Dinsdag 18 November 2025

Geeste van alle vlees (2)

Vir die eerste deel oor hierdie onderwerp, gaan na:

http://warechristene.blogspot.com/2019/10/die-geeste-van-alle-vlees.html.

IN HIERDIE POS STAAN ONS STIL BY DIE BESKRYWING asook ALLERHANDE FEITE IN DIE SKRIF RONDOM DIE GEESTE VAN MENSE OF DIE TERM "GEESTE VAN ALLE VLEES".

Rol af vir die volgende opsommings:

- Kort opsomming: Die begrip "geeste van alle vlees".

- Hoe kan die gees vd mens beskryf word?

- Lewe en dood

- Die mens se gees kan verander/beinvloed word.

- 'n Gees laat 'n liggaam lewe = lewende siel.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------KORT OPSOMMING:

- Num_16:22  Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste (Hebr. woord "pnyoo'-mah", wat verwys na asem of 'n bries en vertaal word as "'n gees, lewe, geestelik, verstand...")
 van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?

- Num_27:16  Laat die HERE, die God van die geeste (Hebr. woord "roo'-akh", wat ook verwys na wind, bv. asem of verwys na die gees van 'n wese - word vertaal as "asem, gees, gemoed, verstand, wind", ens.) van alle vlees (Hebr. woord "baw-sawr'", wat verwys na 'n liggaam of persoon - liggaam, vlees, familie, soort, die self, naaktheid, vel), ‘n man oor die vergadering aanstel.

Kortom, die begrip "gees van vlees" verwys na 'n GEES IN 'N LIGGAAM. In bg. konteks is die woord "vlees" gebruik van die mensdom en dier (alles wat op die aarde lewe)(van die mense, voëls, vee, wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel-Gen. 7:21)(die woord "vlees" is 'n ander woord wat vir "liggaam" gebruik word) - vir 'n studie oor "die liggaam" (vd mens), gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2019/05/die-liggaam.html.  Die tema "geeste van alle vlees" kan ook vgl. word met die begrip "vlees waar 'n lewensgees in is" (Gen. 6:17);  in ander woorde, 'n LIGGAAM WAARIN 'N LEWENSGEES IS. Die begrip "geeste van alle vlees" verwys dus na die geeste van dit wat lewe op aarde (van mens en dier).

Die woord "gees" word gebruik om te verwys na die mens se innerlike - "Pnyoo'-mah" ('n gees, gees, lewe, verstand) - Heb. 12:9 ("Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?").  Die gees vd mens verwys dus na die INNERLIKE vd mens...  - die gees wat vir hulle asem gee... - lewe, verstand, ens./word somtyds bloot na verwys as die siel, want gees verander die mens in 'n lewende siel; of word bloot na verwys as die "innerlike mens") - sonder gees kan niemand lewe nie... (vir 'n studie hieroor, met skrifte, gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2018/10/lig-nodig-om-lewende-wese-te-wees.html). 

Die woord "GEES" verwys dus na 'n gees, wat bv. in 'n liggaam kan ingaan... - die mens het 'n gees nodig om te kan lewe.  Of anders gestel, 'N GEES IN 'N LIGGAAM (wat die mens laat lewe...= lewende siel). Waar die woord "gees" gebruik word in die Skrif vewys dit nie altyd na die mens se gees nie...;  bv., dieselfde Grieks en Hebr. woord wat in bg. skrifte gebruik word vir "geeste" (van alles vlees), word ook in ander skrifte gebruik om na "ander geeste" te verwys... (dit is die Gr. woord "pnyoo'-mah - Luk. 11:26; Matt. 12:32,45 - hierdie selfde Gr. woord word bv. ook vir "gees" gebruik waar daar verwys word na bose/onrein/slegte geeste;  ditto woord vir gees word ook gebruik om na die Heilige Gees te verwys - ook ditto woord "roo'-akh" in Hebreeus (Jes. 63:10,11) - gaan na hierdie pos om die woord te bestudeer: https://warechristene.blogspot.com/2023/09/wie-is-die-heilige-gees.html);  m.a.w., nie oral waar die woord "gees/te" gebruik word in die Skrif verwys dit na die mens se gees nie - konteks is dus belangrik, want daar is baie geeste! Nie net het mens en dier geeste nie, maar daar is ook ander geeste. Daar is bv. die Gees van God (weergeborenes ontvang die Heilige Gees - afgesonderde Gees van God), maar daar is ook ander geeste, bv. bose of onreine geeste - 'n gees kan in 'n liggaam ingaan... 

DIE BEGRIP "GEES vd mens" VERWYS NA "DIE INNERLIKE MENS" (Rom. 7:22; 2 Kor. 4:16; Ef. 3:16; 1 Pet. 3:3,4; 1 Sam. 16:17):
- Die gees vd mens word somtyds bloot na verwys as "DIE SIEL" (vd mens)(Ps. 31:10; Matt. 10:28); alhoewel die woord siel gewoonlik meer vewys na die lewendige liggaam ('n lewende siel)... - die begrip "siel" word dus gebruik vir beide die gees vd mens en die mens as lewende siel (die fisiese liggaam wat lewendig is, en terloops nie kan lewe sonder asem nie). Vir 'n studie oor "die siel", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2020/06/die-siel-vd-mens.htmlDie mens bestaan uit liggaam, siel en gees, 1 Thess. 5:23)
- Op ditto wyse word daar na die innerlike mens verwys as "'n GEES", maar die woord gees beteken ook asem... - die begrip "gees" word dus nie net gebruik om na die mens van binne te verwys nie, maar verwys ook na asem (bv., die asem wat iemand uitblaas wanneer hy doodgaan... - die fisiese asem verlaat dan die liggaam en gaan terug na God wat dit gegee het;  asook verlaat die gees vd mens/mens van binne dan die liggaam en gaan na 'n plek waar dit wag op die opstanding of op die ewige oordeel).  Vir 'n studie oor "gees", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2020/05/asem-gees-lig-gees-vd-mens.html).
- Daar word na die gees vd mens ook verwys as "DIE MENS VAN BINNE" of 'n "GEES IN BINNESTE" (Mark. 7:23; Job 32:18; Jes. 26:9; Eseg. 11:19 ens.), of "DIE MENS SE GEES" (Ps. 32:2).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Hoe kan die gees van die mens beskryf word?

DIE GEES VAN DIE MENS is soos LIG VIR DIE LIGGAAM, en kan soos 'n PERSOON gesien word:

DIE GEES VAN DIE MENS KAN SOOS 'N LAMP VOORGESTEL WORD:
- Dit is nie net ons liggame wat ons beskryf nie, maar veral  jou gees wys wie jy is... (Spr. 20:27 - "Die gees van die mens is ‘n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste").

DIE GEES VAN DIE MENS IS DEUR DIE HERE GESKEP:
- God is die Skepper van siele (Jes. 57:16).
In elke mens se binneste word daar 'n gees geformeer (Sag. 12:1)
(wat nie verwys na die liggaam/uiterlike mens nie, maar na die siel/die mens van binne). 

DIE GEES VD MENS KAN OOK MET SAAD/'n PLANT/of 'n BOOM VOORGESTEL WORD, WAT GROEI EN VRUG DRA:  - Hierdie soort beeldspraak word baie in die Skrif gebruik, bv. dat gelowiges is soos saad wat in die wêreld geplant word en groei tot 'n boom wat vrug dra... (Matt. 3:10; 21:43; ens.). Kyk bv. na begrippe soos "oestyd", "saai en maai", "vrug dra", ens. Jesus Christus word o.a. voorgestel soos 'n wynstok met die Vader as landbouer en gelowiges is lote... Met Jesus se wederkoms sal daar verskeie oordele plaasvind, en o.a. sal elkeen "se vrug geoes word" (en die wat geen vrug dra nie, of hulle vrug verloor het, sal uitgekap word). Ook die begrip "saad" word op hierdie manier somtyds gebruik;  bv., nie alle saad in die koninkryk van God verwys na goeie saad nie, maar daar is ook slegtes asook onkruid wat (deur die bose) onder die koring gesaai word... So, ons sien dat hierdie soort beeldspraak baie gebruik word in die "evangelie vd koninkryk". DIE MENS SE GEES WORD SOOS SAAD OF 'N PLANT OF BOOM VOORGESTEL WAT GROEI EN VRUG DRA - NATUURLIKE MENSE DRA VRUGTE VIR DIE DOOD, GEESTELIKE MENSE DRA VRUG TOT LEWE... Weergeboorte wys daarop dat nuwe saad gesaai is - DIE GEES IS VERNUWE/Eseg. 11:19; Gal. 6:8; ens. - so 'n persoon met 'n gees wat wederbaar is, word gesien as familie van God, groei geestelik, en is instaat om vrug tot ewige lewe te dra! (Rom. 6:22). Die weergeborene se vernuwing verwys bv. nie na die liggaam se vernuwing nie (alhoewel hulle die belofte het dat hulle liggame ook eendag vernuwe sal word), maar na die gees vd mens/die mens van binne/die innerlike mens/die siel (wat in die mens se liggaam is) se vernuwing - die liggaam self word eers vernuwe in die opstanding wanneer Jesus terugkom. 

DIE MENS SE GEES MOET OOK GESIEN WORD SOOS 'N PERSOON WAT GROEI:  
- word bv. somtyds na verwys as "die mens" van binne of die woord "hart word gebruik/Mark. 7:71;  EN HET TERLOOPS NET SOOS DIE UITERLIKE MENS/liggaam, OOK KOS EN WATER NODIG, EN NODIG OM BEKLEE TE WORD... (klik op die betrokke woord om na die skrifte te gaan).

DIE INNERLIKE MENS IS 'N BETER BESKRYWING VAN IEMAND AS WAT SY UITERLIKE IS:
- Die siel of "hart" (innerlike mens/mens se gees) word baiemaal gebruik om te beskryf hoe iemand is, dink, redeneer, sien, wat hy begeer, ens.  Mense wat eenders dink word bv. beskryf as "een van hart en siel" (Hand. 4:32) - in daardie opsig sien ons hoe die hart/siel/innerlike mens mense kan beskryf... - hoe hulle "sien" en dink, wat hulle begeer (bv. Matt. 5:28), hoe hulle oordeel (Matt. 12:34), ens.

DIE INNERLIKE MENS KAN BESOEDEL WORD:
- Beide die liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) kan vuil/besoedel word (kyk o.a. tema van die "gewete besoedel"), en het dus redding/saligheid nodig (1 Pet. 1:9; Hebr. 10:22; 9:13,14). Hierdie skakel ook aan by die tema van "naaktheid" - kyk die belangrikheid van "klere". Selfs as iemand sondig in sy hart word dit as sonde gesien (al het hy dit nie fisies in die liggaam gepleeg nie)(Matt. 5:28). Sonde word gewoonlik gebore in die hart... (Matt. 12:34), bv. dit wat iemand dink sit hy in woorde om..., ens.

GEEN MENS KAN DIE SIEL/INNERLIKE MENS/DIE MENS SE GEES DOODMAAK NIE:
Wanneer die mens sterwe is dit sy uiterlike mens ("liggaam") wat doodgaan, nie die innerlike mens ("siel) nie. Niemand kan die siel doodmaak nie, behalwe God! (Matt. 10:28)(kyk tema van die "tweede dood" - die tweede dood verwys na die poel van vuur).  

DAAR MOET MEER AG GEGEE WORD OP DIE INNERLIKE AS OP DIE UITERLIKE:
- Die innerlike mens is belangriker as die uiterlike mens! - dit is bv. beter om jou lewe (liggaam) te verloor as om jou siel te verloor... (Matt. 16:24-26)(en terloops, die persoon wat dit verstaan en redding soek en verkry het die belofte van opstanding). Om vir die uiterlike mens te sorg is belangrik, ja (kos, klere, ens.), maar dit is belangriker om vir jou innerlike te sorg (jou gees het ook kos, water en klere nodig/Matt. 4:4...);  op ditto wyse is liggaamlike oefening belangrik vir die liggaam, maar dit is selfs belangriker om jou te oefen in die godsaligheid (1 Tim. 4:8).

BEIDE DIE UITERLIKE MENS ASOOK DIE INNERLIKE MENS KAN BESKRYF WORD DEUR DIE TERM "LIGGAAM, SIEL EN GEES" - FISIES (uiterlike mens) OF GEESTELIK (innerlike mens):
- Alhoewel dit nie noodwendig korrek is om die gees vd mens ook as "liggaam, siel en gees" te beskryf nie, is dit interessant dat die gees vd mens ook kan sien, praat, hoor, dink, beweeg, ens...;  in ander woorde, die gees van die mens kan ook beskryf word deur die term "liggaam, siel en gees", maar word geestelik beskryf (terwyl die uiterlike fisies beskryf word deur hierdie term). Die innerlike mens/die mens van binne kan bv. ook gesien word soos saad wat gesaai word en groei en vrug dra... (net soos "'n liggaam" in die wereld gesaai word en opgroei)(Matt. 13:37). Daar is heelwat geestelike terme wat hierdie alles beskrywe, bv. dat die weergeborene gesien word as "van Jesus Christus se vlees en bene" (is familie van Hom), of die hart wat beskryf word as voel, dink, wil, intellek, ens.; of die hoe "gees" beskryf word as dat die natuurlike mens 'n wereldse gees het en die geestelike mens die Heilige Gees het...
- Alhoewel die gees vd mens 'n gees is binne-in 'n liggaam, word daar baiemaal na die gees verwys as geestelik, bv. Kol. 2:5 waarin Paulus verklaar dat hy na die vlees afwesig is, maar tog by hulle is in die gees... Weergeborenes word gesien as "een in gees" (Fil. 1:27; 2 Kor. 12:18), en hierdie terme verwys veral na hoe geestelike mense aan mekaar of dieselfde dink en sien, en natuurlik is dit omdat hulle almal die Heilige Gees het. Vgl. hierdie met die tema van "hart"Hebr. 4:12).

DIE GEES VAN DIE MENS IS IN GOD SE HANDE:
- (1Sa 2:6 - "Die HERE maak dood en maak lewend; Hy laat neerdaal in die doderyk en laat daaruit opkom")(Deut. 32:39) - hierdie verwys na die UITERLIKE MENS, maar wat die INNERLIKE MENS aanbetref is dit ook in God se hande... (beid die "liggaam" en "siel" is in Sy hande/Matt. 10:28 - die gees van alle menslike vlees is in God se hande (die God wat hemel en aarde gemaak het)(Job 12:10).  Geen mens kan lewe sonder die ASEM wat deur God gegee word nie (net soos 'n plant ook nie kan lewe of groei sonder lig nie, en ons kan dus asem voorstel soos "lig" vir die liggaam) (Matt. 6:23; Job. 34:15). Maar l.w. dat hierdie ook geld vir die innerlike mens - geen mens kan die dood oorwin sonder die asem vd Heilige Gees nie.  Die Heilige Gees hou weergeborenes in bewaring tot die dag van opstanding... Almal het redding (afwassing van sondes en die Heilige Gees) nodig om te kan lewe!, want as iemand nie hierdie redding verkry nie, is sy uiteinde die dood.  Dit is in die Here se hande om hierdie redding te gee;  m.a.w., die gees van alle menslike vlees is ook in Sy hande.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
LEWE EN DOOD (neem kennis dat waar daar nie skrifte aangehaal is nie, klik asb, op die links gegee):

AS DIE MENS SE "SIEL" / DIE GEES VD MENS NIE REDDING KRY NIE, IS SY UITEINDE DIE TWEEDE DOOD:
 - die wat redding ontvang sal nie deur die tweede dood gaan nie, maar die wat dit nie ontvang nie sal in die poel van vuur gegooi word (Openb. 20:6; 20:14; 21:8);  in ander woorde, die wat nie redding kry nie sal deur die tweede dood gaan - mense kan nie die siel doodmaak nie, maar God kan.

DIE GEES VD WEERGEBORENE LYK ANDERS AS DIE GEES VD NATUURLIKE MENS:
Letterlik verwys die gees vd mens na ASEM, en asem verander die liggaam tot 'n lewende siel (Gen. 2:7);  of anders gestel, dit is wanneer gees ingaan in die liggaam wat iemand begin lewe/asem het (dan word hy 'n lewende siel). Op dieselfde wyse verander die Gees van God die persoon wat weergebore word se innerlike in 'n lewende siel (nie dat dit dood was nie want die natuurlike mens se innerlike lewe deur 'n wereldse gees, maar was oppad na sy dood... - die natuurlike mens dra vrugte vir die dood). Wanneer die innerlike "lewe" (wanneer die mens se gees gewederbaar word), verwys dit dus na iemand wat vir die Here lewe en nou instaat is om "vrug tot (ewige) lewe" te dra (leef nie meer vir hulleself nie, en hulle het die belofte van ewige lewe omdat hulle nou vrug kan dra tot ewige lewe). Geen mens kan 'n LEWENDE SIEL (op aarde) wees sonder die asem wat God aan hulle verleen nie... - letterlik en geestelik!, want letterlik gaan die mens (die uiterlike mens) dood wanneer hy sy laaste asem uitblaas, en geestelik sal die (innerlike mens), as hy nie die asem vd Heilige Gees het nie, deur die tweede gaan omdat hy nie die lig (nl. die Heilige Gees) het nie. In ander woorde, die innerlike (mens) vd geestelike mens lyk anders as die innerlike vd natuurlike mens - onderskei dus tussen die "kinders van die lig" (geestelike mens - die wat die "lig" het - die wat die asem het vd Heilige Gees) en "kinders van die duisternis" (natuurlike mens - die wat nie die lig of asem vd Heilige Gees het nie). Jesus is 'n LIG wat in die wêreld gekom sodat elkeen wat in Hom glo, nie in die duisternis sou bly nie (Hy het die waarheid en redding gebring), en Hy gee die Heilige Gees/Lig aan elkeen wat in Hom glo. Gelowiges word terloops ook gesien soos LIGte wat skyn in die duisternis! (Mat 5:14-16), want hulle het die lig (die Gees vd waarheid) (https://warechristene.blogspot.com/2017/11/beeldspraak-van-ster-en-skyn-en.html);(https://warechristene.blogspot.com/2017/05/slaap-en-die-geestelike-betekenis-van.html). Om hierdie rede kan die geestelike mens se innerlike gesien word as "lewendig" (omdat hy die LIG het!); maar die natuurlike mens se innerlike word somtyd voorgestel asof "dood", wat eintlik maar net daarna verwys dat hy vrugte dra vir die dood. Die term "dood" verwys nie net na wanneer die liggaam doodgaan nie, maar verwys ook na die tweede dood - wanneer beide liggaam (uiterlike mens) en siel (innerlike mens) in die hel of poel van vuur gewerp word. Die Heilige Gees is dus 'n Lig (is ASEM) vir die innerlike mens;  en die wat die Heilige Gees het, deur wie hulle in bewaring gehou word tot die dag van verlossing vd liggaam, het dus die belofte dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie (verwysend na die wat "opstaan tot lewe", nie die wat opstaan tot veroordeling nie).  Net soos die uiterlike mens nie kan lewe sonder die (lig) asem wat God gee nie, net so kan die innerlike mens nie LEWE sonder "asem" nie, en i.g.v. die geestelike mens verwys daardie asem na die Heilige Gees...
In hierdie opsig verwys die Skrif daarna as:
- die natuurlike mens het die gees vd wereld (en dra vrugte vir die dood), maar
- die geestelike mens het die Gees van God (en dra vrugte vir die ewige lewe)(https://warechristene.blogspot.com/2018/10/natuurlike-mens-geestelike-mens.html).

SONDER DIE GEES KAN DIE LIGGAAM NIE LEWE NIE:
- Alle vlees wat lewe het 'n gees... - dit is immers deur hierdie gees (wind/asem) wat hulle van God ontvang waarom hulle lewe (is "lewende siele"). Die begrip "gees" verwys dus nie net na asem nie, maar word ook gebruik vir die mens van binne/die innerlike mens (Jes. 42:5 - "So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel").  God het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon (Hand. 17:26) - alle vlees se lewe is in Hom! - in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons (Hand. 17:28). Hierdie "gees" wat in die mens is word o.a. in Job 27:3 genoem "asem" - Job noem hier dat die "lewensasem van God is in sy neus". Vgl. dit gerus met Gen. 2:7 met die woorde "en in sy neus die asem vd lewe geblaas".  En dit is deur hierdie "lewensasem" wat die mens 'n lewende siel word (Gen. 2:7). In Gen. 6:17 word daar ook na mens en dier verwys as "vlees waar 'n lewensgees in is". Job 34:14 en 15 verklaar dat, sou God sy Gees en sy asem na Hom terugtrek, dan sal alle vlees tesame die asem uitblaas - m.a.w., dan sou almal sterf (en die mens na stof terugkeer). Deur hierdie verse leer ons hoe afhanklik die mens is van die asem wat God aan hom verleen, om te kan LEWE!  Elke mens se "lewe" is in God se hande en sonder Sy asem KAN HULLE NIE LEWE NIE;  m.a.w., sonder hierdie asem kan die mens nie 'n lewende wese wees op aarde nie en sal die gees dus die liggaam verlaat.  Hy gee lewe, en Hy neem lewe terug.

DIE GEES VERLAAT DIE LIGGAAM WANNEER MENS OF DIER DOODGAAN:
- Die begrip "dood" verwys nie net na wanneer die LIGGAAM sterwe nie, maar daar is ook 'n tweede dood vir die wat nie redding kry nie (wanneer beide die liggaam en siel in die poel van vuur gegooi word).  WAT DIE SIEL VD MENS/DIE MENS SE GEES AANBETREF, IS SY UITEINDE NIE NET DIE DOOD VD LIGGAAM NIE, MAAR OOK VAN DIE SIEL!, tensy hy redding kry.  Die wat redding kry sal, al gaan hulle dood, eendag opgewek word uit die dood, en het ook die belofte van ewige lewe... (dat hulle nie deur die tweede dood sal gaan nie). Maar die uiteinde van die "natuurlike mens" is anders, want natuulike mense is kinders van slawe (van sonde), en word as slawe gebore... (Adam en Eva was SLAWE van sonde;  dus, hulle kinders word as "slawe van sonde" gebore, en het dus redding nodig van hulle slaafskap). Ecc. 3:19 leer vir ons dat wanneer mensekinders sterwe, gaan hulle asems "op boontoe". Hfst. 12:7 leer ook vir ons iets soortgelyks..., dat wanneer die die stof na die aarde terugkeer (hier in konteks met mensekinders), die gees (wat God gegee het) terugkeer na God - God neem dit weg van die persoon se liggaam - die gees verlaat die liggaam... (natuurlik verwys hierdie na na die mens se gees, wat soos lig is vir die liggaam - "asem"). Wanneer die mens doodgaan, het sy gees nie doodgegaan nie, maar gaan na 'n ander plek - niemand kan op aarde LEWE sonder gees nie! (wanneer die gees uitgaan keer die vlees terug na die aarde (en op daardie dag is dit met daardie persoon se planne gedaan)(Psa 146:3,4). In Ps. 78:40 word die mensekinders voorgestel soos winde wat weggaan (wanneer hulle sterf) en nie (kan) terugkom nie... Wanneer die gees vd mens sy liggaam verlaat kan hy nie teruggaan na sy liggaam nie - in hierdie opsig het die doderyk oorwinning oor die liggaam. MAAR die wat glo in Jesus Christus het die hoop op opstanding! (1 Kor. 15:50-58), en Jesus het nou die sleutels vd dood en doderyk!  Geestelike mense het die hoop dat, al het hulle gesterf, hulle geeste eendag weer verenig sal word met hulle liggame..., en nie net dit nie, maar het die belofte van nuwe liggame, nl. "verheerlikte liggame"  wat anders is as die liggame wat ons nou het (verheerlikte liggame kan vir ewig lewe). Maar l.w. dat nie almal wat hierdie belofte het inderdaad sal opstaan opstaan "tot lewe" nie... (die Skrif leer dat sommige sal opstaan tot lewe, maar ander tot groot smaadheid/veroordeling...)(Dan. 12:2; Joh. 5:29)Die goddelose het egter geen hoop op opstanding nie - hulle sal wel herlewe maar met die doel om voor die wit troon oordeel te verskyn... (Openb. 20:11-15) Baie geleerdes sien hierdie feit dat hulle sal "herlewe" ook soos 'n tipe opstanding.  In elke geval van watter tipe opstanding ookal, is dit duidelik dat dit gewoonlik gepaardgaan met oordeel.  By die opstanding wanneer Jesus Christus terugkom (verwysend na die opstanding van gelowiges), gaan dit ook gepaard met oordee, want dan sal daar skeiding gemaak word tussen die koring en kaf, die koring en onkruid, asook die skape en bokke - daar sal skeiding gemaak word tussen verskillende groepe mense in die Koninkryk..., en hierdie groepe word geklassifeer deur begrippe soos 
-"koring (opregtes)en onkruid (valses)", 
-"koring (die wat vrug dra) en kaf  (vrugteloos)", 
-"skape (barmhartiges) en bokke (onbarmhartiges)" en 
-"herders (dienaars vd Here) en wolwe (valse profete)".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
DIE MENS SE GEES KAN VERANDER OF BEINVLOED WORD: 

Die mens se gees kan vernuwe word, en die manier hoe dit gebeur is deur 'n ander gees... - in die weergeborene se geval is dit deur die Heilige Gees.  Dit beteken nie dat die mens sy eie gees verloor nie, maar dat 'n ander gees in hom ingaan (en hom verander en begin lei). Bose geeste kan ook in mense ingaan en het ook 'n invloed op daardie persoon se gees. Verandering deur die Heilige Gees is o.a. waarna die weergeboorte verwys, want die persoon begin anders dink en sien - amper soos iemand wat oor gebore word. Dit is die inlvoed van die Heilige Gees op iemand.  Bose geeste het egter nie 'n goeie invloed op iemand nie - hulle kan ook iemand se denke verander en begin hom lei (wat terloops op die lang duur nie tot iemand se voordeel is nie!). 

Die natuurlike mens dra vrugte vir die dood (uiteinde is die dood, nie net die liggaam/uiterlike mens wat sterwe nie, maar verwys ook na die tweede dood wanneer beide die liggaam en siel in die poel van vuur gewerp word). Die geestelike mens/weergeborenes dra vrugte tot (ewige) lewe... In hierdie soort beeldspraak van groei en vrug dra, word die gees vd mens voorgestel soos 'n plant of boom wat groei en vrug dra en sal eendag geoes word. Die Heilige Gees maak iemand instaat om vir die Here te lewe en dus vrug tot ewige lewe te kan dra. Alhoewel dit mag klink soos werke, moet vrug gesien word soos beloning (nie werke nie), en is 'n bewys van hoe iemand se innerlike verander het.  M.a.w., a.g.v. die verandering in sy gees kan die geestelike mens hierdie vrug (tot lewe) dra... Ander woorde wat in die Skrif hiervoor gebruik word is bv. "nuwe hart" (wat veral verwys na hoe iemand nou sien en dink) - die geestelike mens sien en dink anders en leef nou vir die Here...  Die natuurlike mens is 'n slaaf van sonde (dien die sonde), maar die geestelike mens is 'n slaaf van Jesus Christus, deur wie hy losgekoop is van sy slaafskap (die weergeborene dien die Here).  
- Die mens se gees kan ook beinvloed word (bv. "dink en sien"), bv. dat die Here iemand se gees kan verander, bv. om Sy wil uit te voer (maar o.a. selfs kan die Here iemand se hart verhard - kyk bv. Deut. 2:30 - die koning van Hesbon se gees verhard het).  
- Die mens se gees kan hom dring (bv. tot woorde)(Job 32:18; Eks. 35:21).
- Die mens kan iemand anders se gees beinvloed; bv., wanneer iemand hom tot iemand anders se woorde wend (Spr. 1:23), of kan deur iemand verkwik word (2 Kor. 7:13); of kan tot nadeel ook iemand se gees beinvloed, bv. verbreek wanneer iemand vals spreek van jou (Spr. 15:4). 
- Die mens se gees word deur sy hart/emosies, denke ens. beinvloed (Spr. 15:13);  bv., 'n vrolike hart bevorder genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog (Spr. 17:22; 18:14). Dit is waarom dit so belangrik is om gedagtes te verander...
- Ons kan ons eie gees verander - kyk die onderwerp "vernuwe gemoed" (Ef. 4:23).
- Die gees (vd mens) kan ervaar en voel, bv. dinge ervaar soos benoudheid (Job 7:11), kan onrustig wees (2 Kor. 2:12), beswaard, versmag, ens. (Gen. 45:27; Ps. 143:4).
- Die gelowige se gees kan deur die Here bewaak word (Job 10:12) - (interessante studie - vra bv. die vraag "waarteen bewaak word?").
 - Die mens se gees kan beskryf word... - geestelike mense se geeste is bv. deur die Here verander op 'n spesifieke manier - bv. is nie 'n gees van vreesagtigheid nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing (2 Tim. 1:7). Ons geeste kan beskryf word/beskryf ons - kyk o.a. die begrip "verborge mens vd hart" (1 Pet. 3:4), gees van sagmoedigheid (Gal. 6:1), betroubaar van gees (Spr. 11:13), nederig van ges (Spr. 16:19), ens...

DIE MENS SE GEES BEINVLOED SY LIGGAAM EN DADE:
Ons dink met ons siel/hart, maak besluite ens. Wanneer iemand bv. gesien word as koppig en wederstrewig, verwys dit na 'n "onvaste hart" (iemand wie se gees nie trou is teenoor God nie...)(Ps. 78:8). Elke mens is instaat om hom/haar gees te beheer... (bv. moet kies om lankmoedig te wees)(Spr. 16:32; 17:27; 25:28; 29:23). Die manier hoe iemand sy gees beheer is o.a. 'n teken van of iemand wys of dwaas is (Ecc. 7:9). 2 Kor. 7:1 leer vir ons dat net soos die vlees besoedel word, die gees (vd mens) ook besoedel kan wees! - dit is ons plig om ons van beide hierdie besoedelings te reinig. Spr. 16:32 leer vir ons dat hy wat sy gees beheer beter is as een wat 'n stad inneem! - in konteks gaan dit hier oor lankmoedigheid, bv. ons word aangemoedig om 'n lankmoedige gees te he. Dit is duidelik dat ons ons gees KAN BEHEERS - in 1Tim.  4:12 word Timoteus beveel om 'n vb. te wees (vir die gelowiges), in o.a. "gees".  Die mens se gees beskryf dus ook toestand vd die siel deurdat hy dinge ervaar in sy gees, bv. verslae van gees (Psa 34:18/19), of verbitterd in die gees (1 Kon. 21:5) verlange in die gees (2 Sam. 13:39), onrustig in die gees (Gen. 41:8), ens.  Die mens se gees kan verkwik word... (1 Kor. 16:18).

KAN IEMAND SE GEES IN IEMAND ANDERS INGAAN?
Die Bybel gee nie vir ons veel inligting hieroor nie, maar wat wel duidelik is is dat dooie (mense) se geeste nie kan kom en gaan soos hulle wil nie... Daar is wel ander geeste wat in die mens kan ingaan, wat nie verwys na mense se geeste nie. Daar is ander geeste soos bose geeste, en die Heilige Gees is ook 'n gees, maar is nie boos nie! Die Heilige Gees is afgesonderde Gees van God. Mense wat weergebore word ontvang die Heilige Gee - wat in so 'n geval gebeur is dat die geestelike mense se gees deur die Heilige Gees verander word (bv. in hoe hy sien en dink - asof hy uit ander saad gebore word), en die Heilige Gees begin hom lei. Anders as geestelike mense het natuurlike mense 'n wereldse gees, en word deur die wereld gelei... (1Kor. 2:12 - "Ons het ewenwel nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat uit God is, sodat ons kan weet wat God ons uit genade geskenk het"). (1Jn 4:1 - "Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan"). Die manier hoe iemand "dink en sien" (begrip, ens.) en doen, wys deur watter gees hy gelei word...

Wanneer dit kom by onderskeiding is dit bv. die mens se gees wat op die proef gestel moet word - luister daardie persoon (wat bv. 'n woord gee) na die wereld?, of na die Heilige Gees?  BRON is dus belangrik! Deur watter gees word iemand gelei? In hierdie opsig word iemand se gees somtyds beskryf as die gees waardeur hy opereer - kyk bv. (2Kon. 2:9en15 - v.9 "En nadat hulle deur was, sê Elía vir Elísa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek van jou af weggeneem word. En Elísa antwoord: Laat dan tog ‘n dubbele deel van u gees op my kom................(v.15)  En die profete-seuns wat in Jérigo was, het dit op ‘n afstand gesien en gesê: Die gees van Elía rus op Elísa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig"). In hierdie geval word die mens se gees somtyds beskryf soos die gees wat deur hom werk, want eintlik maar net verwys na wanneer daardie g(G)ees in beheer is van iemand se gees, bv. (1Kor. 14:13-16 - "Daarom moet hy wat in ‘n taal spreek, bid dat hy dit kan uitlê. Want as ek in ‘n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar. Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing. Anders, as jy met die gees dank, hoe sal hy wat die plek van ‘n onkundige inneem, amen sê op jou danksegging, aangesien hy nie weet wat jy sê nie?"). In die geval vd geestelike mens neem die Heilige Gees bv. beheer oor..., en verander die manier hoe iemand sien en dink, en werk gawes en bedieninge en werke deur daardie persoon. Die dubbele porsie van Elia se gees wat Elisa ontvang het, verwys eintlik na 'n dubbele porsie van krag wat deur die Heilige Gees ontvang is. Elia se innerlike mens het nie in Elisa ingegaan nie, maar 'n dubbele porsie vd krag vd Heilige Gees wat in Elia was het in Elisa ingegaan.   

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
'N GEES LAAT 'N LIGGAAM LEWE =  LEWENDE SIEL:

Afgode is niks (1 Kor. 8:4; Jer. 16:19), want hulle kan nie praat of dink, besluite neem of enige iets nie..., want hulle het nie 'n gees nie! Daarom, die wat aan afgode offer, offer eitlik aan duiwels want die afgod is nie lewendig nie (1 Kor. 10:19,20), en kan niks doen nie - hulle kan nie praat of hoor of sien of beweeg of ruik of tas nie, en hulle kan niemand help of leer nie (Psa 115:47 - "Hulle afgode is silwer en goud, ‘n werk van mensehande. Hulle het ‘n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie; ore het hulle, maar hoor nie; hulle het ‘n neus, maar ruik nie; hande, maar hulle tas nie; voete, maar hulle loop nie; hulle gee geen geluid deur hul keel nie")(Ps. 135:15-17; Deut. 4:28; Jes. 42:17; Jes. 46:6,7; Jer. 10:3-5; Jes. 44:8,9). 'n Gees maak hierdie verskil..., nl. dat 'n gees 'n liggaam kan laat lewe(Hab 2:18,19 - "Wat baat ‘n gesnede beeld dat sy maker dit reggekap het, ‘n gegote beeld, wat ‘n leuenleraar is, dat die maker op sy eie maaksel vertrou, deur stomme afgode te maak. Wee hom wat vir ‘n stuk hout sê: Word wakker! vir ‘n dooie klip: Ontwaak! Kan hy ‘n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie!")    (Jer 10:14,15 - "Elke mens word dom, sonder kennis; elke goudsmid staan beskaamd deur die gesnede beeld; want sy gegote beeld is ‘n leuen, en daar is geen gees in hulle nie. Nietige afgode is hulle, werk vir spotterny; in die tyd van hulle besoeking gaan hulle tot niet"). 

Op dieselfde wyse is die mens slegs 'n liggaam sonder lewe as hy nie 'n gees het nie (Gen. 2:7). 
Hierdie is die groot verskil...  - 'n "liggaam" WAT 'N GEES HET en 'n "liggaam" SONDER 'N GEES - as daar 'n gees aan iets gegee word, dan begin dit eers lewe...;  m.a.w., sonder hierdie lig of asem kan iets nie 'n lewende wese wees nie - asem maak hierdie verskil (Gen. 2:7). Lewe kan dus o.a. beskryf word deur "gees", want sonder gees kan geen mens lewe nie. Asem is die bewys dat iets 'n gees het.
Dit is moontlik hierdie feit wat bydra dat mense die dier in Openb. 13 aanbid...,  omdat daar 'n gees aan die beeld gegee sal word, en dit gaan veroorsaak dat hierdie beeld sal kan praat! - asof hy lewendig geword het (Openb. 13:15 - "En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie"). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 17 November 2025

Sinagoge vd Satan / dieptes vd Satan / troon vd Satan

In hierdie pos kyk ons na 3 terme/verwysings in die boek van Openbaring, en probeer verstaan waarna presies dit verwys.

Rol af vir die volgende opsommings:

- Sinagoge vd Satan

- Dieptes vd Satan

- Troon vd Satan

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Inleiding:

Alhoewel die "7 briewe aan 7 gemeentes" (in Openb. 2 en 3) gesien word as kerke van die tyd waarin Johannes die briewe geskryf het, word dit ook somtyds gesien as voorstellings van gemeentes in die einde van dae voor Jesus terugkom;  bv., in Openb. 3:9 (die brief aan die gemeente in Filadelfía) word belowe dat hulle "bewaar sal word in die uur van beproewing" ('n "uur" wat baiemaal na verwys word as 'n tyd in die einde van dae wanneer die bewoners vd aarde op die proef gestel sal word...). Sommige geleerdes is van mening dat die betrokke 7 briewe/gemeentes verwys na 7 tydperke. Nietemin, al sou dit slegs geskryf wees aan spesifieke gemeentes in die tyd waarin Johannes geleef het, dan kan ons baie leer deur hierdie 7 briewe... (bv., wat Jesus van ons verwag, hoe belangrik dit is om ag te gee op die pad van godsaligheid, die gevaar van om "geestelik te hoereer", ens.).

In twee vd 7 briewe word spesifieke verwysings gemaak waar oor iets spesifiek gepraat word..., nl. die "sinagoge vd satan" (waaraan die wat vals is "behoort"/Openb. 2:9), die "dieptes van satan" (Openb. 2:24), en die "troon vd satan" (Openb. 2:13)..., maar waarna presies vewys hierdie terme?  Is dit letterlik of beeldspraak? In hierdie pos ondersoek ons hierdie spesifieke terme om te verstaan waarna presies dit verwys.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "sinagoge van die Satan": 

In twee van die briewe aan die 7 gemeentes in Openbaring word die term "sinagoge van die Satan" gebruik, waar daar verwys word na 'n vergadering van mense/gemeente wat voorgee dat hulle Jode is, maar nie is nie... (hulle is na die vlees, maar nie na die gees nie) - die groep word o.a. beskryf as 'n groep LASTERAARS (/kwaadsprekers) en LEUENAARS (Openb. 2:9; 3:9).      Die woord "satan" verwys na 'n aanklaer, meer presies is die Satan 'n VALS AANKLAER.. In Openb. 20:2 word daar na die draak/ou slang ook o.a. verwys as 'n duiwel en "satan"... Waar die woord "satan" gebruik word in die Skrif, verwys dit in meeste gevalle na 'n spesifieke wese (Job 1 en 2; Sag. 3:1,2; Luk. 10:18; Matt. 12:26; Luk. 22:31; 1 Kor. 7:5; 11:14; Openb. 12:9; 20:2,7), maar word ook somtyds gebruik as 'n beskrywing (bv 'n vals aanklaer, en dan word die woord "satan" gebruik... / Mark. 8:33). 

Die wie se sinne verblind is word gesien as "onder die mag van die Satan" (Hand. 26:18); of die wat in sonde stap word somtyds beskryf as "dronk" soos iemand wat deur die Satan beinvloed is... (bv wat aanbetref die manier hoe hulle sien en dink, asof hulle van hom "gedrink" het, wat verwys na wereldse wysheid)(Hand. 5:3; 2 Thess. 2:9; 1 Tim. 5:15)(en kan in sommige gevalle moonltik toegeskryf word aan bose geeste wat in mense ingaan/Joh. 13:27?). M.a.w., nie oral waar die woord "satan" in die skrif gebruik word verwys dit na die spesifieke wese wat ook draak en ou slang en duiwel genoem word nie, maar somtyds beskryf dit dat iemand onder die mag van hom is, of soos hy is. Die woorde "sinagoge van Satan" verwys nie noodwendig na een spesifieke plek op aarde waar die kerk van satan bestaan nie (alhoewel dit ook kan), maar is meer beskrywend van mense wat SOOS DIE SATAN vals aanklaers is (kwaadsprekers en leuenaars);  baie soos daar na 'n Christelike kerk/vergadering/gemeente verwys word as 'n groep mense wat eenders dink en sien, maar in die geval van Openb. 2:9 verwys dit na 'n groep Jode, wat die naam het van Jode en veronderstel is om die Here te dien, maar eintlik aan die "gemeente" van die Satan behoort, want hulle dink en sien soos hy... (Joh. 8:44)., of tree soos hy op! (is leuenaars en lasteraars)(Openb. 2:9; 3:9). 

Kom ons kyk na die 2 skrifgedeeltes waar die term voorkom:

(1) Brief aan die gemeente in Smirna:

(Openb. 2:8)  En skryf aan die engel van die gemeente in Smirna: Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het: (Openb. 2:9)  Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar ‘n SINAGOGE Gr. woord "soon-ag-o-gay'", wat verwys na 'n vergadering van mense, bv. 'n Joodse sinagoge - vergadering, gemeente, sinagoge) VAN DIE SATAN (Gr. woord "sat-an-as'" - aanklaer, duiwel)(Openb. 2:10)  Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee. (Openb. 2:11)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie.         Dieselfde Gr. woord vir "sinagoge" kom in vele ander skrifte voor... (Matt. 12:9; Mark. 6:2; ens.), waar daar verwys word na 'n bymekaarkom plek van mense van dieselfde geloof (soos 'n kerkgebou) - die woord "sinagoge" in Openb. 2:9 word gebruik, want dit is "Jode" wat bymekaarkom ("Joodse kerk"), maar in hierdie geval verwys dit na Jode wat veronderstel is om die Here te dien, maar eintlik die Satan dien. 

Die gemeente van Smirna het verdrukking en armoede geken, maar het die werke gehad en was ryk in die Here (Openb. 2:9);  maar daar was 'n groep wat hulle gelaster het en kwaadgepraat het van hulle..., en in die gedeelte verwys die wat van hulle kwaadpraat, na 'n spesifieke groep Jode. Die gemeente van Smirna word bemoedig om vas te staan!, want die duiwel sou ook sommige van hulle in die gevangenis werp... (en die Here het dit toegelaat sodat hulle geloof op die proef gestel word)(Openb. 2:10). 

Slotsom: DIE "SINAGOGE VD SATAN" VERWYS NA 'N GROEP MENSE WAT HULLE VOORGEDOEN HET AS MENSE WAT DIE HERE DIEN, MAAR HULLE WAS VALS EN HET EINTLIK DIE SATAN GEDIEN (want hulle sien en dink soos hy / lasteraars en kwaadsprekers).  Kwaadpraat is baiemaal 'n kenmerk dat iemand vals is - die rede waarom hulle kwaadpraat/valse aanklagte maak van die opregtes, is om hulle te verwoes en keer dat ander na hulle luister - hulle wou keer dat die evangelie en waarheid uitgaan. In ag geneem dat dit is wat die woord "satan" beteken, nl. 'n vals aanklaer, is dit duidelik dat hierdie kwaadsprekers satan se werk doen! (want hulle kla mense vals aan/is kwaadsprekers net soos die Satan doen).

(2) Brief aan die gemeente in Filadelfía:

(Openb. 3:7)  En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie: (Openb. 3:8)  Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie. (Openb. 3:9)  Kyk, Ek gee jou uit die SINAGOGE VAN DIE SATAN, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het. (Openb. 3:10)  Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel. (Openb. 3:11)  Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. (Openb. 3:12)  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam. (Openb. 3:13)  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.      - Die gemeente in Filadelfía het min krag gehad, maar het die Here se woord bewaar en Sy Naam nie verloën nie... (3:8). Ook in hierdie geval was daar 'n groep wat gelaster het en kwaadgepraat het van hull...e, maar die Here bemoedig hulle dat diesulkes uiteindelik sal kom en voor hulle voete neerbuig en erken dat die Here hulle (gemeente van Filadelfia) liefgehad het... (3:9).  Die gemeente van Filadelfia word o.a. belowe dat hulle bewaar sal word in die uur van beproewing (wanneer die res vd wereld beproef sal word). 

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "troon van die Satan": 

Openb. 2:13  Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon (Gr. woord "thron'-os", wat verwys na 'n sitplek van mag / troon) van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.       - Die woord "satan" beteken "aanklaer", en word gewoonlik gebruik in konteks met 'n spesifieke bose wese, die een wat die hele wêreld verlei (Openb. 12:9), ook genoem "die duiwel/ou slang/ groot draak/Beëlsebul"... (elkeen van hierdie woorde beskryf hom op 'n ander manier). Die woorde "troon van" verwys duidelik na die troon van hierdie spesifieke aanklaer..., maar is dit 'n fisiese plek op aarde?, of beeldspraak?  

Dieselfde Gr. woord vir "troon" word ook gekry in Openb. 13:2 vd dier uit die see se troon - ("En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag") - diere in profesie stel gewoonlik nie net 'n koninkryk voor nie, maar ook 'n koning (bv. die koning van daardie koninkryk). Die troon is gewoonlik die plek waarvanaf 'n koning regeer. Die "troon van Satan" waarna verwys word in Openb. 2:13 mag dalk verwys na so 'n spesifieke troon, bv. soos in Openb. 13:2 (want in die einde van dae sal 'n koninkryk/koning opstaan aan wie die draak, nl. die Satan, sy krag en TROON en groot mag sal gee...). Dieselfde Gr. woord vir "troon" word ook gekry in Openb. 12:9 (waar die manlike kind weggeruk word na God en sy troon ),  asook baie ander skrifte (in Openb. 12:9 verwys "troon" nie na die Satan se troon nie, maar na God se troon). Duidelik, in hierdie geval, verwys dit na 'n fisiese plek waar God se troon is.  Die woord "troon" in Openb. 2:13 verwys na die troon van die wereldse god... (sien die woorde troon "van die Satan"), en beskryf duidelik 'n plek waarvanaf die Satan regeer..., hetsy fisies of nie.  Of Openb. 2:13 letterlik opgeneem moet word of beeldspraak is, is nie seker nie, maar as dit 'n konneksie het met Openb. 12, dan kan dit na 'n letterlike troon verwys. Kyk bv. Openb. 12:2, waar die draak sy mag en krag oorgee aan 'n wereldse koning/koninkryk... (en daardie geval kan dit verwys na 'n fisiese troon). Nietemin, die Satan word deur baie aanbid soos 'n god, en hierdie "troon" kan bloot verwys na 'n spesifieke plek waar hy aanbid word, of waarvanaf hy deur iemand "regeer". Daar word wel na die Satan verwys as die god van hierdie wereld, maar nie bedoel dat hy god gemaak is oor die wereld nie, maar verwys eerder na hoe baie mense onder sy mag is en hom sien as 'n god. Tog duidelik is Jesus Christus die Een wat al die mag het! (Hebr. 2:14; Kol. 2:15; 1 Pet. 3:22), nie die Satan nie, maar mense gee hom mag in hulle lewens... (hy is dus hulle god).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Die term "dieptes van die Satan":

Openb. 2:24  En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes (Gr. woord "bath'-os", wat verwys na diepgaande of mate - diep (te)) van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.      -  Om hierdie beter te verstaan, kom ons kyk na ander voorbeeld waar die woorde "dieptes van..." gebruik word. Dieselfde Griekse woord bv. ook vir "dieptes" gebruik in 1 Kor.. 2:10... ("Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God") - in konteks word daar verwys na hoe die wysheid wat die apostels verkondig nie ‘n wysheid van hierdie is wêreld nie, of van hierdie wêreld se heersers ('n wysheid wat vergaan) nie, maar is wysheid van God (1 Kor. 2:6,7; wat terloops o.a. verwys na "verborgenhede";  wysheid wat bedek was wat geen vd wereldheersers ken nie - hierdie wysheid, waarna verwys word as "dieptes van God" in hierdie konteks, word net gegee aan mense wat die Heilige Gees het (1 Kor. 2:7-15)(Jes. 48:16 - "Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur"). In konteks verwys "dieptes van God" m.a.w. in 1 Kor. 2 na wysheid wat "geestelike mense" verstaan (omdat hulle die Heilige Gees het), maar die natuurlike mens kan dit nie verstaan nie.      As ons hierdie sou vgl. om beter te verstaan wat bedoel word met "dieptes van Satan", wil dit voorkom of dit gaan oor wysheid, maar natuurlik in hierdie geval "wereldse wysheid", sekerlik verborgenhede wat deur die Satan openbaar word aan die wat hom dien... (m.a.w., dit wat die dienaars van Satan verstaan, bv. wat vir hulle gegee word deur onreine geeste). Bv., wat die gemeente in Thiatíre aanbetref, was daar 'n valse profetes toegelaat om lering te gee... (sy het die gemeente verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet), en duidelik het sy 'n sekere wereldse kennis/wysheid gebruik om die mense te verlei, 'n wysheid verkry van die Satan. Die "lering" wat sy gebring het is duidelik nie wysheid van God nie. Waar die geestelike mens "die dieptes van God" leer ken deur die Heilige Gees, verkry die dienaars van Satan hulle wysheid deur ander geeste (bv. onreine geeste). Die term "dieptes van satan" wil dus voorkom of dit verwys na "wysheid wat van die bose verkry word.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Sondag 09 November 2025

Die Nagmaal (3)

 IN HIERDIE POS KYK ONS NA HOE WORD DIE NAGMAAL GEBRUIK?  Vir die ander opsommings in hierdie reeks poste oor "die nagmaal", gaan na:

Wat is die nagmaal? (1)

- Wat is die betekenis van die nagmaal? (2)


Rol af vir die volgende opsommings:

- Hoe word die nagmaal gebruik?

- Gemeenskap met die altaar

- Op onwaardige wyse gebruik

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Hoe word die Nagmaal gebruik?

Die nagmaal was oorspronklik ingestel deur Jesus Christus self, tydens 'n pasgamaal - en Hy het die brood geneem en gebreek en met almal gedeel..., en toe die wyn geneem en gedeel... (Mark. 14:22-24 - "En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle, en hulle het almal daaruit gedrink. En Hy sê vir hulle: Dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word"). Hierdie metode word steeds gevolg, alhoewel dit nie spesifiek gedoen word saam met die Pasgamaal (soos waarmee dit oorspronklik ingestel was) nie, maar word dikwels geneem soos Jesus se bedoeling was. In 1 Kor. word ook hierna verwys... dat die nagmaal "dikwels" geneem is (terwyl die Pasga slegs een keer 'n jaar  is) (1Kor. 11:24-26 - "en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom"). Tydens die nagmaal word dieselfde woorde gebruik as waarmee Jesus dit ingestel het, nl. dat met die brood dit Sy liggaam voorstel, en met die wyn, dat dit Sy bloed en nuwe testament voorstel...

Die nagmaal word gesien as 'n HEILIGE (afgesonderde) MAAL waarin spesifiek BROOD EN WYN gebruik word - alhoewel dit saam met 'n maaltyd gebruik kan word, is dit nie 'n gewone maaltyd nie! - daar word spesifiek tyd daarvoor uitgesit...(want dit stel baie spesifieke dinge voor, en kan terloops gesien word soos om te deel aan 'n offeraltaar - rol af vir meer inligting hieroor). Om te verstaan "hoe" die nagmaal gebruik word, is dit belangrik om te weet wat die brood en wyn voorstel en hoekom dit geneem word (bestudeer gerus die vorige pos in hierdie reeks: https://warechristene.blogspot.com/2025/07/die-nagmaal-2.html).  Daar moet bv. brood wees omdat die  BROOD = LIGGAAM voorstel, en daar moet wyn wees, omdat die WYN = BLOED voorstel.  Die brood en wyn word geneem "TOT GEDAGTENIS VAN JESUS CHRISTUS" (herdenk Sy dood)(1 Kor. 15:15,17), en die wat dit neem het GEMEENSKAP MET SY BLOED EN LIGGAAM (1 Kor. 10:16,17) (dit wys bv. op die feit dat Jesus se liggaam vir ons gebreek is en Sy bloed vir ons gevloei het). 

(1)  Om nagmaal te kan neem moet daar BROOD EN WYN wees:   Die wyn stel BLOED voor: stel die nuwe testament en vergifnis van sondes voor in Jesus Christus bloed voor... (1 Kor. 11:25)(die nuwe testament het in werking getree toe die Testamentmaker sterwe - ons is in die bedeling waar ons vergifnis kry deur Sy bloed en is onder die wet van die Gees).  Jesus Christus is ons ewige Hoëpriester... (Hebr. 9:11,12), en noodwendig met verandering van priesterskap kom daar ook verandering van wet (Hebr. 7:11,12);  dus, wanneer die wyn geneem word met die nagmaal verwys dit nie net na die vergifnis wat in Jesus Christus is nie, maar ook na die feit dat die wat dit neem onder 'n nuwe testament is (met 'n nuwe hoëpriester, en terloops en wat dit vir ewig is!). Die brood stel LIGGAAM voor:  stel Jesus se liggaam voor wat vir ons gebreek is - Sy liggaam is vir ons soos brood, en dit wys ook dat ons almal deel is van Sy liggaam deel van "een brood" - geestelike mense word soos 'n liggaam voorgestel, as 'n "nuwe mens", Jood en heiden een - verwys dus o.a. ook na die nuwe testament)(1 Kor. 11:24; Ef. 2:11-16)(Hy het in ons plek gesterwe sodat ons genesing kon kry, maw die lewe kan kry - die wat dit neem bely dus dat hulle die mense is wat die ewige lewe deur Hom verkry-Joh. 6:51). Sy liggaam word deur die brood voorgestel = die wat in die nagmaal deel breek "een brood"/is deel van hierdie liggaam van Christus, deel van die groep wat die ewige lewe deur Jesus ontvang (1Kor. 11:24-26 - "en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom"). Jesus is soos brood (vir die wat in Hom glo)(Joh. 6:48) - die wat die nagmaal gebruik is besig om "van Sy vlees te eet" (natuurlik nie letterlik nie).  Jesus het geleer dat die wat van hierdie "brood" eet, sal lewe tot in ewigheid! (Joh. 6:5-54). Wanneer iemand nagmaal gebruik en die brood eet, is hy o.a. besig om sy hoop te plaas in Jesus Christus wat vir hom die ewige lewe kan gee, en getuig deur die nagmaal dat Hy Sy lewe vir ons afgelê het (Hy, die Lam) sodat ons kan lewe (Joh 6:51 - "Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee").

(2)  Dit is 'n AFGESONDERDE MAAL (is heilig):  Dit is duidelik dat hierdie maal nie 'n gewone maaltyd is nie!, want die rede waarom BROOD en WYN gebruik word is dat dit VERKONDIG DIE HERE JESUS SE DOOD TOT HY KOM (1 Kor. 11:26) - gewone maaltye stel nie dieselfde voor nie! (die nagmaal is dus terloops iets wat gebruik word "totdat Jesus weer terugkom"). So, elke keer wanneer die nagmaal gebruik word is die wat daaraan deelneem besig om Jesus se dood te verkondig... - Hy het Homself vir ons opgeoffer, en dit word deur die Nagmaal gevier tot Sy gedagtenis.  

(3)  Die nagmaal word GEWOONLIK gebruik WAAR GELOWIGES SAAM IS (en die brood en wyn word gedeel):  - die twee elemente beteken elk iets en daar is 'n rede waarom dit gedeel word...  Die brood en wyn word gewoonlik geneem waar die gemeente, altans gelowiges saam is..., en met rede!, want gereddes/weergeborenes is familie van Jesus Christus en val onder die groep "geestelike mense" (mense "gebore uit God"). Die gemeente wat dit tesame neem, neem dit saam omdat hulle as 'n geheel gesien word - (1)(is van Sy "vlees en van Sy bene" - uit Hom gebore, uit Sy saad gebore, nie letterlik nie maar geestelik - is m.a.w. deel van Sy nageslag en deel van die wat gaan erf), en (2)(en wat "vlees en bloed" aanbetref: -  "geestelike mense" is lede van die "Liggaam van Christus" - die "nuwe mens" - Jood en heiden in een "nuwe mens" (1 Kor. 14; Ef. 2:11-16)). Tydens die nagmaal word die BROOD en WYN tussen almal gedeel wat na hierdie eenheid verwys; nl. is "geestelike mense" - is familie van mekaar en is deel van die wat eendag gaan erf en ewig lewe);  en "is uit God gebore", is van Sy vlees en bene (is Sy familie - is soos Hy - dink en sien dieselfde/is 'n eenheid)(Joh 6:52-57 - "Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?  En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie (weergeborene het lewe) Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.  Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank. Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Soos die lewende Vader My gestuur het, en Ek deur die Vader lewe, so sal hy wat My eet, ook deur My lewe"). (https://warechristene.blogspot.com/2020/04/die-nuwe-mens-deel-2-die-christelike.html) Die NAGMAAL is dus o.a. 'n teken van "die nuwe mens" - wat nie net verwys na elke weergeborene nie, maar ook die kerk as 'n "nuwe mens" = m.a.w. Christus se kerk ("liggaam") (1Kor. 10:16,17 - "die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood"). Die groep wat hierdie maaltyd dikwels neem, verwys eintlik na die wat in Jesus Christus glo en Sy Gees het... ( is mense wat vergifnis ontvang het en onder 'n nuwe wet, nl. die wet vd Gees (deur Sy bloed), en verwys na die wat die ewige lewe ontvang (deur Sy liggaam)).  Hulle is nie net familie van Jesus Christus nie, maar ook familie van mekaar (hulle deel in een brood - is van Sy vlees en bene...)(bestudeer die term "liggaam en bloed" om hierdie beter te verstaan/1 Kor. 10:16; 11:27).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Gemeenskap met die "altaar":

In 1 Kor. 10 word daar verwys na hoe die wat aan die nagmaal deelneem, eintlik besig is om gemeenskap te hê met die altaar... (v. 18), en dat die wat dit gebruik daarom moet seker maak dat hulle "welgevallig" is.  Die konteks hier gaan oor afgodediens, want daar word o.a. gevra om te VLUG VIR DIE AFGODEDIENS!, maar let ook daarop dat met "afgodediens" nie alleenlik altyd verwys na die fisiese aanbidding van beelde nie, maar baie ander spesifieke dinge word in konteks ook hier verduidelik as afgodediens, bv. begeerte na slegte dinge, hoereer, murmureer, en om die Here te versoek... Vgl. hierdie met (Kol 3:5,6 - "Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, waardeur die toorn van God oor die kinders van die  ongehoorsaamheid kom"). Hierdie sondes word spesifiek gesien as "afgodediens" (dit waarmee hulle gemeesnkap het), en die wat hulle met dit besig hou is besig om ook by 'n ander altaar (gemeenskap) te eet en drink. DIE KONTEKS van 1 Kor. 10 IS DUS VERAL DAT DIE WAT AAN DIE NAGMAAL DEELNEEM, ALMAL IN EEN BROOD DEEL..., MAAR NIE HULLE ALMAL IS NOODWENDIG VIR DIE HERE WELGEVALLIG NIE (want sommige is besig met afgodediens, nl. aanbidding van beelde, sommige hoereer, sommige is murmureerders, sommige versoek die Here) - hulle deel in dieselfde drank en spys (soos die volk van God in die woestyn-1 Kor. 10:3,4), maar dit beteken nie dat die Here tevrede is met almal teenwoordig nie. Daarom moet elke lid (wat deel het aan die nagmaal saam met die res van die liggaam van Christus) homself beoordeel, want ongeoorloofde "gemeenskap" is 'n ernstige saak! Christene mag bv. nie gemeenskap he met duiwels, die duisternis, sonde, of iemand anders se bose werke nie..., en sekere vorme van vleeslike gemeenskap is ook verbode, bv. 'n man met iemand anders se vrou, mans met mans, of vrouens met vrouens, ens.  As 'n Christen besig is met 'n vorm van gemeenskap wat nie geoorloof is nie, word dit gesien asof daardie persoon besig is met afgodediens sou hy nou in ook gemeenskap probeer tree met Jesus se vlees en bloed deur die nagmaal. Waarmee of met wie jy gemeenskap het het 'n invloed, en sou jy jouself nie beoordeel nie kan jy 'n oordeel oor jouself eet en drink. Die nagmaal is bedoel vir "geestelike mense", maar die waarheid is dat baiemaal is daar mense wat nie welgevallig is vir die Here nie, maar tog deelneem aan die nagmaal! Paulus praat hieroor in 1 Kor. 10. - dit is belangrik dat die wat deelneem aan die nagmaal hulleself beoordeel, want jy kan 'n oordeel oor jouself "eet en drink" sou jy dit bv. op onwaardige wyse gebruik (1 Kor. 11:29). Wat vir ons o.a. in 1 Kor. 10 geleer word, is dat nie almal wat die nagmaal gebruik eendag inderdaad sal "erf" nie...  (1Kor. 10:16,17 - "die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?  Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood"). Natuurlik is daar genesing en lewe in die liggaam en bloed van Christus, maar neem kennis dat genesing en vergifnis gekoppel is aan spesifieke voorwaardes (bv. geloof en om die Here alleen te dien). Die wat  neergeslaan is in die woestyn, is 'n voorbeeld van wat gebeur met mense wat hulleself nie beoordeel nie (1 Kor. 10:5,11). Dus, gelowiges wat begerig is na slegte dinge, afgodedienaars is, of hoereerders, murmureerdes, of mense wat die wat die Here versoek... (1 Kor. 10:6-10)(1Kor. 10:12 - "Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie"), moet liewer nie die nagmaal gebruik nie, want Christene wat hulle met hierdie dinge besig hou is eintlik besig met afgodediens (Kol. 3:5; 1 Kor. 10), wat terloops bloedskuld veroorsaak!. Die nagmaal is soos om gemeenskap te hê met 'n altaar...(1 Kor. 10:18)(dit verkondig immers die dood van Christus), en kan dus op beurt gesien word soos 'n OFFER, want tydens nagmaal het jy gemeenskap met die bloed en liggaam van Jesus Christus... Dit is 'n ernstige saak, want deur dit te neem bely jy dat jou hoop is op Jesus Christus se offer (Sy vergifnis, lewe in Hom, is deel van Sy liggaam, is onder die wet vd Gees). Gelowiges is nie geoorloof om beide die beker (of tafel) van die Here asook die beker (of tafel) van duiwels te neem nie.  

In ander woorde, 'n gelowige wat afgodsoffers eet of afgodsdrank drink (hetsy self offer, of saam met die wat dit offer eet of drink), is besig met afgodsdiens!, en eintlik besig om aan duiwels te offer - as so iemand nou aan die nagmaal tafel kom deelneem, dan kan hy God se ywer opwek!  Gelowiges word in 1 Kor. 10 gevra om te vlug vir die afgodediens, want die wat die offers eet het gemeenskap met die altaar... (1 Kor. 10:18; 1 Kor. 9:13). (1Kor. 10:19-22 - "Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie. Of wil ons die ywer van die Here opwek? Is ons miskien sterker as Hy?"). IN HIERDIE GEDEELTE WORD DIE GELOWIGES OOK GEWAARSKU OM NIE TE DEEL AAN AFGODSOFFERS NIE en te DOEN SOOS SEKERES ONDER DIE VOLK WAT DEELGENEEM HET AAN DIE AFGODSTAFEL NIE... (1Kor. 10:7 - "En wees ook nie afgodedienaars soos sommige van hulle was nie, soos geskrywe is: Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te speel");  want l.w., terwyl hulle dit gedoen het was hulle besig om aan duiwels te offer. DAAROM MOET ELKEEN WAT AAN DIE NAGMAAL TAFEL DEELNEEM HOM/HAARSELF BEOORDEEL. Jy kan nie aan beide offertafels deelneem nie! In ag geneem waarna die nagmaal verwys... (bv. dat dit die Here se offer herdenk en ons gemeenskap het daardeur aan Jesus se liggaam en bloed), is dit logies dat iemand dit nie kan neem terwyl hy ook offer aan ander "altare" nie. Die nagmaal is bedoel vir die wat in Jesus Christus glo as die weg, waarheid en lewe..., mense wie se sondes in Hom vergewe is en onder die wet van die Gees is (m.a.w. word eintlik deur "reines" gebruik;  maar die wat afgode aanbid of aan afgodspraktyke deelneem, is onrein).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------Wie op onwaardige wyse neem:  

Wanneer 'n Christen deel in die nagmaal, maar op ander geleenthede ook "offer aan ander altare" bv. afgode, dan is hy besig om met beide gemeenskap te hê... (1Kor. 10:20,21 - "Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie").  As gelowiges dit doen, kan hulle die Here se ywer opwek (want Hy is 'n jaloerse God)(1 Kor. 10:22), en kyk wat het met die in die woestyn gebeur wat dit gedoen het... In ander woorde, as 'n geestelike mens gemeenskap het met 'n afgodstafel, is hy besig met 'n ongeoorloofde vorm van gemeenskap ("gemeenskap" gaan oor deel...). Sekere vorme van gemeenskap is nie geoorloof nie! - en met rede;  (bv., gemeenskap met afgode is verbode vir die geestelike mens). Ander vorme van "gemeenskap" wat vir die geestelike mens verbode is, is (1) gemeenskap met ongehoorsame (Christelike) broers en susters (2 Thess. 3:14 - bv. in hierdie geval is die rede spesifiek sodat die ongehoorsame kan skaam word, nie om hom te veroordeel nie - dit is dus net vir 'n wyle...), (2) gemeenskap met Christelike broers en susters wat nie bly in die gesonde leer van Jesus nie maar 'n ander lering bring (2 Joh. 1:11 - gemeenskap in hierdie geval word selfs beskryf as "gemeenskap met hulle bose werke!"), (3) gelowiges mag ook nie in dieselfde juk trek met ongelowiges nie..., nl. om gemeenskap te he met die duisternis of met hulle sondes (2 Kor. 6:14; 1 Joh. 1:6; 1 Tim. 5:22). Om in dieselfde tafel te deel, is 'n vorm van gemeenskap - bv., waar iemand deel in voedsel wat aan afgode geoffer is (maw in die konteks van iemand wat self offer aan afgode, of "dit te eet in die teenwoordigheid van die wat dit aan afgode offer"), word dit gesien as "gemeenskap met duiwels" (1 Kor. 10:18-20).  Waar Christene met mekaar die brood en wyn (dieselfde tafel) deel, is dit ook  'n vorm van gemeenskap... - in hierdie geval verwys dit veral na gemeenskap met die liggaam en bloed van Christus. Jesus het o.a. in Mat 5:23,24 geleer dat as jy jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het, moet jy jou gawe eers laat voor die altaar en gaan versoen eers met jou broeder - en kom dan en bring jou gawe...  Die Here verwag dieselfde van ons wanneer daar iets is wat tussen jou en die Here staan (gehoorsaamheid is bv. belangriker as offers/die Here aanvaar nie 'n offer waar mense in ongehoorsaamheid stap nie - 1 Sam. 15:22; Jes. 1:10-17; Hos. 6:6; Amos 5:21-24). Deur die altaar word 'n gawe geheilig (Matt. 23:19) -  jy kan nie gemeenskap het met die altaar as dit wat tussen jou en die Here staan, nie eers aangespreek word nie. 

Daarom moet elkeen homself beoordeel voor hy nagmaal gebruik.  Paulus verwys ook hierna in 1 Kor. 11 waar hy verwys na mense wat die nagmaal op "onwaardige wyse neem"... - nie noodwendig in die konteks waar ons in regstand met die Here moet wees nie, maar in konteks van die gemeente wat gemeenskap het met mekaar... (hulle deel in dieselfde brood en beker). Ook in hierdie opsig is dit belangrik om onsself te beoordeel. Hoe gaan ons met die mense om saam met wie ons nagmaal gebruik? In die gedeelte vewys Paulus o.a. na hoe die nagmaal 'n HEILIGE maal is. Christene moet hulleself beoordeel wanneer hulle die nagmaal gebruik, want as jy dit op onwaardige wyse neem kan jy 'n oordeel oor jouself bring! Kom ons kyk eers na die betrokke skrifgedeelte: (1Kor. 11:17-34 -: "Maar terwyl ek dit beveel, kan ek dit nie prys nie dat julle saamkom, nie ten goede nie maar ten kwade.  Want in die eerste plek hoor ek dat, as julle saamkom in die gemeente, daar skeuringe onder julle is, en gedeeltelik glo ek dit. Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word.  As julle dus saamkom, dan wil dit nie sê dat julle die nagmaal van die Here eet nie.  Want as julle eet, gebruik elkeen eers sy eie ete; en die een het honger en die ander is dronk.  Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie.  Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.  Wie dan op onwaardige (Gr. woord "an-ax-ee'-oce", irreverently: - unworthily) wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig (Gr. woord "n'-okh-os",  in danger of, guilty of, subject to) wees aan die liggaam en bloed van die Here. Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.  Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap. Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie. Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom"). In konteks gaan dit oor die eenheid in die gemeente. Die doel van so 'n "bymekaarkom" (waar bv. nagmaal gebruik word) moet wees om sterker te word as 'n eenheid, maar die teendeel gebeur ongelukkig waar mense onbarmhartig, onordelik is, en die nagmaal onwaardig gebruik word. Die nagmaal het WAARDE, maar dit wil voorkom of die nagmaal in die betrokke gemeente gebruik was soos 'n gewone maaltyd - onwaardig, en sommige was selfs honger, en ander dronk! Dit is duidelik nie wat met nagmaal bedoel word nie, en selfs wat 'n gewone maal aanbetref was dit nie tot stigting nie omdat daar skeuringe was onder die gemeentelede. (1Kor. 11:22 - "Het julle dan geen huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God, en maak julle dié beskaamd wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle prys? Hierin prys ek julle nie"). Wat Paulus in hierdie gedeelte verduidelik is hoe "afgesonder" (heilig) die nagmaal eintlik is, en die wat honger is moet liewer by hulle huise klaar eet voor hulle kom om in die nagmaal te deel, want nou neem hulle die nagmaal asof dit 'n gewone maaltyd is, en dan nog ten koste van ander.. (1 Kor. 11:27-34 - "Wie dan op ONWAARDIGE WYSE hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.  Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.  Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap.  Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.  Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.  Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom"). 


As jy die nagmaal op onwaardige wyse gebruik, kan jy kan 'n oordeel oor jouself bring...

Dit is interessant dat die nagmaal o.a. ook verwys na fisiese genesing (nie net na die ewige lewe wat daar is in Jesus Christus nie). Dit is waarom Paulus in 1 Kor. 11 noem dat dit die rede is waarom sommige swakkes en sieklikes in die gemeente al ontslaap het (want as hulle hulself beoordeel het, sou hulle nie geoordeel word nie). Die nagmaal moet afsonderlik geneem word van 'n gewone ete, en daar moet vir mekaar gewag word... (dit is 'n heilige maal en 'n maaltyd waarin die hele gemeente op dieselfde tyd deel). Dit is ook interessant om te sien die opmerking wat Paulus maak, dat die wat die nagmaal op onwaardige wyse gebruik, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here... Hierdie wil voorkom of dit te doen het met die tema van BLOEDSKULD (in hierdie geval word die persoon dus skuldig aan die bloed en liggaam van Christus...). Vgl. dit gerus ook met die vorige paragraaf, want terwyl jy deel daarin is jy besig om te deel aan die offeraltaar.  Maar as iemand deelneem aan beide die nagmaal en ander afgods "eet en drink" praktyke (bv. afgodsoffers eet), dan is hy besig om die ywer van die Here op te wek.  Let wel dat afgodspraktyke jou kan onrein maak, en is een van die dinge in die O.T. wat bloedskuld veroorsaak het! (so iemand is dan skuldig aan bloed). Daar is verskeie dinge wat kan veroorsaak dat iemand bloeskuld kry, o.a. soos in hierdie geval dat iemand "geestelik hoereer" (bv. agter afgode aangaan), maar ook 'n hele lys van dinge wat bloedskuld veroorsaak... (bv. bloedskande, homoseksualisme, vader of moeder vloek, hoerery, oproep van geeste, waarseery, afgodsdiens, ens.) - hierdie sondes is ernstig en dit is duidelik dat bloedskuld (o.a. as gevolg van spesifieke sondes wat mense teenoor mekaar pleeg) die eenheid van die gemeente breek (in die O.T. was dit dan 'n lewe vir 'n lewe... - jy moes met jou eie bloed betaal, en daarom was die met bloedskuld doodgemaak;  maw, in die O.T. was daar offer wat daarvoor kon betaal nie, behalwe natuurlik jou eie bloed / in die N.T. is daar ook vergifnis by Jesus Christus vir bloedskuld).  Nou kan jy verstaan hoekom die Skrif leer dat as jy jou broer haat of vloek, jy 'n moordenaar is! Wanneer jy iemand vloek kan jy bloedskuld op jou kry... (1Jn 3:15 - "Elkeen wat sy broeder haat, is ‘n moordenaar; en julle weet dat geen moordenaar die ewige lewe as iets blywends in hom het nie")(1 Joh. 2:11);  en as jy nou staatmaak op Jesus se vergifnis en "Sy bloed drink", dan word jy eintlik skuldig aan Sy bloed sou jy nie die sonde neerle nie. Jy hoef nie fisies jou broer dood te maak om hierdie bloedskuld op jou te kry nie - waar broeders mekaar haat in 'n gemeente en daar allerhande skeuringe is as gevolg hiervan, sal diesulke die nagmaal op onwaardige gebruik wanneer hulle daarvoor saamkom (en hulle kan 'n oordeel oor hulleself bring). Ook Christene wat speel in allerhande verbode heidense geloofspraktyke is wel nie besig om fisies voor 'n afgod neer te buig nie, maar is tog besig om "geestelik te hoereer", want hulle offer aan beide tafels! - hierdie kan ook veroorsaak dat jy 'n oordeel bring oor jouself. 

In die Nuwe Testament kan jy wel vergifnis kry van selfs bloedskuld deur Jesus Christus!, maar hoe sal jy vergifnis kry as jy skuldig word aan Sy bloed en liggaam?  Wie sal sulke bloedskuld vergewe? - sien hoe gevaarlik dit is wanneer Christene aan beide tafels eet en drink.  Of dit kan op 'n ander manier gestel word.... ; nl., as jy dan nou verwag dat Jesus weer moet sterwe sodat jy vergifnis kry, dan word jy skuldig aan Sy bloed! (dis amper soos om Hom weer dood te maak)( jy skuld Hom dan jou lewe - jy word skuldig aan Sy bloed en liggaam...). Kyk gerus die konteks van 1 Kor. 10 (vorige paragraaf)- Paulus het hier gepraat oor mense wat "geestelik hoereer" - as jy aan Jesus behoort moet jy pasop vir bloedskuld en seker maak dat jy nie in sonde leef teenoor mede-broeders/susters nie, en moenie ander afgode dien nie (want dit is "geestelike hoerery" wat bloedskuld veroorsaak) - in ander woorde, as jy die nagmaal gebruik maar ook afgodsoffers neem, dan word jy skuldig aan Christus se bloed en liggaam... Ditto in die geval van bloedskuld a.g.v. sonde teen broeders wat nie afgele word nie.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 06 Oktober 2025

Nietig/heid

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE BEGIRP "NIETIG" OF "NIETIGHEID".

Rol af vir die volgende opsommings:

- Opsomming.

- Grieks en Hebr. betekenis vd woord/e nietig/heid.

- Die skepping is aan nietigheid onderwerp.

- Afgode (/afgodspraktyke) is nietig.

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------OPSOMMING:

Wanneer iemand op NIETIGHEID vertrou, sal hy nietigheid oes! (Job 15:31; Jes. 40:3). 

Waarna verwys "nietigheid" in verskillende kontekste?: 
- VERGANKLIKHEID - in sommige gevalle verwys dit na verganklikheid; bv., die skepping is huidiglik onderwerp aan "nietigheid"... (Rom. 8:20)(para 6), want die mens se lewe is "nietig"! (Job 7:16)(para 2);
- NIETIGE BEGEERTES - in sommige gevalle verwys dit na "nietige begeertes", nl. waarna die hart neig (Ps. 119:36,37; Ps. 94:11) - bv. "nietige begeertes"... (is iemand "winsbejag", dan is sy hart besig om nietigheid te begeer...)(para 5 en 1); 
- WERKE - in sommige gevalle verwys "nietighede" na werke waarmee mense hulle besig hou wat nietig is..., werke waarin hulle hulle vertroue plaas, bv. DIE AANBIDDING VAN AFGODE (wat o.a. gepaardgaan met afgodspraktyke) en DOOIE WERKE (Hos. 12);
- DIE VALSE/ DIE LEUEN - in sommige gevalle verwys "nietighede" na die valse of die leuen, bv. AFGODE en AFGODSPRAKTYKE... (Ps. 4:3), of "ydel woorde" - die valse waarop mense hulle vertroue plaas;  bv., afgodsaanbidding, en valse profesie/waarseery... (Eseg. 13:6, en vgl. dit met v.8-valse of bedrieglike gesigte en leuenagtige waarseêry)(para 1, 3 en 7).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------GRIEKS EN HEBREEUSE BETEKENIS VD WOORD/E NIETIGH/HEID:

- (1) Hebr. woord "shawv":

(Job 15:31)  Laat hom nie vertrou op nietigheid (Hebr. woord "shawv", in die konteks van verlate, of "boos" wat verwoesting aanbetref, of afgodery wat vals aanbetref, niksseggend wat verleiding aanbetref ; =vals, lieg, nietig, nietigheid) nie—hy kom bedroë uit! —want nietigheid (shawv, shav) sal sy vergelding wees.              -  Die goddeloses (v.20) vertrou op nietigheid, daarom is "nietigheid" hulle vergelding... IN ANDER WOORDE, DIE WAT OP NIETIGHEID VERTROU SAL NIETIGHEID OES. 

Dieselfde Hebr. woord word ook in die volgende verse gebruik vir "nietigheid":

(Psa 24:4)  Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.(Psa 89:48)  Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!

(Psa 119:37)  Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.

(Eze 13:6)  Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek—terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!

(Hos 12:12)  Was Gílead goddeloosheid hulle het louter nietigheid geword. In Gilgal het hulle beeste geoffer; so sal dan hulle altare wees soos kliphope op die vore van die landerye.
 
- in sommige gevalle verwys "nietigheid" dus na DIE VALSE..., bv. afgodsaanbidding, valse profesie/waarseery (Eseg. 13:6)(vgl. met v.8-valse of bedrieglike gesigte en leuenagtige waarseery);  
- in sommige gevalle verwys dit na wat is dit waarna die hart neig (Ps. 119:36,37), nl. die NIETIGE BEGEERTES van die goddeloses... - is iemand "winsbejag", dan is sy hart besig om nietigheid te begeer; 
- in sommige gevalle verwys dit na DOOIE WERKE (Hos. 12). 

Daar kan ook ingekyk word in die woord "ydel":
(Eph 5:3)  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
(Eph 5:4)  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.
(Eph 5:5)  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
(Eph 5:6)  Laat niemand julle met ydel (Gr. woord "ken-os'", wat beteken "leeg of tevergeefs") woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
(Eph 5:7)  Wees dan nie hulle deelgenote nie.
Die valse en die leuen is van so 'n aard... - dit kom voor asof dit voordelig is, maar is "ydel woorde" - dit kom tot niks!

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ (2) Hebr. woord "heh'-bel":

(Job 7:16 - "Ek verfoei my lewe. Nie vir altyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid" - die woord "nietigheid" is hier die Hebr. woord "heh'-bel, hab-ale'", wat verwys na iets tevergeefs = ydel/heid).    - ALLE MENSE STERWE - HULLE LEWENS IS SOOS IETS WAT NIETIG IS... - dit is die prys wat die mens betaal vir die "vrugte wat hy eet" (bv. die vrugte vd boom van kennis van goed en kwaad bring die dood voort - die mens dra vrugte vir die dood)(Ps. 62:10; 144:4; Ecc. 8:10). Die mens word "gebore is sonde", wat tot gevolg het dat hy die dood oes en sy leeftyd soos niks... (Ps. 39:6).  Die wat nietigheid najaag, se werke kom tot niks... (soos iets wat verlate gestel word / vgl. met "verwoes"-Openb. 17:16)(Jes. 44:9)(para 4). 

Dieselfde Hebr. woord word ook in die volgende verse gebruik vir "nietigheid":

(Psa 39:6)  Kyk, U het my dae ‘n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

(Psa 62:10)  Ja, nietigheid is die mensekinders, leuens is die aansienlikes; in die weegskaal moet hulle opgaan, almal saam is hulle minder as nietigheid.

(Psa 78:33)  So het Hy dan hulle dae laat vergaan in nietigheid en hulle jare in verskrikking.

(Psa 94:11)  Die HERE ken die gedagtes van die mense—dat hulle nietigheid is.

(Psa 144:4)  Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos ‘n vlugtige skaduwee.
(Pro 31:30)  Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; ‘n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
(Ecc 6:4)  want in nietigheid kom dit, en in duisternis gaan dit heen, en met duisternis word die naam daarvan bedek;
(Ecc 6:11)  Want hoe meer woorde, des te meer vermeerder hulle die nietigheid; watter voordeel het die mens daarvan?
(Ecc 7:15)  Alles het ek gesien in die dae van my nietigheid: daar is ‘n regverdige wat ondanks sy regverdigheid omkom, en daar is ‘n goddelose wat ondanks sy goddeloosheid lank lewe.
(Ecc 8:10)  So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.
(Ecc 8:14)  Dit is ‘n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.
(Ecc 11:8)  Want as die mens baie jare lewe, moet hy hom in dié almal verheug en dink aan die dae van duisternis, dat dit baie sal wees; alles wat kom, is nietigheid.
(Jer 10:3)  Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl.
(2Ki 17:15)  En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.
(Isa 30:7)  En Egipte—nietig en leeg is sy hulp; daarom noem ek dit: Rahab wat stilsit.
(Jer 2:5)  So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

- (3) Hebr. woord "reek":

(Psa 4:3)  o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid (Hebr. woord "reek", wat verwys na leegheid = leeg, tot geen doel, nietige ding, in nietig/heid) liefhê, die leuen (Hebr. woord "kaw-zawb'", =vals, leuenaar, lieg, bedrieglik) soek? Sela.    -  IN HIERDIE SKRIF WORD NIETIGHEID VERGELYK MET "VALSHEID", DIE LEUEN. Vgl. dit met Jes. 59:4, waar nietigheid ook in dieselfde konteks gebruik word as "valsheid spreek".

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ (4) Hebr. woord "to'-hoo":

(Isa 40:17)  Al die nasies is voor Hom soos niks: as niks en nietigheid (Hebr. woord "to'-hoo", wat verwys na verlate (plek) of waardelose ding of plek/iets wat niks beteken = verwarring, leë plek, sonder vorm, niks, nietig/heid,  wildernis") word hulle by Hom gereken.      - DIT BETEKEN NIE DAT ONS NIE BELANGRIK IS VIR DIE HERE NIE, MAAR WYS MEER OP DIE NIETIGE DINGE WAARMEE MENSE BESIG IS waarop hulle vertrou, WAT HULLE NIETIG MAAK! 

Dieselfde Hebr. woord word ook in die volgende verse gebruik vir "nietigheid":
(Isa 40:23)  Hy maak die vorste tot niet, die heersers van die aarde verander Hy in nietigheid;
(Isa 44:9)  Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid, en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies—dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.
(Isa 59:4)  Daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemand wat ‘n regstryd voer in waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid en spreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil.

Wanneer iemand hom besig hou met nietigheid, sal hy nietigheid oes (Jes. 40:3) - hulle werke kom tot niks... (soos iets wat verlate gestel word / vgl. met "verwoes"-Openb. 17:16 en die tema van "dra vrugte vir die dood")(Jes. 44:9).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
- (5) Gr. woord "mat'-ah-yos":

In sommige gevalle verwys "nietigheid" na nietige begeertes, nl. waarna die hart neig... (Ps. 119:36,37; Ps. 94:11)... - bv., is iemand "winsbejag", dan is sy hart besig om nietigheid te begeer...  Waar mense bv. op hierdie manier bid, kan hulle nie verwag dat hulle gebede beantwoord word nie!, wat "nietige begeertes" oes "nietigheid"!  (Jak. 4:3 - "Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring").

(1Kor. 3:20)  en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig (Gr. woord "mat'-ah-yos", wat verwys na leeg of iets wat geen wins maak nie, of 'n afgod;  = nietig/heid) is.    -  IN KONTEKS IS PAULUS BESIG OM DIE VERSKIL UIT TE WYS TUSSEN WERELDSE WYSHEID EN DIE KENNIS VD HERE - TERWYL DIE WYSES VD WERELD DIE KENNIS VD HERE SIEN AS DWAASHEID, IS DIT EINTLIK HULLE WYSHEID WAT NIETIG IS... (wereldse wysheid is dwaasheid by God)(1 Kor. 3:18-20).

(1Kor. 3:18)  Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;
(1Kor. 3:19)  want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;
(1Kor. 3:20)  en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.

DIE WYSES VAN HIERDIE WERELD SE "WYSHEID" WORD GESIEN SOOS IETS WAT NIETIG IS, EN DIT SAL NIETIGHEID OES... (dit kom tot niks, soos iets wat leeg is). "Nietigheid" (bv. wereldse wysheid of wereldse begeertes) het nie ewigheidswaarde nie. Terwyl die wyses van hierdie wereld die kennis vd Here sien as dwaasheid, is dit eintlik hulle "wysheid" wat tot niks kom...(wereldse wysheid is dwaasheid by God)(1 Kor. 3:18-20).   Natuurlike mense het 'n wereldse gees/het wereldse wysheid, wat tot niks kom... (dra vrugte vir die dood)(para 4), maar geestelike mense het die Gees van God/het die kennis vd Here, en hulle wysheid het ewigheidswaarde (dit is waarom hulle die lewe kan oes! - hulle dra vrug tot lewe...).

-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(6) Gr. woord "mat-ah-yot'-ace":

Die skepping is aan NIETIGHEID onderwerp:

(Rom 8:20)  Want die skepping is aan die nietigheid (Gr. woord "mat-ah-yot'-ace", wat verwys na iets wat verbygaan, verganklik; =nietig/heid) onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het

Vgl. dit met:
(Rom 8:18)  Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
(Rom 8:19)  Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
(Rom 8:20)  Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het
(Rom 8:21)  in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
(Rom 8:22)  Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

(Gen 3:17)  En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
(Gen 3:18)  Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.
(Gen 3:19)  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. 

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(7) Afgodsaanbidding (en afgodspraktyke) is NIETIG:

(Isa 41:29)  Kyk, hulle is almal niks, hulle werke is niks, wind en nietigheid (Hebr. woord "aw'-ven", wat verwys na iets tevergeefs..., in hierdie geval spesifiek afgodsaanbidding; =boos, vals, afgod, ongeregtigheid, tevergeefs, onregverdig, nietig/heid, ens.) is hulle gegote beelde.

(Job 15:31)  Laat hom nie vertrou op nietigheid (Hebr. woord "shawv", in die konteks van verlate, of "boos" wat verwoesting aanbetref, of afgodery wat vals aanbetref, niksseggend wat verleiding aanbetref ; =vals, lieg, nietig, nietigheid) nie—hy kom bedroë uit! —want nietigheid (shawv, shav) sal sy vergelding wees.              -  Die goddeloses (v.20) vertrou op nietigheid, daarom is "nietigheid" hulle vergelding... IN ANDER WOORDE, DIE WAT OP NIETIGHEID VERTROU SAL NIETIGHEID OES. In ander skrifte sien ons ook dat die konteks van hierdie "nietigheid" (waarop mense somtyds vertrou), verwys na die valse en leuens (bv. afgodsaanbidding, wereldse wysheid, en afgodspraktyke).

(Isa 44:9)  Hulle wat gesnede beelde maak, is almal nietigheid (Hebr. woord "to'-hoo"), en hulle lieflinge bring geen voordeel nie; en hulle getuies—dié sien niks en weet niks, sodat hulle beskaamd staan.

(Jer 10:3)  Want die insettinge van die volke is nietigheid (Hebr. woord "heh'-bel"); want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl.

(Eze 13:6)  Hulle het nietigheid ("shawv") gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek—terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!

(2Ki 17:15)  En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige ("heh'-bel") afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.

(Jer 2:5)  So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige ("heh'-bel") afgode aan geloop het en self nietig geword het?

(Jer 10:1)  Hoor die woord wat die HERE oor julle gespreek het, o huis van Israel!
(Jer 10:2)  So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
(Jer 10:3)  Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl.
(Jer 10:4)  Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.
(Jer 10:5)  Soos ‘n voëlverskrikker in ‘n komkommertuin is hulle: hulle kan nie praat nie; ja, hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Wees nie bevrees vir hulle nie, want hulle kan geen kwaad doen nie, maar daar is ook geen goeddoen by hulle nie.
(Jer 10:6)  Geeneen is soos U nie, o HERE! U is groot, en u Naam is groot in krag.
(Jer 10:7)  Wie sou U nie vrees nie, o Koning van die nasies? Want U kom dit toe; want onder al die wyse manne van die nasies en in hulle hele koninkryk is geeneen soos U nie.
(Jer 10:8)  Maar almal saam word hulle dom en dwaas, die tugtiging van die nietige afgode—dit is hout.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------