Wys tans plasings met die etiket priester. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket priester. Wys alle plasings

Maandag 13 April 2015

Eersgeborenes en Eerstelinge/Priesters

IN HIERDIE POS KYK ONS NA DIE BETEKENIS VAN DIE WOORDE "EERSGEBORENES" EN "EERSTELINGE".  ONS GAAN VERAL KYK NA HOE
 "EERGEBORENES" VERBAND HOU MET PRIESTERLIKE PLIGTE, EN WAT PRIESTERLIKE PLIGTE SPESIFIEK BEHELS.  Daar is ook ander onderwerpe rakende "eersgeborenes" (bv. 'n volk wat gesien word soos eersgeborenes, of die berip "eersgeborene uit die dode"), maar in hierdie pos staan ons stil by die priesterlike pligte van eersgeborenes.




_________________________________________________________________________________
Die woord eergeborene verwys na die seun wat "eerste gebore" is. 

-Christus is bv. die "Eersgeborene van die hele Skepping" (Kol. 1:15; Hebr. 1:6), ook "Eersgeborene uit die dode" (Kol. 1:18; Openb. 1:5), die "Eersgeborene onder baie broeders" (onder Christene) (Rom. 8:29)(en die eniggebore Seun van God) - 1Jh 4:9, 2 Jh 1:3,Openb.2:18).

-(Psa 89:4)  (89:5) "Tot in ewigheid sal Ek jou (Dawid se) nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela".  (Psa 89:27)  (89:28) "Ja, Ék sal hom ‘n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde". - IN CHRISTUS JESUS IS DAWID SE TROON VIR EWIG BEVESTIG.

-Die volk Israel was ook gesien as God se eersgebore seun (Eks. 4:22).
-Ook die geslag uit die stam van Levi is onder die volk in die plek geplaas van die eersgeborenes v/d volk (Num. 3:41).

Die woord eersteling ("first-fruits") verwys na "eerstelinge uit 'n groep", bv. eerstelinge van 'n oes (Eks. 23:16), of van beeste en kleinvee (Ek. 34:19), of eerstelinge van inkomste (Spr. 3:9).  Die 144 000 van Openb. 7 en 14, beskryf "eerstelinge" wat gekoop is uit die mense vir God (en almal uit die stamme van Israel). Die woord eerstelinge kan ook na die eersgeborenes van 'n land verwys (Ps. 78:51) - die volk Israel is vir die Here 'n heiligheid, en EERSTELINGE VAN SY OPBRINGS (Jer. 2:3). Ook in Rom. 11:16 word die volk van Israel gesien as die eerstelinge. In Jak. 1:18 word Christene EERSTELINGE VAN SY SKEPSELE genoem (maar let ook daarop dat die brief van Jakobus gerig is aan die 12 stamme wat in die verstrooing is...).   Christene het die EERSTELINGE VAN DIE GEES (Rom. 8:23).
========================================================================

EERSGEBORENES:
Volgens Joodse tradisie, wil dit voorkom asof die oudste seun (Joodse seun / Hebreer) oorspronklik die pligte van "priester" gekry het - die eersgeborene moes aan die Here opgedra word sodat hy hierdie pligte kon uitvoer. Die eersgebore seun was dus die priester van die familie.  Die woord "priester" verwys na die een wat in beheer is, maar gaan nie noodwendig oor status nie alhoewel daardie persoon 'n besonderse plek het. Die plek van om in beheer te wees, het gegaan oor verantwoordelikheid teenoor die Here! Ons sou die priester kon beskryf as 'n "dienaar van God" (Jes. 61:6) - die priester DIEN DIE HERE.  Die priester was die een wat die kennis bewaar, en 'n boodskapper van die Here...  Hy ken die wil van die Here en lei die res van die familie IN DIE WIL VAN DIE HERE.
Dit gaan nie daaroor dat die priester doen wat hy wil nie, maar dat hy doen wat die Here wil.  Daarom kon die priester ook seeninge uitspreek, want hy het die Here geken in die saak.

Die volk Israel word gesien as God se eersgebore seun, die EERSTELINGE van Sy opbrings (Jer. 2:3)(daarom sal almal wat in opstand kom teen Sy volk, skuld op hulleself laai). Nie net het God Israel Sy EERSGEBORE SEUN genoem nie, maar Hy gaan verder en verklaar dat alle eersgeborenes onder die kinders van Israel, aan Hom behoort!
(Eks. 4:22)  Dan moet jy vir Farao sê: So spreek die HERE: MY EERSGEBORE SEUN IS ISRAEL.
(Eks. 4:23)  Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien. Maar jy het geweier om hom te laat trek. Kyk, Ek sal jou eersgebore seun laat sterwe.
Sommige geleerdes beskryf dit as volg, dat toe God die volk se eersgeborenes gespaar het die nag wat alle eersgeborenes in Egipte doodgemaak is, het Hy so al die eersgeborenes van Israel vir Homself gekoop.
(Exo 13:2)  Heilig vir My al die eersgeborenes. Alles wat die moederskoot open onder die kinders van Israel, van mense en van diere, dit is myne.
Maar na die insident van die "goue kalf", was hierdie priesterlike pligte weggeneem van die eersgebore seuns, en aan die stam van die Leviete gegee.  Op dieselfde tyd was die instelling dat elke eersgeborene losgekoop moes word, m.a.w. hulle moes betaal om van die priesterlike verpligting los te kom (Num. 3:41-51).
Levi het 3 seuns gehad:  Kehat, Gerson en Merari (Gen. 46:11; Num. 3:17-27).  (In die tyd wat hulle in die woestyn was, was die Kehatiete verantwoordelik vir die dra van die tabernakelmeubels, die Gernotsiete het die gordyne en bedekkings gedra, en die Meratiete was verantwoordelik vir die opslaan van die tabernakel self en om dit te dra).  Die priestelike geslag was uit een van hierdie 3 geslagte - uit die geslag van Aaron (nageslag van Kehat)(Num. 3).  Net die priesters kon offers bring - die res van die Leviete-families was meer soos bediendes van die priesters (Num. 3:9,10).

BEHANDEL DIT GERUS SAAM MET:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/die-gees-van-god-1.html
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

En natuurlik het die Here altyd vir Sy priesters gesorg!  
-In die geval van die eersgeborene, het hy 'n dubbele porsie geerf (Deut. 21:17).  
-In die geval van die volk Israel (vir wie God "Sy eersgebore seun" genoem het, Eks. 4:22) het Hy vir hulle die beste land gegee en verseker dat hulle saam met Hom soos konings en priesters sal regeer. 
-So ook het die Priesterlike Levitiese stam al die tiendes en eerstelinge van alles gekry.... 

Anders gestel, daar is vir die eersgeborenes en die wat IN DIE HERE SE DIENS IS (die priester of priesterdom), gesorg.

Maar daar is heelwat voorbeelde van waar mense hulle "eersgeboortereg" verloor het!  Die rede hiervoor was "ongehoorsaamheid aan die Here" of "ongeloof". 

Voorbeelde:

-Jakob en Esau (Esau was die eersgeborene, maar het sy eersgeboortereg verloor)(daarom het die volk wat God vir Homself uitgekies het, uit die geslag van Jakob gekom, en nie uit Esau se geslag nie, al was Esau na regte die eersgeborene)(God het dus vir Hom 'n priesterdom gekies uit die geslag van Jakob);

-Ruben en Josef (Ruben was die eersgeborene, maar het dit verloor)(daarom het Josef twee porsies land geerf toe hulle in die beloofde land kom, al was Ruben na regte die eersgeborene, het Ruben sy eersgeboortereg verloor, en dit is aan Josef gegee) 

-En wat van die volk van Israel? (wie die Here se "eersgebore seun" genoem word).  God het nie Sy volk verstoot nie (Rom. 11:1), maar 'n oorblyfsel daaruit geneem (Rom. 11:5); (Rom 11:7 - "Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard"). Alhoewel Paulus sy volk "eerstelinge" noem, en "heilig" (Rom. 11:16), maak hy dit duidelik in v.14 dat nie almal van hulle gered gaan word nie. Hy verklaar verder dat die van die volk wat nie in die ongeloof bly nie, weer ingeeent kan word (Rom. 11:23). Wat die uitverkiesing aanbetref, is die volk Israel "bemindes ter wille van die vaders" (Rom. 11:28) - Net soos die Here aan die ongehoorsame heidene die geleentheid gegee het om barmhartigheid te ontvang, so sal Hy ook vir die ongehoorsames van Sy volk die geleentheid gee om weer barmhartigheid te ontvang (Rom. 11:30-32). Hy verklaar ook in Rom. 9:27 dat slegs 'n oorblyfsel van die volk gered sal word (Sag. 8:12; Hand. 15:17; Rom. 11:5).  Christus het ook verklaar dat baie van die "kinders van die koninkryk" uitgedryf sal word! (Matt. 8:12).

-Die eersgeborenes onder die volk het aan die Here behoort (Eks. 13:2), want toe die Here al die eersgeborenes in Egipteland gedood het, het Hy die eersgebore seuns van die volk van Israel gespaar (Eks. 13:14-16). Maar toe die eersgeborenes onder die volk ongehoorsaam was aan die Here en die volk afvallig maak en toelaat dat hulle 'n goue kalf maak, is die stam van Levi gekies om die plek/werk van die eersgeborenes te vervul (Num. 3:41-51). Die eersgeborenes onder die volk het nie hulle status verloor nie, maar die plig is van hulle weggeneem, en daarom moes die volk hul eersgeborenes loskoop sodat die Leviete in hulle plek vir hulle diens kon verrig. Dit dan ook die doel van die teken op die hand en voorhoofsband tussen die oë (Eks. 13:16)(rol af vir meer skrifte hieroor).


ONS MOET VERSTAAN DAT NET SOOS HIERDIE EERSGEBORENES HULLE EERSGEBOORTEREG EN PRIESTERLIKE PLIGTE VERLOOR HET A.G.V. ONGEHOORSAAMHEID EN ONGELOOF, baie van die volk van God (as deel van die "eersgebore seun van God") hulle "eersgeboortereg" verloor het a.g.v. ongehoorsaamheid en ongeloof.  En terwyl Christene hulleself sien as 'n priesterdom, 'n heilige volk en 'n volk as eiendom verkry, moet ons verstaan dat ook Christene wat verval in ongehoorsaamheid of afvallig raak van die geloof, hierdie "eersgeboortereg" (as deel van die volk van God, Sy eersgebore seun) kan verloor.  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Pligte van 'n priester:
- sy lippe moet kennis bewaar;(Mal. 2:7)(2 Kron. 17:8,9;  30:22)(Esra 7:10)
- moet onderrig gee;(Mal. 2:7)(2 Kron. 17:8,9)(Deut. 24:8)(2 Kron. 17:8,9)(Esra 7:10)(Neh. 8:2-8)
- 'n boodskapper van die Here v/d leerskare;(Mal. 2:7)
- moet geregtelike uitspraak gee;(Deut. 17:8-11)(Hag. 2:11-13)
- moet die Here dien;(Deut. 21:5)
- moet in Sy Naam seeninge uitspreek;(Deut. 21:5)
- moet uitspraak gee op sake van twis en verwonding;(Deut. 21:5).
- doen versoening vir die kinders van Israel; (Num. 8:19)
- verrig dienswerk in die tent van samekoms; (Num. 8:19).

WIE WORD IN DIE N.T. GESIEN AS DIE HERE SE "konings en PRIESTERS":
-  (Openb. 20:6)  "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank". - DIE WAT DEEL HET AAN DIE EERSTE OPSTANDING

-  (Openb. 5:9,10)  "Toe sing hulle (24 ouderlinge) ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers".

-  (Openb. 1:4-6)  "Johannes aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen".

- (1Pe 2:5)  en laat julle (die gelowige Jode wat in die verstrooiing is;  die heiliges en gelowiges in Christus Jesus - vgl. ook met Ef. 2:19) ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus. (1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,


DUS, DIE WAT IN DIE N.T. GESIEN WORD AS "konings en priesters" VIR DIE HERE, IS:
- DIE WAT GAAN DEEL HE AAN DIE EERSTE OPSTANDING (die opstanding tot lewe), M.A.W. "CHRISTENE" (JODE EN HEIDENE WAT TOT GELOOF GEKOM HET IN CHRISTUS JESUS)- hulle is deur die geloof "kinders van Abraham" en kinders van die belofte (Gal. 3:7-9; Rom. 11:24)(Gal 3:29 - "En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename")(Ef. 3:6).

(Heb 12:22,23 - "Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges"



_________________________________________________________________________________

Die teken op die hand of voorhofsband:

-(Deu 6:8)  Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.

-(Deu 11:18)  Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as ‘n teken op julle hand en laat dit as ‘n voorhoofsband tussen julle oë wees, (Deu 11:19)  en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan; (Deu 11:20)  en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte,

-(Eks. 13:16)  En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.

Wat baie skrifgeleerdes en Fariseers verkeerd gedoen het, is om skrifte op hulle te dra met die doel sodat hulle as belangrik geag kon word deur ander:   (Mat 23:5 - "En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls ("phylacteries" - dra skrifte op hulle) breed en die some van hul klere groot").  Die doel van die teken op die hand of die voorhofsband, en so ook skrifte op deurposte ens.,  was wel bedoel as 'n teken vir die wat in die Here se diens is asook om hulle kinders te leer en te herinner aan hoe die Here die volk uit Egipte verlos het, maar nooit met die bedoeling om hulle hoogmoedig te maak nie! Die woord "phylactery" is verkry van die Griekse woord, "phylakterion" (Aramees "tefillin"), en word gedra as 2 swart leerbokse met skrif in (Exod. 13:1-10, 11-16; Deut. 6:4- 9; 11:13-21)  - dit word gedra op die voorhoof of op die linkerarm.  Sommige geleerdes is van mening dat hoe die Here dit oorspronklik bedoel het (dat hulle dit moet bind as teken op hand en as voorhofsband tussen oe),  nie letterlik geinterpreteer moes word nie (Eks. 13:9; Deut. 11:18), maar dit is wel duidelik dat die opdrag ook letterlike ingesluit het! (Deut. 11:20).  Hier is 'n paar ander skrifte waar 
"om die skrif te bewaar" meer figuurlik bedoel is:
Spr. 1:8,9;  3:1,3;  6:20-22; 7:2,3; Jer. 31:32.  

DIE TEMA VAN "TEKEN OP DIE VOORHOF", IS EGTER 'N TEMA WAT OOK GESIEN WORD IN DIE BOEK VAN OPENBARING.  En kyk die profesie in Eseg. 9:4 waarin sekere manne 'n teken op hulle voorhoofde kry (die wat sug en steun oor al die gruwels wat in die stad gedoen word) - in hierdie gedeelte word hierdie manne met die teken op die voorhof beskerm.  Vgl. dit ook met Openb. 7:3 en Openb. 14:1 (die 144000) - "dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam"
------------------------------------------------

Onder die Antichris se bewind sal die valse profeet maak dat "almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ook ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het (Openb. 13:16,17). Die wat hierdie merk ontvang is die wat vir die Antichris aanbid en dien - hulle sal uiteindelik almal onder God se toorn val! : 
-(Openb. 14:9-11 - "En ‘n derde engel het hulle gevolg en met ‘n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang").
_________________________________________________________________________________


Skrifgedeeltes:

(Num 3:39)  Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van ‘n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.
(Num 3:40)  En die HERE het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van ‘n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.
(Num 3:41)  En jy moet vir My—Ek is die HERE—die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.
(Num 3:42)  En Moses het, soos die HERE hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.
(Num 3:43)  En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ‘n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig.
(Num 3:44)  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
(Num 3:45)  Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.
(Num 3:46)  Wat aangaan die loskoping van die twee honderd drie en sewentig wat oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,
(Num 3:47)  moet jy per hoof vyf sikkels neem; volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; die sikkel is twintig gera.
(Num 3:48)  En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.
(Num 3:49)  Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;
(Num 3:50)  van die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.
(Num 3:51)  En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Num 8:16)  Want hulle is heeltemal aan My gegee onder die kinders van Israel uit, in die plek van alles wat die moederskoot open—al die eersgeborenes uit die kinders van Israel—het Ek hulle vir My geneem.
(Num 8:17)  Want al die eersgeborenes onder die kinders van Israel is myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek hulle vir My geheilig.
(Num 8:18)  En Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel geneem
(Num 8:19)  en die Leviete gegee—hulle is gegee aan Aäron en sy seuns onder die kinders van Israel uit om die dienswerk van die kinders van Israel in die tent van samekoms te verrig en om vir die kinders van Israel versoening te doen, sodat daar geen plaag mag wees onder die kinders van Israel as die kinders van Israel na die heiligdom aankom nie.
(Num 8:20)  En Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel het met die Leviete gedoen net soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van Israel met hulle gedoen.
(Num 8:21)  En die Leviete het hulleself ontsondig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.
(Num 8:22)  En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns te verrig; soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.
(Num 8:23)  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
(Num 8:24)  Dit is die saak wat die Leviete betref: Van vyf en twintig jaar oud en daarbo moet hy kom om sy plig te vervul by die dienswerk van die tent van samekoms.
(Num 8:25)  Maar van vyftig jaar oud moet hy vry wees van diensplig en nie meer dien nie—
(Num 8:26)  hy kan sy broers in die tent van samekoms behulpsaam wees om die diens waar te neem, maar dienswerk moet hy nie verrig nie. So moet jy met die Leviete doen insake hulle ampspligte.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Deu 15:19)  Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Exo 13:11)  En as die HERE jou in die land van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met ‘n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,
(Exo 13:12)  dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê—wat manlik is, behoort aan die HERE.
(Exo 13:13)  Maar elke eersteling van ‘n esel moet jy met ‘n lam loskoop. En as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Maar al die eersgeborenes van mense onder jou seuns moet jy loskoop.
(Exo 13:14)  En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.
(Exo 13:15)  Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan die HERE alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.
(Exo 13:16)  En dit sal as ‘n teken wees op jou hand en ‘n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur ‘n sterke hand uit Egipte uitgelei.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Num 18:8)  Verder het die HERE met Aäron gespreek: Ek self het jou die diens van my offergawes gegee; wat betref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel en aan jou seuns as ewige insetting.
(Num 18:9)  Van die hoogheilige gawes, met uitsondering van wat verbrand word, moet dít joue wees: al hulle offers, naamlik elke spysoffer en elke sondoffer en elke skuldoffer van hulle, wat hulle My bring—as iets hoogheiligs moet dit vir jou en jou seuns wees.
(Num 18:10)  In ‘n hoogheilige plek moet jy dit eet; almal wat manlik is, mag dit eet; heilig moet dit vir jou wees.
(Num 18:11)  Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ‘n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
(Num 18:12)  Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.
(Num 18:13)  Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
(Num 18:14)  Alles wat onder die ban is in Israel, moet joue wees.
(Num 18:15)  Alles wat die moederskoot open—alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere—moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.
(Num 18:16)  En wat die loskoping daarvan aangaan: vanaf ‘n maand oud moet jy loskoop, volgens jou skatting, vir ‘n geldsom van vyf sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; dit is twintig gera.
(Num 18:17)  Maar die eersgeborene van ‘n bees of die eersgeborene van ‘n skaap of die eersgeborene van ‘n bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as ‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
(Num 18:18)  En hulle vleis moet joue wees; soos die bors van die beweegoffer en die regterboud moet dit joue wees.
(Num 18:19)  Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ‘n ewige insetting. Dit is ‘n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.
(Num 18:20)  Ook het die HERE vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.
(Num 18:21)  En kyk, Ek gee aan die kinders van Levi al die tiendes in Israel as erfdeel vir hulle dienswerk wat hulle verrig, die dienswerk van die tent van samekoms.
(Num 18:22)  En die kinders van Israel moet nie meer nader kom na die tent van samekoms om sonde op hulle te laai sodat hulle sterwe nie.
(Num 18:23)  Maar die Leviete, dié moet die dienswerk by die tent van samekoms verrig, en húlle moet hul ongeregtigheid dra—’n ewige insetting in julle geslagte. En onder die kinders van Israel moet hulle geen erfdeel kry nie.
(Num 18:24)  Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.
(Num 18:25)  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
(Num 18:26)  Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan ‘n offergawe aan die HERE afgee, ‘n tiende van die tiende.
(Num 18:27)  En julle offergawe sal vir julle gereken word soos koring van die dorsvloer af en soos die volle opbrings uit die parskuip.
(Num 18:28)  Só moet julle ook ‘n offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester Aäron gee.
(Num 18:29)  Van al jul gawes moet julle die hele offergawe aan die HERE afgee, van al die beste daarvan, as die heilige gawe wat daarvan moet afgaan.
(Num 18:30)  Jy moet dan vir hulle sê: As julle die beste daarvan afgee, sal dit vir die Leviete gereken word as opbrings van die dorsvloer en as opbrings van die parskuip.
(Num 18:31)  En julle mag dit op enige plek eet, julle en jul huisgesin; want dit is vir julle ‘n loon vir jul dienswerk by die tent van samekoms.
(Num 18:32)  En julle sal daarby geen sonde op julle laai as julle die beste deel daarvan afgee nie; en julle mag die heilige gawes van die kinders van Israel nie ontheilig nie, sodat julle nie sterwe nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Spr. 3:9)  Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

(Jer 2:3)  Israel was vir die HERE ‘n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die HERE.

(Eks. 19:5)  As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
(Eks. 19:6)  En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.

(Deu 7:6)  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.

(Deu 14:2)  Want jy is ‘n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.

(Deu 26:17)  Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou ‘n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.
(Deu 26:18)  En die HERE het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom ‘n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou;
(Deu 26:19)  en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ‘n lof en ‘n roem en ‘n sieraad, en dat jy ‘n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het.

(1Pe 2:9)  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
(1Pe 2:10)  julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

(Ef. 1:4)  soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,

(Rom 8:23)  En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.

(Jak. 1:18)  Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 11:16)  En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.
(Rom 11:17)  En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ‘n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,
(Rom 11:18)  moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.
(Rom 11:19)  Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.
(Rom 11:20)  Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.
(Rom 11:21)  Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.
(Rom 11:22)  Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
(Rom 11:23)  Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Openb. 14:4)  Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
= 144000