Sondag 25 September 2022

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (4)

Vir vorige opsomming op hierdie onderwerp, gaan na:
- (bekleding) https://warechristene.blogspot.com/2020/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
_________________________________________________________________________________
In hierdie reeks van "honger, dors, vreemdeling, naak, siek en opgesluit"-poste, is die klem wel op BARMHARTIGHEID en gebaseer op Matt. 25, maar daar word veral gekyk na die skriftuurlike asook geestelike betekenis van sulke woorde (honger, dors, bekleding, siek ens.).  In hierdie pos kyk ons na "vreemdeling" en "herberg", en of daar 'n geestelike betekenis ook agter dit is.

(Mat 25:35)  "Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee".

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk eerste in op die woorde "vreemdeling" en "herberg":

Vreemdeling:
Die woord "vreemdeling" verwys na iemand wat vreemd is in 'n land, bv. kan na 'n uitlander of bywoner verwys, bv. iemand van 'n ander land wat nie ditto taal praat nie of nie bekend is met die plaaslike wette en nuus nie, ens. Die begrip "vreemdeling" verwys nie noodwendig net na iemand wat tydelik in 'n land vertoef nie, maar kan ook verwys na 'n uitlander wat permanent daar bly (bv. nie daar gebore nie, maar 'n burger vd land geword). In Skrif konteks sal die woord vreemdeling bv. verwys na 'n heiden in plaas van 'n Jood...,  en "vreemdelinge" was nie altyd dieselfde hanteer nie, bv. die bywoner was net tydelik daar en daar was natuurlik nie van hulle verwag om hulle te besny nie, maar van 'n uitlander wat onder die volk ingekoop is was daar verwag om hom te besny....  
Vir 'n studie om die begrippe "vreemdeling, bywoner of uitlander" beter te verstaan, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2022/04/vreemdeling-bywoner-uitlander.html.

Herberg:
'n Herberg is 'n plek vir reisigers - waar iemand oorbly vir 'n tydperk - is 'n oorbly/oornagplek... (Luk. 10:35;Jer. 9:2)(Gen. 42:27; Eks. 4:24; Luk. 2:7; 9:12; 10:34,35; Fil. 1:22, ens). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Christene as VREEMDELINGE voorgestel:
Christene word somtyds "bywoners" en "vreemdelinge" genoem (1 Pet. 2:11; 1:1) - hoekom?  Want nie almal wat Christene is is gebore onder die Hebreeuse volk nie.  In daardie opsig kan ons onderskei tussen heidene en Jode, alhoewel Christene bestaan uit sowel "heidene" (wat tot bekering gekom het - die wat glo in Jesus Christus) asook "Jode"  (die wat deel is vd Hebreeuse volk - is onder hulle gebore) wat GLO in Jesus Christus. In daardie opsig is die "heidene wat tot geloof gekom het" eintlik bywoners en vreemdelinge wat onder die volk ingekoop is... -bv., hier word onderskei tussen "kind vd land/kinders vd volk" (die wat onder die volk gebore is) en "vreemdeling wat deel geword het vd land/het 'n kind vd volk geword"). Die Christelike doop is o.a. 'n teken van hoe iemand deur geloof in Jesus Christus "kinders word van Abraham" / kinders vd geloof (Gal. 3:26-29; Rom. 9:7,8; 4:11-16; Rom. 6:3-6; 1 Pet. 3:21; Gal. 3:27) word. Hierdie groep bywoners/vreemdelinge (wat onder die volk van geroepenes ingekoop is) is nou deel van die uitverkore geslag, en is deel vd kinders vd koninkryk (is nou "kinders van Abraham" ('n koninklike priesterdom, 'n heilige volk) - 'n volk as eiendom verkry...:
(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
(1Pe 2:11)  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

IN HIERDIE OPSIG WORD DAAR AAN DIE HEIDENE  WAT TOT GELOOF KOM  BARMHARTIGHEID BEWYS... - soos bywoners en vreemdelinge aan wie barmhartigheid bewys is. Bestudeer gerus die term "evangelie van vrede" om hierdie beter te verstaan (Hy is Here van almal / geen onderskeid tussen Jood en nie-Jood nie). 
- (1) DEELS WORD DIE HEIDEN WAT TOT GELOOF GEKOM HET DUS NA VERWYS AS "VREEMDELINGE" IN DIE SIN VAN HOE HULLE MOET TOT INSIG GEBRING MOET WORD MET WAT VAN HULLE VERWAG WORD NOU DAT HULLE "BLY" ONDER DIE KINDERS VD KONINKRYK;  
- (2) MAAR DEELS WORD DIE HEIDEN WAT TOT GELOOF GEKOM HET OOK VOORGESTEL SOOS "MEDEBURGERS" (en dus nie meer vreemdelinge en bywoners nie), IN DIE SIN VAN DAT HULLE NOU MEDEBURGERS IS VD HEILIGES EN HUISGENOTE VAN GOD. (Ef. 2:19  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God). Heidene wat tot geloof gekom het word dus gesien as "vreemdelinge", maar nie soos iemand wat net tydelik in 'n land vertoef nie, maar soos uitlanders wat onder die volk ingekoop is. Hetsy gebore as 'n Jood of heidene wat tot geloof gekom het, Christene is onder die reels van die koninkryk van God, en alhoewel hulle nie onder die wet van Moses is nie (is "vry vd wet"), is hulle wel onder 'n wet... (nl., is onder Jesus Christus / is onder die Heilige Gees).

Nog skrifte wat kan lig werp op hierdie onderwerp:
1Pe_1:1  Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië,
1Pe_2:11  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
3Jn_1:5  Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge,

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kinders vd koninkryk soos VREEMDELINGE op die huidige aarde:

Wat beteken dit? Alhoewel Christene elkeen aan 'n aardse koninkryk behoort, is hulle ook deel van die "koninkryk van God" (of ook genoem "koninkryk vd hemele")(Ef. 2:12 - "dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld"). Dit is 'n feit dat "geestelike mense" verskillend "dink en sien" van "natuurlike mense" (want geestelike mense is weergebore en het die Heilige Gees, maar natuurlike mense het nie die Heilige Gees nie).  Die geestelike mens het nie 'n keuse nie as om te vertroef op hierdie aarde, huidiglik "soos 'n vreemdeling", en smag na 'n "hemelse tuiste/herberg" (Jer. 9:2) - hulle begeerte is 'n hemelse burgerskap. God se koninkryk sal wel ook fisies op die aarde wees eendag, maar op die oomblik is dit slegs hier op 'n geestelike manier;  bv., Christene is alreeds deel van God se koninkryk, tog soos vreemdelinge op die aarde omdat hulle nie die land besit nie (bv., hulle is wel onder die Here se wet, maar ook onder die wet vd land waarin hulle bly) - hulle besit nie nou die aarde nie maar sal dit eendag besit..., en dan is hulle nie meer "vreemdelinge" nie. Dan is hulle "seuns"

Abraham was ook oorspronklik 'n voorbeeld van 'n "vreemdeling" - hy was iemand wat 'n "beter land" in die geloof verwag het (al het hy dit nie in sy leeftyd gekry nie) - hy het weggetrek van sy vaderland na 'n plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang... - as vreemdeling daar gaan woon (in die land van belofte)(Hebr. 11:8-10). Op ditto wyse is Christene soos vreemdelinge en bywoners op die aarde "wat 'n vaderland soek", nl. 'n beter een, nl. 'n hemelse een!  
(Heb 11:13)  In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
(Heb 11:14)  Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek.
(Heb 11:15)  En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.
(Heb 11:16)  Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei.

In die "volgende eeu" sal Jesus Christus oor die hele aarde regeer en Sy ewige koninkryk oprig.  Die "koninkryk van God" word ook na verwys as "koninkryk vd hemele" (is inderdaad ook 'n hemelse koninkryk, en Jesus sal terugkom vanaf die hemel om Sy ewige koninkryk op te rig, wat sal begin met 'n 1000-jaar regering...)(Dan. 2:44). Na regte is alle mag alreeds oorgegee aan die Seun, maar Hy sal fisies die koningskap opneem wanneer Hy terugkom - dan sal die opstanding vd heiliges eers plaasvind, en wanneer dit gebeur sal die wat opstaan tot lewe die aarde beerwe - hulle sal regeer, sal konings en priesters wees... (Ef. 1:20-22; Matt. 28:18; Rom. 14:9; Hand. 10:36; Fil. 2:9-11; Hebr. 1:2,8; 1 Pet. 3:22; ens.)(1Kor. 15:27 - "Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het"). Met "die opstanding" word hierdie aanneming tot kinders heeltemal voltrek. 

Huidiglik kan die aarde miskien meer voorgestel word eerder soos 'n HERBERG as wat dit aan enige iemand behoort;  bv., elkeen betaal vir die grond waarop hy bly, belastings ens. (net soos jy vir 'n herberg geld betaal om daar te kan vertoef - Luk_10:35). Na regte is Christene seuns, tog soos vreemdelinge op die aarde... (Matt.17:25-27 - "Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting—van hulle seuns of van die vreemdelinge? Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry. Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou"). Dis barmhartig wanneer jy aan 'n vreemdeling herberg (Fil. 1:22) gee (en hulle dus soos "seuns" behandel);  op ditto wyse is die Here gunstig op die wat Sy kinders (wat soos vreemdelinge in hierdie wereld is) barmhartig is. Maar die Here verwag ook van ons om barmhartig te wees teenoor die wat "vreemdelinge is van die koninkryk van God" - bv., baiemaal is daar mense wat tydelik onder die kinders vd koninkryk beweeg (soos "bywoners"), en ons moet aan hierdie mense barmhartig wees. Op ditto wyse word daar van 'n Jood verwag om uitlanders wat onder die volk ingekoop is (soos heidene wat tot geloof gekom het), verwag om daardie "uitlanders" barmhartig te wees.  

In die geloof wag Christene op die opstanding (wanneer die "aanneming tot kinders" voltrek word) en die belofte om die aarde te beërwe (soos Abraham en die vaders gewag het op die beloofde land). (Hebr.11:13 - "In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was"). Ons is wel nou vreemdelinge en bywoners, maar sal eendag die aarde beërwe... 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Donderdag 08 September 2022

Algemene vrae oor SALIGHEID (2) - hoekom het ons saligheid nodig

VIR DIE EERSTE DEEL OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
-  https://warechristene.blogspot.com/2020/05/algemene-vrae-oor-saligheid-1-inleiding.html. In die eerste deel het ons ook gekyk na "HOEKOM iemand saligheid nodig het" en het daar stilgestaan by die volgende feite:
ons het
-REDDING NODIG VAN DIE DOOD, en 
-REDDING NODIG VAN ons SLAAFSKAP ONDER SONDE. 
As ons nie gered word van hierdie dinge nie, sal ons onder God se toorn val.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
As ons dan nou vra HOEKOM ONS SALIGHEID NODIG HET, dan moet ons ook beslis dat:

In konteks verwys saligheid na "GERED VD TOORN" (...omdat almal sondig en dus verdien om onder oordeel te val en in die toorn sal kom), maar die wat gered is en die opstanding tot lewe ontvang, het die belofte dat hulle nie in die toorn sal kom nie (1 Thess. 5:8,9). Die mens is oppad na sy dood..., nie net die dood vd liggaam (omdat almal sondig) nie, maar ook die tweede dood (die oordeel van die hel)(dit is die uiteinde van "natuurlike mense" - is onder slaafskap gebore, is "onder sonde" gebore - dien die sonde - slawe van sonde).  Dus, die mens het redding nodig, nie net om die dood (vd liggaam) te oorwin nie, maar ook die tweede dood - die mens het dus redding nodig van "toorn", en die "tweede dood" word o.a. na verwys as die die "komende toorn"... (Ef. 2:3; Openb. 6:17; Matt. 3:7-12; Hebr. 4:3; 1 Thess. 2:16; Rom. 1:18; 2:5; Sef. 2:3; ens.). 

Waarna presies verwys hierdie toorn? Hierdie "toorn" verwys na "wraak" (Rom. 12:19) - wanneer die Here gaan wraak neem... (want die wraak kom Hom toe, Hy sal vergeld) (nie net op die wat slawe van sonde is nie, maar ook op die kinders van ongehoorsaamheid, die eiesinniges, die wat nie die vrugte dra wat by die bekering pas nie, ens. - Rom 12:19,20; Kol. 3:6; Ef. 5:6; Rom. 2:5,8; ens.). M.a.w., hierdie toorn verwys na die tweede dood, ook genoem "ewige oordeel" of "poel van vuur" (ons het redding nodig van die tweede dood) - die wat die saligheid verkry deur Jesus Christus is NIE bestem "tot toorn" nie (1Th 5:9,10). In plaas van om deur die tweede dood te gaan, sal die wat saligheid verkry, lewe (1 Thess. 1:10). Toe Jesus die eerste keer gekom het het Hy nie gekom om te oordeel nie, maar wanneer Hy terugkom sal Hy oordeel ...(Joh 3:35,36 - "Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee. Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom").

In daardie opsig kan die wat nie gered is nie, nie vir ewig lewe nie;  maar die wat gered word het die belofte dat hulle vir ewig kan lewe (in ander woorde, die wat opstaan tot lewe sal nie onder die toorn vd tweede dood val nie) - en aan hulle is die koninkryk belowe. Jy kan nie 'n "ewige" koninkryk beerwe as jy self nie vir "ewig" kan lewe nie!

Die wat redding verkry, het dus die belofte van
"ewige lewe" en sal die
"koninkryk beërwe". 
Daarom word hierdie baiemaal hanteer as deel van die redes hoekom ons saligheid nodig het; (m.a.w. in hierdie konteks het "die mens redding/saligheid nodig om die ewige lewe en die koninkryk te kan beërwe"... (2 Tim. 4:18; Dan. 2:44; Matt. 7:21; 25:34,46; Joh. 3:15; 3:36). 
Dus, die mens het REDDING nodig;  m.a.w., die wat:
- (1) "weer gebore" word (deur water en Gees)(Joh. 3:3-7), word gesien as 
- (2) kinders van God (is dus nou as vrymense gebore)(word "geestelike mense" genoem)(1 Joh. 3:1), en het dus die belofte van 
- (3) ewige lewe (word nie net innerlik vernuwe nie, maar sal ook eendag uiterlik vernuwe word)(Joh. 3:15; 6:40), en sal die
- (4) koninkryk beërwe (Matt. 25:34).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1)  OM SALIGHEID TE VERKRY BETEKEN DAT SO IEMAND "WEER GEBORE" WORD:

Alle mense word as NATUURLIKE MENSE gebore (omdat hulle kinders van Adam is) - "natuurlike mense" is 'n begrip wat gebruik word om te verwys na watter mense "natuurlik" is (hulle is nie uit Gees gebore nie, is nie "geestelik" nie) - hoe hulle is/dink/sien/doen... - die wat "uit vlees" gebore is, is bv." gebore in sonde"/is vleeslik, maar die wat "uit Gees" gebore is, is gebore uit God - hulle het nie die Gees van God nie, en is daarom "natuurlik" (1 Kor. 2:14). Natuurlike mense word in slawerny gebore - "is slawe van sonde" (is dus nie vry nie, maar word as slawe gebore - slawe van sonde)(is kinders van Adam), en is daarom "natuurlik" (Rom. 7:14) - hulle dien die sonde, en hulle uiteinde is die dood (dood vd liggaam omdat hulle sondig)(tweede dood omdat hulle kinders van Adam is). Maar geestelike mense dien die Gees (want hulle het die Gees). Dit is dus duidelik dat natuurlike mense skoonwassing nodig het!, en die Gees nodig het!...; maw, het nodig om "weer gebore" te word, wat geskied deur WATER en GEES (Joh. 3:5). Die "water"-gedeelte vd wedergeboorte verwys na die afwassing van sondes, en dit is waarom geestelike mense die opstanding verwag (hulle liggame verdien om steeds dood te gaan a.g.v. sonde), maar omdat hulle vergifnis kry sal Jesus hulle opwek uit die dood. Die Gees-gedeelte van wedergeboorte gaan oor "die Heilige Gees ontvang" - die wat die Gees ontvang, se innerlike word  nuutgemaak en hulle is nou soos mense wat "uit Gees" gebore is (is nie meer slawe van sonde nie, maar dien Jesus Christus). 

Natuurlike mense: 
- HET NIE DIE GEES VAN GOD NIE (1 Kor. 2:14);
- HET DIE GEES VD WêRELD (1 Kor. 2:12);
- NEEM NIE DIE DINGE VD GEES VAN GOD AAN NIE en verstaan dit nie (want hulle het nie die Gees nie!) / is nie gehoorsaam aan die Gees nie (1 Kor. 2:14); 
- natuurlike mense is VLEESLIK (hulle dink bv. vleeslik en tree vleeslik op)(Rom. 8:5-7);
- IS NIE VRY NIE - hulle word in slawerny gebore / is slawe van sonde/dien die wet van sonde, en kan nie in daardie staat aangeneem word as kinders van God nie (2 Pet. 2:19; Hebr. 2:15; Rom. 8:15; 7:26; 6:6);
- DRA VRUGTE VIR DIE DOOD (wat ook verwys na die tweede dood) - omdat hulle die sonde dien / m.a.w., hulle kan God nie behaag nie (Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14; Rom. 8:6-8).
 
Die natuurlike mens het 'n natuurlike/VERGANKLIKE LIGGAAM (almal gaan dood!);  maar die begrip "dood" verwys nie net na die uiterlike wat sterwe nie, maar verwys ook na die "tweede dood" (wanneer beide die liggaam/uiterlike mens en die siel/innerlike mens verderwe word)(Matt. 10:28).  Sonder die Gees van God kan niemand vrug dra tot LEWE nie (m.a.w., omdat natuurlike mense nie die Gees het en daarom nie instaat is om vrug te dra "tot lewe" nie, kan geen natuurlike mens die ewige lewe beërwe nie, en daarom is alle natuurlike mense se uiteinde die dood - HULLE IS SOOS SLAWE WAT LOSKOPING NODIG HET. As iemand nie losgekoop word nie, kan hy nie die ewige lewe beërwe nie - so iemand se uiteinde is die dood (nie net het hy opstanding nodig vd uiterlike mens omdat almal sterf nie, maar het ook redding nodig vd innerlike mens/"siel" - sodat hy nie deur die tweede dood gaan nie). 

'n Slaaf wat losgekoop word verkry 'n nuwe lewe - is soos 'n nuwe mens wat nou vry is;  alhoewel hy dan behoort aan die een wat hom gekoop het!  Dit is wat gebeur wanneer iemand geestelike redding verkry - hy word losgekoop deur Jesus Christus en alhoewel hy nou "vry" is (en nie meer die vorige meester nl. die sonde dien nie), behoort hy nou aan Jesus Christus (deur wie hy losgekoop is - hy word m.a.w. 'n slaaf van Christus en dien Hom). En in Christus (Hy was ons skoon en gee vir ons die Heilige Gees) is hy nou instaat om vrug te dra tot lewe (nie meer vrug "tot dood" nie, maar vrug tot lewe...). In daardie opsig is hy soos 'n nuwe mens, asof "weer gebore" - weergeborenes word bv. o.a. beskryf as mense wat "gebore is uit God" (1 Joh. 5:1)(is "geestelike mense"), asof gebore uit Sy saad (hulle word hanteer soos mense wat gebore is uit God, nie uit Adam nie). Mense wat uit God se saad gebore is is instaat om vrug te dra tot lewe (sal lewe!), maar die wat gebore is uit Adam se saad dra vrugte vir die dood (sal doodgaan)... 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2)  OM "KIND VAN GOD TE WEES" HET JY SALIGHEID/REDDING NODIG:

Kinders erf...  Nie almal sal die aarde beerwe nie, slegs die wat "kinders" is, sal! En hoe kan jy die aarde beërwe (Matt. 5:5; Ps. 37:9,11,22,29,34; Rom. 4:13) as jy nie in die lewe is nie? Jy moet in die lewe wees om die aarde te kan beërwe, en jy moet 'n kind wees want dit is die kinders wat erf. 

Die erfenis sal nie gegee word aan "natuurlike mense" nie, maar aan "geestelike mense" (kinders van God - die wat uit God gebore is -  m.a.w., weergeborenes / die gebore uit water en Gees, en die wat onverganklike liggame kry). Daar word somtyds ook hierna verwys as "die koninkryk beërwe" (Matt. 13:43; 25:34)(kyk tema "kinders vd koninkryk").  Natuurlik is kinders deel van hulle "vader se koninkryk", en die koninkryk is nie net hemels van aard nie, maar sal ook eendag 'n aardse koninkryk wees (sal fisies op aarde wees) wat terloops ook vir ewig sal wees! (en is immers al hier deur Sy Gees, want waar Hy is daar is Sy koninkryk - "geestelike koninkryk" / Gees in wedergeborenes; daarom weergeborenes "tempel van God").  Die Vader het hierdie koninkryk aan Sy Seun Jesus Christus gegee. Jesus Christus sal vir ewig Koning wees OP AARDE, en die wat gered word het die belofte dat hulle hierdie koninkryk sal beerwe - hulle sal vir ewig lewe, op aarde, in Sy koninkryk. 

Sommige Christene dink dat hulle vir ewig in die hemel sal lewe (?) - bes moontlik toegang tot die hemel, ja, maar die Skrif leer dat gereddes vir ewig "op die aarde" lewe.  Die Skrif leer dat Jesus vd hemel af sal terugkom na die aarde, die ander koninkryke sal verbrysel, en sal Sy ewige koninkryk oprig.......(Dan. 2:44; 4:3; Gen. 49:10; Ps. 2:6-12; 89:3,4,36; Eseg. 35:35; Miga 4:7; Luk. 1:32,33; Joh. 12:34; Openb. 11:15; 19:11-21; 20:6,7; Jes. 24:23; ens.). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(3)  OM DIE EWIGE LEWE TE BEëRWE, HET JY SALIGHEID NODIG:

Die wat in Christus Jesus glo (saligheid in Hom ontvang) het die belofte van ewige lewe (Joh. 3:15,16,36; 1 Joh. 2:25; 5:11,13,20; 1:2; Jud. 1:21; Tit. 3:7; 1 Tim. 1:16; Rom. 6:22,23; 5:21; Joh. 17:2,3; Joh. 6, ens.). Maar natuurlik moet ons verstaan wat GELOOF beteken, want geloof in Hom is nie bloot 'n belydenis van woorde nie, maar gaan ook oor gehoorsaamheid - m.a.w., geloof sonder werke is dood. Daarom word in baie skrifte die belofte vd ewige lewe in ditto konteks gebruik as "werke", bv. (Gal 6:7,8 - "Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai"). Kyk ook 1 Tim. 6:11-19; Rom. 2:7,8; Joh. 18:18-24; Luk. 16: 8-13; Luk. 10:25-28; ens.

Tydens 'n gebed (Joh. 17) het Jesus die EWIGE LEWE o.a. op die volgende manier beskryf: (Joh 17:3 - "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het"). In hierdie opsig is "om die Here te ken" soos ewige lewe... As iemand nie die Here ken nie, hoe kan hy dan verwag om die ewige lewe te beerwe want dit is immers o.a. waaroor die ewige lewe gaan - dit gaan nie net oor "vir ewig lewe" nie (Joh. 10:28; Dan. 12:2), maar verwys na die wat die Here ken (God die Vader en Sy Seun Jesus Christus KEN). In Joh. 12 noem Jesus ook die "gebod vd Vader" die ewige lewe... - (Joh 12:50 - "En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek—net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek") - kyk ook Joh. 5:39. In die gedeelte (Joh. 12:44-50) verwys Hy na hoe Hy nie uit Homself spreek nie maar spreek wat die Vader Hom gee (Joh 12:49)  Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ‘n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek"). Op dieselfde wyse is die Here se gebod vir die Christen soos "ewige lewe" - as jy nie Sy gebod liefhet nie, hoe wil jy dan die ewige lewe ontvang, want Sy gebod is die ewige lewe!  Ons sien dus hier hoe Jesus vir ons verduidelik het wat EWIGE LEWE nou eintlik beteken. (Joh 12:25,26 - "Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe. As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer"). M.a.w., om die ewige lewe te he beteken dat jy die Here KEN en GEHOORSAAM. Die belofte vd ewige lewe is gemaak aan die wat GLO (nie net glo dat Hy is nie, maar verwys na die wat Hom ken en in Sy woorde/gebooie glo - die ewige lewe is om Hom te ken, en is Sy gebod...). Die ewige lewe is bedoel vir REGVERDIGES/BARMHARTIGES (Matt. 25:46). 

Redding/saligheid/wedergeboorte vind plaas deur afwassing (water) en die ontvang vd Heilige Gees (Gees)(Joh. 3:5);  alhoewel die aanneming tot kinders eers heeltemal voltrek word in die opstanding - die wat "opstaan tot lewe", nie die wat opstaan tot veroordeling nie (Joh. 5:29).  Ja, kinders van God sal ook geoordeel word! (sien "regterstoel van Christus"-2 Kor. 5:10; Rom. 14:10; 2 Tim. 4:1).  Jesus Christus was ons skoon van sonde en gee aan ons die Heilige Gees, maar Hy sal Sy dorsvloer skoonmaak wanneer Hy terugkom - bv., dan sal die kaf (die wat nie vrug dra nie) van die koring (die wat vrug dra) geskei word (en die kaf sal in die vuur gegooi word)(Matt. 3:12; Luk. 3:17). Natuurlik het almal wat weergebore word die belofte van EWIGE LEWE en sien uit na die opstanding wanneer ook hulle uiterlike vernuwe sal word, maar dit is bedoel vir die wat vashou (nie die wat self laat los nie).  Geloof is inderdaad belangrik, maar geloof sonder werke is dood (Jak. 2:20,26). Geestelike mense is instaat om VRUG te dra TOT LEWE (omdat hulle die Gees het, en hulle word deur die Gees in bewaring gehou tot die dag van verlossing...), maar geestelike mense wat vrugteloos is wanneer Jesus terugkom (hetsy nie vrug gedra of het dit verloor), sal uitgewerp en verbrand word (Joh. 15:4-6; Mark. 4:7; Luk. 8:14; ). Daar sal ook ander oordele plaasvind in ditto tyd, bv. onkruid (die struikelblokke in die koninkryk) sal ook van die koring geskei word (Matt. 13:24-30), en die bokke (die wat onbarmhartig is) sal geskei word van die skape (die barmhartiges)(Matt. 25:31-46) - die "goeies" sal vd "slegtes" geskei word (Matt. 13:47-50). Inderdaad bestaan die "koninkryk vd hemele/God" (verwysend na die wat aan Sy koninkryk behoort of saambeweeg) nie net uit goeies (goeie visse) nie, maar ook slegtes (slegte visse)(Matt. 13:47-50; 22:9-14; 5:45) . M.a.w., met die voleinding vd wêreld (wanneer Jesus terugkom), sal die goeie visse van die slegtes geskei word...
 
Sonder die Gees van God kan niemand "vrug dra tot lewe" nie.  Weergeborenes DIEN DIE HERE - is gehoorsaam aan die Gees (is nie onder die wet nie, en dien nie die sonde nie, maar is onder die Gees) - dit is immers waarom hulle vrug kan dra tot lewe. Natuurlike mense (die wat nie die Gees het nie) dra vrugte vir die dood (en kan dus nie die ewige lewe beërwe nie, want hulle uiteinde is die dood!). Geestelike mense (die wat die Gees het) dra vrug tot (ewige) lewe.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(4)  OM DIE KONINKRYK TE KAN BEëRWE, HET JY SALIGHEID NODIG:

-  Natuurlike mense (die wat nie die Gees het nie) / "vleeslikes" kan nie die koninkryk beërwe nie (Gal. 5:21; 1 Kor. 6:9,10; Ef. 5:5). Die "natuurlike mens" word ook somtyds na verwys as "vlees en bloed" (gebore uit vlees-Joh. 3:6, en gebore uit bloed-Joh. 1:13, deur die wil van 'n man / die mensdom, gebore uit vlees en bloed/is VERGANKLIK / "kinders van Adam")(1Kor. 15:50 - "Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie").

-  Geestelike mense (die wat die Gees het/ Weergeborenes het die belofte dat hulle die koninkryk sal beërwe (1 Kor. 15:50-58; Kol. 1:13,14) - die koninkryk is belowe aan gelowiges wat volhard, 2 Pet. 1:11 / die wat lief is vir die Here of ryk is in Hom, Jak. 2:5 /  die wat Hom dien en vrees, Hebr. 12:28, 2 Tim. 4:18 / die wat vedrukking en vervolging verdra ter wille vd Koninkryk, 2 Thess. 1:5 / die barmhartiges, Matt. 25.......ens.  Die geestelike mens (weergeborenes) is ook vlees en bloed, maar soos vlees en bloed van Jesus Christus... (verwys na "hulle lewe is in Hom" - omdat die lewe is in die bloed-kyk teken in Nagmaal-Hebr. 9:13;Joh. 6:53-56)(Joh. 1:12,13) - is "familie" van Hom, van Sy vlees en van Sy bene (Ef. 5:30)(kyk terme "vlees en been" of "liggaam en bloed"); - nie letterlik uit Hom gebore nie maar geestelik deur water en Gees - daarom word die weergeborene gesien as ONVERGANKLIK!, - innerlike is vernuwe, en sal ook eendag nuwe uiterlike (onverganklike) liggaam kry
Maar nie alle "kinders vd koninkryk" sal in die koninkryk ingaan nie..., want die "aanneming tot kinders" word eers voltrek in "die opstanding". M.a.w., nie alle kinders vd koninkryk sal die opstanding tot lewe ontvang nie, maar die wat kwaad gedoen het sal opstaan tot veroordeling (Joh. 5:19).  Bv., die "KAF" sal uitgewerp word - slegs die met vrug of die nodige vrug (nl. die "KORING") sal die koninkryk kan beërwe - (l.w., "kaf" verwys na weergeborenes wat nie vrug dra nie, of die wat wel vrug dra maar dit verloor...).  Ook nie almal wat deel is van die Christelike kerk sal in die koninkryk ingaan nie, slegs die KORING / SKAPE sal dit beërwe - "ONKRUID" sal dit nie beërwe nie - (l.w., "onkruid" is mense in die Christelike kerk wat eintlik nie wederbaar is nie maar beweeg onder die koring asof hulle kinders van God is - hulle is vals, is "ingesluiptes" wat die koring kan laat struikel...), en "BOKKE" sal dit ook nie beërwe nie (l.w., "bokke" verwys na die wat nie barmhartig is nie, hetsy hulle aan die kerk behoort of nie, weergebore of nie). 
---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Saterdag 13 Augustus 2022

Oog vir oog, tand vir Tand

Rol af vir kort studies oor die volgende onderwerpe (in hierdie konteks bespreek):

- Ons mag nie oordeel nie;

- Dit gaan oor die hart;

- "Oog vir oog, tand vir tand" in die O.T. / N.T.

- Die effek van oog vir oog, tand vir tand in spesifieke gevalle.

- Skrifte (en kontekste).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OPSOMMING:

Die spreekwoord "oog vir oog, tand vir tand" is 'n ou spreekwoord selfs gebruik onder die wet van Moses... Hierdie konteks van oordeel uitvoer teenoor slegte mense wat ander leed aandoen deur aan hulle te doen wat hulle aan jou doen, was gebruik in spesifieke gevalle. Die konteks van Matt. 5:38-42 (waar Jesus praat oor "oog vir oog, tand vir tand") is ook in konteks met "slegte mense wat ander leed aandoen", maar dit wil voorkom of Hy hier regstel hoe die spreekwoord verkeerdelik gebruik was (bv dat dit in verkeerde situasies van "leed aandoen" somtyds toegepas was...). "Oog vir oog, tand vir tand" was bv. in spesifieke gevalle in die O.T. geldig, en in hierdie gevalle het die Here hulle opdrag gegee "om te oordeel", maar andersins in gevalle waar mense jou leed aandoen, mag jy nie ditto aan hulle doen wat hulle aan jou doen nie! Jesus het geleer "moenie oordeel nie" (bv. in hierdie konteks is dit geldig), maar in 'n ander konteks het Hy weer geleer dat ons 'n regverdige oordeel moet oordeel (Joh. 7:24)(1 Kor. 5:12 ens.).  "Om te oordeel" is nie verbode nie!, maar dit gaan oor die konteks bv., kwaadspreek is 'n vorm van "verkeerde oordeel" (Matt. 12:37; Jak. 4:11), en om iemand te oordeel op iets terwyl jy dit self ook doen, is "verkeerd oordeel"... (bv eiesinniges, mense wie se hart verhard is, ens.)(Rom. 2:1; Matt. 7:1-6). Op dieselfde wyse is "oog vir oog, tand vir tand" 'n vorm van verkeerde oordeel, want ons mag nie aan ander doen wat hulle (leed) aan ons doen nie. 

Of hierdie spesifieke gevalle waar "oordeel" toegelaat was in die O.T. in die vorm van "doen aan hulle wat hulle aan jou gedoen het" (m.a.w. in die gevalle van moordenaars en valse getuies) steeds dieselfde hanteer word in die N.T., is natuurlik 'n debateerbare punt (bv., sommige lande het nog doodstraf, maar dit beteken natuurlik nie dat iemand self mag wraak neem nie). Dit is so dat Christene nie onder die wet van Moses is nie en dat sekere wette dus anders vervul word in die N.T. as in die Oue (en daarom kan doodstraf debateer word), maar dit wil ook voorkom of dit wat Jesus hier aanraak in Matt. 5 eerder gaan oor die feit dat mense hierdie spreekwoord verkeerd gebruik het, nie noodwendig dat Hy bedoel het die wet word nou anders vervul nie... 

Die twee gevalle wat veral genoem was in die O.T. (van oog vir oog, tand vir tand)(rol af vir 'n opsomming hieroor), is: (1) moordenaars en (2) valse getuies (daar was ook sekere ander gevalle van "doen aan iemand wat hy aan jou doen", bv. as jy 'n liggaamsgebrek aan iemand veroorsaak het, dan moes so ook aan jou gedoen word - Eks. 21:26,27).  Die kind vd koninkryk is nie veronderstel om ditto leed te doen aan ander wat hulle aan jou doen nie! (in hierdie opsig mag jy nie oordeel nie) - die rede waarom "oordeel" toegelaat was in die O.T. in hierdie spesifieke gevalle, was ten eerste natuurlik omdat die Here daardie oordeel in hulle hande gegee het, maar ook om spesifieke redes;  bv., in die geval van valse getuenis was die rede hiervoor sodat hulle die kwaad uit hulle midde kon uitroei, sodat die ander dit hoor en vrees en nie ook dieselfde verkeerd doen nie... - Deut. 19:16-21 (DIE REDE WAS NIE OM WRAAK TE NEEM NIE). Ons moet ook onthou dat oordeel nie altyd dieselfde uitgevoer word in verskillende bedelings nie (selfs vergifnis word verskillend verkry in verskillende bedelings), bv. in die nuwe bedeling kan iemand met bloedskuld nog kans gegee word om langer in die lewe te wees eerder as om doodgemaak te word, dit is nou as iemand in Jesus Christus glo... (kyk temas van "lewe vir lewe" en "betaal deur Sy bloed"). 

Om in hierdie spesifieke gevalle aan ander te doen wat hulle aan jou gedoen het, het gegaan oor hoe die probleem/regsaak opgelos word (dit was nie bedoel vir wraak nie), en "oog vir oog, tand vir tand" het beslis 'n positiewe effek gehad in hierdie spesifieke gevalle in die O.T. (en hulle was immers toegelaat om oordeel uit te voer in hierdie spesifieke gevalle), maar mag nie toegepas gewees het op alle gevalle waar leed aangedoen was nie (en sou terloops dan ook nie dieselfde positiewe resultate oplewer nie; terloops 'n tema wat Jesus o.a. ook aangeraak het...-Matt. 5:26). Kinders vd koninkryk moes m.a.w. in die O.T. ter wille vd Here hierdie oordeel uitvoer t.o.v. hierdie spesifieke situasies (bv. om iemand wat bloed op sy hande het, dood te maak - lewe vir lewe - soos 'n land wat doodstraf het;  of om waar iemand iemand anders leed aandoen deur valse getuienis, dieselfde aan daardie persoon gedoen word). Of die daad "oog vir oog, tand vir tand" in een of beide van hierdie spesifieke situasies steeds van toepassing is of kan wees in die N.T. (en in watter gevalle) kan 'n punt van redenasie wees, maar wat gebeur in Matt. 5 is dat Jesus waarsku teen die gebruik van hierdie spreekwoord waar iemand dit gebruik ten doel om te oordeel (bv waar iemand dit gebruik om wraak te neem en dit sommer in enige situasie van "leed aandoen" toepas). Die oordeel behoort nie aan ons nie, maar is in die Here se hande - Hy sal toesien dat waar iemand jou onreg aangedoen het daardie persoon dit terug sal ontvang (Kol. 3:25) - jy mag nie self toesien dat dit gebeur nie. Die Christen moet 'n vergewens-gesinde hart hê en hoop/bid dat so 'n persoon liewer tot belydenis kom sodat hy vergifnis kry, eerder as wat hy dieselfde aan hom wil doen. Die Christen moet ook 'n barmhartige hart hê wat voorspoed vir iemand toewens eerder as hoop dat dit ook met daardie persoon sleggaan. As jy gehoorsaam is aan Jesus Christus en dus in hierdie opsig "nie oordeel" (m.a.w. nie doen aan ander wat hulle aan jou doen) nie, beteken dit nie dat die persoon onvoorwaardelik vergewe word nie, maar waaroor dit gaan is dat die oordeel in die Here se hande is, nie in joune nie... (Jak. 4:12);  daar word vd Christen verwag om te vergewe sou die persoon sy sonde teenoor hom bely (kyk tema van "berou en bely"); daar word verwag dat ons barmhartig is en liewer seën, as haat. 

M.a.w., moenie oordeel deur aan ander te doen wat hulle aan jou doen nie, maar l.w. dat in sekere situasies daar wel van Christene verwag word in die N.T. om 'n tipe "oordeel" uit te voer(1 Kor. 5:12)-  wat natuurlik niks met wraak te doen het nie!...; bv. daar moet geoordeel word teen sondes wat in die kerk toegelaat word, want sondes kan die hele deeg suurmaak;  en daar moet geoordeel word in die geval van valse leraars en profete...ens. - in die Skrif word verduidelik hoe opgetree moet word in elk van hierdie soort situasies - dit is 'n studie op sy eie, en vir meer inligting hieroor kan o.a. na hierdie pos gekyk word:http://warechristene.blogspot.com/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-2.html). Christene maak baiemaal die fout deur Jesus se woorde van "moenie oordeel nie" uit konteks te neem, en dan dit op verkeerde situasies toe te pas waar regverdige oordeel eintlik nodig is. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dit gaan oor die hart! 

wat is in jou hart t.o.v. iemand anders? - m.a.w., al het die persoon jou leed aangedoen, moet jy nie ditto aan hom doen of wil he dat ditto aan hom gedoen word nie, want dan "oordeel jy" (wil wraak neem).  Hoekom nie "oog vir oog, tand vir tand" nie? - "want jy mag nie oordeel nie" (jy mag nie wraak neem nie) - so iemand sal m.a.w. steeds geoordeel word, ja (as hy nie regmaak nie), maar daardie oordeel is in die Here se hande, nie in jou hande nie...: 

JESUS HET 'N PAAR VOORBEELDE GEGEE OM HIERDIE VIR ONS BETER TE VERDUIDELIK:

-As iemand jou haat (en bv sleg doen aan jou omdat hy jou haat), moet jy hom nie terughaat nie MAAR EERDER GOED DOEN AAN HOM (al doen hy sleg aan jou). 

-As iemand jou vervloek (hy wil dus hê dit moet met jou sleggaan), moet jy nie dieselfde doen nie (jy moet nie ook wil he dit moet met hom sleggaan nie) - EERDER MOET JY HOM SEëN

-As iemand jou beledig of vervolg, moet jy dit nie terugdoen nie maar EERDER VIR HOM/HAAR BID...

-Is iemand jou vyand, moet jy nie 'n vyand terugwees nie maar EERDER DIE PERSOON LIEFHê... (m.a.w., word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, ens.)(Matt. 5:43-45). 

Hierdie is nie altyd maklik om te doen nie, maar die kind vd Here moet sy/haar hart "besny" om nie slegte gedagtes t.o.v. iemand anders te koester (wat tot gevolg kan hê dat jy leed aan ander doen wat hulle aan jou doen) nie. Ons moenie oordeel (wraak neem, terugdoen aan hulle, of he dit moet sleggaan met die persoon) nie... (Matt. 7:1-6). Jy dink "oog vir oog, tand vir tand" kom die persoon toe?  Wel, dit mag hom miskien toekom (as hy bv. nie bely en regmaak) nie, maar hierdie oordeel is nie in jou hande nie - dit is in die Here se hande (en terloops, as hy sy sonde teenoor jou bely, moet jy hom vergewe...Matt. 18_21-35). Die waarheid is dat ons almal oordeel verdien!, so wie is jy om 'n ander "te oordeel"/te straf/wraak neem (Matt. 7:3) - ons almal het 'n kans nodig om reg te maak... Jesus het o.a. geleer dat ons liewer ons teëparty gou goedgesind moet word... (Matt. 5:25). Dit gaan hier oor gesindheid! Wat is ons gesindheid teenoor ons vyande? Wat is ons gesindheid teenoor die wat ons haat, die wat ons beledig en vervolg, die wat ons vervloek? Ons gesindheid moet nie dieselfde wees as hulle, en ons moenie doen wat hulle (verkeerd aan ons) doen nie (as hulle nie bely nie, sal die Here met hulle afreken).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

ONS MAG NIE OORDEEL NIE:

Dit is duidelik dat sommige die spreekwoord oog vir oog, tand vir tand, in die O.T. sommer op ander situasies ook toegepas het as net die spesifieke situasies genoem onder die wet van Moses (en dit was nie wat die Here bedoel het nie). Uit Jesus se woorde kan ons aflei 'n paar situasies waar dit lyk hierdie spreekwoord verkeerd gebruik was bv. in situasies waar 'n slegte mens iets van jou afdwing of van jou steel, ens.  Jesus maak dit duidelik dat ons nie aan hulle moet doen wat hulle aan ons doen nie (bv. om hom ook jou onderkleed te gee as hy jou bokleed vat, om twee myl saam met hom te stap as hy een myl van jou afdwing, om ook jou ander wang te draai as hy jou op die wang slaan...). Jesus is nie hier besig om teen die wet te spreek nie, maar besig om reg te stel hoe hulle die wet verkeerd gebruik het. "Oog vir oog, tand vir tand" was 'n manier om sekere regsake op te los in die O.T. - ons kan dit vgl. met ons eie regstelsel; burgers mag bv. nie reg in eie hande neem nie! As iemand van jou steel, mag jy nie terugsteel nie.  As iemand jou seermaak, mag jy hom nie terug seermaak nie... Op ditto wyse word daar vd kind vd koninkryk verwag om nie reg in eie hande te neem nie, want elkeen sal geoordeel word - na regte:

(1)  verdien ons ook self om geoordeel te word (Matt. 7:1-6); 

(2) die Here laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies (Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges)(Mat 5:45); en 

(3) ons kan nie loon verwag as ons slegs die liefhet wat vir ons liefhet nie! (Mat 5:46). 

Daar word van Christene verwag om soos die Here hieroor te sien/dink.  Neem gedagtes gevange tot gehoorsaamheid aan Christus - moenie in jou hart ander oordeel (in die opsig van "oog vir oog, tand vir tand") nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na die spesifieke gevalle in die O.T. waar hierdie spreekwoord "oog vir oog, tand tand" gebruik (of geldig) was - waar gedoen is aan mense wat hulle aan ander doen...: 

- in die geval van lewe vir 'n lewe (bv. waar iemand iemand anders doodslaan, of iemand bv. veroorsaak dat 'n vrou haar baba verloor - Eks. 21:22-25; Lev. 24:17-23) (lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet, brandplek vir brandplek); of 

- in die geval van waar iemand kwaadwillig valse getuienis teen iemand anders gee (Deut. 19:16-21). Sou dit gevind word dat iemand valslik teen sy broer getuig het, dan moes daar aan so iemand doen soos hy gedink het om met sy broer te doen (oog vir oog, tand vir tand). 

Die betrokke skrifte:

(1) In die geval van waar iemand veroorsaak dat 'n vrou haar baba verloor: (Eks. 21:22-25 - "En as manne met mekaar veg en ‘n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee. Maar is daar ‘n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet, brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek").

-  (2) In die geval van 'n kwaadwillige/valse getuienis teen iemand: (Deut. 19:16-21 - " As ‘n kwaadwillige getuie teen iemand optree om van ‘n oortreding teen hom te getuig, dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van die HERE, voor die priesters en die regters wat daar in dié dae sal wees. En die regters moet terdeë ondersoek doen, en is die getuie ‘n valse getuie, het hy vals teen sy broer getuig, dan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; so moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei. En die ander moet dit hoor en vrees en nie meer verder by jou so iets verkeerds doen nie. En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet"). 

(3) In die geval van waar iemand moordpleeg: (Lev 24:17-23 - "En as iemand enige mens doodslaan, moet hy sekerlik gedood word. Maar hy wat ‘n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; lewe vir lewe. En as iemand aan sy naaste ‘n liggaamsgebrek toebring soos hy gedoen het, net so moet ook aan hom gedoen word: breuk vir breuk, oog vir oog, tand vir tand dieselfde liggaamsgebrek wat hy aan ‘n mens toebring, moet ook aan hom toegebring word. Hy dan wat ‘n stuk vee doodslaan, moet daar vergoeding voor gee; maar hy wat ‘n mens doodslaan, moet gedood word. Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God. Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

"Oog vir oog, tand vir tand" in die N.T.:

In die N.T., onder die nuwe bedeling, word hierdie wet van "oog vir oog, tand vir tand" in hierdie spesifieke situasies nie noodwendig op dieselfde manier vervul nie. En sou iets daarvan nog geldig wees (bv., sou 'n land nog doodstraf toepas), is dit belangrik dat ons nie die dieselfde fout maak deur die spreekwoord verkeerd te gebruik sommer op enige situasie van leed aandoen soos sommige in die O.T. gedoen het nie. DIE SPREEKWOORD "OOG VIR OOG, TAND VIR TAND" is liewer nie iets waarmee die Christen hom moet bemoei nie! Jesus het geleer dat die manier hoe ons slegte mense moet hanteer, is om hulle nie te weerstaan (teen hulle opstaan/soos 'n opponent-Gr. woord "anth-is'-tay-mee") nie (dit kan vgl. word met die tema van wraak neem - Christene mag nie wraak neem nie). Die konteks gaan dus hier oor moenie "teen hulle opstaan" (hulle weerstaan) nie - moenie oordeel neem nie, moenie aan hulle doen wat hulle aan jou doen nie... (Matt. 5:38-41), want die waarheid is dat jy o.a. die slegste daarvan kan afkom sou jy dit doen.

Kom ons kyk na die Skrif waar Jesus hieroor praat: 

Mat 5:38  Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand. 

Mat 5:39  Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. 

Mat 5:40  En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. 

Mat 5:41  En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam. 

Mat 5:42  Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie

Dit is so dat die rede vir "oog vir oog, tand vir tand" bv. in die geval van valse getuie 'n positiewe effek gehad het sodat mense dit nie meer doen nie (Deut. 19:16-21), maar die optrede "oog vir oog, tand vir tand" sal nie op alle situasies 'n positiewe effek hê nie!  Jesus verduidelik hierdie o.a. in Matt. 5:40 (l.w. die konteks van "na die gereg gaan") en Matt. 5:25,26 ("Wees gou goedgesind teenoor jou teëparty so lank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teëparty jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en jy in die gevangenis gewerp word nie. Voorwaar Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste oortjie betaal het nie"). Volgens Sy woorde is dit duidelik dat "oog vir oog, tand vir tand" nie altyd 'n positiewe effek het nie.  Dit gaan oor ons gesindheid (ons moet die gesinheid hê van: "wees gou goedgesind teenoor jou teeparty"), en dit is tot ons eie beskerming as ons liewer onreg lei of ons laat berowe! Hierdie is terloops ook in die eerste gemeentes geleer: (1 Kor. 6:7 - "Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?"). Christene moet regsake onder mekaar hê en hierdie dinge moet onder mekaar uitgesorteer word, ja, en daar moet regverdige oordeel plaasvind, ja, maar dit beteken nie jy gaan hierdie goeie resultate kry deur "aan hulle te doen wat hulle aan jou doen" nie - dit is nie die manier hoe jy hulle kry "om op te hou verkeerd doen" nie. In geval van valse getuies kan die kerk dit miskien besluit en uitvoer? - wel, dit is 'n punt van redenasie, en sou dit vervul word soos in die O.T. in hierdie spesifieke situasie, sal dit bes moontlik goeie resultate oplewer, maar nie in ander situasies noodwendig waar leed aan iemand gedoen word nie.  Wanneer ons gevra word om liewer te ly en berowe te word as om te doen wat hulle aan ons doen, beteken dit nie dat daar 'n kaartjie gegee word vir die slegte om sleg te wees (asof hy dit mag doen) nie, maar eerder gaan dit oor "jy mag nie oordeel nie" (die oordeel is in die Here se hande). Ons moet liewer vir so iemand bid en hoop dat die persoon tot belydenis kom omdat jy hom graag wil vergewe (nie wraak in jou hart koester nie) - dit is eerder hoe die Christen se hart moet wees (rol op na die opsomming "dit gaan oor die hart)

M.a.w., jy moenie 'n opponenet word van 'n slegte mens nie (m.a.w., moet hom nie "weerstaan" nie), want as jy so iemand weerstaan mag jy dalk die slegste daarvan afkom! Jou weerstand gaan nie veroorsaak dat hy verander nie, maar dit kan inteendeel slegter met jou gaan as jy hom op hierdie manier oordeel. Neem 'n vb. waar iemand jou beledig (en vervolg) - as jy teen so iemand opstaan sal die belediging bes moontlik net erger word... Wat jy eerder moet doen is om vir so iemand te bid. Hierdie is die tipe GESINDHEID wat Jesus daarom van Sy kinders verwag (en dit is tot ons beskerming!): 
As iemand jou beledig en vervolg, BID VIR HOM.
As iemand jou haat, DOEN GOED AAN HOM.
As iemand jou vervloek, SEEN HOM.
As iemand jou vyandig is, WEES LIEF VIR HOM...  
Jesus het selfs geleer dat ons moet gee aan hom wat iets van ons vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie (Mat 5:42). Hierdie gaan oor goeie gesindheid en barmhartigheid - en die bedoeling is weer-eens in konteks!; bv., nie enige iets wat iemand van jou vra kan jy gee nie - bv., as 'n man vir 'n getroude man vra om hom sy vrou te gee, dan bedoel Jesus tog nou beslis nie hier dat hy dit moet doen nie (want sou hy dit doen dan gaan hy veroorsaak dat sy egbreuk pleeg omdat sy met iemand anders trou). Ons moet verstaan dat die konteks van hierdie reels alles gaan oor gesindheid, nie bedoel om die wat kwaad doen 'n kaartjie te gee om meer kwaad te doen nie. En dit is ook duidelik dat die effek van "oog vir oog, tand vir tand"  gewoonlik negatiewe resultate oplewer - die Christen moet nie die gesindheid koester van "oog vir oog, tand vir tand" nie

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die effek van die wet "oog vir oog, tand vir tand" in die O.T.:

Soos bo gesien, was hierdie spreekwoord geldig in spesifieke gevalle in die O.T., en daar was 'n doel daaragter hoekom daar gedoen is aan iemand wat hy aan ander doen. 

Ons het vinnig bo gekyk na die geval van 'n valse getuie, en aan hom moes gedoen word wat hy aan ander gedoen het - en die rede hiervoor was sodat hulle die kwaad uit hulle midde kon uitroei - sodat die ander dit hoor en vrees en nie ook dieselfde verkeerd doen nie-Deut. 19:16-21. Hier sien ons hoe die Here Sy kinders sekere oordeel gegee het... Hulle mag m.a.w in hierdie spesifieke situasies "geoordeel" het (maar die doel daarvan was ook nie om wraak te neem nie). In hierdie geval het oog vir oog, tand vir tand ook goeie resultate opgelewer! Daar was ook 'n ander geval waar dit goeie resultate opgelewer het, en dit is in die geval van "bloed op hande".  In die O.T. was daar geen offer of losgeld wat 'n moordenaar (wat onskuldige bloed vergiet het) se skuld kon betaal nie (Num. 35:31) - die enigste manier hoe so 'n persoon vir sy skuld kon betaal was met sy eie lewe... (LEWE VIR 'N LEWE). In ander woorde, vir 'n kind vd koninkryk om nie onder oordeel te val (en dus geoordeel te word tot tweede dood) nie a.g.v. bloedskuld, moes hy met sy eie lewe betaal.  Ook het bloedskuld 'n invloed op die land gehad en moes uitgevee word (bv. in koning Dawid se tyd was daar 'n vb. van hongersnood a.g.v. bloedskuld in die land...). Ons sien dus dat in die O.T. die een wat doodgeslaan het self ook doodgemaak is...  - en die resultate was positief sowel vir die persoon self, asook vir die land. Selfs waar bloed nie gewreek is nie moes dit later gewreek word (Openb. 16:6) - hierdie is 'n basiese wet wat van die begin af so was, en as jy nie met jou eie lewe betaal (vir bloedskuld) nie, dan moet daar met iemand anders se bloed betaal word (selfs as iemand iemand perongeluk doodgemaak het in die Ou bedeling, kon hy na een vd vrystede vlug en daar bly tot die hoepriester se dood... - deur wie daar dan vir sy skuld betaal is). Enige regverdige wie se bloed vergiet is in die O.T. en daar nooit daarvoor geeis was nie, was geeis vd nageslag wat vir Jesus gekruisig het (en l.w. van die wat self bloedskuld op hulle gehad het - dit verwys nie na onwetendes nie  - Luk. 11:49-51; Matt. 27:25). God gee om vir elke mens, en daarom sal Hy bloed eis waar iemand iemand anders doodmaak - in ander woorde, as daar nie vir die bloed wat vergiet is betaal word nie, dan sal daardie persoon onder oordeel val (al is hy ook 'n kind vd belofte). Wat bloedskuld aanbetref, was dit dus so in die O.T. dat wat jy aan ander doen, moes aan jou gedoen word... (oog vir oog, tand vir tand - en die doel hiervan was nie bedoel om wraak te neem nie, maar was eerder 'n offer sodat iemand gered kon word, en sodat die land skoon kon word, alhoewel die Here ook hierdie oordeel in hulle hande gegee het om dit terwille van Hom uit te voer...). Daar moes altyd betaal word vir bloedskuld;  selfs al was dit perongeluk, was daar 'n straf bv. dat die persoon na 'n vrystad gestuur is (Rig. 1:6,7; 1 Sam. 15:33). Die reel het nie regtig verander wat bloedskuld aanbetref nie (lewe vir 'n lewe), maar waar die offers vd O.T. nie kon betaal vir bloedskuld nie, is Jesus se offer anders (Kol. 2:14; Jes. 53; 1 Pet. 2:24, ens.) - en Hy het immers met Sy lewe betaal in ons plek. Dit is waarom "sonde tot die dood" so gevaarlik is, want so iemand word skuldig aan die bloed van Christus as hulle die sonde weer begin dien... (want Jesus het hulle met Sy bloed gekoop - Sy lewe gegee vir hulle lewens), en watter ander offer is daar dan? (l.w. dat sonde wat nie bely en afgelê word nie, kan verander in "sonde tot die DOOD" - maw "kan sonde word wat tot die dood lei").

 -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kom ons kyk na 'n paar N.T. skrifte rakende die onderwerp (en konteks skrifte): (natuurlik is daar baie meer skrifte wat saam met hierdie onderwerp behandel kan word...)

Mat 5:38  Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand. 

Mat 5:39  Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe. 

Mat 5:40  En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry. 

Mat 5:41  En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam. 

Mat 5:42  Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie

Vgl. dit met ander kontekste in Matt. 5, bv. "vyande liefhe" en "seen die wat julle vervloek":

Mat 5:43  Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. 

Mat 5:44  Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; 

Mat 5:45  sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. 

Mat 5:46  Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? 

Mat 5:47  En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? 

Vgl. dit met die konteks van Luk. 6 waarin dieselfde kwessies aangeraak word:

(Luk 6:27)  Maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan die wat vir julle haat.

(Luk 6:28)  Seën die wat vir julle vervloek, en bid vir die wat julle beledig.

(Luk 6:29)  Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan hom wat jou bo-kleed neem, moet jy ook die onderkleed nie weier nie.

(Luk 6:30)  Maar gee aan elkeen wat jou iets vra, en eis jou goed nie terug van hom wat dit neem nie.

(Luk 6:31)  En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.

(Luk 6:32)  En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet.

(Luk 6:33)  En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.

(Luk 6:34)  En as julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter dank het julle? Want die sondaars leen ook aan die sondaars, om net soveel terug te ontvang.

(Luk 6:35)  Maar julle moet jul vyande liefhê en goed doen en leen sonder om iets terug te verwag, en julle loon sal groot wees; en julle sal kinders van die Allerhoogste wees; want Hy self is goedertieren oor die ondankbares en slegtes.

(Luk 6:36)  Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.

(Luk 6:37)  En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

(Luk 6:38)  Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.

(Luk 6:39)  En Hy het vir hulle ‘n gelykenis uitgespreek: ‘n Blinde kan tog nie ‘n blinde lei nie! Sal hulle nie altwee in die sloot val nie?

(Luk 6:40)  ‘n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.

(Luk 6:41)  En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk wat in jou eie oog is, merk jy nie op nie?

(Luk 6:42)  Of hoe kan jy vir jou broeder sê: Broeder, laat my toe om die splinter wat in jou oog is, uit te haal, terwyl jy self die balk wat in jou oog is, nie sien nie? Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter wat in jou broeder se oog is, uit te haal.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 03 Augustus 2022

Die wet van vryheid / Wat dit beteken om "vry" te wees

-Is die Christen onder 'n wet?  Ja, "DIE WET VAN VRYHEID"...  (Jak. 1:25 - "Maar hy wat diep insien in die volmaakte WET VAN VRYHEID en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen")  (Jak 2:12 - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur WET VAN VRYHEID geoordeel sal word"). Christene sal deur hierdie wet geoordeel word.  (ROL AF VIR STUDIES OOR "Die wet van vryheid" EN "Wat dit beteken vry te wees").

Christene is nie onder die wet van Moses nie (is maw "vry vd wet"-Rom. 7:3), en is vrygemaak van hulle slaafskap onder sonde (is "bevry van slawerny"-Hebr. 2:15), maar dit beteken nie dat hulle geen wet het nie!  Hulle is wel "vry" maar l.w., hulle is vry"gekoop"! en behoort daarom nou aan die Een wat hulle losgekoop het... - is m.a.w. nie meer slawe vd sonde (wat tot dood lei) nie, maar is nou "slawe van Christus" (hulle dien nie meer die sonde nie, maar dien nou vir Christus)(1 Kor. 7:22) - in daardie opsig is hulle vry!, ja, maar ook slawe...  En die manier hoe hulle hul vryheid verkry het was nie deur die wet (van Moses) nie, maar deur die geloof...  Bv., die wet van vryheid verwys na 'n wet vir gelowiges/"vryes" (die wat vrygemaak is)..., en word in konteks gebruik met die begrip "WET VAN GELOOF", wat verwys na hoe die mens geregverdig word deur die GELOOF "sonder die werke vd wet (van Moses)". Dit is belangrik om te verstaan wat geloof beteken, want dit is wat baiemaal nie verstaan word onder hierdie onderwerp van "wette en geloof" nie. Bv., (1) die skrif verklaar dat die mens nie geregverdig word deur die wet (die wet van Moses) nie, maar deur die GELOOF... (Rom. 8);  (2) maar let daarop dat die skrif ook verklaar dat die mens nie alleen deur die geloof geregverdig word nie, maar ook deur werke...  ! (Jak. 2:24). Hier sien ons dat, alhoewel die Christen nie geregverdig word deur werke (die wet) nie, gehoorsaamheid steeds verwag word want geloof word ook deur werke bewys - m.aw., GELOOF SONDER WERKE is DOOD (die Christen het dus gebooie).  

Ja, die Christen het 'n wet (die wet vir vryes), en die onderhouding daarvan is 'n bewys dat hy GLO (hulle onderhou nie die wet van vryheid om saligheid te verkry nie, maar onderhou dit omdat hulle alreeds saligheid het;  en let daarop dat "aanneming tot kinders" eintlik eers voltrek word in die opstanding - in daardie opsig word hulle nie net geregverdig deur geloof alleen nie maar ook deur werke - hulle sal deur die wet van vryheid geoordeel word - hulle word dus ook geregverdig deur hulle "werke" omdat dit 'n bewys is van of hulle glo of nie). Die Christen word m.a.w. nie alleen deur geloof geregverdig nie, maar ook deur die wet (van vryheid/geloof - gehoorsaamheid aan Christus/aan die Gees). In daardie opsig verstaan ons wat Jakobus bedoel wanneer hy verklaar dat die mens nie alleen uit die geloof geregverdig word nie, maar ook uit die werke, want "werke" gaan hier oor GEHOORSAAMHEID - gehoorsaamheid is 'n bewys van "wie glo", of 'n bewys van "in wie" jy glo (maw, aan wie is jy gehoorsaam?)(Jak. 2:18,24; Hebr. 11:17-19). As jy nie gehoorsaam is aan Jesus Christus (aan Sy Gees) nie, is dit 'n bewys dat jy Hom nie vertrou nie / glo nie in Hom nie... Op daardie manier word ons nie net geregverdig deur die geloof nie, maar ook deur die werke. 

Christene is ONDER DIE WET VAN VRYHEID (Jak. 1:25; 2:12) - wat beteken dit?  Dit verwys daarna dat hulle "onder Christus is" (word ook na verwys as "wet van Christus)/ en is "onder die Gees"...(word ook na verwys as "wet vd Gees van lewe");  m.a.w., die wat VRY is is:

ONDER DIE WET VAN CHRISTUS (is aan Hom gehoorsaam)(1 Kor. 9:21; Joh. 8:36; Rom. 8:2)(wat verwys na die wat deur Jesus Christus vrygemaak is, en hulle behoort nou aan Hom)(hulle is onder die wet van Christus - Hy is hulle hoof - hulle glo in Sy woorde, is gehoorsaam aan Hom, volg Hom...); 

en

ONDER DIE WET VAN DIE GEES (is aan die Gees gehoorsaam)(Rom. 7:6; 8:1-4; Gal. 5:18; Rom. 8:1-11; Joh. 6:63)(die wat vry is, het die Gees - hulle "wandel na die Gees en word deur die Gees gelei" - as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie-Rom. 8:9,14). Vir 'n studie hieroor, gaan na: "wie is nie onder die wet nie". Die "wet vd Gees" word ook in konteks gebruik met die "wet vd geloof" (m.a.w., hulle het die Gees ontvang deur die geloof, nie deur die wet nie... - hulle LEWE deur die geloof)(Rom. 3:27; Gal. 3:2).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-Het die Christen 'n koning of heerser wat oor hom gestel is en oor hom regeer (maw, is die Christen onder 'n koninklike wet)?  

Ja. Christus Jesus is die Hoof van die Christelike kerk (Ef. 1:22 - "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee")(Ef. 5:23; Kol. 1:18; Jak. 2:8...). Hy is Koning... (1 Kor. 15:25; Matt. 2:2; Openb. 19:16; 11:15; ens.).

-Sal Christene eendag geoordeel word en waarvolgens sal hulle geoordeel word? 
Alle gelowiges sal eendag (in die laaste dag-wanneer Jesus terugkom) geoordeel word (die oordeel begin by die huis van God...-1Pet. 4:17)(kyk gerus na die verskillende oordele wat sal plaasvind wanneer Jesus terugkom, wat o.a. verwys na hoe die goeies en slegtes in Sy koninkryk van mekaar geskei sal word - kyk bv. die skeiding vd koring en kaf, skeiding van die skape en bokke..ens.).  Die wat "vry" is (maw, Christene) sal geoordeel word volgens "die wet van vryheid" (wat o.a. beteken dat hulle deur "Jesus se woorde" geoordeel sal word...  Het hulle werke bewys dat hulle glo? Was hulle gehoorsaam aan die Gees?  (Jak. 2:12 - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur DIE WET VAN VRYHEID geoordeel sal word").  (Joh 12:48 - "Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: DIE WOORD WAT EK GESPREEK HET, dit sal hom oordeel in die laaste dag")(bestudeer gerus ook die tema van "sonde tot die dood"... ens.)(Ef. 4:30 - "En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing" / vgl. met Jes. 63:10)(l.w. dat "aanneming tot kinders" eers voltrek word in die opstanding...). Christene is wel deur die Gees verseel tot die dag van verlossing (en het dus die belofte van opstanding tot lewe), maar wat gebeur as hulle die Heilige Gees bedroef? Wat gebeur as 'n Christen stap in "sonde tot die dood"?  Wat gebeur as 'n Christen geen vrug dra nie, of hy sy vrug verloor? Wat gebeur as 'n Christen onbarmhartig was?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE BEGRIP "WET VAN VRYHEID":

(rol af vir 'n opsomming oor wat dit beteken "om vry te wees")

In die Nuwe Testament is kinders vd koninkryk nie meer onder die wet van Moses nie, maar dit beteken nie dat hulle geen wet het nie. (Luk 16:16 - "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin"). In die evangelie wat Jesus gebring het het Hy vir ons baie kom leer oor wat Hy van Sy kinders verwag. Christene is onder 'n wet en onder die Here se heerskappy (hulle het 'n koning en 'n koninklike wet), en sal ook eendag deur hierdie wet geoordeel word wanneer Jesus terugkom (Jak. 2:12). Die "wet van vryheid" is 'n begrip wat verwys na die WET van DIE WAT VRY IS, en ons kan leer oor wat hierdie wet behels deur te gaan kyk na die "evangelie vd koninkryk" (wat het Jesus geleer?, en hoe lei Hy ons deur Sy Gees?). Sommige Christene glo dat gelowiges in die N.T. geen wet het nie, maar dit klop nie met wat Jesus geleer het nie)("vryes" sal eendag deur die wet van vryheid geoordeel word - dan sal die goeies van die slegtes geskei word, bv. koring (onder die kinders vd koninkryk) sal eendag vd kaf (onder die kinders vd koninkryk) geskei word (Matt. 3:12; Luk. 3:17); barmhartiges (onder die kinders vd koninkryk) sal eendag van die onbarmhartiges (onder die kinders vd koninkryk) geskei word (Matt. 25)... ens.). Om "vry te wees" beteken wel dat jy nou vry is van sekere dinge (bv. vry vd wet en dit nie meer dien nie, en vry van slaafskap onder sonde en dit nie meer dien nie), maar dit beteken ook dat jy nou behoort aan die Een deur wie jy vrygekoop is, nl. "behoort nou aan Jesus Christus" - is vry, maar is nou 'n slaaf vd Een deur wie jy losgekoop is... - dien Jesus Christus (Sy Gees) - moet Hom gehoorsaam, Sy opdragte, Sy woorde... . 

Kom ons kyk na die konteks waarin die begrip "wet van vryheid" gebruik word in die Skrif:

- (1)   Die wat onder die wet van vryheid is, dien nie die sonde nie (as 'n "vrye" egter die sonde dien, dan sal hy eendag deur die wet van vryheid daarvoor geoordeel word)(sommige dink dat "om vry te wees" beteken jy kan doen wat jy wil of self besluit wat is reg en verkeerd, maar neem kennis dat die vrye alreeds gebooie het op wat is reg en verkeerd en nie veronderstel is om die sonde te dien nie - bv., die wat in sonde tot dood stap word gewaarsku dat hulle die dood sal erwe, al het hulle die belofte van lewe!). Jesus verduidelik hierdie punt veral mooi in Joh. 8:31-36 (Joh 8:31- 36 - "En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees."). In hierdie konteks verwys "vryheid" na die wat nie onder slawediens is nie (is nie 'n slaaf nie maar is vry). Jesus verduidelik dat die wat sonde doen, 'n dienskneg (soos 'n slaaf) is van sonde (hulle dien die sonde). Dit beteken dat die wat vrygekoop is deur Jesus VRY word van hulle slaafskap onder sonde - hulle dien nie meer die sonde nie maar dien nou die een deur wie hulle vrygekoop is... Hulle is wel vry, maar word Jesus se slaaf (want Hy het hulle vrygekoop van daardie slaafskap waaronder hulle gebore was) - was eens gehoorsaam aan die sonde (aan die wereld en aan hulleself - eie wil ens.), maar is nou gehoorsaam aan Jesus - doen Sy wil. M.a.w., onder die "wet van vryheid" is Christene nie veronderstel om die sonde te dien nie... (dit is immers wat dit beteken om "vry te wees" in hierdie konteks), maar wat gebeur as iemand wat vry is weer die sonde begin dien?  Kyk bv. die konteks van (Jak. 2:12 - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur DIE WET VAN VRYHEID geoordeel sal word"). In konteks gaan dit daaroor dat 'n Christen nie partydig moet wees en dus onbarmhartig optree nie, want mense wat vry is is veronderstel om barmhartig te wees... Die wat hierdie wet van vryheid oortree sal eendag daardeur geoordeel word (want die Christen is onder 'n wet) - kyk Matt. 25, hoe die skape (die barmhartiges) eendag van die bokke (die onbarmhartiges) geskei sal word... (en l.w. dat die onbarmhartiges nie koninkryk sal beerwe nie).  (Jak. 2:14-17 - "Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?......................... Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood"). Party mense verstaan hierdie verkeerd en dink dat "om vry te wees" beteken dat jy nie meer 'n dienaar is nie, maar ons moet verstaan dat dit gaan oor "wie jy dien". In hierdie konteks gaan "om vry te wees" daaroor dat jy die Here dien i.p.v. die sonde dien. 'n Christen is maw onder Jesus Christus se heerskappy en moet Hom gehoorsaam.

(2) Die wat onder die wet van vryheid is, het hulle bekeer van hulle manier van sien en dink (maw, gee op die manier hoe hulle "sien" en begin sien soos Jesus - glo in Jesus se woorde) (maar "vryes" wat terugval in die wereldse manier van sien en dink en nie in Jesus se woorde glo nie, sal eendag deur die wet van vryheid geoordeel word). Hoe maak Jesus ons vry? L.w. Joh. 8:31,32, dat die wat in Sy woord bly word Sy dissipels... ("en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak"). Die woord "dissipels" verwys na die wat lering ontvang - en Sy lering kan iemand vrymaak... In hierdie opsig gaan dit oor bekering van sien en dink tot die manier hoe die Here sien en dink - GLO in Hom, in Sy woorde. Somtyds bely iemand dat hy "glo in Jesus", maar wanneer jy met die persoon begin praat dan kom jy gou agter dat hy nie werklik in Jesus se woorde glo nie (hy't hom maw nog nie volkome tot die Here bekeer nie) - ons moet verstaan dat "om te glo in Jesus" ook beteken dat jy IN SY WOORDE GLO. As jy nie glo in wat Jesus geleer het nie, dan glo jy nie werklik in Hom nie! Jy kan nie 'n dissipel van iemand wees as jy nie in daardie persoon se lering glo nie. As jy nie in Jesus se woorde glo (en bly) nie, kan jy nie VRY word (of vry bly) nie.  Hy is die Een wat ons vrymaak, maar dit is spesifiek bedoel vir "Sy dissipels" (NIE die wat nie in Sy woorde/die waarheid wat Hy gebring, glo nie)... (Jak. 1:25 - "Maar hy wat diep insien in die volmaakte WET VAN VRYHEID en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen"). Sommige dink dat "om vry te wees" beteken dat jy self besluit wat is waarheid en wat nie, maar "om vry te wees" beteken eerder dat jy vry is van jou eie sienswyse (en glo in die Here se sienswyse).

(3) Die wat onder die wet van vryheid is, is gehoorsaam aan die Gees / die wet is op hulle harte geskrywe (maar wat sal gebeur met die een wat die Gees bedroef?  Wedergeborenes het die Gees en word deur die Gees gelei, en weet wat die Here van hulle verwag, maar wat gebeur as so 'n persoon ongehoorsaam bly aan die Gees en nie die Here se wil doen nie maar telkens eerder sy eie wil kies? - so iemand sal eendag daarvoor geoordeel word...). Die Gees lei die Christen in die Here se wette.  (Rom 7:1-6 - "Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie"). Net soos 'n getroude vrou gebonde is aan haar man solank altwee lewe (sy is onder die wet van haar man solank hy lewe), net so is die natuurlike mens onder die wet van sonde solank hy lewe omdat hy in sonde gebore is... - hy behoort aan die sondige natuur soos 'n getroude vrou aan 'n man behoort (en dus, "natuurlike mense" dra dus vrugte vir die dood - hulle oes die dood). Jy moet 'n geestelike mens wees om te kan vrug dra tot lewe...  Anders as natuurlike mense behoort geestelike mense "aan 'n ander". Bv., natuurlike mense is gebore uit Adam se saad, maar geestelike mense is gebore uit God se saad (wat verwys na wie dit is aan wie jy behoort - uit wie is jy gebore? - bestudeer temas "vlees en bloed" en "vlees en bene"). Al manier om VRY TE KOM van daardie "wet" van sonde is as een sterwe... (maw, as ons sterf vir die sonde). Na regte kan niemand aan 'n ander behoort as altwee in die lewe is nie;  bv. ons kan nie aan Jesus behoort as die sonde nie eers afgesterwe word nie (want dan is dit soos egbreek). Op dieselfde wyse is die wat nou VRY IS en aan Jesus behoort, aan Hom gebonde en "pleeg egbreek" sou hulle ophou om Hom te dien!  Vir 'n studie oor wat dit beteken om ONDER DIE WET VAN DIE GEES te wees, kan die pos "nie onder die wet nie" behandel word. (Rom 8:2 - "Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood"). 

- (4) Ons kan ook na ander kontekste kyk waarin die begrip "vryheid" gebruik is, bv. van wat Jesus en die apostels geleer het... (bv. in die "evangelie vd koninkryk"). In skrifte waar daar na die Christen se vryheid verwys word leer ons dat ons wel vry is van baie O.T. wette, maar dit beteken nie dat ons geen wet het nie.  M.a.w., ons moet verstaan dat die wet (van Moses) nie ontbind is nie, maar vervul - en die wet word dus anders vervul in die N.T. - gebooie is steeds belangrik! -Matt. 5:17-20 (Rom. 3:31).  ...Kom ons neem die vb. van "mag eet of nie eet" -  daar is bv. steeds wette  rondom wat die Christen mag eet of nie eet in die N.T. (of wanneer hy iets nie mag eet nie, ens.), maar dit word anders vervul in die N.T. - almal wat aan die koninkryk van God behoort (ook in die N.T.) het m.a.w. gebooie op wat hulle mag eet en wat nie, maar in die O.T. was dit anders vervul as in die nuwe. Ons sien dus wat "vryheid" in hierdie konteks beteken. Om vryheid te he verwys bloot daarna dat jy "vry is" van die wet van Moses, maar beteken nie dat jy vry is van alle wet nie - die punt is dus, "vryes" het ook gebooie! 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE BEGRIP "VRYHEID":

Kom ons kyk na 'n paar skrifte om te bepaal wat dit beteken om vry te wees... / wat dit beteken om vryheid te hê? Wat is hierdie "vryheid"?

Om "vry te wees" beteken dat jy vry is vd wet van Moses, en vrygekoop van slaafskap onder sonde, maar neem kennis dat hierdie vryheid verkry word deur Jesus Christus deur wie iemand losgekoop word - m.a.w., die wat vry(gekoop) is vd wet en slaafskap, behoort nou aan Hom! (hulle dien Hom / is onder Sy wet / is 'n slaaf vir Hom)(hulle dien nie meer die wet van Moses nie)(hulle dien nie meer die sonde nie...).

Kom ons kyk na 'n paar kontekste van hoe die woord "vryheid" in die Skrif gebruik is:

Luk_4:19  - ("om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid (Griekse worod "af'-es-is", wat beteken om vry te maak, vryheid, vergifnis, kwytskelding) weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig") - in hierdie gedeelte leer ons dat dit Jesus Christus is wat vir ons vryheid kan gee. Vryheid van wat?  - v.19 = "die wat gebroke is". 

- Rom_8:21 - ("in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God"). - vir 'n konteks van hierdie skrif, kyk na v. 19: "Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God" - waarna verwys hierdie openbaarmaking vd kinders van God? - die wat vrygemaak is van die verganklikheid (is verganklik/is in sonde gebore)(v.21). Alle mense word as slawe gebore, nl. slawe van sonde (is in sonde gebore - is "natuurlike mense"), en sterwe dus... Die natuurlike mens het vrymaking nodig van hierdie verganklikheid. Kyk v.23 - hierdie "vrymaking" verwys na vrymaking van verganklikheid deur die verlossing vd liggaam (verwysend na die wat sal opstaan in nuwe verheerlikte liggame). Dit verwys na die opstanding tot lewe (opstanding van die uiterlike mens in 'n nuwe verheerlikte liggaam wat nie kan sterf nie). Die weergeborene se innerlike mens is wel vernuwe, maar sy uiterlike word eers vernuwe in die opstanding -  dan word die "aanneming tot kinders" finaal voltrek. (L.w. dat net soos die mens vryheid nodig het, net so het die skepping ook nodig om vrygemaak te word...). 

2Co_3:17 - ("Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid"). Die konteks hier is dat die Christen onder 'n nuwe bedeling is - onder die "nuwe testament", en in die N.T. ontvang gelowiges (die wat glo in Jesus Christus) die Heilige Gees wanneer hulle weergebore word, en die Gees skryf die Here se wette op hulle harte... (2 Kor. 3:3). Die wet van Moses was op kliptafels geskryf, maar die Gees skryf die Here se wette op die vleestafels vd hart;  daarom is weergeborenes nie DIENaars van "die letter" (die wet van Moses) wat doodmaak nie (omdat niemand dit kan onderhou nie en almal wat daaronder is val onder die vloek vd wet-Gal. 3:11-14), maar is DIENaars vd Gees (wat lewend maak!). L.w. die klem op DIEN. Christene is veronderstel om gehoorsaam te wees aan die Gees, maar hulle is nie altyd nie.  Sommige doen verkeerd omdat hulle ongehoorsaam is aan die Gees, en lieg dan deur te se dat die Gees hulle so gelei het, maar Christene moet versigtig wees - hulle moet nie die Gees bedroef nie. In daardie opsig is Christene ONDER DIE WET VD (heilige) GEES. Hulle is dus slegs "VRY" as hulle onder die Gees is! Bestudeer gerus die tema van "wie is nie onder die wet nie"...

- 1Kor_7:35 - ("Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ‘n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here") - volgens hierdie skrif het weergeborenes alreeds vryheid ontvang.  In die gedeelte praat Paulus oor die ongetroudes en die weduwees, en hy gee raad en maak voorstelle... - bv. dat dit beter is om ongetroud te bly, en dan verduidelik hy in v.35 dat sy bedoeling vir die voorstel is "met die oog op 'n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here - om onbesorg te wees (bv. om eerder besorg te wees oor die Here, en wil Hom behaag-v.32) is maklik as jy nie te trou nie. Maar dit is nie 'n wet wat Paulus hier neerle nie, want hy wil nie die kinders vd Here beroof van hulle VRYHEID nie. M.a.w., vryheid in hierdie gedeelte gaan daaroor dat die Christen vry is om te besluit of hy wil trou of nie... (maar daar is terloops ook ander reels/wette rakende trou, skei, hertrou ens. wat die Christen in ag moet neem onder die wet van vryheid) - die Christen is wel vry om te besluit of hy wil trou of nie, maar l.w. dat die huwelik ook onderwerp aan sekere reels onder die wet van vryheid... (die Christen wat getroud is is dus onderwerp aan wette).  

- 1Kor._8:9 - ("Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien ‘n struikelblok word vir die wat swak is nie") - die konteks van hierdie skrif gaan oor "as voedsel my broeder laat struikel, moet ek dit nie eet nie" (v.13). Christene is vry om enige iets te eet (behalwe bloed) - selfs afgodsoffers!; alhoewel in geval van afgodsoffers mag jy dit nie eet asof dit 'n afgodsoffer is nie - dit gaan oor gewete -(v.8) "Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in ‘n afgodstempel, sal sy gewete, as hy ‘n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie?". Onder die "wet van vryheid" kan Christene dus enige iets eet, maar daar is uitsonderings (daar is dus ook wette rakende wat ons mag eet en nie onder die wet van vryheid...). Christene is selfs vry om onrein diere te eet (want hulle is nie meer onder die wet van Moses nie), maar die rede hiervoor is "omdat dit gereinig word deur die gebed en danksegging" (die wet van Moses is nie tot niet nie (Matt. 5:18), maar word anders vervul in die N.T. (Mat 5:18);  m.a.w., onrein diere is steeds onrein, maar hulle word rein verklaar deur gebed en danksegging) - in daardie opsig is "gebed en danksegging" voor ete soos 'n wet vir die Christen; daar is ook 'n ander geval (wet) waar ons nie onrein voedsel mag eet nie, en dit is die geval van waar dit my broer grief... - dan moet ek dit liewer nie eet nie  (1Kor. 10:24 - "Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ‘n ander"). Dit is ook die geval met 'n ongelowige... - eet enige iets wat hy jou voorsit behalwe waar hy jou meedeel dat dit 'n afgodsoffer is - in so 'n geval moet jy dit nie eet nie ter wille van die gewete - hierdie kan soos 'n wet gesien word vir die Christen - die Christen is vry om te eet watookal voorgesit word (en niemand kan jou daarop oordeel nie); alhoewel, in hierdie genoemde gevalle is die Christen onder 'n wet waar hy nie alles mag/moet eet nie... Dit is ook in hierdie konteks wat Paulus skryf in 1Kor. 10:29,30 - ("ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur ‘n ander se gewete? En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?").  

- 1Kor._9:4 - ("Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?") - in konteks praat Paulus oor baie dinge wat hom en die wat saam met hom bedien, toekom... -  dit kom hom bv. toe om deur die gemeentes versorg te word omdat hy hulle geestelik bedien, tog doen hy self hande-arbeid omdat hy nie enige aanstoot wil gee nie - dit doen hy ter wille van die bediening. Hy het dus die vryheid, maar ter wille van die broeders gee hy baiemaal sy vryheid op... In daardie opsig is dit soos 'n wet vir hom dat hy nie sy eie voordeel soek nie, maar die voordeel van 'n ander (1 Kor. 10:24). 

- Gal_2:4 - ("en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring") - Christene is VRY IN CHRISTUS JESUS - wat dit beteken is dat hulle dood is vir die wet (vry vd wet) maar lewe vir Jesus Christus (iets wat o.a. in Gal. 2 en 3 goed verduidelik word). In konteks Gal. 2 was daar valse broeders wat Christene onder die wet van Moses probeer plaas het (hulle het van hulle verwag om die wet van Moses te onderhou).  O.a. was besnydenis 'n groot ding - "die besnydenis" - in die O.T. was elke manlike kind onder die volk bv. afgesonder vir die Here en moes besny word (was priesters vir die Here), en hierdie besnydenis was bv. 'n teken van God se verbond met die volk (bv... hulle vir Hom 'n volk; Hy vir hulle 'n Here - hierdie het te doen met die tema van "aanneming tot kinders", wat gepaardgaan met die wat die belofte het van opstanding en dus ewige lewe, die wat gaan erf, ens.) - die wat hulle besny, was verplig om die hele wet te onderhou... (Gal. 5:3). Hoekom? Die besnydenis is 'n teken van wie die Here DIEN - gehoorsaamheid is 'n bewys van geloof. Op dieselfde wyse wat gehoorsaamheid aan die wet 'n teken was van wie deel is vd besnyde volk, net so is gehoorsaamheid aan Jesus en Sy Gees 'n teken van wie deel is van die wat deur Hom vrygekoop is. (Kyk gerus ook in op die tema van "vloek van wet" om te verstaan hoekom ons nodig gehad het om vry te kom van die wet van Moses... Christene dien vir Jesus Christus - dien Sy wet - dien Sy Gees (is vry vd wet van Moses en is nou 'n slaaf vir Christus). 

- Gal_5:1 - ("Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie".) - hierdie vryheid (vd wet van Moses) word verkry deur Christus.

- Gal_5:13 - ("Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde".) - hierdie vryheid (vry van slaafskap onder sonde, om dit te dien...) moet nie gebruik word as 'n rede om te sondig nie.  Ongelukkig is dit so dat Christene somtyds hulle vryheid misbruik, want hulle is wel nou vry van baie O.T. wette, maar dit beteken nie dat daar geen gehoorsaamheid en barmhartigheid van hulle verwag word nie.  Ons is vry, maar ons kan steeds nie doen wat ons wil nie... Dit is bv. verkeerd om te glo dat die Christen onder geen wet is nie, en kan doen en glo wat hy wil (soos sommige doen) - as jy so verkeerd glo, glo jy in 'n "ander evangelie"(Gal 5:7,8 - "Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie"). Christene is nie vry om te doen en glo wat hulle wil nie...  "Om jou naaste lief te he" is bv. baie belangrik vir die Christen! (Matt. 25; 6:14,15; 18:33-35, ens.).  'n Christen is immers onder Jesus se wet - dit is 'n wet wat ons Koning vir ons gegee het - (Jak. 2:8 - "As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen julle goed"). Vgl. dit met 1Pe_2:16 - ("as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ‘n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God"). 

- Jas_1:25 - ("Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen".) - Christene wat hulle min steur aan die wet van Jesus sal nie gelukkig wees nie. Ons moet hoorders wees - Jesus het baie gepraat oor die belangrikheid van om te "hoor", en hoorders o.a. vgl. met iemand wat sy huis op die rots bou...

- Jas_2:12 - ("Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word".) - Christene sal deur "die wet van vryheid" geoordeel word.  Daarom moet hulle ag gee op wat hulle spreek en wat hulle doen!  Ja, die Christen is onder 'n wet en sal daardeur geoordeel word.

- 2Pe_2:19 - ("Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword".) - Christene is deur Jesus losgekoop en het in die proses slawe van Hom geword (van Sy wet en van Sy Gees - om Hom te gehoorsaam). Maar ongelukkig bely sommige hulle is Christene, maar hulle dien eintlik nog die sonde.  Christene wat bely dat hulle onder geen wet is nie en dink hulle hoef nie vir Jesus te gehoorsaam nie (bv. die wat nie in Sy woorde glo nie), dien nog hulle eie wil en sonde (soos slawe). Maar die wat vir Jesus dien en Sy Gees gehoorsaam, is deur Hom oorwin (hulle is vry!).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------