IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE BEGIRP "NIETIG" OF "NIETIGHEID".
Rol af vir die volgende opsommings:
- Opsomming.
- Grieks en Hebr. betekenis vd woord/e nietig/heid.
- Die skepping is aan nietigheid onderwerp.
- Afgode (/afgodspraktyke) is nietig.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:
Wanneer iemand op NIETIGHEID vertrou, sal hy nietigheid oes! (Job 15:31; Jes. 40:3).
Waarna verwys "nietigheid" in verskillende kontekste?:
- VERGANKLIKHEID - in sommige gevalle verwys dit na verganklikheid; bv., die skepping is huidiglik onderwerp aan "nietigheid"... (Rom. 8:20)(para 6), want die mens se lewe is "nietig"! (Job 7:16)(para 2);
- NIETIGE BEGEERTES - in sommige gevalle verwys dit na "nietige begeertes", nl. waarna die hart neig (Ps. 119:36,37; Ps. 94:11) - bv. "nietige begeertes"... (is iemand "winsbejag", dan is sy hart besig om nietigheid te begeer...)(para 5 en 1);
- WERKE - in sommige gevalle verwys "nietighede" na werke waarmee mense hulle besig hou wat nietig is..., werke waarin hulle hulle vertroue plaas, bv. DIE AANBIDDING VAN AFGODE (wat o.a. gepaardgaan met afgodspraktyke) en DOOIE WERKE (Hos. 12);
- DIE VALSE/ DIE LEUEN - in sommige gevalle verwys "nietighede" na die valse of die leuen, bv. AFGODE en AFGODSPRAKTYKE... (Ps. 4:3), of "ydel woorde" - die valse waarop mense hulle vertroue plaas; bv., afgodsaanbidding, en valse profesie/waarseery... (Eseg. 13:6, en vgl. dit met v.8-valse of bedrieglike gesigte en leuenagtige waarseêry)(para 1, 3 en 7).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GRIEKS EN HEBREEUSE BETEKENIS VD WOORD/E NIETIGH/HEID:
- (1) Hebr. woord "shawv":
(Job 15:31) Laat hom nie vertrou op nietigheid (Hebr. woord "shawv", in die konteks van verlate, of "boos" wat verwoesting aanbetref, of afgodery wat vals aanbetref, niksseggend wat verleiding aanbetref ; =vals, lieg, nietig, nietigheid) nie—hy kom bedroë uit! —want nietigheid (shawv, shav) sal sy vergelding wees. - Die goddeloses (v.20) vertrou op nietigheid, daarom is "nietigheid" hulle vergelding... IN ANDER WOORDE, DIE WAT OP NIETIGHEID VERTROU SAL NIETIGHEID OES.
Dieselfde Hebr. woord word ook in die volgende verse gebruik vir "nietigheid":
(Psa 24:4) Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.(Psa 89:48) Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!
(Psa 119:37) Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.
(Eze 13:6) Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek—terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!
(Hos 12:12) Was Gílead goddeloosheid hulle het louter nietigheid geword. In Gilgal het hulle beeste geoffer; so sal dan hulle altare wees soos kliphope op die vore van die landerye.
- in sommige gevalle verwys "nietigheid" dus na DIE VALSE..., bv. afgodsaanbidding, valse profesie/waarseery (Eseg. 13:6)(vgl. met v.8-valse of bedrieglike gesigte en leuenagtige waarseery);
- in sommige gevalle verwys dit na wat is dit waarna die hart neig (Ps. 119:36,37), nl. die NIETIGE BEGEERTES van die goddeloses... - is iemand "winsbejag", dan is sy hart besig om nietigheid te begeer;
- in sommige gevalle verwys dit na DOOIE WERKE (Hos. 12).
Daar kan ook ingekyk word in die woord "ydel":
(Eph 5:3) Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
(Eph 5:4) ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.
(Eph 5:5) Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
(Eph 5:6) Laat niemand julle met ydel (Gr. woord "ken-os'", wat beteken "leeg of tevergeefs") woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
(Eph 5:7) Wees dan nie hulle deelgenote nie.
Die valse en die leuen is van so 'n aard... - dit kom voor asof dit voordelig is, maar is "ydel woorde" - dit kom tot niks!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ (2) Hebr. woord "heh'-bel":
(Job 7:16 - "Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid" - die woord "nietigheid" is hier die Hebr. woord "heh'-bel, hab-ale'", wat verwys na iets tevergeefs = ydel/heid). - ALLE MENSE STERWE - HULLE LEWENS IS SOOS IETS WAT NIETIG IS... - dit is die prys wat die mens betaal vir die "vrugte wat hy eet" (bv. die vrugte vd boom van kennis van goed en kwaad bring die dood voort - die mens dra vrugte vir die dood)(Ps. 62:10; 144:4; Ecc. 8:10). Die mens word "gebore is sonde", wat tot gevolg het dat hy die dood oes en sy leeftyd soos niks... (Ps. 39:6). Die wat nietigheid najaag, se werke kom tot niks... (soos iets wat verlate gestel word / vgl. met "verwoes"-Openb. 17:16)(Jes. 44:9)(para 4).
Dieselfde Hebr. woord word ook in die volgende verse gebruik vir "nietigheid":
(Psa 39:6) Kyk, U het my dae ‘n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.
(Psa 62:10) Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.
(Psa 78:33) So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.
(Psa 94:11) Die HERE ken die gedagtes van die mense—dat hulle nietigheid is.
(Psa 144:4) Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos ‘n vlugtige skaduwee.
(Pro 31:30) Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
(Ecc 6:4) want in nietigheid kom dit, en in duisternis gaan dit heen, en met duisternis word die naam daarvan bedek;
(Ecc 6:11) Want hoe meer woorde, des te meer vermeerder hulle die nietigheid; watter voordeel het die mens daarvan?
(Ecc 7:15) Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is ‘n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is ‘n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe.
(Ecc 8:10) So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.
(Ecc 8:14) Dit is ‘n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.
(Ecc 11:8) Want as die mens baie jare lewe, moet hy hom in dié almal verheug en dink aan die dae van duisternis, dat dit baie sal wees; alles wat kom, is nietigheid.
(Jer 10:3) Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl.
(2Ki 17:15) En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.
(Isa 30:7) En Egipte—nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.
(Jer 2:5) So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (3) Hebr. woord "reek":
(Psa 4:3) o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid (Hebr. woord "reek", wat verwys na leegheid = leeg, tot geen doel, nietige ding, in nietig/heid) liefhê, die leuen (Hebr. woord "kaw-zawb'", =vals, leuenaar, lieg, bedrieglik) soek? Sela. - IN HIERDIE SKRIF WORD NIETIGHEID VERGELYK MET "VALSHEID", DIE LEUEN. Vgl. dit met Jes. 59:4, waar nietigheid ook in dieselfde konteks gebruik word as "valsheid spreek".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ (4) Hebr. woord "to'-hoo":
(Isa 40:17) Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid (Hebr. woord "to'-hoo", wat verwys na verlate (plek) of waardelose ding of plek/iets wat niks beteken = verwarring, leë plek, sonder vorm, niks, nietig/heid, wildernis") word hulle by Hom gereken. - DIT BETEKEN NIE DAT ONS NIE BELANGRIK IS VIR DIE HERE NIE, MAAR WYS MEER OP DIE NIETIGE DINGE WAARMEE MENSE BESIG IS waarop hulle vertrou, WAT HULLE NIETIG MAAK!
Dieselfde Hebr. woord word ook in die volgende verse gebruik vir "nietigheid":
(Isa 40:23) Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;
(Isa 44:9) Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies—dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.
(Isa 59:4) Daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemand wat ‘n regstryd voer in waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid en spreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil.
Wanneer iemand hom besig hou met nietigheid, sal hy nietigheid oes (Jes. 40:3) - hulle werke kom tot niks... (soos iets wat verlate gestel word / vgl. met "verwoes"-Openb. 17:16 en die tema van "dra vrugte vir die dood")(Jes. 44:9).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (5) Gr. woord "mat'-ah-yos":
In sommige gevalle verwys "nietigheid" na nietige begeertes, nl. waarna die hart neig... (Ps. 119:36,37; Ps. 94:11)... - bv., is iemand "winsbejag", dan is sy hart besig om nietigheid te begeer... Waar mense bv. op hierdie manier bid, kan hulle nie verwag dat hulle gebede beantwoord word nie!, wat "nietige begeertes" oes "nietigheid"! (Jak. 4:3 - "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring").
(1Kor. 3:20) en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig (Gr. woord "mat'-ah-yos", wat verwys na leeg of iets wat geen wins maak nie, of 'n afgod; = nietig/heid) is. - IN KONTEKS IS PAULUS BESIG OM DIE VERSKIL UIT TE WYS TUSSEN WERELDSE WYSHEID EN DIE KENNIS VD HERE - TERWYL DIE WYSES VD WERELD DIE KENNIS VD HERE SIEN AS DWAASHEID, IS DIT EINTLIK HULLE WYSHEID WAT NIETIG IS... (wereldse wysheid is dwaasheid by God)(1 Kor. 3:18-20).
(1Kor. 3:18) Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
(1Kor. 3:19) want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
(1Kor. 3:20) en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.
DIE WYSES VAN HIERDIE WERELD SE "WYSHEID" WORD GESIEN SOOS IETS WAT NIETIG IS, EN DIT SAL NIETIGHEID OES... (dit kom tot niks, soos iets wat leeg is). "Nietigheid" (bv. wereldse wysheid of wereldse begeertes) het nie ewigheidswaarde nie. Terwyl die wyses van hierdie wereld die kennis vd Here sien as dwaasheid, is dit eintlik hulle "wysheid" wat tot niks kom...(wereldse wysheid is dwaasheid by God)(1 Kor. 3:18-20). Natuurlike mense het 'n wereldse gees/het wereldse wysheid, wat tot niks kom... (dra vrugte vir die dood)(para 4), maar geestelike mense het die Gees van God/het die kennis vd Here, en hulle wysheid het ewigheidswaarde (dit is waarom hulle die lewe kan oes! - hulle dra vrug tot lewe...).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6) Gr. woord "mat-ah-yot'-ace":
Die skepping is aan NIETIGHEID onderwerp:
(Rom 8:20) Want die skepping is aan die nietigheid (Gr. woord "mat-ah-yot'-ace", wat verwys na iets wat verbygaan, verganklik; =nietig/heid) onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
Vgl. dit met:
(Rom 8:18) Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
(Rom 8:19) Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
(Rom 8:20) Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
(Rom 8:21) in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
(Rom 8:22) Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.
(Gen 3:17) En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
(Gen 3:18) Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.
(Gen 3:19) In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7) Afgodsaanbidding (en afgodspraktyke) is NIETIG:
(Isa 41:29) Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid (Hebr. woord "aw'-ven", wat verwys na iets tevergeefs..., in hierdie geval spesifiek afgodsaanbidding; =boos, vals, afgod, ongeregtigheid, tevergeefs, onregverdig, nietig/heid, ens.) is hulle gegote beelde.
(Job 15:31) Laat hom nie vertrou op nietigheid (Hebr. woord "shawv", in die konteks van verlate, of "boos" wat verwoesting aanbetref, of afgodery wat vals aanbetref, niksseggend wat verleiding aanbetref ; =vals, lieg, nietig, nietigheid) nie—hy kom bedroë uit! —want nietigheid (shawv, shav) sal sy vergelding wees. - Die goddeloses (v.20) vertrou op nietigheid, daarom is "nietigheid" hulle vergelding... IN ANDER WOORDE, DIE WAT OP NIETIGHEID VERTROU SAL NIETIGHEID OES. In ander skrifte sien ons ook dat die konteks van hierdie "nietigheid" (waarop mense somtyds vertrou), verwys na die valse en leuens (bv. afgodsaanbidding, wereldse wysheid, en afgodspraktyke).
(Isa 44:9) Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid (Hebr. woord "to'-hoo"), en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies—dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.
(Jer 10:3) Want die insettinge van die volke is nietigheid (Hebr. woord "heh'-bel"); want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl.
(Eze 13:6) Hulle het nietigheid ("shawv") gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek—terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!
(2Ki 17:15) En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige ("heh'-bel") afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.
(Jer 2:5) So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige ("heh'-bel") afgode aan geloop het en self nietig geword het?
(Jer 10:1) Hoor die woord wat die HERE oor julle gespreek het, o huis van Israel!
(Jer 10:2) So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
(Jer 10:3) Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl.
(Jer 10:4) Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.
(Jer 10:5) Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.
(Jer 10:6) Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag.
(Jer 10:7) Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.
(Jer 10:8) Maar almal saam word hulle dom en dwaas, die tugtiging van die nietige afgode—dit is hout.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------