Wys tans plasings met die etiket algemene vrae saligheid. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket algemene vrae saligheid. Wys alle plasings

Vrydag 27 Junie 2025

Algemene vrae oor Saligheid (3) - Wat gebeur met iemand wat gered word?

Vir ander poste in hierdie reeks, gaan na:
- (2) Hoekom het ons saligheid nodig? (Tweede deel) 
In hierdie pos:
-  (3) Wat gebeur met iemand wat gered word? (in ander woorde, hoe lyk die redding?)

Neem kennis dat waar skrifte ontbreek in onderstaande paragrawe, kan daar op die "links" geklik word vir opsommings en skrifte oor daardie onderwerp.
___________________________________________________________________________________
DIE MENSDOM KAN INGEDEEL WORD IN TWEE GROEPE, NL.: 
- "NATUURLIKE MENSE" (kinders van Adam)(Jud. 1:10; 1 Kor. 2:14), en 
- "GEESTELIKE MENSE" (kinders van God)(1 Kor. 2:14,15; 3:1)(weergebore mense word gesien soos "geestelike mense" (mense wat "uit God gebore" is)). 
 
Mense wat GERED is word o.a. na verwys as "geestelike mense" (hulle sonde is vergewe en hulle het die Heilige Gees) - en word ook na verwys as "weergebore" (soos mense wat "oor gebore" is - wel nie fisies nie, maar het dit uit die geloof ontvang) ("uit God gebore" - asof uit Sy saad, en dit gebeur deur water en Gees - kinders van Jesus Christus, kinders van God).(Joh 1:12,13 - "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;  wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is"). Mense word as natuurlike mense gebore  (onder sonde - is soos slawe van sonde gebore / is slawe van sonde, wat beteken hulle "dien die sonde"), en het nodig om vry te kom van hierdie slaafskap... Dit is deels waarom ons redding nodig het.  Hoekom?  Want die loon van die sonde is die dood... Dood is soos die mens se vyand, en as ons nie vrykom van ons slaafskap nie, dan is ons uiteinde die dood 
- (vir 'n bybelstudie oor hoekom ons saligheid nodig het, gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2020/07/bybelstudie-die-begrip-saligheid-hoekom.html)
- (vir 'n bybelstudie om die begrip "saligheid" beter te verstaan, gaan na: http://warechristene.blogspot.com/2020/08/bybelstudie-die-begrip-saligheid-oorsig.html.  Daar is 'n manier om losgekoop te word van hierdie slaafskap - nl. ons kan deur geloof in Jesus Christus vrymaking deur die wedergeboorte verkry (en as jy losgekoop is, behoort jy natuurlik nou aan 'n ander, nl. die Een deur wie jy losgekoop is, m.a.w. Jesus Christus)(1 Kor. 7:22; Hand. 4:12). Geloof in die Een wat jou kan vrykoop is belangrik (om vrygekoop te kan word), en die manier hoe hierdie vrykoping plaasvind word "wedergeboorte" genoem (asof hulle van voor af gebore word - word m.a.w. "oor gebore", maar hierdie keer uit Gees gebore... - is dus nie meer 'n slaaf vir die sonde nie, maar nou 'n slaaf vir die Een deur wie hulle losgekoop is, hulle dien Hom en dien Sy Gees). Jou meester (die een vir wie jy dien) bepaal jou uiteinde - die natuurlike mens (die wat in hierdie slawerny gebore is) se uiteinde is die dood, maar die geestelike mens se uiteinde lyk anders - die geestelike mens (wat aan Jesus Christus behoort) se uiteinde is nie die dood nie, maar lewe. (1) Hierdie is veral "hoe redding lyk" - mense wat REDDING ontvang het, is VRY van hulle slaafskap onder sonde, en behoort nou aan 'n ander, nl. Jesus Christus (deur wie hulle losgekoop is). Tereg word weergeborenes "Christene" genoem. Die saligheid wat egter belowe word vir die wat glo in Jesus Christus, en Hom gehoorsaam, is nie net tydelik nie maar is 'n EWIGE SALIGHEID! (Heb 5:9). Vir die wat "ingaan" word belowe dat daar nooit meer dood sal wees nie... (Openb. 21:4; Jes. 25:8) - hulle sal reg hê op DIE BOOM VD LEWE en ingaan deur die poorte in die stad, die nuwe Jerusalem (Openb. 22:14). 

NATUURLIKE MENSE is verganklik.
GEESTELIKE MENSE is onverganklik (alhoewel dit eers voltrek word in die opstanding - m.a.w., hulle het die belofte van ewige lewe - hulle innerlike mens is reeds vernuwe, ja, maar nog nie die uiterlike mens nie, daarom gaan die liggaam steeds dood)(1 Kor. 15:22; Rom. 5:12). (2) Hierdie is deel van "hoe redding lyk" - mense wat REDDING ontvang het, het die belofte van LEWE (hulle sal nie deur die tweede dood gaan nie/hulle sal nie onder die toorn val nie; en al gaan hulle liggame dood sal hulle opgewek word uit die dood in nuwe liggame (wat vir ewig lewe). Alhoewel geestelike mense se redding eers voltrek word in die opstanding, is redding iets wat alreeds in hierdie lewe begin..., want wanneer iemand sterwe volg die oordeel...(Hebr. 9:27). En noodwendig het weergeborenes die belofte van EWIGE LEWE...;  m.a.w., GEREDDES is die mense wat die Koninkryk (en aarde) gaan beerwe - vlees en bloed (m.a.w., natuurlike mense) kan nie die koninkryk beerwe nie... (1 Kor. 15:50), want logies gesproke moet iemand ONVERGANKLIK wees om die (ewige) Koninkryk te kan beërwe (1Kor. 15:50). (3)  Dus, hoe lyk redding? Die wat REDDING ontvang, is onverganklik;  of meer presies, die wat nou "gered" word het die belofte dat hulle onverganklikheid sal erf, wat beteken hulle sal die (ewige) KONINKRYK kan ERF.

Daar is 2 elemente van wedergeboorte, nl. WATER en GEES (m.a.w., sonder "water" of afwassing van sonde, en sonder die ontvang vd Gees, kan niemand weer gebore word nie!) - daarom: 
- "natuurlike mense" het nie die Gees van God nie;  
- "geestelike mense" het die Gees van God. 
Wanneer iemand weergebore word word hy 'n NUWE MENS (Ef. 4:24; Kol. 3:10)  - hy is skoongewas en die Heilige Gees verander so iemand om te begin anders dink en sien (was eens uit vlees (en bloed) gebore, maar is nou gebore uit water (afwassing van sonde) en uit Gees (ontvang die Heilige Gees)...- hierdie vernuwing verwys natuurlik huidiglik na die innerlike, maar die uiterlike sal ook eendag vernuwe word). (4) Hierdie is nog iets wat beskryf "hoe redding lyk" - mense wat REDDING ontvang het, VERANDER... / hulle is soos nuwe mense, en ontvang selfs ander karakter, gawes en bedieninge (hulle het wel sekere karaktertrekke en talente deur die bloedlyn ontvang, maar die Gees verander hulle in mense met 'n ander karakter - hulle verkry 'n goddelike natuur) en talente (soos die Gees deur hulle werk volgens wat nodig is). 
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE WAT REDDING ONTVANG, ONTVANG REDDING VAN BEIDE DIE UITERLIKE ASOOK DIE INNERLIKE MENS: 

Die mens bestaan nie net uit 'n liggaam nie, maar het ook 'n gees/siel - het 'n UITERLIKE en 'n INNERLIKE. Daar word gewoonlik na die UITERLIKE MENS sommer net verwys as "liggaam", en na die INNERLIKE MENS as "siel" (wat verwys na die gees vd mens / die mens van binne). Wanneer die mens sterf is dit sy uiterlike mens (die liggaam) wat sterwe - die innerlike mens verlaat dan die liggaam en word in 'n plek gehou tot op die dag van oordeel.  Natuurlike mense sal deur die tweede gaan, maar geestelike mense het die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie (tensy hulle afval of nie die nodige vrug het om die ewige lewe te oes nie - nie alle kinders vd koninkryk sal bv. eendag "opstaan tot lewe" nie - alle geestelike mense het die belofte, ja, maar op voorwaarde van GELOOF!  Die Skrif leer dat sommige, bv. die "slegtes", sal "opstaan tot veroordeling...). Die wat in die OPSTANDING "opstaan tot lewe" sal die LEWE oes - hulle liggame sal ook vernuwe word (dan is die dood finaal oorwin). Ons sien dus dat, wat REDDING aanbetref, jy nie net vernuwing nodig het van die innerlike mens nie, maar ook van die uiterlike mens.

Volgens die Skrif het die mens nie net 
- redding nodig van die siel (innerlike mens)(1 Pet. 1:9; 3:21; Hebr. 10:22) nie, maar ook 
- redding nodig van die liggaam (uiterlike mens)(Hebr. 9:13; 10:22). 
As die mens nie redding kry nie, sal hy doodgaan... - dit verwys nie net na die dood van die liggaam (uiterlike mens) nie, maar beide die liggaam en siel sal eendag verderf word as die mens nie redding kry nie ("tweede dood" = poel van vuur) - l.w. dat die term "dood" nie net verwys na wanneer die uiterlike mens (sy laaste asem uitblaas en) doodgaan nie, maar daar is ook 'n "tweede dood" (wanneer beide liggaam en siel in die hel verderf word...)(Openb. 20:14; 21:8). Dit is duidelik dat die uiterlike mens vd weergeborene nog nie vernuwe is nie! (want as dit was sou mense wat weergebore is se uiterlike nie sterwe nie). Die weergeborene word alreeds soos 'n nuwe mens gesien omdat sy innerlike vernuwe is;  of meer presies, word daagliks vernuwe...(2 Kor. 4:16;  en is iets wat vd geestelike mens ook verwag word-Ef. 4:23; Kol. 3:10), en hy het die belofte dat sy uiterlike ook eendag vernuwe sal word! (met 'n "verheerlikte / geestelike liggaam", 'n liggaam wat vir ewig sal lewe).DIE FEIT DAT DIE LIGGAAM NOG NIE VERNUWE IS NIE, HET 'N EFFEK OP DIE HUIDIGE STAND VAN DIE WEERGEBORENE, WANT DIT BETEKEN DAT HY WEL DIE BELOFTE HET VAN REDDING EN IN BAIE OPSIGTE AL WEL VERANDER HET, MAAR SY REDDING IS NOG NIE VOLTREK NIE... (https://bybelstudieopsommings.blogspot.com/2025/01/aanneming-tot-kinders.html).  Die innerlike van die wat weer gebore word word dus alreeds vernuwe, maar saligheid word na regte eers heeltemal voltrek in "die opstanding"... (wanneer die uiterlike mens ook vernuwe word - en dan eers is die dood finaal oorwin...-1Kor. 15)(Dan. 12:2; Luk. 20:36). In ander woorde, die weergeborene het alreeds die belofte van LEWE, maar het dit nog net deels ontvang (het nog nie die dood finaal oorwin nie). In die opstanding (wat eers sal gebeur wanneer Jesus terugkom) sal weergeborenes nuwe liggame ook kry (wat vir ewig lewe).

Na regte is weergeborenes dus alreeds soos mense wat "opgestaan het uit die dood" in die sin vd innerlike wat vernuwe is (kyk temas "met Christus beklee", "vrug dra tot ewige lewe" ens.), maar hulle het die belofte dat hulle uiterlike ook eendag vernuwe sal word en daarom wag hulle vir "die opstanding" (hulle sal "verheerlikte liggame" kry wanneer Jesus terugkom - liggame wat vir ewig kan lewe, en Jesus is die Een wat sal besluit wie Hy opwek tot hierdie "lewe" en wie nie - die wat "opstaan tot lewe" sal nie deur die tweede dood gaan nie - kyk tema van "eerste opstanding")(Fil. 3:21; 1 Kor. 15:38-50; 1 Pet. 1:4,5; Joh. 6:39,40; Hand. 2:38; 22:16; 1 Thess. 5:9; ens.). Hierdie is terloops dinge wat o.a. deur die Christelike waterdoop voorgestel word, nl. (1) vergifnis van sondes (Matt. 9:6; Mark. 2:10; Luk. 5:24); asook (2) die doop simboleer dood en opstanding vd een wat weergebore word (in die sin van 'n nuwe lewe...;  bv. "om die een te dien deur wie hulle losgekoop is en kan nou vrug dra tot ewige lewe")(Kol. 2:11,12; Rom. 6);  asook wys die Christelike waterdoop (3) op die belofte van opstanding in 'n nuwe liggaam (uiterlike) eendag! (1 Kor. 15)(vir die wat vashou, oorwin, vrug dra, ens.). Weergeborenes is deur die Heilige Gees VERSEEL tot daardie dag van verlossing (Ef. 4:30)(sodat hulle kan opstaan "tot lewe"/ewige lewe beerwe/sal nie deur tweede dood gaan nie - natuurlik verwys dit na die wat "opstaan tot lewe"-Joh. 5:29).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
OPSOMMING:

Wat gebeur met iemand wat gered word?
(1) Mense wat REDDING ontvang is VRY van hulle slaafskap onder sonde en behoort nou aan 'n ander, nl. Jesus Christus (deur wie hulle losgekoop is - hulle dien Hom - is slawe van Hom). Tereg word weergeborenes "Christene" genoem (want hulle is volgelinge van Jesus Christus).
(2) Mense wat REDDING ontvang, het die belofte van (ewige) LEWE (hulle het vergifnis van sonde ontvang en sal dus nie die dood oes nie, en hulle het die Heilige Gees - die innerlike mens is vernuwe en deur die Gees is hulle instaat om "vrug tot lewe" te dra sodat hulle eendag die lewe kan oes. Maar natuurlik verwys redding nie net na redding van die siel nie, maar ook die uiterlike moet vernuwe word, wat in die opstanding sal gebeur.  Daarom sal hulle sal nie onder die toorn val nie - al gaan hulle liggame dood sal hulle opgewek word uit die dood in nuwe liggame wat vir ewig lewe). 
(3) Mense wat REDDING ontvang sal die KONINKRYK BEERWE, want hulle is onverganklik! (jy kan nie 'n "ewige" koninkryk erf as jy self nie "ewig" kan lewe nie;  daarom kan "vlees en bloed", nl. natuurlike mense, nie die koninkryk beerwe nie...). 
(4) Mense wat REDDING ontvang, VERANDER... / hulle is soos nuwe mense, en ontvang selfs ander karakter, gawes en bedieninge (hulle het wel sekere karaktertrekke en talente deur die bloedlyn ontvang, maar die Gees verander hulle in mense met 'n ander karakter - hulle verkry 'n goddelike natuur; en hulle kry talente, nl. gawes en bedieninge soos die Gees deur hulle werk volgens wat nodig is

"SALIGES" (die wat redding het) verwys na dissipels van Jesus Christus (Luk. 6:20):  Alhoewel saligheid verniet is, is dit op voorwaarde wat dit ontvang word, nl. op die voorwaarde van GELOOF (wat basies gaan oor "wie jy dien"). Gereddes verwys dus na mense wat nie aanstoot neem aan Hom (Jesus Christus) nie (Matt. 11:6) - hulle GLO IN HOM (1 Joh. 5:13); bv., GLO wie Hy is, in Sy woorde, gehoorsaam Hom, vertrou op Hom, raadpleeg Hom, ens.  Noodwendig moet hulle "waak en hulle klere bewaar" (Openb. 16:15), luister na die woord van God en dit bewaar (Luk. 11:28; Openb. 1:3; 22:7,14); moet arm van gees wees, Hom vrees (Matt. 5:3; Jes. 66:2; Deut. 8:6); sagmoedig/nederig wees (Matt. 5:5); honger en dors na die geregtigheid (Matt. 5:6); barmhartig wees (Matt. 5:7; Matt. 25);  rein van hart wees (Matt. 5:8); vredemakers (Matt. 5:9); bereid wees om vervolg te word ter wille vd geregtigheid (Matt. 5:10,11; 1 Pet. 3:14), ly ter wille van Hom (Luk. 6:20-22); versoeking verdra (Jak. 1:12), sien nie, maar GLO (Joh. 20:29), ens. 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------