Wys tans plasings met die etiket ongetroudes. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket ongetroudes. Wys alle plasings

Sondag 14 Desember 2014

Trou, Skei en Hertrou (inleiding, ongetroudes, weduwees)



Hierdie is die inleiding op 'n stel poste getiteld "trou, skei en hertrou", en in hierdie spesifieke pos kyk ons in op die onderwerp "ongetroudes" en "weduwees/wewenaars".

Vir die ander poste in hierdie reeks, gaan na:
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-2.html (getroudes)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-3.html (egskeiding)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/trou-skei-en-hertrou-4.html (hertrou)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html (rein en onrein)
http://warechristene.blogspot.co.nz/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html (bespreking)
------------------------------------------------------------------------------------
INLEIDING:

Neem kennis dat hierdie reeks opsommings bedoel is om slegs dit wat die Skrif leer (of nie leer nie) oor die onderwerp, deur te gee, en is spesifiek gemik op gelowigesDit wat in sommige kerke vandag geleer word oor die spesifieke onderwerp is ongelukkig nie altyd dieselfde as wat die Skrif daaroor leer, of volgens die reels van die eerste gemeentes nie.  Elke persoon se situasie is ook uniek, en dit mag dalk somtyds voorkom of kerke verskillende opinies het oor 'n spesifieke lering, maar somtyds gaan dit bloot oor interpretasie (veral waar die Skrif nie uitsluitsel gee nie), asook is elke persoon se geval nie dieselfde nie. As 'n kerk se leringe bots met dit wat Jesus Christus geleer het, dan is dit kommerwekkend... Iets wat belangrik is om te onthou wanneer ons kyk na hierdie onderwerp is dat dit nie moet gaan oor hoe "ons dit sien" nie, maar hoe "die Here dit sien"Alhoewel Jesus Christus Sy kerk die mag gee om in sommige gevalle te moet oordeel wat geoorloof is en wat nie, mag dit nooit in stryd wees met wat Hy beveel het nie, want wat Hy beveel is belangriker as enige wêreldse wet;  en ook belangriker as enige wet wat deur die Christelike kerk gemaak word!
IN HIERDIE REEKS VAN STUDIES GAAN ONS ONDERSKEI TUSSEN:
-ongetroudes; 
-weduwees en wewenaars;
-getroudes, en
-geskeides 
(verskillende reëls geld vir elke groep). 

In hierdie spesifieke pos staan ons stil by ONGETROUDES en WEDUWEES.

========================================================================
Ongetroudes: 

WIE WORD GESIEN AS 'N "ongetroude"?:
Maagde: Die woord "ongetroude" is die Gr. woord "par-then'-os" (word in die betrokke skrif gebruik van dogters wat ongetroud is, meer spesifiek, "maagde") - verwys na 'n maagd (Hand. 21:9)(vir 'n studie oor die woord "maagd", gaan na: https://warechristene.blogspot.com/2015/11/waarna-verwys-die-woord-maagd-in-die.html). In 1 Kor. 7:32 word 'n ander Gr. woord gebruik vir "ongetroude", nl. die woord "ag'-am-os", wat bloot beteken "ongetroud" (is nie onder wet verbind aan 'n ander nie), alhoewel v.34 dit duidelik maak dat "ongetroude" in v.32 werwys na 'n maagd (1Kor. 7:34 - "Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou (Gr. woord "goo-nay'", wat verwys na die vrou van 'n man) en ‘n maagd ("par-then'-os"); die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag").

-  Weduwees of wewenaars kan ook gesien word soos "ongetroudes";  alhoewel ander wette op hulle van toepassing is as bv. op "ongetroudes" (in die sin van mense wat nog nooit verbind was in die huwelik nie).  (1) Weduwees en wewenaars word bv. uitdruklik beveel om nie met ongelowiges te trou nie, en (2) mag ook nie met 'n geskeide trou nie... Vir 'n studie hieroor, rol af na die paragraaf oor weduwees.

-  L.w. dat "geskeides" nie gesien word as "ongetroud" nie (tensy die vorige huwelik 'n onwettige was)(alhoewel die wêreld se siening hieroor verskil... Anders as die eerste gemeentes, is sommige Christene vandag van eerder van die wêreldse mening).  Baie Christene maak deesdae die fout dat hulle dink 'n skeibrief beteken dat hulle weer mag trou, maar Jesus Christus het geleer dat die geskeide wat weer trou, egbreuk pleeg, en ook geleer dat die een wat met 'n geskeide trou, egbreuk pleeg... (dus, duidelik mag weduwees en wewenaars nie met geskeides trou nie (rol af vir 'n studie hieroor). Geskeides kan hulleself nie sien as "ongetroudes" nie, want wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie;  in ander woorde, 'n skeibrief kan nie 'n eed breek nie, en die Skrif leer verder dat dit slegs die dood is wat daardie verbintenis kan verbreek... (nl. tot die dood ons skei...). Weduwees en wewenaars word soos ongetroudes gesien, en mag nie iemand wat "onder die eed van 'n huwelik is" begeer nie.

DIE BEGRIP "ONGETROUDE" VERWYS DUS NA 'N MAAGD, OF NA 'N VROU WAT NIE ONDER EED MET 'N MAN VERBIND IS NIE (soos weduwees/Rom. 7:2).

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- 
Kom ons kyk na die paar reëls in die Skrif rondom "ongetroudes":

-(1) As twee "ongetroudes" van begeerte brand, moet hulle liewer trou - (dit verwys natuurlik NIE na verbode vleeslike gemeenskaps-verhoudinge nie; maw "om te trou" is nie die fix vir verbode vleeslike gemeenskap nie;  bv., volgens die Skrif mag ditto geslag nie vleeslike gemeenskap he nie/Rom. 1:26,27, en om te trou gaan nie dit reg maak nie...).  Die rede waarom twee ongetroudes wat van begeerte brand liewer moet trou, is sodat hulle nie moet hoereer nie. Nooit is seks buite die huwelik aanvaarbaar nie (1 Kor. 7:8,9 - " Maar vir die ongetroudes en die weduwees sê ek (Paulus), dit is vir hulle goed as hulle bly soos ek;  maar as hulle hul nie kan beheers nie, laat hulle trou; want dit is beter om te trou as om van begeerte te brand" - iemand wat seks buite die huwelik beoefen is besig om te HOEREER. In die Ou Testament was daar van 'n man verwag om met 'n meisie te trou as hulle seks buite die huwelik beoefen... (Eks. 22:16,17)(alhoewel, nie bedoel in konteks met verkragtings nie). (1Kor. 7:36,37 - "Maar as iemand meen dat hy onwelvoeglik met sy maagd handel as sy oor die jeugdige leeftyd is, en dit so moet wees, laat hom doen wat hy wil. Hy sondig nie. Laat hulle trou. Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed").
-(2) Sekere huwelike is verbode, al is altwee persone ongetroud! - bv., naby bloedverwante mag nie vleeslike gemeenskap hê nie (al is altwee ongetroud) - en kan dus nie trou nie (Lev. 18:6-18; 20:17-21; Num. 36:6,10,11-kyk die tema van bloedskande). As hulle hoereer is die oplossing nie "om te trou" nie, want in geheel is hierdie soort vleeslike gemeenskaps-verhouding verbode!;  m.a.w., sou hulle trou, leef hulle steeds in sonde want dit is vir hulle verbode. Dit moet egter nie verwar word met twee mense wat vir mekaar sorg deur saam te bly nie, maar waar dit gepaardgaan met "van begeerte brand" of  "in wellus teenoor mekaar ontbrand" en/of vleeslike gemeenskap, is dit verkeerd. Daar is ook ander vorme van verbode vleeslike gemeenskaps-verhoudinge, nl. waar twee mans met mekaar trou (hulle mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie), en vrouens mag ook nie met mekaar trou nie (hulle mag nie in wellus teenoor mekaar ontbrand nie)(Rom. 1:18-27; Lev. 18:22-28). Vir ander vorme van "VERBODE GEMEENSKAP", gaan na: (https://warechristene.blogspot.com/2017/01/gemeenskap-vleeslike-gemeenskap.html).
-(3) Die ongetroude mag nie met 'n geskeide persoon trou nie (want alhoewel wettige skeiding oorgesien word, beteken nie dat die eed verbreek is nie).  Op 'n volgende pos word meer hierop ingekyk. Jesus het bv. geleer dat as iemand met 'n geskeide persoon trou, pleeg hy egbreuk (so iemand word dan as 'n "egbreker" gesien, want die geskeide is eintlik "in eg" - 'n skeibrief breek nie die eg nie... - egbreuk is 'n sonde).  (Luk 16:18 - "Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk; en elkeen wat trou met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk). Alhoewel mense somtyds 'n goeie rede het waarom hulle skei, en die kerk ook dit in sommige gevalle toelaat, beteken 'n skeibrief nie dat die verbond tussen daardie twee mense verbreek is nie. In sulke gevalle sondig hulle wel nie wanneer hulle apart bly nie, maar dit beteken nie dat hulle met iemand anders mag trou nie! -ONGETROUDES moet versigtig wees dat hulle nie in hierdie strik trap deur te dink dit is hulle geoorloof om met 'n geskeide te trou nie. Dit gesê, net soos daar uitsonderings is vir egskeiding is daar moontlike uitsonderings vir hertrou, maar elke situasie is uniek en moet uniek hanteer word (bv., 'n ongetroude wat met 'n geskeide trou mag miskien toegelaat word waar iemand voorheen in 'n onwettige huwelik was en volgens wereldse terme geskei is... - in so 'n geval is die "onwettige huwelik" nooit gesien as 'n huwelik nie, bv. nie "deur die Here saamgevoeg nie" - maar dit is iets waaroor jou kerk moet besluit).
-(4) Die ongetroude moet liewer nie introu in 'n ander huwelik nie.  Alhoewel baie mans meer as een vrou gehad het in die O.T. (Gen. 25:6; 30:4,9; 32:22; 35:23-26), beteken dit nie dat dit God se bedoeling was nie (alhoewel Hy dit tog toegelaat het;  in die N.T. is daar ook so 'n geval wat "toegelaat" word, bv. waar 'n gelowige en 'n ongelowige getroud is, en dan word die huwelik "geheilig" ter wille van die gelowige, maar dit was nooit die Here se wil dat gelowiges met ongelowiges trou nie). Baie mans in die O.T. het net een vrou gehad, en die Here het bv. sommige spesifiek beveel om nie meer as een vrou te hê nie (bv. die konings-Deut. 17:17).  Kinders van die koninkryk-mans was in die eerste gemeentes beveel om net een vrou te he... (1 Kor. 7:2).  Die rede hiervoor is omdat dit baiemaal gepaardgegaan het met hoerery - gaan kyk maar hoeveel ander probleme dit ook veroorsaak het... (Gen. 16; 1 Sam. 1; 1 Kon. 11).  Of dit vandag verkeerd is vir 'n man om meer as een vrou te hê is natuurlik debateerbaar, maar in die N.T. (bv. as 'n kerk leef volgens die eerste kerke se beginsels) kan dit as verkeerd gesien word, siende daar van Christen mans verwag was om elk liewer net een vrou te hê - asook, die wat 'n amp in die kerk gedra het, was spesifiek beveel om nie meer as een vrou te hê nie (Tit. 1:6; 1 Tim. 3:2,12).  Dus, ONGETROUDES moet nie introu in 'n ander huwelik nie.
-(5) Weduwees word gesien soos "ongetroudes" (wat maw kan trou), maar sekere reëls is anders as wat dit is vir ongetroudes wat nooit verbind was nie. 'n Vrou is deur die wet gebind (onder die eed) SO LANK AS HAAR MAN LEWE, maar as die man ontslaap het is sy vry om te trou met wie wil (https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html) - maar dan "net in die Here"! (1 Kor. 7:39);  m.a.w., 'n gelowige weduwee wat besluit om weer te trou, moet nie met 'n ongelowige trou nie. In die eerste gemeentes was "jong weduwees" somtyds aangemoedig om weer te trou (1 Tim. 5:14). Paulus het aanbeveel dat ongetroudes en weduwees liewer nie moet trou nie... (veral iemand wat in die bediening wil staan, want getroudes het verdrukking in die vlees), maar as hulle van begeerte brand, is dit beter om te trou! (1 Kor. 7:8-9,39-40). Hoerery is sonde wat tot die dood kan lei, en daarom is dit beter vir weduwees wat van begeerte brand, om te trou (onthou dat hierdie sonde selfs in die gedagtes gepleeg kan word).
-(6) Ongetroude gelowiges moet liewer "in die geloof" trou. Alhoewel 'n ongetroude gelowige nie verbied word om met 'n ongelowige te trou nie, was dit nooit die Here se wil nie, en verseker beter vir 'n gelowige om met 'n gelowige te trou (die Here se reels is altyd bedoel om vir ons ten goede te wees). Wanneer twee gelowiges in die huwelik tree, word hulle EEN ("een vlees") - dit is waarom dit bv. verkeerd is vir 'n gelowige om 'n hoer aan te hang (1 Kor. 6:16 - "Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees"). Weergeborenes is een met Christus... (1Kor. 6:15 - "Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie!") - net soos die maag is vir die voedsel (en die voedsel vir die maag), so is die liggaam vd gelowige vir die Here (en die Here vir die liggaam)(ons is lede van Christus / ons liggame js soos tempels/1 Kor. 6:19)(1 Kor. 6:13). Die gelowige se liggaam is soos 'n "lewende, heilige offer" en moet welgevallig wees aan die Here (Rom 12:1).  In 'n huwelik offer beide ook hulle liggame vir mekaar (word een)(dus, as 'n reine met 'n onreine gemeenskap het, word hy een met die onreine - hierdie is veral die rede waarom reines nie met onreines mag getrou het in die O.T. nie). Die reine hang die Here aan..., en dus is dit geen probleem waar twee reines in 'n huwelik is (en mekaar aanhang) nie (1Kor. 6:17 - "Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom"). Basies behoort die rein gelowige nie aan homself nie, maar aan die Here (1 Kor. 6:19). (1Kor. 6:20 - "Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort" - waar 'n gelowige met 'n ongelowige gemeenskap het in 'n huwelik, is dit duidelik 'n probleem want ons is veronderstel om God in ons liggame en geeste te verheerlik). Die kwessie van gelowiges wat met ongelowiges trou, gaan dus veral oor die tema van "rein en onrein"... (https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-5.html) - hoe kan jy iets rein "een maak" met iets onrein? (iets wat onrein is kan iets wat rein is, onrein maak - dit is waarom in die O.T. 'n geskeide vrou wat hertrou het, nie kon teruggaan na haar man nie want sy was nou onrein en daar was nie 'n offer wat vir sonde (wat bloedskuld veroorsaak) kon betaal nie (behalwe met die persoon se eie lewe). In die N.T. word 'n huwelik tussen 'n gelowige en ongelowige egter geheilig deur die gelowige! (hierdie word alles beter bespreek in die volgende pos: https://warechristene.blogspot.com/2018/02/trou-skei-en-hertrou-6.html). Tereg mag ONGETROUDE GELOWIGES ("reines") in die O.T. nie met ONGELOWIGES (onreines) getrou het nie, maar dit wil voorkom of in die eerste gemeentes daar nie van gelowiges verwag was om van ongelowiges te skei nie.  Weet ook dat as jy as 'n gelowige met 'n ongelowige getroud is, daar bepaalde reels is vir so 'n huwelik; bv., Paulus reken dat 'n gelowige nie mag losmaking soek nie... - die gelowige mag nie die ongelowige verstoot solank die ongelowige dit goedvind om saam te lewe nie (die rede hiervoor is omdat die huwelik geheilig is, wat terloops nie die geval was in die O.T. nie);  maar as die ongelowige wil skei, moet die gelowige hom toelaat (en die rede hiervoor is, iemand hou vas aan so 'n huwelik in die hoop dat die ongelowige tot bekering kom, maar hoe weet jy of hy sal?; verandering is amper onmoontlik waar iemand nie tot bekering kom nie, so dit is beter om hom te laat gaan)(1 Kor. 7:12-16). Nietemin, baie probleme en onsekerheid wanneer 'n gelowige met 'n ongelowige trou!, want al word daardie huwelik nou geheilig deur die gelowige, weet jy nie of die ongelowige hom sal bekeer nie;  dus, ongetroude gelowiges moet liewer "in die geloof" trou, want hulle mag dalk meer verdrukking in die vlees he as gelowiges wat met mekaar getroud is (dit wil voorkom of die konteks van 1 Kor. 7 nie bedoel was om gelowiges toe te laat om met ongelowiges te trou nie, maar liewer gegaan het oor die wat alreeds in 'n huwelik is waar een gelowig is en die ander een ongelowig  - of 'n gelowige in die N.T. toegelaat word om met 'n ongelowige te trou, is natuurlik debateerbaar, maar dit was nooit die Here se wil dat gelowiges met ongelowiges trou nie). 

========================================================================
Weduwees:

-(1) Die woord "weduwee" is die Gr. woord "khay'-rah" verwys na 'n vrou wat wat verlate gestel is, wie se huweliksmaat nie meer in die lewe is nie. 'n Vrou wat verbind was deur die huwelik, maar nou nie meer is nie omdat die man gesterf het (sy is nou vry van die wet van die man/Rom. 7:2). 'n Vrou is gebind aan die wet van haar man solank hy lewe, MAAR AS HAAR MAN ONTSLAAP HET, IS SY VRY... (1 Kor. 7:39 -"‘n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here" )(Rom 7:2 - "Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man"). Niks kan hierdie band breek nie! (ook nie 'n skeibrief nie), behalwe die dood. 

-(2) 'n Weduwee mag weer trou. Veral "jong weduwees" word aanbeveel om weer te trou... (1 Tim. 5:14). Paulus beveel natuurlik aan dat ongetroudes en weduwees liewer nie trou nie...(veral iemand wat in die bediening wil staan), maar as hulle van begeerte brand is dit beter om te trou (1 Kor. 7:8-9,39-40). 'n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe, maar as die man ontslaap het is sy vry om te trou met wie wil - ...maar dan "net in die Here"! (1 Kor. 7:39);  m.a.w., 'n gelowige weduwee wat weer trou, moet nie met 'n ongelowige trou nie. 

-(4) 'n Weduwee wat weer trou, mag nie met 'n geskeide persoon trou nie. 
'n Geskeide man mag volgens Skrif nie 'n ander vrou neem nie... (Mat 19:9; Mark. 10:11; Luk. 16:18);  dus 'n weduwee moet nie met 'n geskeide man trou nie (al is sy self vry om te trou), want dan veroorsaak sy dat hy egbreuk pleeg.      

========================================================================