Saterdag 04 Julie 2015

Hierdie Eeu / Volgende Eeu

Jesus het op verskillende geleenthede verwys na HIERDIE "eeu" en die VOLGENDE of TOEKOMENDE "eeu":
(Mat 12:32 - "En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu ( "an age")(periode, wereld) nie en ook in die toekomende nie").

Die woord "eeu" in bg. skrif, is die Griekse woord ""ahee-ohn", en word in die Afrikaanse Bybel in baie gevalle vertaal as "eeu" en in ander skrifte as "wereld". In die engels word ook die woord "world" gebruik, maar ons moet verstaan dat daar verskillende Griekse woorde vir die woord "wereld" is. Waar die woord "wereld" gebruik word, kan dit ook verwys na "land" of "aarde"  (in ander skrifte), maar in hierdie blogpost wil ons spesifiek kyk na daardie verse waar die woord "wereld" verwys na PERIODE, of soos vertaal in sekere skrifte, "eeu" (alhoewel die woord "eeu" hier nie verwys na 100 jaar nie, maar eerder verwysend na 'n tydperk). 

Sommige geleerdes verdeel die hele Bybel in verskillende "bedelings" en tydperke;  en alhoewel daar tog duidelik onderskeid is tussen verskillende tydperke vanaf die Skepping van die aarde tot op Christus se koms, moet ons verstaan dat waar die Griekse woord "ahee-ohn" (hierdie "eeu" of "wereld") gebruik word, dit altyd verwysend is na die tydperk vanaf die Skepping tot op die wederkoms (nie slegs na 'n sekere tydperk soos bv. net die Nuwe Testament, nie) (Ef. 1:21; 3:9 ens.)(rol af vir skrifte).
=======================================================================

-  Die woorde "HIERDIE EEU" verwys na die tydperk vanaf die Skepping tot op die Wederkoms.  "Hierdie eeu" gaan eindig met die 7 seels wat vir ons beskryf word in die boek van Openbaring en op die Wederkoms met die gebeure daar rondom wat plaasvind onder die laaste, die 7de seel.   DIE EINDE VAN "HIERDIE EEU" WORD ook in sekere skrifte na verwys as "DIE VOLEINDING VAN DIE WERELD" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/wanneer-is-die-einde-van-die-wereld.html). 

-  die woorde "TOEKOMENDE EEU" verwys na die Here Jesus Christus se 1000 jaar Ryk.  Sy wederkoms en die opstanding , is die begin van die volgende/toekomende eeu (Luk. 20:34,35). Die einde van "hierdie eeu" word genoem "die voleinding van die wereld", maar is ook die begin van die toekomende eeu wat gepaard gaan met heelwat dinge wat dan met die aarde gaan gebeur, en met Christus Jesus se oordeel wat sal plaasvind met Sy wederkoms (vgl. dit met die tema van die verskillende "oeste" en "vrug wat geoes word" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/waarna-verwys-oes-in-die-skrif.html  ; http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/die-vrug-van-die-gelowige.html ). 

Die toekomende eeu lyk of dit eindig met die gebeure in Openbaring 20 - 22, maar die koninkryk is ook 'n koninkryk tot in ewigheid... In Openb. 20 tot 22 word o.a. die volgende gebeure beskrywe: die NUWE HEMEL EN AARDE, die Wit troon oordeel, die nuwe stad Jerusalem wat neerdaal op die aarde en die Here se diensknegte wat Hom vir ewig dien, die wie se name opgeskryf is in die boek van die lewe van die Lam... 

=======================================================================

Kom ons kyk waar die woord "ahee-ohn" vertaal is as "eeu":
(Mar 10:29)  En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,
(Mar 10:30)  of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel: huise en broers en susters en moeders en kinders en grond, saam met vervolginge, en in die eeu wat kom, die ewige lewe.
(Mar 10:31)  Maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.

(Luk 18:29)  En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die koninkryk van God,
(Luk 18:30)  wat nie baiemaal soveel in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die eeu wat kom.

(Luk 20:34)  Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Die kinders van hierdie eeu trou en word in die huwelik uitgegee;
(Luk 20:35)  maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kom ons kyk waar die woord "ahee-ohn" vertaal is as "wereld" in ander skrifte:
(Mat 13:22)  En by wie in die dorings gesaai is—dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld (dieselfde Griekse woord "ahee-ohn" as bo vir eeu) en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.

(Mar 4:19)  en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.

(Luk 16:8)  En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
(Luk 16:9)  En Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onregverdige Mammon, sodat wanneer julle die lewe verlaat, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

VGL. OOK DIE VOLGENDE VERSE (waar die woord "ahee-ohn" vertaal is as wereld) MET DIE TEMA VAN "Wanneer is die Einde?":
(Mat 13:39)  en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
(Mat 13:40)  Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:

(Mat 13:49)  So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei

(Mat 24:3)  En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?

(Mat 28:20)  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.

DIE EINDE VAN "HIERDIE EEU" WORD GENOEM "DIE VOLEINDING VAN DIE WERELD".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Alhoewel daar tog duidelik onderskeid is tussen verskillende tydperke vanaf die Skepping van die aarde tot op Christus se koms, moet ons verstaan dat waar die Griekse woord "ahee-ohn" (hierdie "eeu" of "wereld") gebruik word, dit altyd verwysend is na die tydperk vanaf die Skepping tot op die wederkoms (nie slegs na die tydperk van die Nuwe Testament nie):

(Act 15:18)  Aan God is al sy werke van ewigheid ("from the beginning of the world") af bekend.

(2Co 4:4)  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

(Gal 1:4)  wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,

(Eph 1:21)  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige.

(Eph 3:9)  en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af ("from the beginning of the world") verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus,

(Eph 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

(2Ti 4:10)  Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië.

(Tit 2:12)  en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,

(Heb 6:4)  Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Heilige Gees deelagtig geword het,
(Heb 6:5)  en die goeie woord van God gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld,
(Heb 6:6)  en afvallig geword het—om dié weer tot bekering te vernuwe, omdat hulle ten opsigte van hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak.

(1Co 1:20)  Waar bly die wyse? Waar bly die skrifgeleerde? Waar die redetwister van hierdie eeu? Het God nie die wysheid van hierdie wêreld dwaas gemaak nie?

(Eph 6:12)  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jer 7:7 - "dan sal Ek julle laat woon in hierdie plek, in die land wat Ek aan julle vaders gegee het, van eeu tot eeu")(Jer. 25:5).  

Maandag 13 April 2015

Eersgeborenes en Eerstelinge/Priesters

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE BETEKENIS VAN DIE WOORDE "EERSGEBORENES" EN "EERSTELINGE".  ONS GAAN VERAL KYK NA HOE
 "EERGEBORENES" VERBAND HOU MET PRIESTERLIKE PLIGTE, EN WAT PRIESTERLIKE PLIGTE SPESIFIEK BEHELS.  Daar is ook ander onderwerpe rakende "eersgeborenes" (bv. 'n volk wat gesien word soos eersgeborenes, of die berip "eersgeborene uit die dode"), maar in hierdie pos staan ons stil by die priesterlike pligte van eersgeborenes.




_________________________________________________________________________________
Die woord eergeborene verwys na die seun wat "eerste gebore" is. 

-Christus is bv. die "Eersgeborene van die hele Skepping" (Kol. 1:15; Hebr. 1:6), ook "Eersgeborene uit die dode" (Kol. 1:18; Openb. 1:5), die "Eersgeborene onder baie broeders" (onder Christene) (Rom. 8:29)(en die eniggebore Seun van God) - 1Jh 4:9, 2 Jh 1:3,Openb.2:18).

-(Psa 89:4)  (89:5) "Tot in ewigheid sal Ek jou (Dawid se) nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela".  (Psa 89:27)  (89:28) "Ja, Ék sal hom ‘n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde". - IN CHRISTUS JESUS IS DAWID SE TROON VIR EWIG BEVESTIG.

-Die volk Israel was ook gesien as God se eersgebore seun (Eks. 4:22).
-Ook die geslag uit die stam van Levi is onder die volk in die plek geplaas van die eersgeborenes v/d volk (Num. 3:41).

Die woord eersteling ("first-fruits") verwys na "eerstelinge uit 'n groep", bv. eerstelinge van 'n oes (Eks. 23:16), of van beeste en kleinvee (Ek. 34:19), of eerstelinge van inkomste (Spr. 3:9).  Die 144 000 van Openb. 7 en 14, beskryf "eerstelinge" wat gekoop is uit die mense vir God (en almal uit die stamme van Israel). Die woord eerstelinge kan ook na die eersgeborenes van 'n land verwys (Ps. 78:51) - die volk Israel is vir die Here 'n heiligheid, en EERSTELINGE VAN SY OPBRINGS (Jer. 2:3). Ook in Rom. 11:16 word die volk van Israel gesien as die eerstelinge. In Jak. 1:18 word Christene EERSTELINGE VAN SY SKEPSELE genoem (maar let ook daarop dat die brief van Jakobus gerig is aan die 12 stamme wat in die verstrooing is...).   Christene het die EERSTELINGE VAN DIE GEES (Rom. 8:23).
========================================================================

EERSGEBORENES:
Volgens Joodse tradisie, wil dit voorkom asof die oudste seun (Joodse seun / Hebreer) oorspronklik die pligte van "priester" gekry het - die eersgeborene moes aan die Here opgedra word sodat hy hierdie pligte kon uitvoer. Die eersgebore seun was dus die priester van die familie.  Die woord "priester" verwys na die een wat in beheer is, maar gaan nie noodwendig oor status nie alhoewel daardie persoon 'n besonderse plek het. Die plek van om in beheer te wees, het gegaan oor verantwoordelikheid teenoor die Here! Ons sou die priester kon beskryf as 'n "dienaar van God" (Jes. 61:6) - die priester DIEN DIE HERE.  Die priester was die een wat die kennis bewaar, en 'n boodskapper van die Here...  Hy ken die wil van die Here en lei die res van die familie IN DIE WIL VAN DIE HERE.
Dit gaan nie daaroor dat die priester doen wat hy wil nie, maar dat hy doen wat die Here wil.  Daarom kon die priester ook seeninge uitspreek, want hy het die Here geken in die saak.

Die volk Israel word gesien as God se eersgebore seun, die EERSTELINGE van Sy opbrings (Jer. 2:3)(daarom sal almal wat in opstand kom teen Sy volk, skuld op hulleself laai). Nie net het God Israel Sy EERSGEBORE SEUN genoem nie, maar Hy gaan verder en verklaar dat alle eersgeborenes onder die kinders van Israel, aan Hom behoort!
(Eks. 4:22)  Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: MY EERSGEBORE SEUN IS ISRAEL.
(Eks. 4:23)  Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
Sommige geleerdes beskryf dit as volg, dat toe God die volk se eersgeborenes gespaar het die nag wat alle eersgeborenes in Egipte doodgemaak is, het Hy so al die eersgeborenes van Israel vir Homself gekoop.
(Exo 13:2)  Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.
Maar na die insident van die "goue kalf", was hierdie priesterlike pligte weggeneem van die eersgebore seuns, en aan die stam van die Leviete gegee.  Op dieselfde tyd was die instelling dat elke eersgeborene losgekoop moes word, m.a.w. hulle moes betaal om van die priesterlike verpligting los te kom (Num. 3:41-51).
Levi het 3 seuns gehad:  Kehat, Gerson en Merari (Gen. 46:11; Num. 3:17-27).  (In die tyd wat hulle in die woestyn was, was die Kehatiete verantwoordelik vir die dra van die tabernakelmeubels, die Gernotsiete het die gordyne en bedekkings gedra, en die Meratiete was verantwoordelik vir die opslaan van die tabernakel self en om dit te dra).  Die priestelike geslag was uit een van hierdie 3 geslagte - uit die geslag van Aaron (nageslag van Kehat)(Num. 3).  Net die priesters kon offers bring - die res van die Leviete-families was meer soos bediendes van die priesters (Num. 3:9,10).

BEHANDEL DIT GERUS SAAM MET:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

En natuurlik het die Here altyd vir Sy priesters gesorg!  
-In die geval van die eersgeborene, het hy 'n dubbele porsie geerf (Deut. 21:17).  
-In die geval van die volk Israel (vir wie God "Sy eersgebore seun" genoem het, Eks. 4:22) het Hy vir hulle die beste land gegee en verseker dat hulle saam met Hom soos konings en priesters sal regeer. 
-So ook het die Priesterlike Levitiese stam al die tiendes en eerstelinge van alles gekry.... 

Anders gestel, daar is vir die eersgeborenes en die wat IN DIE HERE SE DIENS IS (die priester of priesterdom), gesorg.

Maar daar is heelwat voorbeelde van waar mense hulle "eersgeboortereg" verloor het!  Die rede hiervoor was "ongehoorsaamheid aan die Here" of "ongeloof". 

Voorbeelde:

-Jakob en Esau (Esau was die eersgeborene, maar het sy eersgeboortereg verloor)(daarom het die volk wat God vir Homself uitgekies het, uit die geslag van Jakob gekom, en nie uit Esau se geslag nie, al was Esau na regte die eersgeborene)(God het dus vir Hom 'n priesterdom gekies uit die geslag van Jakob);

-Ruben en Josef (Ruben was die eersgeborene, maar het dit verloor)(daarom het Josef twee porsies land geerf toe hulle in die beloofde land kom, al was Ruben na regte die eersgeborene, het Ruben sy eersgeboortereg verloor, en dit is aan Josef gegee) 

-En wat van die volk van Israel? (wie die Here se "eersgebore seun" genoem word).  God het nie Sy volk verstoot nie (Rom. 11:1), maar 'n oorblyfsel daaruit geneem (Rom. 11:5); (Rom 11:7 - "Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard"). Alhoewel Paulus sy volk "eerstelinge" noem, en "heilig" (Rom. 11:16), maak hy dit duidelik in v.14 dat nie almal van hulle gered gaan word nie. Hy verklaar verder dat die van die volk wat nie in die ongeloof bly nie, weer ingeeent kan word (Rom. 11:23). Wat die uitverkiesing aanbetref, is die volk Israel "bemindes ter wille van die vaders" (Rom. 11:28) - Net soos die Here aan die ongehoorsame heidene die geleentheid gegee het om barmhartigheid te ontvang, so sal Hy ook vir die ongehoorsames van Sy volk die geleentheid gee om weer barmhartigheid te ontvang (Rom. 11:30-32). Hy verklaar ook in Rom. 9:27 dat slegs 'n oorblyfsel van die volk gered sal word (Sag. 8:12; Hand. 15:17; Rom. 11:5).  Christus het ook verklaar dat baie van die "kinders van die koninkryk" uitgedryf sal word! (Matt. 8:12).

-Die eersgeborenes onder die volk het aan die Here behoort (Eks. 13:2), want toe die Here al die eersgeborenes in Egipteland gedood het, het Hy die eersgebore seuns van die volk van Israel gespaar (Eks. 13:14-16). Maar toe die eersgeborenes onder die volk ongehoorsaam was aan die Here en die volk afvallig maak en toelaat dat hulle 'n goue kalf maak, is die stam van Levi gekies om die plek/werk van die eersgeborenes te vervul (Num. 3:41-51). Die eersgeborenes onder die volk het nie hulle status verloor nie, maar die plig is van hulle weggeneem, en daarom moes die volk hul eersgeborenes loskoop sodat die Leviete in hulle plek vir hulle diens kon verrig. Dit dan ook die doel van die teken op die hand en voorhoofsband tussen die oë (Eks. 13:16)(rol af vir meer skrifte hieroor).


ONS MOET VERSTAAN DAT NET SOOS HIERDIE EERSGEBORENES HULLE EERSGEBOORTEREG EN PRIESTERLIKE PLIGTE VERLOOR HET A.G.V. ONGEHOORSAAMHEID EN ONGELOOF, baie van die volk van God (as deel van die "eersgebore seun van God") hulle "eersgeboortereg" verloor het a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof.  En terwyl Christene hulleself sien as 'n priesterdom, 'n heilige volk en 'n volk as eiendom verkry, moet ons verstaan dat ook Christene wat verval in ongehoorsaamheid of afvallig raak van die geloof, hierdie "eersgeboortereg" (as deel van die volk van God, Sy eersgebore seun) kan verloor.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Pligte van 'n priester:
- sy lippe moet kennis bewaar;(Mal. 2:7)(2 Kron. 17:8,9;  30:22)(Esra 7:10)
- moet onderrig gee;(Mal. 2:7)(2 Kron. 17:8,9)(Deut. 24:8)(2 Kron. 17:8,9)(Esra 7:10)(Neh. 8:2-8)
- 'n boodskapper van die Here v/d leerskare;(Mal. 2:7)
- moet geregtelike uitspraak gee;(Deut. 17:8-11)(Hag. 2:11-13)
- moet die Here dien;(Deut. 21:5)
- moet in Sy Naam seeninge uitspreek;(Deut. 21:5)
- moet uitspraak gee op sake van twis en verwonding;(Deut. 21:5).
- doen versoening vir die kinders van Israel; (Num. 8:19)
- verrig dienswerk in die tent van samekoms; (Num. 8:19).

WIE WORD IN DIE N.T. GESIEN AS DIE HERE SE "konings en PRIESTERS":
-  (Openb. 20:6)  "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank". - DIE WAT DEEL HET AAN DIE EERSTE OPSTANDING

-  (Openb. 5:9,10)  "Toe sing hulle (24 ouderlinge) ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers".

-  (Openb. 1:4-6)  "Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen".

- (1Pe 2:5)  en laat julle (die gelowige Jode wat in die verstrooiing is;  die heiliges en gelowiges in Christus Jesus - vgl. ook met Ef. 2:19) ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. (1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,


DUS, DIE WAT IN DIE N.T. GESIEN WORD AS "konings en priesters" VIR DIE HERE, IS:
- DIE WAT GAAN DEEL HE AAN DIE EERSTE OPSTANDING (die opstanding tot lewe), M.A.W. "CHRISTENE" (JODE EN HEIDENE WAT TOT GELOOF GEKOM HET IN CHRISTUS JESUS)- hulle is deur die geloof "kinders van Abraham" en kinders van die belofte (Gal. 3:7-9; Rom. 11:24)(Gal 3:29 - "En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename")(Ef. 3:6).

(Heb 12:22,23 - "Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges"



_________________________________________________________________________________

Die teken op die hand of voorhofsband:

-(Deu 6:8)  Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.

-(Deu 11:18)  Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees, (Deu 11:19)  en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan; (Deu 11:20)  en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,

-(Eks. 13:16)  En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.

Wat baie skrifgeleerdes en Fariseers verkeerd gedoen het, is om skrifte op hulle te dra met die doel sodat hulle as belangrik geag kon word deur ander:   (Mat 23:5 - "En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls ("phylacteries" - dra skrifte op hulle) breed en die some van hul klere groot").  Die doel van die teken op die hand of die voorhofsband, en so ook skrifte op deurposte ens.,  was wel bedoel as 'n teken vir die wat in die Here se diens is asook om hulle kinders te leer en te herinner aan hoe die Here die volk uit Egipte verlos het, maar nooit met die bedoeling om hulle hoogmoedig te maak nie! Die woord "phylactery" is verkry van die Griekse woord, "phylakterion" (Aramees "tefillin"), en word gedra as 2 swart leerbokse met skrif in (Exod. 13:1-10, 11-16; Deut. 6:4- 9; 11:13-21)  - dit word gedra op die voorhoof of op die linkerarm.  Sommige geleerdes is van mening dat hoe die Here dit oorspronklik bedoel het (dat hulle dit moet bind as teken op hand en as voorhofsband tussen oe),  nie letterlik geinterpreteer moes word nie (Eks. 13:9; Deut. 11:18), maar dit is wel duidelik dat die opdrag ook letterlike ingesluit het! (Deut. 11:20).  Hier is 'n paar ander skrifte waar 
"om die skrif te bewaar" meer figuurlik bedoel is:
Spr. 1:8,9;  3:1,3;  6:20-22; 7:2,3; Jer. 31:32.  

DIE TEMA VAN "TEKEN OP DIE VOORHOF", IS EGTER 'N TEMA WAT OOK GESIEN WORD IN DIE BOEK VAN OPENBARING.  En kyk die profesie in Eseg. 9:4 waarin sekere manne 'n teken op hulle voorhoofde kry (die wat sug en steun oor al die gruwels wat in die stad gedoen word) - in hierdie gedeelte word hierdie manne met die teken op die voorhof beskerm.  Vgl. dit ook met Openb. 7:3 en Openb. 14:1 (die 144000) - "dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam"
------------------------------------------------

Onder die Antichris se bewind sal die valse profeet maak dat "almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ook ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het (Openb. 13:16,17). Die wat hierdie merk ontvang is die wat vir die Antichris aanbid en dien - hulle sal uiteindelik almal onder God se toorn val! : 
-(Openb. 14:9-11 - "En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang").
_________________________________________________________________________________


Skrifgedeeltes:

(Num 3:39)  Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van ‘n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.
(Num 3:40)  En die HERE het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van ‘n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.
(Num 3:41)  En jy moet vir My—Ek is die HERE—die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.
(Num 3:42)  En Moses het, soos die HERE hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.
(Num 3:43)  En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ‘n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig.
(Num 3:44)  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
(Num 3:45)  Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.
(Num 3:46)  Wat aangaan die loskoping van die twee honderd drie en sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,
(Num 3:47)  moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.
(Num 3:48)  En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.
(Num 3:49)  Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;
(Num 3:50)  van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.
(Num 3:51)  En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Num 8:16)  Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die kinders van Israel uit, in die plek van alles wat die moederskoot open—al die eersgeborenes uit die kinders van Israel—het Ek hulle vir My geneem.
(Num 8:17)  Want al die eersgeborenes onder die kinders van Israel is myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek hulle vir My geheilig.
(Num 8:18)  En Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geneem
(Num 8:19)  en die Leviete gegee—hulle is gegee aan Aäron en sy seuns onder die kinders van Israel uit om die dienswerk van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig en om vir die kinders van Israel versoening te doen, sodat daar geen plaag mag wees onder die kinders van Israel as die kinders van Israel na die heiligdom aankom nie.
(Num 8:20)  En Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel het met die Leviete gedoen net soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van Israel met hulle gedoen.
(Num 8:21)  En die Leviete het hulleself ontsondig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.
(Num 8:22)  En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns te verrig; soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.
(Num 8:23)  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
(Num 8:24)  Dit is die saak wat die Leviete betref: Van vyf en twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die dienswerk van die tent van samekoms.
(Num 8:25)  Maar van vyftig jaar oud moet hy vry wees van diensplig en nie meer dien nie—
(Num 8:26)  hy kan sy broers in die tent van samekoms behulpsaam wees om die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig nie. So moet jy met die Leviete doen insake hulle ampspligte.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Deu 15:19)  Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Exo 13:11)  En as die HERE jou in die land van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ‘n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,
(Exo 13:12)  dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê—wat manlik is, behoort aan die HERE.
(Exo 13:13)  Maar elke eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.
(Exo 13:14)  En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.
(Exo 13:15)  Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan die HERE alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.
(Exo 13:16)  En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Num 18:8)  Verder het die HERE met Aäron gespreek: Ek self het jou die diens van my offergawes gegee; wat betref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel en aan jou seuns as ewige insetting.
(Num 18:9)  Van die hoogheilige gawes, met uitsondering van wat verbrand word, moet dít joue wees: al hulle offers, naamlik elke spysoffer en elke sondoffer en elke skuldoffer van hulle, wat hulle My bring—as iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees.
(Num 18:10)  In ‘n hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees.
(Num 18:11)  Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ‘n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
(Num 18:12)  Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.
(Num 18:13)  Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
(Num 18:14)  Alles wat onder die ban is in Israel, moet joue wees.
(Num 18:15)  Alles wat die moederskoot open—alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere—moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.
(Num 18:16)  En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf ‘n maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting, vir ‘n geldsom van vyf sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; dit is twintig gera.
(Num 18:17)  Maar die eersgeborene van ‘n bees of die eersgeborene van ‘n skaap of die eersgeborene van ‘n bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
(Num 18:18)  En hulle vleis moet joue wees; soos die bors van die beweegoffer en die regterboud moet dit joue wees.
(Num 18:19)  Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ‘n ewige insetting. Dit is ‘n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.
(Num 18:20)  Ook het die HERE vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.
(Num 18:21)  En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.
(Num 18:22)  En die kinders van Israel moet nie meer nader kom na die tent van samekoms om sonde op hulle te laai sodat hulle sterwe nie.
(Num 18:23)  Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en húlle moet hul ongeregtigheid dra—’n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.
(Num 18:24)  Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.
(Num 18:25)  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
(Num 18:26)  Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan ‘n offergawe aan die HERE afgee, ‘n tiende van die tiende.
(Num 18:27)  En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip.
(Num 18:28)  Só moet julle ook ‘n offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester Aäron gee.
(Num 18:29)  Van al jul gawes moet julle die hele offergawe aan die HERE afgee, van al die beste daarvan, as die heilige gawe wat daarvan moet afgaan.
(Num 18:30)  Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvan afgee, sal dit vir die Leviete gereken word as opbrings van die dorsvloer en as opbrings van die parskuip.
(Num 18:31)  En julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huisgesin; want dit is vir julle ‘n loon vir jul dienswerk by die tent van samekoms.
(Num 18:32)  En julle sal daarby geen sonde op julle laai as julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Spr. 3:9)  Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

(Jer 2:3)  Israel was vir die HERE ‘n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die HERE.

(Eks. 19:5)  As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
(Eks. 19:6)  En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.

(Deu 7:6)  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.

(Deu 14:2)  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.

(Deu 26:17)  Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou ‘n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.
(Deu 26:18)  En die HERE het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom ‘n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou;
(Deu 26:19)  en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ‘n lof en ‘n roem en ‘n sieraad, en dat jy ‘n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het.

(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

(Ef. 1:4)  soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

(Rom 8:23)  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

(Jak. 1:18)  Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 11:16)  En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.
(Rom 11:17)  En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ‘n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,
(Rom 11:18)  moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.
(Rom 11:19)  Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.
(Rom 11:20)  Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
(Rom 11:21)  Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.
(Rom 11:22)  Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
(Rom 11:23)  Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 14:4)  Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
= 144000

Vrydag 20 Maart 2015

Waarna verwys die term "Jode"?

In skrifte soos 2 Kon. 16:1 verwys die term "Jode" slegs na die stam van Juda, maar dit is duidelik dat alhoewel die term "Jode" oorspronklik gebruik was vir die gebore uit die stam van Juda, dit later gebruik was vir die hele volk en vandag (en lyk of dit ook in die eerste gemeentes) algemeen gebruik was/word vir al die stamme van Jakob/Israel, en die "kinders van Abraham, Isak"..., al is dit tegnies verkeerd.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die woord "Jood" beteken:   "uit die stam van Juda" (Hebreeus: 'yeh-hoo-dee').
Die oospronklike woord wat gebruik is vir "Jode", was Hebreërs - dit is ook nog 'n manier hoe Paulus na homself verwys in Fil. 3:5.  Die eerste keer wat die woord "Hebreër" gebruik is, was in Gen. 14:13 van Abraham - "Eberite".
So daar word na die volk verwys op verskillende maniere:
-  as "Hebreërs" (omdat kinders van Abraham)
-  as "Israeliete" (omdat kinders van Jakob)
-  of as "Jode".  Na die dood van koning Salomo het die nasie in twee koninkryke verdeel, nl. "die koninkryk van Juda" (die suidelike 2 stamme), en "die koninkryk van Israel" (die noordelike 10 stamme)(1 Kon. 12; 2 Kron. 10). Op daardie stadium kon die term "Jode" dus verwys het na enige iemand uit die stamme uit die "koninkryk van Juda" (m.a.w. stam van Benjamin of stam van Juda; en natuurlik ook uit die stam van Levi, asook dele van ander stamme wat oor koninkryk versprei was).

Ook in Esra 2:5,6 en 4:1-12 is 'n bv. van waar die term Jode verwys na "die uit die stam van Juda, asook die uit die stam van Benjamin". In omtrent 722 v.C. was die "10 koninkryke" (koninkryk van Israel) weggevoer deur die Assiriers, en hulle is versprei oor die aarde.  Die "koninkryk van Juda" het dus oorgebly in die land, en daar was oor die algemeen na hulle verwys as Jode.

Kom ons kyk na ' paar skrifte van hoe die term gebruik is in die Nuwe Testament:

Joh 2:13: "En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem"
Joh 7:2 - "En die fees van die Jode, die huttefees, was naby".
Al was baie nie meer in die land nie, was daar heeltyd nog verwys na die 12 stamme,  en Jakobus rig ook sy brief aan die 12 stamme! (Jak. 1:1).  Al was almal nie meer in die land nie, het die woorde "pasga van die Jode" nie net verwys na die wat in die land is nie, want dit was 'n fees wat deur al die stamme van Israel gevier is.  Dit wil lyk of die term alreeds in die eerste gemeentes as 'n meer algemene term gebruik is wat nie net verwys het na die in die "koninkryk van Juda" nie, maar na alle Israeliete.

Ook in verskeie ander skrifte verwys Paulus na sy volk as "Jode" (1 Kor. 1:24; 12:13; Gal. 2:15; Rom. 3:29...).  Hy noem Petrus 'n Jood in Gal. 2:14 (die Skrif gee nie vir ons duidelikheid oor uit watter stam Petrus kom nie...), en noem homself 'n Jood in v.15 ( en Paulus kom natuurlik uit die stam van Benjamin) - Fil. 3:5.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Esra 4:12)  aan die koning word bekend gemaak dat die Jode wat van u af na ons opgetrek het, in Jerusalem aangekom het. Hulle is besig om die rebelse en slegte stad op te bou: die mure voltooi hulle en die fondamente herstel hulle. (Esra 4:23; 5:1,5; 6:7)

-  "Jode" verwys nie hier slegs na die uit die stam van Juda nie, maar ook die uit die stam van Benjamin - kyk Esra 4:1
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(2Kon. 16:6)  In dieselfde tyd het Resin, die koning van Aram, Elat aan Aram gebring en die Jode uit Elat verdrywe; en die Edomiete het in Elat gekom en daar gaan woon tot vandag toe. (2 Kon. 25:25)

- "Jode" verwys hier na die stam van Juda (2 Kon. 16:1)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Neh 1:2)  het Hanáni, een van my broers, gekom, hy en manne uit Juda; en ek het hulle gevra na die Jode, die vrygeraaktes wat oorgebly het uit die gevangenskap, en na Jerusalem. (Neh. 2:16; 4:1,12; 5:1,17; 6:6; 13:23)(Est. 3:6,10,13; 4:3,7,13,14,16; 6:13; 8:1,3,5,7-11 ens.)

- koninkryk van Juda
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jer 40:12)  daarom het al die Jode teruggekom uit al die plekke waarheen hulle verdryf was, en in die land Juda na Gedálja gekom, in Mispa; en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte ingesamel.

- koninkryk van Juda
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 2:2)  en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys.
(Mat 27:11)  En Jesus het voor die goewerneur gestaan, en die goewerneur het Hom die vraag gestel en gesê: Is U die Koning van die Jode? En Jesus antwoord hom: U sê dit.
(Mat 27:29)  en hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op sy hoof, en ‘n riet in sy regterhand; en hulle val op hul knieë voor Hom en bespot Hom en sê: Wees gegroet, Koning van die Jode!
(Mat 28:15)  Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.
(Mar 7:3)  Want die Fariseërs en al die Jode eet nie as hulle nie deeglik die hande gewas het nie, omdat hulle vashou aan die oorlewering van die ou mense.
(Luk 7:3)  Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak.
(Luk 23:51)  —hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie—van Arimathéa, ‘n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.
(Joh 1:19)  En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
(Joh 2:6)  En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan, wat elkeen twee of drie ankers hou.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Gal 2:14)  Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?

(Gal 2:15)  Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie,
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Maandag 16 Maart 2015

Die koninklike geslag uit die stam van Dawid

Vir 'n dagstukkie oor die "sleutel van Dawid", gaan na: https://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2017/08/waarna-verwys-die-sleutel-van-dawid.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In hierdie pos word gekyk na die koninklike geslag uit die stam van Dawid, en die verbond wat die Here met hom gesluit het...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------ 
Die verbond aan Dawid was tweeledig van aard:

- (1)   EERSTENS HET DIE HERE DIE VERBOND WAT HY MET VADER ABRAHAM EN MET DIE VOLK GEMAAK HET, BEVESTIG:  (2Sa 7:10)  "en Ek sal vir my volk Israel ‘n plek bestel en hom plant, dat hy op sy eie plek kan woon en nie langer verontrus word nie. En kwaaddoeners sal hom nie meer verdruk soos vroeër nie, (2Sa 7:11)  naamlik van die dag af dat Ek rigters oor my volk Israel aangestel het. Maar Ek sal jou rus gee van al jou vyande; en die HERE gee jou te kenne dat die HERE vir jou ‘n huis sal stig".

- (2)  TWEEDENS HET DIE HERE DAWID BELOWE DAT SY SEUN DIE TROON SAL OPNEEM NA HOM, EN DAT SALOMO VIR HOM DIE TEMPEL SAL BOU;  OOK DAT SY KONINKLIKE TROON BEVESTIG SAL WORD TOT IN EWIGHEID: (2Sa 7:12)  "As jou dae vol is en jy met jou vaders ontslaap het, sal Ek jou nakomeling wat uit jou liggaam sal voortkom, laat optree en sy koningskap bevestig. (2Sa 7:13)  Hy sal vir my Naam ‘n huis bou, en Ek sal sy koninklike troon bevestig tot in ewigheid".
(Psa 89:3)  (89:4) Ek het ‘n verbond gesluit met my uitverkorene, met ‘n eed aan Dawid, my kneg, belowe:
(Psa 89:4)  (89:5) Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.
========================================================================
DAWID IS GEBORE UIT DIE GESLAG VAN JUDA - uit die geslag van Peres
(Peres was een van 'n tweeling - "Serag en Peres" -Gen. 38)
========================================================================

Daar is baie bespiegelinge deesdae oor die nageslag van Dawid, en of daar 'n koning/in is wat nog huidiglik op die troon sit, iemand uit die nageslag van Dawid. Sommige beweer selfs dat die Britse troon op 'n manier uit die geslag van Juda kom...?  Alhoewel die Here vir Dawid belowe het dat daar vir ewig iemand op die troon uit die geslag van Dawid sal sit (1 Kron. 17:14), het die belofte egter nie ingesluit dat daar fisies heeltyd iemand op die troon sal sit nie (2 Kron. 6:16).  IN DIE BELOFTE DAT DIE HERE HOM SAL LAAT BESTAAN IN SY HUIS EN IN SY KONINKRYK TOT IN EWIGHEID, WAS DAAR GEEN VOORWAARDES GESTEL NIE, MAAR OF DAAR HEELTYD IEMAND FISIES OP DIE TROON SOU SIT, WAS GEKOPPEL AAN VOORWAARDES - kyk 2 Kron. 6:16 (rol af  na " 'n belofte sonder voorwaarde?" vir meer skrifte hieroor en om dit beter te verstaan)

Oor hierdie "ewige heerskappy" het die profete geprofeteer van die Messias wat sou kom uit die geslag van Dawid... (Jer. 23:5,6; Jes. 9:6,7). Volgens Matt. 1 en Luk. 3 is Christus Jesus gebore uit hierdie koninklike stam van Dawid (alhoewel bevrug deur die Heilige Gees, en daarom sonder sonde!)
- gebore uit die stam van Dawid, nie net van die vader se kant nie, maar ook van die moeder se kant!

Mattheus noem Jesus "seun van Dawid" (v.1); gebore uit die stam van Dawid (v.17) - uit die geslag van Juda, seun van Jakob, seun van Abraham (v.2,3). Ons kry 'n geslagsregister van Maria in Luk. 3;  altans, dit lyk of dit 'n geslagsregister van Josef is, maar v.23 gebruik die woorde "Jesus, seun van Josef, seun van Eli" - alhoewel dit voorkom asof die weergawes van die geslagsregisters deur Mattheus en Lukas verskil, is dit tog nie so nie, en is geleerdes van mening dat Luk.3, waar dit lees "Josef, seun van Eli" eerder moet lees "Josef, skoonseun van Eli" - en daarom verwys na Maria se geslagsregister. Volgens Luk. 3 was Maria ook gebore uit die geslag van Dawid - maar uit die geslag van Dawid se seun, Natan:  (Luk 3:31 - "die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun van Natan, die seun van Dawid"), terwyl Josef gebore is uit die geslag van Dawid se seun, Salomo.
Toe die engel aan die maagd Maria verskyn en haar meedeel oor hoe sy swanger gaan word en 'n Seun baar, was sy woorde as volg:  
(Luk 1:31)  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
(Luk 1:32)  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, (Luk 1:33)  en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie................(Luk 1:69)  en ‘n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg—. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Christus Jesus is die EERSGEBORENE uit die dode, sodat Hy in alles eerste kan wees! (Kol. 1:18) - Hy is die eergeborene v/d skepping! (Kol. 1:15). Ten spyte van of daar iemand vandag lewe uit die koninklike geslag van Dawid of nie, die waarheid is dat Christus Jesus die Een is waaroor geprofeteer was, die Een wat vir ewig sou regeer, en alhoewel Hy gesterf het op die kruis, het Hy op opgestaan uit die dood en was die eersteling in die opstanding van die gelowiges. Dit is vir Hom vir wie ons op die troon wil sien sit - die regverdige Regter - die Een wat kom om te oordeel, en met 'n ysterstaf sal regeer.  Hy sal Sy plek op die troon van Dawid inneem.  In Hom is die "ewige troon" bevestig.  Hy is die eersteling uit die dode, en sal op daardie dag wanneer Hy terugkom, besluit wie Hy opwek tot lewe en wie nie... Hy besluit wie is deel van Sy koninkryk, en wie nie. Hy is die ware eersgeborene. 

Hy is 'n Koning sonder sonde; 'n Koning wat nie kan sterf nie;  'n regverdige Koning!  Die skrif verklaar dat Hy, wanneer Hy terugkom, koning sal wees oor die hele aarde, en vanuit Jerusalem sal regeer. (Ps. 47; Sag. 14 Dan. 2:44...).
- (Dan 2:44 - "Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—").

-  (Dan 7:27)  Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees.

-  (Dan 7:13)  Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van ‘n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.
(Dan 7:14)  En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is ‘n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.
========================================================================

'n Belofte sonder voorwaarde?
------------------------------

(1Ch 17:11)  En as jou dae vol is om heen te gaan saam met jou vaders, sal Ek jou nakomeling wat uit jou seuns sal wees, laat optree en sy koningskap bevestig (Salomo).
(1Ch 17:12)  Hy sal vir My ‘n huis bou, en Ek sal sy troon bevestig tot in ewigheid.
(1Ch 17:13)  Ék sal vir hom ‘n vader wees, en hy sal vir My ‘n seun wees, en my goedertierenheid sal Ek van hom nie laat wyk soos Ek dit onttrek het aan hom wat voor jou gewees het nie.
(1Ch 17:14)  Maar Ek sal hom laat bestaan in my huis en in my koninkryk tot in ewigheid, en sy troon sal vas staan tot in ewigheid.

SALOMO WAS ONGELUKKIG NIE BAIE GEHOORSAAM NIE, EN SY BEWIND IS ONTSIER DEUR SY MISHANDELING VAN SY ONDERDANE EN HUWELIKE.  HY HET OOK BUITELANDSE VROUE GENEEM EN BEGIN O.A. BEGIN AFGODE AANBID!   TOG HET DIE HERE BELOWE DAT HY NIE SY GOEDERTIERENHEID VAN HOM SAL LAAT WYK SOOS HY DIT GEDOEN HET MET SAUL NIE! (hierdie was 'n belofte aan Dawid - 'n belofte sonder voorwaardes). In die geval van Saul, was die koningslyn afgesny uit die geslag van Benjamin omdat Saul ongehoorsaam was aan die Here, maar in die geval van Salomo sou die Here dit nie afsny a.g.v. ongehoorsaamheid nie - dit beteken egter nie dat daar altyd iemand op die troon fisies sou sit nie, maar slegs dat dit nie afgesny is uit die geslag van Dawid nie! IN DIE BELOFTE DAT DIE HERE HOM SAL LAAT BESTAAN IN SY HUIS EN IN SY KONINKRYK TOT IN EWIGHEID, WAS DAAR GEEN VOORWAARDES GESTEL NIE, MAAR OF DAAR HEELTYD IEMAND FISIES OP DIE TROON SAL SIT, WAS GEKOPPEL AAN VOORWAARDES - kyk 2 Kron. 6:16 -  DIE EWIGE HEERSKAPPY VERWYS NA CHRISTUS JESUS WAT GEBORE IS UIT DIE GESLAG VAN DAWID...

(2Ch 6:16)  Hou nou ook, HERE, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit ‘n man voor my aangesig ontbreek wat sal sit op die troon van Israel nie, (VOORWAARDE -)as jou seuns net op hulle weg ag gee, deur te wandel in my wet soos jy voor my aangesig gewandel het.
========================================================================

Skrifte: Wat het die profete voorspel oor hierdie "ewige Koning"?

(Jer 23:5)  Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid ‘n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.
(Jer 23:6)  In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.

(Isa 9:6)  (9:5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—
(Isa 9:7)  (9:6) tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.

(Luk 1:31)  En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem.
(Luk 1:32)  Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
...............(Luk 1:69)  en ‘n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg—

(Hand. 13:32)  En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek,
(Hand. 13:33)  soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
(Hand. 13:34)  En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy só gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is.
(Hand. 13:35)  Daarom sê Hy ook op ‘n ander plek: U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie.
(Hand. 13:36)  Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,
(Hand. 13:37)  maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.

(Openb. 3:7)  En skryf aan die engel van die gemeente in Filadelfía: Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak en niemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie:

========================================================================

SKRIFTE RONDOM DIE GESLAG VAN SERAG (tweelingbroer van Peres)(saam na Egipte, in die woestyn, land Kanaan...):
(Num 26:4)  Laat hulle opneem van twintig jaar oud en daarbo, soos die HERE Moses beveel het. En die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het, was:
............
(Num 26:19)  Die seuns van Juda was: Er en Onan; maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän.
(Num 26:20)  En die seuns van Juda volgens hulle geslagte: van Sela die geslag van die Selaniete; van Peres die geslag van die Parsiete; van Serag die geslag van die Sargiete.

(Gen 46:8)  En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het—Jakob en sy seuns. Die eersgeborene van Jakob was Ruben.
............
(Gen 46:12)  En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.

(Neh 11:24)  En Petágja, die seun van Mesesábeël, van die seuns van Serag, die seun van Juda, was verteenwoordiger van die koning in enige saak van die volk.

(Jos 6:18)  Maar neem julle net in ag vir die ban, dat julle nie, terwyl julle met die banvloek tref, tog van die bangoed neem en die laer van Israel onder die ban bring en dit in die ongeluk stort nie.
...........................(Jos 7:1)  Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het teen die kinders van Israel................(Jos 7:17)  Toe hy die geslagte van Juda laat aankom, het die lot die geslag van die Sargiete aangewys; toe hy die geslag van die Sargiete laat aankom man vir man, is Sabdi aangewys;
(1Ch 2:7)  En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.

(1Ch 27:1)  En dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier en twintig duisend:
........................................(1Ch 27:11)  Die agtste vir die agtste maand was Síbbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.(1Ch 27:13)  Die tiende vir die tiende maand was Máharai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.
========================================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/07/die-wederkoms.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/jesus-is-die-christus.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/het-die-jode-verstaan-dat-die-messias.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/jood-sowel-heiden-het-hulle-messias.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/waarna-verwys-oes-in-die-skrif.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/10/is-die-kerk-nog-besig-om-te-oes.htm
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/hy-sit-konings-af-en-stel-konings-aan.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/en-ons-gemaak-het-konings-en-priesters.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/volledige-uiteensetting-eindtydgebeure_19.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-evangelie-vd.html


Saterdag 20 Desember 2014

Opsomming: die Boek Sefanja

Sefanja was 'n profeet van die Here gedurende die regering van koning Josia (640 - 609 v.C.).  Dit is omstreeks die tyd wat Jeremia profeet geword het.  Op hierdie stadium was die sedes van die volk baie laag (weens die tyd van die vorige twee konings, Manasse en Amon).  Sefanja profeteer oor wat in die toekoms gaan gebeur, nie net met die volk van God nie, maar ook met sekere ander nasies.  Hy praat van die komende oordeel (op die goddelose en die wat van die Here afvallig word en Hom nie soek, en Hom nie raadpleeg nie), verwysend na "DIE DAG VAN DIE HERE". 

Dele van die wederkoms word beskryf, en veral hoe dit 'n dag sal wees van "grimmigheid" - spesifieke dinge word genoem van wat dan sal gebeur, hoe die mense in benoudheid gebring sal word, sal rondloop soos blindes omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek...  Hy praat oor hoe die Here vernietiging sal bring oor die inwoners van die aarde... die dag van die toorn van die Here!  In die profesie word die volk tot inkeer geroep.  Hy profeteer ook oor wat met spesifieke landstreke gaan gebeur, soos bv. dat Gasa verlate sal wees, ens.

HIER VOLG 'N OPSOMMING ("copy en ge-"paste") UIT DIE BOEK VAN SEFANJA:
-  WAT GAAN GEBEUR RONDOM DIE WEDERKOMS?
-  TEEN WIE SAL DIE HERE SY HAND UITSTREK?
-  WATTER LANDSTREKE WORD GENOEM, EN WAT SAL GEBEUR MET HIERDIE LANDSTREKE?

(Rol af vir die Skrifgedeeltes)
(Vir 'n opsomming oor ander eindtyd onderwerpe op hierdie blog, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/p/opsomming-eindtyd-onderwerpe.html)
========================================================================

WAT GAAN GEBEUR MET JESUS SE WEDERKOMS?
(copy/paste skrifgedeeltes)
-  Alles (mense, diere, voels, visse;  en die struikelblokke met die goddelose) sal saamgeskraap en weggeraap word van die aardbodem af (v. 1-3);  Dié dag is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid (MENSE SAL RONDLOOP SOOS BLINDES, hulle bloed vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek- v. 17) en angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag; ‘n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings (v. 15,16).  Deur die vuur van Sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, ‘n verskriklike, oor die inwoners van die aarde (v.18).
 Die Here sal Sy hand uitstrek teen JUDA en teen al die INWONERS VAN JERUSALEM (v.4). 
-  Die Here sal dit wat van Baäl oorgebly het, uitroei (die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom.  Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie (v. 4-6).
- die HERE het ‘n offer berei, sy gaste geheilig (bruilofsmaal?);  
- en op die dag (v/d offer v/d Here) sal Hy besoeking doen oor die VORSTE en die PRINSE, oor ALMAL WAT UITLANDSE KLERE DRA, en oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog (v. 7-9).
-  En op dié dag, hoor! - ‘n geskreeu van die Vispoort af;
                                    - en ‘n gehuil van die Nuwe Stad af ("die tweede"; duplikaat)(v.10), en 'n gehuil van die Vysel ("Maktesh" - plek in Jerusalem)(v.11)(want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei);
                                    - en ‘n groot gekraak van die heuwels af! 
- En in dié tyd sal die Here JERUSALEM met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie. En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word; en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie (v.12,13).

FILISTYNSE STEDE:
Gasa (Gaza, Assah  sal verlate wees; 
- Askelon  tot verwoesting;
- Asdod sal op die helder middag verdryf word,;
- Ekron  sal ontwortel word (2:4).
- Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs (Cherethims, Cherethites)! Die woord van die HERE is teen julle, Kanaänland van die Filistyne—sal verdelg word, sodat daar niemand meer woon nie (2:5).
- Die kusstreek (mediteranean) sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee;  en dit sal wees ‘n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lê, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander (2:6,7).
-  Omdat Moab en Ammon hulle groot gehou het teen die grondgebied van God se volk (trots was), sal Moab ("incestuous son of Lot") word soos Sodom en die kinders van Ammon ("seun van Lot") soos Gomorra—(’n veld van brandnekels en soutpanne en ‘n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe)(2:8-10).Vreeslik sal die HERE teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies (v.11).
-  Die Kusiete (Ethiopians) sal deur Sy swaard deurboor word (2:12).
-  In die noorde sal Assur (Assyrians) vernietig word, en Ninevé (capital of Assyria) tot ‘n verwoesting gemaak word, dor soos die woestyn (2:13). Binne-in die stad sal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle het die sederwerk afgeruk. Dit is die uitgelate stad wat so veilig gewoon het, wat in sy hart gesê het: Dit is ek, en niemand anders nie! Hoe het dit ‘n verwoesting geword, ‘n lêplek vir wilde diere! Almal wat daar verbytrek, spot, skud met die hand. (2:14,15)
- Nasies sal versamel word, en koninkryke vergader sodat Hy Sy grimmigheid oor hulle kan uitstort - die ganse aarde sal deur die vuur van Sy ywer verteer word! (3:8) Hy sal nasies uitroei, hulle hoekvestings vernietig; hulle strate het verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie (3:6).(As hulle gevrees het en Sy tugtiging aangeneem het, dan sou hulle nie uitgeroei word nie - 3:7).


- Wee die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad.
(Zep 3:2)  Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die HERE vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.
(Zep 3:3)  Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.
(Zep 3:4)  Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.
(Zep 3:5)  Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.

- Dan sal Hy aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien (3:9).

 Oorkant die riviere van Kus (name of the son of Ham-Gen. 10)(Ethiopia) vandaan sal Sy aanbidders, Sy verstrooide gemeente, Sy offerande bring (3:10). (Zep 3:11)  Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie. (Zep 3:12)  En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek. (Zep 3:13)  Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie. (Zep 3:14)  Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem! (Zep 3:15)  Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie. (Zep 3:16)  In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie! (Zep 3:17)  Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel. (Zep 3:18)  Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle. (Zep 3:19)  Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ‘n lof en tot ‘n roem wie se skande oor die hele aarde was. (Zep 3:20)  In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ‘n roem en tot ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die HERE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
ANDER INLIGTING VIR VGL.:
Kus (name of the son of Ham-Gen. 10; vader van Nimrod - ryk begin Babel, Ereg, Akkad en Kalne in land Sinear)(riviere van Ethiopa)VERGELYK MET DIE GEBIED VAN DIE KANAANIETE:  (Gen 10:19 - "En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim tot by Lesa".

========================================================================
Skrifgedeeltes:
Sefanja 1-3:

(Sef. 1:1)  Die woord van die HERE wat gekom het tot Sefánja, die seun van Kusi, die seun van Gedálja, die seun van Amárja, die seun van Hiskía, in die dae van Josía, die seun van Amon, koning van Juda.
(Sef. 1:2)  Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek die HERE.
(Sef. 1:3)  Ek sal wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die HERE.
(Sef. 1:4)  En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters;
(Sef. 1:5)  en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom.
(Sef. 1:6)  Ook die wat van die HERE afvallig word en wat die HERE nie soek en Hom nie raadpleeg nie.
(Sef. 1:7)  Swyg voor die Here HERE! Want die dag van die HERE is naby; want die HERE het ‘n offer berei, sy gaste geheilig.
(Sef. 1:8)  En op die dag van die offer van die HERE sal Ek besoeking doen oor die vorste en die prinse en oor almal wat uitlandse klere dra.
(Sef. 1:9)  Ek sal ook op dié dag besoeking doen oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.
(Sef. 1:10)  En op dié dag, spreek die HERE—hoor! ‘n geskreeu van die Vispoort af en ‘n gehuil van die Nuwe Stad af en ‘n groot gekraak van die heuwels af!
(Sef. 1:11)  Huil, o inwoners van die Vysel! want al die koopmans gaan te gronde, almal wat geld afweeg, word uitgeroei.
(Sef. 1:12)  En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.
(Sef. 1:13)  En hulle rykdom sal geplunder word, en hulle huise verwoes word; en as hulle huise bou, sal hulle dit nie bewoon nie; en as hulle wingerde plant, sal hulle die wyn daarvan nie drink nie.
(Sef. 1:14)  Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar.
(Sef. 1:15)  Dié dag is ‘n dag van grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en angs, ‘n dag van woestheid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donkerheid, ‘n dag van wolke en wolkenag,
(Sef. 1:16)  ‘n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoekvestings.
(Sef. 1:17)  En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.
(Sef. 1:18)  Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, ‘n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.

(Zep 2:1)  Kom tot julleself, ja, kom tot inkeer, o nasie wat nie skaam word nie!
(Zep 2:2)  Voordat die besluit baar—soos kaf gaan die dag verby—voordat daar oor julle kom die toorngloed van die HERE, voordat oor julle kom die dag van die toorn van die HERE.
(Zep 2:3)  Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid—miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.
(Zep 2:4)  Want Gasa sal verlate wees en Askelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word.
(Zep 2:5)  Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die HERE is teen julle, Kanaän, land van die Filistyne—Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.
(Zep 2:6)  En die kusstreek sal weiplekke met putte wees vir herders en krale vir kleinvee.
(Zep 2:7)  En dit sal wees ‘n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lê, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander.
(Zep 2:8)  Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou het teen sy grondgebied.
(Zep 2:9)  Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra—’n veld van brandnekels en soutpanne en ‘n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.
(Zep 2:10)  Dit oorkom hulle vir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van die HERE van die leërskare.
(Zep 2:11)  Vreeslik sal die HERE teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies.
(Zep 2:12)  Ook julle, o Kusiete, deurboordes van my swaard is hulle.
(Zep 2:13)  Dan sal Hy sy hand uitstrek teen die noorde, en Hy sal Assur vernietig en Ninevé tot ‘n verwoesting maak, dor soos die woestyn.
(Zep 2:14)  En binne-in die stad sal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle het die sederwerk afgeruk.
(Zep 2:15)  Dit is die uitgelate stad wat so veilig gewoon het, wat in sy hart gesê het: Dit is ek, en niemand anders nie! Hoe het dit ‘n verwoesting geword, ‘n lêplek vir wilde diere! Almal wat daar verbytrek, spot, skud met die hand.

(Zep 3:1)  Wee die opstandige en die besoedelde, die verdrukkende stad.
(Zep 3:2)  Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die HERE vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.
(Zep 3:3)  Sy vorste binne-in hom is brullende leeus; sy regters is aandwolwe wat niks vir die môre oorlaat nie.
(Zep 3:4)  Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.
(Zep 3:5)  Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.
(Zep 3:6)  Ek het nasies uitgeroei, hulle hoekvestings is vernietig; hulle strate het Ek verwoes, sodat niemand meer verbygaan nie; hulle stede is verniel, sodat daar geen mens, geen inwoner in is nie.
(Zep 3:7)  Ek het gesê: Mag jy My maar vrees, tugtiging aanneem! Dan sou sy woonplek nie uitgeroei word nie, nie plaasvind alles wat Ek teen hom bestel het nie. Nogtans het hulle met ywer al hulle handelinge bederwe.
(Zep 3:8)  Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!
(Zep 3:9)  Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien.
(Zep 3:10)  Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring.
(Zep 3:11)  Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie.
(Zep 3:12)  En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek.
(Zep 3:13)  Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie.
(Zep 3:14)  Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!
(Zep 3:15)  Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.
(Zep 3:16)  In dié dag sal aan Jerusalem gesê word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie!
(Zep 3:17)  Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.
(Zep 3:18)  Die wat bedroef is, ver weg van die fees, versamel Ek; hulle hoort by jou, die smaad druk swaar op hulle.
(Zep 3:19)  Kyk, in dié tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ‘n lof en tot ‘n roem wie se skande oor die hele aarde was.
(Zep 3:20)  In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ‘n roem en tot ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die HERE.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------