Vrydag 20 Maart 2015

Waarna verwys die term "Jode"?

In skrifte soos 2 Kon. 16:1 verwys die term "Jode" slegs na die stam van Juda, maar dit is duidelik dat alhoewel die term "Jode" oorspronklik gebruik was vir die gebore uit die stam van Juda, dit later gebruik was vir die hele volk en vandag (en lyk of dit ook in die eerste gemeentes) algemeen gebruik was/word vir al die stamme van Jakob/Israel, en die "kinders van Abraham, Isak"..., al is dit tegnies verkeerd.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die woord "Jood" beteken:   "uit die stam van Juda" (Hebreeus: 'yeh-hoo-dee').
Die oospronklike woord wat gebruik is vir "Jode", was Hebreërs - dit is ook nog 'n manier hoe Paulus na homself verwys in Fil. 3:5.  Die eerste keer wat die woord "Hebreër" gebruik is, was in Gen. 14:13 van Abraham - "Eberite".
So daar word na die volk verwys op verskillende maniere:
-  as "Hebreërs" (omdat kinders van Abraham)
-  as "Israeliete" (omdat kinders van Jakob)
-  of as "Jode".  Na die dood van koning Salomo het die nasie in twee koninkryke verdeel, nl. "die koninkryk van Juda" (die suidelike 2 stamme), en "die koninkryk van Israel" (die noordelike 10 stamme)(1 Kon. 12; 2 Kron. 10). Op daardie stadium kon die term "Jode" dus verwys het na enige iemand uit die stamme uit die "koninkryk van Juda" (m.a.w. stam van Benjamin of stam van Juda; en natuurlik ook uit die stam van Levi, asook dele van ander stamme wat oor koninkryk versprei was).

Ook in Esra 2:5,6 en 4:1-12 is 'n bv. van waar die term Jode verwys na "die uit die stam van Juda, asook die uit die stam van Benjamin". In omtrent 722 v.C. was die "10 koninkryke" (koninkryk van Israel) weggevoer deur die Assiriers, en hulle is versprei oor die aarde.  Die "koninkryk van Juda" het dus oorgebly in die land, en daar was oor die algemeen na hulle verwys as Jode.

Kom ons kyk na ' paar skrifte van hoe die term gebruik is in die Nuwe Testament:

Joh 2:13: "En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem"
Joh 7:2 - "En die fees van die Jode, die huttefees, was naby".
Al was baie nie meer in die land nie, was daar heeltyd nog verwys na die 12 stamme,  en Jakobus rig ook sy brief aan die 12 stamme! (Jak. 1:1).  Al was almal nie meer in die land nie, het die woorde "pasga van die Jode" nie net verwys na die wat in die land is nie, want dit was 'n fees wat deur al die stamme van Israel gevier is.  Dit wil lyk of die term alreeds in die eerste gemeentes as 'n meer algemene term gebruik is wat nie net verwys het na die in die "koninkryk van Juda" nie, maar na alle Israeliete.

Ook in verskeie ander skrifte verwys Paulus na sy volk as "Jode" (1 Kor. 1:24; 12:13; Gal. 2:15; Rom. 3:29...).  Hy noem Petrus 'n Jood in Gal. 2:14 (die Skrif gee nie vir ons duidelikheid oor uit watter stam Petrus kom nie...), en noem homself 'n Jood in v.15 ( en Paulus kom natuurlik uit die stam van Benjamin) - Fil. 3:5.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Esra 4:12)  aan die koning word bekend gemaak dat die Jode wat van u af na ons opgetrek het, in Jerusalem aangekom het. Hulle is besig om die rebelse en slegte stad op te bou: die mure voltooi hulle en die fondamente herstel hulle. (Esra 4:23; 5:1,5; 6:7)

-  "Jode" verwys nie hier slegs na die uit die stam van Juda nie, maar ook die uit die stam van Benjamin - kyk Esra 4:1
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Kon. 16:6)  In dieselfde tyd het Resin, die koning van Aram, Elat aan Aram gebring en die Jode uit Elat verdrywe; en die Edomiete het in Elat gekom en daar gaan woon tot vandag toe. (2 Kon. 25:25)

- "Jode" verwys hier na die stam van Juda (2 Kon. 16:1)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Neh 1:2)  het Hanáni, een van my broers, gekom, hy en manne uit Juda; en ek het hulle gevra na die Jode, die vrygeraaktes wat oorgebly het uit die gevangenskap, en na Jerusalem. (Neh. 2:16; 4:1,12; 5:1,17; 6:6; 13:23)(Est. 3:6,10,13; 4:3,7,13,14,16; 6:13; 8:1,3,5,7-11 ens.)

- koninkryk van Juda
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jer 40:12)  daarom het al die Jode teruggekom uit al die plekke waarheen hulle verdryf was, en in die land Juda na Gedálja gekom, in Mispa; en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte ingesamel.

- koninkryk van Juda
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 2:2)  en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.
(Mat 27:11)  En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U sê dit.
(Mat 27:29)  en hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en ‘n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
(Mat 28:15)  Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
(Mar 7:3)  Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense.
(Luk 7:3)  Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.
(Luk 23:51)  —hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie—van Arimathéa, ‘n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.
(Joh 1:19)  En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
(Joh 2:6)  En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Gal 2:14)  Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?

(Gal 2:15)  Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie: