Wys tans plasings met die etiket ander geeste. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ander geeste. Wys alle plasings

Dinsdag 18 November 2025

Geeste van alle vlees (2)

Vir die eerste deel oor hierdie onderwerp, gaan na:

http://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-geeste-van-alle-vlees.html.

IN HIERDIE POS STAAN ONS STIL BY DIE BESKRYWING asook ALLERHANDE FEITE IN DIE SKRIF RONDOM DIE GEESTE VAN MENSE OF DIE TERM "GEESTE VAN ALLE VLEES".

Rol af vir die volgende opsommings:

- Kort opsomming: Die begrip "geeste van alle vlees".

- Hoe kan die gees vd mens beskryf word?

- Lewe en dood

- Die mens se gees kan verander/beinvloed word.

- 'n Gees laat 'n liggaam lewe = lewende siel.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------KORT OPSOMMING:

- Num_16:22  Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste (Hebr. woord "pnyoo'-mah", wat verwys na asem of 'n bries en vertaal word as "'n gees, lewe, geestelik, verstand...")
 van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?

- Num_27:16  Laat die HERE, die God van die geeste (Hebr. woord "roo'-akh", wat ook verwys na wind, bv. asem of verwys na die gees van 'n wese - word vertaal as "asem, gees, gemoed, verstand, wind", ens.) van alle vlees (Hebr. woord "baw-sawr'", wat verwys na 'n liggaam of persoon - liggaam, vlees, familie, soort, die self, naaktheid, vel), ‘n man oor die vergadering aanstel.

Kortom, die begrip "gees van vlees" verwys na 'n GEES IN 'N LIGGAAM. In bg. konteks is die woord "vlees" gebruik van die mensdom en dier (alles wat op die aarde lewe)(van die mense, voëls, vee, wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel-Gen. 7:21)(die woord "vlees" is 'n ander woord wat vir "liggaam" gebruik word) - vir 'n studie oor "die liggaam" (vd mens), gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html.  Die tema "geeste van alle vlees" kan ook vgl. word met die begrip "vlees waar 'n lewensgees in is" (Gen. 6:17);  in ander woorde, 'n LIGGAAM WAARIN 'N LEWENSGEES IS. Die begrip "geeste van alle vlees" verwys dus na die geeste van dit wat lewe op aarde (van mens en dier).

Die woord "gees" word gebruik om te verwys na die mens se innerlike - "Pnyoo'-mah" ('n gees, gees, lewe, verstand) - Heb. 12:9 ("Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?").  Die gees vd mens verwys dus na die INNERLIKE vd mens...  - die gees wat vir hulle asem gee... - lewe, verstand, ens./word somtyds bloot na verwys as die siel, want gees verander die mens in 'n lewende siel; of word bloot na verwys as die "innerlike mens") - sonder gees kan niemand lewe nie... (vir 'n studie hieroor, met skrifte, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/lig-nodig-om-lewende-wese-te-wees.html). 

Die woord "GEES" verwys dus na 'n gees, wat bv. in 'n liggaam kan ingaan... - die mens het 'n gees nodig om te kan lewe.  Of anders gestel, 'N GEES IN 'N LIGGAAM (wat die mens laat lewe...= lewende siel). Waar die woord "gees" gebruik word in die Skrif vewys dit nie altyd na die mens se gees nie...;  bv., dieselfde Grieks en Hebr. woord wat in bg. skrifte gebruik word vir "geeste" (van alles vlees), word ook in ander skrifte gebruik om na "ander geeste" te verwys... (dit is die Gr. woord "pnyoo'-mah - Luk. 11:26; Matt. 12:32,45 - hierdie selfde Gr. woord word bv. ook vir "gees" gebruik waar daar verwys word na bose/onrein/slegte geeste;  ditto woord vir gees word ook gebruik om na die Heilige Gees te verwys - ook ditto woord "roo'-akh" in Hebreeus (Jes. 63:10,11) - gaan na hierdie pos om die woord te bestudeer: https://warechristene.blogspot.com/2023/09/wie-is-die-heilige-gees.html);  m.a.w., nie oral waar die woord "gees/te" gebruik word in die Skrif verwys dit na die mens se gees nie - konteks is dus belangrik, want daar is baie geeste! Nie net het mens en dier geeste nie, maar daar is ook ander geeste. Daar is bv. die Gees van God (weergeborenes ontvang die Heilige Gees - afgesonderde Gees van God), maar daar is ook ander geeste, bv. bose of onreine geeste - 'n gees kan in 'n liggaam ingaan... 

DIE BEGRIP "GEES vd mens" VERWYS NA "DIE INNERLIKE MENS" (Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16; 1 Pet. 3:3,4; 1 Sam. 16:17):
- Die gees vd mens word somtyds bloot na verwys as "DIE SIEL" (vd mens)(Ps. 31:10; Matt. 10:28); alhoewel die woord siel gewoonlik meer vewys na die lewendige liggaam ('n lewende siel)... - die begrip "siel" word dus gebruik vir beide die gees vd mens en die mens as lewende siel (die fisiese liggaam wat lewendig is, en terloops nie kan lewe sonder asem nie). Vir 'n studie oor "die siel", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2020/06/die-siel-vd-mens.htmlDie mens bestaan uit liggaam, siel en gees, 1 Thess. 5:23)
- Op ditto wyse word daar na die innerlike mens verwys as "'n GEES", maar die woord gees beteken ook asem... - die begrip "gees" word dus nie net gebruik om na die mens van binne te verwys nie, maar verwys ook na asem (bv., die asem wat iemand uitblaas wanneer hy doodgaan... - die fisiese asem verlaat dan die liggaam en gaan terug na God wat dit gegee het;  asook verlaat die gees vd mens/mens van binne dan die liggaam en gaan na 'n plek waar dit wag op die opstanding of op die ewige oordeel).  Vir 'n studie oor "gees", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2020/05/asem-gees-lig-gees-vd-mens.html).
- Daar word na die gees vd mens ook verwys as "DIE MENS VAN BINNE" of 'n "GEES IN BINNESTE" (Mark. 7:23; Job 32:18; Jes. 26:9; Eseg. 11:19 ens.), of "DIE MENS SE GEES" (Ps. 32:2).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe kan die gees van die mens beskryf word?

DIE GEES VAN DIE MENS is soos LIG VIR DIE LIGGAAM, en kan soos 'n PERSOON gesien word:

DIE GEES VAN DIE MENS KAN SOOS 'N LAMP VOORGESTEL WORD:
- Dit is nie net ons liggame wat ons beskryf nie, maar veral  jou gees wys wie jy is... (Spr. 20:27 - "Die gees van die mens is ‘n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste").

DIE GEES VAN DIE MENS IS DEUR DIE HERE GESKEP:
- God is die Skepper van siele (Jes. 57:16).
In elke mens se binneste word daar 'n gees geformeer (Sag. 12:1)
(wat nie verwys na die liggaam/uiterlike mens nie, maar na die siel/die mens van binne). 

DIE GEES VD MENS KAN OOK MET SAAD/'n PLANT/of 'n BOOM VOORGESTEL WORD, WAT GROEI EN VRUG DRA:  - Hierdie soort beeldspraak word baie in die Skrif gebruik, bv. dat gelowiges is soos saad wat in die wêreld geplant word en groei tot 'n boom wat vrug dra... (Matt. 3:10; 21:43; ens.). Kyk bv. na begrippe soos "oestyd", "saai en maai", "vrug dra", ens. Jesus Christus word o.a. voorgestel soos 'n wynstok met die Vader as landbouer en gelowiges is lote... Met Jesus se wederkoms sal daar verskeie oordele plaasvind, en o.a. sal elkeen "se vrug geoes word" (en die wat geen vrug dra nie, of hulle vrug verloor het, sal uitgekap word). Ook die begrip "saad" word op hierdie manier somtyds gebruik;  bv., nie alle saad in die koninkryk van God verwys na goeie saad nie, maar daar is ook slegtes asook onkruid wat (deur die bose) onder die koring gesaai word... So, ons sien dat hierdie soort beeldspraak baie gebruik word in die "evangelie vd koninkryk". DIE MENS SE GEES WORD SOOS SAAD OF 'N PLANT OF BOOM VOORGESTEL WAT GROEI EN VRUG DRA - NATUURLIKE MENSE DRA VRUGTE VIR DIE DOOD, GEESTELIKE MENSE DRA VRUG TOT LEWE... Weergeboorte wys daarop dat nuwe saad gesaai is - DIE GEES IS VERNUWE/Eseg. 11:19; Gal. 6:8; ens. - so 'n persoon met 'n gees wat wederbaar is, word gesien as familie van God, groei geestelik, en is instaat om vrug tot ewige lewe te dra! (Rom. 6:22). Die weergeborene se vernuwing verwys bv. nie na die liggaam se vernuwing nie (alhoewel hulle die belofte het dat hulle liggame ook eendag vernuwe sal word), maar na die gees vd mens/die mens van binne/die innerlike mens/die siel (wat in die mens se liggaam is) se vernuwing - die liggaam self word eers vernuwe in die opstanding wanneer Jesus terugkom. 

DIE MENS SE GEES MOET OOK GESIEN WORD SOOS 'N PERSOON WAT GROEI:  
- word bv. somtyds na verwys as "die mens" van binne of die woord "hart word gebruik/Mark. 7:71;  EN HET TERLOOPS NET SOOS DIE UITERLIKE MENS/liggaam, OOK KOS EN WATER NODIG, EN NODIG OM BEKLEE TE WORD... (klik op die betrokke woord om na die skrifte te gaan).

DIE INNERLIKE MENS IS 'N BETER BESKRYWING VAN IEMAND AS WAT SY UITERLIKE IS:
- Die siel of "hart" (innerlike mens/mens se gees) word baiemaal gebruik om te beskryf hoe iemand is, dink, redeneer, sien, wat hy begeer, ens.  Mense wat eenders dink word bv. beskryf as "een van hart en siel" (Hand. 4:32) - in daardie opsig sien ons hoe die hart/siel/innerlike mens mense kan beskryf... - hoe hulle "sien" en dink, wat hulle begeer (bv. Matt. 5:28), hoe hulle oordeel (Matt. 12:34), ens.

DIE INNERLIKE MENS KAN BESOEDEL WORD:
- Beide die liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) kan vuil/besoedel word (kyk o.a. tema van die "gewete besoedel"), en het dus redding/saligheid nodig (1 Pet. 1:9; Hebr. 10:22; 9:13,14). Hierdie skakel ook aan by die tema van "naaktheid" - kyk die belangrikheid van "klere". Selfs as iemand sondig in sy hart word dit as sonde gesien (al het hy dit nie fisies in die liggaam gepleeg nie)(Matt. 5:28). Sonde word gewoonlik gebore in die hart... (Matt. 12:34), bv. dit wat iemand dink sit hy in woorde om..., ens.

GEEN MENS KAN DIE SIEL/INNERLIKE MENS/DIE MENS SE GEES DOODMAAK NIE:
Wanneer die mens sterwe is dit sy uiterlike mens ("liggaam") wat doodgaan, nie die innerlike mens ("siel) nie. Niemand kan die siel doodmaak nie, behalwe God! (Matt. 10:28)(kyk tema van die "tweede dood" - die tweede dood verwys na die poel van vuur).  

DAAR MOET MEER AG GEGEE WORD OP DIE INNERLIKE AS OP DIE UITERLIKE:
- Die innerlike mens is belangriker as die uiterlike mens! - dit is bv. beter om jou lewe (liggaam) te verloor as om jou siel te verloor... (Matt. 16:24-26)(en terloops, die persoon wat dit verstaan en redding soek en verkry het die belofte van opstanding). Om vir die uiterlike mens te sorg is belangrik, ja (kos, klere, ens.), maar dit is belangriker om vir jou innerlike te sorg (jou gees het ook kos, water en klere nodig/Matt. 4:4...);  op ditto wyse is liggaamlike oefening belangrik vir die liggaam, maar dit is selfs belangriker om jou te oefen in die godsaligheid (1 Tim. 4:8).

BEIDE DIE UITERLIKE MENS ASOOK DIE INNERLIKE MENS KAN BESKRYF WORD DEUR DIE TERM "LIGGAAM, SIEL EN GEES" - FISIES (uiterlike mens) OF GEESTELIK (innerlike mens):
- Alhoewel dit nie noodwendig korrek is om die gees vd mens ook as "liggaam, siel en gees" te beskryf nie, is dit interessant dat die gees vd mens ook kan sien, praat, hoor, dink, beweeg, ens...;  in ander woorde, die gees van die mens kan ook beskryf word deur die term "liggaam, siel en gees", maar word geestelik beskryf (terwyl die uiterlike fisies beskryf word deur hierdie term). Die innerlike mens/die mens van binne kan bv. ook gesien word soos saad wat gesaai word en groei en vrug dra... (net soos "'n liggaam" in die wereld gesaai word en opgroei)(Matt. 13:37). Daar is heelwat geestelike terme wat hierdie alles beskrywe, bv. dat die weergeborene gesien word as "van Jesus Christus se vlees en bene" (is familie van Hom), of die hart wat beskryf word as voel, dink, wil, intellek, ens.; of die hoe "gees" beskryf word as dat die natuurlike mens 'n wereldse gees het en die geestelike mens die Heilige Gees het...
- Alhoewel die gees vd mens 'n gees is binne-in 'n liggaam, word daar baiemaal na die gees verwys as geestelik, bv. Kol. 2:5 waarin Paulus verklaar dat hy na die vlees afwesig is, maar tog by hulle is in die gees... Weergeborenes word gesien as "een in gees" (Fil. 1:27; 2 Kor. 12:18), en hierdie terme verwys veral na hoe geestelike mense aan mekaar of dieselfde dink en sien, en natuurlik is dit omdat hulle almal die Heilige Gees het. Vgl. hierdie met die tema van "hart"Hebr. 4:12).

DIE GEES VAN DIE MENS IS IN GOD SE HANDE:
- (1Sa 2:6 - "Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom")(Deut. 32:39) - hierdie verwys na die UITERLIKE MENS, maar wat die INNERLIKE MENS aanbetref is dit ook in God se hande... (beid die "liggaam" en "siel" is in Sy hande/Matt. 10:28 - die gees van alle menslike vlees is in God se hande (die God wat hemel en aarde gemaak het)(Job 12:10).  Geen mens kan lewe sonder die ASEM wat deur God gegee word nie (net soos 'n plant ook nie kan lewe of groei sonder lig nie, en ons kan dus asem voorstel soos "lig" vir die liggaam) (Matt. 6:23; Job. 34:15). Maar l.w. dat hierdie ook geld vir die innerlike mens - geen mens kan die dood oorwin sonder die asem vd Heilige Gees nie.  Die Heilige Gees hou weergeborenes in bewaring tot die dag van opstanding... Almal het redding (afwassing van sondes en die Heilige Gees) nodig om te kan lewe!, want as iemand nie hierdie redding verkry nie, is sy uiteinde die dood.  Dit is in die Here se hande om hierdie redding te gee;  m.a.w., die gees van alle menslike vlees is ook in Sy hande.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEWE EN DOOD (neem kennis dat waar daar nie skrifte aangehaal is nie, klik asb, op die links gegee):

AS DIE MENS SE "SIEL" / DIE GEES VD MENS NIE REDDING KRY NIE, IS SY UITEINDE DIE TWEEDE DOOD:
 - die wat redding ontvang sal nie deur die tweede dood gaan nie, maar die wat dit nie ontvang nie sal in die poel van vuur gegooi word (Openb. 20:6; 20:14; 21:8);  in ander woorde, die wat nie redding kry nie sal deur die tweede dood gaan - mense kan nie die siel doodmaak nie, maar God kan.

DIE GEES VD WEERGEBORENE LYK ANDERS AS DIE GEES VD NATUURLIKE MENS:
Letterlik verwys die gees vd mens na ASEM, en asem verander die liggaam tot 'n lewende siel (Gen. 2:7);  of anders gestel, dit is wanneer gees ingaan in die liggaam wat iemand begin lewe/asem het (dan word hy 'n lewende siel). Op dieselfde wyse verander die Gees van God die persoon wat weergebore word se innerlike in 'n lewende siel (nie dat dit dood was nie want die natuurlike mens se innerlike lewe deur 'n wereldse gees, maar was oppad na sy dood... - die natuurlike mens dra vrugte vir die dood). Wanneer die innerlike "lewe" (wanneer die mens se gees gewederbaar word), verwys dit dus na iemand wat vir die Here lewe en nou instaat is om "vrug tot (ewige) lewe" te dra (leef nie meer vir hulleself nie, en hulle het die belofte van ewige lewe omdat hulle nou vrug kan dra tot ewige lewe). Geen mens kan 'n LEWENDE SIEL (op aarde) wees sonder die asem wat God aan hulle verleen nie... - letterlik en geestelik!, want letterlik gaan die mens (die uiterlike mens) dood wanneer hy sy laaste asem uitblaas, en geestelik sal die (innerlike mens), as hy nie die asem vd Heilige Gees het nie, deur die tweede gaan omdat hy nie die lig (nl. die Heilige Gees) het nie. In ander woorde, die innerlike (mens) vd geestelike mens lyk anders as die innerlike vd natuurlike mens - onderskei dus tussen die "kinders van die lig" (geestelike mens - die wat die "lig" het - die wat die asem het vd Heilige Gees) en "kinders van die duisternis" (natuurlike mens - die wat nie die lig of asem vd Heilige Gees het nie). Jesus is 'n LIG wat in die wêreld gekom sodat elkeen wat in Hom glo, nie in die duisternis sou bly nie (Hy het die waarheid en redding gebring), en Hy gee die Heilige Gees/Lig aan elkeen wat in Hom glo. Gelowiges word terloops ook gesien soos LIGte wat skyn in die duisternis! (Mat 5:14-16), want hulle het die lig (die Gees vd waarheid) (https://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html);(https://warechristene.blogspot.com/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html). Om hierdie rede kan die geestelike mens se innerlike gesien word as "lewendig" (omdat hy die LIG het!); maar die natuurlike mens se innerlike word somtyd voorgestel asof "dood", wat eintlik maar net daarna verwys dat hy vrugte dra vir die dood. Die term "dood" verwys nie net na wanneer die liggaam doodgaan nie, maar verwys ook na die tweede dood - wanneer beide liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) in die hel of poel van vuur gewerp word. Die Heilige Gees is dus 'n Lig (is ASEM) vir die innerlike mens;  en die wat die Heilige Gees het, deur wie hulle in bewaring gehou word tot die dag van verlossing vd liggaam, het dus die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie (verwysend na die wat "opstaan tot lewe", nie die wat opstaan tot veroordeling nie).  Net soos die uiterlike mens nie kan lewe sonder die (lig) asem wat God gee nie, net so kan die innerlike mens nie LEWE sonder "asem" nie, en i.g.v. die geestelike mens verwys daardie asem na die Heilige Gees...
In hierdie opsig verwys die Skrif daarna as:
- die natuurlike mens het die gees vd wereld (en dra vrugte vir die dood), maar
- die geestelike mens het die Gees van God (en dra vrugte vir die ewige lewe)(https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html).

SONDER DIE GEES KAN DIE LIGGAAM NIE LEWE NIE:
- Alle vlees wat lewe het 'n gees... - dit is immers deur hierdie gees (wind/asem) wat hulle van God ontvang waarom hulle lewe (is "lewende siele"). Die begrip "gees" verwys dus nie net na asem nie, maar word ook gebruik vir die mens van binne/die innerlike mens (Jes. 42:5 - "So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel").  God het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon (Hand. 17:26) - alle vlees se lewe is in Hom! - in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons (Hand. 17:28). Hierdie "gees" wat in die mens is word o.a. in Job 27:3 genoem "asem" - Job noem hier dat die "lewensasem van God is in sy neus". Vgl. dit gerus met Gen. 2:7 met die woorde "en in sy neus die asem vd lewe geblaas".  En dit is deur hierdie "lewensasem" wat die mens 'n lewende siel word (Gen. 2:7). In Gen. 6:17 word daar ook na mens en dier verwys as "vlees waar 'n lewensgees in is". Job 34:14 en 15 verklaar dat, sou God sy Gees en sy asem na Hom terugtrek, dan sal alle vlees tesame die asem uitblaas - m.a.w., dan sou almal sterf (en die mens na stof terugkeer). Deur hierdie verse leer ons hoe afhanklik die mens is van die asem wat God aan hom verleen, om te kan LEWE!  Elke mens se "lewe" is in God se hande en sonder Sy asem KAN HULLE NIE LEWE NIE;  m.a.w., sonder hierdie asem kan die mens nie 'n lewende wese wees op aarde nie en sal die gees dus die liggaam verlaat.  Hy gee lewe, en Hy neem lewe terug.

DIE GEES VERLAAT DIE LIGGAAM WANNEER MENS OF DIER DOODGAAN:
- Die begrip "dood" verwys nie net na wanneer die LIGGAAM sterwe nie, maar daar is ook 'n tweede dood vir die wat nie redding kry nie (wanneer beide die liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word).  WAT DIE SIEL VD MENS/DIE MENS SE GEES AANBETREF, IS SY UITEINDE NIE NET DIE DOOD VD LIGGAAM NIE, MAAR OOK VAN DIE SIEL!, tensy hy redding kry.  Die wat redding kry sal, al gaan hulle dood, eendag opgewek word uit die dood, en het ook die belofte van ewige lewe... (dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie). Maar die uiteinde van die "natuurlike mens" is anders, want natuulike mense is kinders van slawe (van sonde), en word as slawe gebore... (Adam en Eva was SLAWE van sonde;  dus, hulle kinders word as "slawe van sonde" gebore, en het dus redding nodig van hulle slaafskap). Ecc. 3:19 leer vir ons dat wanneer mensekinders sterwe, gaan hulle asems "op boontoe". Hfst. 12:7 leer ook vir ons iets soortgelyks..., dat wanneer die die stof na die aarde terugkeer (hier in konteks met mensekinders), die gees (wat God gegee het) terugkeer na God - God neem dit weg van die persoon se liggaam - die gees verlaat die liggaam... (natuurlik verwys hierdie na na die mens se gees, wat soos lig is vir die liggaam - "asem"). Wanneer die mens doodgaan, het sy gees nie doodgegaan nie, maar gaan na 'n ander plek - niemand kan op aarde LEWE sonder gees nie! (wanneer die gees uitgaan keer die vlees terug na die aarde (en op daardie dag is dit met daardie persoon se planne gedaan)(Psa 146:3,4). In Ps. 78:40 word die mensekinders voorgestel soos winde wat weggaan (wanneer hulle sterf) en nie (kan) terugkom nie... Wanneer die gees vd mens sy liggaam verlaat kan hy nie teruggaan na sy liggaam nie - in hierdie opsig het die doderyk oorwinning oor die liggaam. MAAR die wat glo in Jesus Christus het die hoop op opstanding! (1 Kor. 15:50-58), en Jesus het nou die sleutels vd dood en doderyk!  Geestelike mense het die hoop dat, al het hulle gesterf, hulle geeste eendag weer verenig sal word met hulle liggame..., en nie net dit nie, maar het die belofte van nuwe liggame, nl. "verheerlikte liggame"  wat anders is as die liggame wat ons nou het (verheerlikte liggame kan vir ewig lewe). Maar l.w. dat nie almal wat hierdie belofte het inderdaad sal opstaan opstaan "tot lewe" nie... (die Skrif leer dat sommige sal opstaan tot lewe, maar ander tot groot smaadheid/veroordeling...)(Dan. 12:2; Joh. 5:29)Die goddelose het egter geen hoop op opstanding nie - hulle sal wel herlewe maar met die doel om voor die wit troon oordeel te verskyn... (Openb. 20:11-15) Baie geleerdes sien hierdie feit dat hulle sal "herlewe" ook soos 'n tipe opstanding.  In elke geval van watter tipe opstanding ookal, is dit duidelik dat dit gewoonlik gepaardgaan met oordeel.  By die opstanding wanneer Jesus Christus terugkom (verwysend na die opstanding van gelowiges), gaan dit ook gepaard met oordee, want dan sal daar skeiding gemaak word tussen die koring en kaf, die koring en onkruid, asook die skape en bokke - daar sal skeiding gemaak word tussen verskillende groepe mense in die Koninkryk..., en hierdie groepe word geklassifeer deur begrippe soos 
-"koring (opregtes)en onkruid (valses)", 
-"koring (die wat vrug dra) en kaf  (vrugteloos)", 
-"skape (barmhartiges) en bokke (onbarmhartiges)" en 
-"herders (dienaars vd Here) en wolwe (valse profete)".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE MENS SE GEES KAN VERANDER OF BEINVLOED WORD: 

Die mens se gees kan vernuwe word, en die manier hoe dit gebeur is deur 'n ander gees... - in die weergeborene se geval is dit deur die Heilige Gees.  Dit beteken nie dat die mens sy eie gees verloor nie, maar dat 'n ander gees in hom ingaan (en hom verander en begin lei). Bose geeste kan ook in mense ingaan en het ook 'n invloed op daardie persoon se gees. Verandering deur die Heilige Gees is o.a. waarna die weergeboorte verwys, want die persoon begin anders dink en sien - amper soos iemand wat oor gebore word. Dit is die inlvoed van die Heilige Gees op iemand.  Bose geeste het egter nie 'n goeie invloed op iemand nie - hulle kan ook iemand se denke verander en begin hom lei (wat terloops op die lang duur nie tot iemand se voordeel is nie!). 

Die natuurlike mens dra vrugte vir die dood (uiteinde is die dood, nie net die liggaam/uiterlike mens wat sterwe nie, maar verwys ook na die tweede dood wanneer beide die liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word). Die geestelike mens/weergeborenes dra vrugte tot (ewige) lewe... In hierdie soort beeldspraak van groei en vrug dra, word die gees vd mens voorgestel soos 'n plant of boom wat groei en vrug dra en sal eendag geoes word. Die Heilige Gees maak iemand instaat om vir die Here te lewe en dus vrug tot ewige lewe te kan dra. Alhoewel dit mag klink soos werke, moet vrug gesien word soos beloning (nie werke nie), en is 'n bewys van hoe iemand se innerlike verander het.  M.a.w., a.g.v. die verandering in sy gees kan die geestelike mens hierdie vrug (tot lewe) dra... Ander woorde wat in die Skrif hiervoor gebruik word is bv. "nuwe hart" (wat veral verwys na hoe iemand nou sien en dink) - die geestelike mens sien en dink anders en leef nou vir die Here...  Die natuurlike mens is 'n slaaf van sonde (dien die sonde), maar die geestelike mens is 'n slaaf van Jesus Christus, deur wie hy losgekoop is van sy slaafskap (die weergeborene dien die Here).  
- Die mens se gees kan ook beinvloed word (bv. "dink en sien"), bv. dat die Here iemand se gees kan verander, bv. om Sy wil uit te voer (maar o.a. selfs kan die Here iemand se hart verhard - kyk bv. Deut. 2:30 - die koning van Hesbon se gees verhard het).  
- Die mens se gees kan hom dring (bv. tot woorde)(Job 32:18; Eks. 35:21).
- Die mens kan iemand anders se gees beinvloed; bv., wanneer iemand hom tot iemand anders se woorde wend (Spr. 1:23), of kan deur iemand verkwik word (2 Kor. 7:13); of kan tot nadeel ook iemand se gees beinvloed, bv. verbreek wanneer iemand vals spreek van jou (Spr. 15:4). 
- Die mens se gees word deur sy hart/emosies, denke ens. beinvloed (Spr. 15:13);  bv., 'n vrolike hart bevorder genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog (Spr. 17:22; 18:14). Dit is waarom dit so belangrik is om gedagtes te verander...
- Ons kan ons eie gees verander - kyk die onderwerp "vernuwe gemoed" (Ef. 4:23).
- Die gees (vd mens) kan ervaar en voel, bv. dinge ervaar soos benoudheid (Job 7:11), kan onrustig wees (2 Kor. 2:12), beswaard, versmag, ens. (Gen. 45:27; Ps. 143:4).
- Die gelowige se gees kan deur die Here bewaak word (Job 10:12) - (interessante studie - vra bv. die vraag "waarteen bewaak word?").
 - Die mens se gees kan beskryf word... - geestelike mense se geeste is bv. deur die Here verander op 'n spesifieke manier - bv. is nie 'n gees van vreesagtigheid nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing (2 Tim. 1:7). Ons geeste kan beskryf word/beskryf ons - kyk o.a. die begrip "verborge mens vd hart" (1 Pet. 3:4), gees van sagmoedigheid (Gal. 6:1), betroubaar van gees (Spr. 11:13), nederig van ges (Spr. 16:19), ens...

DIE MENS SE GEES BEINVLOED SY LIGGAAM EN DADE:
Ons dink met ons siel/hart, maak besluite ens. Wanneer iemand bv. gesien word as koppig en wederstrewig, verwys dit na 'n "onvaste hart" (iemand wie se gees nie trou is teenoor God nie...)(Ps. 78:8). Elke mens is instaat om hom/haar gees te beheer... (bv. moet kies om lankmoedig te wees)(Spr. 16:32; 17:27; 25:28; 29:23). Die manier hoe iemand sy gees beheer is o.a. 'n teken van of iemand wys of dwaas is (Ecc. 7:9). 2 Kor. 7:1 leer vir ons dat net soos die vlees besoedel word, die gees (vd mens) ook besoedel kan wees! - dit is ons plig om ons van beide hierdie besoedelings te reinig. Spr. 16:32 leer vir ons dat hy wat sy gees beheer beter is as een wat 'n stad inneem! - in konteks gaan dit hier oor lankmoedigheid, bv. ons word aangemoedig om 'n lankmoedige gees te he. Dit is duidelik dat ons ons gees KAN BEHEERS - in 1Tim.  4:12 word Timoteus beveel om 'n vb. te wees (vir die gelowiges), in o.a. "gees".  Die mens se gees beskryf dus ook toestand vd die siel deurdat hy dinge ervaar in sy gees, bv. verslae van gees (Psa 34:18/19), of verbitterd in die gees (1 Kon. 21:5) verlange in die gees (2 Sam. 13:39), onrustig in die gees (Gen. 41:8), ens.  Die mens se gees kan verkwik word... (1 Kor. 16:18).

KAN IEMAND SE GEES IN IEMAND ANDERS INGAAN?
Die Bybel gee nie vir ons veel inligting hieroor nie, maar wat wel duidelik is is dat dooie (mense) se geeste nie kan kom en gaan soos hulle wil nie... Daar is wel ander geeste wat in die mens kan ingaan, wat nie verwys na mense se geeste nie. Daar is ander geeste soos bose geeste, en die Heilige Gees is ook 'n gees, maar is nie boos nie! Die Heilige Gees is afgesonderde Gees van God. Mense wat weergebore word ontvang die Heilige Gee - wat in so 'n geval gebeur is dat die geestelike mense se gees deur die Heilige Gees verander word (bv. in hoe hy sien en dink - asof hy uit ander saad gebore word), en die Heilige Gees begin hom lei. Anders as geestelike mense het natuurlike mense 'n wereldse gees, en word deur die wereld gelei... (1Kor. 2:12 - "Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het"). (1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan"). Die manier hoe iemand "dink en sien" (begrip, ens.) en doen, wys deur watter gees hy gelei word...

Wanneer dit kom by onderskeiding is dit bv. die mens se gees wat op die proef gestel moet word - luister daardie persoon (wat bv. 'n woord gee) na die wereld?, of na die Heilige Gees?  BRON is dus belangrik! Deur watter gees word iemand gelei? In hierdie opsig word iemand se gees somtyds beskryf as die gees waardeur hy opereer - kyk bv. (2Kon. 2:9en15 - v.9 "En nadat hulle deur was, sê Elía vir Elísa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En Elísa antwoord: Laat dan tog ‘n dubbele deel van u gees op my kom................(v.15)  En die profete-seuns wat in Jérigo was, het dit op ‘n afstand gesien en gesê: Die gees van Elía rus op Elísa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig"). In hierdie geval word die mens se gees somtyds beskryf soos die gees wat deur hom werk, want eintlik maar net verwys na wanneer daardie g(G)ees in beheer is van iemand se gees, bv. (1Kor. 14:13-16 - "Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?"). In die geval vd geestelike mens neem die Heilige Gees bv. beheer oor..., en verander die manier hoe iemand sien en dink, en werk gawes en bedieninge en werke deur daardie persoon. Die dubbele porsie van Elia se gees wat Elisa ontvang het, verwys eintlik na 'n dubbele porsie van krag wat deur die Heilige Gees ontvang is. Elia se innerlike mens het nie in Elisa ingegaan nie, maar 'n dubbele porsie vd krag vd Heilige Gees wat in Elia was het in Elisa ingegaan.   

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'N GEES LAAT 'N LIGGAAM LEWE =  LEWENDE SIEL:

Afgode is niks (1 Kor. 8:4; Jer. 16:19), want hulle kan nie praat of dink, besluite neem of enige iets nie..., want hulle het nie 'n gees nie! Daarom, die wat aan afgode offer, offer eitlik aan duiwels want die afgod is nie lewendig nie (1 Kor. 10:19,20), en kan niks doen nie - hulle kan nie praat of hoor of sien of beweeg of ruik of tas nie, en hulle kan niemand help of leer nie (Psa 115:47 - "Hulle afgode is silwer en goud, ‘n werk van mensehande. Hulle het ‘n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; ore het hulle, maar hoor nie; hulle het ‘n neus, maar ruik nie; hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie")(Ps. 135:15-17; Deut. 4:28; Jes. 42:17; Jes. 46:6,7; Jer. 10:3-5; Jes. 44:8,9). 'n Gees maak hierdie verskil..., nl. dat 'n gees 'n liggaam kan laat lewe(Hab 2:18,19 - "Wat baat ‘n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, ‘n gegote beeld, wat ‘n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak. Wee hom wat vir ‘n stuk hout sê: Word wakker! vir ‘n dooie klip: Ontwaak! Kan hy ‘n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie!")    (Jer 10:14,15 - "Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die gesnede beeld; want sy gegote beeld is ‘n leuen, en daar is geen gees in hulle nie. Nietige afgode is hulle, werk vir spotterny; in die tyd van hulle besoeking gaan hulle tot niet"). 

Op dieselfde wyse is die mens slegs 'n liggaam sonder lewe as hy nie 'n gees het nie (Gen. 2:7). 
Hierdie is die groot verskil...  - 'n "liggaam" WAT 'N GEES HET en 'n "liggaam" SONDER 'N GEES - as daar 'n gees aan iets gegee word, dan begin dit eers lewe...;  m.a.w., sonder hierdie lig of asem kan iets nie 'n lewende wese wees nie - asem maak hierdie verskil (Gen. 2:7). Lewe kan dus o.a. beskryf word deur "gees", want sonder gees kan geen mens lewe nie. Asem is die bewys dat iets 'n gees het.
Dit is moontlik hierdie feit wat bydra dat mense die dier in Openb. 13 aanbid...,  omdat daar 'n gees aan die beeld gegee sal word, en dit gaan veroorsaak dat hierdie beeld sal kan praat! - asof hy lewendig geword het (Openb. 13:15 - "En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie"). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------