Maandag 19 Augustus 2013

Moenie OORDEEL/VEROORDEEL nie (5)

VIR DIE EERSTE 4 GEDEELTES RAKENDE HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
Ons kyk na
Vb.e van SKRIFTE "oordeel"/"veroordeel":
(Wanneer is dit verkeerd om te oordeel?) (Wat is die gevolge van verkeerde oordeel?)
In die vorige blogpost het ons gesien dat:
OM "TE VEROORDEEL", BETEKEN:
(2)  OM IEMAND VERKEERD TE OORDEEL DEUR WOORDE (Matt. 12:37), bv. "kwaadspreek". Ook iemand se DADE (tekort aan barmhartigheid) kan bewys dat hy 'n hart het wat ander oordeel.

In hierdie blogpost: 
OM "TE VEROORDEEL" BETEKEN:
(3)  OM IEMAND ANDERS TE OORDEEL OP SONDE, TERWYL DIE PERSOON SELF IN daardie SONDES STAP (Rom. 2:1)
========================================================================

(4)  (Rom 2:1)  Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.
(Rom 2:2)  En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.
(Rom 2:3)  En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?
(Rom 2:4)  Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie?
(Rom 2:5)  Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as ‘n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God

(Rom 2:6)  wat elkeen sal vergeld na sy werke:
(Rom 2:7)  aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;
(Rom 2:8)  maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;

    - Wat is die "sulke dinge" waarvan hy praat, waarop hierdie mens gewaarsku word om hulle nie te oordeel nie?(Rom 2:2)  En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.
(Rom 2:3)  En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug? -  in konteks praat hy met die "eiesinniges", die wat "ongehoorsaam is aan die waarheid, maar gehoorsaam aan ongeregtigheid" (v.8), en (v.5) die wat "verhard" is met "onbekeerlike hart" - lees ook Rom. 1 om meer te verstaan ...(Rom 1:28)  En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:(Rom 1:29)  hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;(Rom 1:30)  nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;(Rom 1:31)  onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,(Rom 1:32)  mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.- ons weet dat dit nie verkeerd is om gelowiges te vermaan of tereg te wys wat in aanhoudende sondes stap nie, of om gelowiges te bemoedig om die godsaligheid na te jaag en sonde neer te le nie (Jak. 5:20-  laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek)((1Kor. 5:12,13-  Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?  Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.)(kyk ook Joh. 8:10,11)(kyk ook 2 Kor. 7:1-3), (alhoewel ons ook moet onderskei tussen "spotters", "goddeloses" en "wyses")
maar in hierdie geval is dit verkeerd om hulle te oordeel op sondes - hoekom?  -Want hulle oordeel ander op sondes, TERWYL HULLE SELF OOK DAARDIE SONDES DOEN! - (Rom 2:3)  En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug? 

In so 'n geval veroordeel iemand homself. (Rom 2:17)  "Kyk, jy dra die naam van Jood en steun op die wet en beroem jou op God,(Rom 2:18)  en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word,(Rom 2:19)  en jy is oortuig dat jy ‘n leidsman is van blindes, ‘n lig vir die wat in duisternis is,(Rom 2:20)  ‘n opvoeder van onverstandiges, ‘n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het (Rom 2:21)  jy dan, wat ‘n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ‘n mens nie mag steel nie, steel jy?(Rom 2:22)  Jy wat sê dat ‘n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat ‘n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof?". 
========================================================================

(Mat 7:2)  Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
(Mat 7:3)  En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
(Mat 7:4)  Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
(Mat 7:5)  Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.
(Mat 7:6)  Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.

ONS KAN DIE VOLGENDE LEER UIT MATT. 7:4,5: 
-Christene mag nie oordeel nie, tensy hul hulself eerstens oordeel, EN DAN SAL HULLE GOED KAN SIEN (v.4,5)
-Christene moet hulself oordeel (v. 3,4)


(Joh 7:24)  "Moenie oordeel volgens wat julle sien nie, maar oordeel ‘n regverdige oordeel" - -  dit is duidelik dat ons verkeerd oordeel wanneer ons oordeel "volgens wat ons sien" (m.a.w. nie "goed sien" nie), maar wanneer ons regverdig oordeel, "sien ons goed" - Jesus het deur gelykenisse gepraat omdat: "... terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie"  (Mat 13:13) - iemand dink hy sien, maar "sien" hy werklik? (hy dink hy hoor, maar "hoor" hy werklik?  Gee hy regtig ag daarop?).  So "sien" ons maklik wat verkeerd is in iemand anders, maar "sien" ons wat verkeerd is in onsself? "SIEN" ONS WERKLIK? Gee ons ag op onsself?  Ons moet onsself eerstens oordeel, ophou kyk na ander en na onsself kyk - onsself beoordeel, SODAT ONS KAN SIEN! (en dan sal ons kan sien om die splinter uit die oog van die broeder te haal). 

Iemand wat verkeerd oordeel, is iemand wat heeltyd verwagtinge aan ander mense stel, verwagtinge wat hy nie aan homself stel nie...
-------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: