Wys tans plasings met die etiket afgodsdiens. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket afgodsdiens. Wys alle plasings

Sondag 26 Januarie 2014

Bloedskuld (3)

VIR DIE VORIGE 2 BLOGPOSTS OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-2.html
========================================================================

IN HIERDIE BLOGPOST  word punte 1 en 2 behandel waarna verwys is in opsomming op vorige blogpost:

(1) - IN DIE OU BEDELING WAS ENIGE IEMAND MET BLOEDSKULD, VERVLOEK - hy het
          die doodstraf verdien, en sou onder oordeel val (daar was geen offer vir sonde wat die dood verdien
          het) - dit beteken bloedskuld "kon nie vergewe word nie", en as sonde nie vergewe word nie, val
          iemand onder oordeel)(ENIGE "VERVLOEKTE", VAL ONDER OORDEEL - ook soos in die
          geval van die "vloek van die wet").
         - God gee soveel om VIR ELKE MENS, dat Hy nie sal toelaat dat enige
          iemand neerkyk op Sy skepsele nie - HY SAL ELKE MENS SE BLOED EIS.

(2) - IN MEESTE SKRIFTE IS BLOEDSKULD DIE GEVOLG VAN  "wanneer iemand 
      ONSKULDIGE BLOED VERGIET het" (m.a.w. wanneer iemand "doodslaan" -
       ons moet ook verstaan wat gesien was as "doodslaan")(maar daar was
       ook ander sondes wat bloedskuld veroorsaak het)

========================================================================

(1) - IN DIE OU BEDELING WAS ENIGE IEMAND MET BLOEDSKULD, VERVLOEK (Deut. 27)(Eks. 21:12)(Gen. 9:5) - (hulle het ook die doodstraf verdien- genoem, "sonde wat die dood verdien").  Ander woorde wat gebruik word in die Skrif vir die woord "bloedskuld", is bv. "bloed op hoof" , of  "bloed(skuld) op hom" (Hand. 18:16)(2 Sam. 1:16) (Lev. 20:9) ens. (soos ons vandag praat van "bloed op hande"). Die tema van bloedskuld is 'n baie ernstige tema - toe Kain vir Abel doodgemaak het, het God die volgende gese: (Gen 4:10 - "En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af").

IN MEESTE SKRIFTE IS BLOEDSKULD DIE GEVOLG VAN WANNEER IEMAND onskuldige bloed VERGIET (punt 2)(soos in die geval van Kain wat vir Abel doodgemaak het), maar daar is eintlik baie meer sondes wat genoem word in die O.T., wat bloedskuld veroorsaak, bv. hoerery, bloedskande, kinders wat hulle ouers verag/vloek, homoseksualisme, afgodsdiens ens. (op 'n volgende blogpost, punt 3) (en dit het alles veral te doen met die TWEE belangrikste GEBOOIE).
(Mat 22:37)  En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.(Mat 22:38)  Dit is die eerste en groot gebod.
(Mat 22:39)  En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

En hier is die Here God se reel hieroor:
(Gen 9:5) -
(1)  "Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. 
(2)  Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis".

(Gen 9:6)  Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.
(in konteks is hierdie gese met die feit dat die siel in die bloed is (Gen 9:4).

  (Gen 9:6 - "Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak" - l.w., dit dan die rede hoekom die Here 'n probleem het met wanneer onskuldige bloed vergiet word - die feit dat "DIE MENS NA SY BEELD GEMAAK IS". 
---------------------------------------------------------------------------
Somtyds was onskuldige bloed ook vergiet tydens afgodsdiens (Ps. 106:38) - die gevolg daarvan was natuurlik ook "bloedskuld" -  nie net het die persoon hier die eerste of grootste gebod ongehoorsaam nie, maar ook die tweede!.  
-----------------------------------------------

Die wat bloedskuld dra, is die VERVLOEKTES - vgl. dit met Deut. 27:16-26. (Vgl. dit gerus ook met wie die VERVLOEKTES genoem word in die N.T.) :
(Deu 27:16)  Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:17)  Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:18)  Vervloek is hy wat ‘n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:19)  Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:20)  Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:21)  Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:22)  Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:23)  Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:24)  Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:25)  Vervloek is hy wat ‘n omkoopgeskenk aanneem om ‘n persoon—onskuldige bloed—dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.
(Deu 27:26)  Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

(Gal 3:10)  Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.

---------------------------------------------------------------------

Ook in die Nuwe Testament is hierdie mense "DIE VERVLOEKTES" (hulle sal onder oordeel val):
(Rom 1:18)  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,
(Rom 1:19)  omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.
(Rom 1:20)  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;
(Rom 1:21)  omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.
(Rom 1:22)  Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
(Rom 1:23)  en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. AFGODSDIENS
(Rom 1:24)  Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer HOERERY/FAMILIESKANDE
(Rom 1:25)  hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. LEUENAARS/EIE WIL
(Rom 1:26)  Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; HOMOSEKSUALISME
(Rom 1:27)  en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. HOMOSEKSUALISME
(Rom 1:28)  En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie:
(Rom 1:29)  hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid;
(Rom 1:30)  nuusdraers, kwaadsprekers, haters van Godgeweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers;
(Rom 1:31)  onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,
(Rom 1:32)  mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
------------------------------------------------------------------------
Jesus het dit duidelik gemaak dat Hy nie gekom het om die wet te ontbind nie, maar om dit te vervul - Hy het dit "ten volle" kom preek, en vir ons gewys dat dit nie noodwendig vervul word soos ons dink nie.  Terwyl ons nou weet dat die vergieting van onskuldige bloed bloedskuld veroorsaak, is dit interessant om te sien wat Hy daaroor te se gehad het;  inteendeel, Hy het verklaar dat enige iemand wat vir sy broeder kwaad is sonder rede, op dieselfde wyse sal moet verantwoording doen daarvoor as wat die een wat iemand doodslaan, moet verantwoording doen!  
(Mat 5:21)  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.
(Mat 5:22)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.
AS ONS DIT VERSTAAN, DAN VERSTAAN ONS OOK BETER WAAROOR DIE TEMA VAN "BLOEDSKULD" GAAN - DIT IS SOOS ONS VANDAG SOU SE:  "iemand het bloed op sy hande".  MAAR ONS GEBRUIK DIT  GEWOONLIK SLEGS VAN IEMAND WAT IEMAND ANDERS DOODGEMAAK HET - DIE WAARHEID IS EGTER DAT SELFS WANNEER JY VIR JOU BROEDER SONDER REDE KWAAD IS, DIT AMPER IS SOOS "BLOED OP JOU HANDE"!  Vgl. dit met (Jak. 2:1)  My broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie...........(Jak. 2:9)  Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf........(Jak. 2:11)  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.....
DUS, IN HIERDIE SKRIFGEDEELTE VGL. JAKOBUS DIE SONDE VAN "OM PARTYDIG TE WEES" (aannemer van persoon), MET "DOODSLAAN"!  Dit sou beteken dat iemand wat net vir sy broeder kwaad is SONDER REDE, of iemand wat "partydig" is, skuldig is aan bloedskuld!
(Jak. 2:13)  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
(Jak. 4:11 - "Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n dader van die wet nie, maar ‘n regter").

KYK OOK WAT JESUS GESE HET OOR "EGBREUK" EN DIE ONDERWERP VAN "SKEI":
(Mat 5:27)  Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie.
(Mat 5:28)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
(Mat 5:29)  As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.
(Mat 5:30)  En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.

(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.
(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.


(Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand (die bokke - die wat nie barmhartig was nie) sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
Bloedskuld is dus die gevolg van wanneer iemand nie barmhartigheid toon nie - hy ag sy eie lewe belangriker as die van 'n ander, of ag sy eie (goddelose) begeertes belangriker , maar elke mens is na God se beeld gemaak en is ewe belangrik vir die Here. Jesus het ook baie klem gele op die temas van BARMHARTIGHEID en die REG (om reg te oordeel/om ander nie verkeerd te oordeel of veroordeel nie) - geen wonder Hy het "om vir jou broeder kwaad te wees sonder rede" vgl. met "doodslaan" - (dat net soos iemand verantwoording moet doen vir doodslaan, hy so verantwoording moet doen vir die feit dat hy vir sy broeder kwaad is sonder rede!) (Matt. 5:22).  Wanneer iemand "doodslaan", faal hy om die tweede wet te onderhou, nl. "jy moet jou naaste liefhe soos jouself" - en hy ag ook nie die nodige respek vir sy Maker nie, in die feit dat elke mens die Here se handewerk is!  
(Jak. 3:9 - "Daarmee (die tong) loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is".  GOD SAL ELKE MENS SE BLOED EIS - Jesus Christus se wederkoms sal gepaard gaan met OORDEEL - dan sal Hy o.a. die skape (die wat barmhartigheid bewys het) van die bokke (die wat onbarmhartig was) skei.
Baie Christene glo dat gelowiges glad nie onder oordeel kan val nie, maar dit is nie waar nie - enige gelowige wat (NADAT HULLE TOT BEKERING GEKOM HET, EN HULLE SONDES AFGEWAS IS) "die sonde weer begin dien" (o.a. ook sonde soos onbarmhartigheid - wat ook bloedskuld veroorsaak) (en hulle nie bekeer daarvan nie, sodat hulle sondes afgewas kan word nie), staan in gevaar om onder oordeel te val!  Hulle is dan die bokke in Matt. 25 wat die gevaar staan om vervloek te word. 

Menig gelowiges probeer om die woord "vervloektes" heeltemal uit te vee, maar die waarheid is dat dit nie net die ongelowige goddeloses is wat vervloek sal word nie, maar ook enige gelowige wat in goddeloosheid stap, en hom nie bekeer nie (wat "nie oorwin nie") - so iemand sal onder oordeel val, en die gevaar staan om in die ewige oordeel te kom.  
========================================================================
(2) - IN MEESTE SKRIFTE IS BLOEDSKULD DIE GEVOLG VAN "wanneer iemand ONSKULDIGE BLOED VERGIET het":


Die wet het heelwat inligting bevat rondom doodslaan, m.a.w. wat gesien was as "doodslaan" en "die vergieting van onskuldige bloed" (rol af vir verse).

Lev 17:4  "en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE ‘n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man uitgeroei word onder sy volk uit".

Onder die wet van Moses is die met "bloedskuld", doodgemaak - sodoende het God die persoon wat doodgemaak is, se bloed geeis. Daar is gevalle waar iemand anders vir iemand se bloedskuld betaal het, en dit vir God aanneemlik was, maar slegs in die geval van waar kinders in die bloedlyn ook bloedskuld gehad het (soos in 2 Sam. 21)(Luk. 11:50);  of in die geval van die hoepriester.  As iemand  "perongeluk" iemand anders doodgemaak het, kon hy vlug na stede (genoem "vrystede") wat spes. vir hulle uitgesit is op bevel van die Here - in so 'n geval moes hy daarin bly tot die dood van die hoepriester,  en ná die dood van die hoëpriester mag hy teruggegaan het na sy land. Dit het beteken dat die hoëpriester die persoon (wat perongeluk doodgeslaan is), se bloed op hom geneem het - (dit was immers die hoepriester se plig om ten behoewe van mense op te tree in dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring - dit dan waarom so 'n offer vir die Here aanneemlik was) (Hebr. 5:1), MAAR ons moet verstaan dat die Here dit baie duidelik gemaak het dat geen kind vir 'n ouer se sonde betaal nie, en geen ouer vir 'n kind se sonde betaal nie!   (2Kon. 14:6 - "Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe").

Dat God elke mens se bloed eis, is nie net 'n O.T. begrip nie, maar ook 'n N.T.  Ook die wat in die Groot Verdrukking doodgemaak gaan word (onder die 5de seel), se bloed sal geeis word:  (Openb. 6:10 - "En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?"). En alle onskuldige bloed wat deur Babilon vergiet word, gaan geeis word: (Openb. 19:2 - "Want sy oordele is waaragtig en regverdig; want Hy het die groot hoer geoordeel wat die aarde met haar hoerery verderf het, en Hy het die bloed van sy diensknegte op haar gewreek")....
---------------------------------------------------------------------------------------------------

(Jer 26:15)  "Maar weet verseker as julle my doodmaak dat julle onskuldige bloed bring op julleself en op hierdie stad en op sy inwoners; want die HERE het my waarlik na julle gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te spreek".    Bloedskuld het ook die "land ontheilig" (op 'n volgende blogpost, punt 4) - in daardie sin het die bloedskuld eintlik almal in die land geraak.  Dit is ook om hierdie rede waarom iemand met bloedskuld, doodgemaak is, want dan is die onskuldige wie doodgemaak is, se bloed geeis, en kon die land weer heilig raak.  (dit beteken egter nie dat bloedskuld soos 'n vloek op die nageslag gekom het, soos party leer nie!, want die Here het dit duidelik gemaak dat geen ouer vir kinders se sonde betaal nie, en geen kinders vir ouers se sonde betaal nie! -Eseg. 18-, en waar bloed geeis is van die nageslag, het die nageslag ook bloedskuld op hulle gehad).  
----------------------------------------------------------------------------------------------------
Gaan lees gerus deur die boek van Levitikus, om te sien wat God sien as "doodslaan", en wat nie - selfs al sou iemand iemand anders per ongeluk doodslaan, hou God Sy belofte dat HY ELKEEN SE BLOED SAL EIS!  Jesus het dit duidelik gemaak dat almal sondig is en niemand goed is nie (Joh. 8:7). Bekering was as 'n voorwaarde gestel met die prediking van die "koninkryk van God" wat naby was - dit beteken dat elkeen wat begeer het om deel te wees van die Here se koninkryk, bekering nodig gehad het (want almal is sondig)(en vergifnis van sondes is nodig om deel te raak van Sy koninkryk)(-deur bekering ontvang ons "vergifnis van sondes" sodat ons nie onder oordeel val nie) Kol. 1:14; Matt. 26:28; Rom. 5:9
Jesus het 'n veel uitnemender weg kom skep as die in die wet van Moses, waarin Hy almal (die wat in Hom glo), se bloed op Hom neem.  Sy liggaam is gebreek (soos iemand wat doodgemaak is, omdat hy bloed op sy hoof het), en Sy bloed maak ons vry van enige vloek (vloek van die wet; bloedskuld...)(Gal 3:13 -  "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"
(so het Hy die Vader tevrede gestel omdat "elke onskuldige se bloed dan geeis kan word").  Jesus is ook nie enige hoepriester nie, maar 'n EWIGE HOEPRIESTER (Hy het opgestaan en leef vir ewig) - Hebr. 5.  Die wat glo, verkry genade, sodat hulle nie onder oordeel val nie; en was iemand 'n "vervloekte" volgens die wet van Moses, dan word hy nie doodgemaak in die N.T. nie (die wat tot bekering kom en glo), maar sy sondes word vergewe (kyk vb. van vrou wat in egbreuk betrap is - Joh. 8 -(Joh 8:11 -"En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie" - let egter op Jesus se opdrag hier aan haar: "sondig nie meer nie!).

Iemand wat hom bekeer en tot geloof kom, is vry van enige vloek, en val nie onder oordeel nie, maar dit is slegs deur bekering en geloof wat iemand hierdie regverdigmaking verkry in Jesus Christus.  En sou hy enigsins skuldig wees aan iemand anders se bloed,  dan verkry hy ook deur geloof verlossing en vergifnis van daardie sondes, omdat daar 'n "Hoepriester vir hom gesterf het" ('n ewige Hoepriester!)Hebr. 9:11,12. 

 Maar sou hy nou verder stap in opsetlike sonde, en sy werke bewys dat hy nie werklik "glo" nie, dan bly daar geen offer meer oor vir die sonde nie! - hy kan dan "onder oordeel val". 

Hier is 'n paar verse oor "die vergieting van onskuldige bloed":
Eks. 22:2  As ‘n dief betrap word terwyl hy inbreek, en hy word geslaan, sodat hy sterwe, sal daardeur geen bloedskuld ontstaan nie; 
Eks. 22:3  as die son oor hom opgegaan het, ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word. 

Deu_22:8  As jy ‘n nuwe huis bou, moet jy ‘n leuning aan jou dak maak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie. 

1Sa_25:26  En nou, my heer, so waar as die HERE leef en u siel leef, dit is die HERE wat u teruggehou het om in bloedskuld te geraak en u met eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat onheil soek teen my heer, soos Nabal word. (in die geval van onskuldige bloed vergiet)
...1Sa_25:33  En geseënd jou verstandigheid en geseënd jy self wat my vandag teëgehou het om in bloedskuld te geraak en my met eie hand te help. 

Psa_51:14  (51:16) Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel. (Gaan kyk gerus hoe Dawid hier later in die hfst. profeteer van die Here se toekomstige verlossing, en hoe hy getuig van dit wat Jesus geleer oor dat die Here gehoorsaamheid soek, nie offers nie!)

Jes._33:15  Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie— 

Eseg._22:13  Kyk, so slaan Ek dan in my hand oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het, en oor jou bloedskuld wat in jou is. (- GAAN LEES IN KONTEKS: bloed vergiet; drekgode gemaak - v.4)(vader en moeder verag; vreemdeling met geweld behandel; wees en weduwee verdruk - v.7)(heilige dinge geminag; sabatte ontheilig - v.8)....ens. 

Hos_1:4  En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog ‘n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en ‘n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.

Hier is 'n paar verse oor wat nog bloedskuld veroorsaak:
Lev 20:9  Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik gedood word. Hy het sy vader of sy moeder gevloek. Sy bloedskuld is op hom. 
...Lev 20:11  En as ‘n man met sy vader se vrou gemeenskap het, het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. 
Lev 20:12  En as ‘n man met sy skoondogter gemeenskap het, moet hulle altwee sekerlik gedood word. Hulle het ‘n gruwelike vermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle. 
Lev 20:13  En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. 
...Lev 20:16  En as ‘n vrou naby enige dier kom om daarmee te doen te hê, moet jy die vrou en die dier doodslaan. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle. 
...Lev 20:27  En as daar in ‘n man of vrou ‘n gees van ‘n afgestorwene is of ‘n gees wat waarsê, moet hulle sekerlik gedood word. Hulle moet gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle. 

Num 35:27  en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat ‘n doodslag begaan hetdan sal daar vir hom geen bloedskuld wees nie.
========================================================================

Vrydag 24 Januarie 2014

Bloedskuld (1)

HIERDIE IS DIE EERSTE IN 'N REEKS -  DIE ONDERWERP VAN
  "BLOEDSKULD"
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alhoewel baie verstaan dat bloedskuld gaan oor "bloed op hoof (hande)", verstaan min mense wat alles bloedskuld veroorsaak, en wat die rede is hoekom bloedskuld op iemand kom.  In hierdie studie sal ons sien dat bloedskuld nie net die gevolg is van "DIE VERGIETING VAN ONSKULDIGE BLOED" nie, maar selfs ook die gevolg is van sondes soos wanneer 'n kind sy VADER OF MOEDER VLOEK, BLOEDSKANDE, HOMOSEKSUALISME, HOERERY, OPROEP VAN GEESTE EN WAARSêERY, AFGODSDIENS ens.! 
Mense met "bloedskuld" was die "vervloektes" in die O.T., en daar was geen offer wat kon betaal vir hierdie sondes "wat die dood verdien het nie".  Bloedskuld het ook die land ontheilig, en veroorsaak dat dit nie goedgaan met die land nie.

Vrae wat ons wil beantwoord in hierdie studie, is:
-  Veroorsaak hierdie sondes steeds bloedskuld, en hoe word dit betaal in die N.T.?
- Is iemand wat in Jesus Christus glo, vry van bloedskuld?
-  Word die land steeds ontheilig deur bloedskuld, en is dit die rede hoekom visse, diere en voels in massas afsterwe?  Is dit rede vir al die goed wat met aarde gebeur?
-  Kan iemand wat tot geloof gekom het, weer skuldig raak aan bloedskuld?
-  Kan bloedskuld gesien word soos 'n vloek?  En kan dit oorgedra word aan die kinders?
-  Wat word gesien as "vergieting van onskuldige bloed"?
ENS........
==============================================
Hoekom die onderwerp van "bloedskuld" so belangrik is, is die feit dat dit lig werp op ons vraag oor wat "bloed" nou eintlik te doen het met "vergifnis van sondes".  Waarom is dit nou juis Christus "se bloed" wat vir ons moes vloei?  Wat maak Christus se bloed anders as die bloed van offers in die O.T.?  Waarom "bloed?"  En hoekom moes Christus se liggaam "gebreek word" vir ons?  

As ons nie die tema van bloedskuld verstaan nie, dan sal ons ook nie verstaan wat bedoel word met die volgende woorde nie:  (1Kor. 11:27 - "Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here") - m.a.w., sal skuldig wees aan Sy bloed = BLOEDSKULD (die hele onderwerp van bloedskuld gaan daaroor dat iemand skuldig is aan iemand anders se bloed). Ons moet ook verstaan wat die gevolg is van "bloedskuld"!

*  Wat het Jesus bedoel toe Hy die volgende aan die ongelowige wetgeleerdes gese het? - (Luk 11:50 - "sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af").  

*  Hoekom was dit vir Pilatus so belangrik om seker te maak dat hy nie 'n onskuldige man kruisig nie?  Hoekom was die aksie vir hom belangrik om sy hande voor die skare te was, met die woorde:  "Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!" ?
(Mat 27:24) 

* En watter impak sou dit he op die skare dat hulle hom antwoord:  "Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!" ? (Mat 27:25)

In hierdie studie sal ons sien dat DIE TEMA VAN BLOEDSKULD, NIE NET 'N Ou Testamentiese TEMA is NIE!  Selfs terwyl die eerste dissipels die evangelie verkondig het, was die tema van bloedskuld nie onaangeraak nie - in so 'n mate dat die ongelowige Jode die dissipels probeer verbied het om in die Here se Naam te leer:  (Hand. 5:28 - "Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring").
========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-2.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-3.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-4.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-5.html

Donderdag 30 Mei 2013

Is jy regtig vry van afgodsdiens?

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/afgodsdiens-in-die-kerk.html

----------------------------------------------------------------
Wat word alles gesien as afgodsdiens?
Afgodsdiens behels nie net die aanbidding van afgodsbeelde nie, maar heelwat ander dinge.  In die aanbidding van afgodsbeelde, gaan dit oor "waarin die persoon sy hoop plaas" - dit gaan ook oor 'n "god en geloof wat hulle self skep".  Afgodsaanbidding is 'n teken van selfsug en 'n bewys dat iemand homself nie ondergeskik wil stel aan sy Skepper nie.

================================================================
Kort opsomming - (sien skrifgedeeltes ondertoe):
3 Vorme van afgodsdiens:
(dit dan ook die rede hoekom sommige vir hulle afgodsbeelde maak)

 (1)  Menslike gebooie as sekuriteit (bedink aardse dinge en soek eie wil, o.a. "eiesinnigheid")

(2)  Wereldse rykdom en wereldse sekuriteit (niemand kan twee here dien nie)

(3)  Sonde en "eie wil"  (bv. hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid - gewoonlik stap so iemand in daardie sonde, m.a.w. "aanhoudende sonde") 


Redes hoekom mense afgodsdiens beoefen:
-   Sonde en "eie wil"
-  Hulle vertrou nie die Here nie

=================================================================


VORME VAN AFGODSDIENS:
=========================================================================


- (1)  MENSLIKE GEBOOIE AS SEKURITEIT:

(WAAR WERELDSE KENNIS VIR IEMAND BELANGRIKER IS AS DIE WAARHEID...)
(hy/sy BEDINK AARDSE DINGE)

"Dit is makliker om te glo "wat almal glo", as om alleen te staan vir die waarheid" - 

 Dit is moeiliker vir iemand om op te hou lieg of om op te hou kwaadspreek of gierig te wees, as wat dit is om 'n paar menslike gebooie na te kom... Daarom is "kerk" vir baie gelowiges net 'n sekuriteit - hulle gaan kerk toe bloot om hulle gewetens te sus!  Hulle kom  voorbeeldig en gehoorsaam voor, en dink dat hulle reg is met die Here omdat hulle 'n paar kerkreels gehoorsaam, maar is hulle werklik gehoorsaam aan die Here?  Doen hulle Sy wil - vra hulle enigsins na Sy wil in hulle daaglikse lewens?  Le hulle aanhoudende sondes neer? Wil hulle onderhou "wat Jesus beveel het"?  
Is die Here werklik hulle Eerste Liefde, en stel hulle Hom bo alles in hulle lewens?  
Soek hulle werklik na die waarheid?

- Volg hulle die Here, of volg hulle die kerk?


(Gal 4:4)  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
(Gal 4:5)  om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
(Gal 4:6)  En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
(Gal 4:7)  Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
(Gal 4:8)  Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie;
(Gal 4:9)  maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?
(Gal 4:10)  Julle neem dae en en maande en tye en jare waar.
(Gal 4:11)  Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.


(Fil. 3:18)  Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus.
(Fil. 3:19)  Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.


(Mat 15:8,9)  "Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is".

(Kol. 2:20-23)  As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.

VGL. DIT MET: 
(1Sam. 15:23)  "Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp"  -  Samuel se woorde aan koning Saul - koning Saul het nie die Here se presiese opdrag uitgevoer nie, en toe Samuel hom daarop wys, het hy nie bely nie, maar eerder se eie gedagte probeer regverdig!  Hy was dus direk ongehoorsaam aan die Here se wil en in plaas van om dit te bely, dit probeer regverdig - dit is eiesinnigheid, waar iemand dink dat hy "beter weet".  Eiesinnigheid word in hierdie skrifgedeelte "agodery" genoem.  Kol 2 verduidelik dit nog verder, en dit is duidelik dat die mens se oordeel vir hom 'n godsdiens kan raak, 'n eiesinnige godsdiens wat homself nie onderwerp aan die wil van die Here nie.  (Mat 7:21 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is".  Baie se dat hulle gelowig is, maar soek hulle regtig daagliks na die wil van die Vader?, of doen hulle soos "hulle dink" hulle moet doen?  



========================================================================

(2) BESITTINGS: 

(WAAR AARDSE SKATTE BELANGRIKER IS AS HEMELSE SKATTE...)

(Mat 6:24)  Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Kom ons kyk na die konteks van Matt. 6:24:-(Mat 6:19)  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;(Mat 6:20)  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie. 

Baie gelowiges is meer besig met die lewe as met die Here - dit is een van die dinge wat gesien word as 'n vb. van iemand wat "nie gereed" sal wees nie wanneer Jesus terugkom.


(Luk 16:10)  Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.

(Luk 16:11)  As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?

(Luk 16:12)  En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?

(Luk 16:13)  Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

(Luk 16:14)  En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.
(Luk 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.

-------------------------

Bg. groep (2), asook die volgende groepe, nr.(3),  LAAT MENS DINK AAN DIE DERDE GROEP WAT BESKRYF WORD IN DIE GELYKENIS V/D SAAIER - dit is die wat die woord hoor, maar die sorge v/d wereld en die verleiding en die rykdom, genietinge v/d lewe, en die begeerlikhede i.v.m. die ander dinge, kom in en verstik die woord.  Hulle begin wel vrug dra, maar word onvrugbaar, m.a.w. hulle dra geen ryp vrug nie.  Hulle ken Hom dus nie as Eerste Liefde nie!  

(Mat 3:10)  "...Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi".  

========================================================================


(3)  SONDE:

(WAAR "EIE WIL" BELANGRIKER AS DIE HERE SE WIL...)

Ons sien dat afgodsdiens ook gepaardgaan met "sonde" - hierdie feit word vir ons in Rom. 1 bevestig - iemand skep vir hom 'n god wat hom nie beoordeel nie, sodat hy kan doen wat hy wil (eie wil).  Daarom noem die Skrif sondes soos hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, afgodsdiens!  Kyk maar hoeveel sondes word vandag geregverdig - dit is niks anders as afgodsdiens nie en wys daarop dat iemand homself nie wil onderwerp aan Sy Skepper nie.    

LET WEL DAT DIE VOLGENDE VERS GESKRYF WAS AAN GELOWIGES!:

(Kol 3:5)  "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheidwat afgodediens is"

Kyk gerus na v. 6:

(Kol 3:6)  "waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom"



(Mat 6:24)  Niemand kan twee here dien nie..."




(Ef. 5:5)  "Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie".



(Rom 6:16)  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?


(Jak. 4:4)  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.



(Rom 1:18)  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

(Rom 1:19)  omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.

(Rom 1:20)  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

(Rom 1:21)  omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

(Rom 1:22)  Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
(Rom 1:23)  en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
(Rom 1:24)  Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer
(Rom 1:25)  hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
(Rom 1:26)  Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte....

---------------------------------------------------------------------------------------------



========================================================================

REDES HOEKOM MENSE AFGODSDIENS BEOEFEN:



-(3)  SONDE:

(WAAR "EIE WIL" BELANGRIKER AS DIE HERE SE WIL...)

en

(4)  HULLE VERTROU NIE DIE HERE NIE:

(WAAR IEMAND NIE DIE HERE KEN NIE)

(of WAAR  IEMAND NET GLO VIR 'N TYD LANK...)


 Dit was baiemaal in tye van ontevredenheid en ongeduldigheid, wanneer baie van God se volk, afgode aanbid het - 'n tekort aan vertroue in die Here.  Soos toe die volk die goue kalf gemaak het in die woestyn toe Moses te lank maak op die berg! (Eks. 32)  Hulle het gou moed opgegee en geen vertroue gehad in die Here nie.  
DIT LAAT MENS DINK AAN DIE TWEEDE GROEP WAT BESKRYF WORD IN DIE GELYKENIS V/D SAAIER - "hulle neem die woord met blydskap aan, maar omdat hulle geen wortel in hulleself het nie, is hulle net vir 'n tyd" Hulle ken dus nie regtig die Here nie,  of  glo net vir 'n tyd. As hulle getoets sou word, of daar vervolging of verdrukking kom terwille v/d woord, raak hulle ongeduldig as die Here hulle nie gou genoeg uithelp of antwoord nie, omdat hulle net glo vir 'n tyd.  Hierdie groep dra geen vrug nie, en as hulle vrug gedra het, raak dit onvrugbaar! (hierdie groep word ook gekenmerk deur diesulkes wat die Here dien net "vir wat hulle uit die 'deal' kan kry!)

(Mat 3:10)  "...Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi" - hierdie was woorde van Johannes die Doper, toe sekere v/d Fariseers en Sadduseers (wat nie die nodige vrug gedra het nie) hulle wou laat doop.  Kom ons kyk na die vrug van hierdie Fariseers : - wat het Jesus vir hulle gese in Joh 8:44?  - "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen...".  Jesus verklaar in hierdie skrifgedeelte dat hulle nie regtig die Here ken nie - hulle se dat Hy hulle Vader is, maar dit is nie so nie!  
---------------------------------------------

(Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
(Joh 15:5)  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
(Joh 15:6)  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
  
 (Joh 10:14)  Ek is die goeie herder, en 
Ek ken my eie en word deur my eie geken.

---------------------------------------------------------------------------------------------
(1Kor. 5:11)  "maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie". - dit is duidelik dat hierdie verwys na die wat in "aanhoudende sondes" stap van "om te hoereer", of "om gierig te wees", of "om 'n afgodedienaar" te wees, ens.  Let wel dat dit ook geskryf is in konteks dat ons nie die daarbuite moet oordeel nie, maar die wat binne is!  Gelowiges word beveel om hulle te onttrek aan die wat "bekend staan as broeders", maar in opsetlik aanhoudende sondes stap.



  (Mat 4:10)  Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: 
Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------