VIR DIE EERSTE DEEL OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html
========================================================================
OPSOMMING (omrede hierdie 'n baie omslagtige onderwerp is, volg hier 'n opsomming sonder skrifgedeeltes om dit korter te maak, maar alles is in die volgende paar poste uiteengesit, met al die nodige skrifte!)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
UIT DIE STUDIE OOR BLOEDSKULD, SAL ONS SIEN DAT GOD SOVEEL OMGEE VIR ELKE MENS, DAT HY ELKE MENS SE BLOED EIS... - dit beteken dat Hy nie sal toelaat dat enige een van Sy skepsele te na gekom word nie. Waar enige iemand 'n ander mens te na kom, sal hy moet verantwoording doen daarvoor, want God gee om vir elkeen van Sy skepsele. Dit is wat Hy bedoel het met die woorde dat Hy elke mens "se bloed sal eis" - as 'n dier 'n mens doodgemaak het, sal die mens se bloed van die dier geëis word... As 'n persoon iemand anders doodmaak, sal daardie persoon se bloed van die moordenaar geëis word (daarom was die een wat onskuldige bloed vergiet het in die O.T., doodgemaak; ons moet natuulik ook verstaan wat bedoel was met "doodslaan" wat bloedskuld veroorsaak het). Wanneer die persoon met bloedskuld met sy eie lewe betaal, dan was die onskuldige se bloed van hom geëis. Waar hy nie doodgemaak is nie, was die onskuldige se bloed steeds deur die Here geëis - somtyds deur familie in dieselfde bloedlyn (as hulle ook bloedskuld gedra het!). In gevalle waar iemand per ongeluk onskuldige bloed vergiet het, kon hy vlug na een van die vrystede en daar bly tot die dood van die hoepriester (en die onskuldige se bloed is dan van die hoëpriester geëis - sien gerus hoe hierdie aansluit by die tema van ons huidige Hoëpriester, Jesus Christus...; alhoewel Sy offer ook vir bloedskuld betaal, moet ons verstaan dat dit nie beteken die genade is 'n kaartjie "om te sondig" nie - Jesus kan tog nie oor en oor sterf nie!).
UIT DIE STUDIE OOR BLOEDSKULD, SAL ONS OOK MERK DAT SONDE DIE AARDE ONTHEILIG (op 'n volgende pos, punt 4). A.g.daarvan kwyn die diere weg, die voëls van die hemel, die visse van die see en die diere van die veld. Hoe meer "bloedskuld" (sonde), hoe meer sal die land tot niet gaan! Waar gelowiges en ongelowiges saam bly in een land, kan ons nou nie verwag dat die land heel moet raak nie. Hoe minder geloof in die land, hoe meer word die land ontheilig - daarom is "afvalligheid" 'n teken van dat die einde naby is, want hoe meer afvalligheid plaasvind, hoe meer sal die land treur.
BLOEDSKULD WORD NIE OORGEDRA VAN EEN PERSOON NA 'N ANDER NIE (elkeen betaal vir sy eie sondes - Eseg. 18) (op 'n volgende pos, punt 5)(Deu 24:16 - "Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word"); alhoewel, dit kan deur iemand anders betaal word!, maar dit word nie van 'n onskuldig geëis asof hy geen sê het daaroor nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------
"Bloedskuld" was 'n onvergeeflike sonde in die O.T., want wat ons verstaan is dat geen offer daarvoor kon betaal nie... (?) - hierdie is miskien nie so korrek om dit so te stel nie! - liewer is dit miskien meer korrek om te se dat die persoon ONREIN geword het en daar was geen offer in die O.T. waardeur hy weer rein kon word nie (behalwe deur eie bloed of iemand in sy bloedlyn, of met die hoepriester se dood). Ons verstaan die offersisteem as 'n sisteem waarop vergifnis verkry is, maar eintlik was dit meer 'n sisteem om reinheid te verkry (wat op beurt aanskakel by afsondering/heiligheid). Belydenis van sonde en bekering was nog altyd eerder die manier om vergifnis te kry! (maar dit beteken nie dat die persoon wat te na gekom is se bloed nie geeis sal word nie - natuurlik moet die bloed steeds betaal word...). As iemand nie vergifnis kry vir bloedskuld nie, sal hy onder oordeel kom of onder toorn val.
IN DIE N.T. is daar 'n offer vir BLOEDSKULD, nl. Jesus Christus (ons ewige Hoepriester) het met Sy bloed daarvoor betaal toe Hy gesterf het aan die kruis (dit is waarom die wat in Hom glo, vergifnis kry, m.a.w. verwysend na die wat hulle sonde bely en hulle daarvan bekeer - hulle sal nie onder toorn val nie, en duidelik hoef hulle nie met hulle eie bloed te betaal of deur iemand in dieselfde bloedlyn nie; maar wat gebeur as 'n gelowige en skoongewaste in sulke sonde verval en hom/haar nie daarvan bekeer nie? Jesus kan tog nou nie oor en oor vir jou sterf nie!). "VERGIFNIS VAN SONDE" KAN SLEGS VERKRY WORD DEUR JOU SONDE TE BELY EN DIT AF TE Lê.
----------------------------------------------------------
Die tema van bloedskuld het veral te doen met wanneer "onskuldige bloed" vergiet word (op 'n volgende pos, punt 2) - in so 'n geval, was die bloed van die onskuldige op die skuldige... (genoem, "op die hoof van die skuldige"), en die onskuldige se bloed sou dan van hom geëis word. Maar dit geld nie net vir "doodslaan" nie, maar in die O.T. word daar ook ander sondes wat bloedskuld veroorsaak het, bv. hoerery, waarseêry, homoseksualisme, bloedskande ens. (op 'n volgende pos, punt 3). Bloedskuld is gesien as "sonde wat die dood verdien" , en vir sonde wat die dood verdien het (soos wat bloedskuld veroorsaak het), kon nie "met 'n offer betaal word nie"! (behalwe jou eie lewe) , wat beteken dat die sonde nie regtig vergewe kon word nie; meer presies verwys dit daarna dat die persoon nie weer rein kon word nie. Ten spyte van 'n offer was belydenis van sonde en bekering nog altyd die manier hoe iemand VERGIFNIS kry, maar bloed moet betaal word... Dit is duidelik dat die offersisteem van die O.T., in die wet van Moses, nie volkome was nie, want die met bloedskuld kon bv. nie weer rein word nie (is ontheilig - vir 'n studie oor "ontheilig", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2016/09/verontreinig-ontheilig.html). Daar was m.a.w. geen offer waarop iemand met bloedskuld die geleentheid kon kry om vergifnis of reinheid ontvang nie, maar natuurlik is daar is vb. e in die O.T. van waar gelowiges hulle bekeer het tot die Here, en om vergifnis gevra het vir bloedskuld, maar l.w. dat die onskuldiges se bloed moes steeds geeis word! Bloeskuld het gevolge... Sonder vergifnis sal jy onder oordeel val. Dat bloed geeis word is verseker, maar dit beteken nie dat jy nie vergifnis nodig het nie. Bv., enige regverdiges (nl. die wat vergifnis ontvang het) in die O.T. se bloed wat nie geëis was in die ou bedeling nie, was geëis van die nageslag wat vir Jesus gekruisig het! (l.w., deur mense wat self bloedskuld op hulle gehad)(Luk. 11:49-51; Matt. 27:25) (WANT OM TE BETAAL VIR SONDE, MOET DAAR MET BLOED BETAAL WORD! )(op 'n volgende pos, punt 6).
Christus se offer was anders, want waar die O.T. offerdiens nie volkome was nie, was Christus se offer wel volkome. Hierdie maak 'n groot verskil in nie net ons lewens nie, maar ook die land waarop ons woon, siende enige iemand wat glo in die Here Jesus Christus en by Hom vergifnis kry, se bloedskuld deur Sy bloed betaal is! (en die bloed van die onskuldiges is dus op hierdie manier geeis) (iets wat glad nie verkry kon word deur die O.T. offersisteem nie; dit is hoekom daar met eie bloed betaal is, of deur iemand in die bloedlyn, of deur die hoepriester se bloed wanneer hy uiteindelik sterwe). Dit beteken dat iemand nou ook rein kan word van "sondes wat eintlik die dood verdien" (Hand. 13:38) Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word (Hand. 13:39) en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie. DIE HERE JESUS CHRISTUS IS IN ONS PLEK, DOODGEMAAK, NIE NET VIR ONWETENDE SONDES NIE,
OOK NIE NET VIR SONDES WAT NIE DIE DOOD VERDIEN NIE,
MAAR OOK VIR SONDES WAT WEL DIE DOOD VERDIEN HET.
God se reel, oor dat Hy elke mens se bloed sal eis, het dus nie verander in die nuwe bedeling nie! Maar in die N.T., word "bloedskuld" vergewe soos enige ander sonde - jy het steeds nodig om die sonde te bely en jou daarvan te bekeer (vir die wat tot geloof kom en vergifnis kry, hulle word gesien soos mense wat "saam met Christus gesterwe" het, alhoewel jy eintlik die dood verdien het - dit is wat die doop o.a. voorstel - die onskuldige se bloed is geeis, deurdat Christus se liggaam vir ons gebreek is en Sy bloed gevloei het (asof jy gesterf het)).
----------------------------------------------------------------------
Dit is maklik om bloedskuld op jou te kry..., bv. kyk ons na iets soos "doodslaan", want selfs "om vir jou broeder kwaad te wees sonder rede", is soos om "dood te slaan" (in die sin van dat daar op dieselfde manier verantwoording gedoen sal moet word vir hoe jy jou broer te na kom)(op die volgende pos, punt 1). Dit sluit ook in sondes a.g.v. selfsug..., bv. verbode vorme van gemeenskap soos hoerery, homoseksualisme ens. Ook sondes waar iemand iemand anders bedrieg, (soos waarseery); mense wat ander vlei ter wille van voordeel; onregverdige wins ens. God sal elke mens se bloed eis! En die een wat 'n ander te na kom, hy sal moet verantwoording doen daarvoor (hy kan onder 'n oordeel val, al is hy 'n Christen!). Daarom het Jesus gese dat "die oordeel" onbarmhartig sal wees vir die wat geen barmhartigheid bewys het nie - gaan kyk gerus hoe Hy in die oordeel, wanneer Hy terugkom, die skape van die bokke sal skei, en hoe Hy verduidelik op watter terme Hy dit gaan doen. God gee om vir elke een van Sy skepsele, en Hy sal nie toelaat dat die onreg aan iemand nie betaal word nie.
----------------------------------------------------------------------- Die met bloedskuld was die vervloektes van die O.T... Gaan vgl. dit gerus met die tema van "vervloektes" in die N.T. Wanneer iemand tot geloof gekom het, maar weer die sonde begin dien, watter offer bly daar dan vir hom oor??? (en hier moet ons natuurlik onderskei tussen iemand wat sondig, en iemand wat verval in sonde - aanhoudende sonde). Waar iemand nie vergifnis van sonde kry nie, sal hy onder oordeel val - in geval van bloedskuld moet die ander persoon se bloed geeis word! (en solank dit nie gedoen is nie, sal die land ook daaronder lei). Vir die wat tot geloof kom en hulle dus bekeer het van sonde, word bloedskuld soos enige ander sonde vergewe omdat Christus in hulle plek gesterwe het (in so 'n geval is bloed klaar geeis); m.a.w., hoe meer mense tot geloof kom, hoe minder bloedskuld in die land (en sal dit dus ook beter gaan met die land).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DUS:
- deur bekering kry ons "vergifnis van sonde"; (alle sonde word die persoon vergewe, ook bloedskuld, en die onskuldiges se bloed is geeis deur Christus se dood. Hy het met Sy bloed en liggaam daarvoor betaal - ek hoef nie met my bloed daarvoor te betaal nie (asof ek saam met Hom gesterf het).
- Waar sonde nie vergewe word nie, val die persoon onder God se toorn; m.a.w. waar iemand nie tot geloof en bekering kom nie, kan hy nie verwag dat hy die ewige lewe gaan oes nie. Christene maak somtyds hierdie fout, deur te dink dat omdat hulle in Jesus Christus glo, geen sonde hulle kan veroordeel nie, maar dit is duidelik dat Jesus 'n ander prentjie vir ons geskets het. En wat bloedskuld aanbetref, moet die wat sulke sonde doen, dit bely en hulle daarvan bekeer (want as jy dit nie doen nie, kan jy onder oordeel kom). Dit geld m.a.w. ook vir Christene, dat die wat weer die sonde begin dien, ook onder oordeel sal kom (sou hulle hul nie bekeer daarvan nie). Daarom, as iemand tot bekering kom en sy sondes afgewas word, en hy sy geloof in die Here Jesus Christus bely maar sy werke bewys dat hy nie werklik glo nie, dan bly daar geen offer meer oor vir hom nie.
-"Die oordeel sal onbarmhartig wees teenoor die wat geen barmhartigheid bewys het nie!". In hierdie sin is geloof (met bv. werke wat bewys dat hy glo) , die enigste weg tot saligheid!
(1) Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
(2) Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.