HIERDIE IS DIE EERSTE IN 'N REEKS - DIE ONDERWERP VAN
"BLOEDSKULD"
========================================================================
INLEIDING:
Bloedskuld word gewoonlik berskryf as "bloed op hoof (hande)", wat tereg die gevolg is van MOORDPLEEG, maar daar is ook baie ander sondes wat bloedskuld kan veroorsaak, bv. 'n kind wat sy VADER OF MOEDER VLOEK, BLOEDSKANDE, HOMOSEKSUALISME, HOERERY, EGBREUK, OPROEP VAN GEESTE EN WAARSêERY, AFGODSDIENS, VLEESLIKE GEMEENSKAP MET DIERE, DIEFSTAL, OWERSPEL, ens. Iemand wat onrein word deur hierdie dinge (nl. deur sondes wat bloedskuld veroorsaak), word self soos iets wat ONREIN is ! (is 'n GRUWEL, is "iets vuil", en gemeenskap met 'n "onrein ding" kan ander dinge ook onrein maak - alhoewel, watter dinge beinvloed word, hang natuurlik af van die soort onreinheid...). Die aanbidding van afgode (en afgodspraktyke) word bv. ook gesien as "gruwels" - en die wat daarmee besig is het gemeenskap met duiwels (en word daardeur onrein). Daar is baie vorme van "gemeenskap" wat mens onrein kan maak - as jy gemeenskap het met 'n GRUWEL (gemeenskap het met 'n onrein ding"), kan jy self daardeur onrein word... (dit is bv. waarom die geskeide man wat sy vrou wou terugneem in die O.T., haar nie mag terugneem as sy egbreuk gepleeg het in die tyd van hulle skeiding nie, want in so 'n geval was sy nou onrein - soos 'n gruwel wat iets anders onrein maak/Deut. 24:1-4). Die probleem met 'n gruwel is nie net die feit dat die persoon self onrein word nie, maar hy word ook self soos 'n onrein ding/'n gruwel! (wat ander goed onrein maak)(Lev. 11:43; Deut. 18:12).
Dit is waarom dit nodig is vir so 'n onreine om weer rein te kom, maar l.w. dat daardie "afwassing" nie op dieselfde maniere geskied nie, en in die O.T. kon die bloed van stiere en bokke nie hierdie spesifieke soort onreinheid, nl. bloedskuld, afwas nie. Die tema van bloedskuld moet dus saam met die tema van onreines of besoedeldes behandel word (nl. die feit dat sekere soort besoedeling ander mense of iets anders kan besoedel). Daar is verskillende soorte onreinheid, en die verskillende soorte "onreinheid" het nie altyd dieselfde invloed nie... Bv., alhoewel onrein diere in die O.T. gruwels was (Lev. 11), het die eet van onrein diere nie bloedskuld veroorsaak nie! - gruwels veroorsaak nie altyd bloedskuld nie (maar was 'n ander soort onreinheid wat deur die offersisteem "afgewas" kon word). Bloedskuld is egter nie dieselfde soort "onreinheid" nie en het bepaalde ander gevolge... - dit kan bv. selfs die land onrein maak! (en ontheilig, wat tot gevolg het dat dit nie goedgaan met die land nie).
Mense met "bloedskuld" word baiemaal tipies gesien as vervloektes (Deut. 27:15), omdat daar geen offer in die O.T. was waardeur so iemand weer rein kon word nie. Sommige geleerdes verwys hierna as dat daar geen offer was wat kon betaal vir sondes "wat die dood verdien het" nie - wat dit beteken is dat die enigste manier hoe so iemand in die O.T. weer rein kon word, was deur sy eie bloed (somtyds deur iemand in dieselfde bloedlyn se bloed, en in sekere gevalle deur die hoepriester se bloed wanneer hy sterwe). Die enigste manier in die O.T. hoe daar vir bloedskuld betaal kon word, is deur jou eie bloed (om somtyds iemand in dieselfde bloedlyn, bv. in die geval waar daardie persoon ook bloedskuld op hom gehad het)(en vir die wat perongeluk bloedskuld op hulle gekry het, kon hulle na 'n vrystad gaan en daar wag tot die dood van die hoepriester). Soos ons weet, onreinheid veroorsaak dat iets of iemand ontheilig word... - daarom was die met bloedskuld in die O.T. verwyder van die volk, verban of doodgemaak, maar dit behoort teen hierdie tyd duidelik te wees dat BELYDENIS VAN SONDE en BEKERING nog altyd die manier was hoe iemand vergifnis kry! Die onderwerp van bloedskuld kan ingewikkeld raak in hierdie opsig, want ons moet verstaan dat die offersisteem in die O.T. meer bedoel was "om rein te word" en die eenmaal 'n jaar versoeningsoffer vir onwetende sondes bedoel was. Daar was geen offer in die O.T. waardeur iemand van bloedskuld gereinig kon word nie, behalwe deur "die mens se bloed".
Vrae wat ons o.a. wil beantwoord in hierdie studie, is:
- Veroorsaak hierdie sondes steeds bloedskuld, en hoe word dit betaal in die N.T.?
- Is iemand wat in Jesus Christus glo, outomaties vry van bloedskuld?
- Word die land steeds ontheilig deur bloedskuld, en is dit die rede hoekom visse, diere en voels in massas afsterwe? Is bloedskuld die rede waarom al die goed wat met aarde gebeur?
- Kan iemand wat tot geloof gekom het en weer skuldig word aan bloedskuld, rein kom?
- Kan bloedskuld gesien word soos 'n vloek? En kan dit oorgedra word aan die kinders?
Ons wil ook probeer om die volgende stellings te verstaan:
* Wat het Jesus bedoel toe Hy die volgende aan die ongelowige wetgeleerdes sê? - (Luk 11:50 - "sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af").
* Hoekom was dit vir Pilatus so belangrik om seker te maak dat hy nie 'n onskuldige man kruisig nie? Hoekom was die aksie vir hom belangrik om sy hande voor die skare te was, met die woorde: "Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!" ? (Mat 27:24)
* En watter impak sou dit hê op die skare dat hulle hom antwoord: "Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!" ? (Mat 27:25)
In hierdie studie sal ons sien dat DIE TEMA VAN BLOEDSKULD NIE NET 'N Ou Testamentiese TEMA is NIE! Selfs in die eerste gemeentes, terwyl die dissipels die evangelie verkondig het, was die tema van bloedskuld nie onaangeraak nie... - in so 'n mate dat die ongelowige Jode die dissipels probeer verbied het om in die Here se Naam te leer: (Hand. 5:28 - "Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring").
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking