Wys tans plasings met die etiket priesterskap. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket priesterskap. Wys alle plasings

Donderdag 02 Julie 2026

ORDE EN WET (priesterdom en wet van die huidige bedeling)

In hierdie pos kyk ons na ORDE en WAT, in die konteks van ALTARE en OFFERS (Nuwe Testament).

Rol af vir die volgende opsommings:

- Inleiding

- Orde en wet

- Voorbeelde van kenmerkende "bedelings" in die Skrif.

- Altare en Offers in verskillende bedelings

- Hoe sien die huidige bedeling daarna uit?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------INLEIDING:

Altare en offers is 'n belangrike deel van die geloof.  'n Altaar is bv. 'n plek waar die Here aanbid of geraadpleeg word (Gen. 8:20-22; 12:7,8; 13:2-4,18; 35:1-7; Eks. 21:14; ens.), somtyds word daar offers gebring (bv. waar vir versoening gepleit word, dankoffer, vuuroffer, ens.)(Jos. 8:31);  sommige altare is monumente waar 'n gebeurtenis herdenk of 'n verbond gesluit is (Gen. 12:7,8; Eks. 17:10-16; Jos. 22:25-29). Die vraag is nou watter altare en offers deel is van die huidige bedeling?, en hoe sien die offersisteem in hierdie bedeling daarna uit?  Om hierdie vraag te beantwoord gaan ons o.a. inkyk op "ORDE EN WET".

Vir 'n pos wat hierby aansluit, getiteld "wet en orde", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2026/06/orde-en-wet.html

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ORDE EN WET:

Geleerdes deel die Bybel op in verskillende bedelings, en elke bedeling kan o.a. beskryf word deur ORDE (regering/priesterskap en dienaars) en WET (legislasie/wetorde). 

- Die woord "ORDE" verwys in sekere skrifte veral na priesterskap (Hebr. 7:11) (Gr. woord "tax'-is", wat verwys na 'n offisiele orde wat rank of karakter aanbetref)(Hebr. 6:20);  bv., die "orde van Aäron"/Hebr. 7:11 verwys na 'n spesiefieke orde, nl. die Levitiese orde (en kan o.a. verwys dat in daardie "orde"/priesterskap, Aäron die hoëpriester was). Wat die tema van PRIESTERSKAP aanbetref..., bestudeer gerus die verband tussen "eersgeborenes" en priesters (https://warechristene.blogspot.com/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html) - priesters het belangrike pligte, o.a. dat die Here se wil uitgevoer en lering gegee word, wat insluit by die "ALTAAR bedien" en "OFFERS bring" (kortom, priesters is gemeenskapsdienaars.../Jes. 61:6-die woord "priester" is die Hebr. woord "ko-hane'" - "hoof regeerder, prins, hoof offisier, priester). Die hoëpriester het bv. o.a. die plig om versoening te doen vir die volk se sondes... (Hebr. 7:27). Terwyl die begrip "orde van" gewoonlik die hoëpriester se naam aanneem (bv. "orde van Melgisedek"), of die begrip "priesterskap" die stam se naam aanneem (bv. Levietesie priesterskap), verwys orde/priesterskap nie altyd na 'n spesifieke stam nie (Hebr. 7:11-15). 

- Die woord "wet" gaan oor die Here se wil (bv. hoe Sy wil uitgevoer word in 'n spesifieke bedeling), en daar is gewoonlik in elke bedeling iemand aan wie die Here Sy wil bekend maak vir die volk (bv. deur die hoëpriester, profete en leiers).  Die Levietese priesterskap was bv. onder die "wet van Moses" (Mal. 4:4; Luk. 2:22; 24:44; ens.), wat beteken dat die Here Sy wil aan Moses bekend gemaak het... (Joh. 7:19)(terwyl priesters weer op beurt die verantwoordelikheid het om die Here se wil uit te voer of te leer) - alhoewel Moses se naam in hierdie geval gebruik is ("die wet van Moses"), is dit nie Moses se wil nie maar "die wet van die Here" (Luk. 2:23,39) wat die Here aan Moses bekend gemaak het. Daar word ook somtyds na die wet vd Here verwys as "die wet vd profete", wat beteken dat die Here Sy wil aan Sy profete bekend gemaak het (Joh. 1:46; Hand. 13:15; 24:14). Somtyds word daar ook na die wet verwys as "die wet vd Jode", bv. waar daar na die wet vd Here verwys word in die teenwoordigheid van ander gelowe (Hand. 25:8)(wat verwys dat dit die wet is wat die Jode volg, nl. die Here se wet). Die begrip "wet van" vewys dus nie net na wie die wet ontvang het nie, maar ook na watter wet gevolg word. Somtyds word die begrip "wet vd geloof" gebruik om te verwys na hoe die wet in die huidige bedeling daarna uitsien (Rom. 3:27)(bv., die wet van Moses word gesien as 'n "wet van werke", wat nie dieselfde is as hoe die wet vd Here in die N.T. vervul word nie). 

- Die Skrif leer dat met verandering van priesterskap is daar verandering van wet... (Hebr. 7:12);  m.a.w., 'n "bedeling" kan o.a. gekenmerk word "onder watter wet dit is" en "priesterskap". Hierdie feit word bv. ook gekenmerk in die huwelik..., nl. dat wanneer die priester vd huis (nl. die man) sterwe, dan is die vrou ontslae van "die wet van die man" (Rom. 7:2) - dit is hoekom sy vry is om dan weer te trou, maar solank die man in die lewe is is sy "onder sy wet" en pleeg sy egbreuk as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man nog lewe. Dit is dieselfde in geval van priesterskap, is dat die volk "onder daardie wet is solank die priester nog in die lewe is";  en is die juiste rede waarom die huidige wet nooit sal verander nie! - is omdat ons huidige Hoëpriester (nl. Jesus Christus) nooit sal doodgaan nie! (Rom. 7:1-6). Om 'n bedeling te identifiseer kan m.a.w. die volgende vrae gevra word: (1) Volgens watter ORDE (priesterskap) is die bedeling?, en (2) watter WET word gehoorsaamDie Skrif kan in geheel gesien word as twee "bedelings" (Hebr. 10:7-9), nl. die eerste (die oue waaronder die bloed van stiere en bokke gebruik was/Ou Testament), en die tweede (die huidige bedeling waarin Jesus Christus se bloed vir ons sondes betaal/Nuwe Testament).  Maar geleerdes deel graag ook die O.T. op in verskillende bedelings..., want alhoewel daar vir die sondoffer die bloed van stiere en bokke gebruik was, was dit nie altyd onder dieselfde priesterskap nie... (en met verandering van priesterskap is daar verandering van wet/Hebr. 7:12). En wat die wet aanbetref maak die Here Sy wet bekend deur verskillende mense oor die eeue;  bv. tot die profeet Johannes (die doper), het Hy profete oor die eeue gebruik om Sy wil bekend te maak, maar na Johannes het Hy die evangelie vd koninkryk (van God) gebruik... (Luk 16:16) - sien dus die belangrikheid vd evangelie wat Jesus gebring het - ons is onder die wet van Jesus Christus (Hy het alles gedeel wat die Vader wil/(Joh 5:30; Joh 14:10 - "Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke"). Die N.T. is onder 'n ander priesterskap (dus, verandering van wet!);  alhoewel weergeborenes die priesterdom is van die huidige bedeling, maak hulle nie self die wet op nie, maar is onder (die wet van) Jesus Chrisuts (die evangelie), onder die Gees... (hierdie wet word o.a. na verwys as "die wet van vryheid"/Jak. 2:13, of "wet vd Gees van lewe in Jesus Christus"/Rom. 8:2)(kyk ook die term "wet van geloof"/Rom. 3:27).         

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Voorbeelde van kenmerkende "bedelings" in die Skrif:

Kom ons kyk na 3 voorbeelde hiervan waar die Skrif in bedelings opgedeel word, en dit veral beskryf word deur "orde" (wat dus 'n invloed gehad het op wet):  

(1)  In Abraham se tyd was "wet en orde" volgens die orde van Melgisédek. Melgisedek was die koning van Salem, en die (hoë)priester... (Gen. 14:18)(dit is interessant dat Jesus Christus se orde beskryf word as 'n ewebeeld van hierdie orde .../Ps. 110:4). Die Skrif gee nie vir ons baie inligting oor die orde van Melgisedek nie, maar dit wil dit voorkom of die eersgebore seuns die plek van priester ingeneem het... (Eks. 13:2)(dit is duidelik dat die "orde" nie aan een spesifieke stam behoort het nie (https://warechristene.blogspot.com/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html). 

(2) Maar die begrip "orde" word somtyds beskryf deur 'n spesifieke stam, nl. die stam waaruit die Hoëpriester gebore is (Hebr. 7:14), en die mans van daardie stam is die priesterdom;  bv., in die tyd van Moses het die priesterskap verander om aan 'n spesifieke stam te behoort, nl. die Leviete - mans fisies gebore uit daardie stam (en noodwendig was daar verandering van wet).  Priesterskap het oorspronklik behoort aan die eersgebore seun van elke familie... (nie 'n spesifieke stam nie)(sien punt 1), maar hierdie het verander na die episode vd goue kalf (want die eersgeborenes het nie hulle plig gedoen nie en het dit verloor) - die priesterskap is toe gegee aan 'n spesifieke stam (onder Aaron, die hoëpriester), "onder die wet van Moses" (in ander woorde, die Here het Sy wil aan Moses bekend gemaak, Moses het dit oorgedra, en die Levietiese priesterskap moes toesien dat die volk dit nakom en leer/Eks. 7).  

(3) Hierdie huidige bedeling is 'n ewebeeld van die orde van Melgisédek... - is onder (ons Hoëpriester) Jesus Christus (maar alhoewel Hy uit die stam van Juda gebore is, word die huidige orde nie so beskryf nie.../Hebr. 7:14; Gen. 46:12; Jes. 11:1; Openb. 5:5;  in ander woorde, die huidige ORDE behoort nie aan 'n spesifieke stam nie)(Heb 6:20 - "waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n hoëpriester geword het vir ewig")(Hebr. 5:6; 7:11,17,21).  Die huidige is onder 'n orde wat 'n ewebeeld is van Melgisedek, wat nie net vir ons beter laat verstaan waaroor die huidige orde gaan nie, maar deur die huidige orde verstaan ons ook meer van hoe die orde van Melgesedek daarna uitgesien het),  In die huidige ore is ons onder die wet van die Gees en die evangelie (wat Jesus gebring het)(Luk. 16:16)(ons word deur die evangelie gelei...;  asook, almal wat die Heilige Gees het word deur die Gees gelei...- "die wet is op hulle harte geskryf"). Jesus Christus is die Hoëpriester, en weergeborenes is die priesterdom (hulle is almal dienaars van die Here, en word terloops ook gesien as 'n "volk van eersgeborenes")(in 'n volgende paragraaf kyk ons in op skrifte hieroor).  Anders gestel, Christene (die wat glo in Jesus Christus) behoort aan die orde van Melgisedek. (baie geleerdes vgl. Melgisedek met Jesus Christus...). Jesus Christus se Hoepriesterskap  sal nooit weer sal verander nie (is vir ewig/Hebr. 6:20).  Ons weet nie veel van die oorspronklike "orde van Melgisedek" in Abraham se tyd nie, maar siende die huidige 'n ewebeeld is daarvan, en die huidige Christelike orde nie aan 'n spesifieke stam behoort nie (Hebr. 5:6)(maar aan enige iemand uit enige stam, volk, nasie, taal wat in Jesus Christus glo), kan ons aflei dat die orde van Melgisedek ook nie aan 'n spesieke stam behoort het nie..., en tereg, want dit lyk of in daardie tyd die eersgebore seuns die werk van priester gedra het (l.w. dat weergeborenes wel gesien word as kinders van Jesus Christus, meer presies "kinders van Abraham" deur Jesus Christus..., maar natuurlik is hulle nie fisies uit Hom gebore nie, maar geestelik). Die huidige orde is dus nie "volgens die orde van Juda" (bv. omdat Jesus uit die stam van Juda gebore is) NIE, maar word meer beskryf as "volgens DIE ORDE VAN MELGISEDEK" omdat die huidige orde nie aan 'n spesifieke stam behoort nie, maar enige iemand uit enige volk, nasie taal wat in Jesus Christus glo.  Sommige geleerdes is van mening dat dit veral verwys na die feit dat die wat in hierdie orde "gebore" word, dit op 'n geestelike manier verkry het... (nie fisies gebore uit 'n spesifieke stam nie, maar is onder die "wet van die geloof" - bestudeer gerus hoe Abraham geregverdig is deur die geloof!);  meer presies verwys dit dus nie net na die feit dat hulle nie uit 'n spesifieke stam gebore is nie, maar veral na wie DEEL IS VAN DIE EERSGEBORE VOLK" (kyk tema van "eersgeborenes"). Bv., in Abraham se tyd het die "eersgeborenes" spesifiek verwys na die eersgebore seuns onder die wat die Here God dien (maak nie saak uit watter stam, nasie volk of taal). NET SOOS IN DIE TYD VAN ABRAHAM, GAAN DIT DUS IN DIE NUWE TESTAMENT OOK OOR "WIE AS die EERSGEBORENES GESIEN IS"!, nl. die wat in Jesus Christus glo...; Hebr. 12:23 (kyk die begrip "gemeente van eersgeborenes" in 1Pet. 2:9,10 waar daar na geestelike mense verwys word - "Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is"). Die gemeente van eersgeborenes is die priesterdom van hierdie huidige bedeling, en net soos in die tyd van Abraham behoort hulle nie aan 'n spesifieke stam, nasie, volk of taal nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ALTARE EN OFFERS IN VERSKILLENDE BEDELINGS: 

Dit kom voor of die wet tussen verskillende bedelings anders is..., en die rede hiervoor is nie omdat sekere wette verval in verskillende bedelings nie, maar eerder omdat dit verskillend vervul word in die nuwe. Dit hang af van "orde en wet" - ook dus wat ALTARE en OFFERS aanbetref word dit verskillend vervul in verskillende bedelings! - dit het nie verval nie.  Wat belangrik is om te verstaan is dat in elke bedeling is priesterskap en wet belangrik (en in die huidige ook). 

Wat die volk wel geweet het van die toe komende koninkryk (wat nou die huidige is), is dat die ORDE 'n ewebeeld sou wees van die orde van Melgisédek (Hebr. 7:14). Jesus Christus is in hierdie bedeling die Hoëpriester (Hebr. 2:17; 3:1; 4:14,15; 5:1,10; 6:20; 7:26; 8:1);  en nie net dit nie, Hy is EWIGE HOëPRIESTER (m.a.w., daar sal nie 'n ander een na Hom kom nie..., en Sy koninkryk is vir ewig. Dit gesê, dit is slegs iemand wat vir ewig kan lewe wat 'n ewige priesterskap kan ontvang...;  daarom het Hy dit met eedswering ontvang / Hebr. 7:21,28). In hierdie huidige bedeling, wat 'n ewebeeld is van die orde van Melgisedek, is daar dus wel ook priesters, en 'n Hoëpriester.  PRIESTERDOM = die wat glo in Jesus Christus/weergeborenes = geestelike mense.  Daar is nie 'n fisiese tempel en altaar waar Christene die Here gaan raadpleeg, dank, om vergifnis vra, ens. nie, want die weergeborene se liggaam word soos 'n tempel gesien (want hy het die Heilige Gees);  alhoewel hierdie dinge baiemaal in die kerkgebou gedoen word en sommige dus die plek waar hierdie gebede plaasvind "die altaar" noem. 

'n Altaar wat vir God opgerig is, word deur Hom gesien - Jesus Christus het die gebare by altare bv. baie ernstig opgeneem...  In Mat 5:23,24 leer Hy dat as jy jou gawe na die ALTAAR bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, moet jy jou gawe daar laat voor die altaar, en eers gaan versoening doen met jou broer - dan kan jy terugkom en jou gawe bring. Dit wys nie net hoe ernstig Hy gebare by altare opgeneem het nie, maar ook dat Hy "op voorwaardes" offers ontvang!  In Mat 23:18-20 het Hy verklaar dat 'n ALTAAR meer is as die gawe..., nl. dit "kan die gawe heilig". Gawes wat na die Here toe gebring word is heilig (afgesonder) vir die Here se werk en werkers (1 Kor. 9:13)(tiende word bv. op hierdie manier gesien, en in sommige kerke sal die leraar bv. die woorde gebruik "bring jou tiende na die ALTAAR). Wanneer jy iets afsonder vir die Here (hetsy 'n deel van jou oes, geld, ens.), is dit afgesonder vir Sy werk en werkers - in die tyd van 'n fisiese tempel was daar altare waarnatoe mense hierdie gawes gebring het (Matt. 23:18, 35). In die N.T. is daar ook dienaars wat "die tabernakel bedien", maar die tabernakel is nie 'n fisiese waar offers gebring word en die wat die altaar bedien, daarvan eet nie (Hebr. 13:10-14). 

Gebare by altare wat vir God opgerig is, is dus nie nietigheid nie! (alhoewel afgodsaltare nietig is), en enige iets wat jy daar voor die Here verklaar word ernstig opgeneem (Matt. 23:20). Die nagmaal kan o.a. soos 'n altaar gesien word..., en moet ook beslis nie gesien word as 'n nietige ritueel nie!, want God sien dit, en dit het baie betekenis... (wat in 'n ander paragraaf in meer diepte bespreek word). Offers in die N.T. geskied nie dieselfde as in die oue nie, maar ons bring ook offers aan die Here God, ja!, bv. 'n lofoffer (Hebr. 13:15), en weldadigheid en mededeelsaamheid word ook gesien as "offers" (Hebr. 13:16). In die volgende paragraaf staan ons ook vinnig stil by "gawes en offers vd huidige bedeling", en sal dan beter verstaan hoe dit huidiglik werk.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------WAT "ORDE EN WET" AANBETREF, WAT LEER DIE SKRIF VD HUIDIGE BEDELING?:

- Volgens watter ORDE is die huidige bedeling? - Volgens die orde van Melgisedek. 

Wat "orde" aanbetref het ons ook priesters en 'n hoepriester, nl.:

JESUS CHRISTUS = DIE HOëPRIESTER (en soos enige hoëpriester bring Hy gawes en offers...). Jesus Christus (die Hoëpriester) sit wel aan die regterhand van God die Vader (Hebr. 8:1), maar Hy bring gawes en offers... (Hebr. 8:3 / Hy is 'n bedienaar van die heilige dinge soos enige hoëpriester), en die tabernakel waar Hy bedien is nie met mensehande gemaak nie, maar deur die Here opgerig (Hebr. 8:2)(in die volgende paragraaf word daar meer ingekyk hierop..., na wat dit presies beteken, en bv. gekyk na hoedanig altare en offers daarna uitsien in hierdie huidige bedeling...). 

M.a.w., in die huidige bedeling is daar nie 'n fisiese tabernakel waar gawes en offers gebring word nie (Hebr. 13:10), maar daar is een waar Jesus Christus bedien, een wat nie deur mensehande gemaak is nie. (Hebr. 8:2). Waarna verwys hierdie tabernakel?  JESUS CHRISTUS BRING GAWES EN OFFERS - een van 'n hoëpriester se pligte is bv. om versoening te doen vir die volk se sondes, en oor die eeue, voor Jesus Christus, was hoëpriesters gewone mense wat sondig en doodgaan... (dit die rede waarom daar soveel hoëpriesters was oor die eeue.  Ons het egter nou 'n Hoëpriester wat nooit doodgaan nie - Hy het geen sonde nie en leef tot in ewigheid - is anders as al die hoepriesters voor Hom, en daar sal ook nooit 'n ander een na Hom kom nie).  Behalwe dit, is Sy offer voldoende! en hoef nie oor en oor gebring te word soos in die vorige bedelings nie... (Heb 7:25-28 - "Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is").

WAT DIE PRIESTERDOM AANBETREF VAN DIE HUIDIGE ORDE,  IS DIT DUIDELIK NIE UIT 'N SPESIFIEKE STAM NIE:  Die Levietiese priesterskap was bv. uit 'n spesifieke stam, maar die huidige priesterskap kom uit alle stamme, volke, nasies en tale, almal wat glo in Jesus Christus (wat veral verwys na weergeborenes). Alhoewel Jesus Christus uit die stam van Juda gebore is, behoort die huidige priesterskap of orde nie aan daardie spesifieke stam nie (die begrip "orde beskryf nie net die hoepriester nie, maar ook die priesterdom);  alhoewel die wat in Jesus Christus glo tog gesien kan word as Sy kinders (en word terloops beskryf as mense wat "uit God gebore is"), het hulle dit deur geloof ontvang (hulle is nie fisies uit Hom gebore nie, maar geestelik).  Die huidige orde word in die Skrif veral beskryf as "'n ewebeeld van die orde van Melgisedek" (wat o.a. sekerlik 'n verwysing is na hierdie, nl. die feit dat die priesterskap enige iemand van enige stam, taal, nasie, of volk kan wees deur die geloof in die Here God). Die huidige priesterskap word o.a. beskryf deur woorde soos die "wet van geloof", "wet van geregtigheid", en "wet van vryheid"... (Rom. 9:31,32; 10:4; Gal. 3:3-6l Jak. 1:25; 2:12) - woorde wat ook toegeskryf was aan die orde van Melgisedek  - geregtigheid en vrede word bv. oop beurt gebruik van die koning van Salem, die priester Melgisedek gebruik... (Gen. 14:19; Ps. 104:10; Hebr. 5:6,10; 6:20). 

- Onder watter WET is die huidige bedeling?  - Onder die wet van Christus (1 Kor. 9:21 -"Vir die wat sonder die wet is, soos een sonder wet—al is ek nie sonder die wet van God nie, maar onder die wet van Christus—om die wat sonder die wet is, te win)(Gal. 6:2), onder die wet van die Gees van lewe in Christus Jesus (Rom. 8:2 - "Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood") en die Evangelie (Luk. 16:16 - "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin").  JESUS CHRISTUS HET VIR ONS DIE EVANGELIE VAN DIE KONINKRYK GEBRING. In die evangelie vd Koninkryk bring Hy die waarheid en gee leiding hoe om redding te kry (die EVANGELIE gaan oor die evangelie van Jesus Christus, die evangelie van vrede, en die evangelie vd Koninkryk).  Hy het ook belowe dat almal wat in Hom glo, die Heilige Gees kan ontvang. DIE HEILIGE GEES WORD NIE NET AAN SEKERE MENSE (bv. profete, konings) MEER GEGEE (soos in die O.T.) NIE, MAAR AAN ELKEEN WAT WEERGEBORE WORD (geestelike mense is almal "profete", en terloops koninklik/1 Pet. 2:9). Om weergebore te word het jy nodig dat jou sonde afgewas word, en jy het nodig om die Heilige Gees te ontvang. Die Here het altyd Sy Gees gebruik om Sy wil bekend te maak, maar in die O.T. was daar net sekere mense wat die Heilige Gees ontvang het (bv. die profete en sommige leiers, soos konings). Moses was so 'n profeet wat die wet ontvang het... (die vorige bedeling was bv. "onder die wet van Moses").  In hierdie bedeling ontvang elke weergeborene die Heilige Gees!, en die Gees lei hulle in wat die Here se wil is (weergeborenes is die priesterdom..., is die dienaars;  n fisiese tabernakel is nie nodig nie, want hulle liggame is soos tempels...). Ons moet egter verstaan dat die "wet vd Gees" is die Here se wet;  die Gees gaan bv. nie vir 'n weergeborene iets anders leer as wat Jesus Christus geleer het nie!  Somtyds doen geestelike mense hulle eie wil of glo wat hulle wil, en skryf dit toe aan die stem van die Heilige Gees, maar ons moet pasop om nie te laster nie! (lastering teen die Heilige Gees is 'n onvergeeflike sonde, in die huidige sowel die volgende bedeling...). DIE WET VAN DIE GEES word na verwys as wet "van die lewe in Christus Jesus", wat verwys daarna dat Hy ons vrygemaak het van "die wet van sonde en die dood" (as ons deur die Gees lewe, en nie in die vlees wandel nie, dan sal ons die lewe oes)(Rom 8:1,2). Die wet van die Gees verwys veral hierna..., nl. dat weergeborenes "onder die Gees" is, Hom gehoorsaam en deur Hom wandel. Wat WET aanbetref (nl. dat weergeborenes "onder die Gees" is en deur Hom gelei word), beteken dat hulle vir Jesus Christus dien (Hy is hulle hoof, die Hoepriester, nl. die hoof vd priesters...).  Die Heilige Gees word deur Jesus Christus uitgestort aan die wat in Hom glo - dit is hoe Hy hulle lei (in ander woorde, hulle Hom)(is eintlik onder die wet van Christus, l.w. "van lewe in" Christus - want onder hierdie "wet" kan jy die ewige lewe oes!).

- Wie is die PRIESTERS in die huidige bedeling? - Geestelike mense (weergeborenes).

WEERGEBORENES = PRIESTERDOM (priesters vir die Here)(1 Pet. 2:5,9): In die huidige bedeling word die kinders vd Koninkryk in geheel gesien as 'n priesterdom, wat veral verwys na die wat die Heilige Gees het = "geestelike mense", maar hulle bedien nie by 'n fisiese tabernakel opgerig soos die priesters in die O.T. nie (maar 'n geestelike). ELKE WEERGEBORENE IS 'N PRIESTER VIR JESUS CHRISTUS EN DIE VADER.  Hoe voer hulle hul priesterlike plig uit? -priesters is teen eerste "onder 'n wet";  bv., soos gesien, in die N.T. is weergeborenes ONDER DIE WET VAN DIE GEES (hulle dien/gehoorsaam die Gees)(Rom. 7:6; 8:2,4). Die Heilige Gees gee vir hulle die wet..., wat noodwendig Jesus Christus se wet is (so, dit kan bv. nie verskillend wees van wat Jesus geleer het nie)  -  (die Heilige Gees wys vir hulle wat die Here wil, en lei hulle in die waarheid/Joh. 15:26/16:13; en herinner hulle aan Jesus se woorde/Joh. 14:26, nl. die evangelie vd Koninkryk).

- Watter offers word gebring in die huidige bedeling? - Wat die priesters aanbetref, is hulle liggame ten eerste 'n offer... (hulle verheerlik God in die liggaam en bring bv. dankoffers, lofoffers, weldadig en mededeelsaam, ens./Hebr. 13:15,16). Wat die Hoepriester aanbetref bring Hy ook gawes en offers... (in 'n tabernakel nie met hande gemaak nie), en Hy was self die sondoffer! (doen versoening vir die wat in Hom glo, se sonde)(Hebr. 5,8 en 9). - Op 'n volgende pos in hierdie reeks word ALTARE EN OFFERS VD NUWE TESTAMENT spesifiek behandel. 

waar is die TEMPEL? - weergeborenes se LIGGAME word soos tempels gesien (want God is by hulle teenwoordig deur Sy Gees).  In hierdie bedeling is daar nie 'n fisies tabernakel/tempel nodig nie..., want geestelike mense het die Heilige Gees! ('n tempel word gesien soos 'n plek waar God teenwoordig is) -  hulle liggame is soos tempels... (hulle bring bv. offers in/deur hulle liggame). In hierdie priesterdom, volgens die orde van hierdie bedeling, ontvang elkeen wat in Jesus Christus glo, die Heilige Gees (nie soos die vorige verbond waar die Here teenwoordig was d.m.v. 'n fisies tabernakel/tempel deur mensehande gebou nie; ook wat "wet" aanbetref, het net sekere mense in die ou bedeling die Heilige Gees ontvang - noodwendig die dienaars van die Here, en hierdie mense moes opgesoek word om tot God te nader). In hierdie bedeling ontvang elkeen wat weergebore word die Heilige Gees en is dienaars vd Here, en hulle liggame is soos tempels! (1Kor. 6:19,20  "Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort") - hulle offer hulleself vir die Here:  (Rom 12:1,2 "Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul LIGGAME stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige OFFER dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is"). WEERGEBORENES MOET HULLE LIGGAME GEBRUIK AS OFFERS (en die manier hoe hulle liggame 'bv, n offer kan wees, is deur nie gelykvormig te word aan die wereld nie..., maar hulle gemoed daagliks te vernuwe;  maw, doen die wil van die Here, Ken hom). Die wat weergebore word word imeers vrygekoop van hulle slaafskap onder sonde, en hulle dien nie meer die sonde nie maar dien die Een deur wie hulle vrygekoop is - dit is "lewe in Christus Jesus" -  deur die Gees is die geestelike mens soos 'n plant wat "vrug tot lewe" dra - is dus nou slawe van Jesus Christus, slawe van die Een deur wie hulle vrygekoop is;  hulle dien nie meer die sonde nie, maar dien nou die Here.  Hulle offer hulleself vir Hom! 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vrydag 05 Junie 2026

Orde en Wet

 In hierdie pos kyk ons na die betekenis van die begrippe "orde" en "wet" in die Skrif.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ORDE EN WET:

Geleerdes deel die Bybel op in verskillende bedelings, en elke bedeling kan o.a. beskryf word deur ORDE (regering/priesterskap en dienaars) en WET (legislasie/wetorde). 

Die woord "ORDE" verwys veral na priesterskap (Hebr. 7:11) (Gr. woord "tax'-is", wat verwys na 'n offisiele orde wat rank of karakter aanbetref)(Hebr. 6:20);  kyk bv., die "orde van Aäron".../Hebr. 7:11, wat beteken dat in daardie "orde" (priesterskap) was Aäron die hoëpriester. Wat die tema van PRIESTERSKAP aanbetref, bestudeer gerus die verband tussen "eersgeborenes" en priesters (https://warechristene.blogspot.com/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html) - as ons verstaan die verband tussen "eersgeborenes" en "priesterdom", dan sal ons verstaan hoekom die volk van God ook in geheel verwys word as 'n priesterdom..., want onder al die volke op aarde word hulle gesien soos die Here se "eersgebore seun" (eersgeborenes behoort aan die Here - is priesters vir Hom). Priesters het belangrike pligte, o.a. dat die Here se wil uitgevoer en lering gegee word (en het bv. in die O.T. die bediening vd "ALTAAR en "OFFERS ingesluit")(kortom, die priesters vd die Here is Sy dienaars.../Jes. 61:6). Die priesters het spesifieke pligte; asook het die hoëpriester... (wie bv. o.a. die plig het om versoening te doen vir die volk se sondes/Hebr. 7:27 - dit is wat Jesus huidiglik vir ons doen - in die huidige bedeling is Hy die Hoëpriester, en Hy is dit terloops VIR EWIG!). Terwyl die begrip "orde van" gewoonlik die hoëpriester se naam aanneem (bv. "orde van Aaron"), en die begrip "priesterskap" veral die stam se naam aanneem (bv. Levietesie priesterskap), verwys wet in die nuwe bedeling nie noodwendig na 'n spesifieke stam nie (Hebr. 7:11-15). Die volk van weergeborenes (die huidige priesterdom) is wel "kinders van Jesus Christus", maar hulle is nie fisies uit Hom gebore nie maar het kindskap op 'n geestelike manier verkry (nl. uit die geloof) - weergeborenes kom uit alle stamme, volke, nasies en tale... (Openb. 5:9; 7:9/kyk "evangelie van vrede"). 

Daar is baie wat ons nie verstaan van Melgisedek nie, maar wat duidelik is is dat die huidige orde SOORTGELYK is aan daardie orde (Ps. 110:4; Hebr. 5:9,10; 7:17). Alhoewel daar na die huidige ORDE as Jesus Christus se orde verwys kan word (want Hy is die Hoepriester), en Hy gebore is uit die stam van Dawid (Openb. 5:5), is Hy nie net mens nie maar ook God en gebore uit God se saad. Wat die fisiese saad aanbetref behoort die priesterskap huidiglik nie aan 'n spesifieke stam op aarde nie  (die huidige priesterdom kom uit alle stamme, nasies, volke en tale - weergeborenes het kindskap op 'n geestelike manier verkry, en word terloops na verwys dat hulle "gebore is uit God se saad"), maar kan eerder beskryf word as beide fisies en geestelik (vgl. dit gerus met die tema "die koninkryk van God"). Die huidige priesterdom bestaan uit priesters (weergeborenes) wat dit op 'n geestelike manier (deur geloof) verkry het. Die huidige priesterdom is dus meer geestelik van aard, maar wanneer Jesus terugkom sal dit weer fisies van aard wees, wanneer Hy gaan sit op die troon/// (dan sal daar ook weer 'n fisiese tempel wees en 'n fisisiese offersisteem). Die Skrif leer dat Jesus Christus is Hoëpriester VIR EWIG (Hebr. 6:20); logies gesproke, want Hy leef vir ewig! (Hebr. 7:21).

Die woord "wet" gaan oor die Here se wil (gaan oor reg en verkeerd - hoe die Here "sien", nie die mens nie; die Kennis vd Herebv. hoe Sy wil uitgevoer word in 'n spesifieke bedeling - in elke bedeling het die mens die wet van die Here nodig!, want alhoewel geloof nie daaruit kom nie, het die mens dit nodig om "vrug tot lewe" te kan dra.../Gal. 3:12).  En daar is gewoonlik in elke bedeling iemand aan wie die Here Sy wil bekend maak vir die volk (bv. deur die hoëpriester, profete en leiers). Die Levietese priesterskap was onder die "wet van Moses" (Mal. 4:4; Luk. 2:22; 24:44; ens.), wat beteken dat die Here Sy wil aan Moses bekend gemaak het (Joh. 7:19)(terwyl priesters weer op beurt die verantwoordelikheid het om die Here se wil uit te voer of te leer).  Alhoewel Moses se naam in hierdie geval gebruik is ("die wet van Moses"), is dit nie Moses se wil nie maar "die wet van die Here" (Luk. 2:23,39) wat die Here aan Moses bekend gemaak het (hierdie verwys na die ou bedeling - in die nuwe bedeling is Christene nie onder die wet van Moses nie). Daar word ook somtyds na die wet vd Here verwys as "die wet vd profete", wat beteken dat die Here Sy wil aan Sy profete bekend gemaak het (Joh. 1:46; Hand. 13:15; 24:14), net soos Jesus Christus nou Sy wil aan ons bekend maak deur Sy Gees (weergeborenes is onder die "wet van die Gees"). Somtyds word daar ook na die wet verwys as "die wet vd Jode", bv. waar daar na die wet vd Here verwys word in die teenwoordigheid van ander gelowe (Hand. 25:8)(wat verwys dat dit die wet is wat die Jode volg). Die begrip "wet van" vewys dus nie net na wie die wet ontvang het nie, maar ook na watter wet gevolg word. Somtyds word die begrip "wet vd geloof" gebruik ombv.  te verwys na hoe die wet in die huidige bedeling daarna uitsien... (Rom. 3:27)(die wet van Moses word gesien as 'n "wet van werke", terwyl die wet vd geloof gaan oor "geloof in Jesus Christus", nl. "die wet van Christus" - wie se wet jy volg wys in wie jy glo - geloof kom nie a.g.v. wet nie, maar wette word onderhou a.g.v. geloof/Gal. 3:12). 

Die Skrif leer dat met verandering van priesterskap is daar verandering van wet (Hebr. 7:12);  m.a.w., 'n "bedeling" kan o.a. gekenmerk word "onder watter wet dit is" en "priesterskap". Hierdie feit word bv. ook gekenmerk in die huwelik..., nl. dat wanneer die priester vd huis (nl. die man) sterwe, dan is die vrou ontslae van "die wet van die man" (Rom. 7:2), en dit is hoekom sy dan vry is om weer te trou;  maar solank die man in die lewe is is sy "onder sy wet" en pleeg egbreuk as sy 'n ander man s'n word terwyl haar man nog lewe. Dit is dieselfde in geval van priesterskap, is dat die volk "onder daardie wet is solank die priester nog in die lewe is";  en is die juiste rede waarom die huidige wet nooit sal verander nie!, want Jesus Christus leef vir ewig (is m.a.w. omdat ons huidige hoëpriester nooit sal doodgaan nie!)(Rom. 7:1-6). Ook die volgende bedeling sal wees onder Jesus Christus (en die aarde sal onder Sy orde wees vir ewig!). Wat die priesterdom aanbetref in die volgende bedeling, is duidelik" (Openb. 20:6 - "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank"). Almal wat deel het aan die "eerste opstanding" wat nie deur die tweede dood gaan nie, sal priesters van God en Christus wees in die volgende bedeling, want in die volgende bedeling gaan die priesterskap nie verander nie!, en almal sal onder die wet van Jesus Christus wees.

 Om 'n bedeling te identifiseer kan m.a.w. die volgende vrae gevra word: 

(1) Volgens watter ORDE (priesterskap) is 'n bedeling?, en 

(2) watter WET word gehoorsaam?  

Die Skrif kan in geheel gesien word as twee "bedelings" (Hebr. 10:7-9), nl. die eerste (die oue waaronder die bloed van stiere en bokke gebruik was/Ou Testament), en die tweede (die huidige bedeling waarin Jesus Christus se bloed vir ons sondes betaal/Nuwe Testament).  Maar geleerdes deel graag ook die O.T. op in verskillende bedelings..., want alhoewel daar vir die sondoffer die bloed van stiere en bokke gebruik was, was dit nie altyd onder dieselfde priesterskap nie (en met verandering van priesterskap is daar verandering van wet). En wat die wet aanbetref maak die Here Sy wet bekend deur verskillende mense oor die eeue;  bv. ...tot op die profeet Johannes (die doper) het die Here profete gebruik om Sy wil bekend te maak, maar na Johannes die evangelie vd koninkryk van God... (Luk 16:16) - die WET kom maw deur die evangelie vd Koninkryk waaroor Jesus vir ons lering kom gee het (sien dus die belangrikheid vd EVANGELIE nadat Jesus Christus gekom het, en hoekom Hy gevra het dat hulle "die evangelie moet glo"/Mark. 1:15). Wat "wet" aanbetref is die huidige bedeling onder die evangelie en die wet vd (Heilige) Gees.  Kom ons kyk na 3 voorbeelde hiervan waar die Skrif in bedelings opgedeel word, en dit veral beskryf word deur "orde" (wat dus 'n invloed gehad het op wet):  (1)  In Abraham se tyd was "wet en orde" volgens die orde van Melgisédek. Melgisedek was die koning van Salem, en die hoëpriester... (Gen. 14:18)(dit is interessant dat Jesus Christus se orde beskryf word as 'n ewebeeld van hierdie orde .../Ps. 110:4). Die Skrif gee nie vir ons baie inligting oor die orde van Melgisedek nie, maar dit wil voorkom of die orde nie toegeskryf is bloot aan die stam waaruit die hoepriester gekom het (soos in die geval van die orde in Moses se tyd, nl. orde van Aaron) nie.. (Hebr. 5:6). Wat die wet van daardie "bedeling" aanbetref wil dit voorkom of die eersgeborene seuns die plek van priester ingeneem het (Eks. 13:2)(dit is duidelik dat die "orde" nie aan 'n spesifieke stam behoort het nie, net soos vandag!)(https://warechristene.blogspot.com/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html). (2) Maar "orde" word somtyds beskryf deur 'n spesifieke stam/die stam waaruit die Hoëpriester gebore is (Hebr. 7:14) -  bv., in die tyd van Moses het priesterskap verander om aan 'n spesifieke stam te behoort (nl. die Leviete - almal fisies gebore uit daardie stam). Priesterskap het oorspronklik behoort aan die eersgebore seun van elke familie... (nie 'n spesifieke stam nie)(sien punt 1), maar hierdie het verander na die episode vd goue kalf (want die eersgeborenes het nie hulle plig gedoen nie en het dit verloor) - die priesterskap is toe gegee aan 'n spesifieke stam (onder Aaron, die hoëpriester), "onder die wet van Moses" (in ander woorde, die Here het Sy wil aan Moses bekend gemaak, Moses het dit oorgedra, en die Levietiese priesterskap moes toesien dat die volk dit nakom en leer/Eks. 7; ens.).  (3) Hierdie huidige bedeling waarin ons nou is 'n ewebeeld van..., is volgens die orde van Melgisédek, onder ons Hoëpriester Jesus Christus (maar alhoewel Hy uit die stam van Juda gebore is, word die huidige orde nie so beskryf nie.../Hebr. 7:14; Gen. 46:12; Jes. 11:1; Openb. 5:5)(Heb 6:20 - "waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n hoëpriester geword het vir ewig")(Hebr. 5:6; 7:11,17,21). Jesus Christus is ook die een wat die wet vir ons gegee het! (evangelie vd Koninkryk) en het getuig dat Hy die wil van die Vader doen (Joh. 5:30; Luk. 22:42)(Luk. 10:22). Die huidige orde is volgens die orde van Melgisedek en behoort bv. aan "die volk van eersgeborenes" (Hebr. 12:23), 'n heilige priesterdom (1 Pet. 2:5,9) is onder die wet van die Gees en die evangelie... (Rom. 8:2; Luk. 16:16)(ons word deur die evangelie gelei;  asook, almal wat die Heilige Gees het word deur die Gees gelei - "die wet is op hulle harte geskryf") - is onder Jesus Christus. IN DIE HUIDIGE BEDELING IS JESUS CHRISTUS DIE HOëPRIESTER, EN WEERGEBORENES DIE PRIESTERDOM (weergeborenes is almal dienaars van die Here =  "volk van eersgeborenes"). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------DIE ORDE VAN MELGISEDEK:

Daar is min waarvan ons seker is wanneer dit kom by Melgisedek en die stad Salem. Wat die Skrif leer (bv. in die O.T.) van die huidige bedeling, is dat die priester wat vir God sou opstaan 'n ewebeeld is van Melgisedek... (Ps. 11:4; Hebr. 5:6,10; 6:20);  ook wat "wet" aanbetref, dat die wet wat sou kom nie volgens vleeslike gebod sou wees nie, maar uit die krag vd onvernietigbare lewe! (wat natuurlik verwys na die huidige bedeling waarin ons onder die wet vd Gees is). (Heb 7:15-17 - En nog baie duideliker is dit as daar ‘n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek, een wat "dit geword het nie kragtens die wet van ‘n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe. Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek"). Melgisedek was koning van Salem..., asook 'n priester vd Allerhoogste. Wat die vergelyking aanbetref, is die klem miskien o.a. op die feit van "eersgeborenes", nl. weergeborenes, soos 'n "volk van eersgeborenes" gesien word (priesterskap het oorspronklik behoort aan die eersgeborenes, maar of dit alreeds so was in Melgisedek se tyd, is debateerbaar;  ons weet wel dat dit die geval was in Moses se tyd, nl. voor "die wet van Moses"/orde van Aaron).  Oorspronklik het priesterskap aan die eergeborenes behoort (eersgeborenes van gelowige families was geroep om priesters vir die Here te wees) - dit wil dus voorkom of in Abraham se tyd "priesterskap" dus ook verwys het na die eersgeborenes (maak nie saak watter stam, nasie, volk of taal nie, maar natuurlik verwysend na gelowige families), en hierdie is miskien een van die dinge waarna verwys word dat die huidige orde 'n ewebeeld is van Melgisedek. Of anders gestel, die priesterdom in hierdie bedeling, wat terloops verwys na weergeborenes (die "volk van eersgeborenes"/Hebr. 12:23). behoort ook nie aan 'n spesifieke stam nie. In die N.T. word die wat in Jesus Christus glo, almal gesien as "eersgeborenes"/ Hebr. 12:23 ("gemeente van eersgeborenes") - is priesters in die huidige orde (1Pet. 2:9,10 - "Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig, julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is"). Die gemeente van eersgeborenes is die priesterdom van hierdie huidige bedeling.  Hulle behoort nie aan 'n spesifieke stam, nasie, volk of taal nie, maar het dit verkry deur die geloof - hierdie is sekerlik een van die redes waarom die huidige orde vgl. word met die van die orde van Melgisedek. 

Daar is ook ander dinge wat ons kan inkyk op om te verstaan wat met "ewebeeld van orde van Melgisedek" bedoel word.  Bv., wat die wet vd huidige bedeling aanbetref is gelowiges onder die wet van die Gees, onder die wet van Jesus Christus... (onder die wet van "genade en waarheid")(Joh. 1:17; Rom. 8:10)(bv. nie onder die wet soos die wet van Moses nie, maar onder die Gees). Jesus Christus sal nooit sterf nie, so daar sal nooit 'n ander opstaan waardeur 'n ander wet ingelyf word nie... (Hy sal altyd die wet gee). Daar word 'n "gelykstelling" gemaak tussen Melgisedek en die Seun van God in Hebr. 7:3 - kyk bv. hoe Melgisedek daar beskryf word: "sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur".  Hierdie woorde het al baie geleerdes se kop laat krap - wat presies is dit wat die Skrif bedoel? Duidelik was Melgisedek nie Jesus Christus self nie, want hy word "gelyksgestel aan" die Seun van God, wat meer wys op 'n vergelyking (Gr. woord "af-om-oy-o'-o", wat beteken "gemaak soos"). Hy word o.a. voorgestel as 'n "ewige" priester (nerens word hy 'n hoepriester genoem nie, alhoewel dit so wil voorkom;  kyk bv. die woorde "orde van....." gewoonlik verwys na 'n orde onder 'n "hoe"priester ;  Abraham het ook sy tiendes na hom gebring/Hebr. 7:2, en Jesus Christus is Hoepriester vd huidige bedeling en "ewebeeld Melgisedek/Hebr. 7:15-28...), en hy word o.a. "die koning van geregtigheid genoem, asook "koning van Salem" wat beteken koning van "vrede"..., WAT SEKERLIK OOK verwys na VERGELYKINGS TUSSEN DIE SEUN VAN DIE MENS EN DAARDIE KONING (Jes. 32:1; 9:6,7; Jer. 23:5,6). Dit wil voorkom of die klem liewer val op die "vergelykings" as wat ons te tegnies daaroor moet raak. Interessant, in Ps. 76:3 wil dit ook voorkom of Salem vgl. word met Sion..., maar of Sion dieselfde plek is as wat Salem was, is ook nie heeltemal seker nie (maar dit kan net sowel wees). Dus, daar is baie wat ons nie verstaan van "Melgisedek" nie, maar ons weet darem iets van die orde waarin ons ons bevind!

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------