Wys tans plasings met die etiket heilige volk. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket heilige volk. Wys alle plasings

Sondag 25 September 2022

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (4)

Vir vorige opsomming op hierdie onderwerp, gaan na:
- (bekleding) https://warechristene.blogspot.com/2020/03/honger-dors-vreemdeling-naak-siek.html
_________________________________________________________________________________
In hierdie reeks van "honger, dors, vreemdeling, naak, siek en opgesluit"-poste, is die klem wel op BARMHARTIGHEID en gebaseer op Matt. 25, maar daar word veral gekyk na die skriftuurlike asook geestelike betekenis van sulke woorde (honger, dors, bekleding, siek ens.).  In hierdie pos kyk ons na "vreemdeling" en "herberg", en of daar 'n geestelike betekenis ook agter dit is.

(Mat 25:35)  "Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee".

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kom ons kyk eerste in op die woorde "vreemdeling" en "herberg":

Vreemdeling:
Die woord "vreemdeling" verwys na iemand wat vreemd is in 'n land, bv. kan na 'n uitlander of bywoner verwys, bv. iemand van 'n ander land wat nie ditto taal praat nie of nie bekend is met die plaaslike wette en nuus nie, ens. Die begrip "vreemdeling" verwys nie noodwendig net na iemand wat tydelik in 'n land vertoef nie, maar kan ook verwys na 'n uitlander wat permanent daar bly (bv. nie daar gebore nie, maar 'n burger vd land geword). In Skrif konteks sal die woord vreemdeling bv. verwys na 'n heiden in plaas van 'n Jood...,  en "vreemdelinge" was nie altyd dieselfde hanteer nie, bv. die bywoner was net tydelik daar en daar was natuurlik nie van hulle verwag om hulle te besny nie, maar van 'n uitlander wat onder die volk ingekoop is was daar verwag om hom te besny....  
Vir 'n studie om die begrippe "vreemdeling, bywoner of uitlander" beter te verstaan, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2022/04/vreemdeling-bywoner-uitlander.html.

Herberg:
'n Herberg is 'n plek vir reisigers - waar iemand oorbly vir 'n tydperk - is 'n oorbly/oornagplek... (Luk. 10:35;Jer. 9:2)(Gen. 42:27; Eks. 4:24; Luk. 2:7; 9:12; 10:34,35; Fil. 1:22, ens). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Christene as VREEMDELINGE voorgestel:
Christene word somtyds "bywoners" en "vreemdelinge" genoem (1 Pet. 2:11; 1:1) - hoekom?  Want nie almal wat Christene is is gebore onder die Hebreeuse volk nie.  In daardie opsig kan ons onderskei tussen heidene en Jode, alhoewel Christene bestaan uit sowel "heidene" (wat tot bekering gekom het - die wat glo in Jesus Christus) asook "Jode"  (die wat deel is vd Hebreeuse volk - is onder hulle gebore) wat GLO in Jesus Christus. In daardie opsig is die "heidene wat tot geloof gekom het" eintlik bywoners en vreemdelinge wat onder die volk ingekoop is... -bv., hier word onderskei tussen "kind vd land/kinders vd volk" (die wat onder die volk gebore is) en "vreemdeling wat deel geword het vd land/het 'n kind vd volk geword"). Die Christelike doop is o.a. 'n teken van hoe iemand deur geloof in Jesus Christus "kinders word van Abraham" / kinders vd geloof (Gal. 3:26-29; Rom. 9:7,8; 4:11-16; Rom. 6:3-6; 1 Pet. 3:21; Gal. 3:27) word. Hierdie groep bywoners/vreemdelinge (wat onder die volk van geroepenes ingekoop is) is nou deel van die uitverkore geslag, en is deel vd kinders vd koninkryk (is nou "kinders van Abraham" ('n koninklike priesterdom, 'n heilige volk) - 'n volk as eiendom verkry...:
(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
(1Pe 2:11)  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

IN HIERDIE OPSIG WORD DAAR AAN DIE HEIDENE  WAT TOT GELOOF KOM  BARMHARTIGHEID BEWYS... - soos bywoners en vreemdelinge aan wie barmhartigheid bewys is. Bestudeer gerus die term "evangelie van vrede" om hierdie beter te verstaan (Hy is Here van almal / geen onderskeid tussen Jood en nie-Jood nie). 
- (1) DEELS WORD DIE HEIDEN WAT TOT GELOOF GEKOM HET DUS NA VERWYS AS "VREEMDELINGE" IN DIE SIN VAN HOE HULLE MOET TOT INSIG GEBRING MOET WORD MET WAT VAN HULLE VERWAG WORD NOU DAT HULLE "BLY" ONDER DIE KINDERS VD KONINKRYK;  
- (2) MAAR DEELS WORD DIE HEIDEN WAT TOT GELOOF GEKOM HET OOK VOORGESTEL SOOS "MEDEBURGERS" (en dus nie meer vreemdelinge en bywoners nie), IN DIE SIN VAN DAT HULLE NOU MEDEBURGERS IS VD HEILIGES EN HUISGENOTE VAN GOD. (Ef. 2:19  So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God). Heidene wat tot geloof gekom het word dus gesien as "vreemdelinge", maar nie soos iemand wat net tydelik in 'n land vertoef nie, maar soos uitlanders wat onder die volk ingekoop is. Hetsy gebore as 'n Jood of heidene wat tot geloof gekom het, Christene is onder die reels van die koninkryk van God, en alhoewel hulle nie onder die wet van Moses is nie (is "vry vd wet"), is hulle wel onder 'n wet... (nl., is onder Jesus Christus / is onder die Heilige Gees).

Nog skrifte wat kan lig werp op hierdie onderwerp:
1Pe_1:1  Petrus, ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadocië, Asië en Bithínië,
1Pe_2:11  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
3Jn_1:5  Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge,

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kinders vd koninkryk soos VREEMDELINGE op die huidige aarde:

Wat beteken dit? Alhoewel Christene elkeen aan 'n aardse koninkryk behoort, is hulle ook deel van die "koninkryk van God" (of ook genoem "koninkryk vd hemele")(Ef. 2:12 - "dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld"). Dit is 'n feit dat "geestelike mense" verskillend "dink en sien" van "natuurlike mense" (want geestelike mense is weergebore en het die Heilige Gees, maar natuurlike mense het nie die Heilige Gees nie).  Die geestelike mens het nie 'n keuse nie as om te vertroef op hierdie aarde, huidiglik "soos 'n vreemdeling", en smag na 'n "hemelse tuiste/herberg" (Jer. 9:2) - hulle begeerte is 'n hemelse burgerskap. God se koninkryk sal wel ook fisies op die aarde wees eendag, maar op die oomblik is dit slegs hier op 'n geestelike manier;  bv., Christene is alreeds deel van God se koninkryk, tog soos vreemdelinge op die aarde omdat hulle nie die land besit nie (bv., hulle is wel onder die Here se wet, maar ook onder die wet vd land waarin hulle bly) - hulle besit nie nou die aarde nie maar sal dit eendag besit..., en dan is hulle nie meer "vreemdelinge" nie. Dan is hulle "seuns"

Abraham was ook oorspronklik 'n voorbeeld van 'n "vreemdeling" - hy was iemand wat 'n "beter land" in die geloof verwag het (al het hy dit nie in sy leeftyd gekry nie) - hy het weggetrek van sy vaderland na 'n plek wat hy as 'n erfenis sou ontvang... - as vreemdeling daar gaan woon (in die land van belofte)(Hebr. 11:8-10). Op ditto wyse is Christene soos vreemdelinge en bywoners op die aarde "wat 'n vaderland soek", nl. 'n beter een, nl. 'n hemelse een!  
(Heb 11:13)  In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was.
(Heb 11:14)  Want die wat sulke dinge sê, verklaar dat hulle ‘n vaderland soek.
(Heb 11:15)  En as hulle bly dink het aan dié vaderland waaruit hulle weggetrek het, sou hulle geleentheid gehad het om terug te keer.
(Heb 11:16)  Maar nou verlang hulle na ‘n beter een, dit is ‘n hemelse. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om hulle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle ‘n stad berei.

In die "volgende eeu" sal Jesus Christus oor die hele aarde regeer en Sy ewige koninkryk oprig.  Die "koninkryk van God" word ook na verwys as "koninkryk vd hemele" (is inderdaad ook 'n hemelse koninkryk, en Jesus sal terugkom vanaf die hemel om Sy ewige koninkryk op te rig, wat sal begin met 'n 1000-jaar regering...)(Dan. 2:44). Na regte is alle mag alreeds oorgegee aan die Seun, maar Hy sal fisies die koningskap opneem wanneer Hy terugkom - dan sal die opstanding vd heiliges eers plaasvind, en wanneer dit gebeur sal die wat opstaan tot lewe die aarde beerwe - hulle sal regeer, sal konings en priesters wees... (Ef. 1:20-22; Matt. 28:18; Rom. 14:9; Hand. 10:36; Fil. 2:9-11; Hebr. 1:2,8; 1 Pet. 3:22; ens.)(1Kor. 15:27 - "Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het"). Met "die opstanding" word hierdie aanneming tot kinders heeltemal voltrek. 

Huidiglik kan die aarde miskien meer voorgestel word eerder soos 'n HERBERG as wat dit aan enige iemand behoort;  bv., elkeen betaal vir die grond waarop hy bly, belastings ens. (net soos jy vir 'n herberg geld betaal om daar te kan vertoef - Luk_10:35). Na regte is Christene seuns, tog soos vreemdelinge op die aarde... (Matt.17:25-27 - "Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting—van hulle seuns of van die vreemdelinge? Petrus antwoord Hom: Van die vreemdelinge. Jesus sê vir hom: Dan is die seuns vry. Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou"). Dis barmhartig wanneer jy aan 'n vreemdeling herberg (Fil. 1:22) gee (en hulle dus soos "seuns" behandel);  op ditto wyse is die Here gunstig op die wat Sy kinders (wat soos vreemdelinge in hierdie wereld is) barmhartig is. Maar die Here verwag ook van ons om barmhartig te wees teenoor die wat "vreemdelinge is van die koninkryk van God" - bv., baiemaal is daar mense wat tydelik onder die kinders vd koninkryk beweeg (soos "bywoners"), en ons moet aan hierdie mense barmhartig wees. Op ditto wyse word daar van 'n Jood verwag om uitlanders wat onder die volk ingekoop is (soos heidene wat tot geloof gekom het), verwag om daardie "uitlanders" barmhartig te wees.  

In die geloof wag Christene op die opstanding (wanneer die "aanneming tot kinders" voltrek word) en die belofte om die aarde te beërwe (soos Abraham en die vaders gewag het op die beloofde land). (Hebr.11:13 - "In die geloof het hulle almal gesterwe sonder om die beloftes te verkry, maar hulle het dit uit die verte gesien en geglo en begroet, en het bely dat hulle vreemdelinge en bywoners op aarde was"). Ons is wel nou vreemdelinge en bywoners, maar sal eendag die aarde beërwe... 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 

Saterdag 20 Julie 2013

...en ons gemaak het KONINGS EN PRIESTERS vir sy God en Vader...

Vir 'n opsomming oor EINDTYD ONDERWERPE, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 1:6)  en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

In hierdie blogpost gaan ons kyk na wat die konteks was van hierdie verklaring.  Is ons nou al "konings en priesters vir God"?, of verwys dit na iets in die toekoms? 
========================================================================
In die boek van Openbaring word dit vir ons goed verduidelik, en "konings en priesters" verwys veral daarna  "dat ons saam met Hom sal regeer": 

-(Openb. 5:10)  en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers.
-(Openb. 20:6)  Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

Vgl. dit met Dan. 7:
(Dan 7:18)  en die heiliges van die Allerhoogste sal die koningskap ontvang, en hulle sal die koninkryk in besit neem tot in ewigheid, ja, tot in alle ewigheid.
(Dan 7:27)  Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.

========================================================================

HIERDIE BELOFTES WAS SPESIFIEK GEMAAK AAN DIE JOODSE VOLK (sou hulle die voorwaardes nakom!):

(Eks. 19:5)  "As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou (L.W. VOORWAARDE!), sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
(Eks. 19:6)  En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.


KYK OOK JES. PROFESIE:
(Jes. 61:6) "Maar júlle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem".

========================================================================

Die vraag is nou, of hierdie woorde bedoel is vir alle gelowiges, en of dit net vir gelowige Jode bedoel is? In die boek van Petrus word dit vir ons goed verduidelik dat hierdie van toepassing is op alle gelowiges: 

(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
(1Pe 2:11)  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

In die 1000 jaar sal dit nie net die gelowige Jode wees wat saam met Jesus gaan regeer nie, maar alle gelowiges (die wat deel het aan die eerste opstanding) - "hulle sal saam met Hom as konings regeer 1000 jaar lank.

-  KYK DIE DOEL VAN DIE "HEILIGE VOLK", V.9: "om te verkondig die deugde van Hom"
-  KYK OOK DIE KONTEKS VAN PETRUS SE SKRYWE:
(1Pe 1:15)  "Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word"
(1Pe 2:11)  "Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon..." 

DIE HEILIGE VOLK, DIE GELOWIGES, MOET AG GEE OP DIE PAD VAN GODSALIGHEID.  DIE GELOWIGE IS GEROEP OM VRUG TE DRA EN TE VERTEL VAN DIE HERE. AS ONS DAN WIL VERKLAAR DAT ONS KONINGS EN PRIESTERS GEMAAK IS, DAN MOET ONS OOK DIE NODIGE VRUG DRA.  DIE GELOWIGE MOET BEREID WEES OM HOMSELF OP TE GEE VIR DIE HERE IN HIERDIE LEWE, SODAT HY DAARDIE BELOFTES DEELAGTIG KAN RAAK - hy moet die Here gehoorsaam wees en Sy wil soek,  Hom as eerste Liefde ken, en volhard in die geloof.

-KYK OOK Rom 8:17:  "en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word".
-(2Ti 2:12)  "As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën".
------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/jood-sowel-heiden-het-hulle-messias.html
-----------------------------------------------------------
DIE "EVANGELIE VAN VREDE?"
(Hand. 10:34)  En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie,
(Hand. 10:35)  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is.
(Hand. 10:36)  Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus—Hy is die Here van almal.

In hierdie gedeelte maak Petrus dit duidelik dat "evangelie van vrede" die volgende behels:
- dat "(1) God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in ELKE NASIE die een WAT HOM VREES en GEREGTIGHEID DOEN, Hom welgevallig is";  -(v.36)(2)"HY IS DIE HERE VAN ALMAL.
-Hierdie feit word ook in Ef. 2 goed verduidelik.
-Kyk ook  Rom 10:12-15 - "(1) Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde (2) Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!


========================================================================

Terwyl ons alreeds verklaar dat ons "kinders van die koninkryk" geword het deur ons geloof in Jesus Christus, en daarom 'n koninklike priesterdom, moet ons nie uit die oog verloor dat dit juis beteken dat ons "diensknegte" is van Jesus Christus (" 'n volk as EIENDOM verkry..")
Die wat nie die nodige vrug dra nie, sal uitgewerp word!
(Mat 7:20)  "So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

(Mat 7:21)  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is".



Die tema van "konings en priesters", verwys na die toekoms, wanneer ons saam met Hom sal heers soos konings - en is beperk tot die wat deel het aan die "eerste opstanding". - ons regeer nog nie as konings en priesters saam met Jesus Christus nie - ons moet eers deel he aan die eerste opstanding!  Die gelowiges wat nie die nodige vrug dra nie, sal nie deel he hieraan nie!