Wys tans plasings met die etiket vergifnis van sonde. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vergifnis van sonde. Wys alle plasings

Sondag 20 April 2025

Die Nagmaal (1)

In hierdie pos kyk ons na een van die sakramente in die Christelike kerk, nl. die NAGMAAL, en behandel spesifiek die vraag:  WAT IS DIE NAGMAAL? 

Vir die ander opsommings, gaan na:

- Wat is die betekenis van die Nagmaal? (2)

- Hoe word die Nagmaal gebruik? (3)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat is die Nagmaal?

Die nagmaal is 'n "maaltyd": (van brood en wyn) - wat deur Jesus Christus self ingestel was (Mark. 14:22-24), en dikwels deur Christene geneem word omdat Jesus hulle so beveel het (1 Kor. 11:24,25).  Alhoewel dit die eerste keer deel was van die Pasgamaal, word dit nie net een keer 'n jaar geneem (soos die Pasgamaal) nie, maar op 'n meer gereelde basis. 

Is die nagmaal bloot 'n gewone maaltyd? Alhoewel dit kan uitspruit uit 'n maaltyd, is dit 'n heilige (maw afgesonderde) maal - dit is belangrik dat die nagmaal op 'n heilige manier geneem word, want almal teenwoordig deel in die een brood en die wyn (wat beteken dat hulle deel in Jesus se liggaam en bloed)(1 Kor. 11:17-34);  altans, dit is hoe dit veronderstel is om te wees....  Maar as elkeen bv. sy eie brood en wyn bring en sommige het en sommige nie, en dus sommige is honger en ander het te veel of is selfs dronk... - dit is nie wat bedoel word met nagmaal nie! Dit is waarna Paulus in 1 Kor. 11 verwys. Wat met nagmaal bedoel word is dat dit 'n afgesonderde ("heilige") maaltyd is, die brood en wyn word gedeel (aan almal wat deel in die heilige maal)(1 Kor. 11:21,22), en dit verwys dus nie na 'n maaltyd waar elkeen op sy eie eet en drink nie (1 Kor. 11:20). Neem kennis dat "brood en wyn" spesifiek gebruik word, elk met spesifieke betekenis.  Die nagmaal is nie 'n gewone maaltyd soos wanneer die gemeente saamkom om saam te eet nie, alhoewel dit saam met 'n gewone maaltyd kan plaasvind (soos gebeur het met die Pasgamaal), maar dan moet dit 'n spesifieke beurt kry (moet heilig, afgesonderd wees van die gewone maaltyd) want dit het 'n spesifieke betekenis nl. dat die dood van Jesus Christus daardeur verkondig word... (1 Kor. 11:24-26) - l.w. dat 'n gewone maaltyd nie dieselfde voorstel nie!

Dit was oorspronklik ingestel saam met 'n Pasgamaal?  Jesus Christus het die Nagmaal ingestel terwyl hulle besig was om die Pasgamaal te neem. Die Pasgamaal was 'n herdenkingsfees (om te herdenk hoe God die volk uit Egipte uitgelei het... - Jos. 5:1-0-12; Mark. 14:1,2).  Die NAGMAAL is nie dieselfde nie, alhoewel "ongesuurde brood en wyn" (wat gewoonlik deel is vd pasgamaal) spesifiek gebruik word vir die nagmaal, en die betekenis van hierdie elemente is Nuwe Testamenties. 

Wat word deur die Nagmaal verkondig:  Die rede vir die nagmaal is tot nagedagtenis van Jesus Christus - om Sy dood te verkondig tot Hy terugkom... (1Kor. 11:24)  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; DOEN DIT TOT MY GEDAGTENIS.(1Kor. 11:25)  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; DOEN DIT, so dikwels as julle daaruit drink, TOT MY GEDAGTENIS.(1Kor. 11:26)  Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy komHoe verkondig ons Sy dood daardeur?  - ons verkondig op hierdie manier dat Sy liggaam vir ons gebreek is, en Sy bloed vir ons gevloei het - wat op beurt wys dat ons in 'n nuwe testament is! Hy is die testamentmaker, en met Sy dood het die nuwe testament ingetree. Dit kan vgl. word met Jesus se woorde in Joh. 6:50-58 (Joh 6:53,54 - "En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag"). As jy van Hom "eet en drink" dan verkondig jy ook daardeur dat jy "geerf" het... - jy is deel van die kinders aan wie die boedel uitbetaal word, en dit wat jy kry is redding (van liggaam en siel), en dus ewige lewe. Natuurlik het Jesus nie bedoel dat ons fisies van Sy liggaam eet en Sy bloed moet drink nie, maar hierdie is geestelik bedoel... - soos wanneer iemand deel in 'n offertafel-1 Kor. 10:16. Alhoewel ons nie dieselfde woorde wil gebruik soos in afgodskringe nie, kan die nagmaal gesien word soos 'n "offertafel"..., want wanneer ons nagmaal gebruik het ons GEMEENSKAP MET SY LIGGAAM EN BLOED. 

Ongesuurde brode en wyn word gebruik: Tydens die Pasgamaal was o.a. ongesuurde brode saam met bitter kruie geeet, en wyn gedrink... Dit is daardie deel van die Pasgamaal wat Jesus gebruik het om die Nagmaal mee in te stel (nl. die ongesuurde brood en wyn).  

Die wyn verwys na bloed - in die pasgamaal het dit ook na bloed verwys, nl. met Pasga is die bloed van 'n lam aan die deurposte en bo-drumpel gesmeer voor die volk uit Egipte verlos is-Eks. 12. Die  rede vir die bloed aan die kosyne was sodat die doodsengel (wat al die eersgeborenes in Egipte op daardie nag getref het) by hulle kon verbygaan... - op dieselfde manier beskerm Jesus se bloed ons teen die dood. Hy is soos 'n Lam wat geslag is (Openb. 5:6,12; 13:8) - vgl. dit ook met die tempeldiens versoeningsoffer (waar versoening vir die volk se sonde gedoen is). In die Pasgamaal stel die wyn die bloed van die lam voor; in die Nagmaal stel dit ook bloed voor!, en Jesus is die Lam! (nl. die bloed van Jesus, die "Lam van God" wat soos 'n lam vir ons geslag is)(Hand. 8:32.33 - "En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos ‘n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ‘n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem")(Jes. 53:7-12). Deur Sy bloed is daar versoening gedoen vir ons, en is 'n nuwe testament ingelyf.  Net soos die bloed aan die kosyne die volk se eersgeborenes gespaar het in Egipte op daardie nag, so word die wat "Jesus se bloed drink", gespaar (sodat hulle nie die dood beerwe nie, maar lewe).  

Die rede waarom "ongesuurde" brode in die pasgamaal gebruik was was omdat alles haastig gedoen is toe Farao hulle uiteindelik laat trek..., maar daar is ook 'n geestelike betekenis rondom hoekom die brode "ongesuurd" is, en dit is dat dit reinheid en waarheid voorstel - 1 Kor. 5:6-8 (terwyl onreinheid op beurt vgl. word met suurdeeg). Die brood stel Jesus se liggaam voor - en is 'n "brood" wat gedeel word onder die "reines"... (die wat in Jesus Christus glo is skoongewastes en deel van een liggaam).

Hoekom word die brood en wyn gedeel met mekaar?: Jesus se liggaam is vir ons gebreek, en die "een brood" wat verdeel word wys op beurt na die heiliges as deel van een liggaam/brood/Jesus se liggaam (die kerk word bv. o.a. voorgestel as die "liggaam van Christus"-Kol. 1:24)(Rom 12: - "so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar"). Die wat in Jesus Christus glo is lede van dieselfde liggaam/brood (deel in ditto liggaam - die een brood word tydens nagmaal gedeel, wat op beurt wys dat die wat dit neem, lede is van een liggaam - en op beurt ook wys hoe ons mekaar nodig het)(1Kor. 12:12 - "Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus")(1Kor. 12:20,21 - "Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie"). Noodwendig word die brood gebreek en wyn gedeel onder "reines" (skoongewastes)! ...;  dus is dit belangrik dat die wat aan die nagmaal deelneem seker maak hulle is "rein" (dit is immers waarna "ongesuurd" verwys), anders kan hulle 'n oordeel oor hulleself eet en drink... (1Kor. 10:16,17 - "die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood").   

Kan iemand 'n oordeel oor homself eet of drink? Ons het genoem dat die nagmaal gesien kan word soos om gemeenskap te hê met 'n altaar... (1 Kor. 10:14-22 - "Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens. Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê: die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie? Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?"). Nagmaal kan dus op beurt gesien word soos 'n offer, want tydens nagmaal het jy gemeenskap met die bloed en liggaam van Jesus Christus... Dus, wanneer 'n Christen aan die een kant ook "offer aan ander altare" bv. afgode aanbid, ander geloofspraktyke raadpleeg ens.,  dan is hy besig om met beide gemeenskap te he (1Kor. 10:21 - "Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie"). As iemand bv. die nagmaal op hierdie manier gebruik deur OOK gemeenskap te hê met "ander altare" (bv. om begerig te wees na slegte dinge, geestelik te hoereer, murmureer teen die Here, ens. - 1 Kor. 10,), kan dit die Here se ywer opwek! (1 Kor. 10:22) - en in so 'n geval kan 'n persoon 'n oordeel oor homself eet en drink.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2020/03/die-nuwe-mens-deel-1-die-wedergeborene.html

https://warechristene.blogspot.com/2020/04/die-nuwe-mens-deel-2-die-christelike.html

Vrydag 24 Januarie 2014

Bloedskuld (2)

VIR DIE EERSTE DEEL OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html
========================================================================

OPSOMMING (omrede hierdie 'n baie omslagtige onderwerp is, volg hier 'n opsomming sonder skrifgedeeltes om dit korter te maak, maar alles is in die volgende paar poste uiteengesit, met al die nodige skrifte!)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
UIT DIE STUDIE OOR BLOEDSKULD, SAL ONS SIEN DAT GOD SOVEEL OMGEE VIR ELKE MENS, DAT HY ELKE MENS SE BLOED EIS... - dit beteken dat Hy nie sal toelaat dat enige een van Sy skepsele te na gekom word nie. Waar enige iemand 'n ander mens te na kom, sal hy moet verantwoording doen daarvoor, want God gee om vir elkeen van Sy skepsele.  Dit is wat Hy bedoel het met die woorde dat Hy elke mens "se bloed sal eis" - as 'n dier 'n mens doodgemaak het, sal die mens se bloed van die dier geëis word...  As 'n persoon iemand anders doodmaak, sal daardie persoon se bloed van die moordenaar geëis word (daarom was die een wat onskuldige bloed vergiet het in die O.T., doodgemaak; ons moet natuulik ook verstaan wat bedoel was met "doodslaan" wat bloedskuld veroorsaak het).  Wanneer die persoon met bloedskuld met sy eie lewe betaal, dan was die onskuldige se bloed van hom geëis.  Waar hy nie doodgemaak is nie, was die onskuldige se bloed steeds deur die Here geëis - somtyds deur familie in dieselfde bloedlyn (as hulle ook bloedskuld gedra het!).  In gevalle waar iemand per ongeluk onskuldige bloed vergiet het, kon hy vlug na een van die vrystede en daar bly tot die dood van die hoepriester (en die onskuldige se bloed is dan van die hoëpriester geëis - sien gerus hoe hierdie aansluit by die tema van ons huidige Hoëpriester, Jesus Christus...;  alhoewel Sy offer ook vir bloedskuld betaal, moet ons verstaan dat dit nie beteken die genade is 'n kaartjie "om te sondig" nie - Jesus kan tog nie oor en oor sterf nie!). 

UIT DIE STUDIE OOR BLOEDSKULD, SAL ONS OOK MERK DAT SONDE DIE AARDE ONTHEILIG (op 'n volgende pos, punt 4).  A.g.daarvan kwyn die diere weg, die voëls van die hemel, die visse van die see en die diere van die veld.  Hoe meer "bloedskuld" (sonde), hoe meer sal die land tot niet gaan!  Waar gelowiges en ongelowiges saam bly in een land, kan ons nou nie verwag dat die land heel moet raak nie.  Hoe minder geloof in die land, hoe meer word die land ontheilig - daarom is "afvalligheid" 'n teken van dat die einde naby is, want hoe meer afvalligheid plaasvind, hoe meer sal die land treur.


 BLOEDSKULD WORD NIE OORGEDRA VAN EEN PERSOON NA 'N ANDER NIE (elkeen betaal vir sy eie sondes - Eseg. 18) (op 'n volgende pos, punt 5)(Deu 24:16 - "Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word");  alhoewel, dit kan deur iemand anders betaal word!, maar dit word nie van 'n onskuldig geëis asof hy geen sê het daaroor nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------
"Bloedskuld" was 'n onvergeeflike sonde in die O.T., want wat ons verstaan is dat geen offer daarvoor kon betaal nie... (?) - hierdie is miskien nie so korrek om dit so te stel nie!  - liewer is dit miskien meer korrek om te se dat die persoon ONREIN geword het en daar was geen offer in die O.T. waardeur hy weer rein kon word nie (behalwe deur eie bloed of iemand in sy bloedlyn, of met die hoepriester se dood). Ons verstaan die offersisteem as 'n sisteem waarop vergifnis verkry is, maar eintlik was dit meer 'n sisteem om reinheid te verkry (wat op beurt aanskakel by afsondering/heiligheid). Belydenis van sonde en bekering was nog altyd eerder die manier om vergifnis te kry! (maar dit beteken nie dat die persoon wat te na gekom is se bloed nie geeis sal word nie - natuurlik moet die bloed steeds betaal word...). As iemand nie vergifnis kry vir bloedskuld nie, sal hy onder oordeel kom of onder toorn val.

IN DIE N.T. is daar 'n offer vir BLOEDSKULD, nl. Jesus Christus (ons ewige Hoepriester) het met Sy bloed daarvoor betaal toe Hy gesterf het aan die kruis (dit is waarom die wat in Hom glo, vergifnis kry, m.a.w. verwysend na die wat hulle sonde bely en hulle daarvan bekeer - hulle sal nie onder toorn val nie, en duidelik hoef hulle nie met hulle eie bloed te betaal of deur iemand in dieselfde bloedlyn nie;  maar wat gebeur as 'n gelowige en skoongewaste in sulke sonde verval en hom/haar nie daarvan bekeer nie? Jesus kan tog nou nie oor en oor vir jou sterf nie!). "VERGIFNIS  VAN SONDE" KAN SLEGS VERKRY WORD DEUR JOU SONDE TE BELY EN DIT AF TE Lê.
----------------------------------------------------------
  Die tema van bloedskuld het veral te doen met wanneer "onskuldige bloed" vergiet word (op 'n volgende pos, punt 2) - in so 'n geval, was die bloed van die onskuldige op die skuldige... (genoem, "op die hoof van die skuldige"), en die onskuldige se bloed sou dan van hom geëis word. Maar dit geld nie net vir "doodslaan" nie, maar in die O.T. word daar ook ander sondes wat bloedskuld veroorsaak het, bv. hoerery, waarseêry, homoseksualisme, bloedskande ens. (op 'n volgende pos, punt 3). Bloedskuld is gesien as "sonde wat die dood verdien" , en vir sonde wat die dood verdien het (soos wat bloedskuld veroorsaak het), kon nie "met 'n offer betaal word nie"! (behalwe jou eie lewe) , wat beteken dat die sonde nie regtig vergewe kon word nie;  meer presies verwys dit daarna dat die persoon nie weer rein kon word nie. Ten spyte van 'n offer was belydenis van sonde en bekering nog altyd die manier hoe iemand VERGIFNIS kry, maar bloed moet betaal word... Dit is duidelik dat  die offersisteem van die O.T., in die wet van Moses, nie volkome was nie, want die met bloedskuld kon bv. nie weer rein word nie (is ontheilig - vir 'n studie oor "ontheilig", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/09/verontreinig-ontheilig.html). Daar was m.a.w. geen offer waarop iemand met bloedskuld die geleentheid kon kry om vergifnis of reinheid ontvang nie, maar natuurlik is daar is vb. e in die O.T. van waar gelowiges hulle bekeer het tot die Here, en om vergifnis gevra het vir bloedskuld, maar l.w. dat die onskuldiges se bloed moes steeds geeis word! Bloeskuld het gevolge... Sonder vergifnis sal jy onder oordeel val. Dat bloed geeis word is verseker, maar dit beteken nie dat jy nie vergifnis nodig het nie. Bv., enige regverdiges (nl. die wat vergifnis ontvang het) in die O.T. se bloed wat nie geëis was in die ou bedeling nie, was geëis van die nageslag wat vir Jesus gekruisig het! (l.w., deur mense wat self bloedskuld op hulle gehad)(Luk. 11:49-51; Matt. 27:25) (WANT OM TE BETAAL VIR SONDE, MOET DAAR MET BLOED BETAAL WORD! )(op 'n volgende pos,  punt 6).

Christus se offer was anders, want waar die O.T. offerdiens nie volkome was nie, was Christus se offer wel volkome. Hierdie maak 'n groot verskil in nie net ons lewens nie, maar ook die land waarop ons woon, siende enige iemand wat glo in die Here Jesus Christus en by Hom vergifnis kry, se bloedskuld deur Sy bloed betaal is! (en die bloed van die onskuldiges is dus op hierdie manier geeis)  (iets wat glad nie verkry kon word deur die O.T. offersisteem nie;  dit is hoekom daar met eie bloed betaal is, of deur iemand in die bloedlyn, of deur die hoepriester se bloed wanneer hy uiteindelik sterwe).  Dit beteken dat iemand nou ook rein kan word van "sondes wat eintlik die dood verdien"  (Hand. 13:38)  Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word (Hand. 13:39)  en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie. DIE HERE JESUS CHRISTUS IS IN ONS PLEK, DOODGEMAAK, NIE NET VIR ONWETENDE SONDES NIE, 
OOK NIE NET VIR SONDES WAT NIE DIE DOOD VERDIEN NIE, 
MAAR OOK VIR SONDES WAT WEL DIE DOOD VERDIEN HET.
God se reel, oor dat Hy elke mens se bloed sal eis, het dus nie verander in die nuwe bedeling nie!  Maar in die N.T., word "bloedskuld" vergewe soos enige ander sonde - jy het steeds nodig om die sonde te bely en jou daarvan te bekeer (vir die wat tot geloof kom en vergifnis kry, hulle word gesien soos mense wat "saam met Christus gesterwe" het, alhoewel jy eintlik die dood verdien het - dit is wat die doop o.a. voorstel - die onskuldige se bloed is geeis, deurdat Christus se liggaam vir ons gebreek is en Sy bloed gevloei het (asof jy gesterf het)). 
----------------------------------------------------------------------
Dit is maklik om bloedskuld op jou te kry..., bv. kyk ons na iets soos "doodslaan", want selfs "om vir jou broeder kwaad te wees sonder rede", is soos om "dood te slaan" (in die sin van dat daar op dieselfde manier verantwoording gedoen sal moet word vir hoe jy jou broer te na kom)(op die volgende pos, punt 1).  Dit sluit ook in sondes a.g.v. selfsug..., bv. verbode vorme van gemeenskap soos hoerery, homoseksualisme ens. Ook sondes waar iemand iemand anders bedrieg, (soos waarseery); mense wat ander vlei ter wille van voordeel; onregverdige wins ens.  God sal elke mens se bloed eis!  En die een wat 'n ander te na kom, hy sal moet verantwoording doen daarvoor (hy kan onder 'n oordeel val, al is hy 'n Christen!). Daarom het Jesus gese dat "die oordeel" onbarmhartig sal wees vir die wat geen barmhartigheid bewys het nie - gaan kyk gerus hoe Hy in die oordeel, wanneer Hy terugkom, die skape van die bokke sal skei, en hoe Hy verduidelik op watter terme Hy dit gaan doen. God gee om vir elke een van Sy skepsele, en Hy sal nie toelaat dat die onreg aan iemand nie betaal word nie. 
-----------------------------------------------------------------------  
Die met bloedskuld was die vervloektes van die O.T...  Gaan vgl. dit gerus met die tema van "vervloektes" in die N.T. Wanneer iemand tot geloof gekom het, maar weer die sonde begin dien, watter offer bly daar dan vir hom oor??? (en hier moet ons natuurlik onderskei tussen iemand wat sondig, en iemand wat verval in sonde - aanhoudende sonde). Waar iemand nie vergifnis van sonde kry nie, sal hy onder oordeel val - in geval van bloedskuld moet die ander persoon se bloed geeis word! (en solank dit nie gedoen is nie, sal die land ook daaronder lei). Vir die wat tot geloof kom en hulle dus bekeer het van sonde, word bloedskuld soos enige ander sonde vergewe omdat Christus in hulle plek gesterwe het (in so 'n geval is bloed klaar geeis); m.a.w., hoe meer mense tot geloof kom, hoe minder bloedskuld in die land (en sal dit dus ook beter gaan met die land).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DUS:
- deur bekering kry ons "vergifnis van sonde"(alle sonde word die persoon vergewe, ook bloedskuld, en die onskuldiges se bloed is geeis deur Christus se dood.  Hy het met Sy bloed en liggaam daarvoor betaal - ek hoef nie met my bloed daarvoor te betaal nie (asof ek saam met Hom gesterf het).  

-  Waar sonde nie vergewe word nie, val die persoon onder God se toorn;  m.a.w. waar iemand nie tot geloof en bekering kom nie, kan hy nie verwag dat hy die ewige lewe gaan oes nie. Christene maak somtyds hierdie fout, deur te dink dat omdat hulle in Jesus Christus glo, geen sonde hulle kan veroordeel nie, maar dit is duidelik dat Jesus 'n ander prentjie vir ons geskets het.  En wat bloedskuld aanbetref, moet die wat sulke sonde doen, dit bely en hulle daarvan bekeer (want as jy dit nie doen nie, kan jy onder oordeel kom).  Dit geld m.a.w. ook vir Christene, dat die wat weer die sonde begin dien, ook onder oordeel sal kom (sou hulle hul nie bekeer daarvan nie).  Daarom, as iemand tot bekering kom en sy sondes afgewas word, en hy sy geloof in die Here Jesus Christus bely maar sy werke bewys dat hy nie werklik glo nie, dan bly daar geen offer meer oor vir hom nie. 


-"Die oordeel sal onbarmhartig wees teenoor die wat geen barmhartigheid bewys het nie!". In hierdie sin is geloof  (met bv. werke wat bewys dat hy glo) , die enigste weg tot saligheid!   
(1)  Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
(2)  Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.