Wys tans plasings met die etiket waarseery. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket waarseery. Wys alle plasings

Vrydag 29 Desember 2023

Gruwels

In hierdie pos kyk ons na waarna die begrip GRUWELS in die Skrif verwys. Kinders vd Koninkryk mag hulle nie met gruwels ophou nie... (Lev 18:26), en waar dit gebeur is daar altyd gevolge... - nie net die feit dat dit die land onrein maak (ontheilig) nie maar ons sal beslis saai wat ons maai (die Christen self word ook daardeur verontreinig - Lev. 18:24). M.a.w., wanneer 'n kind vd Koninkryk hom/haar met "gruwels" besig hou, word hy/sy besoedel (is dan m.a.w."nie skoon nie"). 

Die groot Babilon word o.a. "MOEDER vd hoere en VD GRUWELS VD AARDE" genoem... (Openb. 17:5 - "en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde"), maar wat beteken dit? 

Waarna verwys "gruwels"?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In die Skrif verwys die begrip "GRUWELS" o.a. na sondes wat bloedskuld veroorsaak, asook na praktyke soos afgods-aanbidding-en-raadpleeg-praktyke wat onder heiden nasies beoefen word (kinders vd Koninkryk is nie veronderstel om hierdie "gruwels" te bedryf nie, maar behoort aan die koninkryk van God en is veronderstel om volgens die reels vd Koninkryk te lewe).

Die begrip "gruwels" vewys na:

- (1) AFGODSAANBIDDING - vreemde/nietige/drekgode aanbid  - om m.a.w. "agter ander gode aan te loop", Deut. 32:16; 2 Kon. 21:11; 2 Kron. 33:7; Jer. 7:6,9; Jer. 16:18,11 Kon. 14:23; 2 Kon. 16:4; 2 Kon. 21:1-7).  

- (2) In sommige skrifgedeeltes verwys die begrip "gruwels" na SONDES WAT BLOEDSKULD VEROORSAAK..., bv. bloedskande, egbreuk, afgodsaanbidding, ditto geslag gemeenskap, gemeenskap met diere, onskuldige bloed vergiet/doodslaan, steel, owerspel, ens. (Jer.7:6,9; Lev. 18:6-24). 

- (3) In konteks verwys gruwels oor die algemeen na AANBIDDING- EN RAADPLEEG PRAKTYKE WAT DEUR HEIDENE BEDRYF WORD... - die heiden groepe wat bv. in die Skrif genoem word is die nasies wat voor die volk verdryf was... Hierdie nasies was heiden nasies - hulle was nie deel vd Hebreeuse volk nie, en het ander gode aanbid en afgodspraktyke beoefen. Die volk van God was belet om deel te neem aan hierdie praktyke vd heiden nasies, bv. afgodspraktyke beoefen deur die Egiptenaars, Kaananiete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete - Lev. 8:3-26; Deut. 18:11,12; 2 Kon. 16:13; Esra 9:1 (praktyke wat terloops vandag nog deur sekere groepe of nasies beoefen word). Die heiden nasies het vele sulke afgodspraktyke gehad (waarna in die Skrif verwys word as "gruwels"), bv. om hulle kinders deur vuur laat gaan (iets wat in afgodsaanbidding gedoen was), waarsêery, goëlery, verklaring van voortekens, hulle het omgegaan met towery en dodebeswering, gees van ‘n afgestorwenes geraadpleeg, of geeste wat waarsê, het dooies geraadpleeg, ens. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Die invloed van gruwels:

Gruwels maak die land onrein.  

Anders gestel, afgodsaanbidding, afgodspraktyke en bloedskuld maak die land onrein! (Lev 18:27 - " Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, EN DIE LAND HET ONREIN GEWORD"). Daar is gevolge wanneer 'n land onrein word (Lev 18:28,29 - "Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was. Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit"). 

BESTUDEER GERUS DIE TEMA VAN WAT GEBEUR WANNEER DIE SONDE VOL RAAK...

- (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/03/want-die-aarde-is-ontheilig-onder-sy.html), en

- (https://eindtydonderwerpe.blogspot.com/2017/08/die-maat-van-sondes-wat-vol-word.html).



Woensdag 02 Oktober 2019

Die Here ons BRON

In hierdie pos kyk ons deels na wie dit is vir wie ons RAADPLEEG, wat te doen met watter BRON ons gebruik. Wat is bv. die verskil tussen 'n profeet vd Here en 'n waarsegster?, want in beide gevalle kan hulle somtyds die toekoms sien, of weet wat in iemand se lewe gebeur ens. Die VERSKIL is die BRON wat hulle gebruik... Wanneer die Christen antwoorde soek moet hy seker maak dat hy: 
-die Here as bron gebruik, en ook seker maak dat 
- die een deur wie hy die antwoorde kry, die Here as bron gebruik! - vir 'n opsomming oor "sieners" (raadpleeg), gaan na https://warechristene.blogspot.com/2017/03/siener-raadpleeg.html (- wat o.a. te doen het met hoe die Here ons ANTWOORD). In ander woorde, nie almal wat "sieners" is in hierdie wereld, is sieners vd Here nie, en nie almal wat "sieners" is, raadpleeg die Here nie. Ook nie almal wat bekendstaan as profete vd Here is opreg Sy profete nie, want daar is valse profete onder Christene wat hulle voordoen as profete vd Here... 


In hierdie pos kyk ons ook nie net na die BRON van gebruik nie, maar ook na hoekom die Here nie altyd Sy kinders antwoord nie - bv., somtyds antwoord Hy met opset nie vir iemand nie, al gebruik die persoon Hom as bron! 
Wat kan die rede wees hiervoor?, en wat moet die Christen met wie dit gebeur doen om dit reg te stel?
________________________________________________________________________________

INLEIDING:
Daar is redes waarom die Here nie altyd iemand antwoord nie.  Natuurlik neem dit somtyds bloot tyd, maar baiemaal is dit omdat daardie persoon verkeerd bid (bv. volgens eie begeertes - Jak. 4:3);  of in ongehoorsaamheid stap! Baie Christene word so onkant gevang, en is soos mense sonder kennis (Jes. 5:13), wanneer die Here hulle hanteer asof hulle nie 'n Here het nie, want die rede waarom die Here nie altyd Sy kinders antwoord nie het baiemaal te doen met die feit dat hulle ongehoorsaam is (Hos. 4:6). WANNEER KINDERS VAN DIE HERE die kennis verwerp en NALAAT OM NA hulle HERE TE LUISTER, DAN VEROORSAAK DIT DAT DIE HERE HOM LATER OOK NIE MEER DEUR HULLE LAAT RAADPLEEG NIE  - en dit het dan weer tot gevolg dat sommige van hulle ander weivelde begin soek vir antwoorde (soos met koning Saul gebeur het) ---------------------------- Koning Saul is 'n goeie vb. van iemand wat in hierdie opsig oortree het. Hy's gesien as "wederstrewig" en "eiesinnig" (1 Sam. 15:23) omdat hy, terwyl hy goed geweet het wat die Here se antwoorde en opdragte is, nie na Hom geluister het nie maar gedoen het soos hyself goeddink (soos iemand sonder kennis)- en dit het daarnatoe gely dat, al het hy die Here steeds geraadpleeg, die Here later nie meer vir hom antwoorde gegee het nie - en dit het weer daarnatoe gely dat koning Saul 'n waarsegster gaan opsoek het om vir hom antwoorde te gee - so het hy nog verder gesondig! Wat hy eerder moes doen was om hom te bekeer van sy wederstrewigheid en eiesinnigheid (terwyl hy steeds die Here raadpleeg), nie in opstandigheid, omdat die Here hom nie antwoord nie, sy antwoorde op ander plekke te gaan soek nie!  In Eks. 23:21, waar die woord "wederstrewig" gebruik word, is dit die Hebr. woord "maw-rar" (die KJV gebruik die woord "provoke"), wat beteken om iemand bitter te maak of te bedroef. In ander woorde wanneer iemand wederstrewig is teen die Here, dan bedroef hy Hom en kan veroorsaak dat die Here bitter word teen so iemand. Dit is dieselfde wanneer 'n Christen in wie die Heilige Gees is, nie na die Heilige Gees luister nie, en Hom so bedroef... 
'n Ander woord wat ook gebruik word is "maw-raw" (Num. 20:24) wat nie net verwys na die effek van wederstrewigheid nie, maar wederstrewigheid beskryf as iemand wat rebelleer en ongehoorsaam is... Vgl. dit met 1 Sam. 15:23.  Eiesinnigheid is die woord Hebr. woord "paw-tsar" wat gaan oor hardkoppigheid, en word selfs in 1 Sam. 15:23 vgl. met afgodery en beeldediens! (en wederstrewigheid word vgl. met waarsêery!).  In Tit. 1:7 is dit die Griekse woord "ow-thad'-ace" wat vir eiesinnig gebruik word, wat verwys na arrogansie en eie wil (om die self tevrede te stel)... Christene wat wederstrewig is deur die waarheid te ignoreer en hulle eie waarheid volg, of eiesinnig hulle eie wil soos 'n afgod hanteer, staan die gevaar dat hulle die Here en Sy Gees bedroef...  - dit kan tot gevolg he dat al sou hulle steeds by die Here antwoorde soek, Hy hulle nie meer antwoord nie.

Dit was m.a.w. die gevolg van koning Saul se wederstrewigheid en eiesinnigheid wat veroorsaak het dat die Here hom nie wou antwoord nie, en toe i.p.v. om hom te bekeer, sondig hy verder deur die bose te raadpleeg (en het so 'n ander BRON gebruik)(afgodsaanbidding en het die bose geraadpleeg). Dieselfde gebeur somtyds met wederstrewige en eiesinnige Christene.  Dit is gevaarlik wanneer kinders van die Here 'n pad van ONGEHOORSAAMHEID begin stap (en doen wat hulle self wil, i.p.v. wat die Here wil), want dit kan veroorsaak dat die Here Hom glad nie meer deur hulle laat raadpleeg nie (Eseg. 14:3; 20:3; 1 Sam. 28:16,17).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------
VIR WIE MAG JY RAADPLEEG?

In die Skrif word dit gesien soos hoerery wanneer kinders van die Here ander gelowe of die bose raapleeg terwyl hulle nalaat om die/hulle Here te raadpleeg (Hos_4:12). Natuurlik beteken die feit dat ons die Here raadpleeg nie dat ons geensins ons antwoorde by mense kan kry (soos geestelike leiers) nie, maar wat dit oor gaan is dat ons eerstens die Here moet raadpleeg (en Hy antwoord ons op verskillende maniere, bv. deur die wat Hom dien, of d.m.v. visioene of drome ens.).  Maar dit gaan ook oor waar die persoon na wie toe ons gaan, sy antwoorde vandaan kry! (m.a.w., wie is hulle bron?). In die O.T. was die profeet of priester die persoon na wie gelowiges gegaan het vir antwoorde.  Hierdie profete en priesters se bron was die Here... -tensy dit 'n valse profeet was of bv. 'n ongehoorsame priester. Neem ook kennis dat die Heilige Gees nie op die hele volk van God uitgestort was (in die O.T.) nie. Die Christen in wie die Heilige Gees is, word deur die Heilige Gees gelei en het in der waarheid nie nodig om mense te raadpleeg nie, maar dit gese - die Gees werk nie dieselfde gawes en bedieninge deur almal nie! In ander woorde, ons het mekaar nodig. Sommige word soos profete gebruik, of is leermeersters, of deur sommige word kragte gewerk, deur ander genadegawes van genesing, sommige dien as helpers en ander regeer, of dien in verskillende tale... Baie gawes word deur die Gees gewerk, bv. 'n gawe van wysheid of kennis of onderskeiding van geeste, ens. Dit beteken dat Christene indirek antwoorde by mekaar kry ! - waaroor dit egter hier gaan is WIE DIE BRON is (van daardie antwoorde).  'n Valse profeet het bv. nie dieselfde BRON as 'n ware profeet nie. 'n Valse leermeester het nie dieselfde BRON as die een wat die waarheid verkondig nie. Daar is ook baie verskillende soorte dokters, maar dit hang af wat hulle BRON is.  Wanneer kinders van die Here dokters nader wat praktyke verkondig gekoppel aan ander geloofspraktyke, is hulle eintlik besig om "ANDER GELOOFSPRAKTYKE" TE RAADPLEEG.  ONS MOET HIERDIE ONDERSKEIDING MAAK en versigtig wees na watter dokters ons gaan.  In vandag se lewe word alle dokters gesien soos "werktuie in die Here se hand", maar natuurlik is dit nie waar dat alle dokters deur die Here gebruik word nie!       

Dus, natuurlik gebruik die Here mense om Sy wil bekend te maak soos die volk na Moses toe gegaan het wanneer hulle vir God wou raadpleeg (Eks. 18:15), maar neem ag dat die Gees van God op Moses gerus het;  daarom het hy geweet wat die wil van die Here is (en hy het die Here as bron gebruik). Wanneer iemand van die volk van God 'n profeet gevra het om die Here te raadpleeg, het hy eintlik steeds die Here geraadpleeg (Eks. 33:7; Rig. 18:5; 1 Sam. 9:9; 1 Sam. 23:2,4; 2 Sam. 5:23; 1 Kon. 22:5,7,8, 13; 1 Kron. 14:14; 2 Kron. 18:4-7; 34:21 ....), want die profeet het ter wille van die persoon dan die Here geraadpleeg. Daar is verskillende maniere waarop die Here mense antwoord wanneer hulle Hom raadpleeg -  in die O.T. was dit bv. veral deur drome of deur die urim of deur die PROFEET (1 Sam. 28:6; 1 Kon. 22:5,6; 2 Kon. 8:8; Jer. 21:2; 37:4,7...).  Profete was oorspronklik SIENERS genoem deur die mense van Israel, en baiemaal as iemand die Here wou raadpleeg, het hy na die siener (profeet) gegaan (1 Sam. 9:9)(of na die priester gegaan).  Die siener se antwoord was onderwerp aan die Here se antwoord, en as die Here niks antwoord nie, dan het die siener ook nie 'n antwoord nie! Maar nie almal wat "sieners" is in hierdie wereld, is "sieners van die Here" nie - m.a.w. nie alle sieners raadpleeg die Here nie.  Daar is bv. "sieners" wat die dooies raadpleeg, en daar is die wat afgode raadpleeg (2 Kon. 1:2), en die wat geeste wat waarsê, raadpleeg (Jes. 8:19) - gelowiges word beveel om niks met sulke sieners te doen te he nie (Deut. 18:11; 2 Kon. 1:16; Hos 4:12; Jes. 8:19). WIE dit is vir wie ons raadpleeg, wys in wie ons ons hoop plaas.  Sommige dink dat hulle altwee kante kan raadpleeg (soos koning Saul op die ou end gedoen het).  Daar is vandag baie voorbeelde (en ongelukkig baie getuienisse) van Christene wat hulle hoop plaas in heidense praktyke, en daarvandaan net meer en meer afvallig geword het van die geloof ...  Die ongeluk is dat hierdie gelowiges, as hulle hul nie bekeer van hierdie werke nie, die gees van dwaling gestuur sal word omdat hulle nie die Here soek en Hom nie raadpleeg nie, maar elders raadpleeg en vir hulle leermeesters vergader het wat hulle in die gehoor streel. En as hulle hierdie gees van dwaling gestuur word,is dit amper soos 'n vloek, want dan sal hulle glo hulle is reg terwyl hulle eintlik verkeerd is! (Vir 'n dagstukkie hieroor, gaan na: http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html).

Elke kind van God behoort eerste die Here te raadpleeg, en sal ook slegs weet wat hy presies moet doen (of nie doen nie) wanneer hy die Here raadpleeg. Maar wanneer die Here vir jou antwoord, en jou die kennis gee wat jy nodig het, moet jy nie in eiesinnigheid steeds doen wat jyself goeddink moet gedoen word (soos koning Saul gedoen het) nie.  Wat help dit 'n Christen raadpleeg die Here, en kry 'n antwoord, maar is dan wederstrewig? Wat was die doel dan hoekom hy in die eerste plek die Here geraadpleeg het? 
Of wat help dit 'n Christen raadpleeg die Here, maar gaan soek steeds op ander plekke (soos "ander geloof"-praktyke) ook 'n antwoord? Hierdie is baiemaal hoe Christene optree, en dan wonder hulle hoekom die Here bitter word teenoor hulle? As jy in ongehoorsaamheid stap, moet dan nie verras wees as die/jou Here jou nie wil antwoord nie! (Eseg. 20:31 - "ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe—en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONTREINIG DEUR ONGEHOORSAAMHEID EN BRONNE WAT GERAADPLEEG WORD:

Wanneer gelowiges agter afgode en afgodspraktyke aan hoereer, gaan die Here ophou om hulle te antwoord. Jy kan nie beide raadpleeg en dink dat die Here tevrede is daarmee nie! Vandag is daar baie Christene wat glo dat hulle geensins ONREIN kan word wanneer hulle deelneem aan afgodspraktyke nie, maar natuurlik is dit nie wat die Skrif leer nie.  Die eerste gemeentes was gewaarsku hierteen en gelowiges was o.a. beveel om hulle af te sonder van sulke ongelowiges en NIE AAN TE RAAK WAT ONREIN IS NIE! (2 Kor. 6:14-18). Die groot probleem met wanneer gelowiges hulle ontreinig met drekgode, is die feit dat hulle NIE DIE HERE RAADPLEEG NIE, maar hulle antwoorde op 'n ander plek gaan soek (dit gaan m.a.w. oor die BRON wat gebruik word). Daarom word dit gesien soos hoerery, want as jy aan die Here behoort (soos 'n vrou aan 'n man), dan hoereer jy natuulik wanneer jy agter drekgode aangaan of jou vertroue in die bose plaas! (Hos. 4:12; Eseg. 20:31)(soos 'n vrou wat agter 'n ander man aan hoereer). Dit is dus niks anders as opstandigheid nie.  OPSTANDIGE KINDERS is wederstrewig en eiesinnig en volg hulle eie koppe en wil, en maak hulle eie planne en raadpleeg nie die Here nie...  
-   Wanneer kinders van die Here leef soos mense wat nie 'n Here het nie en Hom dus nie gehoorsaam nie, is hulle besig om te sondig! (Jes. 30:1) - en hulleself te verontreinig.  Dit het baiemaal tot gevolg dat so iemand op die ou end hoereer agter afgode en ander geloofspraktyke aan. 
-   Kinders van die Here wat opstandig is en weier om hulle te bekeer tot die Here, word later nie deur Hom geantwoord nie, al raadpleeg hulle Hom ook! (1 Sam. 28:16,17).  En dan, omdat hulle nie antwoorde van die Here kry nie, gaan soek hulle somtyds dit by ander geloofspraktyke (soos Saul gedoen het), en sondig net verder.  Kinders van die Here wat in hierdie wederstrewigheid en eiesinnigheid verval het waar hulle glad nie die wil van die Here soek nie maar hulle eie planne en wil doen, en selfs ook fisies betrokke word in afgodspraktyke, moet hulle TOT DIE HERE BEKEER! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VERONTREINIG DEUR ANDER GELOOFSPRAKTYKE:

Alhoewel meeste Christene wegbly van dinge soos waarsêery en afgodery, is die waarheid dat wederstrewigheid en eiesinnigheid niks anders is as juis dit is nie (1 Sam. 15:23), en dit beteken dat baie Christene eintlik indirek besig is met waarseery en afogodery!  Ons weet ook goed om weg te bly van dinge soos verklaring van voortekens, towery, besweringe, of die wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg ens., maar daar is ongelukkig baie ander maniere en vorme waarin Christene deesdae betrokke word in hierdie dinge sonder dat baie dit eens agterkom. Kyk maar hoeveel Christene is betrokke by verkillende vorme van meditasie en gebede wat in ander geloofspraktyke gebruik word.  Hulle RAADPLEEG hierdie ander geloofspraktyke en vorme van (afgods)aanbidding (bv. ydele herhaling van woorde) vir antwoorde, vir bv. die voordele wat hulle daaruit kry, en glo dat hierdie dinge hulle geensins onrein kan maak nie.  Maar moenie verwag dat die Here tevrede sal wees daarmee wanneer ons in heidense geloofspraktyke betrokke word nie (2 Kon. 1:4-6);  inteendeel, wanneer kinders van die Here hierdie heidense praktyke raadpleeg, is hulle besig om van die Here afvallig te word.... (Hos. 4:12). Hulle is dan besig om die verkeerde BRON te gebruik. Vgl. hierdie met die tema van wat dit beteken om "geestelike DRONK of aan die slaap" te wees.

Baie van hierdie praktyke is ander name gegee, en Christene besef nie altyd waarin hulle betrokke is nie. DIE MANIER HOE ONS EGTER KAN VERHOED dat ons BETROKKE word BY HIERDIE DINGE SONDER DAT ONS AGTERKOM, IS NATUURLIK DAT ONS NOOIT ONS ANTWOORDE BY ANDER GELOWE/GELOOFSPRAKTYKE MOET GAAN SOEK NIE, MAAR EERDER DIE HERE MOET RAADPLEEG en Hom op Sy maniere laat antwoord, en deur die wat Hom as BRON gebruik.  Bv., Jesus het vir ons geleer dat ons nie moet bid soos die heidene met ydele herhaling van woorde omdat hulle dink hulle so verhoor sal word nie (Matt. 6:7). As iemand nie hierdie kennis het van Jesus se woorde nie is dit iets anders, maar as hy goed weet dat Jesus ons gewaarsku het teen heidense vorme van gebed waar ydele herhaling van woorde geskied  maar steeds deelneem aan sulke praktyke, dan is so iemand eiesinnig besig om eerder sy eie wil en kop te volg. Wat sal die uiteinde wees van sulke optrede?
Christelike meditasie/"bepeinsing"  is egter anders! want, anders as ander vorme van meditasie en gebed, is die een wat met die Here "mediteer" en tot Hom bid,  besig om sy gedagtes op die Here te plaas en Hom te raadpleeg vir antwoorde (die Here as BRON). Verder, ook anders as heidense vorme van meditasie, is die Christen wat mediteer eerder besig om "gedagtes gevange te neem (nie bloot te laat verbygaan nie!), en onderwerp hom aan die Here se wil en Sy woord" (soos die skrif vir ons leer - 2 Kor. 10:5). L.w., Die een vir wie jy raadpleeg, is die een in wie jy jou vertroue plaas.

Op die stadium wat Sefanja (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/opsomming-die-boek-sefanja.html) geprofeteer het, was die sedes van die volk baie laag.  In Sefanja 1 word verduidelik wat gaan gebeur met die wederkoms, en hoe die Here gaan terugkom om besoeking te doen oor die mense van die aarde... - bv., Hy gaan terugkom OM TE OORDEEL en heelwat dinge word in Sef. 1 genoem wat Hy teen hulle hou, o.a. dat hulle VAN HOM AFVALLIG GEWORD het en HOM NIE SOEK nie;  asook die feit dat HULLE HOM NIE RAADPLEEG NIE(Sef. 1:6 - "Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie").   Spesifieke dinge wat ook in die gedeelte genoem word en dinge waarmee die volk hulle verkeerdelik besig gehou het, is afgodsaanbidding (Sef. 1:4,5) en die feit dat hulle ook hulle vertroue geplaas het in rykdom (Sef. 1:18).  Hulle het hulle vertroue geplaas in afgode en ander dinge, in plaas van in die Here. Deur hulle antwoorde te gaan soek by ander geloofspraktyke, was hulle betower deur die kitsantwoorde van die mistieke, in plaas van om hulle antwoorde by die Here te soek EN TEVREDE TE WEES MET SY WIL. Hierdie is baiemaal die rede waarom mense nie die Here raadpleeg nie, want hulle is nie tevrede met Sy wil of antwoord nie, of hulle wil nie WAG op Sy antwoord nie - dit is bv. die rede waarom sekere konings eerder hulle hoop in valse profete geplaas het as in die ware profeet, want hulle was nie tevrede met die Here se antwoord nie! (2 Kron. 18). 
Dit is die groot verskil tussen die valse profeet en die ware profeet:  -Die valse profeet profeteer "uit eie hart" (Eseg. 13:2) en bring sy eie woord (asof hy die antwoord het!), maar die ware profeet kry sy antwoord van die Here. Die ware profeet se antwoord is dus nie volgens hoe "hy self sien" nie, maar volgens hoe die Here sien en volgens die Here se wil.  Maar die valse profeet is eerder besig met waarseery, want hy spreek leuens en gee valse hoop... (Eseg. 13:6).  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/profete-valse-profeet.html). 

Mense wat hulle hoop plaas in afgode, raadpleeg nie die Here nie - hulle volg geloofspraktyke soos waarseery, goelery of verklaring van tekens of towery, of raadpleeg 'n gees van 'n afgestorewene ens.  Kinders van die Here word beveel OM NIKS MET HIERDIE DINGE TE DOEN TE HE NIE! Wanneer iemand sy hoop in sulke dinge plaas, is hy soos 'n ONGELOWIGE wat nie glo dat sy Here vir hom iets kan doen nie. 
(Jes. 8:19)  "En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?". (Deu 18:9)  As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.
(Deu 18:10)  Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,
(Deu 18:11)  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SKRIFGEDEELTES:
(om meer te leer oor die begrip "raadpleeg", en die gevolg van gelowiges wat die verkeerde bron raadpleeg)(lees gerus die verse in konteks)
_________________________________________________________________________________

Jes_19:3  En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê. 
Isa_30:2  wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Kon 1:3)  Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?

(2Ki 1:4)  Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.
(2Ki 1:5)  En toe die boodskappers by hom terugkom, sê hy vir hulle: Waarom kom julle nou terug?
(2Ki 1:6)  En hulle antwoord hom: ‘n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die HERE: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.

(2Ki 1:16)  en met hom gespreek: So sê die HERE: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg—is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? —daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.

Eze_21:21  Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer. 
Hos_4:12  My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want ‘n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword. 

(Eseg 14:7)  Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg—hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gen_25:22  En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg. 
Eks_18:15  En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg. 
Eks_33:7  En Moses het elke keer ‘n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. 
Jdg_18:5  Toe vra hulle hom: Raadpleeg God tog, dat ons kan weet of ons pad waarop ons reis, voorspoedig sal wees. 
1Sa_9:9  Vroeër het die mense in Israel só gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem. 
1Sa_23:2  Toe raadpleeg Dawid die HERE en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En die HERE sê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Kehíla. 
1Sa_23:4  Toe raadpleeg Dawid die HERE nog weer, en die HERE het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, want Ek gee die Filistyne in jou hand. 
(2Sa 5:23)  Toe raadpleeg Dawid die HERE, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.
1Ki_22:5  Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE. 
1Ki_22:7  Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? 
1Ki_22:8  En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om deur hom die HERE te raadpleeg; maar ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! 
2Ki_3:11  En Jósafat vra: Is hier nie ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom die HERE kan raadpleeg nie? Toe antwoord een van die koning van Israel se dienaars en sê: Hier is Elísa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elía gegiet het. 
2Ki_8:8  Toe sê die koning vir Hásael: Neem ‘n geskenk in jou hand en gaan die man van God tegemoet en raadpleeg die HERE deur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word? 
2Ki_22:13  Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie. 
2Ki_22:18  Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het— 
1Ch_14:14  Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan. 
2Ch_18:4  Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE. 
2Ch_18:6  Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? 
2Ch_18:7  En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! 
2Ch_34:21  Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van die HERE wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van die HERE nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie. 
2Ch_34:26  Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het— 
Jer_21:2  Raadpleeg tog die HERE vir ons, want Nebukadrésar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal die HERE met ons handel volgens al sy wonders, sodat hy van ons af wegtrek. 
Jer_37:7  So spreek die HERE, die God van Israel: So moet julle sê aan die koning van Juda wat julle na My gestuur het om My te raadpleeg: Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy land, na Egipte toe; 
Eze_14:7  Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg—hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee. 
Eze_20:1  En in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende van die maand, het daar manne uit die oudstes van Israel gekom om die HERE te raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Isa 65:1)  Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ‘n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!

(Eze 14:3)  Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?

(Eze 20:3)  Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis, Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die Here HERE.

(Eze 20:31)  ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe—en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
1Sa_28:7  En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ‘n vrou wat ‘n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is ‘n vrou, ‘n dodebesweerster, in Endor.
1Sa_28:16  En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het?
_________________________________________________________________________________

Vrydag 24 Januarie 2014

Bloedskuld (1)

HIERDIE IS DIE EERSTE IN 'N REEKS -  DIE ONDERWERP VAN
  "BLOEDSKULD"
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alhoewel baie verstaan dat bloedskuld gaan oor "bloed op hoof (hande)", verstaan min mense wat alles bloedskuld veroorsaak, en wat die rede is hoekom bloedskuld op iemand kom.  In hierdie studie sal ons sien dat bloedskuld nie net die gevolg is van "DIE VERGIETING VAN ONSKULDIGE BLOED" nie, maar selfs ook die gevolg is van sondes soos wanneer 'n kind sy VADER OF MOEDER VLOEK, BLOEDSKANDE, HOMOSEKSUALISME, HOERERY, OPROEP VAN GEESTE EN WAARSêERY, AFGODSDIENS ens.! 
Mense met "bloedskuld" was die "vervloektes" in die O.T., en daar was geen offer wat kon betaal vir hierdie sondes "wat die dood verdien het nie".  Bloedskuld het ook die land ontheilig, en veroorsaak dat dit nie goedgaan met die land nie.

Vrae wat ons wil beantwoord in hierdie studie, is:
-  Veroorsaak hierdie sondes steeds bloedskuld, en hoe word dit betaal in die N.T.?
- Is iemand wat in Jesus Christus glo, vry van bloedskuld?
-  Word die land steeds ontheilig deur bloedskuld, en is dit die rede hoekom visse, diere en voels in massas afsterwe?  Is dit rede vir al die goed wat met aarde gebeur?
-  Kan iemand wat tot geloof gekom het, weer skuldig raak aan bloedskuld?
-  Kan bloedskuld gesien word soos 'n vloek?  En kan dit oorgedra word aan die kinders?
-  Wat word gesien as "vergieting van onskuldige bloed"?
ENS........
==============================================
Hoekom die onderwerp van "bloedskuld" so belangrik is, is die feit dat dit lig werp op ons vraag oor wat "bloed" nou eintlik te doen het met "vergifnis van sondes".  Waarom is dit nou juis Christus "se bloed" wat vir ons moes vloei?  Wat maak Christus se bloed anders as die bloed van offers in die O.T.?  Waarom "bloed?"  En hoekom moes Christus se liggaam "gebreek word" vir ons?  

As ons nie die tema van bloedskuld verstaan nie, dan sal ons ook nie verstaan wat bedoel word met die volgende woorde nie:  (1Kor. 11:27 - "Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here") - m.a.w., sal skuldig wees aan Sy bloed = BLOEDSKULD (die hele onderwerp van bloedskuld gaan daaroor dat iemand skuldig is aan iemand anders se bloed). Ons moet ook verstaan wat die gevolg is van "bloedskuld"!

*  Wat het Jesus bedoel toe Hy die volgende aan die ongelowige wetgeleerdes gese het? - (Luk 11:50 - "sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af").  

*  Hoekom was dit vir Pilatus so belangrik om seker te maak dat hy nie 'n onskuldige man kruisig nie?  Hoekom was die aksie vir hom belangrik om sy hande voor die skare te was, met die woorde:  "Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien!" ?
(Mat 27:24) 

* En watter impak sou dit he op die skare dat hulle hom antwoord:  "Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom!" ? (Mat 27:25)

In hierdie studie sal ons sien dat DIE TEMA VAN BLOEDSKULD, NIE NET 'N Ou Testamentiese TEMA is NIE!  Selfs terwyl die eerste dissipels die evangelie verkondig het, was die tema van bloedskuld nie onaangeraak nie - in so 'n mate dat die ongelowige Jode die dissipels probeer verbied het om in die Here se Naam te leer:  (Hand. 5:28 - "Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring").
========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-2.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-3.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-4.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-5.html