Wys tans plasings met die etiket in eie naam. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket in eie naam. Wys alle plasings

Sondag 22 Junie 2025

Die Heilige Gees as BRON

Wanneer dit kom by geloof, gaan dit baie oor DIE BRON (dit is immers wat bepaal wat jy glo!). 

Gawes en bedieninge gaan ook hieroor, want nie almal wat in 'n gawes en bedieninge stap verkry dit van die Here af nie. Ons moet onderskei tussen verskillende geeste... Nie alle gawes en bedieninge kom van die Heilige Gees nie. Daar is bv. heelwat "heidense praktyke" waarin mense ook in allerhande soorte "gawes" stap wat nie van die Heilige Gees verkry is nie, bv. waarseery, sekere geestelike genesers, ens.  Dit gaan dus oor die BRON waarvanaf hierdie gawes en bedieninge verkry word:  - in ander woorde, "in wie se naam tree die persoon op"? By wie het hy die mag gekry?

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Watter gees gebruik jy as bron?

BRON is belangrik, en wanneer ons iemand raadpleeg is dit ook belangrik om te weet watter bron hy/sy gebruik.  Daar is verskillende soorte geeste, selfs die innerlike mens is ook 'n gees. Ons moet onderskei tussen "die mens se gees", "dienende geeste", "onreine/ander/ bose geeste", en "die Heilige Gees". 
In die Christelike kerk is die Here en Sy Gees veronderstel om die Christen se bron te wees, maar ongelukkig is die waarheid dat baie Christene vandag hulle hoop in ander geloofspraktyke plaas en hulle so oopstel vir ander bronne. Daar is verskillende redes waarom sommige Christene hierdie doen, o.a. kan dit wees omdat die persone nie aan die geloof vashou nie - 'n ander rede kan wees omdat hierdie persone ongehoorsames is en hulle wederstrewigheid veroorsaak dat die Here hulle nie meer antwoord nie (en hulle dan hulle antwoorde elders gaan soek, soos koning Saul gedoen het). In die reeks van "gawes, bedieninge en werkinge" kyk ons natuurlik na die Heilige Gees as bron, maar ons moet versigtig wees en die geeste onderskei, want nie almal wat in gawes en bedieninge stap gebruik inderdaad die Here en Sy Gees as bron nie. 

Kom ons kyk vinnig na hierdie verskillende bronne (sodat ons beter kan onderskei):
(1) "die mens se gees" (ook genoem "siel")(dit verwys na die innerlike mens bv., daar is 'n gees in elkeen se binneste - Sag. 12:1)(sommige geleerdes verwys daarna as "siel/gees", want die innerlike mens word somtyds na verwys as siel en somtyds as gees)(wanneer die liggaam of uiterlike mens doodgaan, verlaat hierdie siel/gees/innerlike mens die liggaam - dan is iemand soos 'n gees sonder vlees en bene...).  SOMMIGE PRAAT UIT HULLESELF EN GEBRUIK DUIDELIK HULLESELF AS BRON. SIENDE DIE NATUURLIKE MENS 'N WERELDSE GEES HET, PRAAT HULLE UIT DIE WERELD, MAAR DIE GEESTELIKE MENS HET DIE HEILIGE GEES - EN PRAAT DUS UIT DIE GEES...   Ongelukkig gebeur dit somtyds dat sommige weergeborenes afvallig word vd geloof  - hierdie mense begin weer praat en klink soos die wêreld... (Rom. 1)(en praat gewoonlik "uit hulleself"), en hulle verander baiemaal in verleiers - hierdie is baie gevaarlike suurdeeg in die Christelike kerk!   

(2) dienende geeste (die engele)(die engele wat vir God dien word gebruik en uitgestuur om God se wil uit te voer, bv. is o.a. boodskappers, of is tot hulp vir die wat die saligheid beerwe - Hebr. 1:14)(hulle word ook "manne" genoem in verskeie skrifte, en het ander soort liggame as ons, ens...).  Maar NIE ALLE ENGELE WORD DEUR DIE HERE GESTUUR NIE... - SEKERE GELOWE HET bv. HULLE ONTSTAAN DEUR 'n "ANDER EVANGELIE" WAT DEUR 'N ENGEL GEBRING IS (bv, deur 'N ENGEL WAT AAN IEMAND VERSKYN HET...).   WEER-EENS IS HIERDIE DIE MANIER HOE DAAR GEMEET WORD OF 'N ENGEL DEUR DIE HERE GESTUUR IS OF NIE... - EN DIT IS DEUR TE OORDEEL OF SY WOORDE DITTO IS AS DIE WAARHEID (Gal. 1:7,8);

(3) onreine geeste en bose geeste (ook genoem "ander geeste" in 1 Joh. 4:1,2)(of genoem duiwels in Joh. 10:21)(hulle soek liggame waar hulle kan intrek;  wanneer iemand 'n bose gees in hom het word hy deur daardie gees "besoedel" en is onder die mag vd duiwel - is m.a.w. onder beheer van daardie gees of duiwel, en die duiwel doen allerhande dinge in hulle - kan bv. die persoon in wie hy woon buitengewoon sterk maak, of stuiptrekkings laat kry, of siek maak, ens.).  SOMMIGE BRING 'N "LERINGE VAN DUIWELS" (1 Tim. 4:1)(wat terloops baiemaal gepreek word deur die wat afvallig word vd geloof) -  leringe van duiwels is leringe ONTVANG DEUR ONREINE EN BOSE GEESTE (bestudeer gerus ook temas soos offerandes aan duiwels, wereldse wysheid, duiwels wat tekens doen, ens.)(1 Kor. 10:20; Jak. 3:15; Openb. 16:14; ens.).  Sommige leer "leringe van duiwels", maar het dit nie by 'n duiwel ontvang nie, maar by iemand anders wat dit van 'n duiwel ontvang het.  Hierdie gebeur ongelukkig baie, en somtyds hou selfs Christene hulle besig met sulke leringe omdat hulle dit nie beoordeel nie, of nie regtig glo in die waarheid nie;  

(4) die Heilige Gees (Gees van God afgesonder, wat deur Jesus Christus gegee word aan die wat in Hom glo)(wanneer iemand die Heilige Gees het, is hy onder die mag van God se Gees - is m.a.w. onder beheer van Hom, van Sy Gees, en die Heilige Gees werk allerhande gawes, bedieninge en werke deur daardie persoon, en lei en leer hom in die waarheid/hulle verkry wysheid van bo/hulle verkry gawes om dinge te doen wat hulle nie self kan doen nie/hulle kry opdragte/ens...).   

GAWES, BEDIENINGE EN WERKINGE is dus ONDERWERP aan die BRON: Die Heilige Gees is die Gees van waarheid - is God se Gees - dit is dus die Here wat hierdie gawes, bedieninge en werke vir die gelowige gee, en waar 'n weergeborene opreg bly en nie afdwaal nie en vashou aan die geloof, sal dit waarin hy stap of die woord wat hy bring noodwendig nie in stryd wees met die Here se wil of Sy waarheid nie, want so iemand laat hom deur die Gees lei.  Die Heilige Gees gaan nie iets anders verkondig as wat Jesus Christus geleer het nie. Dit is dieselfde Gees - Here - God.  Hierdie is m.a.w. die manier hoe daar onderskei kan word tussen die ware en die valse. 
(1Kor. 12:4)  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
(1Kor. 12:5)  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
(1Kor. 12:6)  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Daarom, as iemand met 'n bediening van lering 'n woord bring in stryd met die waarheid of met wat Jesus geleer het, dan is hy nie opreg nie of is nie gehoorsaam aan die Here nie (so iemand is bes moontlik 'n valse leraar).   GAWES, BEDIENINGE en WERKINGE (vd Gees)(vd Here) is dus onderwerp aan die Here se wil en aan Sy waarheid.  Weer-eens, dit gaan oor BRON. As iemand in 'n "gawe" of "bediening" stap maar nie die Here as bron gebruik nie, dan is daardie gawe of bediening nie deur die Heilige Gees gegee nie.  Dit is hierdie element wat die profeet vd Here onderskei vd waarseer. Die waarseer het 'n ander BRON en praat deur 'n "ander gees".  Die valse apostel verkondig 'n "ander evangelie"; die valse leraar verkondig 'n ander woord as die waarheid... (2 Kor. 11:4). Dit gaan alles oor die bron. Daarom gaan 'n Christen hom nie ophou met praktyke soos waarseery, goelary, dooies raadpleeg, verklaring van voortekens, towery,  ens. nie, want hierdie mense gebruik 'n ander bron! (Deut.18:10-14; Lev. 19:26,31; 20:6,7 ens.). Christene moet wegbly van sulke "heidense praktyke". Moenie jou ophou met oosterse geloofspraktyke (soos oosterse meditasie en joga, wat terloops nie net bloot oefeninge is nie) soos sommige kerke vandag doen nie. Hoekom gaan soek sommige Christene hulle antwoorde in hierdie soort praktyke?, want deur hierdie praktyke stel jy jouself oop vir verkeerde bronne. Moenie dink dat omdat jy 'n Christen is jy nie onrein kan word deur hierdie dinge nie!, want Christene wat hulle ophou met hierdie soort praktyke (bv., waarseery, offers aan dooies, verklaring van voortekens, ander geloofspraktyke, ens.) sal beslis verontreinig word daardeur  - dit is wat die Skrif leer! (Lev. 19:31).  En as jy as Christen jou besig hou met hierdie goed word jy gesien soos 'n "hoereerder", maw, jy is dan besig om "geestelik te hoereer"... - m.a.w., jy het dan gemeenskap met ander bronne (1 Kor. 10; 2 Kor. 6:14; Ef. 5:11; 2 Joh. 1:11; 1 Joh. 1:6; 1 Tim. 5:22). As jy jou met enige van hierdie ophou of dit in die verlede gesoek het, moet jy dit bely, los en vra vir vergifnis - kom terug na die Here en gebruik Hom alleen as bron. 

Die Christen moet die Here as bron gebruik, en die Here praat natuurlik met Sy kinders veral deur Sy Gees, en gee vir hulle opdragte (deur Sy Gees), en lei hulle in wat die waarheid is (deur Sy Gees), herinner hulle aan wat Jesus geleer het (deur Sy Gees), en gebruik gawes en bedieninge om Sy woord, wil en waarheid bekend te maak deur hulle (deur Sy Gees). Hy moet alleen ons bron wees.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die Heilige Gees as bron:

Gawes, bedieninge en werkinge in die Christelike kerk het "DIE HERE AS BRON", want die Here deel gawes, bedieninge en werkinge aan elkeen uit, wat hulle instaat stel om spesifieke rolle te vervul, en Hy doen dit deur Sy HEILIGE GEES... - Hy is die bron, en Hy doen dit deur Sy Gees;  dus is die Heilige Gees die bron omdat die Here deur Sy Gees werk (1 Kor. 12). Maar l.w. dat nie alle Christene wat lyk of hulle in 'n gawe of bediening stap, die Here as bron gebruik nie, want nie almal wat bely hulle ken die Here of bely hulle is Christene, ken Hom regtig nie! (Matt. 7:21-23). Somtyds stap mense in soortgelyke gawes maar "doen wat hulle wil" (gee bv. voor dat 'n spesifieke woord vd Here kom, maar profeteer uit eie wil...). Nie almal wat sê "die Here sê", het inderdaad van die Here gehoor nie, maar somtyds praat mense wat hulle dink jy moet hoor, of wat hulle dink jy graag wil hoor... Dit is belangrik om die geeste te onderskei. 

Die waarheid is dat in die Christelike kerk is daar ook onkruidingesluiptesvalse broeders en verleiers... (Gal. 1:4; 2 Kor. 11:13; Jud. 1:4; ens.) - VALSES.  Maar daar is ook kinders vd Koninkryk wat wel die Heilige Gees het en selfs vrug dra!, maar afvallig word, en dan tree hulle op asof hulle in die naam van Jesus optree maar eintlik in hulle eie naam... 

Dit is daarom belangrik dat die geeste op die proef gestel word: 

- 'n Goeie manier om te sien of iemand deur Jesus gestuur is, is om te kyk of die persoon dieselfde preek as wat Jesus gepreek het! Jesus gaan nie iemand stuur om die teenoorgestelde te leer van wat Hy geleer (dit wat Hy van die Vader ontvang) het nie. Bv., baie bely hulle glo in Jesus (of is deur Hom gestuur), maar die oomblik as jy met hulle begin praat oor wat Jesus geleer het, dan kom jy agter hulle glo nie regtig in Hom nie, want hulle glo nie in Sy woorde nie. As iemand bely hy glo in Jesus of is deur Jesus gestuur of deur die Heilige Gees gelei, dan moet hy ten minste dieselfde preek as wat die Skrif leer of wat Jesus gepreek het. Hierdie is 'n goeie manier om te sien of iemand regtig in die Naam van Jesus optree... (is hy regtig deur Hom gestuur?). Die waarheid is dat wanneer iemand 'n gees in hom het het, daardie gees natuurlik 'n invloed op die persoon... - die Heilige Gees het 'n groot invloed op die weergeborene se lewe. O.a. word die Heilige Gees die "Gees van WAARHEID" genoem, en kan nie iets anders leer as die waarheid nie.  As Jesus Christus iemand vul met die Heilige Gees (die Gees van waarheid), dan is dit logies dat as daardie persoon preek wat hy van die Gees ontvang), moet dit dieselfde wees as die waarheid wat Jesus Christus gebring het... (as dit nie so is nie, dan kom hy duidelik nie "in die Naam van Jesus" nie - en is dan nie deur Jesus gestuur nie). (Joh 14:26 - "maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het") - die Heilige Gees leer dieselfde as wat Jesus Christus geleer het.

'n Ander manier om te sien of iemand deur Jesus gestuur (of deur Sy Gees), is om te bepaal of die persoon die wil vd Vader doen (Matt. 7:21-23).  Volgens Jesus se woorde in Matt. 7 wil dit voorkom of dit wel moontlik is vir iemand om te profeteer en duiwels uit te dryf, maar tog nie die Here ken nie. In konteks hierdie gedeelte het Jesus o.a. gepraat oor die vrug vd gelowige asook gehoorsaamheid aan Sy stem. Wanneer 'n gelowige ongehoorsaam is en nie vrug dra nie, word hy gesien soos iemand wat nie regtig die Here ken nie.  Dit kan vgl. word met onghoorsame kinders wat nie hulle ouers se wil doen nie... So 'n kind tree bv. nie in sy ouers se naam op nie, maar in sy eie naam of in iemand anders se naam (doen eie wil of wat iemand anders wil, maar nie wat sy ouers wil nie). Gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid aan die Here se opdragte en wette is dus 'n ander manier waardeur bepaal word of iemand deur die Here gestuur is of nie. (Mat 7:21-23 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie. En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!") - valse profete gee voor hulle KEN die Here, maar hulle werke en vrug sal bewys dat hulle hom nie ken nie, en dus nie Syy wil doen nie... (gehoorsame gelowiges dra die regte vrug, maar ongehoorsames dra slegte vrug wat lyk soos die ware Jakob maar nie is nie/is vals).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------