Wys tans plasings met die etiket niemand kan twee here dien nie. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket niemand kan twee here dien nie. Wys alle plasings

Donderdag 30 Mei 2013

Is jy regtig vry van afgodsdiens?

VIR 'N DAGSTUKKIE OOR HIERDIE ONDERWERP, GAAN NA:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/05/afgodsdiens-in-die-kerk.html

----------------------------------------------------------------
Wat word alles gesien as afgodsdiens?
Afgodsdiens behels nie net die aanbidding van afgodsbeelde nie, maar heelwat ander dinge.  In die aanbidding van afgodsbeelde, gaan dit oor "waarin die persoon sy hoop plaas" - dit gaan ook oor 'n "god en geloof wat hulle self skep".  Afgodsaanbidding is 'n teken van selfsug en 'n bewys dat iemand homself nie ondergeskik wil stel aan sy Skepper nie.

================================================================
Kort opsomming - (sien skrifgedeeltes ondertoe):
3 Vorme van afgodsdiens:
(dit dan ook die rede hoekom sommige vir hulle afgodsbeelde maak)

 (1)  Menslike gebooie as sekuriteit (bedink aardse dinge en soek eie wil, o.a. "eiesinnigheid")

(2)  Wereldse rykdom en wereldse sekuriteit (niemand kan twee here dien nie)

(3)  Sonde en "eie wil"  (bv. hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid - gewoonlik stap so iemand in daardie sonde, m.a.w. "aanhoudende sonde") 


Redes hoekom mense afgodsdiens beoefen:
-   Sonde en "eie wil"
-  Hulle vertrou nie die Here nie

=================================================================


VORME VAN AFGODSDIENS:
=========================================================================


- (1)  MENSLIKE GEBOOIE AS SEKURITEIT:

(WAAR WERELDSE KENNIS VIR IEMAND BELANGRIKER IS AS DIE WAARHEID...)
(hy/sy BEDINK AARDSE DINGE)

"Dit is makliker om te glo "wat almal glo", as om alleen te staan vir die waarheid" - 

 Dit is moeiliker vir iemand om op te hou lieg of om op te hou kwaadspreek of gierig te wees, as wat dit is om 'n paar menslike gebooie na te kom... Daarom is "kerk" vir baie gelowiges net 'n sekuriteit - hulle gaan kerk toe bloot om hulle gewetens te sus!  Hulle kom  voorbeeldig en gehoorsaam voor, en dink dat hulle reg is met die Here omdat hulle 'n paar kerkreels gehoorsaam, maar is hulle werklik gehoorsaam aan die Here?  Doen hulle Sy wil - vra hulle enigsins na Sy wil in hulle daaglikse lewens?  Le hulle aanhoudende sondes neer? Wil hulle onderhou "wat Jesus beveel het"?  
Is die Here werklik hulle Eerste Liefde, en stel hulle Hom bo alles in hulle lewens?  
Soek hulle werklik na die waarheid?

- Volg hulle die Here, of volg hulle die kerk?


(Gal 4:4)  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
(Gal 4:5)  om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
(Gal 4:6)  En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
(Gal 4:7)  Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
(Gal 4:8)  Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie;
(Gal 4:9)  maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?
(Gal 4:10)  Julle neem dae en en maande en tye en jare waar.
(Gal 4:11)  Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.


(Fil. 3:18)  Want baie—van wie ek julle dit dikwels gesê het en nou ook onder trane sê—wandel as vyande van die kruis van Christus.
(Fil. 3:19)  Hulle einde is die verderf, hulle god is die buik en hulle eer is in hulle skande; hulle bedink aardse dinge.


(Mat 15:8,9)  "Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is".

(Kol. 2:20-23)  As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? — almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.

VGL. DIT MET: 
(1Sam. 15:23)  "Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp"  -  Samuel se woorde aan koning Saul - koning Saul het nie die Here se presiese opdrag uitgevoer nie, en toe Samuel hom daarop wys, het hy nie bely nie, maar eerder se eie gedagte probeer regverdig!  Hy was dus direk ongehoorsaam aan die Here se wil en in plaas van om dit te bely, dit probeer regverdig - dit is eiesinnigheid, waar iemand dink dat hy "beter weet".  Eiesinnigheid word in hierdie skrifgedeelte "agodery" genoem.  Kol 2 verduidelik dit nog verder, en dit is duidelik dat die mens se oordeel vir hom 'n godsdiens kan raak, 'n eiesinnige godsdiens wat homself nie onderwerp aan die wil van die Here nie.  (Mat 7:21 - "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is".  Baie se dat hulle gelowig is, maar soek hulle regtig daagliks na die wil van die Vader?, of doen hulle soos "hulle dink" hulle moet doen?  



========================================================================

(2) BESITTINGS: 

(WAAR AARDSE SKATTE BELANGRIKER IS AS HEMELSE SKATTE...)

(Mat 6:24)  Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Kom ons kyk na die konteks van Matt. 6:24:-(Mat 6:19)  Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;(Mat 6:20)  maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie. 

Baie gelowiges is meer besig met die lewe as met die Here - dit is een van die dinge wat gesien word as 'n vb. van iemand wat "nie gereed" sal wees nie wanneer Jesus terugkom.


(Luk 16:10)  Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.

(Luk 16:11)  As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?

(Luk 16:12)  En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?

(Luk 16:13)  Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.

(Luk 16:14)  En die Fariseërs, wat geldgierig was, het ook al hierdie dinge gehoor en Hom beskimp.
(Luk 16:15)  En Hy het vir hulle gesê: Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ‘n gruwel voor God.

-------------------------

Bg. groep (2), asook die volgende groepe, nr.(3),  LAAT MENS DINK AAN DIE DERDE GROEP WAT BESKRYF WORD IN DIE GELYKENIS V/D SAAIER - dit is die wat die woord hoor, maar die sorge v/d wereld en die verleiding en die rykdom, genietinge v/d lewe, en die begeerlikhede i.v.m. die ander dinge, kom in en verstik die woord.  Hulle begin wel vrug dra, maar word onvrugbaar, m.a.w. hulle dra geen ryp vrug nie.  Hulle ken Hom dus nie as Eerste Liefde nie!  

(Mat 3:10)  "...Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi".  

========================================================================


(3)  SONDE:

(WAAR "EIE WIL" BELANGRIKER AS DIE HERE SE WIL...)

Ons sien dat afgodsdiens ook gepaardgaan met "sonde" - hierdie feit word vir ons in Rom. 1 bevestig - iemand skep vir hom 'n god wat hom nie beoordeel nie, sodat hy kan doen wat hy wil (eie wil).  Daarom noem die Skrif sondes soos hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, afgodsdiens!  Kyk maar hoeveel sondes word vandag geregverdig - dit is niks anders as afgodsdiens nie en wys daarop dat iemand homself nie wil onderwerp aan Sy Skepper nie.    

LET WEL DAT DIE VOLGENDE VERS GESKRYF WAS AAN GELOWIGES!:

(Kol 3:5)  "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheidwat afgodediens is"

Kyk gerus na v. 6:

(Kol 3:6)  "waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom"



(Mat 6:24)  Niemand kan twee here dien nie..."




(Ef. 5:5)  "Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie".



(Rom 6:16)  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?


(Jak. 4:4)  Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God.



(Rom 1:18)  Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

(Rom 1:19)  omdat wat van God geken kan word, in hulle openbaar is, want God het dit aan hulle geopenbaar.

(Rom 1:20)  Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

(Rom 1:21)  omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.

(Rom 1:22)  Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword
(Rom 1:23)  en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
(Rom 1:24)  Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer
(Rom 1:25)  hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.
(Rom 1:26)  Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte....

---------------------------------------------------------------------------------------------



========================================================================

REDES HOEKOM MENSE AFGODSDIENS BEOEFEN:



-(3)  SONDE:

(WAAR "EIE WIL" BELANGRIKER AS DIE HERE SE WIL...)

en

(4)  HULLE VERTROU NIE DIE HERE NIE:

(WAAR IEMAND NIE DIE HERE KEN NIE)

(of WAAR  IEMAND NET GLO VIR 'N TYD LANK...)


 Dit was baiemaal in tye van ontevredenheid en ongeduldigheid, wanneer baie van God se volk, afgode aanbid het - 'n tekort aan vertroue in die Here.  Soos toe die volk die goue kalf gemaak het in die woestyn toe Moses te lank maak op die berg! (Eks. 32)  Hulle het gou moed opgegee en geen vertroue gehad in die Here nie.  
DIT LAAT MENS DINK AAN DIE TWEEDE GROEP WAT BESKRYF WORD IN DIE GELYKENIS V/D SAAIER - "hulle neem die woord met blydskap aan, maar omdat hulle geen wortel in hulleself het nie, is hulle net vir 'n tyd" Hulle ken dus nie regtig die Here nie,  of  glo net vir 'n tyd. As hulle getoets sou word, of daar vervolging of verdrukking kom terwille v/d woord, raak hulle ongeduldig as die Here hulle nie gou genoeg uithelp of antwoord nie, omdat hulle net glo vir 'n tyd.  Hierdie groep dra geen vrug nie, en as hulle vrug gedra het, raak dit onvrugbaar! (hierdie groep word ook gekenmerk deur diesulkes wat die Here dien net "vir wat hulle uit die 'deal' kan kry!)

(Mat 3:10)  "...Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi" - hierdie was woorde van Johannes die Doper, toe sekere v/d Fariseers en Sadduseers (wat nie die nodige vrug gedra het nie) hulle wou laat doop.  Kom ons kyk na die vrug van hierdie Fariseers : - wat het Jesus vir hulle gese in Joh 8:44?  - "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen...".  Jesus verklaar in hierdie skrifgedeelte dat hulle nie regtig die Here ken nie - hulle se dat Hy hulle Vader is, maar dit is nie so nie!  
---------------------------------------------

(Joh 15:4)  Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
(Joh 15:5)  Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.
(Joh 15:6)  As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
  
 (Joh 10:14)  Ek is die goeie herder, en 
Ek ken my eie en word deur my eie geken.

---------------------------------------------------------------------------------------------
(1Kor. 5:11)  "maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie". - dit is duidelik dat hierdie verwys na die wat in "aanhoudende sondes" stap van "om te hoereer", of "om gierig te wees", of "om 'n afgodedienaar" te wees, ens.  Let wel dat dit ook geskryf is in konteks dat ons nie die daarbuite moet oordeel nie, maar die wat binne is!  Gelowiges word beveel om hulle te onttrek aan die wat "bekend staan as broeders", maar in opsetlik aanhoudende sondes stap.



  (Mat 4:10)  Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: 
Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------