Sondag 04 Augustus 2013

Hoe groei die Christen geestelik?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-voer-ons-die-stryd.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Net soos in die lewe, groei die Christen ook geestelik, van 'n baba na 'n grootmens.  
Die vraag is nou wat presies met "geestelike groei" bedoel word?  Hoe definieer ons 'n "baba in die geloof", of "kind in die geloof", "jongman" of "pa" in die geloof?  Sommige glo dat kerkbywoning deel is van geestelike groei;  ander glo dat jy daagliks Bybel moet lees en sommige sien dit as "werke" wat jy moet doen, soos take in die kerk........  Alhoewel al hierdie dinge 'n invloed het op geestelike groei, is dit insigself NIE "geestelike groei" nie! Die verskillende trappe van geestelike ondervinding/groei, word vir ons mooi verduidelik in 1 Joh. 2:12-14.   

Lees  1 Joh. 2:12-14:
1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)
3.  Jongmense: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Lering en Oorwinning oor die sonde)
4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (Verhouding met die Here en Lewe soos 'n Ware Christen)


Of iemand 'n "baba, kind, jongman of vader" is op sy pad van geestelike groei, WORD NIE GEKENMERK DEUR hoeveel hy kerk bywoon, Bybel lees, goeie werke doen, geleerdheid ens. nie, MAAR WORD GEKENMERK DEUR sy "stand voor die Here":  - m.a.w:

-  Het hy tot bekering/wedergeboorte gekom? (baba in die geloof)
-  KEN hy die Here? (kind in die geloof)
-  Soek hy na die waarheid, en le hy aanhoudende sondes af? (jongman in die geloof)
-  Volhard hy in die geloof? (pa in die geloof)

GOD KYK NA DIE HART.
========================================================================


1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
Let wel dat om "in die gawes van die Gees" te stap, nie beteken dat iemand ver gegroei het op die geestelike pad nie!  Hierdie is 'n groot miskonsepsie by baie Christene.  Die gemeente van Korinthiers het nie in een gawe agtergestaan nie, tog noem Paulus hulle "babas" in die geloof!

http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/06/babas-in-die-geloof.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/noem-ander-jou-ook-n-christen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/het-jy-hom-regtig-lief.html




2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)

Om iemand te KEN, beteken nie dat ek net van hom "weet" nie! Wanneer kan iemand verklaar dat hy iemand anders "ken"?  Mens kan ook net iemand anders regtig leer ken as jy TYD MET HOM SPANDEER.   Baie dink dat hulle die Here ken, maar doen hulle werklik?  Spandeer hulle tyd met Hom om Hom te leer KEN? Om net by iemand anders te hoor van die Here, maak nie dat jy Hom persoonlik KEN nie.  Iemand moet self van die Here hoor!  Daar is predikers wat leer dat 'n persoonlike verhouding met die Here glad nie van die Christen verwag kan word nie omdat dit sogenaamd as "werke" gesien word, maar dit is definitief nie wat Jesus vir ons geleer het nie!  Ook nie die vb. wat Hy gestel het nie, want Hy het baie tyd in gebed spandeer tot die Vader - (Mat 14:23;  Matt. 26:36 ens.). (Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html

Jesus het ook heelwat geleer oor "hoe om te bid", o.a. het Hy gese:
(Mat 6:6) " Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde".  
En ja, natuurlik word dit verwag van die Christen, want Jesus het die volgende opdrag aan die dissipels gegee:
(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.   
Jesus het ons beveel om "in Hom te bly", en Hy het ons geleer om te bid...  Dit is die prediker se plig om die Christen "te leer om alles te onderhou wat Jesus beveel het"!  

Om die Here te ken, het te doen met "om Sy wil te soek" - niemand kan ingaan in die koninkryk van die hemele as hy nie "die wil van die Vader doen" nie (Matt. 7:21). (Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder"). Jesus het ook verklaar dat Hy self die wil van die Vader doen en dat Hy die Vader ken. (Joh 5:30 - "Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het"). (Joh 10:15 - "Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape").  Iemand wat ook nie die Vader ken nie, sal nie ontvanklik wees vir die WAARHEID nie! (Joh 8:19 - "Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het").

As die Christen nie in Hom bly nie, gaan hy nie vrug dra nie (Joh 15:4) .  Dit belemmer geestelike groei!  As dit gebeur, is dit soos wat Jesus beskryf het in die gelykenis van die saaier, die 2 de groep, "wat die woord met blydskap aanneem, maar omdat hul nie wortel het nie, afval in die tyd van verdrukking of vervolging".  

Vgl. met Openb. 2:8-11 (brief aan die gemeente van Smirna), en Openb. 2:18-29 (brief aan die gemeente van Thiatire), en Openb. 3:1-6 (brief aan Sardis).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/soos-n-dief-in-die-nag.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html




3.  Jongmanne: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Staande bly, Lering - of wat ons eerder "waarheid" moet noem, want kerke se leringe verskil -;  en Oorwinning oor die sonde)


Dit verwys definitief na die wat "vrug dra" en laat mens dink aan die derde groep in die gelykenis van die saaier - alhoewel in die gelykenis van die saaier die betrokke groep nie "oorwinning oor die sonde" behaal nie - die gevolg?  Hulle raak onvrugbaar, of dra geen ryp vrug nie!  "OORWINNING OOR DIE SONDE", of "die afle van sonde", of "staande bly in tye van versoeking", is belangrik vir geestelike groei! In die geval van die 3 de groep, gelykenis van die saaier, is die probleem dat die groep gelowiges die Here as hulle eerste Liefde verlaat en toegee aan versoekinge.  Op hierdie stadium van die Christelike lewe, moet die gelowige die bose oorwin deur nie toe te gee aan versoekinge nie en sondes af te le - die Here moet sy eerste Liefde wees en hy moet meer besig wees met die Here, as met die lewe.  Vgl. dit met Openb. 2:1-7 (brief aan die gemeente van Efese) - ("......... "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.......").


Alle "lering" is nie noodwendig die waarheid nie.  Hier moet ons onderskei tussen "lering" en "waarheid".  (Joh 1:17 - "Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom").  Kerke se leringe verskil omdat nie almal die waarheid verkondig nie!  Die eerste kerke het baie tyd ingesit om die "waarheid" te leer ken.  Ons moet soek na die waarheid.  Iemand wat geestelik groei, glo nie alles wat vir hom vertel word nie, bloot omdat hy hoop het in 'n spesifieke kerk of persoon nie, maar soek na die waarheid!  So iemand het ook die waarheid lief.  Terwyl baie kerke glo dat hulle geen wette op hulle lidmate moet le nie (en ongelukkig hier nalaat om die waarheid aan hulle lidmate te verkondig), het hulle tog allerhande mensgemaakte wette waaraan lidmate vashou - in hierdie verband skryf Paulus die volgende aan die gemeente van Galasiers: Gal 4:16 - " Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?"  Elke een moet seker maak dat dit wat sy kerk hom leer, regtig die waarheid is!(1 Kor. 3:10 - "Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou").

Vgl. ook met Openb. 2:12-17 (brief aan die gemeente van Pergamus), en Openb. 3:14-22 (brief aan die gemeente van Laodicense).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/die-ultimate-bewys-is-in-om-hom-te-ken.html




4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (die wat vashou aan die geloof)

Iemand is nie ver op die geestelike pad omdat hy baie jare gelede tot bekering gekom het, of baie jare in die kerk sit, of baie lering ontvang het, of baie goeie dade doen of baie pligte het in die kerk ens. nie, maar omdat hy vasstaan in die geloof.  En let wel dat "vasstaan in die GELOOF", gaan oor  "gehoorsaamheid aan die Here", Sy wil soek", Hom ken, Hom eerste stel in jou lewe......, NIE "gereeld kerk toe gaan", "gehoorsaamheid aan mense of mensgemaakte wette" en kennis in kerkleringe nie!

Vgl. dit gerus met die 4de groep in die gelykenis van die saaier.  

Vgl. ook met Openb. 3:7-13 (brief aan die gemeente van Filadelfia).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/wat-meeste-preachers-jou-nie-vertel-oor.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/om-in-die-gawes-van-die-heilige-gees-te.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html

Geen opmerkings nie: