Wys tans plasings met die etiket afval. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket afval. Wys alle plasings

Vrydag 11 Augustus 2017

Die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom

In die brief aan die gemeente van Filadelfía (Openb. 3:7-13) het Christus 'n interessante verklaring gemaak waarin Hy verwys na 'n tyd wat oor die hele wêreld sal kom, genoem:
"die uur van beproewing". Om te verstaan wat met hierdie "uur van beproewing" bedoel word, moet ons gaan kyk nawat die doel is daarvan,
en wie presies deur dit sal gaan.
  

ROL AF VIR DIE VOLGENDE OPSOMMINGS:
- Wat is die doel van die uur van beproewing?
- Sal die wat bewaar word weggeneem word van die aarde?
- Is daar kinders van die Koninkryk wat sal afval in hierdie uur van beproewing?
- Hoe kan ons seker maak dat ons vasstaan en nie val vir die versoeking nie?

_________________________________________________________________________________
Wat is die doel van hierdie "uur van beproewing"?

Die Gr. woord wat in Openb. 3:10 gebruik word  vir "beproewing" word somtyd vertaal as "versoeking" (vir 'n studie oor versoeking/beproewing, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html). Wanneer iemand beproef word word hy GETOETS (bv., word deur die kwaad versoek om te sien of hy aan die geloof vashou). God versoek niemand nie, maar Hy laat dit toe of nie toe nie. In Openb. 3:10 verwys Jesus na 'n tyd van BEPROEWING wat oor die hele wereld sal kom... - l.w. die woorde "om die bewoners vd aarde op die proef te stel" (Openb. 3:10:  -"Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel"). Sekere mense sal nie op OP DIE PROEF GESTEL word nie, bv. die gemeente aan wie hierdie brief gestuur is. Of die 7 briewe aan 7 gemeentes in die boek van Openbaring slegs gerig was aan gemeentes in die tyd waarin Johannes geleef het, is natuurlik 'n punt van oorlegging, maar as dit slegs geskiedkundig is dan moet ons die vraag vra of daar dan 'n tyd in die geskiedenis was aarop die hele wêreld op die proef gestel is? Meeste geleerdes is van mening dat hierdie briewe nie net geskiedkundig is nie, maar ook toekomstig. As dit dus verwys na iets in die toekoms, dan kan ons 'n tyd verwag waarop al die aardbewonders op die proef gestel sal word. 

Die woorde "uur van beproewing" verwys dus na 'n tyd van VERSOEKING. (die mensdom sal op die proef gestel word). Op hierdie stadium verwag ons dat die evangelie reeds aan die hele wereld verkondig is (wat veral gebeur tydens verdrukking!)(Matt. 24:14 -  "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom"). Hierdie word o.a. beskryf as 'n tyd waarin die ongeregtigheid vermeester en meeste mense se liefde verkoel... En kyk gerus waar hierdie woorde inpas in Matt. 24, want dit wat in die volgende verse volg is die "gruwel van verwoesting" en dan die groot verdrukking... - op hierdie stadium sal die hele wereld die evangelie gehoor het, en dan op die proef gestel word... Hulle sal deur die kwaad versoek word (hierdie word gesien as die tyd waarin "die dier" sal regeer, mense sal gedwing word om die dier te aanbid, en die wat nie wil nie sal gedood word).  DIE UUR VAN BEPROEWING word m.a.w. gewoonlik vgl. met die tyd van die dier se regering en die groot verdrukking. Die mensdom sal deur die kwaad verlei word, en die wat in die geloof is se geloof sal getoets word. 

Wanneer iemand nie die versoeking of beproewing deurstaan nie, "val hy af". Vergeleyk dit gerus met die tyd van "AFVAL" waarvan gepraat word in 2 Thess. 2:3, wat net voor en/of rondom dieselfde tyd sal afspeel wanneer die mens van sonde of seun van verderf geopenbaar word... (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/08/want-eers-moet-die-afval-kom.html). Ons kan dus aflei, en dit wil dus voorkom, of hierdie "UUR VAN BEPROEWING" miskien te doen het met die AFVAL waarna verwys word in 2 Thess. 2:3.  Gelowiges wat in daardie tyd VERSOEK/BEPROEF word sal getoets word, en hulle harte sal bepaal of hulle AFVALLIG word of nie... Natuurlik hou dit verband met verdrukking en vervolging vir die wat VASSTAAN, maar baie gelowiges sal val vir die valse (christus / profete   leerstellings), en "AFVAL" in hierdie uur van beproewing (2 Pet. 2:1; Matt. 24:24).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Sal die wat bewaar word van die beproewing, weggeneem word van die aarde?

Die woord "bewaar" in Openb. 3:10 beteken nie dat hulle weggeneem sal word (van die aarde) nie, maar eerder dat hulle "bewaar" (vasgehou / opgepas) sal word (weggeneem van die gevaar, ja). Baiemaal word hierdie skrif uit konteks geneem deur die wat probeer bewys dat die wegraping plaasvind voor hierdie "uur van beproewing", maar die waarheid is dat hierdie mense wat nie versoek word nie, steeds hier op aarde sal wees! - maar "bewaar" sal word... Die Groot verdrukking wys wel op verdrukking en baie sal doodgemaak word vir hulle geloof, maar l.w. dat ook sommige BEWAAR sal word en kans gegee sal word om te vlug na die berge (Matt. 24:15,16 - "Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug")  -  en hulle sal daar onderhou word! (Openb. 12:14 - "maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd"). 

Dit wil dus voorkom of Openb. 3:10 bes moontlik kan verwys na hierdie betrokke kinders van die koninkryk... Kyk ons dus na "die gemeente van Filadelfía" in Openb.3, dan is daar sekere gelowiges daar aan wie Christus belowe dat hulle NIE soos die res van die wereld beproef sal word in die "uur van beproewing" nie (Openb. 3:8,10,11) - nie dat Hy die beproewing bring nie (Jak. 1:13), maar Hy sal hulle beslis daarteen beskerm; altans, BEWAAR (oppas). In daardie sin het Hy vir hulle 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie! Hy sal m.a.w. nie toelaat dat hulle in daardie spesieke "uur" versoek word soos die ander nie, sodat hulle geen rede kry om AF te VAL nie. Dit beteken egter nie dat hulle geen verdrukking ly nie!, want dit is tog duidelik dat hierdie gemeente weet wat dit is om te ly en ten spyte van verdrukking Sy woord bewaar het en Sy Naam nie verloën het nie. "Beproewing" beteken nie "verdrukking" nie (alhoewel beproewing kan lei daartoe dat iemand verdruk word... - d.w.s., die een wat nie AFVAL weens beproewing nie...). (Joh 15:20 - "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar").  Dit is ook interessant om te sien dat waar daar van "die afval" gepraat word in 2 Thess. 2:1-3, die KONTEKS van daardie skrif gaan oor hoe die Here vir hulle verligting sal gee wanneer Hy terugkom....- verligting van wat?  -van VERDRUKKING!  Die feit dat die Here sal toelaat dat sommige die "uur van beproewing" vryspring, beteken nie dat hulle nie verdruk sal word nie. En as Hy toelaat dat hulle op ander maniere versoek word, dan sal Hy vir hulle die uitkoms gee... (1 Kor. 10:13).

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Sal daar kinders van die Koninkryk wees wat afval in die tyd van beproewing (versoeking)?

In die gelykenis van die saaier word 'n baie spesifieke groep mense genoem wat afval in tyd van versoeking... - en hierdie groep verwys na die wat tot geloof kom, maar nie wortel skiet nie.  Kortom, dit verwys na die wat bely hulle glo maar nie die Here ken nie. Geestelike groei is belangrik, want sonder vrug is dit moeilik om vas te hou aan die geloof. En vir geestelike groei het jy geestelike lig, kos en water nodig...  Jesus het baie oor hierdie dinge gesels, en o.a. die stelling gemaak dat om vrug te kan dra, jy IN HOM moet BLY.  (Joh 15:4 - "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie"). Hy het o.a. baie gepraat oor hoe ons moet "waak" (nie slaap nie), want dit is wanneer die kerk slaap wanneer daar onkruid onder hulle gesaai word;  en hierdie "onkruid" verwys na valses soos die verleiers wat mense verlei (soos wanneer iemand deur die kwaad versoek word)(https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html). Ons moet dus verstaan waarna hierdie terme verwys - vir studies hieroor is daar 'n lys van poste onder die volgende opsomming: https://warechristene.blogspot.com/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html).

Aan die einde van die dag is dit die hart wat bepaal of iemand val vir versoeking of nie. Sommige wat bely dat hulle gelowig is het bv. bose of ongelowige harte, wat veroorsaak dat hulle afval in tye van beproewing... - 'n goeie vb. word gegee in die gelykenis van die saaier, waarin Christus verklaar wat gebeur met die Christen met 'n ongelowige hart, en Hy verklaar dat dit die is wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor, maar net vir 'n tyd glo (Luk. 8:13) - EN LET WEL DIE WOORDE WAT HY DAAR GEBRUIK: ".....en in die tyd van versoeking val hulle af (v.13c)". 'n Ander vb. van iemand wat 'n bose hart gehad het, is die van Simon in Hand. 8:13-23 (in hierdie vb. wou Simon die krag van die Gees gebruik vir selfverheffing). Vgl. dit ook met wat die Skrif vir ons leer oor die laaste dae in 2 Tim. 3:1-9 en Jak. 5:3. Hierdie is baiemaal die doel van verleiers. Die probleem met "versoeking" (of beproewing) is dat dit iemand kan "laat val" ("AFVAL"). Gelowiges word nooit bo hulle kragte versoek nie (1 Kor. 10:13 - "Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra"), maar ons moet verstaan dat dit die begeerlikhede van die hart is wat kan veroorsaak dat iemand verlok en versoek word... en des te meer hoe belangrik gebed is en om ons denke te vernuwe en ons gedagtes te plaas op die dinge daarbo.  Let ook op die konteks van 1 Kor. 10:13 - kyk veral na verse 6 en 14: (1Kor. 10:6 - "En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie).  Die manier hoe die gelowige hom/haarself beskerm teen versoeking, is deur gebed, en deur om ag te gee op die pad van godsaligheid.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE KAN ONS SEKER MAAK DAT ONS NIE AFVAL IN DIE UUR VAN BEPROEWING NIE?

GEBED kan help dat ons NIE in versoeking kom nie - (Luk 11:4b - ".....en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose"). Christus het vir ons hierdie waarheid geleer.  Gebed kan ons beskerm teen versoeking - en kyk na die vb. in Luk. 22:46 en Mark. 14:38 (voor Christus gevange geneem is), hoe Hy die dissipels aangemoedig het om "TE BID"! Hoekom?  -dat hulle nie in VERSOEKING kom nie...  (Mar 14:38 - "Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Dit beteken egter nie dat die wat wel tyd in gebed spandeer nooit versoek sal word nie, maar wat dit beteken is dat die wat wel tyd in gebed spandeer die krag sal he om versoeking te deurstaan, en gebed kan ook help dat iemand glad nie in versoeking kom nie! Die wat tyd in gebed spandeer, verkry krag en wysheid om ten spyte van versoeking VAS TE STAAN.  Ons weet goed dat die Here ons harte en denke verander wanneer ons in Hom bly, en ons krag gee vir wat ons moet doen (Joh 15:5 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie"). 

Jakobus leer verder dat tydens tye van versoeking, ons moet BID VIR WYSHEID. Christus het elke versoeking deurstaan, met woorde van wysheid - kyk bv. waar die duiwel Hom versoek het in die woestyn ().  Ook wanneer sommige uit die Fariseers en Sadduseers Hom probeer versoek het deur woorde (met die doel dat hulle Hom wou "laat val"),  het Hy telkens hulle teruggeantwoord met baie wysheid (Matt. 16:1; 19:3; 22:19,35).  

Jesus het geleer dat ons moet WAAK en ons klere bewaar... (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). In die eerste gemeentes is baie hierop klem gele, nl. die belangrikheid van om "wakker" en "nugter" te wees (1Pe 5:8,9 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is"). Die wat geestelik "dronk" is, verwys na mense wat in sonde stap.  Gelowiges moet seker maak dat hulle sondes neerle en 'n heilige wandel nastreef. (1Th 5:6 - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees").   (Mark. 13:32,33 - "Maar van daardie dag en dié uur (vd wederkoms) weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie").

Kom ons kyk volgens. Openb. 3:7-13 wie dit is aan wie die Here Jesus hierdie belofte gemaak het (dat hulle nie deur die uur van beproewing sal gaan nie, maar deur Hom bewaar sal word):
-  die met min krag (m.a.w., hulle sal nie bo hulle kragte versoek word nie!);

-  die wie Sy woord bewaar (bv., die wat hulle nie wend tot afgodsdiens nie-Deut. 33:9/Eks. 32:25-29; en die wat hulle voete terughou vd verkeerde pad, m.a.w. "ag gee op die godsaligheid"-Ps. 119:101; en die wat die waarheid bewaar en dit nie verdraai of verander om te wees "die oorlewering van mense" nie-Mark. 7:13; en die wat die woord ter harte neem-Luk. 11:27-30; en die wat glo in Christus Jesus, dat Hy die Seun van God is en glo in die waarheid wat Hy gebring het-Joh. 8:46-51 en 17:6-8; en die wat Christus Jesus KEN en Sy gebooie bewaar-Joh. 14:21-23 en 1 Joh. 2:3-5; en die wat die waarheid wat die dienskneg van die Here bring, ontvang-Joh. 15:20);

-  die wat nie Sy Naam verloën nie (m.a.w., die wat die Here vrees eerder as wat hulle vrees dat hulle doodgemaak word-Matt. 10:28-33;  en die wat bereid is om hulle lewens te verloor ter wille van die koninkryk-Matt. 16:24,25; en die wie se werke wys dat hulle die Here KEN-Tit. 1:16; en die wat nie Sy waarheid verloen nie-2 Pet. 2:1 en Jud. 1:4);

-  die wat die woord van Sy lydsaamheid bewaar (m.a.w., die hoop wat deur lydsaamheid kom-Rom. 5:4 en 15:4 - wat l.w., "deur verdrukking kom"!-Rom. 5:3; en om die goeie stryd van die geloof te stry deur ag te gee op die pad van godsaligheid en vergenoeg te wees, m.a.w. om eerder die wil van die Here te doen wat beteken dat ons lyding moet verdra...-2 Thess. 3:5 en 1 Tim. 6:11 en 2 Tim. 3:10 en Tit. 2:2 en Hebr. 10:36 en Jak. 1:1-5;  en dus "hulle wat VERDRA-Jak. 5:11; 2 Pet. 1:6; Openb. 2:3; Openb. 2:19; en die wat lyding verdra ter wille van die woord, selfs tot die dood-Openb. 13:10; 14:12);

-  die wat VASHOU! (m.a.w. die wat vashou aan die Here se wysheid, nie wereldse wysheid nie-Spr. 3:18 en Openb. 2:14,15; en die wie Sy woorde vashou, m.a.w. Sy gebooie onderhou-Spr. 4:4; en die wat aan die Here vashou deur Hom te vrees-Ecc. 7:18; en die wat vashou aan reg en geregtigheid en aan Sy verbond -Jes. 56:1,2,4 en Dan. 11:32; en die wat vashou aan die waarheid en Christus se leringe, nie die wat vashou aan menslike leringe nie-Mark. 7:3 en 1 Kor. 11:2; en die wat vashou aan die evangelie en die geloof in Christus Jesus, die belydenis van hoop, en 'n goeie gewete-1 Kor. 15:2 en Fil. 2:16 en Kol. 2:19 en 1 Tim. 1:19 en Tit. 1:9 en Hebr. 3:6,14 en 4:14 en 10:23).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 09 Augustus 2017

Want eers moet die AFVAL kom...

Let wel dat bg. pos oor "Want eers moet die AFVAL kom...",
oorgeskuif het na die Eindtyd Onderwerpe blog:
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 10 Augustus 2013

Versoeking (2)

========================================================================


IN HIERDIE GEDEELTE GAAN ONS SPESIFIEK KYK NA WAAR IEMAND VERSOEK WORD "as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word":


(Jak. 1:12)  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
(Jak. 1:13)  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
(Jak. 1:14)  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
(Jak. 1:15)  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
(Jak. 1:16)  Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Neem kennis dat hierdie geskryf is aan gelowiges!  VOLGENS DIE SKRIFGEDEELTE IS DIT DUIDELIK DAT BEGEERLIKHEDE OOK KAN VEROORSAAK DAT DIE GELOWIGE VERSOEK WORD, en let wel dat as die GELOWIGE TOEGEE AAN DIE VERSOEKING, DAN SONDIG HY; EN L.W. DAT "AS DIE SONDE TOT VOLLE ONTWIKKELING GEKOM HET", bring dit die DOOD VOORT(Jak. 1:16)  "Moenie dwaal nie, my geliefde broeders".  Dus, volgens Jak. 1:12-16 is dit duidelik dat sonde (in 'n gelowige se lewe), wat tot volle ontwikkeling gekom het, "die dood" kan voortbring.   (Vgl. dit gerus met die tema van "aanhoudend, opsetlike sonde").    http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/sonde-kan-nooit-vervulde-wette-raak-nie.html

1 Tim. 6:9 praat van dieselfde ding: -
 "Maar die wat ryk wil word, val in versoeking  en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang" - ook hierdie verwys dit na die begeerlikhede van die mens wat veroorsaak dat hy in versoeking val.  Hierdie skrif in konteks gelees, sal ons sien dat dit veral gaan oor dat die GODSALIGHEID saam met VERGENOEGDHEID 'n groot wins is - gaan lees gerus 1 Tim. 6:1-21 (- hy verwys na die wat nie instem met die woorde van Jesus Christus nie en die leer volgens die godsaligheid nie - die wat dink dat die godsaligheid winsgewend is - die wat RYK WIL WORD, die geldgieriges).  Hy maak ook die volgende opmerking: (1Ti 6:10)  "Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

Ons moet nie ons hoop in wereldse dinge plaas nie (soos Jesus vir ons geleer het);  die lewe moet ook nie vir ons gaan oor wat ons bymekaarmaak nie (soos Hy vir ons geleer het).  Iemand voel moontlik belas omdat hy materialisties ingestel is (l.w. begeertes,  gedagtes) op besittings, voorkoms ens...  'n Ander voel dalk belas omdat hy homself meet aan ander se standaarde, soos om "belangrik te wees in die samelewing" - (weer-eens, let op die begeertes en gedagtes). As iemand net besig is met die dinge wat 'n GEJAAG NA WIND is, dan sal hy,  wanneer hy deur sy begeerlikhede in versoeking kom,  

afval, onvrugbaar raak, of geen ryp 

vrug dra nie  (2de en 3de groepe, gelykenis van die saaier).
(en 'n loot wat nie vrug dra nie, word uitgekap...)

Jesus het ook die volgende hieroor te se gehad:
(Luk 12:15)  En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.
(Luk 12:16)  Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond het goed gedra.
(Luk 12:17)  En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?
(Luk 12:18)  Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.
(Luk 12:19)  En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.
(Luk 12:20)  Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?
(Luk 12:21)  So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.
=====================================================================
OOK HIER IN LUK. 12:16-21, VERWYS DIT WEER-EENS NA WAT IN DIE HART VAN DIE PERSOON AANGAAN - of SY VRUG GETUIG VAN WAT IN SY HART AANGAAN.

Dink maar hoeveel gelowiges begeer om ryk te word?  Hoeveel kerke leer vir hulle lidmate dat hulle geseend is as dit finansieel goed gaan met hulle en hulle besittings vermeerder!?  Daar is baie verdraaide leerstellings vandag, Christene wat glo dat die "godsaligheid winsgewend" is!  Hierdie verkeerde begeertes kan tot gevolg he dat, sou so iemand versoek word, hy afvallig kan word van die geloof.   Waar valse leerstellings veroorsaak dat iemand in sonde verval, kan dit saligheid beinvloed!  Sommige kerke glo dat "meer geloof" beteken dat iemand "geseen word" deur die Here, maar hulle verstaan nie eens wat dit beteken om 'n geseende te wees nie!?  
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html


"Meer geloof" beteken inteendeel daaroor dat ons soos "onverdienstelike diensknegte" moet wees - dit gaan nie oor wat ons uit die "deal" kan kry nie!
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/gee-ons-meer-geloof.html


Die begeertes van die hart kan dus  veroorsaak dat iemand afval in tyd van versoeking, of onvrugbaar raak, of geen ryp vrug dra nie - so iemand glo net vir 'n tyd, of word verstik deur sekere dinge: (vgl. dit met die 2de en 3 de groepe, gelykenis van die saaier) - kyk veral wat dit is van die 3de groep, wat veroorsaak dat hulle onvrugbaar raak: 
"genietinge v/d lewe",
"verleiding van die rykdom"
en "sorge v/d lewe". 




(2de groep - gelykenis van die saaier)
(Luk 8:13)  En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.


(3de groep - gelykenis van die saaier)
(Luk 8:14)  En wat in die dorings geval het—dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie.


(Mat 13:22)  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.


========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html
========================================================================
(Mat 15:8) -" Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af".
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/god-weet-wat-jy-dink.html


Sondag 04 Augustus 2013

Hoe groei die Christen geestelik?

VIR DAGSTUKKIES OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-voer-ons-die-stryd.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/06/en-dan-sal-hy-se-ek-het-julle-nooit.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Net soos in die lewe, groei die Christen ook geestelik, van 'n baba na 'n grootmens.  
Die vraag is nou wat presies met "geestelike groei" bedoel word?  Hoe definieer ons 'n "baba in die geloof", of "kind in die geloof", "jongman" of "pa" in die geloof?  Sommige glo dat kerkbywoning deel is van geestelike groei;  ander glo dat jy daagliks Bybel moet lees en sommige sien dit as "werke" wat jy moet doen, soos take in die kerk........  Alhoewel al hierdie dinge 'n invloed het op geestelike groei, is dit insigself NIE "geestelike groei" nie! Die verskillende trappe van geestelike ondervinding/groei, word vir ons mooi verduidelik in 1 Joh. 2:12-14.   

Lees  1 Joh. 2:12-14:
1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)
3.  Jongmense: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Lering en Oorwinning oor die sonde)
4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (Verhouding met die Here en Lewe soos 'n Ware Christen)


Of iemand 'n "baba, kind, jongman of vader" is op sy pad van geestelike groei, WORD NIE GEKENMERK DEUR hoeveel hy kerk bywoon, Bybel lees, goeie werke doen, geleerdheid ens. nie, MAAR WORD GEKENMERK DEUR sy "stand voor die Here":  - m.a.w:

-  Het hy tot bekering/wedergeboorte gekom? (baba in die geloof)
-  KEN hy die Here? (kind in die geloof)
-  Soek hy na die waarheid, en le hy aanhoudende sondes af? (jongman in die geloof)
-  Volhard hy in die geloof? (pa in die geloof)

GOD KYK NA DIE HART.
========================================================================


1.  Babas:  - "...omdat julle sondes vergewe is in die Naam van Jesus" (Bekering en Wedergeboorte)
Let wel dat om "in die gawes van die Gees" te stap, nie beteken dat iemand ver gegroei het op die geestelike pad nie!  Hierdie is 'n groot miskonsepsie by baie Christene.  Die gemeente van Korinthiers het nie in een gawe agtergestaan nie, tog noem Paulus hulle "babas" in die geloof!

http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/06/babas-in-die-geloof.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/julle-is-meer-werd-as-baie-mossies.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/noem-ander-jou-ook-n-christen.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/het-jy-hom-regtig-lief.html




2.  Kinders:  - "...omdat julle die Vader ken"(Persoonlike verhouding met die Here)

Om iemand te KEN, beteken nie dat ek net van hom "weet" nie! Wanneer kan iemand verklaar dat hy iemand anders "ken"?  Mens kan ook net iemand anders regtig leer ken as jy TYD MET HOM SPANDEER.   Baie dink dat hulle die Here ken, maar doen hulle werklik?  Spandeer hulle tyd met Hom om Hom te leer KEN? Om net by iemand anders te hoor van die Here, maak nie dat jy Hom persoonlik KEN nie.  Iemand moet self van die Here hoor!  Daar is predikers wat leer dat 'n persoonlike verhouding met die Here glad nie van die Christen verwag kan word nie omdat dit sogenaamd as "werke" gesien word, maar dit is definitief nie wat Jesus vir ons geleer het nie!  Ook nie die vb. wat Hy gestel het nie, want Hy het baie tyd in gebed spandeer tot die Vader - (Mat 14:23;  Matt. 26:36 ens.). (Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.  http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-koring-en-die-kaf.html

Jesus het ook heelwat geleer oor "hoe om te bid", o.a. het Hy gese:
(Mat 6:6) " Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde".  
En ja, natuurlik word dit verwag van die Christen, want Jesus het die volgende opdrag aan die dissipels gegee:
(Mat 28:19)  Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.   
Jesus het ons beveel om "in Hom te bly", en Hy het ons geleer om te bid...  Dit is die prediker se plig om die Christen "te leer om alles te onderhou wat Jesus beveel het"!  

Om die Here te ken, het te doen met "om Sy wil te soek" - niemand kan ingaan in die koninkryk van die hemele as hy nie "die wil van die Vader doen" nie (Matt. 7:21). (Mat 12:50 - "Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder"). Jesus het ook verklaar dat Hy self die wil van die Vader doen en dat Hy die Vader ken. (Joh 5:30 - "Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het"). (Joh 10:15 - "Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape").  Iemand wat ook nie die Vader ken nie, sal nie ontvanklik wees vir die WAARHEID nie! (Joh 8:19 - "Hulle sê toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het").

As die Christen nie in Hom bly nie, gaan hy nie vrug dra nie (Joh 15:4) .  Dit belemmer geestelike groei!  As dit gebeur, is dit soos wat Jesus beskryf het in die gelykenis van die saaier, die 2 de groep, "wat die woord met blydskap aanneem, maar omdat hul nie wortel het nie, afval in die tyd van verdrukking of vervolging".  

Vgl. met Openb. 2:8-11 (brief aan die gemeente van Smirna), en Openb. 2:18-29 (brief aan die gemeente van Thiatire), en Openb. 3:1-6 (brief aan Sardis).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/soos-n-dief-in-die-nag.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wies-die-skape-en-die-bokke.html




3.  Jongmanne: - "...omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het" (Staande bly, Lering - of wat ons eerder "waarheid" moet noem, want kerke se leringe verskil -;  en Oorwinning oor die sonde)


Dit verwys definitief na die wat "vrug dra" en laat mens dink aan die derde groep in die gelykenis van die saaier - alhoewel in die gelykenis van die saaier die betrokke groep nie "oorwinning oor die sonde" behaal nie - die gevolg?  Hulle raak onvrugbaar, of dra geen ryp vrug nie!  "OORWINNING OOR DIE SONDE", of "die afle van sonde", of "staande bly in tye van versoeking", is belangrik vir geestelike groei! In die geval van die 3 de groep, gelykenis van die saaier, is die probleem dat die groep gelowiges die Here as hulle eerste Liefde verlaat en toegee aan versoekinge.  Op hierdie stadium van die Christelike lewe, moet die gelowige die bose oorwin deur nie toe te gee aan versoekinge nie en sondes af te le - die Here moet sy eerste Liefde wees en hy moet meer besig wees met die Here, as met die lewe.  Vgl. dit met Openb. 2:1-7 (brief aan die gemeente van Efese) - ("......... "Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het; en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie. Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.......").


Alle "lering" is nie noodwendig die waarheid nie.  Hier moet ons onderskei tussen "lering" en "waarheid".  (Joh 1:17 - "Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom").  Kerke se leringe verskil omdat nie almal die waarheid verkondig nie!  Die eerste kerke het baie tyd ingesit om die "waarheid" te leer ken.  Ons moet soek na die waarheid.  Iemand wat geestelik groei, glo nie alles wat vir hom vertel word nie, bloot omdat hy hoop het in 'n spesifieke kerk of persoon nie, maar soek na die waarheid!  So iemand het ook die waarheid lief.  Terwyl baie kerke glo dat hulle geen wette op hulle lidmate moet le nie (en ongelukkig hier nalaat om die waarheid aan hulle lidmate te verkondig), het hulle tog allerhande mensgemaakte wette waaraan lidmate vashou - in hierdie verband skryf Paulus die volgende aan die gemeente van Galasiers: Gal 4:16 - " Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?"  Elke een moet seker maak dat dit wat sy kerk hom leer, regtig die waarheid is!(1 Kor. 3:10 - "Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou").

Vgl. ook met Openb. 2:12-17 (brief aan die gemeente van Pergamus), en Openb. 3:14-22 (brief aan die gemeente van Laodicense).
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/11/hoekom-skei-die-here-nie-nou-al-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/die-ultimate-bewys-is-in-om-hom-te-ken.html




4.  Vaders: - "...omdat julle Jesus ken wat van die begin af daar is" (die wat vashou aan die geloof)

Iemand is nie ver op die geestelike pad omdat hy baie jare gelede tot bekering gekom het, of baie jare in die kerk sit, of baie lering ontvang het, of baie goeie dade doen of baie pligte het in die kerk ens. nie, maar omdat hy vasstaan in die geloof.  En let wel dat "vasstaan in die GELOOF", gaan oor  "gehoorsaamheid aan die Here", Sy wil soek", Hom ken, Hom eerste stel in jou lewe......, NIE "gereeld kerk toe gaan", "gehoorsaamheid aan mense of mensgemaakte wette" en kennis in kerkleringe nie!

Vgl. dit gerus met die 4de groep in die gelykenis van die saaier.  

Vgl. ook met Openb. 3:7-13 (brief aan die gemeente van Filadelfia).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/06/wat-dit-beteken-om-gereed-te-wees.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/wat-meeste-preachers-jou-nie-vertel-oor.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/om-in-die-gawes-van-die-heilige-gees-te.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html