdie groeiproses aan te dui nie maar eerder die woorde "pasgebore kindertjies" (1 Pet. 2:2), of "klein kinders" (1 Kor. 3:1,2), of "wedergeborenes" (1 Pet. 1:23) (m.a.w., asof van voor af gebore). Net soos 'n baba deur water gebore word en lig (asem) nodig het om te kan lewe, net so vind die wedergeboorte plaas deur water  en Gees (het afwassing van sondes nodig, en nodig om die Heilige Gees te ontvang)(Joh. 3:5). 

Die begin vd "geestelike mens" se lewe word gekenmerk deur hierdie wedergeboorte. Deur water (reiniging - afwassing van sondes) en Gees word iemand gebore uit God - is dus dan asof gebore uit God se saad. (Joh. 1:13; 3:6) - en is dan dus "kinders van God" (m.a.w., is "uit Hom gebore").  

- Die Gees is ook soos asem vir die geestelike mens (asem waardeur hy LEWE, want niemand kan sonder asem lewe nie);  

- en is ook soos water  (water wat hom aan die lewe hou, want sonder water sal iemand doodgaan). Daarom, as iemand se sondes nie afgewas word nie en hy nie die Gees ontvang nie (wie terloops deur Jesus Christus gegee word - dus verwysend na die wat GLO in Jesus Christus), sal so iemand nie in die koninkryk van God ingaan nie (Joh. 3:3-6), want hierdie Koninkryk is belowe vir die "kinders vd Here" (die wat deel is van die Here se geslag - gebore uit Hom)(die wat dit ontvang deur geloof in Jesus Christus ("kinders vd geloof").

Maar natuurlik verwys hierdie wedergeboorte op die oomblik meerendeels na die innerlike mens (alhoewel die geestelike mens se uiterlike ook eendag vernuwe sal word). Die wedergeborene se innerlike kan dus gesien word soos 'n baba of 'n pasgebore kind wat ook eers met melk gevoed word, en later vaste kos ("kos" hier verwys na geestelike voedsel). Die wedergeborene se uiterlike mens sal ook vernuwe word wanneer Jesus Christus terugkom - dan sal Hy die wat in Hom gesterf het opwek uit die dood en vir hulle nuwe liggame gee ('n ander soort liggaam). Daarom sterf die uiterlike mens steeds, ja, maar die geestelike mens se innerlike word alreeds gesien asof dit doodgegaan en opgestaan het in 'n nuwe lewe! (Kol. 2:12,13; Rom. 6:4,5) - en hierdie mens, soos enige pasgeborene, groei van klein kindertjies tot kinders tot jongmense tot grootmense...(1 Joh. 2).  Hierdie beeldspraak waarin geestelike mense somtyds vgl word met pasgebore kindertjies of klein kinders of jongmanne of vaders of bv. "met melk voed" of  "voed met vaste kos" ens., word in heelwat skrifte gebruik van gelowiges om te wys waar hulle hul bevind op die pad van "geestelike groei".  Bv., net soos 'n baba melk nodig het en nog nie vaste kos kan verteer nie, net so is pas wedergeborenes.  Daar is bv. groot dele van die woord wat hulle nog nie goed sal verstaan nie en moet eers met basiese beginsels (melk) gevoed word. Elkeen van hierdie stadiums word ook gekenmerk deur sekere dinge, bv. "kinders" sukkel nog om te onderskei (is nog nie geoefen daarin nie) en het 'n grootmens se hulp nodig om besluite te neem omdat hulle nog nie alles verstaan nie - op dieselfde wyse sal "klein kinders in Christus" nog nie altyd kan onderskei nie en het leiding nodig. 

Dit is nie "ok" vir geestelike mense om net "kinders" te bly nie! Paulus het die gemeente van Korinthe sterk aangespreek oor die feit dat hulle net by die kinder-stadium bly, want dit het groot probleme in die kerk veroorsaak.  Sulke probleme kan iets wees soos "kinders" wat optree asof hulle vaders is maar nog dink en doen soos kinders;  of bv. wanneer die wat nog "kinders" is in Christus die gemeente ontstig deur onnodige vrae te vra wat liewer by die huise gevra moet word...ens.  Heb 5:12 - "Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie". Toe Jesus gese het dat ons soos kindertjies moet wees, het Hy nie bedoel dat ons nooit moet groei nie!, maar verwys na hoe ons "soos" kinders NEDERIG moet wees (Matt. 18:1-4). Sommige wat tot die geloof kom ontbreek hierdie belangrike element van om nederig te wees soos 'n kind (met 'n leersame gees), en "volg" om verkeerde redes (bv., vir eie gewin of om gesien te word - soos Simon). Baiemaal sien ons hierdie verskynsel in die Christelike kerk van hoe kinders vd Here (wat nog eintlik "kinders" is in die geloof) op loop gaan met leermeesters en leringe wat hulle in die gehoor streel, en probeer slim klink, en is hoogmoedig i.p.v. nederig. Om hierdie rede is dit ongelukkig baiemaal so dat valse predikers die kerk betree deurdat "kinders" wat soos grootmense wil optree, hierdie leraars toelaat. Die kerk moet egter daarop let die wat nog "kinders" is in die geloof, nog nie die nodige onderskeiding kan maak nie en het ook nog nie die kennis nie. Pas wedergeborenes moet nederig wees (soos kinders behoort te wees!) sodat hulle kan groei tot "volmaakte" grootmense. Net soos 'n boom se vrug 'n beeld is van die boom se gesondheid, net so is die wedergeborene se "vrug" 'n beeld van sy geestelike gesondheid. Daar is hope voorbeelde in die samelewing van hoe dit wat mense kleintyd ervaar het of geleer het, hulle grootmens-lewe beinvloed.  As klein kinders in Christus nie nederig is met 'n leerbare gees nie, of ongehoorsaam is en nalaat om hulle aan hulle Leier Jesus Christus se woorde en opdragte te onderwerp, sal dit beslis hulle vrug beinvloed soos hulle geestelik opgroei. 

(1Co 3:1)  En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.
(1Co 3:2)  Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,
(1Co 3:3)  omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? Dit is dan om hierdie rede waarom "kinders in Christus" somtyds ook vleeslik voorkom, is omdat hulle nog kinders is! 
- Kinders moet nie lei nie, maar gelei word... Die kerk het 'n plig om hulle "klein kinders" met melk te voed sodat hulle kan groei tot die plek waar hulle vaste kos kan geniet.  Hierdie stap word somtyds ignoreer en dan sit ons later met 'n "volk sonder kennis" wat leiers behoort te wees, maar nie lei soos 'n leier moet nie omdat hulle nie die kennis het nie. 
- Kinders moet weet wanneer om stil te bly en wanneer om te praat en liewer, in plaas van om slim te klink, verlang na die melk vd woord...sodat hulle kan groei tot jongmanne tot vaders - dit is wat dit beteken om "soos" kindertjies nederig te wees  (1Pe 2:2 - "en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei").
- Kinders moet onderdanig en gehoorsaam wees. 'n Hoogmoedige kind kan niks leer nie want hy dink hy weet beter en hy vertrou niemand nie.  Sulke kinders groei gewoonlik nie mooi op nie maar veroorsaak probleme later jare. Dieselfde gebeur in die kerk wanneer jong Christene nie nederig is en hulle plek ken nie, en met die tyd sal dit hulle vrug beinvloed. Daar is inderdaad 'n rangorde in die kerk net soos in die samelewing, en dit moet respekteer word, anders sit ons later met 'n kerk van gelowiges wat lank op die pad is, maar vleeslik dink en optree (soos gebeur het in die gemeente van Korinthe), en is dan jongmanne en grootmense wat veronderstel is om vaste kos te eet, maar steeds met melk gevoed moet word...

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OPSOMMING:

(rol af vir 'n beter uiteensetting en skrifte - sommige punte mag dalk herhaal wees op die twee opsommings)

IN HIERDIE POS STAAN ONS VERAL STIL BY DIE "BABA" EN "KIND" STADIUMS (op 'n ander pos word daar gekyk na die jongmens en grootmens stadiums). Daar is bepaalde dinge waardeur ons kan bepaal op watter stadium iemand hom/haarself bevind op hierdie pad (van geestelike groei).  Is jy nog 'n baba in Christus?  Is jy 'n kind?  Is jy 'n jongmens? Is jy 'n volwassene? 

Is dit nodig vir die geestelike mens om te "groei"?  Beslis ja! As ons nie groei nie sal ons heeltyd afhanklik wees van "grootmense" om ons te lei, want kinders kan nog nie altyd self besluite neem nie en kan ook nie altyd onderskei nie en het ook nie die nodige kennis nie. Die kind-stadium word veral gesien as 'n stadium waarin kinders hulle familie en ouers leer ken, en leer wat is reg en verkeerd.  Op dieselfde wyse is die kind-stadium in die wedergeborene se lewe 'n besonderse en wonderlike tyd vir die geestelike mens waarin hy sy Vader leer KEN en leer wat die Here sien as reg en verkeerd, en Sy liefde begin ervaar en Hom begin ken vir wie Hy is...  Dit is ook die tyd waarin iemand bekend word met sy geestelike familie en die geestelike kultuur. 

-  Om DIE HERE TE KEN is veral ook iets wat in 1 Johannes genoem word as kenmerkend van die "kind" in Christus (1 Joh. 2:13). Iets anders wat ook daar genoem word is die feit van 

-  hulle SONDES wat VERGEWE is (1 Joh. 2:12), en verwys na die belangrikheid van bekering en wedergeboorte wat kindskap in Christus voorafgaan. 

Elkeen wat weergebore is, is 'n kind van God en is op 'n pad van (geestelike) groei;  hetsy: 

- pasgebore kind, 

- kind, 

- jongmens, of 

- volwassene. 

(Rol af vir skrifte).

Om 'n volwassene te wees in die samelewing beteken nie dat jy ook 'n volwassene is in Christus nie!  As jy bv. eers op 50 jarige ouderdom "weer gebore" word, dan is jy soos 'n pasgebore kind in Christus en kan dus, bv. wat kennis en pligte in die kerk en koninkryk aanbetref, nie soos 'n volwassene (in Christus) hanteer word nie. M.a.w., logies gesproke kan jy dan nog nie lering gee nie en moet nog leer hoe dinge gedoen word in die kerk, en moet onderdanig wees en jou onderwerp aan die Here (om Hom te gehoorsaam) en onderdanig aan die wat Hy oor jou gestel het.  Iemand wat nog 'n kind in Christus is sal ook sukkel om te onderskei tussen goed en kwaad, en kan bv. nie besluite neem oor besoekende predikers of 'n groep lei nie. "Kinders" in Christus maak ook maklik foute, en oordeel somtyds verkeerd omdat hulle nog nie alles verstaan nie. Hierdie is 'n verskynsel wat baie in die kerk gesien word, en is die rede waarom Christene baiemaal ander verkeerd oordeel (is bv. omdat hulle nog vleeslik dink of nie die nodige kennis het nie - hierdie is somtyds bloot 'n teken daarvan dat iemand nog 'n kind is in Christus). Dus, maak nie saak hoe oud jy is in die samelewing nie, wat die Christelike kerk aanbetref, moet jy ook deur spesifieke stappe gaan voor jy sterk word in die Here en kan saampraat en kan bedien. Nie almal wat tot geloof kom verstaan dit altyd so nie (of dit word nie altyd vir hulle verduidelik nie). Die wat nog "kinders" is in Christus moet verstaan dat daar 'n rangorde is in die kerk, en moet dit respekteer.  

Natuurlik is daar ook opstandige en ongehoorsame "kinders" in die kerk. Opstandinge kinders wil nie dien nie maar gedien word.  Ongehoorsame kinders wil hulle nie onderwerp aan die gesag wat oor hulle gestel is nie en vertrou nie en dink hulle weet beter, of wil bloot doen wat hulle wil. Hierdie is natuurlik deel vd soort probleme wat in die kerk onder "kinders" ervaar word. DIE "KIND-STADIUM" MOET GEKENMERK WORD AS 'N STADIUM WAARIN IEMAND DIE HERE LEER KEN EN BEGIN DIEN, EN HOM DUS GEHOORSAAM.  Dus, as iemand in Jesus Christus begin glo, moet hy verstaan dat hy nou deel word van 'n nuwe kultuur en waardes wat aangeleer moet word, net soos 'n kind geleer word wat is reg en verkeerd en wat van hom verwag word en hoe julle gesin dinge doen, jou pligte in daardie gesin asook voordele wat jy geniet van om deel te wees van daardie gesin, en jou ouers en familie se persoonlikhede leer... Net so leer die wat kinders is in Christus, Sy persoonlikheid, Sy leringe, en Sy wil.

Kom ons kyk na algemene beginsels rondom Pasgebore Kinders / babas (in die Skrif):

Pasgebore kinders:

- hulle moet versorg word.  Die "herders" in die kerk het hierdie plig (Hand. 20:28 "Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het") - hulle moet die kudde BESKERM en VOED.  

- babas het nodig om gevoed te word, maar hulle kan ook nog nie vaste kos verteer nie en moet met MELK (1 Pet. 2:2,5) gevoed word, wat beteken dat hulle nog onervare is in die woord en weet nog nie altyd wat die Here se wil is nie (Heb 5:13 - "Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is");  

- dit is ook in hierdie stadium waarin hulle alreeds 'n band begin vorm met hulle voorsiener en familie, en hulle begin leer KEN - hierdie kennis is iets wat verder groei in die volgende stadiums... (1Jn 2:13 c - "................ Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader KEN"). 


Kinders:

- hulle het nodig om te leer wat is reg en wat is verkeerd, en moet gekorrigeer word as hulle verkeerd gaan.  Hierdie is die plig van "grootmense" (vaders) in die kerk (natuurlik nie die plig van kinders wat nog self onkundig is nie, want dit is om daardie rede wat daar baiemaal verkeerde oordeel plaasvind!  Die wat nog geestelik "kinders" is, moet liewer nie ander korrigeer of probeer leer wat is reg en verkeerd nie...).  Die wat nog kinders is in Christus, moet leer om die Here te vrees, Hom gehoorsaam en Hom eer (Joh. 14:15; 15:14, 21; Luk. 12:4; Ef. 6:1,2; 1 Joh. 5:2 ens.). 

- hulle leer baie oor hulle versorger se wil en weë KEN, en leer wat van hulle verwag word Bv., (gehoorsame kinders ken hulle versorger se wil en is gehoorsaam omdat hulle hul versorger vertrou - op dieselfde wyse is die wat die Here ken, die wat Sy wil ken en Hom gehoorsaam omdat hulle Hom vertrou - 1Jn 2:3 - "En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar")(maar ongehoorsame "kinders" wil nie die Here leer ken nie, en wys dus dat hulle Hom nie vertrou nie, en doen daarom wat hulle wil en dit maak hulle terloops ongeskik vir werk in die Koninkryk -  Titus 1:16)

- kinders leer nog die mense rondom hulle ken, en leer om vir hulle om te gee  (1 Joh. 3:16)(kinders sonder kennis kan maklik dweep;  m.a.w., om die Here en Sy woorde te leer ken is belangrik sodat harte nie dwaal nie  (Hebr. 3:10);

- hulle sukkel ook om te onderskei tussen goed en kwaad en kan nog nie altyd besluite op hulle eie neem nie het hulle versorger se leiding nodig (m.a.w., kinders word maklik beinvloed en kan maklik bedrieg word - rol af vir volgende opsomming)(Ef. 4:13,14; Hebr. 5:14); 

- hulle verstaan ook nog nie alles nie en vra baie vrae en is heeltyd besig om te leer, en het kennis nodig om te kan onderskei - moet m.a.w. nog leer wat is die waarheid (1 Joh. 4:7; 1 Joh. 2:21). 

OPSOMMING:  HOE WORD 'N "KIND" IN DIE GELOOF in die Skrif beskryf:
(Ef. 4:13,14)(Hebr. 5:12-14)
- (1) hulle word maklik soos golwe geslinger en word heen en weer gedryf deur elke wind van lering (deur die bedrieëry van die mense deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring) - HULLE KAN MAKLIK BEDRIEG WORD;
- (3) het nog nie volkome tot die eenheid van die geloof gekom nie (bv., SUKKEL SOMTYDS MET GELOOF);
- (4) het nog nie volkome tot die eenheid van die kennis van die Seun van God gekom nie (bv, LEER NOG DIE HERE KEN, WIE HY IS, SY WIL EN WEE, WAT HY SIEN AS REG EN VERKEERD ENS.);

- (6) kan nog nie vaste spys verteer nie - is onervare in die woord van geregtigheid en moet nog die eerste beginsels vd woorde van God geleer word (HET NOG NIE BAIE KENNIS NIE EN VERSTAAN NOG NIE ALLES NIE);
- (7) hulle besit nog nie geestesvermoens (deur die gewoonte geoefen) om goed van kwaad te onderskei nie (HULLE SUKKEL OM TE ONDERSKEI TUSSEN DIE WARE EN VALSE);

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

UITEENSETTING - Skrifte - verskillende stadiums van "geestelike groei" (in hierdie opsomming kyk ons veral na babas en kinders):

(1)  Die wat nog "klein kinders" is in die geloof, word somtyds gesien as "vleeslik" eerder as "geestelik", want hulle tree baiemaal vleeslik op! 

 'n Goeie vb. was sommige in die gemeente van Korinthe (1 Kor. 3): (1Kor. 3:1)  En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.-(1Kor. 3:2)  Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,-(1Kor. 3:3)  omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nieVleeslike optrede onder Christene is gewoonlik 'n aanduiding van onvolwassenheid, en diesulkes moet daarop gewys word dat hulle vleeslike denke en optrede moet neerlê, en eerder moet verlang na die onvervalste melk vd woord... (kyk punt 4). Dit is beter om nederig en onderdanig te wees (soos kinders behoort te wees) - dan sal die wat nog "kinders" is in die geloof, goed opgroei tot ordentlike grootmense, en hulleself sodoende beskerm teenn onnodige foute soos vleeslike optrede (en verkeerde oordeel). Kinders word maklik jaloers wanneer iemand anders beter is of meer weet as hulle - hierdie tipe vleeslike optrede word ook baiemaal gesien in die Christelike kerk wanneer "kinders" jaloers word op die wat meer kennis het of in (meer) gawes en bedieninge stap. Vleeslike optrede wys dat jy eintlik nog onvolwasse is. I.p.v. om ander te oordeel en slim te probeer klink, moet "kinders" liewer nederig wees, ag gee op die pad van godsaligheid, en hulleself onderwerp aan die Here om Hom te dien en gehoorsaam te wees - nie fokus op eie denke en wil nie. maar soek om eerder te dien as om gedien te wordKlein kinders in Christus moet ag gee daarop dat hulle moet begin leef volgens die Here se opdragte, Sy wil, Sy woord ens - as hulle dit doen, sal hulle nie baie kans kry vir vleeslike optrede nie. 

(2)  Kinders het nog nie die wysheid wat volwassenes het nie (1Kor. 2:6).  

Daarom praat die wat nog kinders is in die geloof, somtyds nog soos die wêreld; want hulle ken nog nie die wysheid vd Here nie. Die wat nog kinders is in die geloof, verstaan nie altyd nie (sy onvermoe om te verstaan, is 'n teken van waar hy hom bevind op die pad van geestelike groei). Hulle moet nog eers met melk gevoed word voor hulle kan verstaan;  bv., hy moet eers met die basiese gevoed word voor hy "vaste kos" kan verteer.  Daarom is die werk van bedienaars in die kerk belangrik want hulle doel is om die volk van God toe te rus (Ef. 4:11-13) sodat hulle tot die eenheid vd geloof kan kom en tot die kennis van God.  Die wat nog nie kennis het nie, dink nie altyd dieselfde as die res nie (en daar kan nie eenheid wees as almal nie dieselfde dink nie). Daarom moet kinders liewer stil bly as om te gou te praat, en weet wanneer om te praat. M.a.w., die wat nog kinders is in die geloof sal ook nog nie altyd die "eenheid" ervaar nie omdat hulle nog nie dieselfde dink nie.  Hulle het ook nog nie die wysheid of kennis om besluite te neem nie, en kan tweedrag veroorsaak omdat hulle somtyds nog werelds dink (en as diesulkes in leiding-posisie geplaas word, kan dit groot probleme veroorsaak). Ons sien ook somtyds hoe Christene (veral jong Christene) in 'n gewoonte verval van "om ander te oordeel' omdat hulle dink hulle weet iets en dan het hulle eintlik nog nie die kennis nie - en dan oordeel hulle verkeerd... Dus, kinders moet geleer word hulle moet nie oordeel nie! Los liewer die "regverdige oordeel in die kerk" vir die "grootmense"!

(3)  Pasgebore babas en klein kinders moet met melk gevoed word.  Wat beteken dit?  

Hulle moet eers met die basiese leringe gevoed word en is dus nog nie instaat om saam te gesels of om regverdig te oordeel nie - hulle kan m.a.w. nog nie vaste spys verteer nie want hulle is nog onervare in die woord van geregtigheid... (Hebr. 5:13). Hulle is dus nog nie kundig nie en is onwetend oor baie dinge.  Volgens Heb. 5:14 is dit die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei, maar die wat nog "kinders" is in die geloof, is nog onervare en moet nog oefening kry (vgl. dit met die tema van "oefen in die godsaligheid"): (Heb 5:13)  Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. (Heb 5:14)  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei. "Klein kinders" sukkel nog om goed van kwaad te onderskei en sal bv. sukkel om te onderskei of 'n woord wat hulle hoor die waarheid is of nie (want hulle is nog onvervare in die woord);  en sal bv. sukkel om te onderskei of iemand deur die Here gestuur is of nie (want hulle sukkel om goed van kwaad te onderskei).  Sulke gelowiges kan nog nie lei nie en moet nog nie besluite in die kerk neem nie.

(4)  Nuut weergeborenes (pasgebore kindertjies) moet ag gee daarop dat hulle die bose werke neerle en liewer sterk verlang na die onvervalste melk vd woord (gaan oor die temas van gedagtes kruisig en gehoorsaamheid).  

Hoekom moet hulle verlang na die onvervalste melk vd woord?  - "dat hulle daardeur kan opgroei"! (1 Pet. 2:1,2): (1Pe 2:1)  Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; (1Pe 2:2)  en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei.  Wanneer klein kinders weier om melk te drink kan hulle nie groei nie - en die uiteinde kan selfs die dood beteken (soos die tweede groep in die gelykenis vd saaier, wat tot geloof kom, maar nie wortel skiet nie). Saad word baiemaal eers in 'n kweekhuis geplant met spesifieke klimaat en soort kos om wortel te skiet. Op dieselfde wyse is geestelike mense soos saad wat deur die Here geplant word, en "klein kinders" in Christus het 'n klimaat nodig waar hulle gevoelig begin raak op wat is reg en verkeerd en hulle onderwerp aan die Here se wil, en die regte soort kos kry sodat hulle wortel skiet. Die woord "onvervalste" in 1 Pet. 2:2 verwys daarna dat dit verwys na woord "wat nie mislei nie" - m.a.w., is die opregte woord. Verwys dus nie na enige "woord" nie, maar spesifiek die waarheid (bv., moenie hoop plaas in wereldse wysheid of in allerhande leerstellings nie). In ander woorde, die "baba" in Christus moet eerder sy tyd gee vir die Here se woord as om homself te vestig in grond wat vleeslike optrede tot gevolg het. 

Die Woord is dus soos melk vir die klein kind in Christus en moet die plek van vleeslike begeertes en optrede inneem - die pasgebore kind in Christus moet begin geestelik dink en "sien" (en dit word verkry deur tyd in die Woord en met die Here te spandeer - ons verwys somtyds daarna as "persoonlike tyd met die Here"). Volgens Heb. 5:12,13 verwys hierdie "melk" na "die eerste beginsels vd woorde van God";  bv. wat die Skrif leer oor bekering, oor geloof, oor die Christelike doop, handoplegging, die opstanding, en ewige oordeel... - hierdie is alles belangrike eerste beginsels waarin die jong Christen geleer moet word.  Sonder hierdie melk kan hy nie groei nie, wat beteken dat hy net vir 'n tyd sal glo, en wanneer daar vervolging en verdrukking kom ter wille vd woord, dan val hulle af;  m.a.w., in plaas van om geestelik te groei kan so 'n Christen (die een wat nie melk drink nie) afvallig word vd geloof... - hy kan doodgaan sonder melk;  en as hy te vroeg met vaste kos gevoed word, sal hy altyd twyfel en sukkel om te onderskei omdat hy nie die nodige basiese kennis het nie.  Ons sien dus hier die belangrikheid van kos (en water)(kyk gerus ook na die belangrikheid van "lig" en "bekleding") - meer spesifiek in hierdie geval van jong kinders wat "die melk vd woord" nodig het.  Die wat nie melk kry nie, kan vgl. word met saad wat nie wortel skiet nie... - soos saad wat in die wereld geplant is maar nie wortel skiet nie omdat dit nie die nodige kos en water kry nie.  

Kos verwys natuurlik na die waarheid, die woord;  en water verwys ook na die Here (die band wat moet begin vorm tussen die baba en sy versorger) (m.a.w. "om die Here te KEN!). As babas in Christus nie kos en water kry nie, bv. nie die woord soek nie , en nie hulle versorger leer ken nie (m.a.w. "in Hom bly") nie, dan kan hulle nie geestelik groei (en vrug dra) nie, en kan selfs doodgaan.  Vgl. dit met die 2 de groep in die gelykenis vd saaier, die wat die woord met blydskap ontvang maar nie wortel skiet nie en dan verdroog... - dit verwys na die wat net vir 'n tyd glo. Die jong kind stadium in 'n Christen se lewe is 'n belangrike tyd waarin sy innerlike mens gesien kan word asof hy "wotel skiet":

- en om dit te kan doen het hy sekere soort kos nodig (bv. die onvervalste melk vd woord, en veral die "eerste beginsels")(1Pe_2:2  "en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei"), 

- en water nodig (bv., nodig om in die Here te bly en tyd met Hom te spandeer in gebed en Sy woord), 

- en lig nodig (nl. die Heilige Gees, want sonder lig/gees kan niemand lewe nie - sonder die asem vd Heilige Gees kan niemand die ewige lewe he nie). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------