In die brief aan die gemeente van Filadelfía (Openb. 3:7-13) het Christus 'n interessante verklaring gemaak waarin Hy verwys na 'n tyd wat oor die hele wêreld sal kom, genoem:
"die uur van beproewing". Om te verstaan wat met hierdie "uur van beproewing" bedoel word, moet ons gaan kyk nawat die doel is daarvan,
en wie presies deur dit sal gaan.
"die uur van beproewing". Om te verstaan wat met hierdie "uur van beproewing" bedoel word, moet ons gaan kyk nawat die doel is daarvan,
en wie presies deur dit sal gaan.
ROL AF VIR DIE VOLGENDE OPSOMMINGS:
- Wat is die doel van die uur van beproewing?
- Sal die wat bewaar word weggeneem word van die aarde?
- Is daar kinders van die Koninkryk wat sal afval in hierdie uur van beproewing?
- Hoe kan ons seker maak dat ons vasstaan en nie val vir die versoeking nie?
Wat is die doel van hierdie "uur van beproewing"?
Die Gr. woord wat in Openb. 3:10 gebruik word vir "beproewing" word somtyd vertaal as "versoeking" (vir 'n studie oor versoeking/beproewing, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html). Wanneer iemand beproef word word hy GETOETS (bv., word deur die kwaad versoek om te sien of hy aan die geloof vashou). God versoek niemand nie, maar Hy laat dit toe of nie toe nie. In Openb. 3:10 verwys Jesus na 'n tyd van BEPROEWING wat oor die hele wereld sal kom... - l.w. die woorde "om die bewoners vd aarde op die proef te stel" (Openb. 3:10: -"Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel"). Sekere mense sal nie op OP DIE PROEF GESTEL word nie, bv. die gemeente aan wie hierdie brief gestuur is. Of die 7 briewe aan 7 gemeentes in die boek van Openbaring slegs gerig was aan gemeentes in die tyd waarin Johannes geleef het, is natuurlik 'n punt van oorlegging, maar as dit slegs geskiedkundig is dan moet ons die vraag vra of daar dan 'n tyd in die geskiedenis was aarop die hele wêreld op die proef gestel is? Meeste geleerdes is van mening dat hierdie briewe nie net geskiedkundig is nie, maar ook toekomstig. As dit dus verwys na iets in die toekoms, dan kan ons 'n tyd verwag waarop al die aardbewonders op die proef gestel sal word.
Die woorde "uur van beproewing" verwys dus na 'n tyd van VERSOEKING. (die mensdom sal op die proef gestel word). Op hierdie stadium verwag ons dat die evangelie reeds aan die hele wereld verkondig is (wat veral gebeur tydens verdrukking!)(Matt. 24:14 - "En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom"). Hierdie word o.a. beskryf as 'n tyd waarin die ongeregtigheid vermeester en meeste mense se liefde verkoel... En kyk gerus waar hierdie woorde inpas in Matt. 24, want dit wat in die volgende verse volg is die "gruwel van verwoesting" en dan die groot verdrukking... - op hierdie stadium sal die hele wereld die evangelie gehoor het, en dan op die proef gestel word... Hulle sal deur die kwaad versoek word (hierdie word gesien as die tyd waarin "die dier" sal regeer, mense sal gedwing word om die dier te aanbid, en die wat nie wil nie sal gedood word). DIE UUR VAN BEPROEWING word m.a.w. gewoonlik vgl. met die tyd van die dier se regering en die groot verdrukking. Die mensdom sal deur die kwaad verlei word, en die wat in die geloof is se geloof sal getoets word.
Wanneer iemand nie die versoeking of beproewing deurstaan nie, "val hy af". Vergeleyk dit gerus met die tyd van "AFVAL" waarvan gepraat word in 2 Thess. 2:3, wat net voor en/of rondom dieselfde tyd sal afspeel wanneer die mens van sonde of seun van verderf geopenbaar word... (http://eindtydonderwerpe.blogspot.co.nz/2017/08/want-eers-moet-die-afval-kom.html). Ons kan dus aflei, en dit wil dus voorkom, of hierdie "UUR VAN BEPROEWING" miskien te doen het met die AFVAL waarna verwys word in 2 Thess. 2:3. Gelowiges wat in daardie tyd VERSOEK/BEPROEF word sal getoets word, en hulle harte sal bepaal of hulle AFVALLIG word of nie... Natuurlik hou dit verband met verdrukking en vervolging vir die wat VASSTAAN, maar baie gelowiges sal val vir die valse (christus / profete leerstellings), en "AFVAL" in hierdie uur van beproewing (2 Pet. 2:1; Matt. 24:24).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Sal die wat bewaar word van die beproewing, weggeneem word van die aarde?
Die woord "bewaar" in Openb. 3:10 beteken nie dat hulle weggeneem sal word (van die aarde) nie, maar eerder dat hulle "bewaar" (vasgehou / opgepas) sal word (weggeneem van die gevaar, ja). Baiemaal word hierdie skrif uit konteks geneem deur die wat probeer bewys dat die wegraping plaasvind voor hierdie "uur van beproewing", maar die waarheid is dat hierdie mense wat nie versoek word nie, steeds hier op aarde sal wees! - maar "bewaar" sal word... Die Groot verdrukking wys wel op verdrukking en baie sal doodgemaak word vir hulle geloof, maar l.w. dat ook sommige BEWAAR sal word en kans gegee sal word om te vlug na die berge (Matt. 24:15,16 - "Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom—laat hy wat lees, oplet— dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug") - en hulle sal daar onderhou word! (Openb. 12:14 - "maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang onderhou word, ‘n tyd en tye en ‘n halwe tyd").
Dit wil dus voorkom of Openb. 3:10 bes moontlik kan verwys na hierdie betrokke kinders van die koninkryk... Kyk ons dus na "die gemeente van Filadelfía" in Openb.3, dan is daar sekere gelowiges daar aan wie Christus belowe dat hulle NIE soos die res van die wereld beproef sal word in die "uur van beproewing" nie (Openb. 3:8,10,11) - nie dat Hy die beproewing bring nie (Jak. 1:13), maar Hy sal hulle beslis daarteen beskerm; altans, BEWAAR (oppas). In daardie sin het Hy vir hulle 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie! Hy sal m.a.w. nie toelaat dat hulle in daardie spesieke "uur" versoek word soos die ander nie, sodat hulle geen rede kry om AF te VAL nie.. Dit beteken egter nie dat hulle geen verdrukking ly nie!, want dit is tog duidelik dat hierdie gemeente weet wat dit is om te ly en ten spyte van verdrukking Sy woord bewaar het en Sy Naam nie verloën het nie. "Beproewing" beteken nie "verdrukking" nie (alhoewel beproewing kan lei daartoe dat iemand verdruk word... - d.w.s., die een wat nie AFVAL weens beproewing nie...). (Joh 15:20 - "Onthou die woord wat Ek vir julle gesê het: ‘n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar"). Dit is ook interessant om te sien dat waar daar van "die afval" gepraat word in 2 Thess. 2:1-3, die KONTEKS van daardie skrif gaan oor hoe die Here vir hulle verligting sal gee wanneer Hy terugkom....- verligting van wat? -van VERDRUKKING! Die feit dat die Here sal toelaat dat sommige die "uur van beproewing" vryspring, beteken nie dat hulle nie verdruk sal word nie. En as Hy toelaat dat hulle op ander maniere versoek word, dan sal Hy vir hulle die uitkoms gee... (1 Kor. 10:13).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Sal daar kinders van die Koninkryk wees wat afval in die tyd van beproewing (versoeking)?
In die gelykenis van die saaier word 'n baie spesifieke groep mense genoem wat afval in tyd van versoeking... - en hierdie groep verwys na die wat tot geloof kom, maar nie wortel skiet nie. Kortom, dit verwys na die wat bely hulle glo maar nie die Here ken nie. Geestelike groei is belangrik, want sonder vrug is dit moeilik om vas te hou aan die geloof. En vir geestelike groei het jy geestelike lig, kos en water nodig... Jesus het baie oor hierdie dinge gesels, en o.a. die stelling gemaak dat om vrug te kan dra, jy IN HOM moet BLY. (Joh 15:4 - "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie"). Hy het o.a. baie gepraat oor hoe ons moet "waak" (nie slaap nie), want dit is wanneer die kerk slaap wanneer daar onkruid onder hulle gesaai word; en hierdie "onkruid" verwys na valses soos die verleiers wat mense verlei (soos wanneer iemand deur die kwaad versoek word)(https://warechristene.blogspot.com/2021/12/ingesluiptes.html). Ons moet dus verstaan waarna hierdie terme verwys - vir studies hieroor is daar 'n lys van poste onder die volgende opsomming: https://warechristene.blogspot.com/2013/08/bewaar-in-die-uur-van-beproewing.html).

Aan die einde van die dag is dit die hart wat bepaal of iemand val vir versoeking of nie. Sommige wat bely dat hulle gelowig is het bv. bose of ongelowige harte, wat veroorsaak dat hulle afval in tye van beproewing... - 'n goeie vb. word gegee in die gelykenis van die saaier, waarin Christus verklaar wat gebeur met die Christen met 'n ongelowige hart, en Hy verklaar dat dit die is wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor, maar net vir 'n tyd glo (Luk. 8:13) - EN LET WEL DIE WOORDE WAT HY DAAR GEBRUIK: ".....en in die tyd van versoeking val hulle af (v.13c)". 'n Ander vb. van iemand wat 'n bose hart gehad het, is die van Simon in Hand. 8:13-23 (in hierdie vb. wou Simon die krag van die Gees gebruik vir selfverheffing). Vgl. dit ook met wat die Skrif vir ons leer oor die laaste dae in 2 Tim. 3:1-9 en Jak. 5:3. Hierdie is baiemaal die doel van verleiers. Die probleem met "versoeking" (of beproewing) is dat dit iemand kan "laat val" ("AFVAL"). Gelowiges word nooit bo hulle kragte versoek nie (1 Kor. 10:13 - "Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra"), maar ons moet verstaan dat dit die begeerlikhede van die hart is wat kan veroorsaak dat iemand verlok en versoek word... en des te meer hoe belangrik gebed is en om ons denke te vernuwe en ons gedagtes te plaas op die dinge daarbo. Let ook op die konteks van 1 Kor. 10:13 - kyk veral na verse 6 en 14: (1Kor. 10:6 - "En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie). Die manier hoe die gelowige hom/haarself beskerm teen versoeking, is deur gebed, en deur om ag te gee op die pad van godsaligheid.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE KAN ONS SEKER MAAK DAT ONS NIE AFVAL IN DIE UUR VAN BEPROEWING NIE?
GEBED kan help dat ons NIE in versoeking kom nie - (Luk 11:4b - ".....en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose"). Christus het vir ons hierdie waarheid geleer. Gebed kan ons beskerm teen versoeking - en kyk na die vb. in Luk. 22:46 en Mark. 14:38 (voor Christus gevange geneem is), hoe Hy die dissipels aangemoedig het om "TE BID"! Hoekom? -dat hulle nie in VERSOEKING kom nie... (Mar 14:38 - "Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak"). Dit beteken egter nie dat die wat wel tyd in gebed spandeer nooit versoek sal word nie, maar wat dit beteken is dat die wat wel tyd in gebed spandeer die krag sal he om versoeking te deurstaan, en gebed kan ook help dat iemand glad nie in versoeking kom nie! Die wat tyd in gebed spandeer, verkry krag en wysheid om ten spyte van versoeking VAS TE STAAN. Ons weet goed dat die Here ons harte en denke verander wanneer ons in Hom bly, en ons krag gee vir wat ons moet doen (Joh 15:5 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie").
Jakobus leer verder dat tydens tye van versoeking, ons moet BID VIR WYSHEID. Christus het elke versoeking deurstaan, met woorde van wysheid - kyk bv. waar die duiwel Hom versoek het in die woestyn (). Ook wanneer sommige uit die Fariseers en Sadduseers Hom probeer versoek het deur woorde (met die doel dat hulle Hom wou "laat val"), het Hy telkens hulle teruggeantwoord met baie wysheid (Matt. 16:1; 19:3; 22:19,35).
Jesus het geleer dat ons moet WAAK en ons klere bewaar... (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). In die eerste gemeentes is baie hierop klem gele, nl. die belangrikheid van om "wakker" en "nugter" te wees (1Pe 5:8,9 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is"). Die wat geestelik "dronk" is, verwys na mense wat in sonde stap. Gelowiges moet seker maak dat hulle sondes neerle en 'n heilige wandel nastreef. (1Th 5:6 - "Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees"). (Mark. 13:32,33 - "Maar van daardie dag en dié uur (vd wederkoms) weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader. Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie").
Kom ons kyk volgens. Openb. 3:7-13 wie dit is aan wie die Here Jesus hierdie belofte gemaak het (dat hulle nie deur die uur van beproewing sal gaan nie, maar deur Hom bewaar sal word):
- die met min krag (m.a.w., hulle sal nie bo hulle kragte versoek word nie!);
- die wie Sy woord bewaar (bv., die wat hulle nie wend tot afgodsdiens nie-Deut. 33:9/Eks. 32:25-29; en die wat hulle voete terughou vd verkeerde pad, m.a.w. "ag gee op die godsaligheid"-Ps. 119:101; en die wat die waarheid bewaar en dit nie verdraai of verander om te wees "die oorlewering van mense" nie-Mark. 7:13; en die wat die woord ter harte neem-Luk. 11:27-30; en die wat glo in Christus Jesus, dat Hy die Seun van God is en glo in die waarheid wat Hy gebring het-Joh. 8:46-51 en 17:6-8; en die wat Christus Jesus KEN en Sy gebooie bewaar-Joh. 14:21-23 en 1 Joh. 2:3-5; en die wat die waarheid wat die dienskneg van die Here bring, ontvang-Joh. 15:20);
- die wat nie Sy Naam verloën nie (m.a.w., die wat die Here vrees eerder as wat hulle vrees dat hulle doodgemaak word-Matt. 10:28-33; en die wat bereid is om hulle lewens te verloor ter wille van die koninkryk-Matt. 16:24,25; en die wie se werke wys dat hulle die Here KEN-Tit. 1:16; en die wat nie Sy waarheid verloen nie-2 Pet. 2:1 en Jud. 1:4);
- die wat die woord van Sy lydsaamheid bewaar (m.a.w., die hoop wat deur lydsaamheid kom-Rom. 5:4 en 15:4 - wat l.w., "deur verdrukking kom"!-Rom. 5:3; en om die goeie stryd van die geloof te stry deur ag te gee op die pad van godsaligheid en vergenoeg te wees, m.a.w. om eerder die wil van die Here te doen wat beteken dat ons lyding moet verdra...-2 Thess. 3:5 en 1 Tim. 6:11 en 2 Tim. 3:10 en Tit. 2:2 en Hebr. 10:36 en Jak. 1:1-5; en dus "hulle wat VERDRA-Jak. 5:11; 2 Pet. 1:6; Openb. 2:3; Openb. 2:19; en die wat lyding verdra ter wille van die woord, selfs tot die dood-Openb. 13:10; 14:12);
- die wat VASHOU! (m.a.w. die wat vashou aan die Here se wysheid, nie wereldse wysheid nie-Spr. 3:18 en Openb. 2:14,15; en die wie Sy woorde vashou, m.a.w. Sy gebooie onderhou-Spr. 4:4; en die wat aan die Here vashou deur Hom te vrees-Ecc. 7:18; en die wat vashou aan reg en geregtigheid en aan Sy verbond -Jes. 56:1,2,4 en Dan. 11:32; en die wat vashou aan die waarheid en Christus se leringe, nie die wat vashou aan menslike leringe nie-Mark. 7:3 en 1 Kor. 11:2; en die wat vashou aan die evangelie en die geloof in Christus Jesus, die belydenis van hoop, en 'n goeie gewete-1 Kor. 15:2 en Fil. 2:16 en Kol. 2:19 en 1 Tim. 1:19 en Tit. 1:9 en Hebr. 3:6,14 en 4:14 en 10:23).