Wys tans plasings met die etiket weduwees. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket weduwees. Wys alle plasings

Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (4)

========================================================================
OPSOMMING: 
(Rol af vir skrifte, onder)(l.w. dat hier telkens met GELOWIGES gepraat word)


(3) "Hertrou" - In 'n volgende blogpos sal ons kyk na enige ander uitsonderings vir "hertrou", maar in hierdie pos kyk ons na die een definitiewe uitsondering, en wil ook eers verstaan hoekom "hertrou" nie toegelaat word nie en uitvind wat iemand te doen staan wat homself in hierdie posisie bevind...  Wat tog belangrik is is dat ons nie vinnig oordeel nie - elkeen van ons sal eendag voor die Here staan, en elkeen moet seker maak dat hy die Here raadpleeg in elke besluit wat hy/sy neem...
----------------------------------------------------------------
(1)
-Deesdae trou mense vreeslik maklik weer nadat hulle geskei is, en neem nie in ag dat die Here spesifiek GESKEIDES belet het "om te hertrou" nie  - en ook belet het dat iemand met 'n geskeide trou! Christus het vir ons geleer dat as iemand weer trou nadat hy geskei is, of iemand met 'n geskeide trou, dan pleeg hy egbreuk... In sulke gevalle kan so 'n (hertrou) "huwelik" nie werklik gesien word as 'n huwelik nie, omdat die geskeide nog aan die eerste behoort solank as die eerste nog in die lewe is!  Iemand wat met 'n geskeide trou, is 'n EGBREKER, en hoe vreeslik sal dit wees as so iemand 'n "egbreker" doodgaan? (1 Kor. 6:10). Christene moet versigtig wees as hulle nie hierdie reels van die Here ernstig opneem nie, en moet nie die Here se opdragte net eevoudig ignoreer nie!
-(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
-(Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.

-(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons mag dag dalk dink dat dit beter is vir twee mense om liewer te trou as om buite die huwelik in 'n vleeslike gemeenskapsverhouding te wees, maar as een van daardie twee mense GESKEI is, mag dit volgens die Skrif nie gebeur nie.  Wat twee mense (wat in 'n buite-egtelike vl. gemeenskapsverhouding is) veronderstel is om te doen, is om OP TE HOU SONDIG! (nie "te trou" nie!, want dan stap hulle net verder in sonde).  Bv. "om te trou" regverdig nie die situasie waar 'n man sy broer se vrou neem (terwyl sy broer nog in die lewe is) nie! (Mark. 6:17,18). Johannes die doper het vir Herodus sterk aangespreek hieroor. As twee mans trou, regverdig dit hulle nie dat hulle nou vleeslike gemeenskap mag he nie, want mans mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie (Rom. 1:26-32). "Om te trou" maak nie ewe skielik sonde reg nie. Om te trou met 'n dier beteken nie dat jy ewe skielik vleeslike gemeenskap mag he met die dier nie (Lev. 18:23). Vir 'n man om met sy skoondogter te trou, beteken nie dat hulle verhouding nou geregverdig is net omdat hulle getroud is nie! (Lev. 18:15)....  Jy kan nie "wat sonde is" regmaak deur bloot "te trou nie", want jy word in die eerste plek verbied om in so 'n huwelik in te gaan.  Op dieselfde wyse maak trou nie sonde reg as jy in die eerste plek as geskeide verbied was om weer te trou nie, want nie net is die hoerery sonde nie, maar "om te trou" waar dit nie toegelaat word nie, is self ook sonde...

Baie geskeides wat hertrou, dink dat hulle dit net kan bely soos 'n sonde en dan bly in daardie nuwe "huwelik", maar om dit te bely beteken dat jy erken jy doen verkeerd en bekering beteken niks as jy nie ook wegdraai van daardie sonde nie. Geskeides word nie toegelaat om weer te trou nie (behalwe waar die huweliksmaat sterwe), maar word eerder aangemoedig om met hulle geskeide maats te herenig sou dit moontlik wees. So 'n heriniging sal nie moontlik wees sou een van hulle weer trou nie! Ons het hierdie miskonsepsie dat 'n skeibrief beteken twee mense is vry van die huweliksbond, maar dit is duidelik nie hoe Christus dit sien nie (en hierdie feit word verder behandel in die volgende pos oor "hertrou);  inteendeel het Christus dit duidelik gemaak dat wat God saamgevoeg het, GEEN MENS MAG skei nie! (Matt. 19:6). Dit beteken nie noodwendig dat dit God se wil was dat daardie twee mense trou nie, maar wat dit beteken is dat God hulle saamgevoeg het OMDAT hulle die belofte gemaak het!  God neem ede baie ernstig op!  Maar waar mense 'n belofte maak om te trou en dit 'n geval is wat nie deur die Here toegelaat word nie, is daardie twee mense nie werklik getroud nie, maar besig om in sonde saam te leef (sien punt 1 hieronder).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1) 
- Waar iemand met 'n geskeide persoon trou,kan daardie sonde nie vergewe word tensy die persoon breek met die verhouding en vergifnis vra nie  (bely en bekeer van die sonde)(bv. in die geval van 1 Kor. 5:1,2 - dit was hom nie geoorloof om die vrou van sy vader te he nie...). Waar so iemand egter nie breek met so 'n verhouding nie, sal hy/sy 'n "egbreker" sterwe.

Kyk ook die vb. van:
HERODUS GETROUD MET SY BROER SE VROU:
Uit heelwat geskrifte van die vroee kerke, is dit duidelik dat die eerste gemeenste geglo het dat iemand wat hom bevind in 'n geval soos Herodes, moet skei van die (geskeide) vrou waarmee hy "getrou" het - in so 'n geval sou dit nie verkeerd wees van hom om van Herodias te skei nie, want eintlik stap hulle in sonde!  In die Here se oe was Herodes en Herodias m.a.w. nie getroud nie, want sy was nog eintlik aan haar eerste man verbind (al het sy ook 'n skeibrief van hom gekry).  Dit is ook die rede waarom Johannes vir Herodes gese het dat dit hom nie geoorloof is om haar te he nie.  Dit was van hom verwag om van haar te skei sodat hulle nie meer in sonde stap nie.  Eers wanneer haar man dood is, sou dit haar geoorloof wees om weer te trou, maar nie solank sy 'n geskeide en hy nog in die lewe nie.
(Mar 6:17)  Want Herodes self het gestuur en Johannes gevange geneem en hom in die gevangenis geboei, vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, omdat hy met haar getrou het.
(Mar 6:18)  Want Johannes het aan Herodes gesê: Dit is u nie geoorloof om u broer se vrou te hê nie.

(Luk 3:18)  Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.
(Luk 3:19)  Maar toe Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,

(Mat 14:3)  Want Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer.
(Mat 14:4)  Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie.
----------------------------------------------------------------
(2) 
WEDUWEES EN WEWENAARS IS VRY VAN DIE HUWLIKSBOND, OMDAT HULLE HUWELIKSMAATS NIE MEER IN DIE LEWE IS NIE.  Hulle is dus vry om weer te trou, maar word uitdruklik beveel om "in die geloof te trou (en natuurlik mag hulle ook nie met "geskeides" trou nie!).


(1Kor. 7:8)  Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;
(1Kor. 7:9)  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.

(1Kor. 7:39)  ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.

(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
----------------------------------------------------------------
(3)
IN GEVAL VAN WAAR 'N ONGELOWIGE VAN 'N GELOWIGE WIL SKEI, MOET DIE GELOWIGE DIE ONGELOWIGE TOELAAT, MAAR DIT BETEKEN NIE DAT DIE GELOWIGE WEER MAG TROU NIE (tensy natuurlik in die geval van waar die eerste afsterwe).  


(1Kor. 7:15 - "Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde (Griekse woord, "doo-lo-o", "to enslave") nie. Maar God het ons tot vrede geroep".  

-BAIE VERSTAAN DIE WOORDE "NIE GEBONDE NIE" IN HIERDIE SKRIF AS DAT DIE HUWELIKSVERBOND VERBREEK IS, MAAR L.W. DAT DIE WOORD "gebonde" hier verwys na die manier hoe die man en vrou mekaar DIEN (amper soos om 'n slaaf te wees) - Paulus verduidelik dit ook mooi in die gedeelte;  dit praat m.a.w. nie daarvan dat die huweliksverbond verbreek is nie, net soos wat "om te skei" ook nie die huweliksverbond verbreek nie (want wat God saamgevoeg het, kan geen mens skei nie!).  Wat die skrif eerder wil leer is dat die gelowige broeder of suster nie geoordeel sal word vir die skeiding nie - in daardie sin is hy/sy nie gebonde nie. Hierdie is een van die redes waarom sekere kerke leer dat gelowiges glad nie met ongelowiges moet trou nie... 

(IN DIE VOLGENDE POS OOR "skei", WORD HIERDIE ONDERWERP NOG VERDER BESPREEK...)
----------------------------------------------------------------
(4)
WANNEER TWEE MENSE TOEGELAAT WORD OM TE SKEI, SOOS IN SPESIFIEKE GEVALLE soos met 'n "verharde hart, hoerery, of waar 'n ongelowige van die gelowige wil skei", beteken dit nie dat hulle weer mag trou (met ander) NIE!   DIE KERK HET DIE MAG OM TE OORDEEL WANNEER DIT IEMAND GEOORLOOF IS OM "TE SKEI", JA,  MAAR HET NIE DIE MAG OM DIE HERE SE OPDRAGTE TE ONTBIND, SOOS OM IEMAND WAT GESKEI IS, TOE TE LAAT OM WEER TE TROU NIE! 
Nooit mag die kerk se oordeel in stryd wees met die Here se opdragte nie - Jesus het vir ons geleer dat niemand mag trou met 'n geskeide nie (Luk. 16:18) - in so 'n geval mag die kerk dus nie besluit dat dit ewe skielik reg is nie, want dan oordeel hulle verkeerd!  Hulle mag dus nie besluit dat dit reg is vir iemand om 'n geskeide te trou nie, maar kan besluit dat iemand mag skei waar familiegeweld of molestering betrokke is...
(Mark. 10:4-12)
Vir hierdie sake is wysheid van bo nodig.  Die Christelike kerk moet onderdanig wees aan die Here, en kan nie besluit dat hulle Sy opdragte in die proses ignoreer nie!  Enige besluit wat die Christen neem, moet gaan oor die Here se wil, nie wat ons wil nie.  

..."en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het"...  

(Mat 19:7)  Hulle sê vir Hom: Waarom het Moses dan beveel om ‘n skeibrief te gee en van haar te skei?
(Mat 19:8)  Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie.
(Mat 19:9)  Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor hoerery, en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en die wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk. (LET WEL DAT DIE WOORDE "behalwe oor hoerey" HIER IN KONTEKS GEBRUIK IS MET "skei", NIE MET "weer trou" nie!)(vgl. dit ook met Matt. 5:32 en Luk. 16:18)
(Mat 19:10)  Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van ‘n man met ‘n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie.
(Mat 19:11)  Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net dié aan wie dit gegee is.
(Mat 19:12)  Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.
-----------------------
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.
-----------------------

(Deu 24:1)  As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur,
(Deu 24:2)  en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word,
(Deu 24:3)  en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het—
(Deu 24:4)  dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
(Deu 24:5)  As ‘n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf.

(1 Kor. 6:1-11)
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 5:31)  Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar ‘n skeibrief gee.

(Mat 5:32)  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mar 10:4)  En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei.
(Mar 10:5)  En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,
(Mar 10:6)  maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.
(Mar 10:7)  Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef,
(Mar 10:8)  en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
(Mar 10:9)  Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
(Mar 10:10)  En in die huis het sy dissipels Hom weer oor dieselfde saak gevra.
(Mar 10:11)  En Hy sê vir hulle: Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk teen haar;
(Mar 10:12)  en as ‘n vrou van haar man skei en met ‘n ander een trou, pleeg sy egbreuk.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Mal 2:16)  Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat ‘n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 6:1)  Durf iemand van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?
(1Co 6:2)  Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake?
(1Co 6:3)  Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?
(1Co 6:4)  As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word.
(1Co 6:5)  Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie?
(1Co 6:6)  Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges?
(1Co 6:7)  Dan is dit al werklik ‘n gebrek onder julle, dat julle regsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle jul nie liewer berowe nie?
(1Co 6:8)  Maar julle doen onreg en pleeg roof, en dit aan broeders.
(1Co 6:9)  Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?
(1Co 6:10)  Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
(1Co 6:11)  En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Exo 22:16)  As iemand ‘n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het, moet hy haar vir die volle huweliksprys as sy vrou koop.
(Exo 22:17)  As haar vader beslis weier om haar aan hom te gee, moet hy geld gee volgens die huweliksprys vir jongmeisies.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Jas 2:10)  Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.
(Jas 2:11)  Want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie. As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan, het jy ‘n oortreder van die wet geword.
(Jas 2:12)  Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.
(Jas 2:13)  Want die oordeel sal onbarmhartig wees oor die wat geen barmhartigheid bewys het nie; en die barmhartigheid roem teen die oordeel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Rom 7:1)  Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie?
(Rom 7:2)  Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man.
(Rom 7:3)  Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.
(Rom 7:4)  So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.
(Rom 7:5)  Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
(Rom 7:6)  Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
(Rom 7:7)  Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.
(Rom 7:8)  Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.
(Rom 7:9)  En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Isa 54:5)  Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
(Jer 3:8)  En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het.

(1Co 5:1)  ‘n Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
(1Co 5:2)  En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(1Co 7:1)  Met betrekking tot die dinge waaroor julle aan my geskryf het—dit is goed vir ‘n man om ‘n vrou nie aan te raak nie.
(1Co 7:2)  Maar vanweë die hoererye moet elke man sy eie vrou hê, en elke vrou moet haar eie man hê.
(1Co 7:3)  Die man moet aan die vrou die verskuldigde welwillendheid bewys, en net so ook die vrou aan die man.
(1Co 7:4)  Die vrou het nie mag oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het die man nie mag oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.
(1Co 7:5)  Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir ‘n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
(1Co 7:6)  Maar dit sê ek by wyse van toelating, nie by wyse van gebod nie.
(1Co 7:7)  Want ek wens dat alle mense soos ek was; maar elkeen het sy eie genadegawe van God, die een so en die ander weer anders.
(1Co 7:8)  Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;
(1Co 7:9)  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand.
(1Co 7:10)  En aan die getroudes beveel ek—nie ek nie, maar die Here—dat die vrou nie van die man moet skei nie;
(1Co 7:11)  en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie.
(1Co 7:12)  Maar vir die ander sê ek—nie die Here nie—as enige broeder ‘n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;
(1Co 7:13)  en as ‘n vrou ‘n ongelowige man het, en hy dit goedvind om met haar saam te lewe, moet sy hom nie verstoot nie.
(1Co 7:14)  Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig.
(1Co 7:15)  Maar as die ongelowige wil skei, laat hom skei. In sulke gevalle is die broeder of suster nie gebonde nie. Maar God het ons tot vrede geroep.
(1Co 7:16)  Want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou sal red?
(1Co 7:17)  Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.
(1Co 7:18)  Is iemand as ‘n besnedene geroep—hy moet die besnydenis nie laat verander nie; is iemand as onbesnedene geroep—hy moet hom nie laat besny nie.
(1Co 7:19)  Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God.
(1Co 7:20)  Laat elkeen in die roeping bly waarin hy geroep is.
(1Co 7:21)  Is jy as slaaf geroep, laat dit jou nie kwel nie; maar as jy ook vry kan word, maak daar des te meer gebruik van.
(1Co 7:22)  Want die slaaf wat in die Here geroep is, is ‘n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Christus.
(1Co 7:23)  Julle is duur gekoop; moenie slawe van mense word nie.
(1Co 7:24)  Laat elkeen, broeders, in die staat waarin hy geroep is, daarin bly voor God.
(1Co 7:25)  In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.
(1Co 7:26)  Ek meen dat dit goed is vanweë die aanstaande nood—dat dit goed is vir ‘n mens om so te bly.
(1Co 7:27)  Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie losmaking soek nie; is jy los van ‘n vrou, moenie ‘n vrou soek nie.
(1Co 7:28)  Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.
(1Co 7:29)  Maar dit sê ek, broeders, die tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het, wees asof hulle nie het nie;
(1Co 7:30)  en die wat ween, asof hulle nie ween nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie; en die wat koop, asof hulle nie besit nie;
(1Co 7:31)  en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle dit nie ten volle gebruik nie; want die gedaante van hierdie wêreld gaan verby.
(1Co 7:32)  En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,
(1Co 7:33)  maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag.
(1Co 7:34)  Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
(1Co 7:35)  Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op ‘n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.
(1Co 7:36)  Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou.
(1Co 7:37)  Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
(1Co 7:38)  Daarom, ook hy wat in die huwelik uitgee, doen goed; maar hy wat in die huwelik nie uitgee nie, doen beter.
(1Co 7:39)  ‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.
(1Co 7:40)  Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my gevoele. En ek meen dat ek ook die Gees van God het.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
(Luk 16:17)  Maar dit is makliker dat die hemel en die aarde verbygaan as dat een tittel van die wet sou val.
(Luk 16:18)  Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.



Trou, Skei en Hertrou

In die volgende paar poste gaan ons kyk na die onderwerpe van

"TROU, SKEI en HERTROU". 
Iets wat belangrik is om te onthou wanneer ons kyk na hierdie onderwerp, is dat dit nie moet gaan oor hoe "ons dit sien" nie, maar hoe "die Here dit sien" (bv., as 'n paartjie skei volgens wêreldse wett, beteken dit nie noodwendig dat die verbond van die huwelik ook verbreek is nie...). Alhoewel Jesus Christus Sy kerk die mag gee om in sommige gevalle te moet oordeel wat geoorloof is en wat nie, mag dit nooit in stryd wees met wat Hy beveel het nie. Wat Hy beveel is belangriker as enige wêreldse wet;  en ook belangriker as enige wet wat deur die Christelike kerk gemaak word.

========================================================================

INLEIDING:
(WANNEER ONS SKRIFTE BESTUDEER OOR DIE TEMAS VAN "TROU", "SKEI" EN "HERTROU", MOET ONS SEKER MAAK DAT ONS ONDERSKEI MET WATTER GROEP DAAR GEPRAAT WORD, BV.:
-ongetroudes; 
-weduwees of wewenaars;
-getroudes 
-geskeides, ens., want verskillende reëls geld vir verskillende groepe. 
========================================================================
IN HIERDIE POS KYK ONS SPESIFIEK NA DIE TEMAS VAN 
"ongetroudes"
en 
"weduwees".
 (op volgende poste word ook die volgende onderwerpe behandel:  "getroudes", "geskeides", en "hetrou"). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ongetroudes: 
WIE WORD GESIEN AS 'N "ongetroude"?:
-  Die woord "ongetroude" verwys slegs na die wat nie getroud is nie, die persoon wat nie "verbind" is tot 'n ander nie.  
-  Weduwees of wewenaars kan ook gesien word soos "ongetroudes" (alhoewel ander wette op hulle van toepassing is as op "ongetroudes" wat nog nooit verbind was nie;  bv., hulle word uitdruklik beveel om nie met ongelowiges te trou nie, en mag ook nie met 'n geskeide trou nie...)(1 Kor. 7).
-  L.w. dat geen geskeide gesien kan word as 'n "ongetroude" nie (alhoewel die wêreld se siening hieroor verskil).  Baie Christene maak deesdae die fout dat hulle dink 'n skeibrief beteken dat hulle weer mag trou, en sien hulleself dan soos "ongetroudes", maar wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie... (Mark. 10:9);  dus, al skei twee mense volgens wêreldse standaarde beteken dit nie dat die verbond tussen hulle inderdaad verbreek is nie (want wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie)(m.a.w., "om te skei" maak nie van jou 'n "ongetroude" nie - 'n skeibrief verbreek nie die eg nie)(vir verse kan hierdie tema op die volgende pos behandel word).

Kom ons kyk na ander reëls in die Skrif rondom "ongetroudes":

-(1) As twee "ongetroudes" van begeerte brand, moet hulle liewer trou - (dit verwys natuurlik NIE na verbode vleeslike gemeenskaps-verhoudinge nie..).  Die rede waarom twee ongetroudes wat van begeerte brand liewer moet trou, is sodat hulle nie moet hoereer nie. Nooit is seks buite die huwelik aanvaarbaar nie (1 Kor. 7:8,9 - " Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek (Paulus), dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand". - iemand wat seks buite die huwelik beoefen is besig om te hoereer. Ook in die Ou Testament was daar van 'n man verwag om met 'n meisie te trou as hulle seks buite die huwelik beoefen... (Eks. 22:16,17)(alhoewel nie bedoel in konteks met verkragting nie!). (1Kor. 7:36,37 - "Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou. Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed").
-(2) Sekere huwelike is verbode, al is altwee persone ongetroud - bv., naby bloedverwante mag nie met mekaar trou nie (al is altwee ongetroud)(Lev. 18:6-18; 20:17-21; Num. 36:6,10,11-"bloedskande"). As hulle hoereer is die oplossing nie "om te trou" nie, want in geheel is hierdie soort vleeslike gemeenskaps-verhouding verbode!;  m.a.w., sou hulle trou, leef hulle steeds in sonde want dit is vir hulle verbode. Dit moet egter nie verwar word met twee mense wat vir mekaar sorg deur saam te bly nie, maar waar dit gepaardgaan met "van begeerte brand" of  "in wellus teenoor mekaar ontbrand" en/of vleeslike gemeenskap, is dit verkeerd.  Daar is ook ander vorme van verbode vleeslike gemeenskaps-verhoudinge, nl. waar twee mans met mekaar trou (hulle mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie) - vrouens mag ook nie met mekaar trou nie (hulle mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie...).  (Rom. 1:18-27; Lev. 18:22-28). 
-(3) Die ongetroude mag nie met 'n geskeide persoon trou nie (want die "geskeide" is nog eintlik verbind aan sy/haar eerste maat) - op 'n volgende pos word hierdie beter behandel. Jesus het geleer dat as iemand met 'n geskeide persoon trou, pleeg hy egbreuk! (so iemand word dan as 'n "egbreker" gesien).  (Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk). Alhoewel mense somtyds 'n goeie rede het waarom hulle geskei is, en die kerk ook dit in sommige gevalle mag toelaat, beteken 'n skeibrief nie dat die verbond tussen daardie twee mense verbreek is nie.  In sulke gevalle sondig hulle wel nie wanneer hulle apart bly nie, maar dit beteken nie dat hulle met iemand anders mag trou nie - ONGETROUDES moet versigtig wees dat hulle nie in hierdie strik trap deur te dink dit is hulle geoorloof om met 'n geskeide te trou nie.
-(4) Die ongetroude moet liewer nie introu in 'n ander huwelik nie.  Alhoewel baie mans meer as een vrou gehad het in die O.T. (Gen. 25:6; 30:4,9; 32:22; 35:23-26), beteken dit nie dat dit God se bedoeling was nie - Hy het dit duidelik toegelaat. Baie mans in die O.T. het net een vrou gehad, en die Here het van sommige verwag om nie baie vrouens te he nie (bv. die konings-Deut. 17:17).  Kinders van die koninkryk mans in egter die N.T. eerder beveel om net een vrou te he (1 Kor. 7:2).  Die rede hiervoor is omdat dit baiemaal gepaardgegaan het met hoerery - gaan kyk maar hoeveel ander probleme dit ook veroorsaak het (Gen. 16; 1 Sam. 1; 1 Kon. 11).  Of dit vandag verkeerd is vir 'n man om meer as een vrou te he is natuurlik 'n punt van redenasie, maar in die N.T. kan dit as verkeerd gesien word siende daar van Christen mans verwag word om elk liewer net een vrou te he;  asook, die wat 'n amp in die kerk gedra het, was ook spesifiek beveel om nie meer as een vrou te he nie (Tit. 1:6; 1 Tim. 3:2,12).  In daardie geval moet ONGETROUDES liewer nie introu in 'n ander huwelik nie.
-(5) Ongetroude gelowiges moet liewer "in die geloof" trou. Alhoewel 'n ongetroude nie verbied word om met 'n ongelowige te trou nie, is dit beter vir 'n gelowige om met 'n gelowige te trou. Weet dat as jy as gelowige met 'n ongelowige trou, daar ook bepaalde reels is vir so 'n huwelik bv., 'n gelowige mag nie losmaking soek (net omdat die ander persoon ongelowig is) nie.  Die gelowige mag nie die ongelowige verstoot solank die ongelowige dit goedvind om saam te lewe nie;  maar as die ongelowige wil skei moet die gelowige hom toelaat... (1 Kor. 7:12-16). 
-(6) Weduwees word wel gesien soos "ongetroudes", maar sekere reels is anders as wat dit is vir ongetroudes wat nooit verbind was nie. Veral "jong weduwees" word aanbeveel om weer te trou... (1 Tim. 5:14). Paulus beveel natuurlik aan dat ongetroudes en weduwees liewer nie trou nie...(veral iemand wat in die bediening wil staan), maar as hulle van begeerte brand, is dit beter om te trou! (1 Kor. 7:8-9,39-40). 'n Vrou is deur die wet gebonde SO LANK AS HAAR MAN LEWE, maar as die man ontslaap het is sy vry om te trou met wie wil - ...maar dan "net in die Here" (1 Kor. 7:39);  m.a.w., 'n gelowige weduwee wat weer trou, moet nie met 'n ongelowige trou nie. 

========================================================================
Weduwees:

-(1) Die woord "weduwee" verwys na iemand wat verlate gestel is - m.a.w. iemand wie se huweliksmaat nie meer in die lewe is nie. Iemand wat verbind was deur die huwelik, maar nou nie meer nie... Bv., 'n vrou is DEUR DIE WET GEBONDE so lank as haar man lewe, MAAR AS HAAR MAN ONTSLAAP HET, IS SY VRY... (1 Kor. 7:39 -"‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here" )(Rom 7:2 - "Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man"). Niks kan hierdie band breek nie, behalwe die dood. 'n Skeibrief kan dit ook nie breek nie.

-(2) 'n Weduwee mag weer trou. Veral "jong weduwees" word aanbeveel om weer te trou... (1 Tim. 5:14). Paulus beveel natuurlik aan dat ongetroudes en weduwees liewer nie trou nie...(veral iemand wat in die bediening wil staan), maar as hulle van begeerte brand is dit beter om te trou! (1 Kor. 7:8-9,39-40). 'n Vrou is deur die wet gebonde SO LANK AS HAAR MAN LEWE, maar as die man ontslaap het is sy vry om te trou met wie wil - ...maar dan "net in die Here" (1 Kor. 7:39);  m.a.w., 'n gelowige weduwee wat weer trou, moet nie met 'n ongelowige trou nie. 

-(4) 'n Weduwee mag wat weer trou, mag nie met 'n geskeide persoon trou nie. 
'n Geskeide man mag nie 'n ander vrou neem nie (Mat 19:9; Mark. 10:11; Luk. 16:18);  dus 'n weduwee moet nie met 'n geskeide man trou nie, want dan veroorsaak sy dat hy egbreuk pleeg.  


========================================================================