Wys tans plasings met die etiket vlees en bloed. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vlees en bloed. Wys alle plasings

Sondag 25 September 2022

Uiteensetting: Die liggaam (Familie)

Onder die studie van "DIE LIGGAAM" (vd mens)(waar ons gekyk het na verskillende begrippe wat onder die tema van "liggaam" behandel kan word), was die tweede punt (2) "FAMILIE".  

In hierdie pos kyk ons bietjie meer in diepte na hierdie begrip, bv. hoe "familie" beskryf word, en wie is familie van mekaar...  Watter woorde word in die Skrif gebruik om na "familie" te verwys? In die wêreld is daar vele families wat gebore is uit verskillende geslagte - ons kyk ook dus na hoe "familie" na geslagte kan verwys, nie net die letterlik gebore uit vlees en uit bloed nie maar kyk ook na geslagte wat geestelik familie is van mekaar.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
FAMILIE:

Die begrip "familie" verwys nie altyd net na die letterlike nie, maar word ook FIGUURLIK gebruik bv. vd geestelike familie:
 - (1) Jood en heiden EEN in Christus (soos 'n "nuwe mens")(Ef. 2:13-16)(heidene wat in Christus Jesus glo word familie / word kinders van Abraham), of
- (2) Christene almal deel van EEN liggaam (Rom. 12:4,5)(die Liggaam van Christus)(Christene is soos familie van mekaar - van Sy vlees en bene - uit God gebore).

Jesus het 'n interessante stelling gemaak waarin Hy na sy dissipels verwys het as Sy familie: (Matt. 12:49,50 - "En Hy steek sy hand oor sy dissipels uit en sê: Dáár is my moeder en my broers. Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder"). Hier sien ons dat die begrip "familie" ook kan verwys na mense "wat dieselfde doen en dink" (soos familielede gewoonlik maniere en karaktertrekke erf, en dieselfde waardes handhaaf).  'n Familie staan gewoonlik ook bymekaar en stry vir mekaar, en dink eenders (soos een "liggaam"). Net so word die Christelike familie ook gesien soos "een liggaam" (en een Gees - alle weergeborenes het die Heilige Gees)(Ef. 4:4) - voorgestel as "een" - "een van siel", staan "in een gees saam", "volhard eendragtig saam", ens. - mense wat saamstry vir die geloof en die evangelie (Fil. 1:27; Hand. 2:46). Dit was Jesus se gebed dat Sy kinders in die Here EEN mag wees (soos Hy en die Vader in mekaar een is)(Joh. 17:20,21). 

Familie is soos "een van hart en siel" en deel selfs hulle besittings met mekaar - ons het hierdie voorbeeld ook gesien in die eerste Christelike gemeentes (Hand. 4:32) - hulle het duidelik verstaan dat hulle FAMILIE is van mekaar! Hulle deel 'n gemeenskaplike saligheid (Jud. 1:3) soos familielede 'n gemeenskaplike erfenis deel in ditto bloedlyn, ditto ouers... Christene is "een gees met Jesus Christus" (hulle liggame is 'n tempel vd Gees en hulle behoort aan Hom en dien Hom, soos 'n vrou en man in die huwelik aan mekaar behoort en mekaar dien)(1 Kor. 6:15-18) - daarom waarsku die Skrif teen "geestelike hoerery" (aanbidding van afgode en die navolg van ander-geloofs/heidense praktyke), want net soos die man en vrou "een vlees" word, so is weergeborenes "een gees met Hom". In Christus Jesus word "Jood en heiden" ook gesien soos "een liggaam" - die wat weergebore word word ingedoop onder die kinders van Abraham (o.a. een vd dinge wat deur die Christelike doop voorgestel word). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE CHRISTELIKE FAMILIE - VAN SY VLEES EN BENE...:

Die term "vlees en been" word veral gebruik in die geval van letterlike geslagslyne (verwysend na uit watter vlees en been iemand gebore is (uit watter saad of geslag hy gebore is, bv. is "kinders van Abraham"), maar word nie altyd t.o.v. LETTERLIKE geslagslyne gebruik nie, maar verwys ook na GEESTELIKE geslagslyne, bv. Christene is lede van Christus se liggaam... - van Sy VLEES EN VAN SY BENE... (Ef. 5:30)(en verwys dus na hoe Christene gebore is uit Hom (gebore uit God, deur Sy Heilige Gees - het God se saad in hulle) - en word dus gesien as "van Sy vlees en bene"... Daarom, as iemand nie die Heilige Gees het nie, behoort die nie aan Hom nie (Rom. 8:9). Jesus Christus was nie getroud nie en het nie fisies kinders gehad wat uit Sy vlees gebore is nie, maar die wat uit Sy Gees weergebore word word gesien as Sy kinders... (asof van Sy vlees en bene). Figuurlik word 'n man en vrou (wat getroud is) ook gesien asof vlees en bene van mekaar ("een vlees")(soos "been van my gebeente" en "vlees van my vlees")(Gen. 2:23,24). Bestudeer gerus ook ander temas wat hierby aanskakel, soos "vlees of liggaam en bloed" en "een vlees" . Ons het esien dat die term "vlees en (ge)been(te)" gewoonlik in die Skrif gebruik word in konteks met FAMILIE (mense wat familie is van mekaar, gebore uit dieselfde geslag...)(Gen. 29:14 ens.), en hierdie term word nie net letterlik gebruik nie maar ook figuurlik, bv. dat Christene lede is van Christus se liggaam - is "van Sy vlees en bene" (Ef. 5:30) - weergeborenes (in wie die Gees is) word gesien asof "gebore uit die saad van God" - dit maak hulle kinders van God.

Die natuurlike mens is gebore uit Adam (kinders van Adam), maar die geestelike mens is weergebore (deur water en Gees) - is kinders van Christus Jesus (deel van Sy geslag) - gewas deur Hom en gebore uit Sy Saad deur Sy Heilige Gees. In daardie opsig is hulle nie net familie van Hom nie, maar is ook dus deel van Sy liggaam (die Christelike kerk) waarvan Christene die verskillende lede is van die "liggaam". Bestudeer gerus die tema "met Christus beklee" om hierdie beter te verstaan ('n term wat beskryf hoe iemand onder die kinders van God ingedoop word). 'n Ander term wat ook gebruik word in konteks met die wat familie is van Jesus Christus, is die term "liggaam en bloed" (1 Kor. 10:16; 11:27) - hulle lewe is deur die bloed van Christus.  Na regte is die hele mensdom ook familie van mekaar (almal gebore uit Adam), en die term wat veral daarvoor gebruik word is "vlees en bloed" (Hebr. 2:13; 1 Kor. 15:50 ens.)(alhoewel hierdie term ook somtyds figuurlik gebruik word)(uit vlees gebore, en uit bloed gebore). Daarom word almal as "natuurlike mense" gebore (want hulle is die nageslag van Adam - word in sonde gebore). Hierdie term verwys na die liggaam met lewe in die bloed = siel (die letterlike betekenis van siel)(Lev. 17:11), en word dus nie net gebruik vd letterlike nie, maar ook die geestelike;  bv., die geestelike mens is "liggaam en bloed" van Christus Jesus (nie letterlik uit Hom gebore nie, maar deur water en Gees  -is uit God gebore/is uit Gees gebore)(Joh. 3:6).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk ook na 'n paar skrifte waarin die begrip "familie" gebruik word en interessante dinge wat ons daaruit kan leer oor "familie":

- Luk. 1:61  En hulle sê vir haar: Daar is niemand in jou familie wat dié naam het nie. 
(NAME WORD GEWOONLIK IN FAMILIE OORGEDRA)

- Luk. 2:44  Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle ‘n dagreis ver gegaan en Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.( FAMILIE WOON GEWOONLIK BYMEKAAR EN DOEN DINGE SAAM)(bv hou ditto feeste, help mekaar om kinders op te pas, reis saam, ens.). 

- Act. 7:3  en vir hom gesê: Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys. (Gen. 12:1).  (FAMILIE DEEL GEWOONLIK 'N HUIS, LAND ENS.)(dit is moeilik om weg te trek/wees van jou familie - familie gee sekuriteit). 
- Gen_31:3  En die HERE het aan Jakob gesê: Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees. (DIE BEGRIP "LAND VAN JOU VADERS" WORD HIER GEBRUIK OM OORSPRONG UIT TE LIG - land waar sy vaders gewoon het en waar sy familie woon).
- Num_10:30  Maar hy het vir hom gesê: Ek sal nie saamtrek nie; maar ek sal na my land en my familie gaan.
- Act. 7:14  Toe het Josef gestuur en sy vader Jakob laat roep en sy hele familie, vyf en sewentig siele. (FAMILIE WIL GRAAG BYMEKAAR WEES/VERLANG NA MEKAAR WANNEER HULLE NIE OP DIESELFDE PLEK BLY NIE).

- Gen_24:4  maar dat jy na my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak ‘n vrou te neem. (FAMILIE VERTROU MEKAAR OMDAT HULLE DIESELFDE BLOED HET).

- Act. 10:24  Die dag daarop het hulle in Cesaréa aangekom. En Cornelius was hulle te wagte, en hy het alreeds sy familie en besondere vriende bymekaargeroep. (FAMILIE WIL GRAAG IN DIESELFDE ERVARINGE DEEL). 

- Jdg_6:15  Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie. )FAMILIE WORD DEUR GESLAGTE GEKENMERK).
- Exo_6:24  En Eleásar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Pútiël as vrou geneem; en sy het vir hom Pínehas gebaar. Dit is die familie-hoofde van die Leviete volgens hulle geslagte. 
- Num_25:15  En die naam van die Midianitiese vrou wat verslaan is, was Kosbi, die dogter van Sur. Hy was stamhoof van ‘n familie in Mídian. (DIE BEGRIPPE "FAMILIE-HOOF" OF "STAMHOOF" WORD HIER GEBRUIK VIR DIE HOOFDE VAN "STAMME" ONDER DIESELFDE FAMILIE).
- Jos_22:14  en tien owerstes saam met hom, vir elke familie van al die stamme van Israel een owerste; en hulle was elkeen ‘n familiehoof van die stamme van Israel.
- Num_3:24  En owerste oor die familie van die Gersoniete moet Éljasaf, die seun van Lael, wees. (DIE BEGRIP "OWERSTE OOR DIE FAMILIE" VERWYS NA WIE OOR DIE FAMILIE AANGESTEL IS)(wie oor hulle regeer).

- Jos_2:12  Sweer dan nou tog vir my by die HERE dat, terwyl ek aan julle ‘n guns bewys het, julle ook aan my familie ‘n guns sal bewys; en gee my ‘n betroubare teken. (DIS GEWOONLIK ELKEEN SE BEGEERTE DAT SY FAMILIE GESEEND IS)(wil he dit moet goedgaan met jou familie). 
- Jos_2:18  kyk, as ons die land inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel........... Jos_6:25  Maar Josua het Ragab, die hoer, laat lewe en haar familie en almal wat aan haar behoort het; sodat sy onder Israel gewoon het tot vandag toe, omdat sy die boodskappers weggesteek het wat Josua gestuur het om Jérigo te verken.

- Jdg_9:1  En Abiméleg, die seun van Jerúbbaäl, het heengegaan na Sigem, na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met die hele geslag van sy moeder se familie gespreek en gesê 
(FAMILIE DEEL NIE ALTYD DIESELFDE OUERS NIE).
- Jdg_11:2  En toe die vrou van Gílead vir hom seuns baar, en die seuns van die vrou groot word, het hulle Jefta weggejaag en vir hom gesê: Jy mag in ons familie nie erwe nie, want jy is die seun van ‘n ander vrou. 

- Jdg_16:31  Sy broers en sy hele familie het toe afgekom en hom opgeneem en opwaarts gebring en hom begrawe tussen Sórea en Estáol in die graf van sy vader Manóag. En hy het Israel twintig jaar lank gerig. (FAMILIE SORG VIR MEKAAR, gewoonlik VAN GEBOORTE TOT DOOD). 

- 1Sa_9:20  En wat die esels betref wat jy vandag al drie dae gelede vermis het—bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie? 
- 1Sa_17:25  En die manne van Israel sê: Het julle die man gesien wat daar opkom? Want hy kom op om Israel uit te daag. En die koning sal die man wat hom verslaan, oorlaai met groot rykdom; ook sal hy sy dogter aan hom gee en sy familie in Israel vrystel van belasting. (FAMILIE HET GEWOONLIK GEMEENSKAPLIKE BESITTINGS, EN DEEL BAIEMAAL IN DIESELFDE VOORDELE).

- 1Sa_18:18  Maar Dawid het vir Saul gesê: Wie is ek, en wat is my familie, die geslag van my vader in Israel, dat ek ‘n skoonseun van die koning sou word? (ELKE FAMILIE HET 'N ANDER STATUS IN DIE SAMELEWING). 
-1Ch_28:4  Maar die HERE, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie om vir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, en in die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.

- 1Sa_20:29  en gesê: Laat my tog gaan, want ons het ‘n familie-offer in die stad, en my broer self het my laat roep. As ek dan nou guns in jou oë gevind het, laat my tog heengaan om my broers te besoek. Daarom het hy nie aan die koning se tafel gekom nie. (FAMILIE DEEL GEWOONLIK DIESELFDE GELOOF EN RITUELE).
- 1Ki_8:1  Daarna het Salomo die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, by koning Salomo in Jerusalem byeen laat kom om die verbondsark van die HERE uit die stad van Dawid, dit is Sion, op te bring.
- 1Ki_18:18  Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die HERE verlaat het en agter die Baäls aan geloop het.

- 1Sa_22:1  En Dawid het daarvandaan weggegaan en ontvlug na die spelonk van Adúllam; en toe sy broers en sy hele familie dit hoor, het hulle daarheen afgetrek na hom. (FAMILIE GEE OM VIR MEKAAR EN KOM TOT MEKAAR SE HULP).

-1Sa_22:16  Maar die koning sê: Ahiméleg, jy moet sekerlik sterwe, jy en jou hele familie.
-1Sa_22:22  sê Dawid vir Abjatar: Ek het daardie dag toe Doëg, die Edomiet, daar was, geweet dat hy dit sekerlik aan Saul sou vertel. Ek is die oorsaak van die dood van al die lede van u familie.
-1Sa_24:22  Sweer dan nou vir my by die HERE dat jy my geslag ná my nie sal uitroei en my naam uit my familie nie sal uitdelg nie.
-2Sa_3:29  Mag dit losbreek op die hoof van Joab en op sy hele familie, en mag die huis van Joab nie vry wees van een wat ‘n vloeiing het of wat melaats is of wat op krukke loop of wat deur die swaard val of gebrek aan brood het nie.
-2Sa_14:9  Daarop sê die vrou uit Tekóa aan die koning: Op my, my heer die koning, en op my familie sal die skuld rus, maar die koning en sy troon is onskuldig.
-2Sa_19:28  Want my hele familie was by my heer die koning niks anders as manne wat die dood verdien nie; tog het u u dienaar opgeneem onder die wat aan u tafel eet: watter regsaanspraak het ek dan nog meer om my verder op die koning te beroep?
-2Sa_24:17  Toe Dawid sien hoe die engel onder die volk doodslaan, het hy tot die HERE gespreek en gesê: Kyk, ék het gesondig, en ék het verkeerd gehandel, maar wat het hierdie skape gedoen? Laat u hand tog teen my wees en teen my familie.
-Neh_1:6  laat u oor tog opmerksaam en u oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek vandag voor u aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig.
-1Ch_21:17  En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? HERE, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as ‘n plaag teen u volk nie.
(FAMILIE LY TER WILLE VAN MEKAAR EN DRA BAIEMAAL DIE GEVOLGE VAN IEMAND IN DIE FAMILIE SE SONDE). 
(FAMILIE PLEEG SOMTYDS DIESELFDE SONDES EN KAN IN SO 'N GEVAL GESAMENTLIK VERGIFNIS VRA).


- 1Ch_9:19  En Sallum, die seun van Kore, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, en sy broers uit sy familie, die Koragiete, was oor die dienswerk, as drumpelwagters van die tent, omdat hulle vaders by die laer van die HERE die ingang bewaak het. (FAMILIES IS BAIEMAAL IN DIESELFDE ROEPING).
-1Ch_26:6  Ook vir sy seun Semája is seuns gebore wat in hulle familie geheers het, want hulle was dapper helde.

-2Ch_35:5  gaan staan in die heiligdom volgens die afdelings van die families van julle broers, die volksgenote, naamlik vir elkeen daarvan ‘n afdeling van ‘n Levitiese familie;
-2Ch_35:12  En hulle het wat vir die brandoffer bestem was, afgesonder om dit aan die familie-afdelings van die mense van die volk te gee om aan die HERE te offer, soos geskrywe is in die boek van Moses; en net so met die beeste.

-Ezr_2:59  En dit is hulle wat uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addan, Immer opgetrek het, maar wat nie hulle familie en hulle afkoms kon aanwys of hulle van Israel afkomstig was nie— (FAMILIE WORD IDENTIFISEER DEUR O.A. DEUR "AFKOMS").
-Neh_7:61  En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul 
familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie—

-(Jdg 6:27)  Toe het Gídeon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen. (FAMILIE KEN MEKAAR EN WEET GEWOONLIK HOE DIE ANDER DINK OF HOE HULLE SAL OPTREE).

-(Mar 6:4)  En Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en onder sy familie en in sy huis. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Woensdag 24 Oktober 2018

"Vlees en been" / "Vlees, of Liggaam en bloed" / "Een vlees

IN HIERDIE POS KYK ONS SPESIFIEK NA DIE 3 TERME WAT TE DOEN HET MET "FAMILIE", EN WAARNA PRESIES ELKE TERM VERWYS:
1.  Vlees en (ge)Been(te)
2.  Vlees en Bloed, of Liggaam en Bloed
3.  Een vlees
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) VLEES EN (ge)BEEN(te):

Die term "VLEES EN BEEN" word gewoonlik gebruik in konteks met "familie" (letterlik bedoel)(Gen. 29:14; 2:23; 37:27; 2 Sam. 5:1; 19:12,13; 1 Kron. 11:1; Rig. 9:2 ens.), maar word ook gebruik van figuurlike geslagslyne. Natuurlik verwys dit letterlik nie net na die LIGGAAM (vleis, vel, naaktheid) nie, maar ook na die BENE (genetiese element)(Rig. 9:2; 2 Sam. 19:12) - Bv., letterlike familie verwys na "gebore uit dieselfde geslag" - (Gen 29:14 "Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my been en my vlees...")(Gen. 2:23; 2 Sam. 5:1; 2 Sam. 19:12 ens.).
Na regte is alle mense familie van mekaar en "kinders van Adam" - vgl. met die tema van "NATUURLIKE MENSE" (gebore in sonde - Ps. 51:5)(https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html); maar immers nie net vlees nie, maar ook bene van mekaar! Adam en  Eva is bv. "vlees en been" van mekaar want immers is Eva geskep uit een van Adam se ribbebene ("been"), en is ook "een vlees"... (Gen. 2:21,22)(vgl. met studie "natuurlike mens" - alle mense vlees en been van mekaar - die mensdom - "vlees en bloed").

-  LETTERLIK: Die term "vlees en been" word veral gebruik in die geval van letterlike geslagslyne (verwysend na uit watter vlees en been iemand gebore is -uit watter saad of geslag hy gebore is, bv. "kinders van Abraham"), maar word nie altyd  net t.o.v. LETTERLIKE geslagslyne gebruik nie, maar verwys ook na FIGUURLIKE geslagslyne, bv.;
- FIGUURLIK: "Christene is lede van Christus se liggaam" - van Sy VLEES EN VAN SY BENE... (Ef. 5:30)(en verwys dus na hoe Christene gebore is uit Hom (gebore uit God, deur Sy Heilige Gees) en is dus "van Sy vlees en bene"... Figuurlik gesproke word 'n man en vrou (wat getroud is) ook gesien asof vlees en bene van mekaar ("een vlees")("been van my gebeente" en "vlees van my vlees")(Gen. 2:23,24). Die geestelike mens is weer gebore (deur water en Gees) - is kinders van Christus Jesus (deel van Sy geslag - gebore uit Hom) - gewas deur Hom en gebore uit Sy Saad deur Sy Heilige Gees. In daardie opsig kan Christene gesien word as Sy kinders (figuurlik gesproke) en dus "kinders van Abraham" - gebore uit die geslag wat eendag gaan erf!,  nl. Abraham, Isak, Jakob of Israel.....Dawid...Jesus Christus.  Behalwe dat Christene dus gesien word as FAMILIE van Jesus Christus (van Sy vlees en been), is hulle ook deel van Sy  figuurlike liggaam (die Christelike kerk) waarvan Christene die verskillende lede is van die "liggaam" - sien die volgende opsomming "liggaam en bloed".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)
- LIGGAAM EN BLOED:

Die term "LIGGAAM EN BLOED" (1 Kor. 10:16; 11:27) word veral gebruik in konteks met die figuurlike familie (van die wat in Christus Jesus glo en Sy Gees ontvang het) - hulle is geestelik familie van mekaar en is deel vd Liggaam van Christus (almal lede vd liggaam en deel in die lewe wat daar in die bloed van Christus is). Dit verwys nie net na hoe die geestelike mens familie is van Jesus Christus nie maar ook na hoe Christene familie is van mekaar, deur die Liggaam en bloed van Christus. Terwyl die geestelike mens dan nou nie onder die oordeel vd tweede dood sal val nie, omdat hy gemeenskap het met die liggaam en bloed van Christus, is dit des belangrik dat hy toesien dat hy nie weer skuldig word aan die bloed van Christus nie! -(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/12/wie-op-onwaardige-wyse-eet-of-drink-sal.html). Die term "vlees en bloed" word ook gebruik in konteks met die Nagmaal, en gaan oor die genesing wat daar is in Sy Liggaam en die lewe wat daar is in Sy bloed (Hebr. 9:13,14; Joh. 6:53-55); m.a.w. FIGUURLIKE GESPROKE het die geestelike mens "gemeenskap met Christus Jesus se liggaam en bloed waarvan die Nagmaal 'n teken is.

- VLEES EN BLOED:

Die term "VLEES EN BLOED" verwys na "die mensdom" (Hebr. 2:13; Eseg. 39:17,18; Matt. 16:17; Gal. 1:16; Ef. 6:12; 1 Kor. 15:50), en verwys na die liggaam met die LEWE in die bloed = siel (Lev. 17:11) - vgl. hierdie ook met die tema van "menslike wese". Die mens is VLEES en BLOED want hy is (1) uit vlees gebore (Joh 3:6), en (2) uit bloed gebore (Joh. 1:13) =  die "NATUURLIKE MENS" (verganklik). Maar die term "vlees en bloed" word nie net gebruik t.o.v die natuurlike mens (uit vlees gebore) nie, maar ook vd geestelike mens omdat die geestelike mens "vlees en bloed" is van Christus Jesus (wat terwille van ons "vlees en bloed" geword het...) - nie letterlik uit Hom gebore nie, maar figuurlik, deur Sy Gees (word wederbaar deur water en Gees) - en is dus "uit God gebore" (daarom word die geestelike mens nie gesien as "vlees" nie, maar "gees")(Joh. 3:6) - in ander woorde, "uit Gees gebore". Die natuurlike mens is uit vlees gebore;  die geestelike mens is uit Gees gebore.
Omdat daar lewe is in bloed, kan dit in die regte konteks as reinigingsmiddel gebruik word, m.a.w. 'n lewe vir 'n lewe! (Openb. 1:5; 1 Joh. 1:7; Hebr. 3:11,12...) - sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie (Heb 9:22). Christus Jesus het die "vlees en bloed" deelagtig geword (mens geword) sodat Hy deur die dood (met Sy eie bloed), hom wat mag het oor die dood (nl. die duiwel) tot niet kon maak (Heb 2:14; 1 Joh. 5:6). Om hierdie rede word die term "vlees en bloed" ook gebruik van Christus se liggaam en bloed (teken in Nagmaal)(Hebr. 9:13; Joh. 6:53-56)(l.w. dat die term "liggaam en bloed" ook in hierdie konteks gebruik word).
Ons moet dus onderskei tussen die NATUURLIKE MENS en die GEESTELIKE MENS.  Die natuurlike mens het wel lewe in die bloed en is gebore uit bloed, maar is verganklik ("kinders van Adam"). Almal is gebore uit die saad van Adam (en is na regte familie of "vlees en been" van mekaar), en is om daardie rede "natuurlike mense" (verganklik, en sal doodgaan, letterlik en figuurlik), want hulle is gebore uit BLOED, uit die wil vd vlees of man, maar die geestelike mens ontvang SKOONWASSING en LEWE in die liggaam en bloed van Christus, en word gebore uit Gees - het dus die belofte van ewige lewe (is "kinders van Jesus Christus" en sal dus erf) - hulle is "gees" want hulle is gebore uit Gees (Joh. 3:6)("gebore uit God" - 1 Joh. 4:7; 5:1 ens.).

Die natuurlike mens kan nie die koninkryk van God beerwe nie (1Kor. 15:50 - "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie"), want hy is verganklik (gaan dood) - is kinders van Adam - is "vlees en bloed" (is m.a.w. gebore uit vlees en bloed), maar die geestelike mens kan wel die koninkryk van God beerwe want hy is nie gebore uit vlees en bloed en deur die wil van 'n man nie nie, maar is gebore uit (water en) Gees (deur die wil van God)(Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is").
Dus:  -Die geestelike mens word nie meer gesien as 'n "natuurlike mens" wat gebore is uit bloed of uit die wil vd vlees of man (m.a.w. "kinders van Adam") nie, maar word gesien as weergebore - gebore uit (water en) Gees (gebore uit God) en volgens die wil van God.  Die persoon wat weergebore is word genoem "geestelike mens" want hy word deel van Christus Jesus se "vlees en bloed" en is deel van Sy "vlees en bene" (dus (1) hulle genesing en LEWE is in Sy ligaam en bloed - en hulle het die bloefte van opstanding deur Sy Liggaam , en belofte van ewige lewe deur Sy bloed' en (2) is nou figuurlik "familie van Christus Jesus" - gebore uit Sy saad - deel van Sy vlees en bene )(anders as die natuurlike mens sal die geestelike mens die dood oorwin deur letterlike opstanding eendag, en hulle sal nie onder die oordeel vd tweede dood val nie...).

https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3) "Een vlees":

Daar is 3 verwysings na die begrip "een vlees" in die Skrif, en dit vewys telkens na "twee wat een word" (in sommige skrifte letterlik bedoel, en in ander figuurlik bedoel). 

- (1)  LETTERLIK: man en vrou wat een word (bv. Adam en Eva - Gen. 2:21-23)(of man wat vader en moeder verlaat en vrou aankleef - Gen. 2:24; Matt. 19:5,6; Mark. 10:8; Ef. 5:31).
 - (2) FIGUURLIK: Christene deel van Christus se "liggaam" en hulle liggame is 'n tempel vd Heilige Gees. Christene is lede van Christus se liggaam = kan vgl. word met twee wat een vlees is, wat dit beteken is dat hulle is "een gees met Hom" en Christene behoort dus aan Christus, en dien Hom (soos 'n vrou en man aan mekaar behoort en dien)(1 Kor. 6:15-18) - dit gaan dus oor hoe Christene Hom aanhang en nie afgode aanbid of afgodspraktyke navolg nie (op dieselfde wyse wat 'n man en vrou mekaar aanhang met die klem op "nie hoereer met ander nie" - 1 Kor. 6:16) - (vgl. met paragraaf boontoe, "liggaam en bloed" - hulle genesing en lewe is in Sy liggaam en bloed, en hulle is almal lede van Sy liggaam...).
- (3) FIGUURLIK: Jood en heiden nou "een liggaam" in Christus Jesus = Christene (Ef. 2:13-16).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------