Wys tans plasings met die etiket brood en wyn. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket brood en wyn. Wys alle plasings

Dinsdag 08 Julie 2025

Die Nagmaal (2)

IN HIERDIE POS KYK ONS NA "die nagmaal" - WAT IS DIE BETEKENIS VAN DIE NAGMAAL?

Vir ander opsommings in hierdie reeks poste oor "die nagmaal", gaan na:

- Wat is die nagmaal? (1)

- Hoe word die nagmaal gebruik? (3) 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat is die betekenis van die Nagmaal?

Deur die "nagmaal" word die Here Jesus Christus se dood verkondig totdat Hy kom... - dit is hoekom "brood" en "wyn" spesifiek gebruik word in hierdie maal, maar mag ons miskien vra:  Is dit nie belangriker om liewer die opstanding te vier as Christus se dood nie? (1 Kor. 15:15,17) - hoekom vier ons Sy dood?  Dit is duidelik dat daar iets met Sy dood bewerk is, en as ons nie verstaan waarom Jesus moes sterwe nie sal ons ook nie verstaan waarom ons nagmaal gebruik nie.

Kom ons kyk in meer diepte na wat die nagmaal alles beteken:

(rol af vir die volgende opsommings)

- (1) Dit is TOT GEDAGTENIS VAN JESUS CHRISTUS, want dit VERKONDIG SY DOOD totdat Hy kom.

- (2) Die Nuwe Testament word in Jesus Christus se BLOED voorgestel / brood (nuwe) liggaam.

- (3) Jesus Christus is soos BROOD en DRANK vir ons.

- (4) Die nagmaal is bedoel vir gereddes, vir die LIGGAAM VAN CHRISTUS.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(1) - Die nagmaal is tot gedagtenis van Jesus Christus
          - want dit VERKONDIG SY DOOD totdat Hy kom (1 Kor. 11:24-26 - "en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is DIE NUWE TESTAMENT in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom"). Dit is in hierdie konteks hoekom die nagmaal gebruik word - die nagmaal getuig van Jesus Christus se dood... - Hy is die perfekte Lam deur wie ons vergifnis kan kry sodat ons nie die dood oes nie, en deur Sy dood het die Nuwe testament in werking getree (Hy is nie net die Lam nie, maar ook die hoepriester wat die offer bring): 
= JESUS DIE PERFEKTE LAM GEOFFER / Hy die TESTAMENTMAKER,  en   
= JESUS se BLOEDOFFER / HY DIE HOëPRIESTER / nuwe priester-orde, NUWE VERBOND. 

BROOD = LIGGAAM: Die wat deelneem aan die nagmaal verkondig daardeur dat Jesus soos 'n Lam vir ons geslag is  - Sy liggaam gebreek (en bloed gevloei) (1 Kor. 11:24). Hy het Sy lewe afgelê / Hy is die Lam geslag... (Heb 13:11-13 - "want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word—hulle liggame word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra). 

BLOED = OFFERBLOED: Die wat deelneem aan die nagmaal verkondig ook daardeur dat Jesus se bloed versoening bewerk het, maar ook dat Hy die hoëpriester is (van 'n ander orde) wat hierdie versoening bewerk... (nie volgens die Levitiese priesterskap en orde van Aaron nie, maar) 'n Hoëpriester wat volmaak is, SONDER SONDE, en een wat met ons swakhede medelye het en in alle opsigte versoek is net soos ons (dit verwys na Jesus Christus)("Hoepriester volgens die orde van Melgisedek")(Heb 4:14-16 - "Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word"). BLOED = OFFERBLOED vd Lam / en verwys ook na hoe Jesus Christus, die Hoepriester van 'n beter orde Sy bloed ingedra het in die heiligdom wat nie met hande gemaak is nie / 

- DOOD: Jesus Christus is ook die TESTAMENTMAKER, en deur die dood van die testamentmaker word 'n NUWE VERBOND INGELEI... (Heb 9:11,12 - "Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring")   (Heb 7:11,12 - "As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie? Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet"). Die wat aan die nagmaal deelneem, wys daardeur dat hulle behoort aan die nuwe verbond wat deur die ewige Hoëpriester Jesus, ingestel is... (want met 'n nuwe priester tree outomaties 'n nuwe verbond in). Hy is ons Hoepriester! Duidelik was die ou verbond nie voldoende nie, en 'n verandering was nodig, en dit is hoekom 'n nuwe verbond en priester nodig was van 'n ander orde (nl. in hierdie geval, die orde van Melgisedek). 

As ons Jesus se dood verkondig deur die Nagmaal, dan verkondig ons dus ook dat 'n nuwe testament in werking getree het... - die wat deelneem aan die Nagmaal (die wat glo in Jesus Christus), verkondig dus o.a. daardeur dat hulle nie onder die wet van Moses is nie, maar onder die wet vd Gees (onder 'n nuwe verbond);  en verkondig dus daardeur dat die in werking tree van die nuwe verbond plaasgevind het deur 'n ander Hoepriester ('n volmaakte een, wat nie offers oor en oor hoef te bring nie - nie van die orde van Aaron onder die wet van Moses nie, maar 'n ewige Hoepriester volgens 'n ander orde, nl. die orde van Melgesedek - is nou "onder Jesus Christus, onder die Heilige Gees" - 'n priester wat vir altyd vir ons sonde kan intree). IN ANDER WOORDE, die wat in Jesus Christus glo en deur Hom vergifnis ontvang, is onder 'n nuwe wet... (Sy orde is volgens die Gees... - die wat onder Sy orde is is onder die wet van die Gees, nie onder die wet van Moses nie. Jesus Christus gee aan hulle die Heilige Gees en die Gees lei hulle in hierdie nuwe verbond, ook genoem "wet van vryheid"). Hierdie hoepriester, nl. Jesus Christus, se offer was wel eenmalig maar Hy kan altyd vir hulle intree, want Hy lewe!/Rom. 8:34; Hebr. 7:17,21,25; 5:6,10; 4:14; 8:1; Ps. 110:4).  Dit was EENMALIG en VOLDOENDE; en deur Sy dood het die nuwe "wet" in werking getree.  In ander woorde, Jesus Christus is volgens 'n ander orde, en dit is hierdie orde waarna die volk uitgesien het; nie die orde van Aaron nie, maar van Melgisédek... (Hebr. 7:11).

IN ANDER WOORDE, HOEKOM MOES HY DOODGAAN?  - (1)  Sodat die nuwe verbond in werking kon tree (die wet van vryheid/is "onder die Gees");  en (2) sodat ons vergifnis kon kry (volmaakte en voldoende offer)(en Hy is terloops ook 'n ewige hoëpriester / offers hoef nie oor en oor gebring te word nie).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(2) Die NUWE TESTAMENT word in Jesus Christus se BLOED voorgestel, en die brood verwys na die nuwe "liggaam": 

(Mat 26:28 - "Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes")(1 Kor. 11:25). 'n Testament kan slegs in in werking tree waar die testamentmaker doodgaan... (Hebr. 9:16,17). Die nuwe testament het in werking getree toe Jesus doodgegaan het, en ons bevind ons dus nou in 'n nuwe testament-bedeling. 

Die Christelike kerk word terloops ook soos 'n "nuwe mens" en "liggaam" voorgestel... - dit dan ook die rede waarom EEN BROOD gebreek word en met almal gedeel word, is omdat die wat deelneem aan die nagmaal almal lede is van hierdie "liggaam" (en l.w., "Jood en heiden in een", nl. die wat in Jesus Christus glo). In die nuwe bedeling wat ingetree het toe die Testamentmaker doodgaan, is Jood en heiden een, in een liggaam onder Jesus Christus. Daar word dus ook na die kerk verwys as "die LIGGAAM van Christus". Dus, die nagmaal stel o.a. 'n NUWE TESTAMENT voor: (1) deur die bloed van Christus vrygekoop (bloed=wyn) en ontvang die Heilige Gees, en stel die LIGGAAM VAN CHRISTUS voor (liggaam/vlees=brood) deur wie ons genesing kry (bv. vergifnis van sonde). Almal wat deel is van die "nuwe mens" (nl. Jood en heiden een in Christus) is onder die nuwe testament en deel in die bloed en liggaam van Christus. Die wat deel is van hierdie liggaam, word selfs gesien soos Jesus Christus se familie! - asof uit Hom gebore (Ef. 5:30 - "Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene"). Geestelike mense (weergeborenes - die wie se sonde afgewas is en "onder die Gees"/nuwe verbond is, in ander woorde "die wat die Heilige Gees het") word o.a. gesien soos mense wat "uit God gebore" is (Joh. 1:12,13).

Nagmaal kan miskien gesien word soos 'n offer..(?).- of liewer, verkondig die Here se offer! (1 Kor. 10:16-22), want wanneer ons nagmaal gebruik het ons gemeenskap met Sy liggaam en bloed (1 Kor. 10:16). Sy dood was 'n OFFER;  dus, as ons Sy dood verkondig deur die nagmaal is ons besig om Sy offer te herdenk (Heb 10:14-18 - "Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie"). Deur die nagmaal (deur die brood en wyn te neem) getuig die wat dit neem dat hulle LEWE in Hom is!  - amper asof hulle Sy vlees eet en bloed drink, maar natuurlik geestelik bedoel en verwys na LEWE wat in Hom is (Joh 6:53-58 - "En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe. Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het—nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe"). Indirek verwys dit dus ook na die belofte vd opstanding, want die wat "Sy vlees eet en bloed drink" het die belofte dat hulle eendag opgewek sal word uit die dood in nuwe liggame wat vir ewig lewe. (Hebr. 9:15 - "En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang").

DIE NAGMAAL VERWYS DUS O.A. NA DIE NUWE TESTAMENT (deur Jesus Christus se bloed verlossing van oortredinge) en DIE NUWE LIGGAAM/GEROEPENES WAT DIE BELOFTE VAN EWIGE ERFENIS HET (een brood word gebreek / "liggaam van Christus" - Jood en heiden in een).

Kom ons kyk na nog 'n paar skrifte rondom hierdie onderwerp:
Dus, noodwendig met die nuwe priester het 'n nuwe wet ingekom... (die WET VAN DIE GEES)(Heb 7:12,12 - "Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ‘n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie"). 'n Testament tree in werking wanneer die testamentmaker sterwe (Heb 9:16,17 - "Want waar ‘n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word; want ‘n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is so lank as die testamentmaker nog leef nie");  
m.a.w., die Nuwe Testament kon nie in werking tree voor Jesus sterwe nie:
- (Hebr. 7:26-28 - "Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is")    
- (Heb 6:20 - "waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n hoëpriester geword het vir ewig")    
- (Heb 9:11,12 - "Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ‘n ewige verlossing teweeggebring").

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(3)  Jesus Christus is soos brood en drank vir ons, en die nagmaal verkondig dit: 

Jesus het homself die "brood van die lewe" genoem (Joh. 6:48), want Hy kan vir ons die ewige lewe gee! - wanneer jy van hierdie "brood eet" (van Hom "eet"), kan jy lewe.. (Joh 6:51 - "Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee"). Die wat die nagmaal gebruik is besig om "van Sy vlees te eet" (natuurlik nie letterlik nie, maar wys op die lewe wat hulle van Hom kry/eet) en verkondig dus daardeur dat hulle die ewige lewe het deur Hom! - en verkondig dus ook die opstanding;  m.a.w, verkondig deur die nagmaal dat hulle deur Hom opgewek sal word in nuwe liggame wanneer Hy terugkom ('n liggaam wat vir ewig lewe)(Hebr. 9:15)(Joh 6:53.54 - "En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------(4) Die nagmaal is bedoel vir gereddes!: Die wat nagmaal neem neem dit as teken dat hulle die Here ken en dat Sy Gees by hulle is (Joh 6:56 - "Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom"). Die nagmaal is dus bedoel vir die wat die Here ken en Sy Gees het!;  m.a.w., geestelike mense / weergeborenes  (dit is nie bedoel vir ongereddes nie, want hulle ken Hom nie en hulle het nie die Heilige Gees nie!). In hierdie opsig is die nagmaal 'n teken - die wat dit gebruik bely daardeur dat hulle Hom ken en Hy by hulle teenwoordig is (deur Sy Gees)... - en bely terloops dat hulle oortredinge vergewe is )bloed) en hulle deel is vd "een brood" (liggaam van Christus) en dus die belofte het van opstanding en ewige lewe.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OM MEER PRESIES TE VERSTAAN WAAROOR DIE NAGMAAL ALLES GAAN, KAN MISKIEN OOK INGEKYK WORD OP DIE TERME "vlees en bloed" EN "vlees en been" 

Die term "vlees en bloed" word bv. gewoonlik gebruik om te verwys na die mensdom (Hebr. 2:13; Eseg. 39:17,18; Matt. 16:17; Gal. 1:16; Ef. 6:12; 1 Kor. 15:50) - die mens is "vlees en bloed" en dit verwys na die liggaam met die LEWE in die bloed/siel (Lev. 17:11)(is liggaam en siel) - is uit vlees gebore (Joh. 3:6) en uit bloed gebore (Joh. 1:13).  Dit wys dus veral op wat se soort wese jy is en uit wie gebore..., nl. is familie van die MENSDOM (watter soort vlees en watter bloed loop deur jou are). Die MENSDOM kan verder ingedeel word in "natuurlike mense" en "geestelike mense" (geestelike mense verwys na weereborenes - die wie se sonde vergewe is en die Heilige Gees het). Alle mense is kinders van Adam en word dus as "natuurlike mense" gebore (is uit Adam se saad gebore, en is dus verganklik), maar geestelike mense is weer gebore! ("oor gebore"), en word gesien as mense wat uit God (se saad) gebore is - geestelike mense het alreeds die belofte van onverganklikheid!, en word gesien soos mense wat die ewige lewe het (hulle innerlike word alreeds daagliks vernuwe en die uiterlike soos ook eendag vernuwe word ). 

Die term "vlees en been" word weer gebruik van spesifieke families (aan watter spesifieke familie behoort jy?). Die wat in Jesus Christus glo behoort aan Sy familie, en Sy familie word o.a. figuurlik voorgestel soos 'n liggaam... - bv., die wat aan Hom behoort is lede van "Sy liggaam". Dit verwys na wie "uit Hom gebore" is (natuurlik nie fisies nie, maar geestelik bedoel - is familie van Hom deur die geloof)(Ef. 5:30 - "Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene"). Deur die geloof is hulle "kinders van die belofte" (kinders van Abraham)(Gal. 3:7).

MET HIERDIE INLIGTING IN AG GENEEM, KOM ONS KYK DIE SLOTSOM VAN "GEESTELIKE MENSE":

- Die term "vlees en bloed", waar dit spesifiek verwys na "geestelike mense", verwys na mense wat gebore is uit God se saad! (nie "kinders van Adam" nie, maar "kinders van God") - die nagmaal stel o.a. hierdie voor..., want wanneer jy Jesus Christus "se vlees eet" en Sy "bloed drink", verwys dit na hoe jy deel is van die Goddellike familie (is uit God gebore / verwys na weergeborenes, nl. die wie se sonde vergewe is en die Heilige Gees het)! (Joh. 6:53-56)(GEBORE UIT GOD).

- Die term "vlees en been", waar dit spesifiek verwys na "geestelike mense", verwys na mense wat familie is van Jesus Christus! (en dus ook van mekaar), Hulle is van Sy vlees en bene... (Ef. 5:30)(is FAMILIE VAN JESUS CHRISTUS), en hulle deel in "een brood" tydens nagmaal, wat verwys daarna dat hulle almal familie is van mekaar.  

In hierdie konteks is die wat DIE NAGMAAL neem:

- "geestelike mense" - die wat gebore is uit God se saad (weergeborenes - kyk tema "vlees en bloed") - (1 Kor. 10:16; 1 Kor. 11:27);

- "geestelike mense" - die wat familie is van Jesus Christus (van Sy vlees en bene, en ingedoop onder die kinders van Abraham) -kyk tema "vlees en been"( Ef. 5:30).

OPSOMMING: Joh 6:52-57 - "Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.  Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in homSoos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe". Figuurlik gesproke het die geestelike mens dus "gemeenskap met Christus Jesus se "liggaam en bloed" (waarvan die nagmaal 'n teken is) - (1Kor. 10:16,17 - "die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood"), en deels verwys die nagmaal dus ook na die feit dat ons geestelike mense is, en dit die rede waarom die een brood gedeel word - is om te verwys hoe ons almal aan dieselfde groep of familie ("vlees en been") behoort. Die wat in Jesus Christus glo is dus ook familie van mekaar, en die nagmaal wys o.a. op hierdie feit... Dit is die rede waarom dit ook veral gebruik word wanneer die gemeente SAAM is. Bestudeer gerus ook wat dit beteken om "met Christus beklee" te wees - wat ook wys op wie deel is van Sy familie... (terloops word die liggaam ook soos 'n tent/bekleding voorgestel) (Gal 3:26,27 - "Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee") - 'n term wat verwys na hoe die een wat in Jesus Christus glo onder die kinders van God ingedoop word (hulle kry "klere van heil"), waarvan die Christelike doop o.a. 'n teken is. Die wat "met Christus beklee is" verwys dus veral na wie dit is wat eendag gaan erf M.a.w., die wat aan Jesus behoort is Sy kinders en is die wat eendag gaan erf... (Gal. 3:23)(hulle is "uit God gebore").  - EN DIT IS WAAROM HULLE DIE NAGMAAL GEBRUIK!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 20 April 2025

Die Nagmaal (1)

In hierdie pos kyk ons na een van die sakramente in die Christelike kerk, nl. die NAGMAAL, en behandel spesifiek die vraag:  WAT IS DIE NAGMAAL? 

Vir die ander opsommings, gaan na:

- Wat is die betekenis van die Nagmaal? (2)

- Hoe word die Nagmaal gebruik? (3)

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wat is die Nagmaal?

Die nagmaal is 'n "maaltyd": (van brood en wyn) - wat deur Jesus Christus self ingestel was (Mark. 14:22-24), en dikwels deur Christene geneem word omdat Jesus hulle so beveel het (1 Kor. 11:24,25).  Alhoewel dit die eerste keer deel was van die Pasgamaal, word dit nie net een keer 'n jaar geneem (soos die Pasgamaal) nie, maar op 'n meer gereelde basis. 

Is die nagmaal bloot 'n gewone maaltyd? Alhoewel dit kan uitspruit uit 'n maaltyd, is dit 'n heilige (maw afgesonderde) maal - dit is belangrik dat die nagmaal op 'n heilige manier geneem word, want almal teenwoordig deel in die een brood en die wyn (wat beteken dat hulle deel in Jesus se liggaam en bloed)(1 Kor. 11:17-34);  altans, dit is hoe dit veronderstel is om te wees....  Maar as elkeen bv. sy eie brood en wyn bring en sommige het en sommige nie, en dus sommige is honger en ander het te veel of is selfs dronk... - dit is nie wat bedoel word met nagmaal nie! Dit is waarna Paulus in 1 Kor. 11 verwys. Wat met nagmaal bedoel word is dat dit 'n afgesonderde ("heilige") maaltyd is, die brood en wyn word gedeel (aan almal wat deel in die heilige maal)(1 Kor. 11:21,22), en dit verwys dus nie na 'n maaltyd waar elkeen op sy eie eet en drink nie (1 Kor. 11:20). Neem kennis dat "brood en wyn" spesifiek gebruik word, elk met spesifieke betekenis.  Die nagmaal is nie 'n gewone maaltyd soos wanneer die gemeente saamkom om saam te eet nie, alhoewel dit saam met 'n gewone maaltyd kan plaasvind (soos gebeur het met die Pasgamaal), maar dan moet dit 'n spesifieke beurt kry (moet heilig, afgesonderd wees van die gewone maaltyd) want dit het 'n spesifieke betekenis nl. dat die dood van Jesus Christus daardeur verkondig word... (1 Kor. 11:24-26) - l.w. dat 'n gewone maaltyd nie dieselfde voorstel nie!

Dit was oorspronklik ingestel saam met 'n Pasgamaal?  Jesus Christus het die Nagmaal ingestel terwyl hulle besig was om die Pasgamaal te neem. Die Pasgamaal was 'n herdenkingsfees (om te herdenk hoe God die volk uit Egipte uitgelei het... - Jos. 5:1-0-12; Mark. 14:1,2).  Die NAGMAAL is nie dieselfde nie, alhoewel "ongesuurde brood en wyn" (wat gewoonlik deel is vd pasgamaal) spesifiek gebruik word vir die nagmaal, en die betekenis van hierdie elemente is Nuwe Testamenties. 

Wat word deur die Nagmaal verkondig:  Die rede vir die nagmaal is tot nagedagtenis van Jesus Christus - om Sy dood te verkondig tot Hy terugkom... (1Kor. 11:24)  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; DOEN DIT TOT MY GEDAGTENIS.(1Kor. 11:25)  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; DOEN DIT, so dikwels as julle daaruit drink, TOT MY GEDAGTENIS.(1Kor. 11:26)  Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy komHoe verkondig ons Sy dood daardeur?  - ons verkondig op hierdie manier dat Sy liggaam vir ons gebreek is, en Sy bloed vir ons gevloei het - wat op beurt wys dat ons in 'n nuwe testament is! Hy is die testamentmaker, en met Sy dood het die nuwe testament ingetree. Dit kan vgl. word met Jesus se woorde in Joh. 6:50-58 (Joh 6:53,54 - "En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag"). As jy van Hom "eet en drink" dan verkondig jy ook daardeur dat jy "geerf" het... - jy is deel van die kinders aan wie die boedel uitbetaal word, en dit wat jy kry is redding (van liggaam en siel), en dus ewige lewe. Natuurlik het Jesus nie bedoel dat ons fisies van Sy liggaam eet en Sy bloed moet drink nie, maar hierdie is geestelik bedoel... - soos wanneer iemand deel in 'n offertafel-1 Kor. 10:16. Alhoewel ons nie dieselfde woorde wil gebruik soos in afgodskringe nie, kan die nagmaal gesien word soos 'n "offertafel"..., want wanneer ons nagmaal gebruik het ons GEMEENSKAP MET SY LIGGAAM EN BLOED. 

Ongesuurde brode en wyn word gebruik: Tydens die Pasgamaal was o.a. ongesuurde brode saam met bitter kruie geeet, en wyn gedrink... Dit is daardie deel van die Pasgamaal wat Jesus gebruik het om die Nagmaal mee in te stel (nl. die ongesuurde brood en wyn).  

Die wyn verwys na bloed - in die pasgamaal het dit ook na bloed verwys, nl. met Pasga is die bloed van 'n lam aan die deurposte en bo-drumpel gesmeer voor die volk uit Egipte verlos is-Eks. 12. Die  rede vir die bloed aan die kosyne was sodat die doodsengel (wat al die eersgeborenes in Egipte op daardie nag getref het) by hulle kon verbygaan... - op dieselfde manier beskerm Jesus se bloed ons teen die dood. Hy is soos 'n Lam wat geslag is (Openb. 5:6,12; 13:8) - vgl. dit ook met die tempeldiens versoeningsoffer (waar versoening vir die volk se sonde gedoen is). In die Pasgamaal stel die wyn die bloed van die lam voor; in die Nagmaal stel dit ook bloed voor!, en Jesus is die Lam! (nl. die bloed van Jesus, die "Lam van God" wat soos 'n lam vir ons geslag is)(Hand. 8:32.33 - "En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos ‘n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ‘n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem")(Jes. 53:7-12). Deur Sy bloed is daar versoening gedoen vir ons, en is 'n nuwe testament ingelyf.  Net soos die bloed aan die kosyne die volk se eersgeborenes gespaar het in Egipte op daardie nag, so word die wat "Jesus se bloed drink", gespaar (sodat hulle nie die dood beerwe nie, maar lewe).  

Die rede waarom "ongesuurde" brode in die pasgamaal gebruik was was omdat alles haastig gedoen is toe Farao hulle uiteindelik laat trek..., maar daar is ook 'n geestelike betekenis rondom hoekom die brode "ongesuurd" is, en dit is dat dit reinheid en waarheid voorstel - 1 Kor. 5:6-8 (terwyl onreinheid op beurt vgl. word met suurdeeg). Die brood stel Jesus se liggaam voor - en is 'n "brood" wat gedeel word onder die "reines"... (die wat in Jesus Christus glo is skoongewastes en deel van een liggaam).

Hoekom word die brood en wyn gedeel met mekaar?: Jesus se liggaam is vir ons gebreek, en die "een brood" wat verdeel word wys op beurt na die heiliges as deel van een liggaam/brood/Jesus se liggaam (die kerk word bv. o.a. voorgestel as die "liggaam van Christus"-Kol. 1:24)(Rom 12: - "so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar"). Die wat in Jesus Christus glo is lede van dieselfde liggaam/brood (deel in ditto liggaam - die een brood word tydens nagmaal gedeel, wat op beurt wys dat die wat dit neem, lede is van een liggaam - en op beurt ook wys hoe ons mekaar nodig het)(1Kor. 12:12 - "Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus")(1Kor. 12:20,21 - "Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie"). Noodwendig word die brood gebreek en wyn gedeel onder "reines" (skoongewastes)! ...;  dus is dit belangrik dat die wat aan die nagmaal deelneem seker maak hulle is "rein" (dit is immers waarna "ongesuurd" verwys), anders kan hulle 'n oordeel oor hulleself eet en drink... (1Kor. 10:16,17 - "die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood").   

Kan iemand 'n oordeel oor homself eet of drink? Ons het genoem dat die nagmaal gesien kan word soos om gemeenskap te hê met 'n altaar... (1 Kor. 10:14-22 - "Daarom, my geliefdes, vlug vir die afgodediens. Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê: die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie? Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?"). Nagmaal kan dus op beurt gesien word soos 'n offer, want tydens nagmaal het jy gemeenskap met die bloed en liggaam van Jesus Christus... Dus, wanneer 'n Christen aan die een kant ook "offer aan ander altare" bv. afgode aanbid, ander geloofspraktyke raadpleeg ens.,  dan is hy besig om met beide gemeenskap te he (1Kor. 10:21 - "Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie"). As iemand bv. die nagmaal op hierdie manier gebruik deur OOK gemeenskap te hê met "ander altare" (bv. om begerig te wees na slegte dinge, geestelik te hoereer, murmureer teen die Here, ens. - 1 Kor. 10,), kan dit die Here se ywer opwek! (1 Kor. 10:22) - en in so 'n geval kan 'n persoon 'n oordeel oor homself eet en drink.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

https://warechristene.blogspot.com/2020/03/die-nuwe-mens-deel-1-die-wedergeborene.html

https://warechristene.blogspot.com/2020/04/die-nuwe-mens-deel-2-die-christelike.html