Wys tans plasings met die etiket verontreinig. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket verontreinig. Wys alle plasings

Vrydag 06 Januarie 2017

Heilig / Onheilig / Ontheilig (opsomming)


(1)  Vir uiteensetting - EERSTE DEEL: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/06/heilig-1.html
(2)  Vir uiteensetting - TWEEDE DEEL:  http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/heilig-2.html

Vir die onderwerp "Verontreinig/Ontheilig", gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/09/verontreinig-ontheilig.html
_________________________________________________________________________________
-  Die begrip "heilig" gaan oor  waar iets/iemand afgesonder word vir 'n spesifieke taak of doel/ as iets (Openb. 20:6; 15:4; Hebr. 7:26...).
-  Gewoonlik kan iets of iemand wat "onrein" is, nie afgesonder (geheilig) word nie; tog is daar uitsonderlike gevalle waar iemand wel geheilig word (al is hy onrein) terwille van die doel! (bv. die ongelowige wat getroud is met 'n gelowige, of Judas Iskariot wat geheilig/afgesonder is as dissipel van Christus, tog nie heeltemal rein nie!...)(rol af vir uiteensetting). Dit kan vgl. word met die tema van "baie wat geroep word, maar min is uitverkies".  As dit/iemand nie geheilig (afgesonder) kan word nie, is dit/hy/sy nie bruikbaar nie (2 Tim. 2:19-21; 3:2; Hand. 10:15; 11:9; Eseg. 22:26...). 
-  Iets (bv. die Sabbat) word "ontheilig" wanneer dit nie geheilig (werkwoord) word nie;  of  wanneer dit wat heilig is (bv. die Christen se liggaam), besoedel word (Hand. 24:6;21:28; Lev. 18:21; Mal. 2:11; Mig. 4:11...) .

DIE VRAAG WAT ONS WIL VRA IS WAT NOU JUIS GEHEILIG IS IN DIE NUWE TESTAMENT, OF WAT GEHEILIG IS VIR DIE CHRISTEN? Bv.,  IS DIE WET VAN MOSES GEHEILIG VIR DIE CHRISTEN?  IS DIE TEMPEL GEHEILIG VIR DIE CHRISTEN?..... EN WAT WORD GESIEN AS ONHEILIG IN DIE NUWE TESTAMENT?  IS ONREIN DIERE STEEDS ONHEILIG VIR DIE CHRISTEN? .......  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wie/wat word gesien as HEILIG (afgesonderd), of word/is geheilig:
(N.T skrifte)

- in die hemel is die Here God, die Almagtige, heilig (3 keer heilig genoem - "heilig, heilig, heilig" - Hy wat (heilig) was en wat (heilig) is en wat kom (en sal vir almal op die aarde heilig wees) (Openb. 4:8 - "En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!");
-  die Here sal alleen heilig wees op die aarde (in die volgende eeu)(geen ander gode sal toegelaat of gesien word as heilig nie)- almal sal Hom vrees en Hom alleen aanbid (Openb. 15:4 - "Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het");
-  Jesus Christus is geheilig (afgesonder) as ewige hoëpriester (vir ewig volmaak, leef vir ewig, kan heeltyd vir ons intree...)(Heb 7:26 - "Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het");
-  die wat deel het aan die eerste opstanding, is heilig/afgesonderd vir die ewige lewe (Openb. 20:6 - "Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank");
-  Jesus Christus het Sy volk deur Sy eie bloed geheilig (afgesonder as 'n volk vir Hom)(want net soos die diere deur wie se bloed vir die sonde betaal is, se liggame buitekant die laer verbrand is (Hebr. 13:11), so het Jesus buitekant die poot gely...)(Heb 13:12 - "Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely")(Kol. 1:22; Ef. 5:26,27).(Heb 13:11)  want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word—hulle liggame word buitekant die laer verbrand;
-  Jesus Christus, die Seun van God, heilig Sy kinders (wat die Vader Hom gee), en noem hulle broeders, en hulle is almal uit Een (gebore uit Sy saad), en heilig soos Hy heilig is (Heb 2:11 - "Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie")(Rom 11:16 - "En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook");
-  om vir Hom 'n volk te heilig (wat ingaan in die fisiese koninkryk van God)- Christene het hierdie toekomstige hoop; (1Th 5:23 - "En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!")(Eph 1:4 - "soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees")(vgl. dit met die tema van "gemeente van EERSGEBORENES);
-  die Here Jesus Christus is geheilig (het Homself afgesonder) vir Sy kinders, sodat hulle ook in die waarheid geheilig kan wees (hulle, afgesonder VIR DIE WAARHEID)(Joh 17:19 - "En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees")(Joh 17:17 - "Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid").
-  die wet en die gebod is heilig, nie sodat iemand daardeur kan ERF NIE, (want geloof was nog altyd die voorwaarde - Rom. 4:14), maar sodat geleer kan word wat is sonde (Rom. 7:7) (Rom 7:12 - "Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed").  In die N.T. wandel die Christen nie na die wet nie, maar na die Gees (Rom. 8:2)(Rom 15:16 - "om ‘n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, ‘n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees")(1 Kor. 6:11; Hebr. 10:1-17).  Die Christen is nie meer getroud aan die wet nie, want net soos die getroude vrou deur die wet aan die lewende man gebonde is solank hy lewe (en hulle huwelik dus geheilig- afgesonder vir mekaar) maar as hy sterwe ontslae is van die wet van die man (...is geheilig deur die bloed v/d testament - Rom 7:2), net so is die Christen dood t.o.v. die wet DEUR DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS, OM AAN 'N ANDER (Hom wat opgestaan het en lewe) TE BEHOORT (Rom. 7:4a)("naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra" - Rom. 7:4b)(Hebr. 10:29). Dit beteken nie dat die wet tot niet gemaak word deur die geloof nie, want inteendeel word dit eerder bevestig! (Rom. 3:31), want deur die wet het die sonde meer geword, en dus moes die genade ook meer oorvloedig wees (Rom. 5:20,21).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wie/wat moet deur Christene geheilig word:

- moet die Here God in hulle harte heilig (afsonder) (goeie gewete - moet eerder ly terwille v/d geregtigheid, as terwille van sonde...)(1Pe 3:15 - "Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees");
-  Christene moet hulle eie lewenswandel heilig (afsonder) vir die Here (Soos gehoorsame kinders -  moet nie lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in ons onwetendheid bestaan het nie - 1 Pet. 1:14).
 (1Pe 1:15,16 - "Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig"). Christene word beveel om "afstand te te doen van enige ongeregtigheid (2 Tim. 2:19), want as iemand homself hiervan REINIG, dan sal hy 'n voorwerp wees tot eer, GEHEILIG en BRUIKBAAR vir die Here... (2Ti 2:21).
-  die opsiener moet ook heilig wees (is iemand wat 'n afgesonderde lewe vir die Here lewe)(en natuurlike veel ander voorwaardes word ook op die naam genoem - Tit. 1)(Tit 1:8 - "maar gasvry, een wat die goeie liefhet, ingetoë, regverdig, heilig, een wat homself beheers");
-  Christene moet hulle heilig gedra (soos mense wat afgesonderd is vir die Here) (1Th 2:10 - "Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo"),
-  volgens Paulus is dit beter as iemand nie trou nie, want dan kan hy homself beter heilig (afsonder) vir die Here (1Kor. 7:34 - "Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag")(vgl. ook hierdie met die tema van die 144000).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ander dinge heilg/ geheilig (vir die Christen):
- die geroepenes word in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar  (Jud 1:1 - "Judas, ‘n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus, aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is") - soos Jesus Christus deur die Vader geheilig (afgesonder) is en in die wereld ingestuur is... (Joh 10:36; Luk. 20:13), so word die geroepenes geheilig (afgesonder) en in die wereld ingestuur (Joh. 17; Luk. 10:3). (Joh 13:20 - "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het").
-  Christene is geheilig in die waarheid ( AFGESONDER OM DIE WAARHEID TE VERKONDIG - Joh. 17:14-26 ) (Joh 17:17 - "Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees")-hulle KEN die waarheid.
- die wat deur die liggaam van Jesus Christus geheilig word, het nie die offerdienste volgens die wet van Moses nodig nie, want hulle is deur Sy offer volmaak gemaak (afgesonder) (Heb 10:8-10 - "Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word— het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel. Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal")  (Heb 10:14 - "Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word").
-  alle voedsel wat met danksegging ontvang word, word geheilig deur die gebed (1Ti 4:4,5 - "Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie; want dit word geheilig deur die woord van God en die gebed)   (Mar 7:18,19 - "En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie, omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?")(Hand. 11:9; Rom. 14:14...).
-  die Christen se  liggaam, want dit is die tempel van God (God teenwoordig deur Sy Gees)(1Kor. 3:17 - "As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle"). Daarom is sondes soos hoerery gevaarlik, want die Christen wat hierin stap, sondig teen sy eie liggaam. Dit gaan ook hier oor "hoe die Christen BOU" - elkeen se werk sal op die ou end op die proef gestel word - hoedaning hy "gebou" het op die fondament (Jesus Christus). As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang, maar die wie se werk verbrand word, sal skade ly (1 Kor. 3:12-15).  Dit is in hierdie konteks waarin die liggaam van die Christen vgl. word met die tempel, en meer spesifiek het dit gegaan oor die wat nie die WAARHEID soek nie, maar kies wie hulle dink die waarheid verkondig en ag gee op wereldse wysheid.  (Daar was baie spesifieke reels rondom die tabernakel/tempel en alles moes GEHEILIG word wat in die tempel gebruik was.  Niks onrein was toegelaat in die tempel nie. Die Christen wat sy hoop plaas in wereldse wysheid, se gewete is besoedel - dus word sy liggaam/tempel besoedel).  Die Christen wat hoereer, is besig om homself (sy liggaam/die tempel) te verontreinig....
-  vir die getroude Christen:  die huwelik (en gesin) (2 mense afgesonder vir mekaar om mekaar te behaag/kinders afgesonder om gehoorsaam te wees aan gelowige ouers en aan die Here se gebooie).  In daardie sin ook is die ongelowige wat trou met 'n gelowige, geheilig deur die gelowige sodat hulle kinders rein kan wees (geheilig/afgesonder in die sin van afgesonder om een te wees met 'n gelowige;  dit beteken nie dat die ongelowige dieselfde hoop het op saligheid nie, want dit is slegs deur wedergeboorte wat iemand hierdie hoop verkry)(op dieselfde wyse is die getroude Christen wel "nie maagdelik rein nie", maar bedoel nie dat hy onrein is a.g.v. sonde nie, maar slegs maagdelik onrein - die soort "onreinheid" is dus geoorloof en sal nie veroorsaak dat hy sy saligheid verloor a.g.daarvan nie omdat die huwelik geheilig is)  (1Co 7:14 - "Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig"). (1 Tim. 4:3-5).
========================================================================

Slotsomme uit skrifgedeeltes:

Ons moet onderskei tussen wat is heilig en wat is onheilig, (ook tussen wat is rein en wat is onrein) (Lev. 10:10);  alhoewel sekere reels rondom dit verskil tussen die Ou en Nuwe Testament. In die N.T. is die tempelgebou bv. nie geheilig (afgesonder) vir die Christen nie, maar die Christen se liggaam is geheilig as die tempel. 
In die Ou testament was die Hebreeuse volk spesifiek GEHEILIG as die "volk van God", maar in die Nuwe Testament word enige iemand uit enige volk of taal wat glo in Jesus Christus, geheilig (afgesonder) as deel van God se volk. 
---------------------------------------------------------------------------------------------
Iets (bv. die Sabbat) word "ontheilig" wanneer dit nie geheilig (werkwoord) word nie;  of  wanneer dit wat heilig is (bv. die Christen se liggaam), besoedel word (Hand. 24:6;21:28; Lev. 18:21; Mal. 2:11; Mig. 4:11...) .  Nog 'n vb.:  - die Naam van Jesus Christus is vir elke Christen HEILIG want Sy Naam is afgesonder as die enigste Naam deur wie iemand saligheid kan verkry, en Sy Naam is afgesonder as die Een op wie ons hoop en vertrou en na wie ons luister.  As 'n Christen nou egter ook afgode aanbid, dan is die Here Jesus Christus se Naam nie meer vir hom afgesonder as die enigste nie en is hy dus besig om die Naam van die Here te ONTHEILIG (m.a.w., die Here se Naam is nie meer vir hom afgesonder as die enigste Naam nie).  
Die Sabbat is 'n heilige dag omdat dit afgesonder (geheilig) is as 'n rusdag, maar as iemand dit nie neem as 'n rusdag nie, dan ontheilig hy dit.  Natuurlik het Jesus Christus vir ons 'n uitnemender weg kom wys van hoe wette vervul word in die Nuwe Testament, en o.a. geleer dat werk wat gedoen word op 'n Sabbat maar gedoen weens barmhartigheid nie gesien word soos "werk" nie;  daarom, in so 'n geval word die Sabbat nie ontheilig nie (al het die persoon "werk" gedoen...). 
---------------------------------------------------------------------------------------------
In die O.T. was die wet van Moses heilig (afgesonder)(Rom. 7:12) vir die volk van God, nie sodat hulle kon erf daardeur nie (want GELOOF was altyd die voorwaarde (Rom 4:14)), maar sodat hulle die sonde kon leer ken deur die wet (Rom. 7:7). In die N.T. wandel die Christen egter nie na die wet nie, maar na die Gees (Rom. 8:2) - en die Gees lei en leer ons in die waarheid wat Jesus Christus gebring het, en wys ons hoe Sy wette vervul word in die N.T.; nie dat die wet tot niet is nie, maar heelwat wette word anders vervul in die N.T., of word gewys hoe dit eintlik vervul moet word.  

Die Christen is nie meer getroud aan die wet nie, want net soos die getroude vrou deur die wet aan die lewende man gebonde is solank hy lewe (en hulle huwelik dus geheilig- afgesonder vir mekaar) maar as hy sterwe ontslae van die wet van die man (Rom 7:2), net so is die Christen dood t.o.v. die wet DEUR DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS, OM AAN 'N ANDER TE BEHOORT (Rom. 7:4a)("naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra" - Rom. 7:4b). Dit beteken nie dat die wet tot niet gemaak word deur die geloof nie, want inteendeel word dit eerder bevestig! (Rom. 3:31), want deur die wet het die sonde meer geword, en dus moes die genade ook meer oorvloedig wees (Rom. 5:20,21).  

--------------------------------------------------------------------------------------------
In die O.T. is die Hebreeuse volk gesien as 'n heilige volk (omdat hulle afgesonder is om die Here te dien), en die ander volke was gesien as onheilig (want weens ongeloof kon hulle nie AFGESONDER word vir die Here nie). Die Hebreeuse volk is ook gesien as 'n rein volk omdat hulle (skoon)"gewas" is (deur die wet deur die wyses wat die Here hulle beveel het); maar die ander volke was nie rein nie, en daarom gesien as onrein. 

In die N.T.:  

- mag ons geen mens onheilig noem nie (Hand. 10:28) - MAAR ONS MOET VERSTAAN IN WATTER KONTEKS DIT BEDOEL IS:  
- (want die Here roep mense uit enige volk en taal), tog moet ons verstaan dat nie alle mense heilig is nie! (2 Tim. 3:2; Hebr. 12:16) (baie is geroep, maar min uitverkies). (Hand. 10:34 - "En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie",  maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is).

 - en ons mag geen mens onrein noem nie (Hand. 10:28) - MAAR ONS MOET VERSTAAN IN WATTER KONTEKS DIT BEDOEL IS:  
- (want alle mense uit alle volke en tale het toegang tot bekering), tog beteken dit nie dat almal rein is nie (Ef. 5:5) (nie almal bekeer hulle en word weberbaar nie).  (Hand. 10:44,45 - "En toe Petrus nog besig was om hierdie woorde te spreek, het die Heilige Gees op almal geval wat die woord gehoor het. En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is")(Hand. 10:47 - "Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?").

Hier sien ons hoe die woorde onheilig en onrein verskillend gebruik word in verskillende kontekste.  In een konteks mag ons geen mens onheilig noem nie, tog in 'n ander konteks is baie onheilig.  In een konteks mag ons geen mens onrein noem nie, tog in 'n ander konteks is baie onrein.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die N.T. het die besnydenis na die vlees geen krag nie (Gal. 5:6; 6:15), want dit is geloof in Jesus Christus wat bepaal wie besny word. Die wat hulle vleeslik laat besny is onder verpligting om die hele wet te onderhou (Gal. 5:3)(en val dan onder daardie reels).  Die wat hulle bekeer en glo in Jesus Christus, het nie 'n besnydenis wat met hande verrig word nie, maar "....deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het" (Kol. 2:11,12)(doodgegaan vir die wet en staan op om te lewe vir Christus- nie gehoorsaam aan die wet nie, maar gehoorsaam aan Christus - dien nie die wet nie, maar dien die Here Jesus Christus)(m.a.w., doodgegaan in die sondige vlees, staan op tot gehoorsaamheid aan Christus).
-(Rom 4:4)  Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;
-(Rom 4:5)  aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.  Paulus het ook hierdie feit bevestig aan die gemeente van Kol. waarin hy vir hulle verduidelik dat die besnydenis in die N.T. 'n meer geestelike betekenis het:  (Kol 2:11,12 - "in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het").  Hy maak dit ook duidelik aan die gemeente van Gal.:  (Gal 6:12-14 - "Almal wat ‘n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie. Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem. Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld")  en  (Gal 5:1-4: " Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.  En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval"). DIE REDE WAAROM HIERDIE WET ANDERS WERK IN DIE NUWE TESTAMENT, IS OMDAT DIE MANIER HOE DIE WET OOR DIE BESNYDENIS GEWERK HET IN DIE O.T. VERVUL IS!  Net soos die wette oor die offerdiens VERVUL IS (Hebr. 9:6-15). Dit is nie die vleeslike besnydenis wat bewys wie deel is van God se volk nie, maar die wat geloof in Hom bely (en die besnydenis was slegs 'n teken daarvan). Nie almal wat na die vlees besny is, "glo" nie.  Daarom was geloof altyd die voorwaarde, en in die N.T. ook so - die wat geloof bely in Jesus Christus word nie besny nie maar wel gedoop - en is ook slegs 'n TEKEN. Dit is ook nie deur die offerdiens van die O.T. (volgens die wet van Moses) wat iemand GEREINIG word en GEHEILIG word nie, maar deur Jesus Christus (en in die O.T., alhoewel dit as weg gebruik was, was dit nie volkome nie).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------Christene is HEILIG in die sin van dat hulle afgesonder is om vir die Here te leef en te werk - om vir Hom vrug te dra (Joh 15:16 - "Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee").  Hulle is ook geheilig in die waarheid in die sin van "afgesonder om die waarheid te verkondig" (Joh. 17).  
Die Here het hulle heilig verklaar omdat Hy hulle vir Hom afsonder.  Hy het hulle geROEP /gekies. Wanneer die Here iemand/iets heilig (afsonder), dan is daar spesifieke reels HOE iemand/iets geheilig word, bv. die priesters moes 'n spesifieke roetine volg voor hulle afgesonder is vir diens.  Net so is daar bepaalde voorwaardes wat iemand moet nakom voor hy/sy geheilig word as 'n kind van die Here (m.a.w. bekering en wedergeboorte...). 

In geval van waar iets/iemand geheilig word (om) vir die Here se (te) werk, moet dit ook skoongemaak word. Om afgesonder te word gaan nie net oor wie/wat geroep word nie, maar ook oor wie waardig geag word/gekies word. Dit gaan dus ook oor wie REIN is (Mat 5:8 - "Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien).  Niks wat onrein is kan geheilig (afgesonder) word nie" (1 Tim. 1:5; 2 Tim. 2:22; Hebr. 10:22). Geen mens is waardig om geheilig te word nie, maar Jesus Christus maak dit moontlik vir enige iemand om waardig te word omdat Hy die wat hulle hoop in Hom plaas, skoonwas van hulle sonde en van 'n slegte gewete - so maak Hy Sy kinders heilig. Deels verwys dit na heiligmaking omdat iemand rein is (bekering), en deels verwys dit na reiniging omdat iemand geheilig is (wedergeboorte). Kinders van die Here word geheilig, en kan geheilig word omdat hulle skoongewas is, maar moet ook onthou dat hulle ontheilig kan word as hulle hulself verontreinig.  Daarom moet elke kind van God weet wat dit is wat ONREIN is vir hom (waardeur hy hom kan verontreinig).  ONS MOET ONDERSKEI TUSSEN rein EN onrein, EN TUSSEN WAT IS heilig EN WAT IS onheilig.

Ons sien dus die volgende:

-  In sommige gevalle is iets/iemand REIN omdat hy/dit geHEILIG is (bv. Christene);
-  In ander gevalle is/word iets/iemand (ge)HEILIG omdat hy/dit REIN is (bv. Christene).
-  En daar is gevalle waar iets/iemand geheilig kan wees, maar nie rein nie;  altans dit hang af wat met "rein" bedoel word in die konteks (soos waar 'n ongelowige GEHEILIG is deur sy/haar gelowige huweliksmaat, en a.g.daarvan hulle kinders REIN is)(ALHOEWEL REIN VERKLAAR, MAAR NIE IN DIE SIN VAN REIN GEWETE OF SKOONGEWAS VAN SONDE NIE...) .
_________________________________________________________________________________
Ander dinge wat ook verskil tussen die N.T. en O.T., is bv. dat slegs sekere kosse heilig (afgesonderd) was in die O.T. en geoorloof om te eet, maar in die N.T. is alle kosse geoorloof, behalwe natuurlik die eet van bloed of dit wat verwurg is, die eet van afgodsoffers en/of in die geval waar kos aanstoot gee, moet dit nie geeet word nie. 

Dit is nie geoorloof vir Christene om afgodsoffers te eet nie, in die geval waar daar meegedeel word dat dit 'n afgodsoffer is;  andersins is dit geoorloof soos alle kos vir ons geoorloof is (1 Kor. 10:14-25)!  Dus, waar dit afgesonder is vir 'n afgod (m.a.w. "geheilig" vir daardie afgod), moet die Christen dit nie eet nie, ter wille van die GEWETE van die persoon wat dit offer (en dit kan ook die Christen se gewete dan besoedel).  So, al is alle kos geoorloof om te eet, is dit in die betrokke situasie nie geoorloof nie.  DIT IS DAN SOOS IETS WAT ONREIN IS, EN DIE KIND VAN GOD WAT DIT EET, SAL HOMSELF VERONTREINIG.  

Dieselfde geld in die geval van heidense afgodspraktyke.  Die volk was gewaarsku om nie te doen soos die ander nasies wat voor hulle verdrywe is nie... (Deut. 12:30,31). Hierdie wet het nie verander nie en Christene word steeds beveel om nie om te gaan met sulke heidense afgodspraktyke nie. Baie mense word deesdae maklik betrokke by sulke praktyke sonder dat hulle eens besef dit is afgodspraktyke. Jesus het bv. geleer dat ons nie moet bid soos die heidene doen, deur 'n ydele herhaling van woorde nie (Matt. 6:7); tog, hierdie manier van bid, wat vandag ook "meditasie" genoem word, is 'n baie ou heidense gebruik wat nie hoort onder kinders van die Here nie. Daar is 'n vorm van Christelike meditasie, maar dit is nie dieselfde as oosterse meditasie nie en dit help ook nie iemand neem die vorm van oosterse meditasie en gee dit Christelike name nie! (soos baie vandag doen).  Menig Christene en sommige Christelike kerke het vandag hierdie vorm van gebed aanvaar en is besig om dit (selfs in hulle kerke) te beoefen - en so hulleself te verontreinig.  ONS MOET ONDERSKEI TUSSEN WAT IS REIN, EN WAT IS ONREIN!  (Ef. 5:10,11 - "En beproef wat die Here welbehaaglik is; en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Wanneer iets geheilig is, is dit afgesonder vir 'n doel.  So sien ons bv. ook dat geen vleis afgesonder was om te eet voor die dae van Noag se ark nie; tog na die vloed is vleis geoorloof om te eet (maar natuurlik later ook net sekere soorte vleis in die Ou Testament). (Gen 9:1-4: "En God het Noag en sy seuns geseën en aan hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Die vrees en die skrik vir julle sal wees oor al die diere van die aarde en al die voëls van die hemel: alles wat op die aarde beweeg, en al die visse van die see. Hulle is in julle hand oorgegee. Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle. Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie).  Daarom was sekere diere gesien as rein en ander as onrein.  Hulle was nie toegelaat om onrein diere te eet nie (Lev. 5:2; Lev. 11...).  Rein diere aan die ander kant, was afgesonder vir "eet" (geheilig). 
In die nuwe testament is enige vleis geoorloof om te eet, behalwe natuurlik sekere uitsonderings.  Sekere reels rondom "wat is heilig" (afgesonderd) het dus nie verander tussen die Ou en Nuwe Testament nie, soos bv. die feit dat vleis nie met sy bloed geeet mag word nie (Gen. 9:4; Lev. 7:27). Ander reels het wel verander, soos dat alle diere nou gesien word as rein... 

Vir iets om heilig te wees, het presies te doen met die feit dat dit AFGESONDER is VIR 'N SPESIFIEKE DOEL:  Na die uittog uit Egipte was die volk verbied om vet te eet van die vee waarvan hulle vir die Here 'n vuuroffer bring, want die vet was afgesonder (heilig) vir die Here en moes in offers gebruik word (Lev. 3:16,17). In daardie geval was vet nie geoorloof om te eet nie, omdat dit heilig (afgesonder) was vir die Here.  Dit was afgesonder vir 'n spesifieke doel - DAAROM nie geoorloof om te eet. Die vet van aas en dit wat verskeur was, kon gebruik word vir allerhande werk, maar ook nie om te eet nie (nie geoorloof om te eet nie, maar "geheilig" vir werk)(Lev. 7:24). 
_________________________________________________________________________________

(1)  Waar die Hebreeuse woord "kaw-dash" gebruik word (H6942) gaan dit oor die/dit WAT AFGESONDER WORD vir die Here, en daarom word HY of SY / HULLE / DIT heilig verklaar - hulle word "as skoon" verklaar (heilig verklaar om die taak op hande te verrig of sodat dit verrig kan word).  In hierdie geval:  DIE HERE IS DIE EEN WAT IETS AFSONDER AS HEILIG (bv., Hy het die priesters "geheilig" - hulle is "afgesonder" - Eks. 28:41)(en Hy het spesifieke reels waarvolgens Hy iets/iemand heilig - hulle moes m.a.w. 'n spesifieke roetine volg om geheilig(skoongemaak) te word - Eks. 29; 40:9...).   

Maar die woord "kaw-dash" bevat ook die betekenis in geval van waar die Here van iemand verwag "om hom/haarself te heilig" (dan 'n opdrag van die Here) soos om sonde neer te le...  Iemand/iets wat heilig is kan gebruik word in die Here se diens, maar as dit onheilig is (of ontheilig word), is dit nie meer bruikbaar nie.   
Iets of iemand wat dan nou so afgesonderd is, is dan "heilig" - (2) soos in die geval van waar  die Hebreeuse woord "ko-desh" gebruik word (H6944)  t.o.v. IETS, 'n PLEK of IEMAND wat AFGESONDERD IS vir die Here, bv. die altaar (Eks. 29:37).  
Die woord  (3)   "kaw-doshe" (H6918) - word meer spesifiek gebruik vir HEILIGE EEN, en spesifiek gebruik ten opsigte van die Here, en Sy kinders (Lev. 11:44,45; 19:2) - word veral ook gebruik waar kinders van die Here beveel word om heilig te wees en hulle nie te verontreinig nie (Lev. 19:2; 20:26; 11:44).

(4)  Die Griekse woord "hag-ee-ad'-zo" (G37) word veral gebruik in die geval waar iemand seremonieel "heilig gemaak" word. Vir die vlees om REIN te word, is bloed nodig (Hebr. 9) - so word die vlees "geheilig".  Vgl. dit met die O.T. offerdiens (Lev. 16; Num. 17). Op dieselfde wyse word die wat in Jesus Christus glo, deur Sy bloed seremonieel GEHEILIG (Hebr. 13:12)(die vlees word REIN gemaak)(vgl. dit met 2 Kron. 30:15-17 en Esra 6:20). Die Ou Testamentiese offerdiens was nie volkome nie, maar Jesus Christus se bloed is volkome en reinig ons nie net van die vlees nie, maar reinig ook die gewete van dooie werke.  Jesus Christus was die perfekte "offerlam", vlekkeloos sonder sonde. En met Sy dood het die N.T. in werking getree (want 'n testament tree slegs in werking met die dood van die testamentmaker).  Net soos 'n testament deur bloed ingewy word, so is die Nuwe Testament deur Sy bloed ingewy. Hy het Sy lewe afgele vir ons sodat ons heilig/afgesonder kan word (Ef. 5:26)(net soos stiere en bokke se lewe afgele is om die volk te heilig), en Hy maak ons verder REIN deur Sy waarheid/Woord (Ef. 2:26), want niemand kan vrug dra op onwaarheid nie.  (In Hom is ook die ewige lewe, want Hy het die dood oorwin en is opgewek uit die dood, en sal wanneer Hy terugkom ook die wat in Hom glo opwek tot (ewige) lewe). Hy het ons dus (5) seremonieel AFGESONDER (die Griekse woord "hos'-ee-os" (G3741)), en die Vader het Hom afgesonder as ewige Hoepriester (Hebr. 7:26).  Hierdie selfde woord word ook gebruik t.o.v. "plek van aanstelling" in Tit. 1:8 t.o.v. 'n opsiener.  Dit verwys dus na "PLEK VAN AANSTELLING" - dus, AFGESONDERD vir 'n taak.  Dit word ook gebruik in konteks met die Here self wat HEILIG is, die enigste ware God wat alleen aanbid sal word deur al die nasies (Openb. 15:4)(Sy "plek").  Die Griekse woord (6) "hag'-ee-os" (G40) word in verskillende skrifte gebruik WIE/WAT gesien word as heilig, bv. die Here God, die Almagtige (Openb. 4:8), die Christen (Kol. 1:22), die Here se Naam (Luk. 1:49), elke Hebreeuse eersgebore manlike kind (Luk. 2:23), die wet en die gebod (Rom. 7:12); God se volk ("eerstelinge")(en dan die deeg ook)(Rom. 11:16); die Here Jesus Christus (die wortel) en Sy kinders (Sy takke)(Rom. 11:16); tempel en die gelowige as "tempel" (1 Kor. 3:17); die kinders van die gelowige (1 Kor. 14); en die wat deel het aan die eerste opstanding (Openb. 20:6).  Maar hierdie Griekse woord word ook veral gebruik van hoe elke Christen sy eie lewenswandel moet HEILIG. En daarom pasop hoe hulle "bou" want hulle is die (heilige) tempel (1 Kor. 3:10-17).  Ons was vroeer onheilig en is nou heilig, ja, maar is ons heilig in ons lewenswandel? En gee ons ag daarop dat ons op die WAARHEID bou? (soos wat vir ons in 1 Kor. 3 verduidelik word). So hier gaan dit oor hoe ons onsself moet opgee vir die Here - hoe ons ons in lewenswandel vir Hom moet AFSONDER (1 Pet. 1:15,16).  Net soos Hy Sy lewe vir ons afgele het (om ons te heilig), moet ons ons lewens afle (om dit te heilig vir Hom)(Kol 1:22; Ef. 5:27). (Dit is natuurlik makliker vir die ongetroude omdat getroudes ook besorg is oor mekaar om mekaar tevrede te stel (1 Kor. 7:34)). Nog 'n Griekse woord wat vir "heilig" gebruik word in die N.T., is (7) "hos-ee'-oce" (G3743), wat gaan oor "om heilig op te tree" (1 Thess. 2:10) - m.a.w. "om op te tree soos iemand wat afgesonder is vir die Here. Gaan lees gerus die konteks van 1 Thess. 2:10 om beter te verstaan wat hiermee bedoel word. En nog 'n geval waar die woord "heilig" gebruik word is in Hand. 21:24, (8) "hag-nid'-zo" (G48) - wat beteken "om skoon te maak", en is slegs 'n verwysing na 'n O.T. gebaar van "heiligmaking vir 'n spes. doel".  

_____________________________________________________________________________________________
Kinders van die Here (wat terloops "geheilig" is) moet die Here se reels nakom  - want Hy is heilig, en Hy roep ons op om ook heilig te wees (1 Pet. 1:16)  - Christene moet hulle eie lewenswandel "heilig" sodat hulle BRUIKBAAR is vir diens, Ons kan nie twee here dien nie. Die dissipels het ook gereeld hierna verwys in hulle briewe.  Kyk bv. na Kol. 1:22, na hoe die Here Jesus Christus ons geheilig het deur Sy dood om ons sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel  -  MAAR kyk wat hy ook se in die volgende vers:  "as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie"  - DIE VOORWAARDE IS DAT ONS VAS BLY IN DIE GELOOF !  
-Die een wat nie vas bly in die geloof nie, is besig om die Here se Naam te ontheilig (m.a.w., Sy Naam is nie meer die Een in wie hy hoop nie - Sy Naam is nie meer alleen vir hom afgesonder nie).
-Die een wat nie meer hoop in die evangelie nie, is besig om die evangelie te ontheilig (m.a.w., hy sonder nie meer die evangelie wat Jesus Christus gebring het af as die waarheid en enigste weg tot saligheid nie).

Die een wat HEILIG OPTREE is die een wat na die Here soek en Sy koninkryk (m.a.w. hy tree op soos iemand wie se lewenswandel afgesonder is vir die Here).  Kyk ook na die Griekse woord "hos-ee'-oce" ("piously; holily") (G3743), gebruik in 1 Thess. 2:10 - In die betrokke gedeelte vermaan Paulus en Sulvanus die gemeente om waardiglik te wandel voor God (wat ons tot sy koninkryk en heerlikheid geroep het).  Ons is geheilig, maar ons word ook opgeroep om heilig te wees sodat ons bruikbaar kan wees vir Sy koninkryk en nie afvallig word nie.  Ons word dus opgeroep om ONS EIE LEWENSWANDEL TE HEILIG en HEILIG OP TE TREE.  Dit is ook wat dit beteken dat ons HEILIG IS, is dat ons afgesonder is om vir Hom te lewe en vir Hom vrug te dra.(Jud. 1:1; 1 Pet. 2:9; 1 Pet. 3:9; 5:10; Hebr. 11:8; 5:4; 2 Tim. 1:9; 6:12; 2 Thess. 2:14; 1 Tim. 4:7; Ef. 4:1,4; Gal. 5:13;  )
_________________________________________________________________________________


-  heilig:  3 Verskillende Hebreeuse woorde word gebruik en 5 verskillende Griekse woorde  -  rol af vir uiteensetting van skrifte.
-  geheilig: Ou Testament:- In meeste skrifte word H6942 gebruik, maar in 3 skrifte word  H6944 gebruik (1 Sam. 21:5; 2 Kon. 2:18; 1 Kron. 26:26).  Nuwe Testament:- In meeste skrifte word G37 gebruik, maar in 2 skrifte word G48 gebruik (Hand. 21:26; 24:18). 
heiligheid: Rol heel af vir skrifte.

Om geheilig te word, beteken nie altyd dat die persoon ook rein is nie en beteken ook nie noodwendig dat iemand nou gered is nie! (soos baie dink nie, want kyk tog dat items ook geheilig kan word...).  Bv., nie almal wat GEROEP IS, is OOK UITVERKIES nie! Jesus het self geleer dat baie geroep word, maar min uitverkies! (Matt. 22:14)(Ef. 1:4). Kyk ook die vb. van Judas Iskariot - alhoewel hy geroep was (in daardie opsig geheilig om 'n dissipel te wees), het dit nie outomaties beteken dat hy ook rein was nie! (Joh. 13:11 - Vgl. dit ook met Joh. 6:64). En alhoewel hy rein gemaak is deur die waterdoop (rein van sonde/sonde afgewas), was hy nie rein t.o.v. sy gewete of hart nie. Judas Iskariot was geroep, ja, maar is hy uitverkies? (Joh 13:18 - "Ek spreek nie van julle almal nie—Ek weet wie Ek uitverkies het—maar dat die Skrif vervul kan word: Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My opgelig").
   'n Ongelowige word wel geheilig deur sy/haar gelowige huweliksmaat, maar dit beteken nie dat die ongelowige nou rein is van sonde of slegte gewete nie, maar in hierdie konteks beteken dit bloot dat hy afgesonder word vir "iets spesifiek" en rein is "in iets spesifiek" vir 'n spesifieke doel.  Al is die ongelowige ook geheilig deur sy gelowige huweliksmaat, is dit tog duidelik dat hy nie sy eie lewenswandel heilig (afsonder) vir die Here nie!  Ons moet dus verstaan in watter konteks hy nou "geheilig" is. Op dieselfde wyse kom baie tot geloof, maar alhoewel "geroep om vrug te dra", dra hulle geen of nie die nodige vrug nie, of word selfs onvrugbaar, en staan dus die gevaar om in die oordeel afgesny te word. Hulle is dus geheilig, maar onrein in die sin van dat hulle nie hulle eie lewenswandel heilig nie (hulle sonder hulle nie af vir die Here nie).  Hulle was dus geroep, maar sal nie uitverkies word as hulle hul nie vir Hom heilig nie.  In so 'n geval was hulle dus GEHEILIG (m.a.w. geroep), maar hulle het hulleself nie GEHEILIG nie (nie bekeer of ag gegee op die pad van godsaligheid nie). Hier sien ons dus tipies hoe die woord "geheilig" verskillende betekenisse het in verskillende skrifte! (alhoewel dit altyd gaan oor afsonder, maar waarvoor daar afgesonder word). Alhoewel "om heilig te wees" beteken om afgesonder te wees, kan dit ook verwys na "skoongemaak", soos in die geval van seremonieel, maar dit is steeds bedoel in konteks met dat "dit" of "die persoon" afgesonder word/is vir die Here vir 'n spesifieke doel - m.a.w., "om die doel te kan bereik, moet hy rein wees" - en dan is hy "heilig" (of anders gestel:  "dit wat dan rein gemaak is word as heilig gesien")(Hand. 10:15; 11:9).  "Om heilig te wees" beteken dus nie noodwendig dat iemand ook rein is van gewete of sonde nie!, maar REIN word hier in 'n ander konteks gebruik. Die ongelowige kan m.a.w. nou nie sy gelowige huweliksmaat en kinders besmet nie, want hy is rein verklaar SODAT hulle kinders ook REIN is! (1Kor. 7:14 - "Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou, en die ongelowige vrou is geheilig deur die man; want anders sou julle kinders onrein wees, maar nou is hulle heilig"). Kinders van gelowiges word gesien as HEILIG (GEROEP om heilig te wees vir die Here). Paulus het bv. die stelling gemaak dat hy reeds geroep was "van die skoot van sy moeder af"! (Gal. 1:15)- m.a.w. reeds toe al was hy afgesonder (Gal 1:15 - "Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het"). En al is een van die ouers 'n ongelowige, word die kinders steeds gesien as heilig (geroep om heilig te wees), en die ongelowige ouer in hierdie geval "rein" sodat hy nie die kinders se roeping besmet nie. In 'n ander Nuwe Testamentiese vb. sien ons dat sommige het geglo dat die goud van die tempel heilig is en daarom gedink dat as hulle sweer by die goud van die tempel hulle gebonde is aan hulle belofte, maar nie as hulle sweer by die tempel nie...  Maar Jesus help hulle reg en verduidelik dat dit eintlik die tempel is wat heilig is...(...en die goud word geheilig deur die tempel) (Eks. 30:29; Matt. 23:17)(vgl. dit ook met v. 19). Dit is eintlik die tempel wat afgesonder word (nie die goud nie), alhoewel die goud deur die tempel geheilig word (en dan afgesonder word). Kinders van die Here IS DIE TEMPEL van God - (1Kor. 3:17 - "As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle"). Kinders van gelowige ouers word deur hulle gelowige ouers (geestelike tempel) geheilig (net soos die goud deur die fisiese tempel geheilig word).  Net soos die wat die kinders van die Here skend deur God geskend sal word, so sal die wat die kinders van gelowige ouers skend, ook deur God geskend word;  net so is die ongelowige man deur die gelowige vrou (tempel) geheilig en val dus onder daardie soort beskerming van die Here.  Alhoewel die artikels in die tempel (en die kinders en ongelowige maat van die gelowige) nie opsig self heilig is nie, word hulle geheilig deur die tempel (die gelowige). Hulle word dus geroep, maar as hulle nie hulle eie lewenswandel ook heilig nie, dan sal hulle nie uitverkies word nie.

Die priesters was afgesonder ("geheilig" - geroep) vir priesterdiens, maar moes hulle eers "reinig" voor hulle tempeldiens kon verrig;  dit is dus duidelik dat alhoewel hulle afgesonder was vir diens (geheilig is), dit nie beteken het dat hulle outomaties rein was van alles anders ook nie!  ALMAL WAT GEHEILIG IS, IS NIE OUTOMATIES REIN van sonde en slegte gewete NIE, want die Here kan enige iets of iemand heilig - dit gaan hier oor WAARVOOR iemand/iets geheilig word.  ONS MOET KYK NA DIE KONTEKS WAAROOR DIE HEILIGMAKING GAAN en nie verkeerdelik kontekste in verskillende skrifte verwar nie. Bv., die artikels in die tabernakel is HEILIG omdat dit afgesonder is vir die Here se werk, tog kan dit nie heilig wees in die sin van skoongewas van sonde of slegte gewete nie, maar moet wel gewas wees (rein) wees om gebruik te word...
_________________________________________________________________________________

DIE BELANGRIKHEID VAN "OM HEILIG" TE WEES OF OM GEHEILIG TE WORD:

(Openb. 22:14)  Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.
(Openb. 22:15)  
Maar buite is die honde (die wat nie deel is van God se volk nie - m.a.w die wat Hom nie ken nie en nie geheilig is nie) 
en die towenaars (die wat hulle voordoen as iets besonders of heilig - soos valse profete wat "Here" speel) 
en die hoereerders (die wat nie die wil van die Here doen nie, maar hulle eie wil, en die wat agter afgode aan hoereer - hulle dra nie vrug nie of word onvrugbaar of dra slegte vrug) 
en die moordenaars (die onbarmhartiges) 
en die afgodedienaars (die eiesinniges wat hulle eie wil kies bo die wil van die Here en vir hulle 'n geloof skep wat hulle in die gehoor streel) 
en elkeen wat leuens liefhet en doen (die valse broeders, valse profete, valse leraars)VGL. HIERDIE GERUS MET WAT JESUS VIR ONS GELEER HET OOR HOE DAAR GEOORDEEL SAL WORD TUSSEN: 
SKAPE EN SKAPE (die wat Hom ken, en die wat Hom nie ken nie)(almal wat geroep is, maar min is uitverkies), EN TUSSEN 
SKAPE EN BOKKE (die wat barmhartig is, en die wat nie barmhartig is nie), EN TUSSEN 
KORING EN ONKRUID (die wat opreg is, en die wat vals is), EN TUSSEN 
KORING EN KAF (die wat vrug dra, en die wat onvrugbaar is of onvrugbaar word).
_________________________________________________________________________________

Die woord "heiligheid":

Exo_15:11  o HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid (H6944), gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?
Exo_35:2  Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle ‘n heiligheid (H6944) , ‘n dag van volkome rus wees tot eer van die HERE. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.
Psa_65:4  (65:5) Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid (H6918)  van u paleis.
Psa_68:17  (68:18) Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid (H6944).
Psa_77:13  (77:14) o God, u weg is in heiligheid (H6944). Wie is ‘n groot God soos God?
Psa_89:35  (89:36) Een maal het Ek gesweer by my heiligheid (H6944): Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!
Psa_93:5  U getuienisse is baie betroubaar. Heiligheid (H6944) pas by u huis, HERE, tot in lengte van dae!
Jer_2:3  Israel was vir die HERE ‘n heiligheid (H6944), die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die HERE.
Amo_4:2  Die Here HERE het gesweer by sy heiligheid (H6944): Kyk, daar sal dae oor julle kom dat hulle julle met hake sal optrek en die wat van julle oor is, met vishoeke.
Luk_1:75  in heiligheid (G3742) en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.
Rom_1:4  en na die Gees van heiligheid (G42) met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,
Eph_4:24  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid (G3742).
1Th_3:13  sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid (G42) voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.
1Th_4:4  dat elkeen van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid (G38) en eer,
Heb_12:10  Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid (G41) kan deelagtig word.


G3742 - (hos-ee-ot'-ace, From G3741; piety: - holiness)
G41 - (hag-ee-ot'-ace, From G40; sanctity (that is, properly the state): - holiness)
G38 - (hag-ee-as-mos', From G37; properly purification, that is, (the state) purity; concretely (by Hebraism) a purifier: - holiness, sanctification)
G42 - (hag-ee-o-soo'-nay, From G40; sacredness (that is, properly the quality): - holiness).




Maandag 03 Oktober 2016

Rein / Onrein / Verontreiniging/Reinig - (Opsomming)


Vir dagstukkies en heelwat korter opsommings oor hierdie pos, gaan na:

http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/10/onderskei-tussen-wat-is-rein-en-wat-is.html
of
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2016/11/die-eet-van-rein-en-onrein-diere.html
_________________________________________________________________________________


Vir vorige blogposts, skrifgedeeltes en betekenis van hierdie woorde, gaan na:

_________________________________________________________________________________
Die woord REIN verwys na "skoon ( /gewas)". Die woord ONREIN verwys na "besoedel".  Hierdie woorde word nie altyd gebruik in die konteks van "sonde" nie, maar beskryf somtyds slegs 'n toestand, of andersins is dit gekoppel aan wette.  In die geval van "wette", moet ons ook onderskei tussen wat is wette van die Here, en wat is mensgemaakte wette.
- Waar die onderwerpe van rein/onrein gaan oor mensgemaakte wette, is dit nie dinge waardeur die Christen homself kan verontreinig nie, soos die tipiese wereldse wysheid van "raak nie, smaak nie"...ens.
- Ook in die geval van waar rein/onrein slegs 'n toestand beskryf soos dat iemand nie "maagdelik rein is nie", is dit nie iets waardeur 'n Christen verontreinig word nie; tensy die toestand is a.g.v. sonde.
- In die geval van WETTE WAT DEUR DIE HERE GEGEE WORD asook in die geval met SONDES, word elkeen wat ongehoorsaam is aan hierdie wette, of homself verontreinig deur sonde, gesien as onrein (hetsy "liggaam" onrein, of die "gewete" onrein).

ROL AF VIR UITEENSETTINGS VAN BOGENOEMDE,
ASOOK VIR DIE VOLGENDE ONDERWERPE:
-  ONS MAG GEEN MENS ONREIN OF ONHEILIG NOEM NIE?
-  WAT BETEKEN DIT WANNEER IEMAND SE GEWETE BESOEDEL IS?
-  IN DIE NUWE TESTAMENT IS DIT WAT IN DIE OU TESTAMENT ONREIN WAS, NIE NOODWENDIG MEER ONREIN NIE, of is dit?  
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------
"Rein" en "onrein" verwys nie net na dit wat rein of onrein verklaar is nie, maar ook na dit wat onrein "word" soos in die geval van waar iets of iemand VERONTREINIG word, bv., in die Ou Testament mag niks wat onrein is aangeraak word nie, geen onrein mens, dier of enige verfoeisel nie (Lev. 7:21), want dan sou jyself ook onrein word.  As iemand homself verontreinig het deur 'n onrein dier, dan het hy homself besoedel. Om sy vlees weer te reinig, was verskillende prosedures gevolg in verskillende gevalle, af andersins was iemand onrein vir 'n spesifieke tydperk (Lev. 11:24,25...). In sommige gevalle was hulle onrein vir 'n typerk en moes daar ook aan die einde van die "onrein tydperk"  'n spesifieke prosedure gevolg word om weer rein te word (soos in die geval van die vrou wat swanger word en 'n kind baar, ens. - Lev. 12...). Op dieselfde wyse moet iemand in die N.T., wat homself verontreinig hetsy deur sonde en ongehoorsaam of deur dooie werke, GEREINIG word en is belydenis en bekering nodig.

Dit is nie slegs die mens se liggaam (Rom. 6:6)  wat verontreinig kan word  (soos deur sonde en ongehoorsaamheid) nie, maar ook die gewete (Hebr. 9:14) (deur "dooie werke").  Christene wat hulleself verontreinig kan nie verwag dat die Here hulle te hulp sal kom of hulle gebede beantwoord nie. Hulle staan ook die gevaar dat hulle offers nie deur die Here aangeneem word nie... Want hierdie voorregte is bedoel vir die wat REIN is en daarom GEHEILIG (afgesonder) is.  Dit is slegs die wat die wil van die Vader doen wat gesien word as Jesus Christus se familie (Matt. 12:50).  Dit is ook slegs die wat Hom gehoorsaam wat Sy vriend genoem kan word (Joh. 15:14). Die manier hoe die kind van die Here bewys dat hy heilig is, is deur homself NIE te verontreinig nie. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In alle gevalle gaan die geestelike betekenis van "om rein te wees/word" oor hoe iemand hom/haarself afsonder VAN die wereld, en afsonder/heilig VIR die Here.
_________________________________________________________________________________

-  WETTE wat deur die Here gegee word (oor wat is rein en wat is onreingaan beslis oor wat Hy as rein of as onrein verklaarEn kan terloops anders vervul word in verskillende tydperke oor "tyd" afhangende van wat die Here wil. Om dit beter te verduidelik, verwys sommige Christelike kerke hierna as "bedelings".  Nie dat die Here se wette ooit tot niet gaan nie!, maar dat dit anders vervul word in verskillende "tydperke", bv.: Baie geleerdes is van mening dat in die tydperk voor "Noag se ark" die mens nie toegelaat was om enige vleis te eet nie (Gen. 1:29), tog in die tydperk nadat die ark gestrand het was hulle toegelaat om vleis te eet (Gen. 9:3);  en alhoewel hulle alreeds die kennis gehad het van wat is rein en wat is onrein diere, vind ons tog nie daar 'n rekord van waar hulle belet word om onrein diere te eet nie (alhoewel slegs rein diere geoffer was). Toe later, in die tydperk van die volk in die woestyn en daarna (ook in die O.T.),  het daar heelwat ander koswette bygekom (Lev.), o.a. die feit dat geen onrein diere geeet mag word nie.   Bv., sekere kosse (en vleise) was rein verklaar as voedsel wat geeet mag word, maar ander kosse (en vleise) was onrein verklaar en mag nie geeet geword nie (Lev. 5:3; 11:24,43,44)(Dan. 1:8)(Mal. 1:7); Hier kan ons duidelik sien hoe die Here se wette anders vervul word op verskillende tydperke (of noem dit dan bedelings as jy wil) - nie dat Sy wette tot niet gaan nie, want selfs in die Nuwe Testament is die Christen nie sonder wette nie;  inteendeel, in die N.T. het wette 'n sterker betekenis gekry!  Dus word gehoorsaamheid van die Christen verwag - nie om guns te wen nie, maar omdat iemand die Here dien (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/uit-genade-gered-3.html).  Nietemin in watter tydperk iemand lewe, dit is altyd belangrik om te onderskei tussen wat is rein en wat nie (Lev. 10:10), en wat Hy rein gemaak het, mag ons nie onheilig ag nie (Hand. 11:9). Die vraag is nou egter oor watter wette rondom rein en onrein vir die Christen gegee is in die N.T.?     

MENSGEMAAKTE WETTE is wereldse wysheid (Jak. 3:15,16; Kol. 2:8,20-23; 1 Kor. 3:18,19).  'n Voorbeeld van mensgemaakte gebooie is die van "hande was voor ete". Mensgemaakte wette moet nie gesien moet word soos "wette van die Here" nie.  Hierdie is 'n fout wat baiemaal in kultuur gemaak word, dan mense nie onderskei tussen wat is kultuur en wat is wette van die Here nie. Jesus  het bv. geleer dat om met ongewaste hande te eet, jou nie ONREIN maak, soos baie geglo het nie (Matt. 15:20).  Hy het wette soos dit "gebooie van mense" genoem (Matt. 15:9). Paulus verwys ook na hierdie soort leringe as " 'n skyn van wysheid" wat in "eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie" (Kol. 2:20-23). (Col 2:20,21 - As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —"). Hy verwys geensins hier na WETTE WAT DEUR DIE HERE gegee word of gegee was soos in die wet van Moses nie, maar verwys spesifiek na wereldse wysheid.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die geval van waar rein/onrein 'N TOESTAND BESKRYF:
Somtyds beskryf die woorde rein en onrein slegs 'n toestand, soos bv. in die O.T. was 'n vrou wat 'n kind baar vir 'n sekere tydperk "onrein".  "Onrein" kan verwys na iemand met 'n siekte (Mark. 1:40...), of wanneer iemand BESOEDEL is met een of ander "gees" (Mark. 1:23...), of verwys na iemand se maagdelike toestand (Openb. 14:4; 1 Kor. 7:28-32)...  Die manier hoe die persoon wat siek is weer "rein" word, is deur genesing en die manier hoe die persoon met 'n bose of onreine gees weer rein word, is wanneer die gees uitgedryf word;  alhoewel, waar sonde ook die rede is vir die onreinheid, is bekering en geloof 'n voorwaarde en steeds reiniging nodig.

-  Waar iemand onrein is a.g.v. 'n sekere siekte, word hy gesien as "besoedeld". Dit beteken nie noodwendig dat hy besoedeld is omdat hy gesondig het nie, maar kan bloot beteken dat hy onrein is omdat hy die siekte het. Somdtyds is iemand siek a.g.v. sonde, ja, maar dit is nie altyd die geval nie (Joh 9:2,3 - "En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is.  Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word"). In die geval van waar iemand siek is a.g.v. sonde is bekering en belydenis belangrik om gereinig te word;  andersins is slegs genesing nodig.

-  In die geval van waar 'n man wat  trou en homself "besoedel" met sy vrou (en dus maagdelik nie rein nie), word hy nie gesien as onrein omdat hy sondig nie!, maar die onreinheid hier beskryf slegs sy maagdelike toestand - m.a.w. dit beskryf sy behae in sy vrou en die huwelik waarin hulle geheilig (afgesonder is) vir mekaar - hulle huwelik kan m.a.w. gesien word as REIN (maar hulle is maagdelik besoedel).  Andersins, as dit sonde is wat behaag word, soos in die geval van buite-egtelike gemeenskap, of hoerery buite die huwelik, dan beskryf die woord ONREIN die gevolg van sonde.  Die persoon wat onrein is a.g.v. sonde (hoerery en egbreuk), het REINIGING nodig, maar die persoon wat maagdelik nie rein is nie a.g.v. die feit dat hy in 'n heilige huwelik is, het nie reiniging nodig vir sy "onreinheid" nie.  'n Getroude man is bv. maagdelik "BESOEDEL", maar die een wat nie trou en dus nie 'n vrou behaag nie, is maagdelik REIN (Openb. 14:4)(bedoel:  nie "rein van sonde" nie, maar "maagdelik rein"). En natuurlik beteken dit dan nou nie dat die (Christelike) man wat trou sondig omdat hy homself besoedel nie! (1 Kor. 7:28), maar waarna dit verwys is dat hy nou nie alleenlik besorg is oor die Here nie, maar ook besorg is oor die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal behaag (1 Kor. 7:33) - in daardie opsig "onrein".  Die ongetroude (die Christelike maagde) is egter besorg oor die dinge van die Here, EN HOE HULLE DIE HERE SAL BEHAAG (1Co 7:32) - daarom REIN (nie "besoedel" nie).  Ons moet dus die konteks verstaan waarin hy hier "rein" of "onrein" is.

Hierdie feit word ook as beeldspraak gebruik in Jes. 62:4 van hoe die land Israel GETROUD sal wees aan die Here.  Let op die woord in Jes. 62:4: -"want die Here het ‘n behae in jou, en jou land sal getroud wees". Om getroud te wees gaan oor WIE JY BEHAAG:  (Die ongetroude Christen het slegs behae na die Here, maar die getroude se behae is verdeeld.  In daardie sin is die ongetroude Christen rein (nie besoedeld nie), maar die getroude Christen is onrein en "besoedeld/nie skoon nie").  Die getroude is m.a.w. ten opsigte hiervan ONHEILIG (nie afgesonderd nie), want hy is nie net afgesonderd vir die Here nie, maar ook vir sy vrou!  (1Kor. 7:34 - "Daar is ook onderskeid tussen ‘n vrou en ‘n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag).

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
SONDE:
-  SONDE waardeur 'n mens onrein word kan nooit anders vervul word in verskillende tydperke nie - sonde bly altyd sonde.  Dit kan nie gister verkeerd wees en vandag reg wees nie (en kon nie gister jou onrein maak maar vandag nie dieselfde effek he nie!)  -  waar iemand in SONDE stap,  het dit altyd die gevolg dat die persoon homself verontreinig daardeur.
Hier moet ons ook onderskei tussen:
- wanneer die Here iemand reinig (soos dat Hy iemand se gewete reinig en die wat hulle sonde bely reinig van ongeregtigheid) - in geval van waar bekering en geloof nodig;
- en wanneer daar van iemand verwag word om homself te reinig. - in geval van waar die Christen sy eie lewenswandel moet afsonder (heilig) vir die Here (1 Pet. 1:15) (1Jn 3:3 - "En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is")(Titus 2:14; 1 Pet. 2:12; Ef. 4:22). Volgens 1 Joh. 3 is dit duidelik dat dit juis die gehoorsames is, die wat van sonde wegbly, wat bewys dat hulle kinders van die Here is. Dit is 'n bewys dat hulle gebore is uit Hom en dat Sy saad binne-in hulle is. (Hulle gehoorsaamheid gaan nie oor dooie werke nie, want dan sou hulle gewetens BESOEDEL wees.  Hulle dien nie die wet nie, maar dien die Here).  (1Jn 1:8,9 - "As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig").

Christene wat sondig word beveel om hulle hande te REINIG en die harte te suiwer ! (Jak. 4:8) - verder word 'n Christen wat in sonde stap genoem "dubbelhartige", want sy hart is verdeeld tussen die sonde en die Here se gebooie. Die dubbelhartige is besoedel en is besig om homself te ontheilig, want hy sonder homself nie af vir die Here om Hom gehoorsaam te wees nie.  Kinders van die Here (elkeen wat die Naam van Christus noem) word verder beveel OM AFSTAND TE DOEN VAN DIE ONGEREGTIGHEID! (2 Tim. 2:19). In die huis van die Here is sekere Christene soos voorwerpe van goud en silwer (is tot eer), maar ander is soos hout en erdewerk (tot oneer / besoedel) - (2Ti 2:21 - "As iemand hom dus hiervan deeglik REINIG, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk").  Iemand wat deur SONDE besoedeld is, kan nie eendag reg he op die boom van die lewe nie en ook nie ingaan in die nuwe stad Jerusalem nie (Openb. 22:11,14). (Openb. 22:11 - "Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die HEILIGE nog heiliger word"). 

(2Kor. 7:1 - "Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring").

Dit is duidelik te sien dat sekere reels t.o.v. rein en onrein anders vervul word in die Nuwe Testament as in die Ou Testament;  tog word kinders van die Here beveel om hulleself af te sonder en uit te gaan onder die ongelwoges :  (2Kor. 6:17 - "Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem"), maar ons moet verstaan in watter konteks dit gebruik is...  In 2 Kor 6 gaan dit oor Christene wat in sonde stap en die wat afgode aanbid - in daardie sin moet hulle nie in dieselfde juk trek as die ongelowiges nie en hulle afsonder.  As hulle deel aan die ongelowiges se sonde, dan is dit soos wanneer iemand iets aanraak wat hom onrein maak.  So, in die Nuwe Testament kan iemand ook onrein word deur die aanraking van iets...  Nie deur 'n ongelowige aan te raak of in sy huis te kom nie, maar deur te deel in hulle sonde en/of afgodsoffers - in daardie sin moet die Christen hom onttrek van die ongelowiges.  As 'n Christen die ongelowige se afgodsoffers dien, dan dien hy twee here, m.a.w. "hy ontheilig homself" en sonder homself nie af vir die Here nie, maar dien ook 'n ander.  (dieselfde geld in geval van sonde).  (Heb 10:28,29 - "As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie;  hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het?).  Sekere dinge wat deur die wet van Moses voorgeskrywe was kan mens steeds onrein maak, bv. afgodsoffers, die eet van bloed, iets wat verwurg is, en hoerery... (Lev. 17:14; Lev. 19:29; Jer. 3:9; 13:27 )(1 Kor. 10:18-20; Hand. 15:29; 21:25; Openb. 2:14,20). Daarom moet ons verstaan dat SONDE nooit soos vervulde wette hanteer moet word nie!  In verskeie skrifte word vele sondaars (wat onrein is) op die naam genoem:  "hoereerders, afgodedienaars, egbrekers, wellustelinge, sodomiete, diewe, rowers, gierigheaards, dronkaards, kwaadsprekers, rowers, vreesagtiges, ongelowiges, gruwelikes, moordenaars, towenaars, leuenaars... (1 Kor. 6:10; Hebr. 13:4; Openb. 21:8; 1 Kor. 5:9-11). Vgl. dit gerus met sondes wat ook in die O.T. onreinheid veroorsaak het:  
 -  afgodsoffers, afgodsaanbidding (Lev. 20:2-5; 18:21; 2 Kon. 23; Jer. 2:7; Eseg. 20:18,30,31; 22:4; 23:30)(beeldspraak Hos. 5:3; 6:10);
- oproep van geeste van afgestorwenes en geeste wat waarsê (Lev. 20:6,27; 19:31);
- elkeen wat sy vader of moeder vloek (Lev. 20:9);
- owerspel, egbreuk, hoerery (Lev. 20:10-12; 18:20; Num. 5:13)
- homoseksualisme (Lev. 20:13; 18:22)
- bloedskande (Lev. 18:6-18; 20:14, 17-21)
- iemand wat met 'n dier gemeenskap het (Lev. 18: 23; 20:15,16);
- bloedskuld (Ps. 106:38)...
_________________________________________________________________________________
ONS MAG GEEN MENS ONREIN OF ONHEILIG NOEM NIE?:

In die nuwe testament mag ons geen mens onrein of onheilig noem nie; - in die sin van dat dit nie slegs een volk is wat geroep is nie, maar die Here roep mense uit enige volk om vir Hom 'n kind te wees en Hy vir hulle 'n Here te wees. Maar dit gaan nie net daaroor nie, maar ook oor die feit dat die kind van God nie homself kan verontreinig deur in heidene se huise in te gaan nie of saam met hulle te eet nie (behalwe natuurlik in die geval van afgodsoffers of waar hulle bloed eet of iets wat verwurg is...).  Die Joodse volk, as 'n afgesonderde volk vir die Here, het geglo dat dit hulle nie geoorloof is om saam met heidene te eet en in hulle huise in te gaan nie, want die heidene (en hulle huise) was ONREIN en dit sou veroorsaak dat hulle hulself verontreinig.  In die visioen aan Petrus het die Here aan hom verduidelik (Hand. 10) dat (in die Nuwe Testament) GEEN MENS onheilig of onrein genoem mag word nie! - dit is dus geoorloof om saam met die heiden te eet en in hulle huise in te gaan en hulle moet nie gesien word as iets "onheilig of onrein" waardeur Christene hulleself kan verontreinig nie. Die evangelie was nie slegs bedoel vir die Joodse volk nie, maar vir enige iemand van enige volk, sodat almal die kans kry om te kan kies om in Jesus Christus te glo.  Net so word enige mens ook gesien as "nie besoedeld", in die sin van dat kinders van die Here nie deur hulle besoedeld kan word nie - dit beteken egter nie dat die heiden nie deur sonde besoedeld is nie, of dat hy nie deur dooie werke besoedeld is nie, maar ons moet verstaan in watter konteks rein/onrein hier gebruik is.  Dit beteken ook nie dat almal outomaties gered is nie, maar gaan hier oor WIE GEROEP WORD.  In die N.T. is dit verkeerd om sekere mense of volke as onrein te sien, en daarom niks met hulle te doen wil he a.g.v. vrees dat hulle ander onrein kan maak nie.  In die N.T. is dit ook verkeerd om sekere mense as onheilig te sien, asof hulle glad nie deur die Here geroep kan word nie.  Jesus Christus het hierdie vb. gestel en saam geeet saam met die wat gesien is as ONREIN.  Deur in hulle huise te gaan en saam met hulle te eet, maak mens nie onrein nie, en die Here roep wie Hy wil (in Sy voorneme).
_________________________________________________________________________________
WAT BETEKEN DIT WANNEER IEMAND SE GEWETE BESOEDEL IS?

Elkeen wat in Christus Jesus glo se gewete word GEREINIG van dooie werke (Hebr. 9:14), want sy hoop is nie in die onderhouding van die wet nie, maar in sy geloof in Jesus Christus.  M.a.w., wat hy eintlik se is dat DOOIE WERKE DIE GEWETE BESOEDEL en maak dus die gewete ONREIN. Want alhoewel die bloed van stiere en bokke die vlees gereinig het (en heilig gemaak het)(Hebr. 9:13), kon dit nie die GEWETE heilig maak nie (Hebr. 9:14).  Alhoewel hulle vlees gereinig kon word deur die offersisteem, was hulle gewete besoedel en hulle harte VERDEELD op wie hulle dien - beide die wet en die Here /  of die wet, of die Here.  Maar nou dien ons nie meer die wet nie, maar het deel aan die nuwe testament....... (Hebr. 9)(2Kor. 3:6 - "wat ons ook bekwaam gemaak het as DIENAARS van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend"), waarin ons die Here dien om Hom gehoorsaam te wees (nie die wet gehoorsaam te wees nie). (Om die Here te dien beteken steeds dat sy gebooie gehoorsaam word, maar die wet word baiemaal anders vervul in geval waar jy die Here dien, maar as jy die wet ook dien, dan word daardie werke slegs op een manier vervul (meer bekend as "dooie werke"). Guns word nie verdien deur werke nie, maar deur gehoorsaamheid. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/uit-genade-gered-3.html).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

IN DIE NUWE TESTAMENT IS DIT WAT IN DIE OU TESTAMENT ONREIN WAS, NIE NOODWENDIG MEER ONREIN NIE, of is dit?  

Hier moet ons teen eerste onderskei tussen WETTE, SONDE, en waar die tema van rein/onrein slegs 'N TOESTAND BESKRYF:  
- In die geval van WETTE gaan dit oor wat die Here as rein of onrein verklaar, en moet ons onthou dat ons dienaars is van 'n Nuwe Testament;  ons moet ook onthou om te onderskei tussen wette wat deur die Here gemaak word, en wette wat deur mense gemaak word.  Ongehoorsaamheid aan menslike gebooie kan nie verontreininging veroorsaak nie, tensy dit 'n wet is van die Here. 
- In die gaval van SONDE kan dit wat gister onrein was, nie vandag rein wees nie.  Sonde bly altyd sonde en kan nie gister verkeerd en vandag reg wees nie.
- In die geval van waar rein/onrein slegs 'n toestand beskryf, verwys dit nie noodwendig na iets sleg nie, maar in sekere gevalle wel.  

In hierdie gedeelte gaan ons spesifiek kyk na die geval van WETTE (wat deur die Here gegee word):
Dit is duidelik dat die wet van Moses vervul is siende ons nie daardie offersisteem meer nodig het nie, maar iets waarop geleerdes baie verskil, is die koswette van die O.T.,  en die wette oor rein en onrein diere, en oor of dit toelaatbaar is in die N.T. om onrein diere te eet of nie.  

Iets anders waaroor ook baie in die eerste gemeentes geredeneer is, is die tema van die besnydenis, en baie Christene het geglo dat die heidene wat tot bekering kom, hulle moet laat besny.  Hierdie vrae was bespreek in 'n gesamentlike vergadering in Hand. 15, waar daar moes besluit word watter wette aan die "Christene uit die heidene" opgele moes word.  Dit wil egter voorkom asof die Christelike Jode op daardie stadium voortgegaan het in sekere wette waarin hulle grootgeword het,  alhoewel hulle tog ingegaan het in heidene se huise en selfs saam met hulle geeet het - iets wat glad nie toelaatbaar was in die Joodse tradisie nie omdat hulle ander nasies gesien het as "onrein" (in die sin van dat aanraking met onrein nasies of hulle onrein dinge, hulle onrein sou maak). Hulle het beslis eenstemmigheid bereik oor heelwat kwessies t.o.v. die Christene uit die heidene o.a. dat hulle hul nie hoef te laat besny nie (Gal. 6:15; Hand. 15:19,20) (en inteendeel sou dit hulle onder die wet plaas en dwing om die wet te gehoorsaam - Gal. 5:3).   


Die feit dat om in te gaan in heidene se huise en saam met hulle te eet, iemand nie kan onrein maak nie, is iets wat oorspronklik deur die Here self duidelik gemaak is aan Petrus -  toe Hy vir Petrus in 'n visioen gewys het dat hy geen mens as onrein moet sien nie (Hand.10:15 - "................Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie").  In die betrokke visoen het Hy vir hom 'n doek gewys met ONREIN DIERE en gese dat hy dit moet slag en eet.  Sommige geleerdes neem hierdie as letterlike bewys dat dit in die N.T. toelaatbaar is om onrein diere te eet, maar siende die boodskap wat Petrus hieruit gekry het meer gegaan het oor dat die Here hom wou beweeg om in die huis van heidene in te gaan sodat hy vir hulle die evangelie kon verkondig (Hand. 10:28; 11:3), is ander geleerdes weer van mening dat hierdie gebeurtenis (van die visioen) slegs verwys na beeldspraak en nie letterlik bedoel dat Petrus toegelaat was om onrein diere te eet nie.  Tog, wanneer ons kyk na ander skrifgedeeltes, wil dit weer lyk asof  hierdie visioen ook letterlik gesien was;  alhoewel Petrus en sekere ander broeders somtyds uit vrees gemengde gevoelens gehad het hieroor.  

Kom ons kyk na die vb. van Gal. 2:11-16:
(Gal 2:11)  Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek (Paulus) hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het.
(Gal 2:12)  Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.
(Gal 2:13)  En saam met hom het ook die ander Jode geveins, sodat selfs Barnabas hom laat meevoer het deur hulle geveins.
(Gal 2:14)  Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat ‘n Jood is, soos ‘n heiden lewe en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?
(Gal 2:15)  Ons wat van nature Jode en nie sondaars uit die heidene is nie,
(Gal 2:16)  terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
In hierdie gedeelte sien ons dat Paulus hom nie net aanvat oor hy skaam is om te erken dat hy somtyds "saam met die heidene eet" nie, maar ook omdat hy "die heidene wil dwing om soos Jode te lewe"!  Wel, hoe dwing jy 'n heiden om soos 'n Jood te lewe? - Deur hulle onder die wet te plaas asof die mens geregverdig word deur die wet (Gal. 2:16) - m.a.w. deur van hulle te verwag om wette soos "raak nie, smaak nie" na te kom, "feeste te vier" en "spesiale dae dop te hou"...  

Maar om terug te kom na Hand. 15: dit is duidelik dat Petrus self ook van die oortuiging was dat hulle nie dieselfde juk wat op hulle vaders was (wat hulle terloops nie kon dra nie), op die heidene moet le nie (Hand. 15:10). 
In die betrokke vergadering is die volgende besluit:
-  (Hand. 15:19)  Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,(Hand. 15:20)  maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed.  Hiermee se hulle nie dat hierdie al wette is wat vir die heidene voorgeskryf moet word nie (want kyk maar die vele ander wette en waarskuwings aan die gemeentes in ander boeke van die N.T., wat terloops eerder 'n waarskuwing is teen SONDE, nie bedoel is om hulle te bring onder die wet van Moses nie!), want  in v.21 bevestig hulle dat die heidene in elk geval die wet van Moses sal hoor terwyl dit elke sabbat in die sinagoges voorgelees word...  ONS MOET ONTHOU DAT DIE KWESSIE HIER EINTLIK GEGAAN HET OOR OF DIE CHRISTENE UIT DIE HEIDENE BESNY MOET WORD OF NIE (Hand. 15:1,2), want in die wet van Moses was die besnydenis 'n bewys dat hulle GEHEILIG (afgesonder) is as deel van God se volk (Gen. 17:10-14) .  Met hierdie slotsom van Hand. 15:20 se hulle eintlik dat die Christene uit die heidene nie nodig het om besny te word nie, en plaas hulle ook geensins onder die wet van Moses nie, maar gee vir hulle wette rakende "rein hou van sonde" (dinge waardeur hulle hulself kan verontreinig sou hulle nie gehoorsaam wees nie) - EN LET WEL DAT DIT VERAL GAAN OOR DINGE WAT BLOEDSKULD VEROORSAAK (m.a.w. dit gaan oor die kwessie van "sonde").

Jesus Christus het die nuwe testament ingelyf deur Sy dood en opstanding..... (Hebr. 9;  12:24; Matt. 26:28; Mark. 14:24; Luk. 22:20; 1 Kor. 11:25; 2 Kor. 3:6;  ).  Ons is nou dienaars van 'n nuwe testament, NIE VAN DIE LETTER NIE, maar van die gees! Maar kom ons kyk wat het Jesus Christus vir ons geleer oor die koninkryk van God:  
-  Hy het o.a. geleer dat dit nie dit is wat die liggaam ingaan wat iemand onrein maak nie, maar dit wat uitgaan, m.a.w. die booshede wat van binne uitkom (Mark. 7:18-23; Matt. 15:20). MAAR NEEM KENNIS DAT DIT GESE WAS IN KONTEKS MET "mensgemaakte wette", nie in konteks met wette wat die Here gee nie;  alhoewel, vgl. ons dit met hoe Hy Sy stelling verder verduidelik in Mark. 7: 19, is dit duidelik dat Hy nie net verwys het na "ongewaste hande" (wat 'n mensgemaakte wet was) nie, maar Hy verwys ook na VOEDSEL:   (Mar 7:18,19 - " En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie, omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?")(Matt. 15:17). Wat is die rede waarom Jesus se dat dit wat in die mond ingaan jou nie onrein kan maak nie?  - ANTWOORD: (v.19) "omdat dit nie ingaan in sy hart nie".  Vgl. dit met wat Paulus se in (1 Kor. 6:13(a) - " Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak...);  asook Kol. 2:20-23, en alhoewel hy in die gedeelte ook gepraat het teen wereldse wysheid en ook die onderwerp van besnydenis weer aanhaal, maak hy dit tog duidelik dat niemand ons moet oordeel in spys of in drank nie, en selfs met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie! (Kol. 2:16). Geen Christen is onder die wet waar hulle die spesifieke feeste van die O.T. moet vier en spesiale dae moet dophou , asof hulle nie aangeneem sal word as hulle nie hierdie wette onderhou nie!  Ook hierdie wette is vervul en word terloops anders "vervul" in die N.T. Hulle het hulle doel gedien.

 Paulus gaan verder deur die volgende te verklaar:  "Daarom moet hy wat eet, hom wat nie eet nie, nie verag nie; en moet hy wat nie eet nie, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aangeneem" (Rom. 14:3). In konteks het hy spesifiek gepraat van wat elkeen glo hy mag of nie mag eet nie, en dit wil voorkom asof sekere geglo het dat hulle nie vleis mag eet nie.  Hier het dit beslis ook te doen met mensgemaakte wette.   Hy verduidelik egter dat kos niks daarmee te doen het of iemand aangeneem word of nie;  alhoewel daar nie dieselfde gese kan word van "die eet van bloed" (wat te doen het met bloedskuld - Gen. 9:4-6; Hand. 15:29) of "dit wat verwurg is" (ook te doen het met bloedskuld  - Hand. 15:20,29; 21:25), of "die eet van afgodsoffers saam met die wat dit aan afgode offer" (te doen met afgodsaanbidding en ook bloedskuld - Hand. 21:25; Openb. 2:14; 1 Kor. 8) nie.  Dit wat iemand eet kan hom nie onrein maak nie, tensy sy gewete hom aankla (soos wanneer jou broer deur die voedsel gegrief word of die voedsel of wyn tot aanstoot is-Rom. 14:15,20)(Rom 14:20 - "Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is")(l.w., die woorde "alles is wel rein", is hier gebruik IN KONTEKS MET voedsel, nie in konteks met sonde nie!).
_________________________________________________________________________________


NOG SKRIFGEDEELTES wat nie noodwendig in die vorige blogposte oor hierdie onderwerp ingesluit was nie:
_________________________________________________________________________________

Gen_7:2  Van al die rein diere moet jy vir jou telkens sewe paar neem, die mannetjie met sy wyfie; maar van die diere wat nie rein is nie, twee, die mannetjie met sy wyfie.
Gen_7:8  Van die rein diere en van die diere wat nie rein is nie, en van die voëls en van alles wat op die aarde kruip,
Gen_8:20  En Noag het vir die HERE ‘n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
Lev_4:12  die hele bul moet hy buitekant die laer uitbring op ‘n rein plek waar die as uitgegooi word, en hy moet hom op hout met vuur verbrand; op die plek waar die as uitgegooi word, moet hy verbrand word.
Lev_6:11  Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op ‘n rein plek uitbring.
Lev_7:19  En die vleis wat aan iets onreins raak, mag nie geëet word nie; met vuur moet dit verbrand word. Maar wat verder die vleis betref elkeen wat rein is, mag vleis eet.
Lev_10:10  en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
Lev_10:14  Ook die beweegbors en die hefboud moet julle op ‘n rein plek eet, jy en jou seuns en jou dogters saam met jou; want as deel wat aan jou en jou seuns toekom, is hulle uit die dankoffers van die kinders van Israel gegee.
Lev_11:32  En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel of sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.
Lev_11:36  Maar ‘n fontein of put, ‘n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
Lev_11:37  En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word dit sal rein wees.
Lev_11:47  om te onderskei tussen wat onrein en rein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.
Lev_12:7  dié moet dit offer voor die aangesig van die HERE en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van ‘n seun of ‘n dogter.
Lev_12:8  Maar as sy ‘n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.
Lev_13:6  Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog ‘n keer en sien hy dat die aangetaste plek dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Dit is ‘n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy rein.
Lev_13:7  Maar as die uitslag werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om rein te word, moet hy hom nog ‘n keer aan die priester vertoon.
Lev_13:13  en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein.
Lev_13:17  As die priester hom dan bekyk en sien dat die aangetaste plek wit geword het, dan moet die priester die aangetaste persoon rein verklaar; hy is rein.
Lev_13:23  Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie versprei het nie, is dit die litteken van die sweer, en die priester moet hom rein verklaar.
Lev_13:28  Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.
Lev_13:34  Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees.
Lev_13:35  Maar as die skurfte werklik in die vel versprei nadat hy rein verklaar is,
Lev_13:37  Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar.
Lev_13:39  en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone uitslag wat in die vel uitgebreek het; hy is rein.
Lev_13:40  En as ‘n man se hoof kaal word, is hy ‘n kaalkop; hy is rein.
Lev_13:41  En as sy hoof aan die voorkant kaal word, het hy ‘n bles; hy is rein.
Lev_13:58  Maar die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag of enige leervoorwerp wat jy was as die plek daaruit verdwyn het, moet dit nog ‘n keer gewas word, en dit sal rein wees.
Lev_13:59  Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in ‘n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.
Lev_14:4  moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring.
Lev_14:8  Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en ‘n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.
Lev_14:9  En op die sewende dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy liggaam in die water bad. Dan sal hy rein wees.
Lev_14:20  En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.
Lev_14:48  Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.
Lev_14:53  Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.
Lev_14:57  om te onderrig wanneer iets onrein en wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.
Lev_15:13  En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, moet hy sewe dae tel ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees.
Lev_15:28  Maar as sy van haar vloeiing rein geword het, moet sy sewe dae tel, en daarna sal sy rein wees.
Lev_16:30  Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.
Lev_17:15  En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, ‘n kind van die land sowel as ‘n vreemdeling, moet sy klere was en ‘n bad neem, en hy bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.
Lev_20:25  Daarom moet julle ‘n onderskeid maak tussen die rein en onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak julleself nie ‘n gruwel deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer nie wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.
Lev_22:4  Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of ‘n vloeiing het, mag van die heilige gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat aan iemand raak wat deur ‘n lyk onrein is, of van wie ‘n saadvloeiing uitgaan,
Lev_22:7  Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.
Lev_24:4  Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur.
Lev_24:6  en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ‘n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE.
Num_5:28  Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.
Num_9:13  Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die pasga te hou, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd gebring nie. Dié man moet sy sonde dra.
Num_18:11  Dit moet ook joue wees: die offergawe van hulle geskenke, van al die beweegoffers van die kinders van Israel; Ek gee dit aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ‘n ewige insetting. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Num_18:13  Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Num_19:9  En ‘n rein man moet die as van die koei bymekaarmaak en buitekant die laer op ‘n rein plek neersit, en dit moet vir die vergadering van die kinders van Israel bewaar word vir die reinigingswater: dit is ‘n sondoffer.
Num_19:12  Op die derde dag en op die sewende dag moet hy hom daarmee ontsondig—dan sal hy rein wees; maar as hy hom op die derde dag en op die sewende dag nie ontsondig nie, sal hy nie rein wees nie.
Num_19:18  en ‘n rein man moet hisop neem en dit in die water insteek en op die tent sprinkel en op al die goed en op die persone wat daar gewees het; ook op hom wat aan ‘n doodsbeen of aan een wat verslaan is, of aan ‘n dooie of aan ‘n graf geraak het.
Num_19:19  En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees.
Num_31:23  elke ding wat in die vuur kan kom—moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
Num_31:24  Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.
Deu_14:11  Al die rein voëls mag julle eet.
Deu_14:20  Al die rein voëls mag julle eet.
Deu_23:10  As daar iemand by jou is wat weens ‘n voorval by nag nie rein is nie, moet hy buitekant die laer uitgaan; hy mag nie in die laer inkom nie.
1Sa_20:26  En Saul het dié dag niks gepraat nie, want hy het gedink: Daar het iets met hom gebeur dat hy nie rein is nie; waarlik, hy is nie rein nie.
2Sa_22:27  by die reine, rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
2Ki_5:10  Toe stuur Elísa ‘n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.
2Ki_5:12  Is Abána en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.
2Ki_5:13  Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My vader, as die profeet u ‘n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word?
2Ki_5:14  Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van God, en sy vlees het teruggekeer soos die vlees van ‘n jong seun, en hy het rein geword.
2Ch_13:11  En hulle steek brandoffers vir die HERE aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die HERE onse God, maar júlle het Hom verlaat.
2Ch_30:17  want daar was baie in die vergadering wat hulle nie geheilig het nie, daarom moes die Leviete die paasoffers slag vir elkeen wat nie rein was nie, om hulle aan die HERE te heilig.
Ezr_6:20  Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig—hulle almal was rein—en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.
Job_4:17  Sou ‘n sterfling regverdig wees voor God? Of ‘n man rein wees voor sy Maker?
Job_8:6  as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;
Job_11:4  en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
Job_15:14  Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ‘n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?
Job_15:15  Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;
Job_16:17  alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.
Job_17:9  Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.
Job_25:4  Hoe sou dan ‘n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit ‘n vrou gebore is?
Job_25:5  Kyk, selfs die maan—hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.
Job_33:9  Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.
Psa_12:6  (12:7) Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
Psa_18:26  (18:27) by die reine rein; maar by die valse betoon U Uself verkeerd.
Psa_19:9  (19:10) Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid—tesame is hulle regverdig.
Psa_24:4  Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
Psa_51:4  (51:6) Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
Psa_51:7  (51:9) Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
Psa_51:10  (51:12) Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.
Psa_73:1  ‘n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
Psa_73:13  Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
Pro_15:26  Die planne van die slegte is vir die HERE ‘n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
Pro_20:9  Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?
Pro_30:12  ‘n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,
Son_6:10  Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?
Isa_66:20  En hulle sal al julle broers bring uit al die nasies as offergawe aan die HERE, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê die HERE, net soos die kinders van Israel die spysoffer in ‘n rein voorwerp bring na die huis van die HERE.
Jer_13:27  Jou owerspel en jou gerunnik, jou skandelike hoerery—op die heuwels in die veld het Ek jou verfoeisels gesien. Wee jou, Jerusalem! Hoe lank sal dit nog duur voordat jy rein word?
Eze_22:26  Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.
Eze_24:13  Oor jou skandelike onreinheid, omdat Ek jou gereinig het en jy nie rein geword het van jou onreinheid nie, sal jy nie meer rein word totdat Ek my grimmigheid teen jou tot rus gebring het nie.
Eze_36:25  Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
Eze_44:23  En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.
Mic_6:11  Sal Ek rein kan wees by ‘n valse weegskaal en by ‘n sak vol bedrieglike gewigte?
Hab_1:13  U, wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie—waarom aanskou U die trouelose, swyg U wanneer die goddelose dié verslind wat regverdiger is as hy?
Zep_3:9  Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien.
Zec_3:5  Daarop sê ek: Laat hulle ‘n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die HERE daarby staan.
Mal_1:11  Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is my Naam groot onder die heidene; en in elke plek word tot eer van my Naam reukwerk gebring en ‘n rein offer; want my Naam is groot onder die heidene, sê die HERE van die leërskare.
Mat_5:8  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
Mar_7:19  omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?
Luk_11:41  Maar gee wat daarin is, as aalmoes, en dan is alles vir julle rein.
Luk_17:14  En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
Luk_17:17  Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?
Joh_13:10  Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.
Joh_13:11  Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.
Joh_15:3  Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
Act_10:15  En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Act_11:9  En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Act_18:6  Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.
Act_20:26  Daarom betuig ek aan julle op hierdie dag dat ek rein is van die bloed van almal.
Act_24:16  Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense ‘n rein gewete te hê.
Rom_14:20  Moenie ter wille van voedsel die werk van God afbreek nie. Alles is wel rein, maar dit is verkeerd vir ‘n mens om te eet as dit tot aanstoot is.
2Co_7:11  Want kyk, juis dit, dat julle bedroef geword het volgens die wil van God—wat ‘n groot ywer het dit in julle gewerk, ja, verantwoording, verontwaardiging, vrees, verlange, ywer, bestraffing. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is.
Php_1:10  om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus,
Php_4:8  Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
1Ti_1:5  Maar die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof
1Ti_3:9  manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou.
1Ti_5:22  Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.
2Ti_1:3  Ek dank God, wat ek van my voorouers af in ‘n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,
2Ti_2:22  Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit ‘n rein hart aanroep.
Tit_1:15  Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.
Heb_10:22  laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
Jas_3:17  Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.
1Pe_1:22  As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ‘n rein hart;
1Jn_3:3  En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.
Rev_14:4  Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
Rev_15:6  En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.
Rev_19:8  En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Rev_19:14  En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Lev_10:10  en julle moet onderskeid maak tussen wat heilig en wat onheilig, en tussen wat onrein en wat rein is;
Eze_21:29  onderwyl hulle vir jou, o swaard, ‘n bedrieglike gesig sien, onderwyl hulle vir jou leuens voorspel—dat jy gesit sou word op die nekke van goddelose wat onheilig is, wie se dag gekom het in die tyd van uiteindelike afrekening!
Eze_22:26  Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.
Eze_42:20  Hy het dit aan vier kante gemeet; dit het ‘n muur gehad al rondom; die lengte was vyf honderd en die breedte vyf honderd, om skeiding te maak tussen wat heilig en onheilig is.
Eze_44:23  En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is.
Act_10:15  En weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
Act_10:28  en hy sê vir hulle: Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar God het my getoon dat ek geen mens onheilig of onrein mag noem nie.
Act_11:9  En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
2Ti_3:2  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,