Wys tans plasings met die etiket rein gewete. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket rein gewete. Wys alle plasings

Vrydag 16 September 2016

Rein (skrifgedeeltes en betekenis)

Die woord "rein" verwys veral na iets/iemand wat geheilig (afgesonder) is en DAAROM "rein" (skoongewas);  bv., die volk van God is 'n heilige volk - 'n volk GEROEP om vir die Here 'n volk te wees - in daardie sin is hulle afgesonder (geheilig) en daarom REINIG Hy hulle (hulle word skoongewas). 'n Ander vb. is die van "rein en onrein diere", en dit gaan beslis hier oor wat deur God rein of wat onrein verklaar word.  (Nie alles wat as onrein beskou is in die Ou Testament, is steeds onrein in die Nuwe Testament nie).  Wat God rein maak, mag ons nie onheilig ag nie (Hand. 10:14,15). So is alle kos in die N.T. REIN (omdat God dit rein gemaak het), en daarom geoorloof om te eet (tensy natuurlik in sekere gevallle, soos wanneer dit wat ek eet tot aanstoot is en dit is ook verkeerd om bloed te eet of dit wat verwurg is...)(Rom 14).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Lev 10:10)  en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEEN ONREINE sal eendag KAN INGAAN IN DIE KONINKRYK VAN GOD NIE (Ef. 5:5; Openb. 21:27 ens.): 
(Ef. 5:5)  "Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine 
of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie".


(Psa 24:3)  Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
(Psa 24:4)  Hy wat REIN van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

_________________________________________________________________________________
HEBREEUSE WOORDE VIR "rein":
(rol af vir skrifgedeeltes)
______________________________________________________
-  H2889 (opsomming):
Die Hebreeuse woord, haw-hore', taw-hore': - skoon (fisies, seremonieel, moraal): - skoon, opreg, suiwer.

DIE MANIER HOE HIERDIE WOORD GEBRUIK word, gaan veral OOR DIE BELANGRIKHEID VAN OM TE WEET WAT IS REIN EN WAT NIE (Eseg. 44:23), bv.:
-  Gebruik van "rein offer" in Mal. 1:11.  'n Offer wat nie rein is nie, verwys na 'n offer wat nie geskied volgens die Here se reels nie. Bv. om 'n dier met liggaamsgebrek te offer - dit is nie 'n rein offer nie.
-  Gebruik van "rein tulband" (Sag. 3:5)( tulband op hoof van hoëpriester). Hierdie was deel van die hoëpriester se HEILIGE klere (Eks. 28:2). Nie enige tulband kan gebruik word vir die hoof van die hoëpriester nie, maar 'n tulband spesifiek geheilig (afgesonder) vir die hoëpriester.
-  Gebruik van "rein tafel" (in die tabernakel/tempel) (2 Kron 13:11; Lev. 24:6).
-  Gebruik van "rein kandelaar"  (Lev. 24:4)
-  Gebruik van "rein water" / reinigingswater in Eseg. 36:25; Num. 19:9.

AS KINDERS VAN DIE HERE NIE ONDERSKEI TUSSEN WAT REIN EN ONREIN IS NIE, DAN WORD DIE HERE SE NAAM ONDER HULLE ONTHEILIG (Eseg. 22:26). Dit gaan nie oor wat die mens sien as REIN nie, maar oor wat die Here sien as REIN (Spr. 30:12), of H2889 beskrywend na dit wat "skoon" is, bv. rein hart (Ps. 51:10), rein hande (Job 17:9).  Dawid het gebid dat die Here 'n REIN hart in hom sal skep (Ps. 51:10). Die een rein van hart, is die een wat die Here vrees (Ps. 19:9 - vgl. met Hand. 10:35). Uit die oorvloed van die hart praat die mond, en dit wat die mens praat, wys of hy REIN (skoon) is en of hy ONREIN (besoedel) is (Spr.15:26 - "Die planne van die slegte is vir die HERE ‘n gruwel, maar vriendelike woorde is rein"; vgl. met Matt. 12:34).    H2889 word ook gebruik in Ps. 12:6 - "Die woorde van die Here is REIN..." - dit verwys sekerlik na hoe die Here se woorde die WAARHEID is (nie besmet nie). Vgl. dit met hoe baie Jesus Christus oor die "waarheid" gepraat het... (Joh. 8:32,40,44; 14:6; ens.).

Verder word H2889 gebruik in seremoniele gebare waarin iemand REINgemaak/"skoongemaak" word, bv. in Esra 6:20 het die priesters en Leviete hulleself GEREINIG (skoongemaak) deur die paaslam te slag.  Hier sien ons die reinigingsaksie wat deur BLOED plaasvind (vgl. dit met 2 Kron. 30:15-17).  Deur hierdie reiniging het hulle hul aan die Here GEHEILIG (afgesonder vir Hom).

In die O.T. was daar heelwat diere en dinge wat gesien is as onrein.  Dieselfde reels geld natuurlik nie oral in die N.T. nie, maar God het beslis 'n goeie rede gehad waarom Hy daardie betrokke dinge ONREIN genoem het.  Die aanraak van iets onrein, sou veroorsaak dat die een wat dit aanraak self onrein word (1 Sam. 20:26; Lev. 11:24,27,32,40; 15:5,16,17,19-21; Num. 19:16). So iemand moes hom eenkant hou en was sekere dinge nie toegelaat tot hy weer rein is nie (Deut. 23:10)(Lev. 22:1-7) - en wat die onreine ook al aanraak, sou ook onrein word  (Num. 19:22). Daar was spesifieke roetines wat gevolg moes word (en verskillend in verskillende situasies) voor 'n priester bv. weer rein word (Num. 19:18), en as hy nie die roetine volg nie, dan het hy onrein gebly en sou hy die tabernakel verontreinig (Num. 19:13) - dit was nie geduld nie.  Hier kan ons goed sien hoe die betekenis van die woord "onrein" juis beteken dat dit wat ONREIN is, BESMET / BESOEDEL is. Ons kan maar net raai dat higiene en siektes verseker ook iets hiermee te doen gehad het, soos in die geval van 'n melaatse kon hy nie rein word (skoon / gesond word) as die melaatsheid nog nie genees het nie (Lev. 11:36,37; 13:13-41; 14:2,3);  kyk bv. ook wanneer melaatsheid in 'n huis en wanneer dit as onrein gesien word... en hoe dit weer rein is wanneer die aangestaste plekke weer gesond geword het (Lev. 14:31-57). Nietemin moet ons besef dat dit gaan oor wat die Here as rein verklaar en wat nie, en dat die volk juis soveel wette  gehade het omdat hulle afgesonder was van die ander volke (afgesonder vir die Here) (Lev. 5:24-26) - hulle was anders as volke rondom hulle.  Hierdie dinge het hulle juis beskryf as HEILIGE volk.  Dit het ook daarmee te doen gehad dat die Here in hulle midde was - daarom moes die laer heilig wees (Deut. 23:14). Vir die laer om afgesonderd (heilig) te wees sodat die Here in hulle midde kon beweeg, moes alles REIN wees. Hier sien ons die duidelike konneksie tussen REIN en HEILIG.  Die priesters (wat geheilig/afgesonderd is vir diens) was bv. beveel dat slegs die wat rein is in hulle huise, van die offers mag geeet het (Num. 18:11, 13).

Deur die kennis van wat is onrein en wat is rein diere, was dit maklik om te weet watter diere hulle mag eet en watter nie (Deut. 14:20; Lev. 11:47), en watter diere geoorloof was om te bring vir die offers (7:2,8; 8:20).

Rein word ook gebruik in konteks met die wat REIN is van sonde;
die wat hulle verontreinig met sonde, is ONREIN (Num. 5:28).  
As iets ONREIN is, moet dit nie altyd gesien word as "sondig" nie, maar dit verwys somtyds eerder na iets/iemand wat nie afgesonder kan word (vir 'n spesifieke doel, en somtyds spesifieke tydperk) nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- H2891:
Die Hebreeuse woord, taw-hare': -om skoon en rein te wees (onskuldig, heilig): - om skoongemaak te word, om suiwer te word.

Die woord word veral gebruik in die geval van  "rein van (of rein maak van) sonde en afgodsaanbidding".,(Eseg. 36:25; 24:13; 13:27; Spr. 20:9; Ps. 51:7; Job 4:17; Lev. 16:30; 14:53) - meer presies waar iemand skoongewas word om rein te wees. In Spr. 20:9 sien ons die verband tussen 'n suiwer (rein) hart en "rein van sonde".  Maar die woord word ook gebruik in geval van waar iemand rein word van siekte (2 Kon. 5:10-14; Num. 19:19), of in geval waar items gereinig word (Num. 31:23,24; 19:12).   H2891 word ook gebruik van diere wat rein verklaar is (Deut. 14:11);  en verder in skrifte gebruik wat verduidelik hoe reiniging verkry kan word (Lev. 17:15; 15:13,28; 13:58,59; 14:4,8,9,20,48; 13:6,13,17,23,28,34,37; 12:7,8; 11:32) en "om rein te wees" as voorwaarde (Lev. 22:4).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H1305:
Die Hebreeuse woord, baw-rar': - die/dit wat rein is: - maak skoon, word gekies, is skoon, gesuiwer.

H1305 word veral gebruik t.o.v. waar die gevolg van "om rein te wees" beskryf word, bv. (Sef. 3:9 - "Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien"). Die wat onrein is roep Hom nie aan nie en dien Hom nie, maar aan die wat rein is, betoon die Here Homself ook as reine (Ps. 18:26; 2 Sam. 22:27) - Hy maak bemoeienis met die reine en hulle kan staatmaak op Hom. Vgl. dit met wat Jesus gese het:  (Joh 15:14 - "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel") en (Mat 21:22 - "En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo") en (Mat 5:8 - "Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H2135:
Die Hebreeuse woord, zaw-kaw': - die onskuldige: - word as suiwer gereken, om skoon te wees, om skoongemaak te word.

Mig. 6:11 verwys daarna dat die wat deel is van die volk van God, nie kan staatmaak daarop dat hulle "rein" is, maar hulle is skuldig daaraan dat hulle ander bedrieg nie. Die wat rykdom begeer (en so sondig om dit te verkry) is nie rein van hart nie (vgl. dit met Luk. 6:24; Jak. 5:1,2; 2:6;  1 Tim. 6:17; Matt. 13:22; Openb. 18:16; Mig. 6:1). Die een wat sy hart rein hou, is die een wat liewer na die Here soek as om na die wereldse rykdom en plesiere te soek. Die wat ryk is, het hulle troos klaar weg (Luk. 6:24), maar die wat rein van hart is, sal hulle troos eendag kry.   Dawid praat van hierdie rein hart en hande in onskuld, teenoor die wat weelderig lewe (Ps. 73:13), en hoe tevergeefs dit vir die reine kan voel in hierdie lewe.  Jesus het hierdie tema goed aangespreek en het vir ons die begrip van wat dit beteken om GESEEND te wees, goed verduidelik.  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-jy-n-geseende.html). 
(Luk 6:24)  Maar wee julle, rykes, want julle het jul troos weg.
(Luk 6:25)  Wee julle wat vol is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle sal treur en ween.
(Luk 6:26)  Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.............................

Dawid praat verder van hoe "rein" (regverdig) die Here is wanneer Hy gerig hou oor ons (Ps. 51:4), want ons is sondig, en in sonde gebore (Ps. 51:5)(Job 25:4; 15:4).  In die gedeelte is Dawid se begeerte om REIN gemaak te word deur die Here...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H2134:
Die Hebreeuse woord, zak: - suiwer, skoon.

H2134 word gebruik in konteks met "rein of suiwer  van oortreding/skuld" - opreg (Job 33:9; 11:4; 8:6), "rein gebed" (Job 16:17).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H1249:
Die Hebreeuse woord, bar; geliefde; ook skoon: - uitverkose, suiwer, skoon.

Word gebruik in beeldspraak, "rein soos die son" (Spr. 6:10), maar word ook gebruik t.o.v. die wat "rein/SUIWER van hart" is (Ps. 73:1; Ps. 24:4) - God is goed vir die wat rein van hart is.

(Psa 24:3)  Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek?
(Psa 24:4)  Hy wat rein van hande en suiwer (H1249) van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
Hier word "suiwer hart" verduidelik as:
-die wat nie hulle hoop plaas op nietigheid nie, en 
-die wat nie vals sweer nie (Jak. 5:12 - "Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie"). (Matt. 5:34-37).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H2141:
Die Hebreeuse woord: zaw-kak': -: suiwer en skoon (fisies en moraal)- om skoon/suiwer te wees, word skoongemaak.

H2141  word gebruik in konteks met hoe almal "skoonmaak" nodig het - niks/niemand is REIN nie (en het daarom reiniging nodig)(Job 25:5; 15:15).

(Rom 3:10 - "soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie").

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
-  H2893:
Die Hebreeuse woord, toh-or-aw': -seremonieel skoonmaak/reinig: - skoon(ge)maak, reiniging.

H2893 word gebruik in geval van seremoniele reiniging (Lev. 13:7).

_________________________________________________________________________________
GRIEKSE WOORDE VIR "rein":
_________________________________________________________________________________
-  G53:
Griekse woord, hag-nos' - properly clean, that is, (figuratively) innocent, modest, perfect: - chaste, clean, pure.

Die wysheid van bo is REIN (Jak. 3:17) (aardse wysheid is nie rein nie, is aards, is duiwels - dit gaan gepaard met dinge soos afguns en selfsug en lieg teen die waarheid - Jak. 3:14).  Vgl. dit met 'n "suiwer hart" wat beteken dat so iemand se begeerte eerder is na die Here as om selfsugtig te wees.

G53 word ook gebruik in konteks met waar die kind van God aangemoedig word om homself te reinig in sy eie lewenswandel (1 Joh. 3:3; 1 Tim. 5:22). Die kind van God word verder aangemoedig om sy gedagtes daagliks te vernuwe en juis o.a. die dinge te bedink wat REIN is (Fil. 4:8). Die gemeente van Korinthe was beveel om hulle te REINIG van alle besoedeling van die vlees, en om die gees te REINIG;  inteendeel, hulle was vermaan hierop, wat wel tot vrug gely het, want al het dit hulle bedroef, het dit hulle gely tot verantwoording, verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing - in dit alles het hulle bewys dat hulle in die saak rein is (2 Kor. 7:11) - hulle het dus ag gegee op die pad van godsaligheid.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-  G2513:
Griekse woord, kath-ar-os'; Of uncertain affinity; clean (literally or figuratively): - clean, clear, pure.

G2513 word gebruik van:
-  engele met REIN blink linne (Openb. 15:6);
-  die Nuwe stad Jerusalem, bekleed met REIN en blink fyn linne (Openb. 19:8) - hierdie "linne" word beskryf as die "regverdige dade van die heiliges";
-  die leërs van die hemel bekleed met wit en REIN fyn linne;
"Rein" verwys na die wat nie besoedel is nie, net soos "wit klere" die beskryf wat gewas is in die bloed van die Lam, en daarom  NIE BESOEDEL / SKOON (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html) - hulle is WAARDIG.
En l.w. dat vir die mens om waardig te wees en om beklee te kan word met wit klere, moet hy:
-  Jesus Christus bely en bereid wees om verdruk te word of te ly ter wille van Sy Naam;
-  hom laat was deur die bloed van die Lam;
-  meer besig wees met die Here as met die lewe en alle vorme van afgodsdiens afle, o.a. gierigheid;
-  moet nie net die naam he dat hy lewe nie, maar regtig lewe in die Here en die godsaligheid najaag.  Hierdie inligting is geneem uit verskillende skrifte waar daar na die "wit klere" verwys word.  As ons dan wil verstaan wat dit beteken om REIN te wees, dan moet ons hierdie dinge in ag neem.  Vgl. dit ook met bogenoemde (G53) waar "suiwer hart" verwys na die wat se begeerte is na die Here en Sy koninkryk, nie selfsugtig en afgunstig nie (nie gierig nie), en hoe dit Christen aangemoedig word om homself te reinig in sy eie lewenswandel (die godsaligheid moet najaag).  Die kind van God word inderdaad beveel om seker te maak dat hy heilig lewe, dat hy rein is, en Christene wat  in sonde stap maar dit nie neerle nie, word sterk vermaan om hulleself te reinig:  (Jak. 4:8 - "Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!). Net soos "reiniging" in die O.T. verwag was, net so word dit steeds verwag;  alhoewel die MANIER VAN REINIGING verskil van die O.T. (en was terloops ook nie volkome nie).  In Hebr. 10 word verduidelik hoe Christus Jesus die enigste Een is wat ons regtig kan reinig van sonde, en hoe die sonde-offers (soos die volgens die wet van Moses) nie nodig is as ons vergifnis verkry in Christus Jesus nie, want Sy offer was volmaak om ons ten volle te reinig.  Ons het 'n groot Priester oor die huis van God, nl. Jesus Christus - laat ons ons hoop in Hom plaas (in Hom glo) - Hy REINIG ons HARTE van 'n slegte gewete.
(Hebr. 10:22 verwys ook na hoe die liggaam gewas word met REIN water).

Verder word G2513 gebruik in 1 Pet. 1:22 waar Petrus praat van hoe ons deur gehoorsaamheid aan die waarheid ons siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde REINIG - hy bemoedig ons ook om mekaar lief te he uit 'n REIN HART. (Matt. 5:8). Die konteks van hierdie skrif gaan daaroor dat ons ons eie lewenswandel moet HEILIG (afsonder) - (1Pe 1:15 - " Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word).  Hier sien ons weer hoe REIN en HEILIG hand aan hand met mekaar saamgaan. Verder word die met 'n REIN HART beskryf as die wat vlug vir die begeerlikhede, en eerder najaag die geretigheid, geloof, liefde en vrede saam met ander broeders (2 Tim. 2:22)(Luk. 11:41).

Die wat onsin praat, die waarheid verdraai en fabels en gebooie van mense leer, word gesien as BESOEDELDES: (Tit_1:15  Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle GEWETE IS BESOEDEL) - (Vgl. dit met Mat 15:18 - "Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak"). Die wat hulle hoop in Christus plaas, word GEREINIG VAN 'N SLEGTE GEWETE (Hebr. 9:14) - hulle het die waarheid lief en is gehoorsaam aan Jesus Christus (want Hy is waarheid).  Die wat egter nie die waarheid verkondig nie, se gewete is steeds besoedel.  Die wat die Here met 'n rein gewete dien, het broederliefde (2 Tim. 1:3). Diakens moet manne wees wat die verborgenheid van die geloof in 'n REIN GEWETE hou (1 Tim. 3:9). Ook in 1 Tim. 1:5 word die tema van "goeie gewete" gebruik in konteks met die wat die waarheid liefhet.  Die wat hulle besighou met twisvrae en fabels en onsinnige praatjies, is die wat se gewete besoedel is.

Nog 'n manier hoe G2513 gebruik word, is t.o.v. watter kosse rein is of nie.  Dit verskil natuurlik van die O.T - soos in Rom. 14 verduidelik word dat alle voedsel (in die N.T.) wel rein is, maar daar is gevalle wat sekere kosse vermy moet word soos waar dit wat jy eet, iemand anders aanstoot gee (Rom. 14:20). Ander voorbeelde van voedsel wat ons nie moet eet nie (en waar die reel nie verander het tussen die O.T. en N.T. nie), is die eet van afgodsoffers, en die eet van bloed en dit wat verwurg is (Hand. 15:20,29; 21:25).

Nog iets waardeur iemand ONREIN kan word, is bloedskuld.  Daar is heelwat dinge wat bloedskuld veroorsaak (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-4.html).  In die Ou bedeleing is die met bloedskuld vervloek, en daar was geen offer vir die sonde nie (daarom moes die persoon self met sy eie bloed betaal - en doodgemaak word want bloedskuld het ook die land ONTHEILIG). Daar was geen manier hoe so iemand REIN gemaak kon word sodat hy tussen die HEILIGE volk kon woon, of in die HEILIGE laer kon ingaan nie.   Dieselfde dinge wat bloedskuld veroorsaak het in die O.T., veroorsaak steeds bloedskuld;  behalwe dat waar dit 'n onvergeeflike sonde was in die O.T., is dit nou 'n vergeeflike sonde is in Jesus Christus. (Die enigste onvergeeflike sonde in die Nuwe Testament, is sonde teen die Heilige Gees). Die Christen moet versigtig wees om nadat hy gewas is deur die bloed van Christus, homself nie skuldig te maak aan bloedskuld nie (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/12/wie-op-onwaardige-wyse-eet-of-drink-sal.html).  Paulus het hierdie tema so ernstig opgeneem dat hy gevoel het dat as hy nie die evangelie verkondig na waar die Here hom stuur nie, hulle bloed op hom sal wees, en hy dus nie rein sal wees nie (natuurlik omdat dit sy bediening was en die Here hom die opdrag gegee het om die evangelie te verkondig) (Hand. 20:26; Hand. 18:6).  Hy het goed verstaan die belangrikheid van om REIN te wees.  Die vraag is of Christene vandag ook hierdie verstaan?  

Om geheilig te word, beteken nie altyd dat die persoon ook rein is nie en beteken ook nie noodwendig dat iemand nou gered is nie! (want kyk tog dat items ook geheilig kan word, en kyk hoe die ongelowige geheilig word deur sy gelowige vrou...).  Bv., nie almal wat GEROEP IS, is OOK UITVERKIES nie! Jesus het self geleer dat baie geroep word, maar min uitverkies! (Matt. 22:14)(Ef. 1:4). Kyk ook die vb. van Judas Iskariot - alhoewel hy geroep was (in daardie opsig geheilig om 'n apostel te wees), het dit nie outomaties beteken dat hy ook rein was nie! (Joh. 13:10, 11 - Vgl. dit ook met Joh. 6:64). En alhoewel hy rein gemaak is deur die waterdoop (rein van sonde/sonde afgewas), was hy nie rein t.o.v. sy gewete of hart nie.  Judas Iskariot was geroep, ja, maar is hy uitverkies? -Joh 13:18 - "Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig").  Hy was dus GEHEILIG (m.a.w. geroep), maar dit is duidelik hy het homself nie GEHEILIG (afgesonder vir die Here) nie.

In Joh_15:3 sien ons hoe die Here ook Sy Woord gebruik om Sy kinders te reinig.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------

-  G1506:
Griekse woord, i-lik-ree-nace'; judged by sunlight, that is, tested as genuine (figuratively): - pure, sincere.

In Fil. 1:10 is Paulus en Timoteus se gebed vir die gemeente dat hulle liefde nog meer en meer oorvloedig sal word in kennis en alle ervaring,    "om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat hulle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus".  Kyk ook weer hier die belangrikheid van die "waarheid" - dat as hulle bou op die WAARHEID, hulle sal kan onderskei en so 'n REIN gewete he.  Hy praat verder oor die belangrikheid van SUIWER BEDOELINGE (v. 15,16). Die prediking uit die liefde gaan oor die verdediging van die evangelie (v.17).

So, ook in hierdie konteks gaan G1506 oor SUIWER / REIN gewete.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------


-  G2511:
Griekse woord, kath-ar-id'-zo to cleanse (literally or figuratively): - (make) clean (-se), purge, purify.

Wie word rein verklaar?
In die konteks waarin G2511 gebruik is, gaan dit oor wat God as rein verklaar, en wat nie (Hand. 11:9,15).  Christus het die mag om iemand te reinig -Ons sien hier 'n vb. van waar Jesus 10 melaatses genees en hulle REIN word (Luk. 17:14,17).  Hy gee ook Sy persepsie in Mark. 7:19 oor wat is onrein en wat nie en wys dat in die N.T. geen kos wat ingaan in die liggaam iemand onrein kan maak nie, maar verwys eerder na die hart van die mens, en dat dit van binne is vanuit die hart van die mens, die dinge wat hom onrein maak, bv. slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid (Mark. 7:21,22). "Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein" (Mark. 7:23).

Daarom is dit belangrik dat die kind van God sy gedagtes daagliks vernuwe en liewer bedink dit wat REIN is..., want as hy bv. slegte gedagtes koester, of begeer om losbandig te wees, of afgunstig is, ens., en dit uit hom uitgaan, dan sal dit hom onrein maak... 

_________________________________________________________________________________
UITEENSETTING VAN SKRIFTE:
______________________________________________________
H2889:
Die Hebreeuse woord, haw-hore', taw-hore', pure (in a physical, chemical, ceremonial or moral sense): - clean, fair, pure (-ness).

Mal_1:11  Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is my Naam groot onder die heidene; en in elke plek word tot eer van my Naam reukwerk gebring en ‘n rein offer; want my Naam is groot onder die heidene, sê die HERE van die leërskare.
Zec_3:5  Daarop sê ek: Laat hulle ‘n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die HERE daarby staan.
Eze_44:23  En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein (H2889) is.
Eze_36:25  Dan sal Ek skoon(H2889) water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
Eze_22:26  Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein (H2889) gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.
(Isa 66:20)  En hulle sal al julle broers bring uit al die nasies as offergawe aan die HERE, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê die HERE, net soos die kinders van Israel die spysoffer in ‘n rein voorwerp bring na die huis van die HERE.
Pro_30:12  ‘n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,
Pro_15:26  Die planne van die slegte is vir die HERE ‘n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
Psa_51:10  (51:12) Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.
Psa_19:9  (19:10) Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid—tesame is hulle regverdig.
Psa_12:6  (12:7) Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
Job_17:9  Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.
Ezr_6:20  Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig—hulle almal was rein—en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.
2Ch_30:17  want daar was baie in die vergadering wat hulle nie geheilig het nie, daarom moes die Leviete die paasoffers slag vir elkeen wat nie rein was nie, om hulle aan die HERE te heilig.
2Ch_13:11  En hulle steek brandoffers vir die HERE aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die HERE onse God, maar júlle het Hom verlaat.
2Sa_22:27  by die reine (H2889)rein (H1305); maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
1Sa_20:26  En Saul het dié dag niks gepraat nie, want hy het gedink: Daar het iets met hom gebeur dat hy nie rein is nie; waarlik, hy is nie rein nie.
Deu_23:10  As daar iemand by jou is wat weens ‘n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.
Deu_14:20  Al die rein voëls mag julle eet.
Num_19:18  en ‘n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ‘n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ‘n dooie of aan ‘n graf geraak het.
Num_18:13  Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Num_19:9  En ‘n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op ‘n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die reinigingswater: dit is ‘n sondoffer.
Lev_22:7  Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.
Lev_24:4  Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur.
Lev_24:6  en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ‘n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE.
Num_5:28  Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.
Num_9:13  Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die pasga te hou, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd gebring nie. Dié man moet sy sonde dra.
Num_18:11  Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ‘n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Lev_20:25  Daarom moet julle ‘n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak julleself nie ‘n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.
Lev_14:57  om te onderrig wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.
Lev_13:39  en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone uitslag wat in die vel uitgebreek het; hy is rein.
Lev_13:40  En as ‘n man se hoof kaal word, is hy ‘n kaalkop; hy is rein.
Lev_13:41  En as sy hoof aan die voorkant kaal word, het hy ‘n bles; hy is rein.
Lev_13:37  Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein (H2889), en die priester moet hom rein (H2891) verklaar.
Lev_13:34  Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein (H2891) verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein (H2889) wees.
Lev_13:13  en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein (H2891) verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein (H2889).
Lev_11:47  om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.
Lev_11:36  Maar ‘n fontein of put, ‘n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
Lev_11:37  En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word dit sal rein wees.
Gen_7:2  Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.
Gen_7:8  Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,
Gen_8:20  En Noag het vir die HERE ‘n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
Lev_4:12  die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op ‘n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.
Lev_6:11  Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op ‘n rein plek uitbring.
Lev_7:19  En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet.
Lev_10:10  en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
Lev_10:14  Ook die beweegbors en die hefboud moet julle op ‘n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H2891:
Die Hebreeuse woord, taw-hare', properly to be bright; that is, (by implication) to be pure (physically sound, clear, unadulterated; Levitically uncontaminated; morally innocent or holy): - be (make, make self, pronounce) clean, cleanse (self), purge, purify (-ier, self).

Eze_36:25  Dan sal Ek skoon (H2889) water op julle giet, sodat julle rein (H2891) kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig (H2891).
Eze_24:13  Oor jou skandelike onreinheid, omdat Ek jou gereinig (H2891) het en jy nie rein (H2891) geword het van jou onreinheid nie, sal jy nie meer rein (H2891) word totdat Ek my grimmigheid teen jou tot rus gebring het nie.
Jer_13:27  Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
Pro_20:9  Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?
Psa_51:7  (51:9) Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
Job_4:17  Sou ‘n sterfling regverdig wees voor God? Of ‘n man rein wees voor sy Maker?
2Ki_5:14  Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van God, en sy vlees het teruggekeer soos die vlees van ‘n jong seun, en hy het rein geword.
2Ki_5:13  Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My vader, as die profeet u ‘n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word?
2Ki_5:12  Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.
2Ki_5:10  Toe stuur Elísa ‘n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.
Deu_14:11  Al die rein voëls mag julle eet.
Num_19:19  En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.
Num_31:23  elke ding wat in die vuur kan kom—moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
Num_31:24  Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.
Num_19:12  Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig—dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.
Lev_22:4  Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of ‘n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur ‘n lyk onrein is, of van wie ‘n saadvloeiing uitgaan,
Lev_17:15  En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, ‘n kind van die land sowel as ‘n vreemdeling, moet sy klere was en ‘n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.
Lev_15:13  En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.
Lev_15:28  Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.
Lev_16:30  Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.
Lev_14:53  Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.
Lev_13:58  Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog ‘n keer gewas word, en dit sal rein wees.
Lev_13:59  Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in ‘n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.
Lev_14:4  moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring.
Lev_14:8  Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en ‘n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.
Lev_14:9  En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.
Lev_14:20  En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.
Lev_14:48  Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.
Lev_13:37  Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein (H2889), en die priester moet hom rein (H2891) verklaar.
Lev_13:17  As die priester hom dan bekyk en sien dat die aangetaste plek wit geword het, dan moet die priester die aangetaste persoon rein verklaar; hy is rein.
Lev_13:23  Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het nie, is dit die litteken van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.
Lev_13:28  Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.
Lev_13:34  Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein (H2891) verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein (H2889) wees.
Lev_13:13  en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein (H2891) verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein (H2889).
Lev_12:7  dié moet dit offer voor die aangesig van die HERE en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van ‘n seun of ‘n dogter.
Lev_12:8  Maar as sy ‘n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.
Lev_13:6  Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog ‘n keer en sien hy dat die aangetaste plek dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Dit is ‘n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy rein.
Lev_11:32  En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H1305:
Die Hebreeuse woord, baw-rar', to clarify (that is, brighten), examine, select: - make bright, choice, chosen, cleanse (be clean), clearly, polished, (shew self) pure (-ify), purge (out).

Zep_3:9  Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien.
Psa_18:26  (18:27) by die reine rein (H3105); maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
2Sa_22:27  by die reine (H2889)rein (H1305); maar by die valse betoon U Uself verkeerd.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
H2135:
Die Hebreeuse woord, zaw-kaw', to be translucent; figuratively to be innocent: - be (make) clean, cleanse, be clear, count pure.

Mic_6:11  Sal Ek rein kan wees by ‘n valse weegskaal en by ‘n sak vol bedrieglike gewigte?
Psa_73:13  Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
Psa_51:4  (51:6) Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
Job_25:4  Hoe sou dan ‘n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit ‘n vrou gebore is?
Job_15:14  Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ‘n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H2134:
Die Hebreeuse woord, zak; clear: - clean, pure.


Job_33:9  Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.
Job_16:17  alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.
Job_11:4  en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
Job_8:6  as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H1249:
Die Hebreeuse woord, bar; beloved; also pure, empty: - choice, clean, clear, pure.

(Son 6:10)  Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?
Psa_73:1  ‘n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
Psa_24:4  Hy wat rein van hande en suiwer (H1249) van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H2141:
Die Hebreeuse woord: zaw-kak'; to be transparent or clean (physically or morally): - be (make) clean, be pure (-r).

Job_25:5  Kyk, selfs die maan—hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.
Job_15:15  Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
H2893:
Die Hebreeuse woord, toh-or-aw'; ceremonial purification; moral purity: -  X is cleansed, cleansing, purification (-fying).

Lev_13:7  Maar as die uitslag werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om rein te word, moet hy hom nog ‘n keer aan die priester vertoon.

_________________________________________________________________________________
GRIEKSE WOORDE VIR "rein":
_________________________________________________________________________________
G53:
Griekse woord, hag-nos' - properly clean, that is, (figuratively) innocent, modest, perfect: - chaste, clean, pure.

Jas_3:17  Maar die wysheid van bo is ten eerste rein (G53), dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
1Jn_3:3  En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.
1Ti_5:22  Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.
Php_4:8  Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
2Co_7:11  Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van God—wat ‘n groot ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording, verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
G2513:
Griekse woord, kath-ar-os'; Of uncertain affinity; clean (literally or figuratively): - clean, clear, pure.

Rev_15:6  En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein (G2513), blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.
Rev_19:8  En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Rev_19:14  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
1Pe_1:22  As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;
Heb_10:22  laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
Tit_1:15  Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.
2Ti_1:3  Ek dank God, wat ek van my voorouers af in ‘n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,
2Ti_2:22  Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.
1Ti_3:9  manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou.
1Ti_1:5  Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof
Rom_14:20  Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is.
Act_20:26  Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.
Act_18:6  Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.
Joh_15:3  Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
Joh_13:11  Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.
Joh_13:10  Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein(G2513); en julle is rein(G2513), maar nie almal nie.
Luk_11:41  Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein.
Mat_5:8  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.


------------------------------------------------------------------------------------------------------------
G1506:
Griekse woord, i-lik-ree-nace'; judged by sunlight, that is, tested as genuine (figuratively): - pure, sincere.

(Php 1:10)  om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus,

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
G2511:
Griekse woord, kath-ar-id'-zo to cleanse (literally or figuratively): - (make) clean (-se), purge, purify.

Act_11:9  En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Act_10:15  En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Luk_17:17  Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?
Luk_17:14  En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
Mar_7:19  omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?

------------------------------------------------------------------------------------------------------------


Vrydag 25 Mei 2012

Word sterk in die Here / GEESTELIKE OEFENINGE

Net soos die mens liggaamlike oefening nodig het, so het hy "geestelike oefening" nodig (wat terloops belangriker is as liggaamlike oefening...). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Rol af vir die volgende opsommings:
-  Hoe word ons kragtig/sterk in die Here?
-  Waarna verwys "oefening in die godsaligheid?
-  Wat anders word nog gesien as geestelike oefening?

(vir 'n DAGSTUKKIE oor hoe om kragtig te word in die Here, gaan na:http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2014/03/hoe-raak-ons-kragtig-in-die-here.html).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
HOE WORD ONS KRAGTIG/STERK IN DIE HERE?

Daar is verskeie maniere wat vir ons geskets word in die Skrif van hoe om kragtig te word in die Here, o.a. om die WAPENRUSTING VAN GOD aan te trek, wat veral nodig is vir die geestelike geveg waarin ons betrokke is. In 'n geveg is klere/wapenrusting beslis tot baie nut (om jouself te beskerm en mee te veg), maar iets anders wat nodig is om voor te berei vir 'n geveg, is liggaamlike oefening... As 'n soldaat se liggaam sterk is kan hy bv. veel langer veg en homself beter beskerm - daaglikse liggaamlike oefening is bv. nie net goed vir voorbereiding vir iets (bv 'n geveg) nie, maar is tot baie ander nut ook vir die liggaam (o.a. laat oefening jou tevrede en helder voel, jy't meer energie, ens.).  HIERDIE IS BAIE DIESELFDE WAT "GEESTELIKE OEFENING" VIR ONS DOEN, BEHALWE DAT DIT GEESTELIK IS... (nie fisies nie), en ons dit eintlik meer nodig het! Geestelike oefening kan ons bv. ook sterk maak, maar in die gees!  (die uitwerking is baie dieselfde as liggaamlik, behalwe dat dit geestelik is, nie fisies nie). Christene wat "geestelike oefening" kry is gewoonlik geestelik sterker, is tevrede mense in die Here (bv. in Sy wil),  "sien en dink" soos die Here (is verlig, wakker, sober), ens. 1 Tim. 4:8 leer dat die (oefening in) godsaligheid, is nuttig vir alles! - hierdie is 'n "all-in-one", want geestelike oefening kan selfs jou fisiese gesondheid versterk;  bv., anders as liggaamlike oefening het geestelike oefening ewigheidswaarde! (1Ti 4:8 leer dat die liggaamlike oefening tot weinig nut is..., maar die godsaligheid is nuttig vir alles - hoekom? Omdat "dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het"). Anders as liggaamlike oefening is dit nie net goed vir die teenwoordige lewe nie, maar ook die toekomende!  

Is daar lewe nadat die mens doodgegaan het?  In ander woorde, liggaamlike oefening beteken nie veel vir die toekomende lewe nie..., maar is slegs tot nut vir die teenwoordige (nie dat dit nie nodig is nie, maar die geestelike is belangriker, want dit is goed vir die teenwoordige sowel die toekomende lewe).  "Geestelike oefeninge" in 1 Tim. 4:8 word beskryf as "DIE GODSALIGHEID"... (in die volgende paragraaf word veral ingekyk op hierdie begrip). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die vorige paragraaf het ons gesien dat geestelike oefeninge veral beskryf word as 
"OEFEN IN DIE GODSALIGHEID", maar kom ons kyk wat dit beteken? 

Om die godsaligheid na te jaag en jou daarin te "oefen", is soos om "geestelike oefening" te kry.  
Die Skrif leer dat dit is:
- NUTTIG VIR ALLES/1 Tim. 4:8; 
- saam met vergenoegdheid 'N GROOT WINS/1 Tim. 6:6; 
- KRAGTIG/2 Tim. 3:5; 
- KENNIS VD WAARHEID wat NA DIE EWIGE LEWE LEI/Tit. 1:1,2. 
Kortom, die "pad van godsaligheid" jkan o.a. beskryf word as KENNIS, en verwys nie na wereldse kennis/wysheid nie, maar na die kennis vd Here - die wat op hierdie pad is, is op pad van die ewige lewe (maw, die kennis vd waarheid en die wat DIE HERE KEN;  bv., glo in Jesus en die waarheid wat Hy gebring het, vertrou op Hom, glo Hom...).  In konteks word Christene in 1 Tim. 4 o.a. aangemoedig om "onheilige en oudwyfse fabels te verwerp" (bv. leringe wat mense verbied om te trou of hulle beveel om hulle te onthou van sekere voedsels... - lees dit gerus in konteks), en hulle liewer te OEFEN IN DIE GODSALIGHEID... - hier sien ons hoe baie klem gele word op hoe ons eerder die kennis van die Here moet soek (bv. vir die nuwe bedeling waarin ons is) en ons nie moet ophou met allerhande leringe nie.Wat ons hieruit kan leer, is dat ons wereldse leringe moet verwerp, en eerder die kennis van die Here moet soek - DIT GAAN OOR BEHOUD VAN LEWE..., nie net vir die toekomende lewe nie, maar ook die teenwoordige, maar wat presies is dit wat mense soek vir langer en beter lewe? Meeste mense is vandag slegs ingestel op die liggaamlike oefening en spesifieke voedsels, maar die waarheid is dat dit (nodig is, maar) tot weinig nut!, tewyl geestelike oefening (bv. oefening in die godsaligheid) nuttig is vir alles (vir beide die teenwoordige sowel die toekomende lewe). Waaraan ons veral ag moet gee, is GEESTELIKE OEFENING en GEESTELIKE KOS ('n GEESTELIKE OEFEN -en DIEETPLAN is belangriker).

Godsaligheid word dus o.a. in hierdie gedeelte beskryf as iets wat nuttig is vir alles, en l.w. "saam met vergenoegdheid" 'n groot wins is (vergenoegdheid is heir die Gr. woord "ow-tar'-ki-ah", wat verwys na tevrede wees, genoeg). Wanneer iemand steeds voel hy bereik niks, al doen hy "geestelike oefening" (leer die Here ken, Sy wil, ens.), dan is dit gewoonlik omdat so iemand nie "vergenoeg" is nie;  bv., hy ken die Here se wil, maar Hy is nie tevrede daarmee nie; hy kry kennis van die Here, maar hy leef steeds volgens hoe hy sien en dink... VERGENOEGDHEID is belangrik vir GEESTELIKE OEFENING. Dit help nie jy "oefen" om die Here te leer ken, maar jy is nie tevrede met Sy wil, of het jou opinie oor wat die waarheid is nie. 

Die oefening in die godsaligheid is goed vir die teenwoordige sowel toekomende lewe (terwyl liggaamlike oefening slegs tot nut vir die teenwoordige) - as jy jou hoop plaas in slegs die teenwoordige, sal jy teleurgestel word (1Tim. 4:8 - "Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het"). 

Die begrip "godsaligheid":
Godsaligheid gaan o.a. oor die evangelie/die waarheid, dat dit belangrik is! (1 Tim. 3:16), bv. redding en heiligmaking ('n afgesonderde lewe vir die Here lei/1 Thess. 3:4-7;  afgesonderd van verbode vrugte en eie wil). "Godsaligheid" verwys o.a. na die woorde vd geloof..., nl. die goeie leer en die gesonde woorde van Jesus Christus (1 Tim. 4:7; 6:3,5), waardeur ons LEWE. As ons ons dan daarin moet oefen, dan verwys dit na oefen in lering, in woorde vd geloof, die evangelie... Net soos mense insig soek in liggaamlike oefening en 'n gesonde dieet, net so het ons insig nodig in die gesonde leer en die evangelie van Jesus Christus. "Godsaligheid" (Gr. woord "yoo-seb'-i-ah", wat verwys na goddelikheid en heiligheid/1 Tim. 3:16) is 'n begrip wat basies beskryf hoe iemand 'n goddelike natuur deur die evangelie en die waarheid verkry (1 Tim. 6:6), wat duidelik NUTTIG IS VIR ALLES (1 Tim. 4:8) en 'n groot wins is as jy daarmee vergenoeg is (1 Tim. 6:6; 2 Tim. 3:5). 1 Tim. leer bv. dat saam met dinge soos geregtigheid, geloof, liefde, lydsaamheid, en sagmoedigheid, is godsaligheid die moeite werk om na te jaag... (1 Tim. 6:11). In ander woorde, dit is die moeite werd om 'n goddellike natuur na te jaag..., wat terloops slegs verkry kan word deur die gesonde leer en evangelie van Jesus Christus. M.a.w., ons moet die waarheid/woorde van geloof/die evangelie/Jesus se gesonde woorde..., najaag - en TEVREDE wees daarmee!, want dit is nuttig vir alles, het ewigheidswaarde, en dit is die manier om heiligheid te verkry. Dit verwys in kort na die wat DIE HERE DIEN. Maar die wat bely hulle glo in Jesus Christus maar nie die waarheid en Sy woorde ernstig opneem nie, is soos mense wat 'n gedaante van godsaligheid het... - hulle kom heilig voor, maar is nie! (hulle word bv. o.a. beskryf as mense wat altyd leer maar nooit tot kennis vd waarheid kom nie/2 Tim. 3:5)(kyk 2Ti_3:5  "mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af"- in konteks vewys mense wat net 'n "gedaante van godsaligheid het" na mense wat liefhebbers van hulleself is/hulle dien hulself, bv. grootpraters en trotsaards -  en word o.a. ook beskryf as mense wat nie tevrede is nie, ( is bv. geldgierig). Dit is hoe ons onderskei tussen wie godsaligheid het, en wie net 'n gedaante daarvan het - mense wat die godsaligheid najaag is baie besorg oor die waarheid en die ware evangelie, en staan terloops nie in die pad van die wat die waarheid verkondig nie (is mense wat vergenoegd is en die Here gehoorsaam, want hulle dien Hom, nie hulleself nie). Die godsaligheid is iets wat moet nagejaag word - ons moet onsself daarin OEFEN (1 Tim. 4:7,8)(moet oefen om die kennis van die Here te kry en dit te leef). 

Kom ons kyk na nog skrifte waarin die woord "godsaligheid" voorkom, en waarna dit elke keer verwys in konteks:
1Ti_3:16  En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid (Gr. woord "yoo-seb'-i-ah", wat o.a. verwys na heiligheid/afgesonder - godsaligheid) is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid. (verwys na die evangelie)
1Ti_4:7  Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid. (verwys na die woorde vd geloof en die goeie leer)
1Ti_4:8  Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het. (nuttig vir alles)
1Ti_6:3  As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie, (die leer volgens die godsaligheid)
1Ti_6:5  nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense. (die leer vd godsaligheid wat o.a. verwys na die gesonde woorde van Jesus Christus)
1Ti_6:6  Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins. (evangelie en waarheid is voldoende)
1Ti_6:11  Maar jy, man van God, vlug van hierdie dinge weg, en jaag ná die geregtigheid, godsaligheid, geloof, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid. (1Ti 6:12)  Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. (godsaligheid, en baie ander dinge hier genoem, moet nagejaag word)
Tit_1:1  Paulus, ‘n dienskneg van God en ‘n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is(Tit 1:2)  in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het, (die evangelie)
Christene wat nie Jesus se woorde ernstig opneem nie (maar bv. self besluit wat is reg en verkeerd), is nie besig om hulle in die kennis van die waarheid te OEFEN nie (hulle bly soek en soek, bv. vir kennis wat hulle in die gehoor streel - het 'n gedaante van godsaligheid). Christene wat ander bv. gelowe raadpleeg (en deelneem aan ander geloofspraktyke) is nie besig om hulle in die evangelie en gesonde leer te oefen nie (of is nie tevrede met die Here se wil en woorde nie).   

OEFENING in die godsaligheid gaan oor om heiligmaking na te jaag en om jou hoop in die evangelie en Jesus se woorde te plaas:
Die begrip "godsaligheid" verwys na hoop op LEWE - saligheid/redding/goddellike natuur... - soos dat ons in 'n WEDLOOP is waarin ons verwag om saligheid eendag volkome te verkry (nl. die belofte wat deur hierdie evangelie beskryf word).  Anders as liggaamlike oefening verwys hierdie "oefening in godsaligheid" nie na werke (bv. om saligheid te verkry nie) nie, maar eerder na "diensbaarheid aan die Here" (omdat ons die belofte van saligheid alreeds in Hom het - sien "die evangelie")(maw dit verwys veral na geloof in die waarheid en om die wil vd Here te doen). Dit is die verskil tussen die een wat ag gee op die pad van godsaligheid en die een wat slegs 'n gedaante het daarvan, is die feit dat die eerste groep DIE HERE DIEN (Hom gehoorsaam, vertrou, en vergenoeg is in Hom), maar die tweede groep DIEN HULLESELF (2 Tim. 3). Die eerste groep soek die Here se wil, die tweede groep soek hulle eie wil. 

Wanneer Paulus die stelling maak dat ons ons moet oefen in die godsaligheid, dan is dit in konteks met hoe hy sy liggaam sien soos 'n vyand teen wie hy te staan kom... (jy moet jou liggaam kasty om die wil van die Here te doen, versoekinge te weerstaan, gedagtes te verander, ens. - jaag Sy waarheid na, en vertrou dat Sy wil genoeg is)(vir nog 'n studie oor die tema van godsaligheid, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/10/die-godsaligheid.html). Nie alle kinders vd Koninkryk wat deelneem aan hierdie wedloop, sal eendag "opstaan tot lewe" nie (Joh. 5:29)(1Kor. 9:24 - "Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie"). In konteks 1 Kor. 9 word hulle bv. beveel "om NIE begerig te wees na die slegte dinge nie", om "NIE afgode te aanbid of geestelik te hoereer nie", "om NIE die Here te versoek nie", en om "NIE te murmureer nie"... - in ander woorde, om die godsaligheid na te jaag beteken die teenoorgestelde van hierdie dinge; bv., moet die Here alleen aanbid en raadpleeg / moet die regte dinge begeer / vertrou die Here / wees tevrede..ens.)(1Tim. 6:6). Hierdie is o.a. 'n invloed van geestelike oefening (nl. "oefen in godsaligheid"), is dat iemand meer tevrede is. Net soos liggaamlike oefening 'n invloed op ons liggame het sodat ons TEVREDE voel, op dieselfde wyse maak geestelike oefening ons geeste tevrede. Oefening in die godsaligheid kan dus miskien o.a beskryf word as HART- of GELOOF OEFENINGE - dit gaan bv. oor wat jy begeer (ons moet die regte dinge begeer), en of jy jou denke verander tot gehoorsaamheid aan Christusom die Here te vertrou en tevrede te wees met Sy wil.  Volgens 2 Pet. 2:14 verwys die wat vals is o.a. na mense is wat "hulle hart geoefen het in hebsug"... (2Pe 2:14). Die vraag is, watter soort oefening gee jy jou hart? (wat begeer jy?, wat dink jy?). Ons sien dus hoe belangrik dit is dat jy jou hart oefen om die regte dinge te begeer, om die Here te vertrou, om jou gedagtes te verander tot gehoorsaamheid aan Christus (en dit sal jou gees ook tevrede maak!). Mense wat geestelike oefening doen, het baie meer sekerheid. Om meer te verstaan waaroor geestelike "hart- en geloofoefeninge" gaan, kan daar ingekyk word op die volgende temas (https://warechristene.blogspot.com/2012/01/oefen-jou-in-die-godsaligheid.html)(https://warechristene.blogspot.com/2012/04/god-weet-wat-jy-dink.html)(https://warechristene.blogspot.com/2013/09/versoeking-3-jy-mag-die-here-jou-god.html).  

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
WAT ANDERS IS DAAR WAT NOG GESIEN KAN WORD AS GEESTELIKE OEFENINGE IN DIE SKRIF?
Ons het alreeds gesien dat geestelike oefening net so belangrik soos liggaamlike oefening - en is eintlik meer belangrik! (want dit het ewigheidswaarde). In die vorige paragrawe het ons ook gesien dat dit veral beskryf word deur die term "die godsaligheid". Kom ons kyk of daar enige iets anders is wat ook in die Skrif gesien kan word as geestelike oefening.

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde in die Skrif wat vir ons lig werp hierop:

- Net soos jy jou liggaam kasty wanneer jy liggaamlike oefeninge doen/diensbaar maak, net so moet jy jou liggaam kasty vir geestelike oefeninge om dit diensbaar te maak aan die Here. 1 Kor. 10 leer dat die Christen wat nie sy eie liggaam kasty en diensbaar maak nie, is soos iemand wat in die lug slaan! Die wat deur die Gees lewe/die Heilige Gees gehoorsaam, is besig om hulle liggame te kasty en diensbaar aan die Here (se wil) te maak (Rom 8:13,15 - "want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God")(geestelike mense is onder die wet van Jesus Christus en "onder die Gees"). In ander woorde, geestelike oefening in hierdie konteks verwys na "die wil van die Here doen" - gees ag op Sy woorde en luister na die Heilige Gees.

- Ons moet ons geestelik oefen oor "om 'n rein gewete te hê". Vgl. hierdie tema gerus met Paulus se woorde in Hand. 24:15,16 - ("en ‘n hoop op God het, ‘n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar ‘n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges. Daarom OEFEN ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê"). Ons moet God in 'n REIN GEWETE dien...(2 Tim. 1:3; 1 Tim. 1:5) - en moet voor mense kan staan met 'n rein gewete. (https://warechristene.blogspot.com/2016/09/rein-skrifgedeeltes-en-betekenis.html)

- Geestelike oefening help dat iemand op die regte weg bly, of terugkom op die weg: (Spr. 22:6 - "Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie"). Bv., sondagskool of familie bybelstudie is belangrik vir Christelike kinders - alhoewel dit nie altyd vir hulle lekker is nie en miskien te veel voel (veral omdat die publieke alreeds soveel krag van hulle tap), is die geestelike lering belangriker omdat dit ewigheidswaarde het.

Om die Here se tugtiging te verdra:  (Heb 12:11-13 - "Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op; en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word"). Om die Here se tugtiging te verdra word ook gesien as geestelike oefening (en die vrug daarvan is geregtigheid!). Vgl. dit met (Hos 7:15a - "Alhoewel Ek hulle arms geoefen (Hebr. woord "yaw-sar'", wat o.a. kan beteken tugtig of leer) versterk het, .............") - die Here se tugtiging en lering maak jou STERK. 

- Geestelike oefeninge om te onderskei tussen goed en kwaad: Net soos liggaamlike oefeninge gewoonlik gepaardgaan met 'n goeie dieet, net so is GEESTELIKE KOS EN WATER belangrik wanneer dit kom by GEESTELIKE OEFENING. Sekere oefeninge (bv. om spiere te bou) dra ook slegs vrug wanneer dit gereeld geskied vir 'n lang tyd - dit is dieselfde met geestelike oefeninge...;  bv., om te kan onderskei tussen goed en kwaad kos "geestelike groei" (en vir geestelike groei het jy geestelike kos en water nodig)(Heb 5:12-14 - "Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei") - geestelike groei is belangrik voor iemand by die "volwasse"-stadium van Christenskap kom (kinders kan bv. nog nie onderskei nie en het lering en ondervinding nodig... - dit is waarom ouers vir hulle hul besluite neem). Daar is m.a.w. geestelike groei nodig voor iemand self kan kom by die stadium waar hy kan onderskei tussen goed en kwaad  (vir 'n studie hieroor, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2021/03/die-geestelike-mens-as-baba-en-kind.html). In ander woorde, GEESTELIKE GROEI (waarvoor geestelike kos en water nodig is) kan ook soos "geestelike oefening" gesien word. Om meer te verstaan waaroor "geestelike groei-oefeninge" gaan, kan ingekyk word op die volgende onderwerpe: (https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2024/10/waarna-verwys-lig-kos-en-water-geestelik.html)(https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2016/01/wanneer-is-iemand-regtig-volwasse.html).
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------