Wys tans plasings met die etiket onrein. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket onrein. Wys alle plasings

Woensdag 02 Oktober 2019

Die Here ons BRON

In hierdie pos kyk ons deels na wie dit is vir wie ons RAADPLEEG, wat te doen met watter BRON ons gebruik. Wat is bv. die verskil tussen 'n profeet vd Here en 'n waarsegster?, want in beide gevalle kan hulle somtyds die toekoms sien, of weet wat in iemand se lewe gebeur ens. Die VERSKIL is die BRON wat hulle gebruik... Wanneer die Christen antwoorde soek moet hy seker maak dat hy: 
-die Here as bron gebruik, en ook seker maak dat 
- die een deur wie hy die antwoorde kry, die Here as bron gebruik! - vir 'n opsomming oor "sieners" (raadpleeg), gaan na https://warechristene.blogspot.com/2017/03/siener-raadpleeg.html (- wat o.a. te doen het met hoe die Here ons ANTWOORD). In ander woorde, nie almal wat "sieners" is in hierdie wereld, is sieners vd Here nie, en nie almal wat "sieners" is, raadpleeg die Here nie. Ook nie almal wat bekendstaan as profete vd Here is opreg Sy profete nie, want daar is valse profete onder Christene wat hulle voordoen as profete vd Here... 


In hierdie pos kyk ons ook nie net na die BRON van gebruik nie, maar ook na hoekom die Here nie altyd Sy kinders antwoord nie - bv., somtyds antwoord Hy met opset nie vir iemand nie, al gebruik die persoon Hom as bron! 
Wat kan die rede wees hiervoor?, en wat moet die Christen met wie dit gebeur doen om dit reg te stel?
________________________________________________________________________________

INLEIDING:
Daar is redes waarom die Here nie altyd iemand antwoord nie.  Natuurlik neem dit somtyds bloot tyd, maar baiemaal is dit omdat daardie persoon verkeerd bid (bv. volgens eie begeertes - Jak. 4:3);  of in ongehoorsaamheid stap! Baie Christene word so onkant gevang, en is soos mense sonder kennis (Jes. 5:13), wanneer die Here hulle hanteer asof hulle nie 'n Here het nie, want die rede waarom die Here nie altyd Sy kinders antwoord nie het baiemaal te doen met die feit dat hulle ongehoorsaam is (Hos. 4:6). WANNEER KINDERS VAN DIE HERE die kennis verwerp en NALAAT OM NA hulle HERE TE LUISTER, DAN VEROORSAAK DIT DAT DIE HERE HOM LATER OOK NIE MEER DEUR HULLE LAAT RAADPLEEG NIE  - en dit het dan weer tot gevolg dat sommige van hulle ander weivelde begin soek vir antwoorde (soos met koning Saul gebeur het) ---------------------------- Koning Saul is 'n goeie vb. van iemand wat in hierdie opsig oortree het. Hy's gesien as "wederstrewig" en "eiesinnig" (1 Sam. 15:23) omdat hy, terwyl hy goed geweet het wat die Here se antwoorde en opdragte is, nie na Hom geluister het nie maar gedoen het soos hyself goeddink (soos iemand sonder kennis)- en dit het daarnatoe gely dat, al het hy die Here steeds geraadpleeg, die Here later nie meer vir hom antwoorde gegee het nie - en dit het weer daarnatoe gely dat koning Saul 'n waarsegster gaan opsoek het om vir hom antwoorde te gee - so het hy nog verder gesondig! Wat hy eerder moes doen was om hom te bekeer van sy wederstrewigheid en eiesinnigheid (terwyl hy steeds die Here raadpleeg), nie in opstandigheid, omdat die Here hom nie antwoord nie, sy antwoorde op ander plekke te gaan soek nie!  In Eks. 23:21, waar die woord "wederstrewig" gebruik word, is dit die Hebr. woord "maw-rar" (die KJV gebruik die woord "provoke"), wat beteken om iemand bitter te maak of te bedroef. In ander woorde wanneer iemand wederstrewig is teen die Here, dan bedroef hy Hom en kan veroorsaak dat die Here bitter word teen so iemand. Dit is dieselfde wanneer 'n Christen in wie die Heilige Gees is, nie na die Heilige Gees luister nie, en Hom so bedroef... 
'n Ander woord wat ook gebruik word is "maw-raw" (Num. 20:24) wat nie net verwys na die effek van wederstrewigheid nie, maar wederstrewigheid beskryf as iemand wat rebelleer en ongehoorsaam is... Vgl. dit met 1 Sam. 15:23.  Eiesinnigheid is die woord Hebr. woord "paw-tsar" wat gaan oor hardkoppigheid, en word selfs in 1 Sam. 15:23 vgl. met afgodery en beeldediens! (en wederstrewigheid word vgl. met waarsêery!).  In Tit. 1:7 is dit die Griekse woord "ow-thad'-ace" wat vir eiesinnig gebruik word, wat verwys na arrogansie en eie wil (om die self tevrede te stel)... Christene wat wederstrewig is deur die waarheid te ignoreer en hulle eie waarheid volg, of eiesinnig hulle eie wil soos 'n afgod hanteer, staan die gevaar dat hulle die Here en Sy Gees bedroef...  - dit kan tot gevolg he dat al sou hulle steeds by die Here antwoorde soek, Hy hulle nie meer antwoord nie.

Dit was m.a.w. die gevolg van koning Saul se wederstrewigheid en eiesinnigheid wat veroorsaak het dat die Here hom nie wou antwoord nie, en toe i.p.v. om hom te bekeer, sondig hy verder deur die bose te raadpleeg (en het so 'n ander BRON gebruik)(afgodsaanbidding en het die bose geraadpleeg). Dieselfde gebeur somtyds met wederstrewige en eiesinnige Christene.  Dit is gevaarlik wanneer kinders van die Here 'n pad van ONGEHOORSAAMHEID begin stap (en doen wat hulle self wil, i.p.v. wat die Here wil), want dit kan veroorsaak dat die Here Hom glad nie meer deur hulle laat raadpleeg nie (Eseg. 14:3; 20:3; 1 Sam. 28:16,17).
----------------------------------------------------------------------------------------------------------
VIR WIE MAG JY RAADPLEEG?

In die Skrif word dit gesien soos hoerery wanneer kinders van die Here ander gelowe of die bose raapleeg terwyl hulle nalaat om die/hulle Here te raadpleeg (Hos_4:12). Natuurlik beteken die feit dat ons die Here raadpleeg nie dat ons geensins ons antwoorde by mense kan kry (soos geestelike leiers) nie, maar wat dit oor gaan is dat ons eerstens die Here moet raadpleeg (en Hy antwoord ons op verskillende maniere, bv. deur die wat Hom dien, of d.m.v. visioene of drome ens.).  Maar dit gaan ook oor waar die persoon na wie toe ons gaan, sy antwoorde vandaan kry! (m.a.w., wie is hulle bron?). In die O.T. was die profeet of priester die persoon na wie gelowiges gegaan het vir antwoorde.  Hierdie profete en priesters se bron was die Here... -tensy dit 'n valse profeet was of bv. 'n ongehoorsame priester. Neem ook kennis dat die Heilige Gees nie op die hele volk van God uitgestort was (in die O.T.) nie. Die Christen in wie die Heilige Gees is, word deur die Heilige Gees gelei en het in der waarheid nie nodig om mense te raadpleeg nie, maar dit gese - die Gees werk nie dieselfde gawes en bedieninge deur almal nie! In ander woorde, ons het mekaar nodig. Sommige word soos profete gebruik, of is leermeersters, of deur sommige word kragte gewerk, deur ander genadegawes van genesing, sommige dien as helpers en ander regeer, of dien in verskillende tale... Baie gawes word deur die Gees gewerk, bv. 'n gawe van wysheid of kennis of onderskeiding van geeste, ens. Dit beteken dat Christene indirek antwoorde by mekaar kry ! - waaroor dit egter hier gaan is WIE DIE BRON is (van daardie antwoorde).  'n Valse profeet het bv. nie dieselfde BRON as 'n ware profeet nie. 'n Valse leermeester het nie dieselfde BRON as die een wat die waarheid verkondig nie. Daar is ook baie verskillende soorte dokters, maar dit hang af wat hulle BRON is.  Wanneer kinders van die Here dokters nader wat praktyke verkondig gekoppel aan ander geloofspraktyke, is hulle eintlik besig om "ANDER GELOOFSPRAKTYKE" TE RAADPLEEG.  ONS MOET HIERDIE ONDERSKEIDING MAAK en versigtig wees na watter dokters ons gaan.  In vandag se lewe word alle dokters gesien soos "werktuie in die Here se hand", maar natuurlik is dit nie waar dat alle dokters deur die Here gebruik word nie!       

Dus, natuurlik gebruik die Here mense om Sy wil bekend te maak soos die volk na Moses toe gegaan het wanneer hulle vir God wou raadpleeg (Eks. 18:15), maar neem ag dat die Gees van God op Moses gerus het;  daarom het hy geweet wat die wil van die Here is (en hy het die Here as bron gebruik). Wanneer iemand van die volk van God 'n profeet gevra het om die Here te raadpleeg, het hy eintlik steeds die Here geraadpleeg (Eks. 33:7; Rig. 18:5; 1 Sam. 9:9; 1 Sam. 23:2,4; 2 Sam. 5:23; 1 Kon. 22:5,7,8, 13; 1 Kron. 14:14; 2 Kron. 18:4-7; 34:21 ....), want die profeet het ter wille van die persoon dan die Here geraadpleeg. Daar is verskillende maniere waarop die Here mense antwoord wanneer hulle Hom raadpleeg -  in die O.T. was dit bv. veral deur drome of deur die urim of deur die PROFEET (1 Sam. 28:6; 1 Kon. 22:5,6; 2 Kon. 8:8; Jer. 21:2; 37:4,7...).  Profete was oorspronklik SIENERS genoem deur die mense van Israel, en baiemaal as iemand die Here wou raadpleeg, het hy na die siener (profeet) gegaan (1 Sam. 9:9)(of na die priester gegaan).  Die siener se antwoord was onderwerp aan die Here se antwoord, en as die Here niks antwoord nie, dan het die siener ook nie 'n antwoord nie! Maar nie almal wat "sieners" is in hierdie wereld, is "sieners van die Here" nie - m.a.w. nie alle sieners raadpleeg die Here nie.  Daar is bv. "sieners" wat die dooies raadpleeg, en daar is die wat afgode raadpleeg (2 Kon. 1:2), en die wat geeste wat waarsê, raadpleeg (Jes. 8:19) - gelowiges word beveel om niks met sulke sieners te doen te he nie (Deut. 18:11; 2 Kon. 1:16; Hos 4:12; Jes. 8:19). WIE dit is vir wie ons raadpleeg, wys in wie ons ons hoop plaas.  Sommige dink dat hulle altwee kante kan raadpleeg (soos koning Saul op die ou end gedoen het).  Daar is vandag baie voorbeelde (en ongelukkig baie getuienisse) van Christene wat hulle hoop plaas in heidense praktyke, en daarvandaan net meer en meer afvallig geword het van die geloof ...  Die ongeluk is dat hierdie gelowiges, as hulle hul nie bekeer van hierdie werke nie, die gees van dwaling gestuur sal word omdat hulle nie die Here soek en Hom nie raadpleeg nie, maar elders raadpleeg en vir hulle leermeesters vergader het wat hulle in die gehoor streel. En as hulle hierdie gees van dwaling gestuur word,is dit amper soos 'n vloek, want dan sal hulle glo hulle is reg terwyl hulle eintlik verkeerd is! (Vir 'n dagstukkie hieroor, gaan na: http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html).

Elke kind van God behoort eerste die Here te raadpleeg, en sal ook slegs weet wat hy presies moet doen (of nie doen nie) wanneer hy die Here raadpleeg. Maar wanneer die Here vir jou antwoord, en jou die kennis gee wat jy nodig het, moet jy nie in eiesinnigheid steeds doen wat jyself goeddink moet gedoen word (soos koning Saul gedoen het) nie.  Wat help dit 'n Christen raadpleeg die Here, en kry 'n antwoord, maar is dan wederstrewig? Wat was die doel dan hoekom hy in die eerste plek die Here geraadpleeg het? 
Of wat help dit 'n Christen raadpleeg die Here, maar gaan soek steeds op ander plekke (soos "ander geloof"-praktyke) ook 'n antwoord? Hierdie is baiemaal hoe Christene optree, en dan wonder hulle hoekom die Here bitter word teenoor hulle? As jy in ongehoorsaamheid stap, moet dan nie verras wees as die/jou Here jou nie wil antwoord nie! (Eseg. 20:31 - "ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe—en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ONTREINIG DEUR ONGEHOORSAAMHEID EN BRONNE WAT GERAADPLEEG WORD:

Wanneer gelowiges agter afgode en afgodspraktyke aan hoereer, gaan die Here ophou om hulle te antwoord. Jy kan nie beide raadpleeg en dink dat die Here tevrede is daarmee nie! Vandag is daar baie Christene wat glo dat hulle geensins ONREIN kan word wanneer hulle deelneem aan afgodspraktyke nie, maar natuurlik is dit nie wat die Skrif leer nie.  Die eerste gemeentes was gewaarsku hierteen en gelowiges was o.a. beveel om hulle af te sonder van sulke ongelowiges en NIE AAN TE RAAK WAT ONREIN IS NIE! (2 Kor. 6:14-18). Die groot probleem met wanneer gelowiges hulle ontreinig met drekgode, is die feit dat hulle NIE DIE HERE RAADPLEEG NIE, maar hulle antwoorde op 'n ander plek gaan soek (dit gaan m.a.w. oor die BRON wat gebruik word). Daarom word dit gesien soos hoerery, want as jy aan die Here behoort (soos 'n vrou aan 'n man), dan hoereer jy natuulik wanneer jy agter drekgode aangaan of jou vertroue in die bose plaas! (Hos. 4:12; Eseg. 20:31)(soos 'n vrou wat agter 'n ander man aan hoereer). Dit is dus niks anders as opstandigheid nie.  OPSTANDIGE KINDERS is wederstrewig en eiesinnig en volg hulle eie koppe en wil, en maak hulle eie planne en raadpleeg nie die Here nie...  
-   Wanneer kinders van die Here leef soos mense wat nie 'n Here het nie en Hom dus nie gehoorsaam nie, is hulle besig om te sondig! (Jes. 30:1) - en hulleself te verontreinig.  Dit het baiemaal tot gevolg dat so iemand op die ou end hoereer agter afgode en ander geloofspraktyke aan. 
-   Kinders van die Here wat opstandig is en weier om hulle te bekeer tot die Here, word later nie deur Hom geantwoord nie, al raadpleeg hulle Hom ook! (1 Sam. 28:16,17).  En dan, omdat hulle nie antwoorde van die Here kry nie, gaan soek hulle somtyds dit by ander geloofspraktyke (soos Saul gedoen het), en sondig net verder.  Kinders van die Here wat in hierdie wederstrewigheid en eiesinnigheid verval het waar hulle glad nie die wil van die Here soek nie maar hulle eie planne en wil doen, en selfs ook fisies betrokke word in afgodspraktyke, moet hulle TOT DIE HERE BEKEER! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VERONTREINIG DEUR ANDER GELOOFSPRAKTYKE:

Alhoewel meeste Christene wegbly van dinge soos waarsêery en afgodery, is die waarheid dat wederstrewigheid en eiesinnigheid niks anders is as juis dit is nie (1 Sam. 15:23), en dit beteken dat baie Christene eintlik indirek besig is met waarseery en afogodery!  Ons weet ook goed om weg te bly van dinge soos verklaring van voortekens, towery, besweringe, of die wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg ens., maar daar is ongelukkig baie ander maniere en vorme waarin Christene deesdae betrokke word in hierdie dinge sonder dat baie dit eens agterkom. Kyk maar hoeveel Christene is betrokke by verkillende vorme van meditasie en gebede wat in ander geloofspraktyke gebruik word.  Hulle RAADPLEEG hierdie ander geloofspraktyke en vorme van (afgods)aanbidding (bv. ydele herhaling van woorde) vir antwoorde, vir bv. die voordele wat hulle daaruit kry, en glo dat hierdie dinge hulle geensins onrein kan maak nie.  Maar moenie verwag dat die Here tevrede sal wees daarmee wanneer ons in heidense geloofspraktyke betrokke word nie (2 Kon. 1:4-6);  inteendeel, wanneer kinders van die Here hierdie heidense praktyke raadpleeg, is hulle besig om van die Here afvallig te word.... (Hos. 4:12). Hulle is dan besig om die verkeerde BRON te gebruik. Vgl. hierdie met die tema van wat dit beteken om "geestelike DRONK of aan die slaap" te wees.

Baie van hierdie praktyke is ander name gegee, en Christene besef nie altyd waarin hulle betrokke is nie. DIE MANIER HOE ONS EGTER KAN VERHOED dat ons BETROKKE word BY HIERDIE DINGE SONDER DAT ONS AGTERKOM, IS NATUURLIK DAT ONS NOOIT ONS ANTWOORDE BY ANDER GELOWE/GELOOFSPRAKTYKE MOET GAAN SOEK NIE, MAAR EERDER DIE HERE MOET RAADPLEEG en Hom op Sy maniere laat antwoord, en deur die wat Hom as BRON gebruik.  Bv., Jesus het vir ons geleer dat ons nie moet bid soos die heidene met ydele herhaling van woorde omdat hulle dink hulle so verhoor sal word nie (Matt. 6:7). As iemand nie hierdie kennis het van Jesus se woorde nie is dit iets anders, maar as hy goed weet dat Jesus ons gewaarsku het teen heidense vorme van gebed waar ydele herhaling van woorde geskied  maar steeds deelneem aan sulke praktyke, dan is so iemand eiesinnig besig om eerder sy eie wil en kop te volg. Wat sal die uiteinde wees van sulke optrede?
Christelike meditasie/"bepeinsing"  is egter anders! want, anders as ander vorme van meditasie en gebed, is die een wat met die Here "mediteer" en tot Hom bid,  besig om sy gedagtes op die Here te plaas en Hom te raadpleeg vir antwoorde (die Here as BRON). Verder, ook anders as heidense vorme van meditasie, is die Christen wat mediteer eerder besig om "gedagtes gevange te neem (nie bloot te laat verbygaan nie!), en onderwerp hom aan die Here se wil en Sy woord" (soos die skrif vir ons leer - 2 Kor. 10:5). L.w., Die een vir wie jy raadpleeg, is die een in wie jy jou vertroue plaas.

Op die stadium wat Sefanja (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/opsomming-die-boek-sefanja.html) geprofeteer het, was die sedes van die volk baie laag.  In Sefanja 1 word verduidelik wat gaan gebeur met die wederkoms, en hoe die Here gaan terugkom om besoeking te doen oor die mense van die aarde... - bv., Hy gaan terugkom OM TE OORDEEL en heelwat dinge word in Sef. 1 genoem wat Hy teen hulle hou, o.a. dat hulle VAN HOM AFVALLIG GEWORD het en HOM NIE SOEK nie;  asook die feit dat HULLE HOM NIE RAADPLEEG NIE(Sef. 1:6 - "Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie").   Spesifieke dinge wat ook in die gedeelte genoem word en dinge waarmee die volk hulle verkeerdelik besig gehou het, is afgodsaanbidding (Sef. 1:4,5) en die feit dat hulle ook hulle vertroue geplaas het in rykdom (Sef. 1:18).  Hulle het hulle vertroue geplaas in afgode en ander dinge, in plaas van in die Here. Deur hulle antwoorde te gaan soek by ander geloofspraktyke, was hulle betower deur die kitsantwoorde van die mistieke, in plaas van om hulle antwoorde by die Here te soek EN TEVREDE TE WEES MET SY WIL. Hierdie is baiemaal die rede waarom mense nie die Here raadpleeg nie, want hulle is nie tevrede met Sy wil of antwoord nie, of hulle wil nie WAG op Sy antwoord nie - dit is bv. die rede waarom sekere konings eerder hulle hoop in valse profete geplaas het as in die ware profeet, want hulle was nie tevrede met die Here se antwoord nie! (2 Kron. 18). 
Dit is die groot verskil tussen die valse profeet en die ware profeet:  -Die valse profeet profeteer "uit eie hart" (Eseg. 13:2) en bring sy eie woord (asof hy die antwoord het!), maar die ware profeet kry sy antwoord van die Here. Die ware profeet se antwoord is dus nie volgens hoe "hy self sien" nie, maar volgens hoe die Here sien en volgens die Here se wil.  Maar die valse profeet is eerder besig met waarseery, want hy spreek leuens en gee valse hoop... (Eseg. 13:6).  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/07/profete-valse-profeet.html). 

Mense wat hulle hoop plaas in afgode, raadpleeg nie die Here nie - hulle volg geloofspraktyke soos waarseery, goelery of verklaring van tekens of towery, of raadpleeg 'n gees van 'n afgestorewene ens.  Kinders van die Here word beveel OM NIKS MET HIERDIE DINGE TE DOEN TE HE NIE! Wanneer iemand sy hoop in sulke dinge plaas, is hy soos 'n ONGELOWIGE wat nie glo dat sy Here vir hom iets kan doen nie. 
(Jes. 8:19)  "En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel—moet ‘n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?". (Deu 18:9)  As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.
(Deu 18:10)  Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan—wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,
(Deu 18:11)  of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of ‘n gees wat waarsê, of wat die dooies raadpleeg nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SKRIFGEDEELTES:
(om meer te leer oor die begrip "raadpleeg", en die gevolg van gelowiges wat die verkeerde bron raadpleeg)(lees gerus die verse in konteks)
_________________________________________________________________________________

Jes_19:3  En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê. 
Isa_30:2  wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Kon 1:3)  Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?

(2Ki 1:4)  Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.
(2Ki 1:5)  En toe die boodskappers by hom terugkom, sê hy vir hulle: Waarom kom julle nou terug?
(2Ki 1:6)  En hulle antwoord hom: ‘n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die HERE: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.

(2Ki 1:16)  en met hom gespreek: So sê die HERE: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg—is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? —daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.

Eze_21:21  Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer. 
Hos_4:12  My volk raadpleeg sy hout, en sy staf moet hom die inligting gee; want ‘n gees van hoerery het hulle verlei, en deur hulle hoerery het hulle van hul God afvallig geword. 

(Eseg 14:7)  Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg—hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Gen_25:22  En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg. 
Eks_18:15  En Moses antwoord sy skoonvader: Omdat die volk na my kom om God te raadpleeg. 
Eks_33:7  En Moses het elke keer ‘n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. 
Jdg_18:5  Toe vra hulle hom: Raadpleeg God tog, dat ons kan weet of ons pad waarop ons reis, voorspoedig sal wees. 
1Sa_9:9  Vroeër het die mense in Israel só gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem. 
1Sa_23:2  Toe raadpleeg Dawid die HERE en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En die HERE sê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Kehíla. 
1Sa_23:4  Toe raadpleeg Dawid die HERE nog weer, en die HERE het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, want Ek gee die Filistyne in jou hand. 
(2Sa 5:23)  Toe raadpleeg Dawid die HERE, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.
1Ki_22:5  Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE. 
1Ki_22:7  Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? 
1Ki_22:8  En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om deur hom die HERE te raadpleeg; maar ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! 
2Ki_3:11  En Jósafat vra: Is hier nie ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom die HERE kan raadpleeg nie? Toe antwoord een van die koning van Israel se dienaars en sê: Hier is Elísa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elía gegiet het. 
2Ki_8:8  Toe sê die koning vir Hásael: Neem ‘n geskenk in jou hand en gaan die man van God tegemoet en raadpleeg die HERE deur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word? 
2Ki_22:13  Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie. 
2Ki_22:18  Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het— 
1Ch_14:14  Toe raadpleeg Dawid God weer, en God het aan hom gesê: Jy moet nie agter hulle aan optrek nie; trek om, van hulle af weg, en val hulle vlak voor die balsembosse aan. 
2Ch_18:4  Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die HERE. 
2Ch_18:6  Maar Jósafat sê: Is hier nie nog ‘n profeet van die HERE, dat ons deur hom kan raadpleeg nie? 
2Ch_18:7  En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie! 
2Ch_34:21  Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van die HERE wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van die HERE nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie. 
2Ch_34:26  Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het— 
Jer_21:2  Raadpleeg tog die HERE vir ons, want Nebukadrésar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal die HERE met ons handel volgens al sy wonders, sodat hy van ons af wegtrek. 
Jer_37:7  So spreek die HERE, die God van Israel: So moet julle sê aan die koning van Juda wat julle na My gestuur het om My te raadpleeg: Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy land, na Egipte toe; 
Eze_14:7  Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg—hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee. 
Eze_20:1  En in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende van die maand, het daar manne uit die oudstes van Israel gekom om die HERE te raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit. 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Isa 65:1)  Ek het My laat raadpleeg deur wie na My nie gevra het nie; Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; aan ‘n nasie wat na my Naam nie genoem is nie, het Ek gesê: Hier is Ek, Hier is Ek!

(Eze 14:3)  Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit—sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?

(Eze 20:3)  Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis, Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die Here HERE.

(Eze 20:31)  ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe—en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
1Sa_28:7  En Saul sê aan sy dienaars: Soek julle vir my ‘n vrou wat ‘n dodebesweerster is, dat ek na haar kan gaan en haar raadpleeg. En sy dienaars sê vir hom: Daar is ‘n vrou, ‘n dodebesweerster, in Endor.
1Sa_28:16  En Samuel sê: Maar waarom raadpleeg jy my terwyl die HERE van jou gewyk en jou vyand geword het?
_________________________________________________________________________________

Sondag 26 Maart 2017

Hoereer / Hoerery / Hoereerders

In hierdie blogpost gaan ons kyk na die begrip "hoerery" en hoe dit beskryf word in die Skrif, m,a.w. wat nou eintlik gesien word as HOERERY.
 ________________________________________________________________
In die eerste kerke was die onderwerp van vleeslike gemeenskap buite die huwelik baie ernstig en iets wat sterk aangespreek is.  Inteendeel, die wat vleeslike gemeenskap buite die huwelik beoefen het, het bekend gestaan as HOEREERDERS.  Selfs in Ou Testamentiese tye was dit ook nie onder gelowiges geduld nie (Deut. 23:17...).  As 'n man met 'n meisie vleeslike gemeenskap het terwyl hulle nie getroud is nie, was hy beskuldig daarvan dat hy die meise soos 'n hoer behandel! (Gen. 34:31).  En in soortgelyke gevalle -waar 'n man 'n jongmeisie aangryp en met haar gemeenskap het- (nou nie hier bedoel in geval van verkragting nie, want daar was ander reels in daardie geval), dan was dit van hom verwag om met haar te trou (Deut. 22:28,29) - want as hulle nie trou nie, word dit gereken as "hoerery". Ook die wat getroud was, maar buite die huwelik vleeslike gemeenskap beoefen, het bekend gestaan as HOEREERDERS. Selfs wanneer 'n man van sy vrou skei en 'n ander trou (met wie hy dus vleeslike gemeenskap het), is dit gesien as HOERERY (hy pleeg dus egbreuk teen sy huweliksmaat)(Mark. 10:11). Enige iemand wat vleeslike gemeenskap het buite die huwelik, is besig om te hoereer.
Waar die woorde "hoereer" of "hoerery" in die Skrif gebruik word, kan dit of
-(1) (letterlik) verwys na "deelname aan onwettige vleeslike gemeenskap (Num. 25:1; Deut. 22:20,21; 1 Sam. 2:22;  Matt. 5:28; 1 Kor. 5:11,1 ens.),  of
-(2) (figuurlik) verwys na "afgodediens" (bv. Jer. 3:9; Eks. 34:15 ens.).
In sommige skrifte is dit nie heeltemal duidelik na of dit verwys na die letterlike of die figuurlike nie (bv. Ef. 5:3);  alhoewel in meeste skrifte is dit duidelik om te onderskei;  en in sommige skrifte kan die betekenis (van of dit letterlik of figuurlik bedoel) afgelei word deur die konteks van die skrif (bv. 1 Thess. 4:3).

TOG, in Kol. 3:5 word enige iets soos hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid vergelyk met AFGODEDIENS!, wat dan ook meer verwys na die "figuurlike" - want hierdie dinge gaan alles oor "waardeur iemand BESOEDEL word" .

(1Kor. 6:15)  Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie!
(1Kor. 6:16)  Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.
(1Kor. 6:17)  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
(1Kor. 6:18)  Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.
(1Kor. 6:19)  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
(1Kor. 6:20)  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.  Enige vorm van VLEESLIKE GEMEENSKAP is hoerery wanneer dit onwettig (m.a.w. waar nie toegelaat nie) gebeur - heelwat vb.e hiervan word ook in die skrif genoem, bv.:  vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou, of met jou broer se vrou, of as 'n man sy broer se vrou neem, of 'n manspersoon wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man, of vrou met vrou, of 'n man of vrou met 'n dier, of 'n man met sy tante of skoonmoeder of skoondogter, of waar 'n man en sy seun vl. gemeenskap het met dieselfde meisie......ens. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html). Dit is slegs BINNE DIE HUWELIK wat vleeslike gemeenskap tussen 'n man en vrou WETTIG is (l.w., nie tussen man en man, of vrou en vrou nie! - om te trou beteken nie dat dit nou ewe skielik nie meer sonde is nie - bv., as 'n man sy broer se vrou neem, dan maak "trou" dit nie ewe skielik reg nie... Vgl. dit met Mark. 6:17,18).  Natuurlik word die uitsonderlike geval van "terwille van die bewaring van nageslag" ook gesien as 'n geregverdige vb., maar moet ons onthou dat die voorbeelde daarvan vir ons leer dat in hierdie gevalle dit nie net vleeslike gemeenskap buite die huwelik was nie, maar sy die man se vrou geword het (of een van sy vroue) -Gen. 38:8; Deut. 25:5-10; Rut 4:5-11; Matt. 22:23-27; Gen. 16:2,3;(Abraham/ Sara - Hagar), Gen. 30:3-5(Jakob/Ragel - Bilha) ens.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
(rol af vir 'n vollediger UITEENSETTING)

(1)  Om te hoereer is SONDE. Christene moet verstaan dat hulle nie toegelaat word om te hoereer nie (Kol. 3:2-10), en is veronderstel om dit self te weet as hulle die Heilige Gees van God het en bely dat hulle glo. 
Wanneer ons egter praat van die tema "hoereer of hoerery", verwys dit nie slegs na 
-(A) die wat onwettige lus of begeertes beoefen of koester en bevredig nie, maar dit verwys ook na
-(B) die wat besig is met afgods en/of heidense praktyke. Baie Christene wat tog nie die letterlike sonde pleeg van hoerery nie, is wel besig met afgods - of heidense praktyke - WAT ook NIKS ANDERS IS AS "hoerery"! En soos ons in Kol. 3:5 gesien het, word dinge soos gierigheid, slegte begeertes ("evil concupiscence" - om dit te begeer wat nie toegelaat word nie), hartstog ("inordinate affection" - wellus), onreinheid en hoerery ook gesien as "afgodediens". 

(2)  Deur die sonde van hoerery word iemand ONREIN.  Jesus Christus het ook op verskeie geleenthede dit duidelik gemaak dat hoerery nie aanvaarbaar is nie (Mark. 7:20-23; Openb. 2:18-29; 21:8), en het verder verklaar dat hierdie sondes (wat terloops begin by die gedagtes van die hart) die mens ONREIN maak!  Hy het ook o.a. die gemeente van Thiatire sterk aangespreek omdat hulle die vrou Isebel toegelaat het om lering te gee, 'n vrou deur wie die gemeente aangemoedig was om te hoereer en afgodsoffers te eetVerder het die apostels ook hierdie sonde aangespreek in die eerste gemeentes (1 Kor. 6:10; 5:1,2,9,10; 1 Tim. 1:8-10; Rom. 1:28; ens.), en is "hoerery" een van die 4 dinge wat hulle die "Christene uit die heidene" direk verbied het om te doen! (Hand. 15:20,29; 21:25) - as daar dan sondes is wat hulle wou uitlig bo enige ander, dan was "hoerery" een van hulle!..  Ook aan die gemeente van die Thessalonicense het Paulus en Silvánus en Timótheüs geskrywe dat hulle hul moet onthou van die hoerery; en het hulle Jesus se woorde bevestig waarin Hy verklaar het dat hierdie sonde iemand ONREIN maak ("God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking" - 1 Thess. 4:1-7). Aan die gemeente van Korinthiers en Efesiers het Paulus ook verklaar dat geen HOEREERDERS of ONREINES die koninkryk van God sal beerwe nie (1 Kor. 6:10; Ef. 5:5)....  

(3)  In die N.T. word Christen mans beveel om elk sy eie vrou te he (m.a.w. net EEN vrou); en elke vrou haar eie man -  HOEKOM?  -1 Kor. 7:2:  "...... vanweë die hoererye....."!  In die vroee Bybelse tye was dit egter nie snaaks om meer as een vrou te he nie - baie het wel elk net een vrou gehad bv. Noag, Isak, Josef, Moses, Boas, Job, Jesaja ens.  Alhoewel dit tog algemeen was in die ou tye vir sekere mans om meer as een vrou te he, weet ons nie of dit regtig die Here se goedkeuring weggedra het nie, want die wet maak selfs voorsiening vir die met 2 vroue (Deut. 21:15)(natuurlik ook met die bedoeling om die reeds bestaande situasie te beheer...). Dit is tog interessant om te merk dat die Here hulle ook nie belet het om meer as een vrou te he nie (kyk selfs vir Jakob...); alhoewel, sekeres was wel belet, bv. die koning in Deut. 17:17.  Daar is egter geen Nuwe Testamentiese vb. genoem van 'n Christen wat meer as een vrou gehad het nie, maar die wat enige amp in die kerk gedra het, was spesifiek beveel om nie meer as een vrou te he nie (Tit. 1:6; 1 Tim. 3:2,12), en die mans in die gemeentes was ook beveel om elkeen net sy eie vrou te he.  DIE REDE WAAROM HIERDIE SO 'N ERNSTIGE SAAK was in die eerste gemeentes (en selfs soos WET neergele is!), WAS OMDAT DIE TOELATING VAN MEER AS EEN VROU IN DIE VERLEDE "HOERERY" VEROORSAAK HET.  Die sonde van hoerery was ernstig genoeg dat so 'n wet neergele moes word. Ook in 1 Thess. 4:3-5 is daar geskryf aan die gemeente van Thessalonisense dat hulle hul moet onthou van hoerery en daarom elke man liewer "sy eie vrou moet verkry" (1 Thess. 4:3-5). "Egbreuk" word ook gesien as "hoerery" (vleeslike gemeenskap BUITE DIE HUWELIK).  In beide die gevalle van " 'n man met een vrou", of " 'n man met meer as een vrou", sou vleeslike gemeenskap nie gesien word as sonde WAAR DIT BINNE DIE HUWELIK plaasvind nie (Hebr. 13:4...), maar wel waar dit buite die huwelik plassvind.  Die een wat hoereer is besig om hom -of haarself daardeur te VERONTREINIG (http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html).

(4)  In Gal. 5:19 word "hoerery" genoem as een van die "WERKE VAN DIE VLEES" - dit is 'n sonde (1 Sam. 2:22; Lev. 19:29; 1 Thess. 4:3; Kol. 3:5; Ef. 5:3; Gal. 5:19; 1 Kor. 6:13-18 en 5:1,9,10; Rom. 1:29; Hand. 21:25; Mark. 7:21; 1 Tim. 1:10; Hebr. 13:14; Openb. 21:8 en 22:15...).  Die Christen wat deur die Gees wandel, is nie veronderstel om die begeerlikhede van die vlees te volbring nie... (Gal. 5:16).  Christene wat hoereer (hetsy letterlik gesproke deur ontoelaatbare vleeslike gemeenskap, OF figuurlik gesproke deur afgodsdiens) sonder om hulle te bekeer daarvan, sal hierop geoordeel word wanneer Christus Jesus terugkom.  Skrifte soos 1 Kor. 6:10 en Ef. 5:5 maak dit duidelik dat geen hoereerders of onreines die koninkryk sal beerwe nie. Openb. 22:14 en 15 verklaar ook dat "hoereerders" BUITEKANT sal wees en nie sal ingaan in die nuwe stad Jerusalem nie, en volgens Openb. 21:8 sal o.a. die hoereerders ook in die poel van vuur opeindig (nl. "die tweede dood"). Christene wat hoereer is ONGEHOORSAAM  en nie besig om die Here te dien nie, maar hulleself.  Hulle is besig om teen hulle eie liggame te sondig en hulleself so te besoedel.  Dit is duidelik dat as hulle steeds soos ongehoorsames wil lewe, hulle "die wet nodig het"!  (1 Tim. 1:8-10). Sommige Christene reken dat omdat hulle reeds gesien word as kinders van die koninkryk met die hoop op saligheid (en l.w. "hoop"), geen soort onreinheid hulle van hulle saligheid kan berowe nie;  maar die waarheid is dat as hulle nie hierdie aanhoudende sondes bely en laat staan nie, hulle vrug teen hulle sal getuig wanneer Christus Jesus terugkom (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html).  Die Christen wat 'n gewoonte het om te hoereer en dit nie bely en afle nie, sal wanneer Christus terugkom, gereken word as 'n "hoereerder", en kan dan nie verwag om die opstanding tot lewe te ontvang nie, maar inteendeel opstaan tot veroordeling (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-opstanding-dooies-sal-herlewe.html).  Christene mag nie hulle vryheid gebruik "om te sondig" en so die werke van die vlees te akkomodeer nie (Gal. 5:13,19).  "Geloof sonder die werke van die wet" bevestig wel die wet, ja! -in die sin van dat die werke van die wet nie saligheid kan bring nie (m.a.w. die offers wat nie volkome reiniging kan bring nie, en die kennis wat nog verborge was onder die wet of verkeerd verstaan is)(want elkeen wat staatmaak op die hoop dat die werke vd wet hulle tot saligheid kan lei, val onder die vloek vd wet omdat hulle dit nie kan onderhou nie - so dit kan hulle nie saligheid gee nie!)(rol af tot heel onder vir skrifte hieroor), maar ons moet dit nie verwar met die werke van "gehoorsaamheid aan die Here" nie, want in hierdie sin is geloof sonder werke wel dood! (Jak. 2:18,20)(Joh. 15:5; Luk. 6:47; Joh. 8:47; Hand. 3:23...) - want "werke" (gehoorsaamheid / ongehoorsaamheid) bewys of iemand werklik GLO of nie...  

(5)  Enige iemand wat vleeslike gemeenskap het, word eintlik na regte daardeur "besoedel", maar in die huwelik BEHOORT TWEE MENSE SE SKAAMTE AAN MEKAAR (Lev. 18:8...), en word hulle dus nie besoedel solank vleeslike gemeenskap in die huwelik plaasvind nie.  Dus, in die huwelik word vleeslike gemeenskap nie gesien as sonde nie (en word huweliksmaats nie daardeur besoedel nie) (alhoewel tog wel "besoedel" in die sin van  "maagdelik" onrein, maar nie onrein a.g.v. sonde nie).  Hoekom?:  -want die HUWELIK is HEILIG (in die huwelik is hulle afgesonder vir mekaar)(en is hulle is terloops EEN).  Binne die huwelik is vleeslike gemeenskap geoorloof (1 Kor. 7:28)(1 Tim. 4:3-5). Buite-egtelike gemeenskap is egter dieselfde as hoerery, want dit veroorsaak dat dit wat veronderstel is om slegs IN DIE GEHEIM tussen die twee getroudes gedeel te word, nou "ontbloot" word. Die begrip "skaamte ontbloot" gaan nie net oor om iemand kaal te sien nie, maar word veral gebruik in konteks met "waar vleeslike gemeenskap verkeerdelik plaasvind" (en verwys ook na gevalle van waar mense nie toegelaat word om met mekaar te trou nie, bv. naaste bloedverwante ens...). In die huwelik word dit wel toegelaat om mekaar se skaamte te ontbloot, maar nie buite die huwelik nie. In sekere ander gevalle, soos waar 'n broer gemeenskap het met sy oorlede broer se vrou met die doel om die broer se naam te laat voortleef, word dit wel toegelaat dat hulle in daardie geval mekaar se skaamte mag ontbloot, en dus hier nie gesien as "hoerery" nie, omdat dit dan geskied ter wille van die bewaring vd nageslag...(Deut. 25:5-10; Gen. 38)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html
(http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/heilig-onheilig-ontheilig-opsomming.html)


(6)  BESOEDELING deur vleeslike gemeenskap, soos in die geval van hoerery, is een van die sondes wat BLOEDSKULD veroorsaak (en terloops, bloedskuld besoedel ook "die land"!)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html).  In die Ou bedeling was enige iemand met bloedskuld, VERVLOEK (Deut. 27; Eks. 21:12; Gen. 9:5...).  "Bloedskuld" was die gevolg van sekere sondes:  "SONDE WAT DIE DOOD VERDIEN".  Daar was geen offer onder die wet van Moses wat vir hierdie soort sonde kon betaal nie.  Soos ons weet, kan vergifnis slegs plaasvind deur bloedvergieting, maar die bloed van stiere en bokke kon nie vir sondes betaal WAT DIE DOOD VERDIEN (bloedskuld veroorsaak) het nie.  Daarom moes die met bloedskuld MET HULLE EIE BLOED BETAAL! Hulle was VERVLOEK.  Maar wat baie nie besef nie is dat dieselfde sondes wat bloedskuld veroorsaak het in die O.T., steeds bloedskuld veroorsaak in die Nuwe Testament!, en diesulkes terloops steeds as die vervloektes gereken word (Rom. 1:18-32) (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-3.html), behalwe natuurlik waar iemand sy sonde bely en hom bekeer en sy hoop plaas in die Here Jesus Christus! (in Hom glo) -  want Christus Jesus se bloed-offer was wel volkome en kan wel hierdie soort sondes reinig! (in daardie sin was die wet nie volkome nie, maar Christus se offer is wel)(Gal 3:13 - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—"). MAAR WAT WORD VAN DIE CHRISTEN WAT NADAT HY GEREINIG IS, WEER DIE SONDE BEGIN DIEN?  Hier moet ons onderskei tussen die wat hulle sondes bely en neerle, en die wat daarin voortstap sonder om hulle daarvan te bekeer tot die Here, want as 'n Christen weer agter die sonde aan begin "hoereer" en opeindig met bloedskuld en weier om hom daarvan te bekeer, dan staan hy die gevaar om eendag onder "die vervloektes" te val wanneer Christus Jesus terugkom... 
_________________________________________________________________________________



UITEENSETTING en SKRIFTE:
-------------------------------------------
(onderstaande is soos 'n vollediger uiteensetting van bogenoemde opsomming, met heelwat meer skrifte en verduidelikings)
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING GRIEKSE EN HEBREEUSE BETEKENISSE:

 hoereer (fornication)(1 Kor. 10:8; Openb. 2:14,20...):
(Gr.) porn-yoo'-o;  -om soos 'n hoer op te tree, om deel te neem aan onwettige lus, om afgodery te praktiseer.
(Hebr.) zaw-naw' (harlot)(Hos. 3:3; 4:10,14,15,18; Amos 7:17; Eseg. 20:30; Jer. 2:20; Jes. 57:3; 2 Kron. 21:11,13; Deut. 22:21; Num. 52:1; Num. 15:39; Lev. 20:5; Lev. 19:29; Lev. 17:7; Eks. 34:15,16; Hos. 4:12,13; Eseg. 16:41; Lev. 19:29) :  - letterlik: om te hoereer;  figuurlik gesproke: om afgodery te praktiseer.  Word in meeste skrifte figuurlik gebruik (soos 2 Kron. 21:11,13...), maar ook letterlik soos in (Deut. 22:21).

hoerery,e / hoereer (whoredoms)(fornication) (Eseg. 16:34; Eseg. 23:43...):
(Hebr.) taz-nooth' (Eseg. 23:8,17; 16:29):  - letterlik: om te hoereer;  figuurlik gesproke: om afgodery te praktiseer - hoererye of afgodediens.  Vergelyk met Eseg. 6:9.

(Gr.) por-ni'-ah (fornication)(Openb. 2:21: 9:21; 14:8; 19:2; 18:3; 17:2,4; 2 Kor. 12:21; Ef. 5:3; Kol. 3:5; 1 Thess. 4:3; 1 Kor. 6:13; 5:1; Rom. 1:29; Hand. 21:20,25,29; Mark. 7:21; Matt. 5:32; 15:19; 19:9;     :  - letterlik: hoerery (ingesluit "om te hoereer" en "bloedskande");  of figuurlik, afgodery.  In sekere skrifte is ons nie seker of dit slegs letterlik bedoel of ook figuurlik nie, bv. Openb. 2:21, Kol. 3:5 ens.  In ander skrifte soos 1 Thess. 4:3 is dit egter duidelik volgens die konteks (kyk bv. v.4) dat dit daar verwys na onwettige wellus.
(Hebr.) zen-ooth' of zaw-noon' (whoredom)(Hos. 6:10; Hos. 2:2,4; Eseg. 43:7,9; 23:27; Jer. 3:9; 13:27; Num. 14:33; Gen. 38:34 ):  -  letterlik: hoerery; of figuurlik afgodediens.

hoereerder (whormonger):
(Gr.) por'-nos (Openb. 22:15; 21:8; Hebr. 13:4; 1 Tim. 1:10; 1 Kor. 6:10; 1 Kor. 5:9,10;   ): - prostituut, of "iemand wat hoereer" - hetsy letterlik of figuurlik bedoel.
_________________________________________________________________

Die Skrif verklaar dat geen HOEREERDERS die koninkryk van God sal beerwe nie (1 Kor. 6:10):


Volgens Openb. 21:8 sal hoereerders in die poel van vuur opeindig.  Al sou iemand ook bely dat hy glo, maar 'n hoereerder, kan hy nie verwag om die opwekking tot ewige lewe te verkry nie;  inteendeel sal hy die tweede dood verkry (in die poel van vuur gegooi word) as hy hom nie bekeer van sy sonde en die afle nie! En kyk gerus die vorige van bg. vers:- Openb. 21:7 - "Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees". Dit is slegs die OORWINNAARS wat alles sal beërwe, nie die ONGEHOORSAMES nie.

Kyk ook Openb. 22:15 wat verklaar dat dit slegs die GEHOORSAMES is ("die wat sy gebooie doen") wat sal reg hê op die boom van die lewe en ingaan in die nuwe stad Jerusalem - die wat GEHOORSAAM is aan die Here Jesus Christus!  Maar wie is BUITE?  - (v. 15) "Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

'n Christen wat egter in hierdie sonde oortree maar sy sonde bely en hom bekeer daarvan, kan natuurlik vergifnis ontvang in Jesus Christus, maar wat van die Christen wat afvallig word in hierdie sonde en hom nie daarvan bekeer nie?  Hy sou bekend staan as 'n "hoereerder".  Sonde bring nie onmiddellik die dood voort nie, maar dit is eers wanneer dit tot volle ontwikkeling kom wat dit die dood voortbring  (Jak. 1:15).   Party dink dat omdat hulle alreeds kinders van die Here is en vergifnis van sondes ontvang het, dit geensins hulle saligheid kan beinvloed as hulle in sondes stap waarvan hulle hul nie bekeer nie, maar natuurlik is dit nie heeltemal korrek nie!  Christene wat hoereer en hulle nie daarvan bekeer nie, speel 'n gevaarlike speletjie en is besig met "sonde tot die dood" (m.a.w. :"besig met sonde wat die dood voortbring")(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html). Ons word wel nie gered deur werke nie omdat ons nie deur werke saligheid kan verkry nie, maar ons moet ook verstaan dat geloof sonder werke dood is! (m.a.w. waar iemand ONGEHOORSAAM is)(Rom. 3:31; Jak. 2:20,26), want die een wat saligheid ontvang deur geloof, dien nie meer homself nie (en dien nie meer die sonde nie), maar dien nou die Here! - en niemand kan twee here dien nie... Oorwinning deur geloof beteken juis dat die wat uit God gebore is, ook die is wat GEHOORSAAM is aan die Here!  Hy oorwin m.a.w. die sonde deur die geloof, maar as iemand weer die sonde begin dien, dan het hy nie geloof nie!  (Gehoorsaamheid is dus ook 'n bewys van wie kinders van die geloof is...).
------------------------------------------------
 Wanneer dit kom by die onderwerp van "sondes", moet ons verder ook onderskei tussen wetend en ontwetende sondes (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html), 
en tussen daad en aanhoudende sondes (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/01/is-daar-iets-soos-groot-en-klein-sonde.html)...  Elkeen wat kundig word oor sy sonde moet hom bekeer daarvan, want as hy hom nie daarvan bekeer nie, dan verkies hy om ongelowig te wees.  
_________________________________________________________________


Hoerery maak iemand ONREIN (Matt. 15:19,20), 
(en is iets wat "uit die hart kom"): 

(Mar 7:20)  En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.
(Mar 7:21)  Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,
(Mar 7:22)  diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.
(Mar 7:23)  Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
Onreinheid word nie gemeet aan hoe skoon of higienies iemand is nie, maar dit gaan oor wat in sy hart aangaan. Christene moet DAAGLIKS gedagtes en kennis wat teen God gewerp is, gevange neem, en hulle gedagtes plaas op die dinge daarbo.  Dan sal hulle nie die vlees gehoorsaam nie. Christene wat verkeerde gedagtes koester en/of eerder ag gee op valse leerstellings wat hulle sonde regverdig en hulle in die gehoor streel, sukkel om "die bose te oorwin".  

-In Gal. 5:19 word "hoerery" genoem as een van "die werke van die vlees";  m.a.w. so iemand laat hom nie deur die Gees lei nie! Die Christen wat egter deur die Gees wandel, volbring nie die begeerlikhede van die vlees nie (Gal. 5:16). 

- Hoerery veroorsaak bloedskuld (en bloedskuld ontheilig die land). In die Ou Testament was die wat hoereer vervloek en moes doodgemaak word (Deut. 22:21; Lev. 21:9...)(bloedskuld)- hulle moes met hulle eie lewens betaal vir die bloedskuld.  In die Nuwe Testament is daar vergifnis in Christus Jesus ook vir hierdie soort sondes wat bloedskuld veroorsaak het (en Hy het met Sy eie bloed daarvoor betaal), maar NATUURLIK MET VOORWAARDES.  Iemand kan bv. nie vergifnis ontvang as hy hom nie tot die Here bekeer (om Hom gehoorsaam te wees) nie - dit is wanneer hy hom bekeer dat sy sondes afgewas kan word.  Bekering tot die Here beteken dat so iemand kies om die Here te dien, nie die sonde nie (hy wil m.a.w. die Here gehoorsaam, nie sy eie vlees nie). Deur die afwassing van sonde deur die Christelike waterdoop is nie net 'n teken van hoe iemand skoongemaak word van alles waardeur hy onrein geword het nie, maar is ook 'n teken van die hoop op finale oorwinning oor die sonde wanneer Jesus Christus hom eendag opwek tot lewe met 'n verheerlikte liggaam.  Die Christelike doop verwys o.a. na hoe elke kind van God nou reeds groei in die Here en so daagliks oorwinning verkry oor die vlees, want hy het die sondige vlees afgesterwe en opgestaan in 'n nuwe lewe. http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/die-christelike-doop.html
_________________________________________________________________________________

(Gen 2:24)  Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.(Gen 2:25)  En hulle was altwee naak, die mens en sy vrou, maar hulle het hul nie geskaam nie.
DIE MAN EN VROU WAT IN HUWELIK IS, IS SOOS EEN VLEES, EN HET (dus) MAG OOR MEKAAR SE LIGGAME.  Hulle word toegelaat om vleeslike gemeenskap te he, want hulle word soos een vlees gesien.  (1Kor. 7:1-4 - "Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie. Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê. Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man. Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou".  - m.a.w., SOOS EEN VLEES!
(Mat 19:4)  En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie,(Mat 19:5)  en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;(Mat 19:6)  sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.

Nie alle vorme van "gemeenskap" word toegelaat nie! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html)  Die woord "gemeenskap" word gewoonlik gebruik in konteks met mense WAT IETS DEEL (en verwys nie altyd na vleeslike gemeentskap nie) -  in baie skrifte verwys "gemeenskap" na "vleeslike gemeenskap" - dit wat die huwelikspaar met mekaar DEEL. Die mens word nie toegelaat om met diere vleeslike gemeentskap te he nie, en word ook nie toegelaat om met enige ander mens vleeslike gemeenskap te he nie.  Vleeslike gemeenskap is slegs wettiglik toelaatbaar IN DIE HUWELIK, of in die geval waar dit toegelaat word terwille van die bewaring van nageslag. 
Ander vorme van gemeenskap waarvoor die Christen versigtig moet wees, is:
-  waar daar geDEEL word in afgodsoffers (m.a.w. ook heidense praktyke) - want dit veroorsaak "gemeenskap met duiwels" (1 Kor. 10:19-20) - EN WORD TERLOOP GEESTELIK OOK GESIEN AS HOERERY!;
-   waar daar in dieselfde juk getrek word met ongelowiges (saam met hulle stap in ongeregtigheid) - dit veroorsaak "gemeenskap met die duisternis" (2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6); en "gemeenskap met sondes" (1 Tim. 5:22).  In Ef. 5 word die woorde "gemeenskap met duisternis ook gebruik in konteks met o.a. "hoerery"!;
-   gemeenskap met ongehoorsame broer of suster wat reeds tot insig gebring is, maar steeds ongehoorsaam is (en met rede om hom/haar skaam te maak)(m.a.w., gemeenskap word hier nie totaal belet nie, maar aangemoedig om te vermy sodat die broer of suster skaam word en so tot bekering aangemoedig word) - (2 Thess. 3:14)
-   gemeenskap met die wat nie bly in die leer van Christus nie en 'n ander leer bring, of die wat bely dat Christus nie in die vlees gekom het nie - want gemeenskap met diesulkes veroorsaak "gemeenskap met hulle bose werke" (2 Joh. 1:11).   
________________________________________________________________________________

Volgens Openb. 21:7,8 is dit slegs "die wat oorwin" wat alles sal beerwe.  Die vreesagtiges, ongelowiges, gruwelikes, moordenaars, HOEREERDERS, towenaars, afgodedienaars en leuenaars word nie gesien as "die wat oorwin" nie. Iemand wat in hierdie sondes stap sonder om hom te bekeer, kan nie bely dat hy 'n OORWINNAAR is nie. Die Bybel maak dit duidelik op verskillende plekke dat hoereerders definitief nie sal ingaan in die Here se koninkryk nie.  Inteendeel, Christene word selfs gevra om glad nie eens om te gaan met iemand wat as 'n broeder bekendstaan maar 'n hoereerder is nie (1 Kor. 5:9,10) - maar let daarop dat ongelowiges anders hanteer moet word... - hy verduidelik dit verder in v.11-13. Die rede vir hierdie onttrekking aan 'n ongehoorsame broeder, is ook nie bedoel om liefdeloos op te tree nie, maar vir die doel om die persoon skaam te maak sodat hy tot inkeer kan kom.  Natuurlik gaan ons ons nie altyd onttrek aan die ongehoorsame broeder nie, en moet ons ook geduld en liefde bewys en iemand kans gee om tot insig te kom, maar daar is 'n tyd wanneer die hardkoppige vermaning nodig het, of onttrekking nodig het om hom tot insig te dwing.

 Die persoon wat 'n Christen is is veronderstel om van beter te weet, en hy het homself ondergeskik gestel aan die Here om Hom gehoorsaam te wees - in daardie sin word dit van Christene verwag om gehoorsaam te wees aan die Here, en dus verwag om diesulkes tereg te wys wat in aanhoudend opsetlike sonde stap en weier/nalaat om hulle daarvan te bekeer.  Natuurlik gaan ons nie die ongelowige teregwys nie maar eerder vir hom die evangelie deel sodat hy die besluit kan maak om die Here te dien (alhoewel, "sonde is sonde"!).  Dus moet ons 'n regverdige oordeel oordeel teenoor die wat "binne" is, maar die wat buite is, word deur God geoordeel...)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/maar-die-wat-buite-is-word-deur-god.html).  "Sonde is sonde" - om die ongelowige eerder die evangelie te gee as om hom te oordeel op sonde, beteken nie dat ons gaan lieg oor wat sonde is en wat nie!, want die persoon wat besluit om die Here te dien (wat tot bekering wil kom), moet ook bereid wees om sy lewe af te le vir die Here (hom ook bekeer van sonde).  Om die ongelowige tot insig te bring, beteken dus nie dat sonde nie op die naam genoem mag word nie, maar wat dit beteken is dat die ongelowige nie geoordeel moet word op sy sonde deur van hom te verwag hy moet regverdig wees soos die Christen nie, maar liewer die evangelie aan hom deel sodat hy hom bekeer tot die Here.  Dit is wat politiek vir die Christen so moeilik maak, want ongehoorsame Christene moet tereg gewys word (regverdige oordeel)(d.w.s. die een wat wetend is maar sondig);  maar daar kan nie van "ongehoorsame" ongelowiges dieselfde verwag word, nl. "om gehoorsaam te wees" voor hulle nie eers hulleself bekeer het tot die Here nie! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeelveroordeel-nie-2.html), maar dit moet aan hom duidelik gemaak word dat, sou hy hom bekeer tot die Here, dit beteken dat hy die sonde neerle en die Here dien.  Die gelowige wat egter reeds tot bekering gekom het en bely dat hy glo, bely dus dat hy die Here dien, maar as hy nou weer die sonde begin dien, het hy die wet nodig sodat hy hom kan bekeer van sy sonde.  IN DAARDIE SIN GELD DIE WET VIR DIE ONGEHOORSAME "gelowige" (en is soos 'n teregwysing, of andersins om die persoon tot insig te bring) (1 Tim. 1:8-10: - "Maar ons weet dat die wet goed is as iemand dit wettiglik gebruik en as hy weet dat die wet nie gegee is vir die regverdige nie, maar vir die wettelose en tugtelose mense, goddelose en sondaars, onheiliges en ongewydes, vadermoorders en moedermoorders, moordenaars, hoereerders, sodomiete, mensediewe, leuenaars, meinediges en wat daar anders met die gesonde leer in stryd is").  Dit is nie betaam om te hoereer nie (Rom. 1:28); (Ef. 5:3 - "Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam").  Die Christen wat wetteloos in sulke sondes lewe het nodig om die wet te hoor - nodig om "geoordeel" te word (nie veroordeel nie);  alhoewel, so iemand wat weier om hom te bekeer, kan nie vergifnis kry nie en staan dus die gevaar om deur die Here eendag veroordeel te word.

(Kol 3:5 - "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, (Kol 3:6)  waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom").

(Rom 1:18 - "want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk").
________________________________________________________________________________
Dit is wel so dat die Christen nie onder die wet is nie, want hy is nou gehoorsaam aan die Here, nie aan die wet nie, want niemand kan deur die wet saligheid verkry nie. MAAR die wet is nie tot niet nie!, want Jesus het vir ons kom leer hoe dit vervul word. Daar word steeds van die gelowige verwag om DIE WIL VAN DIE VADER TE DOEN! Daar word steeds GEHOORSAAMHEID verwag!  As 'n Christen nie glo of ag gee op Jesus se leringe en woorde nie, dan sal hy eendag geoordeel word daarvoor.  Ons word slegs gesien as die Here se familie as ons gehoorsaam is aan die Here Jesus Christus.  As Jesus Christus dan nou verklaar het dat hoerery iemand onrein maak, hoekom dink sommige Christene dat hulle hul nie hoef te steur aan Sy woorde nie?  En hoekom leer sekere Christelike leermeesters dat sondes soos hoerery jou nie onrein kan maak nie???  In wie (of in wie se woorde) glo hulle dan nou eintlik?

 Iemand kan nie bely dat hy Jesus Christus ken as Vriend, maar hy is nie gehoorsaam aan Hom nie!  (1Th 4:3 - "Want dit is die wil van God: julle heiligmaking; dat julle jul moet onthou van die hoerery"). Natuurlik het die Here 'n probleem daarmee wanneer Sy kinders hoereer! 
 Kyk ook die vb. in Openb. 2:18-29 -  hoe die Here Jesus 'n probleem gehad het met die gemeente van Thiatíre omdat hulle die vrou Isébel, die profetes, toegelaat het om lering te gee en sy die Here se diensknegte geleer het om te hoereer en afgodsoffers te eet. En natuurlik is sy gestraf omdat sy haar nie wou bekeer nie (Openb. 2:21-23). Christene wat dink dat daar geen bekering van hulle verwag word wanneer hulle in hierdie sondes stap nie, kan nie verwag dat hulle nie gestraf gaan word daarvoor nie!
(1Co 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.


1Co 6:12 - "Alles is my geoorloof, maar nie alles is nuttig nie; alles is my geoorloof, maar ek sal my nie deur iets laat oorheers nie.
(1Co 6:13)  Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.
(1Co 6:14)  En God het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag.
(1Co 6:15)  Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie!
(1Co 6:16)  Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.
(1Co 6:17)  Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.
(1Co 6:18)  Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.
(1Co 6:19)  Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?
(1Co 6:20)  Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort".
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Toe daar in die eerste gemeentes 'n besluit geneem moes word t.o.v. die heidene wat tot bekering gekom het, oor of hulle besny moet word en onder die wet van Moses geplaas moet word, was HOERERY as so erg bestempeld dat dit een van die 4 dinge was wat geneem is uit die wet van Moses, van dinge wat soos wette vir hulle neergele is (en was/is terloops "sonde", en soos ons weet kan sonde nooit in 'n vervulde wet verander asof dit nou ewe skielik nie meer as sonde gesien word nie!): 

(Hand. 15:20)...  "maar aan hulle skrywe dat hulle hul  moet onthou
(1) van die dinge wat deur die afgode besoedel is 
(2) en van hoerery en 
(3) van wat verwurg is  
(4) en van bloed". (kyk ook Hand. 15:29 en 21:25).
Dit is duidelik dat die sonde van hoerery sterk aangespreek was in die eerste gemeentes.  Christene is nie veronderstel om te hoereer nie.

- (1Kor. 5:1)  ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
(1Kor. 5:2)  En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit. - Paulus se raad aan hulle was om hierdie persoon wat hom nie bekeer nie, te vermy sodat hy tot insig kan kom (dit is nie 'n manier om hom te veroordeel of liefdeloos op te tree nie, maar in hierdie geval, om hom te oordeel - die bedoeling is nie onbarmhartigheid nie, maar eerder dat hulle juis barmhartig is wanneer hulle hom vermy sodat hy kon skaam kry en dit hom beweeg om tot inkeer te kom ...). Solank hulle hom hanteer het asof dit niks is nie, was hulle eintlik besig om hom in sy kwaad te sterk wat terloops baie onbarmhartig sou wees!  Ons dink somtyds dat "liefde" beteken dat ons iemand se sonde moet bedek en ignoreer asof dit nie bestaan nie, maar die konteks waarin ons beveel word om sondes te bedek, is waar dit deur die ongehoorsame BELY is, en laat staan! - dan mag dit nie aan die wereld vertel word nie, want dit is vergewe! (Rom. 4:7; Jak. 5:15,16)  Om iemand in sy kwaad te sterk IS NIE WARE LIEFDE NIE!!!;  inteendeel, sulke optrede kan veroorsaak dat daardie gelowige nie eendag ingaan in die koninkryk ingaan nie - en hoe sal jy dan voor die Here staan en maak asof jy vir hom omgegee het toe jy hom in sy kwaad gesterk het?

Paulus het van hulle verwag om te "oordeel die wat binne is" (maar natuurlik 'n regverdige oordeel!) met die doel om die ongehoorsame gelowige tot insig te roep...
-(Jak. 5:19)  Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,
-(Jak. 5:20)  laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek.

_________________________________________________________________________________
Christen mans word in die Nuwe Testament  beveel om liewer elk sy eie vrou te he - want l.w. die rede wat Paulus gee, dat dit is a.g.v die hoerery!  Rig. 19 is so 'n vb. van hoe die toelating van meer as een vrou kon lei tot hoerery...  Ook om hierdie selfde rede word daar geskryf aan die gemeente van Thessalonisense dat hulle hul moet onthou van hoerery en daarom elke man liewer "sy eie vrou moet verkry" (1 Thess. 4:3-5). 



_________________________________________________________________________________
OM IN DIE HUWELIK TE WEES MAAR TE HOEREER, IS BAIE ONBARMHARTIG teenoor 'n huweliksmaat.  Alhoewel getroudes belet word om te skei, laat die Here dit tog toe in geval van waar een van hulle hoereer het (dit beteken natuurlik nie dat die huweliksverbond dan verbreek is nie, maar slegs dat hulle van mekaar mag skei...)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou.html).


(Heb 13:4)  Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders "prostitute, fornicator, whormonger") en egbrekers ("adulterer") oordeel

(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

_________________________________________________________________________________
DIE TEMA VAN "HOERERY" WORD OOK HEELWAT GEBRUIK IN BEELDSPRAAK IN DIE SKRIF, BV. DAT DIE VOLK AANGEKLA WORD VAN HOERERY EN OWERSPEL WANNEER HULLE AGTER ANDER GODE AANGELOOP HET:

- (Jer 3:9)  En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout.
- (Jer 13:27)  Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
- (Eze 16:26)  Jy het ook gehoereer met die kinders van Egipte, jou baie sinlike nabure; en jy het jou hoerery vermenigvuldig om My te terg.
- Eseg. 16:28-38; 23:8,17,27,43;  43:7,9;  Hos. 2:2,4; 4:11-13; 5:4; 6:10.....ENS.
- Eks. 34:15,16; Lev. 17:7; 20:5...........ENS.
_________________________________________________________________________________
Enige vorm van ONWETTIGE LUS word gesien as "HOERERY" (en was sondes wat bloedskuld veroorsaak het!) - ook in geval van waar iemand egbreuk pleeg, of rondslaap (soos 'n "hoer"), of waar mans of vrouens in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand, manne met manne, of vroue met vroue:

- (Lev 18:22)  Met ‘n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ‘n mens met ‘n vrou het nie. Dit is ‘n gruwel.
- (Lev 20:13)  En as ‘n man met ‘n manspersoon gemeenskap het soos ‘n mens met ‘n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
DIE REDE WAAROM GELOWIGES WAT HIERDIE SONDES GEPLEEG HET DOODGEMAAK WAS in die O.T., WAS OMDAT SEKERE SONDES, (SOOS in hierdie geval "DIE WAT DEELNEEM AAN  sondes van WELLUS" -hoereer), BLOEDSKULD VEROORSAAK HET (bekend as "sondes wat die dood verdien"). Heelwat ander sondes het ook bloedskuld veroorsaak, bv. "die wat hulle vader en moeder verag het", of "die wat 'n blinde op 'n dwaalweg lei", of "bloedskande", of "die wat onskuldige bloed vergiet" het ens..  In bg. geval was die sonde wat bloedskuld veroorsaak, homoseksualisme (die wat hierdie skandelike hartstogte bevredig bv. die man wat by 'n ander man le of 'n vrou wat by 'n vrou le... -Rom. 1:26).  Let wel dat dieselfde sondes wat bloedskuld veroorsaak het in die O.T. steeds bloedskuld veroorsaak in die Nuwe Testament! (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-1.html) .

Daar was geen offer in die O.T. wat vir hierdie sondes kon betaal nie.  En siende ons weet dat vergifnis slegs plaasvind deur bloedvergieting, en die bloed van stiere en bokke nie genoeg was om vir hierdie sondes te betaal nie, moes die kinders vd volk van God wat hierdie sondes pleeg, MET HULLE EIE BLOED betaal. In die Nuwe Testament was Christus Jesus se offer egter volkome en deur Sy bloed kan die wat in Hom glo se sondes gereinig word - selfs sondes wat die dood verdien! - m.a.w., Christus Jesus het in ons plek betaal met Sy eie bloed (vir sondes wat ons eintlik met ons eie bloed moes betaal).(Gal 3:13 - "Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang—").  Maar natuurlik is hierdie vergifnis bedoel vir die wat hulle bekeer en glo.

'n Christen man wat vleeslike gemeenskap het met 'n ander man (of vrou met vrou) is besig om in ongeregtigheid te stap en besig om hulleself te besoedel deurdat hulle teen hulle eie liggame sondig (wat veronderstel is om 'n tempel te wees van die Heilige Gees). Enige vorm van hoerery is verkeerd...  En as iemand dan skuldig word aan die bloed van Christus, is daar tog geen ander offer nie!
_________________________________________________________________________________

Die verband tussen hoerery en verkragting:

(Gen 19:5 - "En hulle het na Lot geroep en aan hom gesê: Waar is die manne wat vannag na jou gekom het? Bring hulle na ons toe uit, dat ons hulle kan beken").  IN HIERDIE GEDEELTE IS DIE KWESSIE "VERKRAGTING" (iets wat gesien was as 'n skanddaad - Rig. 19:24 - "morally wickedness, crime") - DIE HERE HET NIE TOEGELAAT DAT VERKRAGTING GEDULD WORD NIE,  EN 'N VERKRAGTER HET DIE DOODSTRAF VERDIEN.

'n Interessante punt uit bg. insident is die feit dat hierdie manne die"manne" (wat ingegaan het in Lot se huis) wou "beken"! - 'n Woord wat baiemaal gebruik word in die skrif vir "vleeslike gemeenskap", is die woord "beken" - dieselfde woord wat hier gebruik is en ook gebruik word in Gen. 4:1; 4:17; 19:5 ens. Dus, hierdie MANNE wou vleeslike gemeenskap he met "manne", m.a.w dit verwys hier na homoseksualisme.
_________________________________________________________________________________
In die nuwe verbond is ons nie meer verbind aan die wet nie, maar ons dien Jesus Christus (Rom. 7:6; 6:14,15...)(ons is nie onder die wet nie, maar onder die genade) - dit beteken nie dat die wet tot niet is nie (want inteendeel het wette 'n sterker betekenis gekry in die N.T.)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-evangelie-vd.html), maar in hierdie opsig is die wet VERVUL!  -want die wet was nie volkome nie:  

1.  want alhoewel die wil van die Vader bekend gemaak is deur die wet, het almal dit nie volkome verstaan nie (Luk. 10:25-37; Mark. 10:17-23) - hulle het dus nie die waarheid volkome geken of verstaan nie en sekere kennis was ook nog verborge onder die ou bedeling (Matt. 13:35);
2.  en alhoewel die wet hoop gegee het vir die wat onder die wet is, kon niemand staatmaak op die wet nie omdat niemand dit kon onderhou nie en het dus onder die vloek van die wet geval (Gal. 3:10,13);
3.  en alhoewel die offerdiens van die wet reiniging kon teweeg bring, kon dit ons nie van alle sonde reinig nie en moes dit terloops oor en oor gebring word (Hebr. 9:25; 10:10 ens.)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/10/rein-onrein-verontreinigingreinig.html);  en kon ook nie die gewete volkome reinig nie (Hebr. 9:9-16).
_________________________________________________________________________________
(Gal 6:4)  Maar laat elkeen sy eie werk op die proef stel; ..............................(Gal 6:7)  Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.(Gal 6:8)  Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maaimaar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------