Wys tans plasings met die etiket wet van die Gees. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket wet van die Gees. Wys alle plasings

Donderdag 02 Julie 2026

ORDE EN WET (priesterdom en wet van die huidige bedeling)

In hierdie pos kyk ons na ORDE en WAT, in die konteks van ALTARE en OFFERS (Nuwe Testament).

Rol af vir die volgende opsommings:

- Inleiding

- Orde en wet

- Voorbeelde van kenmerkende "bedelings" in die Skrif.

- Altare en Offers in verskillende bedelings

- Hoe sien die huidige bedeling daarna uit?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------INLEIDING:

Altare en offers is 'n belangrike deel van die geloof.  'n Altaar is bv. 'n plek waar die Here aanbid of geraadpleeg word (Gen. 8:20-22; 12:7,8; 13:2-4,18; 35:1-7; Eks. 21:14; ens.), somtyds word daar offers gebring (bv. waar vir versoening gepleit word, dankoffer, vuuroffer, ens.)(Jos. 8:31);  sommige altare is monumente waar 'n gebeurtenis herdenk of 'n verbond gesluit is (Gen. 12:7,8; Eks. 17:10-16; Jos. 22:25-29). Die vraag is nou watter altare en offers deel is van die huidige bedeling?, en hoe sien die offersisteem in hierdie bedeling daarna uit?  Om hierdie vraag te beantwoord gaan ons o.a. inkyk op "ORDE EN WET".

Vir 'n pos wat hierby aansluit, getiteld "wet en orde", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2026/06/orde-en-wet.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ORDE EN WET:

Geleerdes deel die Bybel op in verskillende bedelings, en elke bedeling kan o.a. beskryf word deur ORDE (regering/priesterskap en dienaars) en WET (legislasie/wetorde). 

- Die woord "ORDE" verwys in sekere skrifte veral na priesterskap (Hebr. 7:11) (Gr. woord "tax'-is", wat verwys na 'n offisiele orde wat rank of karakter aanbetref)(Hebr. 6:20);  bv., die "orde van Aäron"/Hebr. 7:11 verwys na 'n spesiefieke orde, nl. die Levitiese orde (en kan o.a. verwys dat in daardie "orde"/priesterskap, Aäron die hoëpriester was). Wat die tema van PRIESTERSKAP aanbetref..., bestudeer gerus die verband tussen "eersgeborenes" en priesters (https://warechristene.blogspot.com/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html) - priesters het belangrike pligte, o.a. dat die Here se wil uitgevoer en lering gegee word, wat insluit by die "ALTAAR bedien" en "OFFERS bring" (kortom, priesters is gemeenskapsdienaars.../Jes. 61:6-die woord "priester" is die Hebr. woord "ko-hane'" - "hoof regeerder, prins, hoof offisier, priester). Die hoëpriester het bv. o.a. die plig om versoening te doen vir die volk se sondes... (Hebr. 7:27). Terwyl die begrip "orde van" gewoonlik die hoëpriester se naam aanneem (bv. "orde van Melgisedek"), of die begrip "priesterskap" die stam se naam aanneem (bv. Levietesie priesterskap), verwys orde/priesterskap nie altyd na 'n spesifieke stam nie (Hebr. 7:11-15). 

- Die woord "wet" gaan oor die Here se wil (bv. hoe Sy wil uitgevoer word in 'n spesifieke bedeling), en daar is gewoonlik in elke bedeling iemand aan wie die Here Sy wil bekend maak vir die volk (bv. deur die hoëpriester, profete en leiers).  Die Levietese priesterskap was bv. onder die "wet van Moses" (Mal. 4:4; Luk. 2:22; 24:44; ens.), wat beteken dat die Here Sy wil aan Moses bekend gemaak het... (Joh. 7:19)(terwyl priesters weer op beurt die verantwoordelikheid het om die Here se wil uit te voer of te leer) - alhoewel Moses se naam in hierdie geval gebruik is ("die wet van Moses"), is dit nie Moses se wil nie maar "die wet van die Here" (Luk. 2:23,39) wat die Here aan Moses bekend gemaak het. Daar word ook somtyds na die wet vd Here verwys as "die wet vd profete", wat beteken dat die Here Sy wil aan Sy profete bekend gemaak het (Joh. 1:46; Hand. 13:15; 24:14). Somtyds word daar ook na die wet verwys as "die wet vd Jode", bv. waar daar na die wet vd Here verwys word in die teenwoordigheid van ander gelowe (Hand. 25:8)(wat verwys dat dit die wet is wat die Jode volg, nl. die Here se wet). Die begrip "wet van" vewys dus nie net na wie die wet ontvang het nie, maar ook na watter wet gevolg word. Somtyds word die begrip "wet vd geloof" gebruik om te verwys na hoe die wet in die huidige bedeling daarna uitsien (Rom. 3:27)(bv., die wet van Moses word gesien as 'n "wet van werke", wat nie dieselfde is as hoe die wet vd Here in die N.T. vervul word nie). 

- Die Skrif leer dat met verandering van priesterskap is daar verandering van wet... (Hebr. 7:12);  m.a.w., 'n "bedeling" kan o.a. gekenmerk word "onder watter wet dit is" en "priesterskap". Hierdie feit word bv. ook gekenmerk in die huwelik..., nl. dat wanneer die priester vd huis (nl. die man) sterwe, dan is die vrou ontslae van "die wet van die man" (Rom. 7:2) - dit is hoekom sy vry is om dan weer te trou, maar solank die man in die lewe is is sy "onder sy wet" en pleeg sy egbreuk as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man nog lewe. Dit is dieselfde in geval van priesterskap, is dat die volk "onder daardie wet is solank die priester nog in die lewe is";  en is die juiste rede waarom die huidige wet nooit sal verander nie! - is omdat ons huidige Hoëpriester (nl. Jesus Christus) nooit sal doodgaan nie! (Rom. 7:1-6). Om 'n bedeling te identifiseer kan m.a.w. die volgende vrae gevra word: (1) Volgens watter ORDE (priesterskap) is die bedeling?, en (2) watter WET word gehoorsaamDie Skrif kan in geheel gesien word as twee "bedelings" (Hebr. 10:7-9), nl. die eerste (die oue waaronder die bloed van stiere en bokke gebruik was/Ou Testament), en die tweede (die huidige bedeling waarin Jesus Christus se bloed vir ons sondes betaal/Nuwe Testament).  Maar geleerdes deel graag ook die O.T. op in verskillende bedelings..., want alhoewel daar vir die sondoffer die bloed van stiere en bokke gebruik was, was dit nie altyd onder dieselfde priesterskap nie... (en met verandering van priesterskap is daar verandering van wet/Hebr. 7:12). En wat die wet aanbetref maak die Here Sy wet bekend deur verskillende mense oor die eeue;  bv. tot die profeet Johannes (die doper), het Hy profete oor die eeue gebruik om Sy wil bekend te maak, maar na Johannes het Hy die evangelie vd koninkryk (van God) gebruik... (Luk 16:16) - sien dus die belangrikheid vd evangelie wat Jesus gebring het - ons is onder die wet van Jesus Christus (Hy het alles gedeel wat die Vader wil/(Joh 5:30; Joh 14:10 - "Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke"). Die N.T. is onder 'n ander priesterskap (dus, verandering van wet!);  alhoewel weergeborenes die priesterdom is van die huidige bedeling, maak hulle nie self die wet op nie, maar is onder (die wet van) Jesus Chrisuts (die evangelie), onder die Gees... (hierdie wet word o.a. na verwys as "die wet van vryheid"/Jak. 2:13, of "wet vd Gees van lewe in Jesus Christus"/Rom. 8:2)(kyk ook die term "wet van geloof"/Rom. 3:27).         

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Voorbeelde van kenmerkende "bedelings" in die Skrif:

Kom ons kyk na 3 voorbeelde hiervan waar die Skrif in bedelings opgedeel word, en dit veral beskryf word deur "orde" (wat dus 'n invloed gehad het op wet):  

(1)  In Abraham se tyd was "wet en orde" volgens die orde van Melgisédek. Melgisedek was die koning van Salem, en die (hoë)priester... (Gen. 14:18)(dit is interessant dat Jesus Christus se orde beskryf word as 'n ewebeeld van hierdie orde .../Ps. 110:4). Die Skrif gee nie vir ons baie inligting oor die orde van Melgisedek nie, maar dit wil dit voorkom of die eersgebore seuns die plek van priester ingeneem het... (Eks. 13:2)(dit is duidelik dat die "orde" nie aan een spesifieke stam behoort het nie (https://warechristene.blogspot.com/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html). 

(2) Maar die begrip "orde" word somtyds beskryf deur 'n spesifieke stam, nl. die stam waaruit die Hoëpriester gebore is (Hebr. 7:14), en die mans van daardie stam is die priesterdom;  bv., in die tyd van Moses het die priesterskap verander om aan 'n spesifieke stam te behoort, nl. die Leviete - mans fisies gebore uit daardie stam (en noodwendig was daar verandering van wet).  Priesterskap het oorspronklik behoort aan die eersgebore seun van elke familie... (nie 'n spesifieke stam nie)(sien punt 1), maar hierdie het verander na die episode vd goue kalf (want die eersgeborenes het nie hulle plig gedoen nie en het dit verloor) - die priesterskap is toe gegee aan 'n spesifieke stam (onder Aaron, die hoëpriester), "onder die wet van Moses" (in ander woorde, die Here het Sy wil aan Moses bekend gemaak, Moses het dit oorgedra, en die Levietiese priesterskap moes toesien dat die volk dit nakom en leer/Eks. 7).  

(3) Hierdie huidige bedeling is 'n ewebeeld van die orde van Melgisédek... - is onder (ons Hoëpriester) Jesus Christus (maar alhoewel Hy uit die stam van Juda gebore is, word die huidige orde nie so beskryf nie.../Hebr. 7:14; Gen. 46:12; Jes. 11:1; Openb. 5:5;  in ander woorde, die huidige ORDE behoort nie aan 'n spesifieke stam nie)(Heb 6:20 - "waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n hoëpriester geword het vir ewig")(Hebr. 5:6; 7:11,17,21).  Die huidige is onder 'n orde wat 'n ewebeeld is van Melgisedek, wat nie net vir ons beter laat verstaan waaroor die huidige orde gaan nie, maar deur die huidige orde verstaan ons ook meer van hoe die orde van Melgesedek daarna uitgesien het),  In die huidige ore is ons onder die wet van die Gees en die evangelie (wat Jesus gebring het)(Luk. 16:16)(ons word deur die evangelie gelei...;  asook, almal wat die Heilige Gees het word deur die Gees gelei...- "die wet is op hulle harte geskryf"). Jesus Christus is die Hoëpriester, en weergeborenes is die priesterdom (hulle is almal dienaars van die Here, en word terloops ook gesien as 'n "volk van eersgeborenes")(in 'n volgende paragraaf kyk ons in op skrifte hieroor).  Anders gestel, Christene (die wat glo in Jesus Christus) behoort aan die orde van Melgisedek. (baie geleerdes vgl. Melgisedek met Jesus Christus...). Jesus Christus se Hoepriesterskap  sal nooit weer sal verander nie (is vir ewig/Hebr. 6:20).  Ons weet nie veel van die oorspronklike "orde van Melgisedek" in Abraham se tyd nie, maar siende die huidige 'n ewebeeld is daarvan, en die huidige Christelike orde nie aan 'n spesifieke stam behoort nie (Hebr. 5:6)(maar aan enige iemand uit enige stam, volk, nasie, taal wat in Jesus Christus glo), kan ons aflei dat die orde van Melgisedek ook nie aan 'n spesieke stam behoort het nie..., en tereg, want dit lyk of in daardie tyd die eersgebore seuns die werk van priester gedra het (l.w. dat weergeborenes wel gesien word as kinders van Jesus Christus, meer presies "kinders van Abraham" deur Jesus Christus..., maar natuurlik is hulle nie fisies uit Hom gebore nie, maar geestelik). Die huidige orde is dus nie "volgens die orde van Juda" (bv. omdat Jesus uit die stam van Juda gebore is) NIE, maar word meer beskryf as "volgens DIE ORDE VAN MELGISEDEK" omdat die huidige orde nie aan 'n spesifieke stam behoort nie, maar enige iemand uit enige volk, nasie taal wat in Jesus Christus glo.  Sommige geleerdes is van mening dat dit veral verwys na die feit dat die wat in hierdie orde "gebore" word, dit op 'n geestelike manier verkry het... (nie fisies gebore uit 'n spesifieke stam nie, maar is onder die "wet van die geloof" - bestudeer gerus hoe Abraham geregverdig is deur die geloof!);  meer presies verwys dit dus nie net na die feit dat hulle nie uit 'n spesifieke stam gebore is nie, maar veral na wie DEEL IS VAN DIE EERSGEBORE VOLK" (kyk tema van "eersgeborenes"). Bv., in Abraham se tyd het die "eersgeborenes" spesifiek verwys na die eersgebore seuns onder die wat die Here God dien (maak nie saak uit watter stam, nasie volk of taal). NET SOOS IN DIE TYD VAN ABRAHAM, GAAN DIT DUS IN DIE NUWE TESTAMENT OOK OOR "WIE AS die EERSGEBORENES GESIEN IS"!, nl. die wat in Jesus Christus glo...; Hebr. 12:23 (kyk die begrip "gemeente van eersgeborenes" in 1Pet. 2:9,10 waar daar na geestelike mense verwys word - "Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is"). Die gemeente van eersgeborenes is die priesterdom van hierdie huidige bedeling, en net soos in die tyd van Abraham behoort hulle nie aan 'n spesifieke stam, nasie, volk of taal nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ALTARE EN OFFERS IN VERSKILLENDE BEDELINGS: 

Dit kom voor of die wet tussen verskillende bedelings anders is..., en die rede hiervoor is nie omdat sekere wette verval in verskillende bedelings nie, maar eerder omdat dit verskillend vervul word in die nuwe. Dit hang af van "orde en wet" - ook dus wat ALTARE en OFFERS aanbetref word dit verskillend vervul in verskillende bedelings! - dit het nie verval nie.  Wat belangrik is om te verstaan is dat in elke bedeling is priesterskap en wet belangrik (en in die huidige ook). 

Wat die volk wel geweet het van die toe komende koninkryk (wat nou die huidige is), is dat die ORDE 'n ewebeeld sou wees van die orde van Melgisédek (Hebr. 7:14). Jesus Christus is in hierdie bedeling die Hoëpriester (Hebr. 2:17; 3:1; 4:14,15; 5:1,10; 6:20; 7:26; 8:1);  en nie net dit nie, Hy is EWIGE HOëPRIESTER (m.a.w., daar sal nie 'n ander een na Hom kom nie..., en Sy koninkryk is vir ewig. Dit gesê, dit is slegs iemand wat vir ewig kan lewe wat 'n ewige priesterskap kan ontvang...;  daarom het Hy dit met eedswering ontvang / Hebr. 7:21,28). In hierdie huidige bedeling, wat 'n ewebeeld is van die orde van Melgisedek, is daar dus wel ook priesters, en 'n Hoëpriester.  PRIESTERDOM = die wat glo in Jesus Christus/weergeborenes = geestelike mense.  Daar is nie 'n fisiese tempel en altaar waar Christene die Here gaan raadpleeg, dank, om vergifnis vra, ens. nie, want die weergeborene se liggaam word soos 'n tempel gesien (want hy het die Heilige Gees);  alhoewel hierdie dinge baiemaal in die kerkgebou gedoen word en sommige dus die plek waar hierdie gebede plaasvind "die altaar" noem. 

'n Altaar wat vir God opgerig is, word deur Hom gesien - Jesus Christus het die gebare by altare bv. baie ernstig opgeneem...  In Mat 5:23,24 leer Hy dat as jy jou gawe na die ALTAAR bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, moet jy jou gawe daar laat voor die altaar, en eers gaan versoening doen met jou broer - dan kan jy terugkom en jou gawe bring. Dit wys nie net hoe ernstig Hy gebare by altare opgeneem het nie, maar ook dat Hy "op voorwaardes" offers ontvang!  In Mat 23:18-20 het Hy verklaar dat 'n ALTAAR meer is as die gawe..., nl. dit "kan die gawe heilig". Gawes wat na die Here toe gebring word is heilig (afgesonder) vir die Here se werk en werkers (1 Kor. 9:13)(tiende word bv. op hierdie manier gesien, en in sommige kerke sal die leraar bv. die woorde gebruik "bring jou tiende na die ALTAAR). Wanneer jy iets afsonder vir die Here (hetsy 'n deel van jou oes, geld, ens.), is dit afgesonder vir Sy werk en werkers - in die tyd van 'n fisiese tempel was daar altare waarnatoe mense hierdie gawes gebring het (Matt. 23:18, 35). In die N.T. is daar ook dienaars wat "die tabernakel bedien", maar die tabernakel is nie 'n fisiese waar offers gebring word en die wat die altaar bedien, daarvan eet nie (Hebr. 13:10-14). 

Gebare by altare wat vir God opgerig is, is dus nie nietigheid nie! (alhoewel afgodsaltare nietig is), en enige iets wat jy daar voor die Here verklaar word ernstig opgeneem (Matt. 23:20). Die nagmaal kan o.a. soos 'n altaar gesien word..., en moet ook beslis nie gesien word as 'n nietige ritueel nie!, want God sien dit, en dit het baie betekenis... (wat in 'n ander paragraaf in meer diepte bespreek word). Offers in die N.T. geskied nie dieselfde as in die oue nie, maar ons bring ook offers aan die Here God, ja!, bv. 'n lofoffer (Hebr. 13:15), en weldadigheid en mededeelsaamheid word ook gesien as "offers" (Hebr. 13:16). In die volgende paragraaf staan ons ook vinnig stil by "gawes en offers vd huidige bedeling", en sal dan beter verstaan hoe dit huidiglik werk.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------WAT "ORDE EN WET" AANBETREF, WAT LEER DIE SKRIF VD HUIDIGE BEDELING?:

- Volgens watter ORDE is die huidige bedeling? - Volgens die orde van Melgisedek. 

Wat "orde" aanbetref het ons ook priesters en 'n hoepriester, nl.:

JESUS CHRISTUS = DIE HOëPRIESTER (en soos enige hoëpriester bring Hy gawes en offers...). Jesus Christus (die Hoëpriester) sit wel aan die regterhand van God die Vader (Hebr. 8:1), maar Hy bring gawes en offers... (Hebr. 8:3 / Hy is 'n bedienaar van die heilige dinge soos enige hoëpriester), en die tabernakel waar Hy bedien is nie met mensehande gemaak nie, maar deur die Here opgerig (Hebr. 8:2)(in die volgende paragraaf word daar meer ingekyk hierop..., na wat dit presies beteken, en bv. gekyk na hoedanig altare en offers daarna uitsien in hierdie huidige bedeling...). 

M.a.w., in die huidige bedeling is daar nie 'n fisiese tabernakel waar gawes en offers gebring word nie (Hebr. 13:10), maar daar is een waar Jesus Christus bedien, een wat nie deur mensehande gemaak is nie. (Hebr. 8:2). Waarna verwys hierdie tabernakel?  JESUS CHRISTUS BRING GAWES EN OFFERS - een van 'n hoëpriester se pligte is bv. om versoening te doen vir die volk se sondes, en oor die eeue, voor Jesus Christus, was hoëpriesters gewone mense wat sondig en doodgaan... (dit die rede waarom daar soveel hoëpriesters was oor die eeue.  Ons het egter nou 'n Hoëpriester wat nooit doodgaan nie - Hy het geen sonde nie en leef tot in ewigheid - is anders as al die hoepriesters voor Hom, en daar sal ook nooit 'n ander een na Hom kom nie).  Behalwe dit, is Sy offer voldoende! en hoef nie oor en oor gebring te word soos in die vorige bedelings nie... (Heb 7:25-28 - "Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is").

WAT DIE PRIESTERDOM AANBETREF VAN DIE HUIDIGE ORDE,  IS DIT DUIDELIK NIE UIT 'N SPESIFIEKE STAM NIE:  Die Levietiese priesterskap was bv. uit 'n spesifieke stam, maar die huidige priesterskap kom uit alle stamme, volke, nasies en tale, almal wat glo in Jesus Christus (wat veral verwys na weergeborenes). Alhoewel Jesus Christus uit die stam van Juda gebore is, behoort die huidige priesterskap of orde nie aan daardie spesifieke stam nie (die begrip "orde beskryf nie net die hoepriester nie, maar ook die priesterdom);  alhoewel die wat in Jesus Christus glo tog gesien kan word as Sy kinders (en word terloops beskryf as mense wat "uit God gebore is"), het hulle dit deur geloof ontvang (hulle is nie fisies uit Hom gebore nie, maar geestelik).  Die huidige orde word in die Skrif veral beskryf as "'n ewebeeld van die orde van Melgisedek" (wat o.a. sekerlik 'n verwysing is na hierdie, nl. die feit dat die priesterskap enige iemand van enige stam, taal, nasie, of volk kan wees deur die geloof in die Here God). Die huidige priesterskap word o.a. beskryf deur woorde soos die "wet van geloof", "wet van geregtigheid", en "wet van vryheid"... (Rom. 9:31,32; 10:4; Gal. 3:3-6l Jak. 1:25; 2:12) - woorde wat ook toegeskryf was aan die orde van Melgisedek  - geregtigheid en vrede word bv. oop beurt gebruik van die koning van Salem, die priester Melgisedek gebruik... (Gen. 14:19; Ps. 104:10; Hebr. 5:6,10; 6:20). 

- Onder watter WET is die huidige bedeling?  - Onder die wet van Christus (1 Kor. 9:21 -"Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet—al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus—om die wat sonder die wet is, te win)(Gal. 6:2), onder die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus (Rom. 8:2 - "Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood") en die Evangelie (Luk. 16:16 - "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin").  JESUS CHRISTUS HET VIR ONS DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK GEBRING. In die evangelie vd Koninkryk bring Hy die waarheid en gee leiding hoe om redding te kry (die EVANGELIE gaan oor die evangelie van Jesus Christus, die evangelie van vrede, en die evangelie vd Koninkryk).  Hy het ook belowe dat almal wat in Hom glo, die Heilige Gees kan ontvang. DIE HEILIGE GEES WORD NIE NET AAN SEKERE MENSE (bv. profete, konings) MEER GEGEE (soos in die O.T.) NIE, MAAR AAN ELKEEN WAT WEERGEBORE WORD (geestelike mense is almal "profete", en terloops koninklik/1 Pet. 2:9). Om weergebore te word het jy nodig dat jou sonde afgewas word, en jy het nodig om die Heilige Gees te ontvang. Die Here het altyd Sy Gees gebruik om Sy wil bekend te maak, maar in die O.T. was daar net sekere mense wat die Heilige Gees ontvang het (bv. die profete en sommige leiers, soos konings). Moses was so 'n profeet wat die wet ontvang het... (die vorige bedeling was bv. "onder die wet van Moses").  In hierdie bedeling ontvang elke weergeborene die Heilige Gees!, en die Gees lei hulle in wat die Here se wil is (weergeborenes is die priesterdom..., is die dienaars;  n fisiese tabernakel is nie nodig nie, want hulle liggame is soos tempels...). Ons moet egter verstaan dat die "wet vd Gees" is die Here se wet;  die Gees gaan bv. nie vir 'n weergeborene iets anders leer as wat Jesus Christus geleer het nie!  Somtyds doen geestelike mense hulle eie wil of glo wat hulle wil, en skryf dit toe aan die stem van die Heilige Gees, maar ons moet pasop om nie te laster nie! (lastering teen die Heilige Gees is 'n onvergeeflike sonde, in die huidige sowel die volgende bedeling...). DIE WET VAN DIE GEES word na verwys as wet "van die lewe in Christus Jesus", wat verwys daarna dat Hy ons vrygemaak het van "die wet van sonde en die dood" (as ons deur die Gees lewe, en nie in die vlees wandel nie, dan sal ons die lewe oes)(Rom 8:1,2). Die wet van die Gees verwys veral hierna..., nl. dat weergeborenes "onder die Gees" is, Hom gehoorsaam en deur Hom wandel. Wat WET aanbetref (nl. dat weergeborenes "onder die Gees" is en deur Hom gelei word), beteken dat hulle vir Jesus Christus dien (Hy is hulle hoof, die Hoepriester, nl. die hoof vd priesters...).  Die Heilige Gees word deur Jesus Christus uitgestort aan die wat in Hom glo - dit is hoe Hy hulle lei (in ander woorde, hulle Hom)(is eintlik onder die wet van Christus, l.w. "van lewe in" Christus - want onder hierdie "wet" kan jy die ewige lewe oes!).

- Wie is die PRIESTERS in die huidige bedeling? - Geestelike mense (weergeborenes).

WEERGEBORENES = PRIESTERDOM (priesters vir die Here)(1 Pet. 2:5,9): In die huidige bedeling word die kinders vd Koninkryk in geheel gesien as 'n priesterdom, wat veral verwys na die wat die Heilige Gees het = "geestelike mense", maar hulle bedien nie by 'n fisiese tabernakel opgerig soos die priesters in die O.T. nie (maar 'n geestelike). ELKE WEERGEBORENE IS 'N PRIESTER VIR JESUS CHRISTUS EN DIE VADER.  Hoe voer hulle hul priesterlike plig uit? -priesters is teen eerste "onder 'n wet";  bv., soos gesien, in die N.T. is weergeborenes ONDER DIE WET VAN DIE GEES (hulle dien/gehoorsaam die Gees)(Rom. 7:6; 8:2,4). Die Heilige Gees gee vir hulle die wet..., wat noodwendig Jesus Christus se wet is (so, dit kan bv. nie verskillend wees van wat Jesus geleer het nie)  -  (die Heilige Gees wys vir hulle wat die Here wil, en lei hulle in die waarheid/Joh. 15:26/16:13; en herinner hulle aan Jesus se woorde/Joh. 14:26, nl. die evangelie vd Koninkryk).

- Watter offers word gebring in die huidige bedeling? - Wat die priesters aanbetref, is hulle liggame ten eerste 'n offer... (hulle verheerlik God in die liggaam en bring bv. dankoffers, lofoffers, weldadig en mededeelsaam, ens./Hebr. 13:15,16). Wat die Hoepriester aanbetref bring Hy ook gawes en offers... (in 'n tabernakel nie met hande gemaak nie), en Hy was self die sondoffer! (doen versoening vir die wat in Hom glo, se sonde)(Hebr. 5,8 en 9). - Op 'n volgende pos in hierdie reeks word ALTARE EN OFFERS VD NUWE TESTAMENT spesifiek behandel. 

waar is die TEMPEL? - weergeborenes se LIGGAME word soos tempels gesien (want God is by hulle teenwoordig deur Sy Gees).  In hierdie bedeling is daar nie 'n fisies tabernakel/tempel nodig nie..., want geestelike mense het die Heilige Gees! ('n tempel word gesien soos 'n plek waar God teenwoordig is) -  hulle liggame is soos tempels... (hulle bring bv. offers in/deur hulle liggame). In hierdie priesterdom, volgens die orde van hierdie bedeling, ontvang elkeen wat in Jesus Christus glo, die Heilige Gees (nie soos die vorige verbond waar die Here teenwoordig was d.m.v. 'n fisies tabernakel/tempel deur mensehande gebou nie; ook wat "wet" aanbetref, het net sekere mense in die ou bedeling die Heilige Gees ontvang - noodwendig die dienaars van die Here, en hierdie mense moes opgesoek word om tot God te nader). In hierdie bedeling ontvang elkeen wat weergebore word die Heilige Gees en is dienaars vd Here, en hulle liggame is soos tempels! (1Kor. 6:19,20  "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort") - hulle offer hulleself vir die Here:  (Rom 12:1,2 "Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul LIGGAME stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige OFFER dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is"). WEERGEBORENES MOET HULLE LIGGAME GEBRUIK AS OFFERS (en die manier hoe hulle liggame 'bv, n offer kan wees, is deur nie gelykvormig te word aan die wereld nie..., maar hulle gemoed daagliks te vernuwe;  maw, doen die wil van die Here, Ken hom). Die wat weergebore word word imeers vrygekoop van hulle slaafskap onder sonde, en hulle dien nie meer die sonde nie maar dien die Een deur wie hulle vrygekoop is - dit is "lewe in Christus Jesus" -  deur die Gees is die geestelike mens soos 'n plant wat "vrug tot lewe" dra - is dus nou slawe van Jesus Christus, slawe van die Een deur wie hulle vrygekoop is;  hulle dien nie meer die sonde nie, maar dien nou die Here.  Hulle offer hulleself vir Hom! 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Woensdag 03 Augustus 2022

Die wet van vryheid / Wat dit beteken om "vry" te wees

-Is die Christen onder 'n wet?  Ja, "DIE WET VAN VRYHEID"...  (Jak. 1:25 - "Maar hy wat diep insien in die volmaakte WET VAN VRYHEID en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen")  (Jak 2:12 - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur WET VAN VRYHEID geoordeel sal word"). Christene sal deur hierdie wet geoordeel word.  (ROL AF VIR STUDIES OOR "Die wet van vryheid" EN "Wat dit beteken vry te wees").

Christene is nie onder die wet van Moses nie (is maw "vry vd wet"-Rom. 7:3), en is vrygemaak van hulle slaafskap onder sonde (is "bevry van slawerny"-Hebr. 2:15), maar dit beteken nie dat hulle geen wet het nie!  Hulle is wel "vry" maar l.w., hulle is vry"gekoop"! en behoort daarom nou aan die Een wat hulle losgekoop het... - is m.a.w. nie meer slawe vd sonde (wat tot dood lei) nie, maar is nou "slawe van Christus" (hulle dien nie meer die sonde nie, maar dien nou vir Christus)(1 Kor. 7:22) - in daardie opsig is hulle vry!, ja, maar ook slawe...  En die manier hoe hulle hul vryheid verkry het was nie deur die wet (van Moses) nie, maar deur die geloof...  Bv., die wet van vryheid verwys na 'n wet vir gelowiges/"vryes" (die wat vrygemaak is)..., en word in konteks gebruik met die begrip "WET VAN GELOOF", wat verwys na hoe die mens geregverdig word deur die GELOOF "sonder die werke vd wet (van Moses)". Dit is belangrik om te verstaan wat geloof beteken, want dit is wat baiemaal nie verstaan word onder hierdie onderwerp van "wette en geloof" nie. Bv., (1) die skrif verklaar dat die mens nie geregverdig word deur die wet (die wet van Moses) nie, maar deur die GELOOF... (Rom. 8);  (2) maar let daarop dat die skrif ook verklaar dat die mens nie alleen deur die geloof geregverdig word nie, maar ook deur werke...  ! (Jak. 2:24). Hier sien ons dat, alhoewel die Christen nie geregverdig word deur werke (die wet) nie, gehoorsaamheid steeds verwag word want geloof word ook deur werke bewys - m.aw., GELOOF SONDER WERKE is DOOD (die Christen het dus gebooie).  

Ja, die Christen het 'n wet (die wet vir vryes), en die onderhouding daarvan is 'n bewys dat hy GLO (hulle onderhou nie die wet van vryheid om saligheid te verkry nie, maar onderhou dit omdat hulle alreeds saligheid het;  en let daarop dat "aanneming tot kinders" eintlik eers voltrek word in die opstanding - in daardie opsig word hulle nie net geregverdig deur geloof alleen nie maar ook deur werke - hulle sal deur die wet van vryheid geoordeel word - hulle word dus ook geregverdig deur hulle "werke" omdat dit 'n bewys is van of hulle glo of nie). Die Christen word m.a.w. nie alleen deur geloof geregverdig nie, maar ook deur die wet (van vryheid/geloof - gehoorsaamheid aan Christus/aan die Gees). In daardie opsig verstaan ons wat Jakobus bedoel wanneer hy verklaar dat die mens nie alleen uit die geloof geregverdig word nie, maar ook uit die werke, want "werke" gaan hier oor GEHOORSAAMHEID - gehoorsaamheid is 'n bewys van "wie glo", of 'n bewys van "in wie" jy glo (maw, aan wie is jy gehoorsaam?)(Jak. 2:18,24; Hebr. 11:17-19). As jy nie gehoorsaam is aan Jesus Christus (aan Sy Gees) nie, is dit 'n bewys dat jy Hom nie vertrou nie / glo nie in Hom nie... Op daardie manier word ons nie net geregverdig deur die geloof nie, maar ook deur die werke. 

Christene is ONDER DIE WET VAN VRYHEID (Jak. 1:25; 2:12) - wat beteken dit?  Dit verwys daarna dat hulle "onder Christus is" (word ook na verwys as "wet van Christus)/ en is "onder die Gees"...(word ook na verwys as "wet vd Gees van lewe");  m.a.w., die wat VRY is is:

ONDER DIE WET VAN CHRISTUS (is aan Hom gehoorsaam)(1 Kor. 9:21; Joh. 8:36; Rom. 8:2)(wat verwys na die wat deur Jesus Christus vrygemaak is, en hulle behoort nou aan Hom)(hulle is onder die wet van Christus - Hy is hulle hoof - hulle glo in Sy woorde, is gehoorsaam aan Hom, volg Hom...); 

en

ONDER DIE WET VAN DIE GEES (is aan die Gees gehoorsaam)(Rom. 7:6; 8:1-4; Gal. 5:18; Rom. 8:1-11; Joh. 6:63)(die wat vry is, het die Gees - hulle "wandel na die Gees en word deur die Gees gelei" - as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie-Rom. 8:9,14). Vir 'n studie hieroor, gaan na: "wie is nie onder die wet nie". Die "wet vd Gees" word ook in konteks gebruik met die "wet vd geloof" (m.a.w., hulle het die Gees ontvang deur die geloof, nie deur die wet nie... - hulle LEWE deur die geloof)(Rom. 3:27; Gal. 3:2).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-Het die Christen 'n koning of heerser wat oor hom gestel is en oor hom regeer (maw, is die Christen onder 'n koninklike wet)?  

Ja. Christus Jesus is die Hoof van die Christelike kerk (Ef. 1:22 - "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee")(Ef. 5:23; Kol. 1:18; Jak. 2:8...). Hy is Koning... (1 Kor. 15:25; Matt. 2:2; Openb. 19:16; 11:15; ens.).

-Sal Christene eendag geoordeel word en waarvolgens sal hulle geoordeel word? 
Alle gelowiges sal eendag (in die laaste dag-wanneer Jesus terugkom) geoordeel word (die oordeel begin by die huis van God...-1Pet. 4:17)(kyk gerus na die verskillende oordele wat sal plaasvind wanneer Jesus terugkom, wat o.a. verwys na hoe die goeies en slegtes in Sy koninkryk van mekaar geskei sal word - kyk bv. die skeiding vd koring en kaf, skeiding van die skape en bokke..ens.).  Die wat "vry" is (maw, Christene) sal geoordeel word volgens "die wet van vryheid" (wat o.a. beteken dat hulle deur "Jesus se woorde" geoordeel sal word...  Het hulle werke bewys dat hulle glo? Was hulle gehoorsaam aan die Gees?  (Jak. 2:12 - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur DIE WET VAN VRYHEID geoordeel sal word").  (Joh 12:48 - "Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: DIE WOORD WAT EK GESPREEK HET, dit sal hom oordeel in die laaste dag")(bestudeer gerus ook die tema van "sonde tot die dood"... ens.)(Ef. 4:30 - "En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing" / vgl. met Jes. 63:10)(l.w. dat "aanneming tot kinders" eers voltrek word in die opstanding...). Christene is wel deur die Gees verseel tot die dag van verlossing (en het dus die belofte van opstanding tot lewe), maar wat gebeur as hulle die Heilige Gees bedroef? Wat gebeur as 'n Christen stap in "sonde tot die dood"?  Wat gebeur as 'n Christen geen vrug dra nie, of hy sy vrug verloor? Wat gebeur as 'n Christen onbarmhartig was?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE BEGRIP "WET VAN VRYHEID":

(rol af vir 'n opsomming oor wat dit beteken "om vry te wees")

In die Nuwe Testament is kinders vd koninkryk nie meer onder die wet van Moses nie, maar dit beteken nie dat hulle geen wet het nie. (Luk 16:16 - "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin"). In die evangelie wat Jesus gebring het het Hy vir ons baie kom leer oor wat Hy van Sy kinders verwag. Christene is onder 'n wet en onder die Here se heerskappy (hulle het 'n koning en 'n koninklike wet), en sal ook eendag deur hierdie wet geoordeel word wanneer Jesus terugkom (Jak. 2:12). Die "wet van vryheid" is 'n begrip wat verwys na die WET van DIE WAT VRY IS, en ons kan leer oor wat hierdie wet behels deur te gaan kyk na die "evangelie vd koninkryk" (wat het Jesus geleer?, en hoe lei Hy ons deur Sy Gees?). Sommige Christene glo dat gelowiges in die N.T. geen wet het nie, maar dit klop nie met wat Jesus geleer het nie)("vryes" sal eendag deur die wet van vryheid geoordeel word - dan sal die goeies van die slegtes geskei word, bv. koring (onder die kinders vd koninkryk) sal eendag vd kaf (onder die kinders vd koninkryk) geskei word (Matt. 3:12; Luk. 3:17); barmhartiges (onder die kinders vd koninkryk) sal eendag van die onbarmhartiges (onder die kinders vd koninkryk) geskei word (Matt. 25)... ens.). Om "vry te wees" beteken wel dat jy nou vry is van sekere dinge (bv. vry vd wet en dit nie meer dien nie, en vry van slaafskap onder sonde en dit nie meer dien nie), maar dit beteken ook dat jy nou behoort aan die Een deur wie jy vrygekoop is, nl. "behoort nou aan Jesus Christus" - is vry, maar is nou 'n slaaf vd Een deur wie jy losgekoop is... - dien Jesus Christus (Sy Gees) - moet Hom gehoorsaam, Sy opdragte, Sy woorde... . 

Kom ons kyk na die konteks waarin die begrip "wet van vryheid" gebruik word in die Skrif:

- (1)   Die wat onder die wet van vryheid is, dien nie die sonde nie (as 'n "vrye" egter die sonde dien, dan sal hy eendag deur die wet van vryheid daarvoor geoordeel word)(sommige dink dat "om vry te wees" beteken jy kan doen wat jy wil of self besluit wat is reg en verkeerd, maar neem kennis dat die vrye alreeds gebooie het op wat is reg en verkeerd en nie veronderstel is om die sonde te dien nie - bv., die wat in sonde tot dood stap word gewaarsku dat hulle die dood sal erwe, al het hulle die belofte van lewe!). Jesus verduidelik hierdie punt veral mooi in Joh. 8:31-36 (Joh 8:31- 36 - "En Jesus sê vir die Jode wat in Hom geglo het: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels.En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. Hulle antwoord Hom: Ons is die geslag van Abraham en het nog nooit vir iemand slawediens verrig nie; hoe sê U dan: Julle sal vry word?Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n dienskneg van die sonde is.En die dienskneg bly nie vir altyd in die huis nie; die seun bly vir altyd.As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees."). In hierdie konteks verwys "vryheid" na die wat nie onder slawediens is nie (is nie 'n slaaf nie maar is vry). Jesus verduidelik dat die wat sonde doen, 'n dienskneg (soos 'n slaaf) is van sonde (hulle dien die sonde). Dit beteken dat die wat vrygekoop is deur Jesus VRY word van hulle slaafskap onder sonde - hulle dien nie meer die sonde nie maar dien nou die een deur wie hulle vrygekoop is... Hulle is wel vry, maar word Jesus se slaaf (want Hy het hulle vrygekoop van daardie slaafskap waaronder hulle gebore was) - was eens gehoorsaam aan die sonde (aan die wereld en aan hulleself - eie wil ens.), maar is nou gehoorsaam aan Jesus - doen Sy wil. M.a.w., onder die "wet van vryheid" is Christene nie veronderstel om die sonde te dien nie... (dit is immers wat dit beteken om "vry te wees" in hierdie konteks), maar wat gebeur as iemand wat vry is weer die sonde begin dien?  Kyk bv. die konteks van (Jak. 2:12 - "Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur DIE WET VAN VRYHEID geoordeel sal word"). In konteks gaan dit daaroor dat 'n Christen nie partydig moet wees en dus onbarmhartig optree nie, want mense wat vry is is veronderstel om barmhartig te wees... Die wat hierdie wet van vryheid oortree sal eendag daardeur geoordeel word (want die Christen is onder 'n wet) - kyk Matt. 25, hoe die skape (die barmhartiges) eendag van die bokke (die onbarmhartiges) geskei sal word... (en l.w. dat die onbarmhartiges nie koninkryk sal beerwe nie).  (Jak. 2:14-17 - "Wat baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie?......................... Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood"). Party mense verstaan hierdie verkeerd en dink dat "om vry te wees" beteken dat jy nie meer 'n dienaar is nie, maar ons moet verstaan dat dit gaan oor "wie jy dien". In hierdie konteks gaan "om vry te wees" daaroor dat jy die Here dien i.p.v. die sonde dien. 'n Christen is maw onder Jesus Christus se heerskappy en moet Hom gehoorsaam.

(2) Die wat onder die wet van vryheid is, het hulle bekeer van hulle manier van sien en dink (maw, gee op die manier hoe hulle "sien" en begin sien soos Jesus - glo in Jesus se woorde) (maar "vryes" wat terugval in die wereldse manier van sien en dink en nie in Jesus se woorde glo nie, sal eendag deur die wet van vryheid geoordeel word). Hoe maak Jesus ons vry? L.w. Joh. 8:31,32, dat die wat in Sy woord bly word Sy dissipels... ("en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak"). Die woord "dissipels" verwys na die wat lering ontvang - en Sy lering kan iemand vrymaak... In hierdie opsig gaan dit oor bekering van sien en dink tot die manier hoe die Here sien en dink - GLO in Hom, in Sy woorde. Somtyds bely iemand dat hy "glo in Jesus", maar wanneer jy met die persoon begin praat dan kom jy gou agter dat hy nie werklik in Jesus se woorde glo nie (hy't hom maw nog nie volkome tot die Here bekeer nie) - ons moet verstaan dat "om te glo in Jesus" ook beteken dat jy IN SY WOORDE GLO. As jy nie glo in wat Jesus geleer het nie, dan glo jy nie werklik in Hom nie! Jy kan nie 'n dissipel van iemand wees as jy nie in daardie persoon se lering glo nie. As jy nie in Jesus se woorde glo (en bly) nie, kan jy nie VRY word (of vry bly) nie.  Hy is die Een wat ons vrymaak, maar dit is spesifiek bedoel vir "Sy dissipels" (NIE die wat nie in Sy woorde/die waarheid wat Hy gebring, glo nie)... (Jak. 1:25 - "Maar hy wat diep insien in die volmaakte WET VAN VRYHEID en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen"). Sommige dink dat "om vry te wees" beteken dat jy self besluit wat is waarheid en wat nie, maar "om vry te wees" beteken eerder dat jy vry is van jou eie sienswyse (en glo in die Here se sienswyse).

(3) Die wat onder die wet van vryheid is, is gehoorsaam aan die Gees / die wet is op hulle harte geskrywe (maar wat sal gebeur met die een wat die Gees bedroef?  Wedergeborenes het die Gees en word deur die Gees gelei, en weet wat die Here van hulle verwag, maar wat gebeur as so 'n persoon ongehoorsaam bly aan die Gees en nie die Here se wil doen nie maar telkens eerder sy eie wil kies? - so iemand sal eendag daarvoor geoordeel word...). Die Gees lei die Christen in die Here se wette.  (Rom 7:1-6 - "Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie"). Net soos 'n getroude vrou gebonde is aan haar man solank altwee lewe (sy is onder die wet van haar man solank hy lewe), net so is die natuurlike mens onder die wet van sonde solank hy lewe omdat hy in sonde gebore is... - hy behoort aan die sondige natuur soos 'n getroude vrou aan 'n man behoort (en dus, "natuurlike mense" dra dus vrugte vir die dood - hulle oes die dood). Jy moet 'n geestelike mens wees om te kan vrug dra tot lewe...  Anders as natuurlike mense behoort geestelike mense "aan 'n ander". Bv., natuurlike mense is gebore uit Adam se saad, maar geestelike mense is gebore uit God se saad (wat verwys na wie dit is aan wie jy behoort - uit wie is jy gebore? - bestudeer temas "vlees en bloed" en "vlees en bene"). Al manier om VRY TE KOM van daardie "wet" van sonde is as een sterwe... (maw, as ons sterf vir die sonde). Na regte kan niemand aan 'n ander behoort as altwee in die lewe is nie;  bv. ons kan nie aan Jesus behoort as die sonde nie eers afgesterwe word nie (want dan is dit soos egbreek). Op dieselfde wyse is die wat nou VRY IS en aan Jesus behoort, aan Hom gebonde en "pleeg egbreek" sou hulle ophou om Hom te dien!  Vir 'n studie oor wat dit beteken om ONDER DIE WET VAN DIE GEES te wees, kan die pos "nie onder die wet nie" behandel word. (Rom 8:2 - "Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood"). 

- (4) Ons kan ook na ander kontekste kyk waarin die begrip "vryheid" gebruik is, bv. van wat Jesus en die apostels geleer het... (bv. in die "evangelie vd koninkryk"). In skrifte waar daar na die Christen se vryheid verwys word leer ons dat ons wel vry is van baie O.T. wette, maar dit beteken nie dat ons geen wet het nie.  M.a.w., ons moet verstaan dat die wet (van Moses) nie ontbind is nie, maar vervul - en die wet word dus anders vervul in die N.T. - gebooie is steeds belangrik! -Matt. 5:17-20 (Rom. 3:31).  ...Kom ons neem die vb. van "mag eet of nie eet" -  daar is bv. steeds wette  rondom wat die Christen mag eet of nie eet in die N.T. (of wanneer hy iets nie mag eet nie, ens.), maar dit word anders vervul in die N.T. - almal wat aan die koninkryk van God behoort (ook in die N.T.) het m.a.w. gebooie op wat hulle mag eet en wat nie, maar in die O.T. was dit anders vervul as in die nuwe. Ons sien dus wat "vryheid" in hierdie konteks beteken. Om vryheid te he verwys bloot daarna dat jy "vry is" van die wet van Moses, maar beteken nie dat jy vry is van alle wet nie - die punt is dus, "vryes" het ook gebooie! 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

DIE BEGRIP "VRYHEID":

Kom ons kyk na 'n paar skrifte om te bepaal wat dit beteken om vry te wees... / wat dit beteken om vryheid te hê? Wat is hierdie "vryheid"?

Om "vry te wees" beteken dat jy vry is vd wet van Moses, en vrygekoop van slaafskap onder sonde, maar neem kennis dat hierdie vryheid verkry word deur Jesus Christus deur wie iemand losgekoop word - m.a.w., die wat vry(gekoop) is vd wet en slaafskap, behoort nou aan Hom! (hulle dien Hom / is onder Sy wet / is 'n slaaf vir Hom)(hulle dien nie meer die wet van Moses nie)(hulle dien nie meer die sonde nie...).

Kom ons kyk na 'n paar kontekste van hoe die woord "vryheid" in die Skrif gebruik is:

Luk_4:19  - ("om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid (Griekse worod "af'-es-is", wat beteken om vry te maak, vryheid, vergifnis, kwytskelding) weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig") - in hierdie gedeelte leer ons dat dit Jesus Christus is wat vir ons vryheid kan gee. Vryheid van wat?  - v.19 = "die wat gebroke is". 

- Rom_8:21 - ("in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God"). - vir 'n konteks van hierdie skrif, kyk na v. 19: "Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God" - waarna verwys hierdie openbaarmaking vd kinders van God? - die wat vrygemaak is van die verganklikheid (is verganklik/is in sonde gebore)(v.21). Alle mense word as slawe gebore, nl. slawe van sonde (is in sonde gebore - is "natuurlike mense"), en sterwe dus... Die natuurlike mens het vrymaking nodig van hierdie verganklikheid. Kyk v.23 - hierdie "vrymaking" verwys na vrymaking van verganklikheid deur die verlossing vd liggaam (verwysend na die wat sal opstaan in nuwe verheerlikte liggame). Dit verwys na die opstanding tot lewe (opstanding van die uiterlike mens in 'n nuwe verheerlikte liggaam wat nie kan sterf nie). Die weergeborene se innerlike mens is wel vernuwe, maar sy uiterlike word eers vernuwe in die opstanding -  dan word die "aanneming tot kinders" finaal voltrek. (L.w. dat net soos die mens vryheid nodig het, net so het die skepping ook nodig om vrygemaak te word...). 

2Co_3:17 - ("Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid"). Die konteks hier is dat die Christen onder 'n nuwe bedeling is - onder die "nuwe testament", en in die N.T. ontvang gelowiges (die wat glo in Jesus Christus) die Heilige Gees wanneer hulle weergebore word, en die Gees skryf die Here se wette op hulle harte... (2 Kor. 3:3). Die wet van Moses was op kliptafels geskryf, maar die Gees skryf die Here se wette op die vleestafels vd hart;  daarom is weergeborenes nie DIENaars van "die letter" (die wet van Moses) wat doodmaak nie (omdat niemand dit kan onderhou nie en almal wat daaronder is val onder die vloek vd wet-Gal. 3:11-14), maar is DIENaars vd Gees (wat lewend maak!). L.w. die klem op DIEN. Christene is veronderstel om gehoorsaam te wees aan die Gees, maar hulle is nie altyd nie.  Sommige doen verkeerd omdat hulle ongehoorsaam is aan die Gees, en lieg dan deur te se dat die Gees hulle so gelei het, maar Christene moet versigtig wees - hulle moet nie die Gees bedroef nie. In daardie opsig is Christene ONDER DIE WET VD (heilige) GEES. Hulle is dus slegs "VRY" as hulle onder die Gees is! Bestudeer gerus die tema van "wie is nie onder die wet nie"...

- 1Kor_7:35 - ("Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ‘n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here") - volgens hierdie skrif het weergeborenes alreeds vryheid ontvang.  In die gedeelte praat Paulus oor die ongetroudes en die weduwees, en hy gee raad en maak voorstelle... - bv. dat dit beter is om ongetroud te bly, en dan verduidelik hy in v.35 dat sy bedoeling vir die voorstel is "met die oog op 'n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here - om onbesorg te wees (bv. om eerder besorg te wees oor die Here, en wil Hom behaag-v.32) is maklik as jy nie te trou nie. Maar dit is nie 'n wet wat Paulus hier neerle nie, want hy wil nie die kinders vd Here beroof van hulle VRYHEID nie. M.a.w., vryheid in hierdie gedeelte gaan daaroor dat die Christen vry is om te besluit of hy wil trou of nie... (maar daar is terloops ook ander reels/wette rakende trou, skei, hertrou ens. wat die Christen in ag moet neem onder die wet van vryheid) - die Christen is wel vry om te besluit of hy wil trou of nie, maar l.w. dat die huwelik ook onderwerp aan sekere reels onder die wet van vryheid... (die Christen wat getroud is is dus onderwerp aan wette).  

- 1Kor._8:9 - ("Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien ‘n struikelblok word vir die wat swak is nie") - die konteks van hierdie skrif gaan oor "as voedsel my broeder laat struikel, moet ek dit nie eet nie" (v.13). Christene is vry om enige iets te eet (behalwe bloed) - selfs afgodsoffers!; alhoewel in geval van afgodsoffers mag jy dit nie eet asof dit 'n afgodsoffer is nie - dit gaan oor gewete -(v.8) "Want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in ‘n afgodstempel, sal sy gewete, as hy ‘n swak man is, nie aangemoedig word om van die offervleis aan die afgode te eet nie?". Onder die "wet van vryheid" kan Christene dus enige iets eet, maar daar is uitsonderings (daar is dus ook wette rakende wat ons mag eet en nie onder die wet van vryheid...). Christene is selfs vry om onrein diere te eet (want hulle is nie meer onder die wet van Moses nie), maar die rede hiervoor is "omdat dit gereinig word deur die gebed en danksegging" (die wet van Moses is nie tot niet nie (Matt. 5:18), maar word anders vervul in die N.T. (Mat 5:18);  m.a.w., onrein diere is steeds onrein, maar hulle word rein verklaar deur gebed en danksegging) - in daardie opsig is "gebed en danksegging" voor ete soos 'n wet vir die Christen; daar is ook 'n ander geval (wet) waar ons nie onrein voedsel mag eet nie, en dit is die geval van waar dit my broer grief... - dan moet ek dit liewer nie eet nie  (1Kor. 10:24 - "Laat niemand sy eie voordeel soek nie, maar elkeen die voordeel van ‘n ander"). Dit is ook die geval met 'n ongelowige... - eet enige iets wat hy jou voorsit behalwe waar hy jou meedeel dat dit 'n afgodsoffer is - in so 'n geval moet jy dit nie eet nie ter wille van die gewete - hierdie kan soos 'n wet gesien word vir die Christen - die Christen is vry om te eet watookal voorgesit word (en niemand kan jou daarop oordeel nie); alhoewel, in hierdie genoemde gevalle is die Christen onder 'n wet waar hy nie alles mag/moet eet nie... Dit is ook in hierdie konteks wat Paulus skryf in 1Kor. 10:29,30 - ("ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur ‘n ander se gewete? En as ek iets met danksegging geniet, waarom word ek belaster oor iets waarvoor ek dank?").  

- 1Kor._9:4 - ("Het ons dan geen vryheid om te eet en te drink nie?") - in konteks praat Paulus oor baie dinge wat hom en die wat saam met hom bedien, toekom... -  dit kom hom bv. toe om deur die gemeentes versorg te word omdat hy hulle geestelik bedien, tog doen hy self hande-arbeid omdat hy nie enige aanstoot wil gee nie - dit doen hy ter wille van die bediening. Hy het dus die vryheid, maar ter wille van die broeders gee hy baiemaal sy vryheid op... In daardie opsig is dit soos 'n wet vir hom dat hy nie sy eie voordeel soek nie, maar die voordeel van 'n ander (1 Kor. 10:24). 

- Gal_2:4 - ("en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring") - Christene is VRY IN CHRISTUS JESUS - wat dit beteken is dat hulle dood is vir die wet (vry vd wet) maar lewe vir Jesus Christus (iets wat o.a. in Gal. 2 en 3 goed verduidelik word). In konteks Gal. 2 was daar valse broeders wat Christene onder die wet van Moses probeer plaas het (hulle het van hulle verwag om die wet van Moses te onderhou).  O.a. was besnydenis 'n groot ding - "die besnydenis" - in die O.T. was elke manlike kind onder die volk bv. afgesonder vir die Here en moes besny word (was priesters vir die Here), en hierdie besnydenis was bv. 'n teken van God se verbond met die volk (bv... hulle vir Hom 'n volk; Hy vir hulle 'n Here - hierdie het te doen met die tema van "aanneming tot kinders", wat gepaardgaan met die wat die belofte het van opstanding en dus ewige lewe, die wat gaan erf, ens.) - die wat hulle besny, was verplig om die hele wet te onderhou... (Gal. 5:3). Hoekom? Die besnydenis is 'n teken van wie die Here DIEN - gehoorsaamheid is 'n bewys van geloof. Op dieselfde wyse wat gehoorsaamheid aan die wet 'n teken was van wie deel is vd besnyde volk, net so is gehoorsaamheid aan Jesus en Sy Gees 'n teken van wie deel is van die wat deur Hom vrygekoop is. (Kyk gerus ook in op die tema van "vloek van wet" om te verstaan hoekom ons nodig gehad het om vry te kom van die wet van Moses... Christene dien vir Jesus Christus - dien Sy wet - dien Sy Gees (is vry vd wet van Moses en is nou 'n slaaf vir Christus). 

- Gal_5:1 - ("Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie".) - hierdie vryheid (vd wet van Moses) word verkry deur Christus.

- Gal_5:13 - ("Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde".) - hierdie vryheid (vry van slaafskap onder sonde, om dit te dien...) moet nie gebruik word as 'n rede om te sondig nie.  Ongelukkig is dit so dat Christene somtyds hulle vryheid misbruik, want hulle is wel nou vry van baie O.T. wette, maar dit beteken nie dat daar geen gehoorsaamheid en barmhartigheid van hulle verwag word nie.  Ons is vry, maar ons kan steeds nie doen wat ons wil nie... Dit is bv. verkeerd om te glo dat die Christen onder geen wet is nie, en kan doen en glo wat hy wil (soos sommige doen) - as jy so verkeerd glo, glo jy in 'n "ander evangelie"(Gal 5:7,8 - "Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie"). Christene is nie vry om te doen en glo wat hulle wil nie...  "Om jou naaste lief te he" is bv. baie belangrik vir die Christen! (Matt. 25; 6:14,15; 18:33-35, ens.).  'n Christen is immers onder Jesus se wet - dit is 'n wet wat ons Koning vir ons gegee het - (Jak. 2:8 - "As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself—dan doen julle goed"). Vgl. dit met 1Pe_2:16 - ("as vrymense en nie asof julle die vryheid het as ‘n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God"). 

- Jas_1:25 - ("Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen".) - Christene wat hulle min steur aan die wet van Jesus sal nie gelukkig wees nie. Ons moet hoorders wees - Jesus het baie gepraat oor die belangrikheid van om te "hoor", en hoorders o.a. vgl. met iemand wat sy huis op die rots bou...

- Jas_2:12 - ("Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word".) - Christene sal deur "die wet van vryheid" geoordeel word.  Daarom moet hulle ag gee op wat hulle spreek en wat hulle doen!  Ja, die Christen is onder 'n wet en sal daardeur geoordeel word.

- 2Pe_2:19 - ("Hulle belowe vryheid aan hulle, terwyl hulle self slawe van die verdorwenheid is; want waar ‘n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword".) - Christene is deur Jesus losgekoop en het in die proses slawe van Hom geword (van Sy wet en van Sy Gees - om Hom te gehoorsaam). Maar ongelukkig bely sommige hulle is Christene, maar hulle dien eintlik nog die sonde.  Christene wat bely dat hulle onder geen wet is nie en dink hulle hoef nie vir Jesus te gehoorsaam nie (bv. die wat nie in Sy woorde glo nie), dien nog hulle eie wil en sonde (soos slawe). Maar die wat vir Jesus dien en Sy Gees gehoorsaam, is deur Hom oorwin (hulle is vry!).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------