Wys tans plasings met die etiket sterf. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket sterf. Wys alle plasings

Woensdag 15 April 2026

Boom van kennis van GOED en KWAAD

IN HIERDIE POS KYK ONS NA WAARNA DIE BOOM VAN KENNIS VAN GOED EN KWAAD VERWYS en WAT DIE GEVOLG WAS TOE ADAM EN EVA DAARVAN EET (o.a. kyk ons na wat die woorde "kennis van goed en kwaad" beteken;  bv., waarna verwys hierdie "kennis" of verstand?, en wat beteken die woorde "goed" en "kwaad" bv. in hierdie konteks?).

- Vir 'n pos oor DIE BOOM VD LEWE, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2014/03/boom-van-die-lewe.html.

- Vir 'n pos oor DIE TUIN VAN EDEN, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/eden-tuin-van-eden.html.

Rol af vir die volgende opsommings:

- Verskille tussen "die boom vd lewe" en "die boom van kennis van goed en kwaad".

- Is die bome slegs beeldspraak?

- Wat was die gevolg? (konteks)

- Waarna verwys hierdie kennis? (en wat beteken "goed en kwaad"?)

- OPSOMMING

- Is dit moontlik vir iemand wat verbode vrugte geëet het, om weer toegang te kry tot die boom van die lewe?__________________________________________________________________________________

Kom ons kyk eers na 'n paar VERSKILLE tussen DIE BOOM VD LEWE en die BOOM VAN KENNIS VAN GOED EN KWAAD:

Adam en Eva was verbied om van die boom van kennis van goed en kwaad te eet... (Gen. 2:9; 3:3) - daar is maar enkele skrifte in die Bybel wat melding maak van hierdie boom van kennis van goed en kwaad (Gen. 2:9, 17, 22), tog is die hele Skrif deurtrek met die tema van lewe en dood. Wat lei tot lewe?, en wat lei tot die dood? Hierdie twee bome kan beslis ook gesien word  as beeldspraak, alhoewel dit tog ook wil voorkom asof hierdie twee bome fisiese bome was in die tuin van Eden (en die eet daarvan het inderdaad ook fisiese gevolge gehad).  Die hele Skrif in ag geneem, gaan dit verseker hand in hand met die geestelike, siende dit veral gaan oor die feit dat Adam en Eva nie die wil van die Here gedoen het nie..., bv. die feit dat hulle ONGEHOORSAAM was aan die Here en van die verbode vrugte geëet het. Dit gaan nie noodwendig hier oor die "kennis" wat iemand het/is wetend van (bv. goed en kwaad) nie (want God self het bv. kennis van goed en kwaad/Gen. 3:22), maar gaan oor of iemand dit kies, m.a.w. sy hoop daarin plaas - in daardie opsig is hierdie kennis verbode omdat hulle hul vertroue daarin stel eerder as in die Here. "Ken" in hierdie konteks beskryf dus veral die manier hoe iemand "sien en dink", nie net die kennis het (wetend) nie, maar hulle vertroue daarin plaas... Bv., op ditto wyse is sekere geestelike voedsels vir die mens verbode, en sou hy daarvan eet beteken dit dat hy besig is om sy hoop daarin (wat in hierdie geval verwys na ander geloofspraktyke. nl. verbode kennis) te plaas. Om nog beter te verstaan waarna die boom van kennis van goed en kwaad verwys, sal ons beslis in die volgende paragrawe inkyk op sekere woorde en die Hebr. betekenis van hierdie term, maar ons kan baie leer deur alreeds in te kyk op die verskille (asook miskien ooreenkomste) tussen die boom vd lewe en die boom van kennis van goed en kwaad.

(1) DIE "boom vd lewe" en "die boom van kennis van goed en kwaad" verwys beide na BOME, asook word daar na beide se VRUGTE verwys...;  maar alhoewel dit op die letterlike wys, is dit interessant hoe baie hierdie tema ook in beeldspraak gebruik word in die Skrif (hetsy iemand dood of lewe oes, word bv. voorgestel soos vrug;  bv., geestelike mense dra vrug tot lewe, en natuurlike mense dra vrugte vir die dood). M.a.w., hierdie twee bome vewys nie bloot na fisiese bome nie, maar moet ook geestelik interpreteer word (bv. dat die bome verwys na die bron waarin jy jou hoop plaas, en vrug dit "wat" geëet word verwys na verbode geestelike voedsel). Basies gaan die tema vd "boom vd lewe" en die "boom van kennis van goed en kwaad" oor die BRON ("boom") wat gekies is (wie is dit vir wie jy vertrou/jou hoop in plaas) en wat gebeur wanneer jy die boom se VERBODE VRUGTE eet (die persoon begin dink en sien anders as die Here, en die gevolg daarvan is die dood - die wat die dood eendag oes word o.a. in die Skrif beskryf as "het 'n wêreldse gees/het die gees van dwaling" - 'n term wat beskryf dat hulle soos die wêreld dink en sien, nie soos die Here nie. Dit vewys na die ongehoorsames en onregverdiges, die wat nie die wil vd Here doen nie en Hom nie ken nie)Die Here God (ons Skepper) het dit duidelik gemaak dat sekere vrugte (bronne waarin jy jou hoop plaas) verbode is!, en as jy daarvan "eet" sal dit die dood voortbring... (die boom van kennis van goed en kwaad kan gesien word as 'n voorstelling van verbode geestelike voedsel en water; bv., afgodsdiens). Die kennis van goed en kwaad kan allerhande begeertes tot gevolg het.  Die wat die "wêreld oorwin" verwys egter na mense wat die Here vertrou - hulle eet nie die "verbode vrugte" nie! Hierdie tema het beslis te doen met begeertes (bv., Eva het gesien dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry/Gen. 3:6).  In die volgende punt kyk ons in op die groot verskil tussen die twee bome, nl. dat die een se VRUGTE lewe gee, en die ander die DOOD voortbring (l.w. dat die dood nie onmiddellik ingetree het toe hulle daarvan eet nie...).

(2)  Dit is belangrik om te merk dat waar die "boom van lewe" se vrugte GENESING en EWIGE LEWE gee (Openb. 22:2; Gen. 3:22), die vrugte vd "boom van kennis van goed en kwaad" die DOOD voortbring. (Gen 2:16,17 - "En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe"). Die Skrif het baie te sê oor lewe en dood (bv. wie dit is wat die ewige lewe sal beerwe, en wie die dood sal oes); bv., die Skrif leer dat natuurlike mense dra vrugte vir die dood;  anders gestel, natuurlike mense sal die dood oes (hulle is soos mense wat verbode vrugte eet sodat hulle "verstand" kan kry - hierdie verstand verwys na wereldse wysheid / het 'n "gees van dwaling").  Geestelike mense dra vrug tot lewe;  in ander woorde, hulle is soos mense wat van die boom van die lewe eet - hulle eet die regte soort geestelike voedsel wat "vrug tot lewe" tot gevolg het (het die Gees van waarheid). Ook interessant dat die boom van die lewe "genesing" gee... (Mal 4:2 - "Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal"); maar die wat hulle verhard teen die waarheid (die wat by die ander boom eet) kan nie genesing kry nie (Spr. 29:1 - "‘n Man wat baie bestraf is, en sy nek verhard, sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing is"). 

(3) Die mens self word ook somtyds voorgestel soos 'n boom... - soos saad wat in die wêreld geplant word en groei tot 'n boom wat vrug dra. Bv., weergeborenes word o.a. voorgestel soos "bome van lewe" (want hulle dra vrug tot lewe); maar die wat vleeslik is dra vrugte vir die dood. In ander woorde, die regverdige se vrug word voorgestel soos 'n "boom van lewe"... (Spr. 11:30), maar  die onregverdige se vrug is "tot die dood" (Rom. 7:5). Hierdie is nog 'n geval waar die Skrif beskryf wie die lewe sal oes, en wie die dood sal oes -  REGVERDIGES SAL DIE LEWE OES (hulle "eet vd boom vd lewe"), maar ONREGVERDIGES SAL DIE DOOD OES (hulle "eet vd boom van kennis van goed en kwaad"). Nog 'n manier hoe die Skrif verduidelik "wie" die lewe sal oes en "wie" die dood, is deur onderskeid te maak tussen DIE WAT DIE WIL VD HERE DOEN EN HOM KEN (1Jn 2:17 - "En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig")(Spr. 10:2), en DIE WAT NIE SY WIL DOEN NIE EN HOM NIE KEN NIE (Gen. 3:4)(Matt. 7:21; 12:50; Joh. 5:3; 8:40). Anders gestel, onregverdiges, en die wat nie die Here ken nie, en die wat nie Sy wil doen nie, verwys na mense wat die verbode vrugte eet.  Die geestelike mens is soos iemand wat vd boom vd lewe eet (en is dus self 'n "boom" wat vrug tot lewe dra), en die natuurlike mens is soos iemand wat van die boom van kennis van goed en kwaad eet (en is dus 'n "boom" wat vrugte vir die dood dra).  Rom. 7:5 stel hierdie verskil weer op 'n ander manier voor..., nl. dat iemand of "VLEESLIK OF GEESTELIK" is, wat gaan oor HOE IEMAND SIEN EN DINK (wat terloops afhang van die saad waaruit iemand gebore is, want jy is soos jou pa). Die rede waarom natuurlike mense anders "dink en sien" is omdat hulle vd verbode vrugte eet - natuurlike mense is "kinders is van Adam" (is in sonde gebore, Adam was 'n slaaf van sonde, hulle word onder slaafskap gebore = wat wys hulle is vleeslik - wys hoe hulle dink en sien, nl. soos hulle pa/bron). Die manier hoe iemand sien en dink wys wie se kind hy is... - geestelike mense bedink die dinge van God want hulle het die Heilige Gees (is gebore uit God se saad), maar vleeslike mense bedink die vleeslike dinge (het wêreldse wysheid) (Ef. 2:3,11; Rom. 6:21)(Rom. 8:8,9; Joh. 3:6; Gal. 5:16,17; Tit. 3:3). Kortom, natuurlike mense dink en sien nie dieselfde as geestelike mense nie, en die rede hiervoor is "watter vrug hulle eet" (natuurlike mense dien die sonde;  geestelike mense dien die Here - dit gaan oor gehoorsaamheid, wie jy dien / "slaafskap"). 

(4) Dit is dus duidelik dat die twee bome se vrugte verwys na iets soos KENNIS/WYSHEID, meer presies "wil".  Bv., om "kennis van goed en kwaad" te hê beteken nie dat jy daardie kennis kies nie;  alhoewel, sou jy dit opsoek (nl. "die verbode vrug eet") dan kies jy dit inderdaad!  Hierdie tema gaan sekerlik geestelik oor die feit dat SEKERE KENNIS VIR DIE MENS VERBODE IS, WANT WANNEER MENSE HULLE HOOP DAARIN PLAAS IS HULLE BESIG OM DIE HERE TE VERLOEN - die "kennis van goed en kwaad" BESKRYF NIE NOODWENDIG HOE DIE HERE SIEN EN DINK OF WAT HY WIL VIR DIE MENS NIE... Ons moet die verskil sien tussen "kennis van goed en kwaad" en "kennis vd Here". Die Skrif leer dat die wat die "kennis vd Here" het soos Hy "dink en sien"... - en dit lei tot lewe (sien die vrugte vd boom vd lewe)(wat verwys na die wat die wil vd Here doen en Hom ken - jhulle kies Sy kennis/waarheid, die manier hoe Hy sien en dink, wat terloops nie dieselfde is wat hoe die wat die verbode "vrug" eet, sien en dink nie - dit is hoekom natuurlike mense anders sien en dink as geestelike mense).  Die wat die vrug vd boom vd lewe eet, verwys na die wat die Heilige Gees het (nl. die Gees van WAARHEID) - hulle dink en sien soos die Here (Ef. 1:17; Eks. 35:31). Kennis van die waarheid (kennis vd Here se wil en wet/Rom. 2:20) lei tot godsaligheid en ewige lewe... (Tit. 1:1,2), maar die verbode kennis ("kennis van goed en kwaad") lei tot die dood.  DIE BEGRIP "KENNIS VD HERE" IS m.a.w. 'N BEGRIP WAT BESKRYF HOE DIE HERE DINK EN SIEN, TERWYL "KENNIS VAN GOED EN KWAAD" 'N BEGRIP IS WAT BESKRYF HOE DIE WERELD DINK EN SIEN. Om wetend te wees van/ kennis hê van hoe die wêreld, beteken nie jy dink en sien self so nie (Gen. 3:22), maar of jy kies om soos die wêreld te sien en dink (die verbode vrugte eet), dit is wat verkeerd is! (dit gaan hieroor "in wie jy jou vertroue plaas" - na wie luister jy? Vir wie gehoorsaam jy?). Geestelike mense het bv. kennis van goed en kwaad, tog kies hulle die Here se wil/kennis vd Here. Die wat die vrugte (kennis van goed en kwaad) kies, word beskryf as mense met "wereldse wysheid" (hulle het die gees van DWALING - "dink en sien nie soos die Here nie").  "Kennis van" kan o.a. beskryf word deur vriendskap..., want vriende KEN mekaar, luister/vertrou mekaar (Joh 15:14 - "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel" ) - dit gaan beslis hier oor "na wie jy luister"/gehoorsaam, wat dus op beurt bepaal wat se soort kennis jy ontvang. Gehoorsaamheid aan Jesus Christus bewys dat jy Hom vertrou en glo dat Hy weet die beste (vriende luister na/vertrou mekaar/vir wie "ken" jy?). Anders gestel, die wat die Here ken/vertrou/raadpleeg/Sy wil doen, verkry die kennis vd Here... (het Sy Gees - drag vrug tot lewe/genesing), maar die wat nie die Here ken/vertrou/raadpleeg/nie Sy wil doen nie (die wat hulle harte verhard teen die waarheid en die kennis van goed en kwaad kies), verkry wêreldse wysheid (het 'n wêreldse gees - is soos mense wat vd verbode vrugte eet en sal dus die dood oes!) . 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------IS DIE BOME SLEGS BEELDSPRAAK?

Die twee bome word gewoonlik ook gesien as beeldspraak, bv. dat die wat van die "boom van die lewe" eet, die gehoorsames voorstel, nl. die wat die Here ken en Sy gebooie liefhet (Joh. 17:3; 12:50).  Maar die wat van die boom van kennis van goed en kwaad eet verwys na die ongehoorsames, die wat hulle eie wil doen en gevang is in die strik vd duiwel. Alhoewel die slang na 'n fisiese slang verwys in die tuin van Eden (net soos die bome ook na fisiese bome verwys), wil dit voorkom of die slang ook na die duiwel/die Satan verwys (wat terloops die "ou slang" genoem word!/Openb. 20:2).  Hierdie kennis vd "boom van kennis van goed en kwaad" verwys na 'n wereldse beskrywing van goed en kwaad (bv. 'n wereldse beskrywing van welvaart en teespoed, lewe en dood, ens.).  Om wetend te wees van daardie kennis, is bv. die dood aanbring nie, maar die dood aanbring is die keuse om nie die Here te KEN nie.

Die mens word wel baiemaal in die Skrif soos 'n boom voorgestel.., bv. (Mat 12:33 - "Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken"), maar dit gaan oor die vrug wat elkeen van ons dra. Tereg stel "vrug" iets voor!, en bv. in geval van die boom van die lewe, stel die vrug LEWE voor (want "lewe" verwys na om die Here te ken, en dit gaan oor die wat die kennis vd Here kies), maar in die geval van die boom van kennis van goed en kwaad, stel die vrug (wêreldse) KENNIS voor (wat terloops die dood voortbring). Natuurlike mense (die wat die sonde dien) word terloops van gese dat hulle 'n "gees van dwaling" het (wanneer iemand sy hoop in die kennis vd bose lê, bv. dit kies, soek, raadpleeg..., dan het hy 'n gees van dwaling - hy dwaal in die manier hoe hy "sien en dink" is - hy sien en dink nie soos die Here nie)(1 Kor. 2:12-14; Joh. 8:45-47; 10:27).

- Die wat van die boom van die lewe eet, neem die "vrug wat lewe gee", nl. kies om die Here te KEN en Sy wil te doen (sien en dink soos die Here)(hulle het die Heilige Gees, nl. die Gees van waarheid, en kan dus vrug tot lewe dra)(Openb. 22:2);  en 

- Die wat van die boom van kennis van goed en kwaad eet, neem "vrugte van verbode KENNIS (vrug wat die dood voortbring) -bv.  'n kennis van goed en kwaad wat nie beskryf word soos die Here goed en kwaad beskryf nie;  in ander woorde, hulle kies eerder wêreldse kennis as die Here se kennis (die wat verbode vrug eet, het 'n gees van dwaling)(1 Joh. 4:16; 2 Pet. 3:17; 2 Pet. 2:18; 2 Thess. 2:11; Ef. 4:14; Rom. 1:27).

WAT GEBEUR MET MENSE WAT VAN ALTWEE BOME EET?

Is dit toelaatbaar vir iemand om van altwee bome te eet? ...en die antwoord is, Nee! Dit is die Here se reel (Gen. 3:2,3). Dit is duidelik dat God so iemand nie sal toelaat om vir ewig te lewe nie (Gen. 3:22). Dit is immers hoekom die mens redding nodig het, nl. redding van hulle slaafskap onder sonde, wat terloops tot die dood lei (hulle het redding nodig vd dood, redding nodig vd dwalende pad waarop hulle is wat tot die dood lei / https://warechristene.blogspot.com/2020/07/bybelstudie-die-begrip-saligheid-hoekom.html). Maar as iemand nou begin om die Here te ken maar weer van die verbode vrug begin eet, wat word van so 'n persoon? Mense wat van albei bome eet se verstand word bederf (2 Tim. 3:8; 1 Tim. 6:5; Ef. 4:18) en hulle sal beslis nie die lewe oes nie! (Gen. 3:22) - en dit geld ook vir die wat die Here ken - die Here het dit baie duidelik gemaak dat ons nie verbode geestelike bronne mag soek en raadpleeg nie (https://warechristene.blogspot.com/2025/11/afgode.html). Die wat nie hierop ag gee en hulle nie bekeer nie, sal oorgegee word aan die dwaling... - wat dus met sulke mense gebeur (nl. die wat hulle hul nie bekeer nie) is dat hulle begin glo hulle is reg al is hulle verkeerd (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/04/aan-wie-word-die-gees-van-dwaling.html). Die Here het vir die mens 'n uitweg gestuur om vry te kom onder die mag van die sonde, maar as iemand die Here begin ken maar teruggaan na die dwaling, sal hulle nie toegelaat word om eendag te eet van die boom van die lewe nie - slegs die wat oorwin sal hierdie reg kan geniet (Openb. 2:7 - dit is belangrik dat die Here jou eerste liefde is;  selfs al kan jy slegte mense nie verdra nie, het lydsaamheid, werk vir die Here sonder om moeg te raak... - hierdie dinge beteken niks as die Here nie jou eerste liefde is nie)(Luk. 10:27. Ons word nie toegelaat om LOU te wees nie (Openb. 3:16).  Die wat hardkoppig voortstap om van verbode vrugte te eet nadat hulle tot die kennis vd Here gekom het, is soos mense wat hullseself mislei om die leuen te glo (https://warechristene.blogspot.com/2020/09/mislei-misleiding-verlei-verleier.html), en wat met so iemand gebeur is dat hulle op die ou end soos vervloektes opeindig wat nie meer tot bekering kom nie omdat hulle begin glo hulle is reg al is hulle verkeerd! (Rom. 1:24-32). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Konteks Genesis 2 en 3:

DIE KONTEKS:
Wat presies het met Adam en Eva gebeur toe hulle vd BOOM van KENNIS VAN GOED EN KWAAD EET? (hierdie opsomming sluit nie die ander vervloekings nl. rondom die aarde en die slang in nie):

- (1)  Hulle het "KENNIS VAN GOED EN KWAAD" ontvang;  meer presies, hulle het hulle hoop daarin begin plaas (het dit geëet): (Gen 3:22 - "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!"). Hierdie "kennis" verwys nie na kennis van die Here nie, en alhoewel dit na beide "goed" en "kwaad" verwys, is die beskrywing van daardie goed en kwaad nie dieselfde as hoe die Here sien en dink nie (Tit. 1:15). Die woord "KENNIS" in hierdie konteks is: (Hebr. woord "dah'-ath" - bewustheid, verstand, uitgeslape).  Die woord "GOED" in hierdie konteks is : (Hebr. woord "tobe", wat wys op wat goed is - mooi, beste, beter, opgewonde, gemaklik, oorvloedig, in guns, gaan goed, tevrede, plesier, kosbaar, vriendelik, welvaard, rykdom, gereed, wel af, ens.).  Die woord "KWAAD" in hierdie konteks is: (Hebr. woord "rah, raw-aw'", wat wys op wat sleg is - teespoed, ellende, sleg, ontevrede, rampspoed, nood, boos, smart, swaar, seerkry, moeilikheid, ergerlik, goddeloos, verkeerd, ellende, onheil,...ens.). Eva het verwag om "verstand" te kry (Gen. 3:6 - "verstand"=Hebr. woord "saw-kal'", wat verwys na intellek, instruksie, lering, verstand, wysheid, ens.)(1 Kor. 1:19), wat wys daarop dat dit gaan oor hoe iemand SIEN EN DINK... (verstand hier is die Hebr. woord " saw-kal' ", soos iemand wat intellegensie verkry deur lering, verstand, wysheid, vooruitgang, instruksie, leiding, ens.)- (Gen 3:6 - "Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet")(Matt. 15:15,16). Die Skrif verwys o.a. hierna as die "wysheid van die wêreld" (1 Kor. 3:19; 1 Kor. 1:19,20; 1 Kor. 2:6; Rom. 1:21,22) of "menslike wysheid" (1 Kor. 2:4,5,6,13; 1:19). Dit is 'n wysheid wat vergaan... (1 Kor. 2:6)(vgl. dit met die tema van afgode - "nietigheid"). Ons moenie die verbode "verstand" soek nie, maar eerder die kennis van die Here soek, want dit lei tot die ewige lewe... (1Jn 5:19,20 - "Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê. En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te KEN; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe")(1 Pet. 1:13; Hebr. 10:16; Luk. 24:45).

- (2)  Hulle sal STERWE (verwys nie net na die liggaam nie, maar ook die siel):  (Gen 2:17 - "maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe"). - "Dood" verwys nie net wanneer die liggaam sterwe nie, maar ook na die "tweede dood" (Openb. 20:14; 21:8), wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur ('n deel deel van die hel)("oordeel vd hel") gewerp word. Die poel van vuur was oorspronklik bedoel vir die duiwel en sy engele, maar as iemand die duiwel "as vader" het (hom gehoorsaam), dan sal hy saam met die duiwel in die vuur beland (https://warechristene.blogspot.com/2014/07/die-oordeelewige-oordeel-2.html).  Hierdie was die gevolg van Adam en Eva se ongehoorsaamheid, en God het hulle hierteen gewaarsku... ("sal jy sekerlik STERWE").  Adam en Eva het begin om die sonde te dien - hulle het slawe van sonde" geword, en noodwendig word hulle kinders as slawe (van sonde) gebore. Natuurlike mense kan o.a. gesien word soos mense "sonder lig" - is "kinders van die nag", wat miskien hier beskryf kan word as dat dit meer verwys na die innerlike mens wat nie die asem of lig het vd Gees nie...;  bv.,  natuurlike mense word o.a. bv. beskryf as mense wat die gees van dwaling het. Dit is die effek van "verbode vrugte", 'n pad wat lei tot nietigheid.  Hierdie was nog altyd die groot verskil tussen die wat die Here KEN en dien, en die wat Hom nie ken/dien nie.  Die wat die Here ken/dien het die Heilige Gees (in midde O.T.,Jes. 63:11/in hulle N.T.) en sien en dink anders..., nl, dink soos die Here (KEN die Here). Die Heilige Gees is soos lig (soos lig vir 'n plant, of soos ASEM vir die liggaam is - die geestelike mens leef deur die asem vd Heilige Gees). In hierdie konteks word die "natuurlike mens" somtyds voorgestel asof "dood" (wat nie noodwendig 'n skriftuurlike gesegde is nie, maar hulle word o.a. in die Skrif voorgestel as "kinders vd nag") - wat eintlik maar verwys na die pad waarop iemand stap, in hierdie geval sal hulle die dood oes (eet verbode vrug).  Die Christelike doop is bv. o.a. 'n voorstelling van iemand wat opstaan uit hierdie "dood" - so iemand word vernuwe na water en Gees! (sy sonde word afgewas en hy ontvang die Heilige Gees),wat natuurlik verwys na vernuwing van die innerlike mens, want die uiterlike mens word eers vernuwe in die opstanding wanneer Jesus terugkom - en word ook daagsliks vernuwe op die pad van godsaligheid, maar die liggaam wat nog nie vernuwe is nie sal steeds sterf (rol af na punt 4). Deels verwys "verligting" na die nuwe verheerlikte liggaam waarmee weergeborenes eendag oorklee sal word - hulle sal  "verlig" word... (Dan. 12:3; 2 Pet. 1:19; Matt. 13:43; Openb. 2:28), wat verwys daarna dat hulle ook nuwe geestelike liggame sal kry (huidiglik is geestelike mense se innerlike alreeds vernuwe, en word o.a. voorgestel as "opgestaan uit die dood"!). Die "natuurlike mens" (nl. Adam en Eva se staat na die sondeval...) kan voorgestel word met "is donker".. (is kinders vd nag).  Dit is maw die staat waarin Adam en Eva verval het nadat hulle vd boom van kennis van goed en kwaad geeet het (nadat hulle hierdie "verstand" wou bekom, nl. verbode vrugte eet), en gaa nie net oor die kennis wat hulle nou ontvang het van goed en kwaad nie maar eintlik oor die feit dat hulle dit gekies het/die sonde begin dien het. Kinders van Adam is dus "natuurlike mense" gebore... - en het nodig om weergebore te word (sodat hulle kinders van die dag word) - dit gaan basies oor "wie jy dien/gehoorsaam/soek/raadpleeg" (hoe "dink en sien" jy?). Weergeborenes (GEREDDES) wat eendag deel het aan die eerste opstanding (maw, die wat opstaan tot lewe) het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie... (Openb. 20:6) - terwyl hulle alreeds gesien word as kinders vd lig en hulle innerlike mens alreeds "opgestaan het uit die dood", sal hulle liggame dan ook verlig word... (sal opstaan uit die dood wanneer Jesus terugkom)(Dan. 12:3; Joh. 5:29). 

- (3) Bewus geword van hulle sonde-toestand/is naak (en het klere nodig, en klere van heil): (Gen 3:7-11 - "Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak. En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?  En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?).      Alhoewel hierdie ook wys op die feit dat Adam en Eva letterlike naak was, word naaktheid gewoonlik ook gebruik in beeldspraak om te verwys na die wat sondig is en bedekking nodig het (vir 'n pos hieroor, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/05/die-koninkryk-vd-hemele-is-soos-n_23.html). Die wat gered is se sonde is bedek, en hulle moet seker maak dat hulle hulle klere bewaar... (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/die-keiser-se-nuwe-klere.html).  Die wat hangende is tussen die Here en die bose (die wat van beide bome eet), word tipies as "lou" beskou (hulle is besig om geestelik te hoereer/Eseg. 16:36,37; Hos. 2:10) - besig om hulle "skaamte te ontbloot"...  

- (4) Die mens se (1) werk was nou moeitevol en (2) sy liggaam sterwe: (Gen 3:17-19 - "En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer").   (1) Adam se werk was nou moeliker - "in die sweet van sy aangesig sou hy nou brood eet", en die grond het dorings en distels voortgebring.  Dit het bv. meer werk beteken omdat die grond omgespit en dorings en distels verwyder moet word... (en as Adam dit nie doen nie, sal die dorings die vrug verstik). Hierdie feit is dieselfde wanneer dit kom by "geestelike vrug", want goeie vrug (wat die geredde dra) kan ook verstik word deur dorings in jou lewe (kyk gelykenis vd saaier)(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2020/05/hoe-siekte-vrug-affekteer.html) - dorings is gevaarlik, want dit is hoe geestelike mense vrug verloor..., en daarom belangrik om jou te bekeer van die "dorings" in jou lewe want sonder vrug kan jy nie die ewige lewe oes nie (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/sonder-vrug-tot-lewe-kan-jy-nie-die.html). (2) Verder sal die liggaam terugkeer na stof... (die liggaam wat uit grond gemaak is, sal weer grond word) - maw, die mens se liggaam sal sterwe! Dit is die pad van verbode vrugte - hierdie verstand het veroorsaak dat jy op 'n pad van nietigheid is, maar die wat die Here ken is op 'n pad van lewe;  alhoewel die geredde se liggaam steeds sterwe (want dit is nog nie vernuwe soos die innerlike vernuwe is nie), het weergeborenes die belofte van opstanding wanneer Jesus Christus terugkom, in nuwe geestelike liggame wat vir ewig sal lewe... (https://warechristene.blogspot.com/2017/11/verheerliktegeestelikeonverganklike.html). 

- (5)  Hulle was nie toegelaat om meer vd boom van die lewe te eet nie: (Gen 3:22 - "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!")  - Wat presies die rede was hiervoor is sekerlik omdat die mens nie toegelaat word om van beide bome te eet nie.  Wat baat dit 'n mens om vir ewig in 'n toestand te lewe waarin hy God nie ken nie? (Joh 17:3 - "En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het"). As iemand nie redding kry nie en verbode geestelike voedsels neem, is hy op 'n pad van nietigheid - diesulkes is in die strik van die duiwel, en l.w. dat die duiwel en sy engele se uiteinde die poel van vuur is.  Inteendeel, die poel van vuur is oorspronklik bedoel vir hom en sy engele;  dus, die wat die verbode vrugte (geestelike voedsel vd bose) eet, sal ook in die vuur beland, want daardie pad lei tot nietigheid... Jy kan nie verwag om lewe te oes as jy nie die Here ken nie, want die ewige lewe is om die Here te ken.

- (6) Die vrou se moeite is vermeerder en haar swangerskap moeilik gemaak: (Gen 3:16 - "Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers"). - (1) Die vrou het nou meer moeite gehad, die man heers oor haar en haar begeerte is na hom ;  (2) En haar swangerskap is nou moeilik en sy baar met smart kinders.  Adam moes nie na die vrou geluister het nie, maar eerder "oor haar geheers" het, nl. moes ten spyte van dat sy die verkeerde gekies het, die regte ding gedoen het. Sy het basies bewys dat sy verlei kan word, maar net soos sy deur die slang verlei is, so was Adam deur haar verlei! - dit hoort nie so nie, wat Adam moes doen is om oor haar te heers. Dit is wat God verwag.  'n Goeie vb. is in die verhaal van Kain en Abel, waar God van Kain verwag om oor die sonde te heers (Gen 4:7 - "Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers"). Op ditto wyse is die vrou se begeerte na haar man..., en die man moet oor haar heers (Hebr. woord "maw-shal'", wat verwys na regering, het mag oor)(Gen 4:7 - "Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie—die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers"). Dit wil voorkom of die konteks hier o.a. gemik is op die feit dat ons oor die sonde moet heers...;  in ander woorde, Adam moet nie toegee aan die vrou nie maar eerder die regte ding te doen. Adam was wel nie verlei (soos Eva) nie, maar hy het verkeerd gedoen deur na haar te luister - dit hoort nie so nie.  Op geen stadium word daar van ons verwag om iemand te volg wat verkeerd is nie/bv. wat verlei word nie (1 Tim. 2:12; 1 Kor. 11:8,9). Jesus het o.a. geleer dat as jy 'n blinde leier volg, jy saam met hom in die sloot sal val (Matt. 15:14)(as jy jou vertroue in 'n blinde leier plaas, wys dit dat jy self blind is!).  Hierdie is wat met Adam gebeur het, nie dat Eva sy leier was nie..., want hy was immers die eersgeborene/priester vd familie, maar hy moet nie self blind wees nie maar oor haar heers/oor die sonde heers. Hierdie is 'n groot les wat baie mense in die nog moet leer, want baie het al gesondig in die naam van blindes wat oor hulle heers (die uiteinde is dat hulle self as blindes gesien word).  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Waarna verwys "kennis van goed en kwaad":  

- (1) Dit verwys na VERSTAND..., en gaan veral oor kennis van sleg en goed (maar nie noodwendig hoe die Here dit beskryf nie), bv. kennis van smart (sleg) en blydskap (goed), kennis van swaarkry (sleg) en goedgaan (goed), kennis van onheil (sleg) en geluk (goed), kennis van agteruitgang (sleg) en vooruitgang (goed), ens. Dit wil voorkom of dit nooit die Here se wil was dat die mens dinge soos pyn en droefheid, moeitevolle arbei en dood ervaar nie - die slegte (bv. dood, moeitevolle arbeid, ens..) iets is wat Adam en Eva eers begin ervaar het NADAT HULLE VD BOOM VAN KENNIS (Hebr. woord "dah'-ath" - bewustheid, verstand, geslepeVAN GOED (Hebr. woord "tobe", wat wys op wat goed is - mooi, beste, beter, opgewonde, gemaklik, oorvloedig, in guns, gaan goed, tevrede, plesier, kosbaar, vriendelik, welvaard, rykdom, gereed, wel af, ens.EN KWAAD (Hebr. woord "rah, raw-aw'", wat wys op wat sleg is - teespoed, ellende, sleg, ontevrede, rampspoed, nood, boos, smart, swaar, seerkry, moeilikheid, ergerlik, goddeloos, verkeerd, ellende, onheil,...ens.) GEëET HET (Gen. 3). Of meer presies is dit die pad wat hulle gekies het!, die "kennis van goed en kwaad" - natuurlik kan hulle nie iets anders verwag nie, maar sal dit alles ervaar omdat hulle gekies het om op hierdie pad te stap. Wanneer iemand "verbode vrugte" (verbode geestelike voedsel) kies, kan hy nie verwag om dit te oes wat op die ander pad is nie.  Dit gesê is dit ook belangrik om te verstaan dat die Here se definisie van die betrokke begrippe nie dieselfde is as die wêreldse definisie daarvan nie (die manier hoe liefde bv. as vleeslik beskryf word deur die wêreld, is nie dieselfde as hoe God dit beskryf nie). Hierdie is veral die konteks wat belangrik is om in te sien..., is dat "verbode geestelike voedsels" 'n ander manier is van "sien en dink" tot gevolg het, en die wat so sien en dink nie sien en dink soos die Here doen nie (dit is die verskil tussen "kennis van die Here" en "wêreldse wysheid"). 

- (2) Al is ons wetend van hierdie verbode kennis, is dit belangrik om dit nie te soek nie: Die Here ken goed en kwaad (Gen 3:22 - "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!"), maar sien en dink nie volgens hierdie kennis van goed en kwaad nie. Hierdie tema het beslis te doen met watter verstand jy verkry;  óf die kennis van die Here (geestelike voedsel wat toelaatbaar is vir die mens), óf wereldse insig (verbode geestelike voedsel, wat verwys na 'n vleeslike manier van sien en dink).  Dien/soek/raadpleeg jy die Here?, of dien/soek/raadpleeg jy die bose? Die uiteinde van verbode geestelike voedsels is slaafskap onder sonde, wat terloops lei tot DIE DOOD...  (natuurlike mense word "gebore in sonde" -Ps. 51:7). Elke pad kom met sekere ervaringe, en dit hang af watter een jy kies. Natuurlike mense dra vrugte vir die dood... (Rom. 7:5). Alle mense word in sonde gebore omdat hulle kinders is van Adam (is uit sy saad gebore) - hy was 'n slaaf van sonde - noodwendig word 'n slaaf se kinders as slawe gebore! (m.a.w., almal word as slawe van sonde gebore, en het vrymaking nodig, want hierdie spesifieke pad lei na die dood).  Ter wille van VERSTAND het Eva verbode vrugte geeet en die dood (hierdie pad) gekies! (wat hulle nie eens veronderstel was om te ervaar nie, sou hulle die Here gehoorsaam). Ons het reeds bo bespreek die gevolg van ongehoorsaamheid aan die Here wat veroorsaak het dat Adam en Eva nou "natuurlike mense" was - nie meer "kinders vd dag" nie, maar "kinders vd nag... (dit gaan beslis oor wie jy dien/soek/raadpleeg...). Wanneer iemand deur Jesus Christus vrygekoop word van hierdie slaafskap, KIES hy voedsel wat toelaatbaar is, en dit plaas hom op 'n pad waar hy die ewige lewe kan oes. Ons moet egter verstaan hoe gevaarlik dit is wanneer geestelike mense (die wat vrygekoop is) weer besluit om "verbode vrugte" te eet nadat hulle gered is van daardie pad, want verseker kan hulle nie verwag om die ewige lewe steeds te oes nie (want daardie "pad" lei tot nietigheid).  As jy weergebore is, moet jy in die Here bly! (Joh. 15:6)(moet die Here raadpleeg, nie heides-geloofsbronne nie)(en moet Sy kennis en Koninkryk EERSTE soek). 

(3) Die woorde "goed en kwaad" verwys veral na 'n soort "kennis"; bv. "goed" verwys wel in konteks na mooi, opgewonde, gemaklik, oorvloedig, in guns, tevrede, plesier, kosbaar, welvaard, gereed, ens., en "kwaad" (kennis van kwaad) in konteks na teespoed, ellende, sleg, ontevrede, nood, seerkry, smart, goddeloos, verkeerd, onheil, ens.;  maar verwys na 'n spesifieke manier van "sien en verstaan"Hierdie is die groot verskil tussen die natuurlike en die geestelike mens - die natuurlike mens (die wat nie die Gees van waarheid het nie, maar het 'n gees van dwaling) sien en dink anders oor die lewe as geestelike mense (die wat die Heilige Gees, die Gees van WAARHEID, het). 

Die woord "KENNIS" in hierdie konteks kan na die volgende verwys: (Hebr. woord "dah'-ath" - bewustheid, verstand, uitgeslape).  

Die woord "GOED" in hierdie konteks: (Hebr. woord "tobe", wat wys op wat goed is - mooi, beste, beter, opgewonde, gemaklik, oorvloedig, in guns, gaan goed, tevrede, plesier, kosbaar, vriendelik, welvaard, rykdom, gereed, wel af, ens.).  

Die woord "KWAAD" in hierdie konteks: (Hebr. woord "rah, raw-aw'", wat wys op wat sleg is - teespoed, ellende, sleg, ontevrede, rampspoed, nood, boos, smart, swaar, seerkry, moeilikheid, ergerlik, goddeloos, verkeerd, ellende, onheil,...ens.). 

Eva het verwag om "VERSTAND" te kry..., en duidelik het sy!, maar wat se verstand?! Hierdie "kennis" (kennis van goed en kwaad) is in stryd met die Here se kennis (verstand hier is die Hebr. woord " saw-kal' ", soos iemand wat intellegensie verkry deur lering, verstand, wysheid, vooruitgang, instruksie, leiding, ens.). Met die sondeval het die manier van hoe Adam en Eva hulle "lewe" sien, verander; wat tot gevolg het dat hulle hulself begin dien het - en dit lei tot die dood (Gen 3:6 - "Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet"). Hierdie "kennis" word o.a. beskryf as VLEESLIK (Rom. 7:15; 8:5; 1 Kor. 3:3,4).  Dit is nie bloot die wete van waarna hierdie KENNIS verwys wat hulle in slawe van sonde verander het nie (Gen. 3:22), maar hulle keuse om dit te vertrou, terwyl die einde van daardie kennis niet is! Hierdie "KENNIS wat hulle gekry het VAN GOED EN KWAAD" (toe hulle van die vrugte eet), het tot gevolg gehad dat hulle hulleself begin dien - wanneer mense die bose vertrou, lei dit hulle om hulle eie wil te doen (nie die Here se wil nie) - en dit bring die DOOD voort. God het hulle hierteen gewaarsku dat dit is wat sou gebeur as hulle vd vrugte eet.. ( Gen_2:17  maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.) - hulle het geweet dit lei tot niet, tog het hulle dit gekies, maar jy kan nie verwag om lewe te oes van 'n pad wat "nietig" is nie (https://warechristene.blogspot.com/2025/11/afgode.html).  

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING: 

Om te verstaan waarna die boom van kennis van goed en kwaad verwys, kan ons o.a. inkyk op die verskille tussen die boom van die lewe en die boom van kennis van goed en kwaad (rol op vir die eerste paragraaf waarin hierdie bespreek word). Ons weet bv. dat die vrugte van die boom van die lewe genesing (Openb. 22:2) en ewige lewe gee... (Gen. 3:22).  Hierdie beskryf duidelik 'n ander pad as die pad waarop die is wat verbode vrugte (verbode geestelike voedsels) eet, want die Skrif leer dat die vrugte vd boom van kennis van goed en kwaad, tot die dood lei (Gen. 2:16,17; 3:3). Neem kennis hoe die beskrywing van wat die "ewige lewe" is, lig werp op hierdie onderwerp, om beter te verstaan waarna hierdie bome verwys...;  bv, in Joh. 17, in 'n gebed wat Jesus tot die Vader gedoen het, het Jesus Christus die ewige lewe as volg beskryf: (Joh 17:3 - "En dit is die ewige lewe, dat hulle U KEN, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het") - "ewige lewe" verwys dus na "om die Here te ken";  dus, "dood" verwys na "nie die Here ken nie" (die twee bome verwys maw nie na dieselfde kennis en verstand nie, en die uiteinde is verskillend - dit is belangrik om hierdie te verstaan, wat dit is duidelik dat NIE alle paaie na die ewige lewe lei niel  maw, nie alle bronne verwys na "die Here ken" nie). Die groot verskil tussen die twee bome se vrugte is maw watter bron jy leer KEN... (bv. kies, jou hoop in plaas, dien, raadpleeg). Om die begrip "kennis" beter te verstaan, gaan na hierdie pos (https://warechristene.blogspot.com/2018/03/kennis-gawe-van-kennis.html). In hierdie konteks verwys "KENNIS VAN" na wat dit is wat jy ken (insig/verstand; maw, hoe jy dink en sien... Bv., hoe beskryf jy lewe?, hoe beskryf jy voorspoed?, ens.). Daar is net twee bronne van "kennis", nl. KEN die Here (dit is wat gebeur met die wat van die boom van die lewe eet / hulle dink en sien soos die Here), of KEN ander geestelike bronne (die wat van die boom van "kennis van goed en kwaad" eet kry hierdie soort "wereldse wysheid"/dink en sien vleeslik) - om hierdie beter te verstaan, bestudeer gerus die verskil tussen die geestelike mens en die natuurlike mens. Die Skrif leer dat geestelike mense die Gees van waarheid (die Heilige Gees) het (en dra vrugte tot lewe), maar natuurlike mense het 'n gees van dwaling ('n wêreldse gees)(en dra vrugte vir die dood).  Hoe sien en dink jy? - dit is belangrik!, en wys op watter pad jy is, nl. of die lewe, of die dood - en wys of jy dwaal of die waarheid ken (watter gees het jy? -Het jy die Heilige Gees?, of 'n wereldse gees?). In ander woorde, eet jy die vrugte vd boom vd lewe?, of eet jy die verbode vrugte van kennis van goed en kwaad (dit wys "watter gees jy het"). 

Het jy die kennis vd Here (wat tot lewe lei)?, of het jy wereldse kennis (Hebr. woord "dah'-ath" - bewustheid, verstand, uitgeslape) wat tot die dood lei?  Natuurlike mense dink en sien anders as geestelike mense (weergeborenes)... - watter boom se vrugte jy eet, bepaal watter soort mens jy is. Alhoewel die twee bome verwys na letterlike bome wat in die tuin van Eden is, verwys dit beslis ook na die geestelike, want die tema van geestelike voedsel en water word baie in Skrif gebruik.  Dit gaan beslis oor KEUSE! (watter boom jy kies).  Bv., Adam en Eva se ongehoorsaamheid het bewys dat hulle nie die Here vertrou nie... (Eva het haar vertroue in die slang geplaas, en Adam het sy vertroue in Eva geplaas- dit waarin jy jou vertroue plaas (maw "na wie jy luister") bepaal watter KENNIS jy ontvang (jou keuse bepaal van watter boom jy eet).  Kennis bepaal hoe jy sien en dink. Sien dus hoe belangrik dit is om die Here te gehoorsaam en nie verbode voedsels te neem nie (moenie jou hoop plaas in ander-geloofsbronne nie - moenie hulle dien en raadpleeg nie). Die Here het dit duidelik gemaak dat sekere soorte voedsel vir die mens verbode is, en sou die mens daarvan neem sal hy doodgaan. Hierdie feit het nie verander nie. M.a.w., nie alle kennis is toelaatbaar nie.... (Gen. 2:16,17), God is 'n jaloerse God. In die O.T. het God sy volk vele male gewaarsku teen afgode en afgodspraktyke, en dit is nie anders in die Nuwe Testament nie. Om meer te verstaan waarna geestelike kos en water verwys, gaan na: (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html). Geestelike water verwys gewoonlik na die bron waarvan jy drink... (bv. die Here word o.a. soos 'n fontein/waterbron voorgestel.  Wie is dit in wie jy jou hoop plaas, glo, vertrou, want dit is waar jy geestelike water drink.  Die wat afgode aanbid is besig om by verbode bronne te drink).  Geestelik voedsel verwys na kennis... (bv. waarheid/die woord van God verwys na geestelike voedsel, maar verbode geestelike voedsels verwys na heidense geloofskennis en verstand - dit waarin mense baiemaal hulle hoop plaas bloot vir die voordele wat hulle daaruit kan kry, maar die waarheid is dat dit tot niet kom...).  Nie alle geestelike bronne kom van die Here nie! As jy by verkeerde bronne eet en drink, dan is jy ongehoorsaam aan die Here (soos Adam en Eva)(dit wys dat jy Hom nie vertrou nie, en dus nie luister na Sy woorde/kennis nie).  Die gevolg? - diesulkes eindig op met 'n gees van dwaling. Die wat van die boom van die lewe eet verwys na mense wat die Here KEN en hulle doen duidelik Sy wil, maar die wat "van die boom van kennis van goed en kwaad eet" verkry kennis van ander bronne/hulle KEN nie die Here nie/hulle doen nie die Here se wil nie  (m.a.w., hulle "eet" dit wat vir hulle verbode is!) - hulle verwys m.a.w. na die ONGEHOORSAMES. Vir nog 'n studie oor waarna geestelike kos en water verwys, gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2019/05/uiteensetting-die-liggaam-voedsel-en.html). Die twee bome beskryf maw twee bronne van KENNIS, nl. (1) die een bron is die Here, en die ander (2) is werelds/vleeslik (waar mense hulle hoop in die bose plaas, of in die vlees).  Die wat vd "boom van die lewe" eet verwys na die wat KENNIS vd Here verkry (Matt. 7:21; 12:50)(hulle doen Sy wil - vertrou Hom/glo in Hom, en begin daarom dink en sien soos Hy.../Rom. 8:6, het die "kennis vd Here", het die Gees van waarheid (bv., Jesus is die lewende Brood...-Joh. 6:54). Maar die wat vd "boom van kennis van goed en kwaad" eet verwys na die ongehoorsames, wat dus wêreldse KENNIS verkry (hulle is vleeslik)(hulle "dink soos die wereld "/ Joh. 8:44 - hulle het die gees van dwaling)

Let wel dat die woord "dag" (wat hulle die verbode vrug sou eet) hier nie noodwendig vewys na die spesifieke dag wat hulle dit eet nie, maar in Hebr. verwys die woord ook na 'n tydperk (bv. in hierdie geval onbekend hoe lank hulle sal lewe voor hulle doodgaan, maar hulle sal doodgaan...). Hierdie is sekerlik die grootste verskil tussen die twee bome, en Adam en Eva het gekies om van die boom te eet wat hulle dood sou beteken, 'n pad wat wat nietig is. Hulle het basies 'n keuse gemaak tussen "lewe" en "dood", en die rede hoekom hulle verkeerd gekies het is hulle het 'n keuse gemaak tussen die kennis vd Here en wereldse kennis. 

Die begrip "dood" verwys nie net na die dood vd liggaam nie, maar ook na die tweede dood (wanneer beide liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word)(Openb. 20:14; 21:8). Dit is nie die Here se wil dat enige iemand verlore gaan nie, daarom het Hy 'n weg geskep waardeur ons opstanding kan kry asook redding van die tweede dood (Openb. 20:6)... - HIERDIE IS VERAL WAAROOR DIE SALIGHEIDSBOODSKAP GAAN!  Beslis het die Here ons nie net gelos nie maar Hy gee om vir die mens - al word die mens gebore op 'n pad wat tot nietigheid lei, het Hy 'n weg geskep waarop die mens verlos kan word van die pad wat tot die dood lei.  Die vraag is of iemand die weg sal aanvaar wat die Here geskep het om redding te ontvang?  Jy het net jouself te blameer as jy nie hierdie weg aannaam nie... VIR 'N STUDIE OOR "hoekom die mens saligheid nodig het", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/07/bybelstudie-die-begrip-saligheid-hoekom.html

Kyk gerus die rede waarom Eva haar hoop in die slang se woorde geplaas het..., was omdat sy VERSTAND (Hebr. woord " saw-kal' ", wat o.a. verwys na "wete, wysheid, vertandig, lering, instruksie, voorspoed, vaardigheid", ens.) wou verkry.  Ter wille van "verstand" plaas mense baiemaal hulle hoop in verkeerde bronne..., maar die Skrif leer duidelik dat nie alle kennis en wysheid in hierdie wêreld is van die Here nie.  Wanneer iemand sy hoop plaas in verbode kennis, dan luister hy na die bose (Eva het na die slang geluister)(1 Kor. 10:20) - natuurlike mense is in hierdie strik. Die uiteinde daarvan is DIE DOOD (Gen 2:16 - "En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe"). Eva het haar vertroue in die slang geplaas (verkeerde bron), en Adam het sy vertroue in Eva geplaas! (verkeerde bron! - hy't sy hoop in die vlees geplaas). L.w. dat die "tweede dood" is bedoel vir die duiwel en sy engele, maar die wat ag gee op die bose, word gesien soos kinders van die duiwel (1 Joh. 3:10);  dus noodwendig is hulle uiteinde ook die tweede dood.  

Ons leer in Genesis dat die onmiddellike gevolg van Adam en Eva se ongehoorsaamheid was dat hulle gewaar het hulle is NAAK...  - hulle het bewus geword van "die self", die "eie ek" - hulle was skaam omdat hulle hul hoop in 'n ander bron geplaas het (bv. die bose, of die vlees). Hierdie naaktheid verwys nie net letterlik daarna dat hulle naak was nie, maar het ook 'n geestelike betekenis... Sonde laat mens naak voel! - net soos die uiterlike mens klere nodig het om jou naaktheid te bedek, net so het die innerlike "bekleding" nodig (is "naak" a.g.v. sondetoestand). Hierdie skaamte (agv van naaktheid) of die "self" (soos dit ook baiemaal deur geleerdes beskryf word) verwys na die "eie ek" wat nie onder die wil van die Here staan nie - amper asof hierdie ongehoorsaamheid van Adam en Eva veroorsaak het dat hulle nou hulle eie wil bly volg, in plaas van die Here se wil (die mens het maw 'n slaaf van die sonde geword, en dit is presies wat die Skrif leer). Woorde wat die Skrif o.a. hiervoor gebruik, is "VLEES" en "verkoop onder die sonde": (Rom 7:14-20 - "Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.  En as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die wet toe dat dit goed is. Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon. Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie. Want die goeie wat ek wil, doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek. Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon"). DIE OOMBLIK TOE HULLE KIES OM NIE DIE HERE TE VERTROU NIE EN UIT ONGEHOORSAAMHEID VAN DIE VRUGTE EET, WAS HULLE "VERKOOP ONDER SONDE"... - hulle het die sonde begin dien, EN IS TERLOOPS DIE REDE WAAROM DIE MENS REDDING NODIG HET... (nl. het redding nodig van sy slaafskap onder sonde)! (Rom 7:23,24  maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?").Toe Adam en Eva van die boom van KENNIS van goed en kwaad eet, het hulle nie net slawe van sonde geword omdat hulle die Here ongehoorsaam was nie (wat die dood gevolg het; Gen. 3:3,4,17; 2 Pet. 2:19; 1 Kor. 7:22; Rom. 5:12-21; 6:16; ens.), maar hulle manier van "sien en dink" het verander (Gen 2:9)(die Skrif verwys o.a. hierna dat diesulkes 'n "gees van dwaling" het - hulle dwaal). Dit was 'n keuse wat Eva gemaak het - sou sy vir God vertrou, of nie? (na wie sou sy luister - na God, of na die slang?); en dit is 'n keuse wat Adam gemaak het - sou hy na God luister of na die vrou? (hy het "vlees" as sy bron gekies). Omdat hulle vd boom van goed en kwaad geëet het (wat hulle nie mag gedoen het nie), het hulle begin leef op hierdie pad van verbode kennis/verstand - het verander in "kinders vd nag"... (dit gaan oor wie jy dien)(bv., Adam het die vlees begin dien, en so sy kinders...)(en hierdie is een van die redes waarom die mens saligheid nodig het - die mens het vrymaking nodig van sy slaafskap onder sonde, sodat hy eerder die kennis van die Here soek en Hom dien). 

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Is dit moontlik vir iemand wat verbode vrugte geëet het, om weer toegang te kry tot die boom van die lewe?

Daar is 'n rede waarom Adam en Eva verban is van die tuin van Eden...(Gen. 3:22-24- "Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak"). Wat priesies die rede hiervoor is...(?) kan verseker bespreking uitlok. Wat miskien veral die moeite werd is om te noem in hierdie verband, is die feit dat God 'n jaloerse God is!, en die mens word nie toegelaat om beide Hom en afgode te aanbid nie, die mens word nie toegelaat om aan beide tafels te eet nie (1 Kor. 10:21), die mens word nie toegelaat om op beide die kennis van die Here asook wereldse kennis, staat te maak nie. 

Deur God se saligheidsplan kan die mens herstel word tot die plek waar hy vrylik weer van die boom van die lewe kan eet. Bv., die Skrif leer dat die wat eendag in die Nuwe Jerusalem op die nuwe hemel en aarde gaan bly, sal vrylik kan eet van DIE BOOM VAN DIE LEWE! (Openb. 2:7; 22:2,14), maar hierdie verwys nie na mense wat sit aan altwee tafels nie!, en die vrugte van beide geniet het nie. Nee, die wat eendag gaan toegang he tot die boom van die lewe, verwys na die wat die Here gehoorsaam, Hom aanhou dien, en Hom AS EERSTE LIEFDE KEN (Openb.2:4-7). L.w. dat die geestelike mens ook terloops voorgestel word soos 'n "boom van die lewe"..., wat vrug kan dra (vrug tot ewige lewe!)(Joh. 4:36; Rom. 6:22). Nie net het geestelike mense (die wat oorwin) die belofte dat hulle eendag van die boom van die lewe sal kan eet nie, maar hulle word ook self voorgestel soos bome vd lewe, omdat hulle vrug dra "tot ewige lewe". Vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/p/blog-page.html

Ten spyte van die feit dat die mens nie geluister het nie, is God goed en het Hy deur al die eeue 'n plan gemaak om die mens weer te laat vrykom van dit waaronder hy geval het. Nou wonder mense somtyds waaroor die hele "glo in Jesus Christus" evangelie gaan?, maar neem kennis dat Hy is die weg wat God geskep het sodat die mens nie die dood oes nie - Jesus Christus kan jou red van nietigheid! (bv. "geestelike mense", altans "weergeborenes", altans die wat in Jesus glo en deur Hom nuut gemaak word, is nie meer op die pad wat tot niet lei nie, maar is instaat om vrug te dra tot lewe... - 1 Joh. 3:9/ - want hulle dien nie meer die sonde nie, maar dien die Here en het dus die belofte dat hulle die ewige lewe sal oes). Die wat gered word word vrygemaak van hulle slaafskap onder sonde (wat beteken, hulle dien nie meer die sonde nie, maar dien die Here / dien Sy Gees - "is onder die wet vd Gees";  kortom, hulle het die Gees van WAARHEID, nie meer die gees van dwaling nie).  Hulle word gered deur WATER (afwassing van sondes) en GEES (hulle ontvang die Heilige Gees) - dus, hulle begin SIEN EN DINK soos die Here (want hulle het die Gees van waarheid)(Hebr. 8:10).  Die asem van die Heilige Gees is ook soos lig vir die geestelike mens - daarom het hulle lewe, en word o.a. na verwys as "kinders van die dag"! (hulle is verlig - nie meer dood nie, maar lewe nou).  

Die Here het 'n groot plan gemaak sodat die mens weer weer toegang het tot die boom vd lewe - kyk bv. na dit wat alles belowe word aan die heiliges/gehoorsames/die wat die wil vd Here doen/die wat Hom ken, die wat die ewige lewe sal beerwe..., bv. dat hulle op 'n nuwe hemel en aarde sal bly waarin geen dood meer sal wees nie, hulle nie meer sal huil niegeen moeite meer sal hê of bedroef sal wees nie... (Openb. 21:4). 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------