Wys tans plasings met die etiket vreemdeling. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket vreemdeling. Wys alle plasings

Sondag 25 September 2022

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (4)

Vir vorige opsomming op hierdie onderwerp, gaan na:
- (bekleding) https://warechristene.blogspot.com/2020/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
_________________________________________________________________________________
In hierdie reeks van "honger, dors, vreemdeling, naak, siek en opgesluit"-poste, is die klem wel op BARMHARTIGHEID en gebaseer op Matt. 25, maar daar word veral gekyk na die skriftuurlike asook geestelike betekenis van sulke woorde (honger, dors, bekleding, siek ens.).  In hierdie pos kyk ons na "vreemdeling" en "herberg", en of daar 'n geestelike betekenis ook agter dit is.

(Mat 25:35)  "Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee".

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk eerste in op die woorde "vreemdeling" en "herberg":

Vreemdeling:
Die woord "vreemdeling" verwys na iemand wat vreemd is in 'n land, bv. kan na 'n uitlander of bywoner verwys, bv. iemand van 'n ander land wat nie ditto taal praat nie of nie bekend is met die plaaslike wette en nuus nie, ens. Die begrip "vreemdeling" verwys nie noodwendig net na iemand wat tydelik in 'n land vertoef nie, maar kan ook verwys na 'n uitlander wat permanent daar bly (bv. nie daar gebore nie, maar 'n burger vd land geword). In Skrif konteks sal die woord vreemdeling bv. verwys na 'n heiden in plaas van 'n Jood...,  en "vreemdelinge" was nie altyd dieselfde hanteer nie, bv. die bywoner was net tydelik daar en daar was natuurlik nie van hulle verwag om hulle te besny nie, maar van 'n uitlander wat onder die volk ingekoop is was daar verwag om hom te besny....  
Vir 'n studie om die begrippe "vreemdeling, bywoner of uitlander" beter te verstaan, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2022/04/vreemdeling-bywoner-uitlander.html.

Herberg:
'n Herberg is 'n plek vir reisigers - waar iemand oorbly vir 'n tydperk - is 'n oorbly/oornagplek... (Luk. 10:35;Jer. 9:2)(Gen. 42:27; Eks. 4:24; Luk. 2:7; 9:12; 10:34,35; Fil. 1:22, ens). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Christene as VREEMDELINGE voorgestel:
Christene word somtyds "bywoners" en "vreemdelinge" genoem (1 Pet. 2:11; 1:1) - hoekom?  Want nie almal wat Christene is is gebore onder die Hebreeuse volk nie.  In daardie opsig kan ons onderskei tussen heidene en Jode, alhoewel Christene bestaan uit sowel "heidene" (wat tot bekering gekom het - die wat glo in Jesus Christus) asook "Jode"  (die wat deel is vd Hebreeuse volk - is onder hulle gebore) wat GLO in Jesus Christus. In daardie opsig is die "heidene wat tot geloof gekom het" eintlik bywoners en vreemdelinge wat onder die volk ingekoop is... -bv., hier word onderskei tussen "kind vd land/kinders vd volk" (die wat onder die volk gebore is) en "vreemdeling wat deel geword het vd land/het 'n kind vd volk geword"). Die Christelike doop is o.a. 'n teken van hoe iemand deur geloof in Jesus Christus "kinders word van Abraham" / kinders vd geloof (Gal. 3:26-29; Rom. 9:7,8; 4:11-16; Rom. 6:3-6; 1 Pet. 3:21; Gal. 3:27) word. Hierdie groep bywoners/vreemdelinge (wat onder die volk van geroepenes ingekoop is) is nou deel van die uitverkore geslag, en is deel vd kinders vd koninkryk (is nou "kinders van Abraham" ('n koninklike priesterdom, 'n heilige volk) - 'n volk as eiendom verkry...:
(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
(1Pe 2:11)  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

IN HIERDIE OPSIG WORD DAAR AAN DIE HEIDENE  WAT TOT GELOOF KOM  BARMHARTIGHEID BEWYS... - soos bywoners en vreemdelinge aan wie barmhartigheid bewys is. Bestudeer gerus die term "evangelie van vrede" om hierdie beter te verstaan (Hy is Here van almal / geen onderskeid tussen Jood en nie-Jood nie). 
- (1) DEELS WORD DIE HEIDEN WAT TOT GELOOF GEKOM HET DUS NA VERWYS AS "VREEMDELINGE" IN DIE SIN VAN HOE HULLE MOET TOT INSIG GEBRING MOET WORD MET WAT VAN HULLE VERWAG WORD NOU DAT HULLE "BLY" ONDER DIE KINDERS VD KONINKRYK;  
- (2) MAAR DEELS WORD DIE HEIDEN WAT TOT GELOOF GEKOM HET OOK VOORGESTEL SOOS "MEDEBURGERS" (en dus nie meer vreemdelinge en bywoners nie), IN DIE SIN VAN DAT HULLE NOU MEDEBURGERS IS VD HEILIGES EN HUISGENOTE VAN GOD. (Ef. 2:19  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God). Heidene wat tot geloof gekom het word dus gesien as "vreemdelinge", maar nie soos iemand wat net tydelik in 'n land vertoef nie, maar soos uitlanders wat onder die volk ingekoop is. Hetsy gebore as 'n Jood of heidene wat tot geloof gekom het, Christene is onder die reels van die koninkryk van God, en alhoewel hulle nie onder die wet van Moses is nie (is "vry vd wet"), is hulle wel onder 'n wet... (nl., is onder Jesus Christus / is onder die Heilige Gees).

Nog skrifte wat kan lig werp op hierdie onderwerp:
1Pe_1:1  Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië,
1Pe_2:11  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
3Jn_1:5  Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge,

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kinders vd koninkryk soos VREEMDELINGE op die huidige aarde:

Wat beteken dit? Alhoewel Christene elkeen aan 'n aardse koninkryk behoort, is hulle ook deel van die "koninkryk van God" (of ook genoem "koninkryk vd hemele")(Ef. 2:12 - "dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld"). Dit is 'n feit dat "geestelike mense" verskillend "dink en sien" van "natuurlike mense" (want geestelike mense is weergebore en het die Heilige Gees, maar natuurlike mense het nie die Heilige Gees nie).  Die geestelike mens het nie 'n keuse nie as om te vertroef op hierdie aarde, huidiglik "soos 'n vreemdeling", en smag na 'n "hemelse tuiste/herberg" (Jer. 9:2) - hulle begeerte is 'n hemelse burgerskap. God se koninkryk sal wel ook fisies op die aarde wees eendag, maar op die oomblik is dit slegs hier op 'n geestelike manier;  bv., Christene is alreeds deel van God se koninkryk, tog soos vreemdelinge op die aarde omdat hulle nie die land besit nie (bv., hulle is wel onder die Here se wet, maar ook onder die wet vd land waarin hulle bly) - hulle besit nie nou die aarde nie maar sal dit eendag besit..., en dan is hulle nie meer "vreemdelinge" nie. Dan is hulle "seuns"

Abraham was ook oorspronklik 'n voorbeeld van 'n "vreemdeling" - hy was iemand wat 'n "beter land" in die geloof verwag het (al het hy dit nie in sy leeftyd gekry nie) - hy het weggetrek van sy vaderland na 'n plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang... - as vreemdeling daar gaan woon (in die land van belofte)(Hebr. 11:8-10). Op ditto wyse is Christene soos vreemdelinge en bywoners op die aarde "wat 'n vaderland soek", nl. 'n beter een, nl. 'n hemelse een!  
(Heb 11:13)  In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
(Heb 11:14)  Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek.
(Heb 11:15)  En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.
(Heb 11:16)  Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei.

In die "volgende eeu" sal Jesus Christus oor die hele aarde regeer en Sy ewige koninkryk oprig.  Die "koninkryk van God" word ook na verwys as "koninkryk vd hemele" (is inderdaad ook 'n hemelse koninkryk, en Jesus sal terugkom vanaf die hemel om Sy ewige koninkryk op te rig, wat sal begin met 'n 1000-jaar regering...)(Dan. 2:44). Na regte is alle mag alreeds oorgegee aan die Seun, maar Hy sal fisies die koningskap opneem wanneer Hy terugkom - dan sal die opstanding vd heiliges eers plaasvind, en wanneer dit gebeur sal die wat opstaan tot lewe die aarde beerwe - hulle sal regeer, sal konings en priesters wees... (Ef. 1:20-22; Matt. 28:18; Rom. 14:9; Hand. 10:36; Fil. 2:9-11; Hebr. 1:2,8; 1 Pet. 3:22; ens.)(1Kor. 15:27 - "Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het"). Met "die opstanding" word hierdie aanneming tot kinders heeltemal voltrek. 

Huidiglik kan die aarde miskien meer voorgestel word eerder soos 'n HERBERG as wat dit aan enige iemand behoort;  bv., elkeen betaal vir die grond waarop hy bly, belastings ens. (net soos jy vir 'n herberg geld betaal om daar te kan vertoef - Luk_10:35). Na regte is Christene seuns, tog soos vreemdelinge op die aarde... (Matt.17:25-27 - "Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting—van hulle seuns of van die vreemdelinge? Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry. Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou"). Dis barmhartig wanneer jy aan 'n vreemdeling herberg (Fil. 1:22) gee (en hulle dus soos "seuns" behandel);  op ditto wyse is die Here gunstig op die wat Sy kinders (wat soos vreemdelinge in hierdie wereld is) barmhartig is. Maar die Here verwag ook van ons om barmhartig te wees teenoor die wat "vreemdelinge is van die koninkryk van God" - bv., baiemaal is daar mense wat tydelik onder die kinders vd koninkryk beweeg (soos "bywoners"), en ons moet aan hierdie mense barmhartig wees. Op ditto wyse word daar van 'n Jood verwag om uitlanders wat onder die volk ingekoop is (soos heidene wat tot geloof gekom het), verwag om daardie "uitlanders" barmhartig te wees.  

In die geloof wag Christene op die opstanding (wanneer die "aanneming tot kinders" voltrek word) en die belofte om die aarde te beërwe (soos Abraham en die vaders gewag het op die beloofde land). (Hebr.11:13 - "In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was"). Ons is wel nou vreemdelinge en bywoners, maar sal eendag die aarde beërwe... 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Maandag 04 April 2022

Vreemdeling / bywoner / uitlander

In hierdie pos kyk ons na die betekenis van die woorde (1) UITLANDER, en (2) BYWONER, en (3) VREEMDELING in die Skrif.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(1) UITLANDER:

Die begrip "uitlander" verwys na iemand wat van 'n ander land kom ("uitlander" is die Hebr. woord " nok-ree' ", wat beteken vreemdeling, iemand wat van 'n ander land kom);  in die Skrif verwys dit verwal na iemand wat 'n heiden is, in die sin van "nie gebore onder die Hebreeuse volk nie" (en is dus nie besny nie). 'n Uitlander is inderdaad 'n vreemdeling, maar word somtyds in die konteks gebruik van iemand wat onder die volk ingekoop is... - hulle is bv. anders hanteer as die gewone uitlander, want in daardie geval het die persoon deel geword vd volk (is 'n "uitlander" wat besny is).

Skrifte (wat in konteks gelees moet word):
Exo_12:43  Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie.
Lev_22:25  en uit die hand van ‘n uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle God geen spys bring nie, want hulle verminking is aan hulle, ‘n liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.
Deu_14:21  Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan ‘n uitlander verkoop; want jy is ‘n heilige volk aan die HERE jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
Deu_15:3  Die uitlander mag jy aanmaan; maar wat jy by jou broer het, moet jou hand kwytskeld.
Deu_17:15  dan moet jy sekerlik ‘n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.
Deu_23:20  Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
Deu_29:22  En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit ‘n ver land kom, sal sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat die HERE daarin laat uitbreek het—
2Sa_15:19  En die koning sê vir Ittai, die Gittiet: Waarvoor sou jy ook met ons saamgaan? Draai om en bly by die koning, want jy is ‘n uitlander en ook ‘n balling uit jou woonplek.
1Ki_8:41  Ja, ook na die uitlander wat nie van u volk Israel is nie, en uit ‘n ver land ter wille van u Naam kom—
1Ki_8:43  wil U dan hoor uit die hemel, u vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken, om U te vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat u Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.
2Ch_6:32  Ja, ook na die uitlander wat nie uit u volk Israel is nie en uit ‘n ver land kom om u grote Naam en u sterke hand en u uitgestrekte arm ontwil, as hulle kom en na hierdie huis toe bid,
2Ch_6:33  wil U dan hoor uit die hemel, uit u vaste woonplek, en doen volgens alles waaroor die uitlander U sal aanroep, sodat al die volke van die aarde u Naam mag ken en U vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat u Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het.
Pro_5:10  sodat vreemdes hulle nie versadig met jou vermoë en jou moeitevolle arbeid in die huis van ‘n uitlander kom nie
Isa_56:3  En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is ‘n droë boom nie.
Eze_44:9  So sê die Here HERE: Geen uitlander, onbesnede van hart en onbesnede van vlees, mag in my heiligdom ingaan, van al die uitlanders wat onder die kinders van Israel is nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2) BYWONER:

"Bywoner" is die Hebr. woord " to-shawb' ", wat verwys na 'n "vreemdeling wat vertoef" (tydelik vertoef, nie permanent daar bly nie). 'n Goeie vb. om die woord "bywoner" te verstaan is Moses wat na die land Midian gevlug het... - daar was hy 'n "bywoner" (Hand. 7:29)(hy het daar tydelik vertoef, en in die tyd 'n vrou geneem en twee seuns gehad...). In hierdie geval is 'n bywoner eintlik maar 'n vreemdeling en leef onder die volk, maar is nie deel vd volk nie en het ook nie ditto wette nie...

Skrifte:
Gen_23:4  Ek is ‘n vreemdeling en bywoner onder julle. Gee my ‘n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe.
Lev_22:10  Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. ‘n Bywoner van ‘n priester en ‘n dagloner mag nie eet wat heilig is nie.
Lev_25:6  En die opbrings van die sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en jou slaaf en jou slavin en jou dagloner en jou bywoner wat by jou vertoef,
Lev_25:35  En as jou broer by jou verarm en agterraak, moet jy hom ondersteun, soos ‘n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe.
Lev_25:40  Soos ‘n dagloner, soos ‘n bywoner moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;
Lev_25:47  En as ‘n vreemdeling of bywoner by jou vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan ‘n vreemdeling of bywoner by jou verkoop, of aan ‘n familielid uit die geslag van ‘n vreemdeling,
Num_35:15  Vir die kinders van Israel en die vreemdeling en die bywoner onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk ‘n mens doodgeslaan het.
Psa_39:13  Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is ‘n vreemdeling by U, ‘n bywoner soos al my vaders.
Act_7:29  En Moses het op hierdie woord gevlug en ‘n bywoner geword in die land Mídian, waar hy die vader van twee seuns geword het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

(3) VREEMDELING:

- (1)  Die woord "VREEMDELING" is die Hebr. woord "goor" of "gare" (Gen. 12:10; 19:9; 20:1; 21:23,34; 23:4; 32:4; 35:27; Eks. 2:22; 12:19; 18:3; 22:21; 23:9; Lev. 16:29 ens.) wat verwys na iemand wat in 'n vreemde plek bly - is 'n uitlander (die plek waar hy bly is nie sy werklike tuiste nie). Bv., Abram het na Egipte afgetrek om daar as vreemdeling te vertoef (Gen. 12:10) omdat daar hongersnood was in die beloofde land - hy was dus soos 'n gas in Egipte (Egipte was nie sy tuiste nie). Abram het in die Suidland gaan vertoef as vreemdeling (Gen. 20:1).  Nog 'n vb.  is Gen. 19:9 van Lot wat in Sodom gaan bly het maar soos 'n vreemdeling daar gesien is. Oorspronklik was die Hebreeuse volk ook soos vreemdelinge in die beloofde land, maar die land was aan hulle nageslag belowe. God het vir Isak gevra om liewer daar te vertoef as om na Egipte te gaan toe daar weer hongersnood kom soos in die dae van Abraham - om m.a.w. liewer in die beloofde land as vreemdeling te vertoef as in Egipte, omdat hierdie land aan sy nageslag belowe was (Gen. 26:3). Nog vb.e is Gen. 32:4 van Jakob wat as 'n vreemdeling by Laban vertoef het;  en Eks. 2:22 van Moses wat as vreemdeling in Midian vertoef het (na regte was sy tuiste Egipte want dit is waar hy grootgeword het, maar hy het die volk uiteindelik teruggelei na hulle beloofde tuiste, die beloofde land). 

'n Vreemdeling is 'n vreemdeling in die opsig van "praat nie dieselfde taal nie" (1 Kor. 14:11), of is nie noodwendig op datum met die plaaslike nuus nie (Luk. 24:18). 

Samaritane was ook gesien as vreemdelinge (Luk. 17:16,18) - die Jode het geen gemeenskap gehou met Samaritane (mense van Samaria) nie (Joh. 4:9)...  

- (2) 'n Ander Hebr. woord vir vreemdeling wat eintlik as "BYWONER" gebruik word, is die Hebr. woord "to-shawb'", wat ook verwys na 'n vreemdeling maar meer tydelik as permanent - soos 'n tydelike vreemdeling. In Num. 35:15 het dieselfde wet bv gegeld vir bywoners as vir "kinders van Israel" en "vreemdelinge" (Deut. 14:21) - ons kan miskien hier onderskei tussen die vreemdeling wat gekoop is om onder die volk te bly en die vreemdeling wat tydelik in die land vertoef (Gen. 17:12; Deut. 14:21), want vd wat gekoop is is bv verwag om dieselfde wette te hou, terwyl wette somtyds anders vir die vreemdeling wat tydelik vertoef.  Bv., die vreemdelinge wat gekoop is, was ook gesien as onrein as hulle aas eet en moes 'n sekere ritueel volg... (Lev. 17:15), maar in 'n ander opsig mag aas verkoop word aan die vreemdeling om dit te eet...  In daardie opsig was nie alle "vreemdelinge" gesien of behandel as deel vd afgesonderde (heilige) volk nie. 

- (3) OF "vreemdeling" is die Hebr. woord "nay-kawr'" (Gen. 17:12) wat beteken "UITLANDER", of word ook gebruik om te verwys na heidene -in die sin van dat heidene nie Jode is nie. 'n Uitlander is bv. tipies iemand onbesnede van hart en onbesnede van vlees (Eseg. 44:9). In hierdie geval kan vreemdelinge verwys na die wat nie uit die Hebreeuse volk gebore is nie maar gekoop is en onder die volk bly - hulle is dus eintlik "heidene" (uitlanders) maar hierdie groep vreemdelinge word behandel soos Jode... - omdat hulle onder die volk ingekoop is. Hierdie "vreemdelinge" moes bv. ook besny word (asook die sabbat hou - Eks. 20:10), nie omdat hulle daar gebore is nie maar gekoop om onder die volk te bly, of verwys dus na iemand wat vir geslagte onder 'n volk bly... - Num. 15:14 (en word behandel as deel vd volk)(vgl. dit ook met Eks. 12:19 waarin ons sien dat "vreemdeling" hier verwys na iemand wat nie daar gebore is nie - is m.a.w. nie 'n "kind vd land" nie). (Eks. 12:48 - "En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie"). In hierdie opsig het 'n "vreemdeling" beslis verwys na iemand wat nie 'n kind vd land is nie - is nie daar gebore nie. Daar word dus hier onderskei tussen "kind vd land" en "vreemdeling" (wat 'n kind vd land geword het). "Vreemdelinge" onder die volk mag nie gekwel of verdruk word (daar mag nie geweld teenoor hulle gebruik word) nie (Eks. 22:21). God het van die kinders vd land (die wat daar gebore is) verwag om hierdie barmhartigheid aan die "vreemdelinge" te bewys (omdat hulle self terloops ook vreemdelinge was in Egipte en weet hoe hulle self ook barmhartigheid nodig gehad het! - Eks. 23:9). (Lev 19:33-36 - "En as ‘n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie. Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ‘n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God. Julle mag geen onreg doen in die gereg, in lengtemaat, gewig of inhoudsmaat nie. Julle moet ‘n regte weegskaal hê, regte weegstene, ‘n regte efa en ‘n regte hin. Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het"). 'n Vreemdeling (die gekooptes wat onder die volk vertoef) was dus behandel soos 'n kind vd volk, en moes ondersteun word (Eks. 25:35 - sodat hulle by die volk kon lewe). Die kinders vd land mag nie partydig wees nie en moes ook die vreemdeling onder hulle "regverdig oordeel" (Deut. 1:16). God het ook die vreemdeling lief (en voorsien aan hom brood en klere), en verwag vd "kinders vd land" om dieselfde te doen - om ook die vreemdeling lief te hê (Deut. 10:18,19).   Die sabbat was nie net bedoel vir die kinders vd land nie (om te rus) nie, maar ook vir die "vreemdelinge" (sodat hulle ook kan rus)(Eks. 23:12).  Dit sou bv. verkeerd wees om self te rus op die sabbat maar van jou werkers (bv., in hierdie geval "die seun van jou slavin of die vreemdeling", te verwag om te werk - in daardie opsig was dit vd vreemdelinge ook verwag om die sabbat te hou - Eks. 20:10; Lev. 16:29). Ander barmhartigheid was ook aan hulle bewys, bv. Lev. 19:10 - die opbrings was nie alles afgeoes of wingerd skoongeoes nie, ter wille vd arme en vreemdeling... (kyk ook Lev. 23:22).  
Die "vreemdelinge" moes ook ander dinge hou (omdat hulle behandel is as deel vd volk - Num. 9:14; 15:14-16 ens.), bv. mag (net soos die kinders vd land) nie bloed eet nie - Lev. 17:12 - kyk ook ander wette, bv. Lev. 17:15 - was onrein as hulle aas of iets wat verskeur is geëet het, en moes ook dieselfde rituele volg... (v.16; Num. 19:10)). Die "vreemdelinge" onder die volk moet ook God se wette onderhou (Lev. 18:26; 24:22), bv. mag nie die Naam vd Here laster nie (:ev. 24:16); mag nie afgodspraktyke beoefen nie (Lev. 18:1-3, 21); moes die reels van "skaamte ontbloot" gehoorsaam, bv. wanneer geoorloof en wanneer nie... (Lev. 18:4-20, 22,23). Die "vreemdelinge" onder die volk was dus soos die volk behandel en het ook gedeel in die voordele, bv. kon ook versoening van sondes kry (Num. 15:26,29). 

- (4) Volgens Deut. 18:6 is die Leviete ook gesien soos "vreemdelinge" omdat hulle soos vreemdelinge onder die volk vertoef het - siende hulle nie grond van hulle eie gehad het nie maar slegs stede en grond vir hulle vee wat aan hulle gegee is op ander stamme se grond (Lev. 25:32; Num. 35:2-8; Jos. 21:1-45). Die Levietise stam was nie "vreemdelinge" in die sin van heidene of uitlanders nie, maar in die sin van dat hulle nie hulle eie grond besit het nie. Hulle "erfdeel" lyk anders as die res vd volk (Deut. 18:1-5)... Die priesters het die tiendes en die eerstelinge van alles gekry.   Toe die eersgebore seuns hulle priesterlike pligte versuim en hulle ongehoorsaam is aan die Here en die volk afvallig maak (bv. die insident vd goue kalf)(Num. 2:41-51), was hulle priesterlike pligte van hulle weggeneem en aan die Leviete gegee.  Daarom moes die volk bv. die eersgeborenes "loskoop" sodat die Leviete in hulle plek vir hulle diens kon verrig (dit dan terloops o.a. die doel vd teken op die hand en voorhofsband... - Eks. 13:16)

Skrifte:
Gen_12:10  En daar was hongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.
Gen_17:12  ‘n Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie—
Gen_19:9  Toe antwoord hulle: Gee pad daar! En hulle sê: Hierdie een het gekom om hier as vreemdeling te vertoef en wil tog gedurig die baas speel. Nou sal ons jou meer kwaad doen as aan hulle. En hulle het sterk op die man, op Lot, aangedring en nader gekom om die deur oop te breek.
Gen_20:1  En Abraham het daarvandaan weggetrek na die Suidland en gaan woon tussen Kades en Sur en in Gerar as vreemdeling vertoef.
Gen_21:23  Sweer dan nou vir my hier by God dat jy met my en my kroos en my nageslag nie vals sal handel nie; dieselfde guns wat ek jou bewys het, moet jy aan my bewys en aan die land waarin jy as vreemdeling vertoef.
Gen_21:34  En Abraham het baie dae as vreemdeling in die land van die Filistyne vertoef.
Gen_23:4  Ek is ‘n vreemdeling en bywoner onder julle. Gee my ‘n graf as besitting by julle, dat ek my dode van my af weg kan begrawe.
Gen_26:3  Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het.
Gen_32:4  en aan hulle bevel gegee met die woorde: So moet julle aan my heer, aan Esau, sê: So sê Jakob, u dienaar—ek het as vreemdeling vertoef by Laban en daar gebly tot nou toe;
Gen_35:27  En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.
Exo_2:22  En toe sy ‘n seun baar, het hy hom Gersom genoem. Want hy het gesê: Ek het ‘n vreemdeling in ‘n vreemde land geword.
Exo_12:19  Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al ‘n vreemdeling is of ‘n kind van die land.
Exo_12:48  En as ‘n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos ‘n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.
Exo_12:49  Een wet moet geld vir die kind van die land en vir die vreemdeling wat onder julle vertoef.
Exo_18:3  en haar twee seuns. (Die naam van die een was Gersom, want hy het gesê: Ek het ‘n vreemdeling geword in ‘n vreemde land;
Exo_20:10  maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
Exo_22:21  Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
Exo_23:9  Jy mag die vreemdeling ook nie verdruk nie; want julle ken self die gemoed van ‘n vreemdeling, omdat julle vreemdelinge in Egipteland gewees het.
Exo_23:12  Ses dae moet jy jou werk verrig, maar op die sewende dag moet jy rus, dat jou os en jou esel kan uitrus en die seun van jou slavin en die vreemdeling kan asem skep.
Lev_16:29  En dit moet vir julle ‘n ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en géén werk doen nie die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.
Lev_17:12  Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
Lev_17:15  En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, ‘n kind van die land sowel as ‘n vreemdeling, moet sy klere was en ‘n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.
Lev_18:26  Maar júlle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.
Lev_19:10  Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
Lev_19:33  En as ‘n vreemdeling by jou in julle land vertoef, mag julle hom nie verdruk nie.
Lev_19:34  Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos ‘n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.
Lev_23:22  En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
Lev_24:16  En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.
Lev_24:22  Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.
Lev_25:35  En as jou broer by jou verarm en agterraak, moet jy hom ondersteun, soos ‘n vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe.
Lev_25:47  En as ‘n vreemdeling of bywoner by jou vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan ‘n vreemdeling of bywoner by jou verkoop, of aan ‘n familielid uit die geslag van ‘n vreemdeling,
Num_9:14  En as ‘n vreemdeling by julle vertoef en die pasga vir die HERE hou, moet hy dit hou volgens die insetting van die pasga en volgens die verordening daarvan. Dit moet een insetting vir julle wees, vir die vreemdeling sowel as die kind van die land.
Num_15:14  En as ‘n vreemdeling by julle vertoef, of hy wat vir geslagte onder julle is, en ‘n vuuroffer van lieflike geur vir die HERE berei—soos julle doen, so moet hy doen.
Num_15:15  Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. ‘n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees.
Num_15:16  Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.
Num_15:26  Dit sal dan die hele vergadering van die kinders van Israel vergewe word, ook die vreemdeling wat onder hulle vertoef; want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom.
Num_15:29  Wat die kind van die land onder die kinders van Israel aangaan en die vreemdeling wat onder hulle vertoef—een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen.
Num_19:10  En die een wat die as van die koei bymekaargemaak het, moet sy klere was en sal tot die aand toe onrein wees. En dit moet vir die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef, ‘n ewige insetting wees.
Num_35:15  Vir die kinders van Israel en die vreemdeling en die bywoner onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk ‘n mens doodgeslaan het.
Deu_1:16  En ek het in dié tyd aan julle regters bevel gegee en gesê: Neem julle broers in verhoor en oordeel regverdig tussen ‘n man en sy broer en die vreemdeling wat by hom is.
Deu_5:14  maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.
Deu_10:18  wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.
Deu_10:19  Daarom moet julle die vreemdeling liefhê, want julle was vreemdelinge in Egipteland.
Deu_14:21  Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan ‘n uitlander verkoop; want jy is ‘n heilige volk aan die HERE jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
Deu_14:29  dan moet die Leviet kom—omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie—en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.
Deu_16:11  En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.
Deu_16:14  En jy moet vrolik wees op jou fees, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is.
Deu_18:6  En as ‘n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele Israel waar hy as vreemdeling vertoef, en hy na hartelus kom na die plek wat die HERE sal uitkies,
Deu_23:7  Die Edomiet moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want hy is jou broer; die Egiptenaar moet jy nie as ‘n gruwel beskou nie, want jy was ‘n vreemdeling in sy land.
Deu_24:17  Jy mag die reg van vreemdeling en wees nie verdraai nie en die kleed van ‘n weduwee nie as pand neem nie.
Deu_24:19  As jy jou oes op jou land insamel en ‘n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.
Deu_24:20  As jy jou olywe afslaan, moet jy nie agter jou in die takke rond soek nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.
Deu_24:21  As jy jou wingerd oes, moet jy agter jou nie skoon afoes nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees.
Deu_26:5  Dan moet jy voor die aangesig van die HERE jou God verklaar en sê: My vader was ‘n swerwende Arameër en het na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met min mense; maar hy het daar ‘n groot, magtige en talryke nasie geword.
Deu_26:11  En jy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat die HERE jou God jou en jou huis gegee het; jy en die Leviet en die vreemdeling wat by jou is.
Deu_26:12  As jy al die tiendes van jou opbrings klaar afgesonder het in die derde jaar, die jaar van die tiendes, dan moet jy aan die Leviet, die vreemdeling, die wees en die weduwee gee, dat hulle in jou poorte kan eet en versadig word.
Deu_26:13  En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God sê: Ek het die heilige goed uit die huis weggebring en dit ook aan die Leviet en die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, geheel en al volgens u gebod wat U my beveel het; ek het geeneen van u gebooie oortree of vergeet nie.
Deu_27:19  Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.
Deu_28:43  Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër oor jou opklim; en jy sal laer en laer afsak.
Deu_29:11  julle kinders, julle vroue en jou vreemdeling wat binne-in jou laer is, jou houtkapper sowel as jou waterputter,
Deu_31:12  Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om die HERE julle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou.
Jos_8:33  terwyl die hele Israel met sy oudstes en die opsigters en sy regters aan weerskante van die ark staan—teenoor die Levitiese priesters, die draers van die verbondsark van die HERE—die vreemdeling sowel as die kind van die land: die een helfte daarvan teen die berg Gerísim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moses, die kneg van die HERE, tevore bevel gegee het om die volk van Israel te seën.
Jos_8:35  Daar was geen woord van alles wat Moses beveel het, wat Josua nie voorgelees het voor die hele vergadering van Israel, met die vroue en die kinders en die vreemdeling wat onder hulle saamgetrek het nie.
Jos_20:9  Dit is die stede wat bepaal was vir al die kinders van Israel en vir die vreemdeling wat onder hulle vertoef; sodat elkeen wat per ongeluk ‘n mens doodgeslaan het, daarheen sou kan vlug en nie hoef te sterf deur die hand van die bloedwreker voordat hy voor die vergadering gestaan het nie.
Jdg_17:7  En daar was ‘n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was ‘n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.
Jdg_19:1  En in dié dae was daar geen koning in Israel nie. En ‘n Levitiese man het as vreemdeling vertoef agter in die gebergte van Efraim; en hy het vir hom ‘n vrou, ‘n byvrou, geneem uit Betlehem-Juda.
Jdg_19:16  Maar kyk, in die aand kom daar ‘n ou man uit die veld van sy werk af, en die man was van die gebergte van Efraim afkomstig en het in Gíbea as vreemdeling vertoef; maar die manne van die plek was Benjaminiete.
Rth_1:1  En in die dae toe die rigters geregeer het, was daar hongersnood in die land; daarom het ‘n man uit Betlehem-Juda weggetrek om as vreemdeling te vertoef in die veld van Moab, hy en sy vrou en sy twee seuns.
Rth_2:10  Toe val sy op haar aangesig en buig na die aarde toe en sê vir hom: Waarom het ek genade in u oë gevind, dat u in my belang stel alhoewel ek ‘n vreemdeling is?
1Ki_17:20  en hy het die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, ‘n onheil gebring deur haar seun te laat sterwe?
2Ki_8:1  En Elísa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want die HERE het ‘n hongersnood geroep—wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.
2Ki_8:2  Die vrou maak haar toe klaar om te doen volgens die woord van die man van God: sy het getrek met haar huisgesin en as vreemdeling sewe jaar lank in die land van die Filistyne vertoef.
Ezr_1:4  En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef—hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.
Job_15:19  aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.
Job_31:32  (die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!)
Psa_39:13  Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is ‘n vreemdeling by U, ‘n bywoner soos al my vaders.
Psa_94:6  Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese
Psa_105:23  Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam.
Psa_119:19  Ek is ‘n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.
Psa_120:5  Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
Isa_14:1  Want die HERE sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob.
Isa_52:4  Want so sê die Here HERE: In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.
Jer_7:6  vreemdeling, wees en weduwee nie verdruk nie en geen onskuldige bloed in hierdie plek vergiet nie en agter ander gode nie aan loop tot julle eie skade nie—
Jer_14:8  o Verwagting van Israel, sy Verlosser in tyd van benoudheid! Waarom sou U wees soos ‘n vreemdeling in die land en soos ‘n reisiger wat uitdraai om te vernag?
Jer_22:3  So spreek die HERE: Doen reg en geregtigheid, en red die beroofde uit die hand van die verdrukker; en doen geen skade, geen geweld aan vreemdeling, wees en weduwee nie, en vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie.
Eze_22:7  Hulle het vader en moeder in jou verag, die vreemdeling in jou met geweld behandel, wees en weduwee in jou verdruk.
Eze_22:29  Die mense van die land pleeg geweld en eien hulle geroofde goed toe; ook verdruk hulle die ellendige en behoeftige, en teenoor die vreemdeling pleeg hulle geweld sonder reg.
Eze_47:23  En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here HERE.
Zec_7:10  En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie.
Mal_3:5  En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal ‘n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.
Mat_25:35  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
Mat_25:38  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
Mat_25:43  Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.
Mat_25:44  Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?
Luk_17:18  Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?
Luk_24:18  En die een wie se naam Kléopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen ‘n vreemdeling in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin gebeur het nie?
1Co_14:11  As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker ‘n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my ‘n vreemdeling wees.
Heb_11:9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 05 Maart 2018

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (3) - DORS

Vir ander poste oor hierdie onderwerp, gaan na:
-  Inleiding: http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek-en.html
-  Honger: http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
-  Bekleding: https://warechristene.blogspot.com/2020/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html


Natuurlik gaan hierdie tema oor letterlike BARMHARTIGHEID, maar in hierdie poste kyk ons nie net na die letterlike gebaar van barmhartigheid nie, maar veral na die GEESTELIKE.
_________________________________________________________________________________
Wat is die figuurlike of "geestelike" betekenis van 
"om  dors te wees", 
of wat beteken dit om vir iemand geestelik 
iets te drinke gee
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING en INLEIDING:

Die belangrikheid van water is regdeur die Bybel. In die skepping het water 'n belangrike rol gespeel (2 Pet. 3:5)(maar natuurlik nie sonder die woord van God nie). Op verskeie geleenthede is water gebruik as die middel waardeur genesing tot stand gebring is (Joh. 5:3-7; 2 Kon. 5:10).  "LEWE" word ook verskeie male voorgestel soos water (omdat water lewe gee)(Openb. 22:1 ens.).  Selfs in die Christelike doop is water 'n teken van lewe - afwassing van die oue en opstaan in nuwe lewe (Hebr. 10:22; Hand. 10:47...)(1 Joh. 5:8 - "en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die WATER en die bloed, en die drie is eenstemmig"). Joh 3:5 - "Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit WATER en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie". 

'n Plant wat nie water kry nie, gaan dood.  Gelowiges word soos bome voorgestel omdat hulle soos saad geplant word in die wereld om vrug te dra.  Ons het reeds op 'n vorige geleentheid gekyk na die belangrikheid van VRUG DRA (http://warechristene.blogspot.co.nz/p/blog-page.html).  Net soos saad o.a. WATER nodig het om te groei (en vrug dra), net so word ons soos saad in die wereld gesaai om vrug te dra - maar het "WATER" nodig (en as ons nie water kry nie, sal ons doodgaan). Die vraag is dus nou waarna presies hierdie (geestelike) "water"verwys.  Om te verstaan wat dit beteken om geestelik dors te wees, moet ons verstaan waarna water in hierdie geval "figuurlik" verwys. Wat is die water waarna ons dors?, en waarna verwys hierdie water wat ons as gelowige lote nodig het om te kan groei...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Natuurlik moet daar ook stilgestaan word by die soort SAAD wat gesaai word...  "Saad" word somtyds as beeldspraak gebruik vir "nageslag", en vir "gelowiges", maar verwys bv. nie altyd na "goeie saad" nie (dus, verwys nie noodwendig na "koring" (ware gelowiges) nie, maar kan ook na "onkruid" (voorgee-gelowiges) verwys). "Saad" word in beeldspraak gebruik vir verskillende dinge, en natuurlik moet dit ook in daardie konteks bestudeer word.  Dit kan bv. ook verwys na die woord van God (sien volgende paragraaf).
Waar saad verwys na gelowiges, moet ons verstaan dat elke "saad" (gelowige/boom) water nodig het. Enige plant wat te min water kry, sal wegkrimp en die wortel begin vrot;  en as dit te lank sonder water gaan, sal dit doodgaan. Daarom moet ons DORS na die water wat LEWE gee, die water wat Christus Jesus gee.  As ons nie in Hom glo en in Hom bly nie, dan sal ons soos 'n plant sonder water doodgaan. Joh 15:5 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie"

Verder is ons self ook uit grond gemaak en die saad wat in ons grond geplant word het 'n effek op ons groei (en vrug).  In 1 Pet. 1:23 verwys "saad" na die Woord van God - wanneer die woord van God (die waarheid) in ons grond gesaai word, dan bring dit lewe voort;  maar as daar verkeerde saad (bv. valse leerstellings) in ons grond gesaai word kan dit die dood voortbring...
Dit is ook nie net die Woord van God wat as saad voorgestel word nie, maar ook die Gees van God, en is slegs die wat gebore is uit God wat die saad van God  in hulle (grond) het (1Jn 3:9) - die saad wat nodig is vir vrug tot ewige lewe!
_________________________________________________________________________________
Geestelike betekenis van DORS:
(rol af vir die geelstelike betekenis van "iets te drinke gee")

-  Dors na die LEWE IN CHRISTUS JESUS:
Christus het die volgende opmerking gemaak:  (Joh 6:35 - "En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie").  Maar wat presies het Hy hiermee bedoel?  Duidelik is dit nie letterlik bedoel nie.  Vers 53 werp veral meer lig op hierdie onderwerp: - "En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie". Natuurlik, weer-eens, nie letterlik bedoel nie! Maar Christus verduidelik dit nog verder in v. 54-57 - (Joh 6:54)  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.(Joh 6:55)  Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.(Joh 6:56)  Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.(Joh 6:57)  Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe".  Wat ons hier leer uit Sy woorde, is dat Hy verwys na die LEWE wat daar in Hom is.  Die wat in HOM GLO en in Hom BLY, sal LEWE! - en hulle sal deur Hom opgewek word in die laaste dag (so hulle het ook hoop tot ewige lewe!).  Vgl. dit ook met Sy woorde in Joh 15:5 - "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie".  Inderdaad het die lote kos en water nodig (maar kyk die waarskuwing in v.6! - daardie lote wat NIE in Hom bly nie, sal uitgewerp word, en verdroog... (Joh 15:6)).  Elke loot DORS na die Here (soos wat 'n loot dors na water) - as ons nie in Hom bly nie sal ons uitdroog soos iets wat van dors vergaan.   Om dus in Hom te glo en in Hom te bly, is soos "om water te kry".  Die wat nie in die Here bly nie, kry nie water nie en sal SONDER VRUG opeindig, of kan vrug verloor wat hulle alreeds begin dra het... (kyk gelykenis van die saaier).
-  Ons moenie afval die oomblik as verdrukking en vervolging kom nie!...
-  Ons moenie toelaat dat die sorge en genietinge van die lewe ons vrug verstik nie!....  ,

.......maar "BLY IN DIE HERE".
Hierdie kan ook vgl. word met die tema van "oorwin", want dit is slegs die wat OORWIN wat sal ingaan in die koninkryk.  Om in die Here te bly beteken dat ons vashou aan Hom en nie ons geloof opgee nie en in Sy waarheid bly - "honger en dors om die woorde van die Here te hoor" (Amos 8:11)

= honger en dors na Sy waarheid en Sy wil, dus:
-  Dors na Sy GEREGTIGHEID:

(Mat 5:6 - "Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word"). Geregtigheid gaan oor regverdig wees en dus "om die wil van die Here" te doen. 1 Joh. 3:10 verklaar dat die wat nie die geregtigheid doen nie, nie uit God is nie, en is 'n kind van die duiwel.  Volgens 1 Joh. 2:29 is dit slegs die wat die geregtigheid doen wat "gebore is uit God".  Dit is dus maklik om te sien wie die saad van God in hulle het, want dit is hulle wat DORS na die geregtigheid, en hulle sal versadig word... Ons moet dus DORS wees na "dit wat reg is", na "die wil van die Here", soos mens dors na water - en hoe dit gedoen word is om IN DIE HERE TE BLY - om besig te wees met Hom, te leer van Hom, Hom te raadpleeg, Hom te soek ...  So iemand is dors vir Sy woorde, vir Sy liefde, vir Sy opdragte, vir Sy wil!  Waarna DORS jy?  Dit waarna jy dors, wys wat in jou hart aangaan.

Vgl. dit met Hos. 2:1-3, waarin God Sy volk waarsku dat Hy haar naak sal uittrek en haar neersit soos op die dag van haar geboorte en haar maak soos ‘n woestyn, ja, haar stel soos ‘n dor land en haar van dors laat sterwe...  -  HOEKOM?  Kyk v. 2 en 4 - "weens haar hoerery".  Sy het "water" op ander plekke gaan soek (v.5).  Dit gaan hier oor afgodsaanbidding (geestelike hoerery)(v. 8,16) - sy het die Here vergeet (v.13).  OM TE DORS NA DIE GEREGTIGHEID GAAN egter OOR OM TE WIL DOEN WAT REG IS (wat die wil vd Here is, nie my eie wil nie).

Moenie die Here vergeet nie, maar bly in Hom. Moenie op ander plekke gaan soek wat jy moet doen (soos bv. afgodspraktyke) nie, maar raadpleeg die Here en soek Sy wil. (Joh 4:13)  Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;(Joh 4:14)  maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. (Joh 4:15)  Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
-(Joh 7:37)  En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!(Joh 7:38)  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.(Joh 7:39)  En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie.
-(Joh 4:13)  Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;(Joh 4:14)  maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. (Joh 4:15)  Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
-(Openb. 21:6)  En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. (Openb. 21:7)  Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees.

- Dors na Sy GEES:
Ons weet dat water nie net die dors les nie, maar ook die vermoë het OM SKOON TE MAAK;  en alhoewel die waterdoop o.a. 'n belangrike teken is van afwassing van sondes omdat iemand hom tot die Here bekeer, is daar 'n veel groter doop om mee gedoop te word, nl. die doping met die Heilige Gees! (Hand. 11:16; Mark. 1:8).  (Joh 7:37-39 - " En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie"). Hierdie "drank" word slegs gegee aan DIE WAT GLO en Hom gehoorsaam - die wat na Christus Jesus toe kom. Die waterdoop is 'n teken van skoonmaak van die liggaam , maar die "water" van die Gees maak iemand van binne skoon!  Hy verander iemand se hart (1 Pet. 1:22,23; 2 Kor. 3:3; Rom. 2:29).  Ons moet DORS wees na die Gees van God.  Ons moet die Here vra om aan ons Sy Heilige Gees te gee (Luk. 11:13), en moet dors wees na die Gees soos die dissipels gewag het op die uitstorting van die Heilige Gees (Hand. 2), en soos elkeen wat gelowig geword het, gedors het na die Gees wanneer hulle hoor van die Gees en Hom ook wou ontvang soos wat die dissipels Hom ontvang het... (Hand. 8:15,16; Hand. 10; 19:2-6).  

(Rom 14:17 - "Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees").  (Joh 4:14)  maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
_________________________________________________________________________________

Geestelike betekenis van "iets te drinke gee":

As die dinge waarvoor ons dors moet wees, die lewe en woorde in Christus Jesus is, Sy geregtigheid en wil, en Sy Heilige Gees, dan is hierdie dinge vir ons soos WATER - en is ook geestelik die water wat ons vir ander moet gee!:

-  Bv., wat is die woord wat jy bring? Is dit die evangelie van Christus Jesus, van Sy koninkryk en vrede, of bring jy 'n "ander" evangelie? (Gal. 1:6,7).  Is die evangelie wat jy bring woorde van Christus Jesus (water wat lewe gee), of is dit woorde waarin die waarheid verdraai word?  

-  Hoe gee jy die water van geregtigheid? Is die water wat jy vir ander gee gebaseer op die wil van die Here, of lieg jy vir hulle deur hulle te laat dink dat geloof iets is wat elkeen self opmaak?

 - Is jy gehoorsaam aan die Heilige Gees en stap jy in die gawes en bedieninge wat Hy deur jou werk?, of doen en bedien jy "soos jy wil" en volgens jou eie insig?  Is jy besig om ander te bedien volgens hoe die Gees jou opdrag gee (en bring vir hulle water op die regte tyd), of is jou woorde woorde wat hulle in die gehoor streel?

Hierdie is alles dinge waaraan ons mooi moet dink wanneer ons "water uitdeel".  Ons moet seker maak dat ons self na die regte water dors voor ons hierdie soort barmhartigheid bewys. As ons verkeerde water uitdeel dan sal ons dalk eendag gesorteer word onder die ONbarmhartiges!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Amo 8:11 - "Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor". 
ONS KAN BAIE LEER BY DIE EERSTE CHRISTENE.   Hulle het verstaan dat om barmhartig te wees, nie beteken dat die woord slegs verkondig word wanneer dit "tydig" is nie.  Hulle het ook verstaan dat om barmhartig te wees eerder beteken dat jy die waarheid verkondig te midde van valse leerstellings, maak nie saak of mense vir jou kwaad word of nie. Hulle het ook verstaan dat dit eerder barmhartig is om gelowiges wat in sonde tot die dood stap te waarsku, as om hulle ONvoorwaardelik lief te he asof daar geen werke saam met geloof verwag word, en asof hulle nie nodig het om hulle aanhoudende sondes af te le nie.  Baie "bome" (gelowiges) is uitgedor en droog en dors na water, maar watter water word vir hulle gegee? Is dit die water wat hulle dors les?  As ons vir mense water/woord gee wat hulle in hulle gehoor streel eerder as woord volgens die wil vd Here, dan sal hulle dors nie geles word nie (en in so 'n geval is jy nie BARMHARTIG nie, al dink jy jy is). 

Somtyds dors iemand na die verkeerde dinge - wanneer dit gebeur sal hy die water vd lewe wegwys. Baiemaal voel dit vir ons of ons barmhartigheid verniet was.  Nie almal dors na Jesus Christus nie.  Nie almal is DORS vir Sy woorde nie. Nie almal is DORS vir Sy Gees nie.  Nie almal is DORS vir Sy wil nie.  Jy kan vir hulle water gee, maar as iemand nie hierdie water wil he nie, dan verstik hy of hy spoeg dit uit.  So iemand wil nie hoor wat die wil van die Here is nie want hy wil doen wat hy wil.  Hy wil nie die waarheid hoor nie maar soek eerder 'n woord wat hom in die gehoor streel.  Hy wil nie hoor wat Jesus geleer het nie want hy glo in sy eie opinie...  Sommige is vol gedrink, maar vol van wyn...(bestudeer gerus wat dit beteken om "geestelik dronk" te wees-http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html). Jou barmhartigheid gaan nie baie vir diesulkes beteken nie, maar laat ons die woord tydig en ontydig verkondig (2 Tim. 4:2). En laat ons self seker maak dat ons aan DIE GELOOF VASHOU en  IN DIE HERE BLY (en ons eie dors geles word met die water vd lewe) voor ons vir ander water gee! Laat ons nie ophou om die waarheid te verkondig nie en Jesus Christus, Sy woorde, Sy Gees, Sy wil..., want sonder hierdie water kan niemand LEWE nie! 

Die wat kies om die water vd lewe weg te wys, is besig om selfmoord te pleeg.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Psa 63:1)  ‘n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. (63:2) o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water.
(Psa 143:6)  Ek brei my hande tot U uit; my siel dors na U soos ‘n uitgedorde land. Sela.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 08 Oktober 2017

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (2) - HONGER


Vir ander dele op hierdie onderwerp, gaan na: 
DORS: http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek-en.html
BEKLEDING: https://warechristene.blogspot.com/2020/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
_________________________________________________________________________________
In hierdie gedeelte kyk ons na die 
figuurlike of "geestelike" betekenis van "honger" en "voedsel gee".
_________________________________________________________________________________
Geestelike betekenis van "HONGER":
(rol af vir geestelike bestekenis van "voedsel gee")

Ons het voedsel nodig, maar voedsel verwys nie altyd na kos nie, maar verwys ook na die Woord van die Here - Jesus Christus, Sy leringe, Sy wil, Sy wysheid en kennis...(Hebr. 13:9).   Somtyds laat die Here toe dat ons fisies honger het of 'n tekort het aan sekere kosse (soos Hy met die volk in die woestyn gemaak het), met die doel om vir ons daardeur te leer dat DIE MENS NIE VAN BROOD ALLEEN LEWE NIE, MAAR VAN ELKE WOORD WAT UIT DIE MOND VAN GOD UITGAAN (Deu 8:3).  Dit dan die rede waarom "vas" ook belangrik is (Matt. 4:4)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/01/om-te-vas.html). 'n Christen wat nie tyd met die Here spandeer nie, of bv. nooit tyd maak vir vas nie, sal vind dat iets skort, want ons is nie gemaak om van brood (kos) alleen te lewe nie!  Elke een van ons het die woorde wat uit God se mond uitgaan, NODIG. (Mat 9:15 - "En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas")(Matt. 17:21; 9:16,17).  Baie Christene is vandag HONGER en weet nie hoekom nie, maar in hulle "hongerte" gaan hulle dan verkeerdelik en gaan soek antwoorde by die verkeerde plekke, soos die verskeie oorsterse praktyke wat deesdae beoefen word selfs in sekere Christelike kerke.  Wie is dit vir wie ons raadpleeg wanneer ons "honger" het? Elkeen van ons het die Here se wysheid en kennis nodig, en as ons nie tyd maak om Hom te raadpleeg nie, dan sal altyd honger wees. (Joh 6:35 - "En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie").
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Joh 4:34)  "Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring"
Die persoon wat voedsel by die Here kry, is:
-die een wat Sy wil doen, en 
- die werk volbring wat Hy aan hom toebedeel. 
Net soos wat voedsel begeer word vir die maag, so moet ons begeer om Sy wil te ken en te doen - met die oog op die huidige oes! (Joh. 4:35-38).   (Luk 12:22,23)  "En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere" -  In hierdie skrifgedeelte, in konteks gelees, verduidelik Christus hoe belangrik dit is om "ryk te wees in Hom" (Luk. 12:16-21) - nie ryk aan voedsel en klere nie, maar RYK IN HOM (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/09/wat-dit-beteken-om-ryk-te-wees-in-god.html). Die wereld se oë is heeltyd op hulle fisies behoeftes gerig - hulle mae word gevul, maar hulle is steeds HONGER. Die wat nie ryk word in die Here nie se siele sal altyd honger voel!

Gelowiges wat nie die wil van die Here doen nie, en nie die werk volbring wat Hy aan hulle toebedeel nie, sal altyd HONGER voel.  As gelowiges nalaat om die Here te KEN ( nalaat om tyd te maak met Hom of nalaat om selfs te vas indien nodig), dan sal hulle ook vind dat hulle nie so seker is van wat SY WIL is nie of watter werk Hy vir hulle het nie... 
_________________________________________________________________________________

Geestelike betekenis van "VOEDSEL GEE":
As ONS DAN NOU VERSTAAN WAT DIT BETEKEN OM GEESTELIK HONGER TE WEES,  dan sal ons ook verstaan hoekom dit belangrik is OM ANDER SE NOOD IN "GEESTELIKE HONGER" RAAK TE SIEN - M.a.w., wat beteken dit om vir iemand anders wat geestelik honger is, voedsel te gee?

DIE HERE STEL DIENSKNEGTE AAN OM VIR SY DIENSVOLK VOEDSEL OP HULLE TYD TE GEE.  (Mat 24:45 - "Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?").  Hierdie diensknegte het die plig om die wil van die Here bekend te maak aan Sy diensvolk en vir hulle Sy woord op tyd te gee. Die Here gebruik dus Sy dienskengte om Sy woord OP TYD te gee vir die "hongeres".  In hierdie geval sou dit onbarmhartig wees vir 'n dienskneg om ongehoorsaam te wees en nie die woord op tyd te bring nie. "Om vir die Here se volk kos te gee" moet net soos enige ander opdrag uitgevoer word, en as die dienskneg dit nie doen nie, dan doen hy nie die wil van die Here nie en het dit tot gevolg dat hy nie barmhartig is nie.
-(Mat 24:46)  Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind.
-(Mat 24:47)  Voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel.
-(Mat 24:48)  Maar as daardie slegte dienskneg in sy hart sê: My heer talm om te kom—
-(Mat 24:49)  en hy sy medediensknegte begin slaan en saam met die dronkaards begin eet en drink,
-(Mat 24:50)  dan sal die heer van dié dienskneg kom op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en op ‘n uur dat hy dit nie weet nie;
-(Mat 24:51)  en sal hom pynig en hom ‘n deelgenoot van die geveinsdes maak. Daar sal geween wees en gekners van die tande.  ONS MOET DUS VERSTAAN DAT OM BARMHARTIG ('n skaap) TE WEES EN VIR IEMAND VOEDSEL TE GEE OM TE EET, NIE SLEGS VERWYS NA VOEDSEL VIR DIE MAAG NIE, MAAR OOK VERWYS NA GEESTELIKE VOEDSEL - wat gegee word op tyd, soos die Here Sy diensknegte beveel. DIE DIENSKNEG SE VOEDSEL IS OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN! (dan wys sy hart dat hy 'n skaap is, barmhartig is...).  Dus, op dieselfde wyse wat die persoon wat nalaat om 'n hongere kos te gee eendag as 'n onbarmhartige gesien mag word, so mag die dienskneg van die Here wat nalaat om Sy woord op tyd te gee, homself dalk eendag ook in hierdie posisie bevind waar hy gesien word as 'n onbarmhartige ('n bok). 

En neem kennis dat "woord op tyd" nie noodwendig met 'n blye hart ontvang word nie (bv. soos in die geval van iemand wat in ongehoorsaamheid stap en hom nie wil bekeer van sy weë nie...)...(http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/06/spreek-vry-en-julle-sal-vrygespreek-word.html).  Tog, om "geestelike voedsel te gee" gaan daaroor dat ons die woord en waarheid bring, nie stilbly daaroor nie!  Om "geestelike voedsel te gee" beteken ook nie dat almal se honger bedaar nie, want almal ontvang nie altyd die woord nie - die wat weier om hulleself te onderwerp aan die wil van die Here, sal steeds honger voel (want die enigste manier hoe iemand geestelik gevoed word, is deur die wil van die Here te doen!).  

Die dienskneg wat weier om die Here se wil te doen en dus weier om geestelike voedsel op tyd te gee, is nie barmhartig nie, want "OM BARMHARTIG TE WEES" beteken "OM DIE WIL VAN DIE HERE TE DOEN". Om geestelike voedsel te gee, gaan oor 'n woord op tyd gee, in opdrag van die Gees;  hetsy dit is om die evangelie te deel, te vermaan, te versterk, lering te gee, of watookal die Gees ons lei om te doen (en deur watter gawes Hy dit ookal wil doen).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek en opgesluit

IN HIERDIE POS GAAN ONS KYK NA HOE CHRISTUS "BARMHARTIGHEID" BESKRYF HET IN MATT. 25, m.a.w. LETTERLIKE BETEKENIS.  MAAR ONS KYK OOK NA
DIE FIGUURLIKE BETEKENIS VAN BARMHARTIGHEID, BV. "geestelik" honger, dors, naak ens.
Vir die Griekse en Hebreese betekenis van die woord "barmhartigheid", gaan na:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/barmhartigheid.html.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
 En wanneer die Seun van die mens in sy heerlikheid kom 
en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan sy regterhand en die bokke aan sy linkerhand sit.
(Matt. 25:31-33).   Alhoewel ons in hierdie pos eerder wil kyk na die tema van barmhartigheid en hoe dit beskryf word in die Matt. 25 skrifgedeelte (as wat ons kyk na "wie" almal presies in hierdie skrifgedeelte verwys word), is die "wie" tog belangrik siende die op die regterkant die koninkryk sal beërwe!  Die "wie" gaan dus nie net oor die "bokke" nie, maar ook oor wie gaan ingaan in die koninkryk... - en die wat ingaan in die koninkryk word soos SKAPE voorgestel.  

Gelowiges (en die "kinders van Israel") word soos skape voorgestel in die Skrif (Joh. 10:11,16; Jes. 40:11; Eseg. 34:6). Hulle Herder is die Here - die "opsiener van hulle siele" (Ps. 23:1; 1 Pet. 2:25).  

Die Here Jesus Christus is ons groot Herder (die Een wat uit die dood opgestaan het en mag het om ons uit die dood op te wek)(Hebr. 13:20; Joh. 10:7,27).  Hy gebruik Sy dienaars om Sy skape en lammers te laat wei ("bos'-ko" - hulle laat wei en voeding gee), en om Sy skape op te pas ("poy-mah'ee-noh" - na hulle omsien - "lei"/beheer en voeding gee) (Joh. 21:15-17).  Die wat na die Here Jesus se stem luister, is Sy skape - Hy KEN hulle, en hulle volg Hom (Joh. 10:27)(hulle is barmhartig soos Hy barmhartig is - hulle le hulle lewens af soos Hy Sy lewe vir Sy skape afgele het - hulle KEN Hom as vriend en is gehoorsaam aan Hom...).  

Die wat weet wat die waarheid is, maar opsetlik die skape verlei om iets anders te glo, word gesien soos "wolwe" - wolwe sal nie die oordeel vryspring nie (Matt. 10:14-16). Dit is die wat voorkom soos skape, maar hulle is eintlik bokke;  -dit maak hulle wolwe omdat hulle nie opreg is nie.  Dit is die wat tussen die skape inkom en bv. "verkeerde dinge praat" met die doel om die skape eerder na hulle te laat luister (Hand. 20:29,30).  Christus het Sy skape gewaarsku teen die valse profete wat in skaapsklere kom "en van binne roofsugtige wolwe" is (Matt. 7:15).  Dit is die wat nie ag gee op die waarheid nie maar hulle eie sieninge en wysheid verkondig "vir waarheid", met die doel dat die skape liewer in hulle glo as in die waarheid.  Die manier hoe hierdie "wolwe" uitgeken word is deur hulle "vrug" (Matt. 7:16), want hulle is nie instaat om goeie vrug te dra nie omdat hulle nie opreg skape is nie!  Skape aan die ander kant het die waarheid lief en is gehoorsaam aan Christus se woorde, en dra dus goeie vrug...

Ons moet egter nie wolwe verwar met dwalende skape nie.  Die wat afgedwaal het word "dwalende skape" genoem (1 Pet. 2:25; Ps. 119:176; Jes. 53:6). Die Here gee baie om vir "skape" wat verlore raak - die skape (gelowiges) wat in sonde stap en hulle nie bekeer nie (Luk. 15:7). Hulle is verseker "skape" maar ongehoorsame skape, ook genoem "verlore skape".  Voordat die evangelie gebring is aan die heidene is dit eerste gebring aan die verlore skape van Israel! (Matt. 10:6; 15:24). Die Here is dus baie besorg oor die skape wat afgedwaal het en is BARMHARTIG en wil nie he dat enige van hulle verlore gaan nie. Natuurlik gee Hy om vir al Sy skape, maar doen baie moeite om die een verlore skaap te gaan soek (Luk. 15:4-7). Dit is nie die Here se wil dat enige afgedwaalde skaap in sy sonde sterwe nie.  Ons moet ook daardie barmhartigheid het maar somtyds wil ons soos Jona begeer dat die sondige skaap eerder in sy sonde sterwe.  Natuurlik is dit eerder die Here se wil dat ons daardie skape gaan soek, en as nodig is vermaan, met die doel om hulle "te red"! (Jak. 5:20).  Ons kan dus sien dat "barmhartigheid" nie net gaan oor voorsiening in fisiese behoeftes nie, maar ook oor voorsiening in geestelike behoeftes, m.a.w. bv. "dat die afgedwaalde skape gesoek word".  Die dienaars van die Here is m.a.w. ook barmhartig in geestelike behoeftes, nl. dat hulle die evangelie bring, die skape geestelik bedien en (geestelike) voedsel gee op tyd (Matt. 24:45; Joh. 4:36; Rom. 6:22).  Om barmhartig te wees (en om so vrug te verdien vir die ewige lewe) gaan dus nie net oor voorsiening in fisiese behoeftes nie, maar ook in geestelike behoeftes, en as jy wat 'n dienaar is van die Here gestuur word om die afgedwaalde skaap (wat geestelik "siek" is / in sonde stap sonder om te bekeer) te gaan soek maar soos Jona weier omdat jy dink die skaap verdien liewer wat hy gesaai het, dan is jy nie barmhartig nie.  As jy wat 'n dienaar is van die Here 'n woord gegee word wat gebring moet word op tyd (m.a.w. geestelike voedsel vir die wat honger is) en jy dit nie doen nie, is jy nie barmhartig nie. ------------------------------------------------------------------------------------------------------Dit is duidelik dat "barmhartigheid" 'n groot deel is van gelowiges (die skape) se lewe, 
en as dit nie is nie, dan is dit juis die ding wat kan veroorsaak dat iemand eendag onder die bokke gesorteer word, in plaas van onder die skape: 
- hetsy onbarmhartigheid veroorsaak dat sommige skape geen vrug dra nie, en dus uiteindelik onder die bokke gesorteer sal word
(bv. die "kaf" sal van die koring geskei word - kaf is die deel van die koring wat onbruikbaar is - m.a.w., dit verwys na die "sonder vrug", of die wat nie die nodige vrug dra nie)(Joh. 10:27),
- of hetsy onbarmhartigheid 'n bewys is dat iemand wat hom voordoen as 'n skaap eintlik 'n bok is! (en daarom slegte vrug dra wat nie vir hom die ewige lewe kan gee nie)
(bv. die "onkruid" sal van die koring geskei word - onkruid verwys na die "akteurs" of geveinsdes, die wat lyk soos skape maar eintlik bokke is)(Joh. 10:26). 

Die wat nie barmhartig is nie kom nie die tweede gebod na nie (Mark. 12:31; Gal. 5:14).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Maar natuurlik gaan barmhartigheid ook oor die voorsiening in fisiese behoeftes (Rom. 12:13-21; 1 Joh. 3:17; Hand. 4:35; Hebr. 13:16; 1 Kor. 16:1,2; Hand. 20:35; Hand. 10:4).

- (Mat 25:40 - "En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen").  In hierdie gedeelte wil dit veral lyk of dit gaan oor "barmhartigheid teenoor die wat gelowig is", alhoewel die Here wil he dat ons teenoor alle mense moet goed wees, selfs ons vyande! (Luk. 6:35).  Verder het Christus ook verduidelik wie nou eintlik ons "naaste" is...(Luk. 10:29-37), en dit is verkeerd om onbarmhartig te wees teenoor sekere mense net omdat ons hulle nie sien as "naaste" nie, maar wanneer dit kom by voorsiening in fisiese of geestelike behoeftes, dan moet daar altyd eerste vir ons eie gesorg word voor daar vir ander gesorg word, bv. eerste vir broeders en daarna vir die wat nie broeders is nie -(Gal 6:10 - "Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof").  Op dieselfde wyse is die geestelike voorsiening eerste aan gelowiges, bv. die evangelie is eerste gebring aan die verlore skape van Israel voor dit gebring is aan die heidene...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Skrifgedeelte van belang:
(Mat 25:34)  Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
(Mat 25:35)  Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
(Mat 25:36)  Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
(Mat 25:37)  Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
(Mat 25:38)  En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
(Mat 25:39)  En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
(Mat 25:40)  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
(Mat 25:41)  Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.
(Mat 25:42)  Want Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie.
(Mat 25:43)  Ek was ‘n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie.
(Mat 25:44)  Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of ‘n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?
(Mat 25:45)  Dan sal Hy hulle antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit nie gedoen het aan een van hierdie geringstes nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.
(Mat 25:46)  En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:
WAT WORD in hierdie gedeelte GESIEN AS "BARMHARTIG"?

In Matt. 25:35,36 verduidelik die Here Jesus Christus dat "om barmhartig" te wees beteken dat ons kos gee vir die wat honger is, iets te drinke vir die wat dors het, herberg gee vir die vreemdeling, klere vir die een wat naak is, besoek die een wat siek is, en besoek die in die gevangenis... In konteks kan hierdie gelykenis vgl. word met die gelykenis in die verse vooraf (Matt. 25:14-30) van DIE MAN WAT OP REIS GAAN EN SY DIENSKNEGTE ROEP EN AAN HULLE SY BESITTINGS TOEVERTROU... Wat ons uit hierdie gelykenis leer is dat Christus (die "man wat op reis" gegaan het) Sy besittings aan Sy diensknegte toevertrou. Hy deel vir elkeen werke uit, of gawes of besittings of geld ens. , maar wat elke dienskneg moet besef is dat hierdie "besittings" nie werklik hulle eie is nie, maar aan die Here behoort.  Die vraag is nou hoe elkeen met hierdie "besittings" te werk gaan?, want wanneer Christus TERUGKOM (wanneer die Man van Sy reis terugkom), dan sal elke dienskneg geoordeel word op wat hy met dit gedoen het wat die Here aan hom toevertrou het.

Vgl. dit gerus met ander skrifte oor hierdie onderwerp, bv. Gal. 6:9,10 waarin ons beveel word om aan alle mense goed te doen, gelowiges sowel ongelowiges (maar eerste aan die gelowiges)...(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html). Kyk ook Christus se woorde in: Luk 6:36 - "Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is" - in konteks het Hy hier bedoel dat ons goed moet wees vir alle mense, selfs ons vyande.  L.w. dat dit wat die Here aan Sy diensknegte toevertrou, steeds aan Hom behoort!, en jy as dienskneg moet dit "reg gebruik", bv. o.a. aanwend vir barmhartigheid.  Sommige verstaan dit verkeerd en dink dat as die Here vir hulle seën met bv. 'n gawe, dit is omdat hulle belangriker is as ander mense en gebruik dan die gawe vir eie eer (Matt. 7:22).  Ander word geseën met geld en reken dat hulle meer geld ontvang omdat dit hulle eerder toekom en hou al die geld vir hulleself en leef in rykdom terwyl ander broeders en susters sukkel om te oorleef (Matt. 6:24). Ander word geseën met die vermoe om spesifieke werke te doen,  maar kyk neer op die wat dit nie kan doen nie (1 Kor. 1:26-29; Ef. 4:1-4). Ander word geseën met baie besittings, maar hou hulle oë toe vir die wat nie het nie en vergader meer en meer "skatte" (Luk. 12:15-21; Jak. 5:3).

Diensknegte van die Here moet ag gee op hierdie gelykenisse wat Jesus vertel het en verstaan dat hierdie 'n belangrike saak is vir Hom!  Ons sal eendag verantwoording doen van wat ons gedoen het met dit wat Hy aan ons toevertrou het.  As iemand bely dat hy geloof het maar sy werke getuig van iets anders, dan kan so 'n geloof hom nie red nie - Jak. 2:14-16 - "Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?  As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het, en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat dit?". Die eerste gemeentes was 'n goeie voorbeeld van hoe dit veronderstel is om te wees en daar is hope vb.e in die N.T. wat vir ons wys dat hulle goed verstaan het die belangrikheid van barmhartigheid, en verstaan het dat wat hulle het, nie werklik HULLE EIE is nie!, maar aan die Here behoort. Vgl. dit gerus met Luk 16:12 - "En as julle nie getrou was in ‘n ander se goed nie, wie sal aan julle jul eie gee?". M.a.w., as ons nie getrou was IN DIE HERE SE GOED nie, hoe sal ons eendag ons eie kry?

Die eerste Christene het selfs op 'n stadium alles gemeenskaplik besit, eiendomme en besittings verkoop en die opbrings tussen almal verdeel... (Hand. 2:44,45). Ons lees ook hoe daar aandag gegee is aan die daagslikse versorging van die weduwees in die gemeentes (Hand. 6:1), en toe deur die Heilige Gees te kenne gegee is dat 'n hongersnood oppad is, het die dissipels besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Judéa woon (Hand. 11:29). Hierdie is maar net 'n paar voorbeelde...
Maar "om barmhartig te wees" gaan nie net oor goed doen in bg. sin nie, maar om iemand bv.
-  te waarsku (soos Jona moes doen-Jona 3,4) word ook gesien as" barmhartig".
- Om ander te bedien deur die gawes van die Gees is ook barmhartig, bv.,  deur die gawe van profesie word iemand gestig;  deur die gawe van genesing word iemand genees...ens. (1 Kor. 12:7).
- "Om te vergewe" word ook gesien as barmhartigheid... (Matt. 18:33-35)  - in die gelykenis van die koning wat met sy diensknegte wou afreken in Matt. 18:23-35, word ons selfs gewaarsku dat as ons nie barmhartig is nie, daar ook nie aan ons eendag barmhartigheid bewys gaan word nie - wat ons uit hierdie gelykenis leer is dat al is ons eie skuld reeds kwytgeskeld, kan ons steeds daarvoor betaal as ons nie ook dieselfde barmhartigheid aan ander wil betoon nie! - en vgl. dit ook met Mark. 11:26. Kyk ook Mat 6:14,15 - "Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.  Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie"). Baie Christene dink dat omdat hulle skuld kwytgeskeld is, niks wat hulle ooit doen hulle van hulle saligheid kan beroof nie, maar is dit skriftuurlik korrek? Wat die skrif eerder vir ons leer is dat Christene wat ONbarmhartig is en bv. nie wil vergewe nie, eendag steeds vir hulle skuld sal moet betaal, al was hulle eens kwygeskeld! (Matt. 18:23-35). Die gelowige se "werke" moet gesien word as 'n teken van geloof en moet geskied uit gehoorsaamheid aan die Here.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

In Matt. 25 is die klem veral op "goed doen" in die sin van kompassie vir die wat in nood is van kos of klere,  of bv. huisvesting nodig het, of siek is en besoeking nodig het...  Natuurlik bedoel dit "letterlik" goed doen, maar ons moet verstaan dat hierdie dinge ook baie "figuurlik" aangespreek word in die skrif, m.a.w. "om barmhartig te wees" gaan bv. nie net daaroor dat ons vir die hongeres kos gee vir die maag nie, maar dit gaan ook oor die "geestelike voedsel" wat gegee moet word aan die wat geestelik honger is.  Die Here gee vir Sy kinders verskillende werke waarin hulle  "barmhartig kan wees", en barmhartigheid gaan dus oor om SY WIL te DOEN (1 Kor. 12:4-7)(Matt. 7:21; 12:50; Luk. 6:46). So lei Hy ook Sy kinders in verskillende gawes en bedieninge, deur Sy Gees.  As ons nie die Gees gehoorsaam nie, dan sal ons nie barmhartig wees nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/05/wie-is-nie-onder-die-wet-nie.html). Ons moet verstaan dat "om barmhartig te wees" nie gaan oor werke TOT geloof nie, maar "werke UIT geloof". Dit is slegs die wat gehoorsaam is aan die Heilige Gees wat kan getuig dat hulle nie meer onder die wet is nie. Is jy gehoorsaam aan die wet?, of is jy gehoorsaam aan die Gees van God?

 Toe die kreupele voor die tempel se deur vir Petrus en Johannes geld vra, het hulle nie silwer en goud gehad om vir hom iets te gee nie, maar wat hulle wel "gehad" het, was die gawe van genesing:- (Hand. 3:6 - "Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!"). Nie almal word geroep vir werke waarin daar fisies in nood voorsien word (bv. om vir die weduwees in die gemeente te sorg) nie, maar ander word bv. geroep om die woord te bedien (Hand. 6:2) ens. (wat ook gesien moet word as barmhartigheid).  Net soos die persoon wat in fisiese nood voorsien 'n VERANTWOORDELIKHEID het om hierin gehoorsaam te wees aan die Gees, net so het die wat die woord bedien 'n VERANTWOORDELIKHEID om gehoorsaam te wees aan die Gees in watter woord hulle bring en in watter gawes of bedieninge hulle stap (Ef. 6:19,20; 1 Kor. 7:22-24). In beide gevalle gaan dit oor GEHOORSAAMHEID - oor "om die wil van die Here te doen". Solank elkeen gehoorsaam is aan die Gees, dan sal daar in die fisiese sowel geestelike behoeftes voorsien word.

Om BARMHARTIG te wees is beslis iets wat die Here sien as baie belangrik:  (Mar 12:31a)  "En die tweede (gebod), hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.....")(Hebr. 13:16). Barmhartigheid is die "vrug" van wat aangaan in iemand se hart.  Jou hart getuig van jou toestand voor die Here en sal wys of jy omgee vir ander mense.  Hetsy iemand dit wil glo of nie, maar elkeen sal geoordeel word op sy werke. As iemand bely dat hy glo, dan sal hy natuurlik verstaan hoe belangrik hierdie dinge is vir die Here. Geloof sonder werke is dood. 
-(Jak 2:13)  "Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
-(Jak 2:14)  Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?
-(Jak 2:15)  As daar nou ‘n broeder of suster naak is en aan die daaglikse voedsel gebrek het,
-(Jak 2:16)  en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie—wat baat dit?
-(Jak 2:17)  Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.
-(Jak 2:18)  Maar iemand sal sê: Jy het die geloof en ek die werke. Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon".  Die Here verwag van ons dat ons die besittings of geld (Hand. 2:45; 4:32; Luk. 12:31-34) of werke of krag wat Hy ons gee (Mark. 16:15), nie net vir onsself hou nie, maar dit deel met ander mense.  Aan elkeen word gegee na sy vermoë, en die doel is om daarmee te "woeker" (Matt. 25; Luk. 3:11) - (Spr. 28:8 - "Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm").  As jy dit net wegsteek (Mat. 25:24-26), soos om die besittings of geld vir jouself te hou (Luk. 14:33; Matt. 6:19,20; Hebr. 13:5), of nalaat om die werk te doen wat Hy jou gee (Luk. 12:42-48), of die krag en volmag wat Hy jou gee gebruik vir eie gewin (Ti 1:10-12...), dan gaan jy eendag voor Hom staan as 'n "slegte, lui en nuttelose dienskneg" en in gevaar staan om uitgegooi te word in die buitenste duisternis... (Matt. 25:26-30).  "Of iemand barmhartig" is, sal bepaal word deur die toestand van sy HART (Matt. 6:21). M.a.w. "wat is dit wat jy in jou hart bedink?". Christus het bv. geleer dat wanneer jy vir jou broeder sonder rede kwaad is, jy selfs daarvoor voor die regter sal verskyn...!;  en as jy jou broeder 'n nikswerd noem, dan sal jy ook daarvoor verantwoording moet doen...  En as jy vir hom sê: Jou dwaas! (stupid of absurd), sal jy moet verantwoording doen in die helse vuur... (Matt. 5:21,22). Hierdie is nie dinge wat ons ligtelik moet opneem neem nie, want om barmhartig te wees, gaan oor baie meer as net gunsies en wat ons verstaan as "goed doen", want jou VRUG wys wat in jou HART aangaan (bv., wat is dit wat jy in jou hart bedink oor iemand anders?). Wat help dit jy gee vir hom brood, maar in jou hart noem jy hom 'n nikswerd! Of jy gee vir jou broeder verblyf, maar eintlik haat jy hom!  Dit kan lyk of jy barmhartig is, maar in werklikheid is jy dan nie.  (Luk 6:45)  "Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.(Luk 6:46)  En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?".  Nie alle "goeie dade" sal eendag beloon word nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html).
Maar die Here gee nie net om vir Sy kinders nie, maar ook vir ELKE MENS. Ons moet verstaan wat die Here bedoel met "naaste": - Luk. 10:29-37 (gelykenis vd barmhartige samaritaan).
Kyk ook Matt. 5:43-48: (v. 44,45)- 
"Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul 
-vyande liefhê
-seën die wat vir julle vervloek
-doen goed aan die wat vir julle haat, en 
-bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges". Christus het kom wys hoe Sy gebod regtig vervul moet word.  Wat die wet bv. vir ons oor hierdie dinge leer, was maar slegs 'n skaduwee van wat Christus vir ons daaroor kom leer het (in die evangelie wat Hy gebring het oor die koninkryk van God).   Hy het vir ons gewys dat dit nie net gaan oor uiterlike gebare nie, maar veral oor wat in die hart aangaan, want die uiterlike is die vrug van die innerlike (Matt. 12:34,35; 11:29).  Wat is dit wat jy in jou hart oor jou vyand bedink?  (want as jou hart verkeerd is, dan sal dit moeilik wees om vir jou vyand liefde te betoon). Wat is dit wat jy in jou hart bedink oor die wat jou vervloek? (want as jou hart verkeerd is, dan sal jy vir hulle die slegste toewens, nie die beste nie).  Wat is dit wat jy in jou hart bedink oor die wat jou beledig en jou vervolg? (want as jou hart verkeerd is, dan sal jy nalaat om vir hulle te bid). "Om goed te doen" gaan nie net oor gunste en hulp verleen nie, maar gaan ook oor die geestelike, bv. let op wat ons met die tong spreek (oor ander)(1 Pet. 3:11);  ly ter wille van die geregtigheid (1 Pet. 2:20);  sorg dat jy nie die kwaad navolg nie... (3 Joh. 1:11);  selfs dinge soos "om 'n goeie gewete te behou" word gesien as "goed doen"! (1 Pet. 3:15-17).  Ja, God sal wraak neem op die wat Sy kinders te na kom, maar kom ons nie toe om wraak te neem nie. Ons moet plek gee vir die toorn, en ons nie deur die kwaad laat oorwin deur dieselfde te doen wat ons vyande aan ons doen nie; of wat die wat ons haat en beledig en vervloek aan ons doen nie.... (Rom 12:19-21).  Om plek te gee vir die toorn, beteken egter nie dat hulle nie geoordeel sal word nie! (Rom. 12:20), want elke mens sal voor die Here staan en geoordeel word op sy/haar werke... Om plek te gee vir die toorn beteken ook nie dat ons moet stilbly oor die waarheid nie!  Baie Christene val in hierdie strik deesdae en dink dat dit is barmhartig wanneer jy nie (soos hulle dit noem) "jou geloof op mense afdwing" deur die evangelie te verkondig nie, maar dit is eerder baie ONbarmhartig wanneer jy stilbly oor die waarheid en die evangelie net vir jouself hou, want op daardie manier word niemand die geleentheid gegun om met hulle Skepper reg te maak nie.  
_________________________________________________________________________________

Vir die figuurlike of "geestelike" betekenis van honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit, gaan na:
-  GEESTELIK HONGER/VOEDSEL GEE: http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
-  GEESTELIK DORS/IETS TE DRINKE GEE: https://warechristene.blogspot.com/2018/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
-  GEESTELIK VREEMDELING/HERBERG GEE: https://warechristene.blogspot.com/2017/10/honger-dors-vreemdeling-naak-siek_6.html
-  GEESTELIK NAAK/KLEE: https://warechristene.blogspot.com/2020/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
-  GEESTELIK SIEK/BESOEK:
-  GEESTELIK OPGESLUIT/BESOEK:
_________________________________________________________________________________