Maandag 06 April 2020

Die nuwe mens - deel 2 (die Christelike kerk)

Vir die eerste deel oor hierdie tema "Die nuwe mens", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/03/die-nuwe-mens-deel-1-die-wedergeborene.html
_________________________________________________________________________________
Die begrip "nuwe mens" in die Skrif word nie net gebruik van 'n persoon wat nuut geword het, of meer presies "hom beklee het met die nuwe mens" nie (Ef. 4:24; Kol. 3:10), maar word ook gebruik van 'n entiteit soos die Christelike kerk (Ef. 2:11-15). In hierdie pos word gekyk na 
Die Christelike kerk as NUWE MENS.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die voorstelling van die Christelike kerk as 'n "nuwe MENS":

Die Christelike kerk word as 'n nuwe mens voorgestel en veral gebruik in konteks met waar Jood (besnedenes) en heiden (vroeër onbesnedenes) een word/is in Christus
(Ef. 2:11)  Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,
(Ef. 2:12)  dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
(Ef. 2:13)  Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
(Ef. 2:14)  Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het
-(Ef. 2:15)  deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
(Ef. 2:16)  en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

As die volk Israel soos 'n MENS voorgestel kan word, dan kan die Christelike kerk miskien voorgestel word soos "daardie mens maar wat "weergebore" is"...  'n Mens bestaan uit liggaam, siel en gees, dus sal die liggaam siel en gees (van hierdie "nuwe mens")(asof weergebore) anders daarna uitsien as die vorige "mens". Om die Christelike kerk dus as nuwe mens te verstaan, moet ons gaan kyk na hoe die liggaam siel en gees van hierdie "nuwe mens" lyk, en kan dit ook vgl. met die "ou mens" as ons meer wil verstaan wat presies vernuwe is.  Bv.:
- die "ou liggaam" het bestaan uit die Joodse volk (kinders van Abraham, gebore uit sy saad - waarvan die besnydenis 'n teken was van wie aan hierdie volk behoort het), maar die "nuwe liggaam" bestaan uit almal wat in Christus Jesus glo (gebore uit Sy saad, deur die Heilige Gees - die wie se harte besny is, en die Christelike doop is o.a. 'n teken hiervan)
- Wat "gees" aanbetref het die "ou mens" die Heilige Gees in hulle midde gehad (die Here was by hulle teenwoordig d.m.v. die tabernakel of tempel en het hulle gelei deur priesters en profete en konings in wie die Heilige Gees was), maar in geval vd "nuwe mens" het elkeen wat aan hierdie "nuwe liggaam" behoort, die (asem vd) Heilige Gees ontvang (en is elkeen self soos 'n tempel en die Here is by hulle teenwoordig deur Sy Gees, en die Heilige Gees lei en leer hulle)
- Wat die siel aanbetref het die "ou mens" vergifnis en die belofte van lewe gehad deur bloed- en lamsoffers wat met hande verrig was en die belofte van eendag aanneming tot kinders gekoppel aan die koms vd beloofde Messias - hulle het ook die wet van Moses gehad;   maar die "nuwe mens" het vergifnis en die belofte van lewe deur die bloedoffer van Christus wie se eie Liggaam gebreek is en deur Hom belofte van aanneming tot kinders (en die Christelike doop asook die nagmaal is tekens hiervan..);  en die nuwe mens se hart is vernuwe en daarom dink en sien soos die Here want elkeen wat aan hierdie mens behoort, het die Heilige Gees - is nie gehoorsaam aan die wet van Moses nie, maar aan die Heilige Gees.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE CHRISTELIKE KERK SOOS 'N LIGGAAM GESIEN:

Ook genoem, "die liggaam van Christus"" (figuurlik):
Die nuwe mens verwys na die wat aan die Christelike kerk behoort, meer presies word hulle genoem "die liggaam van Christus" - wat daarna verwys dat Hy die hoof is van hierdie "liggaam" asook dat hulle LEWE het in Hom!;  m.a.w., lewe deur Sy asem nl. die Heilige Gees, en deur Sy liggaam nl. dat hulle Sy familie word (van Sy vlees en bene), en deur Sy siel nl. dat hulle vergifnis en belofte van lewe ontvang (deur Sy bloed). 

Elkeen wat deel is vd liggaam van Christus word gesien as die wat hulle beklee het met Christus - hulle is dus familie van Hom en het die "klere van heil" - verwysend na die wat eendag gaan erf... 

Anders gestel:
Die "LIGGAAM van Christus" (die Christelike kerk) word soos 'n MENS voorgestel, en verwys dus na:
- liggaam (vgl. dit met die uiterlike liggaam wat verwys na "vlees, familie, werke, voedsel, klere" ens.)(wat die liggaam vd Christelike kerk aanbetref, is die liggaam vernuwe; wat VLEES en FAMILIE aanbetref is die volk van weergeborenes familie van Jesus Christus, "van Sy vlees en bene" en is dus 'n volk wat onverganklik is want hulle is gebore uit Sy saad;  wat WERKE aanbetref, doen hulle Sy werke;  wat KOS en water aanbetref, neem hulle die regte soort geestelike voedsel en water in wat hulle aan die lewe hou;  wat KLERE aanbetref, is hulle skaamtes is bedek... ens.). 
- siel (vgl. met die uiterlike siel nl. bloed, hart / organe ens.)(wat die siel vd Christelike kerk aanbetref, het hulle hul lewe in die BLOED van Christus Jesus;  wat die HART aanbetref, is hulle harte vernuwe / harte besny; die lede vd liggaam vd Christelike kerk werk saam soos die lede en organe in 'n uiterlike liggaam saamwerk, en die rede hiervoor is die bloed en hart); en 
- gees (vgl. met uiterlike asem waarsonder niemand kan lewe nie)(wat die gees vd Christelike kerk aanbetref, is die liggaam van Christus 'n "lewende wese" d.m.v. die asem vd Heilige Gees;  elke wedergeborene het die Heilige Gees en lewe a.g.v. hierdie asem, en is soos 'n tempel - die Here is by hulle teenwoordig deur Sy Gees; die Gees gee gawes en bedieninge aan hierdie verskillende lede vd liggaam, en lei en leer hulle...).

Die wat deel is van "die liggaam van Christus", is soos lede van Sy liggaam en hulle het 'n siel en gees:
- lede van Sy liggaam (want hulle is gebore uit Sy Saad - en soos "kinders van Hom"- "van Sy vlees en van Sy bene" Ef. 5:30 -  en is dus onverganklik en wil nie meer sondig nie want hulle het nou 'n ander Vader;  en bly in die lewe omdat hulle die regte kos en water kry, en hulle is bekleed - hulle sondes is bedek en hulle is kinders vd erfenis);
- lewe deur Sy siel (lewe deur Sy bloed en Sy liggaam - hulle het vergifnis gekry deur Sy offer en hulle harte is besny - nuwe hart), en 
- lewe deur Sy Gees (lewe deur die asem vd Heilige Gees).  Dit is dan inderdaad wat die nagmaal ook voorstel, Sy liggaam en Sy bloed...(Joh. 6:54) sodat ons deur Hom kan LEWE! 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog notas op hierdie onderwerp en miskien net 'n ander manier om hierdie te verduidelik, maar met die klem op funksie vd Christelike kerk:

Die NUWE MENS (die Christelike kerk)(die "liggaam van Christus") se liggaam, siel en gees:
-LIGGAAM:  Dit verwys na die Christelike kerk - die wat in Jesus Christus glo behoort aan Sy LIGGAAM.  Jy kan nie deel word van hierdie liggaam as jy nie die ou liggaam (met sy sondes) aflê nie...(dus, "nuwe mens").  Saam vorm gelowiges die "LIGGAAM van Christus" (figuurlik), en afsonderlik is hulle LEDE VAN hierdie LIGGAAM (letterlik)(1 Kor. 14), deur Sy Gees, en die Heilige Gees verander hulle siele figuurlik (harte) sodat hulle vrug dra tot ewige lewe, en werk deur hulle verskillende gawes en bedieninge (werke - "werke vd geloof").  Christene is ook figuurlik FAMILIE van mekaar en deel in dieselfde bloed.

WATER nodig om te reinig (Eseg. 36:25 - "Dan sal Ek skoon WATER op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle REINIG").

BROOD:  Die brood wat deel vorm vd nagmaal wys op Jesus se liggaam, wat Hy vir ons gee en vir ons gebreek is...  (Luk. 22:19; Matt. 26:26; 1 Kor. 11:24). Deur die seremonie vd breking vd brood het ons GEMEENSKAP MET DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS (nie net deel vd Christelike kerk nie, maar ook "van Sy vlees en bene...")- die een brood wat verdeel word wys op die feit dat almal deel het aan die een brood (deel het aan die liggaam van Christus)(1 Kor. 10:16,17).  Dit is om hierdie rede waarom die wat die nagmaal op onwaardige wyse gebruik, skuldig word aan die liggaam (en bloed) van die Here (1 Kor. 11:27,28)(want hulle deel dieselfde brood of "liggaam").
------------------------------------------
- SIEL:  Verwys na Sy bloed.  Die lewe is in Sy BLOED (letterlik)- gelowiges is deel van Sy SIEL (lewe in siel, in Sy bloed) - asof hulle deel in dieselfde bloed! - hulle word deel van Sy siel en kan dus nie doodgaan (figuurlik bedoel)(tweede dood) nie. Deur die asem vd Heilige Gees verander Hy gelowiges tot " 'n lewende SIEL" (net soos wat die asem van God 'n mens verander in 'n lewende siel), en net soos die siel verbind is aan die bloed, net so is die siel van die gelowiges verbind aan die bloed van Christus;  altans, hulle lewe is in Sy bloed!  Bv., wanneer iemand sonde pleeg teen sy eie liggaam (bv. "hoereer") veroorsaak dit bloedskuld... - iets soortgelyk gebeur wanneer iemand sondig teen die liggaam van Christus (m.a.w., sondig teen die wat deel is vd liggaam van Christus). Enige sonde wat bloedskuld veroorsaak, wat 'n Christen pleeg teen 'n ander Christen, kan steeds bloedskuld veroorsaak!, maar nou omdat jy deel is van die liggaam van Christus, is hierdie bloedskuld teen Sy bloed! (wat jou lewe is in Sy bloed, en bloedskuld kan slegs met eie bloed betaal word...) - m.a.w., so iemand word nou skuldig aan die bloed van Christus (want almal wat behoort aan die liggaam van Christus, deel van die lewe in Sy bloed). So iemand sondig dus teen sy eie GEESTELIKE liggaam (soos wanneer iemand wat hoereer sondig teen sy eie liggaam), en word skuldig aan die bloed waardeur hy lewe.  Daarom moet elkeen wat aan hierdie liggaam behoort, seker maak dat hulle siele reg is voor hulle nagmaal gebruik... (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/wie-op-onwaardige-wyse-eet-of-drink-sal.html), want die wat sondig teen die liggaam (van Christus), kan met bloedskuld opeindig (...dan skuldig aan die bloed van Christus).
Die siel verwys ook na die hart.  Die wat deel is vd liggaam van Christus, is in HART EN SIEL "een" soos een hart;  soos een siel (figuurlik)(wil, intellek, emosies)(dink eenders, doen die wil vd Here, waarheid, begeerte na Hom ens.)(Fil. 1:27).  Christene vorm saam 'n "lewende siel".  Deur Sy Gees formeer Hy 'n nuwe hart in elkeen wat glo, se binneste (Eseg. 36:26). Die wat die Heilige Gees het, en hulle deur die Gees laat lei, "dink en sien en wil en begeer eenders".
-------------------------------------------
- GEES: verwys na die Heilige Gees. Christene word weergebore deur die ASEM (letterlik) van Sy Gees, gebore uit Sy saad (soos om 'n "lewende siel" te word). Hulle lewe deur Sy GEES - net soos wat die mens se liggaam lewe wanneer God asem in hom inblaas, so lewe die "gemeente van Jesus Christus" wanneer Hy lewe deur die Heilige Gees "inblaas". Elkeen van hulle word gedoop in die liggaam van Christus in sodat hulle vir Hom kan LEWE (2 Kor. 3:6)(daarom is hulle nie gehoorsaam aan die wet van Moses nie, maar gehoorsaam aan die Heilige Gees). Hy formeer 'n nuwe GEES (figuurlik-verwys na die innerlike mens) in hulle binneste (Eseg. 36:26), maar deur die Gees is hulle ook deel vd Christene in geheel as 'n "liggaam", en die Heilige Gees laat hulle soos 'n liggaam met verskillende lede funksioneer (1 Kor. 14), en gee aan elkeen werke, bedieninge, gawes, ens.

DIE CHRISTELIKE DOOP STEL BAIE VAN HIERDIE VOOR, BV. vergewing van sondes (bloed en liggaamsoffer/skoonwas), en dood en opstanding (wat nie net verwys na die vernuwing vd innerlike en nuwe lewe van elke lid nie, maar ook op die toekomstige opstanding wanneer die uiterlike vernuwe word)(ontvang die asem vd Heilige Gees waardeur hulle lewe en nuwe hart en stel liggaam soos slaaf vir Christus).
_________________________________________________________________________________
OPSOMMING:

In die Skrif verwys die begrip NUWE MENS dus nie net
- na wedergebore mense (wat hulle met die nuwe mens beklee het, of hulle daagliks met die nuwe mens moet beklee) nie, maar ook na
- die Christelike kerk in geheel (Christene as 'n groep waarvan Jesus Christus die hoof is) en word voorgestel soos 'n nuwe mens (Israel + heiden een in Christus)("liggaam, siel en gees").

Dinsdag 17 Maart 2020

Die nuwe mens (deel 1 - die wedergeborene)

Die begrip "nuwe mens" word nie net gebruik van 'n persoon wat nuut geword het, of meer presies "hom beklee met die nuwe mens" nie (Ef. 4:24; Kol. 3:10), maar word ook gebruik van 'n entiteit soos die Christelike kerk (Ef. 2:11-15).

In die Skrif verwys NUWE MENS dus nie net
- na wedergebore mense (wat hulle met die nuwe mens beklee) nie, maar ook na
- die Christelike kerk in geheel (Christene as 'n groep waarvan Jesus Christus die hoof is) word voorgestel soos 'n nuwe mens (Israel + heiden een in Christus).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die wedergeborene as 'n nuwe mens:

Waar die begrip "nuwe mens" in die Skrif gebruik word, is die klem nie altyd op die alreeds verwerfde nuutheid van wedergebore mense (m.a.w. die wat hulle met Christus beklee het en wederbaar is en die Heilige Gees ontvang het, bv. "uit God gebore" / weer gebore) nie, maar is veral op die opdrag van hoe wedergeborenes hulle met die nuwe mens moet beklee. Christene het bv. opgestaan in 'n nuwe lewe, ja, maar dis nie asof hulle aangetrek en laat staanmaak is nie, want die nuwe lewe is ook iets wat hulle daagliks aantrek...  Bestudeer gerus die onderwerp oor die belangrikheid van "BEKLEDING" wat veral figuurlik gebruik word in die Skrif vd innerlike mens (bv., beklee met wit klere, of beklee met liefde, ontferming, lankmoedigheid... ens.)(kyk gerus wat  dit beteken wanneer kinders vd Here figuurlik "naak" is, of hulle klere bevlek...)(Kol. 3:12-14; Openb. 3:5; Gal. 3:27...). Die wat in Christus gedoop is, word voorgestel soos mense wat hulle "met Christus BEKLEE" het - bv. verwysend na hoe hulle erfenis uit Hom uit is en nie uit die wet nie... (Gal. 3:15-29) - in daardie opsig kan ons sê hulle het "nuwe vel en vlees aangetrek" (maar verwys natuurlik na die innerlike mens want die uiterlike mens het nog nie nuwe vel en vlees nie). M.a.w., asof gebore uit ander saad  (dus, "weer gebore")(gebore uit die saad van God) - vgl. met tema van "kinders van Jesus Christus". Sy kinders word gesien as "gebore uit die saad van God" (en word genoem geestelike mense). Die erfenis is belowe aan die gebore uit die geslag van Abraham - Isak - Jakob (12 stamme van Israel) - Jesus Christus is gebore uit daardie geslag (Abraham, Isak, Jakob, Dawid, Jesus Christus), maar Sy kinders verwys nie na die wat fisies gebore is uit Sy saad nie maar verwys na die wat in Hom glo (en geestelik gebore word uit Sy saad - deur water en die Heilige Gees wat deur Hom uitgestuur word aan die wat in Hom glo - hulle innerlike word vernuwe, maar daar word ook aan hulle belowe dat hulle uiterlike eendag vernuwe sal word - sien "die opstanding", of "verheerlikte liggaam"). Die nuwe liggaam of verheerlikte liggaam wat vir die Christen belowe word wanneer Jesus Christus terugkom, word terloops ook voorgestel soos iets waarmee die gelowige eendag "beklee" sal word... (1 Kor. 15:53).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (1)  Christene is alreeds "met Christus beklee" in die sin van ingedoop onder God se volk en deel vd wat gaan erf (m.a.w. verwys na die "nie onder die wet nie", maar onder Christus), maar
- (2)   Christene word ook beveel "om hulle met Christus te beklee", in die sin van "nie wandel volgens die vlees nie, maar volgens die Gees" (m.a.w., is nie onder die wet nie, maar "onder die Gees"). In daardie opsig verwys "nuwe mens" nie net (1) na die verandering wat alreeds plaasgevind het nie maar (2) verwys ook na daaglikse vernuwing (bestudeer die tema van "met Christus beklee"). As jy nou deel is van die kinders van God dan moet jy tog nou leef soos 'n kind van God!  As iemand gebore is uit God se saad dan gaan hy soos 'n geestelike mens wees (1 Joh. 5:18; 1 Joh. 3:6,9), nie 'n natuurlike mens nie. Die wat "onder Jesus Christus" is, luister na Hom - luister na Sy Gees, maar die gebore uit die saad van Adam ("natuurlike mense") luister na die wêreld (want hulle is in sonde gebore). Natuurlik, omdat die Christen se uiterlike nog nie vernuwe is nie, verwys hierdie na die innderlike mens.  Kyk 1 Kor. 2:12 (of bestudeer https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html). Die geestelike mens LEWE deur die asem vd Gees, maar die natuurlike mens het die wereldse gees (hierdie verwys na die innerlike mens).

In daardie opsig het wedergeborenes alreeds die belofte van ewige lewe, maar hulle moet seker maak dat hulle dit nie verloor nie.  Bv., as 'n Christen weer ongelowig word of verval in sonde tot die dood, dan kan hy nie verwag om lewe daaruit te oes nie...! So 'n Christen staan die gevaar om te verloor wat hy ontvang het, of staan bv. die gevaar dat sy naam uitgewis kan word uit die boek van die lewe (Openb. 3:4,5), sou hy hom nie daarvan bekeer nie. "Vernuwing" is dus ook 'n daaglikse ding. Christene moet hulle daagliks met Christus beklee...

Die NUWE LEWE vd Christen is dus nie net verwysend:
(1)  na die wat wedergebore is nie, maar ook
(2) van die nuwe lewe waarin ons daagliks moet stap.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPGESTAAN:
(l.w., die rede waarom sekere inligting in bg. paragrawe onder hierdie onderwerp herhaal word, is bloot om die konteks te behou...)

Alhoewel die tema van "die opstanding" gaan oor die eendag opstanding van die wat in Christus gesterf het, verwys dit nie net na die opstanding van die uiterlike mens nie maar ook na die opstanding vd innerlike mens. Die geestelike mens (nl. die Christen) het bv. alreeds figuurlik OPGESTAAN in 'n nuwe liggaam  (word o.a. deur die Christelike waterdoop voorgestel).  Maar hierdie verwys na die innerlike mens want as dit ook na die uiterlike mens verwys het, dan sou geen Christen se uiterlike sterwe nie. Die uiterlike mens sterf steeds omdat dit nog nie vernuwe is nie, maar is 'n verganklike liggaam. Wat die innerlike mens (die mens van binne) aanbetref het Christene wel alreeds opgestaan in 'n nuwe liggaam, maar opstanding vd uiterlike word ook aan hulle belowe - eendag wanneer Christus terugkom ("verheerlikte liggaam"). Wedergeboorte verwys dus beslis eerder na die innerlike mens (die mens van binne), maar elkeen wat (innerlik) wederbaar is het ook die belofte van letterlike opstanding eendag (opstanding vd uiterlike mens in 'n nuwe liggaam - verheerlikte liggaam).

"Opstanding" het dus nie net 'n letterlike verwysing (nl. iemand se uiterlike mens "weer tot lewe bring") nie, maar het ook 'n figuurlike verwysing (m.a.w. dit wat met die Christen gebeur wanneer hy weergebore word, is dat die ou mens doodgaan en hy staan op in 'n nuwe lewe... -asof hy van vooraf gebore word )(Kol. 2:12,13) - en is nou 'n "geestelike mens", nie meer natuurlike mens nie - verwysend na die saad waaruit iemand gebore word - is nou "uit God gebore")(kyk studie "die innerlike mens" - die mens figuurlik gesproke - "ligaam, siel en gees").  Vir die wat in Jesus Christus glo, is wedergeboorte moontlik - en twee dinge nodig om hierdie wedergeboorte teweeg te bring, nl. "water" en die "Heilige Gees".
Letterlik het die geestelike mens dus nog nie opgestaan in 'n nuwe uiterlike liggaam nie, maar sal eendag 'n nuwe liggaam kry wanneer Jesus Christus terugkom (kyk "verheerlikte liggaam" - ook genoem geestelike liggaam - https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html.  Die verheerlikte liggaam sal nie dieselfde soort liggaam wees as wat ons nou het (die huidige uiterlike mens) nie.

Wanneer daar verwys word na iets soos 'n geestelike liggaam, moet ons ook onderskei tussen die LETTERLIKE geestelike liggaam (soos die verheerlikte liggaam hierbo genoem) en die FIGUURLIKE "liggaam van Christus" wat "die groep Christene" voorstel - die liggaam van Christus (figuurlik gesproke)(nl. "die Christelike kerk") kan ook soos 'n liggaam gesien word -  m.a.w. ook gesien word as  "vlees, siel en gees" (- m.a.w. die Christelike "kerk" waarvan Christus die Hoof is...) - in 'n volgende pos, in die tweede deel van hierdie onderwerp nl. "die nuwe mens", word die Christelike kerk as nuwe mens behandel. Die letterlik geestelike liggaam waarin die geestelike mens eendag opgewek gaan word kan ook vgl. word met die liggaam waarin Jesus opgestaan het (dus dieselde soort liggaam waarin Hy Sy kinders eendag letterlik gaan opwek).

Ons moet dus nie die volgende twee terme verwar nie:
-  Moenie die opgestane innerlike mens verwar met die liggaam wat eendag letterlik opgewek gaan word nie (en moet dit ook nie verwar met die Christelike kerk wat ook soos 'n liggaam voorgestel word nie). Bv., in Christus se letterlike opgestane liggaam is Hy nie 'n "gees" nie want Hy het "vlees en bene" (verwysend na "uiterlike mens")('n gees is sonder vlees en bene...-Luk. 24:39, soos wanneer die mens doodgaan, dan is sy innerlike soos 'n gees sonder vlees en bene sonder 'n "uiterlike", bedoelende die uiterlike mens is dood maar die innerlike lewe nog). Die liggaam waarin ons eendag gaan opstaan verwys egter nie na die innerlike nie (want die innerlike is reeds 'n nuwe mens en word deur die Heilige Gees in bewaring gehou tot daardie dag), maar verwys na 'n nuwe uiterlike liggaam.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE NUWE MENS (die weergeborene) se lewe is in Jesus Christus - hulle is van Sy vlees en bene (gebore uit Hom), en hulle lewe is in Sy bloed en hulle lewe deur die asem van Sy Gees... 

Bestudeer gerus die temas van "liggaam", "siel" en "gees" om die NUWE MENS beter te verstaan. Alhoewel die innerlike mens gesien kan word soos 'n gees sonder vlees en bene wanneer die mens doodgaan, beteken dit nie dat die innerlike mens nie ook liggaam, siel en gees is nie, maar verwys na hoe dit dan nie in 'n uiterlike liggaam is nie.  Die innerlike mens kan ook gesien word soos "ligaam, siel en gees" (alhoewel nie "vlees en bene" wat verwys na 'n uiterlike nie), en kan terloops ook hoor en sien en dink en beweeg ens. Om die weergeborene as NUWE MENS te verstaan, moet ons dus weet waarna liggaam, siel en gees verwys op die innerlike mens, want net soos liggaam bv. op die uiterlike mens verwys na vlees, familie, werke, voedsel, vleis, die self, klere, naaktheid, ens., net so verwys die innerlike mens se "liggaam" ook na hierdie dinge! Die uiterlike mens se liggaam het bv. water nodig om gewas te word;  net so het die innerlike mens se liggaam water nodig om gereinig te word van sonde. En net soos die uiterlike mens voedsel en water nodig het om aan die lewe te bly, net so het die innerlike mens (geestelike en die regte soort) voedsel en water nodig.  En net soos die uiterlike mens se liggaam klere nodig het, net so het die innerlike mens klere nodig.  En net soos die uiterlike mens nie kan lewe sonder (letterlike) asem nie en doodgaan wanneer hy sy laaste asem uitblaas, net so het die innerlike mens asem nodig om te kan lewe (en die Christen lewe deur die asem van die Gees). Dit is bv. wanneer gees of asem in die liggaam ingeblaas word, wanneer hy 'n lewende siel word - net so word die innerlike mens 'n lewende siel deur die asem vd Gees (m.a.w. wanneer hy die Heilige Gees ontvang). En net soos die uiterlike mens gebore is uit 'n spesifieke familie, net so met die innerlike mens - die Christen word bv. gesien as deel van Jesus Christus se vlees en bene en deel dus in dieselfde bloed...  Ons moet dus verstaan wat hierdie terme alles na verwys wanneer ons praat vd weergeborene en die Christen se innerlike as NUWE MENS! 
_________________________________________________________________________________

Aanneming tot kinders

Die begrip "aanneming tot kinders" word veral gebruik in konteks met "die verlossing vd liggaam" (Rom 8:23 - "En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kindersnaamlik die verlossing van ons liggaam"), want na regte is die aanneming tot kinders eers voltrek met die opstanding tot lewe.  M.a.w., dit gaan oor hoe die wat glo in Jesus Christus "aangeneem" word en dus het hulle die hoop op opstanding... Nie net neem Jesus die wat in Hom glo aan "as kinders" nie, maar hulle word ook deur Sy Gees in bewaring gehou verseël TOT DIE DAG VAN VERLOSSING (nl. die dag van verlossing vd liggaam - wanneer die wat in Christus gesterf het sal opstaan in nuwe liggame; en die wat nog daardie tyd wanneer Jesus terugkom in die lewe is, se liggaame in 'n oogwink verander sal word )(Gal. 4:4-7)(Ef. 1:7; Kol. 1:14; Hebr. 9:12,15)). Die wat die Gees het word alreeds gesien soos kinders vd Here, ja, en die Gees hou hulle in bewaring tot die dag van verlossing;  maar die "aanneming tot kinders" word eers regtig voltrek in DIE OPSTANDING! Die opstanding tot lewe is dus soos 'n bewys dat iemand aangeneem is tot kind van God. Dit beteken dus dat iemand die Heilige Gees nodig het om te kan deel he aan die opstanding tot lewe (want behalwe dat die Heilige Gees hulle in bewaring hou tot daardie dag, is die Heilige Gees een van die twee komponente nodig om wederbaar te word -  m.a.w., net soos die uiterlike mens asem nodig het te kan lewe, net so het die innerlike mens die asem van die Heilige Gees nodig, anders sal hy soos "natuurlike mense" deur die tweede dood gaan).  Dit dan die rede waarom die wat  nie die Gees van God het nie ook nie gesien word as kinders van God nie, want hulle het nie die asem van die Gees wat hulle laat lewe en in die lewe hou tot die dag van verlossing nie;  dus logies gesproke, so iemand kan nie die "AANNEMING TOT KINDERS" (nl. die verlossing vd liggaam) ontvang nie...
"Kinders vd koninkryk" word somtyds genoem "kinders vd opstanding" - Luk. 20:36)(Matt. 22:28-31; Luk. 14:14; 20:35,36; Joh. 11:24; Hand. 4:2; 17:18; 24:15; 1 Kor. 15:12-42; Hebr. 6:2...), ...en terloops, "kinders vd belofte" (Rom. 9:8; Gal. 4:28).

Om op te som:
Die "verlossing vd liggaam" verwys na die opstanding waarin die wat glo en aangeneem word as kinders sal opstaan uit die dode en nuwe liggame kry ("verheerlikte liggame") - ook daardie gelowiges (die wat glo in Jesus Christus) wat nog in die lewe is wanneer Hy terugkom sal nuwe liggame kry en in 'n oogwink "verander" word. Huidiglik is die liggaam nog onderwerp aan die vyand vd dood, maar met die opstanding word die dood finaal oorwin (1 KOr. 15:54-57). Ons moet verstaan dat dit die innerlike mens is wat vernuwe is, nog nie die uiterlike mens nie, want as die uiterlike al opgestaan het in 'n nuwe liggaam (soos die doop o.a. voorstel), dan sou die uiterlike mens vd wedergeborene nie sterwe nie.  Die weergeborene het die hoop dat ook sy uiterlike eendag vernuwe sal word.  Die Christelike doop stel o.a. hierdie fisiese "eendag opstanding in 'n nuwe liggaam" voor, maar stel ook die opstanding in 'n nuiwe liggaam voor vd innerlike mens.
Die verlossing vd liggaam sal dus die klinkklare bewys wees dat iemand AANGENEEM IS TOT KIND (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/wat-is-saligheid-1.html). Die verheerlikte liggaam is terloops 'n liggaam wat nie kan sterwe nie (Luk. 20:36)(is onverganklik), en tereg, want kinders van die Here wat terloops gebore is uit Sy Saad, moet soos Hy onverganklik wees!    Die verheerlikte liggaam sal ook 'n vatbare liggaam wees (Joh. 20:20-27) maar 'n ander soort liggaam (1 Kor. 15:38-42)..  Sou ons hierdie soort liggaam bv. vgl. met die liggaam waarin Jesus opgestaan het ("die eersteling uit die dode"), wil dit voorkom of kinders vd opstanding steeds herkenbaar sal wees in hulle nuwe liggame (Joh. 20:19,20; 21:12,14; Luk. 24:34; 1 Kor. 15:5-8), en dit lyk ook of hulle instaat sal wees om deur geslote deure of mure te gaan (Joh. 20:26), uit die gesig te verdwyn of ewe skielik te verskyn (Luk. 24:31,36,37), en selfs kos kan eet (Luk. 24:42,43).   Kinders vd opstanding sal nie trou of in die huwelik uitgegee word nie, maar sal wees soos die engele - in die sin van, "is KINDERS VAN GOD" (Luk. 20:35,36) - dit verwys na die wat AANGENEEM is!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet onderskei tussen die terme "kinders vd koninkryk" en "kinders vd opstanding", want alhoewel die opstanding belowe word aan die kinders vd koninkryk, sal nie almal wat deel is vd kinders vd koninkryk eendag opstaan TOT LEWE nie;  want Jesus het bv. geleer dat sommige sal opstaan tot veroordeling... (Joh 5:27-29: "En Hy het Hom mag gegee om ook te oordeel, omdat Hy die Seun van die mens is. Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling").

Vgl. gerus ook hierdie met hoe Christene gevra word om tog nie die Heilige Gees te bedroef nie (Ef. 4:30)....

Ander poste van belang:
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2014/10/wie-is-die-kinders-van-die-koninkryk.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2019/05/kinders-vd-koninkryk-se-identiteit-2.html

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Nog skrifgedeeltes van belang:
(Gal 4:4)  Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
(Gal 4:5)  om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang.
(Gal 4:6)  En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!
(Gal 4:7)  Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.


(Rom 9:4)  Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;
(Rom 9:5)  aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.
(Rom 9:6)  Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.
(Rom 9:7)  Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.

(Rom 8:14)  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
(Rom 8:15)  Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!
(Rom 8:16)  Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
(Rom 8:17)  en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

(2Co 5:1)  Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.
(2Co 5:2)  Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,
(2Co 5:3)  as ons ten minste gekleed en nie naak bevind sal word nie.
(2Co 5:4)  Want ons wat nog in die tent is, sug en voel beswaard, omdat ons liewer nie ontklee nie, maar oorklee wil word, sodat die sterflike deur die lewe verslind kan word.
(2Co 5:5)  Maar Hy wat ons juis hiervoor toeberei het, is God, wat ons ook die Gees as onderpand gegee het.

(Eph 1:13)  in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
(Eph 1:14)  wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

(Rom 8:19)  Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
(Rom 8:20)  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
(Rom 8:21)  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
(Rom 8:22)  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

Donderdag 12 Maart 2020

Honger, dors, vreemdeling, naak, siek, opgesluit (5) - BEKLEDING

Vir die eerste 3 gedeeltes, gaan na:
inleiding
-  "honger"
-  "dors"

In volgende poste word ook die volgende onderwerpe behandel:
- "vreemdeling / herberg"
- "siek / ongesteld / gewond"
- "besoek gevangenis"
------------------------------------------------------------------------------------------------------------In hierdie gedeelte kyk ons spesifiek na die betekenis van BEKLEDING (veral na hoe die innerlike mens beklee word), bv.
- wat dit beteken wanneer iemand "beklee word met wit klere", of hom beklee met die nuwe mens,
- of wat dit beteken om (figuurlik) "naak" te wees of sonder klere, wat dit beteken wanneer iemand se klere bevlek is... ens.

Die tema kan deurgetrek word na die tema van BARMHARTIGHEID (dit die doel van hierdie reeks, maar meer in 'n geestelike kontks), bv., nie net die belangrikheid van uitdeel en sorg (bv. klere gee vir die wat dit nodig het) nie, maar ook wat dit sou beteken om vir iemand se innerlike mens klere te gee. Dit is m.a.w. barmhartig om die evangelie met mense te deel (Ef. 6:15), want die wat dit ontvang kan "beklee word met Christus" en dus die klere van heil kry wat hulle nodig het vir ewige lewe. Dit is bv. ook barmhartig om 'n broeder wat "naak" staan of die wie se klere bevlek is, te vermaan op tyd en in sagmoedigheid, want dit gee hom die geleentheid om tot bekering te kom (Jak. 5:20). Ons sien dus hier hoe "klere" op 'n geestelike manier deurgetrek word na die tema van barmhartigheid.

Net soos die uiterlike mens klere nodig het om homself te bedek (en sy naaktheid te bedek), net so het die innerlike mens "klere" nodig, want sonder klere sal die mens eendag skaam en naak staan voor die Here! Genooides wat eendag gaan deel in die bruilofsmaal vd Lam, het bv. die BRUILOFSKLEED nodig (anders word hulle uitgegooi) - "bekleding" verwys dus nie net na letterlike gewaad (m.a.w. klere vir die uiterlike mens)(of die toekomstige bekleding met 'n nuwe verheerlikte liggaam wat vir die Christen belowe word) nie, maar word ook figuurlik bedoel (verwysend na "bekleding vir die innerlike mens" - bv., wanneer iemand DIE NUWE MENS AANTREK,  of  hom "met Christus beklee"... Net soos die uiterlike mens vuil word en afwassing nodig het, net so het die innerlike mens afwassing nodig, bv. in geval met "bevlek met sonde"... - dit word o.a. beskryf as "KLEED BEVLEK" (Jud 1:23).
_________________________________________________________________________________
NAAK / KLERE:

Klere is belangrik want dit bedek iemand se naaktheid.
Hierdie is wel letterlik bedoel maar dit word ook figuurlik gebruik in die Skrif van hoe iemand (m.a.w. sy innerlike mens / die mens van binne) "klere" nodig het omdat sonde iemand naak laat (vgl. met Adam en Eva-sondig-naak; Gen. 2:25; 3:7)   (bestudeer gerus ook die tema van "skaamte ontbloot", wat nie net verwys na wanneer iemand "kaal" is nie. maar 'n term wat ook gebruik word waar die skaamte op 'n ongeoorloofde manier ontbloot word, bv. "hoerery" waar die skaamte aan 'n ongeoorloofde party ontbloot word... - Op dieselfde wyse kan afgodsdiens gesien word soos hoerery - geestelike hoerery - "skaamte ontbloot"...).   Die Christen se innerlike mens is bedek met KLERE, maar as hy nie sy klere bewaar nie, sal hy miskien uiteindelik naak rondloop en ander sal sy skaamte sien (Openb. 16:15).

Die geestelike betekenis van naaktheid in die Skrif gaan oor skaamwees en vernedering (Openb. 16:15; 2 Kor. 5:3; Hand. 19:16; 1 Kor. 4:11; Hos. 2:3; Jes. 20 ens.) weens ONTBLOTING! (Openb. 16:15 - "Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie"). Die bewustheid van om naak te wees, en skaam wanneer ontbloot, is iets wat gekom het met die sondeval (Gen. 2:25; 3:7).  Hier sien ons dat die geestelike betekenis van "naak wees" te doen het met "sondig".

As iemand kaal uitgetrek is, dan staan hy heeltemal bloot vir almal om te sien. Op dieselfde wyse sal die wat (klere het maar) hulle klere nie bewaar nie, hulleself ook in hierdie skaam naakte posisie eendag bevind wanneer Jesus Christus terugkom (Openb. 16:15).  Kinders vd Here wat m.a.w. naak is a.g.v. sonde of hulle skaamte ontbloot het deur dinge soos afgodsdiens e.a. afgodspraktyke, moet hulle daarvan bekeer - op daardie manier is daar geleentheid dat hulle skaamte weer bedek word.  Om naak rond te loop, of om naak gemaak te word in die publiek, is 'n skande - die wat so rondloop word belaster en hanteer soos uitvaagsels vd wereld en volgens Paulus, "die afskraapsel van almal" (1 Kor. 4:11-13)...  Op dieselfde wyse sal die wat geestelik naak is a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof eendag skaam staan. Somtyds stap Christene rond soos mense "sonder klere" (bv. die wat in sonde stap...) - dieselfde soort beeldspraak word gebruik in Openb. 3 waarin die gemeente van Laodicense aangekla word dat hulle "lou" is - hulle dink hulle is ryk en het aan niks gebruik nie, maar voor die Here is hulle soos mense wat nie klere aanhet nie en NAAK (vgl. met Jak. 5:1-7). Wanneer 'n Christen naak staan, het hy klere nodig! (Openb. 3:18 - "Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit kleredat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien").  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KLERE VIR DIE MENS VAN BINNE:

Net soos die uiterlike mens klere, kos en water ens. nodig het, net so het die innerlike mens dit nodig.
Bv., sonder kos en water sal die uiterlike mens doodgaan.  Op dieselfde wyse sal die innerlike mens doodgaan (verwysend na die tweede dood) sonder (die regte soort) kos en water. Die mens bestaan uit liggaam, siel en en gees, ja, maar ons moet onthou dat ons ook tweeledig van aard is en nie net uiterlik mens nie, maar ook innerlik mens.  Dit beteken dat "die mens van binne" dieselfde dinge nodig het as die uiterlike mens.  Bv., net soos die uiterlike mens asem nodig het om 'n lewende siel te wees, net so het die innerlike mens asem nodig...  Dit is dieselfde met KLERE.  Net soos die uiterlike mens klere nodig het om sy naaktheid te bedek, net so het die innerlike mens klere nodig om die naaktheid te bedek.  Die geestelike betekenis van "naak wees" gaan oor "sondig wees" of "bevlek met sonde". Almal word in sonde gebore - is dus "NAAK (en is dus verganklik). Hierdie tema sluit natuurlik aan by die tema van "gemeenskap" of "skaamte ontbloot" - bestudeer gerus hierdie tema om dit beter te verstaan: https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html.

As iemand nie die nodige klere aanhet wanneer Jesus Christus terugkom nie, sal hy skaam en naak staan.  Bv., as iemand nie die "klere van heil" (Jes. 61:10) aanhet of met Christus beklee is nie, hoe kan hy verwag om eendag te erf?  Die wat nie 'n bruilofskleed het wanneer Jesus Christus terugkom nie, sal ook nie kan deel in die bruilofsmaal vd Lam nie.  En al het iemand 'n kleed, is dit nie 'n goeie ding as die kleed bevlek is nie - m.a.w., Christene wat alreeds 'n kleed het maar hulle kleed bevlek het staan in gevaar om geoordeel te word, sou hulle hul nie bekeer nie. Hierdie is alles belangrike dinge om aan te dink wanneer daar aan "die mens van binne" gedink word, want natuurlik verwys "met Christus beklee" en "klere van heil" en "bruilofskleed" ens. nie na (letterlike) klere vir die uiterlike mens nie!, maar KLERE VIR DIE INNERLIKE MENS. Daar is beslis gevolge vir die wat eendag naak, sonder klere, voor die Here gaan staan.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die UITERLIKE MENS kan ook gesien word soos 'n BEKLEDING vir die innerlike mens:

Elkeen is "beklee" met VEL EN VLEES (Job 10:11) - die uiterlike mens kan dus gesien word soos 'n bekleding vir die innerlike mens. Die uiterlike mens kan o.a. ook gesien word soos 'n "huis" ("tentwoning" - 2 Kor. 5). "Vel en vlees" kan dus gesien word soos 'n BEKLEDING of 'n huis. Maar natuurlik is dit die tipe vlees waaruit iemand gebore word wat bepaal wat se soort bekleding of huis hy het bv., kinders van Adam (die wat gebore is uit Adam se saad) word gebore in sonde (die uiteinde van sulke vlees is die dood...)(is verganklike vlees)('n ander term wat somtyds hiervoor gebruik word is "vlees en been", wat terloops veral gebruik word vir "familie" - bv., wie is vlees en been van mekaar?). Die natuurlike mens is vlees en been van Adam, maar die geestelike mens is vlees en been van Christus Jesus ("lede van Sy liggaam / van Sy vlees en van Sy bene - Ef. 5:30).  Die ERFENIS is uit die wat vlees en been / familie is van Christus Jesus... (daarom het iemand nodig om "met Christus beklee" te word - gebore uit God...).  Maar natuurlik, in die geval vd geestelike mens verwys hierdie "vernuwing" nie na die uiterlike mens nie (want almal gaan steeds dood), maar verwys na die innerlike mens (die wat met Christus BEKLEE is;  alhoewel hulle ook die hoop het op opstanding eendag van die uiterlike mens, maar dan 'n nuwe soort "huis" of  "bekleding" - sien "verheerlikte liggaam" - 1 Kor. 15:54).  Die "geestelike mens" (die wat weergebore is uit water en Gees) se uiterlike is dus nog nie beklee met 'n nuwe liggaam nie, maar sy innerlike wel!  (vgl. hierdie gerus met wat die Christelike doop voorstel - o.a., "opstanding in 'n nuwe liggaam", wat nie net verwys na die toekomstige verheerlikte liggaam nie maar ook verwys na hoe die Christen alreeds opgestaan het in 'n nuwe liggaam - verwys dus na die mens van binne...).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
KLERE BEVLEK:

Kan na een van twee dinge verwys:
- MET BLOED BEVLEK (Lam. 4:14), of
- DEUR SONDE BEVLEK (Jud. 1:23).

Die wie se kleed "met bloed bevlek" is, verwys na die wat oorlog voer en kan in sekere gevalle 'n verwysing wees na die wat bloedskuld op hulle het, bv.(Lam 4:14 - "Noen. Blind het hulle deur die strate gewaggel, met bloed bevlek, sodat ‘n mens hulle klere nie kon aanraak nie"). Ander terme wat ook gebruik word is bv. "met oorlogsbloed bevlek (1 Kon. 2:5), hande met bloed bevlek (Jes. 59:3), klere met bloed bevlek (Lam 4:14), ens. Net soos klere waarmee die uiterlike mens bedek is bevlek kan word deur bloed, net so kan die bedekking vd innerlike mens bevlek word, bv. "deur sonde bevlek" - kyk volgende paragraaf.             In Jesus Christus se geval, waar Hy in Openb. 19:13 beskryf word  as bekleed "met 'n kleed wat in bloed gedoop was", verwys dit natuurlik NIE na die sonde "bloedskuld" (m.a.w.  a.g.v. moordpleeg) nie, maar verwys na regverdige oordeel: (Openb. 19:15 - "En uit sy mond gaan daar ‘n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ‘n ysterstaf regeer, en Hy trap die parskuip van die wyn van die grimmigheid en van die toorn van God, die Almagtige") - en verwys in hierdie geval na hoe Hy sal kom "om te oordeel" (vgl. met Jes. 63:3).

Die begrip "deur sonde bevlek" verwys na wanneer iemand se KLEED MET SONDE BEVLEK is  (Jud 1:23 - "maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek (Gr. woord "spee'-los" - vuil merk) is".).In hierdie skrif is dit sonde wat veroorsaak het dat die kleed bevlek word (bestudeer gerus die tema van "besoedel/onrein").  M.a.w., dit verwys na iemand wie se kleed vuil geword het, maar na watter KLEED word hier verwys?  Natuurlik is hierdie nie bedoel van die kleed waarmee die uiterlike mens bedek is nie, maar vd innerlike mens. Om die kleed waarmee die Christen bedek is beter te verstaan, bestudeer gerus gelykenisse waarin Jesus so 'n soort beeldspraak gebruik het, bv. in die gelykenis van die verlore seun (Luk. 15:22), bruilof vd Lam (Matt. 22)("bruilofskleed") ens. (- kyk gerus ook ander beeldspraak waarin die begrip "klere" gebruik word in die Skrif, bv. wit klere waarmee die wat oorwin eendag bedek sal word). Kinders vd Here word gesien soos mense wat (elkeen met 'n kleed) bedek is, m.a.w. hulle naaktheid (wat a.g.v. sonde was) is bedek;  maar hulle moet ook toesien dat hulle nie hulle kleed bevlek/vuilmaak nie...!
Bestudeer gerus die tema van "met Christus beklee" - 'n begrip wat nie net daarna verwys dat Christene alreeds met Christus beklee is nie, maar ook verwys na hoe die Christen hom met Christus moet beklee.
 In Openb. 3, in die brief aan die gemeente van Sardis, word die wie se klere besoedel is beskryf as die wat die naam het dat hulle leef maar hulle is eintlik dood;  hulle werke was nie volkome voor God bevind nie want hulle het vergeet hoe hulle "dit" (die evangelie/waarheid...) ontvang en gehoor het en hulle het dit nie bewaar nie... - in die brief word hulle beveel om hulle te BEKEER en word ook verder beveel om "wakker te word" - asof hulle slaap! (bestudeer gerus die tema van slaap en die geestelike betekenis daarvan, asook die konneksie tussen geestelik "dronk" en aan die "slaap"). Hierdie is natuurlik baie gevaarlik (wanneer kinders vd Here SLAAP) want l.w. dat dit gewoonlik is wanneer mense "slaap" wat die vyand kom en onkruid (valse profete en valse leraars) onder die koring saai... ! (Matt. 13:25). Waar 'n Christelike kerk valse leringe begin aanneem en sulke valse predikers begin ontvang, is dit dus heel moontlik die gevolg van die feit dat daar mense in daardie kerk sit wat "slaap" en alhoewel die naam het dat hulle lewe, eintlik dood is. Hulle het vergeet hoe hulle dit ontvang en gehoor het en kom nie agter dat valse profete en valse leraars in die kerk insluip nie.  Dus, alhoewel sommige in die gemeente van Sardis ook eens tot bekering gekom het en wederbaar is, en die naam het dat hulle lewe, leef hulle soos mense wat dood is en nie die waarheid ken nie of leef nie daarvolgens nie... Dit is hierdie "aan die slaap" Christene wat die ervaring sal hê dat hulle nie gereed is wanneer Jesus terugkom nie, want vir hulle sal Sy koms wees soos 'n dief in die nag... (Openb. 3:3). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Saterdag 04 Januarie 2020

Met Christus beklee

Wat beteken dit om met Christus beklee te wees,
of om jou met Christus te beklee?
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Is met Christus beklee:

(Gal 3:27)  want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

Die term "het julle met Christus beklee" is 'n goeie beskrywing van hoe iemand onder die kinders van God ingedoop word.  Die woorde "met Christus beklee" verwys spesifiek na die wat in Jesus Christus gedoop is, wat 'n bewys is van geloof in Hom (bestudeer die tema vd  Christelike doop). In konteks Gal. 3 handel dit oor "ERFENIS" (m.a.w., wie is dit wat eendag sal erf?)(wie is dit wat beklee is met die klere van heil?) - vgl. dit met onderwerpe "kinders van Abraham" / "kinders vd wet" (Jes. 61:10 - "Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil (Hebr. woord " eh'-shah " - veilig, redding, gered ), my in die mantel van geregtigheid gewikkel—soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele").  in Christus het elkeen wat in Hom glo (hetsy jood of heiden, watter stam, volk, nasie, taal ookal - vgl. met tema van "evangelie van vrede"), dieselfde erfenis as die kinders van Abraham (meer spesifiek, kinders gebore uit die geslag Abraham, Isak, Jakob)(en nog meer spesifiek, "kinders vd geloof") en in der waarheid word elkeen wat geloof in Jesus Christus bely ingedoop onder hierdie kinders van Abraham (Abraham....  - Israel... - Dawid... -Jesus Christus)(Gal.. 3:23,29)(in ander woorde, hulle word kinders van Jesus Christus, asof gebore word uit Sy saad - gebore uit die geslag Abraham, Isak, Jakob, ...Dawid. ...Jesus Christus - nie letterlik gebore uit Sy saad nie, maar deur water en Gees - "weer gebore" - bestudeer die term "gebore uit God" om dit beter te verstaan. Innerlike mens vernuwe...).

Die dissipels het ook graag na die Christelike doop verwys as "DIE DOOP IN JESUS CHRISTUS", wat verwys na die wat gedoop word in die Naam van Jesus Christus (Hand. 2:38)(alhoewel die waterdoop nie net gedoen word in Naam vd Seun nie, maar ook in die Naam vd Vader en van die Heilige Gees - Matt. 28:19)    (bestudeer gerus die tema van die Christelike doop en kyk bv. die belangrikheid van om in Jesus Christus gedoop te word... - kyk die vb in Hand. 19:1-6 vd watgedoop deur die doop van bekering. doop van Johannes;  was maar oorgedoop in die Naam vd Here Jesus omdat hulle nog nie die Heilige Gees ontvang het toe hulle gelowig geword het nie. Ons moet verstaan dat dit Jesus Christus is wat die Heilige Gees uitstuur aan die wat in Hom glo (Luk. 3:16; Joh. 1:33 ) -belydenis van geloof in Hom word deur die teken vd Christelike waterdoop bevestig, en deur belydenis van geloof in Hom kan iemand die Heilige Gees ontvang (hetsy belydenis van geloof in Jesus Christus voor of d.m.v. die waterdoop is)  - ...sien dus die belangrikheid van die ontvang vd Heilige Gees, want daar is twee elemente nodig vir wedergeboorte, nl. (1) water en (2) die Heilige Gees. Daar is wel gevalle van mense wat die Heilige Gees ontvang het nog voor hulle gewaterdoop is in Sy Naam(Hand. 10:44-47) - dit gaan hier oor die belydenis aspek en wat die wat in Hom glo van Hom ontvang - en terloops is hierdie mense toe steeds gewaterdoop, al was dit nadat hulle die Gees ontvang het...). Die wat deur die Christelike doop gaan, is die wat glo in Jesus Christus, en word "onder Hom" deel van die wat eendag gaan erf. (Gal 3:23 - "Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word"). M.a.w., die wat hulle in Christus laat doop het, se erfenis kom deur Hom (nie deur die wet nie), wat beteken dat hulle word getel as deel vd kinders van Abraham maar nie "onder die wet" nie (Gal. 3:25), maar "onder Christus" (verkry dit deur die geloof in Christus) - hulle erfenis kom deur Hom (Hand. 4:12). In daardie sin het hulle hul met Hom "beklee" en is daarom beklee met die klere van heil... (Jes. 61:10) (Gal 3:29 - "En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename").

Elkeen is "beklee" met vel en vlees -  Job het bv. so 'n tipe voorstelling gebruik in Job 10:11 -  ("Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg") - wat verwys na hoe vel en vlees of die liggaam gesien kan word soos 'n "huis". Bekleding gaan nie net oor bedekking nie (bv. iemand se skaamte BEDEK, of 'n perd se nek BEDEK met maanhare - Job 39:22/19, ens.), maar kan ook gesien word soos 'n beskerming of heining (in Job 10:11 is die woord beklee bv. die Hebr. woord "sook" wat beteken "heining" - iets wat ingekluis word) - die liggaam word ook in 2 Kor. 5 voorgestel soos 'n TENTWONING of HUIS.

In ander woorde kan "vel en vlees" of die LIGGAAM gesien word soos 'n BEKLEDING of HUIS.  Maar uit watter saad is iemand gebore?, want dit bepaal die tipe vlees! (die tipe bekleding of tipe huis).  Bv., die natuurlike mens is gebore uit die saad van Adam en het daarom verganklike vlees - word ook na verwys in die Skrif as "vlees en been" ('n term wat veral gebruik word vir familie / is vlees en been van mekaar) - m.a.w., wie is familie van mekaar want hulle is vlees en been van mekaar. Die term "vlees en bloed" is weer 'n term wat veral gebruik word vir die mensdom, en almal is vees en bloed van mekaar - en net soos die "natuurlike mens" (die gebore uit Adam) vlees en been is van mekaar ("vlees en bloed" - vlees en bene van Adam), net so is die geestelike mens vlees en been van Christus Jesus ("lede van Sy liggaam)(Ef. 5:30) - word (deur die wedergeboorte) gesien as "gebore uit die saad van God".  Die term "liggaam en bloed" word veral hiervoor gebruik (verwysend na die geestelike familie - die wat familie is van mekaar in Jesus Christus) - hulle is vlees en been van Jesus Christus en is dus "met Hom beklee". Die erfenis kom uit hierdie familie!

Maar natuurlik is die geestelike mens se uiterlike nog nie beklee met 'n nuwe liggaam nie. maar wel sy innerlike mens - en die uiterlike sal ook eendag met 'n nuwe uiterlike beklee word... - bestudeer die tema van "die opstanding" .
Dieselfde tipe beeldspraak van beklee word met vlees kan ook gebruik word van die nuwe liggaam - vd verheerlikte liggaam...  die nuwe liggaam wat vir elke Christen belowe word waarin hulle eendag sal opstaan wanneer Christus terugkom (1 Kor. 15:54 - "En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning"). Hierdie sal 'n ander soort liggaam wees as die huidige uiterlike, bv. sal "onverganklik" wees, terwyl die huidige "verganklik" is (verganklik - gebore uit die saad van Adam)(en daarom sterf almal). Die Christen het die belofte van opstanding in 'n nuwe uiterlike liggaam eendag omdat hy deur  die geloof wederbaar word - "weer gebore", gebore uit die saad van God (Tit. 3:5)(hierdie wedergeboorte verwys natuurlik na die innerlike mens, maar elkeen wat weer gebore is het ook, saam met dit, die belofte van eendag weergeboorte vd uiterlike mens) - en daarom kan die tyd van Jesus se wederkoms ook gesien word soos 'n tyd van wedergeboorte (Matt. 19:28) wat veral verwys na die vernuwing van alles (en "die opstanding" gaan ook oor nuwe uiterlike...) (1 Pet. 1:3)(net soos die Christen se innerlike vernuwe is, gaan sy uiterlike ook vernuwe word).  Hierdie tyd verwys natuurlik na die tyd van Jesus se wederkoms, ook die tyd wanneer kinders vd Here hulle erfenis ontvang...

Wat "die geestelike mens" se innerlike mens aanbetref het hy dus reeds opgestaan in 'n nuwe liggaam,  ja, maar nog nie sy uiterlike mens nie... - eers wanneer sy uiterlike mens eendag vernuwe word deur die komende opstanding tot lewe (waarna verwys word as "die opstanding"), dan het hy "die dood oorwin" (dan het ook sy uiterlike 'n nuwe huis - nuwe vlees). Wat die wedergeborene se innerlike aanbetref het hy reeds die belofte dat hy nie deur die tweede dood (Openb. 20:6,14) sal gaan nie (en natuurlik verwys na die wat vashou...; die wat hulle "met Christus beklee" - kyk volgende paragraaf), maar wat sy uiterlike mens aanbetref sterf hy steeds omdat die uiterlike nog nie vernuwe is nie - en eendag, met Jesus se wederkoms, wanneer sy uiterlike vernuwe word, dan is die dood vir hulle finaal verslind.  Elkeen wat hulle beklee het met Christus se uiterlike mens sterwe dus steeds, ja, maar anders as die natuurlike mens het die geestelike mens die belofte van eendag opstanding tot LEWE! omdat hulle "beklee is met Christus".  Dus, opstanding vd uiterlike mens in 'n nuwe ONVERGANKLIKE liggaam - ander soort vlees... (en hulle sal dus die aarde beerwe en vir ewig lewe...).
Op dieselfde wyse kan die wedergeborene, wie se innerlike mens vernuwe is en gesien word as "gebore uit God" ("gebore uit Sy saad"), alreeds gesien word as "in 'n nuwe "huis", want hulle is alreeds "beklee" en het daarom die LEWE (want hulle is gebore uit Sy saad. en vlees en been van Christus). Ons moet dus hier onderskei tussen die uiterlike mens en die innerlike mens.

Skrifgedeeltes van belang:
(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.
(1Pe 2:11)  Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;
(1Pe 2:12)  en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

(Kol 3:10)  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
(Kol 3:11)  waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
(Kol 3:12)  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
(Kol 3:13)  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Opdrag: "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus":


Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie"...

Dus, alhoewel die Christen gesien word as alreeds "met Christus beklee", word hy ook beveel "om hom met Christus te beklee" ?
Hierdie was nog altyd iets wat nie aldag verstaan word nie, want soos met die tema van saligheid klink die woorde teenstrydig wanneer die Christen bv. voorgestel word as iemand wat alreeds saligheid ontvang het (Ef. 2:5,8; Rom. 10:9; Tit. 3:5; 2 Thess. 2:13; Jud. 1:3) maar ook beveel word om aan te hou en oorwin en te hardloop sodat hulle nie eendag verwerplik is nie... (1 Kor. 9:24-27; 15:2; Rom. 8:13; 13:11; Hebr. 1:14; Openb. 2 en 3 ens.). Dus, net soos met die tema van saligheid, is Christene alreeds met Christus beklee, ja (en het dus saligheid en word gesien as deel vd wat gaan ERF), maar ook soos met die tema van saligheid moet hulle vashou en aanhou want as hulle die Heilige Gees bedroef, wat sal tog die uiteinde daarvan wees?  Die Christen wat nie vashou nie staan die gevaar om eendag verwerplik te wees.  Hierdie feit word in vele skrifte, briewe en gelykenisse uitgebeeld, bv. die gelykenis vd saaier (tweede en derde groep wat nie vrug dra nie, of hulle vrug verloor...), die briewe aan die 7 gemeentes Openb. waarin slegs die wat oorwin, sal "ontvang" (Openb. 2 en 3), waarskuwing vir die wat in sonde tot die dood stap (Rom. 6:16; Jak. 1:15; 1 Kor. 6:10), ens.  Die Christen het dus alreeds saligheid maar moet seker maak dat hy dit nie verloor nie! - in daardie sin moet hy Hom beklee met Jesus Christus, wat beteken dat hy sy liggaam beskikbaar stel vir die Here en Hom "soos 'n slaaf" dien.

Paulus verduidelik hierdie baie mooi in Rom. 6 en verklaar bv. dat die Christen wat wedergebore is nie meer die sonde dien nie - die Christen word gesien as "het doodgegaan" vir die sonde wat hulle soos 'n slaaf gedien het, en dien nou vir Jesus Christus (sien tema "liggaam soos slaaf"). Hierdie word terloops ook in die Christelike doop voorgestel!  Dit gaan oor wie dit is vir wie jy gehoorsaam... Dit dan die belangrikheid van "bekering" wanneer iemand tot geloof kom asook om AAN TE HOU om Hom te dien, want hoe kan jy jouself ondergeskik stel aan die Here Jesus Christus maar dan steeds die ander dien?  Niemand kan twee here dien nie.   Om "met Christus beklee te word" verwys dus nie net na die wat begin glo het in Jesus Christus en hulle in Sy Naam laat doop het nie, maar gaan ook oor om die nuwe lewe aan te trek  (die bekering en dade wat by die geloof pas). As "met Christus beklee" verwys na die wat "nuwe vel en vlees" aantrek, m.a.w. gaan oor uit watter geslag gebore, dus nou gebore uit God, dan beteken dit dat die wat weergebore is is nou kinders van Jesus Christus. Hy is die Hoof. "Kinders moet hulle ouers gehoorsaam, want hulle is uit hulle saad gebore".  Die wat gebore is uit die saad van God, moet Hom gehoorsaam. 

Dit dan die opdrag om "met Christus te beklee", en verwys na hoe die Christen hom "MET DIE NUWE MENS moet BEKLEE" (Ef. 4:24):  (Rom 13:14 - "Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie") - weergeborenes behoort nou aan 'n ander familie
In konteks gaan Rom. 13:14 bv. oor hoe die Christen sy naaste moet liefhê (Rom. 13:8,9), die werke van die duisternis aflê en die wapens van die lig moet aangord (v. 12)... - daar moet dus geen voorsorg vir die vlees gemaak word om sy begeerlikhede te bevredig nie, maar inteendeel moet die Christen vir Jesus Christus gehoorsaam - dus deur Sy Gees wandel. Weergeborenes is deel vd "kinders vd koninkryk" - hierdie beskryf hulle huidige identiteit. "Koring" se identiteit word nie net beskryf deur die saad (bv. die saad waaruit iemand gebore is) nie, maar ook deur die vrug wat dit voortbring/dra (vrug is dus 'n getuienis van hulle kindskap/geloof). As 'n weergeborene nie die vrug dra van 'n kind van God (die familie van Jesus Christus) nie, dan plaas dit 'n vraagteken op die saad waaruit hy gebore is.  Mense van dieselfde familie het dieselfde kultuur en waardes.  Ongehoorsame kinders kom in opstand teen die kultuur en waardes van hulle familie.  Wanneer kinders van die Here so begin optree, is hulle besig om in opstand te kom teen die nuwe "vel en vlees" waarmee hulle beklee is. In daardie sin moet weergeborenes hulle met die nuwe mens beklee en leef soos mense wat aan 'n nuwe familie behoort (soos mense wat nie gebore is uit die saad van Adam nie, maar gebore uit die saad van God). Hulle moet gehoorsaam wees aan hulle Hoof, nl. Jesus Christus, en hulle laat lei deur Sy Gees wat Hy aan hulle gee.

In hierdie sin moet ons ons "met Christus beklee"...  Ons moet ons deur Hom laat lei.  Hy is die Hoof van die Christelike kerk en die Een wat aan ons die Heilige Gees gee. (Gal 5:16 - "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie"). Dus almal wat tot geloof in Jesus Christus gekom het en Sy Heilige Gees ontvang het, het hulle "met Hom beklee" (hulle is ingedoop onder die kinders van God), maar hulle word ook beveel om hulle daagliks "met Christus te beklee" (wat beteken hulle hom Hom dien en hulle met die nuwe mens beklee). Dit is soos om klere aan te trekm - soos om jou met die nuwe vel en vlees aan te trek. Dus, alhoewel die Christen "met Hom beklee" is en dus ingedoop onder die wat eendag gaan erwe, moet hulle hul ook met hierdie nuwe mens BEKLEE, want hulle behoort nou aan 'n ander familie met 'n ander kultuur en waardes

Net soos die uiterlike mens klere en kos en water en lig nodig het, net so het die innerlike mens hierdie nodig. 
- Bv. kos en water om aan die lewe te bly, want sonder kos en water sal hy doodgaan.
- Lig om te lewe, maar wat sal tog gebeur wanneer die Christen wat lewe deur die asem van die Heilige Gees (Wie hom terloops in bewaring hou tot die dag van verlossing), die Gees van God bedroef?
- En wat van klere om sy naaktheid te bedek?  Sonder klere sal die Christen wat nie sy "klere" bewaar nie, eendag skaam en naak staan vir almal om te sien... (bestudeer gerus die tema van bekleding om hierdie beter te verstaan).

Skrifgedeeltes van belang:
(Rom 8:12)  Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;
(Rom 8:13)  want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
(Rom 8:14)  Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.


(Gal 5:16)  Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
(Gal 5:17)  want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
(Gal 5:18)  Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.


(1Jn 2:15)  Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.
(1Jn 2:16)  Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
(1Jn 2:17)  En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.

(Col 3:10)  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
(Col 3:11)  waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
(Col 3:12)  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
(Col 3:13)  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
(Col 3:14)  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Donderdag 31 Oktober 2019

Asem vd Innerlike mens

DIE VERSKILLENDE "ASEMS" WAARDEUR DIE NATUURLIKE EN GEESTELIKE MENS LEWE (veral verwysend na die innerlike mens).

Vir 'n dagstukkie hieroor, gaan na: http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/lig-nodig-om-lewende-wese-te-wees.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:
(Gen 2:7)  "En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die ASEM van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword".

Die woorde "lewende siel" verwys na iets waarin daar 'n lewende siel is (Gen. 1:30). Die mens is 'n lewende siel omdat hy ASEM het - sonder lewensasem kan niks gesien word as lewendig ('n lewende siel of lewende wese) nie (selfs plante haal asem). Die mens is egter nie net uiterlik van aard nie, maar ook innerlik (die innerlike mens - die mens binne-in);  dus, net soos die uiterlike mens nie sonder asem kan lewe nie (en dus sterf wanneer hy sy laaste asem uitblaas-Job 34:14,15), net so kan die innerlike mens ook nie sonder asem lewe nie

Wanneer die mens sy laaste asem uitblaas, dan sterf hy (die uiterlike mens) en hou op om 'n lewende siel op aarde te wees, maar dit beteken nie dat hy nie meer 'n wese is nie! - wel nie meer 'n lewende wese wat op aarde lewe nie, maar is dan steeds 'n lewende wese (want sy uiterlike het wel gesterwe, ja, maar sy innerlike het nie gesterwe nie) . Bv., daar is baie soorte wesens en wesens met soorte liggaame, en nie almal is lewende wesens op aarde (soos die mens) nie. Op dieselfde wyse het die innerlike mens ook 'n liggaam en sintuie en hart ens.(Luk.16:22.23), maar is nie dieselfde as die vd uiterlike mens nie.  Die uiterlike mens is uit stof gemaak, so hy keer terug na stof wanneer hy doodgaan!, maar nie die innerlike mens nie... (die innerlike mens is nie uit stof gemaak nie, maar deur God in die mens se binneste geformeer - Sag. 12:1). Die innerlike mens kan gesien word soos "gees".
Wanneer die mens (se uiterlike mens) sterf is hy dus steeds 'n "lewende" wese, verwysend na sy innerlike;  dus, na regte het hy nog "asem" (anders kan hy nie lewe nie)!  Wanneer die mens doodgaan en hy sy laaste ASEM uitblaas, gaan die asem (wat die uiterlike mens aan die lewe hou) terug na God wat dit gegee het (Ecc. 3:21; 12:7), maar sy innerlike mens (die mens van binne) is dan nog aan die lewe en lewe deur die asem van of:
- (1) die wereld (in die gv die natuurlike mens - het m.a.w. 'n menslike natuur), of
- (2) deur die asem vd Heilige Gees (in die gv die geestelike mens - het 'n goddelike natuur)(rol af vir skrifte).

Wanneer die mens sterwe is hy dus dan wel dood (in die sin van die uiterlike mens het gesterwe), maar is 'n gees sonder (letterlike) vlees en bene (Luk. 24:39)(innerlike mens lewe dan nog), en kan inderdaad steeds gesien word soos 'n wese wat "asemhaal" (is " 'n gees " - vgl. dit met die tema van "geeste van afgestorwenes"). Die wie se innerlike lewe deur die asem vd Heilige Gees, het die belofte van ewige lewe want die Heilige Gees hou hulle aan die lewe.  Hulle is verseel tot die dag van verlossing...  Maar die natuurlike mens wie se innerlike deur die asem vd wereld lewe, se uiteinde is die dood... (natuurlik verwysend na die "tweede dood").

Om hierdie kortliks op te som:
Net soos die uiterlike mens nie sonder asem kan lewe nie, net so kan die innerlike mens ook nie sonder asem lewe nie. M.a.w., wanneer die uiterlike mens sterwe en hy sy laaste ASEM uitblaas, en die asem wat God gegee het teruggaan na Hom, dan beteken dit nie die innerlike mens het ook gesterwe nie.  Die innerlike mens (die mens van binne) lewe dan nog, en het ook ASEM waardeur hy lewe, en hy wag dan... - in  g.v. die natuurlike mens op die tweede dood...;  maar in die g.v. die geestelike mens sal hy nie deur die tweede dood gaan nie (want hy het die asem van die Heilige Gees).  M.a.w., in die geval vd natuurlike mens lewe sy innerlike mens deur "die wereldse gees" ("asem")(ook genoem "gees van dwaling")(Ef. 2:2; 1 Joh. 4:6), maar in die geval vd geestelike mens lewe sy innerlike mens deur die Heilige Gees ("asem")(die Gees wat uit God is)(ook genoem "die Gees vd waarheid")(1 Kor. 2:12; 1 Joh. 4:6).

NS: Alhoewel die woord "gees" gewoonlik vewys na 'n gees, bv. kan verwys na die mens se gees of die Heilige Gees of ander geeste soos bose geeste, verskil dit in betekenis nie veel van ASEM (Gen. 7:22; 25:8; Hand. 17:25) nie.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  Die natuurlike mens se innerlike word somtyds as "dood" gesien (Ef. 2:1) nie omdat sy uiterlike en innerlike alreeds dood is nie, maar omdat hy vrugte dra tot die DOOD...  Hy het m.a.w. nie die Lig (asem) wat hom vrugte tot lewe kan laat dra nie, en kry ook nie die regte (soort geestelike) kos en water wat hom aan die lewe hou nie (http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/die-innerlike-mens.html). En hy kan ook nie die geestelike voedsel verwerk nie want hy het nie die Lig of asem wat nodig is om dit te kan verwerk nie.  Die "natuurlike mens" (die gebore uit die saad van Adam) sal dus deur die tweede dood gaan  (want hulle dra vrugte vir die dood) (m.a.w., wanneer die uiterlike mens sterwe, kan dit gesien word soos die eerste dood, en die tweede dood kan miskien vgl. word met soos wanneer nie net die liggaam nie maar ook die innerlike mens sterwe - terloops, die tweede dood verwys na die oordeel vd hel,,, - Openb. 21:8).  M.a.w., omdat hulle nie die asem of LIG  het van die Heilige Gees nie, kan hulle nie geestelike voedsel verteer nie, en dus nie groei en vrug dra "tot lewe nie" (of vrug dra wat vir hulle lewe kan gee nie), maar dra vrugte tot die dood. Die natuurlike mens is uit die wêreld (het 'n gees van dwaling - 1 Joh. 4:6) en praat uit die wêreld (en luister dus nie na die wat uit God is nie, maar na die wat uit die wereld is - luister na die wat die gees van dwaling het)(1 Joh. 4:5,6). Hy wandel volgens die loop van hierdie wêreld (wandel in die begeerlikhede van hulle vlees en doen die wil vd vlees en sinne - verdwaas in die gemoed - Ef. 4:17),  volgens die owerste van die mag van die lug (Ef. 2:2,3; 1 Joh. 5:19; 1 Pet. 4:2 - "die wêreld" is onder die mag vd bose)(want hulle het die gees vd wereld, die gees van dwaling) - en word daarom kinders vd ongehoorsaamheid of "kinders vd toorn" genoem (Ef. 2:3)(want hulle is onder die mag vd bose). 
-  Die geestelike mens se innerlike word as "lewendig" gesien omdat hy die Heilige Gees ("roo'-akh" -lug, blaas, asem, wind.)("pnyoo"-mah" - asem, wind, gees, lewe, gemoed) het wat hom nie net laat LEWE nie, maar hom vrug kan laat dra tot LEWE / ewige lewe! (wat beteken dat hy onder die mag van God is, want hy het Sy Gees - "is uit God", is "uit God gebore" - het Sy saad in hom)  (omdat sy innerlike mens "lewe" deur die Heilige Gees, m.a.w. die asem het vd Heilige Gees, is hy instaat om geestelike voedsel en water te verwerk wat vir hom die ewige lewe kan gee). Hierdie Heilige Gees (wat soos ASEM is vir die innerlike mens) word deur Jesus Christus gegee aan elkeen wat in Hom GLO (dus, as jy nie in Hom glo wat die Gees uitstuur nie, hoe sal jy die Heilige Gees ontvang?). Die Heilige Gees is ook een vd twee elemente nodig vir iemand om wederbaar te word - dus om "weer gebore" te word, wat beteken dat hulle nie meer natuurlike mense is wat gebore is uit Adam se saad nie, maar word geestelike mense, wat beteken dat hulle gebore word uit God se saad. Daarom is die geestelike mens uit God (1 Joh. 4:4), want hy is wederbaar deur (water en) die Heilige Gees;  en hy KEN God want hy het die Heilige Gees (en hy luister daarom ook na die wat uit God is, want hy het die Gees vd waarheid - 1 Joh. 4:6). Die geestelike mens wandel nie meer volgens die begeerlikhede van sy vlees en sinne nie (het nie meer die wereldse gees of gees van dwaling nie), maar wandel volgens die wil van God (want hy het die Heilige Gees, die Gees van waarheid) en dra vir Hom vrugte (beklee hulle dus met die nuwe mens wat uit God geskape is - Ef. 4:24) (...vernuwe hulle in die gees van hulle gemoed - Ef. 4:23)(1 Pet. 4:2; Rom. 7:4; 14:7). God wat in die geestelike mens is is groter as hy wat in die wêreld is (1 Joh. 4:4)...